hartklop - ngk onrusrivier · daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke)...

6
VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK (Matt. 5:3) Onrusgemeente leef in totale afhanklikheid van God. Hierdie waarde het die Vader van die begin af in Onrusgemeente gevestig. Dit kan nie anders nie, Onrusgemeente behoort aan die Drie Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Hy is in die woorde van Retief Burger: “Alles vir ons en Hy is genoeg …”. Ons het Hom bo alles en almal innig lief. Reeds in die aanloop tot die gemeente se stigting en die verkryging van die grond en die bou van die sentrum is elke besluit met die Here deurbid. Telkemale het ons verstom gestaan oor wat die Here besig is om te doen. Juis daar waar ons gesê het: “Here ons het nie die antwoord nie, ons het nie die fondse nie ons verwagting is op U.” Daarom het ons ook in ons besluitneming op die kerkraad wegbeweeg van „n demokrasie na „n Teokrasie. Ja, wat n groot voorreg om te ervaar hoe die Heilige Gees werk wanneer ons op „n plek kom waar ons nie antwoorde het nie. Juis dan in verootmoediging en volle oorgawe bid ons, want ons Here is God oor alles en almal. Daar is geen beter plek om te wees as om te weet hoe afhanklik ons van God is nie, want dan word ons mede eienaars van die Kon- inkryk van ons Here. Michiel Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. VGK Zwelihle Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM Ferdinand Deist vertel van „n munisipaliteit in Nederland wat „n poging aangewend het om hulle immer vaal vulliswaens darem ‟n bietjie meer kleurvol te maak. Die munisipaliteit besluit toe om slagspreuke op die vulliswaens te verf. Een van hierdie slagspreuke lees: Alles wat waardevol is, is ook weerloos‟ Wat hoor jy? Miskien moet ons eers vra: „Wat sien jy?‟ Maak die vullis sakke oop en wat sien jy? Bo en behalwe die kombuisafval, lê daar ander sakke met .... „n Mooi rooi das, omdat dit uit die mode geraak het. „n Lappop, omdat die tiener dogter nie meer pop speel nie. „n Foto-album met die familie kiekies, omdat digitale fotos van beter kwaliteit is. „n Gesangboek, omdat ons nie meer Psalms en Gesange singe nie. En dit is nie al nie. Wat van die ou-ou vriendskapsbande? Wat van huweliksverhoudinge wat trou beloof het? En spontane ouer-kind verhoudinge omdat kinders ge-emigreer het? Eers waardevol, nou weerloos soos in die vulliswa? Wat hoor jy nóú? „n Das, „n lappop, „n foto-album, „n Gesangboek, vriende, huwelike en ouer-kind ver- houdinge was op „n tyd waardevol, maar tog ook weerloos. Só weerloos dat dit nou uitgegooi word as waardeloos. En wat doen ons nou? Kyk na dit wat vir jou waardevol is. Pas dit baie goed op, want ook dit kan so maklik weerloos word en as waardeloos uitgegooi word. Baie welkom. Weet dit jy is vir ons baie waardevol! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 9 OKTOBER 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 16 OKTOBER DS ANTON DUVENHAGE 1 JOH. 3: 11 - 18 ONS STREEF NA ONVOOR- WAARDELIKE JESUSLIEFDE Hoeveel liefde is genoeg? Het ons al „n plek in ons geloofslewe bereik waar ons werklik kan sê: “Ek sal my lewe vir my broer/ suster aflê?” (v.16) Is dit nie dalk gevaarlik om te sê dat ons streef na onvoorwaarde- like Jesusliefde, indien ons sukkel om selfs net „n bietjie van onsself vir ander te gee nie? Hierdie waarde (net soos al die ander), is „n waarde wat nie ligte- lik opgeneem kan word nie. Hier word gepraat van „n “strewe” na iets wat ongewoond is aan die samelewing - onvoorwaardelike Jesusliefde. In julle stiltetyd hierdie week, fokus bietjie op die term “onvoorwaardelik”. Wat beteken dit om iemand onvoorwaardelik lief te hê ... onvoorwaardelik soos Jesus? AANDDIENS VANAAND @ 18:00 MEDITATIEWE ANDNAGMAAL Dr Wilhelm Burger nooi u om saam te kom stilword.

