hoËrskool b r a c k e n f e l high school · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese,...

22
HOËRSKOOL B R A C K E N F E L L HIGH SCHOOL ALTIORA SPERO STREEF ALTYD HOËR

Upload: others

Post on 12-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

HOËRSKOOL

B

R

A

C

K

E

N

F

E

L

L

HIGH SCHOOL

A

LT

IOR

A S

PE

RO

S

TR

EE

F A

LT

YD

HO

ËR

Page 2: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

PROSPEKTUS

Inhoud

Verwelkoming 2

Administrasie 3

Inskrywings 4

Finansies 5

Vakkeuses 6

Vakkeuses 7

Musiek / Dans / Drama 8

Taalbeleid 9

School and Leisure 10

Skooldrag 11

Sportdrag 12

Mini Me 13

Voorkoms en netheid 14

Sport 15

Kultuur 16

Ondersteuningsdienste 17

Afhanklikheidsbeleid 18

Detensiestelsel 19 Skoolgeskiedenis 20

Opsomming: Gedragskode 21

ONS VISIE

Die Hoërskool Brackenfell strewe na uitnemendheid

op alle gebiede sodat elke leerder sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel

om ‘n gebalanseerde volwassene en ‘n nuttige

landsburger te wees.

MISSIE

Die volle potensiaal van leerders moet op ‘n

gebalanseerde manier ontwikkel word deur:

Kindgerigte /mensgerigte belangstelling te toon

Wedersydse respek te openbaar

Onderlinge samewerking tussen die skool en die

gemeenskap te bewerkstellig

Gelukkige kinders met ‘n positiewe houding en

skooltrots te skep

Gelowige morele waardes by leerders te

kweek

‘n Akademiese ingesteld-heid te vestig

Aktief op buitemuurse vlak deel te neem

1

Page 3: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

VERWELKOMING

3

Skoollied

Ons harte swel van grootse trots By die aanhoor van jou naam Die bron van kennis wat ons dryf En ons vir ons taak bekwaam Ons streef na hoër dinge Ja, dit is tog ons leus’ Getrou aan Hoërskool Bracken-fell Dit wil ons altyd wees

Our thoughts and speech and actions Our body and our soul We dedicate to you our school May we attain your goal With industry and fervour We’ll utilize our time Altiora Spero Spero The steep ascent we’ll climb.

Altiora Spero

Die Hoërskool Brackenfell se

leuse

Streef altyd hoër

Die uitsonderlike prestasies van

leerders is ‘n bewys dat dié motto

VERWELKOMING

Geagte Ouers / Voogde en Leerders

Ons vetrou dat hierdie prospektus voldoende inligting bevat om u te help om ‘n ingeligte besluit te neem aangaande u kind se toekomstige skoolloopbaan. Die volgende feite behoort Hoërskool Brackenfell u voorkeurskool te maak.

Ons is ‘n tweetalige skool wat daarna streef om Afrikaans en Engels te bevorder. Hierdie blootstelling aan beide tale en diverse kulture is tot groot voordeel van al ons leerders.

Leerders: ‘n Toegewyde personeel is beskikbaar om julle te ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te ontwikkel in kritiese denkers en aktiewe probleemoplossers wat die wêreld met selfvertroue kan ingaan.

Ouers: U kinders se toekoms is in die bekwame hande van ‘n toegewyde span professionele leiers, onderwysers en ‘n ondersteuningspan. Ons fokus op ‘n holistiese benadering waar die leerders die middelpunt is. Ons strewe om die leerders toe te rus met ‘n verskeidenheid van vaardighede sodat hulle kan funksioneer in ‘n multi-kulturele land.

Om hierdie doelwitte te bereik is samewerking tussen ouers en onderwysers baie belangrik. Ek is vol vertroue dat alle rolspelers in u kind se lewe die vermoë het om aan Hoërskool Brackenfell se verwagtinge te voldoen. Ons sien onsself as ‘n veelsydige skool wat streef na uitnemendheid in alles wat ons doen.

Ons sien uit daarna om u en u kind by die Brakkie familie te verwelkom. Mnr. Jannie Muller—Skoolhoof

2

Page 4: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

ADMINISTRASIE

Opedae

20 Februarie (Eng)

22 Februarie (Afk)

18h00—18h45

Voornemende ouers

en leerders kan die

skool besoek vir ‘n

opsionele begeleide

toer van die skool.

Daar is ook ‘n

uitstalling in die

Ossie Theron

sentrum van al die

buitemuurse

aktiwiteite.

19h00 to 20h15

Die skoolhoof, mnr

Muller, spreek die

ouers en leerders

toe in die saal. ‘n

Kort video, wat die

bedrywighede van

die skool toon, word

gewys.

Verversings en ‘n

warm “brakkie”

sluit die aand af .

Skoolhoof: Mnr J Muller

Adjunkhoofde: Mnr J Benadie Mev S Potgieter

Visehoofde: Mnr P Stofberg (Sport en bemarking) Mev S Kotzé (Ondersteuningsdienste) Mej D Bester (Kultuur) Mnr Stockigt (Bemarking)

Sekretaresses: Mev M Carstens (Ontvangs) Mev N Hesse (Skakelbord) Mev A Bester (Administratief)

Finansies: Mev R Smit Mev A Opperman Mev D Cupido

Posadres: Privaatsak X03 Brackenfell 7561

Telefoon: 021 981 5522

Faksnommer: 021 981 6023

E-posadres: [email protected]

Webtuiste: www.brakkies.co.za

Facebook: www.facebook.com/brakkieland

Skoolure: Ma. – Do.: 07:40 – 14:30 Vr.: - 07:40 – 14:00

Graadhoofstelsel

Elke graad het Graadhoofde verantwoordelik vir die algemene welsyn van die leerders vir dié spesifieke graad. Die Graadhoofde vergesel die groep deur hul hoërskoolloopbaan. Die Graadhoofde is verantwoordelik vir:

Dissipline Voorligting Vakkeuse Akademiese vordering Sosiale geleenthede Skakeling met ouers

Verwag die beste!

