graad 12 nasionale senior sertifikaat graad 10 · 3.3.1 wat is die hoofmetode wat gebruik word om...

25
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. EKONOMIE V1 GRAAD 10

Upload: others

Post on 09-Feb-2020

12 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 150 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

EKONOMIE V1

MODEL 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

GRAAD 10

Page 2: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

• AFDELING A: VERPLIGTEND. • AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae. • AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

3. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 4. 5.

Lees die vrae aandagtig deur. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

6. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 7. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en

konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die vrae.

8. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE

nagesien word NIE.

9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.

Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

1.1.1 Die vertakking van ekonomie wat op die gedrag van die ekonomie

in sy geheel fokus, staan as ekonomie bekend.

A

B C

mikro- ontwikkelings- makro-

1.1.2 Wanneer ons onvoldoende hulpbronne het om in ons behoeftes en

begeertes te voorsien, bestaan

A

B C

arbeid. skaarsheid. kapitaal.

1.1.3 Die totale waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die

grense van 'n land vir 'n sekere tydperk geproduseer word, staan as die bekend.

A

B C

Bruto Binnelandse Produk Bruto Binnelandse Besteding Bruto Nasionale Inkome

1.1.4 Die aankoop van 'n skooltas eerder as 'n fliekkaartjie dui op die

ekonomiese beginsel van

A

B C

ruil. geleentheidskoste. besparing.

1.1.5 Die eerste inheemse mense in Suid-Afrika was die A

B C

Xhosas. Zoeloes. San.

1.1.6 Suid-Afrika was 'n van Engeland vir omtrent 150 jaar. A

B C

provinsie kolonie dorpie

Page 4: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

1.1.7 'n Transaksie wat nie by 'n kitsbank gedoen kan word nie, is A

B C

muntdeposito's. onttrekkings. die betaling van rekeninge.

1.1.8 Suid-Afrika se ekonomiese ontwikkeling het begin by A

B C

mynbou. visserye. kommersiële landbou. (8 x 2)

(16) 1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B om by 'n item in KOLOM A te pas. Skryf

slegs die letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

KOLOM A KOLOM B 1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7 1.2.8

Investering Publieke goedere LBS Onderwys Verstedeliking Spesialisasie Vakbonde Wettige betaalmiddel

A B C D E F G H I

word gewoonlik deur die verbruikers van hierdie goedere en dienste betaal beskerm die belange van werkers die ekonomiese term vir besteding op kapitaalgoedere die grootste bestedingsitem in die begroting van Suid-Afrika direkte belasting geld wat mense deur die wet verplig word om te aanvaar 'n groeiende aantal mense trek na stede en dorpe toe in die produksie van goedere, herhaal elke werker slegs een handeling kollektiewe verbruik en besit deur gemeenskappe

(8 x 1) (8)

Page 5: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

1.3 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die

woord langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.3.1 Ekonomies kwesbare mense word altyd bevoordeel gedurende die

(uitbreidings-/inkrimpings-) fase van die sakesiklus.

1.3.2 Meel wat in die produksie van brood gebruik word, is (finale/

intermediêre) goedere.

1.3.3 Algemene prysstygings staan bekend as (inflasie/deflasie). 1.3.4 'n Ander term vir 'n werksmag is (arbeidsmag/ondernemers). 1.3.5 Die (Franse/Industriële) Rewolusie het in Engeland begin. 1.3.6 Die sentrale bank in Suid-Afrika word die (Federale/Reserwe-)

Bank genoem. (6 x 1)

(6)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 6: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 25 MINUTE 2.1 Identifiseer die VIER produksiefaktore. (4 x 1) (4) 2.2 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 2.2.1 Dui die illustrasie hierbo op die proses van verbruik of produksie? (2) 2.2.2 Gee 'n voorbeeld van duursame goedere in die illustrasie hierbo. (1) 2.2.3 Sou die besteding op duursame goedere hierbo geklassifiseer

word as owerheidsbesteding of huishoudelike verbruiksbesteding?

