hoofstuk een die bruid - cum uitgewersdit was iets anders. hierdie lig was en is die lig wat god se...

17
DIE BRUID van CHRISTUS HOOFSTUK EEN

Upload: others

Post on 24-Dec-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

DIE BRUID van CHRISTUS

HOOFSTUK EEN

Page 2: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer14

Een goeie dag in Mei vra Janine van Niekerk vir my: “Het jy al ooit gedink oor die begrip ‘bruid van Christus’ en die intimiteit tussen

’n man en ’n vrou?” Dit was juis vrae soos hierdie wat my in die verlede ontstig het en ek antwoord haar: “Don’t go there!” Maar dié middag toe sy huis toe ry, gáán ek toe soontoe. Ek gesels met die Here en vra vir Hom: “Here, leer my meer. Hoe diep is die intimiteit tussen U en ons? En as U hierdie metafoor gegee het om op meer as een vlak van oor een-koms te dui, leer my dan hoe ek intimiteit met U moet verstaan.” En toe begin Hy my leer.

Gees van God

In die voorafgaande tyd het ek ’n studie begin maak van die Gees van God. Die Hebreeuse begrip vir Gees/Heilige Gees is algemeen be kend in Christelike kringe, en wel as Ruach/Ruach Hakodesh en word ook vertaal met “asem” en “wind”. In Genesis 1 waar die skeppingsproses beskryf word, lees ons vir die eerste maal van God se Gees. Vers 2b toon aan dat die kragtige, skeppende Gees van God oor vormlose, on-be woonbare massa en diep waters werksaam was.

In Psalm 33:6 word die skeppingsproses nogeens beskryf. In die tweede gedeelte van die vers lees ons dat die hemelliggame deur God se asem tot stand gekom het. In die Hebreeus staan daar dat die he-mel liggame deur God se Ruach geskep is. Die rede vir hierdie ver-taling is absoluut gegrond, want Ruach word, soos reeds aangedui, in alle Westerse tale met beide “gees” en “asem” vertaal. Wanneer ons dit verstaan, word dit vir ’n mens duidelik dat God se Gees en God se asem sinoniem is. Ons sou kon sê dat elke keer wanneer God sy asem uitblaas, daar van sy Gees van Hom uitgaan. Die Heilige Gees het nie in ’n stadium van God af uitgegaan om nou onafh anklik van God te funk -sioneer nie. Nee, Hy en God is een en Hy gaan voortdurend van God af uit.

Page 3: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 15

Woord van God

In die skeppingsproses is daar egter ook ’n tweede faset ter sprake. Wanneer God skep, doen Hy dit terselfdertyd deur te praat. Ons lees óók in Genesis 1:3: “Toe beveel God: ‘Laat daar lig wees!’ En dit was so.” Psalm 33:6a bevestig hierdie waarheid, naamlik dat die hemele geskep is deur ’n woord van God. Deur dié woorde: “Laat daar lig wees!” het ewige duisternis plek gemaak vir God se lig.

Terloops, hierdie lig was nie die son en maan en sterre, wat vir ons dag en nag en seisoene aandui nie. Die hemelliggame is tog eers op die vierde dag geskep. Dit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en dood. Johannes skryf in 1 Johannes 2:8-11 oor ’n lewe in die lig versus ’n lewe in die duisternis. Hiermee beskryf hy die twee teenpole van ’n lewe in Christus teenoor ’n lewe wat deur die bose gerig word. In Johannes 1:4-5 bring hy die lewe in Christus in verband met lig: “In Hom was daar lewe, en dié lewe het gedien as die lig vir die mense. Die lig verlig die duisternis en die duisternis kan dit nie uitdoof nie.” In hoofstuk 5 word daar meer breedvoerig oor hierdie lig geskryf.