Upload: others

Post on 12-Feb-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum

VANOGGEND SE EREDIENS DS MICHIEL DE KOCK (Matt. 5:3)

Onrusgemeente leef in totale afhanklikheid van God. Hierdie waarde het die Vader van

die begin af in Onrusgemeente gevestig. Dit kan nie anders nie, Onrusgemeente behoort

aan die Drie – Enige God, Vader, Seun en Heilige Gees. Hy is in die woorde van Retief

Burger: “Alles vir ons en Hy is genoeg …”. Ons het Hom bo alles en almal innig lief.

Reeds in die aanloop tot die gemeente se stigting en die verkryging van die grond en die

bou van die sentrum is elke besluit met die Here deurbid. Telkemale het ons verstom

gestaan oor wat die Here besig is om te doen. Juis daar waar ons gesê het: “Here ons

het nie die antwoord nie, ons het nie die fondse nie ons verwagting is op U.”

Daarom het ons ook in ons besluitneming op die kerkraad wegbeweeg van „n

demokrasie na „n Teokrasie.

Ja, wat n groot voorreg om te ervaar hoe die Heilige Gees werk wanneer ons op „n plek

kom waar ons nie antwoorde het nie. Juis dan in verootmoediging en volle oorgawe bid

ons, want ons Here is God oor alles en almal. Daar is geen beter plek om te wees as om

te weet hoe afhanklik ons van God is nie, want dan word ons mede – eienaars van die Kon-

inkryk van ons Here. Michiel

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. VGK Zwelihle

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

Ferdinand Deist vertel van „n munisipaliteit in Nederland wat „n poging aangewend het om

hulle immer vaal vulliswaens darem ‟n bietjie meer kleurvol te maak. Die munisipaliteit

besluit toe om slagspreuke op die vulliswaens te verf. Een van hierdie slagspreuke lees:

„Alles wat waardevol is, is ook weerloos‟

Wat hoor jy?

Miskien moet ons eers vra: „Wat sien jy?‟

Maak die vullis sakke oop en wat sien jy?

Bo en behalwe die kombuisafval, lê daar ander sakke met ....

„n Mooi rooi das, omdat dit uit die mode geraak het.

„n Lappop, omdat die tiener dogter nie meer pop speel nie.

„n Foto-album met die familie kiekies, omdat digitale fotos van beter kwaliteit is.

„n Gesangboek, omdat ons nie meer Psalms en Gesange singe nie.

En dit is nie al nie.

Wat van die ou-ou vriendskapsbande?

Wat van huweliksverhoudinge wat trou beloof het?

En spontane ouer-kind verhoudinge omdat kinders ge-emigreer het?

Eers waardevol, nou weerloos soos in die vulliswa?

Wat hoor jy nóú?

„n Das, „n lappop, „n foto-album, „n Gesangboek, vriende, huwelike en ouer-kind ver-

houdinge was op „n tyd waardevol, maar tog ook weerloos. Só weerloos dat dit nou

uitgegooi word as waardeloos.

En wat doen ons nou?

Kyk na dit wat vir jou waardevol is. Pas dit baie goed op, want ook dit kan so maklik

weerloos word en as waardeloos uitgegooi

word.

Baie welkom. Weet dit – jy is vir ons

baie waardevol!

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

9 OKTOBER 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 16 OKTOBER

DS ANTON DUVENHAGE

1 JOH. 3: 11 - 18 ONS STREEF NA ONVOOR-

WAARDELIKE JESUSLIEFDE

Hoeveel liefde is genoeg? Het

ons al „n plek in ons geloofslewe

bereik waar ons werklik kan sê:

“Ek sal my lewe vir my broer/

suster aflê?” (v.16)

Is dit nie dalk gevaarlik om te sê

dat ons streef na onvoorwaarde-

like Jesusliefde, indien ons sukkel

om selfs net „n bietjie van onsself

vir ander te gee nie?

Hierdie waarde (net soos al die

ander), is „n waarde wat nie ligte-

lik opgeneem kan word nie.

Hier word gepraat van „n “strewe”

na iets wat ongewoond is aan die

samelewing - onvoorwaardelike

Jesusliefde.

