groente gids - farming-gods-way.org · 2 farming god’s way groentegids 1. riglyne vir goeie...

33
Farming God’s Way Groente Gids Skrywer: Grant Dryden

Upload: others

Post on 01-Sep-2019

23 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

Farming God’s Way Groente Gids

Skrywer: Grant Dryden

Page 2: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

Kopiereg Kopiereg © 2013 GW Dryden Vertaling Schmidt, C., 2015. Moderator Robertson, L., 2015 Afskrifte van hierdie publikasie kan van www.farming-gods-way.org afgelaai word. Kopieë en verspreiding van hierdie publikasie in onveranderde vorm vir opvoedkundige of nie-kommersiële doeleindes is gemagtig, sonder enige vooraf skriftelike toestemming van die kopiereghouer, op voorwaarde dat die bron ten volle erken word, met die aanbevole aanhaling hieronder. Kopieë van hierdie publikasie vir herverkoop of ander kommersiële doeleindes is toelaatbaar slegs met die skriftelike toestemming van die skrywer, G.W. Dryden – [email protected] Aanbevole Aanhaling Farming God’s Way Groente Gids. Dryden, G.W., 2013. Vertaling: Schmidt, C., 2015. Borge Die oorspronklike afskrif is deur die Bountiful Grains Trust geborg. Die verklarings, interpretasies en gevolgtrekkings wat in hierdie gids is dié van die skrywer. Die vertaling is deur Carl Schmidt in sy individuele kapasiteit gedoen. Bountiful Grains Trust 109 Fordyce Rd Walmer, Port Elizabeth, RSA IT 949/2007 NPO 061-902 PBO 930025934 Bestellings Om die DVD opleidingsreeks of gedrukte kopieë van enige van die Farming God's Way hulpbronne te bestel: Epos: [email protected] Telefoon: +27 41 5811833 Voorblad prentjie Orscilla Haggard se groentetuin, geplant en bestuur deur Ation Mari.

Farming God’s Way Farming God's Way is 'n hulpbron vir die breër liggaam van Christus, om die armes te bedien, en om die juk van armoede van hulle te verwyder. Slagspreuk Gemotiveer deur gehoorsaamheid, Gewortel in deernis, en afgelewer met liefde. Farming God’s Way Logo Die nuwe logo is geproduseer in 2009 en is ontwerp om die hart van “Farming God 's Way” ten volle vas te vang. Die armes regoor die wêreld is sentraal in hierdie tema en die oranje gloed beeld die belofte van Jesaja 58 uit: “Dan sal jou lig uitbreek soos die sonsopkoms" wat begin met Afrika as ons kern fokuspunt en daarna die uitbreiding van die mees afgeleë dele van die aarde. Die kruis en bak, simboliseer Christus se nederigheid en diensbaarheid, wat Hom bereid gemaak het om Sy kroon en heerlikheid prys te gee en die armes opreg te dien. Die horisontale gedeelte van die kruis is goud, en verteenwoordig ‘God se kombers’ wat die onderste bruin grond beskerm en bedek - 'n belangrike deel van die boodskap is om aan die volgende generasie oor te dra. Die vertikale gedeelte van die kruis is blou en verteenwoording die voorsiening van God se seën in reën wat die kleurvolle, groen, gesonde gewasse en God se kombers deurdring, en die grond se profiel opvul.

Page 3: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

Inhoudsopgawe Inleiding....................................................................................................................................................... 1

1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " .......................................... 2

1.1. Uitleg van tuin met 75mm spasieëring op gelyke vlakke ............................................................... 2

1.2. Verhoogde Beddings vir Hoë Water Vlakke ................................................................................... 3

1.3. Ontwerpings vir vloedbesproeiing ................................................................................................ 4

1.4. Huis-Voeding Tuine ...................................................................................................................... 5

1.4.1. Voorbereiding van die Beddings in die Eerste Jaar................................................................. 5

1.4.2. Grond Voorbereiding vir die Tweede- en Daaropvolgende Jare ............................................. 6

1.4.3. Die Plant van Groente ........................................................................................................... 6

1.5. Grond Voorbereiding vir Groter Velde .......................................................................................... 7

1.5.1. Voorbereiding van die Grond in die Eerste Jaar ..................................................................... 7

1.5.2. Grond Voorbereiding vir die Tweede- en Daaropvolgende Jare ............................................. 7

1.5.3. Direkte Plant van Saad .......................................................................................................... 7

1.6. God se Kombers ........................................................................................................................... 8

2. Huishoudelike Voedings Tuine ............................................................................................................. 9

2.1. Rotasie van Gewasse .................................................................................................................... 9

2.2. Eenvoudige Voorbeeld van ‘n Huishoudelike Voedings Tuin.......................................................... 9

2.3. Plant Skedule vir ‘n Huishoudelike Voedings Tuin ........................................................................10

2.4. Meer Gevorderde “Groente-mandjie” Tuine ................................................................................11

3. Groente-Gewas Gids ...........................................................................................................................12

3.1. Vrugte Groente ...........................................................................................................................12

3.2. Blaar-groente ..............................................................................................................................14

3.3. Ondergrondse Groentesoorte......................................................................................................16

4. Tydsbepaling vir Groente Tuine in Suider-Afrika se Somer-reënval Streke ...........................................19

5. Saailing-kwekerye ...............................................................................................................................20

6. Kompos Vorming.................................................................................................................................22

7. Gevallestudiesies ................................................................................................................................26

7.1. Gevallestudie 1: Martin Dower ....................................................................................................26

7.2. Gevallestudie 2: Vumile Ndzululeka .............................................................................................28

7.3. Gevallestudie 3: Pius Mutie .........................................................................................................29

7.4. Gevallestudie 4: Tess Gebers .......................................................................................................29

8. Bibliografie..........................................................................................................................................30

Hierdie gids moet in samewerking met die “Farming God’s Way Trainers Reference Guide” gebruik word, om sodoende al die Bybel en bestuurse beginsels te handhaaf. As ons al drie hierdie begrippe noukeurig toe pas, sal dit verseker dat ons die juk van armoede wat Afrika tans in ‘n vurggreep vashou en oorheers, sodoende kan verwyder en dan ook verni

Page 4: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

1

Farming God’s Way Groente Gids

Inleiding

Hierdie “Farming God’s Way” groente gids is bedoel om inligting van beproefde tegnieke te verskaf aan arm kleinboere en hulle sodoende aan te spoor om suksesvolle tuine te kweek. “Farming God’s Way” is baie meer as net ‘n tegniese oplossing, en dit is vir ons baie belangrik om altyd aan die beginsels vas te hou en om “net te doen wat ons sien ons Hemelse Vader doen”. Hierdie beginsels sluit die volgende in: Minimale grond versteuring; 100% bo-grondse bedekking met “God se Kombers”; die beskerming en behoud van bio-diversiteit; en om voort te gaan om die Bybelse- en Bestuur sleutels toe te pas soos in die “Farming God's Way Trainers Reference Guide” uiteengesit is. Die Woord van God is uiters belangrik vir deurbraak in mense se lewens, en ek vermaan julle om die Bybelse sleutels deeglik deur te werk tydens die onderrig van hierdie materiaal. “Moenie werk vir spyse wat vergaan nie, maar vir spyse wat bly tot in die ewige lewe, wat die seun van die mens vir julle sal gee, want Hom het God die Vader verseël.” Joh. 6:27. Jesus sê vir hulle “Ek is die brood van die lewe, wie na My toe kom sal nooit honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit dors kry nie” Joh. 6:35. Daar bestaan ‘n groot verskydenheid groente boerdery-metodes, onder meer dubbel-diepte tuine, sirkel-tuine, tuin-in-sak, lasagne beddings, verhewe-kompos beddings, diep geploegde landerye, rotiveëring van die grond, ingemengde insette en so voorts. Somige van hierdie metodes lewer wel goeie resultate terwyl ander minder goeie resultate lewer, en ander is sommer net onprakties om uittereil. Ons weet dat “Farming God's Way” ‘n wonderlike oplossing vir mielies, bone, sonneblomme en baie ander gewasse is, maar kan ons “Farming God’s Way” aanpas vir groente? Op die omslag van hierdie handleiding is ‘n kiekie van die tuin wat deur Ation Mari bestuur word, en dit beantwoord hierdie spesifieke vraag heel voldoende. Groente tuine benodig baie meer aandag as groot-plaas gewasse vir die volgende redes:

a) Hulle het ‘n redelike kort groei-seisoen b) Hulle het ‘n swak en vlak wortel stelsel c) Hulle vereis hoë voedingstowwe

Om aan hierdie vereistes te voldoen, moet ons met stabiele en vrugbare grond begin. Die grond moet gevestig wees met ‘n krummelagtig struktuur, wat gewoonlik nie die geval in die aanvangsjaar is nie. Boere en groente-tuiniers is gewoonlik nie baie geduldig nie en wil dadelik groente plant sonder om die nodige voorbereidings te tref. Somtyds wil boere ook met ingewikkelde groente begin tuinbou, maar dit kan lei tot negatiewe resultate en daaropvolgende mismoedigheid. Wees kieskeurig met die plante waarmee jy jou werk begin.

