hartklop - ngk onrusrivier · ons is in verkiesingstyd. dit is 'n tyd waarin daar baie vrae...

6
Wees Lig! Hartklop 4 Mei 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles VANOGGEND SE EREDIENS DR. WILHELM BURGER DIE TOEKOMS IS OOK NIE MEER WAT DIT VROEËR WAS NIE. JOH. 18 : 3340 Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie meer wat dit vroeër was nie!" Dit herinner ons aan Jesus en Pilatus se gesprek oor die vraag: Wat is waarheid? Dit is dalk goed dat ons saam weer oor hierdie vraag besin? HARTLIK WELKOM Woensdag gaan ons na die stembusse. Ons gaan met verantwoordelikheid. Ons gaan biddend. Die Anglikaanse kerk se Prayer Book (Liturgy 75) moedig gelowiges aan om vreesloos te bid: “As Christ has taught us we are boldly to say ....” en dan volg die Ons Vader gebed. Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word, laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde Gee ons vandag ons daaglikse brood, en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe; en lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. Want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen. Matt. 6:9-13 (1933) Wanneer ons hierdie gebed saam bid, word God se Agenda ook ons agenda. Ons werk saam met die Here dat Sy Koninkryksbe- ginsels op aarde erken sal word, dat Sy wil (ten koste van ons wil) sal geskied. Werk ons saam vir brood op almal se tafels en vir versoening wat ons herenig. Ja, werk ons saam sodat almal eendag en saam, God sal aanroep as ‘Ons Vader. TEKS VIR DIE WEEK (Vir So. 11 Mei) (Dr Clifford Heys) TEKS: GENESIS 41 1. Ons word genoem ‘n reënboognasie. Hoekom? 2. Vertel vir mekaar kortliks die verhaal van Josef. 3. Wat was God se doel met Josef se swaarkry? (vergelyk Genesis 50 : 1 9 & 20) 4. Hoekom sou Josef sy Egipties-gebore kinders genoem het Manasse (vergeet) en Efraim (vrugbaar maak)? 5. Wat is nóu jul na-verkiesings reaksie? (vergelyk Jeremia 29 : 5 to 7 en 1112) DEURKOLLEKTE VANOGGEND SPES KOLL. VGK MOUNT PLEASANT Ons bid vanoggend spesiaal vir ons susterskerk. Baie dankie vir u ondersteuning en volgehoue gebede.

Upload: others

Post on 04-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie

Wees Lig!

Hartklop 4 Mei 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

VANOGGEND SE EREDIENS

DR. WILHELM BURGER

DIE TOEKOMS IS OOK NIE MEER WAT DIT

VROEËR WAS NIE.

JOH. 18 : 33—40

Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie

vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons

almal sug: "Die toekoms is ook nie meer wat dit vroeër was

nie!"

Dit herinner ons aan Jesus en Pilatus se gesprek oor die

vraag: Wat is waarheid? Dit is dalk goed dat ons saam

weer oor hierdie vraag besin?

HARTLIK WELKOM

Woensdag gaan ons na die stembusse.

Ons gaan met verantwoordelikheid.

Ons gaan biddend.

Die Anglikaanse kerk se Prayer Book (Liturgy 75) moedig

gelowiges aan om vreesloos te bid: “As Christ has taught

us we are boldly to say ....” en dan volg die Ons Vader

gebed.

Onse Vader wat in die hemele is,

laat u Naam geheilig word,

laat u koninkryk kom,

laat u wil geskied,

soos in die hemel

net so ook op die aarde

Gee ons vandag

ons daaglikse brood,

en vergeef ons ons skulde,

soos ons ook ons skuldenaars vergewe;

en lei ons nie in die versoeking nie,

maar verlos ons van die Bose.

Want aan U behoort die koninkryk

en die krag en die heerlikheid tot

in ewigheid.

Amen.

Matt. 6:9-13 (1933)

Wanneer ons hierdie gebed saam bid, word God se Agenda ook

ons agenda. Ons werk saam met die Here dat Sy Koninkryksbe-

ginsels op aarde erken sal word, dat Sy wil (ten koste van ons

wil) sal geskied. Werk ons saam vir brood op almal se tafels en

vir versoening wat ons herenig. Ja, werk ons saam sodat almal

eendag en saam, God sal aanroep as ‘Ons Vader’.

