groep vriende reis tyd 28april - 21 mei 2010 april … word ingeneem om met die hand af te skryf....

8
Groep vriende : Thys en Karine Franken .............Nissan Safari S/W 4.5 Demus en Erna v.Zyl.................. Ford 2.5 D/c 4x4 Bernie en Lecle v.Wyk................Toyota 3 D4D D/c 4x4 Jc en Zusette v/d Westhuizen ...... Colt 3 liter. D/c 4x4 Stawie & Maja Fouché .......... Landrover Defender Td5 Tolk. Petrus Manuel Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April Woensdag 28 : EhA Lodge & Kampterein Netjies skoon geriewe met Krag . Rus ‘n bietjie , Kyk alle voertuie en bande goed deur vir lang pad. Besoek Ruacana waterval wat pragtig is met baie water. Maak alle Brandstof houers vol en laai die batterye . Almal kom bymekaar vir ‘n potjiekos ete en ontmoet die tolk Petrus Manuel wat vir die toer saam met ons reis. April 29: Opgewonde vertrek ons om 08 h00 gewapen met Paspoorte , Visums , Lisensies en Portugese briewe vol afwagting na die Grens. Namibia Grenspos: Baie vriendelik dit neem ons ‘’n uur vir die groep om alles afgehandel te kry ook die voertuig se onderstel no. Calueque Angola :Grenspos : Vriendelik ontvang , alle paspoorte van die groep word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik nie. Ons word uit die kantoor gestuur en wag buite by die voertuie na 1 uur 15 min kom ons paspoorte te voorskyn. Bestuurders word een-een ingeneem na ‘’n klein kantoor waar die uitreiking en betaling van die T I P plaasvind Namibia $ 400.00 of Us $ 50 . Die TIP. Is jou padbelasting en die belangrikste dokument saam met jou paspoort vir elke padblokkade of polisie ondersoek.

Upload: dangtruc

Post on 07-Sep-2018

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

����

���������������������������� ���� Groep vriende : Thys en Karine Franken .............Nissan Safari S/W 4.5 Demus en Erna v.Zyl.................. Ford 2.5 D/c 4x4 Bernie en Lecle v.Wyk................Toyota 3 D4D D/c 4x4 Jc en Zusette v/d Westhuizen ...... Colt 3 liter. D/c 4x4 Stawie & Maja Fouché .......... Landrover Defender Td5 Tolk. Petrus Manuel Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April Woensdag 28 : EhA Lodge & Kampterein Netjies skoon geriewe met Krag . Rus ‘n bietjie , Kyk alle voertuie en bande goed deur vir lang pad. Besoek Ruacana waterval wat pragtig is met baie water. Maak alle Brandstof houers vol en laai die batterye . Almal kom bymekaar vir ‘n potjiekos ete en ontmoet die tolk Petrus Manuel wat vir die toer saam met ons reis. April 29: Opgewonde vertrek ons om 08 h00 gewapen met Paspoorte , Visums , Lisensies en Portugese briewe vol afwagting na die Grens. Namibia Grenspos: Baie vriendelik dit neem ons ‘’n uur vir die groep om alles afgehandel te kry ook die voertuig se onderstel no. Calueque Angola :Grenspos : Vriendelik ontvang , alle paspoorte van die groep word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik nie. Ons word uit die kantoor gestuur en wag buite by die voertuie na 1 uur 15 min kom ons paspoorte te voorskyn. Bestuurders word een-een ingeneem na ‘’n klein kantoor waar die uitreiking en betaling van die T I P plaasvind Namibia $ 400.00 of Us $ 50 . Die TIP. Is jou padbelasting en die belangrikste dokument saam met jou paspoort vir elke padblokkade of polisie ondersoek.

