hartklop - fire feed · moet ek van gemeente verander? moet ek van werk verander? maar dan is daar...

8
VANOGGEND SE DIENS DR CLIFFORD HEYS (Matt 6:10) DIE BESLISSENDSE UUR IN WÊRELDGESKIEDENIS Daar is tye wanneer God se wil nie so glashelder is nie, bv. Moet ons dominee die beroep aanneem of nie? Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle tot God sal bekeer (Eseg. 33v11) Dat ons mekaar moet liefhê (Joh. 15v17) Dat ons Sy getuies sal wees (Hand. 1v8) Dat die Koning ons almal aan Sy Feestafel wil onthaal (Matt. 22v1-10) Nou sal ons Jesus se gebed in Getsemané beter verstaan toe Hy met die Lydens- beker in die hand, worstel: “... nogtans, nie My wil nie, maar U wil geskeid”. (Luk. 22v42) Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Zwelihle Jeugaksie Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning Wees Lig! HARTLIK WELKOM “Laat U wil geskied ...” Daar is seker nie ‘n bede wat meer erns en oorweging verdien as hierdie bede nie. Hierdie bede is soos ‘n sleutel wat óf die hemel, óf die hel oopsluit. Maar een van die twee sluit hierdie bede oop! Mense wat bid dat hul eie wil geskied, is mense wat bid hulle eie naam bo God se Naam verheerlik sal word en dat hulle eie koninkryk sal kom bo God se koninklik. Hulle bid vir hul eie wil en teen God se wil. Hierdie bidders verwerp ongelukkig God en Sy genade-aanbod. Hierdie bidders verwerp Jesus as Redder. Hierdie bidders sluit sodoende die hemel toe en die hel oop! Só dood-ernstig en doods-gevaarlik is hierdie bede! Daarteenoor, mense wat bid dat God se wil sal geskied, bid dat God se hartsbegeerte sal realiseer, dat almal sal aansit by die Feesmaal wat die Koning vir Sy burgers en vriende voorberei het. Só ernstig is hierdie gebed dat Jesus gesê het: Sy voedsel is net om God se wil te doen’ (Joh. 4v34). Só ernstig is hierdie gebed dat Jesus ure voor Sy dood in Getsemané nog kon bid dat ‘nie Sy wil nie, maar Vader se wil sal geskeid, al moet Hy sterf (Luk. 22v42). Daarom moet ons hierdie bede met doodse erns nabid! Vraag: Sal u nie hierdie gebed vandag opnuut wil bid nie ......? Weet dit: Dit is die gebed wat hemel en hel van mekaar skei! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 28 FEBRUARIE 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 6 MAART DR WILHELM BURGER Matt.6:11 en 25-34 Ons daaglikse brood 1. Beteken die teksgedeelte dat ons enigiets mag vra en dit altyd sal kry? Jou ervaring? 2. Dink na oor die betekenis van die 4 woorde: brood, ons, daaglikse en vandag. 3. CS Lewis het gesê: "I don't pray because it changes God; I pray because it changes me" Dink daaroor na. AANDDIENS @ 18:00 DR WILHELM BURGER TEMA: SELFS DIE SLIMSTES IS NIE SLIM GENOEG VIR GOD NIE 7H15 M3554G3 53RV35 7O PR0V3 H0W 0UR M1ND5 C4N D0 4M4Z1NG 7H1NG5! TEENTRIX klasse direk na die aanddiens. Ons nooi ouers en jongmense om saam te kom kuier in die maalruimte met heerlike koffie/tee. ALMAL WELKOM!

Upload: others

Post on 04-Mar-2020

13 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

VANOGGEND SE DIENS DR CLIFFORD HEYS (Matt 6:10)

DIE BESLISSENDSE UUR IN WÊRELDGESKIEDENIS

Daar is tye wanneer God se wil nie so

glashelder is nie, bv.

Moet ons dominee die beroep aanneem of nie?

Moet ek van gemeente verander?

Moet ek van werk verander?

Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv.

