hh 2013 06 30rlltvs

8
Gereformeerde Kerk Brooklyn Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Moet jou nie bekommer oor jou lewe nie, beywer jou allereers vir die koninkryk van God Leesdiens: Christoff Pretorius Eredienste Duxbury: 09:30 Leesdiens: Christoff Pretorius Skriflesing: Mat 6:19-34 Sang: Ps 48:1, 4 Ps 68:3 Ps 25:1, 2 Ps 25:5, 6, 7 Duxbury: 18:30 Dr Klasie Heystek Skriflesing: Markus 9:14 28 (24b en 28) Sang: Sk 1-2:1, 2, 3 (Op 4, 5) Sk 1-1:7 (Ef 1) Sk 5-4:3, 4, 5, 6 (Rom 8) Sk 20-2:1, 3, 6, 7 (Aandsang; mel Ps 110/134 of ander bekende) Karmel- en Troyestraat Ds Fanus Heystek Skriflesing: Dele uit Job 3 tot 6 Sang: Lb 190:1, 2 Sk 9-4:1, 3 Ps 20:2, 3, 4 Sk 14-2:1, 2 New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau 30 Junie 2013 Saam op pad met God Aanddiens Geloof in praktyk Dr Klasie Heystek Ons noem ons gelowiges waarom? Wat is geloof? Wat bely ons in HK antw 21? Behoort ons die geloofsdefinisie aan te vul? Hart & Hand Troyestraat Hoe troos jy? Ds Fanus Heystek Job het vier vriende gehad wat hom wou kom bystaan in sy smart. Maar met alles wat hulle gesê het, het hulle Job net van hulle vervreem. Job het hulle spoedig as vyande ervaar wat hom beskuldig, veroordeel en geen begrip het van waarmee hy worstel nie. Dit is ’n waarskuwing aan ons wat dikwels met ander in aanraking kom wat vertroosting nodig het. Pasop daarom wat jy sê en hoe jy dit sê. Hart & Hand

Upload: gerformeerde-kerk-brooklyn

Post on 07-Mar-2016

242 views

Category:

Documents


10 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Brooklyn Pretoria

TRANSCRIPT

Page 1: Hh 2013 06 30rlltvs

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Moet jou nie bekommer oor jou lewe nie, beywer jou allereers vir die koninkryk van God Leesdiens: Christoff Pretorius

Eredienste Duxbury: 09:30 Leesdiens: Christoff Pretorius Skriflesing: Mat 6:19-34 Sang: Ps 48:1, 4 Ps 68:3 Ps 25:1, 2 Ps 25:5, 6, 7

Duxbury: 18:30 Dr Klasie Heystek Skriflesing: Markus 9:14 – 28 (24b en 28) Sang: Sk 1-2:1, 2, 3 (Op 4, 5) Sk 1-1:7 (Ef 1) Sk 5-4:3, 4, 5, 6 (Rom 8) Sk 20-2:1, 3, 6, 7 (Aandsang; mel Ps 110/134 of ander bekende) Karmel- en Troyestraat Ds Fanus Heystek Skriflesing: Dele uit Job 3 tot 6 Sang: Lb 190:1, 2 Sk 9-4:1, 3 Ps 20:2, 3, 4 Sk 14-2:1, 2

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau

30 Junie 2013

Saam op pad met God

Aanddiens

Geloof in praktyk Dr Klasie Heystek Ons noem ons gelowiges – waarom? Wat is geloof? Wat bely ons in HK antw 21? Behoort ons die geloofsdefinisie aan te vul?

Hart & Hand

Troyestraat

Hoe troos jy? Ds Fanus Heystek Job het vier vriende gehad wat hom wou kom bystaan in sy

smart. Maar met alles wat hulle gesê het, het hulle Job net

van hulle vervreem. Job het hulle spoedig as vyande ervaar

wat hom beskuldig, veroordeel en geen begrip het van

waarmee hy worstel nie. Dit is ’n waarskuwing aan ons wat

dikwels met ander in aanraking kom wat vertroosting nodig

het. Pasop daarom wat jy sê en hoe jy dit sê.

