hartklop - ngk onrusrivier · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. wat is die...

6
VANOGGEND SE DIENS SODAT ELKE TONG KAN : “JESUS IS DIE HEREFILIP. 1 V 27 TOT 2 V.11 (DS MICHIEL DE KOCK) God bedien jou met die lewe van SY SEUN. Dit is wat ek en jy vir God werd is. Mag jy nooit ooit weer daaraan twyfel dat jy goed genoeg is en die moeite werd is vir die Vader nie. Mag hierdie wete jou inspireer om alles wat in die pad staan van groei in geestelike volwassen- heid en die Heilige Gees se genesing in jou en my lewe, weg te neem. Mag dit ons help om God vandag opnuut te ontmoet en vanuit ons vryspraak in Jesus Christus an- der vry te spreek. Vanuit die lewe van Jesus Christus aan ander diensbaar te wees. Kom ons bedien mekaar in ons gemeente, in ons huise, in ons gemeenskap en ons Land met hierdie selflose liefde van Jesus. Kom ons vra die vraag hoe kan ek vir jou diensbaar wees? Ek kan nie anders nie, want God het my met die lewe van SY Seun bedien sodat elke tong kan sê: “Jesus Christus is die Here van my Lewe“. Mag God ons seën met die moed om Hom te gehoorsaam, want die vrug van hierdie pad is God se heerlikheid en vrede. HARTLIK WELKOM Die 24ste vier ons Erfenisdag. En ons mag dit vier, want Artikel 30 van die Grondwet beskerm ons kul- tuur, godsdiens en taal. Ons het dus elkeen die reg op ons erfenis. Ons het die reg op ons taal (Afrikaans), op ons kerk (Die Ned. Geref. Kerk) en kultuur (ja, selfs die braaivleis- vure). Ons kan dus weer ons mooi herwaardeer. Ons kan met trots Afrikaans praat. Ons kan openhartig in Afrikaans met ons God praat. Ons kan spontaan in Afrikaans ons God loof. Ons kan God se Woord in ons Moedertaal lees. Ons kan ook in Afrikaans van ons God getuig. Ons kan selfs in Afrikaans om ‘n braaivleisvuur staan en van ons God praat! Wat staan ons te doen met ons erfenis? As ons vir Paulus vra hoekom hy met soveel ywer send- ingwerk doen?, sou hy antwoord: ‘Om eerstens vir Israel en dan die wêreld, jaloers te maak om vir Jesus Christus as die Messias te erken en te aanbid’. Dit is sy oortuiging dat die hele Israel (en die wêreld) op hierdie manier gered kan word maak hulle jaloers op wat jy het! (Rom.11). En hier is die uitdaging: Gebruik jou kultuurerfenis (soos jou taal en jou geloof) om die wêreld jaloers te maak! Leef jou kultuurerfenis só uit dat buite-kerklikes vir jou sal sê hulle wil saam met jou gaan, want hulle sien God is by julle (Sag 8v23). Welkom! TEKS VIR DIE WEEK (Son. 28 Sept. - Dr Wilhelm Burger) Tema: Mense met gebalde vuiste kan nie hande skud nie Teks: Ef. 4:25-32 Gespreksvrae: 1. Wat spreek jou die meeste aan in die paar verse? 2. Ons sukkel met geestelike dissiplines soos vergifnis omdat ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. (Bespreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert Botha se verhaal van die walvis ons hiermee help? WEEK VAN GEBED 21 - 28 SEPT Onthou om vanoggend jou naam op die bord in die voorportaal te gaan skryf. Ons het 168 ure om te vul en het elkeen van julle nodig! Dankie. (Kom vul ook asb in indien u by die huis gaan bid) Wees Lig! Hartklop 21 September 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANOGGEND: SIN KOLL. Instituut vir Blindes

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert otha se verhaal van

VANOGGEND SE DIENS SODAT ELKE TONG KAN SÊ: “JESUS IS DIE HERE”

FILIP. 1 V 27 TOT 2 V.11 (DS MICHIEL DE KOCK)

