hartebeestloop veiling...lot 3 : hart 09 - 0247 ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar...

26
1 April 2016 Beste medeboere Ek verstaan die moeilike toestande waarin meeste van ons boere tans is – ek is ook in daardie bootjie! Gelukkig het daar redelik goeie reën oor sekere gedeeltes voorgekom en is die droogte nie so geweldig erg soos aanvanklik voorspel is nie. Dit maak meeste van ons weer lus om te boer en ons passie uit te leef! Ek het lank en hard gedink oor hoe nooi ek jou uit na ons Boeredag en Veiling – wat moet ons doen op die Boeredag en watter tipe diere moet ons aanbied op die Veiling? Wat sal tot jou langtermyn voordeel wees? Die “Groter Plan” agter die Boeredag is om almal beter boere en mense te maak. Dit is om jou beter voor te berei vir veranderde omstandighede. Die onderwerpe is so gekies dat jy tot ‘n groot mate beheer oor die toepassing daarvan het. Boere het min beheer oor inflasie maar baie beheer oor seleksie van winsgewinde diere, speengewig en waarvoor ons gras verkoop! Die sprekers behoort jou aan die dink te sit – jy moet self besluit of jy dit gaan uittoets. Die Boeredag lesings is beplan om die winsgewindheid van sekere boerderyfasette te verbeter en uitbreiding van nuwe geleenthede te ondersoek. Veranderde omstandighede dwing ons na presisieboerdery in die veebedryf en Hartebeestloop Boeredag bied jou ‘n uitstekende geleentheid om meer daaroor te leer. Presisieboerdery is die enigste opsie vir die toekoms. PRESISIEBOERDERY Nou wat beteken presisieboerdery getoetsde diere op die Veiling? Is dit dieselfde as die Bonsmara prestasietoets sisteem? Die Bonsmara sisteem van prestasietoetsing is die beste op die mark. Presisieboerdery getoetsde diere beteken om die mees winsgewinde diere uit te haal uit die groep wat reeds die Bonsmara prestasietoetsing geslaag het. Dit is die beeste wat die meeste wins in die boerdery genereer - baie produktief en hoogs doeltreffend! The best of the best. Dis nie net vir kies met die oog en hart meer nie – die wetenskap maak dit huidiglik moontlik om mooi en goed te kies. HOE BEGIN JY MET PRESISIEBOERDERY? Dit is moeilik vir die boer om onmiddelik oor te skakel na presisieboerdery – dit is ‘n proses oor ‘n tydperk en nie ‘n enkele gebeurtenis nie. Die heel eerste stap is om daardie besluit te neem en dan is die volgende stap om aan te koop op ‘n veiling waar presisieboerdery diere beskikbaar is. As boer het jy beheer oor waar en watter diere jy aankoop. Ek is oortuig dat hierdie meer winsgewende diere nodig is om die langtermyn sukses van boerdery te verseker. Onthou – jy koop in die presisieboerdery filosofie van een van die vrugbaarste en hoogste reproduserende en produserende kuddes beskikbaar. N NUWE INISIATIEF VIR DIE BOER! Ons stel hierdie jaar ook die ELITE-HART vroulike diere sisteem bekend. Slegs uitsonderlike kwaliteit kommersiële vroulike diere word aangebied op die veiling. Alle kommersiële diere word eers deur ‘n Bonsmara senior keurder gekeur en moet ten minste aan ‘n Bonsmara basis dier keuringsvereistes voldoen. Dit beteken struktureel korrek, funksioneel doeltreffend en geskik om mee te boer. Dan ondersoek die veearts klinies vir moontlike geslagsabnormaliteite, geskikte pelvisgrootte en kwaliteit uier en spene. Indien beide die senior keurder en veearts tevrede is, word ‘n GOUE oorplaatjie aangesit waarop die woorde “HART ELITEverskyn. Vir die boer is dit jou waarborg tot kwaliteit! ‘N NUWE INISIATIEF VIR DIE STOETTELER! Ons kies die 3 beste dragtige stoetverse by elkeen van die verkopers. Hulle word aangebied in pakkies van 6 dragtige verse opgemaak uit een vers van elke stoetteler. Dit beteken 6 dragtige stoetverse wat geneties onverwant is en dragtig is van 6 verskillende stoetvaars wat die onderskeie stoettelers gebruik in hulle kuddes. Sulke kwaliteit pakkie-aanbiedings kom selde voor en hierdie is ‘n unieke geleentheid vir die stoetteler. Vrydag 27 Mei 2016, 11H00 op Hartebeestloop, Stampriet HARTEBEESTLOOP VEILING Boeredag Donderdag 26 Mei 2016, 8H30 Joggie [email protected] Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880 www.bonsmara.com.na vir alle bulfotos en bulbeskrywings HART 09-55

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

1

April 2016Beste medeboere

Ek verstaan die moeilike toestande waarin meeste van ons boere tans is – ek is ook in daardie bootjie! Gelukkig het daar redelik goeie reën oor sekere gedeeltes voorgekom en is die droogte nie so geweldig erg soos aanvanklik voorspel is nie. Dit maak meeste van ons weer lus om te boer en ons passie uit te leef!

Ek het lank en hard gedink oor hoe nooi ek jou uit na ons Boeredag en Veiling – wat moet ons doen op die Boeredag en watter tipe diere moet ons aanbied op die Veiling? Wat sal tot jou langtermyn voordeel wees?

Die “Groter Plan” agter die Boeredag is om almal beter boere en mense te maak. Dit is om jou beter voor te berei vir veranderde omstandighede. Die onderwerpe is so gekies dat jy tot ‘n groot mate beheer oor die toepassing daarvan het. Boere het min beheer oor inflasie maar baie beheer oor seleksie van winsgewinde diere, speengewig en waarvoor ons gras verkoop! Die sprekers behoort jou aan die dink te sit – jy moet self besluit of jy dit gaan uittoets. Die Boeredag lesings is beplan om die winsgewindheid van sekere boerderyfasette te verbeter en uitbreiding van nuwe geleenthede te ondersoek. Veranderde omstandighede dwing ons na presisieboerdery in die veebedryf en Hartebeestloop Boeredag bied jou ‘n uitstekende geleentheid om meer daaroor te leer. Presisieboerdery is die enigste opsie vir die toekoms.

PRESISIEBOERDERYNou wat beteken presisieboerdery getoetsde diere op die Veiling? Is dit dieselfde as die Bonsmara prestasietoets sisteem?

Die Bonsmara sisteem van prestasietoetsing is die beste op die mark. Presisieboerdery getoetsde diere beteken om die mees winsgewinde diere uit te haal uit die groep wat reeds die Bonsmara prestasietoetsing geslaag het. Dit is die beeste wat die meeste wins in die boerdery genereer - baie produktief en hoogs doeltreffend! The best of the best. Dis nie net vir kies met die oog en hart meer nie – die wetenskap maak dit huidiglik moontlik om mooi en goed te kies. HOE BEGIN JY MET PRESISIEBOERDERY?

Dit is moeilik vir die boer om onmiddelik oor te skakel na presisieboerdery – dit is ‘n proses oor ‘n tydperk en nie ‘n enkele gebeurtenis nie. Die heel eerste stap is om daardie besluit te neem en dan is die volgende stap om aan te koop op ‘n veiling waar presisieboerdery diere beskikbaar is. As boer het jy beheer oor waar en watter diere jy aankoop. Ek is oortuig dat hierdie meer winsgewende diere nodig is om die langtermyn sukses van boerdery te verseker. Onthou – jy koop in die presisieboerdery filosofie van een van die vrugbaarste en hoogste reproduserende en produserende kuddes beskikbaar.‘N NUWE INISIATIEF VIR DIE BOER!

Ons stel hierdie jaar ook die ELITE-HART vroulike diere sisteem bekend. Slegs uitsonderlike kwaliteit kommersiële vroulike diere word aangebied op die veiling.

Alle kommersiële diere word eers deur ‘n Bonsmara senior keurder gekeur en moet ten minste aan ‘n Bonsmara basis dier keuringsvereistes voldoen. Dit beteken struktureel korrek, funksioneel doeltreffend en geskik om mee te boer. Dan ondersoek die veearts klinies vir moontlike geslagsabnormaliteite, geskikte pelvisgrootte en kwaliteit uier en spene. Indien beide die senior keurder en veearts tevrede is, word ‘n GOUE oorplaatjie aangesit waarop die woorde “HART ELITE” verskyn. Vir die boer is dit jou waarborg tot kwaliteit! ‘N NUWE INISIATIEF VIR DIE STOETTELER! Ons kies die 3 beste dragtige stoetverse by elkeen van die verkopers. Hulle word aangebied in pakkies van 6 dragtige verse opgemaak uit een vers van elke stoetteler. Dit beteken 6 dragtige stoetverse wat geneties onverwant is en dragtig is van 6 verskillende stoetvaars wat die onderskeie stoettelers gebruik in hulle kuddes. Sulke kwaliteit pakkie-aanbiedings kom selde voor en hierdie is ‘n unieke geleentheid vir die stoetteler.

Vrydag 27 Mei 2016, 11H00 op Hartebeestloop, Stampriet

HARTEBEESTLOOP VEILING

Boeredag Donderdag 26 Mei 2016, 8H30

Joggie [email protected] Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880

www.bonsmara.com.na vir alle bulfotos en bulbeskrywingsHART 09-55

Page 2: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

2

Hierdie diere het ook die “HART – ELITE” GOUE oormerk – dit is jou waarborg!

NOG ‘N LEKKER GEDEELTE! Ek kom my belofte na aan die boeregemeenskap en bied hierdie jaar vir die eerste keer 3 x DNA-bepaalde Poena Bonsmara bulle aan. Dit is ‘n eerste vir Namibië! Ons voel opgewonde oor die projek en voorsien dat sulke diere ‘n groot impak gaan hê op die Bonsmara ras in die toekoms.

Ons nooi jou hartlik uit na die Boeredag op 26 Mei 2016 (8H30) en vertrou dit sal ‘n stimulerende dag wees.

Die Veiling is die daaropvolgende dag, 27 Mei 2016, 11H00. Ons bied die beste moontlike presisiegetoetsde diere aan op die veiling. Kom kyk na die kwaliteit!

Sien uit om jou op Hartebeestloop te verwelkom. Vriendelike groete

Joggie Briedenhann & die Hartebeestloop Veilingsgroep

PROGRAMME

AGRA / HARTEBEESTLOOP BOEREDAG / FARMERS’ DAY

09H00 SWAARDER is nie altyd BETER! HEAVIER not always BETTER! Joggie Briedenhann

PROGRAM /

09H30 Geld vir GEWIG of KWALITEIT vleis, of BEIDE Dr Phillip Strydom Money for WEIGHT or MEAT QUALITY, or BOTH

11H30 Gras oor toonbank dalk MEER werd as deur rumen? Wilhelm Mosehuus Grass over the counter perhaps more profitable then through the rumen?12H15 Gras = wenbedryf GRASS = winning business Joggie Briedenhann

GRAS, gras en MEER gras

14:00 Bonsmara ras se 2 beste koeie! Elite Platinum 2015 & 2016 Joggie Briedenhann 15:00 Kyk hoe rekenaars oombliklik help met semen analises! Fonnie Bruwer15:00 Bulle deur die ring, bespreking & saam kuier! Bulls through the ring, discussion and socializing! Kiep Lepen, Japie Bestebreurtjie & Joggie Briedenhann

ELITE KOEIE & VEILINGSBULLE !

SPEENGEWIG die “PROFIT killer” ?

Donderdag 26 Mei 2016 Thursday 26 May 2016

GRADERING - dit werk nie ...A BETTER LIFE

Ons nooi jou hartlik uit om die besondere dag met ons te kom geniet! Alle lesings is gratis en middagete is N$ 40.00 per persoon. We cordially invite you to attend this special day with us!

All lectures are free and lunch is available at N$ 40.00 per person.

10H15 Jy het EEN mond en 2 ore maar jy MOET kan praat... GP van Rheede van Oudtshoorn You have ONE mouth and 2 ears, but you HAVE to be able to speak...

leer LEKKER PRAAT...A BETTER LIFE

HART 09-55

KLIP SAND & GRAS

VERDUIDELIKING VAN DIE KENTEKENS WAT ONS GEBRUIK DEURGAANS: Die KLIP en SAND/GRAS teken toon aan in watter tipe wêreld die bulle groot geword het.

Page 3: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

3

LOT 2 : HART 13 - 0134

LOT 1 : HART 13 - 0174Daar is sekere belangrike vereistes vir Lot 1 op Hartebeestloop veiling. Dit moet ‘n goeie

bul wees om die veiling te open, hy moet op verse en koeie gebruik kan word en moet goeie nageslag gee wat in speenkalf;- os;- en vervangingsvers produksies gebruik kan word. Dit moet dus ‘n veilige bul wees wat in alle produksiestelsels bogemiddeld behoort te presteer. HART 13-0174 is presies so ‘n bul!

Hoor hoe klink sy ma HART 05-0008 se data vir ‘n bulmoeder: Elite-Goue Koei, OEK 26 mnde, TKP 375 dae/8 kalwers, RI is 115, gemiddelde speengewig oor 7 kalwers is 279 kg, speengewigverhouding is 48,5%, stoetgoedkeuring% is 86% en gemid-delde speenindeks is109/7. Ranga Haikali koop ‘n top seun van haar - HART 09-0209 - as stoetvaar vir Haikali Bonsmaras.

HART 13-0174 is ‘n mediumraam bul en is geteel uit bloedlyne wat spesifiek gebruik word vir kalwingsgemak. Sy pa HART 09-0014 word nog steeds in die kudde gebruik om verse oop te maak en sy teling gaan terug na WAT 04-0339 van Frikkie Kruger. Beide bulle aan vaderskant teel konstant uitstekende aanpasbaarheid met pragtige vel en haar. HART 13-0174 se Hartebeestloop veldbulindeks is 105 wat sy goeie veldprestasies en aanpasbaarheid wys.

Hy vertoon goeie bespiering gekombineerd met “easy fleshing” en vroeë vetneerlegging. Hy behou kondisie baie goed. Hy is uitstekend gebalanseerd met lengte;hoogte verhouding van 1:20. Dit beteken hy is 20% langer as wat hy hoog is. Die ou boere het gesê -: “Die bul is sag op die oog”.

Hy vertoon geslagsegtheid, aanpasbaarheid, goeie vleiseienskappe en goeie prestasietoets data. Sy gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) indeks van 111 en Kleiberindeks van 114 wys goeie groei onder veldtoestande. Sy melkteelwaarde van 115 beteken dat hy baie goeie melkeienskappe na sy verse sal oordra.

HART 13-0174 is ‘n uitstekende voorbeeld van waarvoor die Bonsmara bekend is – alles pragtig in balans en geen eien-skap wat oordrewe is of tè hoog is ten koste van ander eienskappe nie. Hy is ‘n uitstekende bul wat baie goed in jou boerdery sal in pas. My aanbeveling – koop Vroeg en Reg op die veiling!

