hartebeestloop veiling · 2015. 4. 9. · 1 vrydag 29 mei 2015, 11h00 op hartebeestloop, stampriet...

22
1 Vrydag 29 Mei 2015, 11H00 op Hartebeestloop, Stampriet HARTEBEESTLOOP VEILING Boeredag Donderdag 28 Mei 2015, 8H30 Joggie [email protected] Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880 www.bonsmara.com.na vir alle bulfotos en bulbeslkrywings April 2015 Beste Medeboere Ons word almal toegegooi met Veilings korrespondensie in alle vorme – briewe, fakse en e-posse. Dit is moeilik om die kaf van die koring te skei. Ek hoop dat my skrywe een van die gelukkiges is wat as koring gesien word en gelees word. Die Boeredag Donderdag (28 Mei) en Veiling op Vrydag (29 Mei), gaan groot en lekker wees! Maak moeite en kom geniet dit saam met ons en vele ander boere. STOETTELING Die stoetbedryf is nie staties nie en pas die hele tyd aan by dit wat die mark soek. Op Hartebeestloop het ons deur die jare baie moeite gedoen om die kwaliteite en eienskappe wat belangrik is vir die stoetvee bedryf vas te lê in die kudde. Dit glo ons, het ons reggekry! HARTEBEESTLOOP en ons KLIëNTE - DIE KOMMERSIëLE BOERE Ons het egter nooit vergeet dat die basis van Hartebeestloop stoet die kommersiële boer is nie. Deur die jare het ons meer-en- meer moeite gedoen om die teeldoelwitte so te stel dat die diere die beste sal presteer onder kommersiële toestande. Maar om ons kommersiële kliënte te verstaan, moet ons sy besigheid verstaan. Ek en my mense op Hartebeestloop het die mark in Namibië en die RSA bestudeer – die grootste en mees suksesvolste voerkrale besoek, die suksesse gaan sien op die “backgrounding” plase, die beste abattoirs besoek en alle verslagtings bygewoon en geleer van bouvorm en vetbedekking. Ons het gesien hoe sekere Namibiese boere hulle winsgewindheid met tot 30% verhoog deur te fokus op die teel van kwaliteit vervangingsverse. AMPTELIKE PRESTASIETOETSING EN “HARTEBEESTLOOP BOERE PRESTASIE” METINGS Daar is ‘n verskil tussen amptelike prestasietoetsing en “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings. Amptelike prestasietoetsing is verpligtend en ons doen dit. Daar is egter ‘n reeks van ander ekonomiese belangrike eienskappe wat ekstra gemeet word. Dit is die groep van eienskappe waarna ons verwys as “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings. Dit sluit in pelvismetings, Veldbultoetse, ultrasoniese skanderings, verwerking en aanteken van Meatco slagstate, gereelde kondisietellings vir presisie boerdery, bepaling van minimum strategiese lekaanvulling per trop/dier, en voortdurende navorsing oor die diere wat die beste presteer op die veld en vir die verskillende produksiestelsels. Ek heg baie waarde aan die “Hartebeestloop Boere Prestasie” eienskappe en weet dat sonder hierdie eienskappe boere nie optimaal kan boer nie. ‘n Goeie voorbeeld is pelvismetings - ons meet nog steeds die pelvisse van alle manlike en vroulike diere om kalwingsgemak oor te dra na die koper se kudde. Die winsgewindheid in boerdery is soms so onder druk dat enkele kalwingsprobleme die somme kan verander. Elke besigheid het sy brood-en-botter sake wat belangrik is – hierdie is die brood- en-botter sake van ekstensiewe boerdery. Ek weet dat ons heelwat van hierdie brood-en-botter eienskappe alreeds in die kudde vasgelê het en dat hierdie voordeel deur die Hartebeestloop bulle ook in jou kudde ingebring word. IN DIE 2015 NUUSBRIEF EN BULBESKRYWINGS KYK ONS ANDERS NA DIE BULLE Jy sal opmerk dat daar nie in die Nuusbrief so baie verwys word na die fisiese eienskappe van die bulle, soos in die verlede nie. Dit is byvoorbeeld die beskrywing van eienskappe wat belangrik is vir aanpasbaarheid, manlikheid, algemene bouvorm en vele ander. Meeste boere het goed geleer en weet waarna om te kyk. Hulle sien die bul en maak hulle eie afleiding oor die kwaliteit van eienskappe. Aan die anderkant het seleksie : streng – strenger - strengste van die veilingsbulle verseker dat geen bul op die

Upload: others

Post on 26-Jan-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • 1

    Vrydag 29 Mei 2015, 11H00 op Hartebeestloop, Stampriet

    HARTEBEESTLOOP VEILING

    Boeredag Donderdag 28 Mei 2015, 8H30

    Joggie [email protected] Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880

    www.bonsmara.com.na vir alle bulfotos en bulbeslkrywings

    April 2015Beste Medeboere

    Ons word almal toegegooi met Veilings korrespondensie in alle vorme – briewe, fakse en e-posse. Dit is moeilik om die kaf van die koring te skei. Ek hoop dat my skrywe een van die gelukkiges is wat as koring gesien word en gelees word.

    Die Boeredag Donderdag (28 Mei) en Veiling op Vrydag (29 Mei), gaan groot en lekker wees! Maak moeite en kom geniet dit saam met ons en vele ander boere.

    STOETTELINGDie stoetbedryf is nie staties nie en pas die hele tyd aan by dit wat die mark soek. Op Hartebeestloop het ons deur die jare baie moeite gedoen om die kwaliteite en eienskappe wat belangrik is vir die stoetvee bedryf vas te lê in die kudde. Dit glo ons, het ons reggekry!

    HARTEBEESTLOOP en ons KLIëNTE - DIE KOMMERSIëLE BOEREOns het egter nooit vergeet dat die basis van Hartebeestloop stoet die kommersiële boer is nie. Deur die jare het ons meer-en-meer moeite gedoen om die teeldoelwitte so te stel dat die diere die beste sal presteer onder kommersiële toestande. Maar om ons kommersiële kliënte te verstaan, moet ons sy besigheid verstaan. Ek en my mense op Hartebeestloop het die mark in Namibië en die RSA bestudeer – die grootste en mees suksesvolste voerkrale besoek, die suksesse gaan sien op die “backgrounding” plase, die beste abattoirs besoek en alle verslagtings bygewoon en geleer van bouvorm en vetbedekking. Ons het gesien hoe sekere Namibiese boere hulle winsgewindheid met tot 30% verhoog deur te fokus op die teel van kwaliteit vervangingsverse.

    AMPTELIKE PRESTASIETOETSING EN “HARTEBEESTLOOP BOERE PRESTASIE” METINGSDaar is ‘n verskil tussen amptelike prestasietoetsing en “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings. Amptelike prestasietoetsing is verpligtend en ons doen dit. Daar is egter ‘n reeks van ander ekonomiese belangrike eienskappe wat ekstra gemeet word. Dit is die groep van eienskappe waarna ons verwys as “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings. Dit sluit in pelvismetings, Veldbultoetse, ultrasoniese skanderings, verwerking en aanteken van Meatco slagstate, gereelde kondisietellings vir presisie boerdery, bepaling van minimum strategiese lekaanvulling per trop/dier, en voortdurende navorsing oor die diere wat die beste presteer op die veld en vir die verskillende produksiestelsels.

    Ek heg baie waarde aan die “Hartebeestloop Boere Prestasie” eienskappe en weet dat sonder hierdie eienskappe boere nie optimaal kan boer nie. ‘n Goeie voorbeeld is pelvismetings - ons meet nog steeds die pelvisse van alle manlike en vroulike diere om kalwingsgemak oor te dra na die koper se kudde. Die winsgewindheid in boerdery is soms so onder druk dat enkele kalwingsprobleme die somme kan verander. Elke besigheid het sy brood-en-botter sake wat belangrik is – hierdie is die brood-en-botter sake van ekstensiewe boerdery. Ek weet dat ons heelwat van hierdie brood-en-botter eienskappe alreeds in die kudde vasgelê het en dat hierdie voordeel deur die Hartebeestloop bulle ook in jou kudde ingebring word.

    IN DIE 2015 NUUSBRIEF EN BULBESKRYWINGS KYK ONS ANDERS NA DIE BULLEJy sal opmerk dat daar nie in die Nuusbrief so baie verwys word na die fisiese eienskappe van die bulle, soos in die verlede nie. Dit is byvoorbeeld die beskrywing van eienskappe wat belangrik is vir aanpasbaarheid, manlikheid, algemene bouvorm en vele ander. Meeste boere het goed geleer en weet waarna om te kyk. Hulle sien die bul en maak hulle eie afleiding oor die kwaliteit van eienskappe. Aan die anderkant het seleksie : streng – strenger - strengste van die veilingsbulle verseker dat geen bul op die

  • 2

    veiling toegelaat word wat nie funksioneel doeltreffend, struktureel korrek, aangepas, gehard en vol vleis is nie. Die bulle het dit alles – hoekom nog daaroor skryf ook?

    VRUGBAARHEID EN REPRODUKSIEVERMOë IS HOOGS HERHAALBAARDie onlangse meer droër jare het my weereens die waarde van uitstaande vrugbaarheid en goeie reproduksievermoë laat besef. Met die bulbeskrywings is daar moeite gedoen om die waarde van goeie moederlyne uit te lig. Vrugbaarheid en reproduksievermoë is nie hoog oorerfbaar nie maar is hoogs herhaalbaar. Daar is baie meer gefokus om aan die leser die herhaalbaarheid van die 2 eienskappe deur verskillende generasies van “bul” moederlyne uit te wys. Bulle uit sulke moederlyne is ons almal se beste verweer teen groter insetkostes.

    GESONDE VERHOUDING TUSSEN GETALLE EN GEWIG / REPRODUKSIE EN PRODUKSIEOns kliënte verdien hulle inkomste uit getalle en gewigte in die vorm van vleis. My opinie is dat dit nie die een of die ander hoef te wees nie maar dat daar ‘n goeie kombinasie tussen getal en gewig moet wees – dws goeie verhouding tussen reproduksie en produksie. Daar is meer moeite gedoen om na oogspieroppervlaktes, vroeë vetneerlegging, uitslagpersentasies en karkasopbrengs te verwys. Op Hartebeestloop doen ons al amper vir ‘n dekade lank ultrasoniese skanderings om te help met die seleksie vir meer vleis aan die karkas.

    Alle afgekeurde en uitskotdiere word by Meatco verslag en die data word individueel per dier oorgedra vanaf die vloer verslagtingstaat en betaalstaat na Beefpro (Boerdery bestuursprogram). Ons koop ook speenkalwers in van boere wat Hartebeestloop bulle gebruik. Deeglike rekordhouding oor gemiddelde daaglikse gewigstoename, veldvoeromsetverhouding (vermoë om weiding in vleis om te sit), verslagting en winste verdien by die abbatior word gebruik om te bepaal hoe goed ons diere werklik presteer onder kommersiële boerdery toestande. Met die druk van ‘n knoppie weet ons presies hoe sekere bloedlyne presteer as slagdiere by die abbatior! Ons weet presies watter bulle en koeie teel die regte karkas vir optimale wins.

    Ons kliënte verdien hulle inkomste uit getalle en gewigte in die vorm van vleis. My opinie is dat dit nie die een of die ander hoef te wees nie maar dat daar ‘n goeie kombinasie tussen getal en gewig moet wees – dws goeie verhouding tussen reproduksie en produksie. HOE HELP ONS DIE OSBOERE?Vir ons osboer kliënte word daar voortgegaan om alle bulle deur ‘n ekstensiewe groeitoets op die veld te sit. Goeie naspeense groei, tesame met ‘n voortreflike veldvoeromsetverhouding, is nodig vir die os boer om suksesvol te produseer. Ons meet dit en help die osboer om die voordeel van die eienskappe te benut. Hartebeestloop Bonsmaras se prestasies by Meatco (Meat Corporation of Namibia) is ‘n bewys dat die seleksie van goeie groei en goeie veldvoeromset baie goed werk.

    HOE HELP ONS DIE SPEENKALF BOERE?Genoegsame melk in die kudde is belangrik vir ons speenkalf kliënte. Ons evalueer jaarliks alle koeie op melkproduksie, gemiddelde speengewig van haar kalwers op 7 maande en haar uier vir kwaliteit en kapasiteit. Die kommersiële boer kan nie optimaal speenkalwers produseer sonder dat bogenoemde eienskappe vasgelê is in sy kudde nie – en ons help daarmee.

    DIE KOEI MAAK 50% UIT VAN ELKE BUL OP DIE VEILINGUitgebreide navorsing op Hartebeestloop het duidelik gewys watter tipe koeie die beste vaar om bulle te teel vir speenkalf en osproduksie stelsels onderskeidelik. Dit het ook die koeie uitgewys wat bulle teel wat in beide produksiestelsels baie goed behoort te doen.

    Ek het die navorsingsdata van elke individuele bulmoeder gebruik in die bulbeskrywings wanneer ek die bul vir ‘n spesifieke produksiestelsel aanbeveel het. So – die aanbeveling is gebaseer op navorsingsdata en nie net op my persoonlike gevoel gebaseer op die visuele voorkoms van die dier nie. Hierdie aanbeveling help die boer om die regte besluit te neem.

