graad 12 september 2015 religiestudies v1 · graad 12 september 2015 religiestudies v1 punte: 150...

17
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1*

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

RELIGIESTUDIES V1

PUNTE: 150 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

*RLSDM1*

Page 2: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

AFDELING A en AFDELING B.

2. AFDELING A is VERPLIGTEND. 3. AFDELING B bestaan uit drie vrae waarvan TWEE vrae beantwoord moet

word.

4. Lees AL die vrae aandagtig deur voordat jy ʼn keuse maak. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in

hierdie vraestel gebruik word.

6. Die lengte van jou antwoord moet in ooreenstemming wees met die punte

wat aan elke vraag toegeken word.

7. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A Beantwoord AL die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 1.1 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) in te vul. Skryf

slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Kies die antwoord uit die lys wat voorsien word.

Aanbidding; Arabiese; Pali Kanon; Tanak; Upanishads; Septuagint

1.1.1 In Judaïsme staan die primêre geskrifte gesamentlik bekend as

die … (2)

1.1.2 Die … is ʼn heilige skrif van Boeddhisme. (2) 1.1.3 Afrika Tradisionele Godsdiens het nie ʼn spesiale dag van … nie. (2) 1.1.4 Die Koran is in die … taal geskryf. (2) 1.1.5 Die … is heilige tekste van Hindoeïsme. (2) 1.2 Kies ʼn item uit KOLOM B wat pas by ʼn woord/beskrywing in KOLOM A.

Skryf slegs die letter (A−E) langs die vraagnommer (1.2.1−1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 F.

KOLOM A KOLOM B

1.2.1 Ateïsme A verering van die voorvaders 1.2.2 Drie-eenheid B elke aksie het ʼn gevolg 1.2.3 Afrika Tradisionele

Godsdiens C ontkenning van die nuttigheid

van godsdiens

1.2.4 Karma D streng navolgelinge van

geskrifte en leringe

1.2.5 Ortodoks E God manifesteer as drie

persone

(5 x 2) (10)

Page 4: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 Definieer kortliks die volgende begrippe in die konteks van godsdiens: 1.3.1 Eendersheid (2) 1.3.2 Verskil (2) 1.3.3 Dogma (2) 1.3.4 Ideologie (2) 1.3.5 Allegorie (2) 1.4 Kies die woord in elke groep woorde hieronder wat NIE pas NIE. Skryf

slegs die woord langs die vraagnommer (1.4.1−1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

1.4.1 Sion-Christenkerk, Naseret-baptiskerke (Ibandla lamaNazaretha),

Intenasionale Pinkster Christenkerk, Methodistekerk (2) 1.4.2 Kitab-i-Aqdas, Baha’u’llah, Bahai, Rome (2) 1.4.3 Jesus Christus, Profeet Mohammed, Dalai Lama, Siddharta

Gautama (2) 1.4.4 Martin Luther, Isaiah Shembe, Abraham, William Shakespeare (2) 1.4.5 Mekka, Moria, New York, Jerusalem (2) 1.4.6 Nuwe Testament, Ou Testament, Vedas, Die Vryheidsmanifes (2) 1.5 Waarom word die Christelike godsdiens, Judaïsme en Islam monoteïstiese

godsdienste genoem? (2) 1.6 Definieer die konsep normatiewe bron. (4) 1.7 In watter boek word die meeste van Baha’u’llah se doktrines gevind? (2) TOTAAL AFDELING A: 50

Page 5: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B Beantwoord enige van die TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 Bespreek kortliks die rol van die voorvaders as ʼn unieke kenmerk in

Afrika Tradisionele Religie. (10) 2.2 Noem gemeenskaplike kenmerke wat tussen Hindoeïsme en Boeddhisme

bestaan. (10) 2.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

Elke godsdiens het sommige oortuiginge wat nie onderhandelbaar is nie,

oortuiginge wat alle volgelinge deel. Byvoorbeeld Jode, Christene en volgelinge van die Afrika Tradisionele Godsdiens glo in een God. Binne die meeste godsdienste, verskil geloofstrukture egter van een denkwyse na ʼn volgende. Byvoorbeeld in Boeddhisme verskil Theravada, Mahayana en Vajrayana oor hoe Boeddhistiese oortuiginge in die lewe toegepas moet word ...