Dat alle mense hulle tot God sal bekeer (Eseg. 33v11)

Dat ons mekaar moet liefhê (Joh. 15v17)

Dat ons Sy getuies sal wees (Hand. 1v8)

Dat die Koning ons almal aan Sy Feestafel wil onthaal (Matt. 22v1-10)

Nou sal ons Jesus se gebed in Getsemané beter verstaan toe Hy met die Lydens-

beker in die hand, worstel: “... nogtans, nie My wil nie, maar U wil geskeid”.

(Luk. 22v42)

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Zwelihle Jeugaksie

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

“Laat U wil geskied ...”

Daar is seker nie ‘n bede wat meer erns en oorweging verdien as hierdie

bede nie. Hierdie bede is soos ‘n sleutel wat óf die hemel, óf die hel oopsluit.

Maar een van die twee sluit hierdie bede oop!

Mense wat bid dat hul eie wil geskied,

is mense wat bid hulle eie naam bo God se Naam verheerlik sal word

en dat hulle eie koninkryk sal kom bo God se koninklik.

Hulle bid vir hul eie wil en teen God se wil.

Hierdie bidders verwerp ongelukkig God en Sy genade-aanbod.

Hierdie bidders verwerp Jesus as Redder.

Hierdie bidders sluit sodoende die hemel toe en die hel oop!

Só dood-ernstig en doods-gevaarlik is hierdie bede!

Daarteenoor, mense wat bid dat God se wil sal geskied,

bid dat God se hartsbegeerte sal realiseer,

dat almal sal aansit by die Feesmaal wat die Koning vir Sy burgers en vriende

voorberei het.

Só ernstig is hierdie gebed dat Jesus gesê het: ‘Sy voedsel is net om God se wil te doen’ (Joh. 4v34).

Só ernstig is hierdie gebed dat Jesus ure voor Sy dood in Getsemané nog kon bid

dat ‘nie Sy wil nie, maar Vader se wil sal geskeid’’, al moet Hy sterf (Luk. 22v42).

Daarom moet ons hierdie bede met doodse erns nabid!

Vraag:

Sal u nie hierdie gebed vandag opnuut wil bid nie ......?

Weet dit: Dit is die gebed wat hemel en hel van mekaar skei!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

28 FEBRUARIE 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 6 MAART

DR WILHELM BURGER

Matt.6:11 en 25-34

Ons daaglikse brood

1. Beteken die teksgedeelte dat

ons enigiets mag vra en dit altyd

sal kry? Jou ervaring?

2. Dink na oor die betekenis van

die 4 woorde: brood, ons,

daaglikse en vandag.

3. CS Lewis het gesê: "I don't

pray because it changes God;

I pray because it changes me"

Dink daaroor na.

AANDDIENS @ 18:00 DR WILHELM BURGER

TEMA: SELFS DIE SLIMSTES IS

NIE SLIM GENOEG VIR GOD NIE

7H15 M3554G3 53RV35 7O PR0V3 H0W 0UR

M1ND5 C4N D0 4M4Z1NG 7H1NG5!

TEENTRIX klasse direk na die

aanddiens. Ons nooi ouers en

jongmense om saam te kom kuier

in die maalruimte met heerlike

koffie/tee. ALMAL WELKOM!

Page 2: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

ONS BID VIR ... Louis Stassen

Helena van Vuuren

Magriet Louw

Francois Snyders

Ananda Burger

Okkie & Zillah van Tonder

Bernice Auret

Sarie van Staden

Cebella Krige

Marichen van Wyk

Gezina Franken

Francois Goosen

Betsie Liebenberg

Annette Solomon

Neels van Niekerk

Helena Krige

Eddie le Grange

Corlise Steyn

Marius van der Watt

Suretha de Villiers

Suzette Rust

MEEGEVOEL met Rassie en Ina

Erasmus & familie met die heen-

gaan van Rassie se broer.

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

MA. 29 FEBRUARIE DI. 1 MAART WO. 2 MAART

DIENSSENTRUM

PROGRAM: Die weeklikse program sal

in die toekoms op ‘n aparte

blad wees. Lees gerus fyn deur vir al die

wonderlike geleenthede en gebeure.

