hervormingsfees - wellington-noord · 2019-10-28 · ds francois het belydeniskamp aanstaande...

4
Predikant Ds. Francois Human Orrelis Stefan van Hansen Dienswerkers Robert King & Schalk Burger 09:00 Erediens 10:15 Kategese 19:00 Aanddiens: Moederkerk Baie welkom aan Edmund O’Ehley van Amosbediening wat vanoggend by ons kuier! Hervormingsfees In die kerkkantoor is sleutelhouers met name oor vanaf die basaar @ R25 elk. Indien dit u naam is, kom koop asb die sleutelhouer. Die volgende name verskyn daarop nl. Pieter, Dawid, Pierre, Theo, Ernst, Ben, Albertus, Jan, Cassie, Shaun, Charl, MC, Jaco, Schalk, Chris, Jason, Koos, Bennie, NW, Jean en Helius. Die Kweekskool vorm die fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sedert 1859 word predikante van die NG Kerk-familie hier opgelei. U voorbidding word gevra vir die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, veral hulle wat met hulle gemeentejaar besig is. Die dekaan, dosente en personeel moet ook aan God opgedra word, sowel as die nuwe studente wat tot die bediening geroep mag word.

Upload: others

Post on 24-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hervormingsfees - Wellington-Noord · 2019-10-28 · Ds Francois het Belydeniskamp aanstaande naweek - 1-3 November 2019. Voorspoed! Ds Attie Beetge van Christelike Lektuurfonds preek

Predikant Ds. Francois Human

Orrelis Stefan van Hansen

Dienswerkers Robert King & Schalk Burger

09:00 Erediens

10:15 Kategese

19:00 Aanddiens: Moederkerk Baie welkom aan Edmund O’Ehley van

Amosbediening wat vanoggend by ons kuier!

Hervormingsfees

In die kerkkantoor is sleutelhouers met name

oor vanaf die basaar @ R25 elk. Indien dit u

naam is, kom koop asb die sleutelhouer.

Die volgende name verskyn daarop nl.

Pieter, Dawid, Pierre, Theo, Ernst, Ben, Albertus,

Jan, Cassie, Shaun, Charl, MC, Jaco, Schalk,

Chris, Jason, Koos, Bennie, NW, Jean en Helius.

Die Kweekskool vorm die fakulteit van Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sedert 1859 word predikante van die NG Kerk-familie hier opgelei. U voorbidding word gevra vir die bedienings- en akademiese vorming van al die studente, veral hulle wat met hulle gemeentejaar besig is. Die dekaan, dosente en personeel moet ook aan God opgedra word, sowel as die nuwe studente wat tot die bediening geroep mag word.

Page 2: Hervormingsfees - Wellington-Noord · 2019-10-28 · Ds Francois het Belydeniskamp aanstaande naweek - 1-3 November 2019. Voorspoed! Ds Attie Beetge van Christelike Lektuurfonds preek

G- Voucher projek. Hulle het gevra dat wanneer dit ons

beurt is (28 Oktober – 1 November) ons asb produkte vir die

week van ons diensbeurt moet verskaf. Produkte benodig is die

volgende: Vars groente, rys, speserye, sout, peper. Dalk vars

hoenderstukke, visolie. Skoonmaakmiddels. Soja maalvleis en

noodels asb. Produkte kan by die kerkkantoor afgegee word.

Baie dankie! Daar kom eet ongeveer 20 mense op ‘n daaglikse

basis.

BAIE GELUK aan Helius le Roux

wat tot nuwe kerkraadslid vir

Groenberg wyk gekies is in Shaun

Swanepoel se plek. Baie dankie aan

Shaun vir sy insette gelewer die

afgelope 2 jaar. Groot waardering

daarvoor!

Bangladesj: Bid dat die Adivasi die Bybel in hul hartstaal sal kan lees. Bid dat die

Here die Rohingyavlugtelinge wat onder moeilike omstandighede in Pakistan bly, sal

bystaan. Bid vir die land se leiers asook vir die bou van ’n nuwe hoofkantoor vir die

plaaslike Bybelgenootskap.

Sri Lanka: Bid dat die Here Bybelwerk in ons land sal seën en dat ons mense se

harte sal bereik. Bid ook vir die veiligheid van ons personeel en die Christene wat

hier woon. Bid dat ons werk elke persoon sal bereik en dat ons in hul Bybelbehoeftes

sal voorsien deur die gebruik van geskikte formate en vertalings.

KERKRAADSVERGADERING:

Maandag 28 Oktober 2019 om 18:00

in die konsistorie.

Ds Francois het Belydeniskamp

aanstaande naweek - 1-3 November

2019. Voorspoed!

Ds Attie Beetge van Christelike

Lektuurfonds preek aanstaande

Sondag 3 November 2019. Baie

hartlik welkom aan hom!

