graad 11 november 2014 lewenswetenskappe v2nasionale senior sertifikaat graad 11 november 2014...

26
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 LEWENSWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye. *ILFSCA2*

Upload: others

Post on 29-Jan-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 11

    NOVEMBER 2014

    LEWENSWETENSKAPPE V2

    PUNTE: 150 TYD: 2½ uur

    Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

    *ILFSCA2*

  • 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

    1. Beantwoord AL die vrae. 2. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK neer. 3. Begin vir ELKE vraag op ʼn NUWE BLADSY. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in

    hierdie vraestel gebruik word.

    5. Indien antwoorde NIE volgens die instruksies van elke vraag beantwoord

    word NIE, sal kandidate punte verbeur.

    6. Maak alle sketse met potlood en byskrifte met blou of swart ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal

    geteken NIE.

    9. Jy mag NIE grafiekpapier gebruik NIE. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer

    gebruik.

    11. Skryf netjies en leesbaar.

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 3

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.

    Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

    1.1.1 Dié mikro-organisme is nie in ʼn koninkryk geklassifiseer nie. A Virus B Fungus C Bakterieë D Protosoa 1.1.2 Die kortstondige immuniteit wat moeders aan hul babas oordra

    word … immuniteit genoem. A passiewe B moederlike C ingebore D aktiewe 1.1.3 Gebruik van natuurlike hulpbronne sodat dit nie uitgeput raak nie. A Bewaring B Volhoubare gebruik C Stroping D Ontbossing 1.1.4 Watter van die volgende is teenwoordig in die Briofiete? A Sade B Xileem C Spore D Blomme 1.1.5 Watter van die volgende is NIE ʼn kenmerk van wind-bestuifde

    blomme NIE? A Kroonblare is groot en helderkleurig. B Groot helmknoppe met lang helmdrade. C Klein, lig en gladde stuifmeel. D Stempels is groot en veeragtig. 1.1.6 Die vrugblaarkrans (stamper) van ʼn blom bestaan uit die … A helmknop, styl en vrugbeginsel. B stempel, filament en vrugbeginsel. C helmknop, filament en vrugbeginsel. D stempel, styl en vrugbeginsel.

  • 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.1.7 Bevrugting in Angiosperme vind plaas wanneer … A die stuifmeelbuis in die styl afgroei. B stuifmeel vanaf die helmknop na die stempel beweeg. C ʼn spermsel met ʼn eiersel saamsmelt. D die vrugbeginsel tot ʼn vrug ontwikkel. 1.1.8 Vertebrate toon die volgende kenmerke, behalwe … A ʼn endoskelet van kraakbeen en/of been. B ʼn brein wat deur ʼn beskermende kas, genoem die kranium

    omring word. C twee pare ledemate wat aan die gordels vasgeheg is. D ʼn notochord in die volwasse vorm. 1.1.9 Watter twee van die gasse is die hoofoorsaak van aard-

    verwarming? A CFC’s en koolstofdioksied B Koolstofdioksied en swaweldioksied C Stikstofoksied en koolstofdioksied D Koolstofdioksied en metaan 1.1.10 Watter van die volgende is nie ʼn giftige swaar metaal nie? A Lood B Metaan C Kadmium D Kwik (10 x 2) (20) 1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.

    Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

    1.2.1 ʼn Organisme sonder ʼn ware selkern 1.2.2 Die soort spysverteringskanaal wat vanaf die mond tot by die anus

    strek 1.2.3 ʼn Groep plante met sade wat deur ʼn vrugbeginsel omsluit word 1.2.4 Stowwe wat gebruik word om die produksie van teenliggaampies

    te stimuleer en immuniteit teen een of meer siektes te verskaf 1.2.5 ʼn Proses in biotegnologie wat gebruik word om suiker na alkohol

    en CO2 om te sit 1.2.6 Die toename in die konsentrasie van voedingstowwe in ʼn

    akwatiese ekostelsel, wat tot ʼn toename in die primêre produsente soos alge lei

    1.2.7 ʼn Vloeistof gevulde holte met mesoderm uitgevoer

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 5

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.2.8 Die groep organismes soos bakterieë en swamme wat

    voedingstowwe in dooie plante en diere herwin 1.2.9 Verbouing van plantbevolkings van ʼn enkele spesie 1.2.10 Die beheer van uitheemse indringers deur hul natuurlike vyande

    van hul geboorteland te gebruik (10) 1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM Ι van toepassing is op slegs A,

    slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.10) in die ANTWOORDEBOEK neer.

