handel reg junie 2017 hpp paparazzi kyknet hier! … · 3. sorg dat jy iets eet voordat jy skenk....

24
JAAR 37 VOLUME 2 HANDEL REG JUNIE 2017 Rucardo Kruger Elke week kry ’n skool die geleent- heid om bietjie meer te vertel oor sy geskiedenis en tradisies. Aan die einde van die tweede kwartaal, het kykNET skole top 10 ons skool, Hoërskool Piet Potgieter besoek. Wat ’n belewenis! Daar was ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat die kykNET span afgeneem het. Dit het gewissel van Opening tot meer ‘ongehoorde’ aktiwiteite soos plofbare eksperi- mente in die Wetenskapklas. Die skool se ver- skeie sportspanne is in aksie afgeneem en nog heelwat ander ‘tonele’. Pottiekaner het met SW Bruwer, een van die ‘hoofrolle’ in die Wetenskaptoneeltjie gepraat. SW het gesê dat dit vir hom ’n “onvergeetlike ervaring” was. Talle van ons skool se leerders was deel van die verfilming, soos, onder andere, ons hoof- seun, Abrie van der Merwe. Abrie het ’n hele paar keer sy gesig voor die kamera gewys. Dit was ’n wonderlike voorreg vir die leerders van Hoërskool Piet Potgieter om hul waardes met trots voor die kamera uit te leef. Dit was baie insiggewend en ’n besonderse ervaring! KYKNET HIER! Celeste Naudé Vir die amptelike fotograwe van HPP is foto’s neem nie net ʼn mik-en-druk- proses nie. Dit verg hope passie, ʼn koppie deursettingsvermoё en talent, en, natuurlik, ʼn handvol geduld! Die Paparazzi-span staan altyd slaggereed met hulle kamera’s om aktiwiteite en geleenthede van die skool op film vas te vang, hetsy dit nou binnemuurs of buitemuurs is. In vorige jare was daar wel ʼn paar skoolfoto- grawe, maar daar was nooit genoeg foto’s geneem van al die verskillende aktiwiteite van die skool nie. Die HPP Paparazzi is in 2016 deur juffrou Helena Kockott gestig, en word tans deur haar gelei. Die foto’s wat die span neem word op Facebook geplaas en word ook gebruik vir die jaarblad, Pottiekaner en vir skyfievertonings. Ons hoop dat hulle sal voortgaan om die skoollewe vir die nageslag te bewaar. Die huidige lede van die HPP Paparazzi is: Cariska Pieterse, Erna Kruger, Lenika Nel, Juke Koekemoer, Lu-Marie Uren, Charlize Collins, Renè Buitendag, Kaylen Deysel, Eben Wagner, Raymond Kockott, Eduanette Venter, Hanri Hattingh, Izandrie Hennop, Sharon Venter, Toinè Botha, Michelle Vorster en Ralien de Beer. HPP Paparazzi TOTSIENS JUF. B. bladsy 2 KUNSTE- FEES bladsy 12 HPP VER- ANDER bladsy 18

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

JAAR 37 VOLUME 2 HANDEL REG

JUNIE 2017

Rucardo Kruger

Elke week kry ’n skool die geleent-heid om bietjie meer te vertel oor sy geskiedenis en tradisies. Aan die einde van die tweede kwartaal, het kykNET skole top 10 ons

skool, Hoërskool Piet Potgieter besoek. Wat ’n belewenis! Daar was ‘n verskeidenheid aktiwiteite wat die kykNET span afgeneem het. Dit het gewissel van Opening tot meer ‘ongehoorde’ aktiwiteite soos plofbare eksperi-mente in die Wetenskapklas. Die skool se ver-skeie sportspanne is in aksie afgeneem en nog heelwat ander ‘tonele’. Pottiekaner het met SW Bruwer, een van die ‘hoofrolle’ in die Wetenskaptoneeltjie gepraat. SW het gesê dat dit vir hom ’n “onvergeetlike ervaring” was. Talle van ons skool se leerders was deel van die verfilming, soos, onder andere, ons hoof-seun, Abrie van der Merwe. Abrie het ’n hele paar keer sy gesig voor die kamera gewys. Dit was ’n wonderlike voorreg vir die leerders van Hoërskool Piet Potgieter om hul waardes met trots voor die kamera uit te leef. Dit was baie insiggewend en ’n besonderse ervaring!

KYKNET HIER! Celeste Naudé

Vir die amptelike fotograwe van HPP is foto’s neem nie net ʼn mik-en-druk-proses nie. Dit verg hope passie, ʼn koppie deursettingsvermoё en talent, en, natuurlik, ʼn handvol geduld!

Die Paparazzi-span staan altyd slaggereed met hulle kamera’s om aktiwiteite en geleenthede van die skool op film vas te vang, hetsy dit nou binnemuurs of buitemuurs is. In vorige jare was daar wel ʼn paar skoolfoto-grawe, maar daar was nooit genoeg foto’s geneem van al die verskillende aktiwiteite van die skool nie. Die HPP Paparazzi is in 2016 deur juffrou Helena Kockott gestig, en word tans deur haar gelei. Die foto’s wat die span neem word op Facebook geplaas en word ook gebruik vir die jaarblad, Pottiekaner en vir skyfievertonings. Ons hoop dat hulle sal voortgaan om die skoollewe vir die nageslag te bewaar. Die huidige lede van die HPP Paparazzi is: Cariska Pieterse, Erna Kruger, Lenika Nel, Juke Koekemoer, Lu-Marie Uren, Charlize Collins, Renè Buitendag, Kaylen Deysel, Eben Wagner, Raymond Kockott, Eduanette Venter, Hanri Hattingh, Izandrie Hennop, Sharon Venter, Toinè Botha, Michelle Vorster en Ralien de Beer.

HPP Paparazzi

TOTSIENS JUF. B.

bladsy 2

KUNSTE-FEES

bladsy 12

HPP VER-ANDER

bladsy 18

Page 2: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

2 Nuus/News

Anke Hurn Die kwartaal het af-geskop met die slegte nuus dat een van HPP se beste onnies, juffrou El-

zette Badenhorst (bekend on-der die leerders as Juffrou B.), nie meer deel van die Blou-masjien is nie. Party leerders se koppe het met teleurstelling gesak, ander het weer verwil-derd rondgekyk en daar was ook n paar “agge nee’s” tussenin. Juffrou B. is ’n voormalige leerder van die Bloumasjien. Sy was hoofdogter in 2000 en klasleier van 1996 tot 2000. Sy het op Pukke studeer en daarna teruggekeer na haar alma mater, en het vir elf jaar lank (2005 tot 2017) hier onder-wys gegee, asook hokkie en atletiek afgerig. Op skool was sy deel van die atletiekspan van 1996 tot 2000. Sy het ook aan landloop en swem deelgeneem. Juffrou B. het hokkie gespeel en was kap-tein van die o/14-, o/15-, o/16-hokkiespanne asook die eerstespan (1998-2000). Sy het presteer in hokkie en het vir Limpopo se o/18 A-span in 2000 gespeel. Sy het die toe-kenning vir Beste Junior Hok-kiespeler in 1997 ontvang asook vir die Beste Senior Hok-kiepeler in 1999 en 2000. Juf-frou B. het Noord Provinsie Kleure ontvang en het op na-sionale vlak van 1997 tot 2000

deelgeneem. Sy was die sportsmeisie van 1999 en 2000. Op Universiteit het juffrou B. vir Puk se eerste hokkiespan gespeel en in 2001 na Australië getoer. Sy was ook deel van die SAU-hokkiespan in 2001 en 2002. Sy is opgelei as hokkie afrigter en het ’n Golden Key akademiese toekenning ont-vang. Juffrou B. is die tipe onder-wyser wat “Love what I do and do what I love”, en wat in elke

leerder se lewe diep spore getrap het. Sy het elke dag aangepak met haar motto, “Leef elke dag voluit en doen wat jy doen tot eer van God”. “Respek vir mekaar” is vir juf-frou B. die belangrikste waarde by HPP, en sy het ook hierdie waarde oral uitgeleef en getoon waar ook al sy was. Wat gaan juffrou die meeste mis van HPP? “Ek gaan beslis die onderwysers mis, elkeen wat so diep in my hart gekruip het en my altyd ondersteun het in die afgelope jare, en soveel leerders wat my dag gemaak het net deur te groet en om te

gee.” As dit kom by die vraag: “Wat was die lekkerste om elke dag by die skool te beleef?” was juffrou B. se antwoord, “Pouses, want dan kon ek eet; almal weet ek is altyd honger; asook die gesellige kuier en vertel van almal se harde werk.” Juffrou B. sal graag wil hê dat elke leerder moet weet dat sy vir hom of haar omgee, dat sy die beste vir elkeen wou hê, en dat ons alles wat sy vir ons geleer en gedoen het, selfs met die sport, moet onthou en nastreef. Sy wou, al was dit in een kind, net ’n verskil gemaak het. Wat vir haar die meeste uit gestaan het van Hoërskool Piet Potgieter is hoe die onderwy-sers en leerders kan saam-staan en ’n sukses maak van alles wat hul aanpak. Almal sal saam met my stem dat juffrou B. ’n ‘SUPER’ onnie is, wat diep spore in almal se lewens getrap het. Haar klasse het elke dag iets snaaks in ge-had wat ons altyd sal onthou. Sy is een van die tipe onder-wysers wat jou eerste paar jaar in die hoërskool die moeite werd gemaak het. Sy wil graag hê dat ons dié woorde moet onthou: “Die lewe is te kort. Ons weet nie wat die dag van môre inhou nie. Leef elke oomblik voluit, waardeer mekaar en wees lief vir mekaar.” Pottiekaner wens haar sterkte toe by haar nuwe skool.

