graad 12 leerder ondersteuningsprogrameccurriculum.co.za/lifesciences/revision...c genetika. d...

16
Streng gesproke nie vir toets/eksamen doeleindes nie. Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks • Sone 6 Zwelitsha 5608 • Privaatsak X0032 • Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HOOFDIREKTORAAT – KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM HERSIENING EN REMEDIËRENDE ONDERRIG INSTRUMENT: VRAE EN ANTWOORDE VAK: LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL Junie 2009 Hierdie dokument bestaan uit 16 bladsye.

Upload: others

Post on 14-Feb-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Streng gesproke nie vir toets/eksamen doeleindes nie.

    Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS

    Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks • Sone 6 Zwelitsha 5608 • Privaatsak X0032 • Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

    HOOFDIREKTORAAT – KURRIKULUM BESTUUR

    GRAAD 12 LEERDER

    ONDERSTEUNINGSPROGRAM

    HERSIENING EN REMEDIËRENDE ONDERRIG INSTRUMENT:

    VRAE EN ANTWOORDE

    VAK: LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL

    Junie 2009

    Hierdie dokument bestaan uit 16 bladsye.

  • 2 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) INSRTUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word. 1 Beantwoord AL die vrae. 2 Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDEBOEK. 3 Begin die antwoord op ELKE vraag boaan ʼn NUWE bladsy. 4 Nommer die antwoorde volgens die nommerstelsel wat in hierdie vraestel

    gebruik is. 5 Indien die antwoorde NIE voorgelê word volgens instruksies op elke vraag sal

    kandidate punte verloor. 6 ALLE tekeninge moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of

    swart ink. 7 Teken diagramme en vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word. 8 NIE al die diagramme in hierdie vraestel is volgens skaal geteken NIE. 9 Grafiekpapier mag NIE gebruik word NIE. 10 Nieprogrameerbare sakrekenaars, gradeboë en passers mag gebruik word. 11 Skryf netjies en leesbaar.

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie moontlike opsies word as antwoorde op die volgende vrae gegee.

    Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter ( A – D ) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.6 D.

    1.1.1 Die periode waartydens die embrio in die uterus van die moeder

    ontwikkel totdat geboorte plaasvind staan bekend as … A inplanting. B swangerskap. C kontrasepsie. D konsepsie. 1.1.2 Die posisie van ʼn geen op ʼn chromosoom staan bekend as … A ʼn lokus. B ʼn alleel. C genetika. D homoloog. 1.1.3 Nie-identiese tweelinge word gevorm wanneer … A een eiersel deur twee spermselle bevrug word. B twee eierselle op dieselfde tyd bevrug word. C ʼn sigoot in twee individue verdeel. D ʼn onbevrugte eiersel in twee verdeel. 1.1.4 Watter genetiese siekte word deur die selle in diagram B

    gedemonstreer?

    A B

    A Siekelsel anemie B Hemofilie C Progeria D Albinisme

  • 4 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 1.1.5 Die nakomelinge van ʼn homosigotiese wit marmotjie wat met ʼn

    homosigotiese swart marmotjie gekruis is, was almal grys. Watter persentasie van die F2-generasie sal grys wees as die twee grys marmotjies paar?

    A 75% B 50% C 34% D 25% (5 x 2) (10)

    1.2 Gee die korrekte BIOLOGIESE TERM vir elk van die volgende beskrywings.

    Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

    1.2.1 Die periode wanneer ʼn vrou se menstruelesiklus staak. 1.2.2 ʼn Skielike lukrake verandering in die genetiese kode van ʼn

    organisme wat oorerf kan word. 1.2.3 ʼn Genetiese kruising waarby twee kenmerke op ʼn tydstip betrokke is. 1.2.4 ʼn Bloedstollingsteurnis wat gewoonlik in mans voorkom en aan ʼn

    resessiewe geen op die X-chromosoom gekoppel is. 1.2.5 ʼn Volle stel chromosome met al die gene van ʼn organisme. 1.2.6 Die geboorte van ʼn baba deur die abdomen deur middel van

    chirurgiese prosedures. 1.2.7 ʼn Deel of segment van DNA, wat die genetiese kode vir die vorming

    van ʼn spesifieke proteïen dra, deur die aminosuur volgorde te spesifiseer.

    1.2.8 ʼn Toestand wat ontstaan wanneer ʼn normale gameet ʼn gameet met ʼn

    ekstra chromosoom nommer 21 bevrug, wat die vorming van ʼn sigoot met 47 chromosome in plaas van 46 chromosome tot gevolg het.

