hoofstuk 1: wie of wat hou ons uit die koninkryk van god? · 3 hoofstuk 1: wie of wat hou ons uit...

50
1 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? Jan Roos

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

1

Hoofstuk 1:

Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Jan Roos

Page 2: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

2

Page 3: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

3

Hoofstuk 1:

Wie of wat hou ons uit die koninkryk

van God?

My seun, neem aan wat ek jou sê,

maak wat ek jou voorskryf jou eie,

hou jou ore oop vir die wysheid,

span jou in om te verstaan.

Roep insig by, vra na gesonde begrip.

Soek dit soos jy silwer sou soek,

spoor dit op soos 'n verborge skat.

Dan sal jy weet hoe om die Here te dien,

sal jy ontdek wat dit is om God te ken.

(Spr. 2:1-5)

Jan Roos

Posbus 43792

Heuwelsig

Bloemfontein

9332

Page 4: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

4

“Baie Suid-Afrikaners is op pad na die hel! – Wat moet ek doen?”

deur dr. J.C. Roos.

Eerste uitgawe 2013.

Geen kopiereg word op hierdie boek voorbehou nie. Die materiaal kan gebruik, gedupliseer en versprei word met die voorwaarde dat erkenning aan die outeur verleen word en geen veranderings aan die teks aangebring word nie.

Tensy anders aangedui is skrifaanhalings in die publikasie geneem uit die

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling): Bybelgenootskap van Suid-Afrika © 1983, 1992. Gebruik met toestemming. Alle regte voorbehou.

Met dank aan die Bybelgenootskap – http://www.bybel.co.za/home/.

Asook skrifaanhalings uit die 1953-vertaling (OV); ‘Die Boodskap’ – Die Bybel in hedendaagse Afrikaans (2002), uit die “King James Version” (KJV) Bybel (e-Sword) en die New King James Version (NKJV).

Hierdie boek (elektroniese weergawe, PDF) kan gratis op die Webblad

gelees en afgelaai word by: www.hemelofhel.co.za

Dankbetuigings:

Aan my vrou (Bertie) vir geduld, kommentaar en liefde.

Aan al my broers en susters in die geloof. In besonder vir boeta Martin Taljaard, Johan du Toit en Andrew de Wet wat tegniese en taalversorging gedoen het.

Aan God die Heilige Gees vir my entoesiasme, wysheid, insig, kennis, raad, sterkte en eerbied vir die Here.

E-pos: [email protected]

Faks: 086 695 6850

Jan Roos

Mei 2013

Page 5: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

5

Voorwoord

Hierdie boek het op my hart kom lê nadat God Sy lig op my hart laat skyn het en my verlig het met Sy kennis. Ek moet dringend, maar uit liefde, vir my medemens waarsku dat die meeste nie op die regte pad is nie. Ek weet dit want ek was self daar. Baie Suid-Afrikaners dwaal en is mislei, hul prioriteite is nie reg nie en het nie ‘n idee wat hulle in die geestelike sfeer (realm) doen nie. Baie verstaan nie hulle geestelike roeping nie, is verblind, lou, en is op ‘n pad van vernietiging (na die hel), maar baie besef dit nie! Die mense sê: “Ons het niks van iemand nodig nie, want kyk net wat het ons alles!” Ai, al hierdie gespog maak dat julle heeltemal

blind is vir hoe pateties dit regtig met julle gaan. ‘n Mens wil eintlik

sommer oor julle aan die huil gaan. Kyk net hoe lyk julle: julle is

geestelik brandarm en bankrot. Boonop besef julle dit nie eens nie, want

julle is soos blindes.” (Openb. 3:17, Die Boodskap). En ons weet wat word van hulle – word uitgespoeg!

Let wel, ek sê op pad na die hel – so, daar is nog kans om ‘n rigting-verandering te doen – bekeer! Daarom wil ek, namens God sê: ‘Mense word wakker – draai weg van die sonde na God!’ Kyk wat sê die Woord: “Word wakker, word wakker, ruk jou reg, Sion (voeg jou naam hierin).” (Jes. 52:1). “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.” (Ef. 5:14).

En die kerk vertroos ons met woorde soos ‘ons is maar net nietige sondaars en almal oortree, maar as jy net probeer is dit genoeg solank jy net gedoop (baba besprinkeling), voorgestel en aangeneem is!’ Onthou, jy word nie as ‘n Christen gebore nie, jy word nie ‘n Christen met jou babadoop nie, jy is nie ‘n Christen omdat jy kerk toe gaan nie. As iemand sê hy is ‘n Christen, maak dit hom nie ‘n Christen nie!

Ek is nie ‘n filosoof, teoloog, of sielkundige nie, maar ‘n wedergebore Christen wat kan lees en skryf! Ek het ‘n doktorsgraad in die natuurwetenskappe gedoen, maar genadiglik tot die besef gekom ek het nie die ewige LEWE nie! God het Sy goedheid aan my betoon en my uit die duisternis na die lig gebring en ek prys my God wat my gered het. Na wedergeboorte en eenwording met Christus (nuwe lewe), is jy geroepe as gesant (ambassadeur) van Christus en is dit ‘n voorreg en eer om in Sy plek te handel. (2 Kor. 5:20).

Page 6: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

6

Toe ek uit die duisternis na lig gebring is, was ek verbaas en hartseer om al die dooie bene om my te sien (familie, vriende, mede-kerkgangers wat morsdood is; net soos ek was) – soos die volk Israel in Esegiël (Eseg. 37). Maar die goeie nuus is dat God deur Sy Gees weer hieruit ‘n weermag kan bou! Dis eintlik die opdrag wat God ons gee om te doen. Daarom bid ek vir ‘n herlewing in elkeen se hart – herlewing vir ons land, Suid-Afrika.

Baie Suid-Afrikaners sê en dink hulle is ware Christene; maar is dit in werklikheid nie! Hulle is wêreldse (vleeslike) Christene (‘carnal Christians’) wat oppervlakkig in die siel en nie in die gees funksioneer nie. Hulle is nie met Christus verenig nie. Wat bedoel ek? Dit beteken dat ‘n persoon is nog nie wedergebore nie (‘n nuwe mens). Jy is nog ‘n sondaar voor God, jy is sonder die Heilige Gees en jy is sonder hoop – want die Bybel sê die ongeredde sondaar se toekoms is verdelging.

Die satan het geweldige beheer op aarde (Joh. 12:31 & 14:30) en dit sien ons in al die sfere van die samelewing. Daar is baie valse profete (dwaalleraars) en antichriste vandag (2 Pet. 2:1; 1 Joh. 4:1 & 1 Joh. 2:22), mense leef in ‘n leuen, en die wêreld is in vyandskap teen God! Mense leef in vrees, het baie bekommernisse en baie probleme. Mense is opsoek na geluk en wonder oor die geheim van die lewe? Maar Psalm 111:10 in Die Boodskap sê dit mooi: “Om gelukkig te wees moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy die geheim

van die lewe.” Hoeveel Suid-Afrikaners doen dit?

Daar is baie gelowe/godsdienste (‘religions’) en basies probeer hul almal om die gaping tussen God en die mens te oorbrug. Maar daar is net een, die Evangelie (‘gospel’) van Christus, waarin God na die mens uitreik. Godsdiens gaan jou nie red nie; om ’n goeie lewe te leef, red jou nie – jy het ’n Verlosser (Jesus) nodig. Min Christene verstaan bv. die verlossings proses en wedergeboorte. Jy kan nie verlossing verdien nie, jy kan dit nie koop nie, jy kan dit net deur geloof as ’n geskenk van God ontvang. Met dié boek wil ek my ervaring deel en die groter prentjie te wys.

Baie mense se ken-en-verstaan van die Bybel is piering vlak en dit lei tot hul eie vals redenasies, bv. hul sal sê: “Jesus het vir almal se sonde gesterf en sal ons uiteindelik almal weer in ‘n regte verhouding met God gestel word.” Maar nee, dis ‘n vals redenasie – dis nie wat die Bybel sê nie. Dis waar dat Christus vir almal se sondes gesterf het, maar as jy nie bekeer en Hom nie as jou persoonlike Verlosser aanvaar nie, dan is die vergifnis van sonde nie op jou van toepassing nie en gaan jy in die verderf beland! “Die HERE staan gereed om my (jou) te verlos.” (Jes. 38:20 OV).

Page 7: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

7

God het ons ‘n vrye will/keuse gegee: jy kies vir Hom en dan kies jy die ewige lewe (hemel) of jy kies teen Hom en gaan die dood (hel) tegemoet (Deut. 30:19). Dit is ‘n eenvoudig keuse, maar ‘n moeilike besluit! Hoekom? Omdat die satan en al sy demone (die magte van duisternis) jou wil verhoed om die lewe te kies. As jy dus hel toe gaan is dit omdat jy daarvoor gekies het (Jesus verwerp). Jou keuse sal deur God gerespekteer word en jy kry die loon vir die sonde wat die dood is (Rom. 6:23).

Die Bybel is een van die grootste geskenke van God aan die mens. Die Bybel is ‘n groot en komplekse boek (66 boeke deur 40 skrywers oor meer as duisend jaar), en dit is ‘n groot uitdaging wat baie tyd en wysheid vereis om dit reg te verstaan. Maar min mense wat ek ken, ken die kern waarhede en begrippe van die Bybel en baie mites word geglo. Algemeen word gesê: “Eva het ‘n appel in die tuin van Eden geëet”, maar die Bybel sê nie dit was ‘n appel nie – dit sê net ‘n ‘vrug’. Of daar word gepraat van ‘een paar van elke dier in Noag se ark’, maar daar staan ‘sewe pare van die rein diere en voëls’ (Gen. 7:2-3). Nog ‘n voorbeeld is dat ‘Noag 40 dae in die ark was.’ Nee, dit het 40 dae gereën; hulle was meer as ‘n jaar lank in die ark (377 dae).

Baie Suid-Afrikaners is op ‘n pad van vernietiging – die breë weg! (Matt. 7:13). Ons leef volgens die wêreld se valse reëls. My oproep en hartewens is daarom: moet nie verder tyd mors deur om doelloos op die leë, selfsugtige breë weg van die vleeslike lewe te wandel nie, want dit lei na die verderf! “Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!” (Amos 4:12).

Die eindtyd waarin ons leef, sal gekenmerk word aan bandeloosheid, geweld, chaos; net soos dit vandag alreeds is en dit sal net erger word, want terwyl die gelowiges al hoe meer die heerlikheid van Christus deelagtig sal word, sal diegene wat sonder Hom leef, al meer en meer aan die satan gelykvormig word!

Daar is ‘n groot verantwoordelikheid op elke persoon om vas te stel waar hy of sy met die Here staan. Ondersoek opnuut jouself of jy werklik in die geloof is, in liefde leef, en of jy deur ‘n lewe van heiligmaking (transformasie) en geestelike groei, ‘n bruikbare getuie (‘n dissipel) vir Jesus Christus is. Is die Heilige Gees jou leidsman? Jou ewige lewe hang hiervan af! Lees die res van die boek. Moet nie dat die godsdienste gees (van die duiwel) jou verhinder om verder te gaan nie. Leer die Waarheid ken, en die Waarheid sal jou vrymaak! (Joh. 8:32).

Page 8: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

8

Ons as Christene het krag en glorie (heerlikheid) op ‘n manier wat nie beskikbaar was voor die Kerk op Pinksterdag begin het nie. Die Heilige Gees, God self, is nou binne ons! Christene is nie net “volgelinge van Christus” nie. Ons is deur die Gees met Christus verenig, ons het ‘n identiteit met Hom. Hy het ons sondigheid en swakheid verruil vir Sy sterkte en krag – ons is vrygemaak! “Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en

dood.” (Rom. 8:2).

En nou as individuele lede van Sy Liggaam (kerk), as mense met Christus in ons, as Sy verteenwoordiger, laat ons ons opnuut verbind om Christus in die wêreld in te bring deur ons. Die wederkoms is baie naby, die oes is groot, maar die arbeiders is min, laat ons inspring en werk. Die wêreld het Christus dringend nodig en Hy kan deur Sy Gees hierheen kom as ons bid en toelaat dat Sy liefde en krag deur ons vloei.

Ek hoop, vertrou en bid dat hierdie boek jou sal help om werklik in ‘n geestelik eenheid en harmonie met die Drie-enige God; Vader, Seun en Heilige Gees te kom en in vrede en vreugde te lewe.

Liefde in Jesus Christus die Here,

Jan Roos

Page 9: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

9

Hoofstuk 1:

Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

1.1 Verwelkoming: Beste leser, ek is dankbaar dat my pad met joune deur hierdie boek gekruis het. Om die waarheid te sê, ek glo dis ‘n Goddelike (‘divine’) afspraak. Bykans twee jaar gelede (April, 2011) het ek ‘n persoonlike ontmoeting met God gehad wat my lewe vir altyd verander het, en ek bid en glo Hy sal dieselfde vir jou doen. Ek beskou dit as ‘n voorreg vir die geleentheid om jou van die waarheid van Sy liefde, lewensveranderende krag en genade te vertel wat ek beleef het. Ek kan nou getuig:

“Die Here leef! Ek loof Hom wat my rots is. Ek prys my God wat my

verlos het.” (2 Sam. 22:47).