DIE BLOUMASJIEN VERLOOR ’N SKITTERENDE RAT!

Page 3: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Nuus/News 3

Lebo Moabelo Die matriek groep van 2017 wat Wiskunde het, het hul kennis gaan uittoets tydens die jaarlikse Wiskunde Laat-

nag. Hierdie jaar was geen Graad 11 leerders betrokke nie. Daar was tyd vir die Graad 12 leerders om mekaar te motiveer, met Wiskunde te help waar dit nodig was en ook om kennis verder te verbeter. Aan die begin van die aand het ons na ’n inspirerende video gekyk wat vir ons gesê het dat ons nie moet “kinda peo-ple” wees nie. Ons moet weet wat ons wil hê en ons moet hard werk om dit te bereik. Juffrou Carina Vorster en Tan-nie Marinda Kirchner het ons gehelp en saam met ons die ses ure wakker gebly en aan Wiskunde gewerk. Die vloer was rooi gedans tydens pouses. Die pizza is afgelewer, die tafels is vol lekkergoed en almal het die geleent-heid gehad om lekker in slaapklere saam te kuier voordat ons weer vol-stoom teruggekeer het na die Wiskunde toe. Dit was ’n aand van motivering en in-spirasie. Ons het nie net ons kennis verbeter nie, maar ons het meer moed gekry vir die res van die jaar en die ek-samens wat voorlê. Een van die belangrikste dinge om te weet van Wiskunde is dat dit oefening verg — baie oefening. As jy genoeg tyd daaraan afstaan om genoeg pro-bleme op te los, sal jy sukses bereik. Die Wiskunde Laatnag is net nog ’n geleentheid om te oefen. Die Graad 12 matrikulante van 2017 wil vir die onderwysers bedank wat hierdie aand vir ons moontlik gemaak het.

WISKUNDE WENNERS! Elani Naude

Baie mense is bang vir naalde en bloed. Die vraag is: Is jy eerder bang of wil jy drie mense se lewens met jou bloed te red? Die afgelope kwartaal was daar gepraat van ’n bloedskenk dag wat plaas sou vind. Daar is mooi gevra dat ouers en leerders bloed sal kom skenk. Ons was verras met hoeveel leerders kom skenk het. Dit was baie meer as ouers. Ongelukkig het ons nie die mikpunt behaal nie. Daar is gevra dat Hoërskool Piet Potgieter 71 eenhede sal skenk, maar ons kon net 61 eenhede geskenk. Ons is baie dankbaar vir elke eenheid bloed wat ons ontvang het. Dit maak ’n groot verskil! Indien jy volgende keer vir die eerste keer wil skenk, lees die volgende inligting oor die bloedskenk prose-dure: 1. Jy moet 16 jaar oud wees. 2. Jy moet 50kg of meer weeg. 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek

skenk — b.v. onderwysers. Vir die leerders, ouers en onderwysers wat kom skenk het sê ons baie dankie! Ons waardeer elke druppel bloed.

Die volgende HPP bloedskenk dag sal in Augustus plaasvind. Hou die kwartaalprogram dop vir die vol-gende geleentheid en maak ’n af-spraak by juf. Wilma van Rooyen in kamer 22 om bloed te skenk. Daar is baie mense wat drin-gend bloed nodig het. Dalk is dit jy wat eendag bloed nodig het.

RED ’N LEWE!

Gisela Bekker Gr 11 Foto verskaf.

Page 4: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

4 Nuus/News

Sharon Venter Na ’n prettige aand se lag en gesels in die Strelitzia Res-taurant besef ons

weereens dat Piet Pot se kokke van topgehalte is. Op die 30ste Mei 2017, het ek die Graad 11’s se “restaurant-aand” byge-woon. Ons is vriendelik by die deur ontvang deur die Maȋtre D’s vir die aand, Melissa Kem-pen en Shiné Longuiera. Nadat Lianca Welgemoed ons na ons tafel begelei het, kon ons die heer-like sesam-kaasstokkies geniet wat deur Angeline Hattingh en Deon Smith voorberei is. Die aptytwekker vir die aand is ge-roosterde botterskorsiesop met camembert. Hierdie gereg is ook deur Deon en Angeline voorberei. Elke keer wanneer die kelners by die tafel gekom het om te vra of ons die volgende dis wou bestel, was dit ’n entoesias-

tiese groot ‘ja’. Een van die seuns aan tafel het selfs gesȇ dat daar honger kinders is wat nie kos het nie, so geen kos mag

gemors word nie. Dit het my laat wonder of hy dalk net so sȇ om almal se oorskiet ook te kon eet omdat dit so lekker was. Die tweede gereg wat bedien is, is deur Bianca Vorster en Duané Brooks voorberei. Dit was ’n smaaklike hoenderlewer

bruchetta met rooi uie marme-lade. Dit is werk-lik soos soet-koek verslind. Daarna kon ons aan nog geregte smul. Die hoofgereg van die aand is ’n fillet met ’n mozzarella bo-

laag, ’n aartapelkoekie en ’n groentefilorol. Die mense het omtrent hulle lippe af-gelek. Hierdie geurige gereg is deur Chantelle de Bruin, Luzaan Taljaard, Elizka Ruytenberg en Jandre Mallinson voorberei. Na die hoofgereg be-dien is en die kelners afgedek het, kon ’n mens net raai wat vol-gende sou kom. Die grootmense was meer opgewonde as die kinders oor die na-gereg. Dit was créme brûlée met rooiwyn ge-posjeerde peer, deur Bianca Vorster en Duané Brooks voor-berei . Die kokke kan sowaar trots wees op die kos wat hulle voorgesit het

tydens hierdie aand. Mev. Dos Santos is duidelik ’n uit-stekende onderwyser en voor-beeld. Maak seker dat jy nie die vol-gende “restaurant-aand” mis-loop nie. Dis voorwaar ’n bele-wenis.

PIET POT SE EIE KOKKEDORE

Page 5: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Nuus/News 5

Alisha Theunissen Met ’n stukkie wee-moed in hul hart, pak die matrieks hul laaste restaurant-aand aan. In die

kombuis word daar verskil-lende disse voorberei. In die restaurant word vriendelike glimlagte ontvang deur tevrede gaste. D i e d a g waarop kennis en vaardighede getoets word het plaasge-vind op 25 en 26 April. Kel-ners is netjies geklee in wit en swart en staan angstig en wag vir hul gaste om te arriveer, terwyl die kokke in die kom-buis besig is met die finale afrondings voor die be-sonderse viergang maaltyd

voorgesit word. Vir sommiges is die ’n eerste en hul beleef gasvryheid op ’n ander vlak. Met die gaste wat almal aan tafel sit, word die voorgereg bedien. Soos gewoonlik by die Stre-litzia restaurant, is die kos be-sonders. Dit is die heerlikste disse denkbaar wat die gaste se monde laat water. Die spys-

kaart spog onder an-dere met biltongsop, h o e n d e r -roulade en N u t e l l a truffels. Die gaste het goeie kom-

mentaar gelewer. Die leerders pak altyd elke restaurantaand met die grootste entoesiasme en kook vernuf aan. Dié wat gekook het, is gekomplimenteer met

die smaaklike kos wat hul voorberei het. Die kelners het ook uit-stekend ge-vaar met die diens wat hul gelewer het. Res tau ran t -aand 2017 was ’n reuse sukses. Die

gaste, hoof en onderwysers was almal tevrede met die kos en diens wat ons matrieks aangebied het. Alhoewel hier-die die laaste restaurantaand vir die matrieks was, is dit be-slis ’n besonderse aand wat in almal se gedagtes sal bly.

