horskoo strand waar jong arende sweef...

10
1 21 JUNIE 2013 | OMSENDBRIEF 06 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong arende sweef UIT DIE HOOF SE KANTOOR BOUPROJEK D ie WKOD se bouprojek by ons skool nader nou vinnig sy einde. Ons beplan om reeds aan die begin van die derde kwartaal die nuwe klasse te betrek. Die finale afrondingswerk is nou aan die gang. Na die afgelope maande se ontwrigting van ons daaglikse skoollewe is dit nou lekker om die nuwe geriewe te kan begin gebruik. Daar is beslis baie waarde tot ons skool toegevoeg en ons is regtig dankbaar daarvoor. KARAKTEROPVOEDING D ie personeel het reeds twee werksessies oor karakteropvoedig, deur dr. Jeanette de Klerk-Luttig, voltooi. Die grootste gedeelte van ’n skooldag is die leerders in ’n klas by ’n opvoeder. Dit is daarom vir ons belangrik dat ons as opvoeders die leiding moet gee met die doelbewuste poging om waardes by ons kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers steeds die primêre opvoeders van kinders bly en die skool ’n sekondêre rol speel. Ouers neem die skool dikwels kwalik vir leerdergedrag soos swak taalgebruik of swak maniere. Die skool probeer net so hard soos die ouerhuis om goeie gedrag by ons kinders te vestig. Maar kinders leer waardes daar waar hulle elke dag saam met ander mense leef. U kind leer waardes waar hy of sy saam met u in die motor ry, of waar julle saam langs die sportveld of die viswaters is, of saam eet of televisie kyk, of saam in die winkels is. En ons hoef nie eens ’n woord te sê nie, want hulle leer die waardes uit wat hulle in ons sien. CCTV-KAMERAS D ie skool het die uitnodiging om vir ’n CCTV-kamerastelsel te tender, in die Distrikspos geadverteer. 16 potensiële tenderaars het ’n inligtingsessie by die skool bygewoon. Die tenders het op Dinsdag, 18 Junie 2013 gesluit. Die beplanning is dat die stelsel teen einde Augustus in werking behoort te wees. Die primêre fokus van die stelsel sal wees om leerdergedrag te monitor en die terreinsekuriteit op te skerp. TOEGANGSHEK EN KINDERTRUSTSENTRUM O ns is tans besig met die beplanning van ’n nuwe toegangshek by die Kerkstraatingang van die skoolterrein. Die beplanning is vir ’n voetgangershek vir leerdertoegang en ’n skuiek vir voertuie. Hierdie hekke sal ook met ’n sekuriteitskamera toegerus word. ’n Nodige opgradering van die vloer en kombuis in die Kindertrustsentrum is ook in die beplanningsfase. Hierdie twee projekte behoort teen die einde van die jaar afgehandel te wees. BAIE DANKIE B aie dankie aan elke ouer wat gedurende hierdie afgelope ses maande die skool op verskillende gebiede ondersteun het. Dit sluit in die bywoon van sportbyeenkomste en oueraande, die maak van toebroodjies op ’n Saterdag, die rondry van kinders na sportgeleenthede, die gereelde herinnering om huiswerk en take te doen en die positiewe gesindheid teenoor die skool. Ons hoop u kry ’n lekker ruskansie in die vakansie en dat daar as gesin kwaliteit-tyd saam deurgebring sal word. ’n Besondere woord van dank ook aan ons onderwysers vir elke dag se nuwe pogings, hope liefde en geduldige leiding aan ons kinders. Ook aan ons terreinpersoneel moet ’n woord van groot dank gaan vir die voorbereiding van ons sportvelde en netheid van ons geboue en terrein. Ons sien uit na die volgende opwindende ses maande van hierdie jaar!