Page 2: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

Verlig vertrek ons na 1uur 30min by die grenspos alles afgehandel en gekyk in die voertuie. Calueque dam is ons eerste besoekpunt waar ons ook middag-ete en ‘’n koue Windhoek biertjie geniet. Die pad is ’n ervaring ons eerste les in voertuig bestuur met volle kosentrasie om die gate mis te ry op pad na Xangono op die hoofpad Ons geniet die pragtige Kremetart bome waar ons al langs die Cunene rivier op ry. Cunene rivier Boskamp 1:+- 16h00 +_ 60 Km van Angola grenspos begin soek on vir die eerste Boskamp van die toer. Ons vind ’n 2 spoor paadjie in die gras wat afdraai na die rivier en vind ’n heerlike plek langs die rivier . Petrus gaan onderhandel om toestemming te kry met ’n sakkie Aartappels in die hand wat goed ontvang word. Ons bereik Xangongo sonder enige probleme , wat ’n ontnugtering is die hoofpad wat ons toe kry . Cahama het geen brandstof,gelukkig is ons kanne vol en reis ons vêrder op ’n verrassing van ’n heerlike nuwe teer pad. Boskamp 2 : Trek ons na regs op ’n plaaspad af vir 2 Km. Die Boer se Vriendelike seun kom verby met ’n Land Cruser bakkie gee ons toestemming om te kamp en bied ook vir ons water aan.. Die volgende oggend ry ons 4 Km. in die pad af, by die woonhuis vind ons sy vriendelike Pa. Kry water en raak ook van ons vuilgoedsakke ontslae. Die pad vir die dag beloof om vol intresanthede te wees. Ons ry tot Chibia met ’n kortpad +- 53 Km oor Missau de Jau. Pragtige waterryke omgewing met goeie grond. Ons ry stadig op plaaspaaie tot by Palanca Negra Lodge. Die koste van die kampplek laat ons vinnig besluit om verder te ry, ‘n goeie teerpad neem ons na Humapata.Dit skakel Lubango eers uit tot Dinsdag. Boskamp3: Humapata op ‘n plaas.Gelukkig het Petrus ons tolk al vantevore op die plaas geslaap en kan hy ons die pad wys in die rigting van die dam. Wat ’n heerlike teerpad om te ry vol afwagting vir die pragtige pas. Leba pas : Van die uitkyk punt sien jy die pragtige pas met sy haarnaald draaie, die pad wat af kronkel na die vlaktes en later Namibe langs die see bereik. Jy daal +_ 1700 meter met die pas van 35 Km. En 88 draaie waarvan 36 draaie die boog draaie is wat die Leba Pas so ’n wonderlike gesig maak, met sy pragtige waterval aan die linkerkant as jy afdaal.Ons draai onder en gaan weer die pas uit om Humapata verder te besigtig. Dorsland trekkers Kerk en Monument met ’n paar grafte wat met klippe toegepak is op die terein. Dit laat jou in ongeloof staan vir die uithou vermoë en deursettings vermoë van die trekkers.

Page 3: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

Besoek Ghristus beeld > Die Kleinste van die 3( 1. Lissabon 2 Rio )Beelde wat die Portugese opgerig het. Dit laat jou werklik klein voel as jy onder die beeld staan en afkyk op die lewendige stad Lobango onder op die Vlakte. Ons sak af na Lubango maak brandstof vol en kronkel teen die berg uit na die uitkyk punt oor die Tunda Valla. Wat ’n pragtige uitsig as jy bo-op staan en afkyk op die vlaktes.Met die geweldige diep skeur op die berg blykbaar +_ 2300 meter diep. Ons koop ’n bietjie hout , soek vir ’n kaal plekkie en gou verrys andermaal ’n heerlike Boskamp Boskamp 4 TundaValla Ons vertrek vanoggend 07h00 voor die stadsverkeer dit te moelik maak. Ry ons oor Hoque Village > slegte hoofpad> Caconda > Huambo oor ’n uiters slegte hoofpad en kamp ons 15 Km. voor Cuima Boskamp 5 Dit het ’n bietjie soek gekos , voor ons afdraai in ’n aangeplante plantasie met masiewe Bloekombome op ’n bospad. Die voertuie het net gestaan toe daag ’n polisie beampte met ’n motorfiets daar op. Hy patroleer die bos 3 maal in die nag vir onwettige hout stropers. Met ’n Portugese Bybel en ’n vriendelike glimlag is hy daar weg. Ons het toestemming met Polisie toesig om die nag heerlik in die bos te slaap. Ons bereik Huambo sonder enige probleme maak brandstof vol. Die groep verdeel vir die dag as 1 van die lede en die tolk sy weermag spore ’n bietjie wil gaan oor loop by Kito Die res van die groep ry stadig voort na Sela of Waka kungo waar ons die nag by die bekende Roomse Kerkie gaan kamp maak,en wag vir die vriend om op te daag ’n lekker rustige dag. Boskamp 6..Sela by Katolieke kerk kry ons toestemming by die Vader. Vanoggend is die weermag manne op die radio aan die word in die omgewing van brug 14 waar hulle in gevegte betrokke was. Brug 14 het nou’n pragtige nuwe brug oor Rhio Nhia met geen teken van die veldslag nie Die pad na Quibala is goed en die omgewing pragtig met sy graniet koppies. Alto Dondo lewer vir my ’n Polisie probleem by die indraai na die vulstasie. Gelukkig was die tolk byderhand en met 3 Portugese Bybels kon die bevelvoerder lag en ons verder ry. Pragtige reënwoude begroet ons net jammer daar is geen plekke om afte trek vir ’n foto nie. Alles moet maar so haastig gebeur in die ry. Met ’n goeie teerpad ry ons vêrder. In die Lucala omgewing begin ons kampplek soek. Boskamp 7 Nadat ons by ’n plaaspad indraai waar hulle besig is om Staalkonstruksies op te sit vir ’n Hoenderboerdery,neem die Bestuurder ons na hulle Konstruksie kamp waar ons die nag in veiligheid kamp teen die draad met veiligheids ligte. Die Bestuurder van Taiwanese oorsprong is baie hulpvaardig en vriendelik ongelukkig is komunikasie swak.