Weereens ‘n sterk HART 09-0055 seun. Hy teel konstant goeie bouvorm en baie vleis. Die moeder is uit ‘n baie vrugbare Hakplaas Bonsmara bloedlyn naamlik GBS 06-0107 en sy is ook ‘n SA Stamboek Elite Goud Toekenningskoei. Sy het uitstekende waardes – OEK 25 mnde, TKP 377 dae/8 kalwers, RI 116 en speen op indeks van 101 en gemiddelde gewig van 247 kg oor 7 kalwers. Dit is hierdie tipe koeie wat verantwoordelik is vir die baie kudde

prestasie toekennings wat Hartebeestloop oor die jare verower het. Konstante goeie presteerdes onder moeilike toestande.HART 13-0134 moet net op koeie gebruik word. Hy is ‘n mediumraam (3.5) bul maar sy sterk bespiering en breedte laat nie

toe dat hy op verse gebruik kan word nie. Hy wys baie goeie kapasiteit, goeie lengte, breedte, sterk toplyn en goeie diepte deur die voorlyf. Vir die boer is dit goed om te weet dat die voorlyf 55% van die karkas se gewig uit maak. En – ons word mos vergoed vir gewig. Deur baie jare probeer ons om goeie diepte deur die voorlyf as belangrike teeldoelwit te vestig. Ons sien die waarde daarvan by ons eie osse wat geslag word.

Hy presteer baie goed tydens die prestasietoetsing met GDT indeks van 110 en Kleiber indeks van 108. Sy teelwaarde indekse wys ook uitstekende voorspeense en naspeense groeivermoë van 114 en 116 onderskeidelik. So ook is sy GDT en voerdoeltreffendheid teelwaarde indekse baie goed. Sy melk en skrotum teelwaarde indekse is 98 en 119. Liggaam mates is ook gebalanseerd met hoogte: lengte verhouding van 1:18.

Hy vertoon goeie manlikheid en baie mooi aanpasbaarheidseienskappe.

BULBESPREKINGS: 45 VAN 45 LOTTEDie Bonsmara het Teelwaarde Indekse ingestel om dit makliker te maak om Teelwaardes te verstaan. Jy hoef nou nie meer te sukkel om klomp waardes te onthou nie. Jy kan jou keuses maak deur na die Teelwaarde Indekse te kyk - dit wys waar die dier is ten opsigte van die rasgemiddeld. Die algemene besluit tussen die wetenskaplikes, tegniese komitee en stoettelers is dat diere met ‘n Teelwaarde Indeks van 80 baie goed aangewend kan word. In sommige gevalle is laer Teelwaarde Indekse vir sekere eienskappe meer gewens as hoër Teelwaarde Indekse. As jy onseker is oor Teelwaarde Indekse, kontak my gerus.

Page 4: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

4

LOT 3 : HART 09 - 0247Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie

elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel ons HART 09-0247 beskikbaar op die veiling. Hy is ‘n seun van AG 98-0338, ons het self die bul vir ‘n aantal jare gebruik, en sy genetika is wydverspreid in die kudde.

So het ons ook HART 09-0247 as jong bul identifiseer en gebruik in die kudde. Sy eie geboortegewig was slegs 32 kg en sy geboortegewig teelwaarde indeks van 110 dui aan dat hy op verse gebruik kan word. Die geboortegewig van sy kalwers is 36kg gemiddeld maar hy is te swaar en te goed bespierd om op verse te gebruik. Gebruik hom op jou heel beste koeie.

Die bul het uitstekende eienskappe en wys sterk bespiering – oogspiere gaan sterk deur tot waar dit in die skof inplant. Toplyn is breed en sterk. Daar is goeie kapasiteit, baie mooi diepte deur die voorlyf, baie goeie breedte, sterk agter die blaaie met goeie agterkwart. Sy bene is sterk en sy kloue is van die beste. Ons het hom op 3 verskillende plase gebruik – van diep sand tot net klip, en sy kloue het uitstekend gehou. Sy aanpasbaarheid is van die beste – hy het orals op ons gronde gewerk, altyd sy kondisie goed gehou en baie koeie gedek.

Hy is ‘n robuuste manlike bul met breë bek, goeie onderkaak, pragtige pigment, sterk ontwikkelde oogbanke, tipiese dik bulnek met dik en los vel en baie goedgevormde skrotum.

HART 09-0247 teel soos hy lyk – struktureel reg, funksioneel doeltreffend en indrukwekkend. Stoettelers wat vinnig vordering wil maak en ook wil gebruik maak van reeds beproefde genetika, moet baie mooi na hom kyk. Ek verkoop nie maklik hierdie bul nie maar in stoetteling is daar ‘n gesegde “Daar is ‘n tyd om te kom, en ‘n tyd op te gaan!”

LOT 4 : HART 13 - 0090Bonsmara staan bekend as die moederlyn ras van keuse. HART 13-0090 is ‘n sprekende

voorbeeld daarvan. Beide sy ouma’s aan vaders-; en moederskant is Elite Goue Toeken-ningskoeie met uitstekende produksie en reproduksiewaardes – kyk gerus op die katalogus. Sy ma HART 05-0027 is ook ‘n Elite Goue koei met OEK 20 mnde, TKP 392 dae/9 kalwers (laaste TKP 386 dae), RI 116 en gemiddelde speengewig van 254kg. Sy is nog steeds in die

kudde en is ‘n “dead certainty” om jaarliks ‘n baie goeie kalf te produseer. As verhoogde vrugbaarheid en reproduksievermoë vir jou die mees belangrikste eienskappe is, moet HART 13-0090 hoog op jou lys wees. Uit haar verkoop ek ‘n top stoetbul HART 09-0073 aan Hochfeldstreek Bonsmaras van Streicher Coetzee en 2015 se topverkoper HART 12-0128 aan Harry Erasmus van Ras Bonsmaras.

Hy is geteel uit HART 09-0055- topverkoper bul op die 2014 veiling - (kliek die stoetvaar skakel hierbo om sy foto te sien) met BHE 03-0083 (Skatkis Bonsmaras van Chris Visser) en NPT 91-0022 in die agtergrond. HART 13-0090 is ‘n mediumraam bul wat ek op koeie en uitgegroeide verse sal gebruik. Hy het uitstaande aanpasbaarheidseienskappe met Veldbulindeks van 102. Hy het uitstekende kombinasie van vroeë vetneerlegging (104) en oogspieroppervlakte (116) teelwaardes – genoeg bespiering maar kom ook gou in kondisie. Daar is goeie bespiering, sterk toplyn, diepte deur die voorlyf, breedte en goeie lengte in die bul. Sy teelwaardes is uitstekend. Hy het goeie voorspeense (135) en na-speense (129) groei teelwaarde indekse, skouerhoogte op rasgemiddeld (100), uitstaande GDT (117) en voeromsetverhouding (120) en ‘n hoogte:lengte verhouding van 1:20.

Sy manlikheid sal jou beïndruk en sy skrotum meet 45.5 cm (teelwaarde indeks van 119) en hang perfek. HART 13-0090 wys baie goeie stoetpotensiaal en ernstige stoettelers moet baie mooi na hom kyk. Sy genetiese lyne is van

die beste in die ras en sy eie prestasies onderstreep sy agtergrond. Hy is een van my stoetboer keuses vir die veiling!

HART 13-0134 kan gebruik word in beide speenkalf en osproduksie stelsels. Daar is baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë met uitstekende veld prestasie om osse op die veld uit te groei. Ek sal graag hierdie bul se kalwers in ‘n kruisteel-stelsel op F1 Brahman X Simmentaler koeie wil sien! Dit sal nou waarde toevoeg by enige kruisteelprogram. Hy kom vroeg in op die veiling en hier is ‘n baie goeie kans om ‘n uitstekende bul te bekom!

Page 5: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

5

LOT 5 : HART 13 - 0035Ek het HJS 03-0016 sterk gebruik in die Hartebeestloop kudde. Hy het baie goeie bulle en

verse geteel – goeie breedte en kapasiteit met baie goeie bouvorm. Sy melkwaarde verander min en dit is nou nog steeds op 101 indeks. Dit wil gedoen wees vir ‘n ou bul! HART 13-0035 is geteel uit HJS 03-0016 en AG 04-0232.

Uit haar verkoop ons 2 uitstekende bulle – HART 08-0136 aan Otto Bank van Gibeon en HART 10-0350 aan Johann Human. Johann is ‘n kommersiële boer en teel pragtige vervangingsverse uit HART 10-0350 wat baie gewild is in die mark.

HART 13-0035 is ‘n mediumraam bul en kan op koeie en verse gebruik word. Hy is uitstekend aangepas met gladde vel en haar, pragtige pigment en goeie skofontwikkeling. Sy Veldbulindeks van 108 bevestig die goeie aanpasbaarheid op die veld. Sy kruishelling is goed, toplyn is sterk en daar is baie vleis aan die bul – goed gevul oor die lendes en die dye. Kyk na die baie goeie balans en sterk bene van die bul – dit is so belangrik in die Kalahari waar goeie loopvermoë amper ‘n oorlewingseienskap is.

Sy manlikheid sal jou dadelik opval. Sterk kop en oogbanke, kop is altyd op, mooi verdonkering op die nekgedeelte en skro-tum wat 38cm meet. Daar is ‘n wit vlekkie voor die skrotum. Hy is ‘n tipies, robuust Hartebeestloop teling.

Sy teelwaardes is goed met lae geboortegewig, goeie voorspeense en na-speense groeivermoë, onder rasgemiddeld op volwasse gewig, goeie skrotumteelwaarde en mooi hoogte:lengte verhouding van 1:17. Navorsing wys die voeromset voordele van langer beeste (binne perke) en goeie lengte is al jare lank ‘n teeldoelwit op Hartebeestloop. Sy eie prestasies is ook baie goed met GDT indeks (113), veldvoeromset indeks (Kleiber) (110), pelvisindeks (111) en Hartebeestloop Boere Wins indeks (106). Al die eienskappe wat vir die boer finansieël belangrik is om goeie inkomste te verseker, is sterk in die bul.

HART 13-0035 is ‘n top bul en die wit vlekkie voor die skrotum mag die stoetteler hinder. Dit bied ‘n goeie geleentheid vir die kommersiële boer om ‘n baie goeie bul te bekom.

Vir die ernstige boer wat graag prestasie in sy kudde wil verbeter – hier is die bul!

LOT 6 : HART 12 - 0269Hy gaan jou dadelik op val as jy die bul sien. Sy kombinasie van uitstekende vel en haar,

bespiering, pigment en houding maak ‘n treffende prentjie. Sy moeder AEJ 06-0113 is ‘n uitsonderlike Elite Goud Toekenningskoei met OEK 23 mnde,

TKP 364 dae oor 8 kalwers (laaste TKP 358 dae), RI 119, gemiddelde speengewig oor 8 kalwers is 268 kg met gemiddelde speenindeks van 102/8 kalwers. Uit haar verkoop ek ‘n

top bul HART 09-0244 aan Human Boerdery en ‘n uitsoek stoetvers aan Jungfrau Bonsmaras. Sy teel konstant nageslag wat in aanvraag is. Aan vaderskant is hy geteel uit AG 03-0029 met TBR 91-0704 in die agtergrond. Hier is uitstekende diere wat die teling opmaak.

HART 12-0269 is ‘n mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Die toplyn, kruishelling, bespiering, kapasiteit, diepte deur die voorlyf, bene, kloue en onderlyn is baie goed. Die bul dra baie vleis – hy is mooi opgevul in die lende, kruishell-ing, dye en “twist” area. Hy het uitstaande aanpasbaarheidseienskappe en het regdeur die prestasietoetsing op die veld baie goed gedoen.

Hy wys uitstekende prestasie data met GDT indeks (128), Veldvoeromset indeks (124), Veldbulindeks (108), pelvisindeks (109) en Hartebeestloop Boere Wins indeks (118). Daar is baie goeie voorspeense en na-speense groeivermoë (indekse 104 en 113 onderskeidelik). As jy groeivermoë in jou kudde wil verbeter, moet jy ernstig na die bul kyk. Hy vertoon ook baie goeie balans met hoogte:lengte verhouding van 1:19. Sy kombinasie van bespiering, “easy fleshing” en vroeë vetneerlegging is presies wat ons wil teel.

HART 12-0269 wys stoetpotensiaal en ek beveel hom aan vir die ernstige stoetteler. Hy wys uitstekende eienskappe wat tot groot voordeel van die uitbouing van die Bonsmara ras aangewend kan word.

Hierdie tipe bulle is baie gewild in die mark.

Page 6: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

6

LOT 7 : HART 13 - 0059Hy is geteel uit HJS 03-0016 wat baie sterk in die Hartebeestloop kudde gebruik is. Daar

is tans 3 van sy seuns wat nog steeds as kuddebulle diens doen. Die moeder is ‘n Sernick Bonsmara koei NFS 04-0375 met OEK 32 mnde, TKP 386 dae/9 kalwers (laaste TKP 376 dae), RI 109, gemiddelde speengewig is 265kg, gemiddelde speenindeks van 101 en uier wat 8 punt op 12 jaar. Sy is ‘n groter raam koei wat uitstekend presteer in die Kalahari.

HART 13-0059 kan gemaklik op verse en koeie gebruik word. Hy is struktureel korrek met goeie bouvorm, mooi kapasiteit en ‘n sterk toplyn. Die lende, kruishelling en dye is mooi gevul met vleis, genoeg bespiering en sterk bene en kloue (5/5).

Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed – pragtige vel en haar met baie goeie skofontwikkeling. Jy kan sommer sien hy sal presteer op die veld. Hy vertoon sterk sekondêre manlikheidseienskappe – kop is sterk, oogbanke goed ontwikkel, mooi verdonkering en skrotum wat simmetries hang en 37 cm meet.

Teelwaarde indekse is ook goed met lae geboortegewig, matige groeivermoë en hoë melkteelwaarde indeks van 110. Sy pa het konstant goeie melk in die kudde gebring en ons kon dit goed kombineer met goeie bespiering.

HART 13-0059 is ‘n goed gebalanseerde bul wat in enige produksiestelsel sy kant sal bring. Hy bring uitstekende eienskappe na enige kudde en kan met geruste hart aangewend word.

Ek sou hom sterk oorweeg om vervangingsverse te teel vir die kommersiële mark. Sy bouvorm, kapasiteit, gladde bespiering, aanpasbaarheidseienskappe en hoë melkteelwaarde indeks sal alles bydra om funksionele verse te teel.

LOT 8 : HART 13 - 0114Hy is geteel uit HART 09-0329 wat ons baie sterk in die kudde gebruik. Hy gaan terug

na AG 03-0029 en AG 01-0152 wat ook sterk gevestig is in die Hartebeestloop kudde. Kyk gerus ook na die seuns van AG 01-0152 wat op die veiling is. HART 09-0329 se halfbroer HART 09-0326 het uitstekend gedoen by Edward Hansen van EMOK Bonsmaras en van sy seuns behoort binnekort op die veilings te kom. Aan moederskant kom hy uit ‘n Marloo

Bonsmara koei JMP 04-0019 met OEK 28 mnde, TKP 376 dae/9 kalwers, RI 113, gemiddelde speengewig is 244kg met 87% stoetgoedkeuring%.

HART 13-0114 het ek self in die kudde gebruik as jong bul. Hy het my toe beïndruk en doen nog steeds so. Hy is ‘n mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Telers sê baie keer dat jy moenie tyd mors met die keuring of

beskrywing van ‘n baie goeie bul nie – maar ek sal ‘n paar uitstaande kenmerke noem. Hy is een van die top presteerders regdeur met prestasietoetsing – beide amptelike toetsing en Hartebeestloop eie toetsing

– Indekse vir Veldbul (124), vroeë vetneerlegging (109), oogspieroppervlakte (118), klou punt (5/5), speen (104), GDT (130), Veldvoeromset (121), pelvis (109) en hoogte:lengte verhouding 1:22.

Manlikheid, aanpasbaarheid, toplyn, kruishelling, dye, bene, bespiering, breedte, kapasiteit en diepte is alles baie mooi in plek.