God bedien jou met die lewe van SY SEUN. Dit is wat

ek en jy vir God werd is. Mag jy nooit ooit weer daaraan

twyfel dat jy goed genoeg is en die moeite werd is vir

die Vader nie. Mag hierdie wete jou inspireer om alles

wat in die pad staan van groei in geestelike volwassen-

heid en die Heilige Gees se genesing in jou en my lewe,

weg te neem. Mag dit ons help om God vandag opnuut te

ontmoet en vanuit ons vryspraak in Jesus Christus an-

der vry te spreek. Vanuit die lewe van Jesus Christus

aan ander diensbaar te wees. Kom ons bedien mekaar in

ons gemeente, in ons huise, in ons gemeenskap en ons

Land met hierdie selflose liefde van Jesus. Kom ons vra

die vraag hoe kan ek vir jou diensbaar wees? Ek kan

nie anders nie, want God het my met die lewe van SY

Seun bedien sodat elke tong kan sê:

“Jesus Christus is die Here van my Lewe“. Mag God ons

seën met die moed om Hom te gehoorsaam, want die

vrug van hierdie pad is God se heerlikheid en vrede.

HARTLIK WELKOM Die 24ste vier ons Erfenisdag. En

ons mag dit vier, want Artikel 30

van die Grondwet beskerm ons kul-

tuur, godsdiens en taal. Ons het dus

elkeen die reg op ons erfenis. Ons

het die reg op ons taal (Afrikaans),

op ons kerk (Die Ned. Geref. Kerk)

en kultuur (ja, selfs die braaivleis-

vure).

Ons kan dus weer ons mooi herwaardeer.

Ons kan met trots Afrikaans praat.

Ons kan openhartig in Afrikaans met ons God praat.

Ons kan spontaan in Afrikaans ons God loof.

Ons kan God se Woord in ons Moedertaal lees.

Ons kan ook in Afrikaans van ons God getuig.

Ons kan selfs in Afrikaans om ‘n braaivleisvuur staan en

van ons God praat!

Wat staan ons te doen met ons erfenis?

As ons vir Paulus vra hoekom hy met soveel ywer send-

ingwerk doen?, sou hy antwoord:

‘Om eerstens vir Israel en dan die wêreld, jaloers te maak om vir Jesus Christus as die Messias te erken en te aanbid’.

Dit is sy oortuiging dat die hele Israel (en die wêreld) op

hierdie manier gered kan word – maak hulle jaloers op

wat jy het! (Rom.11).

En hier is die uitdaging:

Gebruik jou kultuurerfenis (soos jou taal en jou

geloof) om die wêreld jaloers te maak!

Leef jou kultuurerfenis só uit dat buite-kerklikes vir jou

sal sê hulle wil saam met jou gaan, want hulle sien God is

by julle (Sag 8v23). Welkom!

TEKS VIR DIE WEEK (Son. 28 Sept. - Dr Wilhelm Burger)

Tema: Mense met gebalde vuiste kan nie hande skud nie Teks: Ef. 4:25-32

Gespreksvrae: 1. Wat spreek jou die meeste aan in die paar verse? 2. Ons sukkel met geestelike dissiplines soos vergifnis omdat ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. (Bespreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert Botha se verhaal van die walvis ons hiermee help?

WEEK VAN GEBED 21 - 28 SEPT

Onthou om vanoggend jou naam op

die bord in die voorportaal te gaan

skryf. Ons het 168 ure om te vul en het

elkeen van julle nodig! Dankie.

(Kom vul ook asb in indien u by die huis gaan bid)

Wees Lig!

Hartklop 21 September 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANOGGEND: SIN KOLL. Instituut vir Blindes

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert otha se verhaal van

MA. 22 SEPTEMBER DI. 23 SEPTEMBER WO. 24 SEPTEMBER

10:00 Dienssentrum: Kom stap saam.

Ons begin stap om 10h00 vanaf die

dienssentrum en kom drink dan lekker tee/

koffie saam wanneer ons terug is. Welkom!

24/7 WEEK VAN GEBED

18:30 BRUGBOUERS (Gemeentesentrum):

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te kom

bid. (Michiel gaan voor)

Sopkombuis

10:00 Kom wees kreatief saam met Joan

Ollewagen 028 316 2127/082 710 2787 by die

dienssentrum. Kom kyk wat alles gedoen

word: sakke/kerse/verf op lappe ensovoorts.