    KOLOM Ι KOLOM ΙΙ 1.3.1 Vereis water om seksuele

    voortplanting te ondergaan A B

    Angiosperme Pteridofiete

    1.3.2 Vorming van sade A B

    Angiosperme Gimnosperme

    1.3.3 Witbloedselle wat teenliggaampies in reaksie op patogene produseer

    A B

    Fagosiete Limfosiete

    1.3.4 Kefalisasie word in … gevind A B

    Platyhelminthes Chordata

    1.3.5 Die proses van die invoeging van vreemde gene in ʼn organisme

    A B

    Genetiese ingenieuring Genetiese modifikasie

    1.3.6 Die gedeelte wat uit ʼn bevrugte saadknop gevorm word

    A B

    Sade Vrugte

    1.3.7 Gis is ʼn eensellige swam wat in tradisionele tegnologie gebruik word om ... te maak

    A B

    Kaas Jogurt

    1.3.8 ʼn Natuurlike hulpbron wat nie deur

    natuurlike middele vervang kan word nie

    A B

    Nie-hernubaar Bewaar

    1.3.9 Wanneer biologiese produktiwiteit

    verminder en toestande woestynagtig word

    A B

    Woestynvorming Ontbossing

    1.3.10 Die plant(e) waar die gametofiet

    oorheersend is A B

    Varing Gimnosperme

    (10 x 2) (20) TOTAAL AFDELING A: 50

  • 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING B VRAAG 2 2.1 Die tabel hieronder toon die aantal gevalle van tuberkulose (TB) en die

    aantal sterftes as gevolg van TB in die wêreld in 2009. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

    Streek Aantal gevalle Aantal sterftes Afrika 3 900 430 Amerika 350 20 Europa 560 62 Suid-oos Asië 4 900 480 Westelike Stille Oseaan 2 900 240 Oostelike Middellandse See 1 000 99 Wêreldwye Totaal 14 000 1 300 2.1.1 Teken ʼn staafgrafiek met behulp van die data vir elke streek in die

    tabel om die aantal sterftes van TB in 2009 aan te toon. (6) 2.1.2 Bereken die persentasie van gevalle in die Oostelike Middellandse

    See streek. (2) 2.1.3 Waarom dink jy het Europa en Amerika so ʼn klein aantal gevalle

    van TB in vergelyking met die ander lande in die tabel? Gee EEN rede. (2)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 7

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.2 ʼn Tipe bakterie Escherichia coli genoem (E. coli) leef normaalweg in die

    dikderm van die mens. Om te bepaal of E. coli in water teenwoordig is, word ʼn chemiese indikator gebruik. Indien die chemiese indikator van ʼn helder rooi kleur na ʼn wolkerige geel kleur verander, dui dit daarop dat E. coli teenwoordig is. In ʼn ondersoek gedoen deur ʼn groep graad 11-leerders, was monsters van drie riviere (X, Y en Z) ondersoek vir die teenwoordigheid van E. coli. Monsters is uit elke rivier geneem en in glasbottels geplaas, wat die helder rooi aanwyser oplossing bevat het. Die bottels is dan geïnkubeer by 37 °C vir twee dae. Slegs rivier Y toon die teenwoordigheid van E. coli.

    2.2.1 Verduidelik TWEE voorsorgmaatreëls wat die leerders behoort te

    neem wanneer hierdie ondersoek uitgevoer word. (2 x 2) (4) 2.2.2 Stel EEN rede voor vir die inkubasie van die monster by 37 °C. (2) 2.2.3 Verduidelik hoe E. coli moontlik in rivier Y kon beland het. (2) 2.3 Bestudeer die diagram, wat die afwisseling van geslagte toon en

    beantwoord die vrae wat volg.

