hoër volkskool heidelberg€¦ · onderwyser, leerder en ouer se lojaliteit, passie en volharding...

2
BELANGRIKE DATUMS 20—25 Januarie 2020 Dinsdag 21 Januarie 2020 Gr.8– konsertoefening Swemgala @ St. Dominics VRL- nominasies Maandag 20 Januarie 2020 Gr.8– konsertoefening 0/14- netbalproewe om 16:00 Woensdag 22 Januarie 2020 Gr.8– konsertoefening Krieket: Finsburyreeks 0/15 (T) & 1ste span (W) teen Marais Viljoen Donderdag 23 Januarie 2020 Gr.8- Groentjiekonsert Vrydag 24 Januarie 2020 Atleekbyeenkoms vs Generaal Hertzog & Standeron (tuis) Saterdag 25 Januarie 2020 Krieket: Finsburyreeks 0/15 & 1ste span vs Lydenburg UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan elke personeellid, leerder en ouer van die Volkie-familie. Ons vertrou dat almal goed uitgerus is vir die groot uitdagings en geleenthede wat in 2020 op ons wag. Mag elke onderwyser, leerder en ouer se lojaliteit, passie en volharding Volkieland na nog hoër hoogtes in 2020 neem. n Hartlike welkom aan alle graad 8-leerders en hulle ouers, sowel as nuwe leerders van ander skole wat vir die eerste keer by Volkieland aansluit. My wens vir elkeen van julle is dat julle elke oomblik by Volkies sal koester en dat die volgende vyf jaar vir elkeen van julle net n posiewe en dankbare ervaring sal wees. Dankie vir n groot opkoms by die gr.8 ouer-inligngsaand wat Dinsdag, 14 Januarie 2020 plaasgevind het. Ons glo en vertrou dat u as ouer Volkskool posief sal ervaar in 2020. Ons handhaaf n oop-deur-beleid wat vir u die geleentheid bied om probleme rakende u kind so spoedig moontlik op te los. ALGEMEEN n Spesiale woord van welkom aan die volgende nuutaangestelde personeel by Volkieland : Me. L. Labuschagne: Wiskunde Me. C. Krause: RTT Mnr. S. Bothma: MSW en Toerisme Me. M. Fourie: Wiskunde Me. R. Bruwer: IGO & Gasvryheid Mnr. K. Cloete: NS en Wiskunde Geleerdheid Mag onderwys vir elkeen van julle n leefwyse wees en nie n werk nie. Ons vertrou dat u u passie en talente by Volkieland sal uitleef. U as ouer/voog moet seker maak dat u kind(ers) elke dag betyds sal wees vir skool. Elke leerder moet reeds 7:30 by sy/haar REGISTERKLAS aanmeld. Leerders wat nie opdaag vir die registerklas nie, word as afwesig gemerk. Ons wil elke ouer/voog moveer om hulle korrekte of veranderde E-POSADRESSE by mev. E Hough op te gee. Die weeklikse nuusbrief, maandelikse skoolfondsstaat en ander inligng word elektronies aan die ouers/voogde gestuur. Die GROENTJIEKONSERT vir die graad 8-leerders vind op 23 Januarie 2020 om 18:30 in die skoolsaal plaas. Kaartjies sal teen R25 te koop wees op Dinsdag, 21 en Woensdag, 22 Januarie by VR- lede. Hoër Volkskool Heidelberg Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438 Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987 E-pos: [email protected]

Upload: others

Post on 07-Feb-2021

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • BELANGRIKE DATUMS

    20—25 Januarie 2020

    Dinsdag 21 Januarie 2020

    Gr.8– konsertoefening

    Swemgala @ St. Dominics

    VRL- nominasies

    Maandag 20 Januarie 2020

    Gr.8– konsertoefening

    0/14- netbalproewe om 16:00

    Woensdag 22 Januarie 2020

    Gr.8– konsertoefening

    Krieket: Finsburyreeks

    0/15 (T) & 1ste span (W) teen Marais Viljoen

    Donderdag 23 Januarie 2020

    Gr.8- Groentjiekonsert

    Vrydag 24 Januarie 2020

    Atletiekbyeenkoms vs Generaal Hertzog & Standeron (tuis)

    Saterdag 25 Januarie 2020

    Krieket: Finsburyreeks

    0/15 & 1ste span vs Lydenburg

    UIT DIE HOOF SE KANTOOR Baie welkom terug aan elke personeellid, leerder en ouer van die Volkie-familie. Ons vertrou dat

    almal goed uitgerus is vir die groot uitdagings en geleenthede wat in 2020 op ons wag. Mag elke

    onderwyser, leerder en ouer se lojaliteit, passie en volharding Volkieland na nog hoër hoogtes in

    2020 neem.

    ‘n Hartlike welkom aan alle graad 8-leerders en hulle ouers, sowel as nuwe leerders van ander

    skole wat vir die eerste keer by Volkieland aansluit. My wens vir elkeen van julle is dat julle elke

    oomblik by Volkies sal koester en dat die volgende vyf jaar vir elkeen van julle net ‘n positiewe en

    dankbare ervaring sal wees.

    Dankie vir ‘n groot opkoms by die gr.8 ouer-inligtingsaand wat Dinsdag, 14 Januarie 2020

    plaasgevind het. Ons glo en vertrou dat u as ouer Volkskool positief sal ervaar in 2020.