  • 3

    KRUISTELING IS AMPER EG NAMIBIES EN OOK ONS BESIGHEIDBoere is bewus van die suksesvolle kruisteelprogram wat Hartebeestloop gedoen het met Bonsmara en van die ander mees bekende beesrasse in Namibië. Die resultate van die kruistelingprojek is wyd bekend gemaak in die media en ook op die 2014 Hartebeestloop Boeredag. Almal van ons betrokke by die projek het baie geleer oor die aanwending van Bonsmaras en ook die goeie eienskappe van ander rasse.

    Hierdie projekdiere is almal verslag deur Meatco en die winsgewindheid van die onderskeie kruistelings kon akkuraat bereken word. Ek het baie geleer met die projek en het die kennis gebruik, asook die finansiële data soos bereken, wanneer ek aanbevelings gedoen het vir kruisteelstelsels as deel van die bulbeskrywings. Ek het nie net ‘n blanko waarborg gegee dat enige Bonsmara bul in enige kruisteelstelsel sal werk nie.

    VERSKUIF DIE SEISOENE EN WORD DIT WARMER?Dit is wat ons ondervind in die Kalahari! Aanpasbaarheid en prestasie op die veld dra ‘n baie hoër gewig by ons as in die verlede.

    Behalwe die Veldbul toetse, word daar gereeld kondisietellings van alle diere gedoen . So identifiseer ons die beste presteerders op die veld en kan hierdie tipe genetika aan die boer bied. Die sisteem van seleksie op die veld en veiling afronding op die veld werk uitstekend en kan gemeet word aan die resultate van die vrugbaarheidstoetse gedoen op die bulle – slegs 11 uit 172 bulle moet hertoets word. Ondervinding het gewys dat die meerderheid van die 11 bulle ook vrugbaar sal wees met die hertoets. Jy kry dus ‘n vrugbare, veldaangepaste rumen en fikse bul afgelaai op jou plaas.

    Ek sluit af waarmee ek begin het, en wil jou graag nooi na ons veiling op Vrydag 29 Mei. Die Boerdag gaan sekerlik die jaar weer ‘n treffer wees - kyk gerus na die program verder aan in die dokument.

    Ons sien uit om jou op Hartebeestloop te verwelkom!

    Vriendelike groete

    Joggie Briedenhann en almal op Hartebeestloop

    Oor VRUGBAARHEID, REPRODUKSIEVERMOË en HARTEBEESTLOOP KOEIKUDDE!

    Daar is baie geskryf oor elke bul se moeder en oumas aan beide kante. Dit wys die prestasies van individuele koeie. Dit is egter belangrik om te weet hoe die totale kudde lyk en presteer waaruit hierdie bulle en koeie geteel is. • Die 2015 Elite Platinum SA Stamboek/Landbouweekblad Bonsmara koei kom uit die Hartebeestloop kudde• Hartebeestloop Bonsmaras was dan ook in 2013 en 2014 die buite Suid-Afrika wenner asook die Suid-Namibië wenner

    onderskeidelik van die LNR Nasionale Vleisbees Verbeteringskudde van die Jaar• Die kudde is ook vir die afgelope 3 jaar onder die eerste 10 Platinum kuddes van die jaar soos deur SA Stamboek bepaal

    word vir alle rasse wat geregistreer is by die instansie • Hartebeestloop Bonsmaras het aan die end van 2014 het ‘n gemiddelde Ouderdom Eerste Kalf van 25 maande gehad en

    Tussenkalfperiode van 385 dae vir 477 produserende stoetkoeie

    Vrugbaarheid en reproduksievermoë is nie hoog oorerfbaar nie maar is wel hoogs herhaalbaar. Dit is dus belangrik om die moederlyne te identifiseer wat konstant nageslag teel wat ook hoë vrugbaarheid en reproduksievermoë wys. Vrugbare moederlyne en gebruiksbulle geteel uit daardie moederlyne, is ons almal se beste verweer teen verhoogde insetkoste.

    KLIP SAND & GRAS

    VERDUIDELIKING VAN DIE KENTEKENS WAT ONS GEBRUIK DEURGAANS: Die KLIP en SAND/GRAS teken toon aan in watter tipe wêreld die bulle groot geword het.

  • 4

    LOT 1 : HART 12 - 0268Hy is geteel uit die staatmaker AG 03-0029 en ons SA Stamboek/Landbouweekblad Elite

    Platinum koei van 2015, VBB 06-115 (sien ook haar foto in ons Gallery/Elite Cows op die webwerf). Haar ma HOT 01-110 is ook ‘n Elite Goud koei met uitstekende waardes. Hier is uitstekende vrugbaarheid, reproduksie en produksie vasgeteel in die moederlyn en dit is wat almal soek in hulle kuddes. VBB 06-115 is nie verniet gekies as die SA Stamboek/Land-bouweekblad Elite Platinum koei vir 2015 nie. Daar is alreeds 2 baie goeie seuns uit haar

    verkoop. Haar OEK is 23 mnde, TKP/7 kalwers is 354 dae, gemiddelde Speenindeks van 100/7, Reproduksie Indeks van 121 en sy speen teen 51,1% van haar liggaamsmassa. Sy is ‘n toonbeeld van ‘n uitsonderlike koei.

    AG 03-0029 se prestasies op Hartebeestloop praat hard. Ons gebruik self 2 van sy seuns en sy nageslag is goed verteen-woordig in die Namibiese Bonsmara.

    HART 12-0268 is effens groter as mediumraam (3,5) en ek beveel aan dat hy net op koeie gebruik word. Daar is goeie bespiering, lengte, breedte en diepte in die bul. Hy dra baie vleis en dit kan gesien word in sy karkasopbrengs teelwaarde indeks van 104. Sy groei teelwaarde indekse is almal bo rasgemiddeld en sy GDT indeks (103) en Kleiberindeks (101) is ook bo die groepgemiddeld. Sy Veldbul-; en pelvisindekse is goed – hy het orals baie goed presteer ongeag wat getoets is.

    Hy vertoon uitstekende aanpasbaarheidseienskappe – dit is so baie belangrik vir die Bonsmara wat onder ekstensiewe toe-stande moet presteer. HART 12-0268 is baie manlik met goedgevormde skrotum wat 40cm meet.

    Sy teelwaardes is uit die boeke – baie melk, goeie groeivermoë, groot skrotum en baie goeie voeromsetverhouding. HART 12-0268 sal ‘n groot bydrae maak in enige kudde – maar veral waar raamgrootte, groeivermoë, melk en reproduksie

    aangespreek moet word. Hy is funksioneel doeltreffend, struktureel korrek, goeie presteerder tydens prestasietoetsing, baie goeie presteerder met “Hartebeestloop Boer Prestasies” en kom met ‘n uitstekende stamboom.

    Kyk baie mooi na hierdie bul!

    LOT 2 : HART 12 - 0245Hy kom uit van die mees gebruikte bloedlyne in ons kudde – kombinasie van AG 01-152

    en RCO 98-37. Sy pa HART 09-0073, is verkoop aan Streicher Coetzee van Hochfeldtstreek Bonsmaras. Sy ouma HART 05-0027 (Elite Goud Koei) en grootouma BHE 02-127 (10 jaar oud, 10 kalwers/TKP 375 dae) aan vaderskant is van die beste produserende moederlyne op die plaas. Boere moet hierdie tipe bloedlyne vestig in hulle kuddes – dit is belangrik vir

    ekonomiese vooruitgang! Hy is die kalf van ‘n vers HART 10-0176 en haar prestasies is ook uitstaande. HART 09-0073 is self hard gebruik in die kudde en daar is baie goeie kalwers van hom in prestasietoetsing nou.

    HART 12-0245 is ‘n tipiese mediumraam, “All Rounder, All Purpose” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Die ou boere het altyd gesê dat “die bul is mooi aanmekaar gesit” – en dit is presies wat ons hier sien. Baie mooi balans, goeie lengte, soepel maar goeie bespiering, sterk toplyn, goeie diepte asook sterk bene.

    Die oogspieroppervlakte (119), uitslagpersentasie (108) en karkasopbrengs (114) teelwaarde indekse wys dat hy baie vleis dra en baie vleis behoort te teel.

    Sy voorspeen en naspeense groeivermoë teelwaarde indekse is bo rasgemiddeld en hy vertoon uitstekende teelwaarde indekse vir GDT (116), voeromsetverhouding (116) en veldvoeromset (101). Jy kan mos nie beter as dit kry nie!

    Hy vertoon uitstekende aanpasbaarheidseienskappe – dit word ook weerspieël in sy Veldbultoets prestasies. Daar is goeie sekondêre manlikheidseienskappe in die bul – goeie verdonkering van die nek en goedgevormde skrotum wat netjies hang en 37cm in omtrek meet.

    Sy teelwaaarde indekse is baie goed – lig op geboorte, baie goeie groeivermoë, uitstekende gewigstoename en voerdoeltref-fendheid maar tog ‘n baie aanvaarbare volwasse massa. Ek is nie bekommerd oor die melk teelwaarde indeks nie – wag tot sy

    BULBESPREKINGS: 33 VAN 63 LOTTEDie Bonsmara het Teelwaarde Indekse ingestel om dit makliker te maak om Teelwaardes te verstaan. Jy hoef nou nie meer te sukkel om klomp waardes te onthou nie. Jy kan jou keuses maak deur na die Teelwaarde Indekse te kyk - dit wys waar die dier is ten opsigte van die rasgemiddeld. Die algemene besluit tussen die wetenskaplikes, tegniese komitee en stoettelers is dat diere met ‘n Teelwaarde Indeks van 80 baie goed aangewend kan word. In sommige gevalle is laer Teelwaarde Indekse vir sekere eienskappe meer gewens as hoër Teelwaarde Indekse. As jy onseker is oor Teelwaarde Indekse, kontak my gerus.

  • 5

    LOT 3 : HART 12 - 0081Stoetteling vereis gedurig deur om uit die “boks” te dink en “nuwe parings” te probeer.

    HART 12-0081 is ‘n lynteling paring met AG 98-338 aan beide kante. AG 98-338 het baie goeie bespiering en bouvorm geteel en die pa van HART 12-0081, is AG 03-359 wat baie sterk op melk is (136 teelwaarde indeks) maar wat bykomend tot baie melk, ook baie goeie bouvorm en hoeveelheid geteel het. HART 12-0081 is ‘n voorbeeld waar lynteling goed

    gewerk het. Bouvorm is reg, bespiering is genoegsaam en daar is klomp melk in die bul! HART 12-0081 kom uit ‘n uitstekende moederlyn met die ouma RCO 03-003 (Elite Goud) nog steeds in die kudde en die

    moeder HART 07-0140 se OEK 26 mnde, TKP 388dae/7 kalwers, gemiddelde SP 106 en Reproduksie Indeks van 114. Om vooruit te boer, het ons kalwers nodig en sommer baie ook – en hier is die moederlyne wat jou daardie klomp kalwers verseker!

    Hierdie bul is ‘n 3,5 raamtipe “All Purpose” bul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy sal uitstekend doen in enige speenkalf of osproduksiestelsel – suiwer of in ‘n kruisteel program. Hy bring alle goeie eienskappe na jou kudde waar-voor die Bonsmara bekend is en wat aanleiding gegee het tot die geweldige groei in die ras.

    Kyk gerus na die prestasies van HART 12-0081 tydens amptelike prestasietoetsing en “Hartebeestloop Boere Prestasie” toetsing:

    Teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte/bespiering (112), uitslagpersentasie (105), karkasopbrengs (119), Veldbulindeks (102) en pelvisindeks (111). Hy dra vleis, groei bogemiddeld goed, is aangepas en presteer op alle moontlike vlakke van boerdery.

    Sy teelwaarde indekse is so ideaal soos moontlik – laag op geboorte (103), uitstekende melk (126), goeie groei (106), uit-stekende daaglikse gewigstoename (128), uitstaande voerdoeltreffendheid (126) en baie goeie reproduksie (102).

    Ek moet verskoning maak vir die baie verwysings na die wetenskaplike waardes (teelwaarde indekse) met die beskrywing van HART 12-0081. Dit is egter diè waardes wat ekonomies van groot belang is en finansiële sukses verseker.

    Kyk daarna en laat dit jou keuse van bulaankope beinvloed – dit sal verseker ekstra geld in jou sak bring.

    LOT 4 : HART 12 - 0198Hy is geteel uit AG 07-0400, seun van AG 02-0251 en kleinseun van AG – 98 - 0338. Die

    moeder is VZF 06-0121 met OEK 30 mnde, TKP 349 dae/7 kalwers en Reproduksie Indeks 116. Ek gaan nie verder uitbrei oor die vader of moederlyne nie – beide is uitstekend en veral die vaderlyn is by verreweg die grootste bydraer tot Bonsmara gene in Suidelike Afrika.

    HART 12-0198 is ‘n mediumraam, goed bespierde bul wat op koeie en uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy is ‘n “All Purpose” bul wat in enige produksiestelsel baie goed sal presteer. Sy mark is egter uit-en-uit in die stoetteler se kudde – hy vertoon alle kwaliteite en eienskappe wat die stoetmark verlang! Daar is aanpasbaarheid eien-skappe in die oortreffende trap, uitstaande manlikheid, bouvorm soos ons almal wil hê en teel, genoeg bespiering, pigment en ‘n perfekte skrotum wat 41 cm meet. Hierdie vaderlyn se erfdwang is baie groot en ons sien deur baie jare dat dit konstant hierdie tipe bulle teel met bogenoemde voortreflike eienskappe.

