graad 11 november 2014 lewenswetenskappe v1 · (november 2014) lewenswetenskappe v1 11 kopiereg...

26
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. *ILFSCA1*

Upload: others

Post on 07-Jan-2020

134 views

Category:

Documents


19 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2014

LEWENSWETENSKAPPE V1

PUNTE: 150 TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

*ILFSCA1*

Page 2: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK neer. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in

hierdie vraestel gebruik is.

4. Bied jou antwoorde aan volgens die instruksies van elke vraag. 5. ALLE tekeninge moet in potlood en die byskrifte in blou of swart ink

gedoen word.

6. Teken diagramme of vloeidiagramme slegs wanneer gevra word om dit te

doen.

7. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal

geteken NIE.

8. MOENIE grafiekpapier gebruik NIE. 9. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer

gebruik.

10. Skryf netjies en leesbaar. 11. Rond alle berekeninge af tot twee desimale na die komma.

Page 3: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae

gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.9) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Die toerusting hieronder word gebruik om die versaking van

watter van die volgende organe te behandel?

A Hart B Nier C Lewer D Longe 1.1.2 Watter EEN van die volgende is NIE ʼn direkte oorsaak van

nierskade NIE? A Hoë bloeddruk B Bilharzia parasiet C Diabetes D Hoë cholesterol

Page 4: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.3 Die onderstaande spotprent illustreer die moontlike menslike

impak op die omgewing. Bestudeer die spotprent en beantwoord VRAE 1.1.3–1.3.5.

Watter EEN van die volgende basiese vereistes vir menslike

oorlewing word deur die innoverende ontwerp, soos in die spotprent geïllustreer, vervaardig?

A Water B Teenliggaampies C Suurstof D Optimale liggaamstemperatuur 1.1.4 Die bio-chemiese reaksie wat die neweproduk, soos genoem in

VRAAG 1.1.3, vrystel is … A selrespirasie. B proteïensintese. C transpirasie. D fotosintese.

Page 5: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.5 Bestudeer die onderstaande stellings. (i) ʼn Ligbron word dag en nag verskaf. (ii) ʼn Bestendige voorsiening van water. (iii) Die ligbron word in die nag afgeskakel. (iv) ʼn Bestendige voorsiening van koolstofdioksied is

gewaarborg. Watter EEN van die volgende kombinasies is ontwerp om te

verseker dat daar ʼn voortdurende toevoer is van die neweproduk, genoem in VRAAG 1.1.3, vir menslike oorlewing?

A (i), (ii), (iii) en (iv) B Slegs (i), (ii) en (iv) C Slegs (i), (ii) en (iii) D Slegs (i), (iii) en (iv) 1.1.6 Waar vind die emulsifisering van vet plaas? A In die lewer. B In die kolon. C In die galblaas. D In die dunderm. 1.1.7 Watter genommerde deel skei ʼn hormoon af wat ʼn verhoogde

produksie van glikogeen veroorsaak?

A W B X C Y D Z

Page 6: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.8 Watter strukture vergroot die oppervlakte in die longe? A Alveoli B Bronchii C Die villi D Die pleurale membraan 1.1.9 Watter EEN van die volgende verteenwoordig digtheidsafhanklike

en digtheidsonafhanklike faktore? Digtheidsafhanklike

faktore Digtheidsonafhanklike

faktore A Siekte en kompetisie Vloede en droogte B Vuur en vloede Voedselvoorsiening en

predasie C Voedselvoorsiening en

siekte Kompetisie en predasie

D Kompetisie en vuur Vloede en droogte (9 x 2) (18) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.

Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.2.1 Die kraakbeenstruktuur waar die stembande aangetref word 1.2.2 Die bloedselle wat suurstof vervoer 1.2.3 Geleidelike verhoging in die gemiddelde temperatuur van die

aarde se biosfeer 1.2.4 Die maksimum aantal individue wat deur die hulpbronne van ʼn

bepaalde habitat ondersteun kan word 1.2.5 Die beweging van individue, of die gedeelte verantwoordelik vir

voortplanting, in of uit ʼn bevolkingsgebied 1.2.6 ʼn Groep organismes van dieselfde spesies wat dieselfde gebied

beset en ewekansig kan teel 1.2.7 Die tipe plastiede wat stralingsenergie tydens fotosintese

absorbeer 1.2.8 Die suur wat in die spiere van die mens ophoop gedurende

deurlopende strawwe fisiese aktiwiteite (8 x 1) (8)

Page 7: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I op slegs A, slegs B, beide A

en B, of geeneen van die items in KOLOM II van toepassing is. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.9) in die ANTWOORDEBOEK neer.

KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Oksidasie van glukose in ʼn

lewende sel A Anabolisme

B Katabolisme

1.3.2 Ligafhanklike fase van fotosintese

A Grana

B Stroma

1.3.3 Anaërobiese respirasie in gisselle

A Koolstofdioksied

B Etielalkohol

1.3.4 Blokkeer die vloei van urine A Galstene

B Nierstene

1.3.5 Groot ekologiese voetspoor A TV bly dag en nag aan

B Lekkende kraan word nie herstel

1.3.6 Hulpbron-verdeling A Verminder oorvleueling van ekologiese nisse

B Verhoog die biodiversiteit

1.3.7 Veranderinge in gemeenskapsontwikkeling met verloop van tyd in ʼn gebied wat nie voorheen deur organismes bewoon is nie

A Kommensalisme B Mutualisme

1.3.8 Eenvoudige toetsmonster A Indirekte tegniek B Direkte tegniek

1.3.9 Die gemiddelde aantal geboortes in een generasie van vroulike individue vanaf vrugbare leeftyd

A Fertiliteitskoers

B Fekunditiet

(9 x 2) (18)

Page 8: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.4 Die onderstaande diagram illustreer interne gaswisseling. Bestudeer die

diagram en beantwoord die vrae wat volg.

1.4.1 Watter respiratoriese gasse word onderskeidelik deur X en Y

verteenwoordig? (2) 1.4.2 Watter fisiologiese proses is verantwoordelik vir die beweging

van gasse soos deur die pyltjies aangedui? (1) 1.4.3 Noem TWEE maniere waarop die gas aangedui as X in die

bloed vervoer word. (2) 1.4.4 Watter proteïen speel n belangrike rol in die vervoer van die gas

aangedui as Y? (1) TOTAAL AFDELING A: 50

Page 9: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig aërobiese respirasie in die

mens. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.

2.1.1 Identifiseer fases 1, 2 en 3. (3) 2.1.2 Benoem die dele genommer X en Y. (2) 2.1.3 Verklaar die oorsprong van X en Y. (2) 2.1.4 Identifiseer die produkte 1, 2 en 3. (3)

Page 10: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

10 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.2 Die diagram hieronder illustreer die meganisme van asemhaling.

Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.

2.2.1 Watter apparaat (A of B) verteenwoordig inaseming? (1) 2.2.2 Beskryf die meganisme van inaseming by die mens. (6) 2.2.3 Watter menslike strukture word deur die glasbuis, klokglas en

rubberplaat onderskeidelik verteenwoordig? (3) 2.2.4 Een van die leerlinge het met ʼn spyker ʼn gat in die rubberplaat

gemaak. Wat sal die gevolg wees wanneer hierdie rubberplaat afgetrek word? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)

Page 11: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn glukose toleransietoets

op ʼn gesonde persoon (Persoon A) en ʼn diabeet (Persoon B). Nadat hulle vir tien ure gevas het, is elkeen ʼn glukosedrankie wat 50 g glukose bevat gegee. Die hoeveelheid glukose in hul bloed was toe elke 30 minute vir die volgende 3 ure gemeet.

2.3.1 Wat was die hoogste konsentrasie glukosevlak in die bloed van

die diabeet? (1) 2.3.2 Na aanleiding van die grafiek, voorspel hoe lank dit sal neem vir

die glukose konsentrasie van: (a) Die gesonde persoon om terug te keer na die vlak toe die

glukose-oplossing geneem is. (2) (b) Die diabeet om terug te keer na die vlak toe die glukose-

oplossing geneem is. (2) 2.3.3 Hoe sal die resultate van die toets beïnvloed word indien ʼn

diabeet met insulien ingespuit word? (1) 2.3.4 In watter tipe verbinding word die bloedglukose weens die

invloed van insulien verander? (1) 2.3.5 Verduidelik kortliks waarom insulien, wat ʼn proteïen is, ingespuit

moet word eerder as om dit mondelings toe te dien. (2)

Page 12: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

12 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Die meegaande diagram verteenwoordig ʼn struktuur wat met die menslike

spysverteringstelsel verband hou. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae.