Hart & Hand

Page 2: Hh 2013 06 30rlltvs

Gelukwense Maar onverganklik is die liefde van die Here vir dié wat Hom dien

(Psalm 103:17)

30/6 Thinus de Wet jr 073 229 5778

30/6 San-Mari Kloppers 074 259 1010

30/6 Janie Nortje 072 581 7508

1/7 Luan Swart 082 556 2814

2/7 Bets Engelmohr 082 320 9133

2/7 Andre Grove 082 879 6654

2/7 Marco Meijer 083 657 1019

2/7 Petrie Reyneke 084 588 0123

2/7 Jan-Adriaan Venter 082 552 6579

2/7 Hanneke Viljoen 076 679 1207

3/7 Sarel Ehlers 082 403 4997

3/7 Nanushka le Roux 082 337 2741

4/7 Jaco du Toit 071 610 7668

5/7 Kotie Minnaar 082 876 5169

5/7 Haya van Marle 083 276 0319

6/7 Rika van der Walt 012 333 6200

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Moses

Storielyn Bybelverse Datum

Moses se mense word slawe

Eks 1:1-12 1 Jul

Selfs babatjies word doodgemaak

Eks 1:13-22 2 Jul

Moses word gebore Eks 2:1-10 3 Jul Moses maak iemand dood

Eks 2:11-23 4 Jul

God roep Moses – brandende bos

Eks 3:1-10 5 Jul

Multimedia- en klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Vertrek met attestasie Prinsloo Adriaan J Alkantrant Egg: Corné

Dagboek Geen aktiwiteite vir dié week.

Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.

Eljadahuis Eljadahuis gee daagliks kos vir sowat 30 tot 40 mense. Hiervoor is baie kos nodig. Ons vra skenkings van enige nie-bederfbare blikkieskos wat aan die einde van elke maand na Eljadahuis geneem word.

Baie dankie vir jou finansiële

bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Diakonie van Pretoria-Wes:

Fondsinsameling Die diakonie van Pretoria-Wes verkoop “Best Braai”-houtskool, brikette en vuur-aanstekers as deel van hul fondsinsamelingsprojek. Houtskool verkoop @ R22 en vuur-aanstekers @ R15. Indien u belang stel, kan u Sondae by Marga Koelman u bestelling plaas.

Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Page 3: Hh 2013 06 30rlltvs

Ons reëlings

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode,

konfyt + vriende = BILTONGFEES

Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir

die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom

of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte

geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller

die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola

af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word

teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel.

Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel

hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk

saam daaraan!

Biltonggroete!

Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir

studente en R50 vir skoolkinders. Dit is

beskikbaar by Marga op Sondae in die

kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda,

Bets, Frikkie, Harm, Danie en die kerkkantoor

Die reëlings vir die biltongfees is nou sommer ernstig aan die gang, maar behalwe vir wildsbokke en ander borge vra ons ook veral vir makataankonfyt wat ’n pasmaat is vir die brood en biltong, ook iemand wat vir ons kaas kan voorsien of

inligting oor besonderse kaas teen besonderse pryse natuurlik! Die heel nodigste is natuurlik gasvroue en gashere met gaste vir tafels, rond of vierkantig, wat die minimum van 12 tot 20 persone kan akkommodeer.

Page 4: Hh 2013 06 30rlltvs

Voorbidding – Sirië Namate die druk in Sirië toeneem, vlug ’n groot aantal Siriërs noodgedwonge. Hulle het bemoediging nodig, omdat hulle hulself in meedoënlose omstandighede bevind. Bid dat die Here hulle sal bemoedig en dat die Siriese kerk in staat sal wees om die hoop van Christus te deel.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die

liggaam van Christus is, wil ons

graag mekaar se lief en leed

deel, meeleef en daaroor

saambid. Indien jy bewus is van

enige siekte of krisis, neem die

vrymoedigheid en kontak die

kerkkantoor of Joëlna Heslinga

by 082 374 1974 sodat ons dit

onder die aandag van die

gemeente kan bring. Kontak

gerus een van die predikante vir

meer sensitiewe persoonlike

sake.

Meelewing Jan du Plessis se pa is die afgelope week ná ’n lang siekbed oorlede en Vrydag begrawe. Ons bid die troos van die Here toe vir Jan, Sophia en hul kinders.

Groot DANKIE vir

Brooklyn se NIE-

KOFFIE-FONDS! ’n Groot dankie vir die mildelike bydraes tot Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS! Ons bedieninge in en vanuit die gemeente kan steeds voortgaan om te groei met die heerlike verwelkomende geur van koffie in die lug! Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen

Voorbidding en steun gevra

Ons hoop om weer vanjaar met sowat 100 skoolkinders te gaan

kamp. Vir elkeen van hierdie kinders is die kamp nie net ’n groot

klomp gesonde, skoon pret nie, maar ook die geestelike

hoogtepunt van die jaar. Dit sal nou my sesde Mootkamp wees

en ek was bevoorreg om nog op elke kamp te kon sien hoe

kinders dit vir die eerste keer waag om die Here te begin vertrou

en werklik daarna begin soek om Hom as sy dissipels te volg.

Baie hegte verhoudings word ook tussen ons eie studente as

groepleiers gesmee. Hierdie verhoudings loop dikwels uit op

vriendskappe wat jare lank hou. Ons hoop is dat hulle ook die

ervaring wat hulle as groepleiers opdoen, sal indra in die

gemeentes waarheen hulle gaan met hul vertrek uit Brooklyn.