3

Page 5: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

INSKRYWINGS

Prosedure by inskrywing vir 2019 Opedae / Inligtingsaande vind plaas op 20 Februarie 2018 (Eng) en 22 Februarie 2018 (Afk). 18h00—18h45: opsionele begeleide toer van die skool. 19h00—20h45: verpligte verrigtinge in die saal. Alle voornemende leerders, sowel as minstens een ouer, MOET hierdie geleentheid bywoon, aangesien baie belangrike inligting aan u deurgegee sal word.

1. Aansoekvorms is beskikbaar op die skool se webtuiste asook by die skool en die Opedag

2 Vul die aansoekvorm in en voorsien ons van die volgende dokumente: Graad 6-rapport (Desember 2017) Afskrif van leerder se ID / geboortesertifikaat Bewys van Brackenfell-adres (bv. diensterekening) Kliniekkaart (indien beskikbaar) Afskrifte van beide ouers se ID’s sowel as

die ID van die huiseienaar by wie die leerder inwoon.

3. Handig die voltooide aansoekpakket in by die skool of die Opedag. LET WEL: DIE SKOOL D R U K N I E E L E K T R O N I E S E AANSOEKVORMS UIT NIE. Onvolledige aansoekvorms sal u aansoek vertraag.

4 Sodra ons u volledige aansoek ontvang het en verwerk het, sal ons verdere inligting aan u stuur. Aansoeke word na die opedae verwerk.

5 Ons wil u aanmoedig om u aansoek so gou as moontlik in te handig anders moet u daarmee vir lief neem dat die skool bestaande plekke aan ander aansoekers kan gee. Ons kan slegs 330 graad 8’s hanteer.

Skool inskrywings open 12 Februarie 2018 Skool inskrywings sluit 23 Februarie 2018 Ouers bevestig aanvaarding teen 23 Julie 2018

Kommunikasie vind plaas deur middel van die volgende kanale:

Gereelde omsendbriewe

Oueraande ná toetse en eksamens

Kwartaallikse rapporte

Re Vera (skoolkoerant) D6 communicator Afsprake op u

versoek

Graadhoofde

E-posstelsel Webwerf Facebook

Ouer-Onderwysersvereniging

Die vereniging bestaan uit: Twee ouers per graad wat elke graad verteenwoordig

‘n Lid van die Beheerliggaam

Twee onderwysers

Hierdie vereniging se taak is om ouers by die skool te betrek deur funksies en oueraande aan te bied.

Hierdie komitee is ook verantwoordelik vir fondsinsamelings en die koördinering daarvan. U sal dus van tyd tot tyd genader word vir hulp in die verband.

KOMMUNIKASIE MET OUERS OUERBETROKKENHEID

4

Page 6: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

FINANSIES

HAND- EN SKRYFBOEKE SKOOLFONDS (2016)

Alle skryfbehoeftes moet deur die leerders self gekoop word. Dit word ook deur Spectra by die skool te koop aangebied wanneer handboeke afgehaal word. Handboekgeld is reeds by die skoolfonds ingesluit. Die eerste paaiement (tans R1 300) wat reeds in November 2018 betaal moet word, is nie handbook-fooie nie.

LET WEL: Leerders is te alle tye verantwoordelik vir hul persoon-like besittings en kan geen eise teen die skool instel indien hul boeke, klere, selfone, ens. wegraak of beskadig word nie. (Tasse moet tydens pouses in klasse toegesluit wees.) Selfoongebruik in klasse is streng verbode en strafbaar. Sien die gedragskode. Leerders moet hulle eie tasse aankoop—dit moet swart of donker blou (navy) wees, met stewige wande asook komparte-mente.

5

Die skoolfonds is R20 100 per kind per jaar vir 2018. Betaalbaar voor of op 28 Februarie.

Wyse van betaling:

Verpligte eerste paaiement: R 1300 in November 2018. Die heffing kan ook, met die goedkeuring van die Beheerliggaam, soos volg betaal word:

in 10 gelyke paaiemente vanaf 1 Februarie tot 1 November

in 12 gelyke paaiemente van 1 Desember van die vorige jaar tot 1 November. Hierdie opsie is slegs beskikbaar vir debietorder-betalers.

Enige ander vorm van betaling moet deur die finansiële komitee goedgekeur word.

Kantoorure: Maandag – Donderdag: 07:30 – 14:00 Vrydag: 07:30 – 12:00

Voordeel vir ouers:

Indien u die volle bedrag voor / op 28 Februarie betaal, is ‘n afslag van R1100 per kind van toepassing.

Indien ‘n verpligting vir meer as 30 dae uitstaande is, sal die Beheerliggaam geregtelike stappe doen om hierdie skuld in te vorder. Regskoste sal van die skuldenaar verhaal word. Die totale jaarlikse heffing word in so ‘n geval onmiddellik betaalbaar.

Skoolfondsverligting: U kom slegs hiervoor in aanmerking as u volgens die WKOD-tabelle daarvoor kwalifiseer en dan slegs as u die toepaslike aansoekvorms en dokumente voltooi en ingehandig het vóór of op 31 Januarie 2019.

Let asseblief daarop dat alle bedrae jaarliks tydens die begrotingsvergadering in Oktober hersien word.