(1) 2.2.4 Onderskei tussen onmiddellike (direkte) verbruik en uitgestelde

(indirekte) verbruik en gee 'n voorbeeld van elk. (2 x 3)

(6)

Page 7: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

2.3 Bestudeer die gevallestudie hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

MR PRICE SE PRESTASIE

Kaapstad: In 2011 het Mr Price vir die eerste keer in vyf jaar 'n laer rekenkundige wins aangekondig. Groei in verkope het met 15% gestyg tot R2,6 biljoen vir die jaar geëindig 31 Maart 2011. 'Dis maklik om die blaam op kleiner verbruiksbesteding te plaas. Ons voorrade van sekere luukse items vir Mr Price se Naweekverkope was eenvoudig te hoog en ons moes ons pryse en winsgrense sny.' Moeilike handelsomstandighede het ook 'n uitwerking op die besigheid se resultate gehad, net soos hierdie toestande ander kleinhandelaars se sake beïnvloed het. Die afdeling wat die meeste geraak is deur moeilike handelsomstandighede, was die groep se juwelierswarereeks, en die groep beplan nie om hierdie afdeling verder uit te brei nie.

[Aangepas uit: Sakeburger, 5 Julie 2010] 2.3.1 Waarna verwys rekeningkundige wins? (2) 2.3.2 Hoekom het Mr Price lae winste ondervind? (2 x 2) (4) 2.3.3 Hoekom, dink jy, was die verkope van juweliersware by Mr Price

die meeste beïnvloed deur moeilike handelsomstandighede? (2 x 2)

(4)

2.4 Verduidelik die kenmerke waarvolgens markte geklassifiseer kan word. (2 x 4) (8) 2.5 Tabuleer die verskille tussen vrye goedere en ekonomiese goedere. (4 x 2) (8) [40]

Page 8: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

VRAAG 3: EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 25 MINUTE 3.1 Gee VIER voorbeelde van kommoditeitsgeld. (4 x 1) (4) 3.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

SAMESTELLING VAN DIE SUID-AFRIKAANSE BBP 1912–2011 [% van BBP]

SEKTOR 1912 1940 1981 1994 2003 2005 2011

Primêr 48,8 32,7 A 11,8 10,8 10,2 11,8 Landbou, bosbou en visserye

21,3 12,1 7,1 4,6 3,4 2,8 2,4

Mynbou 27,5 20,6 16,0 7,2 7,4 7,4 9,4 Sekondêr 5,8 11,6 31,1 27,7 24,3 23,4 21,0 Tersiêr 45,4 55,7 45,8 60,5 64,9 66,4 67,2

[Bron: SARB Kwartaalblad, September 2012]

3.2.1 Definieer die sekondêre sektor. (2) 3.2.2 Bereken die waarde van die primêre sektor se bydrae (A) in 1981. (2) 3.2.3 Beskryf kortliks die neiging met betrekking tot die bydrae van die

verskillende sektore tot die BBP van 1912 tot 2011.

(6)

Page 9: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9

3.3 Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

BEVOLKINGSYFERS VAN SUID-AFRIKA Bevolking/Miljoen 54

53,5

53

52,5

52

51,5

51

50,5

50

2010 2015 2020 2025 2030 2035 2040 Jaar

[Bron: Geniet Ekonomie, 2011]

3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n land beïnvloed. (1) 3.3.3 Beskryf die neiging wat deur die grafiek geïllustreer word. (3) 3.3.4 In watter jaar sal die Suid-Afrikaanse bevolking 'n hoogtepunt

bereik?

(2) 3.3.5 Wat is die verwagte bevolkingsyfer van Suid-Afrika vir die jaar

2040?

(2) 3.4 Verduidelik die begrip globalisering. (4 x 2) (8) 3.5 Bespreek kortliks die impak van kolonialisme op die ekonomiese ontwikkeling

van Suid-Afrika. (4 x 2)

(8) [40]

Page 10: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 25 MINUTE

4.1 Noem VIER ekonomiese gevolge van die mynbou- en nywerheidstadium.

(4 x 1)

(4) 4.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

2 SEKTOR-KRINGLOOPMODEL

4.2.1 Benoem A, B en C. (3) 4.2.2 Noem EEN lekkasie wat die geldvloei in hierdie model kan

beïnvloed.

(1) 4.2.3 Hoe sal die insluiting van die buitelandse sektor die vloei van

goedere en dienste in die kringloop beïnvloed?