Page 5: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

2

Farming God’s Way Groente Gids

1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing "

1.1. Uitleg van tuin met 75mm spasieëring op gelyke vlakke

Verwyder alle gewasse, onkruid en kruipende grasse deur ontworteling en vervoer alles uit die gebied waar die tuin beplan word. As daar genoeg tyd is voor die plant-seisoen, kan grasse en ander onkruid versmoor word (twee maande voor die tyd) deur ‘n 10cm laag ‘kombers’ van dik grass bo-oor te strooi. Meet die area uit waar die tuin sal wees en bou ‘n grens om die area. Onthou dat dit beter is om klein te begin en dan die grond verder uit te brei soos jy meer ondervinding opdoen. Beplan dat die grond sonder skadu is en dat daar ook genoegsaam water beskikbaar is. Soos reeds genoem is, is daar verskillende maniere om groente tuine te verbou, maar om eenvoudigheids onthalwe sal ons by die 75cm spasieërings hou sodoende en verwarring vermy. Die permanente 75cm rye is ideaal vir rotering van verskillende gewasse, en pas ook beide die nouer- en die wye-rystelsels ewe veel. Wanneer daar kleiner gewasse geplant word, by voorbeeld wortels, uie en beet, meet 18.75cm tussen die rye. Berei drie rye voor en los dan die vierde ry oop, wat ‘n 37.5cm loopvlak toelaat voordat jy voortgaan met die volgende permanente 75cm-ry. Om die rye af te meet is baie maklik: sit een voet in lyn met die bokantste 75cm ry en die ander op die volgende 75cm-ry. Die midelpunt daarvan is 37.5cm. Sit ‘n spyker daarby en sit dan jou onderste voet op die 37.5cm ry - die midelpunt daarvan is 18.75cm. Plaas nog ‘n spyker op hierdie punt. Doen dieselfde aan die anderkant van die tuin. Waneer kompos op die oppervlak versprei word, is die diepte van plant-rye net 2cm diep wat dit nou baie maklik maak (verwys na 1.4 en 1.5 hierna). Vir groen bone, spinasie, raap, slaai en amaranth gebruik ons 37.5cm rye wat beide spoedige grond-skadu asook doeltreffende grondverbruik aanmoedig. Vir groter plantsoorte soos tamaties, eiervrug, ertjies en risies is die 75cm rye ideal. ‘Indeterminate’ tamaties sal die beste werk met ‘n spasie van 1,5m tussen plante, so slaan dus elke tweede ry oor. Meet die 75cm rye versigtig af en laat dit met die helling loop soos in die “Farming God’s Way Trainer’s Reference Guide” (FGW TRG) voorgeskryf. Waneer daar gevaar is van verspoelings, maak ons die rye effens afdraend (Verwys na 1.2). In die meeste gevalle sal plante op die plat oppervlak heel goed ontwikkel. As daar goed gelet word op die “Farming God’s Way” metodes rakende die opbou van kompos en loopvlakke tussen die rye, sal natuurlike verhoogde bedding met verloop van tyd self ontwikkel. Maak seker dat daar permanente penne by elke 75cm ry gevestig is. Maak gebruik van staal of harde houtstokkies wat ingeslaan is en net 5 - 10cm bo die grond sigbaar is. Verwys na bladsy 78 in die FGW TRG vir meer inligting en voordele hiervan. Een van die belangrikste begrippe in “Farming God’s Way” is “Hoë Standaarde” en om hierdie permanente penne vas te maak is baie voordelig in die lang termyn om verbeterde opbrengste jaar na jaar te lewer. “En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” Kol. 3v23.

Page 6: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

3

Farming God’s Way Groente Gids

1.2. Verhoogde Beddings vir Hoë Water Vlakke As daar ‘n gevaar van verspoelings bestaan, dan sal dit nodig wees om die beddings te verhoog omdat groente nie met ‘nat voete’ goeie opbrengste sal lewer nie. Voorgestelde mates vir hierdie tipe beddings is soos volg: Hoogte 15cm, lengte 100cm, met ‘n fondament van 120cm. Laat ongeveer 30cm toe vir paadjies. Let op dat daar dan twee 75cm rye bo-op die beddings is, dit is nie net een ry nie. Hierdie rye kan weer verdeel word in drie rye van 37.5cm, of vyf rye van 18.75cm. In gebiede waar daar hoë gevaar van vloed-waters is, maak dan die rye effens skuins in ‘n afwaartse rigting sodat water weg van die groente-tuin kan af dreineer. Gebruik ‘n maatband om die plasing van die permanente penne sorgvuldig te bepaal. Bewerk dan die vrugbare bo-grond vanaf die 30cm loopvlakke langsaan in die 100cm tuin. Hierdie bo-grond verskuifing met behulp van die kompos wat bo-oor geplaas word, sal die bedding se 15cm hoogte verskaf en sodoende die sensitiewe groente wortels uit die versuipte grond uit hou. (verwys na 1.4.1) Alhoewel hierdie manier teenstrydig met die “Farming God’s Way” konsep van geen grondversteuring is, word dit net eenmalig gedoe, en sal daarna as permanente beddings dien. ‘n “Kombers’’ word daarna op die normale manier toegedien soos met plat beddings.

Permanente Verhoogde Bedding Afmetings

Page 7: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

4

Farming God’s Way Groente Gids

1.3. Ontwerpings vir vloedbesproeiing Menige kleinboere het toegang tot voet-pompe en selfs kanaal water en wanneer hierdie metodes op die regte manier gebruik word, met kanale en vloedsinke, kan dit tot groot voordeel in groente tuine wees.

Hierdie vloed besproeings-sisteem is baie waardevol tussen seisone waar daar geen risiko van water versuiping is nie.

Page 8: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

5

Farming God’s Way Groente Gids

1.4. Huis-Voeding Tuine

1.4.1. Voorbereiding van die Beddings in die Eerste Jaar Grondverbreuking/Fraktuuring In die eerste seisoen moet alle klippe wat op die oppervlak voorkom verwyder word en die grond moet saggies los gemaak word bo-op die gewasse ry lyne. Steek die vurk in die grond tot ‘n diepte van 15cm en trek saggies agtertoe (omtrent 5-10cm) todat die grond breek. Enige klippe wat onder die grond raakgesteek is moet ook verwyder word, maar moenie die grond omspit nie. Herhaal hierdie proses elke 5-10cm afhangende van hoe hard die grond is. Gebruik ‘n vurk wydte, of 20cm bo-op die ry waar jy gaan plant as mate vir die breek van die grond. Die doel hiervan is om die effektiewe vestiging van wortels aan te moedig in die eerste seisoen. Hierdie metode van grond bewerking sal hierna nie noodwendig weer nodig wees nie, afhangende van hoe deeglik jy die ”Oppervlak Kompos Stelsel” volg en hoe vining die grond herstel. Gebruik laastens ‘n hark om die tuin gelyk te maak.

Regstelling van Suur Grond Grond wat suur is bind plant voedingstowwe soos fosfate. Dit veroorsaak dat dit onbeskikbaar is vir wortelopname en beperk sodoende die verbouing van die groente-plante. Om die grond suurheid teen te werk en om die plant voedingstowwe beskikbaar te maak, moet hout-as, beenmeel of kalk toegedien word. Dit is moeilik om die hoeveelhede te bepaal sonder om die nodige pH toetse te doen, maar op voorwaarde dat die beginsels van “Oppervlak Kompos Stelsel” elke seisoen nagevolg word, behoort dit nie na die eerste jaar weer gedoen te word nie, want die kompos het ‘n hoë bestandheid teen verdere versuuring van die grond. Wat normaalweg goed werk is om hout-as te gebruik teen ‘n konsentrasie van 500ml per m², (20 L oor ‘n tuin van 6x6m) oor die hele oppervlak wat gebreek is. As daar toegang tot Dolomitiese kalk is, gebruik dan net die helfte van hierdie voorgeskrewe hoeveelheid. As die grond baie klei bevat, kan hierdie tempo met 1.5 keer verhoog word. Die voordeel van om hout-as of been-meel te gebruik is dat dit baie plant mikro-voedingstowwe voorsien wat ook bydra tot meer kleurvolle en gesonde groente. Oppervlak Kompos Stelsel As ‘n reël lewer groente baie beter opbrengste met kompos as met enige ander organiese kunsmis. Kraal-mis kan sensitiewe groente brand as dit nie oud genoeg is nie en as dit saad of stamme aanraak. Miershoop grond is eintlik te laag in die nodige voedingstowwe vir groente, alhoewel somige blaar-groente goed genoeg sal vaar daarmee. Wanneer ons van kompos praat bedoel ons goeie, hoë kwaliteit, voedingsryke, aërobiese kompos wat volgens gegewens in Hoofstuk 6 hierna beskryf word. Let wel dat die hoeveelhede houtagtige teen oor droeë bestandele vir groente-kompos verminder is na 10% houtagtige teenoor 35% droeë inhoud, teenoor die gewone-gewasse bestandele. Die rede hiervoor is omdat ons verkies dat die mikrobiologies van die kompos vir groente-tuine oorheers moet word deur bakterieë in teenstelling met swamme vir ander gewasse se kompos. Hierdie kompos moet verkieslik gesif word, met a 2cm sif om n fyn groei medium te voorsien vir groente tuine, sonder te veel growwe hout stukkies. Plaas ‘n 10cm laag kompos bo-op die gebroke grondbedding na as of beenmeel toegedien is. Dit is onnodig om hierdie kompos in die losgemaakte grond in te werk. Beplan om hierdie voorbereidings-stappe ongeveer ‘n maand voor die tyd klaar te maak om biologiese en strukturele stabiliteit toe te laat om gevestig te word voor die aanplantingsdatum. Onthou die ander belangrike konsep van “Farming God's Way” is om alles “Betyds” te doen (On Time). Hierdie metode is in ooreenstemming met “Farming God’s Way” se konsep van minimum grond versteurings. Alhoewel die eerste seisoen nie die maksimum opbrengste sal lewer nie, werk dit uiteindelik meë tot die herstel van die grond soos God dit bedoel het - die daaropvolgende oes sal beter wees.