Lekker kersgeskenke!!!

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Indien

u bekommerd is oor u bloeddruk, suiker en-

sovoorts kontak vir sr. Calitz by 072 152 5623

en maak ‘n afspraak.

11:00 LOFDANSE in die sentrum

24/7 WEEK VAN GEBED

18:30 BRUGBOUERS (Gemeentesentrum):

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te kom

bid. (Wilhelm gaan voor)

ERFENISDAG

24/7 WEEK VAN GEBED

10:00 - 11:00 GEBEDSMARS AS DEEL

VAN DIE OVERBERG WEEK VAN

GEBED (Ons kom by die parkeerarea

oorkant die NG Kerk Hermanus byme-

kaar. Kom stap saam vir Jesus!)

18:30 BRUGBOUERS: (Gemeentesentrum)

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te kom

bid. (Clifford gaan voor)

DO. 25 SEPTEMBER VR. 26 SEPTEMBER SA. 27 SEPTEMBER

09:00 Geen Bybelskool.

10:00 Dienssentrum: FLIEK in die

ANNEKS: Stuur groete aan Mannetjies

Roux.

24/7 WEEK VAN GEBED

18:30 BRUGBOUERS: (Gemeentesentrum)

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te

kom bid. (Michiel gaan voor)

9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin

@ Dienssentrum is oop. Welkom!

10:00 Ons BID saam (Gebedskamer).

24/7 WEEK VAN GEBED 18:30 BRUGBOUERS: (Gemeentesentrum)

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te kom

bid. (Clifford gaan voor)

24/7 WEEK VAN GEBED

18:30 BRUGBOUERS: (Gemeentesentrum)

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te kom

bid. (Michiel gaan voor)

WAT GEBEUR SONDAG 28 SEPTEMBER ?

09:00 Erediens: Dr Wilhelm Burger

18:30 BRUGBOUERS: (Gemeentesentrum)

Kom staan saam met ons op die muur

(Jes 62:6). Ons nooi almal om saam te

kom bid. (Ons sluit af met lofgesange!)

24/7 WEEK VAN GEBED EINDIG

VANAAND @ 24:00

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 34)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 25)

SIEKTE & NOOD

Here, ons wil graag aan U al die

LOF en DANK en EER gee vir die

afgelope week se sessies saam

met Riekert Botha. Baie dankie

vir die lewegewende lesse wat U

deur hom gebring het. Dankie

Here dat ons kon leer van U groot

genade, van die sorg wat U met

elkeen van ons werk en dat ons

kan WEET daar is genesing vir

seer en daar is bevryding in

vergifnis. Ons eer U alleen!

Efes 3 : 14 O, Hoogste Koning in die hemel, wees ons land genadig. Ons bid vir herlewing

in ons kerke. Stuur asseblief die Heilige Gees ter wille van ons kinders. Laat U koninkryk kom vir ons nasie. In Jesus se magtige Naam. Amen.

Fil 4 : 6 O, Hoogste Koning in die hemel, wees ons land genadig. Ons bid vir her-

lewing in ons kerke. Stuur asseblief die Heilige Gees ter wille van ons kinders. Laat U koninkryk kom vir ons nasie. In Jesus se mag-tige Naam. Amen.

Deon Smith

Wilkie du Toit

Kobie Swart

Hennie Duminy

Wilma Hanekom

Anneline Nothling

Susan Matthee

Peet van den Berg

Laetitia Havenga

Uys Swart / Jaap Sadie

Sarie van Staden

John Versveldt

Hierdie week neem die

Overberg-area dit op ons

skouers, om as deel van

die wêreldwye 24/7

gebed, voor God te kom

staan en te bid vir her-

lewing in ons dorp en

land. Kom voeg u gebed

by deur saam te kom bid

in die aande en/of om ‘n

uur te kies waarvoor jy

sal intree. Welkom!

DANKIE HERE

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

ZAbba Vader . . .

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens

Gr 5 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Ps 86 : 6 O High King of heaven, have mercy on our land. Revive your Church; Send the Holy

Spirit for the sake of our children. May your kingdom come to our nation. In Jesus' mighty name. Amen.

