handleiding vir omgeegroepe - magaliesberg gesinskerk · gesê: “vat jou seun, jou enigste seun,...

28
Magaliesberg Gesinskerk Roete 12 Handleiding vir Omgeegroepe

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

19 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

Magaliesberg Gesinskerk Roete 12

Handleiding vir Omgeegroepe

Page 2: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

2

Toergids

28 Julie Roete 12 Afskop

4 tot 10 Augustus Ken jy die groot ontferming van God? Romeine 1-11

11 tot 17 Augustus Hoe om vir God te gee wat Hy soek Romeine 12:1 DIE VRAELYS aan die einde van die boekie moet vir volgende week voltooi word.

18 Augustus tot 24 Augustus

Laat God jou verander! Romeine 12:2

25 Augustus tot 31 Augustus

Ontdek jou ware self tussen ander Romeine 12:3-8

1 tot 7 September

Gemeenskap: ’n Nuwe lewe voor die Here! Romeine 12:9-13

8 tot 14 September

Oorwin die bose Romeine 12:14-21

15 September Roete 12 Fees & Nagmaal

Page 3: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

3

Credo op die reis na Vernuwing

Ons is kinders van die Here wat saam ’n

reis na vernuwing aanpak.

Ons wil graag ontdek wat God vir ons wil wys

op hierdie reis. Ons wil graag meer soos Jesus word en Sy wil vir ons lewens uitleef.

Op hierdie reis na vernuwing:

> Beloof ons om gedurig vir mekaar te bid;

> Gaan ons met mekaar deel wat ons ontdek;

> Verbind ons ons om enduit saam te reis.

Page 4: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

4

Romeine 12 Aanhalings van teksgedeeltes uit Die Bybel: Nuwe Vertaling (1983, met herformulerings) Bybelgenootskap van Suid-Afrika

12 En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

3Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 6Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.

Riglyne vir die Christelike lewe 9Die liefde moet opreg wees.

Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar;

bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11Moenie in julle toewyding verslap nie,

bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed.

Page 5: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

5

13Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid. 14Seën julle vervolgers, ja, seën hulle,

moet hulle nie vervloek nie. 15Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. 16Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 17Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God.

Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. 20“As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi

van skaamte.” 21Moet jou nie deur die kwaad

laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

SLEUTELS As julle hierdie sien moet die groep...

Mens tot mens Hoor hoe dit met mekaar gaan deur

die vrae te beantwoord

Mens tot God Tyd om God te loof

en te prys en sy Naam groot te maak

God tot mens Vind as groep uit wat

God vir julle sê

Mens tot medemens Nou is dit

tyd om te bid en mekaar te seën vir die week wat kom

Page 6: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

6

Week 1 Ken jy die GROOT ontferming van God? • As hier nuwe mense onder ons is, kom ons deel met mekaar naam, van,

werk, belangstellings en iets van julle gesin.

• Vertel aan die groep wat jy graag sou wou leer of beleef in die volgende paar weke op die Romeine 12-reis.

• Was jy al by ’n hofsaak betrokke waar iemand vrygespreek is? Of het jy ’n fassinerende TV-program of fliek oor dit gesien? Vertel.

• Lees die CREDO voor in die boekie saam hardop.

Tyd vir lof en aandbidding! Gee aan iemand kans vir ‘n lofgebed en sing dan liedere tot eer van die Here.

Kyk nou na die DVD-inleiding.

Lees Romeine 3:19-26.

19 Dit weet ons: alles wat Moses se wet sê, sê hy vir dié wat die wet het. Niemand sal hom dus kan verweer nie, en die hele wêreld is strafwaardig voor God. 20 Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer ’n mens wat sonde is. 21 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22 maar deur in Jesus Christus te glo. God gee dit sonder onderskeid aan almal wat glo. 23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24 maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. 25 Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

Page 7: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

7

Lees vers 21-24 ook in ander vertalings. Gesels oor die volgende vrae:

1. Wat tref jou? Wat lê die Here op jou hart in dié gedeelte?

2. Gesels saam oor die volgende woorde:

2.1 Strafwaardig / doemwaardig / skuldig (vers 19) en almal het gesondig (vers 23). Hoe moet ons dit verstaan?

2.2 Vryspraak / geregtigheid / geregverdig (verse 21, 22, 24 en 25). Wat beteken dié woorde?

• Wat is die gronde vir vryspraak? (vers 25 en 26)

• Wat is nie gronde vir vryspraak nie? (vers 21)

• Wat verstaan jy as genade (vers 24)

3. Wat dink julle is alles die effek op iemand se lewe wat in die geloof hierdie vryspraak vir hom- of haarself toegeëien het?