Jesus gee aan die gelowiges ‘n opdrag om Sy Woord aan alle mense te verkondig (deur getuienis, gesprekke, boeke, CDs, ens.) en hulle Sy dissipels te maak (Matt. 28:19-20). Ek wil die evangelie van Jesus Christus (‘gospel’), die goeie nuus, aan alle Suid-Afrikaners verkondig deur hierdie boek. Hulle vertel van God se onvoorwaardelike liefde, Jesus se genade en versoeningswerk, die Heilige Gees se krag; die balans tussen genade en geloof, en die heilsweg. Maar veral om mense te waarsku en laat besef dat die meerderheid Suid-Afrikaners nie op pad is na die hemel nie, maar na die hel, want baie van hulle het nie ‘n persoonlike verhouding met God nie, het die wêreld lief en het lou geword! Middelmatige Christenskap was nooit veronderstel om te werk nie! As jy nie doen wat die Woord sê nie, bou jy jou lewe op die sand en kan jy met ‘n dwaas vergelyk word (Matt. 7:26).

Onthou: “To be almost saved, is to be totally lost!”

1.2 Inleiding:

Die meeste Suid-Afrikaners wat ek ken, het ‘n baie oppervlakkige geestelike lewe en baie se geloof en persepsies van die Woord en lewe is gebou op valse fondasies. Baie Christene verstaan die ‘basics’ glad nie – die basiese aspekte van Christenskap. Die ses fondasies is: i) Bekering (van ‘n heidense leefwyse), ii) Geloof in God, iii) die leer van die Dope, iv) die Handoplegging – ontvang van die Gees, v) die Opstanding van die dooies en vi) die Ewige oordeel (Hebr. 6:1-2). Terwyl Jesus in Lukas 10:21 sê: “Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges

bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit U genadige bedoeling.”

Page 10: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

10

Baie gelowiges bedryf ‘n wêreldse godsdiens (‘religion’), d.i. wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld – ‘n mensgemaakte versinsel. God is nie die outeur van vorm godsdiens nie – satan is. Hulle dink hulle is op die regte pad, maar is mislei en is op pad na die dood (verderf)! “Daar is 'n lewenswyse wat vir 'n mens reg kan lyk, maar die uiteinde daarvan is

die dood.” (Spr. 14:12 & 16:25). So, as jou Christenskap vir jou ‘n las is, of dit is verwarrend vir jou, dan is dit redelik seker om te sê jou doktrine, jou Christelike filosofie (lewens– en wêreldbeskouing) is nie korrek nie.

Baie ‘gelowiges’ is nie waar God hulle wil hê nie en dit is noodsaaklik dat hulle hul verhouding met God, hulself en hul medemens moet regstel. Ek weet want ek was self daar! Daarom treur ek oor my volksgenote en sê soos Paulus:

o “...dat daar by my groot droefheid en voortdurende hartseer is oor my

broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van

Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees.” (Rom. 9:2-3).

Ons moet nóú hieroor gesels, want die tyd is nou baie min!

Ek moet dit net aan die begin duidelik stel dat ek nie veroordeling (‘condemnation’) uitspreek of verkondig nie, maar oortuiging (‘conviction’) wat onderskeiding vereis. Alle veroordeling is van die duiwel. Alle oortuiging is van God. Beide sê baie dieselfde ding, maar daar is ‘n verkeerde gees (vals) agter die een en ‘n regte Gees (Heilige) agter die ander. As jy onder veroordeling is, probeer jy van die probleem wegkruip of weghardloop – soos baie mense doen. As jy onder oortuiging is, hardloop jy na die probleem om dit aan te spreek (‘face the problem’) en reg te stel. Dis wat ek wil doen! Ek het ook tot onlangs die balk in my oog gehad en wil nou mense help om die splinter uit hul oog te haal en te genees deur Christus se krag. Ek is nie die boodskap nie, net die boodskapper.

1.2.1 Agtergrond: Die meeste mense besef nie dat ons by geboorte, geestelik dood (‘spiritually dead’!) is nie – dit is a.g.v. die sonde van Adam en Eva geërf. Ons verhouding met God is na die sondeval verbreek. Ons word as sondaars gebore, daarom sondig ons – nie andersom nie! (onthou die deel uit ons geloofsbelydenis ‘in sonde ontvang en gebore’).

Ons is sondig van natuur (‘Naturally you sin’ – you love sin!). Bewys: Jy hoef nie ‘n kind te leer verkeerde goed doen nie; hy doen dit vanself! ‘n Baba is 100% selfgesentreerd en moet geleer word om medemens en God gesentreerd te raak.

Page 11: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

11

Dus, jy word nie as ‘n Christen gebore nie! Ons word nie met die Heilige Gees gebore nie! Ons moet die Heilige Gees van God ontvang! Ons ontvang dit nie met ons kinderbesprinkeling (‘klein doop’) van die kerk nie! Onthou as iemand sê hy is ‘n Christen, maak dit hom nie ‘n Christen nie!

1.2.2 Watter God? Dit is ook net belangrik om hier aan die begin duidelik te stel van watter God praat ek in hierdie boek, want daar is miljoene gode en elke persoon dink hy aanbid die regte God. Die God van die Bybel is die ware, ewige, lewende, die Skepper van hemele en aarde, die almagtige, alwetend, alomteenwoordig, perfekte, waaragtige, Heilige, die God van liefde – YHWH; daar is geen ander.

Die Bybel beskryf ‘n Drie-enige God. Die Bybel leer ons dat die Vader God is, dat Jesus God is, en dat die Heilige Gees God is. Die Drie-eenheid is een God wat uit drie persone bestaan (Vader, Seun en Heilige Gees), maar een doel, een wil, een Goddelike Wese. Die drie ewige, gelyke en mede-self bestaande Persone in die Godheid word ook só deur Johannes beskryf: “Daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord (die Seun) en die Heilige Gees, en hierdie drie is een” (1 Joh. 5:7). Kyk Figuur 1.1.

‘n Eenvoudige beskrywing om die Drie-eenheid te probeer verstaan is die beskrywing dat God soos die son is; as jy daarna kyk is dit een son, maar in werklikheid is dit basies drie komponente – die son, lig, en warmte (hitte) – soos die Drie-eenheid: Die Vader is soos die hele son, Jesus is die lig en die Heilige Gees is die warmte wat jy kan voel (Hinn, 2004).

In die Ou Testament het die HERE God (Jahweh Elohim, die Drie-enige God) Homself verklaar as die self bestaande “EK IS” (Eks. 3:14). In Johannes 8:58 het Jesus Christus verklaar: “Voordat Abraham was, is Ek.” Hy is die self bestaande God, gelyk aan die ewige-self-bestaande God die Vader en God die Heilige Gees, en moet ook as Here en God aangespreek word (Malan, 2012a).

Kyk die 89 bewyse van die Heilige Drie-Eenheid (’Divine Trinity’) en 18 vals interpretasies van die Drie-eenheid in The Dake se ’Annotated Reference Bible’ (2010).

Page 12: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

12

Figuur 1.1: Die Drie-eenheid van God.

• Die Hebreeuse name van ons Drie-enige God is: 1. Vader God: El (’Ale’) – die sterk magtige een; Hy is ook ‘I am’

Samestellings: El Shaddai [“el shad-dah’ee”]: God Almighty; El Elyon: The Most High God; El Olam: The Everlasting God.

2. Jesus Christus die Messias: Yeshua Ha’Mashiach; uitspraak: [“Ye-SHOO-a” “Ham-mah-SHEE-akh“]

3. Heilige Gees: Ruach Ha-Kodesh; [“ROO-akh hak-KOH-desh“]’

• Een God – 3 name: Elke naam gee ons ‘n duidelike aanduiding van die groot en ontsagwekkende majesteit van ons Heilige en Almagtige God!

YHWH (“YaHWeH” of “YeHoVaH”); “I AM” – die Ewige en oneindige natuur van God,

Elohim (“E-lo-HEEM”); die meervoud vorm van God – verwys na die Drie-eenheid van God. God as Skepper, onderhouer, sterk en magtig.

Adonai (“A-doh-NIGH”); God as Meester en Here (‘Lord’ in die Engelse Bybel) – die Een wat ons moet gehoorsaam om gered te word – ook ‘n meervoud vorm van God.

Page 13: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

13

Maar God het baie name wat Sy kenmerke en eienskappe beskryf – kyk Bylaag B, ‘Die 365 name van God’ vertaal van John Paul Jackson (2002) se mooi CD en boek oor die “365 Names of God.”

1.3 Wat is die mens se probleem? Met die sondeval is ons verhouding met God verbreek. Die mens het sy heerlikheid verloor.

Ons is almal sondaars, verlore en verdien die dood/hel!

o “Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie.”

(Rom. 3:23).

o “Die loon wat die sonde gee, is die dood.” (Rom. 6:23).

o “Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die

dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal

gesondig het.” (Rom. 5:12).

En omdat ons geestelik dood is, moet ons lewendig gemaak word deur verlossing (‘salvation’), die wedergeboorte! Dit is ‘n moet vir elke Christen, maar min gelowiges verstaan dit of het dit beleef. Kyk Hoofstuk 8, vir die verduideliking van die heilsweg.

Onthou: “Jesus did not come into the world to make bad men good. He came into the world to make dead men live.” – Leonard Ravenhill.

Baie van ons mense in die kerk (sogenaamde Christene) is vas aan die slaap en het ‘n onduidelike roeping. Prof. Johan Malan (Malan, 2006) stel dit baie duidelik: “As gevolg van oppervlakkige prediking en boeke met flou, afgewaterde boodskappies, ontvang baie mense nie ‘n duidelike roeping om hulle saak met die Here reg te maak nie. Hulle word aan die slaap gesus en onder die indruk gelaat dat hulle Christene is as hulle lede van ‘n Christelike kerk is, ‘n Christelike geloofsbelydenis huldig en ook Nagmaal gebruik. As gevolg hiervan soek hulle nie na ‘n ontmoeting met die Here nie en gaan met ‘n gedaante van godsaligheid deur die lewe – dit is ‘n skyn van Christenskap sonder wedergeboorte.”

o “Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van

die godsdiens sal hulle nie ken nie.” (2 Tim. 3:5).

• En ons weet wat word van hulle! o “Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate

het U die mense geleer.’ Maar Hy sal weer vir julle sê: ‘Ek weet nie waar

julle vandaan kom nie. Niemand van julle het gedoen wat reg is nie.

Maak dat julle van My af wegkom!’” (Luk. 13:26-27).

Page 14: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

14

1.4 Groot geskrik – hartseer: Ek is onlangs wedergebore en toe my oë oopgaan (sluier van my gesig af weggeneem is), het ek my byna dood geskrik. Ek het om my gekyk en besef bykans almal (my familie, vriende, kennisse, en meeste Suid Afrikaners) is net soos ek was! – onkundig (sluier oor hul verstand), geestelik dood – verblind – lou – vasgevang in die sondige wêreld. ‘n Klomp droë bene, morsdood (soos die volk Israel in Esegiël 37 beskryf word van die vallei met die klomp droë bene) en nie aanneemlik vir God nie – dus op pad na die poel van vuur (die tweede dood) – die verderf of die hel (gehenna)! Dít het juis die behoefte om die boek te skryf geaktiveer – deur die werking van die Heilige Gees. Kyk wat sê Leonard Ravenhill hieronder – ek stem nogal saam!

My vrou sê: ‘Jy gaan aan asof niemand gered gaan word nie – klink of almal op pad na die hel is!’ Wel, bykans almal want kyk wat vra die Woord:

o “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde

vind?” (Luk. 18:8).

o “Van die hemel af kyk die Here die mense deur om te sien of daar één

verstandige is, één wat na die wil van God vra.” (Ps. 14:2).

• Die pad na die verderf is breed – hoekom? Omdat daar so baie is wat daarop beweeg! o “Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en

dié wat daardeur ingaan, is baie.” (Matt. 7:13).

1.5 My stelling: Minstens 80% van die mense wat sê hulle is Christene het nie ‘n idée wat ‘n Christen is nie, leef glad nie soos een nie; leef in die vlees (sondige natuur) en nie in die Gees nie en dit lei tot die dood! Nie die fisiese dood nie, maar die ewige dood (tweede dood) – die poel van vuur – die hel.

o “Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop

uit op die dood.” (Rom. 8:6).