TEKS VIR DIE WEEK (Vir So. 11 Mei)

(Dr Clifford Heys) TEKS: GENESIS 41

1. Ons word genoem ‘n reënboognasie. Hoekom?

2. Vertel vir mekaar kortliks die verhaal van Josef.

3. Wat was God se doel met Josef se swaarkry?

(vergelyk Genesis 50 : 1 9 & 20)

4. Hoekom sou Josef sy Egipties-gebore kinders genoem het

Manasse (vergeet) en Efraim (vrugbaar maak)?

5. Wat is nóu jul na-verkiesings reaksie?

(vergelyk Jeremia 29 : 5 to 7 en 11—12) DEURKOLLEKTE VANOGGEND

SPES KOLL. VGK MOUNT PLEASANT

Ons bid vanoggend spesiaal vir ons susterskerk. Baie dankie vir u

ondersteuning en volgehoue gebede.

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie

MA. 5 MEI DI. 6 MEI WO. 7 MEI

18:00 Gebedsbyeenkoms in die Sen-

trum. Kom ons verenig in gebed vir

die Verkiesing.

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak

‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623)

vir bloeddruk, suikertoetse ens.

18:00 ONRUS BUURTWAG verg in die

Ark. Alle belangstellendes BAIE welkom.

VERKIESINGSDAG

24een GEBEDSWAG VANDAG

08:00 Voete– en hande versorging. Maak asb.’n afspraak by Marilyn 082 532 6931

18h00 GEEN Egskeidingsondersteuningsgroep.

DO. 8 MEI VR. 9 MEI SA. 10 MEI

KERKKANTOOR GESLUIT

10:00 Dienssentrum - Groet en

ontmoet oggend saam met Kosie de

Kock. Kom ontspan lekker saam.

KERKKANTOOR GESLUIT

9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin is OOP!

Kom kuier gerus saam met ons.

08:30 - 12:30 Mergon Werkswinkel vir

Besigheidspersone.

WAT GEBEUR SONDAG 11 MEI?

09:00 Erediens: Dr Clifford Heys

gaan voor. Welkom!

Spes Koll. Kansa

15:00 Groep vir enkellopendes in sit-

kamer (Diensstentrum) Kom kuier

saam! Joan Ollewagen 082 710 2787)

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 16)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 5)

PO

LS

SA

LG

VI

R

D

IE

WE

EK

SIEKTE & NOOD 2 KRON 7 : 14

EN MY VOLK, OOR WIE

MY NAAM UITGEROEP IS,

HLLLE VEROOTMOEDIG EN

BID EN MY AANGESIG

SOEK....

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

Vader, vandag loop ons harte oor van

lof en eer! Selfs in dae wat ons nie

altyd so goed voel nie, in dae wanneer

ons liggame pyn of as ons hartseer is -

Here selfs dan kan ons juig! Want ons

WEET dat U die bose oorwin het.

Ons WEET dat U ons losgekoop het

met U bloed en ons WEET dat ons vry

is - vandag reeds!

Here, ons eer U as die Lewende God.

(Ma.) Here, seën hierdie dag, en almal wat

vandag oor die wêreld lewe. Seën elke dag

en jaar wat vir ons voorlê. Laat ons elke dag

lewe tot u eer en verheerliking. Here, stort u

genade en deernis oor ons almal uit, en gee aan al

u mensekinders harte vol medelye, sagte hande en

gerustellende woorde. Here, maak ons oë oop vir

U liefde en genade.

(Dins.) Vader, maak ons bewus van die

fisieke en geestelike nood in ons land

waarvan ons in die media lees. Ons is moeg

en verslae voor soveel geweld in ons land.

Ons wil kla en bitter raak. Ons harte word hard

teenoor die pyn van ander. Here, wees ons genadig.

Ons bid vir die verkiesing wat gaan plaasvind.

Woens.) Ons Vader, gee ons vandag die

moed, om te wys waarvoor ons staan. Om op

te staan vir die reg van hulle wat hulself nie

kan verdedig nie. Help ons om geen ander

vorm van vrede te soek as dié wat net U kan gee nie.

Gebruik ons om ons ore en oë en ons harte oop te

maak sodat ons duidelik sal weet hoe U ons wil

gebruik om te werk vir U vrede op aarde.

(Dond.) Ons dank U dat U ons aangestel het

as U verteenwoordigers op aarde. Watter

groot verantwoordelikheid. Watter heerlike

voorreg! Dankie vir Leraars, Kerkraad,

Bedienings en dankie vir ons bidders. Dankie dat

ons na U toe kan kom met al ons bekommernisse,

en dat ons weet dat U ons gebede verhoor, al is dit

hoe gering. Ons loof en prys U wonderlike Naam.

(Vry.) Miga 7: 18-20: Wie is ‘n God soos U?