Meer inligting en getuienisse van die kinders is te sien by

www.mootkamp.co.za

Borge vir kinders wat dit nie self kan bekostig nie

Ons soek weer vanjaar borge vir die sowat 20 kampgangers wat

nie self hul kampgeld kan betaal nie. Indien jy ’n kind/student

borg soos hieronder, maak jy dit vir hulle moontlik om te gaan

kamp:

MOOTlight (Gr 7, 8, 9) kampkoste is R540 (5 dae)

MOOT (Gr 10, 11, 12) kampkoste is R920 (7 dae)

Groepleierskoste is R1 170 (10 dae) ABSA Hatfield: Moot Skoolverlaterskamp: Tjekrekeningnommer: 2140279016 Takkode: 632 005 Stuur asb ook vir my ’n e-pos sodat ek op die hoogte kan wees

van watter bedrag en waarvoor die borg van ’n kampganger

gaan by [email protected]

Voorbidding gevra En dan, wat elkeen van ons kan doen en wat

onmeetbare waarde sal hê: Bid asb.

Dat die Here hierdie kamp sal gebruik sodat Hy sigbaar sal word vir jongmense om hulle oor sy goedheid te verwonder.

Vir wysheid vir die jong groepleiers waarna die skoolkinders vreeslik opsien.

Vir die predikantespan wat moet bontstaan met leiding en raad. Griffel 082 354 3726

Page 5: Hh 2013 06 30rlltvs

.

Hulp met voertuig vir Confession Church in Zambië Die Gereformeerde Kerk Pretoria het van 2003 betrokke geraak met voltydse Woord- en sakramentbediening in Zambië deur ds. Charles Zulu as predikant te beroep met sendingopdrag Zambië. In die 10 jaar wat hy daar arbei, het daar onder baie moeilike omstandighede ’n “kerkverband” vir Zambiërs ontstaan, met die naam Confession Church Zambië. Die lidmate woon wyd verspreid en word met groot opoffering deur ds. Charles bedien. Twee jaar gelede het daar vir ds. Charles ’n roeping na vore gekom as dosent by Covenant College om sy gawes aan die studente deeltyds aan te bied en daar klas te gee. Al waarmee die kollege vir ds. Charles kan help, is gratis verblyf, aangesien sy “nuwe roeping” as dosent vereis dat hy hom op die terrein van die kollege moet vestig. Dit het meegebring dat hy meer as 500km van Lusaka moet woon, waar hy hoofsaaklik sy evangelisasie en sendingwerk vantevore verrig het. Dit is van die uiterste belang dat ds. Charles met ’n goeie voertuig toegerus word om die werk wat oor die jare in die Confession Church gedoen is nie ten gronde te laat gaan nie. In die vorige klompie jare het hy hoofsaaklik van net twee voertuie – in baie opsigte oud en gehawend - gebruik gemaak. Hulle is eintlik nie meer herstelbaar nie. Daar is nou ’n Confession Church-voertuigfonds in die lewe geroep. Indien u hiertoe wil bydra, kan u geld oorbetaal in die ABSA-rekening van die Gereformeerde Kerk Pretoria: rek nr 040340106, takkode 632005. Merk asb u bydrae duidelik as CCVV-voertuigfonds.

AROS-Beurse beskikbaar in 2014 Vir AROS is dit nie net belangrik om goeie onderwysers op te lei nie, maar ook om mense te identifiseer wat op meduim tot lang termyn Christelike, passievolle, roepinggedrewe, knap en bekwame skoolhoofde sal kan word. Vir hierdie doel het AROS “superbeurse” van R50 000 per jaar beskikbaar gestel. Hierdie beurse sal ná ‘n streng keuringsproses beskikbaar gestel word aan studente waarvan ons redelik seker is dat hulle in die toekoms ‘n leidende rol as skoolhoofde en in die onderwysstelsel van Suid-Afrika sal kan speel. Ons vra u hulp met die identifisering van belowende jongmense wat tans in matriek is of wat reeds die skool verlaat het. Indien u van sulke persone weet, stuur asb die betrokke kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor of op 31 Julie aan ons by [email protected].

Kermis Ons Huis-ouetehuis Florida 27 Julie van 10:00 tot 14:00 Die inwoners, personeel en beheerliggaam nooi u om die dag saam met hulle te kom geniet.