18:00 KERKRAADSVERGADERING in die

Ark. Ons vra u voorbidding asb.

SOPKOMBUIS

24een GEBEDSWAG

11:00 - 13:00 KLEREKAS

11:00 LOFDANSE vir volwassenes.

U is baie welkom om aan te sluit by hierdie

dansgroep. Kontak Veronica by

083 751 4319 vir enige navrae.

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus)

DO. 3 MAART VR. 4 MAART SA. 5 MAART

09:00 BYBELSKOOL (NG Onrus)

09:30 - 11:30 Die KOLWYNTJIE TEETUIN

10:00 GEBED in die Gebedskamer. Kom bid

saam vir ons eredienste, Gemeente en ge-

meenskap.

10:00 WÊRELDBIDDAG VIR VROUE by die

Katolieke kerk (oorkant Babbel & Krabbel)

WAT GEBEUR ALLES SONDAG 6 MAART ?

VYFDE LYDENSWEEK

08:30 GEBEDSKAMER:

Ons bid saam vir die erediens. U is welkom.

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger

15:30 SAAMKUIER by die DIENSSEN-

TRUM vir alle 50 plussers. Welkom!

18:00 AANDDIENS: Ons nooi alle tieners

(volwassenes ook BAIE welkom!) Kom sing

saam en gesels saam. Na die diens kuier ons

baie lekker in die maalruimte saam rondom

tee en koffie. Welkom!

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 19)

KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

TEENTRIX Gr 6 - 11 @ 18:00 na die aanddiens.

Vader, as ons bid dat “God sy wil moet laat geskied,” is ons nie besig om ons gelate aan die noodlot te onderwerp nie, maar bid ons dat U

volmaakte doel hierdie wêreld, net soos in die ewigheid wat kom sal geskied en dat ons gewillig wil doen wat U wil hê.

Dierbare Here, saam met die voorafgaande bedes, vra U dat ons ons Vader erken en gehoorsaam sal wees. Dankie Vader, dat met U hulp

neem U ons aan en help ons om volgens U wil te leef. U genade en liefde is groot.

Here, ons lees “Bekeer julle!” Ons weet bekering is nodig om gereed te wees vir die aanbreek van die voleinding. Here, ons weet ook dat

familie kan nie ‘n enkele mens in die koninkryk van God laat kom nie. Ons moet self kies en U as ons Vader aanvaar.

“... laat hierdie lydensbeker by My verby gaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Vader, wanneer dinge vir ons swaar

word, vergeet ons om te vra: “Laat U wil geskied.” Help ons om reg te bid en altyd gehoorsaam te wees aan U.

Ons Vader, die feit dat Jesus spesifiek gevra het dat U wil gedoen moes word, bevestig Jesus onder alle omstandighede dat Hy sy Vader

se wil wou doen. Help ons om ten alle tye U wil te doen, sodat ons saam met U, Ons Vader, in die koninkryk kan kom.

ONS BID VIR ...

DIE NUWE JEUGLERAAR

VIR JEUG EN GESINNE BY DIE

NG GEMEENTE ONRUSRIVIER

Ons is tans by die kortlys en onderhoude

gaan binnekort gehou word. U volgehoue

gebed is nou veral BAIE BELANGRIK!

Ons is baie afhanklik van God in die vulling

vir hierdie nuwe termynpos vir ‘n

Jeugleraar. Ons wil graag as Gemeente

saam bid vir wysheid, leiding en vrede oor

die regte persoon. Kom ons neem hande in

hierdie tyd en buig saam as Gemeente

voor Sy troon.

Page 3: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

Kom geniet ‘n heerlike aand

saam met S.D. Fourie. Sy

woon in Franskraal en gaan

vir ons staaltjies oor die

Strandveld vertel. Sy is ‘n

toergids, mede-eienaar van

die Strandveld Museum,

het al pryse gewen in Radio

Drama Kompetisies en

twee boeke geskryf –

onder andere die

Lanternswaaier.