(Jy kan later Romeine 5:1-11 ook hieroor lees)

4. Lees nou Romeine 12:1. Waarna dink julle verwys Paulus as hy hier praat van die groot ontferming van God?

En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Page 8: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

8

5. Kyk weer na al jou antwoorde en aantekeninge wat jy vandag gemaak het. Skryf nou hier onder ’n gebed neer waarin jy vir God sê wat jou geraak het.

• Julle kan gerus in die week die fliek Luther gaan uitneem en dit saam

kyk. Dit is ’n aangrypende fliek oor die groot hervormer se ontdekking van die vryspraak deur die geloof.

• Besluit met wie jy in hierdie week wil gaan gesels oor die gedagte van vryspraak/geregtigheid.

• Bid vir

• Mense wat nog slawe in hulle godsdiens is en nog nie die bevryding van die vryspraak beleef het nie.

• Die veldtog. Dat almal sal snap dat dit volledig staan op die groot ontferming van God.

• Alle ander gebedsbehoeftes in julle groep en gemeente.

Page 9: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

9

1 ’n Ruk na die vorige gebeurtenisse het God vir Abraham op die proef gestel en vir hom gesê: “Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 2 God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer daar op een van die berge wat Ek vir jou sal aanwys.” 3 Vroeg die volgende môre het Abraham ’n donkie opgesaal en hout gekap vir die brandoffer. Hy het twee slawe saamgevat en ook sy seun Isak. Toe het hy vertrek na die plek toe wat God vir hom aangewys het. 4 Op die derde dag het Abraham die plek uit die verte gesien. 5 Toe sê hy vir sy slawe: “Wag hier met die donkie. Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe.” 6 Abraham het die hout vir die brandoffer op sy seun Isak se rug getel en self vuur en ’n mes saamgevat. Terwyl hulle twee so saamloop, 7 sê Isak vir sy pa: “Pa?” en Abraham antwoord: “Ja, my seun?” Toe vra Isak:

• Wie van julle het al ’n brugspring of bungee-jump aangepak?

• As jy nog nooit ge-bungee het nie, wat dink jy beleef iemand wat dit al gedoen het?

• As iemand onder ons al ge-bungee het, vertel vir ons wat jy beleef het voordat jy dit gedoen het?

• As jy nog nie so iets gedoen het nie, sal jy dit ooit oorweeg om te bungee?

Sien, dit gaan oor totale oorgawe, om onvoorwaardelik te vertrou...

• Lees die CREDO voor in die boekie saam hardop.

Kom ons loof die Here. Die volgende liedere kan oorweeg word:

• I lift my hands to the coming King.

• I love you Lord and I lift my voice.

• Hemel Vader, ek aanbid U

Kyk nou na die DVD-inleiding.

Skriflesing: Genesis 22:1-14

Week 2 Hoe om vir God te gee wat Hy soek

Page 10: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

10

“Hier is vuur en hout, maar waar is die lam om te offer?” 8 Abraham het geantwoord: “My seun, God sal sy eie offerlam voorsien.” Daarna het hulle twee saam verder gestap. 9 Toe hulle aankom by die plek wat God vir Abraham aangewys het, het Abraham daar ’n altaar gebou. Hy het die hout reggesit en sy seun Isak vasgebind en op die altaar neergesit, bo-op die hout. 10 Net toe Abraham die mes vat om sy seun te slag, 11 roep die Engel van die Here uit die hemel na hom: “Abraham, Abraham!” Hy het geantwoord: “Hier is ek!” 12 Toe sê God: “Los jou seun! Moenie iets aan hom doen nie. Nou weet Ek dat jy My dien: jy het nie geweier om jou seun, jou enigste seun, aan My te offer nie.” 13 Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom ’n skaapram wat aan sy horings in ’n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer. 14 Toe noem Abraham die plek: “Die Here voorsien.” Daar word nou nog gesê: “Op die berg van die Here word voorsien.”

