handleiding - luserngradering afr 2015

18
HANDLEIDING Gradering van lusernhooi 2015 Dr. GDJ Scholtz LTCProf. HJ vd Merwe

Upload: others

Post on 23-Nov-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

HANDLEIDING

Gradering van lusernhooi 2015

Dr. GDJ Scholtz LTC♥ Prof. HJ vd Merwe

2

Ten einde ’n eenvormige en akkurate graderingstelsel daar te stel, is dit van uiterste belang dat die voorgeskrywe prosedures ten opsigte van monsterneming, monsterhantering, NIR- ontledings, identifisering van uitskieters, kwaliteitstandaarde en sertifisering noulettend gevolg en toegepas word. 1. Monsterneming Die volgende prosedure moet met monsterneming gevolg word: 1.1 Identifiseer ’n enkele lot lusernbale d.w.s. ’n homogene hoeveelheid lusernbale van:

* dieselfde snit * dieselfde variteit * dieselfde land * dieselfde fisiologiese stadium * gesny binne ’n 48 uur periode

1.2 Monsterneming moet ewekansig geskied

Dit beteken dat daar geen voorafgaande rede moet wees waarom ’n spesifieke baal geselekteer en/of nie geselekteer word vanweë redes soos kleur, blaarrykheid ens.

1.3 Boor-spesifikasies

’n Gestandaardiseerde holpuntboor (Fig. 1) soos deur die NLT voorgeskryf, word gebruik om maklike, vinnige en verteenwoordigende monsterneming te bewerkstellig:

Figuur 1. Voorgeskrewe lusernboor

3

1.4 Gebruik die korrekte boortegniek

* boor in die middel van die kopkant van die baal teen 90º grade of in die middel van die sykant van baal teen ’n 45º hoek. * boor moet minstens 325mm diep ingaan (soos aangedui op boor). * boorpunt moet voordurend skerp gehou word.

1.5 Neem genoeg sub-monsters eweredig verspreid in die lot.

* ’n minimum van 20 word benodig om variasie te beperk. * aantal sub-monsters per baal * klein bale = een

* groot- en ronde bale = twee 1.6 Monstergrootte

* 180 tot 250g is wenslik. * indien kleiner as 180g beteken dat monster nie-verteenwoordigend is nie. * indien groter as 250g is hantering tydens die maal proses moeiliker aangesien

die hele monster gemaal moet word. Te groot monsters is algemeen die gevolg van ’n te groot diameter boor.

1.7 Monsterhantering

* Ongemaalde sub-monsters moet, waar van toepassing, onmiddellik

saamgevoeg, goed gemeng en in ’n lugdigte sak geplaas word vir vervoer na die naaste NLT geregistreerde NIR-instrument.

* Monsters moet beskerm word teen hitte en direkte sonlig.

1.8 Verdeling van ’n monster

* ongemaalde monsters mag onder geen omstandighede onderverdeel word nie.

2. Monsterhantering 2.1 Perten DA 7200

Toerusting (kollekteerbakkie, plastieksak, skraper) (Fig. 2)

4

Figuur 2. Graderingstoerusting

Stap 1: Gooi monster vanuit kolleksiebottel oor na plastieksak. Stap 2: Meng monster deeglik in plastieksak (Fig. 3).

Figuur 3. Meng van monster in plastieksak

5

Stap 3: Verdeel monster tussen twee bakkies. (Fig. 4)

Figuur 4. Verdeling van monster Stap 4: Skraap liggies plat met liniaal of plat voorwerp sonder om te

kompakteer (Fig. 5)

Figuur 5. Platskraap van monster

6

Stap 5: Neem lesings van twee onderskeie bakkies (Fig. 6)

Figuur 6. Neem van NIR-lesing

Stap 6: Gooi inhoud van bakkies en reste terug in plastieksak en herhaal stappe

1 tot 4 (Fig. 7) om gemiddelde lesing van 4 bakkies te verkry.

Figuur 7. Herhaling van prosedure

7

2.2 Foss Stap 1: Maal totale monster in kolleksiebottel deur ’n 1mm sif met

voorgeskrewe laboratoriummeul (Fig. 8). Diens meul jaarliks om korrekte fynheid te verseker.

Figuur 8. Voorgeskrewe laboratoriummeul Stap 2: Meng monster deeglik in bottel voor oordra na gepaste Foss-houer,

plaas in NIR-instrument en neem lesing. Stap 3: Maak meul deeglik skoon na maal van elke monster om kontaminasie

te verhoed.