Johannes werp meer lig op die onderwerp wanneer hy in hoofstuk 1:1-3 vir ons verduidelik dat Jesus ’n beliggaming is van God se woorde: “Heel aan die begin het die Woord reeds bestaan. Die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.”

In vers 18 lees ons in die oorspronklike teks dat Jesus in God se boesem is. Die naaste vertaling aan die oorspronklike teks kom miskien in die NKJV voor: “No one has seen God at any time. Th e only begotten Son, who is in the bosom of the Father, He has declared Him.”

Die Bybel toon dus aan dat Jesus uit sy Vader se hart kom. Net soos die Heilige Gees gaan die Messias dus ook van God af uit. Hulle Drie

Page 4: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer16

is so intiem verweef dat hulle werklik Drie in Een is – dit is nie net beeldspraak nie!

God skep deur sy Gees en sy woord

Beide God se Gees en God se woorde is dus betrokke in die skeppings-proses. Die lewende woord van God, wat in Jesus Christus ’n menslike gestalte gekry het, kondig dus die wil van God aan en deur sy woorde word dit ’n werklikheid.

Die Gees van God wat ons leer ken het deur die werk van die Heili ge Gees, is die lewegewende of skeppende Persoon in die Drie-een heid. Hy bring God se uitgesproke wil deur sy skeppingsvermoë tot stand.

Ons kan dus met reg tot die gevolgtrekking kom dat God deur beide sy Gees en sy woord skep. En dat daar tussen die Skepper-God, sy Gees en sy woord die mees intieme verbondenheid is wat kan bestaan. Beide die Heilige Gees en Jesus Christus het van God af uitgegaan en sal altyd van God af uitgaan. Hulle is, funksioneer en beweeg in absolute eenheid en verbondenheid met mekaar.

Die mens was bedoel om in hierdie sirkel van volkome harmonie gelukkig en vervuld te leef. As gevolg van die sondeval het die mensdom ontspoor geraak. Dit was egter heeltyd binne God se raadsplan om her-stel te bring. Hy sou dit deur Jesus Christus doen!

God begin ’n tweede keer

Duisende jare later het God se verlossingsplan deur Christus op aarde ’n klimaks bereik. Wanneer Jesus op ongeveer 30-jarige ouder dom by die Jordaanrivier by Johannes die Doper gaan stilstaan, voor Hy met sy bedieningswerk begin, is dit nie om die bekeringsdoop te ondergaan nie. As Seun van God was Hy tog sondeloos en het nie no dig ge had om Hom tot God te bekeer nie. Nee, Jesus word by die Jordaan gedoop met die Levitiese doop, waarmee die Leviete ingewy is in hul bediening.

Page 5: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 17

Hierdie keer is dit egter nie die hoëpriester wat ’n seën oor Jesus uit -spreek nie. God self bevestig dat Hy Jesus gekies het om Hom te ver-teenwoordig.

En net soos aan die begin toe God geskep het, en Hy dit deur sy Gees en woorde gedoen het, begin die herskeppingsproses deur Jesus se be-diening op presies dieselfde wyse.

In Genesis het God kosmologies geskep: water en chaos is deur die woord uit die boesem van die Vader aangespreek en deur die Gees van God omvorm. Net so bevestig God se woorde dat Jesus die lewende Woord is wat van Hom af uitgegaan het en dat Hy voortaan, bekrag tig deur God se asem, sou lewe, praat en doen: “En ’n stem uit die hemel het gesê: ‘Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart’” (Lukas 3:22). In daar die oomblikke het die Heilige Gees vanuit God op Jesus neergedaal in die gestalte van ’n duif. Ons lees dan ook in Lukas, direk ná Jesus se doop, dat Hy deur die krag van die Gees die woestyn ingelei is en wonders en tekens begin doen het. Wanneer Jesus gepraat het, het sy woor de deur die kragtige werking van die Heilige Gees lewe, heling en ge nesing gebring (Lukas 4:1, 14, 18, 36; 5:17b).