1. Wat staan vir jou uit in hierdie verhaal? 2. Hoekom, dink jy, het God vir Abraham gevra om Isak te offer? 3. Om ’n belofte-seun te moes offer sou iets vreesliks wees. Hoe dink julle

het dit Abraham se verhouding met God geraak? 4. Wat dink jy behoort jy oor te gee ter wille van jou verhouding met God?

Dink aan jou huwelik, jou beroep, jou gesin, jou eiendom, jou gesondheid, jou sport ...

5. Hoe help Lukas 14:26-27 ons om dit beter te verstaan?

26 “As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees nie tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders, en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe. 27 Iemand wat nie sy eie kruis dra en agter My aankom nie, kan nie my dissipel wees nie.

Page 11: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

11

6. Wat hoor jy met die lees van hierdie vers na aanleiding van die Abraham-verhaal?

Romeine 12:1 1 En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

7. Kom ons bid die versie hieronder hardop as groep saam. Doen dit meer as een keer.

Psalms 31:6 (Afrikaanse Nuwe Vertaling) 6 In u hande gee ek my lewe oor, want, Here, troue God, U het my vrygemaak.

• Besluit teenoor wie jy hierdie gaan getuig van jou oorgawe aan God en wat dit vir jou beteken?

• Bid vir mekaar hieroor.

• Bid ook vir ander gebedsbehoeftes van julle groep en gemeente.

Page 12: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

12

Week 3 Laat God jou verander! • “Ek is OK! EK het nie nodig om te verander nie” Bespreek hierdie

manier van dink.

• Hoe, dink julle, weet ’n mens wat vir God goed, aanneemlik en reg is?

• Lees die CREDO voor in die boekie saam hardop. Gesels daarna oor die inhoud daarvan.

Hoe GROOT is God! Dit is nou die tyd om Hom te eer, te loof en te aanbid! Kies ’n paar liedere en sing hartlik tot sy eer.

Kyk nou na die DVD-inleiding.

Lees Romeine 12:1 en 2. Lees vers 2 weer ’n keer.

Lees ander vertalings ook as julle dit byderhand het.

1. Wat hoor jy by die lees van vers 2? Watter gedagte lê die Here op jou hart?

2. Hier kom drie gedagtes in vers 2 na vore, bespreek hulle:

• Konformeer (die kultuur van die dag – wêreldgelykvorming)

• Transformeer (Verandering) • Sensitiseer (Fyn onderskeiding)

1 En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Page 13: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

13

3. Hoe het die sondige wêreld se manier van leef of dink ons al beïnvloed

ten opsigte van ons siening oor die volgende:

• Huwelike

• Werk

• Verhoudings

• Vriendskappe

• Status en posisie

• Finansies

• Nederigheid en diens

4. Hoe laat ek God toe om my “om te dop” (verander / vernuwe / metamorfose)?

5. Hoe dink jy sal ’n lewe lyk wat deur God verander is? Hoe help die laaste deel van vers 2 ons daarmee?

6. Wat wil jy graag bid ten opsigte van die volgende? Skryf dit hier neer:

• Jou verhoudings

• Jou huwelik

• Jou werk

• Jou gedrag

• Jou gesinslewe

• Jou status en posisie

• Jou finansies en

• Jou diensbaarheid

• Jou gesindheid

• Jou gewoontes

Page 14: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

14

• Hoe behoort ek my veranderde lewe te gaan lewe in hierdie ou wêreld tussen al my ou vriende?

• Kom ons bid saam vir mekaar en vir ander gebedsbehoeftes.

BAIE BELANGRIKE VOORBEREIDING VIR VOLGENDE WEEK:

Vul die vraelys aan die einde van hierdie boekie in oor wat jou gawes is. Ons gaan tydens volgende week se groepbyeenkoms

kyk waar pas elkeen van ons groep in Jesus se liggaam in

Page 15: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

15

• Watter van die volgende voertuie beskryf jou as mens die beste? Is jy soos ’n pakdonkie, ’n perd, ’n fiets, ’n Porsche, ’n kombi, ’n taxi of ’n veldvoertuig? Hoekom sê jy so?