[Bron: Aangepas en vertaal uit Shuters Religion Studies Grade 12, Hofmeyer et al, bladsy 105]

2.3.1 Skryf die funksies wat deur die uniekheid van ʼn godsdiens vervul

word, neer. (10) 2.3.2 Beskryf kortliks die unieke kenmerk van enige EEN van die

godsdienste. (10) 2.4 Noem DRIE voordele om die vergelykbaarheid van godsdienste te

bestudeer. (6) 2.5 Gee TWEE redes waarom die vorming van intergodsdienstige bewegings

eenheid sal bevorder. (4) [50]

Page 6: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg. “Alle mense word vry en gelyk in waardigheid en regte gebore. Hulle

ontvang rede en gewete en moet in die gees van broederskap teenoor mekaar optree.”

[Bron: Aangepas en vertaal uit Universal Declaration of Human Rights uit Shuter’s Religion Studies Grade 12 deur Hofmeyer et al, bladsy 168]

In die lig van die bogenoemde stelling, bespreek uit enige TWEE

godsdienste hoe die idee van menseregte ondersteun word. (10) 3.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg. “Respek vir die regte en waardigheid van ander is nie ʼn onpraktiese

godsdienstige idee nie, maar ʼn noodsaaklike bestanddeel in die ontwikkeling van gesonde, vry en welvarende gemeenskappe.”

[Bron: Aangepas en vertaal uit Focus Grade 12 deur R. Donne et al, bladsy 78] In die konteks van die aanhaling hierbo, dui aan hoe godsdiensvryheid in

die samelewing aangemoedig word. (10) 3.3 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vraag wat volg. “Die meeste godsdienste sal die Handves van Menseregte, soos vasgelê

in Hoofstuk 2 van die Suid-Afrikaanse Konstitusie, onderskryf. Hulle sal in meerdere mate saamstem met afdelings wat handel oor godsdiensvryheid, vryheid van spraak en verwante artikels. Hierdie regte gaan egter met verantwoordelikhede gepaard. Daar was onlangs regoor die land gewelddadige protesoptredes toe mense hulle ontevredenheid oor dienslewering uitgespreek het. Party mense het gesterf en eiendom is vernietig.”

[Bron: Onbekend]

As ʼn godsdienstige jeugleier, hoe sou jy die jeug van ander godsdienste in Suid-Afrika raad gee oor hoe om regte en verantwoordelikhede tydens jeugaktiwiteite te balanseer? (10)

Page 7: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2015) RELIGIESTUDIES V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

“Mediadekking is uiters sensitief wanneer kwessies waar openbare

mening baie kan verskil, byvoorbeeld in politiek en godsdiens, bespreek word. Daar word steeds oor die herinstelling van die doodstraf in Suid-Afrika gedebatteer. Hierdie debat het beide politieke en godsdienstige implikasies. Let egter daarop dat die standpunt deur die media meer dikwels die standpunt van ʼn individu is.”

[Bron: onbekend]

3.4.1 Verduidelik kortliks die invloed op godsdiens van onverantwoordelike of verantwoordelike mediaverslagdoening oor wat in die samelewing aangaan, veral oor godsdiensverwante kwessies. (10)

3.4.2 Kies EEN godsdiens en bespreek hulle beskouing oor die

doodstraf-debat in die Suid-Afrikaanse konteks. (10) [50]

Page 8: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4 4.1 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Gewelddadige godsdienstige botsings het op 21 Februarie in die stad

Kaduma in Noord-Nigerië uitgebreek en dwarsdeur die week voortgeduur. Kaduma is die tweede grootste stad in die noorde. Die botsings het gevolg na ʼn opmars deur tienduisendde Christene om te protesteer teen ʼn voorstel dat die Moslem Sjaria-wet as die strafboekwet in die Kaduma- staat ingestel word. Verslae noem dat strydende gewapende bendes, bestaan uit Christene en Moslems in die strate ronddwaal. Kerke en moskees is aan die brand gesteek. Lyke is in die strate gesien lê en menseliggame het ook uit motors en busse gehang, skynbaar dood gemaak terwyl hulle probeer het om van die geweld te vlug. Plaaslike menseregte werkers het gesê dat daar meer as 400 mense as gevolg van die botsing gesterf het.