    Kyk gerus na sy prestasietoets data teelwaarde indekse asook die “Hartebeestloop Boer Prestasie” indekse: GDT (120), Kleiber (114), vroeg vetneerlegging (113), oogspieroppervlakte (120), Veldbul (114) en pelvis (100). Daar is geen

    eienskap wat gemeet is, wat kritiseer kan word nie. Sy teelwaarde indekse is uit die boeke – Naby rasgemiddeld op geboorte, uitstekende voorspeense en naspeense groeiver-

    moë, baie goeie GDT en voeromsetverhoudinge en goeie reproduksie. HART 12-0198 vertoon uitstekende stoetpotensiaal – ek wil so ver gaan en sê dat hy ‘n volwaardige stoetbul is. Hy is van

    die bestes geteel op Hartebeestloop en is een van my gunstelinge vir stoetteling op die veiling. Stoettelers moet baie mooi na die bul kyk.

    verse kalf en dan sal die waarde baie verander. Hy kom uit bloedlyne wat baie melk het. HART 12-0245 is ‘n baie veilige bul om in enige kudde te gebruik. Hy gaan niks negatief inbring nie – maar wel ‘n klomp positiewe eienskappe. Regte raamg-rootte, goeie groei en baie goeie vermoë om minder gras in meer vleis om te sit, is sy sterk punte. Hy sal ‘n uitstekende koop wees as jy al die goeie eienskappe van die Bonsmara in jou kudde wil vestig.

  • 6

    LOT 5 : HART 12 - 0007Hy is geteel uit FCT 06-0147 uit wyle Kit Thompson se Rutland Bonsmaras. Die bul het

    goeie onverwante genetika in ons kudde gebring en het baie goed gekombineer met die meer Bos Indicus tipe Kalahari koeie. Sy moeder HART 07-0045 is suiwer Namibiese teling en het OEK van 23 mnde, TKP van 361 dae/7 kalwers, gemiddelde SP van 105/5 en Re-produksie Indeks van 120. Haar moeder, HART 04-0036, is ‘n uitstaande koei wat aan Jomar

    Bonsmaras verkoop is en daar uitstekend presteer. FCT 06-0147 is onder andere korrektief gebruik om groeivermoë in die kudde te bevorder. Hy is ‘n mediumraam “All Round-

    er” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is ‘n “All Purpose” bul wat in enige produksiestelsel goed sal presteer – oorweeg hom gerus vir kruisteling met die meer Sanga tipe koeie of waar baie goeie groeivermoë benodig word.

    Hy is funksioneel en struktureel baie korrek met goeie bespiering, lang bul, goeie breedte en mooi diepte deur die voorlyf. HART 12-0007 is propvol vleis en kyk gerus na sy “vleis” teelwaarde indekse met oogspieroppervlakte (131) en vroeg vet-neerlegging (110). Hy het ook goed presteer tydens die ekstensiewe groeitoets met GDT indeks (108), Kleiber indeks (107) en Veldbul indeks (103). Sy aanpasbaarheid is baie goed met sterk bene en goeie skofontwikkeling. Sekondêre manlikheid is baie sterk ontwikkel en skrotumomtrek is 39,5cm.

    Hy vertoon baie goeie teelwaarde indekse – op rasgemiddeld vir geboorte, baie goeie groeivermoë, hoë GDT, doeltreffende voeromset en goeie reproduksie.

    HART 12-0007 is die tipe bul wat baie goed doen in Namibië. Geen probleem om hom op verse te gebruik nie, baie goeie groeivermoë – beide voorspeens en naspeens, regte raamtipe en baie goeie veldvoeromset.

    Hierdie tipe bulle kort min aandag en bring goeie winste!

    LOT 6 : HART 12 - 0199Hy is geteel uit BHE 02-0074 van Fortress Bonsmaras wat baie goed geteel het by ons.

    Sy moeder NGO 03-0066 is suiwer Namibiese teling en is ‘n Elite Goud koei. Haar OEK is 30 mnde, TKP 388 dae/9 kalwers, gemiddelde SP 107/9, Reproduksie Indeks 110 en al haar kalwers aangemeld, is stoetgoedgekeur. Sy is een van die top presterende koeie op die plaas.

    HART 12-0199 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy is ‘n uitstaande bul in elke opsig – ‘n bul propvol stoetpotensiaal. Sy bespiering, bouvorm, breedte, lengte en diepte deur die voorlyf is baie goed. Sy lengte/hoogte verhouding is 1.20. Die toplyn is sterk, kruishelling is baie mooi, bene is sterk en onderlyn is baie goed. Sy oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 113 wys die goeie bespiering en baie vleis aan die bul. Sy vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 109 wys dat sy nageslag vroeg sal afrond op die veld.

    Hy is ‘n top presteerder tydens prestasietoetsing met speenindeks (110), GDT indeks (114) en Kleiberindeks (105). Dit sal baie moeilik wees om beter aanpasbaarheid te teel as wat HART 12-0199 wys. Dit kan duidelik gesien word in sy

    Veldbultoets indeks van 120! Sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed ontwikkel met sterk kop, goeie verdonkering en netjiese skrotum wat 38 cm meet.

    Sy teelwaarde indekse is baie goed – net bo rasgemiddeld op geboorte, baie goeie groeivermoë, bogemiddelde daaglikse gewigstoename, goeie voeromsetverhouding en reproduksie.

    HART 12-0199 is in elke opsig ‘n uitstaande bul met baie hoë stoetpotensiaal. Hy het oorgenoeg van alles om in enige stoetkudde sy merk te maak.

    HART 12-0199 beindruk my en ek beveel hom met geruste hart aan vir enige stoetteler.

  • 7

    LOT 7 : HART 12 - 0141Hy is geteel uit AG 06-350 wat verlede jaar aan Streicher Coetzee van Hochfeldtstreek

    Bonsmaras verkoop is en HART 08-0178. Haar OEK is 27 mnde, TKP van 380 dae/3 kalw-ers, gemiddelde SP 101/3 en Reproduksie Indeks van 115.

    HART 12-0141 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy het baie goeie eienskappe wat in enige produksiestelsel waarde sal

    toevoeg. Oorweeg hom om vervangingsverse te teel of in enige kruisteling waar jou koeie neig na meer Bos Taurus tipes. Dit is nie moontlik vir elke boer om sy eie vervangingsverse te teel nie – dit maak nie ekonomiese sin nie. Gebruik HART 12-0141 om daardie eienskappe wat die Bonsmara as moederlyn van keuse te vestig in die beesindustrie, in te bring in jou kudde.

    HART 12-0141 is ‘n veilige bul wat struktureel baie korrek is. Sy bespiering is baie goed (oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 133), toplyn is sterk, goeie middelstuk en mooi diepte deur die voorlyf. Sy lengte/hoogte verhouding van 1.19 is ook beter as rasgemiddeld. Sy veldbultoets indeks en pelvisindeks is albei op die groepsgemiddeld. Hy dra oorgenoeg vleis en kyk gerus na sy uitslagpersentasie en karkasopbrengs teelwaarde indekse van 114 en 105 onderskeidelik. Dit is mos in die slagpale waar alles eindig en die afrekening gedoen word!

    Sy teelwaarde indekse is almal redelik binne die reeks van normaal en dit bepaal dan ook sy aanwending. HART 12-0141 is ‘n tipiese “middle of the road” bul en dit is waarop die sukses van die Bonsmara gebou is. Hy sal geen

    negatiewe aspekte in jou kudde bring nie maar sal baie goeie moederlyn eienskappe vestig. As jy kruisteling doen of in die mark is om vervangingsverse te teel, moet jy goed kyk na die bul.

    LOT 8 : HART 12 - 0160Hy is geteel uit AG 03-359 wat ons sterk gebruik het om melk en bouvorm in die kudde in

    te bring en vas te teel. Die moer is GBS 06-049 wat uitstekend teel. Sy was ongelukkig siek en haar laaste TKP was 673 dae aangesien sy nie by die bul was nie en in die kraal gestaan het. Uit haar het ons HART 10-0116 aan Jungfrau Bonsmaras van Christo en Neurath Botha verkoop. Nieteenstaande haar siekte lyk haar reproduksiesyfers nog steeds baie goed.

    HART 12-0160 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul met baie hoë stoetpotensiaal. Hy is dik, breed, vertoon goeie bespiering, baie goeie kapasiteit, mooi diepte deur die voorlyf en ‘n goeie lengte/hoogte verhouding van 1.18. Die toplyn is sterk, agterkwart is goed en die bul is baie mooi in balans. Daar is baie vleis aan die bul en hy is vol oor die lendes, kruis is goed gevul en sy boudspiere heg laag vas. Hy is ‘n meer vroeg ryp bul en dit kan gesien word aan sy vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 109. HART 12-0160 se Veldbulindeks (104) en pelvisindeks (104) wys dat hy eintlik op alle vlakke van meting goed presteer.

    Die aanpasbaarheidseienskappe van HART 12-0160 is uitstekend. Vanaf ‘n breë bek, tot goeie oogbanke, sterk skof, lang stert, sterk bene en goeie kloue. Hy het alles. HART 12-0160 is ‘n baie manlike bul – kyk gerus na die kop, sterk bulnek met goeie verdonkering en goedgevormde skrotum wat perfek hang en 38 cm meet.

    Sy teelwaarde indekse is ook goed – laag op geboorte, genoegsame groei en baie goeie melk. Bulle met hierdie tipe bou-vorm en goeie bespiering en ook wat baie sterk is op melk, is skaars!

    HART 12-0160 is ‘n potensiële stoetbul en ek dink hy kan ‘n baie groot rol speel in die toekoms van die Namibiese Bons-mara. Hy wys alle eienskappe wat die stoetmark soek.

    Stoettelers moet goed kyk na hom!

  • 8

    LOT 9 : HART 12 - 051Hy is geteel uit HART 08-240 (seun van AG 98-3038). Hy is een van die bulle wat die meeste korrektief in die kudde gebruik is, om die hoeveelheid vleis wat aan die raamwerk gepak word, te verbeter. Dit het hy uitstekend reggekry en jy kan gerus na sy ander seuns op die veiling ook kyk. HART 12-0051 kom weereens uit uitstekende moederlyne – NGO 03-007 (Elite Goud) aan vaderskant en JMP 04-0019 en HART 07-170 aan moederskant.

    Al 3 hierdie koeie is nog steeds in die kudde. HART 07-170 se OEK is 23 mnde, TKP 374 dae/6 kalwers, SP van 101/5, RI van 119 en 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers aangebied. Hierdie is uitstaande moederlyne in sy stamboom. HART 12-0051 is ‘n mediumraam bul wat ek op koeie sal gebruik. Hy sal uitstekend doen in speenkalf of osproduksie en is ook die ideale bul vir kruisteling – of selfs as jy net die goeie eienskappe van die Bonsmara in jou kudde wil vestig. Daar is goeie bespiering, genoeg breedte en kapasiteit asook mooi lengte in die bul. Sy lengte/hoogte verhouding van 1.24 is baie beter as die rasgemiddeld. Hy dra vleis - teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte (106), vroeë vetneerlegging (102), uitslagpersentasie (99) en karkasopbrengs (105). Met ‘n Veldbulindeks van 104 en pelvisindeks van 107, bewys hy hom as kyk-weer bul. Hy wys uitstekende aanpasbaarheid – kyk maar na sy Veldbul prestasie. Daar is goeie manlikheidseienskappe in die bul – sterk kop, mooi verdonkering en netjiese skrotum wat 41 cm meet. Sy teelwaarde indekse is baie goed – swaarder op geboorte, uitstekende groeivermoë met baie melk, ver bogemiddelde daaglikse gewigstoename, uitstaande voeromset en baie goeie reproduksie. HART 12-0051 is ‘n baie sterk bul wat die oog sal vang. Hy dra vleis, presteer uitstekend op die veld, is struktureel baie goed aanmekaar gesit en het uitstekende prestasietoets syfers. Vestig of versterk die Bonsmara gene in jou kudde met hierdie tipe bulle!

    LOT 10 : HART 12 - 0009Baie sterk bul wat geteel is uit FCT 06-147 en HJB 02-289. Die FCT-bulle uit Rutland Bons-

    maras is primêr gebruik om groei en raamwerk in die kudde aan te spreek. FCT 06-147 is korrektief gepaar met hoogs reproduksie presterende koeie wat effens klein en platsydig is. HART 12-0009 kom uit uitstaande moederlyne – ouma aan vaderskant is FCT 02-056 (Elite Goud) en moeder is HJB 02-289. Haar OEK is 36 mnde, TKP van 367 dae/10 kalwers, SI is

    102/9, RI is 110 en 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers aangebied. HART 12-0009 is ‘n mediumraam “All Rounder All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Jy kan dadelik die

    goeie kwaliteite en stoetpotensiaal in hom sien – goeie bespiering, sterk toplyn, genoeg breedte en kapasiteit, diep in die voor-lyf en mooi in balans. Sy teelwaarde indekse vir vleis aan karkas is uitstekend – oogspieroppervlakte (125), uitslagpersentasie (122) en karkasopbrengs (115). Ons doen al baie jare ultrasoniese skandering en jy kan groot aandag gee aan die waardes. Dit is beproef en kruisverwys na die Meatco slagstate – wat ons rapporteer, is wat jy kry! Vleis bly ons besigheid.