Upload: others

Post on 15-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

1

21 JUNIE 2013 | OMSENDBRIEF 06

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong arende sweef

UIT DIE HOOF SE KANTOORBOUPROJEK

Die WKOD se bouprojek by ons skool nader nou vinnig sy einde. Ons beplan om reeds aan die begin van die derde kwartaal die nuwe klasse te betrek. Die finale afrondingswerk is nou aan die gang. Na

die afgelope maande se ontwrigting van ons daaglikse skoollewe is dit nou lekker om die nuwe geriewe te kan begin gebruik. Daar is beslis baie waarde tot ons skool toegevoeg en ons is regtig dankbaar daarvoor.

KARAKTEROPVOEDING

Die personeel het reeds twee werksessies oor karakteropvoedig, deur dr. Jeanette de Klerk-Luttig, voltooi. Die grootste gedeelte van ’n skooldag is die leerders in ’n klas by ’n opvoeder. Dit is daarom

vir ons belangrik dat ons as opvoeders die leiding moet gee met die doelbewuste poging om waardes by ons kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers steeds die primêre opvoeders van kinders bly en die skool ’n sekondêre rol speel.

Ouers neem die skool dikwels kwalik vir leerdergedrag soos swak taalgebruik of swak maniere. Die skool probeer net so hard soos die ouerhuis om goeie gedrag by ons kinders te vestig. Maar kinders leer waardes daar waar hulle elke dag saam met ander mense leef. U kind leer waardes waar hy of sy saam met u in die motor ry, of waar julle saam langs die sportveld of die viswaters is, of saam eet of televisie kyk, of saam in die winkels is. En ons hoef nie eens ’n woord te sê nie, want hulle leer die waardes uit wat hulle in ons sien.

CCTV-KAMERAS

Die skool het die uitnodiging om vir ’n CCTV-kamerastelsel te tender, in die Distrikspos geadverteer. 16 potensiële tenderaars het ’n inligtingsessie by die skool bygewoon. Die tenders het op Dinsdag,

18 Junie 2013 gesluit. Die beplanning is dat die stelsel teen einde Augustus in werking behoort te wees. Die primêre fokus van die stelsel sal wees om leerdergedrag te monitor en die terreinsekuriteit op te skerp.

TOEGANGSHEK EN KINDERTRUSTSENTRUM

Ons is tans besig met die beplanning van ’n nuwe toegangshek by die Kerkstraatingang van die skoolterrein. Die beplanning is vir ’n voetgangershek vir leerdertoegang en ’n skuifhek vir voertuie.

Hierdie hekke sal ook met ’n sekuriteitskamera toegerus word. ’n Nodige opgradering van die vloer en kombuis in die Kindertrustsentrum is ook in die beplanningsfase. Hierdie twee projekte behoort teen die einde van die jaar afgehandel te wees.

BAIE DANKIE

Baie dankie aan elke ouer wat gedurende hierdie afgelope ses maande die skool op verskillende gebiede ondersteun het. Dit sluit in die bywoon van sportbyeenkomste en oueraande, die maak van

toebroodjies op ’n Saterdag, die rondry van kinders na sportgeleenthede, die gereelde herinnering om huiswerk en take te doen en die positiewe gesindheid teenoor die skool. Ons hoop u kry ’n lekker ruskansie in die vakansie en dat daar as gesin kwaliteit-tyd saam deurgebring sal word.

’n Besondere woord van dank ook aan ons onderwysers vir elke dag se nuwe pogings, hope liefde en geduldige leiding aan ons kinders. Ook aan ons terreinpersoneel moet ’n woord van groot dank gaan vir die voorbereiding van ons sportvelde en netheid van ons geboue en terrein.

Ons sien uit na die volgende opwindende ses maande van hierdie jaar!

Page 2: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

2

Nuusbrief 6 21 Junie 2013AKADEMIE

OUERGESPREKSAAND: DONDERDAG, 25 JULIE VAN 17:30 TOT 21:00

Die tweede kwartaal is agter die rug en u ontvang vroeg in die derde kwartaal (Vrydag, 19 Julie) u kind se rapport.