God begin ’n derde keer

Ná sy aardse bediening, voor Jesus opgevaar het hemel toe, het Hy aan sy dissipels die mandaat gegee om Hom op aarde te verteenwoordig:

Gaan die hele wêreld in en verkondig die Goeie Nuus aan almal, oral. Elkeen wat glo en gedoop word, sal gered word. Maar elkeen wat nie glo nie, sal veroordeel word. Hierdie is die wondertekens wat dié sal beleef wat glo: Hulle sal duiwels in my Naam uitdryf en hulle sal in nuwe tale praat. Hulle sal slange ongedeerd kan hanteer en as hulle iets giftigs drink, sal dit hulle nie aff ekteer nie. Hulle sal siekes die hande oplê, en hulle sal gesond word.

~ Markus 16:15-18

Page 6: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer18

Hy het ook aan hulle die Heilige Gees belowe, deur wie se kragtige skeppingswerk dit alles sou gebeur. Lukas beskryf dit soos volg: “En kyk, Ek sal die beloft e van my Vader aan julle stuur. Julle moet in die stad bly totdat julle van God af met krag bemagtig is” (24:49). Johannes vertel dat Jesus een Sondagaand aan sy dissipels verskyn het, en nadat Hy vir hulle die merke aan sy hande en sy gewys het, het Hy oor hulle geblaas en vir hulle gesê: “Ontvang die Heilige Gees!” (20:20-22).

Soos God Homself by Jesus se doop in Jesus gedeponeer het, sou Hy ook met sy lewegewende asem oor Jesus se dissipels kom blaas en húlle met sy Gees doop! Die dissipels het die beloft e geglo en begin wag. Nog gelowiges het by hulle aangesluit, sodat hulle teen Pinksterdag al 120 was.

Op Pinksterdag het ’n heilige wind die hemelse dimensie verlaat en oor die gelowiges kom waai. Die asem van God het eers die ver trek ge -skud en toe het God sy Gees in elke gelowige in die bo-vertrek in ge -blaas. Sewe weke ná Jesus se hemelvaart begin God ’n derde keer en Hy skep ’n gemeenskap van heiliges, wat voortaan in Christus gewortel deur die krag van die Gees sou lewe:

Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid van soos ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was. Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.

~ Handelinge 2:1-4

Die oomblik toe die gelowiges met die asem van God vervul is, het hulle begin om die wil van God aan te kondig. In 16 tale het hulle begin om die wondergebeure van Jesus se redding aan al die volke in Jerusalem te verduidelik. Hulle Here het in en deur hulle gepraat!

Page 7: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 19

Na God se beeld en gelykenis

As Jesus die woorde van God beliggaam en die Heilige Gees die skep-pende vermoë van God, waar pas die Vader dan in? Wat het Hy byge-dra, bo en behalwe die asemrowende waarheid dat alles uit en deur Hom ge beur het? Dink byvoorbeeld terug aan die skeppingsproses toe God vir Adam uit die grond van die aarde gemaak het – hoe Hy sy kleipop in sy arms geneem en sy asem in die kragtelose liggaam en siel ingeblaas en Adam begin lewe het! Die Vader het aan die skepping en veral aan sy skepsel die lewe gegee! Deur sy asem of Ruach en deur wat Christus gedoen het, kan ons nou die lewe wat God gee, vir ewig geniet: “Dit gaan oor die Woord wat lewe gee. Dié lewe het sigbaar verskyn en ons het dit gesien en getuig daarvan en deel dit aan julle mee – dit is die ewige lewe wat by die Vader was, maar nou aan ons bekendgemaak is” (1 Johannes 1:1c-2).

Toe God in Genesis 1:26 aangedui het dat Hulle die mens na hul beeld en gelykenis sou maak, was daar net een manier waarop die mens die essensie van die lewe kon behou: Hy moes te alle tye in en deur God Drie-enig funksioneer.