Dioné Cronje neem leierskap in die kombuis op 26 April en verseker dat alles glad verloop.

Foto’s verskaf.

Laaste een vir die matrieks!

Piet Pot se hoof, Mnr. Jimmy Steele, en gaste: mnr. Schalk Boltman en gesin.

Page 6: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

6 Opinie/Opinion

Ons kan beslis sien dat die koue weer nie Piet Pot liefde keer nie. Daar was so paar nuwe verwikkelinge die afgelope paar maande, soos Pieter en Joné wie so oulik vir ons bloos en Dirk en Jolene se liefde wat blom soos ‘n roos. Bianca en Abrie maak die oulikste paar; Gaan Shinè en C.G vir hul sesde jaar? Megan-mae en Zander is nog lekker skaam, terwyl Andeon en Lu-marie uit is, wie is daar te blaam? Ezelle en Werner staan nog ewe sterk; Dit lyk of dinge tussen Renaldo en Danya kan werk. Lara en Dawie laat ons almal staar; Het Ajay ‘n Nylies-bewonderaar? Deon het ons verras met sy nuwe dame; David en Monique se boodskappe laat ons almal in trane. Fink is die vonk in Izandrie se lewe — Mens kan sien liefde is dít waarna Sharon en J.D. strewe. Tot volgende keer … En onthou die wyse woorde: “Liefde Wen!”

Winter may be coming, but Piet Pot’s flame keeps on burning:

Tracey and William are still in love; Abigail and Teboho fit like a glove.

Amo and Itu broke up after a mistake; Roxy and Bonnie’s split made the earth shake. There’s something between Sadi and David; Do Roxy and Sadi feel that they can make it?

After the exams we’ll see if some chapters have ended,

and if new ones have begun!

Down Piet Pot Lane

Liefde is een van ons waardes by Piet Pot. Dit is ’n woord wat baie betekenis dra. Maar, wat beteken dit om ander lief te hê? Om ander lief te hê beteken: • om nooit iemand sleg te be-

handel wat jou irriteer nie; • om altyd mense so te han-

teer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal be-handel;

• om ander mense dit wat hulle het of kry te gun son-der om lelik daaroor te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie;

• om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie;

• om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie;

• om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat an-der nie ongemaklik by jou voel nie;

• om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie;

• om nie sommer vir niks kwaad te word nie;

• om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom of haar kan terugkry nie.

1 Johannes 4: 7-8 Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is ’n kind van God en ken God. Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde.

LIEFDE

Page 7: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Opinie/Opinion 7

BOE! Pottie Spook Hallooo daar! Voor ek my oogkaste kon knip, is hierdie kwartaal verby. Die twee kort weke aan die begin moes ons al gewaarsku het dat dinge vinnig gaan gebeur. En wat ’n heerlike kwartaal was dit nie! Met my spookvel vol hoendervleis, het ek my spookasem uitgeskree langs die rugbyveld, en hok-kie- en netbalbane. En die pragtige uitslae het my spookhart blou bloed laat klop. Vier rug-byspanne, twee hokkiespanne en een netbalspan is in die Limpopo finaal! Asof dit nie genoeg is nie, het die Kultuur Karnallies die A+++’e ingeoes en trofees versamel ty-dens die Bosveldkunsfees. Selfs daarna het hulle nog genoeg krag gehad om sommer vir ’n hele naweek gedurende die eksamen ’n toneelwerkswinkel by te woon. Maar die Akademiese Asjasse wou nou x nie agter bly nie. Daarom reël hulle ’n langnag wiskunde marathon, “somme” vir die lekker, en ÷ hulle kennis met mekaar. Die personeel doen ook hulle deel met fondsinsameling. Daar is ’n wynveiling funksie en langnag gholftoernooi aangebied terwyl hulle steeds nog laatnag merk aan die vraestelle. Dan hou hulle ook nog hul lyf akteur … Sjoe! Was die Kyknet Skole Top 10 nou nie ’n grootskaalse lekkerkry nie? Elke Pottie het breëbors rondgeloop met onverdunde Pottie Trots na daardie uitsending. En na soveel gebeurtenisse was Jeugdag ’n baie welkome asemskep vir oud en jonk! Alle Graad 8-11 leerders moet hul vakansie geniet. Die matrieks moet die drie weke studietyd wat voorlê sinvol gebruik. Julle kan in Desember heerlik gaan vakansie hou. Onthou net, al sê hulle: “There are a thousand ways to die,” doodwerk is nie een van hulle nie! Spook en spartel groete, tot volgende keer!

Carmen du Toit Die administratiewe dames werk baie hard. Daar is menige dae en nagte dat hulle hul vrye tyd moet prys gee om te verseker dat die skool nie net funksioneer nie, maar dat skool-sake seepglad verloop! Vandag gaan maak ons ’n draai by een van hierdie heldinne, wie in stilte en op die agtergrond, ‘n reuse taak in die skoolkantoor verrig. Karien van Heerden was

gaaf genoeg om ’n paar vragies vir ons te beantwoord. 1. Wat is die eienskap van ’n ware Pottie? Jy moet by die skool, op die

sportveld en tussen vriende en vreemdelinge ’n ambassadeur van jou skool wees. 2. Geniet u dit om by HPP te werk? Ja, dis vir my ’n voorreg om hier te kan werk. 3. As u enige plek op aarde kon wees en enige ding kon doen, waar en wat sou dit wees? Ie-

wers met ’n uitsig oor die see. Ek wou nog altyd gaan pikkewyne was het na ’n oliestorting. 4. Hoe voel u oor al die nuwe aanpassings wat HPP se nuwe skoolhoof, Mnr J.

Steele, ingestel het? Verandering is goed. Dit is jou gesindheid teenoor verandering wat gaan bepaal of jy dit as positief of negatief gaan ervaar.

5. Dink u HPP kan verbeter word, en indien wel, hoe dink u moet dit gebeur? Daar is altyd ruimte vir verbetering. HPP is soos ’n horlosie; elke rat het sy funksie. Elke personeellid en leerder lewer ’n bydrae om HPP ’n beter plek te maak.

6. Hoe lank is u nou al werksaam by HPP? Op 1 Augustus sal dit een jaar wees. 7. Is u bloed blou? Potties-blou, verseker! (Nie Blou-bul blou nie!) Wel daar het julle dit, Potties! Ons kan met sekerheid sê dat díe tannie se bloed BLOU is!

AGTER DIE SKERMS

Page 8: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

8 Redaksioneel/Editorial

Ons is almal in ’n wonderlike skool. Ons ontvang uitstekende onderrig by besonderse onder-wysers wat ons nie altyd waar-deer nie. Het jy al ooit gesit en dink oor hoe bevoorreg ons is om skool te gaan en hoe baie jy dit net as vanselfsprekend aanvaar? Het julle al gedink hoe baie dinge onderwysers vir ons as leerders doen? Al die opof-ferings wat hulle maak, al die tyd wat hulle aan voorbereiding spandeer sodat ons ’n les kan ontvang, en hoeveel aanpas-sings hulle maak om ons te ak-komodeer as ons moontlik te veel huis-werk of toetse het. Die onderwysers probeer hulle vak so interessant as moontlik maak, sodat ons dit kan ver-staan en daarin kan presteer. Ek dink ons waardeer nie ons onderwysers genoeg nie. Hulle doen soveel moeite vir ons en dan kan ons nie eers ’n bietjie tyd inruim om huiswerk te doen of om te leer vir toetse, waaraan hulle jou al ’n volle twee weke of self ’n maand aan herinner nie.

Ons almal het onderwysers van wie ons nie hou nie, omdat hulle altyd nors is of baie huis-werk of swak punte gee vir werk wat jy dink ’n onderskei-ding verdien. Het jy al gewon-der hoekom hulle so is? Elke dag, jaar in en jaar uit, werk hulle hard om ons op te voed. ’n Onderwyser is iemand wat elke dag by die skool is en ’n 100% gee en al die energie wat hulle het gebruik om seker te maak jy die werk verstaan, want hulle het toegewyde harte. En wat doen ons? Ons doen nie huiswerk nie, daag nie vir klas op nie en sommiges van ons skryf nie ons toetse nie. As jy wil hê ’n onderwyser moet nie die vlam van onderrig ver-loor nie en as jy wens al die onderwysers kan soos daardie een onnie wees wie se klas altyd so interessant is, en jy wens dit is die enigste vak wat jy het, moet jy eers by jouself begin. Doen huiswerk, leer vir toetse en werk hard, respek-teer die onderwysers en dan belowe ek jou die onderwysers

se houdings sal ook verander. Respek is een van ons skool se waardes, en dit begin by jouself. As ons nie respek het vir ons onderwysers nie, dan het ons nie respek vir onsself, ons ouers of ons vriende nie. Respek het ook baie te doen met ons houding, of soos die engelsman sê “attitude”. As jou houding negatief is sal jy alles in die lewe negatief ervaar. Sukses begin met ’n mens se wil, dit is jou “attitude”. So kom ons werk aan ons houdings, want dit spreek boekdele van wie ons is, dit is waaraan mense ons herken. Kom ons respekteer ons onderwysers, doen ons huiswerk, skryf ons toetse op die regte tyd, en kyk hoe hulle “attitude” teenoor ons verander. “Die persoon wie die sukses-volste in die lewe is, is nie noodwendig die vinnigste of die sterkste persoon nie. ’n Wen-ner is die persoon wat dink en glo dat hy kan.” – Onbekend. So onthou alles in die lewe gaan oor jou houding.

