hoe 'n regterbrein leer€¦ · web viewdie nasionale vergadering word verkies vir ‘n termyn van...

62
1 Gr 11 Saamgestel deur C. Van Staden en vertaal deur C.J. Croucamp NALEDI SUB-DISTRIK LEWENSORIëNTERING GRAAD 11 KLASNOTAS 2018

Upload: others

Post on 23-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NALEDI SUB-DISTRIK

LEWENSORIëNTERING

GRAAD 11

KLASNOTAS

2018

Kwartaal 1

WEEK 1-3

Hoofstuk 1 :Ontwikkeling van die self in die samelewing

1. Beplan en bereik lewensdoelwitte

1.1.Verskillende tipes doele

· Wat is ‘n doelwit?

· Doelwitte is dit wat ons in die lewe wil bereik. Dit is ons planne en vooruitsigte. Dit verskil van drome en wense in die feit dat ons aktiewe stappe kan neem om dit te bereik.Ons kan ons drome in doelwitte verander.

· Wanneer ons doelwitte het, weet ons waarheen ons oppad is. Doelwitte is belangrik omdat hulle jou help beheer oor jou lewe neem en jou help om besluite neem.

· Jy moet SMART doelwitte daar stel.

S

SPECIFIC

Spesifiek

Wat wil ek bereik? Wie is betrokke? Wat het ek nodig om dit te bereik?

M

MEASURABLE

Meetbaar

Jy moet instaat wees om jou vordering wat jy bereik te kan meet.

A

ACHIEVABLE

Bereikbaar

Wat het ek nodig om te bereik? Geld, vaardigheid, vermoëns.

R

REALISTIC

Realisties

Dit moet bereikbaar wees. Jy moet instaat wees om dit te kan bereik en bereid wees om te werk om die doel te bereik.

T

TIME BASED

Tyd gebaseerd

Jy moet ‘n tyd limiet daarstel om jou doel te bereik.

· Tipe doelwitte:

1. Kort termyn doel: Ons bereik dit in ‘n kort tydperk bv.‘n projek wat jy hierdie naweek wil afhandel . Bereikbaar in ‘n week of ‘n maand

2. Medium-termyn doel: Iets wat jy in die volgende 6 maande wil bereik.

3. Lang-termyn doel: Die doel wil jy in ‘n paar jaar bereik. Bv, om ‘n dokter of ingeneur te word.

1.2. Vyf –stap metode vir beplanning en doelstelling

Stap 1:Skryf jou doelwit neer.

Stap 2:Kontroleer om te sien of dit ‘n SMART doelwit is.

Stap 3 :Maak ‘n aksieplan om jou doelwit te bereik.

Stap 4:Doen dit. Voer jou aksieplan uit.

Stap 5: Evalueer of jy jou doelwit bereik het.

1.3. Probleemoplossingsvaardigheid.

Stap 1: Verduidelik die probleem. Definieer die probleem en sê wat dit beteken.

Stap 2: Versamel inligting in oor die probleem.

Stap 3: Lys soveel moontlike oplossings vir die probleem as moontlik.

Stap 4: Maak ‘n tabel en skryf jou probleem en oplossings daarin.

Stap 5: Dink oor die effek/gevolge van elke oplossing.

Stap 6: Kies die beste oplossing.

‘n Probleem oplossings model kan soos volg lyk:

1. Verduidelik die probleem. Definieer die probleem en sê wat dit beteken.

2.Versamel inligting oor die probleem.Watter inligting kan help om die probleem op te los? Wat het jy nodig om te weet ?

3. Moontlike oplossings.

4. Moontlike effek van elke oplossing.

5. Skryf die beste oplossing neer.

Gee ‘n rede waarom dit die beste oplossing is.

1.4. Verhouding tussen persoonlike waardes, keuses en doelwitstelling.

· Wat is waardes?

· Dit is die beginsels wat jy dink belangrik is in die lewe.

· Dit help jou om besluite te neem en hoe om jou lewe te lewe

· Jou waardes sal jou besluite beïnvloed

· Dit sal die tipe doel wat jy stel beïnvloed. Jou waardes sal jou missieverklaring vorm.

· Dinge wat deur jou waardes sal beïnvloed sal word, is jou omgewing, jou skool, belangrike mense in jou lewe, ens.

· Waardes help jou kies wat vir jou belangrik is. Dit help jou om prioriteite daar te stel.

2. Verhoudings en die invloed op jou gesondheid.

Ons gesondheidstoestand hang af van ons verhoudings. Indien jy goeie verhoudings het met die lede van jou familie, vriende en kollegas, voel jy gelukkig en selfversekerd. Indien daar konflik in enige van die verhoudings is, kan dit jou gesondheid beinvloed en vorming van nuwe verhoudings bedreig.

2.1. Tipes verhoudings met verskillende mense en groepe

Familie

· Mense wat verwant is aan jou deur bloed of huwelik.

· Moontlik die naaste aan jou.

· Sal die meeste liefde, sorg en ondersteuning van hul ontvang.

Informeel

· Verhoudings met mense wat jy gereeld sien, maar nie so naby aan jou is soos vriende en familie.

Vriende

· ‘n Persoon wat jy goed ken, van hou, vertrou en respekteer en jou ondersteun.

· Goeie vriende sal ‘n positiewe effek op jou menswees hê.

· Skadelike vriende sal jou lei na riskante gedrag en kan jou seermaak.

Formeel

· Verhoudings met mense wat gewoonlik in meer senior posisie is as jyself. Bv. onderwysers en ouer mense.

Romanties

· Naby verhouding met ander mense, gebasseer op liefde.

· By hierdie persoon kan jy jouself wees, sonder enige eise dat jy moet verander.

2.2. Veranderende verhoudings

· Die lewe verander en met elke verandering, verander verhoudings. Sommige verhoudings ontwikkel vinnig soos die lewe nuwe geleenthede skep. Ander ontwikkel stadig en konstant. Sommige mense word gedwing om vinnig te verander as gevolg van onverwagse veranderings in hul lewens.

Natuurlike ontwikkeling wat verhoudings verander

· Trek na ‘n ander area/dorp

· Ontmoeting van nuwe mense

· Gesondheidsverandering

· Nuwe belangstellings

· Ouer word

· Geld verdien

Nie-beplande en die onverwagte gebeure wat verhoudings verander

· Ongelukke

· Werkverlies/inkomste verlies

· Verlies aan geld

· Geweldadige misdaad

· Oorlog

· Dood van ‘n familielid

· Dood van ‘n naby vriend

· Skeiding en egskeiding

· Deur jou gesin vorm die eerste verhoudings en is dit ook waar die grootste verandering in jou verhoudings waargeneem word.

· Jou ouers en familie is bewus van die veranderinge waardeur jy gaan. Hul het tyd nodig om aan die nuwe jy gewoond te raak. Jou familie berei jou voor vir die wêreld daar buite.Jy leer die belangrikheid om te deel, verantwoordelikheid te aanvaar en die noodsaaklikheid van orde en roetine. Jy absorbeer houdings, waardes en hoe om op te tree van jou familie. Soos jy ouer word en nuwe verhoudings vorm, kan jy besluit wat jou houding en waardes is, wat jy wil behou en wat jy wil verander.

2.3. Vaardighede en kwaliteite wat goeie verhoudings vorm

· Onselfsugtigheid

· Omgee/versorging

· Wedersydige respek

· Vermoë om te kommunikeer

· Aanvaarding van mense soos hulle is.

· Simpatie

· Goeie luisteraar

· Ondersteunend

· Vermoë om in ‘n span te werk

2.4. Mag en geslagsverhoudings

· Die rol van mag in ‘n verhouding

Om mag te hê, beteken om beheer te hê oor iets of ‘n persoon.

In verhoudings kan een persoon meer mag hê as ‘n ander. Ons noem hierdie verhoudings magsverhoudings.

· Geslagsrolle en stereotipering

Geslagstereotipering is wanneer mense dink dat ‘n persoon op ‘n sekere manier sal reageer of optree as gevolg van hul geslag. Bv slegs meisies kan kook, mans verdien geld en vroue spandeer dit.

· Geslagsrolle

In die samelewing is daar tradisionele geslagsrolle. Mans en vroue het verskillende biologiese rolle wat ‘n invloed het op hul rol in die samelewing. Vroue kry kinders en in die verlede het by die huis gebly en kinders groot gemaak. Mans werk buite die huis en verdien geld. Mans het die finansiële mag en kon besluit hoe die geld gespandeer is. Vroue was afhanklik van mans, en vasgebind deur familie veranwoordelikheid.Dit is egter besig om te verander en baie vroue wat kinders het, werk vandag.

In tradisionele geslagsrolle, beteken om manlik te wees om dominerend te wees terwyl vroue onderdanig moes wees.Ons lewe in ‘n gemeenskap wat verwagtinge het van mense, gegrond op hul geslag. Bv mans is veronderstel om sterk en magtig te wees, terwyl vroue en kinders swak en onderdanig moet wees. Van vroue word verwag dat hul emosioneel moet wees en mans rasioneel.

Nog voorbeelde:

· Vroue is emosioneel en laat toe dat emosies hul lewe regeer.

· Mans is meer geïntresseer in seks as vroue.

· Vroue is meer volwasse as mans.

· Ingeneurswese is nie ‘n loopbaan vir vroue nie.

· Mans is ongevoelig.

· Die efffek van geslagsrolle op mans en vroue

Mans

Vroue

· Voorkom dat mans hul gevoelens wys.

· Word geforseer om een van die manne te wees

· Behandel vroue as minderwaardig wanneer hul by hul vriende is.

· Seuns se sportgeleenthede is belangriker as meisies s’n

· Vroue word nie ernstig opgeneem nie.

· Vroue en meisies word vanselfsprekend aanvaar en word nie toegelaat om as individue te ontwikkel nie.

· Het min of geen sê in besluitneming nie.

WEEK 4-6

Hoofstuk 2: Loopbaan en loopbaan keuses

1. Vereistes vir toelating tot addisionele en hoër onderwys kursusse

1.1. Tipes kwalifikasies

HOëR SERTIFIKAAT

DIPLOMA

BACHELOR GRAAD

· Laat jou toe om in ‘n spesifieke industrië te werk, bv. toerisme

· Voorsien jou van spesifieke inleidende kennis en praktiese vaardighede.

· Laat jou toe om krediete te kry vir verdere studies.

· Laat jou toe om in ‘n spesfieke industrie/ professie te werk.

· Fokus op algemene beginsels van kennis toepassing

· Verskaf saamgestelde en spesialis kennis. Sluit gewoonlik ook prakitese ervaring in.

· Laat toe dat jy verder kan studeer om ‘n graad te verwerf.

·

· Verskaf aan jou ‘n breë opvoeding/

geletterdheid

· Fokus op beginsels, teorie en navorsing.

· Laat jou toe om ‘n loopbaan te volg as ‘n professionele persoon.

· Laat toe dat jy vir ‘n nagraadse graad kan aansoek doen.

1.2. Vereistes vir toelating tot adisionele kursusse: VOO kolleges

· Alles wat jy moet weet van VOO Kolleges.