2.4.1 Identifiseer die bostaande diagram. (1) 2.4.2 In watter orgaan word hierdie struktuur aangetref? (1) 2.4.3 Wat is die hooffunksie van die bostaande struktuur? (1) 2.4.4 Gee die name van TWEE stowwe wat in hoër konsentrasies in C

as in D aangetref word. (2) 2.4.5 Benoem die dele genommer A en B. (2) 2.4.6 Noem enige EEN strukturele eienskap wat die bostaande

diagram in staat stel om sy funksie effektief te verrig. (2) [40]

Page 13: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 3.1 Die onderstaande tabel verteenwoordig ʼn sekere tipe ekologiese

interaksie tussen twee wilde diere in ʼn wildreservaat. Bestudeer die tabel met die gegewe inligting en beantwoord die vrae wat volg.

JARE HAASBEVOLKING ROOIKATBEVOLKING 1975 350 200 1980 450 210 1985 250 350 1990 400 150 1995 250 370 2000 500 100 2005 250 400 2010 400 200 3.1.1 Trek n lyngrafiek om die ekologiese verhouding tussen die haas-

en rooikatbevolking aan te dui. (7) 3.1.2 Gebruik die inligting op die grafiek en identifiseer die groeifase

wat die rooikatbevolking tussen 1975 en 1980 aandui. (1) 3.1.3 Verskaf TWEE redes vir die vorm van die grafiek, soos in

VRAAG 3.1.2 genoem. (2) 3.1.4 Gee ʼn kort beskrywing van die interaksie tussen die haas- en die

rooikat bevolking. (4) 3.1.5 Bereken die persentasie afname van die haasbevolking tussen

1990–1995. Toon ALLE berekeninge. (3) 3.2 ʼn Leerder het ʼn eksperiment in die klas uitgevoer en verskeie stappe

gevolg. Bestudeer die prosedure en bestudeer die diagram om die vrae te beantwoord.

(a) ʼn Veelkleurige plant was vir 3-4 dae in donkerte geplaas. (b) Een van die blare was verwyder en ʼn styseltoets is gedoen. (c) Die plant was toe vir 4 uur in die lig geplaas. (d) ʼn Blaar was verwyder en ʼn tekening is daarvan gemaak om die

verspreiding van die groen en wit gedeeltes aan te dui. (Diagram 1). (e) Die blaar is daarna getoets vir die teenwoordigheid van stysel. (f) ʼn Paar druppels verdunde jodiumoplossing is op die blaar gegooi

waarna ʼn tweede tekening gemaak is om die verspreiding van blou-swart en bruin gedeeltes aan te toon. (Diagram 2)

Page 14: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

14 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2.1 Wat is die doel van die eksperiment? (1) 3.2.2 Waarom was die plant vir 3-4 dae in donkerte geplaas? (1) 3.2.3 Waarom moet die plant na stap (a) getoets word vir die

teenwoordigheid van stysel, voor dit aan lig blootgestel word? (2) 3.2.4 Maak ʼn benoemde tekening van Diagram 2 wat die resultaat van

die tweede styseltoets, soos genoem in stap (f), aandui. (Diagram 1 moet as templaat gebruik word.) (5)

3.2.5 Is dit nodig om ʼn kontrole vir hierdie ondersoek op te stel? (1) 3.2.6 Verskaf ʼn rede vir jou antwoord in VRAAG 3.2.5. (2) 3.2.7 Watter gevolgtrekking kan uit die ondersoek gemaak word? (2)