(2) 4.2.4 Beskryf die reële vloei en geldvloei wat tussen huishoudings en die

owerheid bestaan, indien die owerheid in die kringloopmodel ingesluit sou word.

(4)

huishouding

A

mark vir

produksie-faktore

mark vir goedere en

dienste

B

arbeid

besteding

inkome

C

Page 11: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11

4.3 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

[Bron: Geniet Ekonomie, 2011] 4.3.1 Definieer die term mark. (2) 4.3.2 Watter tipe handel word in die spotprent geïllustreer? (2) 4.3.3 Verduidelik die probleme wat sou bestaan, indien ons gemeenskap

geen geld as ruilmiddel gehad het nie. (3 x 2)

(6) 4.4 Bespreek kortliks die impak van MIV/Vigs op die Suid-Afrikaanse arbeidsmag.

(4 x 2)

(8) 4.5 Onderskei tussen absolute skaarsheid en relatiewe skaarsheid. (8) [40]

TOTAAL AFDELING B: 80

Page 12: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model

Kopiereg voorbehou

12

AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 3 Inhoud: • Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/

Evalueer/Assesseer • Addisionele deel: Gebruik/Trek/Teken 'n grafiek/

diagram /Lei af /Verduidelik kortliks/Brei uit op / Jou eie opinie

Maks. 24

Maks. 6

Slot Maks. 2 Interpretasie/Rubriek Maks. 5 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKROEKONOMIE 40 PUNTE – 25 MINUTE Bespreek die fases en redes van sakesiklusse. Teken 'n volledig benoemde, tipiese sakesiklus om jou bespreking te ondersteun.

[40]

VRAAG 6: EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 25 MINUTE Bespreek die geskiedenis van bankwese in Suid-Afrika deur vroeë ontwikkeling, privaat banke en imperiale banke te beklemtoon. Verduidelik ook hoe tegnologie die tradisionele aktiwiteite van kommersiële banke verminder het.

[40]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 150

Page 13: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

EKONOMIE 1

MODEL 2012

MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

1 GRAAD 12

GRAAD 10

Page 14: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 2 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1

1.1.2 1.1.3 1.1.4 1.1.5 1.1.6 1.1.7 1.1.8

C 33 B 33 A 33 B 33 C 33 B 33 B 33 C 33 (8 x 2)

(16)

1.2 PASITEMS 1.2.1

1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7 1.2.8

C 3 I 3 A 3 D 3 G 3 A 3 B 3 F 3 (8 x 1)

(8) 1.3 WOORDE TUSSEN H AKIES 1.3.1

1.3.2 1.3.3 1.3.4 1.3.5 1.3.6

uitbreidings 3 intermediêre 3 inflasie 3 arbeidsmag 3 industriële 3 Reserwe- 3 (6 x 1)

(6)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 15: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 3 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

VRAAG 2 2.1 VIER produksiefaktore

• arbeid 3 • kapitaal 3 • entrepreneurskap 3 • natuurlike hulpbronne 3 (4 x 1)

(4)

2.2 2.2.1 Verbruik 99 (2) 2.2.2 Teekoppie 99 Piering 9/teepot 9/tafel 9/stoel9 (Enige 1 x 1) (1) 2.2.3 Huishoudelikeverbruiksbesteding 9 (1) 2.2.4 • Onmiddellike besteding – goedere meteens opverbruik 99 bv.

'n toebroodjie 3 • Uitgestelde verbruik – goedere wat op 'n later stadium/datum/

tyd verbruik sal word 99 bv. 'n sak suiker. 3 (Enige ander relevante antwoord) (2 x 3)

(6)

2.3 2.3.1 Die verskil tussen die verkoopprys en die kosprys 99

Enige ander relevante antwoord.