    (8 x 1) (8)

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 5 1.3 Kies ʼn item in KOLOM B wat by ʼn beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs

    die letter ( A – F) langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 M.

    KOLOM A KOLOM B

    1.3.1 Vashegting van die embrio aan die

    endometrium

    1.3.2 DNA wat gevorm word deur een segment van DNA van een bron aan die DNA van ʼn vektor te verbind

    1.3.3 Die punt waar oorkruising van chromosome gedurende meiose plaasvind

    1.3.4 Die hormoon wat swangerskap onderhou en deur die corpus luteum afgeskei word.

    1.3.5 Die ensiem wat vir die transkripsie van bRNA uit DNA verantwoordelik is. 1.3.6 Die wet wat lui dat allele hulself onafhanklik rangskik en dat elke gameet een lid van elke paar ontvang

    A Rekombinante DNA

    B Estrogeen

    C Transkriptase

    D Inplanting

    E Chiasmata

    F Laktase

    G Progesteroon

    H Wet van onafhanklike sortering I Konsepsie

    J Wet van segregasie

    K Mitochondriale DNA

    L Sentromeer

    (6 x 2 ) (12)

  • 6 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 1.4 Die volgende diagram verteenwoordig meiotiese deling in die sel van ʼn

    vroulike organisme. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg:

    1.4.1 Identifiseer die dele gemerk A, B en C. (3) 1.4.2 Verskaf EEN woord vir die gepaarde chromosome aangedui deur D. (1) 1.4.3 Watter fase van meiose word deur bostaande diagram

    verteenwoordig? (1) 1.4.4 Gee EEN rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.3. (2) 1.4.5 Hoeveel chromosome sal daar aan die einde van hierdie seldeling in

    elke dogtersel wees? (2) 1.4.6 In watter vroulike orgaan vind hierdie proses plaas? (1)

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 7 1.5 Bestudeer die diagram van die menslike manlike voortplantingsorgaan en

    beantwoord die vrae wat volg: 1.5.1 Verskaf die LETTER van die deel wat chirurgies tydens besnyding

    verwyder word. (1) 1.5.2 Gee die NAME van die dele wat onderskeidelik I en M genommer is. (2) 1.5.3 Noem die hormoon wat deur die deel M geproduseer word. (1) 1.5.4 Skryf die LETTER neer van die struktuur wat: (a) voedsel aan spermselle verskaf. (b) spermselle stoor. (c) ʼn alkaliese medium vir spermselle verskaf. (d) uit erektiele-weefsel bestaan. (e) chirurgie gedurende ʼn vasektomie ondergaan. (f) ʼn weg vir semen en urine is. (6) TOTAAL AFDELING A: 50

  • 8 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) AFDELING B

    VRAAG 2

    2.1 Die onderstaande tabel toon ʼn deel van die daaglikse voedingsbehoeftes

    van ʼn vrou, voor en gedurende swangerskap, aan. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg:

    Voedingstof Voor

    swangerskap Gedurende

    swangerskap Yster Energie Kalsium Vitamiene C Vitamiene A Vitamiene D Proteïene

    15 mg 9 000 kJ

    0,5 g 25 mg 650 µg 1,5 µg 27 g

    25 mg 10 000 kJ

    1 g 25 mg 650 µg 9 µg 36 g

    2.1.1 Watter voedingstof word in dieselfde hoeveelhede deur die liggaam

    voor en gedurende swangerskap benodig? (1) 2.1.2 Bereken die persentasie toename in die hoeveelheid proteïene vanaf

    voor tot gedurende swangerskap. TOON AL JOU BEWERKINGS. (3) 2.1.3 Watter voedingstof se inname moet gedurende swangerskap meer

    as verdubbel word? (1) 2.1.4 Verskaf EEN rede waarom swanger vroue ʼn gesonde,

    gebalanseerde dieet moet volg. (1)

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 9 2.2 Die vermoë om die tong te rol word vanaf ouers na kinders oorgedra. Die

    onderstaande diagram toon die oorerwing van die vermoë om die tong te rol in ʼn spesifieke familie aan. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.

    LET WEL: Hoofletter T is om die tong te kan rol en kleinletter t is vir die

    onvermoë om die tong te rol.