Page 15: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.3 In baie ontwikkelende lande, is die menslike bevolking besig om teen ʼn

eksponensiële koers te vermeerder. ʼn Verhoging in die menslike bevolking lei tot ʼn vermeerdering van verskeie industrieë en gepaard met dit verhoogde koolstofvrystelling. Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Almeria is besig om ʼn nuwe

sisteem te ontwikkel om koolstofvrystelling te verminder deur van die fotosintetiese aktiwiteite van mikro-alge gebruik te maak. Die proses word as volg deur die navorsers verduidelik: “ʼn Watertenk word by die gasvrystellingspunt geïinstalleer om sodoende die besoedelde gas, afkomstig van bepaalde nywerheidsprosesse, op te vang. Die besoedelde water beweeg dan deur ʼn sisteem van bio-reaktore wat mikro-alge bevat. Deur die fotosintese proses verander die mikro-alge die CO2 vrystellings in plantmateriaal en suurstof.” [Bron:http://www.science20.com/news_releases/using_microalgae_photosynthesis_to_el

iminate_CO2_emissions] 3.3.1 Watter natuurlike proses kan volgens navorsers gebruik word om

die koolstofvrystelling van nywerhede te verminder? (1) 3.3.2 Identifiseer die lewende organismes wat gebruik kan word om die

besoedelde industriële gasse in minder gevaarlike lug te omskep. (1) 3.3.3 Noem TWEE nuttige eindprodukte wat tydens die proses

geproduseer word. (2) [4]

Page 16: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

16 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Die onderstaande foto’s verteenwoordig verskeie tipes wanvoeding.

Bestudeer die foto’s en beantwoord die vrae.

3.4.1 Identifiseer die tipe wanvoeding wat deur die foto’s A, B en C

onderskeidelik geïllustreer word. (3) 3.4.2 Wat is die hoofoorsaak van die toestande in foto’s B en C? (2) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

Page 17: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 17

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C VRAAG 4 Skryf ʼn kort opstel om die homeostatiese werking van die nefron te beskryf indien ʼn persoon groot hoeveelhede water oor ʼn kort tydperk drink. (17)

Sintese (3)

TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150

Page 18: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2014

LEWENSWETENSKAPPE V1 MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Page 19: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

2 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1 1.1 1.1.1 B 33 1.1.2 D 33 1.1.3 C 33 1.1.4 D 33 1.1.5 B 33 1.1.6 D 33 1.1.7 D 33 1.1.8 A 33 1.1.9 A 33 (9 x 2) (18) 1.2 1.2.1 Larinks 9 1.2.2 Eritrosiete/rooibloedselle 9 1.2.3 Aardverwarming 9 1.2.4 Drakapasiteit 9 1.2.5 Verspreiding 9 1.2.6 Bevolking 9 1.2.7 Chloroplaste 9 1.2.8 Melksuur 9 (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Slegs B 99 1.3.2 Slegs A 99 1.3.3 Beide A en B/Albei 99 1.3.4 Slegs B 99 1.3.5 Beide A en B/Albei 99 1.3.6 Slegs A 99 1.3.7 Geeneen 99 1.3.8 Slegs A 99 1.3.9 Slegs B 99 (9 x 2) (18)

Page 20: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.4 1.4.1 X = CO2 9 Y = O2 9 (2) 1.4.2 Diffusie 9 (1) 1.4.3 x In die vorm van bikarbonaatione. 9

x Verbind met hemoglobien in die rooibloedselle. 9 x As opgeloste gas in die bloedplasma. 9 (Enige 2 x 1) (2)

1.4.4 Hemoglobien 9 (1) TOTAAL AFDELING A: 50

Page 21: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

4 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 Fase 1 – Glikolise 3

Fase 2 – Krebs siklus 9 Fase 3 – Oksidatiewe fosforilasie 9 (3)

2.1.2 X – Glukose 9

Y – Suurstof 9 (2) 2.1.3 X – Inneem van voedsel 9 (eindproduk van vertering van

koolhidrate) Y – Inaseming van suurstof 9 (2)

2.1.4 Produk 1 – CO2 9

Produk 2 – Hoë energie waterstofatome 9 Produk 3 – Water 9 (3)