(2) 2.3.2 Pryse moes verlaag word as gevolg van oortollige voorraad 33

Swak handelstoestande lei tot 'n laer vraag na hul produkte. 33 (2 x 2)

(4)

2.3.3 • Gedurende moeilike handelsomstandighede sal mense eerder

geld op kos en klere spandeer, as op juweliersware 33 • Mr Price spesialiseer in klere en nie juweliersware nie 33 • Duursame goedere word nie so gereeld vervang soos

semiduursaam goedere nie 33 • Kosprys van juweliersware is duurder as klere 33 Enige ander relevante antwoord (Enige 2 x 2)

(4)

Page 16: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 4 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.4 Kenmerke waarvolgens markte geklassifiseer kan word

• Aantal verskaffers 33

Sommige markte het slegs een verskaffer bv. Eskom 33 in die elektrisiteitsmark, terwyl ander markte 'n moontlike groot aantal verskaffers kan hê 33 bv. klerewinkels 33

• Aard van produk 33 Sommige markte het produkte wat identies/homogeen is 33 terwyl ander markte gedifferensieerde produkte het 33 Produkte wat op grootskaal geproduseer word, gebruik handelsmerke 33 om hul uniek en anders te maak 33

• Hindernisse tot toetrede 33 In sommige markte is mense vry om toe te tree 33 bv. vlooimarkte 33 terwyl toetrede in ander markte beperk is 33 bv. selfoonmaatskappye 33 waar lisensies vereis word 33

• Beskikbaarheid van inligting 33 Sommige markte het volledige inligting oor marktoestande 33 bv. JEB 33 terwyl ander markte onvolledige inligting het 33 bv. voedselmark 33 (Enige 2 x 4)

(8)

2.5 Verskil tussen ekonomiese goedere en vrye goedere

EKONOMIESE GOEDERE VRYE GOEDERE

• Skaars 33 • Het nut en waarde 33 • Deel van mense se rykdom33 • Behoort aan iemand 33 • bv. eiendom/geld /

kruideniersware 33 • Behaal 'n prys 33 (Enige 2 x 2)

• Volop 33 • Het nut maar geen ruilwaarde

nie33 • Bepaal nie jou rykdom nie 33 • Dit behoort aan niemand nie33 • Behaal nie 'n prys nie 33 • bv. lug/see/wind 33 (Enige 2 x 2)

(8)

[40]

Page 17: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 5 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 3.1 VIER voorbeelde van kommoditeitsgeld

• goud 3 • koper 3 • skaars metale 3 • graan 3 • wyn 3 • krale 3 (Enige 4 x 1)

(4)

3.2 3.2.1 Het betrekking op die vervaardigingsektor 33/transformasiesektor

van die ekonomie 33 /Tweede stadium van die produksie- proses 33

(2) 3.2.2 A – 23,1 33 (2)

3.2.3 Primêre sektor – afname van die grootste tot die kleinste bydraer tot die BBP (48,8% tot 11,8%) 33 Sekondêre sektor was aanvanklik laag, maar stabiliseer teen omtrent 24%33 Tersiêre sektor toon stelselmatige toename in bydrae tot die BBP./Tans die grootste bydraer tot die BBP. 33

(6)

3.3 3.3.1 Sensus 33 (2) 3.3.2 Netto migrasie 3

Geboortekoers 3 (Vrugbaarheidskoers) Sterftekoers 3 (Mortaliteitskoers)

(1) 3.3.3 Groei in die bevolking van 2010–2040. 33 OF 'n Geleidelike

toename in bevolkingsgroei en dan 'n geleidelike afname. 33 (Enige relevante antwoord)

(2)

3.3.4 2030 33 (2) 3.3.5 Omtrent 53,3 miljoen 33 (2)

Page 18: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 6 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Globalisering

• Verwys na die toename in handel tussen lande 33 maak die wêreld 'n

wêreldwye dorpie 33 • Dit integreer beide ekonomieë en gemeenskappe 33 • Die vermindering in handelsbeperkings (bv.) het globalisering verhoog 33 • Die verbetering van internasionale vervoer en kommunikasie 33 veral die

Internet 33 / het verdere handel tussen lande verhoog 33 • Die bekendstelling van handelsooreenkomste/handelsblokke 33 bv. EU

het handel verder uitgebrei 33 (Enige 4 x 2)

(8) 3.5 Impak van kolonialisme op die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika

• Positiewe invloede Bou 'n infrastruktuur 33 Onderwys en ekonomiese ontwikkeling deur handel 33 • Negatiewe invloede Blootstelling aan nuwe siektes beïnvloed die gesondheid van inheemse rasse 33 Ontken politieke en ekonomiese regte van inheemse mense 33 Diskriminerende wette33 Die land is uitgebuit tot voordeel van die moederland 33 Plaaslike mense is ontneem van eiendomsregte 33 Ignoreer en disrespek van plaaslike tradisies 33 (Enige 4 x 2)

