hoËrskool spineweg afrikaans eerste …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... ·...

13
0 HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 Graad : 10 September 2017 PUNTE: 80 TYD: 2UUR Eksaminator: Mev. Samsodien Moderator: Mnr. Omar INSTRUKSIES EN INLIGTING Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings. Afdeling A: Leesbegrip en informatiewe teks Afdeling B: Opsomming Afdeling C: Taal Beantwoord al die vrae. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. Skryf slegs met blou of swart pen. Skryf netjies en leesbaar.

Upload: ngohanh

Post on 11-May-2019

287 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

0

HOËRSKOOL SPINEWEG

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1

Graad : 10

September 2017

PUNTE: 80 TYD: 2UUR

Eksaminator: Mev. Samsodien

Moderator: Mnr. Omar

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Hierdie vraestel bestaan uit drie afdelings.

Afdeling A: Leesbegrip en informatiewe teks

Afdeling B: Opsomming

Afdeling C: Taal

Beantwoord al die vrae.

Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Skryf slegs met blou of swart pen.

Skryf netjies en leesbaar.

Page 2: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

1

Afdeling A

Vraag 1: Begriplees

Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae.

Pluk ‘n poegie uit vir pret-en pyn

deur Ilda Jacobs

Besit jy ‘n motorfiets of poegie, wens jy jy besit een, of het jy in ‘n

stadium een besit? Lees gerus oor die voor-en nadele van jou eie

wiele en die soorte poegiebestuurders.

Die voordele

Jy kan die hele wêreld platjaag teen 60 km/h, jy vervoer jouself

baie vinniger as jou lopende vriende en jy kan petrolgeld eis as

jou ma jou stuur om brood en melk te gaan koop. As jy op

universiteit is, kan jy van klas na klas ry en jy kom drogerig by

die huis as dit reën. Jy is baie lig op brandstof en olie. Jy voel

verskriklik onafhanklik en ‘mature’.

Die nadele

‘Spietkoppe’ bespied jou lisensie en ligte en jy kan nie vinniger as

60 km/h ry met jou 50 cc nie. Snelweë is ook vir jou taboe. Almal

wil altyd jou wiele gebruik, jy is permanent platsak oor jy

petrolgeld moet hoes en jy moet gedurig koes vir karre wat jou wil

platjaag. Jy kry dit reg om verkeersknope te veroorsaak, jou

ouers bankrot en halfmal te maak en soms gaan staan jy sonder

petrol. Jippie, dan stoot jy maar jou vinnige wiele huiswaarts. O

ja, jy moet jou wiele gereeld was.

Page 3: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

2

Soorte bestuurders

Daar is verskillende soorte poegiebestuurders. Kyk of jy die

volgende drie soorte herken.

Daar bestaan baie min van hierdie soort ryers, die Bibbers-en-

Bewers, maar hulle ontwikkel gewoonlik ná ‘n ongeluk. Jy weet

presies wie hulle is, want hulle kruie voor jou teen 20 km/h,

hulle wag tot die lig drie keer groen word voordat hulle dit waag

om te ry en hulle ry reusagtige ompaaie om verkeersligte en

kruisings te vermy.

Die Cool Ryers is die klomp wat gewoonlik in ‘n gang ry. Hulle jag

die aardbol vol, het altyd genoeg petrol, olie en geld en het hul

leerlingrybewyse met die eerste probeerslag gekry. Hulle besit óf

antieke poegies of splinternuwes.

Die Arrogantes glo hulle sal nooit gevang word nie en hul pa-

hulle betaal hul petrol, versekering en boetes. Hulle ‘lift’ mekaar

op 50 cc’s, ry sonder valhelms en lisensies en is boonop vriende

of familie van spietkops.

Dit maak nie saak watter soort poegiebestuurder jy is nie, ‘n

poegie bly iets wat beter is om te besit as om nie te besit nie,

veral vir ‘n tiener.