Page 15: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

15

Ek hoor jy sê: Hoe kan die ou sulke veroordelende stellings maak? Jy weet jy mag nie oordeel nie. Is dit ‘n geval van ek wil God speel en bepaal wie gaan hemel toe en wie gaan hel toe – wie dit ‘maak’ of nie? Nee, dit gaan hier oor die vraag van lewe en dood en ek vertel mense die waarheid (die Woord)! Ek veroordeel nie mense nie, ek vermaan hulle, ek waarsku, wil hul help, teregwys, dwaling bestry (help hul uit hul onkunde), die waarheid verkondig, ek wil mense help om die regte keuse te maak sodat hulle by God – die ewige lewe kan uitkom!

So, my taak is nie om mense te oordeel nie; want God sal dit self doen (Rom. 12:19), maar om Sy liefde te verkondig en mense uit liefde te help! Sodat die satan nie jou siel wen en jy saam met hom vir altyd in die poel van vuur brand nie. Dit is nie wat God wil hê nie – en ek glo geen nugter denkende mens nie!

o “Besef jy nie dat God jou deur Sy goedheid tot bekering wil lei nie?”

(Rom. 2:4).

Wil help met jou geestelike groei: o “Hóm (Christus) verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike

wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid

in Christus kan bring.” (Kol. 1:28).

En alles kom uit die Woord van God, wat die handleiding van die lewe is!

o “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die

waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n

regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan,

volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” (2 Tim.

3:16-17).

• My bekommernis, my hartseer oor die Suid-Afrikaners word baie mooi deur Andrew Murray (2011) opgesom – die oorspronklike teks is meer as ‘n 100 jaar gelede geskryf en niks het intussen verander nie!

“When I think of all the unconverted in our churches, the skeptics, the wayward, and the perishing around us, my heart cries, “My God,

revive your church; revive your people!” However weak some believers may be, if they are children of God, they are brothers and sisters. We must, then, pray for them, helping them out of darkness and out of the prison in which they find themselves. Our omnipotent God will do in us more than we can ask or think.”

Ek bid daagliks vir verlore siele!

Page 16: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

16

• Verkeerde pad: Let wel, ek sê: ‘op pad’ na die hel, maar jy hoef nie daar te eindig nie, want terwyl jy leef is daar nog hoop en ‘n kans om die saak met God reg te maak – ons leef in die genadetyd. Ek weet want ek was daar! En nou kan ek nie, mag ek nie, stilbly of stilsit en niks daaraan doen nie. Die Bybel sê ook baie is op die pad na die verderf! Min kry die lewe!

o “Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en

die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die

poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit

kry, is min.” (Matt. 7:13-14).

Jesus sê verder self, dat nie net ‘n paar misleide siele wat ‘n valse hoop op die hemel het nie – nee hy sê BAIE. Hy praat met mense wat dink hulle is Christene! (Matt. 7 & Luk. 13).

• Statistiek: My stelling wat ek bo gemaak het, word deur die volgende gesteun: ‘n Studie onder kerklidmate (Besorgde lidmate & leraars, 2010) sê: “Statistiek onder kerkmense is dat 70–80% van kerkmense in Suid Afrika (mense wat lidmate van ‘n kerk is) nie sekerheid van geloof het nie. Hulle is onseker of hulle gered is – of hulle op pad hemel toe of hel toe is. Dit is ‘n absolute ramp en ‘n geweldige krisis.” Ek stem 100% saam!

Billy Graham is aangehaal waar hy gesê het dat slegs 15% van al die mense wat verklaar dat hulle Christene is, werklik wedergebore is. Dit beteken dat 85% sal die koninkryk nie sien of daar ingaan nie!

Die Boek deur Besorgde lidmate & leraars (2010) stel dit ook baie mooi duidelik: “Omdat mense nie geloofsekerheid het nie (party is wel gered) is hulle nie vry nie (hulle is nie seker of hulle vrygespreek is nie). Daarom is hulle nie opgewonde en jubelend en juigend oor Christus nie. Hulle deel nie die evangelie met verlore mense nie, omdat hulle nie ‘n passie en hart vir verlore siele het nie.

Hulle ken nie werklik vir God nie, en daarom het hulle Hom nie lief nie en dien hulle Hom nie (voluit met hul hele lewe nie). Hulle het wel kennis oor en van God, Christus en die Bybel, maar verstaan en glo dit nie werklik nie. Sonder ‘n ware wedergeboorte, waar jy ‘n ‘nuwe’ mens word en die Heilige Gees ontvang, kan jy nie geestelike dinge verstaan nie.”

Page 17: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

17

• Daarom ontferm ek my oor dié wat twyfel: o “Oor dié wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle

red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met

versigtigheid ontferm.” (Jud. 1:22-23).

Ek sê soos Andrew Murray (2007): “My purpose is to pray for believers and those who do not know God.” So, ek het ‘n lang lys van persone wat nog in die duisternis is vir wie ek gereeld bid en ek sal aanhou tot my dood, want God beantwoord jou gebede soms dadelik – soms oor ‘n lang tyd.

Elisha Goodman (2004) vertel van George Müller, die baie bekende prediker en gebedsvegter (‘prayer warrior’) wat deur sy leeftyd 50 000 gebede neergeskryf het waarvan almal dieselfde dag beantwoord is! Maar hy het 5 vriende gehad wat nie gered was nie – en hy het elke dag vir hulle gebid.

Na 5 jaar, het een sy lewe vir die Here gegee. Na 10 jaar se gebed het ‘n verdere 2 hul bekeer. Na 35 jaar van gebed, is die 4de gered. Die vyfde is gered kort na Müller se dood – langs sy graf! So, moet nooit opgee nie!

o “Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking.” (Jak. 5:16).

1.6 Ken God jou? So, baie mense dink en sê hulle ken God, maar God ken hulle nie! Ek dink die hardste woorde in die Bybel is in Mattheus 7:23, waar die Here daardie dag (oordeelsdag) sal sê:

o “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af.” (Matt. 7:23).

o ”Ek weet nie waar julle vandaan kom nie.” (Luk. 13:25).

o “Maak dat julle van My af wegkom.” (Luk. 13:27).

En let daarop, Hy sê dit vir mense wat dink hulle is Christene, hulle sê:

o “Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose

geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?” (Matt. 7:22).

o “Dan sal julle sê: ‘Ons het saam met U geëet en gedrink, en op ons strate

het U die mense geleer.” (Luk. 13:26).

So, hulle het selfs nagmaal gebruik! Dit lyk my dit sluit sommige predikante, pastore en ander ‘predikers’ ook in en ek is oortuig dit sluit ook baie van ons sogenaamde (wêreldse) Christene in – en die wat lou was, want hulle word ook uitgespoeg. (Openb. 3:16).

Page 18: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

18

• Hoekom moet hulle gaan? Daar is hoofsaaklik 2 redes – hulle was ongehoorsaam (wet oortree; volhard in sonde) en omdat God hulle nie ken nie!

o “Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.” (Matt. 7:23).

En dan moet jy gaan, trouens jy gaan uitgegooi word in die buitenste duisternis. En dit gaan verskriklik wees; gehuil en gekners van tande – en daar is nie ‘n tweede kans nie!

En let daarop dat Hy sê: “BAIE sal daardie dag vir My sê: Here …” nie net ‘n paar verdwaalde verlore siele nie!

o “Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel

ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.

Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam

gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie

wonders gedoen nie?’ (Matt. 7:21-22).

• Wanneer ken God jou? Hoe is dit moontlik dat God jou nie ken nie? – Hy het jou dan gemaak? Ja, Hy het jou gemaak, daarom is jy Sy skepsel, maar nog nie Sy kind nie. Dis eers as jy Jesus as jou Verlosser aangeneem het en Sy Gees ontvang, dat jy Sy kind geword het en in ‘n persoonlike liefdesverhouding met Hom kom, en dan ken God jou.

i) Wanneer jy na Hom luister en Hom volg! o “My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My.”

(Joh. 10:27).

o Die Here moet jou herder wees (Ps. 23).

o “Die Here ken dié wat aan Hom behoort.” (2 Tim. 2:19).

ii) Wanneer jy Hom lief het! o “Maar as iemand God liefhet, ken God hom.” (1 Kor. 8:3).

o En dan is Hy ook lief vir jou – “Ek het dié lief wat my liefhet” (Spr. 8:17)

o “As iemand My (Jesus) liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my

Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.”

(Joh. 14:23).

iii) Wanneer jy Jesus aangeneem het en Sy kind is: o “Aan almal wat Hom (Jesus) aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy

die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12).

o “Elkeen wat glo dat Jesus die Christus is, is 'n kind van God.” (1 Joh. 5:1).

Page 19: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

19

iv) Wanneer Sy Gees in jou is: o “Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.”

(Rom. 8:14)

o “Sy Gees getuig saam met jou gees dat ons kinders van God is!”

(Rom. 8:16).

• Maar onthou, God wil dat almal gered moet word en tot kennis van die Waarheid kom! o “So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle

mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.” (1 Tim. 2:3-4).

En Hy het dit reeds bewys deurdat Hy Sy enigste Seun, uit die hemel, na ons gestuur het om ons weer met Hom te versoen. Maar dit help nie jy weet dit (in die verstand), en jy glo dit nie volledig nie het dit nog nie met jou hart (gees) aanvaar nie!

o “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat

dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.

God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel

nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word.” (Joh. 3:16-17).

• So, daar is net een Middelaar (Deur) tussen God en die mense en dit is Jesus Christus! o “Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en

die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal

gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van

God.” (1 Tim. 2:5-6).

Hoekom het Hy dit gedoen? Omdat Hy LIEF is vir ons! Nie omdat ons iets gedoen het wat die moeite werd is nie!

o “Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die

liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir

ons sondes.” (1 Joh. 4:10).

o “Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.” (1 Joh. 4:19)

Maar elke persoon moet die Woord (waarheid) glo en die liefde van God deur Jesus Christus aanneem (aanvaar) voor hy gered sal word! En die Woord (= Jesus Christus) is die waarheid!

o “Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die

waarheid.” (Joh. 17:17).

o “Julle is gered deurdat die Gees julle vir Hom afgesonder het en deurdat

julle die waarheid glo.” (2 Tess. 2:13).

Page 20: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

20

• As jy dit nie glo nie, sal jy verlore gaan! o “En so sal almal wat nie die waarheid geglo het nie, maar die

ongeregtigheid verkies het, veroordeel word.” (2 Tess. 2:12).

o “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy

die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12).

• Die geskiedenis herhaal homself! Die Bybel sê dat die mense (soos baie van ons vandag) die waarskuwings en tekens sal ignoreer en net soos met vorige veroordelings – aangaan met hul gewone goedjies en nie reg sal wees wanneer die wederkoms gaan plaasvind nie!

o “Soos dit in die dae van Noag was, sal dit ook wees by die koms van die

Seun van die mens. In daardie dae voor die sondvloed het hulle soos

gewoonlik geëet en gedrink en getrou tot op die dag dat Noag in die ark

ingegaan het. Hulle het nie besef wat aan die gang was nie, totdat die

sondvloed gekom en hulle almal weggesleur het. Net so sal dit gaan by die

koms van die Seun van die mens.” (Matt. 24:36-38).

Dieselfde was dit met Sodom en Gomorra waar die Here vir Abraham gesê het: ”al vind jy net 10 wat regverdig is, sal ek dit nie verdelg nie” (Gen. 18:32) – en ons weet hy kon nie een kry nie – en die stad is vernietig!

Maar daar is hoop, want as jy berou het en terugdraai (bekeer) sal God jou vergewe – soos Hy met die groot stad Nineve gedoen het. (Jona 3:10).

Die wederkoms van die Seun van God is onafwendbaar! Is jy gretig en gereed om Hom, die Skepper van die Heelal, met ope arms te ontvang? Kyk Hoofstuk 12 vir ‘n beknopte opsomming van Openbaring en die toekomstige wêreldgebeure.

1.7 Hoekom is jy so hard? Wat sal jy maak as jou kind op die spoorlyn loop en daar kom ‘n trein aan? Jy sal op hom skree en hom uit die pad van die trein ruk! Dis presies hoekom ek nou hierdie waarskuwing wil uitbasuin! Sal jy huiwer en toelaat dat jou vriend voor aankomende verkeer inloop? Waarom is ons dan huiwerig om ‘’n vriend te stop wat sonde (hel) binneloop? Daarom wil ek sê: ‘word wakker, word wakker!’ Draai weg van die sonde na God – bekeer julle!!!

Ek moet ‘wreed’ wees om liefde te betoon! “Sometimes it’s necessary to be cruel in order to be kind.” (William Shakespeare).

Page 21: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

21

Baie gemeentes is ook waar Sardis was en moet ook wakker word:

o “Word wakker en versterk wat nog by julle oorgebly het, wat op die punt

staan om dood te loop.” (Openb. 3:2).

