hersiening graad 1 - leer afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · hersiening graad 1 . 2 zak die kat....

24
Hersiening Graad 1

Upload: others

Post on 09-Jun-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

Hersiening Graad 1

Page 2: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

2

Zak die kat.

Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie van my familie. Ek was maar net ‘n klein katjie toe ek by hulle gaan bly het.

Ek is Jan se kat en hy moet vir my sorg. Elke oggend voor hy skool toe gaan gee hy vir my kos. Ek is baie lief vir water en Jan sorg altyd dat ek skoon water het om te drink. San het ‘n klein hasie gekry en omdat dit lyk asof hy ‘n dassie om sy nek dra, is sy naam Das.

Page 3: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

3

Eers het ons in ‘n huis op die dorp gebly, maar op ‘n dag was alles sommer net deurmekaar. Ek het nie geweet wat aangaan nie. Jan se goed was alles in bokse. My mandjie, kosbak en waterbak het ook in ‘n groot boks verdwyn. .

Skielik het so ‘n groot trok met ‘n verskriklike lawaai voor die huis gestop. ‘n Paar mans het uitgeklim en hulle het vir mamma en pappa gehelp om al die meubels in die trok in te laai. Jan het sy bokse buite toe gedra. Later was altwee die kinders se kamers dolleeg. Ek was bang en het onder een van die bokse ingeklim en daar weggekruip. Jan het my gesoek en gesoek. Ek het saggies gemiaau, want ek was baie, baie

Page 4: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

4

bang. Jan het my onder die boks gekry en my in ‘n spesiale houer gesit. Hy het my op die agterste sitplek van die motor gesit. Langs my was Das in ‘n klein warm boksie waarin hy knus kon lê. Ons het ver gery en ek het geslaap en geslaap. Toe ek wakker word, was ek in ‘n nuwe huis. Jan het my uit die houer uitgehaal en my orals rond gaan wys. Die plek was groot. Baie groot.

Daar was bome en ‘n pad wat na die huis toe loop. Jan het my alles gewys. Daar was ‘n trekker in ‘n skuur. Ek het drie varkies gesien en twee perde in ‘n stal. Hy het vir my ‘n hok gewys met hoenders in. Dit het my skoon honger laat voel.

Page 5: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

5

Jan het gesê: “Zak, ons bly nou op ‘n plaas. Hier is baie plek vir ons om te speel.” Vir die eerste paar weke was ek maar skrikkerig vir alles, maar net

gou het ek buite gaan speel. Ek het skoenlappers gejaag en ook die hoenders gaan pla. Dit was lekker op die plaas. Sommer baie, baie lekker.

Kan jy al die woorde lees?

Zak die kat en al sy mannewales.

die kat hallo maatjies

my naam is ek

'n mooi wit swart

en hier prentjie van

familie was maar net

klein by hulle gaan

bly het Jan moet

hy gaan gee kos

elke oggend voor skool

baie lief water sorg

Page 6: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

6

skoon altyd drink om

te San hasie gekry

omdat lyk asof dassie

nek dra Das sy

Eers huis dorp gebly

dag op alles sommer

net deurmekaar geweet aangaan

goed alles bokse mandjie

kosbak waterbak groot verdwyn

skielik so trok verskriklike

lawaai gestop paar mans

uitgeklim meubels laai altwee

kinders kamers dolleeg bang

onder ingeklim weggekruip gesoek

saggies gemiaau want gekry

spesiale houer gesit agterste

sitplek motor langs warm

waarin knus lê ver

Page 7: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

7

gery geslaap toe wakker

word nuwe orals rond

wys plek die bome

daar pad alles gewys

trekker skuur varkies twee

gesien drie perde stal

hok hoenders honger laat

voel gesê het nou

plaas speel eerste weke

skrikkerig gou buite skoenlappers

gejaag pla lekker sommer

Zak wil jag

Jan gee elke oggend vir my kos, maar vandag is my bak leeg. Jan het vergeet om vir my kos te gee. Nou wag ek vir Jan. Ek is baie honger. Ek wil eet. Ek wag en wag. “Waar kan Jan dan wees?”

Page 8: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

8

Jan is by die skool.

“Ek gaan kyk wat doen Das,” dink Zak. Das is ‘n lekker vet haas. Das is San se mak haas. Zak soek en soek. Daar sien hy vir Das. Hy lê en slaap.