(8)

[40]

Page 19: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 7 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4 4.1 VIER ekonomiese gevolge van die mynbou- en nywerheidstadium

• ontwikkel 'n markekonomie 3 • verstedeliking 3 • verbeterde vervoer 3 • verbeterde kommunikasie • ander dienste, bv. finansiële dienste 3 (Enige 4 x 1)

(4)

4.2 4.2.1 A - besigheidsektor 33

B - besteding 33 C - goedere en dienste 33

(3) 4.2.2 • Besparings3

• Belastings3 • Invoere3 (Enige 1 x 1)

(1) 4.2.3 Deur invoere en uitvoere 33 (2) 4.2.4 Huishoudings betaal belasting 3 (geldvloei) aan staat 3 terwyl die

staat kollektiewe goedere en dienste 3 (reële vloei) aan huishoudings verskaf 3 (4 x 1)

(4)

4.3 4.3.1 'n Mark is enige plek waar kopers en verkopers ontmoet om 'n prys

te bepaal 33 (Enige ander relevante definisie)

(2)

4.3.2 Ruilhandel 33 (2) 4.3.3 • Produkte om te verhandel mag nie altyd beskikbaar wees op

dieselfde tyd nie 33 • 'n Dubbele voorkoms van behoeftes word vereis 33 • Dit mag moeilik wees om die waarde van 'n produk vir

ruildoeleindes te bepaal 33 • Goedere kan nie altyd verdeel word in kleiner eenhede nie 33 (Enige 3 x 2)

(6)

Page 20: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 8 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4 Impak van MIV/Vigs op die Suid-Afrikaanse arbeidsmag

• Verlies aan inkomste as werkers siek word 33 • Beïnvloed arbeidsproduktiwiteit 33 • Dit lei uiteindelik tot 'n afname in die arbeidsmag 33 • Dit plaas 'n ekstra las op die oorblywende werkers binne die huis-

houding 33 • Finansiële afhanklikheid van die owerheid styg 33 bv. toelaes 33 • Afname in verbruiksbesteding 33 • Toenemende stres op gesondheidstelsel 3 bv. toename in ARV's33 • Verminder Bruto Binnelandse Produk (BBP) 33 (Enige 4 x 2)

(8)

4.5 Absolute en relatiewe skaarsheid

• Absolute skaarsheid bestaan as dit nie moontlik is om die aanbod van

'n goed te verhoog nie 33 omdat hulpbronne uitgeput raak. Dis van toepassing op goedere en dienste wat noodsaaklik is vir menslike oorlewing, 33 bv. kos en water 33

• Relatiewe skaarsheid is wanneer jy hulpbronne kies om een ding te

doen eerder as 'n ander, 33 bv. as ons besluit om hulpbronne te gebruik vir die produksie van koek in stede van melk, sal melk relatief skaars wees 33 (2 x 4)

(8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

Page 21: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 9 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL: PUNTETOEKENNING: Inleiding Maks. 3 Inhoud: • Hoofdeel: Bespreek/Onderskei/Verduidelik/Analiseer/

Evalueer/Assesseer • Addisionele deel: Gebruik/Trek/Teken 'n grafiek/

diagram / Lei af /Verduidelik kortliks/Brei uit op / Jou eie opinie

Maks. 24

Maks. 6

Slot Maks. 2 Interpretasie/Rubriek Maks. 5 TOTAAL 40 VRAAG 5 Bespreek die fases en redes van sakesiklusse. Teken 'n volledig benoemde, tipiese sakesiklus. INLEIDING 'n Sakesiklus verwys na opeenvolgende periodes van uitbreiding 3 en inkrimping 3 van ekonomiese aktiwiteit 3 (Maks. 3) 1. Periode van Resessie 9

• Gedurende 'n resessie gaan werk verlore is bestaan daar 'n gevoel van

pessimisme 99 • Indiensname vlakke val, en daar is 'n afname in ekonomiese aktiwiteit en die

ekonomie plat af 99

2. Periode van Depressie 9 • Gedurende 'n depressie is daar 'n geldtekort wat lei tot verdere afname in

besteding 99 • Dit het 'n negatiewe impak op investeringsbesteding 99 • As ekonomiese aktiwiteit op sy laagste is, word 'n trog bereik by punt D 99 • Daar bestaan werksmededinging en produksiekoste daal 99 • Buitelandse handel word aangemoedig wat lei tot 'n herstel 99