3. Identifisering van uitskieters Dit is van kardinale belang dat uitskieters geïdentifiseer en die spesifieke monsters bewaar en aan die NLT vir verdere kalibrasie-ontwikkeling gestuur word. Die volgende prosedure moet gevolg word om uitskieters te identifiseer.

3.1 Perten Identifisering van uitskieter-lusernmonsters deur gebruik te maak van ʼn PERTEN DA 72XX Diode-opstellinggebaseerde NIR Ontledingstelsel NIR-tegnologie beskik oor die vermoë om aan te dui welke monsters aan instrumenttoetse onderwerp, die bestaande kalibrering ewenaar, al dan nie. Die Perten DA72XX gebruik Mahalanobis-afstande om aanvaarbare of onaanvaarbare spektrale vergelykings met bestaande kalibrasies te vergelyk.

8

Sodra ‘n ontleding voltooi is, sal ʼn monster deur middel van ʼn vlaggie in die ‘vergelykbaar’-kolom as ‘ja’, ‘moontlik’ of ‘nee’ aangedui word. ‘Ja’ beteken: 1 Monster spektra. Goeie spektrale ooreenkoms met die kalibrasiemonster in ooreenstemming met die “beperkings” van die “Mahalanobis Afstand/Invloed” stelling (tydens installasie gedoen). 2. Die bestanddeel/beperking-resultate val binne die verwagte limiet van die produk. 3. Die bestanddeel/beperking-resultate val binne die limiet soos vasgestel in die kalibrasiemodel. ‘Moontlik’ beteken: Aanvaarbare spektrale ooreenkoms met die kalibrasiemonster in ooreenstemming met die “beperkings” van die “Mahalanobis Afstand/Invloed” stelling (tydens installasie gedoen). ‘Nee’ beteken: 1. Swak spektrale ooreenkoms met die kalibrasiemonster en/of ..... 2. Dat die bestanddeel/beperking-resultate buite die verwagte limiet van die produk val. 3. Dat die bestanddeel/beperking-resultate buite die verwagte limiet van die kalibrasiemodel val. ‘Ja’-resultate kan as korrek aanvaar en gebruik word tesame met die NLT riglyne vir luserngradering ‘Moontlik’-resultate behoort weer geanaliseer te word voordat amptelike gradering plaasvind. Indien daar weer ʼn ‘Moontlik’-resultaat verkry word, moet die monster teruggehou word vir ʼn verdere kalibrasieproses. ʼn ‘Nee’-resultaat moet onmiddellik teruggehou word vir verdere kalibrasie. Hierdie monsters sal verseker dat toekomstige weergawes van die kalibrasie kragtiger en meer akuraat voorspel; hierdie monster se spektra sal in die databasis van die kalibrasieproses opgeneem word. ‘Nee’-monsters moet onmiddellik aan die NLT rapporteer word. Bes moontlik bevat hierdie monsters dalk ʼn oormaat vreemde materiaal wat verwyder kan word om sodoende die monster weer te ontleed. Indien daar weer ʼn ‘Nee”-resultaat verkry word, kan hierdie resultate nie gebruik word nie en moet as sodanig aan die NLT rapporteer word.

3.2 Foss Identifisering van uitskieters

Vir spoedige, grafiese verduideliking van H - uitskieters, sien asb uitskieter identifikasie.

Infrasoft International (ISI) gebruik sedert 1980 die H uitskieter-konsep as toets vir die vertroue wat in die voorspelde waardes gestel kan word. Aangesien NIRS ʼn ondergeskikte maatstaf is (ʼn maatstaf gebaseer op oorspronklike verwysing, soos chemie), is dit noodsaaklik dat ʼn mate van vertroue in die maatstaf uitgespreek word. Die kernteorie in die H-toets is, dat hoe nader die onbekende is aan die monsters gebruik tydens kalibrasie, hoe meer vertroue kan die gebruiker hê dat die onbekende korrek uitgedruk sal word.

9

H uitskieters word uitsluitlik op die onbekende monster se spektrum gebaseer en daar is geen verhouding tot voorspelde waardes nie. Dit word bereken deur die vergelyking van die spektrum van die onbekende monster, met die monsters wat gebruik is om die kalibrasie te skep.