Page 9: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

6

Farming God’s Way Groente Gids

1.4.2. Grond Voorbereiding vir die Tweede- en Daaropvolgende Jare Die toediening van organiese materiaal het dien as ‘n buffer om die pH te stabiliseer tot vlakke waar dit voordelig is vir die kweek van gesonde groente. Verdere toediening van kalk of hout-as is dus onnodig, tensy daar ‘n ernstige problem is met grond-suurheid. Verwyder al die ‘kombers’ voor die volgende toediening van kompos en hervestig dit weer na die plante gevestig is (verwys na 1.6). Om die ‘kombers’ onder die kompos te los sal veroorsaak dat die grond-stikstof vlakke eers negatief sal word wat nadelige gevolge op die geplantde groente sal hê. Die ‘kombers’ self is baie voordelig, maar om dit onder die kompos te begrawe is baie nadelig, dit moet slegs eenkant toe gewerk word en dan na die toediening van kompos weer bo-op gesit word. Die enigste kompos wat benodig is na die eerste seisoen is n oppervlak kompos-laag van 5cm oor die hele tuin. Dit is noodsaaklik om hierdie praktyk elke seisoen te herhaal om te waarborg dat hoë voedingstowwe beskikbaar is vir die toekomstige groente. As jy die “wortel groente” uitruil in die rotasie, soos uie, wortels of beet, hoef jy nie verdere “oppervlak kompos” op te sit nie, want daar is genoeg oorblywende voedingstowwe beskikbaar van die vorige kompos toediening.

1.4.3. Die Plant van Groente Na een maand behoort die 10cm oppervlak kompos-laag reeds in die grond gevestig te wees en dit behoort omtrent ongeveer 7cm diep te wees. Dit sal nou ‘n mooi stewige bedding vorm, wat as ‘n goeie doeltreffende saadbed dien en goeie ontkieming kan verwag word waar geen kompaksie nodig sal wees nie. As jy nie betyds voorberei het nie, kan ‘n 20cm plank gebruik word om die grond verder vas te trap deur om op die plank te loop. Dit sal die oppervlak kompos kompakteer voor die groente op die regte diepte geplant word. Direkte plant van saad: Neem die 20cm plank en gebruik die dun kant reg langsaan die plantlyn. Druk dit stewig in die grond tot die voorgestelde diepte, by voorbeeld 2cm vir spinasie. Vir ander plant soorte, maak ‘n lang gleuf, of plant-stasies, deur die oppervlakte tot die diepte van die gewas wat verbou word. Plaas die saad direk in die kompos en bedek dit dan met suiwer kompos. Trap liggies op die 20 cm plank om die saad-tot-kompos kontak te verseker vir goeie ontkieming. Saailinge: Verwys ook na paragraaf 5 - “Saailing Kwekerye” Voordat saailinge uitgeplant word moet hulle “verhard” word deur om water toevoer te verminder en in direkte sonlig te plaas voor oorplasing.

‘n Baie handige stukkie gereedskap is bekend as die “Dibble Stokkie” wat maklik tuis gemaak is van n gekerfde stokie en is gebruik om saailinge te vestig in die voorbereide grond. Die Dibble Stokkie se punt moet effens groter as die saailinge gekerf word. Dit kan enige vorm van handvatsel hê. Wanneer groter velde gebruik word, kan die handvatsel langer gemaak word om die plant proses te vergemaklik. Meeste tuinbouers gebruik besem handvatsels wat ongeveer 20cm lank is en somige sny groewe in die handvatsel om te verhoed dat dit glip. Druk die Dibble stok deur die kompos langsaan die plantlyn tou en sit die saailing in die gaaitjie. Terwyl jy die saailing vashou, druk die Dibble Stokkie in skyns naby die saailing en

trek die stokkie nader aan die saailing, om seker to maak dat daar geen lugruimtes om die wortelsone is nie. Die klein stokkie gaatjie kan dan teruggevee word, of selfs net so gelos word om self toegemaak te word.

Dibble Stokkie – T gevormde

Page 10: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

7

Farming God’s Way Groente Gids

1.5. Grond Voorbereiding vir Groter Velde

Op groot landerye, indien jy nie toegang het tot baie tonne kompos nie, is dit voordelig om slegs kompos in die plant-stasies of plant-vore te plaas soos in die normale “Farming God's Way” metode. Die spasieëring sal afhang van die gewas wat beplan word. Verwys na die vereistes in Hoofstuk 3.

1.5.1. Voorbereiding van die Grond in die Eerste Jaar

Grondverbreuking/Fraktuuring In die eerste seisoen moet alle klippe wat op die oppervlak voorkom verwyder word en die grond moet saggies losgemaak word bo-op die gewasse rye. Steek die vurk in die grond tot ‘n diepte van 15cm en trek saggies agtertoe (omtrent 5-10cm) todat die grond breek. Enige klippe wat onder die grond raakgesteek is moet ook verwyder word, maar moenie die grond omspit nie. Herhaal hierdie proses elke 5 - 10 cm afhangende van hoe hard die grond is. Gebruik ‘n vurk wydte, of 20 cm bo-op die ry waar jy gaan plant as mate vir die breek van die grond. Die doel hiervan is om die effektiewe vestiging van wortels aan te moedig in die eerste seisoen.

Bemesting Vir gewasse wat die beste opbrengste lewer in gespasieërde plant-stasies, by voorbeeld tamaties, groen rissie en eiervrug, maak gate van 10cm diep en plaas een eetlepel hout-as of beenmeel of een teelepel kalk per gat. Plaas 500ml kompos in die gat en maak dan die grond gelyk ter voorbereiding om saailinge te plant met die Dibble stokkie. Vir kleiner gewasse soos spinasie, raap, amaranth en so voorts, maak lang vore van 8cm diep en strooi een eetlepel hout-as, of beenmeel per 60cm van die voor. Kalk moet teen een teelepel per 60cm toegedien word. Vul dan die voor teen 3-4 liter kompos per meter van die voor. Dit is heelwat meer as die normale 350-500ml omdat die groente ‘n veel korter seisoen het en dus meer voedingstowwe benodig as ander gewasse. Hierdie grondlyne sal spoedig na hoë gehalte, hoë opbrengste en goed gevestigde landbou velde verander wat families in die toekoms van goeie voesel sal voorsien. Vul die vore nou met grond en behou die nodige diepte vir die saad.

1.5.2. Grond Voorbereiding vir die Tweede- en Daaropvolgende Jare

Hou aan met die voorgestelde metode vir die aanvangsjaar van plant-stasies en vore. Verskuif die kombers na die onderkant van die plant stasies of rye, voeg weer die hout-as of kalk by, gevolg deur die toediening van kompos en vul die rye tot gewensde plant-diepte. Na ontkieming moet die kombers weer oorgesit word (verwys na 1.6). Wanneer kunsmis of kraalmis gebruik word, moet daar jaarliks hout-as of kalk bygevoeg word om die grond pH te balanseer. Indien kompos gebruik word, gebruik hout-as of kalk vir twee jare en daarna elke tweede jaar, maar let op na hoe die gewasse reageer om die toedienings-frekwensie vas te stel.

1.5.3. Direkte Plant van Saad

Plaas die saad in die vore of gate soos aanbeveel en bedek met fyn, los grond wat opsy gesit is met die voorbereiding van die rye. Wanneer daar saailinge geplant is, doen dit met die Dibbler soos in die geval van “Klein Voedings Tuine” soos beskryf in paragraaf 1.4.3.

Page 11: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

8

Farming God’s Way Groente Gids

1.6. God se Kombers

Hierdie kombers moet ten alle tye bo-op die grond aanwesig wees of jy nou ‘n 1m² tuin of 100,000m² se landery bedryf. Enige organiese materiaal wat beskikbaar is kan hiervoor gebruik word insluitende grasdak gras, piesang blare, papkuil, vlei-grasse, palm blare, woud blare en so voorts. Met groente is dit beter om ‘n fyner kombers materiaal te gebruik want dis maklikker om te hanteer met die nou tussen-ry spasieëring van groente gewasse. Die kombers het baie voordele: dit moedig die grond-biologie aan; verhoed grond beskadiging deur UV bestraling; voorkom afloopwater en grond-erosie; verminder verdamping; verbeter die grond se waterhouvermoe; is die beste onkruidbeheermiddel beskikbaar en so meer (verwys na bladsy 92-101 van die “Farming God's Way Trainers Reference Guide”). In die 1960’s het ‘n vrou met die bynaam ‘Mrs Mulch’, Ruth Stout, haar ondervindings met die gebruik van ‘n hoë deklaag beskryf. Sy het 60cm diep hooi in die herfs opgesit, en in die lente net binne in die saamgeperste kompos walle gegrou totdat sy aan donker kompos geraak het. Sy het net daarso geplant, met kompos walle langsaan van tot 20cm diep. Sy het direk in hierdie materiaal geplant sonder om kompos, kunsmis, kraalmis of enige ander materiaal te gebruik, net ‘n hewige deklaag kombers. Sy het God vereer deur in haar boek “Gardening without work” te skryf: “Ek het nie die Kombers ontwerp nie, God het.” Alhoewel die voordele van hierdie kombers al reeds bewys is, neem dit nogtans ‘n paar jaar vir die grond om sy volle potensiaal te bereik. Ons stel voor om dit nie dikker as 2.5-5cm vir groente tuine te maak nie. Met groente saad is dit belangrik om die kombers nie ten volle oor die vore of plant-stasies te bedek voordat die saad ontkiem het nie. Meeste groente saad sal nie sterk genoeg wees om deur die kombers te dring nie. Laat net 5cm gapings oop oor die plant-stasies of vore sonder die kombers om goeie ontkieming te bewerkstellig. Daarna kan die kombers tot reg langsaan die groente toegetrek word. In kouer klimate is dit ook voordelig om eers die plante te laat uitkom voor die kombers oorgesit word omdat daar soveel meer hitte op die grond nodig is vir die ontkieming.

Koljander

Page 12: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

9

Farming God’s Way Groente Gids

2. Huishoudelike Voedings Tuine

Om voorbeeldige tuine te verbou is dit van uiterste belang om gewasse te kies wat goed in die omgewing aanpas, maklik hanteerbaar is, goeie voedingswaarde verskaf en goed bestand is teen pes-siektes en plaë.