In julle stiltetyd hierdie week,

fokus bietjie op die term

“onvoorwaardelik”. Wat beteken

dit om iemand onvoorwaardelik

lief te hê ... onvoorwaardelik soos

Jesus?

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00 MEDITATIEWE ANDNAGMAAL

Dr Wilhelm Burger nooi u om

saam te kom stilword.

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum

MAANDAG 10 OKTOBER SKOLE OPEN

DINSDAG 11 OKTOBER Sopkombuis WYKSBYEENKOMS WYK 9 @ 19:00 by Veronica Schoeman

Mossopstraat 35, Onrusrivier. Spreker: Chookie Naudé 18:00 MUNISIPALE WYKSKOMITEE VERKIESING (ONRUS & VERMONT). Ons nooi alle inwoners van Onrus & Vermont na ‘n publieke vergadering in die De Wetsaal. Daar is nog twee lede wat verkies moet word. Baie dankie vir u teenwoordigheid

VRYDAG 14 OKTOBER 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN is oop.

SATERDAG 15 OKTOBER POND-VIR-POND OORHANDIGING van kos en sporttoerustig geskied op Saterdag 15 Okt 2016 @ 10:00 BY DIE Siyakha Pre-School in Zwelihle. Enige skenkings is nog welkom voor dan. Vir navrae, kontak asb vir Anton Duvenhage.

SONDAG 16 OKTOBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 FAMILIEDIENS: Ds Anton Duvenhage gaan voor. Rooitrein en Bybelgroepe tydens die diens.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 15)

NUWE INTREKKERS TEE direk na die erediens in die Sysaal. Ons nooi alle nuwe intrekkers. Kontak Freda vir enige navrae op 084 257 7457.

18:00 AANDDIENS: Ds Anton Duvenhage nooi alle tieners uit na die diens - maar onthou, u is almal baie welkom! Teentrix groepe na die diens.

DATUMS NA DIE EINDE VAN DIE JAAR? Skryf sommer nou reeds in jou dagboek op.

30 OKTOBER @ 09:00 10de MAAND DANKOFFERFEES EN ETE NA DIE DIENS

7 NOVEMBER @ 18:00 KERKRAADSVERGADERING In die Ark. Baie dankie vir u voorbidding.

13 NOVEMBER @ 18:00 AANDNAGMAAL

18 NOVEMBER @ 18:00 SPOELKLIPPE se afsluiting van die jaar in die Gemeentesentrum. KOM GENIET N AAND VAN MOOI MUSIEK! Toegang: R50 pp (sjerrie en vinger-ete ingesluit) KAARTJIES BESKIKBAAR BY KERKKANTOOR. Almal is meer as welkom! (Slegs 100 kaartjies beskikbaar).

18 NOVEMBER @ 18:00 TEENTRIX se afsluiting van die jaar by die Dienssentrum.

25 NOVEMBER - DS ANTON DUVENHAGE se troudag! Ons bid hom en Bianca alle seën toe.

27 NOVEMBER @ 09:00 GEMEENTEKALENDERS is beskikbaar vir uitdeel in die wyke.

27 NOVEMBER @ 18:00 STILWORD KERSDIENS met musiek. Ons luister en vier kersfees in aanbidding. 4 DESEMBER @ 09:00 KERSSANGDIENS Sondagoggend met die Jeugkoor, musiek, kersliedere en heerlik saamsing.

7 DESEMBER @ 19:00 DS ANTON & BIANCA DUVENHAGE nooi u almal uit om saam hul huwelik te kom vier. Hulle hou ‘n tweede troue by Onrusgemeente en u almal is uitgenooi. Na ‘n kort seëndiens gaan ons saamkuier. Almal bring ‘n bordjie eet-goed saam en ons vier fees saam met hulle!

16 DESEMBER @ 17:00 VOEDSELFEES

TIENDEMAAND DANKOFFER

GEMEENTEFEES SONDAG 30 OKTOBER 2016

DIREK NA DIE OGGENDDIENS

Ons nooi u almal graag uit na „n heerlike saamkuier

Dankfees. Op Sondag 30 Oktober het ons weer die

geleentheid om vir Vader dankie te sê vir Sy sorg,

liefde en genade in ons lewens asook in

Onrusgemeente.