Hy lê lekker en slaap op die herfsblare wat Jan bymekaar gehark het. “Ek is honger. Hmm Das is lekker vet. Saggies nou. Shhh….” dink Zak. “Pasop, Zak! Kyk waar jy trap!” Zak trap op die hark. Die hark wip op en Zak miaau verskrik. Das word wakker en sien vir Zak.

Wat doen Zak? Hy wag vir sy kos.

Page 9: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

9

Zak spring vorentoe. Hy hap en kap na Das, maar Das is alreeds weg. Al wat Zak sien is Das se stert wat om die hoek van die huis verdwyn. Zak is sommer vies. Hy gaan wag maar weer vir Jan, by sy bak.

Page 10: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

10

Zak wil jag

vandag bak leeg vergeet

wag honger eet waar

dan wees skool doen

kyk lekker vet haas

mak soek sien slaap

lê vir herfs blare

bymekaar gehark saggies dink

pasop trap hark wip

verskrik wakker spring vorentoe

hap kap weg alreeds

maar al stert hoek

verdwyn vies sommer by

maar al is en

die om by sy

Page 11: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

11

Hen-Pen die vet hen. Hen-Pen kloek en kekkel vir die vale. Sy sit by die hek op haar nes. “Ek het ‘n eier gelê! Ek het ‘n eier gelê!” kekkel sy trots. Al die diere op die werf kom kyk.

Daar lê een blink eier in Hen-Pen se nes. Die volgende dag is daar twee eiers in die nes. Die derde dag is daar drie eiers in die nes. Elke dag lê Hen-Pen een eier. Die sesde dag lê daar ses blink eiers in die nes by die hek.

Ben is baie opgewonde oor die eiers wat Hen-Pen gelê het. Jan en San kuier by Ben. Hy gaan wys hulle waar Hen-Pen by die hek op haar eiers broei. Hen-Pen kloek kwaai en pik na die kinders.

Page 12: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

12

Zak, die kat, kuier saam met Jan by Ben. Zak sien die vet hen op haar nes. Jan en Ben speel met hulle albasters. Hulle sien nie vir Zak saggies nader sluip na hen toe nie.

Zak sluip nader en nader. By die hek spring hy tot bo-op die hek. Hy kyk vir Hen-Pen. Zak lek sy lippe af. Hen-Pen sien vir Zak. Sy begin hard te kloek. Sy klap haar vlerke en pik na Zak.

Hen-Pen sê: “Gaan weg. Zak! Gaan weg! Hier gaan Ben jou vel aftrek.”

Ben en Jan hoor hoe raas Hen-Pen. Hulle spring op en hardloop vinnig na die hek toe. Jan sien vir Zak. “Nee, Zak!” raas Jan. Zak probeer weg hardloop, maar Jan vang vir Zak. “Nee, Zak. Los vir Hen-Pen.” raas Jan weer.

Jan en Ben vat vir Zak huis toe. Ben pas nou sy hennetjie mooi op. Hen-Pen sit op haar nes en droom. Sy dink aan haar kuikentjies en kloek gelukkig.

Vir een-en-twintig dae sit Hen-Pen op haar nes. Geduldig wag sy vir die eiers om uit te broei. Een oggend toe Ben weer by die nessie kom hoor hy ‘n gepiep. Hen-Pen wys trots haar klein kuikentjies vir Ben. Daar is ses pragtige, geel kuikens.

Page 13: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

13

‘n Rympie

My naam is Hen-Pen, ek is Ben se vet hen. Ek sit op my nes by die hek. Ek sien vir Zak, wat sy lippe af lek. Hy dink hy gaan my vang, maar ek is nie bang. Ben sal hom keer elke liewe keer

My kuikens so mooi word nie Zak se prooi Daar by die hek sien ek vir Zak, wat sy lippe af lek. Hy dink hy gaan ons vang, maar ons is nie bang Ben sal hom keer elke liewe keer.

Page 14: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

14

Hen-Pen die vet hen

Hen-Pen kloek vale sit

hek haar nes eier

gelê kekkel trots diere

kom kyk op een

blink eier volgende dag

twee eiers derde drie

Elke sesde ses Ben

baie opgewonde kuier broei

kwaai pik kinders albasters

saam hulle sluip nader

bo-op lippe lek hard

begin klap vlerke gaan

weg Hier vel jou

aftrek hoor raas hardloop

na Nee probeer vang

Los weer vat pas

pas mooi gelukkig droom

Page 15: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

15

kuikentjies een-en-twintig

oggend nessie

gepiep klein pragtige geel

vang bang keer liewe

prooi lippe lek af

‘n Verjaarsdag geskenk.