[Bron: Barry Mason en Chris Talbot, 28 Februarie 2000]

4.1.1 Dink jy dat godsdiens die werklike probleem in hierdie konflik is? Gee redes vir jou antwoord. (10)

4.1.2 Verduidelik hoe godsdiens deel kan wees van die oplossing om

konflik in gebiede wat deur geweld geraak word, te voorkom. (10) 4.2 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. Die hartseerste deel van my reis na die verlede is seker die gedwonge

verskuiwings van hierdie lewendige gemeenskap uit ʼn gebied (in die Strand, Wes-Kaap) waar hulle vir geslagte gewoon het. Hier het ons ʼn lewendige gemeenskap gehad wat pens en pootjies in die middel van die sentrale sakekern van die dorp in harmonie saam met hulle Christelike bure gewoon het. Toe kom die Groepsgebiedewet onder die dekmantel van die Wet op die Opruiming van Plakkergebiede en met een haal van die pen is ʼn gemeenskap wat vir geslagte hier gewoon het met alles wat hulle het, verwyder.

[Bron: Slavery to Citizenship: A walk through the history of the Strand community, deur Ebrahim Rhoda, 2011, bladsy 130–131]

Bespreek ʼn paar mylpale in interreligieuse verhoudings soos Suid-Afrika

met sy demokratiese reis begin het. (10) 4.3 Watter maatreëls het Suid-Afrika getref om religieuse harmonie aan te

moedig? (10) 4.4 Bespreek die rol van die Parlement van Wêreldreligieë in die bou van

verhoudings oor religieë heen. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150

Page 9: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

SEPTEMBER 2015

RELIGIESTUDIES V1 MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Page 10: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1 (VERPLIGTEND) 1.1 Vul die ontbrekende woorde in.

1.1.1 In Judaïsme staan die primêre geskrifte gesamentlik as die Tanak

bekend. (2) 1.1.2 Die Pali Kanon is ʼn heilige geskrif van Boeddhisme. (2) 1.1.3 Die Afrika Tradisionele Godsdiens het nie ʼn spesiale dag van

aanbidding nie. (2) 1.1.4 Die Koran is in die Arabiese taal geskryf. (2) 1.1.5 Die Upanishads is heilige tekste van Hindoeïsme. (2) 1.2 Kies ʼn tem in KOLOM B wat pas by ʼn woord in KOLOM A.

1.2.1 C (2) 1.2.2 E (2) 1.2.3 A (2) 1.2.4 B (2) 1.2.5 D (2) 1.3 Kortliks verduidelik die volgende konsepte.

1.3.1 Eendersheid − Om soortgelyk te wees. Om baie ingemeen te hê. (2) 1.3.2 Verskil − Beteken ʼn punt waar dinge nie dieselfde is nie. (2) 1.3.3 Dogma − ʼn beginsel of leerstelling, of ʼn stelsel daarvan, veral soos

neergelê deur ʼn kollektiewe godsdiensowerheid. OF ʼn beginsel van onderrig wat op godsdienstige outoriteit gebaseer is. (2)

1.3.4 Ideologie − Dit verwys na ʼn vervanging van die term godsdiens.

OF Dit is ʼn stelsel van oortuiginge wat nie op outoriteit gebaseer is nie. (2)

1.3.5 Allegorie − Dit is soortgelyk aan ʼn gelykenis. Dus ʼn storie wat

vertel word om ʼn leerstelling te illustreer. Dit word nie beperk om ʼn enkele stelling te maak nie. (2)

Page 11: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2014) RELIGIESTUDIES V1 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.4 Van elke groep kies die een wat nie pas nie. 1.4.1 Sion-Christenkerk, Naseret-baptiskerke, Ibandla lamaNazaretha),