Na die oggenddiens (waar ons geleentheid gaan kry om

ons 10de maand koeverte in te gooi), gaan ons direk

daarna na die “kuiertuin” op die grasperk vir iets om te

drink asook heerlike broodtafels. Die vure gaan al

hoog brand en sappige hoender is al aan die braai.

Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie

aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en

baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum.

WAG GAAN DIT KOS? KAARTJIES?

Kom haal asb jou GRATIS kaartjie by die kerkkantoor

sodat ons hoeveelhede kan bevestig. Daar sal wel do-

nasieboksies beskikbaar wees op daardie Sondag waar

u welkom is om iets in te gooi, maar geen verpligting.

ONS SIEN UIT DAARNA OM SAAM MET U FEES

TE VIER EN VADER TE DANK! WELKOM!

WOLSELY UITREIK: Ons besoek FCE (Foundation For Cross Culture Education) se hoofkantoor op Wolsely tussen 21 en 23 Oktober. FCE het basissie in Zambië, Malawie en Indië en versprei die woord van God deur opleiding. Die doel van die uitreik is om FCE te ondersteun met die verf van hulle geboue en algemene instandhouding. Dit is ook ‘n wonderlike geleentheid om verhoudings te bou met die sendelinge en hulle getuienisse te hoor. Verblyf is beskikbaar in die koshuis by die basis en beloop R400/persoon vir die naweek. Persone wat belang stel om saam te gaan en/of meer inligting benodig kan vir Charl van der Merwe op 079 528 0854 skakel. Welkom!

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

Romeine 8: 26: Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe

ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.

GEBEDSBLAD

WEEK 10 - 16 OKT

MAANDAG 10 OKT

Galasiërs 3:26: Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van

God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, moet lewe soos mense wat aan Christus behoort. En as julle aan Christus behoort, is julle erfgename kragtens die belofte van God.

DINSDAG 11 OKT

Efesiërs 1:3: Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!

Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. Daarom moet ons God prys vir sy groot genade wat Hy in sy geliefde Seun vrylik aan ons geskenk het.

WOENSDAG 12 OKT

Kolossense 3:13: Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een

iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens deurslag gee.

DONDERDAG 13 OKT

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513

E-pos:

[email protected]

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Francois Goosen

Suzette Rust Behandeling

Bettie Nel Verswak

Cissy Coetzee Verswak

Marita Venter Gaan vir Operasie

Chantelle Theron Kanker

Celeste Elfinstein Kanker

Amanda Symington

Pieter Cilliers Chemo

Marjorie du Toit Kanker

Piet Hoffman Chemo

Ester Bester Verswak

Joana Coetzee Parkinsons

Corlise Steyn Bestraling

Anita Sheriff Hospitaal

Helena van Vuuren

Jerry Pheiffer Verswak

Herman Huysamen Hospitaal

Riaan Vermeulen Herstel

Maggie Geldenhuys Rug

Willma Burger Chemo

MEEGEVOEL met Gerhard & Gerda Burger met

die heengaan van hul skoonseun Hannie le Roux

Romeine 11:33: O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe

ondeurgrondelik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy weë! Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? Wie bewys Hom ʼn guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen? Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid!

VRYDAG 14 OKT

SPESIALE GEBED VIR GESINNE Kom ons bid vir elke huisgesin wat vanoggend hier sit met 'n seer in die hart - 'n seer oor 'n eggenoot wat hom/haar mishandel (fisies of emosioneel), 'n seer oor 'n eggenoot/e wat 'n verhouding met 'n ander man of vrou het, 'n seer oor 'n eggenoot/e wat nie meer vir hom/haar lief is nie. Ons bid vir kinders wat swaar kry binne in hulle gesinne weens 'n afwesige vader/moeder, ouers wat daagliks so baklei dat daar geen liefde meer in die huis is nie; ouers wat nie emosionele sekuriteit vir die kinders bied nie. Ons bid vir ouers waar daar kinders is wat dwelms misbruik; wat nie meer die ouers respekteer nie; ouers wat sukkel om die verhouding tussen ouer en kind te herstel.

ONS SÊ DANKIE!

BYBELSKOOL

2016

Al die kursusgangers wil net ons dank

uitspreek teenoor ons predikante,

di Clifford, Kobus en Johan.

Julle sal nie besef hoeveel dit vir die groei

van ons geestelike lewe beteken het nie en

nog gaan beteken nie.