Die woord ‘slaap’ dui in die Bybel meermale ‘n toestand van geestelike doodsheid, laksheid en traak-my-nie-agtigheid aan.

o “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou

lewe verlig.” (Ef. 5:14).

o “Die uur is reeds daar dat julle uit die slaap moet wakker word.” (Rom.

13:11).

“Could a mariner sit idle if he heard the drowning cry? Could a doctor sit in comfort and just let his patients die? Could a fireman sit idle, let men burn and give no hand? Can you sit at ease in Zion with the world around you DAMNED?” – Leonard Ravenhill.

Maar ek wil ook met wysheid optree – nie net skree word wakker nie, maar wil ook die antwoord gee, sodat jy in die regte verhouding met God kan kom – dis net tot jou eie ewige voordeel!

o “Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is.

Maak die beste gebruik van elke geleentheid. Wat julle sê, moet altyd

vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle

elkeen behoort te antwoord.” (Kol. 4:5-6).

1.8 Wie gaan hemel toe? Om toegang tot die hemel te kry hang basies af van wie jy ken! As jy die Seun (Jesus Christus) ken en Hom as jou persoonlike Verlosser aangeneem het, kom jy in. As jy Hom nie ken nie of aanvaar nie, kan jy nie ingaan nie!

o “God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die

Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die

lewe nie.” (1 Joh. 5:11-12).

o “Maar aan almal wat Hom aangeneem het, dié wat in Hom glo, het Hy

die reg gegee om kinders van God te word.” (Joh. 1:12).

• Jy moet die uitnodiging aanneem: Ek glo die hemel is ook vir ons (Afrikaners en baie Suid Afrikaners) bedoel, dis vir ons gereed gemaak, maar as ons dit nie aanvaar nie, word dit vir ander mense gegee, dan gaan ander mense gevra word om by die bruilofstafel aan te sit. Presies soos in die gelykenis in Mattheus 22:2-14 en Lukas 14: 15-24. Hoekom het die mense nie gekom nie – lees mooi, hulle was te besig – vol verskonings (Luk. 14), net soos vandag!

Page 22: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

22

Die feessaal gaan vol gaste gemaak word – met of sonder jou! Jy moet net ja sê vir die bruidegom (Jesus Christus) om jou plek in te neem!

o Jesus het gesê: “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met 'n

koning wat vir Sy seun 'n bruilofsfees voorberei het. Hy het Sy slawe

uitgestuur om die genooides na die bruilof te roep, maar hulle wou nie

kom nie. Toe stuur hy weer ander slawe met die opdrag: ‘Sê vir die

genooides: Die maaltyd is reg; my beeste en vetgemaakte vee is geslag, en

alles is gereed. Kom na die bruilof toe.’ “Maar die genooides het hulle

nie daaraan gesteur nie, en die een het na sy stuk grond en 'n ander een

na sy werkplek toe gegaan. … “Toe sê hy vir sy slawe: ‘Alles staan klaar

vir die bruilofsfees, maar die genooides was dit nie werd nie. Gaan nou

uit na die straathoeke en nooi soveel mense as wat julle teenkom, na die

bruilofsfees toe.’ Toe het daardie slawe uitgegaan op die strate en almal

wat hulle gekry het, bymekaargemaak, slegtes sowel as goeies. So het die

feessaal vol gaste geword.” (Matt. 22:2-14).

Het jy al die uitnodiging aanvaar? Want as jy nie die uitnodiging aanvaar het nie (LW dis ‘n keuse wat jy moet maak), gaan ons dit nie ‘maak’ nie; gaan in die hel beland! En glo my jy wil nie daar wees nie – ons almal weet dis BAIE sleg, onophoudelike pyn, dors en honger, totaal weg van God se teenwoordigheid, ondraaglik daar! – Kyk Hoofstuk 11. Jesus sê:

o “Ek sê vir julle: Baie sal van die ooste en die weste af kom en saam met

Abraham, Isak en Jakob aan tafel gaan in die koninkryk van die hemel.

Maar mense vir wie die koninkryk bedoel is, sal in die diepste duisternis

daarbuite gegooi word, waar hulle sal huil en op hulle tande sal kners.”

(Matt. 8:11-12).

• Moordenaars, prostitute, dwelmverslaafdes, diewe – dit is maklik om te sien waarom hierdie mense die Evangelie nodig het. Maar wat van die “ordentlike” mense: dokters, sakemanne, die bure? Hulle lyk so tevrede, so vervuld, so ... gaaf! Maar as jy ongehoorsaam is gaan jy gestraf word!

o “Dan sal Hy die mense straf wat nie vir God ken nie en dié wat die

evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie. Die ewige verdoemenis

sal hulle straf wees, altyd geban uit die teenwoordigheid van die Here en

van Sy wonderbaarlike mag.” (2 Tess. 1:8-9).

o “Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun

ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op

hom.” (Joh. 3:36).

Kyk Hoofstuk 11 oor ‘Hemel of Hel – dis jou keuse.’

Page 23: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

23

1.9 Hoekom gaan ons (gewone ‘Christene’) dit waarskynlik ook nie ‘maak’ nie?

Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? Daar is honderde redes wat mense verhoed om in die koninkryk in te gaan, maar die fundamentele probleem is sonde, en dan die leuen wat mense mislei sodat hulle nie die regte keuses maak nie. Ek noem ‘n paar wat algemeen voorkom. Hoofstuk 3 brei verder uit oor hoe ons hier beland het.

Malan (2006) gee verskeie valse fondamente (leuens) in ons kerke. Hy sê o.a.: “Daar bestaan ‘n ernstige gevaar van valse fondamente wat deur die siele vyand (duiwel) en sy medewerkers (demone) aan mense gebied word wanneer hulle na die Here soek.

Sy eerste mikpunt is om hulle van redding te weerhou en by vormgodsdiens te laat berus. Indien hy nie daarin kan slaag nie, probeer hy om hulle geestelik op ‘n syspoor te laat beland, moedeloos te maak en deur dwalings en wêreldgesindheid die krag van die Heilige Gees te laat verbeur.” Bv. een van die vals fondamente waarop baie mense se lewens gebou is:

1.9.1 ‘Alle Christene is met die Gees vervul’ Op grond van die feit dat die Heilige Gees mense wederbaar, word dikwels beweer dat alle Christene reeds met Hom vervul is. Hierdie stelling is lynreg in stryd met die Bybel en weerhou baie Christene van ‘n Geesvervulde, oorwinnende lewe. Sonder ‘n volle oorgawe kom die ongekruisigde, vleeslike natuur in jou met die inwonende Heilige Gees in botsing (Gal. 5:17). In hierdie toestand sal jy nie vir die satan en sy ryk ‘n groot bedreiging wees nie. Trouens, “As iemand die Gees van Christus nie het nie, behoort hy nie aan Christus nie.” (Rom. 8:9).

Indien jy egter die kruis van selfverloëning opneem en om die vervulling met die Heilige Gees bid (Luk. 9:23; Ef. 5:18), dan neem Hy beheer van jou lewe oor. “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie.” (Gal. 5:16). Die Bybel leer dat jy deur ‘n proses gaan om die Heilige Gees te ontvang. “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle

sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.” (Hand. 2:38). Die doop hier verwys nie na die kinderbesprinkeling (babadoop) van baie kerke nie! So, vra jouself wanneer en hoe het ek die Heilige Gees ontvang? – Kyk Hoofstuk 3 & 8 – ‘Hoe ontvang jy die Heilige Gees’ (3.8.3; 8.5).

Page 24: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

24

1.9.2 Wêreldse (vleeslike) Christene: Ons kerke sit vol van wêreldse – vleeslike (‘carnal’) Christene. Hulle gaan nog kerk toe (sommige net om hul gewete te sus), bid so nou en dan ‘n rympie, maar is nie gevul met die Heilige Gees nie. Hul lewe is nie heilig nie, word beheer deur die sondige natuur; oorleef net op geestelike melk; groei nie in die geestelike lewe nie, en is nie geestelik volwasse nie. Dis soos Murray (1953) sê: “Is it not a sad thing to see a believer who has been converted five, ten, twenty years, and yet no growth, and no strength, and no joy of holiness?”

Dit is ‘n skyn van Christenskap – hulle leef in die siel (volgens die wêreld) en nie in die gees nie en dit werk nie vir God nie.

“Dié wat hulle deur hulle sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie... is immers vyandskap teen God.” (Rom. 8:7-8). Die Engels is self nog duideliker: “For to be carnally minded is death; but to be spiritually minded is life and peace.” (Rom. 8:6). Vleeslike Christene is geen bate vir die kerk van Christus nie.

Hulle is in ‘n gemaksone (‘comfort zone’) – hulle doen nou nie eintlik iets groot verkeerd nie; moor, roof en steel nie – is eintlik ordentlike mense. Doen al die gewone dinge: werk hard, woeker met my talente, maak ‘n bydrae tot die gemeenskap, sorg vir vrou en kinders, kuier saam met vriende, kyk sport, braai vleis, maar het ‘n baie oppervlakkige geestelike lewe en geen persoonlike verhouding met God nie – en hier val die groot gros Afrikaners in – en dis die dodelike een! Jy is nie bewus daarvan dat jy verlore is nie – tipies die satan se taktiek! Hy sê vir jou; jy is op ‘Paradise road’ – nog ‘n leuen waarmee hy baie vang. Nee, bekeer en lewe! “As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees 'n einde maak aan julle

sondige praktyke, sal julle lewe.” (Rom. 8:13).

1.9.3 Is lou: Baie Suid-Afrikaners (en ek glo baie mense oor die wêreld) het eenvoudig lou geword! Daar is geen geesdrif vir die koninkryk van die hemele nie. En ons weet wat met die lou mense gaan gebeur!? Hoekom is ons lou? Want ons is finansieel onafhanklik en is mos in beheer van ons lewe en het niemand nodig nie! Hoekom bid vir daaglikse brood as ek dit sommer net by Woolies kan gaan koop? Die wêreld vertel ons jy het nie ‘n God nodig nie – humanisme – ons het alles. Maar die Woord sê: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die

koninkryk van die hemel.” (Matt. 5:3).

Page 25: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

25

As jy jouself moet vergelyk met die gemiddelde Afrikaan, dan is jy sekerlik ‘n baie ryk persoon. Volgens die aardse reëls het ons meer as genoeg goed. En daarom het ons nie eintlik vir God nodig nie. Ons het nie eintlik geloof in God nodig nie, want ons het genoeg van die ander goed. “Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en

kaal.” (Openb. 3:17) en daarom deur God uitgespoeg. God sê: “Maar nou, omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek

julle uit my mond uitspoeg.” (Openb. 3:16). En dit beteken God gaan jou verwerp! – met dié lou houding is jy op pad na die verderf!

Die ontstellende deel is dat baie mense ook sal erken dat hul lou is, maar niks daaraan doen nie! – dis ‘n gemaksone! Nee, moet nie dat die duiwel jou in die gemaksone hou nie, doen dadelik iets daaromtrent!

1.9.4 Net Geloof: Baie kerk-mense sê: “Ek is ‘n Christen, ek glo in die Here; ‘n mens moet net glo dan sal jy gered word, en ek doen dit daarom sal ek hemel toe gaan.” Nee, dis te maklik – enige iemand kan dit sê. Die fokus val hier op geloof as sodanig en nie op God nie, gevolglik word geloofsekerheid ‘n suiwer menslike prestasie – dis bloot in die verstand (siel) en nie in die hart (gees) nie. Mense dink jy kan “maar net glo” sonder dat jou lewe verander. Jakobus noem dit dooie geloof. Jou geloof in Jesus moet jou lewe verander, anders glo jy soos die duiwels wat alles oor Jesus “glo”, maar wie se lewe tog nie verander nie. Die duiwels glo ook aan God “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs.” (Jak. 2:19). Maar hul glo nie in God nie, met hart (gees) nie en doen nie Sy wil nie. Nee, moet jouself nie ‘fool’ nie! Dis nog ‘n leuen van die duiwel. Dis ‘n gemaksone waarin jy passief is en dis definitief nie al wat God van jou vra nie! Het jy jou van sonde bekeer? Dien jy die Here? Volg jy Jesus? “Jou dwaas, wil jy 'n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is.” (Jak. 2:20).

1.9.5 Nie wedergebore nie: Ek sien baie Suid-Afrikaners is nie wedergebore Christene nie. “Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien

nie.” (Joh. 3:3). En jy sal nie daar ingaan nie! “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die

koninkryk van God kom nie.” (Joh. 3:5).