2.1. Rotasie van Gewasse

Die tuin moet verkieslik in drie eweredige stukke onderverdeel word vir Vrugte, Blare en Wortel groente. Oor seisoene kan daar maklik gewissel word tussen hierdie drie gewassoorte en sodoende kan daar verseker word dat al die voordele van rotasie bereik word, insluitent dat die siklus van pes- en plantsiektes gebreek word, stikstof beskikbaar gemaak word deur peul-gewasse en ook ander grond verbeterings. Vermy om groente soorte van dieselfde familie te roteer aangesien hulle onder dieselfde pes en ander plantsiektes onderworpe is, by voorbeld om kool met broccoli op te volg. ‘n Maklike voorstelling van rotasies om te volg soos hierbo aanbeveel is:

- Vrugte: bone, tamaties, eiervrug, skorsies - Blare: spinasie, raap, amaranth - Wortels: aartappels, wortels, beet, uie

2.2. Eenvoudige Voorbeeld van ‘n Huishoudelike Voedings Tuin

Voorbeeld van ‘n eenvoudige huishoudelike voedingstuin

Die drie bogenoemde gewasse kan feitlik heel jaar gesaai word in meeste klimaats-areas van Suid Afrika. Hulle het almal uitstekende voedingswaarde, is gewild en is baie maklik om suksesvol te verbou.

Page 13: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

10

Farming God’s Way Groente Gids

2.3. Plant Skedule vir ‘n Huishoudelike Voedings Tuin

‘n Goeie en eenvoudige skedule om te volg is om elke tweede week te plant om te verseker dat nie alles tergelyk ge-oes word nie. Hierdie saai-skedule laat toe dat winsste op verspreide tye inkom en dat die familie vir langer tydperke vars groente op die tafel het. ‘n Voorbeeld van saai-tye is as volg:

Eerste plant-tyd in lente Deel A: Vrugte – September Week 1 - plant 1ste bedding, 2 rye bone; Week 3 – plant 2de bedding, 2 rye bone;

Week 5 – plant 3de bedding, 2 rye bone

Deel B: Blare – September Week 1 - plant 1ste bedding, 2 rye spinasie; Week 3 – plant 2de bedding, 2 rye spinasie;

Week 5 – plant 3de bedding, 2 rye spinasie

Deel C: Wortels – Oktober Week 1 - plant 1ste bedding, 3 rye beet; Week 3 – plant 2de bedding, 3 rye beet; Week 5 – plant 3de bedding, 3 rye beet.

Tweede plant-tyd in laat somer Deel A: Vrug – Januarie Week 1 - plant 1ste bedding, 2 rye bone; Week 3 – plant 2de bedding, 2 rye bone; Week 5 – plant 3de bedding, 2 rye bone.

Deel B: Blaar – Januarie Week 1 - plant 1ste bedding, 2 rye spinasie; Week 3 – plant 2de bedding, 2 rye spinasie; Week 5 – plant 3de bedding, 2 rye spinasie.

Deel C: Wortel – Februarie Week 1 - plant 1ste bedding, 3 rye beet; Week 3 – plant 2de bedding, 3 rye beet;

Week 5 – plant 3de bedding, 3 rye beet. Rotasie in die Volgende Jare Gedurende herfs in die daaropvolgende jaar sal die proses herhaal word met vrug wat dan verskuif na deel B, blare na deel C, en wortels na deel A. In die derde seisoen, verskuif dit weer soos volg: wortels na deel B, vrugte na deel C en blare na deel A.

Page 14: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

11

Farming God’s Way Groente Gids

2.4. Meer Gevorderde “Groente-mandjie” Tuine

Wanneer die groente-tuin suksesvol afgehandel is en die tuinier meer verskeidenheid wil aanbring, kan oorspronklike groente-gewasse in die tuin uitgeruil word vir ander gewasse.

Verwys na paragraaf 3 vir meer besonderhede van hierdie en ander gewasse. Daar word nie verwag om al die gewasse op dieselfde tyd aan te plant nie, maar die groente mandjie kan sekerlik meer as net drie soorte groente behartig.

Page 15: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

12

Farming God’s Way Groente Gids

3. Groente-Gewas Gids

Hierdie handleiding aanvaar dat daar reeds hoë gehalte kompos, wat noodsaaklik is vir grond en plant gesondheid, beskikbaar is. As daar ‘n goeie laag kompos oor die hele tuin gestrooi is sal dit heel waarskylik onnodig wees om enige ander bemesting in te lewer. As daar nie genoeg kompos aan die begin beskikbaar is nie, kan ou kraalmis toegedien word, mits dit nie vars is nie. Vars mis het baie stikstof en veroorsaak dat die jong plantjies se stamme en wortels gebrand word. Plaas die ou kraalmis in die vore teen ‘n konsentrasie van 500ml/m en bedek met 3cm grond voordat daar geplant word. Hierdie gids kan nie besonderhede van alle pes-siektes aanspreek nie, en daar is reeds heelwat inligting in die verband beskikbaar. Verwys gerus na L Fuglie se boek “Producing Food Without Pesticides. LJ Fuglie, 1998”.

3.1. Vrugte Groente 1) Groen Bone Behalwe dat groen bone hoog is in protiëne, wat veral van belang is vir minderbevoorgte huishoudings aangesien die grootste hoeveelheid voedsel hoofsaaklik uit koolhidrate bestaan, is dit ook ‘n bron van vitamienes A, B, C en K soewel as anti-oksidante en ander mikro-elemente wat noodsaaklik is vir ‘n gesonde lewe. Bone vaar op hul beste as hulle in die lente tot in die laat somer maande gesaai word. Bone kan op die 5cm oppervlakte kompos of die voor-metode geplant word. Huishoudelike tuine: Nadat 5cm oppervlak-kompos toegedien is, plant die saad in 3cm diep-vore met 37,5cm tussen die rye. Die saad moet 10cm uit mekaar uit geplaas word en bedek word met fyn grond om goeie ontkieming te bevorder. Groot landerye: Maak vore van 8cm diep met 37.5 tussen die rye. Gebruik een eetlepel hout-as en 3-4L kompos per meter in die voor. Saai die bone 10cm uitmekaar in die voor en bedek weer met fyn grond wat of plat of verkieslik effens gelig is vir beste ontkieming moontlik.Gebruik inokulum met alle bone-saad om goeie stikstofbinding te verseker. 2) Tamaties Tamaties is die mees gewilde groentesoort en verskaf ‘n verskydenheid gesonde voedingsstowwe, onder andere vitamiene A, C, E asook anti-oksidante. Tamaties moet verkieslik in die lente tot vroeë somer geplant word. Maak plant-stasies in 75cm rye met 60cm tussen die stasies. Onbepaalde kultivars is geneig om hoë ranke te vorm en om oor lang periodes vrugte te lewer. Met hierdie tipe moet daar verkieslik 150cm tussen die rye toegelaat word met struike 60cm van mekaar af. Sommige boere verkies om gewone tamaties teen 150cm te plant, maar vir dorps-tuine waar spasie beperk is word 60cm x 75cm anngeraai.

Page 16: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

13

Farming God’s Way Groente Gids

Instette vir Huishoudelike tuine en groot landerye is dieselfde: Maak plant-stasies tot 15cm diep en gebruik een lepel hout-as met 500ml kompos in elke plant-stasie wat daarna vlak toegemaak moet word met skoon grond. Plant saailinge waneer hulle 10-12cm groot is. Gebruik die Dibbler om die korrekte diepte te verkry en plaas saailing direk in die gaatjie. Druk die grond vas rondom die plant om goeie kontak te verseker met die grond en alle lug spasies uit te kry. Tamatie vrug is baie swaar en plante word maklik onstabiel, dus groei hulle beter op rank-strukture wat stabiliteit bied. Tamatie plante is veral geneig om siektes te kry en om dit te voorkom moet daar verkieslik tweejaarlikse rotasie geïmplimenteer word. 3) Eiervrug Alhoewel eiervrug laag in vitamiene en minerale is, het hulle goeie anti-oksidant eienskappe. Eiervrug moet verkieslik in die lente of vroeë somer geplant word vir die beste resultate. Gebruik weereens die 75cm rye met 60cm tussen plante. Instette vir Huishoudelike tuine en groot landerye is dieselfde: Maak plant-stasies tot 15cm diep, gebruik een lepel hout-as, met 500ml kompos in elke plant-stasie wat daarna vlak toegemaak moet word met skoon grond. Plant saailinge waneer hulle 10-12cm groot is. Gebruik die Dibble stokkie om die korrekte plant diepte te verkry en plaas saailing direk in die gaatjie. Druk die grond vas rondom die plant om goeie kontak met die grond te verseker. 4) Skorsies – Pampoen, Botterskorsie en Skorsies Skorsies is ‘n uitstekende bron van vitamiene A, C en E sowel as anti-oksidante. Saai dit in die vroeë somer maande.

Huishoudelike tuine en groot landerye: Berei die plant-stasies op elke derde ry teen 2.25m tussen rye en met ‘n spasie van 1.8m in die ry. Maak ‘n gat van 30x30cm, 20cm diep en vul met ‘n mengsel van grond en twee grawe-vol kompos of ou kraalmis. Plaas vyf saadjies 10cm uit mekaar uit en bedek met 3cm grond. Na ontkieming moet dit uitgedun word tot net drie plante per plant-stasie.