REDAKTEURSBRIEF!

REDAKSIEBESTUUR 2017 Agter (lnr): Alisha Theunissen (Bemarking); Toiné Botha (Assistent– en Nuus-redakteur); Cecilia Engelbrecht (Redakteur); Mariam Cassim (Aanlynredakteur); René Buitendag (Tesourier) Voor: Nickie Oosthuizen (Sportredakteur)

Page 9: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Nuus/News 9

Nicolene Smit D ie Mokopane Noodforum is ’n ge-meenskapsd iens organisasie wat generiese maat-

skaplike werkdienste lewer ter opheffing van die gemeen-skap. Waarom is die Noodforum belangrik? Hulle lewer gratis maatskap-like diens, en voorsien kos en klere aan behoeftiges in die Mokopane gemeenskap. Hulle beywer hulle ook om die totale mens op te hef. Juffrou Erndina Viljoen verteenwoordig Hoërskool Piet Potgieter op die bestuur van die Noodforum. Leerders van Hoërskool Piet Potgieter be-toon empatie (een van ons waardes) aan minderbevoor-regtes deur fondsinsamelings te hou vir die Noodforum wat tans, sonder enige subsidie, aan die behoeftes van die ge-meenskap voorsien. Juffrou Viljoen sê dat daar ver-skeie maniere is waarop ons die samelewing kan verbeter • motiveer elke mens om

hom/haar so goed as moontlik te bekwaam en be-magtig hulle om so ver moontlik selfversorgend te wees,

• bemoedig en help mense om nooit moed op te gee in moeilike omstandighede nie.,

• as jy bevoorreg genoeg is om goed versorg te wees, hê empatie met ander se nood en dra finansieël by om hulle nood te verlig; help ook hulle emosionele ophef-fing deur selfwaarde te skep (deur b.v. werk of ont-wikkelingsmoontlikhede aan te bied).

Juffrou Viljoen het die vol-gende mening oor mense wat swaarkry: “Soms gebeur daar dinge in ‘n mens se lewe waaroor hy/sy nie beheer het nie, en mens beland in ’n finansiële verknorsing. Dit kan daartoe lei dat mense moed verloor en boedel oorgee. Dinge raak net te veel vir hulle en hulle sien geen uitkoms nie. Dan is dit ons plig om hulle fisies te help maar ook vir hulle te bid en te leer dat ons met liggaam en siel in

voorspoed en in teëspoed aan ons Almagtige God en Vader behoort en dat Hy altyd daar is vir ons.” Die Noodforum hou baie fondinsamelings om ekstra geld in te kry om voorsiening te maak vir die mense wat swaarkry. Daar word baie ge-leenthede aangebied waar jy pret kan hê saam met jou fa-milie en vriende. Die 6de Mei was daar ‘n dans by Bundu Lapa gehou. Die musiek en die atmosfeer was fantasties. Daar is gedans maar ook lekker gekuier. Die hartseer van die aand was dat daar nie ‘n magdom mense was nie. Op 17 Mei was daar ‘n pret-dag by die rolbalbane gehou. Daar was ‘n hele paar mense wat die aand baie geniet het. Die Noodforum het lekker pan-nekoek, kerrie en rys, en koffie en tee verkoop. Die aand het tot laat aangegaan! Indien daar weer ‘n geleent-heid in die dorp gehou word, woon dit by. Kom en geniet dit saam met ons. Doen iets vir die gemeenskap. Die veran-dering begin by jou!

VERANDERING BEGIN BY JOU

Page 10: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

10 Opinie/Opinion

Shiné Longuiera You yourselves are our letter, written on our hearts, known

and read by everybody. You show that you are a letter from Christ, the re-sult of our ministry, written not with ink but with the Spirit of the living God, not on tablets of stone but on tablets of human hearts. (2 Cor 3: 2-3)

How can we be good mes-sages? Living transformed lives is a testimony of God’s power and grace. Many of us would have heard people share their amazing life stories of how they met Jesus, and some of us may in turn have come to know Jesus our-selves through hearing that story. For Paul, there is no doubt that he and the other early workers in the church had hard times which would have caused discouragement. To hear about and also see the work of Jesus in the people in the church at Corinth was

a message of hope for Paul, as it displayed the evidence of God working in their lives. We can also make sure we are ready to tell people about Jesus, and part of that can include displaying what we believe. For us this is where I AM A MESSAGE comes in.

Getting your message right There is an old saying and it goes something like this: you are the only Bible unbelie-vers read. Just as our lives can display a good message about our faith, they can also display a negative message. As Christians, it’s important that we take time to reflect on our words, attitudes and actions regularly and ask ourselves what kind of mes-sage we send out to our unsaved friends and families. We all know of people who live hypocritical lives, full of double standards. Or maybe we are living well, yet haven’t told people we are Chris-tians, all the while telling our-selves we don’t need to, be-cause our actions alone are enough. It’s important we at least let

people know we are Christians and tell them our message - then we can go on living that mes-sage out. Other-wise, how will others know that our good actions are because of Jesus?

SOULFOOD SIELSKOS Hier is n oulike verhaaltjie van twee houtkappers. Een was ‘n be-jaarde en die ander een nog ’n jong knapie. Op ’n dag het hul besluit om ’n kompetisie te hou en te kyk wie kan die meeste bome op een dag afkap. Die jong seun was sterk en fiks en het glad nie gerus nie. Hy het gekap dat die byle huil! Maar die bejaarde het so elke uur vir 15 minute gerus. Aan die einde van die dag toe die bome getel word het die bejaarde gewen met baie meer bome as die jong seun wat dit glad nie kon ver-staan het nie. Toe hul vir die bejaarde vra hoe dit moontlik is want hy het elke uur vir 15 minute gerus, het hy hul geant-woord: “Elke keer wat ek gerus het, het ek my byl skerp gemaak” So werk ons lewe ook. Raak jy ook nog stil en spandeer tyd by God om jou weer “skerp” te maak vir elke dag se dagtake? Of hard-loop jy net heeltyd aaneen en dink jy is aan die wenkant? Ons het nodig om meer tyd saam met God te spandeer!

Matt 4:4 “Maar hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uit-gaan.”

Page 11: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Opinie/Opinion 11

Melinda Koekemoer

Ons almal ken die ritueel “van ’n Nottie tot ’n Pottie”, maar wat is dié ontwikkeling eintlik? Die snotneus-seuntjies word sterk jong manne en die verpeste bakvissies word intelligente jong dames (of só is dit veronderstel om te wees). Om deur die verandering te gaan moet mens sekere dinge oorleef, soos die skryf van eksamens en doen van take, en betrokkenheid by sport. Dan is daar ook dinge waar-van hulle ons nié vertel nie, soos die stres, die hartbreek en die leer om onafhanklik

te wees. Dit klink aaklig, maar daar is lig! Ons het mense en dinge om ons deur alles te help, soos die on-derwysers, goeie vriende en familie. As ons eendag wil terugkyk en verlang na ons skooldae, moet ons iets die moeite werd doen. So, in plaas daarvan om heeltyd te kla en moed op te gee, moet ons ons beste gee en dit soveel as moontlik probeer geniet.

TERLOOPS ... Leer hard, lag baie, wees dankbaar!

Life is what we make it, so let’s make it a good one!