Page 7: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

VAKKEUSES

Vakkeuse vir die Algemene Onderwys-en-Opleidingsertifikaat (A.O.O.S.)

1. Tale: Afrikaans Huistaal / Eerste Addisionele Taal English Home Language/ First Additional Language

2. Wiskunde

3. Natuurwetenskappe (NW)

4. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW)

5. Sosiale wetenskappe (SW)

6. Tegnologie

7. Skeppende Kunste (kies twee van

Drama, Dans, Musiek)

8. Lewensoriëntering

GRAAD 8 EN 9

Vakkeuse vir die Verdere Onderwys-en-Opleidingsertifikaat (V.O.O.)

Die vakke (genommer 1 tot 3) is VERPLIGTEND

1. Tale (Huistaal EN ‘n Addisionele Taal is verpligtend)

Afrikaans Huistaal / Eerste AddisioneleTaal

English Home Language/ First Additional Language

2. Wiskunde */ Wiskundige Geletterdheid

3. Lewensoriëntering

GRAAD 10 TOT 12

‘n KEUSE van 3 vakke uit die volgende:

Besigheidstudies Ekonomie Rekeningkunde Dansstudie * Dramatiese kunste* Musiek * Kuns (Buitevak— onderhewig aan keuring) Fisiese Wetenskappe * (Wiskunde ‘n vereiste) Lewenswetenskappe Geografie Toerisme Verbruikerstudies **

Ingenieursgrafika en Ontwerp** Inligtingstegnologie * (Wiskunde ‘n vereiste) OF Rekenaartoepassingstegnologie **

Die groepe waarin leerders die keusevakke neem, word jaarliks deur die rooster bepaal en hersien. Die skool bied ‘n oop vakkeuse aan volgens Departementele voorskrifte.

LET WEL: Spesialisvakke met ‘n enkel asterisk (*) gemerk, is onderhewig aan keuring. Vakke met twee asteriske (**) gemerk, het ‘n beperking ten opsigte van getalle as gevolg van fisiese geriewe.

6

Page 8: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

7

Toelating tot die volgende vakke is onderhewig aan keuring:

Musiek Inligtingstegnologie Ingenieursgrafika en Ontwerp Fisiese Wetenskappe Wiskunde Rekeningkunde Dramakuns Dansstudie Kuns (Tygerberg Kunssentrum)

Slegs gekeurde leerders word toegelaat om meer as 7 eksamenvakke te neem. 'n Addisionele heffing tot die skoolgeld (per ekstra vak) sal verhaal word.

VAKKEUSES

OPMERKINGS BETREFFENDE VAKKEUSES GR. 10 tot 12

Vakkeuses is onderhewig aan wysiging, afhangende van die getal leerders wat 'n spesifieke vak wil neem.

Wiskunde is 'n voorvereiste vir Fisiese Wetenskappe en Inligtings Tegnologie.

Vir verandering van vakke deur die loop van die jaar sal 'n administrasiefooi gehef word en dit is onderhewig aan bepalings soos gestel deur die WKOD.

Waar daar meer aansoeke tot ‘n vak is as waarvoor daar plek is, sal keuring op grond van akademiese prestasie plaasvind. Dit geld veral vir vakke soos Rek e n aa r t oe p as s i n gs t e g no l o g i e , Verbruikerstudies, Ingenieursgrafika en Ontwerp waar beperkte fisiese geriewe is.

Page 9: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

VAKKEUSES

Die Hoërskool Brackenfell bied musiek as ‘n vak aan van graad 8 tot graad 12. Gratis praktiese onderrig word in die volgende instrumente aangebied: klavier, kerkorrel, blokflu-it, viool, tjello en klassieke sang (onderhewig aan ‘n geslaagde oudisie).

Die skool bied verder ook privaat-onderrig aan in die volgende instrumente: kitaar en dwarsfluit. Onderrig in ander instrumente word op ‘n ad hoc-basis gereël.

Leerders mag musiek as vak neem terwyl hulle praktiese onderrig by gekwalifiseerde onderwysers buite die skool ontvang.

Instrumente wat aangebied kan word vir musiek as vak: klawerbordinstrumente, stem, blokfluit, kitaar, orkesinstrumente, perkussie (3 instrumente), instrumente wat in ligte musiekgroepe en jazz-ensembles gebruik word (‘band instruments’), tromstel (drum kit).

Leerders mag inskryf vir Unisa-, Royal Schools- of Trinity College eksamens (prakties en teorie) en word ook aangemoedig om aan die plaaslike kunswedstryde deel te neem. Daar is verskeie ensemble-groepe waarby musiekleerders kan

inskakel. Musiekleerders, die koor en die A Capella

sangroep van die Hoërskool Brackenfell tree gereeld op by eisteddfods en eksterne eksamens.

Die Hoërskool Brackenfell is baie bevoorreg om een van die min skole in die Wes-Kaap en een van die enigste in die noordelike voorstede te wees wat Dansstudies as vak aanbied. Ons spesialiseer in Kontemporêre dans en volg ʼn sillabus wat deur die WKOD in samewerking met Jazzart Dansteater ontwikkel is. Dit bestaan uit ʼn praktiese sowel as ‘n teoretiese komponent wat uit Dans-geskiedenis en Anatomie bestaan. Die leerders word gedurende die jaar aan talle professionele danswerke blootgestel. Hulle hou ook dansuitvoerings by die skool. Hierdie is ʼn opwindende vak wat leerders nie net fisies uitdaag nie, maar ook bydra tot die ontwikkeling van kunstenaars met ʼn diep waardering vir dié kuns-soort.

