hartklop - ngk onrusrivier€¦ · funksies nie kon bywoon nie. rsvp asb teen 21 feb by hanna...

4
Wees Lig! Hartklop 16 Februarie 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTLIK WELKOM Ons word vanoggend eers stil met ‘n verwerking van die gebed op die altaar van die Coventry Cathedral. Hierdie katedraal is in die nag van 14 November 1940 deur bom- werpers vernietig. Dit is na die oorlog weer herbou en op die 25ste Mei 1962 aan die Here toegewy. Die Gemeente het hulle dié dag verbind tot liefde, vrede en versoening. Hierdie gebed is op die altaar aangebring. Vader vergewe . . . die haat wat vervreemding en verwydering bring Vader vergewe . . . die inhaligheid van mense wat wil hê wat ander toekom Vader vergewe . . . die hebsug wat werkers uitbuit en die aarde se bronne gewetenloos uitput Vader vergewe . . . die afguns op die voorspoed en geluk van ander Vader vergewe . . . ons onverskilligheid oor die lot van werkloses en huisloses Vader vergewe . . . die eie genot wat die liggame van ander misbruik Vader vergewe . . . as ons U vergeet. (Geneem uit die Groot Gebedeboek van Piet Naude, 12 Julie) DEURKOLLEKTE vanoggend SIN KOLL. HUGENOTE KOLLEGE Hierdie kollege is besig met twee primere lyne: een is barmhartigheidswerk en die ander is om sendelinge opleiding te gee wat gebasseer is op christelike waardes. Baie dankie vir u ondersteuning en gebede. VANOGGEND SE BOODSKAP SAL ONS DANS? (MATT 11 V 16 - 19) (DR WILHELM BURGER) Dans is die spel van ritme, harmonie en vreugde. Die ge- heim is om in pas te kom met jou dansmaat, om saam die polsslag van die musiek te volg. Jesus se teleurgesteld: ons het op die fluit gespeel en julle het nie gedans nie! Jesus speel die musiek van die evangelie op die ritme van genade. Dit het 'n vars, meesleurende melodie. Jesus nooi ons om saam te dans. As jy eers die musiek gehoor het, sal die hoopvolle klanke jou betower. Sal ons dans? TEKS VIR DIE WEEK (Vir So. 23 Feb) MATT 5: 38 - 48 (Ds Michiel de Kock) Jesus se liefde gaan baie verder as my grense. Dink na oor die uitdagings wat die Heilige Gees aan jou persoonlik stel deur hierdie teks. Bespreek die uitdagings wat dit aan ons as ge- meente stel tov mense wat anders dink as ons en anders optree as ons. Bespreek ook die uitdagings tov. ons getuienistaak in ons land. Dink aan die politieke situasie waar mense se kleur teen mekaar afgespeel word. Kom ons sê vir mekaar watter ver- skil kan dit maak wanneer Christene soos Jesus begin optree en ander Christene oor kerk en politieke grense mekaar se hande vat en Christus begin leef. KOM ONS LAAT DIE HEILGE GEES TOE OM DEUR ONS TE LEEF SODAT ONS KAN WEES WIE ONS IN CHRISTUS IS : KONINGSKINDERS!

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · funksies nie kon bywoon nie. RSVP asb teen 21 Feb by Hanna (Kerkkantoor). EGSKEIDINGSONDERSTEUNINGSGROEP. Om 18:00 in die Gebedskamer elke 2de en

Wees Lig!

Hartklop 16 Februarie 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTLIK WELKOM

Ons word vanoggend eers stil met ‘n verwerking van die

gebed op die altaar van die Coventry Cathedral. Hierdie

katedraal is in die nag van 14 November 1940 deur bom-

werpers vernietig. Dit is na die oorlog weer herbou en op

die 25ste Mei 1962 aan die Here toegewy. Die Gemeente

het hulle dié dag verbind tot liefde, vrede en versoening.

Hierdie gebed is op die altaar aangebring.