Page 4: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

Die volgende oggend reis ons met ’n lekker teerpad na Cacuso waar ons links draai op ’n kortpad. Ja, ’n kortpad in afstand maar ’n tydsame pad deur riviertjies en klein dorpies met ’n half begroeide pad tot ons Calandula bereik . Almal het die natuur en die uitdaging geniet om die kortpad te ry. Calandula Waterval met baie water in ’n pragtige omgewing en ongerepte natuur net ’n ou Motel op die verste oewer. Calandula Waterval ( vergelyk met Vic Falls) 2de grootste in Afrika Wie het gemeet ? ? Ons volg die teerpad na Malanje voor ons afdraai na (teerpad) Cacuso , Draai ons links na Pedras Negras op ’n goeie teerpad . Boskamp 8: Pedras Negras ( Swart Rotse ) Die Omgewing is pragtig.Ons ry met ’n klein paadtjie tussen die rots koppe in. Hier moet ’n natuurliefhebber vir ’n paar dae kan staan en sy stapskoene uithaal .Die nag kamp ons gelukkig op’n plat rotsplaat met Reën wat ons planne die volgende oggend ’n bietjie omkrap. Ons ry met ’n heel skaflike teerpad oor Capanda wat later in grondpad verander, weer na Alto Dondo om die Sirkel vir die besoek aan Calandoela Waterval en Pedras Negras te voltooi. Dit is werklik ’n pragtige omgewing en natuurskoon. Boskamp 9 : Ons kamp 50 Km. voor Luanda op ’n plaas nadat ons van die hoofpad afgedraai het in die rigting van die Quanza Rivier. Ons maak weer van die tolk gebruik om met die opsigter te reël en vir ons toestemming te kry by die eienaar om die nag daar te kamp sonder enige probleem net baie muskiete. Ons ry saam na Luanda tot by die verby pad waar ek en die tolk links draai see toe en dan draai ons koppe suid om al teen die see langs te toer.. Die res van die groep besoek Shoprite en Luanda. Ons kry mekaar langs die see by Kwanza river Lodge. Dit is soos ons verwag het baie vol by Kwanza river Lodge en ons kan nie verblyf kry voor Sondag namiddag nie. Bruce is baie vriendelik en bel ’n vriend om te hoor of hy tuis is. Boskamp 10 Ons ry terug in die rigting van Luanda tot na die Maanlandskap se afdraai ,waar ons in ry na die see met ’n plaaspad tot by die plaaswoning waar ons Louis Lombard en sy vrou ontmoet Suid-Afrikaners uit George se omgewing. Heerlik om vir ’n verandering Afrikaans te praat. Ons kry toestemming en Kamp heerlik onder Makelanie Palms op die strand.( Dit laat jou dink aan Epupa Waterval in Namibia ) Later maak ons kontak met die ander toerlede uit Luanda en wys hulle die weg na die kampplek.