Teelwaarde indekse is ook uit die boeke – laag op geboorte, baie goeie voorspeense en naspeense groei met baie melk. HART 13-0114 wys hoë stoetpotensiaal en behoort na ‘n stoetkudde te gaan waar vinnige vermenigvuldiging van sy gene

plaasvind. Daar is min bulle waar die voorkoms so goed korreleer met prestasies! Stoettelers wil nie net indrukwekkende bulle teel nie maar wil dit ook kombineer met uitsonderlike prestasies.

HART 13-0114 is so ‘n bul!

LOT 9 : HT 13 - 0052Die kuddebrand HT verteenwoordig die poena kudde wat ons in Suid-Afrika geregistreer het. Die kudde word gesamentlik deur Paul Marè, Martiens Aveling en Hartebeestloop Bonsmaras besit en bestuur. Hoekom Suid-Afrika? – die meeste poena diere was altyd daar beskikbaar. HT 13-0052 is opgeteel uit ‘n kommersiële koei wat Unistel DNA tipeer is as PH. Die kommersiële poena Bonsmara diere is almal deur ‘n senior keurder ge-evalueer

voordat dit in die poena opteelkudde ingebring is. Daarna is hulle almal eers deur Unistel DNA tipeer vir poena gene sodat die visuele waarneming bevestig is deur DNA toetsing.

Page 7: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

7

LOT 10 : HT 13 - 0028Hy is geteel uit JMP 08-0363 en JMP 09-0245. Sy is ‘n SP koei wat Unistel DNA tipeer

is as PH. Sy in intussen oorgeskuif na Namibië en wys goeie reproduksievemoë met OEK 29 mnde, TKP van 422 dae oor 4 kalwers, (laaste TKP 327 dae) en RI 106. Sy speen haar kalwers teen 55.3% van haar eie liggaamsgewig – baie doeltreffende koei. Sy is ‘n mooi mediumraam koei met goeie uier en spene. My gevoel is dat met die regte poena parings sy

baie mooi kalwers gaan gooi.HT 13-0028 is Unistel DNA getipeer as PH en is miskien die beste poena SP bul wat sover uit die gesamentlike poena projek

geteel is. Hy is ‘n raamtipe 3.5 – effens groter as mediumraam wat op verse en koeie gebruik kan word. HT 13-0028 is struktureel kor-

rek met goeie bouvorm, bespiering, kapasiteit, sterk toplyn, regte kruishelling en sterk bene en baie goeie kloue. Hy dra baie vleis met goeie bespiering (oogspierteelwaarde indeks van 116) en is orals goed gevul met vleis.

Spesifiek tot poena beeste: • Die skede en naelvel kombinasie is goed sonder enige teken van prolapse. • Bespiering is goed met oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 116. • Genoegsame groei met GDT indeks van 104. • Goeie manlike kop en breed tussen die oë.

Melk teelwaarde indeks is 108.Sy teelwaarde indekse lyk goed met lae geboortegewig, goeie voorspeense en naspeense groei, baie melk, goeie gewigs-

toename en voerdoeltreffenheidsyfers en groot skrotumteelwaarde indeks van 117.Daar is tans groot belangstelling onder Bonsmara telers om aan die markbehoeftes (nou en die toekoms) te voorsien en

uitstekende poena bulle te teel. Die teling is stadig en goeie poena diere is skaars. My gevoel is dat HT 13-0028 ‘n groot bydrae sal maak om beter poenas te teel en klomp van die eienskappe wat almal mee sukkel in die poena teling, sinvol te verbeter.

Kyk mooi na die bul – hy gaan baie jare se poena-gesukkel spaar!

Die vaar MRW 09-0110 is homosigoties PP Unistel DNA getipeer en kom uit die kudde van Rudolf Guldenpfenning.

HT 13-0052 is Unistel DNA tipeer as PH. Dit is ‘n mediumraam bul wat op koeie en verse gebruik kan word. Hy wys goeie aanpasbaarheid met mooi vel en haar, aanvaarbare skofontwikkeling, lang stert, en goeie bene met baie goeie kloue. Daar is goeie sekondêre manlikheid aanwesig met mooi verdonkering, goeie skrotum wat 37cm meet en mooi simmetries hang.

Spesifiek tot poena beeste: • Die skede en naelvel kombinasie is goed sonder enige teken van prolapse. • Bespiering is goed met oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 108. • Genoegsame groei met GDT indeks van 108. • Tipiese poena kop maar wys genoeg manlikheid en karakter. • Melk teelwaarde indeks is 101.

Die teelwaarde indekse is oor die algemeen baie goed met lae geboortegewig, goeie voorspeense en na-speense groeiver-moë, genoeg melk, baie goeie voerdoeltreffendheidsyfers en goeie skrotumgrootte. Die hoogte;lengte verhouding is 1:24 en jy sal dit maklik opmerk aan die goeie lengte van die bul.

HT 13-0052 is ‘n B - generasie bul. Dit beteken hy is deur die Bonsmara sisteem van prestasietoetsing en is gekeur deur ‘n senior keurder. Hy het ‘n B brand, is DNA getoets en vrugbaar en siektevry deur ‘n veearts gesertifiseer. Kommersiële boere wat graag die goeie Bonsmara eienskappe wil kombineer met poena gene moet baie goed na die bul kyk.

Page 8: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

8

LOT 11 : HART 13 - 0181Hy is een van die bulle uit die harde klipwêreld van Dassiesfontein en boere uit soortgelyke

omgewings sal geen probleem met aanpassing ondervind nie. Hy is geteel uit HART 09-0005 wat ‘n kombinasie van Arcadia en Marloo Bonsmaras teling

is en VBB 06-0107 – sy is suiwer Frikkie Kruger teling. Sy het baie goed aangepas en haar data lyk as volg: OEK 24 mnde, TKP 427 dae (laaste TKP 349 dae), RI 110, gemiddelde

speengewig is 254kg, speengewigverhouding van 54.6%, stoetgoedkeuring% van 100% en gemiddelde speenindeks 106. Uit haar verkoop ek 2 uitstekende verse aan Laurensuis Julius en Thelma von Schauroth van Springputz Bonsmaras en ‘n baie goeie bul HART 12-0212 aan Nabibis Bonsmaras.

HART 13-0181 is ‘n effens groter raamtipe (3,5) wat ek net op koeie sal gebruik. Sy geboortegewig is slegs 32kg en sy geboorte teelwaarde indeks is 100 – maar sy bouvorm maak my skrikkerig vir verse. Hy is baie goed gebalanseerd met goeie bespiering (oogspierteelwaarde indeks van 124), sterk toplyn, dye is goed vol vleis, sterk bene, goeie kapasiteit en breedte en mooi diepte deur die voorlyf. Sy Veldbulindeks van 115 wys sy uitstekende aanpassings-; en prestasievermoë op die veld. Sy kwaliteit vel en haar sal jou beïndruk. Hy het baie goed gedoen met prestasietoetsing met GDT indeks van 117 en veld-voeromset indeks van 106. Sy teelwaarde indekse weerspieël ook sy baie goeie voorspeense en na-speense groeivermoë, uitstekende GDT en voerdoeltreffendheidsyfers.

Die bul se melk en skrotum teelwaarde indekse is onderskeidelik 103 en 121, - moeilik om vir beter te vra. Kyk gerus na sy kop en houding – tipiese Hartebeestloop robuuste teling!

HART 13-0181 is baie geskik vir beide speenkalf en osproduksie. Jy kan hom in ‘n suiwer Bonsmara kudde gebruik of as deel van ‘n kruisteelstelsel. Die Bonsmara groei baie sterk in kruisteling en dit is hierdie tipe bulle wat boere oortuig om die Bonsmara te gebruik.

Die baie goeie groeivermoë en die uitstekende omsetting van veld in vleis is sekerlik sy beste eienskappe.

LOT 12 : HART 12 - 0318Hierdie dik en breë bul sal gou-gou jou oog vang. Ek het hom as jong kalf gemerk en reg

deur sy ontwikkeling en prestasietoetsing het hy my oog getref. Hy is geteel uit AG 01-0152 en ‘n Benchmark koei HJB 05-0068. Haar OEK is 28 mnde,

TKP 373 dae en RI 114 en sy is as ‘n “Golden Oldie” in 2014 verkoop. HART 12-0318 is ‘n mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Kyk gerus

na die baie goeie bouvorm, bespiering, kapasiteit, diepte en breedte van die bul. Daar is klomp vleis aan die bul en hy wys ‘n baie goeie kombinasie van bespiering (oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 109) en vroeë vetneerlegging waarde van 122. Dit is mos wat ons soek – genoeg bespiering maar ook die vermoë om gou in kondisie te kom op die veld. Sy aanpasbaar-heid is uit die boeke met Veldbul indeks van 111. Sy vel en haar, skofontwikkeling, bene en kloue is baie goed.

Hy vertoon baie manlik– sterk kop, breed tussen die oë, tipiese dik bul nek met mooi verdonkering en perfekte skrotum wat 44.5cm meet. Hy presteer goed met GDT indeks van 107 en veldvoeromset indeks van 102.

Sy teelwaarde indekse is ook goed gebalanseerd – laag op geboortewig, goeie GDT, goeie voerdoeltreffendheid, baie melk (107) en groot skrotum (122).

HART 12-0318 wys baie goeie stoetpotensiaal en dit is waar hy hoort - in ‘n stoetkudde waar sy nageslag in die mark kom. Hy sal baie goed aangewend kan word om verse oop te maak – jy sal baie goeie aanteel uit jou verse kry. Hy is egter ook baie geskik om op koeie te gebruik.

Kyk maar baie goed na die bul. Daar is nie baie sulke bulle op die mark nie.

LOT 13 : HART 13 - 0425Hy is geteel uit HART 10-0187 wat teruggaan na HART 06-0058 en BHE 03-0103 van

Fortress Bonsmaras. Ons het beide HART 10-0187 en HART 06-0058 self in die kudde ge-bruik. HART 10-0187 is aan Dries Venter van Tzaus Bonsmaras verkoop en HART 06-0058 aan Henning en Barbara du Toit van Charlottenberg Bonsmaras. Daar is werklik goeie bulle geteel uit die bloedlyn. Die moeder is HART 09-0237 met OEK 24 maande, TKP 377 dae/5

kalwers, (laaste TKP 376 dae), RI 118, gemiddelde speengewig oor 4 kalwers is 263kg en uitstaande speengewigverhouding

Page 9: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

9

LOT 14 : HART 13 - 0015Hy is geteel uit HART 09-0092 wat aan Ernst Erni van Urusis Bonsmara as stoetvaar

verkoop is. Hy is geteel uit AG 98-0338 en een van my top Woestyn Bonsmara koeie. Aan moederskant is hy geteel uit EI lyne van Boesman Bonsmaras – met ouma EI 00-0230 ‘n Elite Goue koei en moeder VBB 06-0123 ook ‘n Elite Goue koei. Hier is werklik goeie presta-sies aan vader- en moederskant. VBB 06-0123 kalf vir die eerste keer op 28 mnde, TKP 356

dae/8 kalwers, RI 117, gemiddelde speengewig van kalwers is 258kg, speengewigverhouding is 45.6% en stoetgoedkeuring% is 100%. Uitsonderlike moederlyn!

HART 13-0015 is ‘n mediumraam bul wat baie goed op verse en ook koeie gebruik kan word. Hy is sterk op toplyn, kruishel-ling, bene, kloue, diepte en goeie lengte. Sy bespiering is uitstekend met oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 134. Kyk goed na die bul as jy bespiering in jou kudde wil verbeter. Hy vertoon goeie breedte en het baie goeie vleiseienskappe. Lende, kruishelling en dye is goed gevul met vleis en hy is sterk agter die blaaie. Hy is baie goed aangepas met uitstekende vel en haar, goeie skof, sterk oogbanke, lang stert en baie goeie balans. Sy pa en oupa het beide uitstekende vel en haar en aanpasbaarheidseienskappe gehad.

HART 13-0015 is ‘n manlike bul met baie mooi en fier houding. Regte kop-op bul met sekerlik hoë libido. Hy wys baie mooi verdonkering van die nekgedeelte, sterk kop, skoon onderlyn en baie goeie skrotum wat 39.5 cm meet en simmetries hang.

Sy teelwaarde indekse is ook goed – laag op geboortegewig, goeie voorspeense en naspeense groeivermoë, baie melk met goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename, uitstekende voerdoeltreffendheidseienskappe en ‘n groot skrotum teelwaarde indeks van 110.

HART 13-0015 wys hoë stoetpotensiaal en behoort na ‘n stoetkudde te gaan. Hy is struktureel korrek, fenotipies doeltref-fend, presteer goed, kom uit goeie bloedlyne met goeie eie prestasies en het ook ‘n baie goeie voorkoms. Hy sal teel soos hy lyk – op die “spot” elke keer!

van 58.9%. HART 13-0425 is ‘n mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Moenie jou steur aan sy geboortegewig van

40kg nie – sy bouvorm en algemene raamwerk maak hom geskik om verse oop te maak. Hy wys baie goeie aanpasbaarheid – goeie vel en haar, sterk oogbanke, skofontwikkeling, bene en kloue en lang stert. Hy presteer baie goed op die veld en sy Hartebeestloop Boere Wins indeks is 111. Dit wat nodig is vir prestasie op die veld, het hy oorgenoeg van. Die bul se bouvorm is baie goed en hy wys uitstekende bespiering (oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 117), goeie kapasiteit, breedte en diepte met sterk toplyn. Kyk gerus ook na die vleiseienskappe van die bul – hy is goed gevul en dra baie vleis.

Hy presteer baie goed met speenindeks (112) – hy self speen 305 kg op 7 maande, GDT indeks van 112 en veldvoerom-setindeks van 100. Sy teelwaardes is ook mooi met baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë en uitstekende voer-doeltreffendheidseienskappe. As groei en die baie goeie omset van gras in vleis vir jou belangrik is, kyk dan baie mooi na die bul.

HART 13-0425 is een van die bulle wat jou aandag gaan trek op die veiling. Hy het op Dassiesfontein in die klippe uit-gegroei en ken die harde en droë wêreld.

Hy sal ‘n goeie bydrae maak in enige stoetkudde – maar sal natuurlik ook in die kommersiële beesboerdery ‘n baie groot stempel afdruk. Die ras is gebou op die goeie eienskappe van bulle soos HART 13-0425.

LOT 15 : HART 12 - 0420Hy is geteel uit AG 01-0152 op AG 07-0060 – dus suiwer AG-teling op hierdie bul. Sy gaan

aan moederskant via AG 01-0258 terug na AG 98-0338. Sy het werklik goed aangepas en is ‘n konstante goeie presteerder met OEK 32 mnde, TKP 375 dae/6 kalwers (laaste TKP 351 dae), RI 110, gemiddelde speengewig is 246kg, stoetgoedkeuring% is 100% en gemiddelde speenindeks oor 5 kalwers is 104. Sulke koeie is goud werd in jou kudde.

HART 12-0420 het ek self gebruik in die kudde. Hy is donkerrooi van kleur, mediumraam en kan op verse gebruik word. Hy is ‘n baie goed gebalanseerde bul met goeie kapasiteit, lengte, toplyn, diepte en genoegsame breedte. Hy kombineer sterk bespiering (oogspieroppervlakte teelwaarde indeks is 120) met goeie vroeg vetneerleggingseienskappe. Dit is mos wat ons

Page 10: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

10

LOT 16 : HART 13 - 0061Hy is uit dieselfde vaar as Lot 15 – AG 01-0152. Die moeder is uit die bekende Fortress

kudde van Bukhardt Hermann – BHE 04-0150. Volgens my is die koeikudde van Fortress Bonsmaras (vir sy tyd), sekerlik een van die heel beste gewees. Die oorgrootte meerderheid van vroulike diere wat ek daar aangekoop het (ten duurste!), het konstant uitstekend pres-teer. BHE 04-0150 is geen uitsondering nie - OEK 28 mnde, TKP 370 dae/9 kalwers, (laaste

TKP 339 dae), RI 115, gemiddelde speengewig oor 9 kalwers is 247kg, speengewigverhouding 45%, stoetgoedkeuring is 86%, gemiddelde speenindeks oor 9 kalwers is 102. Sy is nog steeds in die kudde, met baie goeie kalf aan voet en weer dragtig. Uit haar verkoop ek ‘n volbroer HART 07-0024 aan Karsten en Sylvia Friedensdorf van Ondombo Bonsmara wat uitstekend by hulle gedoen het, en ook bulle aan Klasie Dreyer en Fritz Nghilundua.