    Sy aanpasbaarheid op die veld is baie goed – hy blink, is altyd in goeie kondisie op die veld en sy bene en kloue is sterk. Hy vertoon baie goeie sekondêre manlikheidseienskappe – met sterk kop, tipiese bulnek met mooi verdonkering en netjiese skrotum wat 36 cm meet.

    Sy teelwaarde indekse is naby rasgemiddeld sonder enige uitskieter waardes. HART 12-0009 is een van die sterk bulle op die veiling en hy sal aandag trek! Hy vertoon diè eienskappe wat beesboere

    weet, nodig is om ekonomies suksesvol te boer. Stoettelers sal ook graag hierdie eienskappe wil vaslê in hulle kuddes en behoort HART 12-0009 sterk te oorweeg.

  • 9

    LOT 11 : HART 12 - 0209Ons het baie goed gedoen deur die bloedlyne AG 98-0338 en RCO 98-037 selektief te

    kombineer. Die teling van HART 12-0209 is so gedoen. Hy is geteel uit HART 07-0087 en HART 10-0140. Ek moet noem dat HART 12-0209 uit uitstaande moederlyne kom – HJB 04-0027 aan vaderskant en nog steeds in die kudde (kyk gerus na haar syfers op die katalogus) en HART 10-0140 as moeder. Hy is haar eerste kalf as vers en haar OEK is 25 mnde, TKP

    389 dae/3 kalwers, SP is 99/2 en RI is 118. Die droër jare het my geleer dat as daar nie ‘n kalf is nie, is die probleem nog soveel groter. Almal van ons behoort meer klem te lê op die prestasies van die koeilyne.

    HART 12-0209 is ‘n vroegryp mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy vertoon genoegsame bespiering, sterk toplyn, genoeg diepte deur die voorlyf en goeie agterkwart. Daar is genoegsame vleis aan die bul en dit word gekomplimenteer met sy goeie groeivermoë. Hy is ‘n Top Presteerder tydens prestasietoetsing met speenindeks (100), GDT indeks (109), Kleiberindeks (112) en Veldbulindeks (114). Hy was een van die top groeiers in sy groep. Sy vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 132 dra by dat hy altyd in goeie kondisie op die veld is. HART 12-0209 het uitstaande aanpasbaarheidseienskappe vir prestasie op die veld – sterk oogbanke, goeie skof, lang stert en absoluut uitstekend vel en haar. Sy kondisietelling op die veld is altyd goed. Hy is manlik met sterk kop, goeie verdonkering en goedge-vormde skrotum wat netjies hang en 39cm meet. Kyk ook na sy goeie onderlyn.

    Sy teelwaarde indekse is baie goed – laag op geboorte, goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, baie goeie gemid-delde daaglikse gewigstoename, uitstekende veldvoeromsetverhouding en positiewe reproduksie waarde.

    HART 12-0209 is ‘n voorbeeld van die Bonsmara wat ons orals in Suidelike Afrika sien, goed doen. Geen probleme met geboortes, goeie groeivermoë vir beide speenkalf en osproduksie, teel mooi vervangingsverse en kan baie suksesvol in enige kruisteelstelsel gebruik word. Hy sal meeste “foute” in jou kudde regmaak. Meeste boere benodig sò ‘n bul en niks meer nie!

    LOT 12 : HART 12 - 0164Baie sterk bul geteel uit AG 03-0029 en HART 08-0233. AG 03-0029 het uitstekend geteel

    by ons en sy nageslag is goed versprei onder stoet en kommersiële kuddes in Namibië. Nageslag van AG 03-0029 doen uitstekend by EMOK Bonsmaras van Edward Hansen en Johann & Leon Humann van Gobabis. ‘n Kleinseun van hom, AG 12-0044 is Lot 4 op die 2015 Arcadia veiling van Arthur de Villiers. Baie keer is Lot 4 die “flag ship” bul op stoetveil-

    ings. Ons verkoop ook ‘n seun van hom, HART 10-0116 aan Jungfrau Bonsmaras van Christo en Neurath Botha. Met my laaste besoek aan hulle, het HART 10-0116 uitstekend vertoon en ek vertrou dat hulle baie van sy nageslag kan verwag. Daar is maar net sekere bullyne wat konstant goed presteer.

    HART 12-0164 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Jy sal dadelik die stoetpotensiaal in die bul raak sien. Hy is baie goed bespierd, wys sterk toplyn, goeie kruishelling en stertaanhegting, vol dye, “vol vleis” agterkwart en goeie middelstuk. Daar is breedte en lengte in die bul – sy lengte/hoogte verhouding is 1.23 wat ver beter as die rasgemiddeld is. Hy dra genoeg vleis en sal vroeg afrond op die veld - oogspieroppervlakte en vroeë vetneerleg-ging teelwaarde indekse van 111 en 106 onderskeidelik. Hierdie is ‘n uistekende kombinasie in enige vleisbees. Hy is ‘n TOP PRESTEERDER tydens amptelike prestasietoetsing en “Hartebeestloop Boere Prestasie” – speenindeks (101), GDT (110), Kleiber/veldvoeromset (109), Veldbul (117), pelvisindeks (114) en kondisietelling in die top 5% van die groep vanaf speen tot op veiling! Ons kan mos nie vir beter vra nie!

    Daar is uitstaande aanpasbaarheid in die bul – kyk sy stert wat amper op grond hang, pragtige blink vel en haar, sterk bene en kloue asook goeie skofontwikkeling. Hy vertoon baie goeie sekondêre manlikheid – sterk kop, baie mooi verdonkering en goeie skrotum wat 38 cm meet. Jy kan sien hy is pure bul.

    Sy teelwaarde indekse is ook goed gebalanseerd – laag op geboorte, baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë en rasgemiddelde GDT en voeromset. Sy skroumteelwaarde het reeds van -7.7 (huidig) tot -1.5 (nuutste teelwaarde) verbeter. Ek merk op dat AG 03-0029 se nageslag se skrotum teelwaarde indekse jaarliks verbeter soos meer bulnageslag getoets word.

    HART 12-0164 is een van die gunsteling bulle op die veiling. Hy is struktureel baie goed, het uitstekend gedoen met prestasietoetsing en ”Hartebeestloop Boere Prestasie” metings, is aangepas, gehard en kom met baie goeie stamboom. Hy is een van die bulle wat sy stamboom gestand doen en nie net ge-erf het nie. Hy het sy prestasies self verdien. Stoettelers moet mooi na die bul kyk.

  • 10

    LOT 13 : HART 13 - 0048Hy is een van die jonger bulle op die veiling en sal 2 jr en 3 mnde oud wees op veiling. Hy

    is geteel uit die staatmaker bul HJS 03-0016 – hy het werklik ‘n groot impak in ons kudde gehad en op verskeie eienskappe ‘n groot impak gemaak. Die moer is HART 07-0006 met OEK 23 mnde, TKP 352 dae/6 kalwers en RI van 122. Al haar kalwers aangebied, is stoet-goedgekeur en al haar verse word in die kudde gebruik. Dit wil gedoen wees.

    HART 13-0048 is ‘n vroeg ryp mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op beide verse en koeie gebruik kan word. Hy het uitstaande eienskappe – kyk gerus na bespiering, bouvorm, breedte, toplyn en middelstuk. Sy kruishelling en lendes is vol vleis, agterkwart is goed ontwikkel en beide binne en buite dye is goed gevul. Die bul het baie goeie balans en beweeg baie gemaklik. Kyk gerus ook na die sterk beenstruktuur en baie goeie kloue. Vir ‘n jong bul wys hy baie goeie karakter en houding.

    Hy was ‘n TOP PRESTEERDER tydens prestasietoetsing en “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings – GDT (127), Kleib-er/veldvoeromset (126), Veldbul (115), pelvisindeks (101) en sy kondisietelling vanaf speen tot veiling is altyd in die top 5% van die groep. Dit is mos die tipe beeste wat ons wil teel en julle mee wil boer! Sy aanpasbaarheidseienskappe is uit die boeke en sy prestasies op die veld weerspieël dit duidelik. Dit is moeilik om beter te teel as wat jy hier sien.

    Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed ontwikkel vir so ‘n jong bul - kop is sterk, houding is fier en skrotum is mooi gevorm, hang baie goed en meet 39 cm.

    Sy teelwaarde indekse is weereens uit die boeke – laag op geboorte, baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, oorgenoeg melk, baie goeie daaglikse gewigstoename en voerdoeltreffendheid en goeie reproduksie waarde.

    HART 13-0048 is ‘n jong bul met baie stoetpotensiaal. Hy sal nog beter en sterker ontwikkel en my opinie is dat hy ‘n top stoetbul in iemand se kudde gaan word. Stoettelers en ernstige kommersiële telers moet baie mooi na hom kyk. Hy lyk presies soos sy pa en as hy so gaan teel ook – dan het jy die “jack-pot” geslaan met hierdie jong bul!

    LOT 14 : HART 12 - 0187Hy is geteel uit HART 06-0058 en NGO 00-0069. Sy is van die heel beste koeie op Harte-

    beestloop en vanuit haar het ek top stoetbulle verkoop aan EMOK Bonsmaras van Edward Hansen, Tsumis Bonsmaras, Arnold Klein en Werner en Anita Schroer van Duinegeur bo-erdery. Anita was my stoetvee bestuurder en sy ken ‘n bees! Ek gebruik self een seun in die kudde en dit is met ‘n swaar hart wat ek HART 12-0187 aanbied op die veiling.

    NGO 00-0069 se OEK is 30 mnde, TKP is 414 dae/11 kalwers, SP is 104/10, RI is 110 en 89% van al haar kalwers aangebied is stoetgoedgekeur met 7/7 bulle aangebied. Sy speen gemiddeld teen 51,7% van haar liggaamsmassa. Dit is nie al oor die moederlyne nie – HART 06-0058 se ouma aan vaderskant is BHE 03-0104 wat nog steeds in die kudde is. Haar OEK is 34 mnde met TKP 384 dae/10 kalwers. HART 12-0187 kom uit van die vrugbaarste, hoogste reproduserende en beste produser-ende moederlyne in die kudde. HART 06-0058 is by Charlottenberg Bonsmaras van Henning en Barbara du Toit.

    HART 12-0187 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat baie hoë stoetpotensiaal wys. Hy vang dadelik jou oog met sy goeie lengte (lengte/hoogte verhouding van 1.23!), mooi diepte deur die voorlyf, goeie kapasiteit, breedte en bespiering. Daar is baie vleis aan die bul met lendes wat goed gevul is, so ook kruishelling, sterk agterkwart en vol dye.

    Hy is ‘n TOP PRESTEERDER met prestasietoetsing en “Hartbeestloop Boere prestasie” metings – speenindeks (123) en dit kom van sy uitstaande moeder se melkvermoë, GDT (106), Kleiber (102), Veldbulindeks (107) en

    pelvisindeks (100). Hy behou sy kondisie uitstekend op die veld en sy vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks is 128. As ons na alles saam kyk, kan jy nie sommer beter kry as HART 12-0187 nie. Die teelwaarde indekse is van die beste in

    die bedryf – laag op geboorte, baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, oorgenoeg melk, uitstekende daaglikse gewigstoename en voeromset, baie goeie reproduksie waardes en goeie liggaamsmates.

    HART 12-0187 behoort na ‘n stoetkudde te gaan waar sy tipe genetika baie vinnig vermeerder moet word en aan mede-telers en kommersiële boere beskikbaar gestel word. Hierdie tipe bulle sal die vraag en groei in die ras nog meer ver-beter. Ek kan met ‘n geruste hart, HART 12-0187 aanbeveel vir stoetteling.

  • 11

    LOT 15 : HART 12 - 0080Daar is 2 bloedlyne wat ons gebruik om die melkeienskappe in die kudde te verhoog naam-

    lik HART 07-087/AG 03-359 en HJS 03—016. Dit is wat gedoen is met die teling van HART 12-0080 – kyk gerus sy melk teelwaarde indeks wat 104 is. Ons moet ook goed kyk na ons speenkalf kliënte vir wie goeie melksyfers ‘n ekonomiese waarde het. Hierdie kombinasie tel-ing gee nog steeds baie goeie bouvorm, aanvaarbare groei en goeie gemiddelde daaglikse

    gewigstoename en ook goeie voerdoeltreffendheid.Die moer is HART 10-0039 met OEK 24 mnde, TKP 352 dae/3 kalwers, SP is 109/3, RI is 123 en 100% stoetgoedkeuring van

    al haar kalwers aangebied. Ek het haar verkoop aan Harry Erasmus van Erasmus Bonsmaras tydens die droogte tydperk begin 2015. Haar ma BHE 02-127 is ‘n Elite Goud koei en nog steeds in die kudde – kyk gerus na haar prestasies op die katalogus.