Page 5: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

Son/nag 11 : Kwanza River Lodge . Wat ’n pragtige plek op die oewers van die Kwanza Rivier. Twee van die toerlede ruil die kamp vir ’n lekker bed en ’n restaurant ete die aand . Koste van Lodge Akkomodasie Us $ 160.00 per dag P.P. Na ’n vullende Ontbyt die oggend wag ons vir die ander lede om by ons aan te sluit vir die bootvaart op die Kwanza. Pragtige natuurskoon met’n baie interesante Pad-brug oor die Kwanza , soek die Witaasvoëls ( Palm-nut vulture) in die Palm bome langs die rivier. Na ’n koue Cuca bier vertrek ons verder suid (64 km.) na Caba ledo Nag 12/13 Caba ledo Beach Queiros Restaurant +244 912435378 Chalets (2 Bed) US$ 100 per nag in week. US$ 120 naweek tarief . Met die vriendelike Desiree Queiroz ons gasvrou uit die Kaap. . Op hierdie Pragtige strand bly ons twee dae sonder om af te pak of te ry net stap op die mooi strand en ’n bietjie rus of wasgoed doen. Van oggend moet ons weer die pad aandurf na Porto Amboim ’n skilderagtige hawe dorp. Op pad na Sumbe ry ons eers ’n draai in die omgewing van Cabela met sy koffie plantasies ,en terug deur die Reënwoud van Kumbira vir middagete by die pragtige Cacheoira waterval in die Keve rivier. Dit word tyd om kampplek te soek toe ons by Sumbe verby gaan om langs die see ’n stil plekkie te soek. Kamp 14 : 10 km. Suid van Sumbe herken Petrus ’n plek waar hy voorheen gekamp het. Die ontvangs by die huisie op die duin is hartlik soos ou vriende en Petrus kry toestemming om op die strand by ’n paar Makelanie Palms kamp te maak. Die volgende oggend gee ons ’n Portugese Bybel aan die vrou wat sy met groot dankbaarheid ontvang . Ons ry met ’n heerlike teerpad suid na die stad Lobito. Hier maak die hawe ’n pragtige natuurlike Skiereiland met groot ontwikkeling wat op die stuk land wat in die see-in loop plaasgevind het. Op die punt is ’n Stoomboot monument in die sirkel met Zulu Restaurant aan die see kant. Dit gee ons die geleentheid om Shoprite daar naby te besoek vir kos en bier aanvulling. Boskamp 15 Ons kry Toestemming by Luis Pereira die eienaar om op die openbare grond agter die Zulu Restaurant te parkeer met plek op sy perseel om die tente op te slaan. Die aandete was uitstekend soos ook die Stort en Toilet geriewe wat hy tot ons beskiking gestel het. Die Koste vir kamp was Gratis met ’n glimlag. Ons laat Lobito agter, ry deur Benguela, maak ’n terleurstellende draai by Baia Farta, vat die goeie teer pad tot by die dorpie Dombe Grande. Die grondpad met sy verleggings neem ’n bietjie tyd maar is nie so sleg soos