Mamma dink en dink. Dit is môre San se agste verjaarsdag. Sy weet nie wat om vir San te koop vir haar verjaarsdag nie. Mamma vra pappa om haar te help dink. Skielik kry mamma ‘n blink idee. Sy weet wat sy vir San vir haar verjaarsdag gaan kry. Mamma fluister in pappa se oor. Vinnig bel pappa die buurvrou en hoor of die kinders so ‘n rukkie by hulle kan kom kuier. Alles is gereël. “Jan!” “San!” roep Pappa. “Ons het met Ben en Saar se ouers gereël dat julle so rukkie daar kan kuier, terwyl ons gou dorp toe ry” sê Pappa vir die kinders. Jan en San is altyd bly om by hulle maatjies te gaan kuier. Hulle het altyd groot pret. Ben se hen, Hen-Pen, het ook ses pragtige kuikens. Hulle hou daarvan om die kuikentjies dop te hou.

Page 16: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

16

Vinnig is almal gereed. Pappa laai die kinders by Ben-hulle af. Daarna ry hulle dorp toe. Pappa ry reguit na die troeteldierwinkel. Mamma koop ‘n wit rot. Sy koop ook ‘n hokkie, saagsels en kos vir die rot. In die hok is daar so ‘n klein huisie waarin die rot sal kan ingaan. Die volgende oggend toe San wakker word staan die hokkie met die wit rot op haar bedkassie. San hou baie van haar verjaarsdag geskenk. Sy doop sommer dadelik die oulike wit rot, Tom. San speel elke dag met Tom-Rot. Sy maak sy hokkie skoon en gee vir Tom-Rot elke dag skoon water en kos. Zak, die kat, sien vir Tom-Rot in sy hok. Zak is ‘n baie stout kat. Zak sien ook dat San met haar pop speel. “Hmmm!” dink die stout kat. Nou gaan ek my kans waag. Zak sluip saggies na Tom-Rot se hok, maar Zak kan nie die hok oopkry nie. Tom-Rot kruip weg onder die saagsels wat sy hokkie so lekker warm maak. Zak gaan sit op die mat. Hy dink en dink. Hy wonder hoe gaan hy vir Tom-Rot uit sy hok kry. Zak sê: “Tom-Rot kom

Page 17: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

17

ons speel bok-bok.” “O! Nee, so gaan jy my nie fop!” sê Tom-Rot. en kruip nog dieper onder die saagsels in. Sy snorbaarde bewe eintlik so bang is Tom-Rot. Zak dink en dink. “A-ha, rotte hou mos van kaas!” Zak sit ‘n stukkie kaas langs rot se hok neer. Zak wil vir Tom-Rot uit sy hokkie lok. Zak gaan kruip onder die bank weg. Hy hou vir Tom-Rot dop.

Tom-Rot sien die kaas. Hy wikkel sy neusie en steek sy snorbaarde uit onder die saagsels. Zak sit tjoepstil. Rot kruip stadig uit onder die saagsels. Hy kyk rond, maar hy sien nie vir Zak onder die bank nie.

Rot skuif die hok se deurtjie oop. Tom-Rot kom uit sy hok. Tom-Rot ruik aan die kaas. Zak lag in sy mou. “Wat ‘n dom rot,” dink Zak. Zak spring na rot. Hy kap en hap na rot. Hy kap rot op sy kop. Tom-Rot rol en tol. Sy kop voel skoon dof. “Kom help, San! Kom help vir Tom-Rot.” Word vervolg.

Page 18: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

18

Kan jy al die woorde lees 'n Verjaarsdag geskenk

Mamma dink môre agste

verjaarsdag koop help blink

idee fluister oor Pappa

vinnig bel buurvrou rukkie

gereël alles kuier hoor

kinders roep terwyl altyd

pret dop daarvan hou

laai winkel reguit Daarna

wit rot hokkie saagsels

troetel ingaan waarin volgende

volgende wakker staan bedkassie

geskenk doop dadelik oulike

Tom elke stout pop

kans waag oopkry kruip

Page 19: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

19

warm maak wonder bok-bok

fop Tom-Rot dieper snorbaarde

bewe so bang rotte

kaas bank dop mos

stukkie neer wikkel neuse

stadig rond onder skuif

deurtjie oop ruik aan

lag mou dom kap

tol rol voel dof

help Kom vir winkel

San red vir Tom-Rot

Tom-Rot, jy moet vlug. Tom-Rot, jy moet hardloop. Tom-Rot se kop voel dof. Tom-Rot piep benoud. Zak is ‘n baie stout kat. Hy wil vir Tom-Rot opvreet. San hoor vir Tom-Rot. Sy hardloop vinnig nader. “Zak!” skree sy hard. “Los vir Tom-Rot.” Zak skrik