    2.3.1 Voltooi die ontbrekende terme op die diagram. (4) 2.3.2 Watter proses in plantselle sal: (a) ʼn toename en (1) (b) ʼn afname in die chromosoomgetal laat plaasvind? (1) 2.3.3 Noem die struktuur wat deur nommer 1 in: (a) mosse en (1) (b) varings onderskeidelik voorgestel word. (1)

    The amount of Nitrogen in plants over a number of days

  • 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.4 Beantwoord die volgende vrae oor Annelida. 2.4.1 Tussen watter twee filums op die evolusionêre lyn sal jy die

    Annelida aantref? (2) 2.4.2 Wat is die belangrikheid van die seloom? (1) 2.4.3 Watter soort simmetrie word in Annelida gevind? (1) 2.5 Bestudeer die diagram van ʼn blom van ʼn Angiosperm en beantwoord die

    vrae wat volg.

    2.5.1 Skryf die nommer van die deel waar die vroulike gamete

    geproduseer sal word, neer. (1) 2.5.2 Watter nommer verteenwoordig die krans wat vir insekbestuiwing

    belangrik is? (1) 2.5.3 Op hierdie blom, raak beide manlike en vroulike organe op

    dieselfde tyd volwasse. Noem EEN ooglopende kenmerk wat self-bestuiwing kan voorkom. (1)

    2.5.4 Noem EEN manier waarop die Angiosperm beter vir ʼn terrestriële

    lewe as die Briofiete aangepas is. (2)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 9

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.6 Bestudeer die volgende diagram en beantwoord die vrae wat volg.

    [Bron: Aangepas van Volksblad, 27 November 2010] 2.6.1 Formuleer ʼn hipotese wat vir die bogenoemde data aanvaar sal

    word. (3) 2.6.2 Lys die afhanklike veranderlike. (1) 2.6.3 Lys die onafhanklike veranderlike. (1) [40]

  • 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    VRAAG 3 3.1 Die diagramme hieronder toon die liggaam planne van drie soorte diere.

    Bestudeer die diagramme en beantwoord die vrae wat volg.

    3.1.1 Skryf slegs die letter(s) van die diagram(me) wat die volgende

    verteenwoordig: (a) Pseudo-coelomaat (b) Acoelomaat (c) Triploblasties (d) Chordata (5) 3.1.2 Noem EEN voordeel en EEN nadeel van ʼn eksoskelet in

    geleedpotiges. (2) 3.1.3 Beskryf EEN voordeel van ʼn deurlopende dermkanaal in die

    Annelida. (2) 3.1.4 Vanuit watter embrioniese laag sal die weefsel-gevulde laag

    ontwikkel? (1)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 11

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3.2 Sommige gebiede in Suid-Afrika ontvang gevaarlike hoë vlakke van UV-B-

    bestraling, byvoorbeeld in De Aar in die Noord-Kaap, soos in die diagram hieronder aantoon. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

    3.2.1 In watter jaar was volledige rekords gehou? Hoe weet jy dit? (2) 3.2.2 Gedurende watter VIER maande van die jaar 1997 was die UV-B-

    bestraling die mees gevaarlikste? (1) 3.2.3 Noem TWEE skadelike osoon-afbrekende stowwe. (2) 3.2.4 Noem en verduidelik kortliks TWEE gevolge van osoonvermindering

    op die ekosisteem. (4) 3.2.5 Dra osoonvermindering by tot woestynvorming? Verduidelik. (2)

  • 12 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3.3 In Afrika waar die bevolking toeneem, is die produksie per capita

    (gemiddelde produksie per persoon) laag, in vergelyking met kontinente soos Asië en Latyns-Amerika. Dit is as gevolg van beperkte gebruik van landbou-tegnologie, wat produksie kan verhoog. Produksie word ook geraak deur moontlike rampe. Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

    3.3.1 Wat was die opbrengs van graan in 1982 en in 2000? (2) 3.3.2 Verduidelik wat met die opbrengste tussen 1982 en 1986 gebeur

    het. (2) 3.3.3 Beskryf volledig, die neiging in al die data op die grafiek vertoon. (2) 3.3.4 Gebaseer op jou antwoord vir VRAAG.3.3.3 lewer kommentaar oor

    voedselsekerheid in Afrika vir die toekoms. (3)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 13

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3.4 Die omgewingsimpak van die hoeveelheid koolstofdioksied wat vrygestel

    word gedurende die leeftyd van die gebruik van ʼn produk of ʼn diens deur ʼn persoon van ʼn ontwikkelde land gelewer, word in die sirkelgrafiek hieronder aangetoon. Bestudeer die grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