Internasionale Pinkster Christenkerke, METHODISTE KERK (2) 1.4.2 Kitab-i-Aqdas, Baha’u’llah, Bahai, ROME. (2) 1.4.3 Jesus Christus, Profeet Mohammed, Siddharta Gautama, DALAI

LAMA (2) 1.4.4 Martin Luther, Isaiah Shembe, Abraham, WILLIAM

SHAKESPEARE. (2) 1.4.5 Mekka, Moria, NEW YORK, Jerusalem. (2) 1.4.6 Nuwe Testament, Ou testament, Vedas, DIE

VRYHEIDSMANIFES. (2) 1.5 Hulle almal glo in die bestaan van slegs EEN GOD. (2) 1.6 x Hierdie woord verwys na die skep van standaarde, geneig om

standaarde te skep of te laat verlaag/val/daal. x Dit bevestig ook hoe dinge moet wees. (4)

1.7 Kitab-i-Aqdas (2) TOTAAL AFDELING A: 50

Page 12: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

4 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 2 2.1 Kortliks bespreek die rol van die voorvaders:

x Die voorvaders is die boodskappers van die skepper, toesighouers

van die fisiese wêreld. x Die voorvaders sorg vir die welstand van die lewendes, hoofsaaklik

deur die ouer garde. x Hulle leer die jeug verbaal en deur rituele. x Help met die oordra van tradisie (godsdiens) van een geslag na die

volgende. x Hulle onthul hulself aan die lewendes deur drome en visioene. (10)

2.2 Algemene eienskappe tussen Hindoeïsme en Boeddhisme.

*Leerders kan na enige vyf van die volgende verwys: x Reïnkarnasie: Jou siel word gereïnkarneer in die liggaam van ʼn

ander wese wat van jou huidige lewensstyl afhang. Beide glo in reïnkarnasie.

x Verlossing: ʼn Mens moet self vir verlossing streef. (vir Boeddhisme – die agtvoudige pad en vir Hindoeïsme – volg jou dharma)

x Verligting: Daar is baie paaie na verligting – een manier is om gevoelens en begeertes te oorkom.

x Lydings: Dit word veroorsaak deur geheg te wees aan mense en dinge in die fisieke wêreld. Dus moet ons onsself van hierdie begeertes vrymaak.

x Gebruike: Daar is ʼn benadrukking van die gebruik van meditasie en ander vorme van joga, as ʼn manier om waarheid en vryheid te bereik.

x Verdraagsaamheid: Beide Boeddhisme en Hindoeïsme blyk verdraagsame religieë te wees, wat argumenteer dat alle religieë paaie na ʼn groter waarheid is.

x Beide het heilige geskrifte. x Beide voer rituele uit. x Beide vier spesiale heilige dae. x Beide het in Indië ontstaan. (10)

Page 13: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2014) RELIGIESTUDIES V1 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 2.3.1 Uniekheid: enige VYF van die volgende antwoorde:

x Dit versterk die gelowiges se geloof. x Dit identifiseer die godsdiens tussen ander godsdienste. x Dit help die gelowiges op sy lewenspad. x Dit help die gelowiges om in die geestelike lewe te verenig as

ʼn eenheid met ander gelowiges. x Dit help lede om te identifiseer wie aan die geloof behoort en

wie nie. x Dit help gelowiges verduidelik hoekom hulle die geloof gekies

het. (10) 2.3.2 (Christelike godsdiens word as voorbeeld gebruik.)

x Daar word daarna as ʼn monoteïstiese godsdiens, geloof in een

God, verwys. x Hulle glo in die lewe na die dood in die konteks van ʼn

oordeelsdag. x Hulle glo in die bestaan van engele. x Hulle glo in profete. x Hulle glo in die bestaan van hemel en ʼn hel. x Hulle glo in die opstanding uit die dood. (10)

2.4 x Verstaan ooreenkomste en verskille.

x Ontdek gemeenskaplike kenmerke. x Verstaan hoe godsdienste verskil sonder om hulle te kritiseer. (6)

2.5 x Behalwe dat hulle verskil, het godsdienste ook ooreenkomste.