HART 13-0061 se bouvorm, manlikheid en aanpasbaarheid sal jou dadelik opval. Sy bek, onderkaak, toplyn, bespiering, kapasiteit, diepte bene en kloue is baie goed. Hy dra goeie vleis met vol dye, lende wat goed gevul is, mooi agterkwart en sterk voorkwart. Hy is ‘n mediumraam bul wat gemaklik op verse gebruik kan word. Hy is geteel uit beproefde kalwingsgemak bloedlyne. Die bul is goed aangepas vir die droë en ekstensiewe toestande – kyk gerus na die baie mooi skofontwikkeling.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is baie goed met sterk kop en goed ontwikkelde oogbanke. Hy vertoon goeie verdon-kering in die nekgedeelte met skrotumomtrek van 39,5 cm – en die skrotum hang baie mooi. Hy presteer goed met speenindeks (104), GDT indeks (101) en Veldvoeromset indeks (108).

HART 13-0061 sal ek met die grootste vrymoedigheid aanbeveel na ‘n stoetkudde of ernstige kommersiële kudde. Hy het baie goeie eienskappe en behoort te teel soos hy lyk. Daar is sterk erfdwang in die familie en ek het konstant goeie bulle en verse uit die bloedlyn geteel. Hy met my en die ander

plaasmanne se oog vroeg gevang en ons hou hom nog steeds dop!

almal soek – genoeg bespiering maar terselfdertyd ook die vermoë om vroeg op die veld in kondisie te kom. Hy vertoon baie goeie aanpasbaarheidseienskappe – pragtige vel en haar, goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene met

baie goeie kloue. Sy Veldbulindeks van 115 ondersteun sy veldaanpasbaarheid. Hy was altyd een van die “looker” bulle op die veld weens sy vermoë om gou in kondisie te kom.

Sy sterk manlikheid sal jou opval – sterk kop en bek, goeie onderkaak, sterk oogbanke en pragtige verdonkering. Sy skrotum meet 37 cm en hang perfek. Hy is werklik ‘n goeie presteerder - weeg 36kg by geboorte, speen 265 kg met speenindeks van 105, groei baie goed met GDT indeks van 114 en veldvoeromsetindeks van 107. Sy teelwaarde indekse is werklik goed.

HART 12-0420 wys baie goeie stoetpotensiaal en is een van die gunsteling bulle op die veiling. Stoetelers kan baie mooi na hom kyk – veral as hulle die belangrike ekonomiese kombinasie van genoeg bespiering

en vermoë om vroeg in kondisie te kom, in hulle kuddes wil inbring. Gedurende die moeilike tydperke van 2013- 2016 het ons duidelik en herhaaldelik gesien dat die diere wat vroeg in kondisie kom met relatief min weiding, die beste presteerders is.

LOT 17 : ERH 13 - 0002Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras

Hy is geteel uit HART 06-0074 en ERH 05-0082. Haar OEK is 29 mnde, TKP van 414 dae oor 6 kalwers, Reproduksie Indeks van 107 en gemiddelde speen Indeks van 106 oor 5 kalwers. Al haar kalwers aan gebied vir keuring is almal goed gekeur. HART 06-074 is geen onbekende nie en bring regtig sy kant in die EMOK kudde.

Na my mening is hierdie ‘n bul met besonderse bouvorm. Hy lyk amper “op ‘n druppel water” na sy vaar. Hy kom ook uit ‘n lyn bulle wat ons hoofsaaklik op verse gebruik het.

Hy het uitstekende teelwaardes. Die bul het regtig besonderse diepte, baie goeie vel en haar, baie mooi balans, mooi bene, goeie kloue, goeie skrotum en ‘n

sterk kop en bek. Hy is ‘n mediumraam “All Rounder “ bul wat op koeie en verse gebruik kan word.ERH 05-0082 het haar kant in die kudde gebring en vier sterk seuns van haar is onderskeidelik aan Marben Farming Omu-

ramba 341 (Fernando Pereira), Jedidian Cattle Trading (Wilhelm Mosehuis), Mbamana Katuuo (Gobabis) en Pierre Erasmus verkoop.

Page 11: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

11

LOT 18 : HART 13 - 0186Hy is geteel uit HART 09-0055 die topverkoper bul op die 2014 veiling en ‘n Benchmark

Bonsmara koei HJB 05-0090 met OEK 29 mnde,TKP 394 dae/7 kalwers (laaste TKP 335 dae), RI 110, gemiddelde speengewig oor 7 kalwers is 240kg, stoetgoedkeuring is 100% en gemiddelde speenindeks 108. Hier is ‘n klomp ou genetika betrokke aan moederskant met van die eerste Bristow bloedlyne asook Gerhard Bröhn bloedlyne. Dit staaf die blywende

effek van genetika – wat daardie tyd ingeteel is en goed gewerk het, werk nog steeds goed. HART 13-0186 is ‘n effens groter raamtipe (3.5) en ek sal aanbveel dat hy net op koeie gebruik word. Hy is ‘n bul wat jou sal

beïndruk. Nieteenstaande die groter tipe, het hy uitstekend presteer op die veld met ‘n top Veldbulindeks van 116. Kyk gerus na sy goeie aanpasbaarheid – top vel en haar, breë bek, goeie onderkaak, sterk oogbanke, mooi skofontwikkeling en baie sterk bene en kloue. Hy kombineer ook groot oogspieroppervlakte (124), goeie bespiering met genoegsame vroeë vetneerlegging. Sy toplyn, kruishelling, dye, agterkwart, diepte deur die lyf, kapasiteit en breedte is ook baie goed. Vir die manne wat vleis soek – kyk hoe mooi die bul orals gepak is met vleis – veral sterk agter die blaaie.

Hy presteer ook baie goed met speenindeks van 113, GDT indeks van 120 en veldvoeromset indeks 115. Sy teelwaarde indekse is soos die bul lyk. Swaarder op geboortegewig, uitstekende voorspeense en naspeense groeiver-

moë, baie melk (105), baie goeie gemiddelde daaglikse gewigstoename en ‘n groot skrotum (25.7 teelwaarde indeks). Die skrotum meet 41cm en hang baie goed. Struktureel korrekte, funksioneel doeltreffende, goed bespierde bulle met baie melk om te vererf na hulle verse asook groot skrotums is nie volop in die mark nie.

As jy op soek is na meer groei, meer melk, jou tè klein koeie se nageslag se raamwerk wil verbeter, swaarder speenkalwers en osse en baie goeie vrugbaarheid met groot skrotums, moet jy na hom kyk.

HART 13-0186 is een van die bulle wat uitstaan op die veiling. Hy verkoop met die volle Hartebeestloop waarborg van gehalte en tevredenheid.

ERH 13-0002 vertoon baie goeie stoetpotensiaal en vir enige boer wat bouvorm, groei, vleisproduksie en aanpasbaarheid wil verbeter, is hy die ideale bul. Hy sal ook uitstekend doen in kruisteling en speenkalf of osproduksie stelsel.

LOT 19 : HMB 13 - 0115Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

Uit die teling van HART 06-0099 aan vaderskant is hierdie bul spesiaal gekies vir die Hartebeestloop veiling. Die vaderlyn het vir ons regdeur baie mooi korrekte bene geteel. Uit die moederlyn kom die mooi gladde haarkleed en die dieprooi donker pigment.

HMB 13-0115 se moeder is nog relatief jonk, maar produseer tans tot groot tevredenheid. Sy het met 35 maande vir die eerste keer gekalf, haar gemiddelde speenindeks is 99, en sy teel baie goeie nageslag wat suksesvol op bulveilings bemark word.

HMB 13-0115 is funksioneel baie korrek. Hy is ‘n kompakte dier met mooi soepel bespiering en ‘n mediumraam bouvorm. Hy het ‘n mooi manlike kop, met goed ontwikkelde oogbanke. HMB 13-0115 se voorkop asook sy skouers vertoon soepel en glad. Hy het ‘n pragtige balans met goeie diepte in die voorkwart asook mooi verdonkering oor die nek. Hy toon genoegsame spier-ontwikkeling op die skouers, goeie breedte oor die rug en baie goeie bespiering op die agterkwart. Sy testis is goed ontwikkel en hang mooi simmetries – ‘n belangrike eienskap om ongewenste afwykings van testis en uiers van nageslagte te vermy.

Die groeisyfers en teelwaardes van HMB 13-0115 bevestig dit wat die oog sien: Hy self het 34kg met geboorte geweeg. Sy teelwaardes vir geboorte is 0.17 (geboorte direk) en 0.06 (geboorte maternaal), albei laer as die rasgemiddeld. Hy het baie goeie na-geboorte groei, met ‘n speen-indeks van 103 en speenmassa 231kg. Hy het besonder goeie teelwaardes vir speen: +8.3 (speen direk) en +5.0 (speen maternaal). Boere wat in speenkalfproduksie stelsels boer, kan gerus na hierdie bul kyk. Sy skrotum omtrek met fase D afsluiting was 32,9cm, en sy teelwaardes is +21,8, met ‘n teelwaarde indeks van 120 vir skrotum.

HMB 13-0115kan met gemoedsrus gebruik word om verse vir die eerste keer te paar, en sy nagelsag behoort goeie na-geboorte groei te toon. Vir vers-parings is sy beenstruktuur nie te grof nie, hy het geen prominente skouerknoppe nie, maar dra nog steeds goeie bespiering.

Page 12: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

12

LOT 20 : HART 13 - 0130Hierdie is ‘n bul met ‘n “mooi” geskiedenis. Sy pa is AG 03-0130 wat ek aan Streicher Coetzee

van Hochfeldstreek Bonsmaras geleen het. Daar het hy die bynaam van “trein” gekry weens sy uitsonderlike lengte en ook die lengte wat hy geteel het. Hy skenk toe aan my ‘n top vers (HMB 10-0002) wat dragtig is van die bul. HART 13-0130 is die eindproduk en hy ontwikkel in ‘n baie goeie veilingsbul.

HART 13-0130 is ‘n mediumraam bul wat op goed uitgegroeide verse gebruik kan word. Hy is ‘n bonkige bul met goeie breedte, lengte, kapasiteit en diepte. Bespiering is baie goed met oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 112, maar tog ook aanvaarbare waardes om vroeg vet neer te lê. Sy toplyn, kruishelling en bene en kloue is baie goed. Sy aanpasbaar-heidseienskappe is ook uit die boeke met mooi vel en haar, breë bek en onderkaak, goeie oogbanke en sterk skof. Sy Veld-bulindeks van 103 wys veldaangepastheid asook goeie prestasie op die veld. Hy is aanmekaar gesit vir die ekstensiewe en droë toestande!

HART 13-0130 het goeie vleiseienskappe – dye is mooi gevul, sterk agter die blaaie en die “twist” area strek laag af. Sy hakke is ook breed genoeg vir die spiere (vleis) om laag af aan te heg.

Hy is ‘n manlike bul met sterk kop, goeie verdonkering, kop op en baie goeie skrotum wat 39 cm meet en mooi hang. Sy teelwaarde indekse wys dat hy effens swaarder op geboortegewig is (hy weeg 37 kg by geboorte), baie aanvaarbare

voorspeense en naspeense groeivermoë het, baie melk het, met aanvaarbare voerdoeltreffendheidseienskappe en skrotum. Sy liggaammates is ook goed gebalanseerd met hoogte:lengte verhouding van 1:21.

HART 13-0130 het tydens prestasietoetsing en afronding op die veld, konstant bly verbeter. Die bul beïndruk my en boere moet mooi kyk na hom as ‘n veilige bul wat goed in alle produksiestelsels sal doen.

Kyk veral na die bul om vervangingsverse te teel. Al sy eienskappe en teelwaardes onderstreep goeie aanwending om verse te teel.

HMB 13-0115 kan ook doeltreffend as speenkalfbul aanbeveel word. HMB 13-0115 kan vir stoettelers as baie korrekte versbul oorweeg word, en speenkalfprodusente kan hom gerus

oorweeg as ‘n “carefree” bul en ‘n goeie belegging vir hulle kudde. Sy medium raamgrootte is die ideale keuse vir die suidelike dele van Namibië asook ander streke waar diere met medium

raamgrootte die ideale dier is.

LOT 21 : NN 12 - 0039Bul vanaf gasverkoper: Millekena Bonsmaras

Hy is geteel uit OB 04-0253 wat ons baie gebruik het om veral goeie kloue in die kudde te teel. Omdat ons kudde in Kalahari sand moet kan aanpas is hierdie eienskap van groot belang. Bouvorm , veral lengte , is ook sterk deur hierdie vaar ingeteel. Nieteenstaande die feit dat ons bulle uit die sand kom, is uitstekende aanpassing ook ondervind by kopers uit die

Khomas Hochland omgewing. (Nic en Sunja van Heerden). NN 12-0039 stam ook uit ‘n goeie moederlyn met ‘n moeder met ‘n bogemiddelde TKP sowel as reproduksie indeks.

Hy is ‘n bul met goeie stoetpotensiaal (Japie Bestebreurtje). Hy is deurgaans goed bespierd met ‘n baie goeie lengte, breedte en diepte verhouding (balans). Sy kruis is breed. Kortom: Hy dra baie vleis. Hy vertoon ‘n baie prominente oogspier en bespiering agter die blad en sprong van rib.

Hy het ‘n sterk, breë bek, goeie oogbanke om sy oë te beskerm as hy die smaaklike grasse en blare onder die bosse uithaal, goeie kloue met diepte van hiel en ‘n goeie toplyn asook ‘n baie goeie skrotum wat goed hang en 41cm gemeet is tydens sy onlangse kliniese ondersoek deur die veearts. Hy het ‘n manlike skof en nek met goeie verdonkering wat verwys na manlikheid.

Hy het goeie teelwaarde indekse: Laag op geboorte en baie goeie groeivermoë.Hy sal sy voortreflike eienskappe oordra na enige stoet – of kommersiële kudde.

Page 13: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

13

LOT 22 : HART 13 - 030Hy gaan op vaderskant terug na Frikkie Kruger teling WAT 03-0085 en AG 99-0104. Ek het

2 baie goeie seuns van AG 99-0104 in die kudde gebruik. Aan moederskant gaan hy terug na die bekende Fortress bulle BHE 98-0037 en BHE 04-0035. Ons het baie goeie diens van BHE 04-0035 gehad. Die moeder is HART 07-0171 met OEK 23 mnde, TKP 374 dae/7 kalwers, RI 118, gemiddelde speengewig is 247kg, gemiddelde speenindeks oor 6 kalwers is 100

en stoetgoedkeuring% is 100%. Hierdie tipe koeie verseker dat Hartebeestloop kudde jaarliks erkenning kry vir uitstekende reproduksie-; en produksievermoë. Ons het goeie bulle uit haar na Angola verkoop en hulle doen uitstekend daar. Dit wys dat die Bonsmara ook in die trope met hoë bosluisbeladings en vreemde siektes kan oorleef en presteer. Daar moet egter vir ‘n tydperk van aanpassing en beter versorging (bosluise) toegelaat word.