3. Periode van Herstel 9

• Gedurende 'n herstel, styg produksie en meer werk word geskep 99 • Besigheidsvertroue verbeter en daar is 'n styging in besteding by firmas 99 • Daar is stygende ekonomiese aktiwiteit en die land betree 'n periode van

voorspoed 99

Page 22: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 10 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4. Periode van Uitbreiding (voorspoed) 9

• Gedurende 'n periode van uitbreiding is daar 'n groot mate van optimisme 99

Indiensnamevlakke styg, salarisse en lone verbeter en besteding styg 33 • 'n Piek word bereik 99 • 'n Groter bedrag geld is in sirkulasie en dit lei tot 'n inflasionêre toestand 99

Redes vir Sakesiklusse Eksogene faktore • Faktore wat ontstaan buite die ekonomiese stelsel 33 en dien as 'n

snellermeganisme vir kontraksies uitbreiding 33 bv. • Weertoestande (natuurrampe) 33 veranderinge in weertoestande beïnvloed

landbouproduksie en dis 'n groot invloed op die ekonomie 33 • Politieke skokke 33 en tegnologie skokke 3veroorsaak veranderinge in

produktiwiteit wat sakesiklusse veroorsaak. • Strukturele veranderinge 33 veroorsaak dat ekonomiese hulpbronne oorbodig raak

in een sektor en beweeg na 'n ander sektor 33 • Geldaanbod 33 verwys na die owerheid se toename of afname in geldaanbod33

wat ewewig in die markte verander 33 Endogene faktore • Dis faktore wat deel vorm van die ekonomiese stelsel 33 • Die uitbreidingsfase bevat meganismes wat uiteindelik 'n kontraksie van

ekonomiese aktiwiteit veroorsaak 33 • As die vlak van ekonomiese aktiwiteit styg sal totale besteding in die ekonomie ook

toeneem 33 • Dit veroorsaak 'n toename in invoere wat die betalingsbalans negatief beïnvloed

33 en lei tot 'n depresiasie van die wisselkoers 33 • Stygende rentekoerse a.g.v. toenemende lenings 33 (negatiewe effek op die

ekonomie). • Positiewe persepsies van die ekonomie sal lei tot 'n toename in besteding en vice

versa.33 (Maks. 24)

Page 23: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 11 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SAKESIKLUS

(Maks. 6) SAMEVATTING Sakesiklusse is langtermynneigings en kan tussen 3 tot 5 jaar of tot 10 jaar duur 99 (Enige ander relevante samevatting) (Maks. 2) Gebruik die volgende ruit om die bostaande bespreking te assesseer:

PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP

1 Leerder toon 'n beperkte begrip van die onderwerp maar mis belangrike aspekte. (1–10)

2 Leerder interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met die onderwerp nie. (11–19)

3 Leerder interpreteer onderwerp korrek en gee sekere elemente van die verwagte respons. (20–25)

4 Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind sekere relevante feite met die onderwerp. (26–30)

5 Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind alle relevante feite met die onderwerp. (31–35)

[40]

Vlak van Ekonomiese F Aktiwiteit Tendens B E C A D 0 Tyd (in jare)

Punte toegeken vir grafiek: • Benoem van asse = 2 punte • Tendenslyn = 1 punt • Kurwe van siklus = 1 punt • AB – voorspoed = 1 punt • BC - resessie = 1 punt • CD - depressie = 1 punt • DE -herstel = 1 punt • B - piek = 1 punt • D - trog = 1 punt