Vader vergewe . . .

die haat wat vervreemding en verwydering bring

Vader vergewe . . .

die inhaligheid van mense wat wil hê wat ander toekom

Vader vergewe . . .

die hebsug wat werkers uitbuit en die aarde se bronne gewetenloos uitput

Vader vergewe . . .

die afguns op die voorspoed en geluk van ander

Vader vergewe . . .

ons onverskilligheid oor die lot van werkloses en huisloses

Vader vergewe . . .

die eie genot wat die liggame van ander misbruik

Vader vergewe . . .

as ons U vergeet.

(Geneem uit die Groot Gebedeboek van Piet Naude, 12 Julie)

DEURKOLLEKTE vanoggend

SIN KOLL. HUGENOTE KOLLEGE

Hierdie kollege is besig met twee primere lyne: een is

barmhartigheidswerk en die ander is om sendelinge opleiding te

gee wat gebasseer is op christelike waardes. Baie dankie vir u

ondersteuning en gebede.

VANOGGEND SE BOODSKAP SAL ONS DANS? (MATT 11 V 16 - 19)

(DR WILHELM BURGER)

Dans is die spel van ritme, harmonie en vreugde. Die ge-

heim is om in pas te kom met jou dansmaat, om saam die

polsslag van die musiek te volg. Jesus se teleurgesteld:

ons het op die fluit gespeel en julle het nie gedans nie!

Jesus speel die musiek van die evangelie op die ritme

van genade.

Dit het 'n vars,

meesleurende

melodie.

Jesus nooi ons

om saam te dans.

As jy eers die

musiek gehoor

het, sal die

hoopvolle klanke

jou betower.

Sal ons dans?

TEKS VIR DIE WEEK (Vir So. 23 Feb)

MATT 5: 38 - 48 (Ds Michiel de Kock)

Jesus se liefde gaan baie verder as my grense. Dink na oor die

uitdagings wat die Heilige Gees aan jou persoonlik stel deur

hierdie teks. Bespreek die uitdagings wat dit aan ons as ge-

meente stel tov mense wat anders dink as ons en anders optree

as ons. Bespreek ook die uitdagings tov. ons getuienistaak in

ons land. Dink aan die politieke situasie waar mense se kleur

teen mekaar afgespeel word. Kom ons sê vir mekaar watter ver-

skil kan dit maak wanneer Christene soos Jesus begin optree en

ander Christene oor kerk en politieke grense mekaar se hande

vat en Christus begin leef. KOM ONS LAAT DIE HEILGE GEES

TOE OM DEUR ONS TE LEEF SODAT ONS KAN WEES WIE

ONS IN CHRISTUS IS : KONINGSKINDERS!

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · funksies nie kon bywoon nie. RSVP asb teen 21 Feb by Hanna (Kerkkantoor). EGSKEIDINGSONDERSTEUNINGSGROEP. Om 18:00 in die Gebedskamer elke 2de en

MA. 17 FEBRUARIE DI. 18 FEBRUARIE WO. 19 FEBRUARIE

ONTHOU OM TE BESPREEK VIR DIE

GOLDEN OLDIES AAND OP 28 FEB.

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum).

Maak gerus ‘n afspraak om sr. Calitz te

sien by 073 152 5623.

09:45 Golden Harvest byeenkoms.

Dienssentrum: Voete– & hande ver-

sorging. Maak asb ’n afspraak by Mari-

lyn 082 532 6931.

10:00-11:30 Trimgim (Annex)

11:00-13:00 Klerekas

18:00-19:30 Lofdanse oefening

18:00 BYBELSKOOL: Prof Kobus Kel-

lerman - Eet die Woord: Die rol van

God se woord in my lewe (NG Hermanus)

DO. 20 FEBRUARIE VR. 21 FEBRUARIE SA. 22 FEBRUARIE

09:00 BYBELSKOOL: Prof Kobus Kel-

lerman - Eet die Woord: Die rol van

God se woord in my lewe (NG Onrus)

10:00 Dienssentrum: Prof. Water-

meyer en dr. Clifford Heyes gaan

praat oor genadedood en ’n “living will”

Kom gesels gerus saam.

16:00 Gesamentlike gebed by die

VGK Mount Pleasant. Almal is welkom!

09:30-11:30 Die Kolwyntjie

Teetuin @ Dienssentrum is oop.