Page 17: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

14

Farming God’s Way Groente Gids

3.2. Blaar-groente 1) Spinasie Spinasie bevat die hoogste konsentrasie anti-oksidante van alle groentesoorte. Dit is ook hoog in vitamiene A, B, C, E en yster. Spinasie is nie net belangrik vir alledaagse gesondheid nie, maar is ook baie maklik om te kweek en te versorg. Spinasie kan vanaf lente tot en met herfs geplant word alhoewel dit die beste aard teen 27⁰C. Beddings kan voorberei word in vore, maar moet verkieslik met ‘n 5cm komposlaag gedoen word. Huishoudelike tuine: Nadat 5cm oppervlak-kompos toegedien is, moet lang vore 2cm diep met 37.5cm tussen die rye gemaak word. Gebruik die smal randtjie van ‘n reguit plank, hark of skoffel-graaf om die vore te maak. Plant die saad 20cm uit mekaar uit direk in die oppervlak-kompos bedding, vul die voor met kompos en druk die grond liggies vas deur die breë sy van plank te gebruik. Grootskaal landerye: Maak lang vore tot ‘n diepte van 8cm met 37.5cm tussen die rye en strooi 3-4 liter kompos per meter. Saad moet 2cm diep en 20cm uit mekaar uit gesaai word. Vul dan die voor met grond van die onderkantste hoop. Wanneer dit oestyd is, breek (moenie sny nie) die onderste twee grootste blare af en laat dan toe dat die ander blare weer groot word. Spinasie sal vir ‘n lang seisoen blare produseer. 2) Raap/Kale/Groen Kollard Hierdie blaar is baie gewild in Afrika en ‘n groot verskeidenheid variante word aangetref, van die tradisionële gewilde ‘Kale’ tot die “Sukuma Wiki’ wat in Kenya voorkom. Hulle is almal van die Brassica

Oleracea familie en alhoewel hulle aan kool verwant is, is dit baie makliker om te kweek. Soos met spinasie, sal hierdie plante ook blare dra vir ‘n lang tydperk. In die geval van rape, groei die plant net hoër en hoër met tyd. Blare is ryk aan vitamiene C en K asook anti-oksidante. Saai rape in die lente en weer in herfs, hulle vaar nie goed in baie hoë temperature nie. Beddings kan voorberei word in vore, maar moet verkieslik met ‘n 5cm komposlaag gedoen word.

Huishoudelike tuine: Nadat 5cm oppervlak-kompos toegedien is, maak lang vore wat 2cm diep is met 37.5cm tussen die rye. Gebruik die smal randtjie van ‘n reguit plank, hark of skoffel-graaf om die vore te maak. Plant die saad 30cm uit mekaar uit direk in die oppervlak-kompos bedding, vul die voor met kompos en druk die grond liggies vas met die breë sy van plank. Groot skaal landerye: Maak lang vore tot ‘n diepte van 8cm, laat 37.5cm tussen rye en strooi 3-4 liter kompos per meter. Saad moet 2cm diep en 30cm uit mekaar uit gesaai word. Vul dan die vore met grond van die onderkantste hoop.

Page 18: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

15

Farming God’s Way Groente Gids

3) Amaranth Amaranth het dubbele waarde want die blaar sowel as die saad kan geëet word. Blare is ‘n bron van vitamiene A, B en C en het hoër kalsium- en ysterinhoud as spinasie. Dit is ‘n geharde gewas wat hoë temperature, droë tye en swak grond kan behartig en is dus meer gepas as ander blaar-groentesoorte vir voorsiening van groen somergroente. Amaranth kan in die lente en dwarsdeur die somer gesaai word. Beddings kan voorberei word in vore, maar moet verkieslik met ‘n 5cm komposlaag gedoen word. Om gereëlde oeste van die blare te vergemaklik, plant saad 1cm diep, 15cm uit mekaar uit met 37.5cm tussen die rye. As die struik te lank raak, kan dit gesnoei word tot 15cm lank om die produksie van nuwe blare aan te moedig. Huishoudelike tuine: Nadat 5cm oppervlak-kompos toegedien is, maak lang vore van 1cm diep met 37.5cm tussen die rye. Gebruik die smal randtjie van ‘n reguit plank, hark of skoffel-graaf om die vore te maak. Plant die saad 15cm uit mekaar uit direk in die oppervlak-kompos bedding, vul die voor met kompos en druk die grond liggies vas met die breë sy van plank. Groot landerye: Maak lang vore tot ‘n diepte van 8cm met 37.5cm tussen die rye, strooi 3-4 liter kompos per meter en vul met grond tot 1cm van bo af. Saad moet 15cm uit mekaar uit gesaai word en daarna moet die vore met grond van die onderkantste hoop gevul word.

Page 19: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

16

Farming God’s Way Groente Gids

3.3. Ondergrondse Groentesoorte 1) Wortels Wortels is ‘n baie gesonde toevoeging tot enige groentetuin omdat dit ‘n hoë konsentrasie van beta-karoteen (bron van Vitamien A), Vitamiene C, K en B6, anti-oksidante en minerale bevat. Wortels is maklik om te kweek en kan byna die hele jaar deur gesaai word. Ideale temperature is tussen 15 en 24⁰C. Plant wortels in lente tot herfs. Berei die beddings verkieslik na die vorige gewasse wat swaar kompos toediening verkry het. Moenie vars kompos of kraalmis gebruik nie omdat dit ongewenste wortelvertakking veroorsaak, en daarom is dit gewensd om wortels na ander gewasse se oorblywende kompos te plant. Die fyn saad moet 1cm diep en 2cm uitmekaar uit gesaai word met 18.75 tussen die rye. Saai in die eerste 3 rye en los die 4de ry oop om tussen die rye te werk. Huishoudelike tuine: Verdeel die 75cm in helfte tot 37.5cm rye en dan weer in die helfte om 18.75cm tussen die rye te verkry. Maak plant-rye 1cm diep met die smal randtjie van ‘n reguit plank, hark of skoffel-graaf. Wortel-saad ontkiem nie maklik as dit dieper as 1cm gesaai word nie. Plaas die saad direk in die oppervlak-kompos of grond, 2cm uit mekaar uit, bedek vlak en druk dan liggies op die sand met die bree kant van die plank. Groot landerye: Maak vore oor die 18.75cm rye teen 1cm diep en saai die saad 2cm uit mekaar uit. Vul die vore met sand of kompos vanaf die onderkantste hoop. Na die plantjies ontkiem, dun hulle uit tot 5cm tussen plantjies. 2) Beet Dieëtkundiges skryf groot voedingswaarde toe aan beet aangesien dit hoë konsentrasies van anti-oksiedante en ander minerale bevat. Die blare kan ook geëet word soos spinasie. Dit maak beet veelsydig wanneer ander blaarsoorte nie in hierdie tydperk beskikbaar is nie. Die groeityd van beet is soortgelyk aan wortels, ideale temparture is tussen 15 en 24⁰C maar kan tot 35⁰C behartig. Saaityd is vanaf lente tot herfs. Saad moet 2cm diep geplant word, 10cm uit mekaar uit met 18.75cm tussen rye. Plant drie rye en laat die vierde ry oop om teogang tot die drie rye te vergemaklik. Huishoudelike tuine: Verdeel die 75cm in helfte tot 37.5cm rye en dan weer in helfte, om 18.75cm tussen die rye te verkry. Maak plant-rye 2cm diep met ‘n skoffel-graaf, en saai die saad direk in die oppervlak-kompos of grond, 10cm uit mekaar uit. Bedek vlak en druk dan liggies op die sand met die breë kant van die plank. Groot landerye: Maak vore oor die 18.75cm rye teen 2cm diep en saai die saad 10cm uit mekaar uit. Vul die vore met sand of kompos vanaf die onderkantste hoop.

Page 20: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

17

Farming God’s Way Groente Gids

3) Uie/Sprietuie Uie is baie gewild onder meeste gesinne in Afrika. Uie bevat hoë konsentrasies vitamiene C en foliensuur (vitamiene B9) en het ook ‘n hoë inhoud peptiede wat osteoperose beveg. Uie se ideale groei temperature is tussen 12 en 25⁰C, en beter aangepas vir kort-termyn koue teenoor bloedige warm weer. Hulle het ‘n baie lang groeityd nodig, tussen 4 en 7 maande, en is daarom nie baie geskik vir klein huishoudelike voedings-tuine nie. Daar is meer verkose gewasse wat in hierdie geval gekweek kan word, insluitend sprietuie. Plantjies word vanaf die einde van somer tot herfs geplant, maar wees bewus dat hulle groot hoeveelhede water benodig in hulle vegetatiewe groeistadium. Wanner uie in somer reënval gebiede met droë winters gesaai word, moet daar verseker word dat genoegsame watertoediening sal wees in die droë maande. Uie saad direk in die grond Saad wat direk in die grond gesit word moet 2cm diep, 5cm uit mekaar gesaai word en daar moet 18.75cm tussen die rye toegelaat word. Maak drie rye met saad en los elke vierde ry oop om tussen deur te kan werk. Na ontkieming moet die plantjies uitgedun word tot een elke 10cm. Plante wat so uitgehaal is kan weer in ander beddings oorgeplant word as uie saailinge. Sprietuie direk in die grond Dit word op dieselfde manier behartig as met uie, maar net dat die saad 2-3cm uitmekaar gesaai is en dan uitgedun word tot 5cm tussen plantjies. Saailinge stelle Uie en Sprietuie is beter aangepas om as saailing-stele geplant te word, verwys na “Saailing Kwekerye” in Hoofstuk 5. Na sowat 7-8 weke sal die plantjies ongeveer potlood-dikte wees en kan daarna direk geplant word. Die plante kan ook opgeberg word vir die volgende seisoen deur die worteltjies te snoei tot ‘n lengte van 2cm en die boonste blare tot ‘n lengte van 10cm.

Uie saailinge: Plant die saailinge met ‘n Dibbler 10cm uit mekaar uit en in 18.75cm rye. Plant drie rye so en los elke vierde ry oop om ‘n spasie te laat vir die versorging van beddings. Uie neem ongeveer 4-7 maande om volwasse te word, en die buitenste laë moet eers uitdroog voordat dit opgeberg kan word. Wanner die blare geel raak, moet dit omgebuig word sonder om dit af te breek. Dit help om die uie gouer te laat uitdroog. Na die uie geoes is, berg dit in die skadu waar daar ‘n redelike lug deurvloei is. Verwyder enige beskadigde uie en kyk gereeld vir enige plant-siektes. Spreituie: Plant die saailinge met ‘n Dibbler 5cm uit mekaar uit en in 18.75cm rye. Laat elke vierde ry oop om ‘n spasie te laat vir die versorging van beddings. Hierdie gewasse kan op enige tyd geoes word soos dit benodig word en kan altyd die groentemandjie volmaak.