U vergewe sonde, U straf nie die sonde van

dié wat uit u volk oorgebly het nie. U bly nie

vir altyd kwaad nie, U betoon liefde. Hy sal

ons sondes tot niet maak, U sal al hulle sondes in

die diepsee gooi. U sal getrou wees teenoor Jakob,

liefde betoon aan Abraham, soos U in die voortyd

aan ons voorvaders met ‘n eed beloof het.

Rina vd Westhuizen

Willie du Toit Andries v Niekerk

Pieter de Leeuw

Neil Human

Danie Liebenberg

Ras & Cissy Coetzee

Leana Court

Sarel Roux

Malan Claassen

Katinka Barnard

Jaap Sadie

DANKIE HERE

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 3 tydens die Erediens

Gr 4 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie

VRYDAG 9 MEI 2014 Die TEETUIN is oop en aan die gang! Kom beleef

JESUS se liefde en gasvryheid vanaf 09:30 - 11:30.

Lede: Slegs R10, Nie-lede: R20.

Koek & Tee ingesluit.

BRING GERUS U VRIENDE EN BURE. ALMAL IS MEER AS WELKOM!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM Lidmaatskapfooie vir 2014 bly dieselfde. Kom betaal asb by Mervian.

MIDDAGETES BY DIE DIENSSENTRUM Bestel asb voor 12:00 die vorige dag by die kerkkantoor. Lede van die

Dienssentrum: persone wat hul etes by die Dienssentrum kom geniet, sal

voortaan sop as voorgereg saam met die maaltyd ontvang - dus ‘n tweegang

maaltyd vir dieselfde prys!

(Hierdie “winskopie” is nie vir wegneemetes nie.)

Kom geniet die geselskap oor middagetes en

eet heerlik saam. Welkom!

Liewe gebedsvriende Teen hierdie tyd mis julle ons seker al en wonder waar in Afrika ons onsself bevind.

Wel, ons is op die oomblik nog in die Strand besig om te pak, te wag vir ons polisie klaring en ons ryg die een tandarts afspraak na die ander in. Ons wil maar vir eers die Mosambiekse hospitaal/tandarts probeer vermy en ons het ons Suid-Afrikaanse polisieklaring nodig om vir ons werksper-mitte aansoek te doen.

Die afgelope twee maande het ons lekker gemeentebesoeke gehad en ons het die ongelooflikste mense ontmoet en plekke gesien. Baie dankie aan almal wat ons in hul huise ontvang het, ons bederf het met kos en liefde en na ons storie kom luister het. Ons is ook baie dankbaar om na die besoeke te kan weet dat daar so baie mense is wat getrou vir ons sal bid.

Ons sien verskriklik baie daarna uit om volgende jaar allerhande interessante stories met julle te kan deel, maar ook julle geloofstories te kan hoor. Ons hoop om ons polisieklaring spoedig te ontvang, sodat ons die pad na Milange kan aanpak. Op die oomblik handel ons alle administrasie af en beplan ons reis.

Gebedsversoeke: - Spoedige ontvang van polisieklaring - Tandarts afsprake. Carmen het nog volgende week `n tandartsafspraak. Tussen ons twee het ons drie wortelkanale gehad. - Reis na Milange, veral vir die grenspos by Komatipoort en slegte of moontlik verspoelde paaie in Mosambiek.

Ons is redelik aktief op facebook met foto`s en video`s indien jy daagliks/weekliks meer van ons wil weet.

Facebook: https://www.facebook.com/mosambiek.geletterdheid?fref=ts Epos: [email protected] Whatsapp: 072 775 4531 begin_of_the_skype_highlighting 072 775 4531 FREE end_of_the_skype_highlighting

Baie liefde

Niehan en Carmen Koekemoer (Mosambiek Geletterdheid)

Mission definition - a specific task or duty assigned to a person or group of people.

Dankie OPGESTANE JESUS vir die LIG wat

nooit weer uitgedoof kan word nie.

WEES LIG!

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie

LOF AAN GOD “ Deur te sien op die Kruis is daar lewe en heil,

is daar lewe vir jou en vir my,

sien gelowig op Hom word gereinig en leef

want verlossing bied Jesus jou vry”

Lied 417 : Jesus ons eer U, opgestane Heer.

Lewensvors en Koning, U triomfeer!

Hoe was U verneder, hoe het U gely; hoe is U ver-

heerlik! U voer heerskappy. Jesus, ons eer U, op-

gestane Heer. Lewensvors en Koning, U het triomfeer!