• Watter rol speel die manier hoe jy jouself sien in hoe jy inskakel in jou geloofsgemeenskap?

• Lees die CREDO hardop saam

Prys die Here met liedere en gebede en probeer om ’n atmosfeer van aanbidding te skep. Die kwaliteit van jou stem bepaal nie die kwaliteit van jou lof nie. Geniet dit om saam met mekaar die Here te verheerlik.

Kyk nou na die DVD-inleiding.

Skriflesing: Romeine 12:3-8

3 Kragtens die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen van julle: Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. 4 Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5 Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 6 Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7 As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8 As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.

Week 4 Ontdek jou ware self tussen ander

Page 16: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

16

1. Wat sê die Here vir jou oor jouself in hierdie paar verse? 2. In vers 3 word ons gewaarsku om NIE te VEEL te dink van jouself

nie. Daar is ook die gevaar om te MIN van jouself te dink. Bespreek die stelling.

3. Hoe verhinder hierdie twee maniere van dink jou om goed by die

liggaam van Christus in te skakel?

4. Hoe help 1 Korintiërs 12:15-16 en 21 om dit te verstaan?

• As jy minderwaardig voel, dan...

• As jy meerderwaardig voel, dan...

5. Wat alles laat jou voel dat jy aan Jesus se liggaam behoort?

6. Hoe sou dit jou help om ’n deel van die liggaam van Christus te wees as jy weet wat jou funksie of gawe is ?

7. Kyk nou na die vraelys wat julle vooraf ingevul het en gesels daaroor.

Minderwaardigheid: 15 As die voet sou sê: “Omdat ek nie ’n hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede tog nie op om deel van die liggaam te wees nie. 16 En as die oor sou sê: “Omdat ek nie ’n oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie,” hou hy om dié rede eweneens nie op om deel van die liggaam te wees nie.

Meerderwaardigheid: 21 Die oog kan nie vir die hand sê: “Ek het jou nie nodig nie.” Die kop kan weer nie vir die voete sê: “Ek het julle nie nodig nie.”

Page 17: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

17

8. Kyk nou na die vraelys wat julle vooraf ingevul het en gesels daaroor.

• Wat gaan jy hierdie week doen vir iemand wat voel dat hy of sy nog nie behoort nie?

• Hoe gaan jy die gawe wat God aan jou gegee het, met die nuwe insig oor jouself, beoefen?

• Kom ons noem sake van gebed en dan bid ons daarvoor.

Page 18: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

18

Week 5 Gemeenskap: ’n Nuwe lewe voor die Here • Wat dink jy van die manier waarop Christene teenoor mekaar optree?

• Hoe beoordeel jy Christene se toewyding aan die Here?

• Hoe sou jy graag wou hê moet Christene met mekaar saamleef voor die Here?

• Lees die CREDO hardop saam.

Kom ons sing ’n paar liedere oor liefde onder mekaar. Dink aan:

• Bind us together

• Laat ons mekaar waarlik liefhê

• Waar daar liefde is

Kyk nou na die DVD-inleiding.

Skriflesing: Romeine 12:9-13 9 Die liefde moet opreg wees. Verafsku wat sleg is en hou vas aan wat goed is. 10 Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. 11 Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here. 12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. 13 Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle toe op gasvryheid.

1. Lees verse 9-13 ’n paar maal deur. Hardop, stil en ook in ander vertalings. Wat spring vir jou uit?

2. Hoekom dink jy is dit nodig dat hierdie verse in die Bybel opgeteken is?

3. Hoekom dink julle is die woord “opreg” ’n sleutelwoord vir Christene se lewe?

Page 19: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

19

4. Hoe dink julle sal ’n geloofsgemeenskap lyk waar vers 10 konsekwent uitgeleef word?

5. Vers 11 en 12 beskryf hoe ons ons verhouding met die Here moet uitleef. Waaraan het ons die grootste tekorte vandag?

6. Watter verskil gaan dit aan die atmosfeer in gemeentes maak as ons vers 13 uitleef?

7. Die Here het met jou oor eienskappe van jou geestelike lewe gepraat, antwoord Hom nou in ’n gebed wat jy hieronder neerskryf:

Elkeen van ons is ’n deeltjie in die liggaam van Christus, en saam moet ons

soos Jesus wees.