8

DANSSTUDIES MUSIEK

DRAMA

Die vak Drama bestaan uit ʼn t e o r e t i e s k o mp o n e n t —teatergeskiedenis—sowel as praktiese modules.

Verskeie geleenthede word jaarliks geskep om aan leerders die geleentheid te bied om hulle talente ten toon te stel.

Dramaleerders neem deel aan die volgende: ATKV Tiener-toneel, Nasionale Individuele Toneelspelkompetisie en Eisteddfods.

Page 10: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

TAALBELEID

Die taalbeleid is ontwikkel teen die agtergrond van alle wetgewing (provinsiaal en nasionaal) wat beskikbaar is tot en met 2007.

1 Taal van leer en onderrig

Afrikaans en Engels is die tale van onderrig en leer. In graad 8 en 9 word parallelmediumonderrig gevolg en in graad 10-12 word klasse in dubbelmedium onderrig.

Dit impliseer dat ‘n leerder in die VOO-fase (gr. 10 – 12) in beide Afrikaans en Engels onderrig in dieselfde klas kan ontvang. ‘n Leerder moet dus bedrewe wees in beide die tale omdat dit beteken dat nie alles in die leerder se huistaal herhaal gaan word nie.

In die AOO-fase (gr. 8 – 9) sal leerders in Afrikaans of Engels onderrig ontvang. Leerders wat dus aan die einde van die fase nie in staat is om in beide tale klas-onderrig te ontvang nie, moet toegang tot ‘n skool soek waar in die leerder se taalvoorkeur onderrig gegee word. Die skool en die bestuur kan nie in sulke gevalle aan leerders toegang tot sodanige skole verseker nie. Ouers van sodanige leerders sal sterk aangemoedig word om hulle kinders uit die staanspoor in te skryf in skole waar aan hul taalvoorkeur voldoen word.

2 Tale wat as vak onderrig word

Afrikaans en Engels word as vakke aange-bied volgens die tydstoewysing wat deur die leerplanne bepaal word.

3 Beskerming van die regte van leerders in

geval van ‘n beleidsverandering

Indien die taalbeleid van die skool verander, sal die skool die nuwe taalbeleid infaseer sodat leerders nie in die middel van hul skoolloopbaan ontwrig word nie.

4 Taal van assessering

AOO-fase: Afrikaans of Engels (Leerder se keuse)

VOO-fase: Afrikaans of Engels (Leerder se keuse)

Onderrigmateriaal word in beide tale van onderrig en leer voorsien.

5 Taal van kommunikasie met ouers

Oueraande word in dubbelmedium aangebied.

Onderhoude met ouers word in die taalvoorkeur van die ouer gevoer (Afrikaans of Engels).

Vergaderings sal in dubbelmedium geskied.

Sprekers van buite word versoek om die beleid te volg, maar die skool kan nie ‘n bepaalde uitkoms waarborg nie.

9

Page 11: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

SCHOOL AND LEISURE

10

Page 12: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

SKOOLDRAG

Die Hoërskool Brackenfell se leerders moet altyd netjies geklee wees. Hulle is te alle tye beelddraers en ambassadeurs van die skool. Daarom word verwag dat voorgeskrewe skooldrag in die regulasies wat hieronder uiteengesit word, gedra sal word. Mengsels van skool-/sportdrag en gewone drag is onaanvaarbaar. Skool-klere moet altyd heel, skoon en gestryk wees. Skooltasse mag nie bekrap of beplak word nie. Skoolbaadjies moet na alle amptelike skoolgeleenthede gedra word.

LAPELWAPENS EN BALKIES Wapens wat leierskap aandui, word op die linkerkantse lapel gedra. Ander wapens word op die regterkantse lapel gedra. Balkies (halfkleure) moet direk onder die bo-sak, 1 cm uit mekaar, vasgewerk word. Slegs lapelwapens wat met skool-bedrywighede verband hou mag gedra word.

DOGTERS - somer

Swart skoolskoene met kort, wit sokkies wat omgeslaan is Skoolrok met wapen op Wit oopnek kortmou skoolhemp Moulose skooltrui en skoolbaadjie (opsioneel) Skool se reënbaadjie (mag alleenlik op reëndae bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word

DOGTERS - winter

Swart skoolskoene Skoolrok (met wapen op) met donkerblou of swart broekiekouse OF: Grys langbroek met grys sokkies Wit langmou-skoolhemp met ‘n das Skoolbaadjie Skool se reënbaadjie (mag alleenlik bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag slegs onder die skoolbaadjie gedra word Slegs skoolserpe mag gedra word. Geen ander klerasie van enige aard mag by die skooldrag gedra word nie. Dit sluit mussies en handskoene in

SEUNS - somer

Swart skoolskoene met lang, grys sokkies Grys kortbroek of langbroek (bo die heupe en knieë) met belt Wit, kortmou oopnek skoolhemp met skoolwapen op sak Skool se moulose oortrektrui en skoolbaadjie (opsioneel)Skool se reënbaadjie (mag alleenlik op reëndae bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word

SEUNS - winter

Swart skoolskoene met lang grys sokkies Grys kortbroek of langbroek (bo die heupe en knieë) met belt Wit, langmou skoolhemp met ‘n das en skoolbaadjie Skool se reënbaadjie (mag alleenlik bo-oor skoolbaadjie gedra word) Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word Slegs skoolserpe mag gedra word. Geen ander klerasie mag by die skooldrag gedra word nie.

Dit sluit pette, mussies en handskoene in.