‘n VOO kollege is ‘n instituut wat by die Departement van hoër onderwys geregistreer is, met die die doel om beroepsonderrig te voorsien in ‘n spesifieke veld.

 

VOO staan vir Verdere Onderrig en Opleiding. Dit beteken dat, as jy eers geregistreer is by die kollege, het jy groot reekse kursusse waarvan jy kan kies wat jou vaardigheid en rigting die beste pas.

 

Indien ‘n student graag in die selfde rigting wil studeer by ‘n universiteit, het die kollege die agtergrond inligting en opleiding verskaf om toelating te kry.

 

· ‘n Bietjie agtergrond inlgting oor VOO kollege kan behulpsaam wees…

Die onderwys sisteem in Suid-Afrika bestaan uit drie breë bane.

 

· Algemene onderwys/General Education (GE)

· Verdere onderwys en opleiding/Further Education and Training (FET)

· Hoër onderwys/Higher Education (HE)

 

Algemene onderwys bestaan uit die eerste 9 jaar van jou skool opleiding. Verdere onderwys en opleiding bestaan uit die finale 3 jaar van skool OF om ‘n sertifikaat of diploma aan ‘n tegniese kollege of onderrig instansie te voltooi. Hoër onderwys sluit in universiteitsvlak onderrig, wat gewoonlik teoreties van aard is.

Vir volwasse studente, wat slegs hul senior sertifikaat wil voltooi, is daar Adult Education and Training courses available (AET). Alhoewel hierdie tipe opleiding nie vir beroepsrigting of beroepsvaardigheid gebaseer is nie, wat beteken dat jy volgens ‘n vaste kurrikulum moet studeer.

 

 

· Wat is die toegang vereistes vir VOO colleges?

 

VOO kolleges het min toegang vereistes. Dit is as gevolg van die feit dat hul soveel as moontlik mense toegang tot verdere opleiding wil gee.

 

VOO opleiding kan slegs voltooi word deur persone ouer as sestien.Hierdie vorm van opleiding is ontwerp om die hulpbronne aan leerling te voorsien, oud en jonk , om markverwante vaardighede aan te leer sodat hul instaat is om te vorder in die veld van hul keuse.

  

· Wat is die verskil tussen publieke en privaat VOO kolleges? 

Publieke VOO kolleges is ontwikkel en word deur die Departement van hoër onderwys beheer. Elke jaar word publieke VOO kolleges deur die staat gesubsidieer (na beraming ‘n bedrag van 4 biljoen Rand)

Onder die voorskrif van die VOO kolleges Wert 16 of 2006, mag privaat kolleges registreer by die department om geakkrediteerde VOO kursusse aan te bied.

 

Dit is altyd belangrik om te kyk na die akkreditering van die VOO kolleges en kursusse, omdat daar baie is wat ook korrup is; hul registreer nie by die departement nie.

 

· Watter tipe kursusse bied VOO kolleges aan?

 

· Beide privaat en publieke VOO Kolleges bied ‘n wye reeks kursusse aan.Hierdie kursusse kan van ‘n paar uur duur tot drie jaar.Kursusse by VOO kolleges is gemaak om die behoefte van toekomstige werknemers te bevredig,wat dit baie makliker maak om die kursus te kry wat jy graag in ‘n spesifieke rigting wil doen.

 

· Watter industrie word deur die VOO Kolleges ondersteun?

 

‘n Groot verskeidenheid word aangebied en sluit in (maar is nie beperk nie):

· Landbou

· Besigheid

· Handel

· Bestuur

· Onderwys

· Opleiding en ontwikkeling

· Ingeneurswese

· Fabrisering (Manufacturing) en tegnologie

· Dienste

· Boukonstruksie

· Sekuriteit

Indien jy nie seker is watter kursus/veld jy moet volg nie,het die meeste kolleges hulpbronne om jou te help besluit.

· Kan ek ‘n kursus voltooi by ‘n VOO kollege deur afstandsonderrig of korrespondensie?

 

· Met afstands onderrig, soos College SA, is dit moontlik om verskeie soorte kursusse te doen omdat daar geen dosente of kampusse is nie.

· Deur afstandsonderrig te doen het jy meer vryheid met jou studies en kan jy aanhou werk. 

1.3. Toelatingspunte (Admission point score/APS)

 

· Die TP stelsel gee jou punte vir die punt wat jy in die NSS eksamens behaal het. Toelating tot hoër onderwys instansies hang af van jou totale punte wat jy behaal het.

NSS rating APS/TP

Vlak bereik

Persentasie

Moontlike punte

8

(90 -100%)

8

7

(80 - 89%)

7

6

(70 - 79%)

6

5

(60 - 69%)

5

4

(50 - 59%)

4

3

(40 - 49%)

3

2

(30 - 39%)

2

1

( 0 - 29%)

1

1.4. NSS vakke

Bevorderingsvereistes:  graad 10 – 12

 

Om te kwalifiseer vir ‘n Nasionale Senior Sertifikaat moet alle leerders 7 nasionaal goedgekeurde vakke aanbied en die skoolgebaseerde assessering vir elke vak voltooi.

 

SEWE VAKKE

4 VERPLIGTE VAKKE

MINIMUM SLAAGVEREISTES

2 Tale (een op Huistaalvlak en die ander óf op Huistaal óf op Eerste Addisionele Taalvlak)

 

Wiskunde

OF

Wiskundige Geletterdheid

 

Lewensoriëntering

Moet Huistaal slaag met 40% of meer.

 

 

Moet twee ander vakke slaag met 40% of meer.

 

Moet drie ander vakke slaag met 30% of meer

3 KEUSEVAKKE

 

Enige 3 ander goedgekeurde NSS-vakke (Verbruikerstudies kan nie met Gasvryheidstudies geneem nie, Rekenaartoepassingstegnologie kan nie met Inligtingsteg-nologie geneem word nie).

Geen gemiddelde punt of % word vir be-vorderingsdoeleindes gebruik nie.

Nasionaal goedgekeurde vakke

 

MOONTLIKE STUDIEVELDE

VAKKE

AMPTELIKE TALE

11 amptelike tale elk op Huistaal- en Addisionele Taalvlakke aangebied

WISKUNDIGE WETENSKAPPE

Wiskundige Geletterdheid OF

Wiskunde

MENSLIKE EN SOSIALE WETEN-SKAPPE

Lewensoriëntering

LANDBOUWETENSKAPPE

Landbouwetenskappe

Landboubestuurspraktyke

Landboutegnologie

SKEPPENDE KUNSTE

Dansstudies

Ontwerp

Dramatiese Kunste

Musiek

Visuele Kunste

BESIGHEID-, HANDEL- EN BESTUURSTUDIES

Rekeningkunde

Besigheidstudies

Ekonomie

Maritieme Ekonomie

AMPTELIKE EN NIE-AMPTELIKE TALE

11 amptelike Tale op Tweede Addisionele vlak + 13 nie-amptelike Tale tuis, Eerste en Tweede Addisionele Vlakke

INGENIEURSWESE EN TEGNO-LOGIE

Siviele Tegnologie

Elektriese Tegnologie

Ingenieursgrafika en –ontwerp

Meganiese Tegnologie

Seevaartkunde

MENSLIKE EN SOSIALE WETEN-SKAPPE

Aardrykskunde

Geskiedenis

Religiestudies

FISIESE, WISKUNDIGE, REKE-NAAR- EN LEWENSWETENSKAP-PE

Rekenaartoepassingstegnologie

Inligtingstegnologie

Lewenswetenskappe

Fisiese Wetenskappe

DIENSTE

Verbruikerstudies

Gasvryheidstudies

Toerisme

VAKKE DEUR ANDER LIGGAME AANGEBIED

Musiek deur Assoc Board of Royal Schools of Music, Trinity College of Music, UNISA aangebied

Minimum vereistes vir toelating tot:

· ‘n Hoër Sertifikaat:  ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n minimum van 30% in die Taal van leer en onderrig van die tersiêre inrigting.

· ‘n Diploma:  ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n minimum van 30% in die Taal van leer en onderrig van die tersiêre inrigting en met ‘n prestasieaanslag

van 3 (Matige prestasie:  40% - 49%) of beter in vier erkende NKV 20-kredietvakke.

· ‘n BA-graad:  ‘n Nasionale Senior Sertifikaat met ‘n minimum van 30% in die Taal van leer en onderrig van die tersiêre inrigting en met ‘n prestasieaanslag van 4 (Matige Prestasie:  50% - 59%) of beter in vier vakke gekies uit die volgende erkende 20-krediet NKV-vakke (die aangeduide vaklys).

·

NKV kredietvakke

 

Rekeningkunde

Landbouwetenskappe

Besigheidstudies

Verbruikerstudies

Dramatiese Kunste

Ekonomie

Ingenieursgrafika en –ontwerp

Aardrykskunde

Geskiedenis

 

Inligtingstegnologie

Tale (een TLO en twee ander erkende Taalvakke)

Lewenswetenskappe

Wiskundige Geletterdheid

Wiskunde

Musiek

Fisiese Wetenskappe

Religiestudies

Visuele Kunste

1.6. SAKR en die NKR

· Die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Raad

· Reguleer en stel standaarde in die Suid-Afrikaanse onderrig sisteem, insluitend die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR).

· Dit is verantwoordelik om te sorg dat die NKR ontwikkel en geïmplementeer word.

· Alle onderrig en opleidingvoorsieners moet by SAKR geakrediteer en geregistreeer wees.

· SAKR sorg ook dat standaarde en kwalifikasie van verskillende instellings op internasionale vlak vergelykbaar is.

· Die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk (NKR)

· Die NKR is die raamwerk waarop die standaarde van kolleges geregistreer is.Die doel van die NQF is om onderrig en opleiding te kombineer en die onderrig sisteem te transformer, verander.

· NKR gebruik verskillende kodes vir spesifieke kursusse bv, NKF vlak 4. Hierdie is die kode vir Hoervlak nasionale sertifikate.

·

2. Opsies vir finansiële bystand

Beurse/studiebeurs

Hierdie word aan student gegee wat in ‘n spesfieke veld uitstaan en wens om ‘n loopbaan in die rigting te volg.bv Sportbeurse aan mense wat baie goed in sport prestreer.

Meriete toekennings

Meriete word toegeken op grond van jou skool uitslae of einde van die jaar se studie resultate wanneer jy goeie uitslae behaal het.

Finansiële bystand

Finansiele bystand word gegee nadat persoonlike finansiele analise gedoen is wat aandui dat jou ouers nie daartoe instaat is om vir jou studies te betaal nie.ws your parents are not able to pay for your studies

Studie lenings

Doen aansoek by ‘n bank vir ‘n studie lening. Dit sal terug betaalbaar wees oor ‘n tydperk. Jy en jou familie sal ‘n finansiële assesering moet laat doen en soms ook ‘n mediese ondersoek.

Ouers en voogde

As jy gelukkig genoeg is om iemand te hê wat jou studie vir jou sal betaal.

Werkende student

Werk as ‘n student om jou studies te betaal.Baie studente werk in die aande en naweke om te help om hul studies te betaal.