George Whitefield het gebid en meer as 1000 mense het

op een dag tot bekering

gekom. (Bennie Mostert )

Kol 4 : 2 O High King of heaven, have mercy on our land. Revive your Church; Send

the Holy Spirit for the sake of our children. May your kingdom come to our nation. In Jesus' mighty name. Amen.

Ps 66 : 20 O, Hoogste Koning in die hemel, wees ons land genadig. Ons bid vir herlewing

in ons kerke. Stuur asseblief die Heilige Gees ter wille van ons kinders. Laat U koninkryk kom vir ons nasie. In Jesus se magtige Naam. Amen.

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert otha se verhaal van

WERKVERSKAFFINGSBLAADJIE As deel van die versorging van ons Gemeente wil ons graag begin met ‘n diensverskaffingsblaadjie waar gemeente-lede kan kennis neem van: (a) werksgeleenthede in die Hermanus omgewing. (b) hul eie dienste kan aanbied vir mense wat op soek is na spesifieke vaar-

dighede (c) werksoekers hul dienste beskikbaar kan stel.

Stuur asb u inligting/versoeke deur na Karin by die Kerkkantoor of kontak haar gerus vir enige navrae. Welkom!

Die eerste blaadjies sal uitwees op Sondag 28 Sept, so

maak seker u stuur u inligting so gou moontlik.

WYNVEILING (Fondsinsameling tbv Jeug en

Gesinne in ons gemeenskap)

17 OKTOBER 2014

Die NG Gemeente Onrusrivier

hou weer op 17 Oktober ‘n

wynveiling met Beyers Truter as die spitsvondige afslaer.

Vir hierdie funksie is daar slegs 120 kaartjies beskikbaar. Dit

sluit ‘n drie-gang tradisionele ete deur “The Classroom” in, asook

wyn van ‘n uitgesoekte wynmaker wat sy kelder se wyne vir u gaan

aanbied en bekendstel. Kaartjies is beskikbaar op aanvraag

@ R250 pp waarvan elke persoon die volle bedrag terugkry indien

enige aankope gedoen word. Bespreek asb u sitplek of tafel met

vriende voor 26 September by die Kerkkantoor.

Hierdie funksie beloof om weer ‘n treffer te wees! Die groot ver-

skil gaan die interaksie met die wynmakers wees wat hulle erva-

rings en produkte aan die tafels met u gaan deel.

Vir enige navrae, kontak asb vir Philip en Elsa Opperman

082 9000 697 ([email protected])

MAALTYE BY DIE DIENSSENTRUM

Hanlie Leeuwner en haar span wil baie graag

begin om op Woensdae (vanaf 1 Oktober) ‘n

tweegang maaltyd by die Dienssentrum te

bedien teen R45 vir lede (R55 vir nie-lede).

Die etes word by die Dienssentrum bedien –

geen maaltye sal aangery word nie. Ons wil graag hoor wat die belang-

stelling hiervoor gaan wees. Sal u asseblief by die kerkkantoor ‘n aan-

duiding gee dat u belangstel in hierdie maaltye? Dankie!

GESOEK KALENDERBORGE

VIR 2015

Liewe vriende, ons wil

graag besighede en indivi-

due nooi om volgende jaar

se gemeentekalender te

borg.

Die koste beloop R2000

per maand wat jy borg.

Jou besigheid se logo en informasie verskyn op

die bladsy se onderkant en daar is ook ‘n bor-

geblad waar meer inligting oor jou besigheid

beskikbaar is.

Vir enige navrae, kontak asb vir Karin by die

Kerkkantoor (028) 316-2116 of 084 305 2086.

Afsluitingsdatum: 30 September 2014

Baie dankie!!

ONS HET U HULP NODIG

Die 2014 funksie se opbrengste gaan ter ondersteuning van

die versorging van alle mense maar veral gefokus op gesinne

en die jeug in die groter

gemeenskap. Indien u nie die

wynveiling self kan bywoon nie,

verwelkom ons graag enige

skenkings van gehalte wyne

wat opgeveil kan word tbv

hierdie saak wat op ons almal

se harte is. Baie dankie!

‘n Groot dankie aan die 3 Leraars en die ge-meente vir die gebede en die wyse waarop sy ondersteun is tydens Ras se siekte en heengaan.