REKORDEKSAMEN KRUIP NADER Salomina en Hendrik Joubert Met die re-kord ek-

samen om die draai, het Pot-tiekaner gedink om raad te vra van 2016 se hoofleiers. Gaby Nel is tans by die Univer-siteit van die Vrystaat. Sy studeer in ’n mediese rigting. Gaby was altyd ’n akademiese uitblinker by Piet Pot. Haar raad vir 2017 se matrikulante is: “Begin vroeg om voor te berei vir die rekordeksamen. Maak seker dat jou notas agter mekaar is en dat jy die werk verstaan voor die eksamen be-gin. Bly ook altyd aktief tydens

eksamen. Dis belangrik om uit te kom en ’n breuk elke nou en dan te vat van die werk af. Hoe harder jy werk, hoe beter sal jy doen —

dis eintlik maar eenvoudig. Wees bereid om jou allerbeste te gee en dit sal goed gaan. Ek hoop en bid dat julle lekker skryf en dat julle uitslae alle verwagtinge oortref. Glo in jouself!” Marnus Uys studeer in Potchefstroom by die Noord-wes-Universiteit. Hy studeer Farmasie. Ons sportheld is nou besig om vir die Puk o/19-span rugby te speel. Sy raad is: “Sit die ure agter die boeke in ty-dens die laaste paar maande van skool. Dit gaan die moeite werd wees. ’n Belowende toekoms wink vir elkeen van julle wat hard werk en goeie uitslae behaal.” Die tyd vir terugsit is nou verby. Die matrieks moet nou voor die boeke inskuif en hard studeer. Dit is belangrik om die doel van die rekordeksamen te verstaan.

Die rekordeksamen is ’n oe-fenlopie vir die eindeksamen. Dit bied die leerders die ge-leentheid om hul kennis te toets. Matriekleerders moet hard werk sodat hulle die beste uit-slae, volgens hul vermoë, kan kry. Pottiekaner gee ’n paar wenke: • Werk saam in kleiner studie-

groepe om hersiening te doen.

• Sorg dat jy genoeg slaap inkry en ’n gebalanseerde dieet volg.

• Oefen/strek gereeld. • Positiewe gedagtes en ’n

goeie algemene instelling sal jou help wanneer eksamen-stres jou wil onderkry.

• Bid vir kalmte en insig, en, as jy jou kant gebring het, glo dat die Here jou sal help.

Sterkte aan elke matriekleerder met die rekordeksamen en die eindeksamen.

Page 12: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

12 Nuus/News

BOSVELDKUNSTEFEES OORTREF René Buitendag Elke jaar word die Bosveld Kunsfees deur ons skool aangebied, en elke

jaar raak die inskrywings net meer en meer. Vanjaar was dit die 33ste keer aangebied en daar was 1 031 inskrywings vanaf ouderdomme, 4 tot 18 jaar oud. Daar is individuele items tot spreekkore. Die Kunsfees gee kinders die geleentheid om oor hulle vrees te kom om voor mense te praat. Hier kry jy die kans om voor ‘n beoordelaar en ‘n ge-hoor ‘n gedig op te sê of ‘n sto-rie te vertel. Die onvoor-

bereide items is altyd die lek-kerste. Moeilik ja, maar lekker. Hierdie spesifieke kategorie vereis van jou om jou verbeel-ding te gebruik. ’n Mens sal no-gal verbaas wees as jy sien waarmee die kinders alles vorendag kom. Van die optre-des is merkwaardig. Die volgende kinders het tro-

fees by die Kuns-fees gewen: Phindile Tjale - Gr. 12 : Beste Gedramatiseerde werk; Beste Voordragprogram; Senior Algehele Wenner; Marnus Vosser - Gr. 9 : Be-

ste Gedrama-tiseerde werk; Be-ste Monoloog; Junior Algehele Wenner; René Buitendag - Gr. 10 : Beste For-mele werk; Beste Onvoorbereide werk; Beste Bybel-voordrag; Mees Veelsydigste Deelnemer (14 items); Erna Kruger - Gr. 9 : Beste Formele werk; Bladlees; Beste Onvoor-bereide Werk; Anria Kruger - Gr. 11 : Bladlees; Dawie Muller - Gr. 11 : Beste Monoloog; Marinel Muller - Gr. 8 : Beste Bybelvoordrag; Zander Smit (Gr. 9) & Dawie Muller (Gr.

Lianca Welgemoed Phindile Tjale, ‘n graad 12-leerling, het Kaapstad be-soek toe sy vir die

4de aaneenvolgende jaar aan ‘n landswye drama kompetisie deelgeneem het en besonder goed gevaar het. Daar was meer as 500 deelnemers waar-van net 80 na die uitdunrondtes genooi is. Hulle het in Mei 2017 te Kunstekaap Teater aan die finale vier rondtes deelgeneem. Wat is jou gunstelling deel van die kompetisie? Die on-voorbereide rondte vir ‘n ra-diodrama in RSG se ateljee en om deel te neem in die TV-program “Suid-Ooster” in Seepunt.

Hoe het jy gevaar met die kompetisie in die afgelope 4 jaar wat jy deelgeneem het? Vir die eerste keer het ek die top 16 behaal. Hoeveel items moes jy lewer om te kan deelneem? Drie: gedramatiseerde prosa en poësie vir die oudisies; in die finale rondtes moes ek dieselfde twee items lewer en ’n monoloog. Hoe lank moet jy voor die tyd oefen om gereed te wees vir so ’n groot kompetisie? Sjoe! Ek en tannie Yvette Wessels het al in Februarie begin oefen. Sal jy ander aanraai om aan die kompetisie deel te neem? Definitief! Dit sal jou ervaring gee in Dramakunste, en hoe om voor te berei vir ’n radiodrama en ’n televisie-

produksie. Dan kan jy ook sien h o e v e e l talent daar in ons land onder die jeug is. Wat het jy uit die hele erva-ring geleer? Om jouself te wees, op en van die verhoog af. Watter raad sal jy vir iemand gee wat graag sou wou deel-neem? Glo in jouself. Moenie bang wees vir ander kinders nie. Glo in die talente wat God vir jou gegee het. Phindile se hoërskool loopbaan kom hierdie jaar tot ’n einde. Pottiekaner wens haar alle voorspoed toe.

HPP TALENT LOOP HOOG

Page 13: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Opinie/Opinion 13

Eben Wagner Ek dink ons almal weet wat die Pynlyn is, maar vir dié wat nou “toevallig” openinge mis, sal ek maar verduidelik. Die Pynlyn is ’n platvorm op WhatsApp waarop leerders nuwe idees of kwale onder die hoof se aandag kan bring. Nou waar het die idee vir die Pynlyn ontstaan? ’n Entoesiastiese mnr. Steele gee die

eer vir al sy idees, insluitend die Pynlyn, aan die Here en ek voel dis ook reg so, want alle goeie idees kom tog van Bo. Hy vertel verder dat die doel is om die kinders se opinies en inisiatief te hoor, omdat kinders dikwels goeie idees het. Hy wil weet waarmee ons kinders sukkel, wat ons waardeer, en wat ons dink die skool beter sal maak. Dan die groot vraag: “Is dit ’n manier waarop die hoof ’n ogie op onderwysers kan hou, en is dit dalk om ’n bietjie skindernuus te hoor?” In die woorde van mnr. Steele “is dit glad nie waaroor dit gaan nie. Dit is slegs ’n hulpmiddel wat kinders ook deel maak van die besluitnemingsproses van die skool en wat daar aangaan, want die kinders is tog die middelpunt van dit alles.” Mnr. Steele sê dat die grootste probleem met die Pynlyn is dat kinders nog nie die selfvertroue het om hulle idees te deel nie. Alhoewel daar nog probleme is, is daar wel interessante versoeke sover gewees. Van “sweatpants” wat een van die mees opvallendstes was tot matriekbaadjies, en nog vele meer. Ons het dus ’n verantwoordelikheid teenoor die Pynlyn. Ons moet die vrymoedigheid hê om ons gedagtes te deel en te stem vir dit wat ons as leerders van die skool wil hê, maar kom ons los maar eerder die grapperige en “nie so goeie idees”, bv. ’n glyplank in die vierkant of ’n rookarea, vir ’n ander “–lyn”.

SKINDERBLAD OF HULPMIDDEL?

TEEN TALK Nickie Oosthuizen Is it just me or are you also wondering about the current education system? Shouldn’t we be

taught how to pay the rent, to grow food - when there’s a shortage - or to work with money instead of finding x? Albert Einstein once said, “If you judge a fish by its ability to climb a tree, it will be living its whole life believing it is stupid.” Why are schools teaching us the same things that they taught our ancestors? Aren’t they supposed to prepare us

for the future instead of the past. If we are curious, Google can inform us all about the days of the hunters and gatherers, the mechanized and scientific farming history of past centu-ries, and industrialization. We are currently living in a world of digital-, bio-, nano-, and mate-rials-technologies. Yet, our schools are set in the age of the Encyclopedia. To be frank, the educational system is stuck in a rut. It’s not progressing with the times. In the process, it is draining us of our creativity and individuality. We are being forced to think

the same. “Children must be taught HOW TO THINK, not what to think” (Margaret Mead). We need to be allowed to develop as individuals. We need to be allowed to find our own unique talents. Once this happens, we won’t be fish living our lives be-lieving that we are stupid. Can we look forward to change? It would be great to have an education system with vision that enhances the pre-sent so that every young de-veloping mind has the opportu-nity to have a positive and suc-cessful future.