HART 13-0030 is ‘n mediumraam bul wat ek op verse ook sal gebruik. Sy teelwaarde indeks vir geboorte wys dat hy swaarder kalwers as rasgemiddeld sal gee maar, dit is nie buitensporig nie. Hy self het 35kg geweeg by geboorte. Sy toplyn, kruishelling, diepte, kapasiteit, bene en kloue is sterk. Bouvorm is baie mooi met goeie bespiering (oogspieroppervlakte teel-waarde indeks van 99) en vroeë vetneerleggingswaarde van 111. Sy bespiering is nie so hard gedefinieërd nie en dit maak dat hy geskik is vir verse. Hou maar in jou eie kudde die reproduksievermoë van die koeie mooi dop en jy sal opmerk dat hierdie “soepel” bespierde bulle se vroulike nageslag bo uit kom. Hy is pragtig aangepas met uitstekende vel en haar, goeie skof, bene en kloue asook sterk oogbanke en breë bek.

Hy is ‘n goeie voorbeeld van sterk manlikheid. Sterk kop wat heeltyd op is, dik breë bulnek, mooi verdonkering, goeie bespiering en skrotum wat 37.5 cm meet en simmetries hang.

HART 13-0030 maak ‘n mooi en goed gebalanseerde prentjie en hy sal jou opval by die veiling. Sy teling kombineer struk-turele korrektheid, funksionele doeltreffendheid, uitstekende stambome, goeie eie prestasie, baie melk en groot skrotums.

Sy groeiteelwaardes is effens laag maar as jy hom korrektief paar met jou goeie groeiers is jy in die “pound seats”. Ek beveel hom aan vir stoeteling.

LOT 23 : WAGB 12 - 0052Bul vanaf gasverkoper: Wagner Bonsmaras

Hier is ‘n bul met ‘n sterk robuste kop met baie prominente oogbanke, baie mooi lengte, diepte en ‘n sterk breë rug. Hy is besonders goed gebalanseerd en toon alle einskappe wat met vleisproduksie geassosieer kan word. Hy het puik bespiering van sy voorlyf af reg-deur sy hele lyf tot by sy agterkwart. Sy skilpadspier is sterk ontwikkel en lig sodoende die

bespiering en vleisdra vermoë uit. Hierdie bul toon baie mooi donker pigment op sy nek, skof en agterkwart. Dit dui onder andere op goeie sekondêre manlike ontwikkeling. WAGB 12-0052 se teelwaardes is naby rasgemiddeld vir geboorte en speen. Dit is uitsonderlik op GDT, Kleiber en skrotum. GDT waarde is 111 en die kleiber is 122.

WAGB 12-0052 se skrotum teelwaarde is ook gemaklik bo die rasgemiddeld.Die bul kom uit n baie sterk moederlyn met genetika wat uit die Kavango Beesboerdery kudde kom. Sy moeder het die eerste

keer op 29 maande gekalf; sy is nou 11 jaar oud, het 9 kalwers gelwer, het hulle gespeen teen ‘n gemiddelde indeks van 103 en het ‘n TKP van 411 gehandhaaf. Haar reproduksie indeks is 107. Hier is puik vrugbare genetika aan die werk!

Hier is ‘n bul wat perfek geskik is vir die teel van osse. Voornemende kopers behoort die bul slegs op koeie te gebruik.

LOT 24 : HART 13 - 0198Hy is geteel uit HART 09-0014 wat ‘n kombinasie is van WAT 04-0039 (uitstaande gedoen

in die Hartebeestloop kudde) en AG 98-0338. Aan moederskant is dit ‘n kombinasie van Lawrence Raife van Up George (LAR 00-0084) en Boesman Bonsmaras. Die moeder is ‘n Elite Brons Toekenningskoei koei VBB 07-0302 met OEK 32 mnde, TKP 371 dae/6 kalwers (laaste TKP 353 dae), RI 111, gemiddelde speengewig is 245kg, speengewigverhouding

45.5% en gemiddelde speenindeks oor 6 kalwers is 108. Goeie genetika bly goed – en dit kan gesien word in die prestasies van die koei onder ekstensiewe en droër toestande.

Page 14: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

14

LOT 25 : JS 12 - 0035Bul vanaf gasverkoper: Swartrand Bonsmaras

JS 12-0035 is van die heel beste wat ons geteel het. Ons gebruik hom ook self en sy eerste kalwers is nou besig om aan te kom. Die Goue Meriete bul, HOT 06-268 is sy pa.

JS 12-0035 se ma is HBD 00-0067 wat van Hans Deloch kom in die Khomas Hochland. Sy is een van ons pionier koeie in die kudde. Op 31 maande kalf sy die eerste keer. Haar TKP is 422 dae oor haar 14 kalwers. Haar reproduksie indeks is 103. Sy speen ook haar kalwers met die gemiddelde indeks van 103.

JS 12-0035 is effens ligter van kleur. Hy het uitstekende vel en haar met goeie verdonkering oor sy nek en voorlyf. Hy het ook sterk bene en kloue. Sy goeie bespiering is een van sy kenmerke en tensame met dit vertoon hy ook goeie breedte en kapasiteit.

JS 12-0035 het goeie BLUP syfers wat almal beter of net onder ras gemiddeld is. Hy het baie goeie melk syfers; sy Kleiber verhouding is 107 wat beteken dat hy baie goed groei op die veld.

JS 12-0035 sal ek op medium tot groot raam verse gebruik. Hy is werklik ‘n klipharde bul wat sy man sal kan staan in enige kudde!

LOT 26 : HART 12 - 0383Hy is geteel uit HART 09-0092 wat aan Ernst Erni van Urusis Bonsmaras verkoop is en

GBS 06-0065 – ‘n mooi koei uit Hakplaas Bonsmaras. Sy presteer met OEK 26 mnde,TKP 377 dae/8 kalwers, RI 115, gemiddelde speengewig oor 8 kalwers is 252kg en stoetgoed-keuring% is 100%.

HART 12-0383 se teling het baie goed gewerk en dit kan duidelik aan die bul gesien word. Hy is ‘n mediumraam bul wat op verse gebruik kan word. Toplyn, bespiering, bouvorm, kapasiteit en diepte is baie goed in die bul. Sy aanpasbaarheid val dadelik op – pragtige vel en haar, mooi skofontwikkeling, sterk oogbanke, lang stert en baie sterk bene. Kyk ook na die sterk bek en goeie onderkaak. Hy vertoon ook baie mooi swart pigment om die oë, neusspieël en onderend van skrotum. Hy kom vanaf die klipwêreld by Dassiesfontein en hy ken ekstensiewe, droë toestande en beweeg baie gemaklik in die klippe. Hy sal dan ook goed doen in die harder gedeeltes van die land.

Sy goeie manlikheid is opvallend. Kop is sterk en hy is goed breed tussen die oë, daar is baie mooi verdonkering in die bulnek gedeelte en die skrotum meet 39 cm en hang mooi simmetries. Sy onderlyn met skede/naelvel kombinasie is ook baie goed.

HART 13-0198 is ‘n effens groter raam bul (3,5) wat ek net op koeie sal gebruik. Alhoewel hy slegs 36 kg geweeg het by geboorte, speen hy 275kg op 7 maande en wys baie goeie groei tydens die prestasietoetsing. Ek het dit al baie keer gesê – jy kry ook groter raam diere wat uitstekend is. HART 13-0198 wys goeie bouvorm, bespiering (oogspierindeks 107), kapasiteit, diepte, toplyn, kruishelling en sterk bene. Sy vroeë vetneerleggingswaarde van 115 wys dat hy die uitsonderingsgenetika het van goeie bespiering, groter raamtipe maar nog steeds gou in kondisie sal kom op veld. Hy dra baie vleis en kyk goed na die diepte deur die voorlyf. Onthou dat op uitslag gewig maak die voorkwart 55% op en agterkwart 45% van die gewig op. Kenners waarsku al lankal dat ons agterkwart behep is!

Hy pas goed op die veld aan en sy Veldbulindeks van 107 onderstreep dit. Sy vel en haar, skof, stert, balans, oogbanke en bek breedte is alles baie aanvaarbaar. Hy is manlik met sterk kop, mooi verdonkering en skrotum wat 39 cm meet en mooi hang.

Sy teelwaarde indekse wys dat hy effens swaarder is op geboortegewig, baie goeie voorspeense en naspeense groeivermoë het, baie melk het, uitstekende voerdoeltreffendheid vertoon met groot skrotum en goeie liggaamsmates. Ons kan eintlik nie vir beter vra nie.

HART 13-0198 sal uitstekend doen in ‘n speenkalf of osproduksiestelsel. Hy het groei, maar tog is hy ook baie goed aange-pas vir veldtoestande. Boere kan hom ook oorweeg in ‘n kruisteelstelsel waar hy goeie groei, baie melk en al die ander goeie eienskappe van die Bonsmara saambring. Jy het dalk groei nodig in jou kudde en jy wil dalk terselfdertyd ook raamgrootte verbeter. Hy kom vanuit die klippe op Dassiesfontein en kan maklik in die suidweste en weste van die land gebruik word.

Page 15: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

15

LOT 27 : HART 13 - 0164Een van die gunsteling bulle op die veiling! Hy is geteel uit die topverkoper HART 10-0116

wat op die 2013 veiling aan Christo Botha van Jungfrau Bonsmara verkoop is. Hy doen uit-stekend by hulle en teel konstant goeie groei, breedte, kapasiteit met goeie bespiering. Die moer is HART 11-0088 (hy is haar eerste kalf) en haar agtergrond teling is Frikkie Kruger en Fortress Bonsmaras. Haar ma BHE 04-0211 is nog steeds in die kudde - 11 jaar oud/9 kal-

wers en TKP 393 dae. HART 11-0088 is so vrugbaar soos haar ma - OEK 26 mnde, TKP 430 dae/3 kalwers, (laaste TKP 389 dae), RI 111, gemiddelde speengewig is 250 kg, speengewigverhouding is 66.3% en gemiddelde speenindeks oor 3 kalwers is 123. Hierdie is van Hartebeestloop se heel vrugbaarste moederlyne.

HART 13-0164 is ‘n mediumraam bul wat ek vir eers net op koeie sal gebruik. Kyk hoe lyk die kalwers veral mbt geboortegewig en bouvorm en besluit dan of hy op uitgegroeide verse gebruik kan word. Sy bouvorm is uitstekend met goeie bespiering - oogspierteelwaarde indeks 116, maar nog steeds met ‘n hoë vroeë vetneerlegging waarde van 124. Sterk bespiering en vroeg in kondisie in een bul! Hy wys uitstekende aanpasbaarheidseienskappe met Veldbulindeks van 104 – hy blink nie so mooi soos van die ander veilingsbulle maar sy veldgroei, kondisie en ander eienskappe maak daarvoor op. Sy oogbanke, bek, onderkaak, skof, stert, bene en kloue is uitstekend.

HART 13-0164 se toplyn, kruishelling, diepte, kapasiteit en breedte is baie goed. Kyk gerus ook na sy vleiseienskappe – vol op lende, kruishelling en dye – sterk agter die blad en breed oor die hakke. Hy presteer uitstekend tydens prestasietoetsing met speenindeks 107 (hy speen teen 269 kg), GDT indeks 104 en veldvoeromset (Kleiber) indeks van 100.

Sy teelwaardes is ook uit die boeke – effens swaarder op geboortegewig (hy weeg self 35kg by geboorte), uitstekende voorspeense en naspeense groei, baie melk en uitstaande voerdoeltreffendheidseienskappe – hy kán gras in vleis omsit! Sy teelwaardes is tipies van ‘n kurweknakker veral as jy sien dat hy onder rasgemiddeld is op Volwasse Gewig.

HART 13-0164 wys baie hoë stoetpotensiaal en behoort na ‘n ernstige stoetteler te gaan wat hierdie tipe gene baie vinnig vermeerder. Hy is in alle opsigte presies wat die Namibiese vleisbees industrie benodig.

Merk hierdie bul op jou katalogus en kyk mooi na hom!

LOT 28 : HART 12 - 0332Sy vaar HART 07-0053 is aan Tsumis Bonsmaras verkoop en gaan in teling terug na BHE

02-0074 en BHE 98-0087. BHE 02-0074 is een van die bulle met die hoogste vers retensie in die kudde. Aan vaderskant is HART 07-0053 geteel uit NGO 00-0096 wat miskien die heel beste koei in die kudde was. Uit haar verkoop ons top stoetbulle aan Werner en Anita Schröer, Edward Hansen van EMOK Bonsmaras, Arnold Klein, Tsumis Bonsmaras (staat-

skudde) en Marc Schumacher van Schumacher Bonsmaras. HART 12-0332 se moer is GBS 06-0113 met OEK 25 mnde, aan-tal TKP 360 dae/8 kalwers, RI 118, gemiddelde speengewig is 250 kg, speengewigverhouding is 47.9%, stoetgoedkeuring% is 100% en gemiddelde speenindeks is 101. Yster koeilyne!

HART 12-0332 is mediumraam bul wat op verse gebruik kan word. Hy kom uit ‘n lang lyn van beproefde kalwingsgemak bulle. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed – vel en haar is glad en blink, skofontwikkeling is sterk, lang stert en sterk bene met baie goeie kloue. Kyk gerus na die sterk oogbanke en breedte tussen die oë van die bul. Sy toplyn, kruishelling, bespiering, kapasiteit, diepte deur die voorlyf en breedte is alles ook baie aanvaarbaar. Hy is ‘n robuuste manlike bul met sterk kop en mooi verdonkering. Sy skrotum meet 41 cm, - is glad, simmetries en hang baie mooi. Sy onderlyn is skoon en die skede/

Hy het goeie vleiseienskappe en ek vertrou dat hoë uitslagpersentasie en karkasopbrengs deel van sy voordele aan die nuwe eienaar sal wees. Ons selekteer daarvoor en die 2 eienskappe is goed gevestig in die kudde. Hy presteer goed met speenindeks (99), GDT indeks (103) en veldvoeromset indeks van 110. Sy teelwaarde indekse wys dat hy laer is op geboortegewig, aanvaarbare groeivermoë het, goeie melkeienskappe het, positief is op skrotum en gebalanseerde liggaam-mates het.

HART 12-0383 maak ‘n sterk indruk en is tipies wat ons graag teel op Hartebeestloop. Hy vertoon nie net baie goed nie – hy presteer ook baie goed. As dit enigsins moontlik is, maak plek vir hierdie bul en sy genetika in jou kudde!

Page 16: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

16

LOT 29 : HART 13 - 0128Geteel uit een van die top moederlyne in die kudde. Die moer BHE 02-0112 is nog steeds

in die kudde en haar teling gaan terug na AG 96-0059, GBN004, AG 91-0220 en AG D 0103. Sy presteer uitstekend met OEK 28 mnde, TKP 397 dae/11 kalwers, RI 109, gemid-delde speengewig oor 11 kalwers is 245kg, speengewigverhouding is 50% met gemiddelde speenindeks van 101. Sy is nog steeds in die kudde. Aan vaderskant is HART 13-0128

geteel uit HART 09-0092 wat uit een van die beste Woestyn Bonsmara koeie NGO 99-0104 kom. HART 13-0128 is ‘n mediumraam bul wat gemaklik op verse gebruik kan word. Ek het hom as jong kalf gemerk oor sy

baie mooi vel en haar – glad en blink. Dit sluit baie goed aan by sy ander baie goeie aanpasbaarheidseienskappe – goeie skofontwikkeling, lang stert, sterk bene en baie goeie kloue. Ons punt hom 5/5 vir kloukwaliteit. Sy Veldbul indeks van 106 bevestig sy goeie aanpassing, groeivermoë en goeie kondisie op die veld. Dit is mos wat ons soek vir aangepasde bees onder ekstensiewe en warm toestande.