Mag ons Vader julle ryklik seen met

gesondheid sodat ons nog lank en baie

"aan julle voete kan sit."

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester du Toit 081 453 8130 vir ‘n afspraak.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kreatiewe span - hier is soveel mense met soveel verskillende talente in ons gemeente. As u dalk kennis dra van 'n aktiwiteit wat u graag met ons wil deel en ons wil leer - kontak Joan Ollewagen (028 316 1745). Ons wil ook graag met die Voedselfees fokus op kinders se behoeftes en sorg vir lekker eetgoed. Indien u kennis dra van die maak van lekkers/kinder eet-goed, kom deel dit met ons asseblief.

NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Kontak haar gerus op 073 218 1789 Baie dankie!

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorging deur 'n versorger benodig .

TRIMGIM VIR VROUE in die OnsTeater om 10h00 - 11h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. TRIMGIM VIR DIE MANNE in die OnsTeater @ 11:00 - 12h00: Mathilda nooi alle manne wat graag wil deelneem om 11h00 om in die OnsTeater bymekaar te kom en saam te kom oefen. Welkom!

VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn is terug! Kontak haar gerus op 082 532 6931 om ’n afspraak te maak. Kom bederf jouself met ‘n manikuur of pedikuur!

MINI PEDIKUUR VIR LEDE: Ons nooi ons lede uit om gedurende die maand Oktober vir 'n gratis mini-pedikuur na

Marilyn Prinsloo te kom. Skakel haar asseblief by 082 532 6931 en maak 'n afspraak vir 'n Woensdag.

09:30 UITSTAPPIE NA STANFORD HILLS. Ons gaan heerlike skons en tee/koffie geniet teen R40pp.

RSVP en betaal asseblief teen Maandag, 10 Oktober by 028 316 1745. Ons vertrek om 09h30 met 'n bussie

na die plaas. U IS ALMAL BAIE WELKOM!

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 10 - 16 OKT

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 10 OKTOBER (GESLUIT OP MAANDAE)

DINSDAG 11 OKTOBER

WOENSDAG 12 OKTOBER

DONDERDAG 13 OKTOBER

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting Prys op aanvraag

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG, 14 OKTOBER

09H30 – 11H30

dit weer PANNEKOEK-DAG by

die KOLWYNTJIE! Koffie/tee

plus 2 kaneelpannekoeke vir

slegs R20! Kom geniet die og-

gend met die reuk van panne-

koek en kaneel in die lug! Kontak asb vir MARIE by 028

316 4018 vir groepbesprekings. U is almal baie welkom!

ONSTEATER DONDERDAG 27 OKTOBER @ 14:30

FILM: FREE STATE

„n Sallas de Jager film. Jeanette (Nicola Breytenbach),

„n regstudent, oppad huis toe vir die somervakansie in die

Vrystaat, se motor gaan staan en „n aantreklike Indiese

man kom haar te hulp … Slegs donasies vir Dienssentrum.

DESEMBER KANS VIR BESIGHEID Die Kolwyntjie teetuin sluit einde November en begin

weer 1 Februarie 2017. Gedurende daardie tyd is enig-

iemand welkom om 'n "restaurant/bistro/koffiewinkel"

te hanteer by die Dienssentrum. Al wat die Dienssen-

trum vra is 10% van u inkomste. Dit is dus 'n geleentheid

om 'n geldjie/ekstra inkomste te genereer. Indien u

dalk belangstel maak asseblief 'n afspraak by Joan

of Hannie by 028 316 1745 sodat ons met u

hieroor in gesprek kan tree en die nodige

reëlings getref kan word.

KOLWYNTJIE TEETUIN: Marie Korf vra vra dat die

vrouens wat bereid is om net so een keer per maand 'n soet- of 'n souttert vir die KOLWYNTJIE te bak, haar asseblief kontak of hul name by Mervian op gee. Hulle hoef nie te werk nie. SAL DIT SO WAARDEER! Marie se nommer is 083 457 1896 of 028 316 4018.