Page 14: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

14 Vermaak/Entertainment

For any true DC fan who loves brutal fighting, this is a must have. Injustice 2 is a game created by the same developers who created Mortal Combat and uses the same “Fighting Game” style for Injus-tice. The game still retains a lot of the game mechanics and charac-ters from the first instalment Injustice: Gods Among Us such as en-vironmental interaction while fighting, as well as clashes, character traits and stage transitions, but a new system is introduced called the “Gear System”, which is basically a loot dropping system to cus-tomize your character to give a sense of RPG-Mechanics to the player. As far as the campaign goes, it’s continuing from the first game’s story and adapting to the solid foundation provided by the first game.— Johan Strauss

INJUSTICE 2

Ronell Jonker Die honde blaf, die voorhekkie klap toe, die buurvrou is op hol, ek storm by my kamer in, klap

die deur toe ... en teen díé tyd weet die hele buurt dat daar ’n dramatise tranedal en ’n ge-kners van tande volg. Ek gee oor aan gemorskos en gryp na kalmeermiddels, want híérdie eksamen is, sonder twyfel, selfs erger as die vorige een! Soggens is dit koffie en taal-strukture, in die middae ’n toe-broodjie met kaartwerk en

snags broei die meetkunde on-der my kopkussing. My kamer is ’n totale ramp, die kat loop sommer wye draaie en ek kan byna sê dat my lessenaar die wêreld se grootse orkaan nóg oorleef het. Om hoёrskoolwiskunde te oor-leef het ons vir juffrou Lientjie wat ons daagliks vol motivering stop. Juffrou Steyn herinner ons gereeld wat aangaan in die grootwêreld buite die skool en klaskamer. En dan is daar natuurlik ons amper-nie-meer-so-nuwe skoolhoof, meneer Steele, wat met hart en mond probeer keer dat ons nie “stupid” raak nie.

Eksamens, sport en kultuur hou ons almal stewig aan die gang en stoot ons stresvlakke behoorlik tot in die rooi. Die enigste gedagte wat ons ang-stige gewete kan stil, is die feit dat daar agter elke klas ge-stresde leerders, ’n hard-werkende onderwyser staan met min tyd, baie moeite en ’n hart van goud. Ekamens is rof op die senu-wees, maar ons moet leer om dankbaar te wees en dit te waardeer — nie noodwendig die tonne harde werk nie, maar wel die vermoёns, vaardighede en, heel belangrikste, die voor-reg wat ons het om te kan leer.

’N TIENER SE “EXAM BLUES!”

Page 15: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Opinie/Opinion 15

Toine Botha As jy na mense luister, kry jy lag by jouself oor die nostalgie in hulle stem: “Die goeie ou dae”. Dis woorde wat ons telkemale uit ons

ouers of grootouers se monde hoor. Van die beste stories om te hoor, is dié van jou ma en pa se kinderjare, hoe hulle gespeel en geleer het. Dan is daar die kleintydstories van hoe jou ouma en oupa mekaar ontmoet het. Al hierdie stories het een les in gemeen: Tyd is nie jou vriend nie. Die lewe is kort. Al word jy 20 of 100 jaar oud, jy kan nooit genoeg leef nie. Daar sal altyd goed wees wat jy nóg wou doen, doelwitte wat jy nié kon bereik het nie. Jou grootste wens is om vir ewig en altyd te leef. Vir die persoon op skool is studies en akademie die belangrikste, maar om elke nou en dan net saam met jou familie te kuier gaan jou verseker nie laat druip nie! Let wel, as ek sê ‘om saam met jou familie te kuier’ beteken dit nie om die heeltyd by hulle te wees as jy die volgende dag toets skryf nie. Om tyd saam met jou geliefdes deur te bring is noodsaaklik en baie kosbaar. Waardeer jou vriende en vriendinne, waardeer die mense wat vir jou omgee. Ek kan jou belowe dat as jy die sonstraal in hulle lewe gaan wees, hulle jou gaan onthou as die heelal. Almal dink die lewe is eers môre. Dat alles eers

môre gaan begin. Ek het nuus vir jou. Die lewe is nou, waar jy sit, waar jy asemhaal. Die lewe is wat met jou gebeur terwyl jy besig is om ander planne te maak. Die lewe is die ding wat jou rondwaai en swaai, wat jou neerlê in stilte wanneer jy moet rus. Die lewe is jou familie, vriende en vriendinne, jou troeteldiere en jou stokperdjies. Jy lewe net een keer so maak die beste daarvan. Moenie ophou doen waarvan jy hou net omdat mense vir jou sê dit pla hulle nie. Die tyd wat jy het om te leef, is die tyd wat jy moet gebruik om seker te maak dat jy onthou sal word. Dis die tyd wat jy het om ’n verskil in iemand anders se lewe te maak. Dis die tyd wat jy het om jou doelwitte te bereik. As jy van sang hou, maar so vals sing soos ’n walvis, sing in elk geval jou hart uit. As jy van foto’s hou, neem duisende daarvan. Eet die laaste stuk sjokoladekoek, soen die padda (hy mag dalk net in ’n prins verander). As jy die prinses soek, probeer om ’n vis te soen. (Jy weet nooit!) Ek wil die volgende gedagte by jou laat: moet nie tyd jou vyand maak nie; probeer jou uiterse bes om dit aan jou kant te kry. Leef jou lewe voluit. Wanneer jy agtertoe getrek word, onthou net, ’n boog moet eers ver agteruit getrek word voordat dit baie ver vorentoe, en in die kol ’n voltreffer kan skiet.

WANDELLAAN

Page 16: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

16 Onderhoud/Interview

Phindile Tjale Cecilia you have been in the top 10 academics for five years in a row, how

do you do it? Since I was young, I knew that I had to work hard to achieve my dreams. I knew nobody except me was going to create my future. So, every time I wanted to give up, I thought about why I had started. Since I was little, my mother taught me how to study for different sub-jects. I also believe that if you start something you should finish it. Nothing in life is for free you must work for what you want. I really believe that when children are still young, their parents must be in-volved in helping to teach and support them because when they do, they help to develop you. How do you feel about the subjects Mathematics and Physical Science? First of all, I really love Maths. It is my favourite subject, so I really enjoy studying Maths and feeling very proud when I re-ceive good marks. It is hard work and you won’t understand a question if you don’t at least try ten different ways to solve it. Physics is not an easy subject, but I enjoy the work when I un-derstand it. To me they are the subjects that receive all my at-tention, but there’s no pressure because I revise the work daily. This gives me confidence.

What do your parents say about your achievements? Well I know they are very proud of me and everything I have achieved because they tell me that a lot. This is also a reason why I work hard. I don’t want to disappoint them. They are also the reason why I do well. If it

weren’t for my parents who are there for me every day, hel-ping, supporting and teaching me, I would-n’t be where I am to-day. God gave each and every one of us talents. It is our duty to use them to the best of our abilities. What are your plans for next year? I plan to study Phar-macy at the North West University in Potchefstroom. With the marks you have, I am sure

several universities want you. I really don’t know. I only ap-plied at NWU. There is no-where else I want to go. What do you want to be one day? I want to be happy. I want to be happy with my job. I don’t want

to wake up in the morn-ing and go to a work I don’t like. I want to be successful in what I do and I want to make a dif-ference in people’s lives every day. I also want my work to challenge me regularly. What would your ad-vice be for the learners who want to achieve in their academics? No dream is too big to be achieved. If you want something in life you will have to work hard, give your very best and never give up. The only obsta-cle in your way to suc-

cess is yourself. Do your own homework. It doesn’t help if

5 X ACADEMIC TOP 10

The following five steps are Cecilia’s pathway to success: 1. Always know that whatever you want

to achieve, you can do nothing on your own. Ask God to help you.

2. On your struggling journey, remem-ber to thank God for the progress you have made.

3. If times get tough, pray. 4. Believe in the abilities that God gave

you. 5. Never ever think you did it all on your

own. All the thanks must go to God. All your success and all your achievements you owe to Him.

Page 17: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Anria Kruger Dit sit nie sommer in enig-iemand se broek om kennis voor ’n gehoor oor te dra nie. Dit is nóg minder maklik om die gehoor te oorreed dat jou

standpunt eintlik aanvaarbaar is. Hierdie jaar het ons weer die geleent-heid gekry om aan die ATKV redenaars deel te neem. Op Vrydag 26 Mei 2017 het sewe van ons skool se leerders deel-geneem aan die semi-finaal van ATKV redenaars te Hans Strijdom. Weer het ons skoonskip gemaak — vier onder die Top 5 en een onder die Top 10. Tizzy Mabusela het uitgehaal en gewys, en is onder die Top 2. Tizzy is ook deur na die Finaal wat in die 3de kwartaal plaasvind te Goudini-spa. Ja, ATKV redenaars gaan nie oor wat jy sê nie, maar oor hóe jy dit sê!