    HART 12-0080 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse asook in enige produksiestelsel gebruik kan word. Daar is genoegsame groei en melk vir speenkalf produksie asook genoeg daaglikse gewigstoename en veldvoeromset om osse ekstensief groot te maak. Deur die jare het ons gesien dat verse/koeie met hierdie tipe van bouvorm (soos gewys deur HART 12-0080) die heel beste doen onder ekstensiewe toestande. Oorweeg hom baie sterk om uitstekende bouvorm vervangingsverse te teel met oorgenoeg melk. Natuurlik sal hy ook baie goed doen in ‘n kruisteelprogram veral met Brahman tipe koeie. Sy groot pelvisindeks van 105 is natuulik ‘n ekstra bonus.

    HART 12-0080 is ‘n sterk bul met goeie bouvorm, mooi kapasiteit, goeie sprong van rib, genoeg bespiering en mooi diepte deur die voorlyf. Hy dra baie vleis en is orals goed uitgevul. Sy aanpasbaarheid word goed uitgewys deur sy 107 Veldbulindeks en sy konstante goeie kondisietelling op die veld.

    Sy teelwaarde indekse is ook goed – laag op geboorte, genoegsame groeivermoë, baie melk, goeie GDT en voeromset asook baie goeie positiewe reproduksie waarde.

    HART 12-0080 sal aandag trek op die veiling. Ernstige kommersiële telers moet baie mooi na die bul kyk. Sy goeie eien-skappe is, wat nodig is in enige kudde om meer suksesvol te boer. Oorweeg om hom te gebruik en die vervangingsverse mark te betree – of bring sy goeie bouvorm, uitstekende melkvermoë en goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename in jou kudde in – hetsy suiwer of kruisteel kudde.

    LOT 16 : HART 12 - 0067Hy is geteel uit HJS 03-0016 en CEF 99-0157 – sy is uit die Zinabos stoet van Fourie

    Scheepers. CEF 99-0157 is ‘n Elite Goud koei met OEK 27 mnde, TKP 393 dae/13 kalwers, SP is 100/12 kalwers en RI is 111. 70% van haar kalwers aangebied is stoetgoedgekeur en sy speen teen 48,5% van haar liggaamsmassa. Sommige koeie bly net presteer ongeag hulle ouderdom. Sy het hier baie goed gekombineer met HJS 03-0016 en HART 12-0067 is

    ‘n sterk bul. HART 12-0067 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy wys goeie

    bespiering, mooi kapasiteit, genoeg breedte, mooi diepte deur die voorlyf, sterk toplyn en baie goeie lengte. Sy lengte/hoogte verhouding is 1.27 wat sekerlik van die heel beste op die veiling is. Sy kruishelling is so na aan ideaal as wat kan kom, agterk-wart is goed ontwikkel en sy bene is sterk met goeie breedte oor die hakke. Daar is baie goeie vleis aan die bul met volheid van vleis oor die lendes en goeie binne en buite dye.

    Sy aanpasbaarheid is werklik goed met goeie skofontwikkeling, lang stert, goeie kloue en blink vel en haar. Sy Veldbulindeks wat ‘n aanduiding gee van aanpasbaarheid op die veld is 102. Sy Kleiber/veldvoeromset is 101 wat ook aanduiding gee dat hy baie goed aangepas is op die veld – sy vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 129 is uitstekend en verklaar ism al die bogenoemde eienskappe sy goeie kondisie en aanpasbaarheid. Hy wys baie manlikheid met sterk kop en uitstekende skrotum wat 40 cm in omtrek is.

    Sy teelwaarde indekse is weereens baie goed – basies op rasgemiddeld vir geboorte, baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, genoeg melk met uitstekende daaglikse gewigstoename en voerdoeltreffendheid asook baie goeie reproduksie waardes. Jy kan nie maklik meer ideaal as hierdie kry nie.

    HART 12-0067 is ‘n potensiële stoetbul en stoettelers sal hom vroeg “spot”. Hy het uitstaande kwaliteite en eienskappe wat baie goed gebruik kan word in stoetteling. Hy is ‘n baie goeie presteerder, aangepas, fenotipies doeltreffend, struktureel korrek, manlik en kom met uitstekende stamboom. Oorweeg hom gerus vir jou stoetkudde.

  • 12

    LOT 22 : HART 12 - 0206Top bul wat geteel is uit AG 03-0029 en HART 05-0008 (Elite Goud). Sy is sekerlik onder

    die Top 10 beste koeie op Hartbeestloop met OEK 26 mnde, TKP 375 dae/8 kalwers, SP is 109/7 en RI is 115. Slegs een van haar kalwers aangebied, is nie stoetgoedgekeur nie. Haar ma NGO 01-0023 is 14 jaar oud en nog steeds in die kudde – kyk gerus na haar prestasiesy-fers ook op die katalogus. Hierdie is uitstaande moederlyne en die kudde is gebou op hierdie

    tipe presteerders. HART 12-0206 is ‘n mediumraam bul wat ek vir eers net op koeie sal gebruik. Kyk hoe lyk sy kalwers en dan kan jy besluit of

    hy geskik is om verse oop te maak. Sy raamtipe pla nie soveel soos sy bespiering en breedte vir moontlike kalfprobleme nie. Hy wys baie goeie bouvorm, goeie bespiering, mooi kapasiteit en diepte deur die voorlyf met sterk toplyn. Sy lengte/hoogte ver-houding van 1.18 is ook baie goed. Hy is goed gepak met vleis en die lende, kruis, agterkwart en dye is oor die algemeen goed gevul. Hy het top presteer met speenindeks (100), GDT (115), Kleiber/veldvoeromset (115), Veldbul indeks (97) en pelvisindeks (101). Weereens ‘n bul wat baie goed en baie vroeg afrond op die veld met vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 121. Bogenoemde waardes maak uitstekende kombinasies om met veldbeeste te boer. Hy is baie manlik met sterk kop, mooi pig-ment, goeie verdonkering en goedgevormde skrotum wat netjies hang en 41 cm in omtrek is.

    HART 12-0206 se teelwaarde indekse is ook werklik baie goed – effens swaarder op geboorte, uitstekende voorspeense en naspeense groeivermoë, baie melk, goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename en voeromset asook baie mooi reproduksie waardes. Alles is baie mooi in plek met sy syfers.

    HART 12-0206 is een van die sterker bulle op die veiling. Hy is gemerk as bul met stoetpotensiaal en stoettelers moet baie mooi na hom kyk. Daar is sekerlik van sy eienskappe wat in ander stoetkuddes benodig word.

    LOT 23 : HART 12 - 0180Hy is geteel uit AG 06-350 en WCS 08-0117 – die WCS-diere is almal afkomstig uit die

    Oos-Kaap en het eintlik baie goed aangepas. Die term “Epigenetika” is seker hier van toe-passing – dit beteken dat ‘n dier wat jy nuut inbring na jou omgewing se nageslag in die nuwe omgewing baie beter toegerus is om daar aan te pas. WCS 08-0117 se OEK is 29 mnde, TKP 355 dae/4 kalwers, SP is 97/4, RI is 116 en 100% stoetgoedkeuring van al haar

    kalwers aangebied. Sy speen teen 51,1% van haar liggaamsmassa. Haar ma WCS 04-0100 is ook nog in die kudde met uitstaande reproduksiesyfers. Uit hierdie moederlyn het ek ‘n uitstaande koei (HART 09-0275) aan Harry Erasmus verkoop.

    HART 12-0180 is ‘n vroeër ryp mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Jy kan hom gemaklik aanwend in enige produksiestelsel maar ek sal aanbeveel dat hy gebruik word om vervangingsverse te teel of in ‘n kruisteelstelsel waar die moederlyn effekte van die Bonsmara belangrik is. Beide AG 06-0350 en hierdie spesifieke WCS-moederlyn het baie goeie vervangingsverse in ons kudde geteel. Hy is goed bespierd met oogspieroppervlakte teel-waarde indeks van 132, vertoon mooi diepte en goeie kapasiteit, met genoeg breedte en baie goeie lengte. Sy lengte/hoogte verhouding is 1.22 wat heelwat beter as die rasgemiddeld is. Daar is genoeg vleis aan die bul soos gereflekteer word in sy uit-slagpersentasie en karkasopbrengs teelwaarde indekse van 111 en 95 onderskeidelik. Jy kan sien hy dra ‘n goeie klomp vleis.

    Sy aanpasbaarheidseienskappe is ook baie goed - goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene en goeie kloue met baie mooi blink vel en haar. Sekondêre manlikheid is goed ontwikkel met sterk kop, goeie verdonkering en netjiese skrotum wat simmetries hang en 39 cm in omtrek meet.

    Sy teelwaarde indekse is meestal effens laag – hy kan gerus op jou groter later ryp tipe koeie gebruik word. HART 12-0180 sal ‘n goeie koop wees vir die kommersiele boer wat sy eie vervangingsverse teel of wat vervangingsverse

    vir die mark wil teel. Oorweeg hom gerus ook in enige kruisteelstelsel waar jou koeie se raamgrootte effens moet af en waar meer aanpasbaarheid en moederlyn effek nodig is.

  • 13

    LOT 24 : HART 12 - 0147Hy is geteel uit AG 03-0359 en HART 10-0054. Hy is haar eerste kalf as vers en ek het

    haar verkoop aan Jungfrau Bonsmaras. Sy kom ook uit die CEF 99-0157 bloedlyn – die-selfde as HART 12-0067 (Lot 16). Uit hierdie moederlyn het ek ‘n top stoetbul HART 11-0095 aan Hendrik de Klerk van Gocharus Bonsmaras verkoop. Hierdie moederlyn het uitstekende bulle geteel wat wyd oor Namibië diens doen. Verder terug in die moederlyn het ons AG 99-

    0104 (ek het 2 seuns van hom in die kudde met groot sukses gebruik) en WAT 04-0339 (baie sterk bul van Kruger Bonsmaras wat ek gebruik het).

    HART 12-0147 is ‘n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul met baie goeie stoetpotensiaal. Hy vertoon goeie bespiering en breedte, mooi kapasiteit en diepte, sterk toplyn en goeie lengte. Hy is een van die langer bulle op die veiling met lengte/hoogte verhouding van 1.20. Sy vleiseienskappe is ook baie goed met lendes wat vol vleis is, kruis wat goed uitgevul is, agterk-wart wat mooi ontwikkel is en vol dye. Sy prestasietoets data wys ‘n Top Presteerder met speen (100), GDT (108), Kleiber/veldvoeromset (111), Veldbul (100) en pelvisindeks (104). HART 12-147 se kondisietelling was altyd in die top 5% van die diere in sy groep – hy is aangepas vir ekstensiewe toestande. Hierdie tellings is gereeld en oor ‘n lang tydperk geneem en gee ‘n baie goeie aanduiding van hoe die dier gedy op die veld. Tydens die droogte jare van 2013 en 2015 is kondisietellings gebruik om die beter veldbeeste te identifiseer en presisie voeding te doen om kostes te spaar.

    Die bul se manlikheidseienskappe is baie mooi ontwikkel. Sy skrotumomtrek is 38,5 cm en dit is goed gevorm en hang sim-metries.

    HART 12-0147 is een van die moontlike stoetbulle op die veiling. Moenie dat sy moeder se TKP jou te veel beinvloed nie. Sy is verkoop in 2013 – die droogste jaar in die opgetekende geskiedenis van Hartebeestloop aan Jungfrau Bonsmaras. By hulle was dit nog droër en ek het die beeste gehou op Hartebeestloop. Bestuur het haar prestasie bepaal. Kyk baie mooi na die bul en sit hom op jou lys.

    LOT 25 : HART 12 - 0083Hy is geteel uit HART 07-0087 en HART 10-0033. Hy was haar eerste kalf. Haar OEK is

    24 mnde, TKP van 354 dae/4 kalwers, SP is 110/3 en RI is 122. Haar ma BHE 02-0036 is nog steeds in die kudde en kyk gerus na haar reproduksiesyfers op die katalogus. Hierdie is ‘n uitstaande moederlyn en daar is diere uit die lyn orals in Namibië verkoop.

    HART 12-0083 is ‘n vroeër ryp, mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is dik, breed, met genoeg bespiering en vertoon goeie middelstuk en sterk toplyn. Daar is goeie lengte in die bul met lengte/hoogte verhouding van 1.19 wat beter as die rasgemiddeld is. Ek hou van die bul se vleiseien-skappe – daar is genoeg vleis gepak aan sy raam. Kyk gerus na die lendes, kruis, agterkwart en dye. Sy teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte (93), uitslagpersentasie (91) en karkasopbrengs (98) is baie aanvaarbaar.

    Sy groeivermoë is goed met GDT indeks van 102. Hy presteer ook goed op die veld met Veldbulindeks van 101 – sy baie goeie vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 109 maak dat hy altyd in kondisie bly op die veld. Tydens die droër jare, is dit hierdie tipe diere wat bul vat en suksesvol oorleef op die veld. Dit is teelbeleid op Hartebeestloop om diere te teel wat kondisie behou op die veld en bul vat met minimale ekstra lek. HART 12-0083 sal hierdie eienskap in jou kudde verbeter.

    Sy aanpasbaarheidseienskappe is goed ontwikkel – uitstekende vel en haar, sterk skof, lang stert en sterk bene met goeie kloue. Hy is ook baie manlik met sterk bek, goeie oogbanke, mooi verdonkering en baie netjiese skrotum wat 37 cm in omtrek is.