God het in die mens die kapasiteit geskep om in intieme ver bon-denheid met Hom te kan leef. Dit het egter met die sondeval verlore gegaan en kon eers weer herstel word deur die Woord wat mens geword het en in Jesus Christus onder ons kom woon het, én deur die uitstorting van die Heilige Gees.

God in ons

Die heel eerste waarheid waarin alle gelowiges ingelei word, is dat ’n lewende verhouding met Jesus Christus ’n voorvereiste vir ’n lewe saam met God is. Johannes skryf in hoofstuk 1:12 dat almal wat Jesus Christus aangeneem het, die reg het om as kinders van God bekend te staan, en

Page 8: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer20

in hoofstuk 3:16 verduidelik hy dat God se liefde gemaak het dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Paulus het hierdie waarheid op ’n unieke wyse op die Damaskuspad ontdek toe Christus aan Hom verskyn het.

In Johannes 17 bid Jesus vir sy dissipels dat soos Hy en die Vader een is, hulle ook in eenheid met Hom moet lewe:

Heilige Vader, bewaar hulle op grond van u Naam wat U aan My gegee het sodat hulle net soos Ons een kan wees. Ek bid dat hulle almal een mag wees, net soos U, Vader, in ’n hegte verhouding met My en Ek met U is; dat hulle ook in ’n hegte verhouding met Ons mag leef sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het die heerlikheid wat U aan My gegee het, ook aan hulle gegee sodat hulle een kan wees net soos Ons een is. Dit beteken dat Ek in ’n hegte verhouding met hulle en U met My moet leef sodat hulle ten volle een kan wees.

~ Vers 11b, 21-23a

In Johannes 15 verduidelik Jesus aan die hand van die wingerd -stok-meta foor vir sy dissipels hoe hierdie ver bon denheid tussen Hom en hulle werk. Net soos ’n loot nie sonder die lewegewende sap van die wingerd stok op sy eie kan lewe en druiwe kan voortbring nie, net so is Jesus se dissipels ten diepste afh anklik van Hom:

Ek is die druiwestok, julle is die lote. Wie aan My verbonde bly en Ek aan hulle, dra baie vrug te, want sonder My kan julle niks doen nie. As julle aan My verbind bly en my woorde ’n stewige vastrapplek in julle gekry het, vra dan net wat julle wil hê en julle sal dit kry.

~ Vers 5, 7

Paulus gaan selfs so ver om te sê dit is nie meer hy wat lewe nie, maar Christus wat in hom lewe (Galasiërs 2:20).

Die tweede belangrike faset van ons herstelde verhouding met God

Page 9: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 21

is daarin geleë dat ons met die Heilige Gees vervul moet word om so-doende deur God se vermoë te begin lewe. Deur die Heilige Gees word ons omvorm om die karakter van ons Here te begin weerspieël (die vrug van die Gees) en ontvang ons gawes wat ons in staat stel om dade in oor eenstemming met God se wil te kan doen.

Beide ons verhouding met Christus en die Heilige Gees vra van ons om die beheer oor ons liggaam, siel en gees aan God oor te gee. Daar om roep die Nuwe Testament telkens die gelowiges op om deur die Gees te lewe. In Romeine 8 wy Paulus ’n hele hoofstuk aan die lewe in en deur die Gees. Dit is die lewegewende Gees wat so magtig is dat Hy ons saam met Christus bevry het van die greep van die sonde (vers 2-4.) Dan verduidelik Paulus dat die gelowiges hulle gedagtes moet vul met dié dinge wat die Gees gelukkig maak (vers 6) en hulle natuur of diepste menswees moet oorgee aan die beheer deur die Heilige Gees en aan Christus (vers 9-11). Hy beklemtoon in vers 14 dat slegs diegene wat hulle deur die Gees van God laat lei, werklik kinders van God is. In Galasiërs 5:25 verklaar hy: omdat die Galasiërs deur die Gees lewe, moet Hy ook hul lewenstyl bepaal. God se kinders word dus opgeroep om in absolute verbondenheid met sy Gees te lewe.