WAG OP DIE HERE Ps 47 : 3 ”want aan U die Here, die Allerhoogste, kom

eerbied toe, Hy is die Groot Koning oor die hele aarde.”

Lied 510 : Wees stil en weet : Ek is die Heer.

Wees stil, neem tyd en kom in kontak met die Here.

Konsentreer op jou liefde vir Hom.

DINK HIEROOR NA KAN JY NOG STILBLY!!!

(As die tyd dit toelaat lees asb die hele Hand 3 en

Hand 4 tot vers 31)

Klem op Hand 3 : 22 – 23 en Hand 4 : 19 - 20

Hand 4 : 20 ---- “ Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie” Kan ons dit ook sê? / Wat kan ons vertel van wat

hierdie vastyd en paastyd met ons gebeur het? /

Het ons gehoor wie Christus is en wat Hy vir ons ge-

doen het / Op nuut gehoor ? / Op nuut gesien?

Weer op nuut besef dat “Hy bring die verlossing en nie-

mand anders nie. “ Daar is geen ander naam op die

aarde aan mense gegee waardeur God wil dat ons verlos

moet word nie” (Hand 4 : 12 ) / Almal van ons !

Word ons herken as volgelinge van Jesus ? / As ons

gedreig en verbied word

“ om in die Naam van Jesus met iemand te

praat,” ( Hand 4 : 17 ) wat sal ons doen ?

24een Gebedswag NGK & VGK GEMEENTES

WOENSDAG 7 MEI 2014

Sal ons met volle vrymoedigheid getuig en verkondig.

Ons moet ons keuse maak : “ Julle moet maar self besluit

wat voor God reg is : om aan julle (mense) gehoorsaam te

wees of aan God.”

(Lied 514 ) “Ek weet verseker; Jesus is Heer - Hy het

my sonde uit liefde vergeef. Ek was verlore maar is

gevind; nou het ek vrede – ek is Gods kind. Hy is my

Leidsman – Hy laat my leef. Hy is oorwinnaar – Hy is die

Heer. Uit sy genade, liefde en trou, weet ons hoe God sy

kinders behou.”

Mag ons met volle oortuiging en vol van die Heilige Gees

verkondig : “ dat die opstanding uit die dood deur Jesus

se opstanding 'n werklikheid geword het.”

“ HET JY MY WERKLIK LIEF ? “

(Lied 415 vers 2) “ Jesus leef - verheerlik Hom! Kyk,

geen graf hou Hom gevange. Jesus leef, en ek met Hom.

Weg is nou die dood se angel. Nuut sluit Hy die toekoms

oop. Hy gee my 'n vaste hoop.”

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie

Ons bid vir ons dorp Hermanus. Bid asb vir die

mense wat langs u bly en vir die mense verder

af in die straat. Bid dat die nagevolge van die

Paasnaweekprojek sal wees dat mense hulle

weer op nuut sal toewy aan God. Ons bid dat

mense sondebelydenis sal doen en sal bid vir

vergifnis, sodat daar 'n gees van herlewing en

vrede in ons dorp sal wees.

Ons bid vir ons Kerk (die Kerk van Christus).

Ons dank God dat ons hier nog vry is om te

aanbid sonder bedreiging of vervolging. Ons

bid dat ons (hier) nie gerus sal raak en nie op

ons hoede is vir die insluiping van allerhande

donker praktyke nie.

Ons sê dankie vir die Paasnaweekprojek en al

die Kerkdienste wat in die dorp gehou is. Ons

sê dankie vir elke gewillige hand wat gehelp het.

Ons sê dankie vir die boodskap van HOOP en

BEVRYDING en almal wat daardeur gered en

verlos is ! Ons bid vir volharding en vir groei in

heiligmaking.

DANKIE “When Christ shall come, with shout of acclama-

tion, and claim his own, what joy shall fill my

heart! THEN I SHALL BOW IN HUMBLE

ADORATION AND THERE PROCLAIM,

'MY GOD, HOW GREAT THOU ART ! '

VOORBIDDING

SONDEBELYDENIS Sondebelydenis is die voorwaarde vir toegang tot

God. Ondersoek jou self en vra die Heilige Gees

om enige onbelyde sonde aan jou uit te wys.

Verlossing en vergifnis van sonde verkry ons

slegs deur die bloed van Jesus Christus op

grond van sy soendood aan die kruis. “ But when

I think that God his Son not sparing, sent Him to

die, I scarce can take it in, that on the cross, my

burden gladly bearing, he bled and died to take

away my sin; Then sings my soul, my Savior God,

to thee : HOW GREAT THOU ART ! “

Dit is vandag Verkiesingsdag. Ons bid dat

alles vandag vreedsaam en ordelik sal geskied.