11

Page 13: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

SPORTDRAG

DIE AMPTELIKE VOORSIENERS VAN DIE SKOOLDRAG IS

School & Leisure

De Jagers Mans- & Skooluitrusters Mini Me

Die skool (vir sportklere)

DOGTERS Atletiek en Landloop Skoolatletiekfrokkie Donkerblou broekie .OF: “Crop top” met ‘n Lycra-

broekie

Tennis Wit skoolsporthemp Donkerblou romp/broekie Wit sokkies en tennisskoene

Hokkie Rooi skool gholfhemp Donkerblou hokkieromp Skoolrugbykous

Netbal Rooi skool-netbaltop

Donkerblou netbalromp Wit Brakkie-enkelsokkies Wit opwarmingshemp

LO-drag: seuns en dogters:

Donkerblou sportbroek met rooi insetsel

Sporthemp verskillende kleure met skool

se embleem

Tafeltennis Tafeltennishempie Blou skoolsportbroekie

Skyfskiet Tydens oefeninge:

gemaklike klere waarmee in verskillende houdings geskiet kan word

Vir wedstryde: Denim langbroek Spesiale skiethemp Tekkies met sokkies of

hoogste SANSSU-kleure verwerf

‘n Reënbaadjie vir die winter (opsioneel) word gemaak vir skuts wat daarin sou belangstel.

SEUNS Atletiek en Landloop Skoolatletiekfrokkie Donkerblou broekie

Hokkie Rooi skool gholfhemp Skoolrugbykouse

Tennis Wit skooltennishemp Donkerblou broekie Wit sokkies en

tennisskoene

Krieket Wit skoolsporthemp met

skoolwapen Wit langbroek met wit

sokkies en wit skoene Pet met skoolwapen

Rugby Rugbytrui in skoolkleure Donkerblou broekie Rugbykouse

Gholf Skool gholfhempie met

kraag Roomkleurige broek (lank

of kort) Kort enkelsokkies Gholf- of sportskoene

12

Page 14: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

MINI ME

13

Page 15: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

VOORKOMS EN NETHEID

DOGTERS

Hare Hare langer as die onderkant van die kraag moet gevleg of vasgebind wees Hare mag nie in die oë of gesig hang nie Waar ekstra hare ingeweef / ingevleg of verlengstukke bygevoeg is, mag dit nie te veel hare wees sodat dit buite proporsie tot die kopgrootte is nie. Waar ekstra hare ingeweef / ingevleg of verlengstukke ingevoeg is, mag dit nie te lank wees, sodat dit buite proporsie tot die kopgrootte is wanneer vasgemaak nie. Haarkleur: Hare moet ‘n natuurlike kleur wees / hare mag nie definitiewe verskillende kleure wees nie Vlegsels, ingeweefde hare en verlengstukke moet so ná moontlik aan die leerder se natuurlike haarkleur wees Haarbykomstighede: Haarbykomstighede – net donkerblou, rooi, geel en wit (om by skoolkleure te pas), of swart en bruin (om by die haarkleur te pas)

Juweliersware en oorringe Slegs een stel klein oorringetjies of knopies(“studs”) van silwer of goud of met ‘n klein, deurskynende steentjie /pêreltjie is toelaatbaar in onderkant van die oor. Geen deursigtige / swart pennetjies om nuwe gaatjies op enige sigbare plek oop te hou nie. “Stretchers” wat gaatjies groter rek word nie toegelaat nie. Geen ringe, knopies of stawe wat ingeskiet is, word op enige sigbare plek toegelaat nie. Geen ringe, armbande of kettinkies nie, behalwe ’n armhorlosie of Medic Alert-armband

Naels Naels moet kort wees. Slegs kleurlose naellak word toegelaat.

Tatoeëermerke: Geen tatoeëermerke mag sigbaar wees nie. Die leerder moet baadjie dra of tatoeëermerk met vleeskleurige pleister bedek. Lyk altyd netjies!

SEUNS Hare

Die algemene snit moet ‘n netjiese indruk wek Hare mag nie oor die kraag of ore hang nie Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie Daar mag geen riwwe in die hare wees nie Die hare mag nie in die sogenaamde “mushroom-, mullet- of Mohawk-styl” gesny word nie. Die hare moet dus die natuurlike vorm van die seun se skedel volg. Daar mag geen patrone geskeer word nie Die hare langs en agter die kop moet dieselfde lengte gesny wees Geen ekstra hare mag ingeweef of verlengstukke ingevoeg word nie Geen eksotiese of onnatuurlike haarstyle word toegelaat nie Hare mag nie gekleur of getint(“highlights”) word nie.

Baard Seuns moet skoongeskeer wees Snorre of wangbaard word nie toegelaat nie Wangbaard mag nie by die middel van die

oor verbysteek nie

Tatoeëermerke:Geen tatoeëermerke mag sigbaar wees nie. Die leerder moet ‘n baadjie dra of die tatoeëermerk met ‘n vleeskleurige pleister bedek.

Juwele Seuns mag geen juwele dra nie, behalwe ‘n armhorlosie of Medic Alert-armband. Slegs lapelwapens wat met skoolbedrywighede verband hou, mag gedra word.

Algemeen Geen grimering word toegelaat nie. Naels moet skoon en kort wees.

.

14

Page 16: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

SPORT

Sport vorm ‘n integrale deel van opvoeding by die Hoër-skool Brackenfell. Sportsoorte aangebied Rugby Krieket (seuns) Atletiek Netbal Hokkie (seuns en meisies op

astrobaan) Tennis (seuns en meisies) Landloop Tafeltennis Gholf Skaak Skyfskiet

Sportorganisasie

Die skool beskik oor ‘n voltydse sportbestuurder wat omsien na sportontwikkeling, afrigting en sportfasiliteite. Elke sportsoort beskik oor ‘n organiseerder en ‘n toegewyde afrigterskorps. Daar word van verskeie professionele buite-afrigters gebruik gemaak om te verseker dat ‘n hoë afrigtingstandaard gehandhaaf word. Die leerders ontvang ook kondisioneringsafrigting deur die jaar om hulle fiks te hou. Sportklinieke word ook jaarliks aangebied en bygewoon om vaardighede te slyp.