Na aanleiding hiervan wil ons u graag weer die geleentheid bied om privaat met u kind se vakonderwysers te gesels. Ons nooi u dus vriendelik uit na die gespreksaand vir ouers wat op bogemelde datum sal plaasvind.

Die aand word in die vorm van gesprekke (ʼn kwartier elk) wat vooraf by die skool se sekretaresse bespreek kan word, aangebied. Die betrokke onderwyser sal u dan op die afgespreekte tyd in die skool se voorportaal ontmoet.

Ons wil graag saam met u as ouers werk om die leerders akademies by te staan en maak staat daarop dat u op hierdie uitnodiging sal reageer.

Afsprake kan vanaf Maandag 22 Julie om 08:00 tot Donderdag 25 Julie om 12:00 by die volgende nommer gemaak word: (021) 853-1056. U moet asseblief die betrokke vakonderwyser se van meld wanneer u die afspraak maak.

GRAAD 9-INLIGTINGSAAND: DONDERDAG, 25 JULIE VAN 18:30 TOT 19:30

U kind gaan binnekort een van die belangrikste keuses van sy/haar skoolloopbaan moet maak wanneer die vakkeuses vir graad 10 tot 12 afgehandel word.

Ons nooi by voorbaat u en u kind hiermee vriendelik uit na die Inligtingsaand op Donderdag, 25 Julie van 18:30 tot 19:30 in die skoolsaal.

By hierdie geleentheid sal ouers en leerders waardevolle inligting oor vakkeuses, slaagvereistes, asook toelatingsvereistes vir die onderskeie tersiëre inrigtings, ontvang.

’n Inligtingstuk waarin alle vakke bekendgestel en duidelik uiteengesit word, sal by die deure beskikbaar wees.

Die Inligtingsaand het ten doel om u en u kind te help om ’n ingeligte besluit rakende die vakkeuses vir volgende jaar te maak. Ons maak daarop staat dat u op hierdie uitnodiging sal reageer.

LOOPBAANTENTOONSTELLING: WOENSDAG, 24 JULIE VAN 16:00 TOT 19:00

Op Woensdag, 24 Julie van 16:00 tot 19:00 bied Hoërskool Strand ʼn loopbaantentoonstelling in ons skoolsaal aan. Meer as 20 tersiêre instansies kry dan die geleentheid om hul instansies deur middel van

inligtingstalletjies te bemark.

Alle graad 9- en 12-leerders, asook hul ouers, sal die geleentheid kry om hierdie uitstalling te besigtig en met die uitstallers te gesels. Ons nooi u, as ouer/voog, uit om ook die uitstalling saam met u kind by te woon.

Hierdie is ʼn ideale geleentheid waar u by die verteenwoordigers van die verskillende instansies eerstehandse inligting oor moontlike loopbaankeuses vir graad 12-leerders, asook kundige raad oor moontlike vakkeuses vir graad 9-leerders, kan bekom.

Aansoekvorms vir tersiêre instellings, asook beursvorms sal by elkeen van die stalletjies beskikbaar wees.

Indien u enige navrae het, is u welkom om me. Hannalie van der Merwe by [email protected] te kontak.

Moenie hierdie gulde geleentheid misloop nie.

Akademie is ons besigheid

Page 3: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

2 3

Nuusbrief 6 AKADEMIE 21 Junie 2013

UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD WISKUNDE KOMPETISIE

Oor die seweduisend leerders vanoor die hele Wes-Kaap neem jaarliks aan dié kompetisie deel. Een-en-der-tig van die vyf-en-sewentig leerders van ons skool wat deelgeneem het, het meriete-sertifikate ontvang.

Die top 200 individue en die top 100 pare in elke graad ontvang meriete-toekennings.