Page 26: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

26

Jesus het vir Nikodemus duidelik laat verstaan dat teologiese kennis en ‘n mooi lewe nie genoeg is om die koninkryk van God te beërf nie – hy móét weergebore word. Wat beteken dit om wedergebore te wees? Hoe kan ek seker wees dat ek ‘n wedergebore Christen is? – kyk die 10 punt toets aan die einde van hierdie hoofstuk en Hfst. 8 ‘Die verlossingsproses’

1.9.6 Sondae in die kerk: Soms vertel die kerk die lidmate dat as jy geld vir die kerk gee, en sommer genoeg daarvan, Sondae in die kerk is en nie ’n te rowwe lewe lei nie, and dan is jy ‘orraait’. Mense glo dat ons nie deur ons eie toedoen nie, maar slegs deur die Genade in die hemel kan kom en daarom is jou pad geplavei na die hemel, want God het mos oorvloedige genade (maar hul vergeet dat jy ook moet glo; “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof.” (Ef. 2:8). En die lidmate voel goed, maar dit is die kerk (eintlik die satan in die kerk) wat ’n rat voor hul oë draai. Dit is nie waaroor Christenskap gaan nie. Jy word nie gered omdat jy lid van ‘n kerk is nie. Jy word net gered omdat jy in Jesus Christus glo. Kyk Hoofstuk 3 (3.12; bladsy 108) wat verduidelik wat dit beteken om te GLO. As jy nie wedergebore is nie gaan jy dit nie maak nie!

1.9.7 Satan hou ons baie besig – ‘Rat race’: Baie mense hoor God se stem (via die Woord, preke, boeke, ens), maar hulle is baie besig met die aardse goedjies – wêreldse (sekulêre) dinge! Hul harte is verhard van al die gemors wat die wêreld hul daagliks voer en oor hul spoel deur die media, films en boeke. Het nie nou tyd nie; vasgevang in die ‘Rat race’. Ons kan nie nou aan die geestelike goed dink en aandag gee nie – ek moet net werk want die lewe is duur! – en die satan lag lekker! ‘It is a disgrace for the world to be in a rat race’.

Ons moet weet dat ons minagtende en oneerbiedig teenoor God optree wanneer ons sê dat ons nie tyd kan vind om met Hom te verkeer nie! Trouens hierdie ‘tyd ding’ is ‘n baie effektiewe metode van die Satan om mense se tyd te steel en hulle weg te hou van God. “'n Ander deel het tussen die onkruid geval, en die onkruid het opgekom en dit laat verstik...

Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, is hy wat die woord

hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van

rykdom verstik die woord, en dit bly sonder vrug.” (Matt. 13: 7, 22). Moet nooit sê: ‘Ek het nie tyd vir God nie!’

Kyk die “SATAN'S MEETING’’ in Bylaag A.

Page 27: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

27

Sarah (2013) skryf ook dat God oor die wêreld kyk en sê: “What I see is that most of My people are not entering My fullness, not entering and walking in My plans for their life because the enemy keeps them busy in the flesh and inactive in the spirit.”

God se roepstem word verdoof deur die raserige en besige wêreld. Die stem van die Heilige Gees kan nie gehoor word bokant die wêreld se geraas nie tensy ons ons harte draai en ons ore instel op die Gees. Min hoor of reageer op Sy roepstem – hierdie boek is ‘n voorbeeld van só ‘n roepstem; “Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.” (Matt. 6:33).

“Maak jou klaar om voor jou God te kom verskyn!” (Amos 4:12).

Maak jou saak met God reg en leef daagliks volgens Sy wil. “Baie is immers geroep, maar min is uitverkies.” (Matt. 22:14).

1.9.8 Goedkoop genade: Nog een van die vals fondasies in ons kerke. Goedkoop genade word deur baie predikers as ‘n geskenk aangebied wat onvoorwaardelik deur almal verkry kan word. Hoewel dit ‘n gawe van God is (‘n geskenk) is dit nogtans nie goedkoop nie omdat dit aan duidelike voorwaardes gekoppel is. Sonde moet eers met berou bely en laat staan word voordat vergifnis verkry word.

Moet nooit jou boodskap van vergifnis op die idee bou dat God ons Vader is en dat Hy ons sal vergewe omdat Hy ons liefhet nie. Ja, Hy het ons baie lief, maar vergifnis van sonde kom deur die kruis, deur geloof in Jesus Christus, en jy moet jou sondes bely. “Maar as ons ons sondes bely

– Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van

alle ongeregtigheid.” (1 Joh. 1:9).

Dit help nie om net lippediens aan die Christelike verlossingsleer te bewys en te dink dat jou saak met die Here dan reg is nie. Op hierdie maklike wyse sal jy nooit die getuienis van die Heilige Gees in jou hart ontvang, wat saam met jou gees sal getuig dat jy ‘n kind van God is nie (Rom. 8:16). Volg die weg van die Here, en laat sy Gees toe om jou diep onder die indruk van jou sonde en verlorenheid te bring, maar ook van die geregtigheid en genade van die Here Jesus. Dan alleen sal jy op die regte koers vir ‘n grondige en blywende herskepping van jou lewe wees. (Malan, 2006).

Page 28: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

28

1.9.9 Edele waardes: Baie sogenaamde Christen mense dink hulle gaan Hemel toe, want God is mos genadig en vol liefde en sal my nie verwerp want ek is in wese nie sleg nie – ek is Okay. Ek doen nie slegte dinge nie, ek bring my kant by die werk, huis, kerk en gemeenskap.

Ek ken mense wat tot geen godsdiens of geloof behoort nie en wat van die edelste waardes in hul lewe handhaaf.

Net so is daar aan die ander kant baie godsdienstige mense wie se waardestelsel so onbeduidend is dat dit nie eens in hul lewe sigbaar is nie. Wel, dis duidelik dat beide die groepe mense dit waarskynlik nie sal ‘maak’ nie, want die Koninkryk van die Lig het niks met edele waardes of ‘ordentlike’ mense te doen nie! Dis nog ‘n leuen van die satan dat jy deur ‘goeie’ werke in die Hemel kom! Die vryspraak word nie verkry deur die wet te onderhou nie, maar deur in Jesus Christus te glo. (Rom. 3:21-22).

Valse geestelike fondamente word aan mense aangebied waarin die doop en kerklidmaatskap as genoegsaam vir redding beskou word, terwyl die eis van bekering en wedergeboorte meestal verswyg word. Lidmaatskap van ‘n kerk gaan jou nie red nie. Jou kinderdoop gaan jou nie red nie, goeie gedrag red jou nie, deur seker reëls en regulasies na te kom gaan jou nie red nie! Nee, dis jou geloof in Jesus Christus en aanvaarding van Sy verlossing wat jou red – dis ‘n persoonlike liefdesverhouding met Hom wat jou in die Hemel bring!

“Die doderyk maak sy keel wyd oop vir hulle, hy sper sy bek groot oop. Daarin sak die vooraanstaandes en die gewone burgers weg, die hele

rumoerige gepeupel.” (Jes. 5:13-14).

1.9.10 Skynheilig: Sommige mense (heelwat sit ook in die kerke) is skynheilig (‘hypocrites’) gee net voor dat hulle die Here dien, maar bedoel dit nie – hul ‘bluff’ hulself en dis fataal. Mense sluit by die kerk aan, want dis wat die gemeenskap van hom verwag en dan sal hulle ook met jou kom besigheid doen! “Hy antwoord hulle: “Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom. Julle is skynheiliges, soos daar geskrywe staan: “Hierdie volk eer My met

hulle mond, maar hulle hart is ver van My af.” (Mark. 7:6). “Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat, hulle straf sal vir altyd duur.” (Ps. 81:16). Die vernislagie van ’n onegte godsaligheid sal smelt en verdwyn in die vuurproef van die oordeel. Is jy net ‘n ‘professor’ of is jy ‘n ‘possessor’ van die Woord?

Page 29: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

29

1.9.11 Voorbeeldige lewe: Sommige mense leef voorbeeldig en doen goed, net omdat hul bang is vir die hel en met die hemel beloon wil word. Hierdie optrede word uit vrees en eiebelang gedryf en het niks met die liefde van God te doen nie. Jy word nie gered omdat jy ‘n ernstige mens is nie. Jy word nie gered deur jou intelligensie nie.

Jou ewigheid bestemming word bepaal deur jou persoonlike verhouding met Jesus Christus! Jesus is die weg en die waarheid en die lewe! (Joh. 14:6). En omdat dit ‘n liefdesverhouding is, is dit soos die huwelik, jy moet daagliks daaraan werk!

1.9.12 Goeie dade: Ek gaan hemel toe want ek is ‘n kerk mens, ‘n goeie mens en doen niemand skade nie! – en ons is so vol trots! – Nee, verkeerd! Nog ‘n leuen van die Satan. Die Bybel leer duidelik, by herhaling, dat daar geen verlossing is deur mense se goeie dade nie, aangesien niemand regverdig is en na God soek nie (Rom. 3:10-11).

Jy word nie gered omdat jy geld vir die kerk of armes nie gee nie. Jy word nie gered deur vrywilliglik tyd aan liefdadigheid aksies te gee nie. Jy word nie gered omdat jy ‘n goeie morele lewe ly nie of ‘n ‘goeie’ mens is nie! “Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie

verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te

wees nie.” (Ef. 2:8-9).

Die volgorde is omgedraai – as jy verlos is, dan sal jy die goeie dade doen! Gehoorsaam wees – geld gee vir die kerk, armes, ens.

1.9.13 Verbondsteologie: Duisende mense baseer hulle Christenskap op die onbybelse aanname dat die uitverkiesing en die kinderdoop hulle in ‘n ewige verbondsverhouding met die Here plaas, en dat hulle op grond hiervan vir altyd veilig in Sy hand is. Redding en wedergeboorte word dus nie deur hulle as noodsaaklik beskou nie.

Die opsigtelike feit dat baie van dié mense ten spyte van hulle kerklike ritualisering nie kinders van die Here is nie, en steeds deur hulle sondige natuur oorheers word, word geïgnoreer en aan die algemene sondigheid van alle Christene toegeskryf. Hulle meen dat hulle posisioneel salig en heilig is sonder ‘n morele plig om daagliks heilig en onberispelik te leef.

Page 30: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

30

Hierin is ‘n groot dwaling opgesluit, want só ‘n persoon probeer om ‘n matige sondaar te wees en vir die vergifnis van sekere sondes te bid, sonder om ooit sy totaal verdorwe toestand voor die Here te erken en om die redding van sy siel te bid. (Malan, 2006).

1.9.14 Doen jou eie ding: Baie wêreldse (in die vlees) Christene glo dat Jesus Christus bestaan. Baie erken dat Hy die redder van die mense is, en ‘aanvaar’ hom as hul persoonlike verlosser, maar min glo sodanig dat hulle gewillig is om Sy lering te volg; na Sy woorde te luister en te doen wat Hy sê. “Hulle het hulle nie gesteur aan die manier waarop God mense vryspreek nie. Hulle

wil niks van God se manier van vryspraak weet nie; hulle probeer dit op

hulle eie manier kry.” (Rom. 10:3).

Hulle is selfgesentreerd, net ingestel op hul eie behoeftes en eie plesier. Hulle vertrou op hul eie krag i.p.v. die almagtige krag van God, daarom sê Christus: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën,

sy kruis opneem en My volg.” (Matt. 16:24).

Jouself verloën beteken om jou eie, selfsugtige ambisies prys te gee. ‘n Christen is iemand wat die kennis en wysheid van God vertrou en nie op sy eie vermoëns staatmaak nie.

Is jy ‘n dissipel van Christus? Christenskap is ‘n manier van lewe wat in jou lewenstyl moet wys! Jesus het nie mense opgeroep om in Hom te glo nie, Hy het mense geroep om Hom te volg. “Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?” (Luk. 6:46).

1.9.15 Volg jou eie kop: Heelwat mense het in ‘n Christelike huis groot geword, het die Bybel gelees, het kerk-toe gegaan, was in Sondagskool (kategese), weet dus eintlik wat reg is, maar verkies om sy eie kop te volg, maak soos ék wil (‘did it my way!’), die verkeerde te doen en dis fataal! “Want as ons OPSETLIK sondig, NADAT ons die kennis van die waarheid ontvang het,

bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, maar ‘n verskriklike

verwagting van oordeel en ‘n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer.” (Hebr. 10:26-27).

Trots (selfverheffing) maak dat mense glo dat hulle die reg het om te doen wat hul wil wanneer hulle wil – dit is van die satan – hy is uit die hemel gegooi a.g.v. trots. Nee, Christene word deur die Heilige Gees gelei en ons behoort nie aan onsself nie. (1 Kor. 6:19). Mense wat in eie wysheid wandel kan nie sien nie.

Page 31: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

31

“A man’s destiny on Judgment Day will depend not on whether he has known God’s will but on whether he has done it.”

1.9.16 Lief vir die wêreld: Jy is lief vir die wêreld – jy behoort aan die wêreld; geniet die lewe saam met ‘goeie’ vriende; hou lekker ‘parties’ – ‘go with the flow’. “Die volk het gaan sit om te eet en te drink en het opgestaan en hulle aan

uitspattighede oorgegee.” (1 Kor. 10:7). Hulle is liefhebbers van hierdie wêreld en hulle vind hul plesier in aardse dinge. Word beheers deur die sondige natuur (Gal. 5:19-23) – kyk 5.6 en 5.8.

“Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap

teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat

hy 'n vyand van God is.” (Jak. 4:4).

“Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie.

As iemand die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie”. (1 Joh. 2:15).

So, as jy ’n vriend van die wêreld is, is jy verlore!

Kyk Hoofstuk 5 vir detail bespreking oor wat is wêreld se dinge.

1.9.17 Afgodery – meeste mense: Ons is besig met afgodery, want ons is gierig/gulsig (‘greed’); vol hebsug en begeertes. Dit was ook die eerste sonde van die mens – Eva het die vrug begeer en dit was haar ondergang! Jou begeertes; ‘ek wens ek het dit en dat gehad’ en dit word ‘n obsessie; die belangrikste in jou lewe – daardie kar, huis, daardie vrou.

Verder geldgierigheid is ‘n groot probleem onder mense vandag, is die wortel van allerlei kwaad en dit bring baie moeilikheid. (1 Tim. 6:10 -11). “Dít moet julle goed besef: iemand wat ontug pleeg, onsedelik lewe of

'n gierigaard is – want gierigheid is afgodery – het nie deel aan die

koninkryk van Christus en van God nie.” (Ef. 5:5; Kol. 3:5). Geldgierigheid is ‘n groot afgod in Suid-Afrika – wêreldwyd. “Dit is juis hulle silwer en goud wat hulle in sonde laat verval het.” (Eseg. 7:19).

Baie Suid-Afrikaners het van Sport ‘n afgod gemaak! Ons is almal baie lief vir ons kinders, maar jy kan ook van jou kinders ‘n afgod maak as hulle belangriker is as God. “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer

het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie.” (Matt. 10:37). God MOET eerste in alles wees!

Page 32: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

32

1.9.18 Ons is moordenaars: Baie van ons is moordenaars, omdat jy jou broer (medegelowige) haat! Mense sê goed soos: ‘Ek kan daai ou nie vat nie, ek verag hom’ – ‘Daar is nie genoeg plek vir ons al twee nie, ek wil nie oor of met hom praat nie’ – ‘ek haat daai ou’; ‘as ek hom sien wil ek hom iets aandoen; vrek maak!’

Dié onvergifnis (onvergewensgesindheid) lei tot bitterheid wat in haat omsit. Baie Suid-Afrikaners het nog diep rassehaat. Haat is een van die vrugte van bitterheid. En moordenaars gaan nie hemel toe nie!

“Elkeen wat sy broer haat, is 'n moordenaar; en julle weet dat geen

moordenaar die ewige lewe in hom het nie.” (1 Joh. 3:15). En as jy jou broer haat, is jy ook nie lief vir God nie! (1 Joh. 4:20). Ons moet besef hoe ernstig hierdie saak van onvergifnis en haat is en besef ons moet mekaar vergewe anders gaan God jou nie vergewe nie! (Mark. 11:25).

1.9.19 Agnoste en agnostici: Sommige mense (veral die jongmense) het Agnoste geword (agnosme is ‘n nuwe opkomende kulturele tendens waar die vraag na die bestaan van God mense eenvoudig nie meer interesseer nie).

As God jou nie meer interesseer nie, kan Hy dalk ook belangstelling in jou verloor en dan moet jy nie verbaas wees as jy die vreeslike woorde eendag hoor “Gaan weg van My ek ken jou nie”.

Sommige sê alles is vaag, hulle weet glad nie meer wat om te glo nie en is agnostici. Sonder geloof is dit onmoontlik om God se wil te doen!

Maar, die Woord sê: “As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered

word.” (Rom. 10:9).

1.9.20 Christen Universalisme: Sommige glo aan Christen Universalisme, d.i., Christus het vir almal gesterf en almal se sondes is dus vergewe en sal ons uiteindelik almal weer in ‘n regte verhouding met God gestel word. Nee, dis nie wat die Evangelie verkondig nie! Die Evangelie is slegs van toepassing op dié wat dit glo; glo in Jesus Christus en Hom as enigste verlosser aanvaar het (Rom. 3:21-26).

“In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde

vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe

staan: “Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe.” (Rom. 1:17).

Page 33: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

33

Dit is oppervlakkige onsin om te sê dat God ons vergewe omdat Hy ons lief het. Die liefde van God beteken Golgota – en niks minder nie! Die liefde van God is aan die kruis uitgespel en nêrens anders nie. Die enigste basis waarop God my kan vergewe is die kruis van Christus. En jy moet jou kant bring – as jy jou sondes bely, Hy is getrou en regverdig om dit te vergewe! (1 Joh. 1:9).

1.9.21 Kitsbekerings: Baie verklaar hulle is Christene, want hy/sy het eendag (lank, lank gelede) sy of haar hart aan die Here gegee (‘sinners prayer’ of so iets gedoen), maar leef nou glad nie daarvolgens nie – leef soos die sondige wêreld! ‘n Mens kan nie (gou, daardie 5 minute voor die bus vertrek) vir iemand ‘n paar vragies vra, ‘n gebed opsê en nou verklaar die persoon is verlos nie! Dit is onbybels! Dit lewer meestal slegs vleeslike (wêreldse) bekeerlinge (‘fleshly converts’). Mense kan ons nie salig verklaar nie – net God kan dit doen deur sy Gees (Rom. 8:16).

Die kitsbekering is nie noodwendig die probleem nie, maar die mate van die bekeerling se oorgawe is die probleem. Dan is jy nie ‘n bekeerde Christen nie en gaan dit nie ‘maak’ nie!

“Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, is

immers vyandskap teen God. Die sondige natuur onderwerp hom nie aan

die wet van God nie, dit kan trouens ook nie. Dié wat hulle deur hulle

sondige natuur laat beheers, kan nie die wil van God doen nie.” (Rom. 8:7-8). Onthou dit is ‘n pad of lewenswyse wat ons handhaaf nie net ‘n wegspring of vertrek punt nie.

‘Baie van die mense is dan nog net aan die beginstadium van sonde-oortuiging. Hulle het nog nie ‘n behoorlike kosteberekening gemaak en met berou belydenis van hulle sondes gedoen nie, wanneer die proses kortgeknip en as afgehandel beskou word.

Hulle word daarna gemaan om nooit aan hulle redding te twyfel nie, terwyl dit dalk glad nie eers plaasgevind het nie.

‘n Ontnugtering en valse bekering van hierdie aard ontmoedig sulke persone om weer te probeer. Sommige wat vir die stap gereed was, kan wél onder sulke omstandighede gered word, maar aan baie ander se siele kan onberekenbare skade gedoen word. Besluiteloosheid is sleg, maar so ook geforseerde besluite. Net berekende besluite onder die leiding van die Heilige Gees, wat uit ‘n sterk sonde-oortuiging gebore is, sal die toets deurstaan.’ (Malan, 2006).

Page 34: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

34

1.9.22 Verwerp God: Sommige verwerp God geheel en al (ateïste, godloënaars) – die geloof van die dwase (Ps. 14:1; 53:2), hulle veroordeel hulself! Die duisternis is hul koninkryk en satan is hul vader en sal saam met met hom die die hel gegooi word! “Wie 'n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.”

(Joh. 8:47). As jy nie ‘n kind van God is nie, is jy ‘n kind van die duiwel! Die ewige vuur is vir die duiwel en sy engele voorberei, maar die veroordeeldes word saam met die duiwel in die poel van vuur (gehenna) gewerp! “Dan sal die Koning vir dié aan Sy linkerkant sê: ‘Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy

engele voorberei is.” (Matt. 25:41).

1.9.23 Okkulte (‘witchcraft’): Baie van ons Suid-Afrikaners is in okkulte, towery (toordokters, dolosgooi), heksery, waarsêery, sterre voorspel en meegedoen aan die oproep en raadpleging van geeste of iemand wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg; soos voorvaderlike aanbidding, en gaan Sangomas toe.

“Daar mag nie 'n besweerder by jou wees nie en ook nie 'n towenaar of

iemand wat voortekens lees of 'n goëlaar of 'n slangbesweerder of iemand

wat geeste om inligting vra en dooies raadpleeg nie. Die Here het 'n

afsku van elkeen wat hierdie soort ding doen.” (Deut. 18:10-12) Dis ‘n gruwel in die oë van die Here (2 Kron. 33:6). Jy kan nie God dien en jou hiermee besig hou en dink jy het ‘n kaartjie hemel-toe nie!

1.9.24 Koud: Baie mense weet daar is ‘n God, het op ‘n stadium aan Hom geglo (‘believe’), maar nooit in Hom geglo nie (‘faith’) en het nou koud geword! Is deur die wêreld opgeslurp – die saad word verstik deur die onkruid. Gaan nie meer kerk toe nie, bid nie meer nie – miskien nog in noodgevalle; het geen persoonlike verhouding met God nie. Stel nie meer in die kerk se goed belang nie! Leef nie volgens God se Woord nie – leef volgens die wêreld se reëls (leuens).

As jy God se roepstem bly ignoreer en nie nou wakker gaan skrik nie, dan is die ewige vuur jou voorland! Die Heilige Gees onttrek wanneer jy hom bedroef (Ef. 4:30-32; Hos. 5:15).

Page 35: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

35

1.9.25 Nog nie besluit nie: Baie mense het nog nooit ‘n definitiewe geestelike wilsbesluit geneem nie. God het ons ‘n vrye wil/keuse (‘Free will’ – ‘freedom of choice’) gegee en ons moet kies: Dit is ‘n wilsbesluit. Niemand word per toeval gered nie, of omdat iemand anders namens jou glo nie, of gered omdat iemand anders wil hê dat jy gered moet word nie. Jy moet self vir God soek en vir jouself bid. Jy moet self kies; God of die duiwel (satan) – daar is niks tussenin nie! Enigiets teen die Woord (Bybel) of teen Jesus, is teen God en dus vir die satan.

By implikasie kies jy: Lewe of dood, lig of duisternis, goed of kwaad, seën of straf, hemel of hel. Jy MOET kies! “Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien.” (Jos. 24: 14-15).

Dis die belangrikste besluit in jou hele lewe! En God is regverdig, hy sal jou keuse respekteer en dit wat jy kies aan jou gee! So, dié wat hel toe gaan het self daarvoor gekies en kan niemand (ook nie God) blameer nie! Onthou net, a.g.v. die sondeval, is die gegewe (‘default’) die satan! So, as jy nie ‘n definitiewe keuse maak nie, dan kry satan jou! – die tweede dood; die poel van vuur!

As jy Jesus verloën (ontken), sal Hy jou voor God ontken (2 Tim. 2:12). God beveel aan jy kies Hom – die ewige lewe! “Ek roep vandag die hemel en die aarde tot getuie teen julle dat ek die lewe en die dood aan

jou voorgehou het, die seën en die straf. Kies die lewe, sodat jy en jou

nageslag kan lewe.” (Deut. 30:19). Verlossing (‘salvation’) is nie primêr ‘n keuse tussen hemel en hel nie, maar ‘n keuse tussen Jesus (waarheid) en sonde (leuen). Jou keuse moet ly tot vryheid!

1.10 Waar staan jy? “Daar is twee soorte Christene, een wat die titel Christen het, wat bid, kerk toe gaan en af en toe Bybel lees, maar aangaan in hulle weë. Waar die ander deel word van My familie en hulle laat Heilige Gees toe om hulle te verander, reinig, restoreer en hernu. Die eerste soort sal dit nie maak nie want hulle het nie genoeg olie of die swaard in hulle hande nie, hulle sal nie kan ontvang dit wat Ek vir hulle wou gee nie.” (Sarah, 2012).

Kyk na jou eie lewe en vra vir God om jou die onderskeidings vermoë te gee en jou sonde te erken.

Page 36: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

36

o “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my

onrus raak. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die

beproefde pad!” (Ps. 139:23-24).

Onthou, jy gaan oes wat jy gesaai het! o “Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur

dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die

Gees die ewige lewe oes.” (Gal. 6:8).

As jy nog twyfel is dit waarskynlik omdat die Heilige Gees nie met jou gees getuig nie.

o “Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.”

(Rom. 8:16).

• Die tien punt toets! Baie mense dink/hoop/glo hulle is ware wedergebore Christene, maar dan is hulle nie.

Korintiërs 13:5 sê, toets jouself: “Stel julleself op die proef en ondersoek

julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in

julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie.”

Net vir interessantheid om uself te toets as iemand U sou vra hoe kan jy ’n kind van God word. Wat sou U die persoon antwoord? Het jy ‘n persoonlike liefdesverhouding met God? – ken Hy jou? Elke Christen moet homself dus die vraag afvra: het ek die Heilige Gees ontvang? Is jy 100% seker? Wanneer en hoe het dit gebeur? Hoe het jou lewe daarna verander? Want as jy nie die Gees van Christus in jou het nie, behoort jy nie aan Christus nie – is jy nie ‘n kind van God nie – en dus op pad na die verderf! (Rom. 8:9).