10:00 Ons bid saam in die

Gebedskamer vir ons Gemeente en

gemeenskap.

18:30-20:00 Seminaar oor Christen

gemeenskappe en die impak van Islam

daarop.

08:00-12:00 Seminaar oor Christen

gemeenskappe en die impak van Islam

daarop.

WAT GEBEUR SONDAG 23 FEBRUARIE?

09:00 Erediens: Ds Michiel de Kock

gaan voor. Welkom!

18:30 Aandnagmaal. Dr Wilhelm

Burger nooi u elkeen na hierdie medi-

tatiewe diens aan Jesus se tafel.

Deurkollekte: Sin. Koll.

Hospitaalbearbeiding.

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 4)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 28)

PO

LS

SL

AG

V

IR

DI

E

W

EE

K

SIEKTE & NOOD JAK. 1:12

“GELUKKIG IS DIE MENS

WAT IN VERSOEKING

STANDVASTIG BLY”

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

DANKIE HERE

Ons Vader, ons dank u vandag vir die

medici, vir dokters, verpleegsters,

vir hospitale, vir medikasie. Ons sien

u hand daarin elke dag, hoe u ook

mense en medikasie gebruik om ons

te genees. Ons dank u vir die wonder

daarvan, dat u ook op so ‘n manier vir

ons sorg. Ons eer u vandag as die

Groot Geneesheer.

Faan vd Merwe (O/M)

Boetie Mouton (O/M)

Susan Gates (O/M)

Jean du Plessis (dogter

van Hettie Theron)

Trixie Nortje

Lize vd Walt

Rina vd Westhuizen

Dienkie Kruger

Elsie de Beer

Paul Wolvaart

Mandy Erasmus

Ina Esterhuizen

Hester Conradie

Danie Liebenberg

Jannie du Plessis

Hannatjie Oosthuizen

Ons bid vir alle persone

wat tans in ‘n siekeboeg

lê. Ons dink aan julle.

MEEGEVOEL

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 3 tydens die Erediens

Gr 4 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Met Eben, vriende en familie met die afsterwe van Ria Engelbrecht.

MORALITEIT: Vader, elke dag word ons eerbaarheid op vele maniere getoets. Ons kom dit nie altyd agter

nie. Dit waarna ons kyk; luister, lees; wat ons sê, kan ons geestelik en moreel beïnvloed. Here, help ons om vas te hou aan ons hoë standaarde wanneer die sedelike verval rondom ons dreig.

SELFBEHEERSING: Here, help ons om nie ons selfbeheersing te verloor teenoor ons lewensmaat; kind; vriend; kollega,

werkgewer of ons naaste nie. Wanneer ons ons selfbeheersing verloor doen ons niemand anders skade as net onsself nie. Dit is ons wat die nederlaag ly, terwyl die skuldige een, selfvoldaan wegstap.

MINSAAMHEID: Here Jesus, maak ons vandag vriendelik en ontvanklik. Iemand wat nie net hoor nie, maar ook luister.

Iemand wat saam met ‘n ander kan lag én huil. Here, help ons om U fluistering in die wind, die lied van die see en die lag van ‘n kind te hoor. Help ons om altyd beskeie, vriendelik en geduldig te wees en mekaar te verdra en mekaar lief te hê.

STANDVASTIGHEID: Vader, help ons om standvastig in ons denke, spreke en optrede te wees. Sonder innerlike

standvastigheid is ons soos ’n mens wat heen en weer tussen twyfel geslinger word, sonder hoop en selfvertroue. Hierdie standvastigheid verkry ons deur geloof in U God, ons Skepper. Help ons om geloof in onsself te hê.

HUMOR: Here Jesus Christus, vandag begroet ons hierdie nuwe dag met ‘n lied in ons hart en ‘n lag op ons lippe!

Help ons om mét mense te lag en nie vir hulle nie. Help ons om die humor in elke gebeurlikheid raak te sien. Lag is soos ‘n bruisende, lewe-gewende fontein wat in ons siel ontspring en alle ongelukkigheid wegspoel, sodat ons lewensblyheid van klein vreugdetjies bewus kan word.