Meer nog, die Bybel leer dat ons vervul, geïnkarneer met Christus en die Heilige Gees, moet funksioneer:

Die volheid van God is mos lig gaamlik in Christus teenwoordig. En julle is één met Christus wat só met God vervul is, één met Christus wat die hoof van alle hemelse en aardse magte is! Toe julle gedoop is, is julle saam met Christus begrawe. Omdat julle één is met Hom is julle ook saam met Hom opgewek. Julle geloof in die krag van God het dit moontlik gemaak. En dit is hierdie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het!

~ Kolossense 2:9-10, 12

In Johannes 17:3 lees ons dat die inhoud van die ewige lewe gevul is met

Page 10: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer22

die vermoë of kapasiteit om God te ken. ’n Mens leer God op aarde ken deur jou verbondenheid met Christus en met die Heilige Gees. In die hemelse dimensie sal ons God uiteindelik volkome ken vir wie Hy is, wanneer Hy ons fi naal omvorm na sy beeld en gelykenis!

Die diepste vorm van intimiteit

Die verhouding tussen die Vader, Seun en Gees is die mees intieme ver -houding waaraan jy kan dink. Soos ons gesien het, gaan beide Jesus en die Heilige Gees van God af uit en is Hulle ook in alles een met die Vader. God wou graag hierdie intimiteit tussen die drie Persone in die goddelike Drie-eenheid, wat die mens met Hom kan beleef deur Chris-tus en die Heilige Gees, ook vir die mens in ’n aardse verhouding gee. Die naaste wat die mens met ’n medemens aan so ’n verhouding kan kom, is deur ’n huweliksverhouding, waarin liggaam, siel en gees in ver -bondenheid en eenheid begin leef. Een van die liefdesdade waarmee die mens hierdie intimiteit bevestig, is seksuele omgang. Hierdeur word twee mense vir ’n rukkie een. God Drie-enig is egter voortdurend één, en deur Jesus Christus en die Heilige Gees in ons lewens toe te laat, word ons ook een met God vir altyd!

God kom ’n vierde keer

Dit is wonderlik om al hierdie kennis te hê. Dis egter wonderliker wan-neer hierdie wete ook ’n werklikheid in jou lewe geword het. Is jy seker dat Jesus Christus jou Here is? Het jy al die beheer van jou lewe aan Hom oorgegee? Is Jesus jou Saligmaker en Verlosser en verseker Hy jou ge regtigheid voor God? Indien nie, bely jou sonde en vra Hom om jou Here te word. Sonder Hom is jy verlore!

Het jy al jou gedagtes, emosies en wil onder beheer van die Heilige Gees geplaas? Laat jy Hom toe om jou gedrag te bepaal? In Galasiërs 5:25 skryf Paulus: “Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook

Page 11: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 23

ons leefstyl bepaal.” Het dit al waar geword van jou lewe? Behoort jy lig gaam, siel en gees aan God en bepaal die Heilige Gees wat jy dink en doen? Luister jy wanneer Hy jou onrustig maak en volg jy sy leiding? Indien nie, bely dit onmiddellik en vra Hom om vergifnis dat jy Hom so bedroef het. Wees in detail gehoorsaam aan hoe Hy jou lei. Hy wil alles vir jou ten goede laat meewerk! As jy hierdie gebede gebid het, hoor wat roep Paulus in Romeine 8:31-39 oor jou uit:

Wat sal ons dan van al hierdie wonderlike dinge sê? As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees? As God werklikwaar nie sy eie Seun gespaar het nie, maar Hom ter wille van ons almal aan die dood oorgegee het, is daar tog geen manier waarop Hy nie ook alle ander goeie dinge aan ons sal skenk nie.

Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uit gekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.

Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry? Selfs die Skrif verklaar tog: “Om u ontwil bedreig die dood ons die hele dag en word ons as slagskape beskou.” Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.

Een ding weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

Page 12: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer24

God het nogeens nuut begin – hierdie keer binne-in jou! Van nou af funksioneer jy ook deur sy asem en sy woord. Jy dra die nuwe lewe in jou en wanneer jy onder beheer van die Heilige Gees praat, sal jy agterkom dat Jesus self deur jou aan die woord kom. Geliefde, wat ’n voor reg – God is in jou en jy is in Hom!

Nie moeilik nie, maar tog radikaal

Ons is maar alte geneig om die verhouding wat God met ons wil hê, af te water om nie aanstoot te gee nie en nie te hoë eise aan medegelowiges te stel nie. Die tipiese tydsgees van die 21e eeu is daarop gerig om die mens weer in die sentrum te plaas en die mens se behoeft es as hoog-ste prioriteit te beskou. Die resultaat is sagte prediking, bemoedigende bood skappe en ’n doelbewuste wegbeweeg van geestelike konfrontasie.

Die Bybel het baie te sê vir die mens: Ons is baie spesiaal in God se oë en Hy ken ons elkeen by die naam. Hy gee in detail om vir elkeen van ons, in so ’n mate dat Hy weet hoeveel hare ons op ons kop het. Maar die Bybel is eweneens onomwonde eerlik oor die feit dat die Here Jesus in die sentrum van ons lewe behoort te wees en dat ons God met ons hele hart, siel en gees moet liefh ê! Daarom lees ons ’n paar keer in die Bybel dat ons verhouding met God vergelyk word met die huwelik en dat God se kinders beskryf word as die bruid van sy Seun. Die hoog -ste en innigste vorm van intimiteit, wat in God Drie-enig se verhouding aanwesig is, wil Hy by wyse van die huweliksmetafoor vir ons oopbreek deur ons verhouding met Christus.

In die hoofstukke wat kom, sal ons hierdie huweliksverhouding met Jesus Christus in meer detail ondersoek. Ons sal leer hoe die Heilige Gees as vriend van die Bruidegom namens Hom met ons praat. Ons sal agterkom hoe Jesus, ons Hemelse Bruidegom, in alles na sy Vader luister. En Hy sal ons help om ook só te begin lewe. Maar voordat ons daar by uitkom, bid asseblief saam met my.

Page 13: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 25

A

Ons bid saam

Here, ek wil graag daagliks in die volheid van my verbintenis met U lewe. Daarom, Jesus, kom en vul my dag vir dag met Uself. Dankie dat U deur u off er aan die kruis my in staat gestel het om een met God te word. Dankie dat U my sondes weggeneem het deur u kosbare bloed en nou aan my die vermoë gee om in verbondenheid met U te groei.

Lei en leer my asseblief om al meer soos U te dink en te praat. Ek wil graag leer hoe om meer en meer soos U te word! Ek wil U heeldag lank onthou en met en oor U praat. Ek wil deurdrenk wees van u teen-woordigheid. Ek wil alles hê wat U vir en in my kan wees!

Liefdevolle Heilige Gees, kom neem my gedagtes gevange en lei my in die geheime van die hemelse dimensie in. Heilige Gees, herinner my aan alles wat Jesus gesê het en kom maak dit asseblief ’n werklikheid in my lewe. Ek begeer u krag, u vuur binne-in my! Vul my dag vir dag met Uself.

Jesus, kom wys my asseblief die pad na die Vader se hart. Ek wil God se hart in my binneste voel klop. Ek gee U my hart. Vul dit met u liefde, Here. Ek wil oorloop van u teenwoordigheid. Ek wil U nooit vergeet nie. Selfs in die nag wil ek van u teenwoordigheid bewus bly.