Hieronder is ‘n toets wat jy kan gebruik om te bepaal of jy in die geloof lewe.

Die volgende is ‘n verwerkte uittreksel uit ‘n boek van Pastoor Kerry James Allen (1996). Dit gee enkele goeie en vaste bewyse van ‘n persoon wat wedergebore is. Jesus sê: "Aan hul vrugte sal jy hul ken." Ondersoek jouself teen hierdie kriteria. God laat ons nie in die duister hieroor nie.

Ons word nie gered deur ons dade nie, maar wanneer ons gered is, sal ons lewens dit definitief reflekteer in ons goeie werke: “So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.” (Jak. 2:17).

Is jy 100% seker dat jy die ewige lewe het? En as iemand jou vra om dit vanuit die Bybel te bewys, sal jy dit kan doen?

Page 37: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

37

VERTOON JY BEWYSE VAN ‘N GEESTELIKE LEWE? Hieronder volg tien (10) bewyse (getuienis) wat ware gelowiges in Jesus Christus besit, almal uit die brief van Een Johannes. Lees asseblief die volgende punte en vra jouself hoeveel hiervan manifesteer in jou lewe.

I. ONDERDANIGE RESPEK “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die

waarheid nie in ons nie.” (1 Joh. 1:8)

• Respekteer jy God?

• Is jou opinie net so belangrik of miskien belangriker as Syne?

• Is God se uitsprake (‘pronouncements’) gesaghebbend in jou lewe?

• Is Jesus Christus jou Here?

II. GEHOORSAAMHEID AAN DIE SKRIF “Wie Sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik Sy

doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is.” (1 Joh. 2:5)

• Lees jy die Bybel daagliks?

• Lees jy die Skrif, met die idée om te gehoorsaam te wees aan wat jy daarin vind?

• Rebelleer jy teen God se Woord of onderwerp jy jou daaraan?

• Is jy lief vir die Bybel?

III. WÊRELDSE VERWERPING “Moenie die sondige wêreld en die dinge van die wêreld liefhê nie. As iemand

die wêreld liefhet, is die Vader se liefde nie in hom nie.” (1 Joh. 2:15)

• Is jy lief vir die wêreld, jou geld, en jou besittings?

• Beteken dit vir jou meer as Jesus Christus en Sy goedkeuring?

• Is jy gewillig om alles vir Christus op te gee?

IV. STANDVASTIGE GETROUHEID “Hulle het wel uit ons geledere voortgekom, maar niemand van hulle was ooit

werklik een van ons nie, want as hulle werklik van ons was, sou hulle by ons

gebly het. Dit moes duidelik word dat geeneen van hulle werklik een van ons

is nie.” (1 Joh. 2:19).

• Is jy getrou in gereelde gemeenskap (‘fellowship’) met God se mense in jou plaaslike kerk?

• Kan jy weke lank van die kerk wegbly sonder om skuldig te voel?

• Het jy ‘n begeerte vir die geselskap van gelowiges by die kerk?

Page 38: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

38

V. WEDERKOMS VERWAGTING “Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat

ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal

wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in

verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.” (1 Joh. 3:2-3).

• Leef jy in die daaglikse bewustheid dat Jesus Christus gaan terugkeer vir Sy mense?

• Sien jy opgewonde uit na Sy koms vir jou?

• Vertoon jou daaglikse lewe dat Hy dalk vandag sal kom?

• Is jy gereed om Hom enige tyd te ontmoet?

VI. SONDE SENSITIWITEIT “Iemand wat 'n kind van God is, doen nie meer sonde nie, omdat die Gees van

God in hom bly; en hy kan nie meer sondig nie, omdat hy uit God gebore is.”

(1 Joh. 3:9).

• Pla jou sonde jou?

• Wens jy dat jy minder sonde kan doen?

• Sondig jy nou minder as toe jy die eerste keer ‘n belydenis (‘profession’) van geloof in Christus afgelê het?

• Geniet jy jou sonde of beïnvloed dit jou geluk?

• Besef jy God sien alle sonde?

VII. BROER/SUSTER LIEFDE “Ons weet dat ons klaar uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het

ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.” (1 Joh. 3:14)

• Is jy lief vir ander gelowiges in Jesus Christus?

• Geniet jy dit om in hul teenwoordigheid te wees of sal jy eerder saam met ander mense kuier?

• Is Christene jou beste vriende?

“Hiéraan is dit duidelik wie kinders van God en wie kinders van die duiwel is:

iemand wat nie regverdig lewe nie en nie sy broer liefhet nie, behoort nie aan

God nie.” (1 Joh. 3:10).

Die liefde vir jou broer en suster (gelowiges) is inderdaad die lakmoes toets vir God se kinders. “The life within all children of God is so rich that they can love every brother and every sister. Such love is spontaneous in all who belong to God.” (Nee, 2007).

Page 39: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

39

VIII. SMEEKGEBEDE BEANTWOORD “En wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen

wat Hy goedvind.” (1 Joh. 3:22)

• Bid jy gereeld?

• Kan jy na spesifieke antwoorde dink wat net van God gekom het?

• Vind jy dat jy gereeld met God as getroue vriend gesels?

IX. SKERP ONDERSKEIDING “Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want

daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen,

ondersoek of sy gees van God afkomstig is.” (1 Joh. 4:1)

• Kan jy maklik onderskei tussen die aansprake van verskillende gelowe?

• Sien jy alle gelowe/godsdienste (‘religions’) as dieselfde?

• Verstaan jy die doktrine van Christus?

• Glo jy dat Jesus Christus God is?

X. GEESTELIKE BEWUSTHEID “Hiéraan weet ons dat ons in Hom bly en Hy in ons: Hy het ons sy Gees

gegee.” (1 Joh. 4:13).

• Het jy ‘n duidelike bewustheid dat die Heilige Gees van God in jou lewe?

• Leer Hy jou dinge van die Skrif op ‘n gereelde basis?

• Spreek die Heilige Gees jou aan wanneer jy sondig of kan jy sondig met oorgawe?

As jy nie hierdie bewyse (‘evidence’) en versekering in jou lewe het nie, moet jy iemand soek wat jou hiermee kan help of kontak ons.

“Maar, geliefdes, al praat ons in hierdie trant, is ons oor julle oortuig van

beter: dat julle gered sal word.” (Hebr. 6:9).

Kyk Hoofstuk 9 vir ‘n lys van eienskappe en kenmerke van ‘n ware wedergebore Christen. Kyk ook Hoofstuk 7 – ‘Wat moet ek doen’ en Hoofstuk 8 – ‘Die verlossingsproses’.

Page 40: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

40

BYLAE

A) SATAN'S MEETING: (Read even if you're busy) Satan called a worldwide convention of demons. In his opening address he said:

"We can't keep Christians from going to church."

"We can't keep them from reading their Bibles and knowing the truth."

"We can't even keep them from forming an intimate relationship with their savior." "Once they gain that connection with Jesus, our power over them is broken."

"So let them go to their churches; let them have their covered dish dinners,

BUT steal their time, so they don't have time to develop a relationship with Jesus Christ.." "This is what I want you to do," said the devil:

"Distract them from gaining hold of their Savior and maintaining that vital connection throughout their day!"

"How shall we do this?" his demons shouted.

"Keep them busy in the non-essentials of life and invent innumerable schemes to occupy their minds," he answered.

"Tempt them to spend, spend, spend, and borrow, borrow, borrow."

"Persuade the wives to go to work for long hours and the husbands to work 6-7 days each week, 10-12 hours a day, so they can afford their empty lifestyles."

"Keep them from spending time with their children." "As their families fragment, soon, their homes will offer no escape from the pressures of work!" "Over-stimulate their minds so that they cannot hear that still, small voice."

"Entice them to play the radio or cassette player whenever they drive." To keep the TV, VCR, CDs and their PCs going constantly in their home and see to it that every store and restaurant in the world plays non-biblical music constantly."

"This will jam their minds and break that union with Christ." "Fill the coffee tables with magazines and newspapers."

"Pound their minds with the news 24 hours a day."

"Invade their driving moments with billboards."

Page 41: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

41

"Flood their mailboxes with junk mail, mail order catalogs, sweepstakes, and every kind of newsletter and promotional offering free products, services and false hopes.."

"Keep skinny, beautiful models on the magazines and TV so their husbands will believe that outward beauty is what's important, and they'll become dissatisfied with their wives. "

"Keep the wives too tired to love their husbands at night."

"Give them headaches too! "

"If they don't give their husbands the love they need, they will begin to look elsewhere." "That will fragment their families quickly!"

"Give them Santa Claus to distract them from teaching their children the real meaning of Christmas."

"Give them an Easter bunny so they won't talk about his resurrection and power over sin and death."

"Even in their recreation, let them be excessive."

"Have them return from their recreation exhausted."

"Keep them too busy to go out in nature and reflect on God's creation. Send them to amusement parks, sporting events, plays, concerts, and movies instead."

"Keep them busy, busy, busy!"

"And when they meet for spiritual fellowship, involve them in gossip and small talk so that they leave with troubled consciences."

"Crowd their lives with so many good causes they have no time to seek power from Jesus."

"Soon they will be working in their own strength, sacrificing their health and family for the good of the cause."

"It will work!" "It will work!" It was quite a plan!

The demons went eagerly to their assignments causing Christians everywhere to get busier and more rushed, going here and there.

Having little time for their God or their families.

Having no time to tell others about the power of Jesus to change lives.

I guess the question is, has the devil been successful in his schemes?

You be the judge!!!!!

Does "BUSY" mean: B-eing U-nder S-atan's Y-oke?

Page 42: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

42

B) 365 Name van God

(vertaal van John Paul Jackson, 2002)

Ek is …

God van Wonders:

1. die God wat wonders doen

2. die Here, en My stem is magtig

en vol majesteit

3. God; niks is vir My onmoontlik

nie

4. God wat sorg dat Sy magtige

dade nie vergeet word nie

5. God wat die weer laat dreun

6. die Gees van kennis en insig

7. die Heilige Gees wat oor die

water sweef

8. Prysenswaardig, om Sy eer en

mag

9. God wat homself bekend maak

deur visioene

10. Dunamis – krag

11. maak alle geheimenisse bekend

12. eerbied betoon; eer en ontsag

toekom

13. Hy wat opgevaar het na die

Vader

14. Die Drie-enige God van Israel

15. God wat wonders verrig

16. God wat in drome praat

17. die Erekoning

18. die Een wat die gedagtes en

begeertes deurgrond

19. Groot, ontsagwekkende en

lofwaardig

20. Yah en Yahweh

21. die Skepper van ware aanbidding

22. wysheid

23. alwetend

24. die Here wat die Hemel

oopgespan het

25. God is wat spreek

26. Jehovah Raphe, die groot

geneesheer

27. God kondig nuwe dinge aan voor

dit gebeur

28. die antwoord van die tong

29. vervul profesieë; nie te vroeg, nie

te laat nie

30. God wat jou drome gee

31. groter as enige ander god

God van Tekens:

32. gevind in my vasgestelde feestye

33. die salfolie

34. die helderligte wolk wat oor jou

kom

35. die sinagoge, kerk, tabernakel en

tempel

36. die lewende water

37. die ramshoring – shofar

38. die fontein van Israel

39. Israel se lewende ster

40. die paaslam

41. die ark van die verbond

42. die Deur

43. die altaar van die tabernakel

44. die balsem in Gilead

45. die affodil van Saron

46. die boom van die lewe

47. die God van Bet-El

48. die lelie van die veld

49. God wie die Sabbatte gegee het

as ‘n teken van die verhouding

tussen jou en My

50. die reënboog se kleure

51. die Rots, daar is geen ander

52. die glans in die wolk van die

tempel

53. die brood van die lewe

Page 43: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

43

Ek is …

54. jou Rots, vol lewende water

55. die lig van die wêreld

56. ‘n verterende vuur

57. jou verheffing uit die noorde

58. die helder oggend ster

59. die lig – die helder, gloeiende en

stralende Een

God van Genade:

60. God wat goedertieren is

61. guns en verleen guns aan wie Hy

kies

62. God van die gevlek, gestreep en

gespikkeldes

63. die Prins van vrede, voorspel

deur die profeet Jesaja

64. God wie jou siel herstel/genees

65. God, Hy versoek niemand nie

66. die God van vrede

67. Hy treur saam met die wat treur

68. Hy praat vanuit ‘n posisie van

genade

69. lankmoedig

70. Sy Gees

71. barmhartig – genadig

72. die vergewer van alle

oortredinge

73. die manna van die hemel

74. die asem wat lewe gee

75. Hy wat van jou sondes sal

vergeet

76. die geliefde in Spreuke

77. God wie Sy hand uitsteek

78. die Vryheid wat jy soek deur my

Gees

79. vir altyd getrou en betroubaar

80. God in jou land

81. die vergewer van al jou sonde

82. oorvloedig in genade

83. die altaar van vrede vir jou vrees

– “Die Here gee rus”