    3.4.1 Onderskei tussen primêre en sekondêre koolstofvoetspoor. (2) 3.4.2 Watter TWEE aktiwiteite dra die meeste tot die koolstofvoetspoor

    by? (2) 3.4.3 Noem TWEE aktiwiteite wat die minste tot ons koolstofvoetspoor

    bydra. (2) 3.4.4 Die gebruik van gas, olie, steenkool en elektrisiteit maak 29% van

    ʼn persoon se koolstofvoetspoor uit. Stel VIER maniere voor waarop jy jou koolstofvoetspoor kan verminder. (4)

    [40] TOTAAL AFDELING B: 80

    Huis - gas, olie en steenkool

    16%

    Huis - elektrisiteit 13%

    Privaat vervoer 11%

    Publieke vervoer 3%

    Vakansievlugte 7% Voedsel en drank

    5%

    Klere en persoonlike besittings

    4%

    Wonings en meubels

    10%

    Rekreasie en ontspanning

    15%

    Finasiële dienste 3%

    Deel van publieke dienste

    13%

    Koolstofvoetspoor van ʼn persoon van die ontwikkelde wêreld

  • 14 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING C VRAAG 4 4.1 “Vaste afval het ʼn groot bron van kommer in Suid-Afrika geword. Elke

    persoon in Suid-Afrika genereer tussen 0,5 kg tot 2 kg afval elke dag. Dit is gelykstaande aan sowat 15 miljoen ton van huishoudelike afval elke jaar.” As jy aangestel word as die hoof van die afvalverwyderings-afdeling van jou dorp/stad, verduidelik VIER strategieë wat jy sou gebruik om die afval te bestuur.

    Inhoud (17) Sintese (3) LET WEL: GEEN punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van

    vloeidiagramme of diagramme nie. TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150

  • NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

    GRAAD 11

    NOVEMBER 2014

    LEWENSWETENSKAPPE V2 MEMORANDUM

    PUNTE: 150

    Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.

  • 2 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING A VRAAG 1 1.1 1.1.1 A 1.1.2 A 1.1.3 B 1.1.4 C 1.1.5 A 1.1.6 D 1.1.7 C 1.1.8 D 1.1.9 D 1.1.10 B (10 x 2) (20) 1.2 1.2.1 Prokariote 1.2.2 Deurlopende spysverteringskanaal 1.2.3 Angiosperme 1.2.4 Antigene / entstowwe 1.2.5 Fermentasie 1.2.6 Eutrofikasie 1.2.7 Seloom 1.2.8 Ontbinders 1.2.9 Monokulture 1.2.10 Biologiese beheer (10 x 1) (10)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 3

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    1.3 1.3.1 Slegs B 1.3.2 Beide A en B 1.3.3 Slegs B 1.3.4 Beide A en B 1.3.5 Beide A en B 1.3.6 Slegs A 1.3.7 Geeneen 1.3.8 Slegs A 1.3.9 Slegs A 1.3.10 Geeneen (10 x 2) (20) TOTAAL AFDELING A: 50

  • 4 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1

    Riglyne vir die assessering van die grafiek Korrekte tipe grafiek 1 Titel van grafiek 1 Korrekte opskrif en skaal van x-as 1 Korrekte opskrif en skaal van y-as 1 Plot van punte 1: 1 tot 3 punte korrek geplot

    2: al 6 punte korrek geplot LET WEL:

    Indien die verkeerde grafiek geteken is, sal 3 punte verbeur word vir: ‘Korrekte tipe grafiek’ ‘Plot van punte’

    Indien opskrifte vir die asse omgeruil is sal 2 punte verbeur word vir: ‘Korrekte opskrif en skaal vir X-as en Y-as’ (6)

    2.1.2 ostelike i ellan se ee

    = 7,1% (2)

    430

    20 62

    480

    240

    99

    0 0

    100

    200

    300

    400

    500

    600Aa

    ntal

    ste

    rftes

    Streke

    Aantal sterftes as gevolg van TB in verskillende streke van die wêreld

    (T)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 5

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.1.3 Hulle is ontwikkelde lande met lae vlakke van armoede /

    goeie gesondheid en sosiale infrastrukture. / Meeste mense kry goeie voedsel en leef nie in oorbevolkte/ vuil / onhigiëniese toestande nie. (Enige 1 x 2) (2)