x Intergodsdienstige bewegings fokus op ooreenkomste eerder as verskille.

x Intergodsdienstige bewegings bevorder verdraagsaamheid. x Intergodsdienstige bewegings kan tot ʼn vreedsame bestaan bydra. (4)

[50]

Page 14: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

6 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3 3.1 Menseregte

(Boeddhisme en Christelike geloof as voorbeelde.) Boeddhisme x Almal is bang vir straf. x Lewe is kosbaar vir almal. x Om jouself met ander te vergelyk. x Mense moet nie moord pleeg of moord veroorsaak nie. Christelike godsdiens: x Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. x Jy het my gestuur om die goeie nuus aan die armes oor

te dra. x Om vryheid aan die gevangenes te verkondig en om verdruktes vry te

laat. x Die mense van God moet geestelik en in ander aspekte van die lewe

vry te wees. x Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. (10)

3.2 Godsdiensvryheid

x In Islam word daar gesê dat daar nie ʼn verpligting in godsdiens moet wees nie.

x In Hindoeïsme word daar gesê dat, net soos alle riviere na die see vloei, lei alle paaie na God.

x Volgens die Grondwet van Suid-Afrika het elkeen die reg tot vryheid van gewete, godsdiens, geloof, denke en opinie.

x Godsdienstige aktiwiteite mag by ʼn staats- of staatsondersteunende instelling beoefen word, maar sulke aktiwiteite moet die reëls van die betrokke openbare gesag volg.

x Dit moet op ʼn gelyke basis beoefen word en bywoning moet vry en vrywillig wees.

x Die reg dek nie die goedpraat van haat wat gebaseer is op ras, etnisiteit, geslag of godsdiens en wat opsweping tot geweld insluit. (10)

3.3 Regte en verantwoordelikhede

x Regte is in die Verenigde Nasie se Universele Verklaring van Menseregte vasgelê.

x Die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm ook hierdie regte. x Dit is egter belangrik om te weet dat alle regte ook beperkinge het. x Geen godsdiens moedig geweld tydens die uitdrukking van

frustrasie en ontevredenheid uit nie. x Regte sluit nie aanstigting/aansporing tot geweld in nie. x Godsdienste moet vrede en harmonie onder mense aanmoedig. (10)

Page 15: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2014) RELIGIESTUDIES V1 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 3.4.1 Media

x Die media gee mense inligting oor dinge wat rondom hulle plaasvind.

x Mense kyk na die inligting en vorm menings/opinies. x Hierdie opinies inspireer reaksie en optrede/gedrag. x Selfs wanneer die media probeer om objektief te wees, bied

hulle tog ʼn standpunt aan. x Onverantwoordelike verslagdoening kan potensieel

onverdraagsame neigings tussen sommige godsdienste aanvuur.

x Bevooroordeelde verslagdoening kan belangrike kenmerke van godsdienste ondermyn.

x Oningeligte verslagsdoening kan die reputasie van party godsdienste skade aandoen.

x Onverantwoordelike verslagdoening kan onderliggende spanning in ʼn gemeenskap aanvuur. (10)

3.4.2 Doodstraf (Afrika Tradisionele Religie – AGT as voorbeeld

gekies) x Verskeie ATG-gemeenskappe verskil in die wyse waarop hulle

onregverdighede in hul gemeenskappe hanteer. x Tradisioneel het alle groepe daarop aangedring dat kriminele

op ʼn toepaslike wyse hanteer word. x Tradisioneel is moordenaars permanent uitgedryf. x Dit het as ʼn sterk afskrikmiddel vir antisosiale gedrag gedien. x In ATG is mense nie toegelaat om die wet in eie hande te

neem nie. x In plaas daarvan moes die gemeenskap waarin hulle gewoon

het die wet toepas/geregtigheid laat geskied. (10) [50]