Werk vir ‘n maatskappy/leerderskap

‘n Maatskappy vir wie jy werk kan jou studies finansier.Baie maatskappye gee studente beurse en help hul om studies te betaal. Inruil daarvoor werk studente op ‘n kontrakbasis vir hulle.

NSFAS: National Student Financial Aid Scheme

SA se enigste studente leningskema wat akademiese studente help wat dit verdien en finansiële hulp nodig het.

WEEK 7 - 10

Hoofstuk3 : Demokrasie en mense regte

1. Beginsels prosesse en prosedures vir demokratiese deelname

1.1. Publieke deelname

· Om saam met ander betrokke te wees om iets te doen; om deel te neem aan ‘n aktiwiteit of geleentheid.

· Jy is betrokke by publieke deelname as jy :

· Staan vir verkiesings

· Gemeenskapsvergaderings bywoon.

· By publieke en politieke organisasies aansluit

· Stem in verkiesings

· Belasting betaal

· Aan optogte deelneem en petisies teken

· Publieke deelname is belangrik :

· Om seker te maak dat leiers nie hul magte misbruik nie.

· Om die regering in te lig oor mense se behoeftes en bekommernisse.

· Help om te sorg dat dinge gedoen word.

1.2. Petisie-proses

· A Geskrewe dokument wat mense teken om te wys wat hul wil hê ‘n persoon of organisasie moet verander of anders doen.Dit is ‘n formele versoek om die regering te vra om iets daaraan te doen.

1.3. Regering

· Dit is die manier waarop ‘n land bestuur of beheer word .Volgens ons grondwet word ons land regeer deur ‘n sisteem van ko-operatiewe (samewerkende) regering.Verskeie vlakke van regering werk saam.

· Goeie regering :

· Laat deelname toe en verskaf terugvoer aan die mense,verseker deelname en is deursigtig ( oop vir die publiek en probeer nie hul aksie wegsteek nie)

· Lewer basiese dienste

· Is doeltreffend en effektief

· Produseer/lewer resultate

· Beskerm die omgewing

1.4. Verteenwoordiging

· Word bekom deur verkiesings: mense word verkies om ander te verteenwoordig en praat namens ‘n sekere groep mense.

· Gedeeltelike verteenwoordiging: Partye verkry ‘n sekere aantal plekke/verteenwoordiging in die parlement volgens die persentasie stemme verkry in die verkiesing.Mense stem vir die party van hul keuse.

· Kiesafdeling-gebasseerde verteenwoordiging: Land is verdeel in stem-areas, genoem kiesafdelings. ‘n Kiesafdeling word verteenwoordig deur een lid van die party se keuse. Mense verkies hierdie kandidate.

1.5. Oppergesag van die reg

Die volgende vyf beginsels definieer die oppergesag van die reg:

1. ‘n Regering wat verantwoordelikheid neem.

2. Die afwesigheid van korupsie.

3. Sekuriteit, handhawing van fundamentele regte en orde.

4. ‘n Deursigtige regering wat die wet en regulasies toepas/afdwing.

5. Toegang tot geregtigheid.

2. Demokratiese strukture

2.1. Die Republiek van Suid-Afrika (RSA) is ‘n grondwetlike demokrasie.

Dit bestaan uit drie strukture van regering: Nasionaal, provinsiaal en plaaslike regering.

Die RSA is ‘n soewereine, demokratiese staat.Dit is verdeel in nege provinsies, elkeen met ‘n eie provinsiale wetgewer. Al die strukture van regering het ontstaan uit die magte en funksies van grondwet van die RSA.

· Nasionale Regering

· Die Naisonale vergadering is die hoogste wetgewende liggaam in die RSA. Wette wat gemaak word in die Nasionale vergadering word toegepas regdeur RSA.

· Dieselfde is van toepassing op beleidstukke wat deur die Kabinet in die Nasionale Regering gemaak is.

· Parlement bestaan uit twee huise: die Nasionele Vergadering en die Nasionale Regering van Provinsies ( National Council of Provinces (NCOP).

· Die Nasionale vergadering word verkies vir ‘n termyn van vyf jaar en bestaan uit nie minder as 350 of meer as 400 lede. Lede word verkies volgens ‘n verkiesingsisteem, gebaseer op verkiesings rol wat bestaan uit mense met ‘n minimum ouderdom van 18 jaar. Die resultaat van die verkiesingsisteem is goeie verteenwoordiging.

· Provinsiale regering

· Die provinsiale regering word deur wette en beleid gebind op nasionale vlak, maar kan hul eie wette ontwikkel binne die raamwerk om spesifieke behoeftes te pas.

· Provinsiale regerings mag hul eie grondwette keur onderhewig aan die grondwet van die RSA.

· Plaaslike regering

· Plaaslike regerings bestaan uit munisipaliteite wat objektief is, om demokrasie en verantwoordelike regering aan plaaslike gemeenskappe te lewer.Om te verseker dat basiese dienste gelewer word en om sosiale en ekonomiese ontwikkeling te bevorder.

2.2. Prosesse vir deelname aan strukture en die regering en wetgewende

proses van ‘n land

· Wanneer mense saamwerk en hul samewerking gee om ‘n land te ontwikkel word dit deelname genoem

· Mense kan deelneem op baie maniere, bv. deur plaaslike strukture, skool beheerliggame, Gemeenskap beleidsforums en NGO’s.

· Gewone mense kan deel wees van die wetmakingsproses.

· Die maak of vormingsproses van wette bestaan uit 12 basiese stappe:

1. ‘n Wetsontwerp word saamgestel.

2. Die wetsontwerp word aan die nasionale vergadering voorgelê.

3. Die publiek word toegelaat om kommentaar te lewer op die voorlegging.

4. Nadat publieke kommentaar gelewer is, word die veranderings aan die voorlegging gemaak.

5. ‘n Minister stel die wet aan die parlament voor.

6. Die wet word ‘n nommer gegee.

7. Die parlement bestudeer die wet.

8. ‘n Spesiale kommitee debateer die wet en mag publieke kommentaar versoek.

9. Die kommitee maak veranderings aan die wet en stuur dit terug na die parlement.

10. Die parlement stem oor die wet.

11. Indien die wet goedgekeur word (ingestem word), oorweeg die Nasionale Raad van Provinsies die wet.Hulle kan die wet aanvaar of afkeur. Indien die wet aanvaar word deur NRVP, word dit terug gestuur na die Nasionale Raad om daar ook goedgekeur te word.

12. “n Wet word goedgekeur indien dit geteken word deur die president.

3. Die rol van sport om ‘n nasie te bou: Deelnemer- en toeskouer gedrag in

sport

3.1. Sport en nasiebou

· Sport is een van die beste maniere om by te dra tot nasie bou.

· Indien deelnemers hul swak gedra, word swak voorbeelde gestel deur rolmodelle.

· Indien toeskouers gefrustreerd raak, kan dit lei tot geweld of kan die sportbyeenkoms dalk skade laat lei.

· Beide toeskouers en deelnemers het ‘n verantwoordelikheid tot nasiebou deur goeie gedrag by sportgeleenthede ten toon te stel.

3.2. Blootstelling aan positiewe gedragsprogramme

‘n Gedragskode vir sport se doel is :

- om ontslae te raak van geweldadige gedrag by sportfasiliteite en geleenthede.

- om ‘n positiewe en veilige omgewing vir toeskouers en deelnemers te skep.

- ontwikkel ‘n kultuur dat sport veilig,regverdig en positief is.

- ban rassisme.

3.3. Hoe sport nasiebou kan ondersteun of afbreek maak.

Ondersteun

- bou verdraagsaamheid, begrip en sukses.

- staan alle vorme van diskriminasie teen.

- bou verhoudings.

- bou eenheid deur gasheer vir internasionale sport geleenthede te wees.

Afbreek

· Indien toeskouers, spelers beamptes en administrateurs hul verbind tot ‘n sporthouding nie, sal dit nie nasie bou nie.

KWARTAAL 2

WEEK 1-4

Hoofstuk 4 :Toepassing studie vaardigheid, studie style en studie strategie

1.Ondersoek hoe leer plaasvind en reflekteer op effektiwiteit.

Ses hoofpaaie na die brein:

Ons leer deu :

1. Wat ons sien

2. Wat ons hoor

3. Wat ons proe

4. Wat ons voel(vat)

5. Wat ons ruik

6. Wat ons doen

7.En ook wat ons voel en verbeel.

· Hoe leer plaasvind

- Hoe meer aktief die brein is, hoe sterker word die verbindings tussen die neurone.

- Met oefening vorm sterk verbindingspaaie en sommige aksies vind outomaties plaas

- Leer vorm die brein en die brein stop nooit om te dink, leer, onthou en ontdek nie.

- Om hierdie verbindings paaie te vorm moet jy:

Leer, probleme oplos, herroep, lees, dink, bereken, reflekteer en skryf.

- Om iets nuuts te leer moet jy dit herhaal.

· Hoe meer jy dit doen, hoe beter leer jy hoe om dit te doen.

1.1. Leerstyl as voorkeur-manier om take te benader

· Elke persoon se brein is verskillend, omdat dit verskillend bedraad is.

· Elke brein is spesiaal en uniek.

· Elke brein verkies om op ‘n spesifieke manier te leer.

- jy moet jou unieke leerstyl wat by jou brein se bedrading pas vind..

· Linker- en regterbrein dominansie

Hoe 'n regterbrein leer

Regterbrein-kinders sal beter konsentreer as die leerproses kreatief is. Hulle moet die einddoel verstaan, en sal dan dikwels ’n kreatiewe pad daarheen vind. ’n Omgewing met buigsaamheid oor hoe dinge gedoen word, en wat gereeld kognitiewe uitdagings aan hulle stel, sal hulle die beste pas.

Prente is baie belangrik en help dié kinders baie.

Hoe ‘n linkerbrein leer

Aan die ander kant kan kinders met ’n dominante linkerbrein soms sukkel om die groter prentjie te sien. Dis dus belangrik dat die juffrou aan die begin van ’n les die doelstellings van die les duidelik uiteensit en verduidelik hoe sy daarby wil uitkom, soos om voorbeelde te gee of ’n eksperiment uit te voer.

Linkerbrein-kinders vaar gewoonlik beter met ’n gestruktureerde les waar hulle weet wat die einddoel is. Vloeikaarte van prosesse wat gevolg moet word, soos die metode wat gebruik word om die wiskundesom te doen, kan baie nuttig wees vir sowel linker- as regterbrein-dominante kinders omdat dit gou duidelik sal wees of hulle die metode verstaan.

· JOU brein speel ’n rol  in alles wat jy doen, of jy nou ’n boek lees, op jou kop staan, asemhaal, ’n hamburger verorber of slaap. Dis ook die sentrum van jou denke, emosies en geheue.

· Die menslike brein het drie hoofdele: die serebrum, die serebellum en die harsingsstam.

· Die grootharsings of serebrum, die grootste deel van die brein, bestaan uit die twee breinhelftes, verbind deur ’n brug van breinweefsel wat die corpus callosum of harsingbalk genoem word. Die serebrum is die setel van die intelligensie, kennis, geheue en oordeel.

· Die oppervlak van die serebrum word die korteks genoem. Die meeste van die brein se inligting word hier geberg.