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · funksies nie kon bywoon nie. RSVP asb teen 21 Feb by Hanna (Kerkkantoor). EGSKEIDINGSONDERSTEUNINGSGROEP. Om 18:00 in die Gebedskamer elke 2de en

E

DIE KOLWYNTJIE :

21 FEB 2014 DV

09:30-11:30.

Heerlike sjokoladekoek, maaskaastert,

quiche, melktert, souttert en ‘n pepper-

mintcrisptert (altyd ‘n wenner!)!

Vir net R20 - Koek, koffie/tee ingesluit.

Nooi jou vriend/vriendin vir ‘n

heerlike kuiertjie by

DIE KOLWYNTJIE!

ONRUSRIVIER

DIENSSENTRUM

U word almal uitgenooi na ‘n baie

spesiale aand op

VRYDAG 28 FEBRUARIE @ 19:00

by die gemeentesentrum.

‘GOLDEN OLDIES’ Kuier, smul, musiek en dans!

Koste: R70pp

(Sluit in: ‘n Smaaklike 3-gang maaltyd, lewendige optrede deur kunstenaars

en ‘n oop dansvloer!) Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en fondse

is ten bate van die

Onrusrivier Dienssentrum.

BESPREEK SO GOU MOONTLIK

AANGESIEN DAAR SLEGS ‘N

BEPERKTE HOEVEELHEID

KAARTJIES BESKIKBAAR IS.

Vir enige navrae, kontak gerus vir

Erika by (028) 316-3115 of

079 322 0998

Ons nooi u uit na ‘n seminaar met meer inligting aangebied deur Mike Burnard. WAAR: NG Gemeente Onrusrivier VRYDAG 21 Feb: 18:30 - 20:00 SATERDAG 22 Feb: 08:00 - 12:00

Vir enige navrae, kontak asb vir Herman by 083 225 8119

BASAAR

29 MAART

Het u gewonder wat u nou reeds kan doen vir die BASAAR?

Die Tuisteskepping tafel benodig kuns-goed, juwele, mooigoed vir die huis.

Die wit olifante tafel is nog leeg! Gaan grou bietjie deur die garage asb. en bring

dan na die kerkkantoor. Dankie!

Kontak gerus vir Hans by 082 568 9845 of Karin by die Kerkkantoor vir enige navrae

of hulp wat u wil aanbied.

Ons sien met groot opgewondenheid uit na hierdie familiefees!

BORGSKAP VIR DIE HARTKLOP

Vanaf Januarie 2014 aanvaar ons borgskappe vir die druk van die weeklikse Hartklop. Elke

borgskap duur een kalendermaand en kos R600, wat die produksiekoste van die Hartklop dek. Ons het reeds ervaar dat die borgskap baie ge-

wild is en daar is beduidende mededinging daar-voor. Die Kerkraad het 'n advertensiebeleid

goedgekeur wat bepaal dat daar elke maand 'n advertensie van hierdie borgskap in die Hartklop

sal verskyn en die suksesvolle kandidaat /besigheid sal deur 'n ewekansige trekking

bepaal word.

Persone/besighede wat belangstel kan vir Karin kontak vir meer inligting. Aansoeke moet egter

asseblief per epos gerig word.

* Neem asb kennis dat die dienste en produkte wat deur ons borge aangebied word is buite die beheer van Onrusgemeente en kan ons dus nie enige verantwoordelikheid of aanspreeklikheid

aanvaar vir die dienste of produkte wat ons Hartklop borge lewer nie.

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER€¦ · funksies nie kon bywoon nie. RSVP asb teen 21 Feb by Hanna (Kerkkantoor). EGSKEIDINGSONDERSTEUNINGSGROEP. Om 18:00 in die Gebedskamer elke 2de en

KOSPAKKIES 17 FEBRUARIE DV Word 08:30 gepak in konsistorie. Belang-stellendes is meer as welkom om te kom kyk wat gedoen word! Baie dankie vir gereelde bydraes.

DIENSSENTRUM DO. 27 FEB 10:00 DV OKLAHOMA! Rogers & Hammerstein’s se Immergroen Film met pragtige musiek en onvergeetlike melodieë soos “Oh, what a beautiful mornin” Kom geniet die oggend saam met vriende, musiek en . . . Wag hiervoor . . . “Coke en popcorn” in die hand! Slegs donasie.