Ons toppresteerders was Kezia Rietoff in graad 8 wat die 21ste posisie in die individue-afdeling behaal het en Wiehann Breedt en Christiaan Laubscher (ook in graad 8) wat die 33 ste posisie in die pare-afdeling behaal het. UNISA MUSIEKEKSAMEN

Die volgende leerders het vir die vroeë Unisa musiekeksamen ingeskryf en as volg presteer:

Lindie Strömbeck Gr. 5 Klavier Prakties 64% SlaagNellita Nel Gr. 8 Klavier Prakties 70% Eervolle VermeldingNicolise Goosen Gr. 8 Klavier Prakties 80% Lof

Wat laasgenoemde twee prestasies so besonders maak, is dat leerders deesdae selde die gr.8-praktiese musiekeksamen op skool aflê, aangesien hul vol buitemuurse programme te min tyd hiervoor toelaat.

Ons is trots op leerders wat, ten spyte van vol programme, volhard en oorwin!

Akademie is ons besigheid

Page 4: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

44

Nuusbrief 6 21 Junie 2013AKTUEEL

Aktuele sakeOUERBETROKKENHEIDSKOMITEE

MySchool-kaart

Tussen 14 en 17 Junie 2013 bied die MySchool-kaart weer ʼn promosie aan waartydens hulle R1 aan ons skool skenk elke keer as jy jou kaart gebruik.

Hierdie fondse help ons om die skool op soveel plekke by te staan. Ons vul breekware aan, verfraai die skool deur ons balie-projek en bederf die onderwysers op ʼn verjaarsdag of ander spesiale dag. Ons wil u dus aan-moedig om van hierdie geleentheid gebruik te maak.

Damesoggend

Ons is baie besig met die reëlings vir ons damesoggend in Oktober. Die tema is nog ʼn geheim, maar die gaskunstenaar, Valiant Swart, en die heerlike saamkuier is beslis nie. Kaartjies teen R120 per persoon is

reeds beskikbaar. Kontak gerus vir me. Lelanie Loftie-Eaton by [email protected].

Ons wil namens al die ouers en kinders ons onderwysers ʼn heerlike uitrus-vakansie toewens.

WEBNUUS

Neem asseblief kennis dat die webblad nou slegs by www.hsstrand.co.za bereik kan word. Die www.strandskool.co.za het verval.

SKOOLBESOEK

Die skoolsuster kom van 1 tot 2 Augustus vir gratis oog- en gehoortoetse. Kontak gerus vir me. Hannalie van der Merwe by [email protected] vir verdere inligting.

TWEEDEHANDSE SKOOLKLERE TE KOOP

Tans beskik ons oor heelwat tweedehandse skoolklere wat op Woensdag 31 Julie van 14:00 tot 15:00 in die Kindertrustsentrum te koop aangebied word.

Die verkoping sal slegs op ʼn kontantbasis geskied en daar sal ongelukkig nie aanpas-fasiliteite beskikbaar wees nie.

Ons nooi u hiermee vriendelik uit om gehalte skoolklere teen bekostigbare pryse aan te koop.

SKOOLGELD

Baie dankie aan die ouers wat gereeld hul skoolgeld betyds betaal.

ʼn Beroep word egter gedoen op dié ouers wie se skoolgeldrekeninge agterstallig is, om DRINGEND die nodige reëlings met me. Lorraine Verwey by die finansiële kantoor te tref, om sodoende enige verdere regstappe te verhoed.

Page 5: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

4 54

Nuusbrief 6 KULTUUR 21 Junie 2013

KultuursakeDRAMA-LEERDER BRING BEKER HUIS TOE

Marichje de Necker het na afloop van vanjaar se Stellenbosch Kunswedstryd die beker vir die beste graad 11-drama-deelnemer ontvang. Hierdie besonderse toekenning is te danke aan die feit dat sy vir al drie

haar items goud+ (meer as 85%) behaal het.

JONG NAGTEGAAL SEËVIER IN SANGKOMPETISIE

Lindi Erasmus (in graad 9) het aan die Gemini Sang- en Talentkompetisie deelgeneem. As wenner van die solo-kategorie het sy ʼn goue medalje ontvang. Lindi is ook as naaswenner van die kompetisie aangewys en

hiervoor ontvang sy ʼn wisseltrofee.