Prestasies Erkenning word verleen aan leerders wat presteer by wyse van erekleure, half-erekleure, trofeë en diplomas. Erekleure word net toegeken aan sportkodes wat onder beskerming van die skool aangebied word.

Toere Gereelde toere word onderneem en sportspanne neem ook deel aan ’n verskeidenheid toernooie en sportdae.

Koste Spesiale fondsinsamelings word vir sporttoere gehou om die koste vir leerders so laag moontlik te hou. In uitsonderlike gevalle, moet leerders vir busvervoer betaal.

SPORTONDERSTEUNERSKLUB

Die Sportondersteunersklub van die skool stel hom ten doel om skoolsportsoorte in die algemeen te bevorder en ook individuele verdienstelike ge-valle finansieel te steun. Indien u kind aan sport deelneem, het u ‘n morele verpligting om by dié klub aan te sluit.

Sportklere is by die skool beskikbaar

15

Page 17: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

KULTUUR

‘n Betrokke Brakkie is ‘n gelukkige Brakkie. Ons poog om aan elke leerder geleenthede te gee om deel te neem sodat hulle kan ontwikkel in gebalanseerde volwassenes. Ons bied die volgende kultuuraktiwiteite aan: Musiek: Die koor en A Capella sanggroep tree gereeld op by geleenthede en neem deel aan kompetisies en eisteddfods.

Woordkuns: Ons kreatiewe leerders neem deel aan eisteddfods en toneelkompetisies om hulle vaardighede te slyp. Ons het ook al gepubliseerde skrywers en uitstekende akteurs opgelewer. Debat: Hierdie vereniging bied geleenthede aan ons jong, opkomende sprekers. Hulle neem deel aan verskeie kompetisies waar hulle baie goed presteeer.

Skoolkoerant: Die redaksie van die Re Vera is

verantwoordelik vir hierdie kwartaallikse publikasie. Gemeenskapsdiens: Die In teract - en teens@comm spanne samel gereeld geld in vir behoeftige kwessies binne en ook buite ons gemeenskap. Hulle organiseer uitreikaksies en fokus ook op leierskapsontwikkeling. Die Landsdiens gaan gereeld op kampe en pak gemeenskapsprojekte aan.

Noodhulp: Ons noodhulpleerders bied ‘n waardevolle diens en ontvang ook professionele opleiding.

Geestelik: Die Extreme 45 groep kom gereeld bymekaar om geloofskwessies te bespreek en te groei in hulle eie geloof.

Leierskapsontwikkeling: Ons neem leierskap-ontwikkeling baie ernstig op omdat dit belangrik is om ons leerders se volle potensiaal te ontwikkel. Die Graadrade en VRL gaan op kampe en woon opleidingssessies by die skool by. Hulle verrig ook talle funksies by die skool om sodoende hulle vaardighede te ontwikkel.

Avontuur: Dis opwindend om ‘n Brakkie te wees.

Van roei op die Oranjerivier tot toere na Linz in Oostenryk - ons doen dit alles!

16

Page 18: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

17

ONS WAARDES is:

Omgee Empatie, goedhartigheid,

liefdevol, vriendelikheid, bedagsaamheid, dankbaar-heid, vergewensgesindheid

Betroubaarheid Integriteit, eerlikheid,

lojaliteit, steel of jok nie, bou ‘n goeie naam, kan vertrou word, doen die regte ding

Respek respekteer individuele ver-

skille, luister, agting, los kon-flik sonder geweld op, goeie maniere, respekteer regte

Regverdigheid maak beurte en deel, trek

nie voor nie, bevoordeel nie hulself nie, onpartydig, onbevooroordeeld

Verantwoordelikheid pligsbesef, is selfbeheersd,

uitnemendheid, is voorbeel-dig, beplan en stel doelwitte

Burgerskap werk saam, bly ingelig, stem,

goeie buurman, wetsgehoor-saam, respekteer die omgewing, spaar water en elektrisiteit

DIE FOKUS IS:

om die leerder te begelei om op alle terreine van menswees te ontwikkel om probleme wat leerders negatief beïnvloed uit te skakel om ‘n uitgebreide verwysingsnetwerk aan leerders en

ouers te verskaf DIT BEHELS:

Berading

voltydse maatskaplike werker voltydse pastorale berader voltydse geestelike begeleier

Ma’s wat omgee-gebedsaksie moeders wat vrywillig weekliks vir die skool en leerders bid

Skakeling / Verwysing krisis- en/of trauma- assesserings verwysing vir akademiese, emosionele en geestelike assesserings vir lees- of leerstoornisse leeshulp tydens eksamens (Jun. / Nov.) samewerking met leessentrums / buitesielkundiges /

welsynorganisasies / rehabilitasiesentrums / spesiale onderwys ens.

teens@comm: tieners vir die gemeenskap vereniging wat fokus op uitreikaksies in ons skool kwartaallikse insamelings vir minderbevoorregtes fondsinsamelingsprojekte kosprojekte

Beleide Ons verseker die korrekte uitvoer van die skoolbeleide ten

opsigte van swangerskap, selfskending, boeliegedrag, afhanklikheidsmiddels en MIV/Vigs.