2.2 2.2.1 B 3 (1) 2.2.2 x Tydens inaseming trek die diafragma saam 9 en word plat,

die volume van die borskas neem toe van bo na onder. 9 x Die uitwendige tussenribspiere trek saam 9 en lig die

ribbekas boontoe en buitentoe wat die volume van die borskas vergroot van voor na agter. 9

x Veroorsaak dat die borsholte van kant tot kant en van agter na voor vergroot. 9

x Die totale volume van die borsholte neem toe 9 en die lugdruk in die longe verminder. 9

x Aangesien die atmosferiese druk hoër is as die lugdruk in die longe 9 vloei suurstofryke lug deur die lugweë in die longe. 9 (Enige 6 x 1) (6)

2.2.3 Glasbuis – Tragea 9

Klokfles – Borskas/ribbekas 9 Rubberplaat – Diafragma 9 (3)

2.2.4 Die ballon sal nie opblaas nie. 9 Die gat in die rubberplaat

veroorsaak dat die lugdruk in die klokfles dieselfde is as die atmosferiese druk. 9 (2)

Page 22: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 2.3.1 300 9 mg/100 cm3 (1) 2.3.2 (a) 2 uur 30 minute/150 minute 99 (2) (b) 3 uur 30 minute/210 minute 99 (2) 2.3.3 Insulieninspuitings sal die bloedglukose konsentrasie van die

diabeet na normaal verlaag. 9 OF Sal die tydperk verkort wat dit neem vir die bloedglukose konsentrasie om na normaal na ingestie terug te keer. 9 (1)

2.3.4 Glikogeen 9 (1) 2.3.5 Insulien is ʼn proteïen en sal deur die menslike

spysverteringstelsel verteer word. 9 Sal dus nie as insulien geabsorbeer word nie, maar as aminosure. 9 (2)

2.4 2.4.1 Struktuur van ʼn villus 9 (1) 2.4.2 Dunderm 9 (1) 2.4.3 Absorpsie van verteerde voedingstowwe (1) 2.4.4 C – Groot hoeveelhede glukose 9 en aminosure 9 (2) 2.4.5 A – Kolomepiteel 9

B – Lakteaal/limfkapillêre 9 (2) 2.4.6 x Die dun kolomepiteel 9 van die villus vergemaklik die

absorpsie van verteerde voedingstowwe d.m.v diffusie. 9 x Die kolomepiteel selle bevat mikrovilli 9 wat die absorpsie-

oppervlak vergroot. 9 x Die kolomepiteel selle produseer draermolekules, 9 wat

aktiewe absorpsie van voedingstowwe teen die diffusie gradiënt verseker. 9

x Die bekerselle 9 tussen die kolomepiteel selle skei ʼn waterige mukus af wat wrywing voorkom en die selle klam hou. 9

x Die villi bevat baie kapillêre vate en lakteale wat in noue kontak met die absorpsie oppervlakte is 9 vir die vinnige vervoer van geabsorbeerde voedsel en verseker sodoende dat skerp konsentrasie-gradiënte behou word vir vinnige diffusie. 9 (Enige 1 x 2) (2)

[40]

Page 23: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

6 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 3.1 3.1.1

(2) Kontrolelys vir die puntetoekenning vir die grafiek: Korrekte tipe grafiek met punte verbind 1 Titel van grafiek 1 Korrekte byskrif vir X-as 1 Korrekte byskrif vir Y-as 1 Geskikte skaal vir X-as en Y-as 1 Plot van punte 1 punt: 4–8 punte korrek geplot

2 punte: 9–16 punte korrek geplot

NOTA: Indien die verkeerde grafiek getrek is:

x Verbeur punte vir “korrekte grafiek”. Indien die asse omgekeer is: x Verbeur punte vir byskrifte van Y-as en X-as (7)

3.1.2 Sloerfase 9 (1)

Page 24: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.1.3 x Groeikoers is stadig. 9

x Roofdiere nog besig om aan te pas by die nuwe omgewing/ akklimatiseer. 9

x Dit is moeilik om maats te vind. 9 x Organismes is nog nie seksueel volwasse/jong bevolking. 9