RADIKALE REDENAARS

Lianca Welgemoed Die ATKV-jeugtak het dit goed gedink om ’n kombers-insamelingsprojek te loods om minderbevoorregte mense in ons ge-meenskap te help om die winter meer draaglik te maak. Daardie ekstra

komberse wat net in die kas lê maak nou iemand warm op ’n koue wintersnag. Die projek is aan die begin van Mei geloods en daar is ’n hele aantal komberse ontvang en versprei na verskeie mense wat dit nodig het. Ons dank ons He-melse Vader dat hy ons warm maak in die koue win-ter maande, en dat ons die geleentheid kry om ander ook te help. Die ATKV-jeugtak poog om volgende jaar die projek uit te brei sodat ons meer mense kan help om die wintermaande gemakliker te deurstaan. Om koud te slaap is darem nie lekker nie. Onthou altyd: “Jy kan nie net ontvang nie; jy moet gee ook!”

ATKV-KOMBERS PROJEK

Nuus/News 17

TEKKIE TAX ONDERSTEUNING

Page 18: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

18 Opinie/Opinion

GOLWE VAN VERANDERING Robyn Morrison Verandering is vir die meeste mense ontwrigtend en ’n frustrasie.

Ongelukkig is verandering dikwels onvermydelik. Die Griekse Filosoof, Heraclitus, het gesê: “Die enigste konstante ding in die lewe is verandering.” Hoekom dan daarteen skop? Leer dan eerder om die grense van jou gemaksone te verskuif. Hoërskool Piet Potgieter het in 2017 ’n hele paar verrassende veranderings ervaar. Eers het die skool ’n nuwe hoof gekry. Mnr. Jimmy Steele het by ons aangesluit en nuwe verfrissende idees saamgebring. ’n Groot verandering wat ons hierdie kwartaal beleef het, was die besluit om die oggend-opening net twee dae per week te hou. Hierdie besluit is geneem sodat daar meer geleentheid vir akademiese kontaktyd sal wees. Hoe werk dit? Maandae is daar ‘n formele opening. ’n Besoekende leraar open met skriflesing en gebed. Prestasie toekennings word oorhandig en afkondigings

betreffende die week wat voorlê, word gelees. Voordat die leerders mag verdaag en die akademiese dag afskop, word die volkslied met musiekbegeleiding gesing. Op Donderdae is dit “Waardedag”. Dit beteken dat daar ’n aanbieding van 5-10 minute is waartydens die waarde bekend gestel word. Die aanbieding kan uit ’n toneeltjie of praatjie bestaan. Plakkate word teen die mure in die vierkant opgesit wat m.b.v. spreekwoorde die waarde van daardie week uitbeeld. Die erekode word dan deur een van die hoofleiers aan die skool voorgelees. Daarna word die skoollied gesing, weer ondersteun met musiekbe-geleiding. Daar kom ook veranderinge t.o.v. ons toetsdae. Vanaf die derde kwartaal gaan daar nie net op ’n Vrydag toets geskryf word nie, maar ook op Dinsdae. Dit beteken dat daar voortaan twee formele toetsdae per week sal wees. Dit sal verseker dat daar minder verpligte middagtoetse ná skool geskryf word. Gaan daar nog ander veranderinge kom? Die antwoord is verseker ja! Baie

van ons gaan dalk ongemaklik voel want die meeste mense floreer wanneer dinge dieselfde bly; almal hou van roetine. Is jy een van die mense wat sukkel om veranderings in jou lewe? Jy kan leer om dit te hanteer. Veerkragtigheid is die vermoë om by veranderinge aan te pas. Iemand wat wilskrag toon, laat hom nie gou onderkry nie. So ‘n persoon kan nuwe omstandighede nie net slegs verduur nie, maar besit ook die vermoë om na iets kyk en nie die probleem nie, maar die geleentheid daarin raak te sien. Leer om positief te wees oor verandering en motiveer ander om dieselfde te doen. Gelukkig vind die veranderings by Hoërskool Piet Potgieter geleidelik plaas; maar as jy nogsteeds stoei met die idee van veranderings in die toekoms, onthou gerus die volgende: • Vooruitgang is die produk

van, en kan nie sonder verandering plaasvind nie; en

• Groei word juis gestuit wan-neer ons stagneer.

Page 19: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Nuus/News 19

DIS AMPER TYD VIR … KRIEKET Franco du Toit Haal die olies uit! Die tyd het aange-breek! Pak jou krieketsak reg en haal jou kolf

uit! Dis tyd om voor te berei vir die komende seisoen. Watter wonderlike seisoen wag

daar nie op ons nie! ’n “Super League” begin. Vanaf die 5de Augustus speel ons teen spanne soos Ben Vorster, Stanford College en Merensky, om net ’n paar te noem. Voor-waar, ’n seisoen om na uit te sien! Meisies! Meisies! Na jare se wag is daar hierdie

jaar besluit om weer met ’n dogters krieketspan te begin! Ons wil graag vir juf. Melanie du Toit byvoorbaat baie dankie sê dat sy bereid is om die dog-terspan af te rig. So, meisies … maak julle gereed! Ja, krieket begin binnekort! Kry die bal en die kolf gereed!

Do you want to travel to Ger-many and experience some-thing completely different to what you are used to? The FSA Youth Exchange pro-gramme gives you the oppor-tunity. You will be exposed to the German culture, to their way of living and thinking. As a young ambassador of South Africa, you will expe-rience the German educa-tional system first hand. You will have the opportunity to educate German learners by representing South Africa and sharing our culture and na-tional history in the form of a presentation whilst attending a German school. You will not only broaden your views, knowledge and opinions, but you will also re-turn home with unforgettable memories. Details about the pro-gramme: 1. You will stay for one

month with a German host family. You will be treated as a member of their family, not a guest. This means that you will have to share in the normal household duties and German cuisine of that specific family. No special treatment or meals will be provided.

2. You will attend a local German school for one month. You don’t have to participate in tuition, but you must attend school daily.

3. There will be a tour to Switzerland at the end of the programme. Seats are limited, so you will have to apply for the tour.

Conditions: 1. You must be 15 to 19

years of age. 2. When you apply, it does

not mean that you will auto-matically be able to partici-pate. There is a selection process.

3. You must not expect the host family to entertain you 24/7. You must have a cer-tain degree of independence and self-confidence to cope.

4. You must be fluent in English.

5. Pets in Germany receive five star treatment. You need to accept and live with the pets.

Dates: December/January (4 weeks) 13/12/2017—11/01/2018 Closing date for applications: 31 July 2017

The cost: Programme: R5300-00 Deposit: R1000-00

Return flight ticket estimate: R15 000-00 (airport tax inc.)

For more information, talk to Mrs. Karin Steyn (room 21) or receive electronic information: [email protected].

Theressa Oosthuizen

THERESSA TRAVELS

Page 20: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

20 Sport

GHOLF MAAK WEER SO!

NETBALSPELERS Anje de Wet Nie net het die netbalspanne uitste-kend gevaar in vanjaar se seisoen

nie, maar individuele spelers het ook uitgeblink. Ons o/16A-span behaal die algehele vierde plek in die Limpopo Provinsiale Liga. Anje de Wet, Roxy Bvuma (eerstespan), Jessica Matjiu, Dersley Tjabalala en Michelle Seloana (o/16A-span), is die spelers wat deurgedring het na die Limpopo proewe te PHS. Cecilia Engelbrecht, kaptein van die eerstespan, ontvang ook haar Limpopo-gradering en is nou amptelik ’n gekwalifiseerde skeidsregter.

Cecilia en Anje is gekies om in die o/19 Bokkieweekspan deel te neem. Dit vind plaas vanaf 10-14 Julie te Naboomspruit. Elizmia de Wet gaan ook daar vir die o/16 Bokkieweekspan uitdraf. Die spanne wil hul dank uitspreek aan al die borge en afrigters. Baie dankie vir ’n opwindende netbal seisoen!