Kom bespreek u plek by

Joan/Hannie by die

Dienssentrum.

Ons het slegs 120 kaartjies beskikbaar.

#IMAGINE 2016 JEUGKAMP Waar: Mega Park, Bredasdorp

Wanneer: 1-3 April 2016

Ons nooi al ons tieners om te registreer en bespreek VOOR 29 MAART by die volgende link:

https://www.itickets.com/register/new/355678&referrer=onrus

(onrus in kleinletters)

Koste is R400 per tiener.

Groot dank en waardering vir ons Kalenderborg vir Februarie-maand wat die druk van die gemeentekalender moontlik

gemaak het. Alle seën vir jul besigheid en gesinne.

TEL: 028 316 7311 OOP: 07:00 - 21:00 SEL: 083 500 5397 [email protected]

WÊRELDBIDDAG VIR VROUE

VRYDAG 4 MAART @ 10:00

WAAR? Hermanus Katolieke

kerk, 21 Lord Roberts str,

Eastcliff – oorkant Babbel &

Krabbel skool.

ONS NOOI ALLE VROUE - KOM BID SAAM!

PERSONAL: PREPARING MY HEART FOR REVIVAL

What causes revivals to run out over time? What causes revivals to run out over time? Lack of confession. Revival dissipates when Christians stop confessing their sins before God in humility. Though we all sin, it is easy to become complacent in our standing before God. Attention must be given to important basic spiritual disciplines, such as regular times spent in prayer and reading the Word. Such practices are non-negotiable and should be emphasized as part of life for every believer. Through the Word of God, we are spiritually washed clean of wrong thinking, and it is through prayer that we are convicted to confess sin on a continual basis, even when revival has not yet occurred or has stopped. (Jericho Walls Prayer Guide).

CANSA RELAY FOR LIFE

Dit is weer tyd vir die Cansa Overstrand

Relay For Life 2016. Die Relay vind plaas

by die Kleinmond Laerskool 12 & 13 Maart

2016. Kom wees deel van die unieke deurnag gebeurtenis om die

stryd van die kankerpasient te herdenk. Ons dink dan weer aan die

persone wat die stryd teen kanker verloor het en

vier die lewe van die kanker oorwinaar. Die deur-

nag stap simboliseer die moegheid en uitputting

van die pasient wat deur behandeling gaan.

Vir verdere navrae en inskrywings, kontak

Maryna Voges – Kansa kantoor – 028 316 3678 /

073 6999 722 / epos: [email protected]

BYBELSKOOL Die Skool is oop en u is welkom op Woensdae 18:00 by NG Hermanus en Donderdae om 09:00 by NG Onrusrivier. Prof Kobus Kellerman is besig met ‘n reeks oor Filippense. INDIEN U DIE BYBELSKOOL NOTAS PER EPOS WIL ONTVANG, STUUR ASB U EPOS ADRES NA [email protected] OF KONTAK

MERVIAN BY DIE KERKKANTOOR. Navrae: Clifford by 028 316 4895.

Page 4: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 29 FEB - 6 MRT

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG, 29 FEBRUARIE HAARKAPPER: Ester du Toit vat ‘n ruskansie en is vir ‘n maand op verlof. Hou die Dienssentrum blad dop vir wanneer sy weer beskikbaar gaan wees.

DINSDAG, 1 MAART KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kom op ‘n Dinsdag en sit koppe bymekaar en maak iets nuttigs. Dinsdag se beplanning is verf op porselein – eenvoudige proses en baie mooi. Moet dit nie misloop nie. SKOONHEIDSTERAPEUT: Sabie Steyn doen masserings. Maak asseblief ‘n afspraak by 082 371 8811 vir 09h00 – 12h00. Rug, nek en skouer massering vir 30 min.: R30 (nie-lede R50) Onderbeen massering (voet en kuit) vir 15 min.: R20 (nie-lede R40) Vollyf massering vir 60 min.: R50 (nie-lede R70)

NAALDWERK: Rita Ferreira (028 316 2981) sal u met die regstel/verstelling van u kledingstukke help. Bring u kledingstuk op ‘n Dinsdag (09h30 – 10h00) na die Dienssentrum.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorger benodig.