Page 21: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

18

Farming God’s Way Groente Gids

4) Soetpatats Soetpatats is bekend as een van die mees voedingsryke ondergrondse groentesoorte. Dit bevat onder andere ‘n mengsel koolhidrate en baie hoë vlakke vitamiene A. Om hierdie rede behoort Afrika se boere baie meer waarde aan soetpatats te heg in vergelyking met ander meer gewilde stysel-gewasse. Hulle is maklik om te kweek, het ‘n goeie weerstand teen hitte en droogte, is baie smaakvol en kan 10 tot 40 ton per ha lewer. Een nadeel is dat hulle nie goed vaar in waterhouende grond nie en wanneer dit ‘n risiko is moet daar gebruik gemaak word van permanente verhewe-beddings. Hoë klei gehalte grond moet ook vermy word omdat dit vogtigheid behou. “Double Portion Farm” in Uganda het groot sukses behaal met soetpatat op gelyke, goed-dreinerende grond. Die tempratuur waarin soet patat die beste vaar is tussen 15 en 33⁰C maar temperature moet verkieslik omtrent

25⁰C wees. In die somer-reënval gebiede moet daar in September tot November geplant word. Die groei periode stryk van 3.5 tot 7 maande en dus moet daar liewer vroeër as later geplant word. In die laagliggende- en warmer streke kan soetpatat amper heel jaar geplant word. Daar moet verkieslik gebruik gemaak word drie maande-oue virus vrye steggies. Berg die 30cm steggies op in die skadu vir drie dae om so die wortel vorming te stimuleer voordat dit in die grond gesit word. Omdat soetpatat rank, moet daar genoeg spasie gelos word rondom die plant sodat dit nie die ander groente verstrik nie. Maak vore van 15cm diep, en laat 75cm tussen die rye. Nadat die pH regestel is, voeg 500ml kompos of mis in elke 1m van die voor. Vul dan die vore tot die 10cm plant-diepte. Lê 20cm van die steggie in ‘n L-vorm (10cm plat en net 10cm van die blaarkant na bo). Laat net die kleinste blare uitsteek en bedek die res met grond. Plaas daarna die volgende steggie 30cm vanaf die vorige een. Vore hoef nie opgebou te word om die soetpatat te laat groei nie, maar “God se kombers” bo-op is baie belangrik om goeie vrug formasie te bevorder net onder die kombers. Die voorbereiding van gewone patats word op dieselfde manier gedoen behalwe dat daar van saad-patat gebruik gemaak word. Hierdie patat word dan teen 10cm diep en 30cm uit mekaar uit geplant in pleks van steggies.

Page 22: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

19

Farming God’s Way Groente Gids

4. Tydsbepaling vir Groente Tuine in Suider-Afrika se Somer-reënval Streke

Suid Afrikaanse groente saaigids vir sommer reenval gebiede.

Janu

arie

Febr

uarie

Maa

rt

April

Mei

Juni

e

Julie

Augu

stus

Sept

embe

r

Okt

ober

Nov

embe

r

Dese

mbe

r

Aartappels * * * * * * Amaranth * * * * * * Artichokes, sjinees * * * * Aspersies * * * * Beet * * * * * * * * * Blaarslaai * * * * * * * * * Blomkool * * * * Bone * * * * * * Broccoli * * * * Brusselse spruite * * * Eiervrug * * * * Ertjies * * * * * * * * Komkommer * * * * * Kool * * * * * * * * * Murgpampoentjies * * * * * * Okra * * * * Pampoen * * * * Raap * * * * * * Radyse * * * * * * * * * * Rubharb * * * * Seldery * * * * * Skorsies * * * * * * Soetpatat * * * Soetrissies * * * Spanspek * * * * Spinasie * * * * * * * * * Suikermielies * * * * Swiss Chard * * * * * * * Tamatie * * * * Uie * * * * Waterspanspek * * * * Wortels * * * * * * * *

Hierdie saaigids moet gebruik word in samespreking met spesifieke kultivar aanbevelings en plaaslike klimaat inligting. Versamel ook inligting uit jou persoonlik ervarings en gebruik

dit om planne vir toekomstige seisoene te beplan.

Page 23: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

20

Farming God’s Way Groente Gids

5. Saailing-kwekerye

Dit is beslis makliker vir boere om saailinge direk in die grond te sit as om saad te saai, maar met dit gesê moet daar ook erken word dat hierdie taak beperk is tot mense met genoegsame kennis en ondervinding. Hierdie stelsel van saailinge het die groot voordeel dat tydens die sensitiewe stadium van die plantjie is die gebied beperk tot ‘n klein area in plaas van ‘n groot veld wat aandag nodig het. Wanneer die plante ‘n grootte van 7-10cm bereik, kan net die beste plante wat eweredig grootte bereik het uitgeplant word en so word onnodige tydvermorsing, as gevolg van swak onkieming, beperk. Saailing-kwekerye kan op 15cm verhewe beddens, of in saailaaie op verhewe oppervlakte gemaak word. In ieder geval moet goeie dreineering ten alle tye gehandhaaf word. Hierdie kwekerye moet omhein wees, naby aan ‘n goeie waterbron wees en verkieslik volle sonlig geniet sodat die plantjies verhard word voordat hulle uitgeplant word. Skaduwee Skaduwee is baie belangrik in die vroeë vestiging fase van die groente saailinge. Skadu-net, palm-takke, grasdak, bamboes of enige ander materiaal kan gebruik word om skadu te voorsien. Hierdie skadu moet van so aard wees dat mense maklik toegang kan hê om die plante te versorg en om te besproei. Die skadu hoogte is ideaal teen ongeveer 2m hoog, maar as die skadu dak laer is moet dit lig genoeg wees om maklik te kan skuif. Wanneer so ‘n konstruksie opgestel word, moet die son se beweging in ag geneem word en die dak moet daarvolgens gemaak word. Die skadu moet wyd genoeg wees om te verseker dat daar genoeg skadu is vir die meeste van die dag.

Saailing Beddings Gebruik ‘n mengsel van 1/3de grond, 1/3de growwe sand en 1/3de fyn gesifde kompos. Plaas hierdie mengsel bo-op die losgemaakte grond van die verhoogde bedding of direk in die saailing-panne. Maak die mengsel deeglik nat en druk dit dan vas met ‘n plat plank. Gebruik die kant van die plank om ‘n 1cm diep voor te maak met die breedte van die saailing bedding en maak rye 10cm uit mekaar uit. Saai die saad 5cm uit mekaar uit in die voor om te verseker dat wanneer die plante uitgehaal word, die worteltjies van die plant nie die saailing langsaan versteur nie. Saailing Panne Saailing panne is baie effektief vir die verbouing van saailinge. Verseker dat die panne deeglik skoongemaak is deur ‘n sterk oplossing bleikmiddel te gebruik om sodoende enige skadelike organisismes dood te maak. Vul die panne tot 1cm van bo met die voorbereide mengsel en maak daarna deeglik nat. Saai die groente saad en bedek tot heel bo, met die nat voorbereide mengsel. Maak die mengsel ferm en skraap alle oortollige grond af. Besproeings tye Die hoë kompos-persentasie van die saailing mengsel sal baie vog hou en die skaduwee beskerming sal ook die saailinge help om vogstremming te voorkom. Besproei liggies net een keer per dag met ‘n watergieter met fyn gaaitjies. Dit sal in meeste gevalle genoeg wees, maar as dit baie warm is, sal dit nodig wees om twee keer per dag water te gee. Wees versigtig dat nie te veel water aangesit is, want dit kan veroorsaak dat die saailinge verlep en veroorsaak dat kweker mislei word om nog meer water te gee. Kyk mooi na die plantjies en die grondmengsel elke dag om die vogtigheid te evalueer en aan te pas.

Page 24: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

21

Farming God’s Way Groente Gids

Uitplanting Sowat 7-10 dae voordat die saailinge uitgeplant word, moet ‘n proses van verharding op hulle uitgevoer word deur hulle bloot te stel aan meer sonlig en ook ‘n vermindering van besproeing. Dit is maklik wanneer daar gebruik gemaak is van blare en takke as skaduwee want die takke kan geleidelik verwyder word om tydsgewys meer sonlig toe te laat. Vat elke tweede dag nog meer skadu van die saailing beddings weg tot en met 30% skadu, om hulle aan meer en meer sonlig bloot te stel. Verminder ook die besproeing elke tweede dag tot net die helfte vir die eerste 4 dae. Besproei daarna net elke tweede dag. Maak seker dat die saailinge baie goed besproei is op die dag van uitplanting en dat hulle blare volop is. Met saailing-beddings moet daar ‘n skerp handgraaf beskikbaar wees om genoeg saailing mengsel saam met die wortels uit te trek. Hou die saailinge in skaduwee en plant hulle so gou as moontlik in goed voorbereide beddings met behulp van ‘n Dibbler stokkie.