Cissy Coetzee

RIEKERT BOTHA REEKS OP DVD

Die reeks van hierdie week is opgeneem en u is

baie welkom om dit te bestel by Mervian by die

kerkkantoor (028) 316-2116.

Dit kos R12 per sessie of R72 vir die hele reeks.

(Betaling is asb met bestelling)

Ons dank die Here vir die “woorde van seën” wat

uitgaan. Nogal ‘n ideale geskenk vir iemand . . .

Here, dankie dat ons in GEBED ook ons

LIG kan laat skyn. Laat dit so wees nou.

WEES LIG

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert otha se verhaal van

Oproep tot Gebed vir Herlewing in die Overberg

TYDENS DIE WEEK VAN GEBED GAAN ONS:

GEBEDSKAMER:

Elke uur van daardie week (168 ure) bid vir herlewing. U is welkom om die Gebedskamer (aan die see se kant van die

gemeentesentrum) te gebruik vanaf 08:00 - 20:00 elke dag. Die nag-ure kan u bid by u huis. Kom saam as omgee-

groepe, as gesin of vriendekring en kom bid saam vir herlewing in ons pragtige dorp!

KLEINGROEPE BID SAAM:

In hierdie week bid u spesifiek vir herlewing in

ons dorp in die tyd wat u kleingroep / selgroep

bymekaar kom.

BRUGBOUERS (Gemeentesentrum)

Ons kom as gemeente bymekaar elke aand vanaf

18:30 - 19:30 en soek God se aangesig saam in

eenheid.

GEBEDSTAP:

Wanneer u gaan stap met u hond of saam met

vriende, bid vir die huise waar u verbyloop. Bid

dat God se koninkryk sal kom - ook daar.

GEESTELIKE LEIERS BID SAAM:

Dinsdag 23 Sept @ 11:00 kom die hele Over-

strand se geestelike leiers bymekaar by

Volmoed (Hemel-en-Aarde-Vallei) om saam in

eenheid te bid vir ons dorp. (Kom ons bid ook

getrou vir al ons leiers).

KOM VUL JOU NAAM IN

In die voorportaal is ‘n groot bord

met die 7 dae op. Neem gerus ‘n

“skoenlapper kaartjie”, vul jou

naam, nommer en tyd van gebed in

en sit dit vas op die bord. Onthou,

ons het 168 ure om te vul!

VIR ENIGE NAVRAE, KONTAK ASB VIR

Annette McMillan 072 903 9189

Karin de Bruin 084 305 2086

GEBEDMARS: Op Woensdag 24 Sept @ 10:00 kom die hele

Overstrand gemeenskap bymekaar by die parkeerarea oorkant die

NG Kerk Hermanus. Ons stap dan saam in die hoofstraat van Her-

manus af as ‘n visuele getuienis vir God. Ons eindig by die Ou

Hawe en daar gaan ons saam bid vir ons pragtige dorp. Skryf gerus

jou banier of plakkaat en bring saam! Almal welkom!

BRUGBOUERS ELKE AAND

Elke aand tydens die week

@ 18:30 - 19:30

GESOEK:

God is opsoek na brugbouers:

God soek mense om die vervalle mure om die stad weer op

te bou

God soek manne en vroue om vir die stad in die bres te

tree.

Hier noodroep vind u in Eseg. 22v30

Kom help asseblief - jong en oud is nodig!

Ons sien baie uit daarna om hierdie spesiale week

saam met elkeen van u op die muur te staan.

(Jes 62 v 6)

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert otha se verhaal van

GELOOFBELOFTE

OFFER (GBO)

2014

Ons wil graag elke persoon bedank wat reeds hul GBO briefies ingehandig het. Baie dankie vir jul vertroue in God en jul gehoorsaamheid.

Die bedrag wat tans benodig word elke maand om ons sendelinge te ondersteun is R22 700pm. Ons het

tot op datum slegs R14 000pm se beloftes.

Ons doen dus graag ‘n beroep op u almal om by Vader God te gaan stilword en daaroor te gaan bid. Daar is vorms beskikbaar by deure.

Vir enige navrae oor ons sendelinge, kontak gerus vir Uys Swart by 076 522 5669. Baie dankie!