Page 20: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

20

groot. Hy gaan kruip onder die bank in. Hy loer vir San. Hy loer vir Tom-Rot. San tel vir Tom-Rot op. Sy sus vir Tom-Rot. Tom-Rot sug. Hy is baie bly hy is nie in Zak se maag. San sê: “Tom-Rot jy moet nou rus.” Sy sit vir Tom-Rot terug in sy hok. Tom-Rot gaan lê onder die saagsels. Hy maak sy oë toe. Tom-Rot dut weg. San het vir Tom-Rot gered. Kan jy al die woorde lees?

San red vir Tom-Rot moet vlug hardloop skoon

dof piep benoud stout

wil opvreet hoor vinnig

nader skree hardloop Los

skrik groot kruip loer

tel sus sug bly

Page 21: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

21

maag rus terug dut

gered weg het vir

gaan moet is nie

Pik die wit vis

Pik is Jan se wit vis. Hy swem in sy ronde, blink visbak. Hy swem heen en weer. Hy swem om en om in die visbak. Pik die wit vis voel so alleen. Hy gaan lê tjoepstil in die een hoekie agter die waterplantjie.

Pappa sien dat Pik nie swem nie. “Foeitog,” sê pappa, “Ek dink dat Pik alleen is, miskien moet ons ‘n groter vistenk koop en vir hom ‘n paar maatjies kry.” Jan is baie opgewonde. Die middag ry Jan en Pappa gou-gou dorp toe. By die dorp gekom ry pappa reguit na die troeteldierwinkel toe. Tannie Zelda help vir pappa en Jan om alles wat hulle nodig het te koop. Jan soek drie nuwe vissies uit wat hy saam met Pik in die vistenk kan sit.

Page 22: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

22

Terug by die huis sit pappa die nuwe vistenk in die sitkamer op die staander wat hy spesiaal vir die vistenk gekoop het. Nie te lank nie of Pik en sy drie nuwe maatjies swem al te lekker in die nuwe vistenk rond. Jan hou daarvan om die vissies dop te hou, maar vandag speel hy met oupa se ou tikmasjien. Die tikmasjien gaan tik, tik, tik as Jan op die knoppies druk. Die tikmasjien staan op die linnekis. Jan sit sommer bo-op die linnekis en speel met die ou tikmasjien.

Zak, die kat, sit en kyk vir Pik die wit vis wat in sy tenk om en om swem. Hy spring teen die tenk op en steek sy poot in die water. Zak wil vir Pik aan sy vin vang. Zak is regtig ‘n baie stout kat.

San sien vir Zak. San gil hard: “Jan, Zak wil vir Pik vang.” Tom-Rot wip soos hy skrik in sy hok. Jan raas met Zak: “Los vir Pik, jy is stout!” Zak skrik en spring vinnig weg van die vistenk af.

Page 23: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

23

“Vir jou gaan ek nog kry!” raas Jan weer. Soos blits wip Zak tot bo-op die kas. Hy hik en hik van skrik. San en Jan lag lekker. Kan jy al die woorde lees? Pik die wit vis wit vis swem ronde

blink heen weer om

visbak voel alleen tjoepstil

hoekie agter water plantjie

Foeitog pappa miskien groter

vistenk paar maatjies kry

opgewonde middag gou-gou reguit

Tannie Zelda nuwe vissies

sitmaker staander spesiaal gekoop

lang rond vandag oupa

ou tikmasjien tik knoppies

druk linnekis sommer bo-op

Page 24: Hersiening Graad 1 - Leer Afrikaans 123 · 2015. 10. 14. · Hersiening Graad 1 . 2 Zak die kat. Hallo maatjies. My naam is Zak. Ek is ‘n mooi swart en wit kat. Hier is ‘n prentjie

24

tenk teen vin vang

regtig baie stout kat

gil sien hardloop wip

spring weg gaan kry

raas blits kas hik

lag jou na vang