    2.2 2.2.1 Dra rubberhandskoene wanneer die monsters geneem word

    om nie met kieme besmet te word nie. Monsters moet geneem word deur houers/bottels wat aan ʼn

    tou vasgemaak is te gebruik om te voorkom dat jy te na aan die rivieroewer kom / voorkom verdrinking / voorkom dat jy in die rivier val / voorkom besmetting. (2 x 2) (4)

    2.2.2 Temperatuur van die menslike liggaam waar bakterieë

    normaalweg leef / E. coli leef normaalweg in die dikderm van die mens / om bakterieë toe te laat om voort te plant. (2)

    2.2.3 Gebrek / afwesigheid van ʼn volwaar ige rioolsisteem / swak

    higiëne wat veroorsaak dat feses in water beland. (2) 2.3 2.3.1 1 – Gametofiet

    2 – Gamete 3 – Sigoot 4 – Sporofiet (4)

    2.3.2 (a) bevrugting (b) meïose (2) 2.3.3 (a) Protonema (b) Protallus (2) 2.4 2.4.1 Platyhelminthes en

    Arthropoda

    (2) 2.4.2 Voorsien ʼn effektiewe hi rostatiese skelet / voorsien

    ondersteuning Voorsien ruimte vir die uitermatige groei van organe.

    (Enige 1 x 1) (1) 2.4.3 Bilaterale simmetrie (1) 2.5 2.5.1 4 (1) 2.5.2 7 (1) 2.5.3 Stempel is hoër as die helmknop. (1)

  • 6 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    2.5.4 Het ʼn goe ontwikkel e vaatweefsel.

    Geslagtelike voortplanting is onafhanklik van water. Bevrugting geskied as gevolg van bestuiwers. Het ware wortels, stingels en blare. Sporofiet is die dominante generasie. Produseer sade. (Enige 1 x 2) (2)

    2.6 2.6.1 Soos die jare toeneem, was aar ʼn toename in die jag van

    renosters. (3) 2.6.2 Aantal renosters wat gejag word. (1) 2.6.3 Die jaar waarin renosters gejag word. (1) [40] VRAAG 3 3.1 3.1.1 (a) C (b) A (c) A en B en C (Enige 2 x 1) (d) B (5) 3.1.2 Voordeel:

    Omdat dit hard is beskerm dit die dier teen meganiese beserings. Verskaf aanhegtingsplekke vir spiere. (Enige 1 x 1) Nadeel: Omdat dit ondeurlaatbaar is, sal geen gaswisseling plaasvind nie. Kan nie rek om groei van die liggaam te akkomodeer nie. Nuwe sagte ekoskelet bied nie veel beskerming nie. (Enige 1 x 1) (2)

    3.1.3 Geen vermenging van voedsel omdat dit in een rigting

    beweeg. Laat vertering aaneenlopend plaasvind. Die spysverteringstelsel is gespesialiseerd waar verskillende

    dele vir verskillende funksies aangepas geraak het. (Enige 1 x 2) (2)

    3.1.4 Mesoderm (1) 3.2 3.2.1 1997/2001, 12 maande se data word op die grafiek

    aangetoon. (2) 3.2.2 Januarie, Februarie, November, Desember /somer maande (1) 3.2.3 CFC (Chloorfluoorkoolstowwe)

    HFC (Hidro fluoorkoolstowwe) (2)

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 7

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3.2.4 Osoon reageer met UV-B strale om dit onskadelik te maak

    us sal ʼn vermin ering in stratosferiese osoon ie hoeveelheid van die UV-B straling laat toeneem.

    en daarom die effektiwiteit van die produseerders in die voedselketting laat afneem.

    ʼn Vermin ering in pro useer ers lei tot ʼn vermin ering in verbruikers.