Page 6: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

6

Nuusbrief 6 21 Junie 2013SPORT

SportnuusALGEMENE NUUS

Baie sterkte aan al die provinsiale spelers en deelnemers wat tydens die vakansie aan die onderskeie nasionale toernooie gaan deelneem. Ons vertrou dat dit vir elkeen van julle ʼn waardevolle leerskool

en verrykende ervaring sal wees.

Aan al die ander spelers: lekker rus, maar moenie vergeet dat ons sommer die eerste Saterdag al teen Hoërskool Swartland speel nie. Dus sal daar van elkeen ʼn poging moet wees om fiks en skerp te bly deur die vakansie.

Ons herinner u nou reeds aan die volgende langnaweek (8 tot 11 Augustus) waartydens daar geen skoolaktiwiteite gaan plaasvind nie. Dit gee u as gesin die ideale geleentheid om gehaltetyd aan dinge buite skoolverband te bestee.

Net daarna is dit weer tyd vir die jaarlikse interskolestryd teen Hoërskool Hottentots Holland, wat van 15 tot 17 Augustus plaasvind.

SPOGGERIGE NETBALPRESTASIES

Savannah Käsner en Caleigh Stuart is onderskeidelik in die o.17 en o.15 Wes-Kaap netbalspanne opgeneem. Caleigh is ook as kaptein van haar span aangewys. Hierdie twee vlugvoetige netbalspelers gaan binnekort

in Margate aan die Alle Ouderdomme Nasionale Kampioenskappe deelneem.

Marizelle Verwey (o.17A) en Shanique Hess (o.14A) is in die Boland streekspanne opgeneem en gaan van 21 tot 22 Junie aan die Streekstoernooi in Worcester deelneem.

ʼn Onderwyser aan ons skool, me. Tania van der Walt is gekies om tydens hierdie toernooi as skeidsregter op te tree.

GHOLFSPELERS BEUR BOONTOE

Deon Germishuys, ʼn graad 8-leerder, is in die WP o.14-gholfspan opgeneem wat gedurende die Junie-vakansie aan ʼn toernooi in Worcester gaan deelneem.

Elmo Barnard het aan die WP-Geslote Kampioenskappe vir seniors by die Mowbray gholfbaan deelgeneen. Elmo het, ten spyte van die gure weersomstandighede, ʼn algehele derde plek met ʼn telling van 73 behaal.

HOKKIE-AFRIGTER OP PAD NA WÊRELDKAMPOENSKAPPE

Me. Karin le Roux is aangewys as een van die vier afrigters wat vanaf 19 tot 28 Julie die SA-span na die Wêreldkampioenskappe vir gestremde atlete in Lyon, Frankryk gaan vergesel.

OUDSKOLIERE PRESTEERLeoné Watkins (2008) is in die Proteaspan vir aksienetbal opgeneem.Carl Gersbach (2010) is in die o.21-rugbyspan van die Vrystaat opgeneem.Uzair Cassiem (2007) is lid van die Pumas se Vodacom rugbyspan.

BUITESPORT

Hengel

Schalk Burger en Janno Brink het merkwaardige prestasies behaal deurdat albei in die o.16 WP- hengelspan opgeneem is. Hierdie twee hengelaars neem vroeg volgende jaar aan die Nasionale Hengel-

kampioenskap in Port Elizabeth deel.

Page 7: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

6 7

Nuusbrief 6 SPORT 21 Junie 2013

Stoei

Johan Eybers het aan die Brackenfell en Strand Stoei Akademie Toernooi deelgeneem. Hy het goud in die kadette-, asook die o.15-afdeling verower. Hy neem op Saterdag, 22 Junie aan die Ope Toernooi in

Goodwood deel.