WOENSDAG, 2 MAART

TRIMGIM in Ark om 10h00 – 11h30: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus) Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede)

VOETE- EN HANDE VERSORGING vanaf 08h00: Maak ‘n afspraak by Marilyn Prinsloo by 082 532 6931.

DONDERDAG, 3 MAART

SPELETJIESOGGEND @ 10:15 saam met Joan, Hannie en Kosie. Kom speel en drink 'n koppie tee saam met ons.

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting Prys op aanvraag

Page 5: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

KONTAK NOMMERS DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

INDIEN U ENIGE INLIGTING

BENODIG.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

SPESIALE BEHOEFTES VERVOER VIR NAGDIENS VERSORGERS Ons versorgers wat nagdiens doen het 'n baie groot nood. Vervoer vanaf Hawston om 18h30 in die aand is onmoontlik. Ons be-nodig ongeveer 14 persone wat op 'n vrywillige (uitruil basis) bereid sal wees om die twee persone (tans die behoefte) in Hawston om 18h30 te gaan haal en na die bejaarde wat hulle versorg te neem sodat hulle om 19h00 kan begin werk. Kontak asseblief vir Joan/Hannie by 028 316 1745.

WAARNA KAN U UITSIEN?

ONSTEATER WOENSDAG 9 MAART 14:30 DV

FLIEK: SEUN Te vining is die vakansie verby en Paul moet

aanmeld vir diensplig. Dan gebeur die onverwagte......

Baie dankie aan die 21 fliekgangers wat saam kom fliek het verlede keer - R300

ingesamel vir ons Dienssentrum! Baie dankie! Onthou net elke TWEEDE WOENSDAG van

elke maand.

BELANGRIKE INLIGTING OM TE ONTHOU BILTONG-EN-BROOD AAND: 11 Maart om 18h00 die aand in die sysaal. Kom geniet ‘n heerlike aand saam met S.D. Fourie. Sy woon in Franskraal en gaan vir ons staaltjies oor die Strandveld vertel. Sy is ‘n toergids, mede-eienaar van die Strandveld Museum, het al pryse gewen in Radio Drama Kompetisies en twee boeke geskryf – onder andere die Lanternswaaier. Die aand kos vir u R130 per persoon. Kom bespreek u plek by Joan/Hannie. Ons het slegs 120 kaartjies beskikbaar! BEHOEFTES VIR BILTONG-EN-BROOD AAND: Freda benodig nog 210g blikkies (halwe blikkies) asb vir haar rangskikkings op die tafel.

KOOP ‘N GESKENKBEWYS VIR DIE TEETUIN: Slegs R30 vir tee en koek. Dit is ‘n baie lekker verjaarsdag- of bederf geskenk vir u vriend/vriendin/kollega. LEDEGELD DIENSSENTRUM: Ons nuwe finansiële jaar begin 1 Maart en dus is dit weer tyd vir die betaling van ledegeld. Ons ledegeld het dieselfde gebly! Betaal asseblief u ledegeld by Joan/Hannie by die Dienssentrum.

TEE EN VERVERSINGS BY DIE DIENSSENTRUM: Vanaf 1 Maart kan u vanaf Maandag tot Donderdag teen R15 per persoon koffie/tee (tee/koffie is R5) met ‘n eetdingetjie by die Dienssentrum geniet vanaf 09h30 – 12h00.

ONTHOU VRIENDE VAN DIE DIENSSENTRUM Ons wil u graag sien as ‘n “vriend by die Dienssentrum”. Sommige mense voel hulle is nog nie oud genoeg om aan te sluit nie maar wil as ‘n vriend bekend staan. Om te kwalifiseer as vriend is u welkom om ‘n donasie vir ons te gee en in ruil daarvoor sal ons u naam aanbring op ‘n lys wat in/by die Dienssentrum be-sigtig kan word. U moet ook vir ons ‘n vorm invul sodat ons u besonderhede kan kry – elke vriend van die Dienssentrum sal vir ons baie belangrik wees. Ons nooi u ook dan uit vir ‘n gratis koppie koffie/tee by die teetuin as blyk van dankbaar-heid. Kontak asb vir Joan/Hannie by die Dienssentrum. Baie dankie!