ONTHOU ook asb dat die GBO ‘n aparte bankrekening het. U is welkom om direk daar in te betaal of indien u in ons gewone rekening inbetaal, merk asb duidelik GBO.

Baie dankie!

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA Rek. 916 9799 886

KOLWYNTJIE TEETUIN @ DIENSSENTRUM

VRY. 26 SEPT. 09:30-11:30

'n Spesiale uitnodiging: Kom vier jou verjaardag by die

teetuin. Ons dek vir jou 'n mooi tafel, sit die heer-

likste geregte voor saam met koffie/tee en jy geniet

die oggend saam met jou vriende! Lede van die Dienssentrum betaal net

R10 vir elke gas. Nie-lede betaal R20. Stel ons net 'n week voor die tyd in

kennis. Kontak Marie by 083 457 1896.

Die twee dominees is gepuzzel!

Lief die Lewe

VROUEKAMP

25 – 26 Oktober 2014 Wortelgat

Besprekings: Projek Hoop

072 244 0233; 082 375 3613 NG Kerk Hermanus

[email protected]

tyd met God · praise & worship · ontspan · mooi natuur ·

herlaai batterye · ‘bond’ met ander

vroue van God · Leef voluit in Christus

Caledon Kersmark 29 Oktober 2014 - 1 November 2014

29 Oktober 2014 - 14:00 - 19:00 30 Oktober 2014 09:00 - 19:00 31 Oktober 2014 09:00-19:00

1 November 2014 09:00 - 14:00 Plek: Caledon Wes Gemeente Kerksaal

Die perfekte plek vir u Kerskopies. Verskeidenheid van handgemaakte geskenke wat insluit: kuns, juweliers-ware, fotografie, klere, kinderprodukte en baie meer.

Moet ook nie die heerlike teetuin vergeet nie. Vir meer inligting kontak Chrisna [email protected] / 082 944 4505.

SOFCA (TEHUIS VIR VERSWAKTE BEJAARDES)

HOU BASAAR SATERDAG 27 SEPTEMBER

BY DIE UNITED KERK

ROYALSTRAAT OM 09H00.

KOM ONS ONDERSTEUN!

PRO MUSICA KOOR

Jaarkonsert in die Ouditorium, Hermanus op

Vrydag 26 September om 19:00. Kaartjies teen

R130 is verkrygbaar by koorlede of die

NG Kerkkantoor, Hermanus. Kaartjies sluit

'n verversings na die konsert in.

STANFORD NGK BASAAR & BLOMMEFEES 3 - 4 OKTOBER

Vrydag: 10:00 - 21:00 Saterdag: 08h00 - 19:00 Sondag: 12:00 - 18:00 Maandag: 10:00 - 15:00

Tema: God die Almagtige, Skepper van hemel en aarde (Hierdie tema word uitgebeeld vanjaar deur die klem op voëls en teksgedeeltes gekop-pel aan hierdie uitbeelding wat God se Almag as Skepper vertoon) Met Fynbos, Bybeltekste en Musiek dra ons die Evangelieboodskap van HOOP uit. Stanford se hele gemeenskap word hierby betrek: Polisie, Munisipaliteit, Laerskool Ok-kie Smuts, Laerskool De Bron, Die Tuinbou klub asook die Stanford VGK gemeente en Stanford United Church. *Wat hierdie Blommefees elke jaar uniek maak is die feit dat dit gratis is, en ons slegs donasies verwelkom indien mense voel om 'n bydrae te maak wat gaan om hierdie Blommefees te finansier. Na die Blommefees word 10% aan uitreiking gegee. Kom en word draers van hierdie boodskap. Die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus bly by jul.

Stanford NGK

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · ons ons eie emosies nie goed verstaan nie. ( espreek) 3. Wat is die grootste hindernis as dit kom by vergifnis? 4. Hoe kan Riekert otha se verhaal van

LIDMAATSKAPFOOIE VIR DIENSSENTRUM 2014: Kom betaal asseblief by Mervian. Onthou ledegeld is jaarliks betaalbaar. (Fooie is dieselfde as 2013). Baie dankie!

SPOELKLIPPE: SIMONSTAD 5 OKT. DV: BAIE BELANGRIK: Kom haal u inligtingstuk i.v.m treinrit by die Kerkkantoor (Mervian).