· Die kleinharsings of serebellum is ’n geplooide lob wat onder die serebrum lê, agterlangs in die brein. Dit beheer en koördineer die spiere wat nodig is vir verfynde ledemaatbewegings soos loop, spring, klavierspeel en vir die handhawing van die ewewig.

· Die stingelvormige harsingstam voor die serebellum verbind die serebrum met die rugmurg. Dit het verskeie dele, waaronder die medulla en pons, wat basiese liggaamsfunksies soos die hartklop en asemhaling beheer. Die senuvesels van die liggaam gaan die brein by die harsingstam vanuit die ruggraat binne.

· In die middel van die brein is die talamus, wat inligting van die sintuie ontvang en dit na die gepaste deel van die serebrale korteks stuur; en die hipotalamus, wat met inwendige toestande soos honger, dors en liggaamstemperatuur te doen het.

· Die limbiese stelsel, ’n groep strukture wat deel van die talamus en hipotalamus insluit, is met emosionele response soos vrees en aggressie gemoeid.

1.2. Studiestrategieë as ‘n manier om ‘n spesifieke taak te benader

· Jy moet ‘n studie metode gebruik wanneer jy vir eksamens en toetse leer.

· Gebruik ‘n metode waar jy aktief laat lees, vrae vra en antwoord kry, prakties, herhaal en hersien dit wat jy leer.

· Die OVLH2-metode voldoen aan hierdie vereistes

a) Oorsig

· Hierdie stap neem slegs ‘n paar minute.

· Gaan vining deur die hoofstuk.

· Kyk na die hoofstuk titel, die inleiding, opskrifte en opsommings paragrawe, indien daar is. Let op enige prente, diagramme,grafieke, tabelle,lees enige vetgedrukte woorde.

· Oorsig oor die teks gee jou agtergrond oor die onderwerp wat jy moontlik nog nie van gehoor het nie. Jy verkry ook algemene inligting.Jy weet waar om inligting te kry.Jy kry ‘n beter idee hoe die inligting georganiseer en aangebied word.Dit maak ‘n nuwe plek in jou brein oop waar nuwe inligting gestoor gaan word. Dit verminder die tyd wat gespandeer word om die hoofstuk te lees.Die voordeel is dat jou belangstelling geprikkel word in dit wat moontlik mag volg.Jy sal begin om minder interessante materiaal te lees en dit te vervang met dit wat goed is.

b) Vra

· Voordat jy begin om ‘n afdeling te lees, verander die opskrifte in vrae.BV. As die opskrif is Basiese oorsake van Stres, verander dit in ‘n vraag: “Wat is die basiese oorsake van stres?

· Dit prikkel jou nuuskierigheid en verhoog jou belangstelling. Dit herroep ook inligting wat jy moontlik reeds weet.Die vrae wat jy vra maak dat die belangrike punte uitstaan. Dit noodsaak jou om te dink oor dit wat jy lees.

c) Lees

· Lees die material onder die opskrif met die doel om antwoorde te kry op jou vrae. Lees met konsentrasie.

· Identifiseer die hoof idees en onderstreep of “highlight“dit.

· Lees gedeeltes gedeeltelik, stop en vra vrae. Maak notas en vra jouself wat jy lees. As jy die vraag kan beantwoord, lees verder.As jy nie kan nie lees dit weer deur.

· ‘n Goeie gebruik met ‘n moeilike leesstuk is om vir jou self ‘n opsomming te maak van die hoofstuk. Jy kan deur spasies wat jy oopgelos het, meer besonderhede invul.

· Maak notas van die nuwe woorde en skryf die definisies in jou notas.

d) Herhaal

· Hierdie stap vereis dat jy die antwoord op jou vrae hardop herhaal. Sê dit in jou eie woorde. Indin jy nie jou antwoorde tot jou vrae ken nie moet jy weer daardeur gaan.So sal jy seker wees dat jy die werk ken.

· Probeer ook nou sonder die boek hierdie vrae beantwoord.

· Jy kan ook notas maak soos jy lees.

e) Hersien

· Nadat jy die hele hoofstuk gelees het, kyk deur jou notas. Maak seker jy weet en dra kennis van al die belangrik punte.

· Kyk of jy die hoof punte kan onthou deur dit hardop te herhaal.

· Hersien dan die hoofpunte in jou notas, maak seker jy verstaan dit. Voeg by jou notas indien dit nodig is.

· Doen altyd ‘n oorsig van die hoofstuk as jy die leeswerk voltooi het. Doen vinnige herhalings voor en na klasse en indiepte herhalings tydens eksamens.

· Moenie wag tot die eksamen om jou handboek deur te werk nie. Hersien eenkeer ‘n week. Maak seker jy kan die hoofpunte opsom. Skryf dit neer om leer te versterk.

· Ten einde , maak vir jouself vraestelle van dit wat jy gelees het. Maak seker om dit neer te skryf en te antwoord.

2. Eksamen skryfvaardighede en die proses van assesering

2.1. Eksamenskryf vaardighede

2.1.1. Beplanning

· Beplan jou studietyd strategies:

· Beplan en kyk jou studietyd rooster deur

· Waar, wanneer, wat en hoe gaan jy studeer?

· Beplanning is belangrik sodat jy genoeg tyd het om al die werk effektief en genoegsaam te kan bestudeer.

· Prioritiseer jou daaglikse aktiwiteite. Bv gaan die kyk van jou gunsteling TV-program daartoe bydra om die eksamen deur te kom. Is genoegsame slaap noodsaaklik om jou te help konsentreer?

· Berei jouself voor vir die eksamen

· Begin lank voor die tyd te studeer

· Maak seker jy slaap genoeg

· Oefen ou vraestelle. Dit sal jou help om te verstaan wat van jou verwag word.

· Eet ontbyt voor die eksamen

· Kom betyds by die eksamenlokaal

· Onthou alles wat jy nodig het: pen uitveër liniaal, optelmasjientjie, ens.

2.1.2 Instruksiewoorde in vrae

INSTRUKSIE / OPDRAGWOORD

BETEKENIS

Verduidelik

Sê hoe dit is dat iets gebeur of gebeur het. Maak duidelik hoe of waarom iets gebeur of hoekom dit so is.

Ontleed

Ondersoek in fyn detail. Identifiseer die belangrikste punte en hooffunksies.

Lewer kommentaar

Identifiseer en skryf oor die belangrikste kwessies. Basseer antwoord op wat jy gelees het of gehoor het tydens lesse.

Vermy suiwer persoonlike mening.

Vergelyk

Wys hoe twee of meer dinge ooreenstem. Dui die relevansie of gevolge van hierdie ooreenkomste aan.

Daarenteen kan jy ook die teenoorgesteldes met mekaar vergelyk. Wys wat is anders. Dui aan of die verskille betekenisvol is. Indien toepaslik, gee redes waarom 'n item of argument verkies word.

Evalueer krities

Ondersoek argumente vir en teen die stelling / saak.

Gee ‘n defininsie

Gee die presiese betekenis. Moenie 'n standaard woordeboekbetekenis gebruik nie. Gebruik

die betekenis wat op die vak van toepassing is.

Beskryf / sê hoe iets is.

Gee die belangrikste kenmerke of eienskappe van iets.

Onderskei

Gee die verskille tussen twee of meer dinge.

Evalueer

Gebruik bewyse om die belangrikheid of nut van die onderwerp te verduidelik. Daar kan ook teen-argumente wees.

Ondersoek

Analiseer soortgelyke onderwerpe. Kyk na detail. Stem ooreen met kritiese evaluasie.

Illustreer

Maak iets duidelik, gee voorbeelde of bewyse.

Interpreteer

Wys wat data of ander materiaal beteken of impliseer.

Regverdig / Motiveer

Gee stawende bewyse vir 'n argument of idee; wys waarom besluite of gevolgtrekkings gemaak is.

Vertel

Konsentreer om te sê wat gebeur het, vertel dit as 'n storie.

Gee ‘n uiteensetting

Gee slegs die belangrikste punte.

Dui die verband aan

Wys hoe twee of meer dinge aan mekaar gekoppel is.

Lys

Gee die belangrikste kenmerke, in 'n baie duidelike taalgebruik (amper soos 'n eenvoudige lys, maar in vol sinne geskryf).

Som op / gee opsomming

Teken net die belangrikste punte aan. Los besonderhede of voorbeelde uit.

Tot watter mate

Oorweeg hoe ver of hoeveel iets waar is, of dit bydra tot 'n finale gevolgtrekking. Die antwoord is gewoonlik iewers tussen 'heeltemal' / ‘volkome’ en 'glad nie'.

Spoor die gevolge na / op

Volg die orde van die verskillende stadiums in 'n gebeurtenis of proses.

Pas kennis toe

Dui op ‘n praktiese manier aan wat jou begrip van die inhoud is.

Assesseer

Beoordeel die aard, kwaliteit of waarde van iets.

Bereken die antwoord

Jou antwoord moet in syfers gegee word. Jy moet plus / minus / maal / deel met syfers om ‘n antwoord te kry.

Voltooi

Vul dieinligting in wat uitgelaat is.

Bepaal

Kry die feite.

Dink jy dat / Stem jy saam dat / volgens jou opinie

Verskaf jou eie opinie oor ‘n saak of probleem. Verskaf altyd ‘n rede vir jou antwoord.

Gee / verskaf

Bied inligting aan.

Pas bymekaar

Vind inligting wat ooreenstem of bymekaar pas, dinge wat dieselfde is of aan mekaar gekoppel kan word.

Bewys dat

Gee die feite wat die saak ondersteun.

2.1.3 Tipes vrae

Meervoudige keuse-vrae

· Hierdie vrae toets feitelike kennis.· Lees die aanwysings noukeurig· Verbeter jou kans, dink krities (dws dek die opsies, lees die stam en probeer om te antwoord, lees dan die stam met elke opsie.)· Dikwels is een van die antwoorde is duidelik verkeerd en jy kan dit dadelik uit te skakel.

Waar / Onwaar · Vir 'n verklaring om waar te wees, moet alles oor die verklaring waar wees. Kies WAAR tensy jy weet die stelling ONWAAR· Wees versigtig wanneer 'n verklaring 'n negatief bevat soos nie.· NB. ‘n negatief kan die betekenis van die verklaring heeltemal verander

Vul die ontbrekende woord in / voltooi die sin· Lees die item en dink oor wat ontbreek.· Skryf 'n antwoord wat die item logies voltooi. · Maak seker dat jou antwoord grammaties by die item pas, Gebruik die lengte van die lyn as 'n aanduiding van die lengte van die antwoord, tensy die lengte van die lyn dieselfde is vir alle antwoorde· Nadat jy die antwoord neergeskryf het, lees die hele antwoord om seker te maak dit maak sin.

Skryf 'n een-paragraaf antwoord· Begin met 'n inleidende sin wat jou hoofgedagte bevat.· Volg met sinne wat jou hoofgedagte ondersteun.· Sluit jou antwoord af met 'n sin wat jou gevolgtrekking aandui.

Pas-vrae (Pas kolom A by kolom B)· Lees al die items in beide kolomme voordat enige antwoorde gegee word.· Trek items dood in beide kolomme soos jy pasmaats vind.