84. die Here gee wysheid aan die

eenvoudige

85. God wie se ontferming is elke

more nuut

86. God wie jou troos – bring

uitkoms

87. God van die armes en

vreemdelinge

88. sagmoedig en nederig van hart

89. die Here wat goedertierenheid

doen – bewys liefde

God van Offers:

90. die Christus

91. die beker van die bloed

92. die ewige – die één offer

93. die bloed wat jou sondes afwas

94. die gekruisigde Messias van

Golgota

95. jou reg en geregtigheid

96. die Yom Kippur offer vir al jou

sonde

97. waardig om die rol oop te maak

en te lees

98. Noag se Ark in ‘n wêreld steeds

vol sonde

99. die wyn en die brood

100. Lewe verewig

101. die gesprikkelde bloed van die

lam op die deurkosyne van

Israel

102. die Deur na die Vader

103. die Here en verlos die wat

verslae is van gees

104. God se Seun, gestuur om van

aangesig-tot-aangesig gesien

te word

105. Hy wat die Hemel vir jou

verlaat het

106. jou heiligmaking

107. die bloed van die versoening

108. God se enigste Seun

Page 44: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

44

Ek is…

109. heeltemal blind vir wat Ek

vergewe het

110. die brood van die lewe, vir jou

gebreek

111. Hy wie jou oortredinge uitwis

112. Gees van smeking

113. die deurboorde Messias

114. die houer van die sleutels van

die dood en die doderyk

115. die God van jou verlossing

116. die Lam wat geslag is

117. Vader, Seun en Heilige Gees

118. buitekant die laer, kom na My

119. die weg, die waarheid en die

lewe

God van Geregtigheid:

120. die regverdige regter van alle

die hele skepping

121. die Koning van die konings

122. aan die kant van die

regverdiges

123. God, My bevele bring

blydskap

124. die Een wat onbreekbare

verbonde maak met mense

125. Heilig, rein en onbevlek

126. God, buiten My is daar geen

god

127. God, alle dade word deur Hom

getoets

128. God, My getuie is waar

129. God, My gebod verlig die oë

130. jou getuie

131. regverdig; konings veroot-

moedig hulself voor My

132. God, Sy oë keur die

mensekinders

133. die Gees van Wysheid

134. My ordening

135. die Goddelike Regter van alle

dinge

136. die Wet

137. My bepalings, leef

daarvolgens

138. Regter van die lewendes en die

dooies

139. die Gees van Eerbied vir God

140. regverdig

141. perfekte kennis

142. voor wie elke tong sal bely

143. die Here wat lief is vir mense

wat regverdig handel

144. die onpartydige regverdige

regter

145. die Here en My bepalings is

reg en regverdig

146. Hy wat Moses gestuur het om

die kinders van Israel te bevry

147. God en niemand kan my

aksies omkeer nie

148. moet gevrees word bo alle

gode

149. God wie jou louter

150. My voorskrifte en bepalings

151. die Here wat jou genees

God van Beloftes:

152. kom terug

153. God en Ek wil hê jy moet in

my glo

154. Hy wat jou trane in My bottel

plaas, in My boek

155. God wie jou dinge wys wat

nog moet gebeur

156. die sewe Geeste en hulle is Ek

157. die Here, die respek vir My is

‘n fontein van lewe

158. God, My geheime is met die

wat My vrees/respekteer

159. lewe se waarborg van vreugde

en gesondheid

160. God wie gevind sal word deur

die wat My hul hele hart en

siel soek

Page 45: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

45

Ek is…

161. en jy sal my Name ken

162. Hy wat jou op die pad van

geregtigheid lei

163. die argitek van die laaste dae

164. die enigste sleutel gewer van

die Hemel

165. die God wat luister

166. die Here wie hoor as iemand

van My name praat

167. God wie jou lei na profesieë

168. die Koning wat binnekort kom

169. die Here, Ek verander nie

170. altyd by jou, waar jy ook al

gaan

171. God wie deur drome spreek

172. God wie Sy gestalte wys

173. die genesing waarna jy soek

174. die verlosser wie op die

Olyfberg gaan staan

175. God wie jou visioene gee

176. God van dié wat oud word

177. kom gou

178. die Een wat op die wit perd

kom

179. die hemel oopskeur

180. die korrektheid van My

geskrifte

181. wag vir jou

God die Herder:

182. jou herder, jy sal niks kort nie

183. die stok en die staf wat jou

vertroos

184. in die woestyn lei en na jou

hart spreek

185. naby dié met ‘n gebroke hart

186. jou vertroue

187. barmhartig

188. in die Vader

189. met jou en sal jou bewaar waar

jy ook al gaan

190. die skuilplek van die armes

191. jou Vader

192. God in die stilte

193. die Here, wie met My verenig,

is geestelik een met My

194. die Gees van raad

195. jou voorsiener

196. sagmoedig

197. die ware herder

198. die uitdrywer van alle vrees en

twyfel

199. pleit vir jou op die oomblik

200. Liefde

201. die staf wat jou terugtrek

202. mense vriend wat nader is as

‘n broer

203. die herder se staf

204. God wie by jou is in die dal

van dood-skaduwee

205. daar met jou

206. God wie jou krag gee

207. die lamp wat jou pad verlig

208. die Here, kosbaar in My oë is

die dood van My gunsgenote.

209. die Raadsman, Magtige God,

Ewige Vader

210. jou vrede en kalmte

211. Hy wie jou trane afvee

212. die veilige beskutting vir Sy

gesalfde

God van ouds:

213. die Here God van Abraham,

Isak, en Jakob

214. die Heilige Gees wat oor die

chaos van die aarde sweef

215. die lig in Genesis wat was

voor lig was

216. die heilige Schema van die

antieke

217. die Heilige Een van Israel

218. die Een wie se weë volmaak is

219. God, die vrees van My is rein:

dit bestaan tot in ewigheid

Page 46: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

46

Ek is…

220. die Allerheiligste

221. die God van kennis

222. die Here wat op Sy troon sit

223. God wie die aarde geskep het

om bewoon te word

224. Insig

225. God, aan die kant van die wat

My dien

226. die God van al die heilige

profete van die geskrifte

227. God wie die see en aarde

geskei het

228. die Here van die koordanse

229. die Here

230. die geleidende ster van Jesus

se geboorte

231. God wie water in wyn

verander

232. Hy van wie die profete

voorspel het

233. die Wortel van die nakomeling

van Dawid.

234. God wie jou in die hele

waarheid lei

235. God, wie se reënboog ‘n ewige

verbond met jou is

236. die wortel van Isai

237. die God van Jerusalem waar

My naam gevestig is

238. die Skepper van Israel

239. die God wie die waters verdeel

het

240. die fontein van die huis van

Dawid

241. God wie die Hemele sluit

242. God wie water in bloed

verander

243. getroud met Israel

God die Beloning:

244. jou baie groot beloning

245. die Here, ondervind en sien

self dat Ek goed is

246. beide die goeie gawe en

volmaakte geskenk

247. die een wat vir jou plek in die

hemel berei

248. kan meer as dit gee

249. die enigste bron van ware

rykdom

250. die Gees van Vryheid

251. die een wat jou hoof met olie

salf

252. die bruidegom wat terug kom

vir Sy bruid

253. die Here slaan ag op die mens

in nood, wat ontsag het vir My

Woord

254. God wie jou by 'n feesmaal

laat aansit, terwyl my

teëstanders moet toekyk

255. teenswoordig waar twee of

drie in My naam vergader

256. God wie jou sal antwoord

257. die eer van God om ’n saak te

verberg, maar die eer van

konings om ’n saak na te speur

258. die fontein in die tuin

259. die opstanding van My

geliefdes

260. God wie se troon in die Hemel

is

261. van Bo

262. die opregtes sal My aangesig

sien

263. die beloner van die wat My

soek

264. God wat jou onderrig tot jou

beswil

265. die gewer van oorvloedige

lewe

266. meer as wat jy kan vra of dink

Page 47: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

47

Ek is…

267. sit aan die regterhand van die

Vader

268. die een wat gaan om vir julle

plek gereed te maak

269. die rus van die Sabbat

270. die erfporsie van die Levi stam

271. die fontein van die lewe

272. die gewer van groot wysheid

273. die Heilige Gees wat oor jou

lewe waghou en op Sy vlerke

dra

God die Krygsman:

274. die teenstander van die wat

aanstorm

275. jou skerp, tweesnydende

swaard

276. jou oorlogskreet

277. ‘n Krygsman en My koninkryk

versprei deur krag

278. die Here, oorwinnaar in elke

stryd

279. die Een wat die Satan spoedig

onder julle voete sal verpletter

280. die Gees van sterkte

281. die meester beplanner van alle

volke en oor die hele wêreld

282. Hy wie jou lei op die regte

paaie tot die eer van my Naam.

283. die oorwinnaar van dood, hel

en graf

284. beide krygsman en digter

285. Die Allerhoogste God, gee

vyande in jou mag en besit

alles

286. die Here van die hele hemelse

leërmag

287. die koninkryk en die krag en

die heerlikheid

288. God wat die heidene voor julle

verdryf

289. bevelvoerder van die hemelse

leers

290. Hy wie die goddelose nasies

voor jou verdryf

291. God wat die opregtes help

292. jou sterkte

293. die Lam wat op die troon sit

294. gee jou die oorwinning

295. die grootheid, die krag, die

glans, die roem en die

majesteit

296. God, die Almagtige en

onbeperk in krag

297. jou magtige beskermer

298. die leeu van die stam van Juda

299. die swaard van die Gees

300. jou veilige vesting

301. die beskermer van Israel

302. jou skuiling

303. Almagtig

304. die vyand van die vyande van

Israel

God van Ewigheid:

305. Ek verander nooit

306. die eerste en die laaste

307. die Een

308. mense se bouer van geloof

deur die eeue

309. beheer die dag en nag

310. die God van ewigheid tot

ewigheid

311. Koning ver ewig en altyd

312. Gees

313. die Alpha en die Omega

314. God wie se oë oop is, My oë

keur die mensekinders

315. dieselfde elke dag

316. die Woord van die lewe;

die Bybel

317. die hoeksteen

318. die opstanding en die lewe

319. nie van hierdie wêreld nie

Page 48: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

48

Ek is…

320. God wie al sy werke van

ewigheid af bekend is

321. Alomteenwoordig

322. die Een wat die begin en einde

gelyktydig sien

323. God, Ek staan gereed om te

doen wat Ek gesê het

324. Drie-in-een, gelyk en ewig

325. voor die grondlegging van die

wêreld

326. all My name

327. die self-genoegsame, self-

onderhoudende, self-

skeppende Een

328. God, daar is geen ander

329. die Woord, van die begin af

daar

330. die rots en veilige vesting,

waarop jy stewig staan

331. Hy wat was, is en sal kom

332. Wie Ek Is (Adonai)

333. die Ewige God

334. Hy wat ewig leef

God van elke skepsel:

335. die Here, die heilige vrees

(eerbied) vir My is die begin

van wysheid

336. die God van vermenig-

vuldiging en reproduksie

337. Jehovah, dit is My naam

338. die God van die serafs

339. die God van alle vlees

340. die wingerdstok

341. die kunstenaar wat alle

kunsvaardigheid leer

342. Adonai Eloheynu, daar is geen

ander

343. die God van die gerubs

344. die fondasie van die aarde

345. onsigbaar, tog getuig die hele

skepping van My

346. God, Ek wil dat jy insig en

kennis van My moet hê

347. en jy is My getuienis

348. verheerlik in jou

349. God wat jou ‘n voorbeeld

maak vir die ongelowiges

350. meer as al die strukture van

staal, sement en klei

351. jaloers oor jou

352. die een verhewe bo almal

353. God wat ook aan die nie-

Israeliet verbind is

354. God wat spreek van aangesig

tot aangesig

355. die soewereine Heerser oor die

hele skepping

356. jou volgende asemteug

357. die lig van die wêreld

358. God en alles in die hemel en

op die aarde behoort aan My

359. Immanuel, God met ons

360. hoog en verhewe bo die hele

skepping

361. die Gees uitgestort op alle

mense

362. Hy wat bly is saam met dié

wat bly is

363. die enigste skepper van alles

wat bestaan

364. verlosser van beide die Jode en

die nie-Jode

365. Hy voor wie elke knie sal

buig!

EINDE

Page 49: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

49

Page 50: Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? · 3 Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God? My seun, neem aan wat ek jou sê, maak wat ek jou voorskryf

50

Jesus Christus is die weg en die waarheid en die lewe.

Niemand kom na die Vader toe behalwe deur Hom nie.

(Joh. 14:6)