Soos U Vader, Jesus, Heilige Gees één is, maak my ook één met U – meer en meer na u beeld en gelykenis! Leer my om die wonder te ont gin van wat dit beteken dat Jesus my Hemelse Bruidegom is.

Amen

Page 14: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer26

Die diepste vorm van communityEllenore

Die liggaam van Christus

Die Engelse begrip community is vandag ’n gewilde term wat gebruik word om die gemeenskap van gelowiges te beskryf. Alhoewel dit alge-mene kennis vir die meeste Christene is, ontbreek die toepassing daar-van baie keer. Ons het vergeet wat dit beteken om in community met God en met mekaar te leef. Die Westerse mens is baie gerig op sy eie ontwikkeling, geluk en vooruitgang. Dit is in teenstelling met hoe ons be doel was om te leef: eerstens nie vir onsself nie, maar vir God en dan vanuit daardie verhouding ook vir dié rondom ons. Dááruit spruit dan persoonlike vervulling, geluk en ontwikkeling.

God Drie-eenheid as eerste community

In Johannes 5:19 sê Jesus: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so.” Om hierdie teks werklik te verstaan, moet ons verstaan wat community beteken. Indien jy begryp dat die Va - der, Seun en Heilige Gees die eerste en diepste vorm van community is en dat dit nie net ’n manier van leef is nie, sal jy kan begin aanvaar dat jou fi siese, geestelike en emosionele DNS geskape is om eerstens in community met God te leef en vanuit hierdie verhouding ook in com -munity met mense rondom jou.

Die Oxford-woordeboek1 beskryf com munity as ’n groep mense wat op dieselfde plek bly of ’n spe sifi eke eienskap gemeen het. Die belangrikste eienskap wat die Vader, Seun en Heilige Gees gemeen het, is dat Hulle God is. Alhoewel Hulle drie Persone is, is Hulle saam een en

Page 15: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 27

ook saam God. Moenie dit met jou brein probeer verstaan nie, ontvang dit eerder net as die waarheid in jou gees.

’n Ander defi nisie van ’n gemeenskap is dat dit ’n liggaam van mense met gemeenskaplike regte, voorregte en belangstellings is. Hierdie defi nisie gee ons ’n beter verstaan van die verhouding tussen Jesus, die Heilige Gees en ons Vader. Dit is omdat God die Vader en God die Seun en God die Heilige Gees in community leef met dieselfde regte, voorregte en belangstellings dat Jesus gesê het Hy doen niks wat Hy sy Vader nie sien doen nie; Hy doen niks uit sy eie nie.

Die bruid as ’n community

Die begrip “bruid van Christus” word vandag deur die mees te gelowiges algemeen aanvaar as ’n ander manier om te verwys na God se kerk. Al-hoewel die Bybel die metafoor van ’n bruidegom en bruilof gebruik, het Jesus self nooit na die kerk as sy bruid verwys nie. Daar is ooreenkomste tussen God se kerk en ’n bruid, maar daar is ook ooreen komste tussen ons en bruilofsgaste soos in die gelykenis wat Jesus vertel het oor die tien maagde wat gewag het vir die bruidegom. In die openbaring wat Johannes ontvang het, verwys hy na die bruid van die Lam. In Openbaring 21:9 lees ons hoe een van die sewe engele na Johannes toe kom en vir hom sê: “Kom, ek sal jou die bruid, die vrou van die Lam, wys.”

Van vers 10 af beskryf Johannes dan die bruid as ’n stad:

Hy het my toe in die Gees na ’n groot en hoë berg geneem, en die heilige stad Jerusalem, wat van God af uit die hemel afgekom het, aan my gewys. Die stad was gevul met die heerlikheid van God. Dit het gestraal, net soos ’n baie kosbare steen, soos ’n kristalhelder jaspis. Die stad het ook ’n groot en hoë muur gehad waarin twaalf poorte was. By die poorte is daar twaalf engele, met twaalf name op die poorte gegraveer; dit is die name van die twaalf stamme van die kinders van

Page 16: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Elza Meyer28

Israel. Aan die oostekant is daar drie poorte, aan die noordekant drie, aan die suidekant drie en aan die westekant drie. Die stadsmuur het twaalf fondamentstene gehad waarop die twaalf name van die twaalf apostels van die Lam geskryf staan.