• Na aanleiding van vandag se bespreking: watter verskil kan ons en ons groep maak aan die manier waarop ons met ons medemens voor die Here lewe? Kom ons wees prakties.

• Is jy bereid om ’n Romeine 12 Christen te wees?

• Kom ons bid vir mekaar en vir die kerk om veral te verstaan dat elkeen van ons net onsself moet wees. Die liefde van Jesus moet ons dring om ’n besonderse gemeenskap te wees.

Dit is volgende week die laaste kleingroepbyeenkoms van die reeks.

Gesels met mekaar oor hoe julle dit feestelik kan vier.

Page 20: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

20

Week 6 Oorwin die bose • Wat is mense se tipiese menslike reaksie as hulle seergemaak of

teleurgestel word?

• Dink aan ‘n spesifieke situasie toe iemand jou erg seergemaak het. Hoe het jy daarop gereageer?

• Lees die CREDO hardop saam. Hoeveel daarvan het waar geword in die afgelope reeks? Bespreek dit.

Kies vooraf ’n paar liedere en sing dit ononderbroke saam

Kyk nou na die DVD-inleiding. Bespreek onder mekaar wat elkeen getref het.

Skriflesing: Matteus 5:38-48

38 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.’ 39 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle nie teen ’n kwaadwillige mens verset nie. As iemand jou op die regterwang slaan, draai ook die ander wang na hom toe. 40 As iemand jou hof toe wil vat om jou onderklere te eis, gee hom ook jou boklere. 41 As iemand jou dwing om sy goed een kilometer ver te dra, dra dit vir hom twee kilometer. 42 Gee aan hom wat iets van jou vra, en moet hom wat van jou wil leen, nie afwys nie.” 43 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45 sodat julle kinders kan wees van julle Vader in die hemel. Hy laat immers sy son opkom oor slegtes en goeies, en Hy laat reën oor dié wat reg doen en oor dié wat verkeerd doen. 46 As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? 47 En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie? 48 “Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is.”

Page 21: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

21

14 Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie. 15 Wees bly saam met dié wat bly is en treur saam met dié wat treur. 16 Wees eensgesind onder mekaar. Moenie hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees nie. 17 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. 18 As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. 19 Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: “Dit is mý reg om te straf; Ék sal vergeld,” sê die Here. 20 “As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte.” 21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

1. Hoe verstaan jy Jesus se woorde: “’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand”? Lees ook die ooreenstemmende Ou Testamentiese gedeeltes in Eksodus 21:23-25, Levitikus 24:19 en 20 en Deuteronomium 19:21.

2. Die kerkvader Augustinus het dit mooi gestel:

• kwaad vir goed: dit is duiwels (Psalm 35:12; 109:5 en Spreke 17:13);

• goed vir goed en kwaad vir kwaad: dit is menslik;

• goed vir kwaad: dit is Goddelik en Christelik (Matteus 5:44)

Hoe verstaan jy hierdie woorde en hoe kan jy dit van toepassing maak op jou eie lewe? Kom ons dink ook aan die boer in Zimbabwe (Henry Jackson) se optrede as ’n voorbeeld.

3. Jesus gee in Matteus 5:39-42 praktiese voorbeelde hoe ek as Christen

moet optree teenoor mense wat my kwaad aandoen. Bespreek dit en maak dit van toepassing op jou lewe.

4. Vergelyk Matteus 5:43-44 met Romeine 12:14-21 en antwoord dan die

vrae.

Page 22: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

22

• Hoe moet ons optree teenoor ons vyande?

• Hoekom moet ons so optree?

5. Hoe kan ons dit regkry om hierdie moeilike opdrag van Jesus uit te voer? Lees ook weer Romeine 12:1-2:

• Vertel vir mekaar hoe en waar jy hierdie liefdesbeginsels van Jesus gaan uitleef.