    Sy teelwaarde indekse is ook baie goed – laag op geboorte, goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, baie melk en baie goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename en voerdoeltreffendheid. Ek verkies bulle wat beide voorspeens en naspeens baie goed groei – dit laat jou toe om die bul te gebruik wanneer jy beide speenkalf en os produskiestelsels beoefen, soos die weiding dit toelaat. Dit is algemene praktyk in Namibië en ons moet bulle teel wat beide stelsels ondersteun.

    HART 12-0083 sal baie goed doen in beide speenkalf en os produksiestelsels. Oorweeg hom gerus om vervangingsverse te teel – daar is baie goeie bouvorm, goeie kapasiteit, aanpasbaarheid, melk, groei en vrugbaarheid vasgeteel in die bul en dit is presies wat jy soek in jou vervangingsverse.

  • 14

    LOT 26 : HART 12 - 0069Hy is geteel uit FCT 00-0065 en NGO 03-0070. Ek en Nico Visser was baie beindruk met

    die bul tydens die uitverkoping veiling van Fortress Bonsmaras. Ongelukkig het die bul te duur gegaan op die dag. Ek het verskeie van sy seuns gesien wat uitstaande teel. HART 06-0074 by EMOK Bonsmaras van Edward Hansen doen uitstekend en so ook heelwat van sy nageslag by Chris Visser van Skatkis Bonsmaras. Die moer is NGO 03-0070 – sy is ‘n Elite

    Goud koei en een van die heel beste koeie in die kudde. Haar OEK is 35 mnde, TKP 400 dae/ 8 kalwers, SP is 110/7kalwers en RI is 104. Sy speen gemiddeld 51,3% van haar liggaamsmassa. Daar is verskeie van haar nageslag verkoop en so ook ‘n top stoetbul HART 08-0240 aan H.V. Murangi. Kyk gerus na die kwaliteit van sy seuns op die veiling.

    HART 12-0069 is ’n mediumraam “All Rounder, All Purpose” bul met baie goeie stoetpotensiaal. Hy het baie goeie bespiering, is breed, vertoon goeie kapasieit, sterk toplyn en goeie lengte. Sy lengte/hoogte verhouding van 1.19 is beter as die rasgemi-ddeld. Daar is werklik nie enige fenotipiese of strukturele tekortkominge aan die bul nie. Hy is ‘n bul uit een stuk met goeie balans. Sy vleiseienskappe is ook baie goed – oogspieroppervlakte (111) en vroeë vetneerlegging (125) is van die beste. Hy was ook ‘n Top Presteerder in alle ander eienskappe wat getoets is – Speenindeks (121), GDT (111), Kleiber/veldvoeromset (106), Veldbul (114) en pelvis (101).

    Sy aanpasbaarheidseienskappe is uit die boeke en so ook sy manlikheid. HART 12-0069 se teelwaarde indekse is ook baie goed – laag op geboorte, baie goeie voorspeense en naspeense groeiv-

    ermoë, genoeg melk, uitstekende gemiddelde daaglikse gewigstoename, baie goeie voeromset en uitstekende reproduksie waarde. Dit is moeilik om bulle te teel wat “reg” lyk, uitstekend doen tydens prestasietoetsing, uitstekend doen met “Harte-beestloop Boere Prestasie” meting, uit goeie stambome kom en nog uitstaande teelwaarde indekse ook het! HART 12-0069 is so ‘n bul!

    Stoettelers moet baie goed kyk na hom. Ek verwag baie van hom en kan hom met vrymoedigheid aan beveel as po-tensiële stoetbul.

    LOT 27 : HART 12 - 0078Hy is geteel uit AG 05-0145 en CEF 99-0004. Sy is een van die ouer koeie in die kudde

    met OEK 31 mnde, TKP 370 dae/13 kalwers, SP is 99/13 kalwers en RI is 114. Sy speen gemiddeld teen 48,4% van haar liggaamsmassa. Sy het uitstekend geteel en nageslag van haar is verkoop aan Guperas Bonsmaras, Suiderland Stoetery BK, Toronto Bonsmaras en Okozonduno Bonsmaras. HART 12-0078 se halfbroer, HART 09-0249 is aan Charlottenberg

    Bonsmaras verkoop. Hierdie is goeie diere geteel uit die lyne. HART 12-0078 is ‘n mediumraam bul wat ek net op koeie sal gebruik vir eers. Daar is nie ‘n probleem met sy bouvorm,

    volwasse massa of skouerhoogte nie – dit is die geboortegewig teelwaarde indeks van 75 wat pla. Kyk eers hoe sy kalwers lyk voordat jy hom oorweeg op verse. HART 12-0078 is ‘n goed bespierde bul met goeie lengte, aanvaarbare kapasiteit en diepte, sterk toplyn en goeie kruishelling.

    Sy aanpasbaarheidseienskappe is goed ontwikkel met pragtige vel en haar, goeie skof, sterk bene en goeie kloue. Sy veld-bulindeks van 102 wys dat hy goed aangepas is om te presteer op die veld. Onderlyn is skoon en die naelvel/skede kombinasie is baie goed. Die sekondêre manlikheidseienskappe is ook baie sterk met goeie kop, sterk oogbanke, mooi verdonkering en baie netjiese skrotum wat simmetries hang.

    Sy teelwaarde indekse is goed gemiddeld – hy is egter swaar op geboorte en sy melksyfer is laag. HART 12-0078 sal goed gebruik kan word in ‘n kruisteelprogram met koeie waar melkproduksie nie ‘n probleem is nie.

    Brahman/Simmentaler FI koeie sal uitstekend met hom paar. Hy sal ‘n klomp goeie Bonsmara eienskappe na so ‘n kruisteel-program bring.

  • 15

    LOT 28 : HART 12 - 0308Beide CEF 04-0462 en AG 98-0338 het baie goeie bouvorm geteel. Met die teling van

    HART 12-0308 het ek die 2 bloedlyne gekombineer. Hy is geteel uit CEF 04-0462 en HART 07-0127. Sy is aan moederskant uit die Woestyn Bonsmara stoet -die diere het baie goed by ons gedoen. Haar OEK is 17 mnde (bul oor die drade!), TKP 433 dae/5 kalwers, SP is 104/5, RI is 115, 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers en sy speen teen 53,9% van haar

    liggaamsmassa. HART 12-0308 is ‘n mediumraam, “All Rounder, All Purpose”, bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is ‘n bul met

    goeie breedte en kapasiteit – vertoon sterk toplyn met goeie agterkwart en baie sterk bene en breë hakke. Sy teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte (113), uitslagpersentasie (110) en karkasopbrengs (118) wys sy goeie bespiering asook die hoeveelheid vleis wat hy dra. Hy sal uitstekende osse teel op die regte koeie.

    Sy aanpasbaarheidseienskappe is ook goed – skofontwikkeling is goed, vel en haar is blink en kort en stert is lank. Hy wys baie goeie kloue met sterk bene. Afstande in die Kalahari is dus nie ‘n probleem vir hom nie. Sy Veldbulindeks (98) wys dat hy presteer onder ekstensiewe boerdery. Hy wys ook baie goeie manlikheid – sy sterk kop, goeie breedte tussen die oogbanke en sterk oogbanke maak ‘n mooi prentjie.

    Sy teelwaarde indekse is ook baie goed – effens swaarder op geboortegewig, uitstekende voorspeense en naspeense groeivermoë, positief op melk, baie goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename en so ook voeromset met goeie reproduksie waarde. Hierdie syfers wys die goeie waarde wat die bul in kuddes sal bring.

    HART 12-0308 is ‘n goeie voorbeeld van die bulle wat ons probeer teel en ook graag wil teel. Bouvorm baie goed met genoeg bespiering, breedte regdeur, goeie lengte, diepte en kapasiteit – asook bulle wat goed aangepas is vir ekstensiewe boerdery, wat baie vleis dra en maklik presteer op die veld. Kyk gerus na hierdie bul – hy is vir stoettelers en ernstige kom-mersiële boere.

    LOT 29 : HART 12 - 0384Aan vaderskant gaan hy terug na AG 99-0104. Ek het 2 seuns van hom in die kudde

    gebruik – AG 04-0427 (pa van HART 12-0384) en AG 04-0175 (verkoop as gebruiksbul aan Hendrik de Klerk van Gocharus Bonsmaras). Die moeder is BHE 03-0005 met OEK 29 mnde, TKP 447 dae/7 kalwers, SP is 97/7, RI is 101 en 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers. Die BHE-koeie (Fortress Bonsmaras) het oor die algemeen uitstekend presteer in

    die Kalahari. HART 12-0384 is ‘n mediumraam, “All Rounder, All Purpose“ bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is ‘n uit-

    stekende voorbeeld van ‘n bul wat fenotipies en struktureel heeltemal reg is. Daar is werklik nie enige eienskap wat kritiseer kan word of “oorgesien” moet word nie. Sy baie goeie balans is opvallend en ook hoe gemaklik hy beweeg. Daar is genoeg bespiering, aanvaarbare kapasiteit en diepte, sterk toplyn en goeie lengte. Hy is goed gevul met vleis.

    Sy aanpasbaarheid is baie goed – skof is goed ontwikkel vir so ‘n jong bul en vel en haar is blink, glad en kort. Die bene is fyner – dit kom van sy pa wat effens fynbenig was en wat primêr gebruik is om jong verse oop te maak. Daar is goeie se-kondêre manlikheid in die bul – sterk oogbanke, ferm kop, mooi verdonkering en goedgevormde skrotum wat netjies hang en 42 cm in omtrek meet.

    Hierdie bul se teelwaarde indekse is goed gebalanseerd – laag op geboortegewig vir maklike gebruik op verse, gemiddelde groeivermoë en goeie reproduksie waarde.

    HART 12-0384 sal goed presteer in enige kudde waar daar fenotipiese of strukturele foute is wat reggemaak moet word. Hy is ‘n tipiese “veilige” bul wat maklik in enige produksiestelsel kan in pas. Oorweeg hom ook gerus vir enige kruisteelstelsel, veral waar groter raam, later ryp tipe vroulike diere gebruik word. Dit is in so ‘n stelsel waar sy aanwending die beste sal wees.

  • 16

    LOT 30 : HART 12 - 0392Hy is geteel uit HART 09-0055 wat in 2014 die topverkoper op die veiling was. Hy is ‘n

    indrukwekkende bul en baie van sy goeie eienskappe kan in HART 12-0392 gesien word. Die moer is HART 07-0057 met OEK 20 mnde, TKP 355 dae/7 kalwers, SP is 99/6, RI is 124 en 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers, Sy is aan Harry Erasmus van Erasmus Bonsmaras verkoop. Haar ma BHE 04-0104 is nog steeds in die kudde. Uit hierdie moed-

    erlyn is uitstekende bulle verkoop aan Chris Visser van Skatkis Bonsmaras, Frans Lottering (Nasionale speenkalf wenner) en Harry Erasmus.

    HART 12-0392 is ‘n raamtipe 3,5 bul wat net op koeie gebruik moet word. Sy swaarder geboortegewig en baie goeie groeisy-fers maak hom ‘n risiko op verse. Jy kan natuurlik die goeie begin wat ‘n swaarder geboortegewig aan hom gegee het, duidelik sien in die bul. Hy is baie goed bespierd, sterk toplyn, baie goeie breedte, goeie kapasiteit en diepte en sterk bene met breë hakke. Daar is soveel meer goeie eienskappe aan die bul wat ek kan noem – maar laat hy vir homself praat!

    Sy vleiseienskappe is van die heel beste – teelwaarde indekse is as volg: oogspieroppervlakte (118), vroeë vetneerlegging (113), marmering (112) en karkasopbrengs (115). Hy was ‘n Top Presteerder op alle vlakke van prestasietoetsing en “Harte-beestloop Boere Prestasie” meting met GDT (121), Kleiber/veldvoeromset (112), Veldbul (110) en pelvisindeks (113). Op die koop toe, is sy kondisietelling oor seisoene heen van die beste in sy groep. Hy groei op die veld, is aangepas, produseer baie vleis en is gou in kondisie – wat meer soek ons in ‘n vleisbees?

    Sy aanpasbaarheid is uitstaande – kyk gerus na die blink en gladde vel asook kort hare. Hy vertoon ook baie goeie pigmen-tasie. Hy is ‘n baie manlike bul - kop is sterk, breed tussen die oogbanke, mooi verdonker en baie goeie skrotum van 39 cm.

    Sy teelwaarde indekse is presies soos die bul lyk – van die beste. Swaarder op geboorte, baie groei, genoeg melk, baie vleis, hoë daaglikse gewigstoename, uitstekende veldvoeromset en goeie reproduksie.

    HART 12-0392 is ‘n definitiewe kyk-weer bul. Hy kan in enige produksiestelsel met groot sukses aangewend word. Hy vertoon baie goeie stoetpotensiaal en stoettelers wat bietjie raamwerk, groei en “woema” benodig, hoef nie verder te soek nie.