Page 25: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

22

Farming God’s Way Groente Gids

6. Kompos Vorming

Kompos is ‘n uitstekende alternatief vir anorganiese kunsmis om die grond se organiese voedingstowwe, as ook die natuurlikke mikrobiologie-balans te herbou. 2 Korinthiërs 9:8 - “En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” God se Woord is waarheid. Hy het beplan dat alle mense die beste gehalte grond-verbeterings materiaal kan besit…….kompos. Wanneer boere goeie kwaliteit kompos in die grond insit, kan hulle baie keer beter winsgewendheid oor die langtermein kry, in vergelyking met die gebruik van anorganiese kunsmis. Wat is Kompos? Kompos is ontbinde organiese materiaal wat afgebreek is deur mikro-organisismes, onder andere bakterieë en swamme. Om goeie gehalte kompos te vervaardig moet daar streng maatreëls en resepte gevolg word. Ons stel voor om ‘n kompos hoop van 2m hoog, 2m breed en 2m wyd te maak wat. Dit is klein genoeg vir een mens om te bewerk binne ‘n paar ure maar dit sal ook genoeg hitte genereer binne in die hoop. Dit sal genoeg kompos verskaf vir ‘n “Huis Voeding Tuin” om ‘n 10cm laag bedekking asook ‘n volgende dekking van 5cm oor die tuin oppervlak toe te dien. Daar word aanbeveel om die hoop nie kleiner as 1,5m3 te maak nie. Wanneer om Kompos te Maak Begin om die inhoud bymekaar te maak terwyl daar baie groen materiaal beskikbaar is. In Suider Afrika sou dit in Januarie of Februarie gedoen word om sodoende genoeg tyd toe te laat vir die kompos om reg te wees vir die volgende plant-seisoen in die lente. Bestandele Kompos bevat vier hoof bestandele - stikstof, groen materiaal, houtagtige- en droë- komponente. Groente se kompos moet verkieslik meestal uit bakterieël-gedomineerde mikrobiologie, in teenstelling met swam-gedomineerde mikrobiologie. As ons dus kompos maak vir groente tuine, beperk ons die houtagtige bestandeel tot net 10% en vermeerder die droë inhoud tot 35%. Alle ander verhoudings bly die selfde as in ander gewasse se kompos. Hierdie beperking verlaag die houtagtige verhouding en maak die hoop van ‘n fyner gehalte met ‘n hoër persentasie bakterieë. 1) Stikstof Bestandeel Stikstof materiaal is die ‘brandstof’ van die kompos hoop en sit die bakteriële proses aan die gang. Stikstof moet 10% van die hoop uitmaak. Gebruik 15 sakke (50kg sakke) kraal- of voël-mis hiervoor. Gebruik die varsste mis wat jy kan kry want dit het nogsteeds baie stikstof binne in. As dit nie verkrygbaar is nie, kan 4m3 peulgewasse in plaas daarvan gebruik word met die nodige groen-, houtagtige- en droeë-bestandeel-aanpassings. 2) Groen Bestandeel Groen materiaal is ‘n bron van suiker wat noodsaaklik is vir goeie kompos. Groen materiaal moet 45% van die hoop uitmaak wat omtrent ‘n hoop van 8m3 maak, of dieselfde meting van die 2m x 2m x 2m hoë pale. Enige groen materiaal wat groen gesny is, word as ‘groen’ geklasifiseer, maar probeer om dit binne ‘n week te gebruik. 3) Houtagtige Bestandeel Die houtagtige materiaal moedig die groei van swamme aan, want dit ontbind baie stadig en laat toe dat die kompos aërobies bly. Die houtagtige bestandeel moet 10% van die kompos hoop uitmaak en ‘n hoop van omtrent 1m x 1m x 1m sal genoeg wees. Gebruik houtagtige bestandele soos dun stokkies (minder as 3cm in breedte), mieliekoppe, mieliestronke, karton en hout skaafsels (nie saagsels nie).

Page 26: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

23

Farming God’s Way Groente Gids

4) Droë Bestanddeel Die droë materiaal beslaan ‘n groot volume van die kompos en moet 35% van die hoop uitmaak. Versamel ‘n hoop gras, blare of onkruid van omtrent die selde hoogte as die groen materiaal (2m x 2m x 2m hoog), omtrent 8m3. Ter opsomming: versamel 15 50kg sakke mis; ‘n groot hoop groen materiaal van 8m3 (so hoog as wat jy moontlik kan bereik); ‘n klein heup-hoogte hoop houtagtige materiaal; en ‘n groot hoop droë materiaal van 8m3 (so hoog as wat jy kan bereik). Hierdie materiaal moet in aparte hope versamel word totdat daar genoeg is om die kompos hoop te maak. Dit vat tyd om al die materiaal te versamel en jy moet dus vooruit beplan. “Farming God’s Way” boere moet bymekaar kom in groepe van vyf, om vir mekaar te bid, in dissipelskap te leef en om mekaar te kan help. As hulle in hierdie groepies kan saam werk kan die kompos-maak proses baie glad verloop in gemeenskap en broederskap. Die Bou van die Kompos-hoop Wanneer die hoop gebou is, is die handhawing van spesifieke verhoudings baie belangrik. Die maklikste manier om dit te voorsien is om die bestandele van die vier verskillende komponente in alternatiewe laë te bou. Om seker te maak dat daar genoeg vog in die kompos-hoop teenwoordig is kan jy óf elkeen van die materiale se lae besproei nadat dit reeds op die kompos-hoop gesit is, óf die materiale in ‘n waterhouer dompel voordat dit op die hoop geplaas word. As die kompos goed nat gemaak word aan die begin, sal dit beteken dat jy miskien net een of twee keer in die daarop-volgende maande nat moet maak. Begin met ‘n 5cm fondament van houtagtige materiaal, sit daarna 15cm droë materiaal op, en daarna 20cm groen materiaal. Voeg dan twee sakke mis by en maak seker dat alles nat gemaak is. Herhaal die genoemde proses van 5cm houtagtige-, 15cm droë-, 20cm groen materiaal en twee sakke mis, todat die finale hoogte van 2m bereik word.

Page 27: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

24

Farming God’s Way Groente Gids

Die Omkeer van die Kompos-hoop Binne die eerste drie dae sal die kompos warm raak en dit moet dus omgekeer word. Die beste manier om dit te doen is om die hoop tot langsaan te draai met n vurk of n skoffel-graaf. Die omkeer van die kompos handhaaf die korrekte temperatuur, meng al die verskillende bestandele, skuif die binneste materiaal na buite en die buitenste materiaal na die binnekant toe. Dit belug ook die kompos met suurstof en laat toe dat die vogtigheid nagegaan en reggestel kan word. As die kompos nie omgekeer word nie, sal dit anaërobies raak, sleg begin ruik en uiteindelik ‘n swak kompos lewer.

1) Temperatuur Die kompos raak vinnig warm van al die bakteriële aktiwiteit. Die ideale temperatuur reeks om al die onkruid-saad en ongewenste kieme uit te roei is tussen 55°C en 68°C vir drie dae. As jy nie die kompos-hoop draai nie, sal die temperatuur maklik bo 70°C styg. Dit is veels te warm is en veroorsaak ‘n vermorsing van koolstof en die afsterwe van voordelige mikro-organismes. Die mees akkurate manier om die temperatuur te meet is met ‘n lang kompos-termometer. Draai die kompos voordat dit 70°C bereik. ‘n Goedkoop alternatief is om ‘n 8mm staal staaf te gebruik. Steek die staaf tot in die middel van die hoop vir a paar minute en trek dit weer uit. As jy dit kan vashou vir 5 sekondes is dit nog te koud. As dit ongemaklik warm is om vas te hou, is die kompos reg om te draai. ‘n Maklike roetine vir die armes is om elke 3 dae vir die eerste 3 beurte te draai en om dit daarna elke 10 dae te draai vir die volgende 3 tot 5 draaie, afhangende van hoe goed die kompos sy hitte behou. Die temperatuur daal na elke draai en bou weer op tussen draaie. Hierdie hitte siklus sal voortgaan totdat al die kompos se stikstof opgebruik is. As jy die bestandele van 15 sakke mis volgens die handleiding gebruik het, sal die kompos warm genoeg wees vir goeie ontbinding, en afkoel tussen 6 en 8 weke. 2) Meng van die bestandele Meng al die verskillende bestandele deeglik. Maak seker dat jy die buitekanste materiaal na die binnekant toe bring, en die binnekanste materiaal na die buitekant toe bring. Dit verseker dat al die materiaal aan die hoë ontbinding-prosesse en -temperature blootgestel sal word. 3) Vog Inhoud Wanneer die hoop gemeng word, toets om seker te maak dat die voginhoud korrek is (omtrent 50%). Baie vog word afgegee in die vorm van stoom wanneer die kompos warm raak, en die vog moet vervang word. Jy kan die voginhoud maklik toets om deur n handvol kompos in jou vuis vas te hou en dit vas te druk. As vloeistof uit druppel wanneer jy dit vas druk, is die materiaal te nat. As jy jou hand oopmaak en die materiaal hou nie sy vorm, dan is dit te droog en jy moet meer water byvoeg. As jy die materiaal druk en water kom nie daarvan uit nie, en as jy jou hand oopmaak en die materiaal hou sy vorm dan is dit naby aan die regte voginhoud. Verseker dat jy 'n effense helling bo-op die hoop met dekgras of graan sakke handhaaf. Dit is om reënwater, wat ‘n oormaat vogtigheid en daling van die temperatuur in die komposhoop kan veroorsaak, af te hou.

01020304050607080

0 3 7 11 15 19 23 27 31 35 39 43 47

Tem

pera

tuur

( C

)

Dae

Page 28: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

25

Farming God’s Way Groente Gids

4) Aanwysers van Goeie Kompos Na omtrent twee maande sal die draai-proses voltooi wees, maar dit is voordelig om die kompos vir ‘n verdere vier maande te laat staan om die ontbindingsproses so deeglik as moontlik te laat verloop. Wanneer kompos verouderd is, kan dit vir jare lank so geberg word, sonder enige vermindering van die voordelige voedingswaarde. Jy hoef nie enige draaie tydens die opberging uit te voer nie, maar maak seker dat die voginhoud reg is. Teen die tyd sal jou kompos bestaan uit stabiele, organiese voedingstowwe en sal ‘n goeie mikro-biologiese innokulum wees. Wanneer die kompos gereed is, sal dit donker bruin van kleur wees, soet en aangenaam ruik, ‘n krummelrige struktuur hê en growwe swam-drade behoort ook sigbaar te wees. Gebruik van Kompos Soos voorheen bespreek, kan kompos as ‘n oppervlak-inset vir kleinskaalse huis-voedings-tuine of in plant-stasies en vore vir grootskaalse velde gebruik word. Die opbrengs-potensiaal met kompos is baie hoog en die koste om dit te produseer is slegs arbeid om die materiaal te versamel, te bou en te draai. Kompos is ‘n uitstekende plaasvervanger vir kunsmatige bemesting. Dit bou nie net die organiese voeding in die grond op nie, maar dit verbeter ook die natuurlike biotiese balanse wat in die grond teenwoordig is. 2 Kor 9:8 - “En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.” Ons wil graag kompos op elke plaas sien. Dit is ons getuienis van God se voorsiening deur om gebruik te maak van wat ons reeds in ons hande het.