Opsteltipe vrae:· Die sleutel tot die skryf van 'n goeie opstel is om die instruksies behoorlik te verstaan. Wat wil die eksaminator wil hê?· 'n Opstel moet 'n inleiding, inhoud en slot hê.

2.1.4. Aanbieding van ‘n antwoordstel

Die volgende is riglyne om ingedagte te hou om ‘n antwoordstel aan te bied:

Hand skrif: Hou jou handskrif leesbaar. Indien die eksaminator jou handskrif nie kan lees nie, kan jy punte verloor. Moenie te veel krap op die papier nie. Dit laat jou werk onnet lyk.

Kantlyne: Trek kantlyne teen albei kante van die paier. Dit is baie belangrik dat jou werk in die middel van die bladsy is en duidelik sigbaar.Die beste tyd om dit te doen is wanneer jy jou antwoordblad gekry het en nog voordat jy die vraestel ontvang het,dus mors jy nie tyd wanneer jy die vraestel moet beantwoord nie.

Figure /sketse – Jy kan figure met pen teken, maar dit is beter en verkieslik dat jy dit met potlood doen. Dit is net makliker om foute te korrigeer en te verander. Dit vertoon ook netjieser.

Rof werk – Moenie rofwerk net langs die finale antwoord doen nie. Doen dit in die kantlyn, of merk die laaste bladsy as rofwerk.

Sub Vrae – al die sub vrae of vrae wat beantwoord word, moet in volgorde gedoen word. Indien jy nie die antwoord ken nie, los genoeg spasie oop.Moenie die vraag op ‘n ander plek prober doen nie. Dit kan irriterend vir die eksaminator wees.Die kans is dat hy/sy nie eers die vraag gaan merk nie.

Al hierdie klein dingetjies neem nie baie tyd in beslag nie. Maar indien hul nie gedoen word nie, lyk die antwoordstel onnet. Indien die eksaminator nie kan lees nie, kan dit jou punte drasties beinvloed.Hou dit dus ingedagte.

2.1.5. Top 10 Foute wat gemaak word

Die top foute wat meeste student maak wanneer hul toets of eksamen skryf en hoe om dit te voorkom:

FOUT

HOE OM DIT REG TE MAAK

1. Om Slegs sekerer vrae te leer (spot) of te probeer om baie inligting in jou geheue te probeer plaas.

Begin hersiening lank voor die tyd om in staat te wees om soveel moontlike werk te doen. Beplan jou studietyd.

2. Laat wees

Gee jouself genoeg tyd om na ‘n geleentheid reis. Maak notas op jou eksamenrooster , bv. ONTHOU: Sakrekenaar.

3.Om Paniekerig te raak voor die tyd

Berei goed voor. Slaap genoeg voor ‘n vraestel. Vertel aan jouself dat dit nie die einde van die wêreld is nie, slegs ‘n vraestel.

4.Nie daarin slaag om instruksie te lees nie en ook nie deur vrae te gaan nie.

Lees die instruksies en maak seker van die aantal vrae wat jy moet antwoord. Gaan deur die vraestel voordat jy poog om dit te antwoord. Gaan voort om die maklike vrae eerste te antwoord.

5. Nie daarin sleg om genoeg tyd toe te laat vir elke vrae/ nie daarin slaag om jou tyd te beplan nie.

Beplan tyd vir elke vraag. Beplan jou eksamentyd voordat jy in die eksamenlokaal ingaan. Weet hoeveel tyd jy moet gebruik vir langvrae en kortvrae.

“If you fail to plan, you plan to fail!

6. Verkeerde intrepetasie van vrae, verkeerde en nie ooreenkomstige antwoorde/te veel of te min.

Onderstreep die hoofwoorde in die vraag. Maak seker jy antwoord slegs dit wat die vraag vereis.

7. Nie seker hoe om te begin of die vraag te beëindig nie.

Moenie tyd mors en aanmekaar oor en oor begin nie. Die klem moet om die vloei van jou idees wees. Maak seker paragrawe is samehangend en kom ooreen.

8. Skrif nie leesbaar en sinvol nie.

Indien jou a soos ‘n u lyk en jou v soos ‘n u, sal die merker moed opgee en dit nie verder merk nie omdat hy dit verder kan lees nie. Ook om sin te probeer uitmaak uit sinne is nie sinvol nie. Indien jy te klein skryf , is jou werk ook moeilik om te lees en te verstaan.

9. Lees en skryf te stadig

Oefen jou lees en vermeerder jou leesspoed. Oefen jou skryfvaardighede of probeer verskillende soorte penne en potlode.

10.Vergeet om jou persoonlike besonderhede te skryf.

Begin altyd jou eksamen deur jou persoonlike inligting op jou eksamenboek te skryf.Skryf jou naam en besonderhede op alle los papier.

3. Tydbestuurvaardighede en jaarlikse studie plan

3.1. Skep goeie studiegewoontes

· Studeer op die dieselfde tyd elke dag, sodat dit 'n gewoonte raak.

· Beplan vir weeklikse hersieingsessies.

· Studeer vir vasgestelde tye.(Ongeveer 45 minute elk).

· Gebruik jou studieplek net vir die studie en vermyafleiding.

· Skryf jou huiswerk af en teken inhandigingsdatum s aan.

· Merk take af soos jy dit voltooi.

3.2. Beplan behoorlik vir beste resultate

 

Voorbeeld:

3.3. Volg jou plan

 

· Moenie toelaat groepsdruk of die soeke na korttermyn bevrediging voorskryf wat jy as belangrik beskou nie.

· Fokus op die doelwitte wat jy vir jouself gestel het en hou by prioriteite wat jy gestel het.

  

3.4. Stel prioriteite: Daar is altyd meer om te doen as waarvoor jy tyd het

 

· Wees bedag daarop dat die aksies wat jy vandag neem die saad sal plant vir jou langtermyn sukses of mislukking.

· Dink aan die moontlike aksies wat jy vandag kan neem wat sal bydra tot jou sukses.

· Dink oor elke aksie en vra jouself, "Watter positiewe gevolge kan dit vir my inhou?

3.5. Voorkom uitstel

· Sonder 'n datum, sal jy uitstel. Wanneer jy 'n opdrag kry, stel 'n doel vir wanneer jy gaan begin sodat jy kan dit kan voltooi sonder laaste minuut paniek.

· Hou stres tot 'n minimum. Begin vroeg om ‘n geskarrel te vermy.

· As jy gewoonlik wag totdat die laaste minuut om te studeer of te werk aan 'n opdrag, maak dit jou doel om dit vroeër te voltooi.

· Breek groot take af in kleiner takies om dit makliker te voltooi.

3.6. Kyk terug uit die toekoms

 

· Dinge wat krities belangrik lyk vandag is dalk relatief onbelangrik wanneer jy hulle sien uit 'n toekomsperspektief.

· Gebruik die tegniek van “Terugblik uit die toekoms”: In plaas van ‘n vooruitskatting wat die belangrikste sal gewees vir jou om te bereik, bepaal of dit werklik in die toekoms ‘n verskil sal maak.

4. Skeidsregter, administratiewe, organisatoriese en leierskapsvaardighede

4.1. Skeidsregtervaardighede

· Ken en respekteer die reëls van die spel.

· Verstaan hoe om handgebare korrek te gebruik .

· Pas teëls konsekwent toe.

· Maak billike besluite.

· Beskerm die spellers.

· Bly fiks.

· Beheer die spelers ferm, maar met respek.

· Is regverdig en eerlik - Verduidelik boetes en straf.

· Sal nooit omkoopgeld aanvaar nie.

· Stop die spel wanneer 'n speler beseer raak. Maak seker dat 'n speler wat bloei, die veld verlaat.

· Hou akkuraat telling.

· Luister na die raad van ander kenners soos lynregters..

4.2. Administratiewe vaardighede

· Bevordering van die spel.

· Werk 'n skedule uit van speletjies en wedstryde.

· Bespreking wedstrydfasiliteite.

· Fondsinsameling

· Beheer van die lys van reserwe spellers.

· Skryf 'n wedstryd verslag in samewerking met skeidsregter.

4.3. Organisatoriese vaardighede

· Organisering noodhulp.

· Organiseer vervoer na en van die spel.

· Beplanning van oefensessies.

· Beplanning van wedstryde en toernooie.

· Organisering en kontrole van toerusting.

4.4. Leierskapvaardighede

· Lei deur voorbeeld.

· Bly kalm.

· Neem verantwoordelikheid.

· Kommunikeer duidelik.

· Wees verantwoordelik.

· Wees eerlik en behandel almal dieselfde, sonder gunstelinge.

WEEK 5-7

Hoofstuk 5 : Maatskaplike en omgewingsverantwoordelikheid

1. Omgewingskwessies wat swak gesondheid veroorsaak

1.1. Die gebruik van skadelike middels tydens voedselproduksie

MIDDEL

HOE, WAAR EN HOEKOM

SWAK GESONDHEID

Antibiotika

Aan diere gegee om siekte te voorkom, om groei te stimuleer en maak hulle vet.

Dit kan in die melk en vleis van die dier voorkom en wanneer deur mense gerbruik word, kan hulle weerstand teen antibiotika opbou.

Kunsmatige hormone

rBST word vir koeie ingespuit om melk- produksie te stimuleer.

Lei tot misvormde kalwers en mastitis. Dit kan die hormoonvlakke in die menslike liggaam verhoog en gekoppel word aan die bors- en kolonkanker

Dierlike by-produkte

Die dele van diere wat nie deur mense verbruik word nie, word as voer verwerk om as proteïen “boosters” te dien.

Kan lei tot dieresiekte epidemies soos mond-en-voet siekte en malkoeisiekte.

Plaagdoders

Dood insekte, onkruid en kieme wat gesonde groei van die plant kan inhibeer

Sommige plaagdoders word gestoor in die liggaamsvet en kan mens siek maak. Plaagdoders kan ook ingeasem word of in drinkwater beland.

Voedsel bymiddels en chemikalieë

Word gebruik om kos te bewaar en gee dit kleur en geur.

Sommige mense kan allergies vir sekere bymiddels wees en dit kan ernstige reaksies soos asma aanvalle veroorsaak. In groot hoeveelhede kan toevoegings lei chroniese siektes.

Plastiiese material soos Styrofoam, PVC en polistireen

Word gebruik om kos en drinkgoed te verpak.

As plastiek nie herwin word nie, kan dit besoedeling veroorsaak. Hulle kan chemikalieë wat skadelik vir mense se gesondheid kan wees, vrystel.

1.2. Onmenslike boerderymetodes

       Onmenslike boerderymetodes is boerdery praktyke wat wreed teenoor diere

Is. ‘n Voorbeeld is 'n battery hoenders. Hierdie diere sien nooit sonlig, kry nie

vars lug ie, kan nie vrylik beweeg nie en leef in ongemak en frustrasie elke

dag.

1.3. Impak van agteruitgang op die samelewing en die omgewing.

       Agteruitgang is die proses van iets beskadig of ruïneer.

       Vernietig / benadeling van die omgewing raak mense en die planeet.