SONDAGMIDDAE SAAMKUIER

OM 15:30 BY DIE DIENSSENTRUM

Vir alle 50 plussers. Nie seker wat om met jou Sondagmiddag te doen nie? Lus

vir gesels en lag en kuier? Kom geniet die ge-selskap en ‘n heerlike koppie tee/koffie. Mans en

vroue, enkel of getroud – u is almal baie wel-kom. Vir enige navrae: Hannie Koch 081 271 2290

VRYDAG, 4 MAART

KOLWYNTJIE TEETUIN

09H30 – 11H30

Nog nie die KOLWYNTJIE besoek nie? Kom maak 'n draai (veral nuwe intrekkers!)en maak die moeilike keuse tussen al die eetgoed op die tafel! R30 vir nie-lede en

R20 vir lede van die Dienssentrum (koffie/tee ingesluit.)

Almal baie welkom!

Page 6: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun, To God be the glory, great things He hath done

vir liefde, genade, verlossing en steun, So lov'd he the world that He gave us His Son,

dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan Who yielded his life for atonement and sin,

maar ewig voor Hom as verloste kan staan. And opened the life gate that all may go in.

Refrein: Refrain:

Loof die Heer, loof die Heer! Sing Praise the Lord, Praise the Lord! Gelowiges saam Let the earth hear His voice, Loof die Heeer, loof die Heer! Prys sy Praise the Lord ! Praise the Lord ! Heilige Naam ! Let the people rejoice; Hy kom uit genade ons sondes versoen O come to the Father through Jesus His Son! Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem And give Him the glory, great things He hath done.

DIE UITNODIGING ! ONS KUIER BY ONS VADER !

Wanneer iemand ons uitnooi, voel 'n mens spesiaal en welkom en neem jy graag die uitnodiging aan. Die Vader

nooi ons - kom na my toe almal wat vermoei en belas is – kom enige tyd – kom vir 'n kort of 'n lang gesels,

maar kom asseblief net. – Ek verlang na jou, want Ek het jou lief en wil graag saam met jou wees. Om te bid

is so 'n uitnodiging van die Vader aan ons om huis toe te kom.

GEBED is 'n uitnodiging om huis toe te kom ! Ons Vader wil hê ons moet elke dag by Hom kuier, want Hy stel

intens belang in ons. Hy wil hê ons moet Hom vertel van alles wat in ons lewens aangaan. Ja, Hy weet dit reeds,

maar ons moet Hom nogtans vertel en dan glo ek luister Hy aandagtig. Ons lewens is 'n gejaag na nêrens en

veroorsaak dat ons die rustigheid van ons Vaderhuis mis. Ons Vader nooi ons om by Hom te kom sit.

(Mat 11 : 28 – 29). Ja sommer met ons pantoffels aan om te ontspan om met Hom in die kombuis die brood van

die lewe te eet en die water van die lewe te drink // om in die eetkamer aan te sit by die bruilofstafel saam

met sy Seun // in die studeerkamer leer Hy ons sy wysheid en wil // in die werkskamer werk ons saam met

Hom aan stukkende mense en ons bid vir die wêreld // ons rus in Sy vrede in die slaapkamer en ons staan

sonder enige maskers voor Hom.

In Sy huis ontdek ons dat Hy in 'n spesiale liefdesverhouding met ons wil wees.

Gebed is die asemhaling van die gemeente en as iets wat veronderstel is om te lewe nie asemhaal nie is dit

dood. Die Vader nooi ons om na Hom te kom en tyd met Hom te spandeer. (Ps 23: 3-5) Die kruis en die

opstanding het die weg gebaan – die voorhangsel is geskeur en ons MAG INGAAN ! (Heb 10 : 19 – 20)

Ons Vader neem gebed ernstig op. ( Jer 33:3) Hoe ernstig neem jy gebed op?