2019 DATUMS om te dagboek is as volg:

10 November– Nagmaal & Belydenisaflegging

17 November– Kerssangdiens om 19:00

17 November om 09:00 - Wit koevert Insameling –

& kleuterdiens

24 November – Kategese asook die Gemeente se

Jaareindfunksie in die vorm van ‘n gemeente Bring

en Braai;

4 Desember - Skole sluit

13 Desember - Senior Lidmate Kersete - 17:00.

Hiermee rapporteer ek dat ons Basaar hierdie jaar besonders goed gedoen het – alle eer

aan ons Hemelse Vader en ieder en elk se harde werk wat dit moontlik gemaak het. Sal

u so gaaf wees om teen einde November alle uitstaande gelde in te betaal by die

kerkkantoor.

Wamakers Opleidingsentrum nooi alle dames en dogters om op 2 November vanaf 10.00 tot 12.00 geïnspireer te word met interessante gedekte KERSTAFELS by Douglas Green Bellingham (DGB), Lady

Lochweg, Wellington. Toegangsfooi is R120 vir volwassenes en skoolkinders betaal 'n donasie van R50. Kom geniet ook 'n pragtige uitsig vanaf die proelokaal se stoep met 'n glas sjampanje/tee/koffie

en eetgoed in die hand. Gebruik die ingang by die groot sekuriteitshekke vanuit die Lady Loch pad. Bring 'n geldjie saam vir moontlike aankope by interessante uitstallings. Skakel Wamakers

Opleidingsentrum vir kaartjies by 021 873 5942 of Elsabe by 083 630 8201.

Page 3: Hervormingsfees - Wellington-Noord · 2019-10-28 · Ds Francois het Belydeniskamp aanstaande naweek - 1-3 November 2019. Voorspoed! Ds Attie Beetge van Christelike Lektuurfonds preek

Graag herinner ons lidmate in die Distrik aan die Oktober Insameling waarvoor ons R 50 000 begroot het. Baie Dankie vir R 15 000 wat reeds

ontvang is.

Dries Tredoux (27) – Carl & Charl Lotze (27) – Connie Meynhardt (28)

– Elina van Dyk (28) – Martha van Zyl (29) – Rose-Marie Badenhorst

(29) – Susan Laubscher (29) – Louise Marra (29) – Philip Botha (29) – Deidre Wolmarans (29) –

Adele Joubert (29) – Jan du Plessis (29) – Lucar Marra (29) – Stephan Theron (30) – Nora Nel (30) – Elsje Myburgh (30) – Dirk Bester (30) –

Nikolaas de Klerk (30) – Pieter Coetzee (31) – Rudi Smit (31) –

Pieter Malan (31)

Stille Nag KERSSANGDIENS 2019

Sondag, 17 November 2019 om 19:00

NGK Wellington-Noord

met

Orreliste: Johann Enslin & Winand

Grundling

Slagwerk: Schalk

Wasserman

Gaskunstenaars: Gideon Lombard

André Terblanché

Jan Olivier

Kore van Hugenote Laerskool

en Hugo Rust Laerskool

Ons gastekunstenaar is die

bekende Gideon Lombard. Hy het bekendheid verwerf as veral akteur in Suidooster, Reuk van

Appels. Hy is ook ‘n uitmuntende kitaarspeler.

–Niemand het die reg om te steel nie.

Daar lê groot bevrediging in die lewe – om vir Christus te werk. Dit bly lekker om terug te kyk. Net so sleg is dat iets waarvoor jy hard gewerk het gesteel word. As iemand vir jou voorhou hoe goed’n sekere belegging is – maar dan is dit net ‘n bedrogspul. Dit is waarmee Paulus, Barnabas en Titus te doen gekry het – valse voorwendsels. Mans moes hulle besny – dit was onwaar. ‘n Valse manier van dinge doen. Die indringers wou weer slawe van mense maak. Mense werk met verskuilde agendas en verkondig valse waarhede. Paulus sê hy wil nie hê hulle moet weer slawe word nie, maar as vry mense in Jesus Christus lewe. Dieselfde God wat van Petrus ‘n apostel vir die Jode gemaak het, het van Paulus ‘n apostel vir nie-Jode gemaak. Vat jou gesag terug as kind van God. Mense probeer die vreugde van mense in Christus steel. In die proses ontdek hulle dat mense weer reëls wil maak. Wat maak dat mense soms jou vreugde steel? Mense verkondig onwaarhede en steel jou lewensvreugde. Niemand het die reg tot diefstal nie – ook nie die reg om die mooiheid wat die Here in jou geplaas het te steel nie. Ons moet nooit die armes vergeet nie, maar ons steeds vir hierdie liefdesdiens beywer. Mense moet nie ophou om die mooi dinge te doen nie. Beywer jou! Moenie ophou om die goeie te doen nie!

Page 4: Hervormingsfees - Wellington-Noord · 2019-10-28 · Ds Francois het Belydeniskamp aanstaande naweek - 1-3 November 2019. Voorspoed! Ds Attie Beetge van Christelike Lektuurfonds preek