       Menslike aktiwiteite kan omgewingsgevare soos gronderosie en

besoedeling veroorsaak

      Voorbeelde hiervan is:

· Gronderosie

· Besoedeling (lug, water en grond)

· Bestraling

· Vloede

· Brande

· Wind skade

· Verlies van oop ruimte en gebrek aan infrastruktuur

1.4. Impak van uitputting van bronne

· Oorbenutting van visbronne

· Visspesies kan verdwyn.

· Onbruikbare vissoorte word weggegooi.

· Mense wat op visvang staatmaak vir 'n lewe,sal werkloos wees.

· Mense wie se dieët staatmaak op vis, sal nie genoeg hê om te eet nie.

· Brandhout

· Sommige boomsoorte sal uitsterf.

· Geen bome sal bestaan om die grond te bind nie, wat lei tot erosie.

· Mense sal nie hout as brandstof kan gebruik om kos te kook en warm te bly nie.

· Daar sal geen skaduwee wees nie.

· Voëls sal geen plek hê om te woon nie.

· Uitheemse plante sal die land oorneem.

· Aardverwarming en klimaatsverandering sal plaasvind omdat bome koolstofdioksied absorbeer en suurstof afgee.

· Grond

· Boere plant dieselfde tipe gewasse op dieselfde stuk grond, jaar na jaar, wat die vrugbaarheid afbreek. Misoeste sal plaasvind.

· Beeste word toegelaat om al die gras eet, wat lei tot gronderosie.

· Grond word gebruik om infrastruktuur te bou.

· Mynbedrywighede besoedel die land.

· Plaagdoders kan die land vergiftig sodat dit nie gebruik kan word vir boerdery nie.

2. Klimaatsverandering

2.1. Oorsake van klimaatsverandering

Dit is 'n verandering in temperatuur- en weerpatrone. Gasse, soos

koolstofdioksied, bou op in die atmosfeer en die son se hitte word vasgevang. Die hitte veroorsaak verandering in weerpatrone. Somers en winters kan langer duur en reënval kan verander.

2.2. Impak van klimaatsverandering op die ontwikkeling

· Wêreld word warmer en reënvalpatrone sal verander.

· Mielies, vrugte en graanproduksie sal regstreeks geraak word.

· Die oseane sal warmer raak, wat 'n impak op die tipe en aantal vis sal hê.

· Seevlakke sal styg.

· Droogtes, vloede en uiterste temperature sal 'n bedreiging vir gesondheid inhou.

2.3. Maatreëls om die gevolge van klimaatsverandering teë te werk

· Gebruik motors minder om die vrystelling van skadelike gasse te bekamp. Loop eerder of maak gebruik van openbare vervoer.

· Bou huise uit die pad van die vloede.

· Plant droogtebestande, inheemse bome.

· Herwin papier om bome te red.

· Draai die kraan toe, moenie toelaat dat water vrylik loop nie.

· Sakel ligte af, isoleer die huis en gebruik 'n sonverwarmingstelsel.

· Versamel reënwater om in die tuin te gebruik.

KWARTAAL 3

WEEK 1-5

Hoofstk 6 : Selfontwikkeling in die samelewing

1. Gesonde en gebalenseerde leefstyl keuses

1.1. Eienskappe van ‘n gesonde en gebalanseerde leefstyl.

‘n Gebalanseerde leefstyl beteken daar is balans en harmonie tussen die volgende aspekte van jou lewe:

· Fisiek : Om fisies fiks en gesond te wees

· Sielkundig: Vermy risiko gedrag en pas lewensvaardighede toe.

· Sosiaal : Het ‘n goeie verhouding met familie en vriende

· Emosioneel :In staat om emosies te beheer, uit te druk en te

ontdek.

· Geestelik :Volg die reëls van jou geloof en waardesisteem.

2. Faktore wat ‘n negatiewe impak op jou leefstylkeuses het.

· Ongelukke

· Fisies: Jy kan ‘n arm verloor, jou nek breek, of verlam

raak of breinskade opdoen .

· Psigologies : As jy die ongeluk veroorsaak kan jy skuldig voel

· Sosiaal :Jy mag die bystand van familie en vriende verloor of

deur die gemeenskap verwerp word.

· Emosioneel:Jy mag dalk kwaad word, depressief,hartseer, kwaad

of bang wees.

· Geestelik: Jy kan jou geloof verloor

· Riskante gedrag en situasies

· Riskante gedrag en situasies is nie soos ongelukke nie, jy het beheer daaroor.

· Riskante gedrag soos middelmisbruik, affekteer jou persoonlike veiligheid en het ‘n negatiewe impak op jou leefstylkeuses.

· Sosio-ekonomiese omgewing

Bv. gebrek aan geletterheid, lae inkomste, arm woonbuurt,geen toegang tot mediese sorg, groepsdruk, middel afhanklikheid,misdaad en geweld.

3. Faktore wat positiewe impak het op leefstylkeuses

· Positiewe rolmodelle

· ‘n Persoon wat jou kan inspireer en motiveer om gesonde en sinvolle lewenstylkeuses te maak.

· Die persoon is ‘n goeie voorbeeld vir almal

· Mense bewonder so ‘n rolmodel en wil graag hierdie persoon navolg.

· Ouers

Ouers kan ‘n positiewe invloed he op hul kinders se lewensstyl keuses,

as hul:

· Ondersteun en aanmoedig

· Opvoed

· Waarsku teen alkohol en middelmisbruik

· Gesonde gedrag toon

· Nooit onder die invloed bestuur of terwyl hul op hul selfone praat nie.

· Liefde en aanvaarding toon.

· Vaste reëls neerlê.

· Tydens studie tye toesig hou en verseker dat huiswerk gedoen is.

· Deelname aan fisiese aktwiteite aanmoedig

· Portuurgroep

· Vriende van dieselfde ouderdom kan ‘npositiewe invloed op jou leefstylkeuses hê.

· Persoonlike waardes , geloofsisteme en godsdiens

· Jou waardes (kriteria vir aanvaarbare gedrag) en geloof/godsdiens kan ‘n positiewe invloed hê op jou lewensstylkeuses.

· Gesonde verhoudings, vrede, positiewe houding en verbeterde fisiese gesondheid kan die gevolg wees van die bogenoemde.

· Media, sosiale en kulturele invloede

· Gesondheidsinligting is vrylik beskikbaar in gedrukte en elektroniese media

· Kulture het sekere reëls wat deur ‘n groep mense gedeel word en kan ‘n impak hê op jou leefstylkeuses. Baie kulturele tradisies is gebaseer op gesonde leefstyl en goeie interpersoonlike verhoudings.

4. Rol van goeie voeding in gesondheid en fisiese aktiwiteit

· Goeie voeding is ‘n belangrik aspek van gesondheid en fiksheid.

· Om gesond te wees moet jy ‘n gesonde, gebalanseerde dieet volg en gereelde fisiese oefening doen.

· Bestuur jou gewig deur te oefen, gesonde kos te eet, moenie jouself uithonger nie, en ook nie ooreet nie. Drink genoeg water.

· Tipe voedsel wat gesonde bronne van engergie is.

KONSEP

VERDUIDELIKING

kilojoules

‘n manier waarop daar gemeet word hoeveel energie kos vir jou liggaam gee.Die kos etikette dui aan hoeveel energy per bediening daar is.

kolidrate

‘n Belangrike energie bron word gevind in vrugte, groente ,volgraanprodukte pap en aartappel/patats.Jy sal gewig optel indien jy te veel kolidrate inneem, sonder om dit teverbrand deur oefening te doen.

Vesel

Help om jou verterings stelsel gesond te hou.Alle heelgraan produkte is hoog in vessel.

Protein

Voedsel hoog in protein is : vis , vleis, suiwel, boontjies,lensies neuter en eiers . Protein help met spier en wesel genering.

Vitamine en Minerale

Essensiele vitamiene en minerale is: Vit ABCD, calcium en yster. Vrugte bevat vit C en antioksidante wat help cell skade te verminder. Joghurt is goeie bron van kalsium en vitamien B.

Vette

Vette word gevin in olie, botter, vleis , vis en neuter. Onversadigde vette word in neuter, vis en olyf olie gevind en is goed omdat dit nie jou cholesterol verhoog nie.

Suiker

Vermy om meer as een teelepel suiker per dag in te neem .Lae GI-voedsel het ‘n stadiger effek op jou bloedsuiker vlakke. Hul breek stadiger af en gee jou ‘n langer gevoel van vol wees.

WEEK 6-10

Hoofstuk 7 :Loopbaan en loopbaan keuses

1. Bevoegdheid, vermoëns en etiek wat sal help om werk te verseker

1.1.Bestudering van advertensies en skryf van aansoekbriewe en voltooi

van aansoekvorms.

· Bestudering van advertensies

· Vind advertensies in die koerant, op die internet en in ‘n bulletien/kennisgewingborde

· Skryf ‘n aansoek brief

Straat / Posbus Dorp

Poskode Telefoonnommer E-posadres

DatumNaam van OrganisasieStraat of P. O. Bus Stad

Poskode

Geagte Mr./Ms./Dr.

Aansoek vir ..............................

Openingsparagraaf: Noem vir watter posisie of internskap jy aansoek doen; waar jy gehoor van die organisasie of posisie, en basiese inligting of kwalifikasie van jouself.

2 de paragraaf: Sê hoekom jy belangstel om vir die werkgewer/maatskappy te werk of vir watter werk jy aansoek doen (indien jy nie sê hoekom jy belangstel nie kan dit soos ‘n informele brief klink)

Toon dat jy genoeg weet van die werkgewer of die posisie. Noem spesifieke kwalifikasies wat jou geskik maak vir die werk en wat aan die werkgewer se behoeftes voorsien.Hier is die geleentheid waar jy in meer besonderhede kan verduidelik watter items in jou CV van belang is. Verwys na die feite wat in jou CV ingesluit is. Verwys ook na dit wat nodig is vir die posisie waarvoor jy aansoek doen.

3 de paragraaf: Dui aan dat jy daarvan sal hou om vir die posisie onderhoud te doen of die geleentheid te hê om met die werkgewer te praat oor die geleenthede of indiensnemingsplanne van die maatskappy. Noem weer kortliks hoekom jy passievol oor die geleentheid is waarvoor jy aansoek doen. Noem ook dat jy enige tyd die werkgewer meer/ekstra inligting sal gee wat nodig is. Bedank die werkgewer vir haar/sy oorweging van jou aansoek.

Die uwe,

(jou handtekening)

Tik jou naam

· Voltooi aansoek vorms volledig

Hou die volgende in gedagte :

· Antwoord alle vrae eerlik en opreg

· Onvoltooide/verkeerd ingevulde vorms sal verwerp/uitgegooi word.

· Lees instruksie versigtig

1.2. Skryf en saamstel van ‘n CV

‘n CV is ‘n curriculum vitae wat ‘n opsomming van jou loopbaan ondervinding, kwalifikasies, vaardighede en vermoëns is. Dit vertel vir die werkgewers meer van jouself op ‘n formele en besigheidsgerigte manier.