Page 6: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

somige hoofpaaie met hul gate nie. Die terein verander na ’n semi- woestyn landskap na die Dombe Grande Pas, Die Petrol voertuie se brandstof raak min maar gelukkig is daar in die hawe dorpie Lucira petrol beskikbaar. Dit raak tyd vir afsaal en ons soek vir ’n veilige plekkie uit die verkeer en van die hoofpad af. Dit kry ons +_30 Km. van Lucira af op die vlakte. Boskamp 16 Dit is ’n regte vlakte kamp, gelukkig lê daar by die bome ’n klompie droë hout. ( Dis baie beter as “charcoal”) Vandag besoek ons Namibe , vul ons voorraade aan en maak alle brandstof houers vol om ons tot in Ruacana te neem . By die Nosso supermark spandeer ons alle Kwanza’s op Cuca bier en beskuitjies ons volgende bestemming is Flamingo Lodge . Kamp 17 & 18 Kampgeriewe , Storte met warm en koue water en Toilet geriewe. Ai hoe heerlik om weer onder ’n lekker ruim warm stort te staan. .Tyd vir Visvang , stap langs die kus en besoek die mooi klip formasies. Dag 2 Rus- en wasdag en hengel vir ‘n bakvissie . Die aandete in die restaurant was heerlik. Koste van Kamp Akkomodasie Us $ 20.00 Per dag P.P. Die Laagwater val nie reg vir die Doodsakker nie , Strand ry is uit. Ons ry almal na Iona Nasionale park en Espenhero. Die2 nagte in Foz de Cunene word gekanseleer omdat visvang daar verbode is en nou beboetbaar met 5000.00 US $. Ons besoek Lake Orca nog ’n plek waar jy maklik 2 dae kan deurbring en elke uur nuwe foto’s neem soos die son aanskuif pragtig. Die Iona Nasionale park het die mooiste klippe , bome , Welwitschia’s en grasvlaktes voor jy by die riviere en berge kom. Die Curoca rivier wat ons moes kruis en wat almal ons bang gemaak het met diep water was baie mak en begaanbaar. Boskamp 19 :Teen 15.30 begin ons rondkyk vir ’n kampplek , ons vind een langs die pad en span uit vir die nag. ’n Regte wildernis kamp met ’n pragtige son’s ondergang.. Daar is springbokke op die vlakte wat ons deur ry na Espenhierra ( Cost Town ) Die pad is tweespoor veld paaie nie gemaak vir spoed, ’n bietjie konsentrasie van die bestuurders kan die roete sonder enige skade aan voertuig of bande gery word. Die natuurskoon is pragtig aan berge, bome, vlaktes en riviere, Boskamp 20 :Teen 16h00 bereik on die Jheke rivier vir ’n ideale rivier boskamp. Hout is beskikbaar en gou-gou brand daar .n heerlike kampvuur. Daar heers vanoggend ’n ongekende stilte op die radio’s , almal besef ons tyd in die pragtige land Angola is besig om uit te loop.

Page 7: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik

Ons ry deur die netjiese dorpie Oncocua met sy hospitaal na Chitado met sy stukkende swembad. Boskamp 21 Om 15h00 uur +_ 10 Km. na Chitado trek ons in ’n drcë-rivierloop in vir die laaste kamp in Angola. Dis ’n aand van roosterbrood en Cuca bier wat eers stil begin en later verander in ’n jolige aand om afskeid te neem van Angola. Vanoggend is ons nie baie haastig nie en na ons gebruiklike Skriflesing en Gebed pak ons die laaste 42 km aan na die Grenspos. Hier is ons vriendelik ontvang en gehelp , daar is ’n bietjie uitgepak en gekyk maar niks ernstigs nie.Na ons met toestemming Obrigado Amigo’s se embleem op die ruit geplak ’n foto geneem het, is ons daar weg. Die Namibia Grenspos is vinnig sonder enige probleme afgehandel . Daar was geen geriewe om die R 200.00 padbelasting te betaal nie , hulle dra ook geen kennis daarvan nie. Baie dankie : Aan die span van T4A vir die volledige inligting wat die Angola kaart bevat het, Julle was ons GIDS op ’n Nuvi 500 wat ons uitstekend gelei het oor 4,300 Km.van goeie en slegte paaie. Die bydrae,s op “Overland” Forum wat ek kon lees en die inligting gebruik om die toer te beplan . Die Tolk Petrus Manuel van Ruacana sy bydrae in die sukses van die toer sal ons nie onderskat nie.veral met die Polisie en Kampplek. So kom 1 van my lekkerste toere tot ’n einde . Afstande gery: Vredendal > Ruagana en terug = 4000 Km Sonder enige voertuig probleme in Angola = 4300 Km Lodge Akkomodasie 3 nagte Kampeerplek met geriewe 2 nag Boskampe sonder geriewe 16 nagte Koste in Angola +_ R 25.000.00 sluit alles in vir 2 persone met ’n Td5 Land Rover Defender.

Groete Stawie Fouché

Page 8: Groep vriende Reis Tyd 28April - 21 Mei 2010 April … word ingeneem om met die hand af te skryf. Slegs die Paspoort met geldige visum geen gewaarmerkte afskrifte nie word gebruik