Staanplankroei

Dylan Frick het in Frankryk aan die Sainte Maxime SUP Race Cup Event deelgeneem. In die algemene afdeling het hy ʼn negende plek uit 100 roeiers behaal, terwyl hy in die junior afdeling as die algehele

wenner aangewys is.

Daarna het Dylan en die nuweling, Mischka Steyn (gr. 10) aan die SA-SUP Waveriding-kampioenskap in Durban deelgeneem. Dylan het die Junior trofee gewen en ʼn derde plek in die ope afdeling behaal. Mischka het ʼn tweede plek in die ope afdeling vir vroue losgeslaan.

Tydens die Zinkwazi-kampioenskap het Dylan weer eens koning gekraai in die 10 km afdeling, terwyl Mischka ʼn ewe oortuigende derde plek ingepalm het.

Baie geluk aan al ons buitesportleerders wat steeds Hoërskool Strand se naam hoog hou.

Indien daar nog merkwaardige prestasies is, sal ons graag daaraan erkenning wil gee. Stuur asseblief alle bewyse van deelname en prestasies aan me. Tania van der Walt by [email protected] of me. Mariaan Olivier by [email protected].

Sportnuus

Page 8: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

8

Nuusbrief 6 21 Junie 2013PROMOSIEBLAD

SOMERSET WEST

Services from R 350-00

SPECIALSTyres from 175/70R13 from

R 350-00

SPECIALS

71 VICTORIA ROAD, SOMERSET WEST021 851 1812 / 072 540 9101

WE DO TYRES º SHOCKS º EXHAUST º SUSPENSIONCV JOINTS º SERVICES º BRAKES º CLUTCHES

FREE WHEEL ALIGNMENT with every 4 shocks or tyres purchased

FREE MINI VALETwith every servicewith every purchase

of R500 or more

FREE WIPER BLADES

ACCEPTED HERE

Receive 5-10% discount on all CASH purchases by presenting this flyer.

20 point safety checkF R E E

FREE FREE FREE FREE FREE FREE

Page 9: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

8 9

Nuusbrief 6 21 Junie 2013PROMOSIEBLAD

Hiermee bedank ons Roman’s Pizza vir die heerlike pizzas wat tydens die opleidingsessie aan die personeel voorgesit is.

Page 10: HORSKOO STRAND Waar jong arende sweef ARENDENUUSstrandsk/images/dokumente/nuusbriewe/Arendenuus_6... · kinders te vestig. Dit is egter baie belangrik dat onthou word dat die ouers

10

Nuusbrief 6 21 Junie 2013PROMOSIEBLAD

Dear Parent/Guardian I would value the opportunity to meet with you personally to introduce myself and to discuss Liberty’s value proposition with you. As the “provider” of your family’s financial and medical needs I would like to share with you solutions that are able to save money regarding your taxes when it comes to retire-ment, planning for the unforeseeable and ensuring that you are on a medical aid that provides your whole family with the best and most affordable cover.

I specialise in retirement, education, estate planning, accident and illness cover and medical aid for the simple reason that I strongly believe that there is a need in the market for proper financial advice regarding these life events and eventualities.

Some of our major benefits include coverage of 65% of your child’s braces, as well as 2 free MRI scans, apart from all the other major benefits that we offer at a reasonable price. We are proud to announce that this is a MARKET FIRST.

As we all know, costs of MRI scans, which doctors tend to call for as it provides them with more ad-equate information to assist them in their decision making process, can easily run up to R20 000 per scan. As for the braces benefit, 90% of the time your dentist would suggest braces as a solution for your child’s dental situation.

With the above in mind, I am confident that I am able to offer professional advice and ongoing services to you and your family.

Kindly contact me or my PA to set up an appointment as I’m looking forward to make a difference in more people’s life’s every day.

Regards,

Andrea Buhr Nadine Durant Liberty Life PA to Andrea Buhr

Financial Advisor

t 021 526 1176 m 082 575 6797 t 021 526 1176 e [email protected] m 079 493 9510