    2.2.1 Gee die onderskeidelike genotipes vir I en P. (4) 2.2.2 Wat is die moontlikheid dat Q en R se eerste kind die vermoë sal hê

    om sy of haar tong te kan rol? (2) 2.2.3 Waarom word die eienskap om die tong te kan rol met ʼn hoofletter

    aangedui en nie die onvermoë om die tong te kan rol nie? (2) 2.2.4 T en U het vyf kinders. Hoeveel dogters kan hul tonge rol? (1) 2.2.5 Is Q homosigoties of heterosigoties? (2)

  • 10 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 2.3 Die volgende figuur toon die resultate van ʼn DNA vingerafdruk-analise vanaf

    ʼn misdaadtoneel aan. X verteenwoordig getuienis wat by die misdaad toneel gevind is. Die nommers 1 tot 5 verteenwoordig DNA vingerafdrukke van vyf individue. Individu 3 is die verdagte.

    2.3.1 Bepaal watter individu se patroon pas by die patroon van die DNA

    wat van die getuienis verkry is. (2) 2.3.2 Sal jy individu 3 vir die misdaad skuldig bevind? (2) 2.3.3 Verduidelik jou antwoord in VRAAG 2.3.2 hierbo. (2) 2.3.4 Watter van die DNA vingerafdrukke in die figuur dien as kontrole? (1)

    2.4 Noem VIER gebruike van DNA vingerafdrukke. (4)

    2.5 Noem TWEE monsters wat as getuienis vanaf die misdaad toneel vir DNA

    ontleding geneem kan word. (2) [30]

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 11 VRAAG 3

    3.1 Bestudeer die volgende diagram van plantreproduksie en beantwoord die

    vrae wat volg: 3.1.1 Identifiseer die dele genommer A en C. (2) 3.1.2 Wat gebeur onderskeidelik met dele genommer D en E na

    bevrugting? (2) 3.1.3 Die struktuur genommer B ontwikkel tot ʼn belangrike orgaan in ʼn

    plant. Noem die orgaan. (1)

  • 12 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 3.2 Bestudeer onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg:

    3.2.1 Watter bevolkingsgroep het die hoogste gevalle van prostaatkanker? (1) 3.2.2 Watter bevolkingsgroep het ʼn geringe toename gedurende dieselfde

    periode gehad? (1) 3.2.3 Wat is die neiging vir die voorkoms van gevalle van prostaatkanker

    wat in die swart gemeenskap waargeneem word? (1) 3.2.4 Wat is die hoofbron van data wat vir die Kankervereniging van Suid-

    Afrika beskikbaar is? (1) 3.3 Die moontlikheid van menslike kloning is ʼn baie kontroversiële

    aangeleentheid. 3.3.1 Stem jy met menslike kloning saam, of nie? (1) 3.3.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur DRIE redes te verskaf. (6)

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 13 3.4 Bestudeer onderstaande diagram van die vroulike voortplantingstelsel en

    beantwoord die vrae wat volg:

    3.4.1 Skryf die LETTER van die orgaan waarin eierselle geproduseer word neer. (1)

    3.4.2 Skryf die NAAM van die orgaan waarin bevrugting plaasvind neer. (1) 3.4.3 Noem die deel van die orgaan, gemerk C, wat een keer ʼn maand

    disintegreer. (1) 3.4.4 Noem die chirurgiese prosedures waartydens die deel gemerk A

    afgesny of afgebind word. (1)

  • 14 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) 3.5 Onderstaande diagram toon ʼn stadium in die proses van proteïen-sintese.

    Bestudeer die diagram versigtig en beantwoord die vrae wat volg: 3.5.1 Watter stadium van proteïen-sintese word in die diagram getoon? (1) 3.5.2 Gee die korrekte volgorde van die drie basisse by punt R. (3) 3.5.3 Verskaf die byskrifte vir dele gemerk X, Q, Z, R en S. (5) 3.5.4 Waar in die sel vind hierdie proses presies plaas? (1) [30]

    Diagram wat ʼn stadium in die proses van proteïen-sintese toon.

  • (KOPIEREG 06/09) LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) 15 VRAAG 4

    4.1 Die onderstaande tabel toon die resultate van ʼn ondersoek wat onder ʼn

    aantal paartjies oor die betroubaarheid van verskillende metodes van geboortebeperkings uitgevoer is, aan. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg:

    4.1.1 Teken ʼn staafgrafiek om die betroubaarheid van die verskillende metodes van geboortebeperking aan te toon. (11)

    4.1.2 Waarom word ʼn diafragma met ʼn spermdoder gebruik? (2) 4.1.3 Watter metode is die betroubaarste? (1) 4.1.4 Wat word met “GEEN” in die tabel bedoel? (1) 4.1.5 In watter opsig is die IUA verskillend van die ander metodes van

    geboortebeperkings? (2) 4.1.6 Bespreek volgens jou mening die morele en etiese aspekte

    betreffende geboortebeperkingmetodes. (3) 4.2 Sommige van die armoede geteisterde lande in Afrika het die afgelope jare

    geweier om voedselhulp te aanvaar. Sommige van hulle weier selfs, of verban die invoer van genetiese gemodifiseerde voedsel uit Suid-Afrika. Skryf ʼn kort opstel onder die volgende hoofde:

    4.2.1 Die moontlike nadele van genetiese gemodifiseerde voedsel. (6) 4.2.2 Etiese aangeleenthede ten opsigte van die verkoop van voedsel

    materiaal sonder die GM merk. (5) 4.2.3 Redes om die buiteland te oortuig om Suid-Afrikaanse genetiese

    gemodifiseerde voedselprodukte te koop of in te voer. (6) Sintese: (3) [40] TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150

    METODE VAN GEBOORTEBEPERKING

    PERSENTASIE SWANGERSKAPPE

    Geen 53 Ritme-metode 18

    Diafragma met spermdoder 11 Kondoom 8

    IUA (Intra-uteriene apparaat) lus 2 Die pil 0

  • 16 LEWENSWETENSKAPPE – EERSTE VRAESTEL (LFSC) (KOPIEREG 06/09) RUBRIEK

    2 4 6 Leerder se vermoë om die redes te begryp

    waarom sommige van die arm nasies

    verkies om honger te ly eerder as om GM

    voedsel as voedselhulp te aanvaar.

    1–2 redes

    verskaf

    3–4 redes

    verskaf

    5 of meer

    redes

    verskaf

    2 5 Etiese kwessies in verband met die verkoop

    en verspreiding van GM voedsel sonder die

    GM merk op die voedselpakke.

    1–2 kwessies

    bespreek

    3 of meer

    kwessies

    bespreek

    2 4 6 Leerders se vermoë om oortuigende en

    logiese redes voor te stel aan daardie

    nasies om genetiese gemodifiseerde

    landbouprodukte uit Suid-Afrika in te voer.

    1–2 redes

    verskaf

    2–4 redes

    verskaf

    5 of meer

    redes

    verskaf

    Sintese 3

    /ColorImageDict > /JPEG2000ColorACSImageDict > /JPEG2000ColorImageDict > /AntiAliasGrayImages false /CropGrayImages true /GrayImageMinResolution 300 /GrayImageMinResolutionPolicy /OK /DownsampleGrayImages true /GrayImageDownsampleType /Bicubic /GrayImageResolution 300 /GrayImageDepth -1 /GrayImageMinDownsampleDepth 2 /GrayImageDownsampleThreshold 1.50000 /EncodeGrayImages true /GrayImageFilter /DCTEncode /AutoFilterGrayImages true /GrayImageAutoFilterStrategy /JPEG /GrayACSImageDict > /GrayImageDict > /JPEG2000GrayACSImageDict > /JPEG2000GrayImageDict > /AntiAliasMonoImages false /CropMonoImages true /MonoImageMinResolution 1200 /MonoImageMinResolutionPolicy /OK /DownsampleMonoImages true /MonoImageDownsampleType /Bicubic /MonoImageResolution 1200 /MonoImageDepth -1 /MonoImageDownsampleThreshold 1.50000 /EncodeMonoImages true /MonoImageFilter /CCITTFaxEncode /MonoImageDict > /AllowPSXObjects false /CheckCompliance [ /None ] /PDFX1aCheck false /PDFX3Check false /PDFXCompliantPDFOnly false /PDFXNoTrimBoxError true /PDFXTrimBoxToMediaBoxOffset [ 0.00000 0.00000 0.00000 0.00000 ] /PDFXSetBleedBoxToMediaBox true /PDFXBleedBoxToTrimBoxOffset [ 0.00000 0.00000 0.00000 0.00000 ] /PDFXOutputIntentProfile (None) /PDFXOutputConditionIdentifier () /PDFXOutputCondition () /PDFXRegistryName () /PDFXTrapped /False

    /Description > /Namespace [ (Adobe) (Common) (1.0) ] /OtherNamespaces [ > /FormElements false /GenerateStructure false /IncludeBookmarks false /IncludeHyperlinks false /IncludeInteractive false /IncludeLayers false /IncludeProfiles false /MultimediaHandling /UseObjectSettings /Namespace [ (Adobe) (CreativeSuite) (2.0) ] /PDFXOutputIntentProfileSelector /DocumentCMYK /PreserveEditing true /UntaggedCMYKHandling /LeaveUntagged /UntaggedRGBHandling /UseDocumentProfile /UseDocumentBleed false >> ]>> setdistillerparams> setpagedevice