(Enige 2 x 1) (2) 3.1.4 x Deur op die haasbevolking te voed, verminder die

rooikatbevolking die aantal prooi. 9 x Soos die getalle van die haasbevolking (prooi) verminder 9 x heers daar meer kompetisie 9 onder die rooikat (predator)

bevolking. x Dit lei tot ʼn vermindering 9 in die getal roofdiere (predatore). x en ʼn toename 9 in die aantal haasbevolking asook ʼn

ooreenstemmende toename in die rooikat (predator) bevolking.

x Uiteindelik stabiliseer die prooi-predator bevolkings 9 onder die drakapasiteit 9 van die habitat wat lei tot ʼn stabiele bevolking. 9 (Enige 4 x 1) (4)

3.1.5 ( ) 9

9 =

= 37,5% 9 (3) 3.2 3.2.1 Om te bepaal of chlorofil vir fotosintese nodig is. 9 (1) 3.2.2 Om die plant te ontstysel. 9 (1) 3.2.3 Om te verseker dat die blare heeltemal ontstysel is. 99 (2)

Page 25: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

8 LEWENSWETENSKAPPE V1 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2.4

Riglyne vir merk van diagram. Kriteria Punte Opskrif 1 Korrekte byskrifte 2 Korrekte skakering 2 (5) 3.2.5 Nee 9 (1) 3.2.6 Die resultate verkry van die gedeelte van die blaar sonder

chlorofil 9 kan vergelyk word met die resultate van die gedeelte wat chlorofil bevat. 9 (2)

3.2.7 Chlorofil is nodig 9 vir fotosintese. 9 (2) 3.3 3.3.1 Fotosintese 9 (1) 3.3.2 Alge 9 (1) 3.3.3 Organiese materiaal 9 en suurstof 9 (2) 3.4 3.4.1 A – Anorexia nervosa 9

B – Kwasjiorkor 9 C – Vetsug 9 (3)

3.4.2 B – Tekort aan proteïene in die dieet 9

C – Oormatige inname van energieryke voedsel 9 (2) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

Page 26: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V1 · (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 11 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief 2.3 Die onderstaande grafiek toon die resultate van ʼn

(NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C VRAAG 4 x Wanneer baie vloeistof ingeneem word, word die bloed en

liggaamsvloeistowwe meer verdun. 9 x Indien die waterinhoud van die liggaam bo die normale styg 9 x verminder die osmotiese potensiaal van die bloed 9 x wat die osmoreseptore in die hipotalamus, 9 wat ADH produseer, 9

stimuleer x om impulse na die hipofise te stuur om minder ADH in die bloed vry te stel 9 x Daarom bereik minder ADH die niere wat veroorsaak dat x die wande van die distale kronkelbuis en versamelbuis 9 minder 9

deurlaatbaar 9 word x minder water word sodoende vanuit die filtraat herabsorbeer 9 x en ʼn groot hoeveelheid verdunde urine word uitgeskei 9 x Die byniere (adrenale kliere) skei minder aldosteroon af 9 x wat veroorsaak dat minder natrium-ione vanuit die filtraat aangetref 9 x in die opwaartse tak van die Henlé-lus 9 x in die weefselvloeistof van die medulla gepomp word x Dit veroorsaak ʼn hoë waterpotensiaal of ʼn minder negatiewe osmotiese-

potensiaal 9 x Minder water 9 word sodoende vanuit die nefronbuis in die weefselvloeistof

van die medulla 9 geabsorbeer x Meer water word dus as urine uitgeskei. Inhoud (17) Sintese (3) Assessering van die aanbieding van die opstel. Kriteria Relevansie (R) Logiese

volgorde (L) Samevattend (C)

Algemeen

Alle inligting verskaf is relevant tot die onderwerp.

Idees is logies gerangskik/ oorsaak – gevolg.

Alle aspekte wat deur die opstel vereis is, is voldoende aangespreek.

In hierdie opstel

Slegs inligting relevant tot homeostase (Osmoregulasie) is gegee. (Geen irrelevante inligting.)

Verskeie strukture en hul gekoördineerde funksionering om die korrekte hoeveelheid water in die liggaam te bereik, word bespreek.

Die rol van die hipofise, byniere en die effek van hul hormone op die teikenstruktuur van die nier word deeglik bespreek.

Punte 1 1 1

TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150