H uitskieters word gebaseer op Mahalanobis-afstandmeting. Dit is ʼn statistiese berekening wat op die afwyking in die populasie baseer word. Die Mahalanobis-afstand kan beskryf word as instrument wat bepaal hoe goed die onbekende monster ooreenstem met monsters gebruik by die skepping van die kalibrasie. Hoe laer die H-waardes, hoe groter die ooreenstemming. Indien die onbekende monster ʼn spektrum soortgelyk aan dié in die kalibrasiestelsel het, sal dit lae H-waardes toon en kan aangeneem word dat die kalibrasie ʼn goeie voorspelling van daardie monster sal lewer. Omgekeerd, kan dit gestel word dat as die onbekende monster grootliks verskil van die kalibrasiemonsters en hoë H-waardes het, die monster nie ooreenstem met die kalibrasie nie en daar dus minder vertroue in die voorspelde waardes kan wees.

Twee tipes H uitskieters word deur ISIscan™ gebruik: G H (Global) and N H (Neighborhood). In elke geval dui laer H-waarde, ʼn hoër vertroue in die voorspelde waardes aan. G H beskryf die ooreenkoms van die onbekende met die kalibrasiebevolking. Normaalweg word monsters met ʼn G H> 3.0 beskou as uitskieters, maar hierdie siening is afhanklik van kalibrasie en produk.

N H dui aan omtrent hoe naby die kalibrasiemonster is aan die onbekende. Hoe nader die monster, hoe hoër die vertroue dat die onbekende goed deur die kalibrasieproses uitgedruk sal word. ʼn Hoë N H (>1.0) dui aan dat die onbekende óf ʼn leemte in die kalibrasie gevind het; óf dat die monster buite die grense van die kalibrasiestelsel val. In eersgenoemde geval, sal die onbekende ʼn G H < 3.0 hê, ʼn aanduiding dat die monster in die totale populasie inpas. Indien enigsins moontlik, moet hierdie monster bewaar word en teruggevoer word in die kalibrasie om bestaande leemtes te vul. Wat die tweede voorbeeld betref, sal die monster ʼn G H > 3.0, tesame met die N H > 1.0 hê. Hierdie onbekende monster hoort nie hier tuis nie en behoort óf weer hergebruik te word met ʼn totaal ander voorspellingsmodel, óf glad nie gebruik te word nie.

Beide G H en N H berekenings begin by ʼn PCA (principal component analysis) wat monsters in die kalibrasiestelsel ontleed en alle monsters volgens ʼn “vernaamste bestanddeel”-analise tipeer. Die onbekendes word dan met hierdie inligtingselsel vergelyk.

10

4. Kwaliteitstandaarde

Kwaliteitstandaarde – Nuwe lusernkwaliteitsindeks (NLKI) Graad/ klas NLKI1 Vreemde materiaal (%) Prima 104 en hoër Afwesig

1 97 - 103 Afwesig

2 93 - 96 Aanwesig

3 92 en minder Aanwesig HJ van der Merwe & GDJ Scholtz, 2010

1 = Nuwe lusernkwaliteitsindeks (NLKI).

� Maksimum vog toegelaat om muf en verhitting te verhoed en soos bepaal deur 'n NIR

instrument = 16%

� Vragte wat skadelike plante en geproklameerde onkruide bevat word teruggestuur.

(Fig. 9)

� Vragte met vreemde reuke, muf en tekens van oormatige verhitting kan afgradeer of

teruggestuur word.

� Vragte wat ooglopend as gemengde kwaliteit geïdentifiseer word sal as die swakste

graad op die vrag geklassifiseer word.

11

Figuur 9 Verbode en skadelike plante

12

5. Sertifisering op Perten-instrumente Uitdruk van NLT Sertifikaat deur middel van Perten DA7200 / DA7250: Nadat die monster korrek voorberei en deur die Perten DA7200 of Perten DA7250 ontleed is, word die resultaat outomaties op die rekenaarskerm vertoon.

In die regterkantste onderste hoek van die bladsy, is ʼn knoppie wat lees: “Export Grading xml”.

13

Wanneer hierdie knoppie gedruk word, sal nog ʼn venstertjie op die skerm opskiet wat voltooi moet word:

Die eerste opskietskerm lees: “Generate Grading Certificate XML”. Voltooi die blokkies: “Buyer and Seller”. Wanneer op die “Browse” knoppie langs hierdie twee velde gedruk word, sal nog ʼn opskietskerm verskyn waar korrekte inligting gekies kan word uit: “Select, Insert, Change or Delete a Buyer/Seller”. Sodra die “Buyer and Seller” blokkies voltooi is, klik op die “Generate XML” –knoppie. Hierdie aksie sal u terugneem na die Resultaat-skerm.