Vir Hom is my gebed kosbaar. (Openb 5:8)

Hy bêre elke gebed van elke gelowige. As jy in die goue bak kyk, sien jy al jou gebede van

kleuter dae tot die gebed wat jy vandag gebid het.

24EEN GEBEDSWAG

WOENSDAG 2 MAART 2016

Page 7: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

ONS KOM LOOF U AS ONS VADER Ons, wat nou u kinders is. Ons mag u in Christus nader, wat ons voorspraak by U is. Juis vir

ons, deur skuld gebonde en bedorwe van natuur, is u Seun as borg gestuur. Vrygespreek van al

ons sonde, kan niks ons meer van U skei – in u liefde sal ons bly. (Lied 186 - Liedboek)

GEBED

INcontext het 'n projek 'DEERNIS' aan die gang en vra elke maand dat mense bid vir 'n spesifieke

gebied. Hierdie maand vra hulle dat ons asb vir die UKRAÏNE sal bid.

Die oorlog in die Ukraïne veroorsaak dat fabrieke, myne en staatsdepartemente in gebiede wat deur

sepratiste beheer word, gesluit is en daar tekort is aan geld, kos en medisyne.

Die INcontext kantoor in die Ukraïne tesame met 'n internasionale kerk unie help om broodnodige voorraad

te verskaf aan mense wat vasgekeer is in die konfliksone.

Voorrade sluit kos, water, klere en insulien vir diabete in.

Dit is die behoeftes. Dit is waarom hulle vra dat ons vir die gebied sal bid.

Die volgende is 'n brief wat hulle van 'n kerkleier ontvang het: “ Liewe vriende ons dank julle vir al jul hulp.

Ons word bemoedig deur die wete dat broers en susters in Suid-Afrika vir ons bid en aan ons dink in

hierdie moeilike tye. Dra ons dank oor aan al die kosbare mense wat vir ons en die mense hier bid, onder-

steun en aan ons die deernis van Jesus betoon.”

JESAJA 58 : 6 – 7 GELD VIR UKRAÍNE SOWEL AS VIR HAWSTON !!

NET SOOS ons bid vir die nood in ander dele van die wêreld vra ons dat u asb vir ons eie woonbuurtes sal bid.

EN veral vir HAWSTON. Die geestelike leiers van die kerke daar het bymekaar gekom en saam besluit dat

iets gedoen moet word omtrent die misdaad en intimidasie. Ons bid dat die mense van Hawston sal saam-

staan en dat daar 'n verandering sal kom as gevolg van 'n herlewing wat hier sal plaasvind. Dit is nou die tyd

vir Christene om in gebed te volhard en op God te vertrou.

BID asb spesiaal vir die nuwe Evangelis in Hawston - Gladys Cryer.

BID asb vir al die siek mense in hulle omgewing en in die gemeente

BID asb vir seën op die preekreeks oor die Ons Vader gebed en dat die gemeente verryk sal word.

BID asb vir al die kerke in Hermanus en al die dominees.

PSALM 65 (LIEDBOEK) U KAN GERUS DIE HELE PSALM LEES.

'U kies ons uit in u genade om in u huis te woon; U wys ons daar u troue dade; u guns word ons betoon. Ook dié uit lande afgeleë vertrou op U, o Heer, ook hul wat leef oor verre seë wil hul na

U toe keer. U huis , o Heer, staan oop, is heilig. Dis goed om daar te woon. Wie by U bly, dié is beveilig. U guns word hul betoon. U is met mag en krag omgewe. Ons sien U in u krag;

ook wie in verre lande lewe, het vir u werk ontsag.'

Vir enige navrae, versoeke of kommentaar, kontak asb vir Annette McMillan by 072 903 9189. Ons bid saam asb NGK & VGK Gemeentes vir 24uur aaneen.