    LOT 31 : HMB 12 - 0035Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

    As ‘n mens van bulle met “background music” praat, is die meeste bulle uit die AG 04-427-lyne verseker sulke bulle. HMB 12-0035 is geteel uit HART 08-0141, ‘n seun van AG 04-0427. HART 08-0141, het ‘n groot impak op ons kudde gemaak, en vanjaar is die eerste jaar waar sy nageslag uit ons stoet verkoop word. HART 08-0141, teel beide goeie bulle en

    verse wat getuig van goeie erfdwang. HMB 12-0035 se moeder, HMB 04-0072, kalf vir die eerste keer op 34maande, het ‘n TKP van 415 dae vir ses kalwers, wat

    sy almal gespeen het met ‘n gemiddelde speenindeks van 93. Haar reproduksie-indeks is 102 - baie goeie produksiesyfers vir koeie wat onder ekstensiewe toestande volhoubaar moet produseer. Sy is geteel uit die geharde “Bristo”-lyn JRB H5, wat op sy tyd in baie kuddes in Namibië ‘n groot impak gemaak het.

    HMB 12-0035 is een van die mees uitstaande bulle by ons jaarlikse aanbieding van bulle. Die bul is ‘n toonbeeld van goeie breedte regdeur, goeie lengte en baie goeie kapasiteit. Dus kort en kragtig: Diè bul dra vleis! Baie indrukwekkend van die bul is sy manlike kop, die breedte tussen sy oë en die mooi verdonkering rondom die oë.

    Aanpasbaarheid is van die belangrikste eienskappe wat in ons Namibiese kuddes vereis word vir volgehoue top produksie, en HMB 12-0035 het sommer baie van hulle: ‘n Besondere gladde, glansende haar vir hitteweerkaatsing, die lekker lang stert, sy mooi kort skede en dan sy pragtige pigment op die punt van die skrotum, sy sterk bek en rondom sy oë. Die prominente oogbanke beskerm sy oë ook goed.

    HMB 12-0035 is ‘n bul met goed ontwikkelde sekondêre manlike eienskappe: Sy sterk oogbanke, sterk bek, pragtige skof-ontwikkeling, vertikale plooie op die nek en goeie diepte in die voorkwart.

    Hy het goed gevormde bene en kloue, baie mooi testis en ‘n skrotum omvang van 34,5cm. Let op sy baie goeie balans en mooi bespiering, veral die lang boudbespiering tot amper op die hakke.

    HMB 12-0035 is ‘n mediumraam, klipharde bul met hope stoetpotensiaal. Hierdie bul behoort in enige kudde ‘n positiewe bydrae te maak. Die bul behoort ook baie goed te doen in speenkalf sowel as os-produksiestelsels.

  • 17

    LOT 32 : NN 11 - 0024Bul vanaf gasverkoper: Millekena Bonsmaras

    Hy is so gehard soos sy omgewing en aangepas daarby.

    NN11-0024 is hier soos wat hy pas uit ‘n kudde van veertig verse gehaal is, waarby hy vanaf begin Januarie was. Saam met die verse was hy slegs op ‘n fosfaatlek as aanvulling, en hy gaan vanaf middel April afgerond word op die veld met ‘n kragvoer om hom veilingsgereed te kry.

    ‘n Bul wat stam uit ‘n baie vugbare moederlyn: Moeder NN 07-0132 kalf vir die eerste maal op ouderdom 28 maande en sy handhaaf ‘n tussenkalfperiode van slegs 382 dae oor 5 kalwers met ‘n reproduksie indeks van 113. Sy Grootmoeder spog met ‘n TKP van 360 dae.

    Hy vertoon sterk manlikheid in sy voorlyf met ‘n sterk bek, en besondere goeie bespiering in sy voorbene, met goeie lengte en spong van rib. Bespiering wys ook duidelik op sy agterkwart met ‘n goeie lengte tussen heup- en sitbeen.

    Weens sy prominente voorkwart moet die bul slegs op groter verse en koeie gebruik word.

    NN11-0024 sal goeie teeldiere sowel as osse teel.

    LOT 33 : JS 11 - 0010Bul vanaf gasverkoper: Swartrandt Bonsmaras

    Die bul is een van ons heel bestes en is ook deur ons self in die kudde gebruik. Hy is op ons uitgesoekte stoetkoeie gebruik sowel as op ons uitgegroeide verse.

    Aan vaderskant kom hy uit AG-03-214, die seun van AG – 98 - 0338. AG-03-214 is deur Ar-cadia Stoetery (Athur De Villiers) in die R.S.A geteel, en ons het hom by Marloo Bonsmaras

    gekoop. Almal is bekend met die sterk genetiese agtergrond. HBD 00-0088 is JS 11-0010 se ma. Op 15 jaar is sy nog steeds in ons kudde en die sal haar laaste jaar wees. HBD 00-

    0088 is een van ons heel beste koeie en haar nageslag is uitstaande. Sy het ook die Elite goue toekening ontvang vir al haar prestasies. Ons het haar by Hans Deloch gekoop van die Khomas Hochland, in Namibia. Haar oupa is ook AG 92-0237 van die Arcadia Stoetery in Suid Afrika.

    Hierdie bul het ‘n baie goeie stamboom. Die kombinasie van RSA en Namibiese genetika werk en is al oor en oor bewys in die Bonsmara ras.

    HBD 00-0088 kalf op 31 maande die eerste keer. Haar gemiddelde TKP is dan ook 435 dae. Haar reproduksie Indeks is 101 en sy speen 11 kalwers met gemiddelde speen presentasie van 105. Haar goedkeuring verhouding van nageslag aangebied vir SP, is 90%.

    JS 11-0010 se voorkoms val mens onmiddelik op. Hy het besonders sterk bene, met goeie sterk kloue en koot gewrigte. Hy het ’n mooi skof en lekker dik nek. Sy mooi toplyn is ook opvallend.

    Hy het baie goeie bespiering en die binne- en buite duie is vol vleis. Hy is donker van kleur en het gladde vel met baie goeie skrotum Die skede /naelvel kombinasie is van sy sterk punte.

    JS 11-0010 se speenmaternale syfer is bo die ras gemiddelde. Sy ma se gemiddelde speen indeks oor al haar kalwers gespeen bevestig dit. Indien daar melk in u kudde kort , is hy die bul. Goeie melk syfers in enige kudde help met swaarder speenkalwers, swaarder osse en goeie vervangingsverse. Sy blup syfers is almal by die ras gemiddeld en beter.

    JS 11-0010 doen ook baie goed op die veld en die goeie Kleiber syfers beklemtoon dit. Die jaar met die min reën was sy kondisie telling altyd net beter as die res van die groep. Hy is die plaas se gunsteling bul en loop en praat heeltyd met homself.

    Die bul sal ek op ‘n groot verse en koeie gebruik. Hy sal gewis sy merk in enige kudde maak. JS 11-0010 is ook my keuse bul van die veld af.

  • 18

    LOT 47 : HART 12 - 0118Hy is geteel uit HART 08-0240 en HART 07-0122. Kyk bietjie na die moederlyne wat be-

    trokke is by die teel van HART 12-0118 – ouma aan vaderskant is Elite Goud koei, ouma aan moederskant is Elite Silwer koei en moer is Elite Brons koei. Hierdie teling gee nuwe dimensie aan die term dat uitstaande vrugbaarheid hoogs herhaalbaar is.

    HART 07-0122 se OEK is 29 mnde, TKP van 375 dae/5 kalwers, SP is 104/5 en RI van 113. Sy reproduseer soos haar ma – absoluut uitstekend! Ek het ‘n uitstaande bul HART 09-0181 uit hierdie moederlyn aan Johann Human verkoop.

    HART 12-0118 is ‘n raamtipe 3,5 bul wat slegs op koeie gebruik moet word. Sy geboortegewig, sterk bespiering en volwassa massa maak hom ‘n risiko om op verse te gebruik. Hy is ‘n voorbeeld van die tipe vleisbeeste wat ons moet teel om optimaal te boer. Daar is goeie bespiering en breedte, goeie middelstuk, sterk toplyn, goeie lengte en goeie agterkwart. Sy potensiaal om klomp vleis te lewer is baie goed – teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte (125) en karkasopbrengs (117). Jy kan ook visueel sien dat die bul baie vleis aan sy raam gepak het. Hy was regdeur ‘n uitstaande presteerder – speen (107), GDT (116), Kleiber/veldvoeromset (107), Veldbulindeks (116), pelvisindeks (101) en vroeë vetneerlegging (108). Dit wat belangrik is om vleis te produseer, het hy in oormaat.

    Die bul se aanpasbaarheid en manlikheid is baie goed. Sy voor-veiling gemete skrotumomtrek is 38,5cm. Sy teelwaarde indekse is ook baie goed – swaarder op geboorte, uistaande voorspeense en naspeense groei, baie melk,

    hoë gemiddelde daaglikse gewigstoename, uitstaande voeromset en baie goeie reproduksie waardes. HART 12-0118 kom laat in die ring op die veiling. Moenie dat dit jou beinvloed nie! Die veilingsvolgorde word so saamgestel

    dat daar gedurigdeur goeie bulle moet wees anders trek die veiling “dood”. Kyk baie goed na HART 12-0118 – hy bring ‘n klomp, baie baie goeie eienskappe na die tafel.

    LOT 48 : HART 12 - 0121Hy is geteel uit CEF 04-462 (sien die “stoetvaar” skakel bo om sy foto te sien) en BHE

    04-0145. Sy is een van die uitstaande moederlyne in die kudde en presteer baie goed. Haar OEK is 30 mnde, TKP 356 dae/8 kalwers, SP is 96/7 kalwers, RI is 115 en sy het 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers aangebied.

    HART 12-0121 is ‘n mediumraam, “All Rounder, All Purpose” bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy het goeie bespiering, genoeg breedte, baie mooi middelstuk en goeie diepte deur die voorlyf. Sy toplyn is sterk en hy vertoon baie goeie lengte. Sy lengte/hoogte verhouding is 1.21 wat natuurlik baie beter as die rasgemiddeld is. Sy potensiaal om klomp vleis te teel is baie goed – teelwaarde indekse vir uitslagpersentasie en karkasopbrengs is 100 en 102 onderskeidelik. Sy bouvorm wys ook duidelik dat hy goed gepak is met vleis.

    Die bul het baie goed presteer tydens prestasietoetsing en ook met “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings – GDT (108), Kleiber/veldvoeromset (106), Veldbultoets (106), pelvisindeks (99) en vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 100. Sekere bulle doen goed in sekere fasette en ander bulle doen goed in alle fasette. HART 12-0121 val in die laaste groep.

    Sy aanpasbaarheidseienskappe is van die beste – mooi skofontwikkeling, uitstaande blink vel en haar, lang stert, sterk bene en goeie kloue. Die bul wys ‘n baie goeie skoon onderlyn. Daar is goeie ontwikkeling van sy sekondêre manlikheidseienskappe – sterk kop, breed tussen die oogbanke, goeie verdonkering en netjiese, skoon en gladde skrotum wat simmetries hang en 37 cm meet.

    Sy teelwaarde indekse is ook baie goed. Basies op rasgemiddeld vir geboorte, goeie algehele groeivermoë, hoë daaglikse gewigstoename, goeie voeromset, positiewe reproduksie en amper ideale liggaamsmates.

    HART 12-0121 sal baie goed doen in beide speenkalf en osproduksie stelsels. As jy enigsins groeivermoë, aanpasbaarheid of vleis aan jou diere wil pak, is hy sekerlik die bul wat sy hand opsteek. Kyk ook na hom as jou koeie bietjie te veel platsydig is en jy breedte en raam wil verbeter.

  • 19

    LOT 50 : HART 12 - 0261Hy is geteel uit AG 07-0400 en VBB 08-0076 – sy is ‘n Elite Brons koei. Haar OEK is 29

    mnde, TKP van 351/5 kalwers, SP is 107/5 kalwers, RI is 116, 100% stoetgoedkeuring van al haar kalwers en speen gemiddeld teen 51% van haar liggaamsmassa. Uit haar het ek ‘n baie mooi dragtige vers aan Charlottenberg Bonsmaras en ‘n uitstekende bul HART 10-202 aan Ben Mouton van Wagner Bonsmaras verkoop.

    HART 12-0261 is ‘n mediumraam (3,5) bul wat ek op koeie en uitgegroeide verse sal gebruik. Soos sy pa, oupa (AG 02-0251) en oupagrootjie (AG 98-0338), is sy bespiering baie goed. Daar is genoeg breedte, goeie middelstuk, sterk toplyn, goeie agterkwart en goeie lengte in die bul. Sy lengte/hoogte verhouding van 1.20 is baie goed en dra by tot die goeie balans van die bul. HART 12-0261 vang dadelik die oog. Sy vleispotensiaal is uit die boeke – teelwaarde indeks vir oogspieroppervlakte is 136. Onthou bespiering is niks anders as vleis, wat op sy beurt gewig gee en wat op sy beurt weer geld gee. Hy het ook baie goed gedoen tydens toetsing – beide amptelike toetsing en die “Hartebeestloop Boere Prestasie” metings – speen (112), GDT (115), Kleiber/veldvoeromset (113), Veldbulindeks (117), pelvisindeks (102) en teelwaarde indeks van 114 vir vroeë vetneerleg-ging. Hy groei uitstekend, is baie goed aangepas op die veld en kom gou in kondisie – dit is 3 eienskappe wat belangrik is vir ons winsgewindheid in die vleisbees industrie.