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Interact Rotary projekte saam met Rotary talle uitstappies en kampe leierskapontwikkeling hulpaksies by sportbyeenkomste

Ons gee om

Page 19: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

AFHANKLIKHEIDSBELEID

Gebaseer op die Nuwe Regulasie insake dwelms gedateer 2008/09/19, omsendskrywe 1140 van 2008, onderteken deur Grace N M Pandor, Minister van Onderwys. Die beleid vorm deel van die gedragskode van die skool en word deur leerder en ouers / voogde onderteken. PROSEDURE AANMELDING deur ...

deur leerder(s) self / vriende / ouers / voogde / mede-leerders / personeel OF vermoede van middelgebruik / besit van / handel dryf in / eksperimentering met.

leerder word direk na die adjunkhoof (dissiplinêr) verwys en opdrag word gegee vir dwelmtoetsing by Ondersteuningsdienste of Ondersteuningsdienste tref self reëlings.

Indien die leerder na die program weer POSITIEF toets of ‘n skriftelike verklar-ing aflê waarin hy / sy erkenning gee van die gebruik / eksperimentering / be-sit / verspreiding van / handel dryf in afhankliheidsmiddels, moet EEN van die vol-gende opsies uitgevoer word:

leerder verlaat vrywillig die skool of

OF

leerder verskyn voor die Beheerlig-gaam van die skool waarop ‘n uitsetting kan volg.

Die ouer(s) / voog(de) moet hierdie reëlings in samewerking met die adjunk-hoof (dissiplinêr) en die Ondersteun-ingsdienste tref.

DWELMHANDEL

Die besit van / verspreiding van / handel dryf in afhanklikheidsmiddels op die skoolterrein word as ‘n kriminele oortreding beskou en deur die SAPD ondersoek.

Die span van Ondersteu-ningsdienste:

Mev Sonja van Breda, Mnr Deon Beukes en Mev Sandra Kotzé

18

LET WEL: Die OUER(S) / VOOG(DE) is self

verantwoordelik vir ALLE kostes rakende die verdere verloop van die proses. die toetsuitslag moet binne 24 uur aan die

berader / graadhoof / skoolhoof verskaf word. die toetsuitslag word so spoedig moontlik binne

24 uur met die leerder bespreek; die leerder moet ‘n skriftelike verklaring aflê oor

die gebruik / eksperimentering / besit / ver-spreiding van / handel dryf in afhanlikheidsmid-dels;

die ouer(s)/voog(de) word binne 24 uur tele-fonies in kennis gestel van die uitslag.

Indien die leerder positief toets:

moet die ouer(s) / voog(de) die ooreenkoms (Bylaag A) vir die voorgeskrewe prosedure binne sewe dae onderteken

mag die leerder nie die skool bywoon nie alvorens

- die ooreenkoms onderteken is - die skool ‘n skriftelike bewys ontvang het - van die program wat die leeder by ‘n erkende diensverskaffer gaan bywoon ouer(s) /voog(de) reël self afsprake en vervoer opvolgtoetsing sal daarna deurlopend plaasvind

Page 20: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

DETENSIESTELSEL

Leerders word volgens ‘n puntestelsel gestraf vir oortredings. Dissiplinêre oortredings: Leerders sit detensie op Sa-terdag oggende van 8:00 tot 10:00. Ouers sal ‘n SMS ontvang asook ‘n brief wat geteken moet word indien ‘n leerder detensie sit. Akademiese versuim: Vakonderwyser sal self met leerder reël vir akadmiese in-tervensie en die ouers in ken-nis stel. ‘n Leerder Ondersteunings Vergadering kan ook belê word om ernstige gevalle saam met die ouers en leerder aan te spreek. Leerders wat nie vir detensie opdaag nie, sal vir drie dae in-skool geskors word waartydens hulle in die graadhoof se klas sal wees.

AFKOELKLAS Leerders wat steurende of ontwrigtende gedrag in die klas openbaar, sal ná een waarskuwing uit die klas verwyder word en na die afkoelklas gestuur word. Die verwydering van die leerder uit die klas is nie ‘n straf nie, maar ‘n maatreël om te verseker dat onderrig in die klas kan voortgaan. Indien ‘n leerder nie gehoor wil gee nie, sal die ouers ingeroep word en/of die leerder sal deur die Tribunaal verhoor en gestraf word.

AFWESIGHEID Dit is elke ouer se plig om die skool in kennis te stel as ‘n leerder afwesig sal wees. Leerders wat afwesig is se ouers sal per SMS in kennis gestel word (al het u die skool laat weet). Wanneer die leerder terugkeer, moet die ouer ‘n brief met die datum(s) van afwesigheid of ‘n mediese sertifikaat indien. NB: ‘n Mediese sertifikaat is verpligtend wanneer ‘n leerder afwesig is vir ‘n toets of eksamen.

UITTEKEN Leerders wat dringend gedurende die skooldag moet huis toe gaan, kan slegs uitteken indien die ouer self die kind by die skool kom afhaal. Toestemmingsbriewe van ouers moet aan die begin van die dag ingehandig word. Leerders wat siek voel, moet liefs tuis bly, aangesien dit ‘n geweldige las plaas op die sekretaresse wat dit moet hanteer.

19

Jou gesindheid

bepaal jou

optrede. Jou

optrede bepaal

jou kundigheid.

‘n Betrokke

Brakkie is ‘n

gelukkige

Brakkie!