Beantwoord die vrae hieronder:

1.1 Wat is ‘n ‘spietkop’? (1)

1.2 Waarom kan poegieryers petrolgeld eis as hulle brood en

melk gaan koop? (1)

1.3 Noem een voordeel wat poegieryers bo hul lopende vriende

het. (1)

1.4 Wat is , na jou mening, die grootste nadeel van ‘n poegie?

Gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)

1.5 Na watter twee verkeersreëls wat op poegieryers betrekking

het, word daar in die teks verwys? (2)

1.6 Verduidelik waarom party peogieryers ‘Bibbers-en-Bewers’

genoem word? (2)

Page 4: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

3

1.7 Waarom word die derde groep poegieryers ‘Arrogant’

genoem? (2)

1.8 Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. Haal uit die

teks aan om jou antwoord te motiveer.

1.8.1 ‘n Poegieryer bly droog in die nat weer. (2)

1.8.2 ‘Bibbers-en-Bewers’ ry altyd reguit na hul bestemming. (2)

1.9 Watter twee opeenvolgende woorde wys dat sommige

peogieryers altyd sonder geld is? (1)

1.10 Haal een woord aan wat aantoon dat die ‘Bibbers-en-

Bewers’ baie stadig ry. (1)

1.11 Kies elke keer die korrekte antwoord. Skryf slegs die

nommer en letter neer.

1.11.1 Die sin ‘Jy kan die hele wêreld platjaag teen

60 km/h’ bevat ‘n voorbeeld van…

a. ironie b. woordspeling

c. sarkasme

d. galgehumor (1)

1.11.2 As ‘n mens ‘mature’ voel, voel jy…

a. volwasse

b. vry

c. selfstandig

d. onafhanklik (1)

Page 5: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

4

1.11.3 As ‘n mens petrolgeld moet ‘hoes’, beteken dit…

a. Jy hoes wanneer jy brandstof ruik.

b. Jy moet gedurig brandstof ingooi.

c. Jy is allergies vir brandstof

d. Jy moet vir brandstof betaal. (1)

[20]

En

Vraag 2: Informatiewe teks

Lees die onderstaande teks noukeurig deur en beantwoord

die vrae.

Page 6: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

5

2. Onder watter afdeling sal jy in die volgende gevalle soek?

Skryf slegs die naam van die afdeling neer.

2.1.1 Jy voel jy het ekstra wiskundelesse nodig. (1)

2.1.2 Jy is opsoek na ‘n tweedehandse duikpak. (1)

2.1.3 Jou kat het weggeraak. (1)

2.2 Jou klas bied fiksheidsklasse by die skool aan en wil

die gemeenskap daarby betrek. Onder watter afdeling sal

die advertensie geplaas word? (2)

2.3 Is die volgende stellings waar of onwaar? Haal uit die

teks aan om jou antwoord te motiveer.

2.3.1 Die broodsnyer wat te koop is, is goed vir

huishoudelike gebruik. (2)

2.3.2 Ismail en Sharmaine kan saans oor die skeepshouers

geskakel word. (2)

2.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf die nommer en letter neer.

2.4.1 Marius is op soek na ‘n vennoot in die restuarantbedryf.

Hy wil dus iemand hê.

a. Wat vir hom kan werk.

b. Vir wie hy kan werk.

c. Wat saam met hom kan werk. (1)

[10]

Afdeling A: /30/

Page 7: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

6

Afdeling B

Vraag 3: Opsomming

Skryf SEWE wenke vir gesonde eetgewoontes neer.

Skryf die wenke puntsgewys neer.

Nommer die sinne 1 tot 7

Jou opsomming mag nie langer as 60 woorde wees nie.

Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die

opsomming aan.

Goeie en gesonde eetgewoontes.