Ons bid vir die amptenare en alle persone met

verantwoordelikhede by die stemlokale dat hulle

met integriteit sal optree in belang van die kie-

sers en die land. Ons bid dat die stembusse

veilig vervoer sal word. Ons bid dat geen knoei-

ery en manipulasie by die telling van stemme sal

plaasvind nie. Ons bid dat die uitslae aanvaar sal

word deur almal. Ons bid dat Christene sal

volhard in gebed vir ons land en vir Christene

wat leiers is en in die Regering dien.

Ons wil ook bid vir die mense in Suid-Afrika wat

in afgeleë plekke woon en nog nie van Jesus se

reddende liefdesdaad gehoor het nie, of dit nie

verstaan nie. Ons bid dat daar Christene oor

hulle pad sal kom om vir hulle te vertel en ons

bid dat die Heilige Gees self hulle harte sal aan-

raak om te glo en die Vader se genade te beleef.

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · Ons is in verkiesingstyd. Dit is 'n tyd waarin daar baie vrae gevra word oor wat in ons land aan die gebeur is. Ons almal sug: "Die toekoms is ook nie

4 Mei 2014 12:30 Groep vir enkello-

pendes kom bymekaar in sitkamer

(Diensstentrum) vir sop en brood. Han-

nie Koch

4 Mei - Onrus Manor Diens - 18:00.

6 Mei 2014 GOLDEN HARVEST byeen-

koms. 09:45 in sitkamer.

6 Mei - Wyksbyeenkoms Wyk 9

19:00 Aan’t huis van Gerhard en Gerda Burger,

Heron close 3. Ds. Michiel de Kock besoek

ons.

ROOIBUS KAAPSTAD 6 Mei

Moenie vergeet om jou inligtingstuk by

Mervian te kry nie!

Finale reëlings:

Ons kom 5:30 by die Kerk bymekaar

Bus vertrek stiptellik om 06:00

Bring hoed, sonroom, kamera, warm

baadjie & jou glimlag saam!

Vertrek weer 15:00 vanaf die Water-

front.

Arriveer tussen 17:00 & 18:00 by die

Kerk DV.

Mag ons Vader vir ons ‘n pragtige dag

gee met ‘n veilige reis heen en weer.

9 Mei - Wyksbyeenkoms Wyk 27 om

18:00 by Herman & Magda, China Maraislaan

8, Fisherhaven 079 802 4234.

9 Mei - DIE KOLWYNTJIE 9:30 - 11:30

DV

Teetuin by die Dienssentrum

Heerlike eetgoed om van te kies!

n Wortel-pynappelkoek ( kom probeer dit!)

Suurlemoenmeringetert ( altyd 'n treffer!)

Aarbei-maaskaastert asook 2 soorte heer-

like soutterte.

R10 vir lede van die Dienssentrum en R20

vir nie-lede.

ALMAL IS MEER AS WELKOM!

DANIEL KONFERENSIE - MAN NA GOD

SE HART 16 - 18 Mei (NG kerk Stanford)

Koste : R50 per persoon. Skoolkinders wat

saam met hulle pa kom, is gratis. Info :

www.facebook.com/groups/DanielStanford

Navrae en besprekings:

Nico Roos 083 230 1325

BYBELSKOOL:

Die Bybelskool het gesluit en sal eers einde

Julie weer heropen. (Behalwe vir Pase en

Pinkster is daar ‘n menigte vakansiedae voor

die wintervakansie)

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

LIGBOEKLIGBOEK

DIENSSENTRUM BEHOEFTES

LIDMAATSKAPFOOIE VIR 2014: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor). Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n winskopie ! ! !

OVERBERG DIERE PROJEK: ‘n Winterprojek ‘Kos en Komberse-rit’ vir rondloper/hawelose diere word geloods in die Kleinmond tot Gansbaai omgewing. U ondersteuning word gevra vir donasies van komberse en/of enige vorm van honde– en katkos. ’n Vol maag sit weer huppel in hul trip-pel. Kontak [email protected]

KOSPAKKIES 19 MEI DV

Mag ons julle herinner aan die baie

belangrike barmhartigheidsbediening?

Inteendeel. Baie dankie vir ELKEEN se

bydrae!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

Hoofweg, Sandbaai (oorkant Sandbaai Superette) 028-316 3300 082 411 5505 [email protected]

www.hpsonrus.co.za Onrus * Vermont * Sandbaai

Hemel & Aarde Estate

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za