INTERNASIONALE DAG VIR BEJAARDES SE

VIERING OP 29 SEPTEMBER: Duisende dankies vir Big

Joes wat vir ons pasteitjies vir die oggend gebak het, vir Pick a Pay se geskenkbewys, vir Eastcliff Spar se heerlike koek, vir OK Mini-mark se heerlike piesangbrode asook die tee en koffie en melk en suiker, Fruit Lovers Market se koekies en Steers se donasie. Sonder julle sou die funksie nie moontlik gewees het nie. Onge-veer 51 jongmense bo die ouderdom van 60 jaar het die oggend saam met ons geniet. Dr. Dawie Vorster het heerlike musiek ge-maak. Pragtige en vriendelike kelnerinne het van tafel tot tafel beweeg om mense te bedien. Dan was daar ook die glimlag-gende skoonmakers in die kombuis wat gesorg het dat alles skoon gemaak word. Orals was daar net glimlagte - werklik 'n geseende oggend! Baie dankie vir Freda wat gesorg het vir al die praktiese reëlings van die oggend en die pragtige gedekte tafels! Freda, dankie dat jy jou talent tot eer van die Here by die dienssentrum aanbied. Bertie en Linda, sonder julle twee sou die oggend se eet- en drinkgoed nie moontlik gewees het nie. Julle het van winkel tot winkel gegaan om te sorg dat ons 'n lekker oggend kon geniet by die dienssentrum - baie dankie vir julle uithou- en aanhou ver-moë.

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

KOSPAKKIES 17 OKTOBER DV BAIE DANKIE vir AL die liefdesgawes ontvang! WAARDEER!!

BEHUISING GESOEK: 'n Jong man van 21 jaar soek dringend 'n slaapplek in Onrusrivier/Sandbaai gedurende die week. Hy werk in Sandbaai. Sy ouers woon in Caledon en na-weke is hy by hulle. Dit is egter vir hom baie duur om heen en weer te ry gedurende die week. Sy inkomste is R4 000 per maand. Kontak vir Erika by 028 316 3115 indien u oor behuising beskik.

wees

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

WAARDE VAN

DIE WEEK

Ons leef in die volle

bewustheid dat ons

volkome afhanklik is

van die Lewende God

en dat alles wat ons

besit en doen uit die

onbegryplike genade

van ons Skepper kom.

Sonder Hom is ons

onbeholpe, swak en

tot niks in staat nie,

maar saam met Hom is daar niks wat ons nie kan doen nie. Elke taak wat hierdie

gemeente aanpak, elke nuwe onderneming wat ons loods, elke uitreik wat ons tot

uitvoering bring, doen ons in volle afhanklikheid van God en tot die uitsluitlike eer

van Sy Naam.

Daarom:

Luister ons opreg na God se stem om te begryp wat Hy wil hê ons moet doen.

Soek ons aktief God se wil in alles wat ons doen, en is ons selfs bereid om dit

wat vir mense dringend is, te laat oorstaan in afwagting op God se leiding.

Sonder ons tyd af om na God te luister as individue en as gemeente.

Bid ons tot God vir Sy seëning op elke aktiwitieit in hierdie gemeente, selfs

elke vergadering en elke projek wat ons aanpak.

Dra ons elke aktiwiteit en elke gemeenteplan aan Hom op.

Is ons oë voortdurende op Hom gerig en is ons strewe nie menslike eer of

lofprysing nie, maar die eer en verheerliking van Sy naam.

Maak ons al ons gawes en talente diensbaar aan Hom, aan wie alles behoort.

Streef ons daarna om in besluitneming nie te stem nie, maar deur middel van

geloofsonderskeiding besluite te neem.

KIDBROOKE SOEK JOU STEM: Die Kidbrooke-koor bestaan al vir etlike jare onder die bekwame leiding van Annemarie Kotze. Dit is `n koor vir senior burgers wat so twee- of driekeer per jaar uitvoerings gee. Deelname is nie beperk tot Kidbrooke-inwoners nie maar sluit mense in van oral. Soos dit met senior burgers gaan, wissel die getalle en op die oomblik is ons erg uitgedun. Oefentye is Maandae van 12h00 - 13h00 in die Kidbrooke-biblioteek en die ledegeld is R50 per elke vier weke. Indien u hou van koorsang en graag wil aansluit of net wil kom kyk wat ons doen, is u baie hartlik welkom om met koorbestuurder Gerard Verheul te skakel by 028 316 3846. Ons hoor graag van u.