1. Ouers moet van ‘n jong ouderdom gesonde eetgewoontes by

kinders aanmoedig. Gesonde eetgewoontes en oefening kan

vetsug in kinders en volwassenes voorkom. Hier volg ‘n paar

riglyne ten opsigte van gesonde eetgewoontes vir almal:

2. Dit is belangrik om jou dag met ‘n goeie ontbyt te begin. Studies

toon dat mense wat ontbyt oorslaan, ‘n 21% groter kans het om

diabetes te ontwikkel.

3. Jy moet gereelde maaltye eet. Sodra jy maaltye oorslaan,kan jou

bloedsuiker val wat veroorsaak dat jou produktiwiteit verminder.

4. Korrekte porsiegroottes is baie belangrik. Indien jou porsies te

groot of te klein is, is daar ‘n wanbalans in jou energie en

voedingswaarde wat jy inneem. Dit kan jou lewenskwaliteit

negatief beïnvloed.

5. Die inname van verfynde stysel moet beperk word. Dit sluit

happies soos pasteie, kitspap, beskuitjies, pasta, beskuit en

koekies in.

6. Jy moet elke dag vars groente en vrugte eet. Hierdie kosse bevat

noodsaaklike vitamiene, vesel en ook gesonde suiker wat

belangrik vir gesonde leefstyl is.

7. Drink genoeg water; 6-8 glasse is ‘n goeie riglyn. Daar is baie

mense wat nie van water hou nie, maar mens kan aanleer om dit

te drink.

8. Eet meer vis. Vis is ryk aan omega 3-vetsure wat baie goed vir

enige mens se gesondheid is.

[Verwerk: Lig, Julie 2013] Afdeling B: /10/

Page 8: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

7

Afdeling C

Vraag 4: Taal in Konteks

4.1 Gee elke keer een woord vir die gedeelte tussen hakies:

4.1.1 My (ma se suster) gaan saam met ons met vakansie. (1)

4.1.2 Die kinders bou (klein torings) van sand op die strand. (1)

Page 9: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

8

4.2 Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies:

4.2.1 Sy dink dit is (lekker) om hier vakansie te hou as om oorsee te gaan. (1)

4.2.2 Die vakansieoorde word deur (toeris) besoek. (1)

4.3 Herskryf die getal in die volgende sin in woorde:

Ons gaan oor 23 dae met vakansie. (1)

4.4 Waarvoor staan die laaste twee letters in die volgende

webwerf se adres?

www.atkv.co.za (1)

4.5 Skryf die ontbrekende woord neer:

‘n Mens moet goed beplan as ____________ met vakansie

gaan. (1)

4.6 Herskryf die volgende sin in die infinitief. Begin soos

aangedui.

Ons gaan graag met vakansie.

Begin so: Ons hou daarvan om… (1)

4.7 Verander die volgende sin na ‘n vraagsin:

Julle het verlede jaar daarheen gegaan. (1)

4.8 Verbeter die woordorde in die volgende sin:

Ons gaan Krugerwildtuin toe per vliegtuig aan die einde

van die maand. (1)

[10]

Page 10: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

9

Vraag 5: Spotprent

5.1 Kies die korrekte woord tussen hakies.

Pa ( sny/ snei ) die bome. (1)

5.2 Skryf die korrekte spelling van die vetgedrukte woord neer.

Die pa het ‘n sker in sy hande. (1)

5.3 Vul die ontbrekende voornaamwoord in.

Die seun skiet ________ maat met die speelgoedgeweer. (1)

5.4 Gee die verkleining van die vetgedrukte woord.

Die seun dra ‘n broek. (1)

5.5 Gee die meervoud van die vetgedrukte woord.

Pa en oupa dra hemp. (1)

5.6 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

Die stoel (op wat) oupa sit, is stewig. (1)

Page 11: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

10

5.7 Gee die intensiewe vorm van die woorde tussen hakies.

Ma is ‘n ( 5.7.1 vet) vrou.

Die speelgoedgeweer was ( 5.7.2 goedkoop) (2)

5.8 Gee die vergrotende trap van die woord

tussen hakies.