14

Vir die volgende stap, gaan na “NLT Certificate Printing Software.”

Die NLT Sagteware sal outomaties die resultate in die NLT program inlees. Aan die regterkant is ʼn kolom gemerk “Printed”. Nuwe sertifikate wat ingetrek maar nog nie voltooi en uitgedruk is nie, sal nie ʼn regmerkie in die blokkie toon nie. Klik op die korrekte sertifikaat, klik dan op “Preview Certificate” wat die sertifikaatbesonderhede sal aandui.

15

Op hierdie skerm moet alle velde behalwe “Batch/Truck No” voltooi word. Klik op “Save and Print” om die sertifikaatinligting op datum te bring en bestudeer die sertifikaat vir korrektheid. U sal dan na die finale sertifikaat gelei word, wat dan uitgedruk kan word.

16

5.1 Sertifiseringsertifikaat

17

5.1.1 Interpretering van ontledings NLKI word bereken vanaf die volgende ontledings: 1. ADF

Die ADF resultate kan tussen 21 en 47% varieer. ’n Laer ADF gaan met ’n hoër NLKI waarde gepaard. In die praktyk kan dit bewerkstellig word deur vroëer te sny en blaarverliese tydens die hooimaakproses te beperk.

2. AS Die as- ontledings kan tussen 7 en 30% varieer. ’n Laer as-inhoud gaan tot ’n hoër NLKI waarde aanleiding gee. ’n Waarde r as 14% is ’n aanduiding van uitermatige hoë grond kontaminasie wat tydens die hooimaakproses beperk moet word. Verder gaan ’n hoë kalium bemesting met ’n hoër K- en dus as- inhoud gepaard. Baie lae as-waardes moet met versigtigheid hanteer en geïnterpreteer word. Dit kan ’n aanduiding van ’n uitskieter wees wat normaalweg gedurende enige seisoen kan voorkom. So ’n waarde moet so spoedig moontlik aan die NLT gerapporteer word vir ondersoek en moontlike regstelling.

3. LIGNIEN Die lignien-inhoud kan tussen 4 en 16% varieer. ’n Lae lignien is vir ’n hoër NLKI waarde bevorderlik. Dit kan weereens deur ’n vroëer snystadium en beperking in blaarverlies bewerkstellig word.

Die verskillende parameters se verhouding ten opsigte van mekaar kan verander van seisoen tot seisoen wat gevolglik ’n invloed op die lusernhooimatriks kan hê. Hierdie verandering in die matriks kan op sy beurt die lusernhooikalibrasie affekteer. Deelname aan die jaarlikse validasieproses en die identifisering van uitskieters is gevolglik van kardinale belang om ’n konstante voorspelling van die NIR-instrumente te verseker Waardes buite bogenoemde grense is uitskieters en moet vir verdere ontledings en kalibrasieontwikkeling bewaar word. Verder is die NLKI waarde van hierdie spesifieke lusernhooimonster nie ’n korrekte aanduiding van lusernkwaliteit nie. In sulke gevalle moet die NLT vir aanbevelings gekontak word.

18

LucerneTechConsult (LTC) hay probe Instructions

The patented design of the LTC-Probe™ allows for quick and representative sampling of large stacks of hay. The probe is self-unloading and is supplied with a collecting bottle (capacity for 20 core samples) and a cleaning rod with plastic protecting sleeve, which protects the operator against personal injuries when using the cleaning rod, and also protecting the cutting edge of the probe during storage. Two following sampling procedures are prescribed to get a representative core sample from baled hay: Remove the cleaning rod and push the probe into either end of the bale near the center at a 90° angle, or at the side of the bale at a 45° angle. Be sure to push the entire shaft into the bale. By using the cleaning rod, drive each core into the collection bottle after each sampling attempt. Repeat this procedure to obtain a minimum of 20 samples per truckload. Wet hay will wedge in the probe if more then one sample is taken as described in the above procedure. The cutting edge can be sharpened with a small round file from time to time. Do not change the angle of the cutting edge. For protection of the cutting edge always replace the cleaning rod and protection sleeve back onto the probe. This probe should be used according to the standardised NLT sampling protocol as discussed in the NLT lucerne hay grading guide. For any information regarding the LTC Hay Probe or Sampling protocol please contact our office at 0613104100 or email [email protected].