Sy algemene indruk is baie goed met sterk toplyn, goeie lengte en helling van kruis, vol agterkwart, genoeg kapasiteit, diepte en breedte met genoeg bespiering. Hy wys goeie manlikheid met sterk kop, mooi verdonkering en baie goeie skrotum wat 41.5 cm meet en baie mooi hang. HART 13-0128 is goed gebalanseerd en beweeg ongelooflik maklik deur die dik duin sand. Dit is altyd ‘n teken dat die bul maklik in enige omgewing sal aanpas.

Hy presteer goed met speenindeks (99) – hy speen 272 kg, GDT indeks (103) en Kleiber indeks (101). Sy teelwaarde indekse is mooi in balans en meeste indekse is naby of op rasgemiddeld. Kyk veral na melk (107) en skrotum

(104) teelwaarde indekse. HART 13-0128 is een van die bulle wat in meeste Namibiese produksiestelsels baie goed sal doen. Hy is ‘n “All Rounder”

bul wat jou bestuur baie vergemaklik – skuif hom tussen die verse en koeie. Kommersiële telers kan nie verkeerd gaan met hom nie.

LOT 30 : HART 13 - 0138HART 09-0326 (stoetvaar) is ‘n seun van AG 03-0029 wat ook baie sterk by EMOK Bons-

maras van Edward Hansen gebruik is. Beide op Hartebeestloop en EMOK het hy uitstekend presteer. Sy kalwers en jong bulle op Edward se onlangse Boeredag was uitstaande. Sy halfbroer HART 09-0329 word as kuddebul op Hartebeestloop gebruik. Die moer is WCS 07-0052 met OEK 35 mnde, TKP 434 dae (laaste TKP 381 dae), RI 97, gemiddelde speengewig

is 245 kg, stoetgoedkeuring% is 75% en gemiddelde speenindeks is 102. Sy het uit die yskoue Oos-Kaap gekom en goed gedoen by ons.

HART 13-0138 is mediumraam bul wat gemaklik ook op verse gebruik kan word. Weereens ‘n bul wat goeie bespiering (oogspieroppervlakte teelwaarde indeks 99) kombineer met goeie vroeë vetneerlegging (115). Deur die jare het ons gesien dat bespiering nodig is vir die vleis/gewig waarvoor die boer betaal word – maar het ook die waarde van vroeë vetneerlegging gesien om gou in kondisie te kom. Meer belangrik – die vroulike nageslag van hierdiè tipe “kombinasie” bulle het gouer in kondisie gekom op die veld en gouer bul gevat as die ander diere wat nie hierdie “kombinasie” gewys het nie. Dit is al vir jare lank ‘n teeldoelwit op Hartebeestloop om hierdie “kombinasie” tipe diere te teel. Die droeër jare vanaf 2013 tot 2016 het gewys dat dit die regte besluit is.

HART 13-0138 is ‘n aangepasde bul en sy Veldbulindeks van 102 wys goeie prestasie op die veld. Hy vertoon ‘n sterk bek en onderkaak, goeie skofontwikkeling, sterk bene en kloue, blink en gladde vel en haar, lang stert en goeie balans. Sy bespiering, kapasiteit, diepte en breedte is goed. Sy sekondêre manlikheidseienskappe is goed ontwikkel en sy skrotum meet 37.5 cm.

naelvel kombinasie is ook baie goed. Sy teelwaarde indekse is baie gemiddeld en wys dat die bul oorgenoeg melk het wat hy na sy verse sal oordra. HART 12-0332 is meer geel van kleur en dit is ‘n aanduiding dat hy hoë temperature en ultraviolet strale goed sal beheer.

Boere moenie diskrimineer teen die meer geel Bonsmara nie – vir ons baie warm toestande en hoë ultraviolet bestraling in Namibië, is die geel kleur ‘n aanpassings voordeel.

Ek voel dat hy uitstekend in ‘n kruisteelstelsel sal doen – veral waar die kruis koeie alreeds bietjie groot raam is met hoë onderhoudsbehoeftes. Hy bring al die goeie eienskappe van die Bonsmara ras na ‘n kruisteelprogram.

Page 17: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

17

LOT 31 : HT 13 - 0063Hierdie is ‘n B- generasie poena bul. Die vaar MRW 09-0110 is homosigoties PP poena

met DNA bevestig en ‘n SP bul. Die moeder is HT 09-0013 – sy is ‘n aanhangsel A koei en ook DNA bevestig as poena (PH). Dit is hoekom HT 13-0063 ‘n B- generasie bul is. Hy is egter deur alle amptelike Bonsmara prestasietoetsing en nog meer belangrik – hy is prestasiegetoets saam met die horing bulle. Dit is nou om appels met appels te vergelyk en

nie poena met poena nie! HT 09-0013 is ‘n goeie koei met TKP van 355 dae/4 kalwers, RI 118 , gemiddelde speengewig oor 3 kalwers is 230kg en speengewigverhouding is 50.6%. Moenie jou vas staar teen OEK van 45 mnde nie – dit is ‘n geskatte waarde vir ‘n opgraderingskoei.

HT 13-0063 is ‘n mediumraam poena bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy is Unistel DNA bevestig as PH poena. Hy is effe geel van kleur en wys ook ‘n stukkie wit net voor die skrotum. Sy vaar MRW 09-0110 het ook ‘n klein stukkie wit op die onderlyf. HT 13-0063 het baie goed aangepas in die warm Kalahari. Sy aanpasbaarheidseienskappe is baie goed met gladde, blink vel en haar, aanvaarbare skofontwikkeling, goeie bene en kloue met lang stert.

Daar is genoeg sekondêre manlikheidseienskappe met goeie kop, breë bek, goeie breedte tussen die oë, genoeg oog-bankontwikkeling, mooi verdonkering en skrotum wat 39.5 cm meet en mooi hang. Sy onderlyn is skoon met skede/naelvel kombinasie wat baie goed is. Daar is geen teken van enige prolaps nie.

Hy vertoon goeie kapasiteit, sterk toplyn, genoeg breedte en genoeg bespiering. Hy dra genoeg vleis en die agterkwart en diepte deur die voorlyf is beide baie aanvaarbaar. Hy wys goeie hoogte:lengte verhouding van 1:21.

Gebruik HT 13-0063 as jy poena gene in jou kudde wil vestig. Van beide vaders-en moederskant, asook hyself, is Unistel DNA bevestiging van die poena gene. Daar is geen raaiwerk aan die poena komponent nie.

Ek kan hom aanbeveel na enige kommersiële kudde.

LOT 32 : HART 13 - 0063Elke veiling het sy vroeg-ryp mediumraam bul wat dadelik jou aandag trek. HART 13-0063 is geteel uit HART 08-0082 wat die topverkoper op die 2012 veiling was en

aan EMOK Bonsmaras behoort. Hy is een van die bulle met die hoogste libido wat ek nog gesien het. Dit is nie ongewoon om tot 60 kalwers van hom in ‘n dekseisoen aan te kry nie. Die moer is AEJ 06-0090 wat uitstekend presteer by ons met OEK 29 mnde, TKP 383 dae/

8 kalwers, RI 111, gemiddelde speengewig is 248 kg en gemiddelde speenindeks is 104. Uit haar verkoop ek baie goeie bulle aan Haikali Bonsmaras, Hackette Bonsmaras en Andrè du Plessis. Sy teel goeie bulle èn goeie verse.

HART 13-0063 is ‘n vroeg-ryp medium raam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Daar is oorgenoeg groei in die bulle om ook op koeie te gebruik – sy GDT indeks is 105 en Kleiberindeks is 103. Hy groei bo die groepsgemiddeld tydens die amptelike groeitoets. Sy uitstekende Veldbulindeks van 113 wys sy aanpasbaarheid en ook die baie goeie groei op die veld. Daar is baie potensiaal in die bul en ek vertrou boere sal dit raak sien.

Sy aanpasbaarheid is uitstaande – kyk na los en dik vel by nek, swart pigment, oogbanke, bek en onderkaak, skofontwik-keling, lang stert en die baie goeie vel en haar. Die bene en kloue is sterk en sy kloukwaliteit punt is 4/5. HART 13-0063 dra baie vleis – toplyn is sterk, kruishelling lank en helling is reg, goeie agterkwart, breedte, diepte deur die voorlyf, kapasiteit en bespiering is daar en dye en lende is goed gevul.

Hy is manlike bul met mooi houding en baie libido – net soos sy pa! Sy skrotum is goedgevorm, hang mooi en meet 36.5 cm.Ek hou baie van die bul en sou hom aanbeveel het vir enige stoetkudde as dit nie was vir die klein wit vlekkie voor die skede

nie. Kommersiële boere het hier die kans om ‘n baie goeie bul te koop weens ‘n klein nie-ekonomiese belangrike wit vlekkie. Ek sou hom baie sterk oorweeg om vervangingsverse te teel vir die kommersiële mark. Sy pa en oupa se kwaliteit verse is net in ‘n ander klas!

HART 13-0138 is geteel om goed te presteer onder ekstensiewe toestande. Hy kan in enige produksiestelsel goed aangewend word – maak nie saak of dit in ‘n suiwer of kruisteel kudde is nie. Kommersiële boere wat graag die goeie eien-skappe van die Bonsmara in hulle kudde wil vestig, moet baie mooi na die bul kyk.

Page 18: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

18

LOT 33 : HART 13 - 0148Baie goeie teling van HART 09-0326 en HART 07-0134. Haar teling gaan terug na BG

04-0037 wat wyle Kit Thompson namens my op die Genepoel veiling gekoop het en ook na Okamaja Bonsmaras teling van oom Jörg Sigwart. Aan die koeikant is daar ook Woestyn Bonsmaras – baie goeie aangepasde diere uit die Kalahari. HART 07-0134 presteer baie goed met OEK 26 mnde, TKP 424 dae/6 kalwers, RI 108 en speengewigverhouding is

51.3%. ‘n Baie doeltreffende koei! Ek verkoop ‘n top bul HART 09-0296 uit haar aan Haikali Bonsmaras.HART 13-0148 is ‘n mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Bul met ‘n baie goeie bouvorm, genoeg

bespiering, diepte, kapasiteit, breedte, sterk toplyn en goeie agterkwart. Sy goeie bespiering en goeie vermoë om vroeg vet neer te lê, is ‘n groot voordeel. Baie goeie hoogte:lengte verhouding van 1:16 wat op rasgemiddeld is. Hy wys goeie aanpas-baarheid – goeie bek, onderkaak, skof en sterk bene en kloue. Hierdie tipe bulle kan werklik in enige area van Namibië aangewend word.

Hy wys goeie manlikheid en sterk libido – kyk gerus na die kaal kol op voorkop. Die man is gedurig aan die stoei en roei met die ander bulle – en hy kies altyd die grootste bul! Kop is sterk, oogbanke is goed ontwikkel, verdonkering is baie mooi en duidelik, skrotum meet 37 cm en hang baie mooi en die onderlyn is ook baie goed met netjiese skede/naelvel kombinasie.

HART 13-0148 wys baie goeie vleiseienskappe en dink net as sy osse sal groei en lyk soos hy! Dink net as hy sou verse teel met dieselfde kapasiteit en diepte!

Hartebeestloop se goeie karkasopbrengs en uitslagpersentasies (59%) is gebou op die nageslag van hierdie tipe bulle. As jy meer vleis aan jou diere se raamwerk wil pak, kyk goed na HART 13-0148!

LOT 34 : HART 12 - 0398Hy is geteel uit AG 06-0350 wat op die 2104 veiling aan Streicher Coetzee van Hoch-

feldstreek Bonsmaras verkoop is. Ons het die bul uitsluitlik gebruik om jong verse oop te maak. Die moer is HART 10-0310 met die vlg prestasiedata: OEK 24 mnde, TKP 552 dae/3 kalwers, RI 101 en speengewigverhouding van 56.1%. Sy is ‘n baie beter koei as wat haar syfers aandui. Ek moes haar egter in die erge droogte van 2013 verkoop en op die end het

die koper nog ‘n erger droogte gehad. Sy is geskuif en het ongelukkig oorgeslaan. HART 12-0398 is mediumraam (raamtipe 2.5) en kan op koeie en verse gebruik word. Hy maak ‘n indruk met goeie bouvorm

(oogspieroppervlakte teelwaarde indeks (139), goeie diepte deur die voorlyf, kapasiteit en genoegsame breedte. Toplyn is sterk, eindig in goeie lengte en regte helling kruis, met goeie agterkwart en goeie sprong van rib. Hy is goed gevul met vleis – lende, dye, lies en agter die blaaie is mooi vol. Sy aanpasbaarheidseienskappe is ook baie goed – sterk skof, goeie bene en kloue met blink en gladde vel en haar. Die Veldbulindeks van 105 wys duidelik die goeie veldaanpasbaarheid. Hy was altyd een van die bestes met veldkondisie. Dit sal heel moontlik ook sy beste aanwending wees – goeie vleisproduksie onder ekstensiewe toestande.

Hy vertoon sterk manlikheid met goeie kop, mooi verdonkering in die nekgedeelte en goeie skrotum wat 37 cm meet en mooi simmetries hang.

Sy teelwaarde indekse is oor die algemeen aan die laer kant en dit erf hy van vaderskant. HART 12-0398 sal baie goed doen in ‘n kruisteelprogram waar die koeie se raamtipe groter is. My ondervinding is dat die Brahman/Simmentaler tipe F1 kruiskoei uitstekend doen met hierdie tipe Bonsmara bul. Probeer dit gerus!

LOT 35 : HART 12 - 0359Hy is ‘n KI kalf uit HART 07-0087 wat die topverkoper op die 2010 veiling was. Kyk gerus

op die webtuiste na HART 07-0087 en sien die ooreenkoms tusen die 2 bulle. Die moer is HART 10-0280 met OEK 24 mnde, TKP 388 dae/4 kalwers en RI 118. Hierdie is haar eerste kalf en sy maak hulle goed groot.

HART 12-0359 is ‘n mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy wys goeie bespiering en goeie teelwaarde indeks vir vroeë vetneerlegging (137). Hierdie kombinasie is ‘n treffer en ek verwys kort-kort daarna. Die vermoë van diere om

Page 19: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

19

Besoek gerus ons webwerf www.bonsmara.com.na

vir baie meer inligting oor die veiling!

Sien ons belofte oor gratis vervoer in Namibië.

Dit is maklik om diere vanaf Namibië na Suid-Afrika te vervoer - ons doen dit vir jou, gratis!

LOT 36 : HART 12 - 0425Hy geteel uit ADV 06-0198 wat op die 2014 veiling aan Hendrik de Klerk van Gocharus

Bonsmaras verkoop is. Die bul is oorspronklik uit Stormfontein Bonsmaras en gaan al die pad terug na AG J 8. Die moer is WCS 02-0078 met OEK 38 mnde, TKP 363 dae/9 kalwers, RI 109, gemiddelde speengewig is 233kg, speengewigverhouding is 46.2% en gemiddelde speenindeks is 100.

HART 12-0425 kan op verse en koeie gebruik word. Hy wys goeie bouvorm, sterk toplyn, goeie agterkwart, goeie diepte deur die voorkwart met kapasiteit en breedte regdeur. Hoogte: lengte verhouding is 1:18 en daar is baie goeie balans in die bul. Sy pa het goeie bouvorms geteel en ek vertrou dat HART 12-0425 ook die meerderheid diere sal teel met goeie bouvorm.