    Sy vermindering in die strastosfeer veroorsaak dat meer skadelike UV-B strale die aarde bereik, wat ensieme wat vir fotosintese belangrik is sal vernietig. (Enige 2 x 2) (4)

    3.2.5 Ja. Dit beskadig alle vorme van lewe en graslande en

    sukkulente-Karoo wat droog is en veral vatbaar vir woestynvorming is. (2)

    3.3 3.3.1 1982: 150 kg/jaar 2000: 138 – 145 kg/jaar (2) 3.3.2 Die opbrengs neem af en keer terug na die vorige

    produksie. (2) 3.3.3 Die produksie het laag gebly tussen 125 kg/jaar en 175 kg/jaar

    vir 20 jaar. Dit het nie te veel verander nie. (Enige 2 x 1) (2)

    3.3.4 Die data toon dat alhoewel die bevolking in Afrika gegroei het,

    voedselproduksie nie toegeneem het in ooreenstemming met die groei nie. Dit maak voedselsekuriteit onseker vir die toekoms. (3)

    3.4 3.4.1 Primêre koolstofvoetspoor is die koolstof wat vrygestel word deur

    die direkte betrokkenheid / aktiwiteit van ʼn persoon, waar sekondêre koolstofvoetspoor die vrystelling is deur indirekte betrokkenheid / verbruik / dienste. (2)

    3.4.2 Huis – gas, olie, en steenkool

    Rekreasie en ontspanning (2) 3.4.3 Publieke vervoer en finansiële dienste (2)

  • 8 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    3.4.4 Verminder verhittingskoste /gebruik komberse en warm

    klere / warm waterbottels Gebruik publieke vervoer. / gebruik fietse. Moet nie elektriese toestelle aan los wat nie gebruik word

    nie. Koop produkte wat minder verpakking het om afval te

    verminder. Sit warmwaterstelsels af wanneer nie in gebruik. Gebruik gloeilampies wat koolstof vriendelik is. Koop plaaslike produkte / vars produkte. Gebruik loodvrye petrol. Lig mense in oor die impak van die koolstofvoetspoor. Verminder die gebruik van paraffien en steenkool.

    (Enige 4 x 1) (Aanvaar enige sinvolle antwoord) (4)

    [40] TOTAAL AFDELING B: 80

  • (NOVEMBER 2014) LEWENSWETENSKAPPE V2 9

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    AFDELING C VRAAG 4 4.1 Afvalbeheer-strategie: 1. Stortingsterrein bestuur en herwinning van energie uit verbranding. Gebruik die hitte van die verbranding van stortingsterreine om elektrisiteit op te wek en sodoende te bespaar op die elektrisiteits-

    rekening vir verhitting en kos gaarmaak. Ondersoek metodes om metaangas te versamel en as ʼn brandstof te

    gebruik. Plaas plastiek onderlae onder stortingsterreine tydens konstruksie. om die uitloging van afval in grondwater / rivier / oseane te voorkom. Rehabiliteer ou stortingsterreine om besoedeling te voorkom /

    fitoremediase (plant herstel). 2. Herstel en herwinning Moedig inwoners van stede aan om verskillende tipes afval in

    verskillende afvalhouers / dromme van verskillende kleure te sit. Vennootskap met herwinningsmaatskappye vir ʼn beter insameling van

    verskillende afval. Boetes vir mense wat nie die afval in verskillende dromme skei nie. Dit kan inkomste genereer en die vervoerkoste verminder. Voed mense op om organiese afval te gebruik. bv. om kompos te maak wat die grond kan bemes sodat groente

    geplant kan word. Nuwe produkte kan van herwone materiaal gemaak word wat die ekonomie kan bevoordeel deur werkskepping te skep /

    armoede te verlig. Maak stortingsterreine skoon en bou nuttige fasiliteite soos

    sportgronde. 3. Voed burgers en maatskappye op om afval te hergebruik. Bv. glashouers vir melk, koeldrank en alkohol. Dit sal die nood om meer van hierdie items te voorsien verminder en dus energie en geld spaar. 4. Verminder afval Belas / penaliseer mense ekstra indien hulle meer afval genereer Moedig burgers/inwoners aan om afval meer effektief te bestuur.

    Vergoed die wat afval effektief bestuur. Herwin, hergebruik en verminder afval

    (Maksimum 4 punte per strategie) (17)

  • 10 LEWENSWETENSKAPPE V2 (NOVEMBER 2014)

    Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

    Assessering vir die voorlegging van die opstel Relevansie (R) Logiese Volgorde (L) Begrip (C) Alle inligting gegee in

    die opstel is relevant. I ees is in ʼn logiese volgorde gerangskik deur die beantwoording van die vrae onder verskillende opskrifte.

    In die opstel, is minimum 12 relevante punte uit die 17 maksimum punte gestel.

    Sintese (3) TOTAAL AFDELING C: 20 GROOTTOTAAL: 150