    Hy is sekerlik een van die bulle wat die meeste en opsigtelikste aanpasbaarheidseienskappe wys op die veiling. Kom kyk maar self. Die bul wys ook goeie manlikheid met mooi verdonkering en ‘n baie goed gevormde skrotum wat uitstekend hang en 37 cm in omtrek meet.

    Sy teelwaarde indekse is uitstekend – amper op rasgemiddeld vir geboorte, baie goeie groeivermoë, genoeg melk, goeie GDT, baie goeie voeromset en goeie reproduksie waarde. Jy kan werklik nie die bul se waardes kritiseer nie.

    HART 12-0261 kom uit ‘n beproefde vaderlyn wat die grootste bydrae gemaak het in die Bonsmara ras – hy kom uit ‘n moed-erlyn wat alreeds op jong ouderdom baie goeie diere geteel en verkoop het. Hy is ‘n TOP PRESTEERDER ongeag waarvoor hy getoets is. Maak plek vir hom in jou kudde.

    LOT 53 : HART 12 - 0253Hy is geteel uit HART 08-0240 en BHE 03-0015. Haar OEK is 28 mnde, TKP van 365

    dae/10 kalwers, SP is 100/10 en RI is 116. Aan vaderskant is die ouma NGO 03-0070 ‘n Elite Goud koei. Uit BHE 03-0015 verkoop ons diere aan Timco Bonsmaras, Human Boerdery, Springputz Bonsmaras, Guperas Bonsmaras en Arnold Klein Boerdery. Sy teel konstant verkoopbare diere.

    HART 12-0253 is ‘n mediumraam, “All Rounder, All Purpose” bul wat op beide koeie en uitgegroeide verse (24 maande) ge-bruik kan word. Die goeie lengte van die bul is opvallend. Hy wys genoegsame bespiering, goeie toplyn vir so ‘n lang bul, mooi agterkwart en sterk bene. Daar is genoeg vleis aan die bul en teelwaarde indekse vir uitslagpersentasie en karkasopbrengs is 96 en 105 onderskeidelik, wat beide aanvaarbaar is. Kyk gerus na die volwasse massa teelwaarde indeks van 113 – die ekstra gewig van hierdie bul kom uit sy lengte.

    HART 12-0253 het goed gedoen tydens die groeitoets onder ekstensiewe toestande en eindig met GDT indeks van 102. Beide die Kleiberindeks (98) en Veldbulindeks (97) wys dat hy goed presteer onder ekstensiewe veldtoestande.

    Hy is baie goed aangepas vir sy omgewing. Kyk gerus na die baie goeie vel en haar, skofontwikkeling, sterk bene en goeie kloue. Goeie loopvermoë is van groot belang in die ekstensiewe omgewings waar kampgroottes tot 1000 hektaar kan wees. Goeie balans, sterk bene en goeie kloue wat hou, maak hier die groot verskil in diere wat hou of nie hou nie.

    Daar is genoeg manlikheid in die bul – sy kop is manlik, daar is genoegsame breedte tussen die oë, sy verdonkering is goed en hy vertoon ‘n baie goeie skrotum wat 40 cm meet voor-veiling.

    Sy teelwaarde indekse is baie goed – ligte geboortegewig, baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, oorgenoeg melk, goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename, baie goeie voerdoeltreffendheid en uitstekende reproduksie teelwaarde indeks.

    HART 12-0253 sal goed doen in beide speenkalf en os produksiestelsels. Daar is baie goeie voorspeense groei en baie melk vir speenkalwers. Vir die os produsent gee hy baie goeie naspeense groei, ver bo-gemiddelde daaglikse gewigstoename en baie goeie voeromset. Hierdie eienskappe sal hy natuurlik ook “big-time” bydra in enige kruisteel program – veral waar groei, melk en goeie gewigstoename te kort skiet.

  • 20

    LOT 54 : HART 12 - 0306Hy is geteel uit AG 03-0029 en VBB 07-0138. Sy is uit een van ons top moederlyne geteel

    naamlik CJJ 03-0031 wat uitsonderlik presteer. Kyk gerus na haar reproduksie syfers op die katalogus. VBB 07-0138 se OEK is 29 mnde, TKP is 353 dae/6 kalwers, SP is 104/5, RI is 116, sy speen teen 48,6% van haar liggaamsmassa en het 100% stoetgoedkeuring van haar kalwers aangebied. Ons het slegs een top vers uit hierdie moederlyn verkoop aan Jungfrau

    Bonsmaras, al die ander verse het in die kudde aangebly. HART 12-0306 is ‘n raamtipe 3,5 bul wat slegs op koeie gebruik moet word. Sy volwasse massa, skouerhoogte en bouvorm

    maak dat hy nie op verse gebruik behoort te word nie. Hy wys baie goeie bouvorm, sterk bespiering, goeie breedte met ‘n mooi middelstuk en baie goeie lengte. Sy pa het uitstekende voorspeense groeivermoë en sy ma is baie hoog op melk – hy speen teen 324 kg met speenindeks van 119. Jy kan dadelik sien dat die bul vleis dra – sy teelwaarde indekse vir oogspieroppervlakte (105), uitslagpersentasie (110) en karkasopbrengs (120) beaam dit.

    Hy het baie goeie aanpasbaarheidseienskappe – vel en haar is uit die boeke, stert hang amper op grond, skofontwikkeling is goed en sy bene en kloue is ook baie sterk. Sy Veldbulindeks (98) wys dat hy heel goed aangepas is vir veldtoestande. Daar is goeie manlikheid in die bul – sy kop en sterk oogbanke maak ‘n mooi prentjie, verdonkering is aanwesig en hy vertoon ‘n baie goeie skrotum wat 39 cm meet. Sy manlike voorkoms wys dat sy geslagshormone baie mooi in balans is.

    Sy teelwaarde indekse wys ook baie duidelik die waarde van HART 12-0306 as teeldier – effens swaarder op geboortegewig, van die heel beste voorspeense en naspeense groeivermoë op die veiling, genoeg melk, uitstekende daaglikse gewigstoe-name met baie goeie voeromset en ook baie goeie reproduksie waarde. Jy kan HART 12-0306 met geruste hart in enige produksiestelsel gebruik en hy sal groot impak maak.

    HART 12-0306 is een van die sterk bulle op die veiling. Hy het goeie bouvorm, baie vleis, uitstekende groeivermoë, ge-noeg melk, hy is aangepas vir die veld en kom uit bewese stambome. Maak ‘n merk by sy lotnommer en kom kyk weer een slag na hom voordat jy jou finale keuse maak.

    PROGRAMME

    AGRA / HARTEBEESTLOOP BOEREDAG / FARMERS’ DAY

    09H10 Kyk hoe teel ons POENAS! Have a look at our POLLED Bonsmara breeding program! Joggie Briedenhann

    PROGRAM /

    09H45 Boerdery in Suideliek Afrika - as jy die spelreëls ken, EN JY! Prof Theo Venter Know the rules of the game and win with farming in Southern Africa

    10H30 Dit is alles in die skrotums. It all has to do with the scrotum Dr Martin Ferreira11H30 Is ons almal in dieselfde bootjie met die droogte? Are we in the same boat with the drought Kobus Marais12H15 PRAKTIES/PRACTICAL: Martin toets bulle en ons neem deel We take part Dr Martin Ferreira

    SKROTUMS, VRUGBAARHEID & DROOGTE

    14:00 Ons punt die Veldbulle We score the Veld Bulls Joggie Briedenhann 14:30 Bulle deur die ring, bespreking & saam kuier!Bulls through the ring, discussion and socializing! Kiep Lepen Japie Bestebreurtjie & Joggie Briedenhann

    VELDBULLE & VEILINGSBULLE

    POENAS

    Donderdag 28 Mei 2015 Thursday 28 May 2015

    BOERDERY in Suidelike Afrika.A BETTER LIFE

    Ons nooi jou hartlik uit om die besondere dag met ons te kom geniet! Alle lesings is gratis en middagete is N$ 40.00 per persoon.

    We cordially invite you to attend this special day with us! All lectures are free and lunch is available at N$ 40.00 per person.

  • 21

    ALGEMENE INLIGTING

    1. Siektevrye status Alle diere se gesondheidstatus is op dieselfde standaard – of dit kommersiële of stoetdiere is, maak geen verskil nie. Diere se inentings en doseerprogram is alles op datum volgens die program voorgeskryf deur elke verkoper se veearts. Almal is Multiminerale en Multivitamiene gespuit. Die bulle is ook ge-ent vir Vibriose. Dit is goed om te weet dat selfs jou kommersiële aankope “vry is van enige siektes”.

    Alle vroulike diere word as dragtig gesertifiseer verkoop of verkoop met kalf aan voet. Daar is geen opsie van “by die bul geloop nie”. Oop verse word so gesertifiseer en kom met veearts aanbeveling dat hulle geslagsorgane klinies ondersoek is en dat daar geen sigbare of kliniese abnormaliteite gevind is nie. Waar moontlik, haal ons die risiko uit die aankoop van diere. Lees meer hieroor op ons webwerf.

    2. Vroulike diere op die veilingKom vergewis jouself van die gehalte van die vroulike diere op die veiling. Hierdie vroulike diere behoort ‘n betekenis-volle bydrae te lewer tot die gehalte van jou kudde. Die koeie en verse sal op enige ander plek net so goed, indien nie beter, doen as waarvandaan hulle kom. Daar is altyd ‘n gesonde aanvraag na goeie Bonsmara vroulike diere. Dit is ook reg so – ons is mos die moederlyn ras van keuse! Daar is meer as 100 vroulike diere vir jou om uit te kies – dit sluit die vroulike diere van die gasverkopers in. Dit maak dit mos die moeite werd om die veiling by te woon! Kyk gerus na die kalwers wat almal van baie goeie gehalte is. Die dragtigheidstatus van die vroulike diere sal op die dag van die veiling beskikbaar wees. Dragtigheidsertifikate sal deur die veearts uitgereik word. Ons is terdeë bewus dat 2015 ‘n moeilike jaar is vir die verkope van vroulike diere. Daarom is net die bestes uitgekies vir die veiling. Hartebeestloop konsultante het hierdie diere een-vir-een uitgesoek by ons en ook by die gasverkopers. Maak gebruik van hierdie geleentheid om baie goeie teelmateriaal teen heel moontlik baie bekostigbare pryse te bekom. Ons kry baie positiewe terugvoer van kopers wat oor baie jare heen gereeld vroulike diere op Hartebeestloop veiling aangekoop het. Kom soek jou vervangingsverse uit op die veiling.

    3. Gratis vervoerOns lewer gratis af – as die pad begaanbaar is word die diere op die plaas afgelewer. Ons lewer ook diere gratis af by die groter sentra in die RSA aangesien ons vragmotors vir saad en kunsmis moet gaan vir die nuwe plantseisoen. Di-ere word ook gratis afgelewer op Ghanzi en Gabarone. Gratis aflewering is ‘n betekenisvolle besparing vir jou en ook ‘n baie goeie motivering om wel die veiling by te woon. Dink net – geen moeite, geen reëlings wat jy hoef te tref nie en ook geen vervoer rekening nie!

    4. Akkommodasie Daar is ‘n verskeidenheid van gastehuise, B&B’s, gasteplase en hotelle, in of naby Stampriet. Ons het ‘n lys van beskikbare akkommodasie in die area op ons webwerf (www.bonsmara.com.na) met kontaknommers daarby. Stam-priet (dorp) is ongeveer 35 km vanaf die plaas geleë. Mariental is weer is weer omtrent 55 km vanaf Stampriet.

    Ons ondervinding is dat meeste mense kom vir beide die Boeredag (28 Mei), sowel as die veiling (29 Mei). Maak dus seker dat jy vroegtydig behuising bespreek!

    Vir enige verder inligting of hulp, kontak gerus:

    Jaco van Vuuren (All Round Namibia, Tours & Transfers)+264 61 259 831 / +264 81 246 3245, [email protected]

    Besoek www.bonsmara.com.na vir volledige lys van gastehuise en ander akkommodasie. Jaco sal ook graag help en kontak hom gerus.

  • 22

    5. Kaart en GPS koördinate Kry meer inligting op ons webwerf :www.bonsmara.com.na (Veiling 2015/Algemene inligting)

    6. Vervoer vanaf Windhoek op Vrydag 29 Mei (die veilingsdag)Vervoer is beskikbaar vir diegene wat graag net die veiling wil bywoon op 29 Mei 2015. Die bussie vertrek vroeg oggend om 06H00 vanaf Windhoek en sal terugkeer direk na die veiling. Met die vertrektyd van 06h00 is daar genoeg tyd vir gaste om nog steeds die veilingsdiere te besigtig asook ontbyt te geniet voordat die veiling begin om 11H00. Indien jy belangstel, kontak Jaco van Vuuren : 081 246 3245 ([email protected]) vir ‘n sitplek op die bussie. Die bussie vertrek vanaf Dr A. B. May straat no 10, Auspannplatz area.

    7. Standard Bank kan help met finansiering!Dit is nou baie maklik om ‘n Hartebeestloop veilingsdier te bekom met behulp van Standard Bank se Finansiering Skema.

    Vir verdere inligting kan die volgende persone by Standard Bank gekontak word:Andre Botes SENTRAAL Tel: (061) 294 2476 Johan van Wyk MARIENTAL Tel: (063)