Jou CV moet verband hou met die werksvereistes en beklemtoon hoe jy kwalifiseer vir die werk wat geadverteer is. Hou in gedagte:

· Hou jou CV op datum

· Hou getuigskrifte en verwysings altyd gereed.

· Gee jou CV netjies getik en netjies gebind in

· Hou jou CV kort

1. Skep die formaat vir jou CV. 

Gaan jy elke afdeling afsluit met ‘n lyn? Gaan jy elke afdeling in sy eie vierkant sit? Gaan jy al die inligting insit/noem? Eksperimenteer met verskillende formate om te sien watter een die meeste formeel lyk. Probeer om nie meer as ‘n standaard A4 papier voor en agter vol te skryf vir ‘n verkorte CV nie.

2. Maak lys van jou naam adres, telefoon nommer en e-pos adres

aan die bokant van die bladsy.

Dit is belangrik om jou naam in ‘n groter skrif te skryf as die res van jou werk sodat die leser weet van wie hy/sy lees. Dit hang van jou af in watter vorm jy die inligting skryf.

Standaard vorm is om jou naam in die middel van die bladsy te skryf. Jou adres moet in ‘n blokformaat wees aan die linker kant. Sit jou telefoon nommer en en email adres onder jou huisadres. As jy nog ‘n adres het, soos jou skool adres plaas dit aan die regter kant.

3. Skryf ‘n persoonlike profiel. 

Hierdie is ‘n opsionele deel van jou CV en word gebruik om die onderhoud dieper insig oor jou as persoon te kry. Dit is hier waar jy jou vaardighede, ondervinding en persoonlike kwaliteite verkoop.Dit moet oorspronklik wees en goed geskryf. Wees positief en skryf woorde soos aanpasbaar en gedetermineerd in.

4. Skep ‘n afdeling vir jou skoolopleiding en kwalifikasies.

Die afdeling kan aan die begin van jou CV wees of jy kan besluit om dit na ander afdelings te plaas.

Die orde van die afdelings is jou besluit.

Jou skoolopleiding moet begin met die mees onlangse opleiding tot die opleiding wat jy die langste het. Noem die naam van die instansie, die datum wat jy die instansie bygewoon het, jou hoofvakke en jou ander vakke. Noem jou gemiddeld of in watter vakke jy’n onderskeiding gekry het.

5. Skep ‘n afdeling vir jou werkservaring

Dit is die afdeling waar jy jou werkervaring wat verband hou met die werk neer skryf. Maak ‘n lys van al die maatskappy waarvoor jy gewerk het, die adres van die maatskappy, hoeveel jaar jy gewerk het en die relevante werk. Begin met die mees onlangse werk. Skryf slegs werkservaring wat verband hou met die werk waarvoor jy aansoek doen, neer.

6. Skep ‘n afdeling vir jou vaardighede en dit wat jy bereik het.

In hierdie afdeling noem jy dit wat jy in jou vorige werke bereik het, die vaardighede wat jy ontwikkel het deur hierdie ervarings. Noem ook hier enige werke wat jy moontlik gepubliseer het, lesings wat jy gegee het, klasse wat jy aangebied het, ens.

7.Skep ‘n afdeling vir jou belangstellings

Gee ‘n lys van relevante belangstellings wat jou in ‘n positiewe lig plaas.

8. Skep ‘n afdeling vir ander inligting

Indien enige ander inligting is wat jy wil by voeg sit dit inhierdie afdeling.

Bv indien jy vrywillige werk doen, opgehou werk het om na kinders om te sien ,ens.

9.Skep ‘n afdeling vir verwysings 

Verwysings is van persone saam met wie jy voorheen gewerk het. Hul moet jou kan aanbeveel en dit wat hul sê ondersteun omdat hul jou ken. Die maatskappy waar jy aansoek doen kan hierdie persone kontak om meer van jou en jou werk uit te vind

Skryf die persoon se volle name en kontak besonderhede neer (sluit telefoonnommers en e-pos adresse in.)

1.3. Onderhoudvaardighede

‘n Onderhoud is die volgednde stap nadat jy ‘n aansoek brief en CV gestuur het.

‘n Onderhoud is ‘n formele ontmoeting tussen jou en die werkgewer/onderhoudvoerder van die instansie waar jy aansoek gedoen het.

Wees versigtig wat jy op sosiale netwerke pos omdat voornemende werkgewers na jou profiel kyk voordat jy vir ‘n onderhoud genooi word.

· Wenke vir ‘n panel-onderhoud

1. Rig jou aandag op een persoon in die paneel.

2.Verwag om jouself te herhaalf.3.Vind uit vir wie jy die meeste moet beïndruk

4.Wees voorbereid om een onverwagse vraag te kry.

5. Dra ‘n beslisde dank aan almal oor wat deelgeneem het.

· Wat om aan te trek vir ‘n onderhoud

· Maak seker jou klere pas netjies. Indien jou mou of broek te lank of klere te styf is sal jy dalk snaaks lyk en moontlik ook so voel.Maak seker jou klere is netjies gestryk en reg.

· Moenie te blink juwele dra nie. Jy wil hê die onderhoudvoerder moet na jou kyk en nie na die blink juwele nie.

· Trek volgens die seisoen aan. Moenie ‘n polonek trui in die middel van die somer aan trek nie.

· Moenie parfuum of naskeermiddel aansit nie. Jy weet nie of die onderhoudvoerder dalk allergies is nie, dit sal nie ‘n goeie begin wees nie.

· Maak seker jou hare is netjies gesny en skoon wat jou goed versorg sal laat lyk.

· Vir mans, maak seker jy is skoon geskeer en gesigshare is tot die minimum beperk.

· Vir vroue, moenier klere dra at te veel wys nie.Die beste is om jou liggaamsdele binne jou klere te hou en dit nie te vertoon nie.

· Vermy klere met helder skreeuende besige patrone. Dra eerder soliede/vaste kleure wat jou velkleur komplementeer.

· Dames, sorg dat jy gepaste onderklere dra onder jou klere. Dit sal verseker dat onnodige lyne nie sigbaar is nie.

· Dames, moenie grimering oordoen nie. Vermy donker oogskadu en te helder lipstiffie.

· Onderhoudswenke

JY MOET …

JY MOENIE

Betyds wees.

Laat kom nie

Netjies aantrek.

Slorderig lyk nie.

Al jou dokumente in ‘n netjiese houer saamdra.

Ongeorganiseerd voorkom nie.

Glimlag en ontspanne voorkom.

Kougom kou en praat nie.

Duidelik praat.

Oor jou vorige werk of werkgewer skinder nie.

Eerlik wees.

Vloekwoorde of vuil taal gebruik nie.

Probeer om al die paneellede se name te onthou.

Ongeskik met die onderhoudvoerders wees nie.

Die panel bedank vir die onderhoud.

Weier om sekere vrae te antwoord nie.

· Berei voor vir tipiese onderhoudvrae

Die volgende tipiese vrae gevra kan word:

· Vertel ons 'n bietjie oor jouself. Wie is jy ?

· Hoekom jy hierdie werk wil hê? / Waarom dink jy is die regte persoon vir die werk?

· Watter vaardighede het jy om ons te bied?

· Wat is jou mees uitstaande prestasies?

· Verduidelik hoe jy uitdagende situasies hanteer.

· Kan jy jou eie besluite te neem? Verduidelik.

· Waar sien jy jouself oor vyf jaar / Wat is jou doelwitte?

· Is jy bereid om oortyd te werk?

· Is jy bereid om buite jou posbeskrywing take te verrig?

· Wat verwag jy om te verdien?

1.4. Etiek en etiese gedrag

Wat is werksetiek?

Etiek is stelle van morele beginsels of reëls van gedrag met betrekking tot reg en verkeerd aksies.

Wanneer ons praat oor werksetiek, is ons bekommerd oor hoe mense hulle moet gedra in die werkplek.

Sommige voorbeelde of gepaste gedrag in die werkplek, sluit in:

· Eerlike optrede

· Integriteit

· Respek

· Nie-diskriminasie en regverdigheid

Onetiese gedrag sluit in:

· Diskriminasie

· Seksuele teistering

· Jok oor kwalifikasie en vermoëns

· Misbruik van mag

2. Persoonlike verwagtinge oor werkgeleenthede en loopbane

2.1. Verwagting en werklikheid

Hou die volgende in gedagte wanneer jy moet besluit op 'n loopbaan / werk, as jou verwagtinge mag nie aan die realiteit van die werk / loopbaan voldoen nie:

· Jy moet tussen 3 en 7 jaar studeer om 'n graad te verwerf

· Jy sal onder begin en jouself opwerk.

· Die meeste werkplekke gee 30 dae en minder verlof per jaar

· Sommige beroepe, soos dié van sportlui, het 'n baie kort lewensduur

· Sommige beroepe is baie stresvol en werkers benodig 'n loopbaanverandering om te verhoed dat hul uitbrand.

· In sommige loopbane en werk, moet jy in die nag/oortyd werk.

2.2. Kanse op sukses en tevredenheid

Sukses beteken om jou doelwitte te bereik.

Tevredenheid beteken om gelukkig en tevrede te wees met wat jy bereik het.

Die kanse dat jy suksesvol en gelukkig in jou werk sal wees hang af van:

· realistiese verwagtinge

· belangstelling in wat jy doen

· of jou persoonlikheid by die werk pas

Doen die volgende om jou kanse op sukses en tevredenheid te verseker:

· Ondersoek jou toekomstige werk / loopbaan baie goed.

· Dink aan jou belangstellings, vermoëns, behoeftes en waardes.

· Ken jouself en maak seker jou persoonlikheid pas by die werk.

2.3. Geskiktheidsoudit

 ‘n Geskiktheid oudit is 'n vraelys of toets om te bepaal hoe geskik is jy

vir die veld werk / beroep / loopbaan.

Dit beantwoord vrae soos: Het jy aan die vereistes voldoen?

Pas jou persoonlikheid by die werk / beroep?

3. Kennis oor die self in verhouding tot die eise van die wêreld van werk en

sosio-ekonomiese toestande

3.1. Sosio-ekonomiese toestande

Omstandighede wat verband hou met die voorwaardes van die gemeenskap waarin jy woon en hoeveel geld wat jy het / verdien.

Voorbeelde:

· vlak van onderwys

· waar jy woon

· kultuur en godsdiens

3.2. Geskoolde, semi-geskoolde, ongeskoolde en fisiese arbeid

GESKOOLD

Die werkers is goed opgelei en kan baie vorme van werk doen wat binne die omvang van hul bevoegdheid val

SEMI-GESKOOLD

Die werkers word opgelei om net een werk te doen en help gewoonlik geskoolde werkers.

ONGESKOOLD

Hierdie werkers het baie min of geen opleiding en besit geen spesiale vaardighede.

FISIESE ARBEID

Hierdie werkers het geen formele kwalifikasies. Voorbeelde: tuinmaak, vervoer van meubels, oes gewasse, grawe grafte / slote, ens.