Sy aanpasbaarheidseienskappe is indrukwekkend – pragtige vel en haar, goeie skof, lang stert, sterk bene en kloue, goeie beweeglikheid in die dik sand, sterk oogbanke en breë bek met sterk onderkaak. Sy Veldbulindeks is 102 wat ook be-vestig dat sy prestasies op die veld bogemiddeld is. Daar is regtig min te kritiseer op die struktuur en doeltreffenheid van die bul.

Sy sekondêre manlikheidseienskappe is goed ontwikkel met mooi verdonkering in die nek, sterk bulnek en goeie skrotum wat 38.5 cm meet.

Ons is almal in die vleisbesigheid en bulle moet geteel word met goeie hoeveelhede vleis wat aan die nageslag oorgedra moet word. HART 12-0425 dra baie vleis en hierdie bloedlyn se karkasopbrengs en uitslagpersentasies is altyd van die bestes in die groep. As jy meer vleis aan die karkas wil pak, of jou kudde se karkasopbrengs en uitslagpersentasies wil verbeter, kyk gerus na hom. Hierdie tipe bulle maak ‘n groot verskil in die Bonsmara en Bonsmara X kruising osmark.

goeie hoeveelhede vleis te dra en dan nog gou in kondisie te kom, is van die beste finansiële voordele wat jy kan inteel en aan jou kliënte beskikbaar stel. Dit is nog meer so in die geval van vroulike nageslag – hulle kom op hitte weens goeie kondisie. Ons sien nou dat hierdie diere in goeie en droeër jare, die beter presteerders is.

Hy wys goeie aanpasbaarheid met Veldbulindeks van 108. Tydens prestasietoetsing doen hy baie goed met speenindeks (108), GDT indeks (105) en Kleiber (veldvoeromset) 113. Hierdie bul se beste prestasies is in die veld! Hy vertoon goeie bou-vorm, kapasiteit, diepte deur die voorlyf, sterk toplyn, goeie agterkwart en sterk bene en kloue. Sy sterk manlikheid is opvallend – kop is sterk, goeie oogbanke, mooi breedte tussen die oë, baie goeie verdonkering en skrotum wat 39 cm meet. Onderlyn is baie goed en skede/naelvel kombinasie is uitstekend.

HART 12-0359 dra baie vleis – van goeie agterkwart tot goeie diepte deur die voorlyf met lendes, kruishelling en dye wat goed gevul is en “twist”area wat laag afstrek. Hy maak ‘n baie goeie indruk as vleisbul.

Hy is tipies wat ons van die Bonsmara verwag – struktureel reg, fenotipies doeltreffend, aangepas, gehard, manlik, vrugbaar en vol vleis.

Jy kan hom in enige produksiestelsel orals in Namibië aanwend en hy sal nie teleurstel nie.

Page 20: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

20

LOT 37 : HT 12 - 0129Hy is deel van die Kalahari Bonsmara poena opteel projek. Sy ma HT 08-123 is ‘n Aanhang-sel A poena Bonsmara koei en sy is gepaar met AMB 10-0307 wat weer ‘n seun van AG 03-0256 is. Daar is gehoop dat die teling wel ‘n PH poena bul sou produseer. DNA toetsing het egter HT 12-0129 bevestig as HH – vol horing bul. So werk dit maar met die poena opteling. Die bul is egter van so ‘n goeie gehalte dat ek besluit het om hom as B-bul op die veiling

aan te bied. Ek het deur die jare al uitstekende B-bulle op die veiling aangebied en kommersiële boere het groot voordeel uit dit gekry.

HT 12-0129 is ‘n goed bespierde mediumraam bul wat net op koeie gebruik moet word. Sy oogspieroppervlakte teelwaarde indeks is 121 en jy kan dit duidelik sien aan die goed gedefinieërde bespiering. Hy is baie goed op aanpasbaarheid met uit-stekende vel en haar, goeie skofontwikkeling, met goeie bene en baie goeie kloue. Hy het ook maklik en baie goed aangepas in die Kalahari son, warmte en droogte.

HT 12-0129 dra baie vleis en is sterk agter die blad. Sy agterkwart is sterk en daar is goeie diepte deur die voorlyf. Sy sterk manlikheid is opvallend, verdonkering is baie goed en die skrotum meet 39.5 cm en is goed gevorm en hang mooi.

Hierdie bul het baie goeie libido en is die hele tyd besig met die ander bulle.Sy teelwaarde indekse is ook baie goed met effens swaarder op geboortegewig, goeie voorspeense en naspeense groei-

vermoë, oorgenoeg melk, goeie GDT en baie effektiewe voerdoeltreffendheid. Sy skrotumteelwaarde indeks is 110 en sy hoogte:lengte verhouding is ‘n uitstekende 1:22.

Kommersiële boere moet baie goed na die bul kyk. Hy is deur alle fasette van prestasietoetsing van die Bonsmara en het orals goed gedoen. Hy sal ‘n groot aanwins in enige kommersiële kudde wees.

LOT 38 : HART 12 - 0427Hy is geteel uit AG 01-0152 en VBB 07-0295 (Vaalbos Bonsmaras). Sy is oorwegend

uit Boesman Bonsmaras geteel en haar teling gaan al die pad terug tot CSW 99-0024 en BG 96-0125. Sy presteer uitstekend met OEK 37 mnde, TKP 361 dae, RI 106, gemiddelde speengewig is 284 kg en gemiddelde speenindeks is 111. Die Vaalbos Bonsmara diere is voor die uitverkopingsveiling deur oom Danie Bosman vir my uitgesoek en uit die hand

aangekoop. Hulle het baie goed gedoen op Hartebeestloop. HART 12-0427 is manlike mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy het baie goeie bouvorm, goeie bespiering (oogspieroppervlakte teelwaarde indeks van 125), diepte deur die voorlyf, kapasiteit, breedte en baie goeie lengte. Sy hoogte:lengte verhouding van 1:18 wys ook die goeie balans van die bul. Nieteenstaande die goeie bespiering wys die bul ook ‘n bogemiddelde vroeë vetneerlegging teelwaarde indeks van 104. Dit is wat ons graag teel. Struktureel is die bul baie sterk met goeie toplyn, kruishelling, bene en kloue. Sy aanpasbaarheid is ook baie goed – vel en haar is glad en blink, skof is mooi ontwikkel, bek is breed en vel is dik en los. Dit alles dra by tot ‘n baie goeie Veldbulindeks van 110.

Sy voorkoms is ook baie manlik met sterk kop en mooi oogbanke. Goeie breedte tussen die oë, baie mooi verdonkering en tipiese bulnek en ‘n skrotum wat 37.5 cm meet en mooi hang.

Sy teelwaarde indekse is goed met lae geboortegewig, aanvaarbare voorspeense en naspeense groeivermoë, baie melk, goeie GDT en voerdoeltreffendheid met groot skrotum en gebalanseerde liggaammates.

HART 12-0427 is in alle opsigte ‘n uitstekende bul. Orals waar hy getoets is, het hy goed gedoen. Sy bouvorm, aanpasbaarheid en prestasies maak dat hy ook in enige stoetkudde ‘n bydrae behoort te maak. Moeilik

om verkeerd te koop met hierdie bul.

LOT 39 : ERH 13 - 0024Bul vanaf gasverkoper: EMOK Bonsmaras

Hy is geteel uit HART 08-0082 (Kasupie ) en ERH 10-0139. Haar OEK is 29 mnde, ERH 13-0024 is haar eerste kalf, en haar Reproduksie Indeks is 111. HART 08-0082 is geen on-bekende nie en kyk net wat teel hy uit ‘n vers!

ERH 10-0139 se besondere goeie bespiering is opmerklik vanaf sy skofontwikkeling, oor sy hele rug en tot in sy dye.

Page 21: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

21

LOT 40 : HMB 13 - 0083Bul vanaf gasverkoper: Hochfeldstreek Bonsmaras

HMB 13-0083 is aan vaderskant uit AG 07-0251 van Arcadia Bonsmaras, en op moeder-skant uit Boesman Bonsmaras en Bristow Bonsmara lyne geteel.

HMB 13-0083 se moeder, HMB 05-0095, was ‘n absolute staatmaker koei: Uit haar na-geslag is slegs een dier afgekeur. Haar vroulike nageslag is almal in ons kudde opgeneem,

en haar twee bulkalwers is albei geselekteer as veilingsbulle. Dr Leake Hangala het een van hierdie bulle gekoop. Sy het met 38 maande vir die eerste keer gekalf, het 7 kalwers oor nege jaar geproduseer, het ‘n TKP van 359 dae gehandhaaf, en al haar kalwers met ‘n gemiddelde indeks van 106 gespeen! Haar reproduksie indeks het op 108 gestaan!

HMB 13-0083 is ‘n bul wat funksioneel baie korrek is. Hy staan op ‘n stel goed gevormde, baie korrekte bene met goeie breedte oor die hakke. Hy het ‘n mooi manlike kop en sterk bek, goeie skof-ontwikkeling en goeie diepte in die voorkwart. Hy dra goed ontwikkelde bespiering, met goeie breedte oor die rug en goed ontwikkelde, lang bespiering op die agterkwart. Sy testis is goed ontwikkel. Die skrotumomtrek met fase D afsluiting was 32,2cm, en sy teelwaade vir testis omvang is 14.6 – sy teelwaarde indeks 108, dus heelwat bokant rasgemiddeld. Hy het ‘n netjiese kort skede en naelvel. Met die liggaamsmetings na fase D afsluiting het hy bevestig wat die oog sien: hy het besonder mooi lengte met ‘n hoogte:lengte verhouding van 1.18. Dit is hier waar die ekstra kilogramme karkasmassa sit! Sy haarkleed is mooi kort en glansend, met pragtige verdonkering oor die nek – tekens van goeie aanpasbaarheid.

HMB 13-0083 is ‘n bul wat baie doeltreffend in os-produksie sowel as speenkalfprodukise stelsels gebruik kan word. Sy speenindeks is 112, met ‘n speengeiwg van 251kg. Sy GDT indeks is 112 – hy het dus baie meer as sy tydgenote gegroei. Sy kleiberindeks vir voerdoeltreffendhied op die veld was 107, dus baie goeie groeidoeltreffendheid op die veld. Sy teelwaardes vir volwasse massa asook vir na-speense groei ver bokant rasgemiddeld.

HMB 13-0083 ‘n baie goeie keuse vir parings met koeie in speenkalf sowel as osproduksie stelsesls. HMB 13-0083 het die raamwerk om baie vleis te produseer. Hy toon goeie aanpasbaarheid, het ‘n sterk bouvorm en baie goeie groei. Hy behoort goed te presteer in ‘n suiwer Bonsmara boerdery, maar veral ook in kruisings met ander rasse waar die Bonsmara as komplimenterende bul ingespan moet word.

Daarmee saam het die bul baie goeie breedte, diepte, ‘n mooi manlike kop, baie goeie vel en haar, baie mooi balans, goeie verdonkering en ‘n lang stert met ideale aanhegting. Hy kom ook uit ‘n lyn bulle wat ons hoofsaaklik op verse gebruik het. Hy het goeie Teelwaardes. Hy is ‘n mediumraam “All Rounder “ bul wat op koeie en verse gebruik kan word.

ERH 10-0139 is verkoop aan Tuauana Bonsmara van Steve Katjiuanjo tydens die gedwonge kudde vermindering aksie na die groot droogte in 2013. Volgens Steve doen sy uitstekend in sy kudde en hy is baie tevrede met haar.

ERH 10-0139 vertoon baie goeie stoetpotensiaal. ‘n Bul met trotse houding, goeie libido en ‘n wakker houding. Dis ‘n bul wat in enige stoet kudde ‘n verskil kan maak. Hy sal uitstekende vervangingsverse teel.

LOT 41 : NN 12 - 0149Bul vanaf gasverkoper: Millekena Bonsmaras

Hy is geteel uit HART 08-0298,‘n vaar uit die bekende Hartebeestloop stoet.Hy kan ook spog met ‘n goeie moederlyn met gemiddelde tot bogemiddelde TKP’s . Let

veral op die ouma aan moeder- sowel as vaderskant se goeie TKP van 360 en 368 dae onderskeidelik! Aan moederskant het sy boonop ‘n reproduksie indeks van 107, beide van

die moer sowel as ouma. NN 12-0149 het ‘n lae teelwaarde indeks vir geboorte met goeie groei na speenouderdom. Sy kleur is meer aan die ligter

kant wat ‘n voortreflike eienskap is vir klimmaatsverandering waar sy vel die meeste van die sonstrale sal reflekteer. Hy het ‘n baie goeie, sterk bek en lewendige houding. Sy skrotum is perfek en meet ‘n skaflike 40,5 cm tydens die onlangse kliniese ondersoek deur die veearts. Die bul het baie goeie kloue. Dit is ‘n eienskap waarvoor ons streng selekteer en geen afwyking word toegelaat nie.

Die bul is goed bespierd met ‘n goeie toplyn en balans. NN 12-0149 sal goed kan aanpas en presteer in enige kudde.

Page 22: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

22

LOT 42 : WAGB 12 - 0129Bul vanaf gasverkoper: WAGNER Bonsmaras

Hier is ‘n mediumraam bul met bespiering, lengte, diepte en baie kapasiteit. Hy het ‘n sterk kop en skof ontwikkeling, mooi toplyn met ‘n sterk breë rug. Hy het ‘n klomp vleis regdeur. Sy agterkwart is vol vleis met ‘n skilpadspier en voorlyf wat sommer so bult. Die bul kom uit Kavango Beesboerdery se moederlyn. Die koei het na moeilike omstandighede in die verre

noorde, baie mooi by ons aangepas en puik presteer. Sy het op 14 jarige ouderdom 10 kalwers gespreen teen ‘n gemiddelde indeks van 105.

WAGB 12-0129 se teelwaardes is laag op geboorte met gemiddelde groei regdeur. Die bul is perfek geteel om verse mee te teel en oop te maak, en kan ook as ‘n “All Rounder” bestempel word.

Enige produsent is verseker van ‘n kompakte bul wat goed gebalanseerd is en wat uitstaande vleiseienskappe toon. As jy ‘n dik bul soek met baie goeie konstitusie, is WAGB 12-0129 die bul vir jou.

Kyk maar mooi, hier is puik genetika vir enige harde area van ons land.

LOT 43 : JS 12 - 0031Bul vanaf gasverkoper: Swartrand Bonsmaras

JS 12-0031 se op en wakker houding val mens dadelik op. Hy is mooi en hy is donker rooi van kleur.

BG 01-0162 is JS 12-0031 se ma. Sy kom van die Bonsmara Genepoel groep in Vryburg, Suid Afrika. Sy kalf die eerste keer op 28 maande. Haar TKP is 388 dae oor 13 kalwers. Sy

speen haar kalwers met die uitstekende speen indeks van 103. Sy spog ook met ‘n Reproduksie Indeks van 111. BG 01-0162 is een van ons top koeie en ontvang dan ook die Elite Silwer toekenning van SA Stamboek. HOT 06-0268, ‘n Goue Meriete bul van Badeveen Bonsmaras is sy pa.

JS 12-0031spog met uitstekende BLUP syfers. Kyk veral na sy maternale syfers of te wel melk. Dit is baie beter as die ras gemiddeld. JS 12-0031 se groei syfers is ook beter as die ras gemiddeld en sy 12 maande indeks is 103 tesame met 18 mnde indeks van 108. Sy Kleiber verhouding is ook beter as die ras en beteken hy presteer goed op die veld af.

JS 12-0031 word baie hoog deur ons aangeslaan en ons konsultante deel die opinie. JS 12-0031 se goeie bouvorm is opval-lend. Sy sterk manlike kop met breë nek pas by sy bouvorm. Hy het ook ‘n mooi, reguit toplyn wat eindig met in lekker lang stert. JS 12-0031het ook baie goeie diepte en kapasiteit tesame met bespiering wat mens dadelik op val.