DIENSSENTRUM: FLIEK DO. 25 Sept. 10:00 in ANNEKS: STUUR GROETE AAN MANNETJIES ROUX. Hiermee wy ons dan ook ons NUWE TV-PLATSKERM IN! Kom geniet die oggend saam met ons! Slegs donasie.

KOEKSISTERS TE KOOP Plaas asb. vroegtydig, voor 23 Sept, u bestelling vir koeksisters wat gebak sal word op 26 September. Koste: R20 vir 10 koeksis-ters. Betaalbaar met afhaal van die koeksis-ters by die Maalruimte. Skakel of sms ons asb. voor 23 September: Joey Niemann 082 352 7471 of Ria Niemann 082 971 8257.

VOEDSELFEES 19 DES 2014 Het u al gewonder wanneer begin ons met reëlings vir die Voedselfees? Ons eerste verg sal wees op Don 9 Okt @ 18:00. Begin solank dink aan nuwe planne! Navrae: Bennie Walden 082 458 8653

PAD NA JOU HART----FLIEK 10 OKT.in oudi-torium DV 15:00 asook 19:00 Slegs R30 toe-gang vir FONDSINSAMELING! Koop jou kaartjie by KERKKANTOOR OF BY TEETUIN , asseblief! VIR FONDSE VIR GROOT TV-PLATSKERM IN DIE ANNEX. BYBELSKOOL Hierdie week (24 & 25 Sept) is daar geen Bybelskool nie. Woensdag is Erfenisdag en dit is ook ons Week van gebed. Daar is wel Woensdagaand (1 Okt by Hermanus) en Donderdagoggend (2 Okt by Onrusrivier). Navrae: Clifford by 028 316 4895. BADISA / HUIS LETTIE THERON / HERMA-NUS SENIOR SENTRUM U word vriendelik uitgenooi na die Algeme-ne Jaarvergadering en geselligheid op 30 Sept @ 18:30 in die Grobbelaarsaal. Spreker: Rayne Stroebel (Geratech). Tema: My brein, my toekoms. RSVP teen 25 Sept by (028) 312-2515 of (028) 313-1283. KOSPAKKIES Baie, baie dankie vir elkeen se liefdesgawes! Mag ons Vader julle elkeen besonder seen. MOSAÏEKOMGEEGROEP byeenkoms op Maandag 29 September 2014 om 15h00 in die ARK. Hettie Roux kom ons meer vertel oor haar afgelope staptoer. Almal welkom.

GEMEENTEKAMP 3 - 5 OKTOBER BY BONNIEVALE. Indien u nog belangstel om saam te gaan kamp, laat weet asb vir Mervian by die kerkkantoor hierdie week.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

GESOEK: Fiets vir 'n minderbevoorregte seun wat dit nodig het om van Sandbaai af dorp toe te ry om te gaan werk. Die kind doen sy finale jaar by 'n tegniese skool in Bellville en moet sy prakties hier kom doen. Hopelik kry hy volgende jaar dan hier werk. Kontak asb vir Karin by die kerkkantoor.

KLEREKAS: Soek asb kinderklere asook mans en vroue skoene. U is welkom om dit na die kerkkantoor te bring. Baie dankie! EREDIENSWERKERS GESOEK: 'n Wonderlike geleentheid om deel te word van 'n dinamie-se span in die erediens deur die opneem van liefdesgawes en die bediening van die Heilige Nagmaal. Belangstellendes skakel asb vir Kosie de Kock by 028 316 1542 of 082 491 1315 of ontmoet hom in die maalruimte na die diens Sondae.

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Piet van Zyl

082 339 9871

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Alles wat ons het, behoort aan die Here. By RealNet stel ons onsself beskikbaar om Hom te help, om Sy eiendomme van eienaars te laat

wissel en in die proses ‘n verskil in mense se lewens te maak.

Ons spesialiteitsareas: Sandbaai, Onrus, Vermont, Hemel-en-Aarde Estate, Berghof en Chanteclair

Ons laat dit gebeur

+27 (0) 83 704 8636 +27 (0) 28 316 3657

[email protected]

www.realnet.co.za