Page 21: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

GESKIEDENIS

20

Die opening van die Hoërskool Brackenfell op 21 Januarie 1976 was ‘n ideaal wat so ver as 1906 terugstrek. In Januarie 1906 het mev. Janet Brink, weduwee van Andries Brink, eienaar van die plaas Kruispad, een morg grond geskenk vir die oprigting van ‘n skool in Brackenfell. Vanaf 22 Januarie 1906, terwyl die skool gebou is, het die leerlinge tydelik skoolge-gaan aan huis van Mnr. CM Nagel.

Op 9 April 1906 het ongeveer 18 leerlinge onder leiding van me Miller die eenvertrekgebou wat deur die Skoolkomitee opgerig is, betrek. Vanaf Januarie 1907 is die skool onder beheer van die Skoolraad van Stellenbosch geplaas. Aangesien die skool so vinnig gegroei het, moes daar later twee klaskamers aangebou word en ‘n derde van die NG Kerk gehuur word.

‘n Kort oorsig oor die ontstaan van die Hoërskool Brackenfell

Mev Janet Brink

In 1949 was die fasiliteite totaal ontoereikend en vroeg in 1960 is ‘n nuwe skoolgebou betrek. Vanaf Januarie 1964 het die skool “middelbare” status verkry en van Januarie 1973 was dit ná verskeie uitbreidings ‘n volwaardige hoër-skool wat ook die laerskool gehuisves het. Die groei in die area en in leerdergetalle, het egter gou die noodsaak van ‘n aparte hoërskool bevestig. Die huidige

skoolgebou is in 1975 voltooi en in Januarie 1976 in gebruik geneem.

Presies 70 jaar na die eerste skool in Brackenfell begin is, het die Hoërskool Brackenfell op 22 Januarie 1976 sy deure geopen. Onder die hoofskap van mnr. PB Bruwer, het 234 leerders, 14 onderwysers en een sekretaresse die jaar begin. Op 14 Augustus 1976 het die destydse D i r e k t e u r v a n Onderwys, dr. PS Meyer, die skool amptelik geopen.

Die eerste skoolgebou in 1906

‘n Nuwe skoolwapen is deur dr. C Pama van die SA Raad vir Heraldiek ontwerp. Die skoollied is deur mev.Rika du Plessis geskryf en is deur dr. Dirkie de Villiers getoonset. Die wapen en skoollied is op 11 September 1978 saam met die n u w e s k o o l d r a g (roesbruin baadjies en ligbruin broeke en rokke) in gebruik geneem.

In Julie 1983 is mnr. O Theron as nuwe skoolhoof aangestel. Verskeie prestasies is op akademiese en kulturele gebiede behaal. Na oorlegpleging met die Laerskole Brackenfell, Bastion en die Paarl-Skool, is in 1994 ‘n gestandaard-iseerde skooluniform (donkerblou baadjie, grys broek en turkoois rok) vir al vier skole in gebruik geneem.

Onder leiding van mnr. Ossie Theron is die aktiwiteit-sentrum in 1992 in gebruik geneem. Die gebou is dan ook na hom vernoem omdat hy die inisieerder en dryfveer agter die projek was.

Sedert April 2003 was mnr.André Pretorius die skoolhoof. Die skool se getalle het uitgebrei en weer eens is die gebou vergroot en ander fasiliteite is opgegradeer. Die inwyding van ‘n pawiljoen met sowat duisend sitplekke op 20 Maart 2010, het ‘n lank gekoesterde droom bewaarheid.

Die Hoërskool Brackenfell spog daarmee dat ons ook op akademiese gebied vooruitgegaan het. Die skool is tans een van die weinige skole wat aan leerders ‘n onbeperkte vakkeuse bied.

In 2017 neem mnr. Jannie Muller die leisels oor by mnr. Pretorius.

Wat oor die afgelope 40+ jaar bereik is, strek alle betrokkenes tot groot eer. Ons gaan vorentoe met

V.l.n.r.: Mnr LC Bruwer, M Smit (Hoofmeisie), Mnr PB Bruwer

(Hoof), E du Plessis (Hoofseun), dr C Pama

Dr. PS Meyer

Page 22: HOËRSKOOL B R A C K E N F E L HIGH SCHOOL · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te

GEDRAGSKODE

22

HOËRSKOOL BRACKENFELL

SAMEVATTING VAN DIE GEDRAGSKODE (soos goedgekeur deur die beheerliggaam)

AANHEF Die voorkoms, gedrag en optrede van leerders van die Hoërskool Brackenfell moet te alle tye in ooreenstemming wees met die voorskrifte en etos van die skool. Leerders se optrede moet die skool tot eer strek en mag op geen wyse ander leerders se reg op onderwys benadeel of die personeel verhinder om hul onderrigtaak uit te voer nie.

LEERDERS ONDERNEEM OM . . . te alle tye die gedragskode en alle skriftelike en mondelinge reëlings van die skool na te

kom; slegs die voorgeskrewe skool– of sportdrag te dra (sien prospektus); toe te sien dat hul voorkoms te alle tye volgens die voorskrifte sal wees (sien prospektus); respek te betoon teenoor onderwysers, ander volwassenes en medeleerders en altyd or-

dentlik en beskaafd teenoor hulle op te tree; die skool en ander se eiendom te respekteer en hulle te weerhou van enige vorm van van-

dalisme; hulle te weerhou van rook, alkohol of enige vorm van dwelmgebruik; geen vorm van enige kriminele oortreding te begaan nie; hulle te onderwerp aan die gesag van die skoolhoof of sy verteenwoordiger en die SBL in-

dien hulle ná ‘n verhoor skuldig bevind mag word aan ‘n oortreding van die gedrags-kode. Hiermee aanvaar ek die gedragskode en reëls soos in die skool se prospektus uiteengesit en onderneem ek om dit te alle tye te gehoorsaam.