Page 29: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

26

Farming God’s Way Groente Gids

7. Gevallestudiesies

7.1. Gevallestudie 1: Martin Dower Martin verbou klein groente in Muldersdrift, Suid-Afrika. Hy gebruik die “Farming God’s Way” tegnieke vanaf 2008 en daar het al interessante gesprekke plaasgevind oor die variasies in sy groente-produksiestelsels. Hierdie variasies sluit bedding-spasieëring, rye en ry-spasieëring, inset toediening-tegnieke en die gebruik van “God se kombers.” Hieronder bespreek ons hoe hy dit doen.

Die grond in die Muldersdrift omgewing is bestaan uit ‘n swaar, rooi klei wat hard is, en ook moeilik om mee te werk. Martin se groente word organies verbou in grond wat vermeng is met groot hoeveelhede kompos. Die kompos is gemaak volgens “Farming God’s Way” se standaard met die korrekte verhoudings houtagtige-, droë-, groen- en misbestandele. Martin het vyf komposhope wat gelyktydig bestuur word. Martin skryf die sukses van sy plaas eerste aan die Here toe, en tweedens aan die gebruik van kompos. Wanneer die kompos verouder het, sif hy dit om ‘n fyn kompos te verkry om fyn saad- en wortelgroente te plant. Enige houtagtige materiaal wat oorbly word weer later gebruik in nuwe komposhope. Die Vestiging van Beddings Landerye word uitgelê op plat, gelyke grond sonder verhewe beddings. Die beddings lyk verhewe na hoë kompostoediening, goeie bestuur en beheer tussen die rye. Tydens normale produksie van groente soos blaarslaai, kool, bone en ertjies plant Martin sy gewasse in twee rye regoor die helling. Martin produseer egter ook ‘n unieke klein-blaar groentesoort, en daarom moet sy personeel kan daagliks toegang tot die plante hê om dit te kan oes. Hulle plant regoor die beddings en om beweging te fasiliteer hurk hulle bo-oor die 60 cm-wye beddings met hulle voete in die 20 cm-wye looparea. (Hierdie is ‘n unieke manier van groente verbouiing en nie vir meeste gevalle aangeraai nie aangesien dit ‘n gespesialiseerde ontwerp is.) ‘n Paar weke voor groente geplant word, word 5cm kompos, na noukeurige ontwerp en afmeting, liggies in die boonste 5 cm grond ingewerk. Hierdie hoë toediening kompos word gesaai voor enige groente geplant word om verlore nvoor enige groente geplant word om moontlik verlore nutriënte te vervang en om die algehele gesondheid van die grond te bevorder. Dit is nie ‘n eenmalige toediening tydens tuin-vestiging nie. Na afloop van ‘n oes voer Martin altyd hierdie kompos toediening uit om die grond voorteberei vir die volgende plant-tydperk.

Martin Dower tussen sy groente

Kompos wat gesif gaan word

Page 30: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

27

Farming God’s Way Groente Gids

Voorbereiding van Beddings Waneer daar geplant word, word vore gegrawe volgens die spesifieke gewasse se ry-spasieëring en ry-diepte, en afhangende van of daar saad of saailinge geplant word. Die kompos word dan in die vore geplaas te 500mL per 60cm. Dit word dan liggies gemeng, en dan weer teruggesit in die voor. Let op dat die grond nie omgespit word nie, maar minimaal versteur word volgens die “Farming God’s Way” beginsels. ‘n Afwyking van die voor-tegniek word gebruik met sommige van die klein-blaar groentesoorte, waartydens Martin 10 litre kompos per vierkante meter in die boonste 5cm van die grond inwerk wanneer die groente geplant word. Dit is as gevolg van die baie nou ry-spasieëring asook die tussen-ry-spasieërings wat toegepas word in hierdie stelsel. Neem kennis dat dit in beide gevalle eers na die aanvanklike 5cm kompos toediening plaasvind, soos voorheen verduidelik. Van Martin se groente word verbou onder vollop skadu-areas en ander onder vollop sonskyn-areas. In alle gevalle word die grond bedek met gras wat van die plaas af kom, of met kompos, indien daar genoeg beskikbaar is. In die ysige winter maande gebruik Martin ‘n klein flies-bedekking om die plante te beskerm teen die koue.

Ertjies en koljander

Broccoli

Page 31: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

28

Farming God’s Way Groente Gids

7.2. Gevallestudie 2: Vumile Ndzululeka

Vumile woon in Nyanisweni in die voormalige Transkei area in Suid-Afrika. Hy is ‘n plattelandse pastoor by “Church of the Nations”. Hulle die beginsels van “Farming God’s Way” vir die plaaslike gemeenskap en bestuur ook ‘n kleuterskool. Vumile het nog altyd “groen vingers” gehad en het “Farming God’s Way” met altwee hande aangpak en verbou tans ‘n verskeidenheid van groente insluitende aartappels, blaarslaaie, wortels, groenmielies en suikerbone of ‘n 0.2 ha. Wat interessant is van hierdie gevallestudie is die manier waarop Vumile aartappels verbou. Hy ploeg nie die grond nie en maak dit nie eers los nie, en hy gebruik ook nie kompos nie. Hy glo egter in ‘n dik kombers en dit is oraloor die wêreld bewys om baie goed te werk. Die boere wat die dikste kombers gebruik toon die beste resultate. Vumile sê om die aartappels uit te haal is maklik omdat hulle naby aan die oppervlak van die grond is, of sommer selfs binne-in “God se kombers.”

Vumile Ndzululeka in die Transkei verbou ‘n verskeidenheid van groente deur “Farming God's Way” se beginsels te gebruik

Page 32: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

29

Farming God’s Way Groente Gids

7.3. Gevallestudie 3: Pius Mutie

Pius is ‘n kleinboer in Mpeketoni, Kenia. Hy boer met verskillende gewasse insluitend eiervrug, bone, groenmielies, waatlemoen, okra en botterskorsie. Pius gebruik mis as sy primêre bemesting, maar as daar nie genoegsame hoeveelhede beskikbaar is nie, gebruik hy organiese kunsmis in die voorgeskrewe voor of plant-stasie stelsel. Pius is vasbeslote om van ‘n behoorlike deklaag van God se kombers gebruik te maak en het self gesien hoe God sy grond verander het van ‘n dorre land na ‘n produktiewe plaas vandat hy “Farming God’s Way” se beginsels in 2006 begin toepas het. Pius se produksiestelsel is uniek omdat hy gebruik maak van klein “vloed besproeiings vloedpleine”, wat hom toelaat om heel jaar groente te verbou.

Pius se Eiervrugplante

7.4. Gevallestudie 4: Tess Gebers

Tess Gebers is ‘n suksesvolle groente boer in Port-Elisabet. Sy het in 2010 met “Farming God’s Way” begin toe sy ‘n laat soetmielie varieteit geplant het. Sy het ook al kooltipes, murgmampoentjies en skorsies geplant. Tess glo in kompos en koop dit wat sy nodig het aan. Haar ervaring het egter getoon dat meeste van haar plaaslike kompos laag is in voedingstowwe en nie oor die nodige mikrobiologiese eienskappe beskik nie. Vestiging voorbereidings Tess berei haar veld-skaal plot in 75 cm-rye voor. Sy het dit gekies weens die waarde van permanente plant-stasies en vir die aanpasbaarheid wat die stelsel verleen wanneer sy gewas-rotasie toepas met ander groente. Vir koolsoorte is vore van 8 cm diep geskep en amper gevul met kompos (omtrent 3 – 4 L per meter). Dit is om haar strand-sand-grond ‘n voorspronge te gee tydens die eerste seisoen. Die grond word dan tot oor die voor geskuif.

Page 33: Groente Gids - farming-gods-way.org · 2 Farming God’s Way GroenteGids 1. Riglyne vir Goeie Resultate met “Farming God’s Way Groente Verbouing " 1.1. Uitleg van tuin met 75mm

30

Farming God’s Way Groente Gids

Tess Gebers se soetmielies Wanneer koolsoorte geplant word gebruik Tess ‘n Dibbler stok om gate mee te maak tot op die saailinge se wortteldiepte, in ooreenstemming met haar 45 cm teren-tou. Die saailinge word dan in die gaatjie geplaas en dit word vasgedruk aan die kante. Die drip-besproeiingsstelsel word gelê teen die opwaartse helling van die rye. Bogrond-bedekking is drie keer toegepas op koolsoorte met LAN in die eerste ses weke om seker te maak dat die plante met ‘n hoë stikstof behoefte genoeg van hierdie voedingstof ontvang om deur hul eerste vinnige groei stadium te kom. Tess gebruik nie verhewe-bedding stelsels nie. Hierdie winter was egter buitengewoon koud en nat en dit het vloed-omstandighede geskep – maar sy voel dit gebeur selde in haar klimaatsstreek. Sy gaan dreineringsslote skep om die oortollige water vanuit haar hoër velde te laat dreineer voordat dit tot by haar groentetuin uitkom. Met die verloop van tyd sal die grond in haar permanente 75 cm-rye begin opbou tot natuurlike verhewe beddings met die toevoeging van kompos en wortel-materiaal sowel as die vastrap van die verkeer in die loopvlak-area.

8. Bibliografie 1) Farming God’s Way Trainer’s Reference Guide. GW Dryden, 2009. 2) The A-Z of Vegetable Gardening in South Africa. J Hadfield, 2001. 3) Gardening without Work. Ruth Stout, 1970. 4) FAO - Crop datasheets. 5) Organic Gardening the Natural no dig Way. Charles Dowding, 2010.