• Ons leef in ’n bose wêreld wat moeilike eise aan ons stel. Bid saam vir mekaar dat die Here ons sal help om die bose te oorwin met die goeie.

• Maak ’n lys van jou persoonlike behoeftes asook die gemeente se gebedsbehoeftes, en bid in die groep daarvoor.

1 En nou doen ek ’n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Vier lekker saam fees! Reël ook hoe julle as groep die afsluitingsfees van al

die gemeentes saam gaan bywoon.

Page 23: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

23

shall be telling this with a sigh Somewhere ages and ages hence:

Two roads diverged in a wood, and I— I took the one less travelled by, And that has made all the difference

(Robert Frost The Road not Taken)

Page 24: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

24

• Hier onder is 35 stellings wat jou mag help om jou basiese gawe of gawes te ondek.

• Beoordeel jouself deur middel van die onderstaande skaal deur die toepaslike nommer neer te skryf langs elke vraag.

• Vra jouself af: Is die volgende stellings korrek in my geestelike lewe en ondervinding?

• Meestal: 3 Soms: 2 Af en toe: 1 Glad nie: 0

• Moet nie tob oor die antwoord nie, skryf jou oorspronklike gevoel of spontane antwoord neer.

• Daar is nie regte en verkeerde antwoord nie – verskillende mense met verskillende gawes gee verskillende antwoorde!

• Aan die einde skryf jou tellings in die tabel, tel die horisontale lyn op en ondek jou gawe of gawes!

1. Ek geniet dit om die waarheid van God se woord aan ander oor te dra op ‘n inspirerende en entoesiastiese wyse.

2. Ek stel my persoonlike gemak gereeld ondergeskik aan die bevrediging van ander se behoeftes. 3. Dit is vir my wonderlik om die waarheid van ’n vers binne sy konteks te verduidelik. 4. Dit is vir my moontlik om mense met woorde aan te moedig en te versterk wat struikel en

geestelike probleme ondervind. 5. Dit is vir my moontlik om my eie finansiële situasie so effektief te bestuur sodat ek ruim kan gee,

om so doende die Here se werk te bevorder. 6. Dit is vir my maklik om verantwoordelikhede te delegeer en ander so te organiseer dat

doelwitte behaal word. 7. Ek het ‘n ingesteldheid om meelewend in ‘n ander se gevoelens te deel. 8. Ek is bewus van ‘n behoefte in my om ander aan te moedig om hul geestelike motivering te

ondersoek. 9. Ek het die gawe om ander mense tuis te laat voel 10. Ek geniet dit om feite uit/oor die Bybel bymekaar te maak sodat ek dit met ander kan deel. 11. Dit is ‘n ernstige begeerte by my om mense aan te moedig ten opsigte van geestelike groei

sodat hulle geeslike wasdom kan bereik. 12. Dit maak my bly om materiële dinge te skenk om die Here se werk te bevoordeel 13. Dit is vir my moontlik om ander mense se aktiwiteite effektief te bestuur. 14. Ek geniet dit om behoeftiges in hospitale en die wat in gekluister is te besoek.

Vraelys met betrekking tot genadegawes (Aangepas van: Selwyn Hughes Christian Counselling series: Discovering Your Place in the Body of Christ

(1982) Marshall Morgan and Scott

Page 25: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

25

15. Dit is vir my moontlik om die Woord van God met duikelikheid en oortuiging weer te gee aan ‘n groep mense.

16. Ek geniet dit om saam met ander die werk van die Here te doen sonder om noodwendig in ‘n leiersposisie te staan.

17. Dit is vir my van kritiese belang dat die Waarheid presies met genoegsame klem op die regte betekenis van woorde aan ander oorgedra moet word.