3.3. Bykomende hoër onderwys studies nodig vir verskillende loopbane

GRAAD

Akademiese kwalifikasie toegeken deur 'n universiteit n.a.v. suksesvolle voltooiing van 'n kursus van studie, byvoorbeeld om 'n rekenmeester te word

DIPLOMA

Kwalifikasie wat deur 'n kollege of professionele instansie toegeken word na voltooiing van 'n kursus in 'n spesifieke veld. Bv Diploma in Reis en Toerisme

SERTIFIKAAT

Kwalifikasie toegeken na voltooiing van kort kursusse van bykomende studie. Bv Microsoft Sertifikaat vir bedryfstelsel in die Word program.

3.4. Verwagting, werklikheid en deursettingsvermoë

Soms het mense 'n hoë verwagtinge oor die beroep wat hulle gaan

volg. In werklikheid, egter, kan dit nie so maklik wees om jou droom te volg nie. Sosio-ekonomiese kwessies kan die weg staan van die vervulling van jou ambisies.

Byvoorbeeld:

· armoede

· laat / nie-aansoek by tersiêre instellings

· kinders aan die hoof van families

· impak van MIV en Vigs

· tienerswangerskappe

KWARTAAL 4

WEEK 1-3

Hoofstuk 8: Selfontwikkeling in die samelewing

1. Geslagsrolle en die effek wat dit het op gesondheid en welsyn

Geslags rolle is die verskillende rolle, gedrag en aktiwiteite wat die gemeenskap dink gepas is/reg is vir vroue en mans.

Die verskillende rolle wat vroue en mans vul kan ‘n effek het op hul gesondheid en welstand.

1.1. Ongelyke magsverhouding, magsbalans en die magsstryd tussen die verskillende geslagte.

· Magsongelykheid

· Sommige mense het meer regte, beter geleenthede en meer mag as ander

· Die magsbalans is onregverdig en mag lei tot magstryd.

· Ongelyke magsverhoudings kan ‘n effek he op mens, bv sommige culture dink dat onderrig nie vir meisies belangrik is nie.

·

1.2. Magsmisbruik

· Individu: Fisiese misbruik

· Gebruik van fisiese mag wat beserings,gestremdhede of dood veroorsaak

· Familie: bloedskande

· Seksuele omgang tussen mense wat sulke nou verband het dat die wet hul verbied om te trou.

· Kultuur : rou periode

· Baie kulture het geloofsrituele, tradisies en gedrag vir rou vir iemand wat dood is. Hierdie reëls skryf die rou periode, rou klere en rou gedrag voor. Reëls word streng toegepas vir weduwees.

·

· Sosiaal : Huishoudelike geweld.

· Gebeur wanneer een persoon ‘n verhouding/huwelik probeer domineer en die ander persoon te beheer.

· Gebruik vrees, skuldgevoel, dreigemente en fisiese geweld om in beheer te wees.

· Die misbruiker kan ‘n vrou of ‘n man wees.

·

· Sosiaal: Seksuele geweld en verkragting:

· Enige seksuele optrede wat nie deur ander persoon aanvaar word nie.

· Om iemand anders te forseer om met jou seks te hê.

· Om geforseer te word om te kyk hoe ander seksuele dade pleeg

· Om geforseer te wees om anale/orale seks toe te pas.

· Penetrering met vinger /voorwerpe

· Afspraak-verkragting :om deur iemand verkrag te word wat saam met jou op ‘n afspraak gegaan het.

· Bende verkragting;om verkrag te word deur meer as een persoon.

· Statutere verkragting; seks met ‘n meisies onder die ouderdom van 16, met of sonder haar toestemming.

· Seksuele teistering

· Dit is ongewenste seksuele gedrag wat herhaaldelik voorkom

· Dit kan in verskeie vorme voorkom:

· Seksuele opmerkings.

· Vrae oor persoonlike seks lewe.

· Voorstelle oor om seks te hê.

· Fisiese kontak soos aanraking, streel of knyp.

· Ongeskikete gebare of vingertekens.

· Seksuele grappe.

· Wys van pornografiese prente/fotos.

· Beloftes om te bevorder inruil vir seks.

· Noem van onwelvoeglike name.

· Verspreiding van vals stories oor iemand se seksuele optredes.

· Stuur van onbetaamlike notas, briewe, smse of emails.

· Maak van obsene oproepe.

2. Negatiewe impak op gesondheid en welstand

· Fisiese gevolge van misbruik

· Blou kolle

· Gebreekte bene en tande

· Tou of bandmerke

· SOSe, MIV en Vigs

· Kaal kolle waar hare uitgetrek is

· Brandwonde

· Onverwagte swangerskappe

· Dood

· Emosionele effek van misbruik

· Vrees vir die misbruiker

· Depressie

· Vrees vir persoonlike veiligheid

· Woede

· Verhoogde kans van selfdood

· Alkohol- en middelmisbruik

· Moeilikheid om te konsentreer.

· Vermyding van vriende.

· Gevoel van magteloosheid en depressie

· Skuldgevoel

· Slaaploosheid

· Nagmerries

· Bang om mense te vertrou

· Swak punte op skool

· Skool verlaat

WEEKS 4 – 6

Hoofstuk9: Demokrasie en menseregte

1.Bydrae van verskillende gelowe en geloofsisteme tot ‘n harmoniese

samelewing en jou eie geloofsisteem

· Bydrae tot ‘n harmoniese samelewing

· bevorder harmonie, vrede en verdraagsaamheid

· verskaffing van morele kodes om te leef

· gee mense ‘n gevoel van “ek behoort”

· moedig mense aan om meer van hulself en ander te leer

· aanleer van vriendskap, begrip en respek

· help die minderbevoorregtes en opheffing van die gemeenskap deur stigting en befondsing van programme en organisasies

· Verskillende gelowe en hul leerringe

Geloof

Leerring

Judaism

Aanbid God

Aanbied nie idol of buig voor dit neer niet

Gebruik nie God’s naam verkeerdelik nie

Aanbid die sabbatsdag en hou dit heilig

Eer jou vader en jou moeder

Observe the Sabbath day and keep it holy

Pleeg nie moord nie

Steel nie

Mag nie egbreek pleeg nie

Mag nie valse getuienis lewer nie

Mag nie ‘n ander man se eiendom begeer nie

(eks 20)

Christenskap

Volg die selfde etiese leering wat in die tien Gebooie gegee is.

Volg Jesus Christus se leerrringe

Het God lief en sorg vir mekaar.

Islam

Die Koran gee ‘nn volledige stel etiese kodes vir moslems

Hul moet vir al die lede van hul families org

Vroue moet kuis aantrek enhul hare en liggaam toe maak

Daar word van hul verwag om te trou-seks buite die huwelik is verbode

Hul moet mildelik vir die armes gee

Hul vas tydens Ramadaan sodat hul besef wat dit is om honger te wees.

Met hul pelgrimstog na Mekka besef en verstaaan hul dat alle mense gelyk is.

Moslems mag nie vark eet nie, alkohol drink nie en mag nie dobbel nie.

Afrika Tradisionele Godsdienste

Hul het nie heilige geskrifte nie

Menswaardigheid is meer werd as die individu se bydrae tot die gemeenskap/samelewing.

Volgeling moet hul voorvaders respekteer en hul oumense

Hul moet gasvryheid aan almal toon.

Hul moet die armes help.

Hul moet huwelike en familie respekteer.

Hul moet mekaar se lewe en eiendom respekteer.

Hul moet die waarheid praat, hardwerkend en eerlik en vrygewig wees.

Hinduisme

Hul volg die wette van Dharma.

Hul moet eerlik wees –dis verkeerd om te lieg.

Moet respek toon vir lewe.

Hul moet teen geweld wees.

Hul moet selfbeheer en dissipline in hull ewe handhaaf.

Moet oumense en voorvaders respekteer.

Hul moet vir mekeaar sorg, insluitende siek familie ,ouer persone en die armes.

Buddisme

Hul het 5 basiese reels:

Moenie ‘n lewe neem nie-nie persoon of dier nie.

Moenie steel nie.

Vermy verkeerde en skadelike aktiwiteite.

Moenie betrokke raak by verkeerde uitsprake nie.

Vermy dwelms en alkohol.

· Persoonlike geloofsstelsels

· Baie keer dink ons dat moraliteit en geloof outydse reëls is wat ons daarvan weerhou om die lewe te geniet. Maar, om morele waardes te hê waarvolgens jy lewe gaan daaroor dat jy bewus is van jou innerlike self, weet wie jy is en weet wat jy bereid is om te doen.

· Wanneer ons jonk is leer ons ons ouers se morele waardes en die van die familie. Ons leer hul geloofsisteme en rituele. As tieners begin ons hierdie waardes bevraagteken en dan ontwikkel ons ons eie morele waardes.

· Omdat ons in ‘n multikulterele land leef waar baie mense verskillende gelowe volg is dit belangrik dat ons meer van ander gelowe leer. Dit beteken dat jy begrip moet ontwikkel vir ander geloofsfeite sodat jy daartoe in staat is om met ander gelowe te empatisieer en dit te respekteer.

· Hoekom is geloof belangrik?

· Geloof help ons betekenis aan die lewe gee. Dit verskaf antwoorde op mense se vrae oor hulself en die wêreld waarin ons lewe.Dit beantwoord vrae soos: Wie is ek? Hoekom is ek hier?

· Geloof bring mense nader aan mekaar en gee ‘n gevoel van “ek behoort.” Dit laat mense deel voel van ‘n geloofsgemeenskap.

· Geloofswaardes gee mense ‘n stel riglyne waarvolgens hulle kan leef.Geloof verskaf duidelike etiese leerringe oor hoe mense elke dag hul lewe moet lewe.Mense ken hierdie reëls wat hul moet nakom en wat hul geloof sê oor dit wat reg en verkeerd is.

· Geloof word deur verskillende samelewings gebruik om te verduidelik wat in mense lewens gebeur.

· Geloof gee sy volgelinge ‘n gevoel van sekuriteit. Hul weet wie hul is, waar hul plek van oorsprong is in die wyer gemeenskap

2. Kritiese analise van morele en sosiale kwessies

· Die reg om te lewe

Volgens menseregte , het almal die reg tot lewe.

Alhoewel die keuse om ‘n swangerksap te beeindig (Act no 2 of 1996) vroue die reg gee om te besluit wanneer hul ‘n aborsie wil hê. Geen hospitaal mag ‘n vrou hierdie reg ontneem nie.

Die morele kwessie: Is aborsie aanvaarbaar?

· Genade dood/Euthanasia

Dit is die daad of toediening van dood vir iemand wat baie siek is of te beseer is, om sodoende verdere leiding te spaar.

Die morele kwessie: Kan jy enige iemand se lewe neem al gee die persoon toestemming en vereis dit van jou?

· Kulturele praktyke en tradisies.

· Renoster horing: Tradisionele Asiese medisyne

· Voorafgereelde huwelike waar ouers/familie besluit wie hul kinders gaan trou.

· Manlike besnydenis: deel van die inisiasieregte van sommige kulture.

DIE EINDE

Verwysings

1. Fokus op Lewensoriëntering, Maskew, Miller en Longman, 2012.

2. www.collegesa.co.za/FET-College

3. www.kznlegislature.gov.za

4. www.ieb.co.za/School/nsc.php

1 Gr 11 Saamgestel deur C. Van Staden en vertaal deur C.J. Croucamp