Die pa is (oud) as die ma. (1)

5.9 Gee die korrekte samestelling

Die seuns dra (kind + skoene). (1)

[10]

Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit.

Twee van die gewildste skrywers in Afrikaans is Deon Meyer en

Irma Joubert. Jong lesers sal hulle boeke ook baie geniet.

Deon Meyer skryf die wonderlikste speurverhale wat al in baie

tale vertaal is. Van sy gewildste boeke is 13 uur en Onsigbaar.

Deon het in Klerksdorp grootgeword en van kleintyd af het hy vir

sy maats stories vertel. Irma Joubert het boeke soos Tussen

stasies, Pérsomi, Kind van die Brakrant en Anderkant Pontenilo

geskryf. Sy was ‘n Afrikaans-onderwyser wat na haar aftrede

begin skryf het. Sy skryf graag lekker outydse liefdesverhale wat

dikwels in die geskiedenis gewortel is.

Dié twee skrywers skryf lekkerleesboeke wat ‘n leser in ‘n japtrap

klaar lees.

6.1 Skryf die sinne in die verlede tyd. 6.1.1 Baie mense geniet Deon Meyer en Irma Joubert

se boeke. (1)

6.1.2 Deon word in Klerksdorp groot. (1) 6.2 Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord.

Hulle is twee van die gewildste skrywers. (1)

Page 12: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

11

6.3 Skryf die sin in die teenwoordige tyd. Jong lesers sal hulle boeke ook baie geniet. (1)

6.4 Gee die regte vorm van die vetgedrukte woord. Deon Meyer skryf die (goed) speurverhale. (1)

6.5 Verander die stelsin na ‘n vraagsin.

Deon skryf die wonderlikste speurverhale. (1)

6.6 Skryf die volgende sinne oor in die ontkennende (negatiewe) vorm.

6.6.1 Sy gewildste boeke is óf 13 uur óf Onsigbaar.

6.6.2 Ek lees nog Deon Meyer se boeke. (2) 6.7 Skryf die volgende vraagsin oor as ‘n stelsin. Begin met

die vetgedrukte woord. Vertel hy van kleintyd vir sy maats stories? (1)

6.8 Skryf die sinsdele tussen hakies in die korrekte woordorde.

Die boeke verkoop (blitsvinnig; in die boewinkels; elke Kersfees). (1)

6.9 Vul die ontbrekende voorsetsel in.

6.9.1 Sy skryf ________ verhale wat oral die wêreld plaasvind.

(1)

6.10 Kies die korrekte woord tussen hakies.

6.10.1 Die meisie oor (wie/wat) hy skryf is ‘n Suid-Afrikaner. 6.10.2 Die man (wie/wat) die boek skryf, het in Klerksdorp grootgeword. (2)

6.11 Skryf die sin oor in die lydende vorm.

Sy skryf outydse liefdesverhale. (1) 6.12 Verbeter die spelfout.

Lesers lees die skrywers se boeke sommer gou gou klaar. (1)

Page 13: HOËRSKOOL SPINEWEG AFRIKAANS EERSTE …spineroadhighschool.co.za/wp-content/uploads/2017/... · Vraag 6: Lees die teks en voer die instruksies uit. Twee van die gewildste skrywers

12

6.13 Rangskik die sinsdele in die regte volgorde. altyd ; is ; ‘n baie goeie geskenk ; ‘n Boek (1)

6.14 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.

Deon en Irma is albei skrywers. Hulle is maats (daarom) (1)

6.15 Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies. Deon is (baie beroemd). (1)

6.16 Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord. Hy skryf wonderlike verhale. (1)

6.17 Skryf die sin oor in die direkte rede.

Die vrou vra hoeveel boeke hy deur sy skryfloopbaan verkoop het en wat sy gewildste boek was. (1)

[20] Afdeling C: /40/

________________________________________________________