Carel Smit Die 2de kwartaal het met ’n hoë noot afgeskop en wat die gholf aanbetref het

dit redelik goed gegaan. Al drie spanne is ingeskryf en het redelik goed gevaar. Die A- en C-spanne is natuurlik die Limpopo wenners in hul kate-gorieë. Die B-span het onge-lukkig nie die finaal gemaak nie, alhoewel dit nogsteeds goed gegaan het met hulle. Die spanne het teen Ben Vil-joen, Hans Strijdom, Nyl-stroom, Warmbad, Frikkie Meyer en Ellisras gespeel. Die A-span lede is soos volg: Percy

Hawken, Declan Brews, SW Bruwer en Keagan Ross. Die B-span lede is soos volg: Kurt Kruger, Lené Kruger, Kaylen Deysel en Johanco Wel-gemoed. Die C-span lede is soos volg: Justin Nel, Wian van der Kolff, Hanno Janse van Rensburg en Michael McNicol. Die kwartaal sluit met die lang-nag gholfdag wat op die 24ste Junie plaasgevind het. Die langnag gholfdag is die grootste gholfdag van die jaar en dit is ’n jaarlikse instelling. Een van die borge, Shonalanga Milling het groot planne vir 2018. Vir diegene wat hierdie jaar se gholfdag misgeloop het, kan gerus planne maak om

deel van volgende jaar se op-winding te wees. Wat behels dit presies? Spanne van 4 kan inskryf. Daar is groot kompetisie en groot pryse om te wen. Voorne-mende borge vir 2018 kan ook reeds vir Michelle Buitendag skakel (015 491 3201). Die geld wat op hierdie dag ge-maak is gaan na die skool se verskillende sportsoorte toe om hulle te help met bydrae tot toerusting en verdere fondse.

Page 21: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Sport 21

Shiné Longueira So kom nog ’n lekker hokkie-seisoen weer tot ’n einde. Die seisoen was vol pret, harde oefening en baie herinneringe!

Ons spog met agt dogters wat Limpopo klere verwerf het, naamlik: Michelle Duvenhage, Kaylen Deysel, Denja Pretorius, Jo-Ann Korff, Lachelle de Beer, Soné Kapp, Nachelle Beetge en Marinel Muller.

Die o/14 en o/16 hokkiespanne is tot dusver die vlagskip van die Bloumasjien. Hulle is die Limpopo wenners van 2017. Pottiekaner wens hul hartlik geluk met hul uit-stekende prestasies. Baie geluk ook aan hul afrigters, Angelique Smit en Melanie du Toit.

TRIOMFANTLIKE UITSLAE

SPAN DIE SEILE!

Page 22: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

22 Sport

Raymond Kockott Drie swemmers van Hoërskool Piet Pot-gieter het Limpopo in die Nasionale SA

skoleswemkampioenskappe vanaf 10-13 April 2017 in Polo-kwane verteenwoordig. Altesaam 8 provinsies het deel-geneem. Noord-Kaap het ont-trek weens finansiële redes. Die volgende plekke is in die finaal behaal: Bernice Laboff het aan die 50m Borsslag (7de plek) en 200m IM (8ste plek) deelgeneem. Franco Botha het aan die 200m Vryslag (9de plek), 200m Rugslag (8ste plek), en 400m Vryslag (8ste plek) deel-geneem. Raymond Kockott het in al sy items in die finaal geswem. Hy het deelgeneem aan die 100m Vlinderslag (Brons medalje), 200m Vryslag (6de plek), 100m Vryslag (5de plek) en 50m Vlinderslag (6de plek). Hulle aflosspan het 2 silwer en 1 bronsmedalje verower. Die atmosfeer by die Nasionale SA swemkampioenskappe word deur al die swemmers ge-

niet. Daar is baie prettige oomblikke en almal geniet mekaar se geselskap. Die kompetisie is baie mede-dingend, maar die feit dat mens nuwe vriende maak, asook ou

vriende van ander provinsies weer te siene kry, maak dit alles die moeite werd. Die adrenalien is op sy hoogste wanneer die swemmers op die blokke staan, net voor hulle begin swem. Die

druk by die aflosse is veral hoog omdat niemand sy vriende wil teleurstel nie. Daar is ook altyd vriendelike fisioterapeute aan diens, wat die swemmers help met seer spiere of beserings. Al die provinsies is by verskil-lende koshuise in Polokwane ingedeel. Limpopo provinsie het in Hoërskool Pietersburg se koshuis gebly. Die etes wat voorsien was, was van hoog-staande gehalte en die koshuis tannies baie vriendelik. Die kamers en terrein was baie skoon en ruim. Dit is ‘n belewenis om gekies te word vir jou provinsie en by SA’s te kan swem. Dis taai kompetisie, baie ure en harde werk voor die kampioen-skappe, maar die deelnemers geniet elke oomblik daarvan!

SWEMMERS SKITTER BY SA’S

Page 23: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

Sport 23

EERSTES KRY MOMENTUM Barend Gro-enewald Die eerste rug-byspan het tydens die Aprilvakansie na

Hoërskool Merensky getoer. Die kompetisie was baie sterk. Hoërskool Piet Potgieter se eerstespanspelers het baie min tyd gehad om voor die toer saam te speel. Dit het hul sa-mespel tot ’n groot mate beïnvloed. Op toer het hulle die geleent-heid gekry om vertroue in

mekaar op te bou en hulle sa-mespel te verbeter. Sterk spanne soos Vereniging Gim-nasium het vir ’n goeie uit-daging gesorg. Die eerstespan kon dus sien waar hulle nog kan verbeter aan hulle spel. Die toernooi was goed geor-ganiseerd en die spelers het ook goeie maaltye geniet. Tydens die toer het die span die dorp ingevaar en ook na ander wedstryde van die toer-nooi gekyk. Daar was ook vaar-digheidsessies en die spanbou was vol pret.

Dit was ’n suksesvolle toer waartydens die seuns baie geleer het. Die 2017 seisoen was taai. Die eerstespan kon nie die mas op-k o m t e e n d i e a n d e r ervare spanne nie, maar het tog gewys dat hulle genoeg talent het om ’n gedugte span te vorm. Hulle sien daarna uit om die ander rugbyspanne in die finaal volgende kwartaal te onder-steun en wens elke span en speler die beste toe.

MAKRO BELEWENIS VIR o/16’s Dries le Roux Die vurige o/16-rugbyspan het na Hoërskool Jeppe ge-toer waar hulle twee

wedstryde uit drie gewen het. Dit sê nogal baie van die spelers wat as medium-skoolspan teen makrospanne gespeel het. Die feit dat die an-der skole groter is het nie die o/16’s gestuit nie. Soos altyd het hulle goeie vertonings gele-wer. Hulle het sterk skole ge-wen, soos Northwood 10-7 en Parktown 26-25.

Waardevolle lesse soos om saam te speel en nie ander spanne te onderskat nie, is deur die spelers tydens hierdie toer geleer. Weens goeie samespel was die toer ’n reuse sukses. In hul aftye het die seuns geswem, die Lions gaan onder-steun, die Afrika Mall besoek en baie hard geoefen. Die spelers getuig ook dat dié toer beter was as vorige toere. Hul verblyf was ook van goeie gehalte. Dit was beslis ’n goeie toer waarop die o/16’s kan bou

aangesien hulle die gunsteling is om die Limpopo Liga te wen.

Page 24: HANDEL REG JUNIE 2017 HPP Paparazzi KYKNET HIER! … · 3. Sorg dat jy iets eet voordat jy skenk. 4. As jy nie kan skenk nie, kan iemand in jou plek skenk — b.v. onderwysers. Vir

GLORIERYKE OOMBLIKKE Danré Grové Ons het almal uitge-sien na ’n opwin-dende en sukses-volle jaar van rugby en ons was

beslis nie teleurgestel nie. Terwyl Hoërskool Piet Potgieter se eerstespan nie na die semi-finaal deurgedring het nie, is ons baie trots op hulle moedige pogings om die skool se naam hoog te hou. Drie wedstryde is in die mediumskole liga gespeel en net een is gewen. Terwyl hier-

die nederlaag ’n groot hou vir die skool is, sal dit keer kos om die wenbekers van die ander spanne af weg te hou. Die tweedespan het deur-gedring na die semi-finaal teen Ben Viljoen op Tom Naude se velde. Hulle het Ben Viljoen 18-15 gewen. Die o/14-span het ook deur-gedring na die semi-finaal by Tom Naude. Hulle het kragte teen Hoërskool Hans Strijdom gemeet. Piet Potgieter het kui-kenmoord gepleeg toe hulle die Hansies met ’n telling van 51-10 verniel het. Albei spanne

was in ’n vernietigende bui, maar dit was ’n roemryke sege vir Potties. Dit is natuurlik geen verrassing dat die o/15- en o/16-spanne deurgedring het na die finaal toe nie. Hierdie junior rug-byspelers van Hoërskool Piet Potgieter is onoorwonne en het ondersteuners behoorlik aan die gons. Ons sien uit na al die taai wed-stryde wat na die skoolvakan-sie sal plaasvind. Pottiekaner wens hulle alle voorspoed toe vir die wed-stryde wat voorlê.