    Ons handhaaf ‘n oop-deur-beleid wat vir u die geleentheid bied om probleme rakende u kind so

    spoedig moontlik op te los.

    ALGEMEEN

    n Spesiale woord van welkom aan die volgende nuutaangestelde personeel by Volkieland :

    Me. L. Labuschagne: Wiskunde

    Me. C. Krause: RTT

    Mnr. S. Bothma: MSW en Toerisme

    Me. M. Fourie: Wiskunde

    Me. R. Bruwer: IGO & Gasvryheid

    Mnr. K. Cloete: NS en Wiskunde Geletterdheid

    Mag onderwys vir elkeen van julle ‘n leefwyse wees en nie ‘n werk nie. Ons vertrou dat u u passie

    en talente by Volkieland sal uitleef.

    U as ouer/voog moet seker maak dat u kind(ers) elke dag betyds sal wees vir skool. Elke leerder

    moet reeds 7:30 by sy/haar REGISTERKLAS aanmeld. Leerders wat nie opdaag vir die registerklas

    nie, word as afwesig gemerk.

    Ons wil elke ouer/voog motiveer om hulle korrekte of veranderde E-POSADRESSE by mev. E Hough

    op te gee. Die weeklikse nuusbrief, maandelikse skoolfondsstaat en ander inligting word

    elektronies aan die ouers/voogde gestuur.

    Die GROENTJIEKONSERT vir die graad 8-leerders vind op 23 Januarie 2020 om 18:30 in die

    skoolsaal plaas. Kaartjies sal teen R25 te koop wees op Dinsdag, 21 en Woensdag, 22 Januarie by

    VR- lede.

    Hoër Volkskool

    Heidelberg

    Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438

    Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987

    E-pos: [email protected]

    mailto:[email protected]

  • 20—25 Januarie 2020

    ALGEMEEN (VERVOLG)

    “LOCKERS”: 2019 “lockers” moes reeds ontruim wees. Die nuwe “lockers” is vanaf 15 Januarie 2020 beskikbaar teen R450.00 per jaar. Leerders wat“lockers” wil bespreek moet hul name tesame met bewys van betaling deurgee aan mev. Conradie (Kamer 6).

    VRYSTELLING VAN SKOOLGELDE: Vrystellingsvorms is reeds beskikbaar. Ouers wat belangstel om aansoek te doen vir vrystelling van 2020 skoolfonds, moet asb. PERSOONLIK die vorms by Kamer 6 kom AFHAAL EN INHANDIG voor einde Januarie 2020. Vorms gaan nie aan die leerders uitgedeel word nie. Ouers wat leerders in pleegsorg het of deur die hof in pleegsorg geplaas is, moet ook ‘n vrystellingsvorm invul. NEEM KENNIS dat ouers wat aansoek doen vir subsidie is nog steeds verantwoordelik is vir Januarie registrasiegelde sowel as maandelikse betaling van skoolfonds totdat die aansoek om vrystelling goedgekeur/afgekeur word. GEEN laat aansoeke sal aanvaar word nie. MY SCHOOL – KAART: Indien ons nog nie u vorm ontvang het, versoek ons vriendelik dat u die vorm wat u in u skoolrekening-pakkie ontvang het te voltooi. U kaart word onmiddellik uitgereik sodra ons u vorm ontvang het. Hierdie is ‘n kostelose projek. Baie dankie vir elke ouer en Volkie Vriend vir u ondersteuning! NIGELBUSGELDE: Nigelbusgelde beloop R4500.00, per jaar. Hierdie bedrag kan betaal word in 10 maandelikse betalings van R450.00 vanaf 7 Februarie tot 7 November, indien nodig. Alle leerders wie van voorneme is om van die Nigelbusdiens gebruik te maak, MOET ‘n aansoekvorm verkry. Aansoekvorms is by Kamer 6 beskikbaar en moet teen einde Januarie 2020 terug ontvang word.

    AKADEMIE

    Hoër Volkskool Heidelberg se matrieks van 2019 het uitstekend gevaar tydens die afgelope eindeksamen.

    Slaagsyfer behaal: 99.25% (130 / 131 kandidate)

    (99.22%) 129 uit 130 leerders kwalifiseer vir tersiêre studies - 81.5% vir graadstudies en 17.7% vir diploma-studies.

    Baie geluk en dankie aan al ons Matrieks van 2019.

    Ons wens julle voorspoed toe met julle toekomsplanne.

    TOPPRESTEERDERS:

    HUMAN VD MERWE

    8 onderskeidings met ‘n gemiddeld 89%

    ANIKA BOTHMA

    7 onderskeidings met ‘n gemiddeld 86%

    ZONIKA VORSTER

    6 onderskeidings met ‘n gemiddeld 85%

    LEERDERS WAT 5 ONDERSKEIDINGS BEHAAL: Carissa Breytenbach, Casandra du Toit, Zylia Schultz,

    Kallyn van der Spuy en Aidan Venter

    TOTALE SIMBOLE BEHAAL

    A- Simbole 175 / B- Simbole 213 / C- Simbole 196 / D- Simbole 168 / E- Simbole 106

    Anika Bothma & Human van der Merwe

    Hoër Volkskool

    Heidelberg

    Posbus 215, Heidelberg, Gauteng, 1438

    Tel: (016) 341 3165/6 Faks: (016) 341 3987

    E-pos: [email protected]

    mailto:[email protected]