SPOELKLIPPE UITSTAPPIE NA KAAPSTAD 6 MEI DV: Nog net ’n paar plekke oor! Meer besonderhede by Kerk-kantoor of kontak Joep 028 316 4018.

SPOELKLIPPE TREINRIT NA SIMONSTAD 5 OKTOBER DV Slegs name opgee by Kerkkantoor. Kontak Joep 28 316 4018.

LOFDANSE OEFEN WOENSDAE vanaf 18:00 - 19:30 in die Sentrum. Nuwe dansers baie welkom Vir navrae kontak Veronica by 083 751 4319.

NUWE INTREKKERS VERWELKOMING FUNKSIE 27 FEB @ 18:00 Ons nooi graag al die nuwe intrekkers vanaf Sept 2013 tot tans asook dié wat vorige funksies nie kon bywoon nie. RSVP asb teen 21 Feb by Hanna (Kerkkantoor).

EGSKEIDINGSONDERSTEUNINGSGROEP. Om 18:00 in die Gebedskamer elke 2de en 4de Woensdag van die maand. Mense wat deur ‘n egskeiding beweeg het of op die oomblik daardeur gaan het ondersteuning nodig. Dit is ‘n alleenpad. Niemand verstaan werklik waardeur jy gaan nie. Enkelouerskap is moeilik in alle opsigte. Kom gesels saam, kom lag saam, kom deel raad uit en ontvang advies en onder-steuning van ander ouers wat verstaan waardeur jy beweeg. Navrae: Erika.

NUWE ONDERSTEUNINGSGROEP Daar is ‘n groot groep vroue wat in huwelike staan waar hulle emosioneel en/of fisies mishandel word. ‘n Groep is gestig om saam te praat, saam te ondersteun en ge-motiveer te word. Kom praat saam met an-der vrouens wat in hierdie moeilike situasie staan. Kontak asb vir Erika oor die datum en tyd van hierdie groep.

MANNE ONTBYT BY DIE NGK STANFORD SATERDAG 1 MAART @ 10H00 Hulle nooi alle manne: jonk en oud! Rugbylegende Louis Koen is die spreker. Koste: R50pp. Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor (Onrus). Navrae: Ds Neil Olwagen 082 960 5687

BYBELSKOOL: Die Skool is oop vir almal (ook besoekers en nie-lidmate) en is gratis. Notas sal weer beskikbaar gestel word met die versoek om’n donasie. Die lesings sal per Vonkpos versend kan word indien u ’n epos adres vir Mervian by die Kerkkantoor deurgee na [email protected]. Nooi asseblief u vriende. Vir enige ander navrae, kontak Dr Clifford by (028) 316-4895 of [email protected]

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

LIGBOEKLIGBOEK

DIE DIENSSENTRUM benodig vrywilligers wat kan help by die verskillende bedieninge. Vir enige navrae, kontak gerus vir Mervian by die Kerkkantoor.

AANDROKKE en bykomstighede benodig vir die Prinsesprojek. U kan dit bring na die Kerkkantoor of bel Helen Viljoen 083 650 7131.

BLOMMERANGSKIKKERS GESOEK Ons benodig asb dringend nog dames (en manne) om die blomme vir Sondae se eredienste te doen. Kontak vir Hanlie Britz by 082 256 8093.

VAKANTE POS by ‘n gevestigde besigheid in Herma-nus vir ‘n betroubare persoon met sober gewoontes as ‘n kabinetmaker “joiner”. Moet ondervinding hê

in die vervaardiging en installering van kombuis-, kamerkaste ens. Stuur CV’s na

[email protected] of kontak 082 928 0336.

VERVOER VIR BEJAARDES: Minnie Erasmus sal u graag help. Kontak (028) 316-2555 / 072 245 1409

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116

[email protected]

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

Kontak hulle gerus vir enige behuising behoeftes:

Deon & Aurelia Esterhuyse

(028) 3163393/083 284 0027

[email protected]

www.aida.co.za * Onrus * Vermont * Sandbaai *

* Hemel-en-Aarde*

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za