Page 16: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

8 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4

4.1 Godsdiens en Konflik

Probleem (nee) x Die aanneem van wette deur ʼn regering wat op die oortuigings van ʼn

spesifieke godsdiens gebaseer is. x Mense met ʼn ander godsdienstige agtergrond kan dalk nie daardie

wette aanvaar nie want dit is onversoenbaar met hulle oortuigings. x Mag oor ander etniese, nasionale of rassegroepe. x In sommige gevalle probeer politieke partye godsdiens vir hul eie

gewin manipuleer. x Politieke partye regverdig ook oorlog op godsdienstige gronde. (10)

4.1.2 Godsdiens as deel van oplossing:

x Die mense betrokke by die konflik is lede van die verskillende godsdiensgroepe in die gemeenskap en hulle moet na hulle godsdienstige leiers/luister/gehoorsaam.

x Die godsdiensleiers kan tydens byeenkomste met gelowiges praat en geweld ontmoedig.

x Godsdiensleiers moet saamspan met ander gemeenskapsleiers om in te gryp en saam werk om vrede te herstel en te behou.

x Deur hulle leiers kan godsdiensgroepe deel wees van besluitneming oor beleide om te verseker dat beleide so ontwerp word dat geen groep in die gemeenskap ondermyn word nie.

x Godsdiens het ʼn waardigheid om te behou. x Dit is ʼn manier, gebaseer op godsdienstige leringe, wat gebruik

kan word om die nuus dat vrede noodsaaklik is vir naasbestaan, te versprei. (10)

4.2 Leerders kan van die volgende gebeure noem, asook ander wat hulle

bestudeer het: x 1996 − die nuwe Suid-Afrikaanse Grondwet en Handves van Regte

word afgekondig, wat gelykheid religieë en geloofsvryheid beskerm. x 1997 − President Nelson Mandela doen ʼn beroep op religieuse

gemeenskappe om saam te werk om ʼn vrye en regverdige Suid-Afrika te bou en dit het tot die stigting van die Nasionale Religieuse Leiersforum (NRLF) gelei.

x 1999 − ʼn Sedespitsberaad word gehou. x 1999 – Die Wêreldparlement van Religieë word in Kaapstad gehou. x 2010 – Suid Afrika aanvaar die Handves van Barmhartigheid, wat alle

mense, ongeag hulle religie, daartoe verbind om te werk vir barmhartigheid en om vrede in die wêreld op plaaslike, nasionale en globale vlakke te bewerkstellig. (10)

Page 17: GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 · GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 RELIGIESTUDIES V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. *RLSDM1* 2 RELIGIESTUDIES V1 (EC/SEPTEMBER

(EC/SEPTEMBER 2014) RELIGIESTUDIES V1 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3 x In 1997 is die Nasionale Godsdienstige Leiersforum gestig.

x Dit het uit die leiers van die verskillende godsdienste wat in Suid-Afrika voorkom bestaan.

x Hulle doelwit was om te help om ʼn gemeenskap te skep wat moreel en deernisvol is.

x Die grondwet van die land waarborg dat alle godsdienste dieselfde behandel word.

x Skoolvakke soos Lewensoriëntering en Religiestudies handel oor godsdienste om begrip, respek en verdraagsaamheid te kweek. (10)

4.4 Leerders kan die volgende punte in hul antwoorde insluit:

x 1893: Die Wêreldparlement van Religieë is gestig. x Die Unitêre en Universele kerke is die hoofstigters. x Alle religieë − Westerse en Oosterse – word verteenwoordig (Die

insluiting van Oosterse gelowe wan ʼn deurbraak a.g.v, die inleiding van Hindoeïsme aan die Weste deur Swami Vivekenanda.

x Inheemse religieë is aanvanklik nie verteenwoordig nie. x 1993: Die tweede parlement word in Chicago gehou. x Besluit word geneem om die parlement elke vyf tot ses jaar in

verskillende stede te hou. x Dokument getiteld, “Towards a Global Ethic” was die uitkoms. x 1999: Parlement word in Kaapstad gehou, met verteenwoordiging van

die meeste van die wêreld se religieë. x 2004: Parlement was in Barcelona gehou, met die fokus op religieë en

globale uitdagings, bv. oorlog, religieuse konflik, dwelmhandel, armoede, aardverwarming, ens.

x 2014: Die volgende parlement was in Brussel gehou. (10) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150