Page 8: Hartklop - Fire Feed · Moet ek van gemeente verander? Moet ek van werk verander? Maar dan is daar weer ander sake waaroor God se wil glashelder-duidelik is, bv. Dat alle mense hulle

PASSIESPELE BY DIE OU HAWE OEFENING ELKE SONDAG @ 15:00 Kom wees deel van hierdie wonderlike opvoering by die ou hawe op Goeie Vrydag. Daar kort heelwat mense wat spesiale rolle het. Kom! Ons het u nodig! Vir navrae, kontak Fanus by 078 483 3080. WYK 27 WYKSBYEENKOMS op 4 Maart @ 18:00 by Johan en Bertha (Boundaryweg, Fisherhaven - 082 562 6413). ONDERSTEUNINGSGROEP vir mense/familie met neurologiese siektes soos Alzheimer, MS, MNS, dimensie vergader op Maandag, 7 Maart, om 11h00 - 12h00 by die Dienssen-trum. Familie, vriende en die persoon self is welkom om die groepbyeenkoms by te woon.

MENGELMARKIE Besoek Onrus Mengelmarkie op Saterdag 5 Maart 2016 by die De Wetsaal in Roosstraat. Kom vroeg en kry iets lekker vir die naweek!

DIE SPOELKLIPPE ondersteun die DIENSSEN-TRUM se brood- en biltongaand as 'n fondsinsameling, VRYDAG 11 MAART DV. Kaartjies is R130pp en is by die Dienssen-trum beskikbaar. MOSAÏEKGROEP byeekoms 29 Feb 2016 om 15h00 uur in OnsTeater. Die video “Letters to God” gaan vertoon word. Almal wel-kom. Bring jul vriende saam.

KOSPAKKIES 14 MAART DV Indien daar nog twyfel bestaan ivm die bydrae's, loer net agter in die KALENDER en stel vas wat jou wyk veronderstel is om maandeliks by te dra. BAIE DANKIE vie elkeen se liefdesgawes! SOPKOMBUIS Ons benodig nog asb sopkokers wat Dinsdae kan help sop kook by die kerk. Kontak asb vir Siska by 028 316 2109. SPESIALE VERSOEK: Opsoek na ‘n Wiskunde en Engelse onderwyser (afgetree) wat ekstra klasse kan gee aan ‘n 13-jarige kind wat moet inhaal. Kontak asb vir Petro by 084 810 2188.

KLEREKAS: Is u kaste baie vol? Is daar klere wat u glad nie meer dra nie en nie weet waar om met dit heen te gaan nie? Bring dit asb na die kerkkantoor. Die klerekas verkoop dit en die fondse word gebruik om die kospak-kies mee aan te koop. Baie dankie! PARKERING AANWYS: Ons benodig nog mense wat parkering kan aanwys op Sondae. Hierdie is ‘n wonderlike gasvryheid geleentheid. Kontak asb vir Muriel by 083 335 5195. BASAARLYSTE 2016: Die basaarlyste gaan nou die rondte begin doen. Ons sê nou reeds baie dankie vir al u bydraes en skenkings. Indien daar nie iemand by u omkom in die volgende weke nie, kontak asb die kerkkan-toor - ons help graag! (Wyksleiers en Dienswerkers: Lyste is beskikbaar by die kerkkantoor.)

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl 082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER

Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

boek

wees

Tel: 028 316 3393 Sel: 083 284 0027 [email protected]

www.aida.co.za

ONRUS * VERMONT * SANDBAAI * HEMEL-EN-AARDE *

HET U GEWEET?

Daar is baie spesiale sopkombuise in

Mount Pleasant (weekliks Dinsdae

om 11h00) en Hawston

(weekliks Woensdae om 14h00).

By hierdie sopkombuise word die

uitdeel van die sop en brood vooraf-

gegaan deur n kort woordbediening

en lofprysing. Enige belangstellendes

is welkom om enige van die byeen-

komste by te woon by die VGK

gemeentes van Mount Pleasant en

Hawston respektiewelik.

WELKOM!

Vir enige navrae, kontak asb vir

Dan Morkel by 082 373 3527.