JS 12-0031sal ek op uit gegroeide verse en koeie gebruik . Hy sal in enige kudde pas in Namibië en sal sy stempel af druk waar hy gaan.

LOT 44 : NN 12 - 0057Bul vanaf gasverkoper: Millekena Bonsmaras

Hy stam ook uit bul OB 04-235, ‘n kuddevaar wat baie goeie eienskappe aan ons kudde oorgedra het. Die vaar is afkomstig van Bonka Bonamaras van Kuruman en ons het hom uitgesoek om spesifieke eienskappe vas te lȇ in ons kudde soos aanpasbaarheid in die harde Kalahari omgewingstoestande. Hierin het hy nie teleurgestel nie.

NN 12-0057 se moederlyn is ook uitstekend met ‘n goeie TKP deurgaans en ‘n bogemiddelde reproduksieindeks van 104.Die bul toon goeie verdonkering en manlikheid met baie goeie kloue en sterk bene. In hierdie omgewing is ons baie streng

met kloue en bene en geen afwykings word toegelaat nie. Soveel kere moes ons al die emosie ignoreer en ‘n andersins baie goeie bul laat slag net omdat hy swak kloue en diepte van hiel kortkom. NN 12-0057 het ‘n sterk bek en mooi kop met sterk oogbanke. Bespiering is goed dwarsdeur hom en hy dra baie vleis.

Sy skrotum en skede is perfek en met ‘n skrotum wat 39 cm gemeet het tydens die onlangse kliniese ondersoek van die veearts. Ons kudde se teelwaardes is laag op geboortegewig en al ons koeie kalf deurentyd met gemak en sonder hulp.

Sy teelwaardes vir groei en gemiddelde daaglikse toename sowel as reproduksie is bogemiddeld.NN 12-0057 kan met gemak op verse gebruik word.

Page 23: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

23

LOT 45 : HART 13 - 0008Daar moet altyd ‘n goeie bul vir laaste gehou word om die veiling mee af te sluit. Dit is vir

al die manne wat tydens die veiling nie reg gekom het met ‘n bul nie!HART 13-0008 is geteel uit AG 06-0350 en HART 09-0002. Sy kom uit die Woestyn Bons-

mara bloedlyne wat baie goed aangepas is vir die Kalahari toestande. Hierdie diere presteer baie goed onder ekstreme hitte, hoë ultraviolet bestraling en droeë omgewingstoestande.

Baie van hulle vorm ook die kern van die Hartebeestloop kudde. HART 09-0002 is geen uitsondering met OEK 23 mnde, TKP 366 dae/6 kalwers, RI 120, gemiddelde speengewig van 242 kg oor 5 kalwers en baie goeie speengewigverhouding van 46.8%. Sy is nie net hoogs vrugbaar en reproduserend nie maar ook baie doeltreffendheid. Die gekorrigeerde paring tussen die RSA genetika en eg Namibiese diere het hier weer goed gewerk.

HART 13-0008 is ‘n mediumraam bul wat op verse en koeie gebruik kan word. Hy vertoon baie goeie bespiering (oog-spieroppervlakte teelwaarde indeks van 127), wys baie goeie breedte, kapasiteit, sterk toplyn met hoogte: lengte verhouding van 1:22. Dit beteken dat die bul 22% langer is as wat hy hoog is. Almal weet mos dat die ekstra gewig in die lengte van die dier/karkas is. Hy wys pragtige aanpasbaarheidseienskappe en doen baie goed tydens prestasiestoetsing onder veldtoestande. Sy Veldbulindeks van 106 wys dat hy selfs in ‘n baie sterk groep aangepasde bulle nog steeds bogemiddeld presteer het.

Sy manlikheid is ook opvallend – sterk kop met goed ontwikkelde oogbanke, goedgevormde skrotum wat 38 cm meet en mooi simmetries hang.

Hy doen ook goed met die groeitoets – speenindeks van 96, GDT indeks van 115 en Kleiberindeks van 115. Hy is die 2de beste groeipresteerder in sy groep. As jy groeivermoë wil verbeter in jou kudde, kyk goed na hierdie bul.

HART 13-0008 vertoon baie goeie vleiseienskappe – lendes, kruishelling en dye is goed vol vleis. Hy is sterk agter die blad en daar is goeie diepte deur die voorlyf.

HART 13-0008 kom uit bloedlyne wat goed beproef is in Namibiese toestande en jy kan dit duidelik aan die bul sien. Hy kan werklik in enige produksiestelsel gebruik word – suiwer of in kruisteling. Hy bring die goeie eienskappe waarvoor die Bonsmara bekend is na jou kudde.

“HART ELITE“ - ONS GEBRUIK GOUD!

KYK WAT BIED ONS JOU OP HARTEBEESTLOOP VEILING!

Slegs uitsonderlike kwaliteit kommersiële vroulike diere word aangebied op die veiling.

Hierdie kommersiële diere word eers deur ‘n Bonsmara senior keurder gekeur en moet ten minste aan ‘n Bonsmara basis dier keuringsvereistes voldoen. Dit beteken struktureel korrek, funksioneel doeltref-fend en geskik om mee te boer (sien ook die beskrywing van die VROULIKE DIERE onder “Auction 2016). Dan ondersoek die veearts klinies vir moontlike geslagsabnormaliteite, geskikte pelvisgrootte en kwaliteit uier en spene.

Indien beide die senior keurder en veearts tevrede is, word ‘n GOUE oorplaatjie aangesit waarop die woorde “HART ELITE” verskyn. Vir die boer is dit jou waarborg tot kwaliteit!

VIR DIE STOETTELER

Ons kies die 3 beste dragtige stoetverse by elkeen van die verkopers. Hulle word aangebied in pak-kies van 6 dragtige verse opgemaak uit een vers van elke stoetteler. Dit beteken 6 dragtige stoetverse wat geneties onverwant is en dragtig is van 6 verskillende stoetvaars wat die onderskeie stoettelers gebruik in hulle kuddes. Sulke kwaliteit pakkie-aanbiedings kom selde voor en hierdie is ‘n unieke geleentheid vir die stoetteler. Hierdie diere het ook die “HART – ELITE” GOUE oormerk – dit is jou waarborg!

Page 24: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

24

ALGEMENE INLIGTING

1. Siektevrye statusAlle diere se gesondheidstatus is op dieselfde vlak - of dit kommersiële of stoetdiere is, maak geen verskil nie. Diere se inentings is alles op datum. Hulle is geënt teen die heersende siektes soos deur die lokale veearts aanbeveel is en almal is met Multiminerale en Multivitamiene gespuit. Alle vroulike diere word as dragtig gesertifiseer of verkoop met kalf aan voet. Oop verse word sò gesertifiseer en kom met veearts aanbeveling dat hulle geslagsorgane klinies onder-soek is en dat daar geen sigbare of kliniese abnormaliteite gevind is nie. Waar moontlik, haal ons die risiko uit die aan koop van diere. Lees meer hieroor op ons webwerf.

2. Onvoorwaardelike Hartebeestloop waarborg van tevredenheidDie veilingsbulle kom almal deur ‘n uitgebreide proses van prestasietoetsing en noukeurige meting van ekonomiese belangrike eienskappe. Ons vertrou in die produk wat ons aanbied. Daarom gee ons ook die waarborg wat vir jou ab-solute gemoedsrus moet gee – Onvoorwaardelike Hartebeestloop Waarborg van Tevredenheid!

3. Vroulike diere op die veilingKom vergewis jouself van die gehalte van die vroulike diere op die veiling. Hierdie vroulike diere behoort ‘n betekenis-volle bydrae te lewer tot die gehalte van jou kudde. Die koeie en verse kom uit die harde Kalahari, Swartrante en Hochfeld en behoort op enige ander plek net so goed, indien nie beter, te doen. Daar is altyd ‘n gesonde aanvraag na goeie Bonsmara vroulike diere. Dit is ook reg so - ons is mos die moederlyn ras van keuse! Daar is meer as 150 vrou-like diere vir jou om uit te kies – dit sluit die vroulike diere van die gasverkopers in. Dit maak dit mos die moeite werd om die veiling by te woon! Kyk gerus na die kalwers wat almal van baie goed tot hoogstaande gehalte is. Die dragtig-heidstatus van die vroulike diere sal op die dag van die veiling beskikbaar wees. Dragtigheidsertifikate sal deur die veearts uitgereik word. Vir die fynproewer stoetteler het ons die 6 beste dragtige verse uitgekies by elkeen van die gasverkopers. Dit is diere van uitstaande gehalte en behoort ‘n groot bydrae te maak in enige kudde. Jy kry hier die beste wat die verskillende telers in daardie jaar geteel het!

4. Gratis vervoerOns lewer gratis af - as die pad begaanbaar is word die diere op die plaas afgelewer. Ons lewer ook diere gratis af by die groter sentra in die RSA aangesien ons vragmotors vir saad en kunsmis moet gaan vir die nuwe plantseisoen. Diere word ook gratis afgelewer op Ghanzi en Gaborone.

5. Akkommodasie Daar is ‘n verskeidenheid van gastehuise, B&B’s, gasteplase en hotelle, in of naby Stampriet. Ons het ‘n lys van beskik-bare akkommodasie in die area op ons webwerf (www.bonsmara.com.na) met kontaknommers daarby. Stampriet (dorp) is ongeveer 35 km vanaf die plaas geleë. Mariental is weer omtrent 55 km vanaf Stampriet. Ons ondervinding is dat meeste mense kom vir beide die Boeredag (26 Mei), sowel as die veiling (27 Mei). Maak dus seker dat jy vroegtydig behuising bespreek! Vir enige verdere inligting of hulp, kontak gerus: Jaco van Vuuren (All Round Namibia, Tours & Transfers) +264 61 259 831 / +264 81 246 3245, [email protected]

Page 25: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

25

6. Kaart en GPS koördinate Kry meer inligting op ons webwerf :www.bonsmara.com.na (Veiling 2016/Algemene inligting)

7. Vervoer vanaf Windhoek op Vrydag 27 MeiVervoer is beskikbaar vir diegene wat graag net die veiling wil bywoon op 27 Mei 2014. Die bussie vertrek vroeg oggend om 06H00 vanaf Windhoek en sal terugkeer direk na die veiling. Met die vertrektyd van 06h00 is daar genoeg tyd vir gaste om nog steeds die veilingsdiere te besigtig asook ontbyt te geniet voordat die veiling begin om 11H00.Indien jy belangstel, kontak Jaco van Vuuren 081 246 3245 ([email protected]) vir ‘n sitplek op die bussie.

• VIR CC OF MAATSKAPPYE:- Geregistreerde naam van CC of maatskappy asookregistrasie nommer- Inkomste belasting opgawe en/of Belasting optoegevoegte waarde (VAT) registrasie nommers- Skoon ITC krediet rekord-‘n Bankkode sal aangevra word van kliënt se bankiers-‘n Bankverslag sal aangevra word van kliënte wat nieaan Standard Bank behoort nie

• VIR INDIVIDUE:- Namibiese Identiteitsdokument- Skoon ITC krediet rekord- Bewys van woonadres (bv nutsrekening/kiesersregistrasie bewys/kleinhandel rekening ouer as 3 mnde)- Kontakbesonderhede- Bewys van inkomste-‘n Bankkode sal aangevra word van kliënt se bankiers-‘n Bankverslag sal aangevra word van kliënte wat nieaan Standard Bank behoort nie

DIE MINIMUM VEREISTES OM VIR DIE HARTEBEESTLOOP STANDARD BANK BUL FINANSIERING SKEMA TE KWALIFISEER:

8. Standard Bank kan help met finansiering!Dit is nou baie maklik om ‘n Hartebeestloop Bul of Hartebeestloop Vroulike Diere te bekom met behulp van Standard Bank se Finansiering Skema.

Vir verdere inligting kan die volgende persone by Standard Bank gekontak word:

Andre Botes SENTRAAL Tel: (061) 294 2476 Gerhard Mukuahima SENTRAAL Tel: (061) 294 2684Michael Witbooi SENTRAAL Tel: (061) 294 2851Benestus Kandorozu OKAHANDJA Tel: (062) 503 047Jan Hayward TSUMEB Tel: (067) 220 956

Lees gerus ook die volledige dokument aangaande Standard bank se voorwaardes vir finansiering op ons webwerf : www.bonsmara.com.na (Veiling 2016 / Algemene inligting)

Johan Marais KEETMANSHOOP Tel: (063) 223 274P.J. Bergh GOBABIS Tel: (062) 562 423Abel v/d Merwe OUTJO/OMARURU Tel: (067) 313 016Johan Schoonbee OTJIWARONGO Tel: (067) 302051 Adri Horn MARIENTAL Tel: (063) 242 371

Page 26: HARTEBEESTLOOP VEILING...LOT 3 : HART 09 - 0247 Ons probeer jaarliks ‘n beproefde stoetvaar beskikbaar stel aan ons mede-telers. Dit is nie elke jaar moontlik nie maar vir 2016 stel

26

oor VRUGBAARHEID, REPRODUKSIEVERMOË & HARTEBEESTLOOP KOEIKUDDE! Daar is baie geskryf oor die prestasies van elke bul se moeder en oumas aan beide kante. Dit wys die prestasies van individuele koeie. Dit is egter belangrik om te weet hoe die totale kudde lyk en presteer waaruit hierdie bulle en koeie geteel is.

• Die 2015 Elite Platinum SA Stamboek/Landbouweekblad Bonsmara koei kom uit die Hartebeestloop kudde• Die 2016 Elite Platinum SA Stamboek/Landbouweekblad Bonsmara koei kom weereens uit die Hartebeestloop kudde• Hartebeestloop Bonsmaras was dan ook in 2013, 2014 en 2015 die buite Suid-Afrika wenner asook die Suid-Namibië wen-

ner onderskeidelik van die LNR Nasionale Vleisbees Verbeteringskudde van die Jaar• In 2013 is Hartebeestloop die wenner van die Landbouweekblad/Breedplan Suider-Afrikaanse Koei Groep van die jaar vir

die Bonsmara ras• Die kudde is ook vir die afgelope 4 jaar onder die eerste 10 Platinum kuddes van die jaar soos deur SA Stamboek bepaal

word vir alle rasse wat geregistreer is by die instansie Vrugbaarheid en reproduksievermoë is nie hoog oorerfbaar nie maar is wel hoogs herhaalbaar. Dit is dus belangrik om die moederlyne te identifiseer wat konstant nageslag teel wat ook hoë vrugbaarheid en reproduksievermoë wys. Vrugbare moeder-lyne en gebruiksbulle geteel uit daardie moederlyne, is ons almal se beste verweer teen verhoogde insetkoste.

kanVRUGBAARHEID EN HOË REPRODUKSIEVERMOË gebalanseer word met HOË PRODUKSIE?Ja, dit kan!

Vanuit presies dieselfde koeikudde teel ons diere wat die volgende toekennings van Meatco ontvang:Produsent van die Maand vir Desember 2103, Mei 2104, Julie 2014, Februarie 2015 en Februarie 2016.

Hierdie toekennings is suiwer gebaseer op die kwaliteit van die diere verskaf aan Meatco vir verslagting.

Vrydag 27 Mei 2016, 11H00 op Hartebeestloop, Stampriet

HARTEBEESTLOOP VEILING

Boeredag Donderdag 26 Mei 2016, 8H30

Joggie [email protected] Kiep +264 811240648 Japie +264 812360880

www.bonsmara.com.na vir alle bulfotos en bulbeskrywings

HART 09-55