En in vers 24 lees ons dat die nasies in die stad se lig lewe en dat die konings van die aarde hulle luister daarheen bring.

Die bruid van Christus word dus in essensie beskryf volgens die beginsels van ’n community. Ons sien hoe die stad opgebou is uit 12 poorte verteenwoordigend van die 12 stamme van God se volk soos be skryf in die Ou Testament. Die 12 apostels se name is gegraveer op 12 fondamentstene en dit maak die stadsmuur uit. Die fondasie van hierdie community bestaan dus uit dit wat die Nuwe-Testamentiese kerk geglo, vertel en geleef het: Christus as ons Verlosser, liefde as ’n lewens-wyse en genade vir ons én ook vir mekaar. Die toegang tot die stad is egter deur sy poorte en dít word opgemaak deur dit wat die 12 stam -me van Israel verteenwoordig: onder andere God se regverdigheid, ge-regtigheid en die wet soos ontvang deur Moses en namens ons vervul deur Jesus Christus.

Ons begin dus vanuit hierdie beeld van ’n hemelse community wat leef in die lig van Christus, verstaan dat net soos ons nie sonder God kan nie, kan ons ook nie ’n heel stadsmuur of poort hê sonder ons medegelowiges nie. Community is nie net vir nou nie – dit is die essensie van die ewigheid.

Die voortsetting van sulke communities op aarde

Wanneer Jesus sy dissipels leer bid, laat Hy hulle onder an de re ver-staan dat ons moet vra dat God se wil sal geskied “soos in die hemel, so ook op die aarde”. Ek begin hierdie gebedsuitspraak baie meer prakties sien as wat ek dit vroeër verstaan het. As Jesus sê Hy doen niks wat Hy sy Vader in die hemel nie sien doen nie, dan bring Hy, deur hoe

Page 17: HOOFSTUK EEN DIE BRUID - CUM UitgewersDit was iets anders. Hierdie lig was en is die lig wat God se teenwoordigheid kenmerk en die hemele vul. Dit is die teenpool van duisternis en

Die bruid van Christus 29

Hy op aarde geleef het, die hemel tot hier by ons. Jesus se handelinge bring dan die koninkryk van God tot by ons. As ons bid dat God se wil op aarde geskied soos in die hemel, dan vra ons dat die hemelse dimensie moet manifesteer in hoe en wat ons doen. Ons word beskryf as ambassadeurs van God om sy koninkryk te help vestig. Deel van die hemelse koninkryk is ook hierdie stad wat bestaan uit mense. Wanneer ons dan vra dat God se wil moet manifesteer soos wat dit reeds in die hemel lyk en soos wat ons dit eendag gaan sien, dan vra ons ook dat ons as God se verteenwoordigers saam, as ’n eenheid, ’n toegang maak waardeur mense na God se lig toe sal kan kom. Ons bid dan dat ons as sy kerk die fondasie sal wees waarop mense sou kon instap in sy teenwoordigheid. Mense wat dit verstaan, besef dat hulle dit nie op hulle eie kan doen nie. Hulle besef hulle kan dit nie op hulle eie wees nie. Net soos wat God in verbondenheid met ons wil leef, wil Hy ook hê dat ons dit onder mekaar sal leef.

’n SeënwensMag jy verstaan dat jy g emaak is om in community met God te leef.Mag jy daartoe bydra om God se koninkryk op aarde te help tot stand bring. Mag jy deel wees van ’n community wat die hemel ’n werk likheid maak op aarde.