18. Ek geniet dit om mense te ondersteun wat geestelik gewond of seer gekry het. 19. Ek het geen probleem daarmee om my bates aan ander toe te vertrou nie om die werk van die

Here te doen nie. 20. Dit is vir my moontlik om ander se werk en/of aktiwiteite te beplan en hulle leiding te gee oor

hoe om dit effektief uit te voer. 21. Behoeftige mense wat in die moeilikheid is lê my na aan die hart. 22. Ek vind myself dat ek aandring op ‘n uitslag wanneer ek die waarheid van die Woord van God

voorlê aan ander. 23. Dit is vir my heerlik om ‘n welkome tuiste te bied vir gaste. 24. Ek is toegewyd in my studies van die Bybel en doen deeglike navorsing oor ‘n onderwerp. 25. Dit is vir my moontlik om mense te bedien in terme van hulle persoonlike probleme. 26. Ek is besorg oor die beskikbaarheid van die nodige finansies vir al die verskillende bedienings

van die kerk. 27. Dit is vir my van uiterse belang dat die administrasie van die kerk glad verloop en dat alle fasette

van elke aktiwiteit deeglik en in korrekte volgorde plaasvind. 28. Dit is vir my heerlik om te werk met die mense wat deur die groot meerderheid geignoreer of

afgeskeep word. 29. Dit is my ondervinding dat my aanbieding van die Woord van God ander mense na ‘n definitiewe

punt van besluitneming neem. 30. Ek geniet dit om die werklading van sleutel persone op my te neem sodat hulle kan konsentreer

op hulle spesifieke take. 31. Dit is vir my moontlik om vir ‘n ander persoon te verduidelik hoe die verskillende dele van die

Bybel in mekaar pas. 32. Ek is akuut bewus van die dinge wat tussen ‘n persoon en sy geestelike ontwikkeling en

vooruitgang staan en dit is my hartsbegeerte om so ‘n persoon te help om sy uitdagings te oorkom.

33. Ek is uiters versigtig ten opsigte van finansies en bid aanhoudend oor die behoorlike spandering daarvan aan die Here se werk.

34. Ek weet waarheen ek op pad is en dit is vir my moontlik om ander saam met my te neem. 35. Dit is vir my moontlik om empatie met ander te hê en ek is vinnig bereid om te help waar hulp

nodig is.

Nadat jy die vraelys voltooi het en antwoorde vir al 35 stellings neergeskryf het, moet jy elke ry optel. Die punt sal dan ’n aanduiding wees van jou mate van belangstelling in ’n spesifieke gawe. Die hoogste punt sal vir jou ’n aanduiding wees van jou genade gawe of gawes waarmee die Here jou geseën het. Na voltooiing van die punte, skryf die spesifieke gawe regoor die punt neer in die tabel op die volgende bladsy.

Page 26: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

26

Totaal Gawe

A

1 8 15 22 29

B

2 9 16 23 30

C

3 10 17 24 31

D

4 11 18 25 32

E

5 12 19 26 33

F

6 13 20 27 34

G

7 14 21 28 35

A: Professie B: Om te dien C: Om onderrig te gee

D: Bemoediging

E: Om te gee F: Leierskap (beheer en delegeer) G: Om ander te help

Page 27: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

27

is possible to be so active in the service of Christ as to forget to love Him. Many a

man preaches Christ but gets in front of Him by the multiplicity of his own works … Christ can do without your works; what He wants is you. Yet if He really has you, He will have all your works.

(P.T. Forsyth)

Page 28: Handleiding vir Omgeegroepe - Magaliesberg Gesinskerk · gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria toe en offer jou seun as brandoffer

Om vir U te leef (Romeine 12 – Geskryf en gekomponeer deur Philip Marais Julie 2012)

As ek myself vir U kan gee Heeltemal soos U Aan ‘n kruis soos Jesus Dan het ek niks meer om vas te hou Want dis als by U Alles is by Jesus Koor Om vir U te leef met my hele lewe Om ‘n Christen te kan wees Om te sê ek ken vir Jesus Hy’t my gevul met Sy eie Gees Om dit wat ek het nie vir my te hou nie Maar om ander te kan seen Om te deel in God se liggaam Tot die dag wanneer Jesus kom Hier in my kokon van eie ek Werk U met my hart Wil U my vernuwe Here help my om nie vas te klou Maar om oor te gee Aan ‘n nuwe lewe Keer op keer as die bose kom Om my van U af weg te steel Sal ek my aan U oorgee O Here maak my vry