Page 24: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 12 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 6 Bespreek die geskiedenis van bankwese in Suid-Afrika deur vroeë ontwikkeling, private banke en imperiale banke te beklemtoon. Verduidelik bykomend hoe tegnologie die tradisionele aktiwiteite van kommersiële banke verminder het. INLEIDING Die evolusie van geld maak dit noodsaaklik vir die stigting van instellings om finansiële transaksies te hanteer 333 (Enige ander relevante definisie) (Maks. 3) INHOUD Vroeë ontwikkeling • Die goudsmede was die eerste finansiële instellings wat goud in bewaring gehou

het. 33 • Die eerste bank was die Lombaardbank wat gestig is in 1793 – besit en beheer

deur die owerheid.33 • Sy doel was om geld te voorsien in 'n tyd van ernstige skaarsheid.33 • Hierdie bank ontvang geld van die VOIC 33 • Hulle leen slegs aan dié wat gedoen sekuriteit het 33bv. land 33/ goud. 33 • Hierdie bank open distrikstakke en voorsien in die vraag na besparings en lenings

in landelike gebiede 33 • Dit word gesluit in 1942. 33 Private Banke • Die eerste private bank is gestig in 1836 in Kaapstad. 33 • Meer banke word opgerig in die Kaapkolonie, Natal en Oranje-Vrystaat 33 • Hulle was private distriksbanke besit en bestuur deur die plaaslike mense 33 • Hul vernaamste funksie was om besparings te ontvang, banknote uit te gee en

krediet aan kliënte te verskaf. 33 • Teen 1861 was daar alreeds 27 private banke.33 • Die meeste van hierdie banke misluk omdat krediet te maklik toegestaan is 33/

geld is geleen aan familie en vriende wat dit nie kon terugbetaal nie.33 • Daar was geen perk op die uitreik van note nie. 33 • Hulle was nie verplig om bankstate uit te reik nie. 33

Page 25: GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 · 3.3.1 Wat is die hoofmetode wat gebruik word om 'n bevolking te tel? (2) 3.3.2 Noem 'n faktor wat die bevolkingsgroeikoers van 'n

Ekonomie/V1 13 DBE/2012 NSS – Graad 10 Model – Memorandum

Kopiereg voorbehou

Imperiale banke • Hulle was imperiale banke omdat hulle hoofkantore internasionaal gehad het. 33 • Die meeste private banke is oorgeneem deur imperiale banke 33 a.g.v. die

kapitalistiese aard van die Suid-Afrikaanse ekonomie. 33 • Baie takke word geopen in Suid-Afrika.33 • Die Londen Bank van Suid-Afrika word geopen in 1861.33 • Die Standard bank van Britse Suid-Afrika word geopen in 1862.33 • Hierdie banke was takke van suksesvolle buitelandse banke.33 • Hulle het beskik oor groot hoeveelhede kapitaal en hul operasies is behoorlik

uitgevoer.33 • Teen 1892 was omtrent alle privaat banke oorgeneem deur imperiale banke.33 • In 1927 het slegs 4 verskillende banke oorgebly, naamlik Standard Bank, Barclay's

Bank, Nederlands Bank (Nedcor) en die Stellenbosch Distriksbank.33 (Maks. 24) Hoe tegnologie die tradisionele aktiwiteite van kommersiële banke verminder het. • Met tegnologie het elektroniese bankwese dit gerieflik gemaak om

banktransaksies te doen.33 • Dit begin met die gebruik van OTM'e en sluit telefoonbankwese in 33/direkte

rekeningbetalings33/elektroniese fonds-oordragte33/ selfoonbankwese 33 en aanlynbankwese 33.

• E-bankwese laat kliënte toe om besigheid te doen via die Internet.33 • Die bank is nie meer die belangrikste besigheid wat jy eerste moet besoek nie.33 • Elektroniese bankwese verwyder die noodsaak van bankpersoneel wat

transaksies hanteer.33 • Banksake kan 24 uur per dag gedoen word.33 (Internet) 33 (Maks. 6) SAMEVATTING Hedendaagse banke konsolideer veral om internasionale kapitaal mag te verkry.33 bv. oorname van ABSA deur Barclays. (Maks. 2)

PUNTE INTERPRETASIE VAN ONDERWERP

1 Leerder toon 'n beperkte begrip van die onderwerp maar mis belangrike aspekte. (1–10)

2 Leerder interpreteer onderwerp korrek, maar verbind nie die feite met die onderwerp nie. (11–19)

3 Leerder interpreteer onderwerp korrek en gee sekere elemente van die verwagte respons. (20–25)

4 Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind sekere relevante feite met die onderwerp. (26–30)

5 Leerder interpreteer onderwerp korrek en verbind alle relevante feite met die onderwerp. (31–35)

[40]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL 150