Madelinestraat 110, Tel: 011 672 5018

Page 6: Hh 2013 06 30rlltvs

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 [email protected]

Reëlings Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

30 Junie Duxbury Ouderling Christoff Pretorius

Diaken Hendrik J v Rensburg

Onder die diens Diakonale werk

By die deure Uitreikfonds

Soekie

30 Junie Troyestr Ouderling

Gerhard Oosthuizen

7 Julie Duxbury Ouderling Pieter

Heslinga

Diaken Joëlna

Heslinga

Onder die diens Diakonale werk

By die deure Emeritaatsfonds

Janneke

7 Julie Troyestr Dienste

deur die Hervormde

Kerk

Here, maak my ’n instrument van U vrede. Waar daar haat is, laat my liefde saai; waar daar onreg is, vergifnis; waar daar twyfel is, geloof; waar daar wanhoop is, hoop; waar daar duisternis is, lig; waar daar droefheid is, blydskap. O Goddelike Meester, gee dat ek nie soseer sal soek om getroos te word nie as om te troos; nie om verstaan te word nie as om te verstaan; nie om bemin te word nie as om lief te hê. Want dit is deur te gee dat ons ontvang; dit is deur te vergewe dat ons vergewe word; en dit is deur te sterwe dat ons tot die Ewige Lewe gebore word.

- Franciskus van Assisi

Page 7: Hh 2013 06 30rlltvs

ADVERTENSIEBLAD

6. MEUBELS GESOEK ’n Lidmaat is op soek na ’n klerekas en ’n laaikas. Indien u daarmee kan help, kontak Rentia asb by die kerkkantoor. 7. OPTIMALE GESONDHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van “moderne medisyne” met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelproses om so die beste vir ’n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690.

OPEDAG: GEREFORMEERDE SKOOL DIRK POSTMA Die opedag is op 1 Augustus by die skool by Cunninghamlaan 1182, Waverley. Vir navrae kontak Mariska by 082 334 9240 NOOITGEDACHT SKOOLVERLATERSKAMP 2013 Kompas deur die dongas Alle gr 10-12’s 7-12 Julie R650,00 p.p. Kontak Hardus by 084 983 8714 of JG by 084 906 3732

1. WOONSTELKAMER TE HUUR teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS op 1 Junie vanjaar geopen in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of [email protected]. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n Christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

Page 8: Hh 2013 06 30rlltvs

BILTONGFEES 2013

16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode,

konfyt + vriende = BILTONGFEES

Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir

die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom

of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte

geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller

die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola

af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word

teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel.

Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel

hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk

saam daaraan!

Biltonggroete!

Medewerkers in die Gereformeerde Kerk Brooklyn

Jou genadegawes is belangrik In die Nuwe Testament is daar getuienis van manlike en vroulike medewerkers wat ouderlinge en apostels in hul dienswerk in die vroeë Christelike Kerk bystaan (Rom 16:3,9,12-15, 21; 1 Kor 3:9; 2 Kor 1:24; Fil 2:25; 4:3; Filemon :24). Hierdie medewerkers was Christene wat kragtens die amp van gelowige hul gawes gebruik het om saam met en onder toesig van die apostels dienswerk in gemeentes te verrig tot opbou daarvan (Ef 4).

Die Here het ook in ons gemeente aan lidmate besondere genadegawes vir dienswerk gegee.

Die Kerkraad het in die lig van bogenoemde die gebruik van medewerkers in die bediening tot opbou van ons eie gemeente goedgekeur.

Jou bydrae as medewerker

Medewerkers:

kan belydende manne of vroue van die Gereformeerde Kerk Brooklyn wees wat die gawe, gewilligheid en tyd het om ouderlinge by te staan in hul dienswerk van huisbesoek en die vestiging van kleingroepe onder medegelowiges in die gemeente

werk saam met en onder toesig van die ouderlinge met die spesifieke gerigtheid op onderlinge geestelike versorging van lidmate in die gemeente maar neem nie die taak en rol van ouderlinge of diakens oor nie;

word nie formeel in ’n spesifieke amp bevestig soos ouderlinge of diakens nie, woon nie Kerkraadsvergaderings by nie en het ook nie deel in die regeer-amp van ouderlinge nie;

sal terugvoering gee aan die ouderling van die wyk waarin daar diens verrig word;.

sal na gelang van sy/haar kapasiteit lidmate besoek - dit beteken in die praktyk dat daar sommige medewerkers mag wees met so min as een besoekpunt, terwyl ander dalk baie meer mag hê.

wat graag ander gawes wil aanbied (nie as ouderlinghulp wil optree nie), soos

om onder meer in ‘n bedieningsnetwerk te help, word ook hartlik uitgenooi.

Word ’n medewerker

Belydende lidmate wat geroepe voel om as medewerkers in die gemeente diensbaar te wees, of navrae daaroor het, word vriendelik uitgenooi om enige ouderling, predikant of die kerkkantoor te skakel.

“As die Here die huis nie bou nie, swoeg die wat daaraan bou tevergeefs” – Ps 127:1