hoërskool brandwag | eeu van dankbaarheid€¦  · web view2020-04-16 · môre graad 10’s! jy...

13
1. ELEMENTE VAN KUNS Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele Ontleding van kunswerke wat jy nog nie gesien het nie. Die tweede deel is kunstenaars en kunswerke wat hul gedoen het. Die volgende is ń opsomming en riglyne vir Visuele Ontleding Bestudeer hierdie deeglik en hou dit as ń handleiding tot in Gr.12 ONTLEDING VAN ń KUNSWERK Wanneer jy ń kunswerk moet ontleed of kunswerke moet vergelyk met mekaar, is daar sekere kriteria wat jy moet volg en gebruik.Dit is: 1.) Elemente van Kuns 2.) Beginsels van ontwerp 3.) Style en tegnieke- het drie afdelings: 3.1 Styl met Mediums en Tegnieke 3.2 Styl as ń Metode 3.3 Styl as gevolg van Kunsperiodes en KunsbewegingsOnderwerp (Beskrywing van presies dit wat jy sien) 4.) Die Onderwerp 5.) Kontekstuele faktore: Sien laaste bladsy

Upload: others

Post on 14-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

1. ELEMENTE VAN KUNS

Môre Graad 10’s!

Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan.

Die eerste deel is Visuele Ontleding van kunswerke wat jy nog nie gesien het nie.

Die tweede deel is kunstenaars en kunswerke wat hul gedoen het.

Die volgende is ń opsomming en riglyne vir Visuele Ontleding

Bestudeer hierdie deeglik en hou dit as ń handleiding tot in Gr.12

ONTLEDING VAN ń KUNSWERK

Wanneer jy ń kunswerk moet ontleed of kunswerke moet vergelyk met mekaar, is daar sekere kriteria wat jy moet volg en gebruik.Dit is:

1.) Elemente van Kuns2.) Beginsels van ontwerp3.) Style en tegnieke- het drie afdelings:

3.1 Styl met Mediums en Tegnieke

3.2 Styl as ń Metode

3.3 Styl as gevolg van Kunsperiodes en KunsbewegingsOnderwerp (Beskrywing van presies dit wat jy sien)

4.) Die Onderwerp5.) Kontekstuele faktore: Sien laaste bladsy

Jy het reeds in Gr.9 die Elemente van Kuns in diepte bestudeer, dus is hierdie net ń lys van al die elemente om jou geheue te verfris:

Lyn Vorm en fatsoen Ruimte Tekstuur Kleur Tonale waarde

Page 2: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

Jy het reeds in gr.9 die beginsels van ontwerp bespreek en geoefen.Hier volg ń lys van al die Ontwerp-beginsels:

Patroon Ritme en beweging Balans Kontras Klem of fokus Proporsie en skaal Harmonie (Eenheid) Verskeidenheid

Net nog iets om die Beginsels te kan verstaan:

Verbeel jou dat die Kunselemente die “boustene” is wat gebruik word om ń kunswerk te “bou” of te skep. Die Beginsels van ontwerp is die samestelling en gebruik van die Elemente om die kunswerk esteties of suksesvol te maak.

Dink aan ń huis, watse tekstuur is in die bakstene, watter kleure word gebruik, wat is die lyne van die ontwerp ens.

Kyk na die volgende voorbeelde van huise.Altwee is huise, maar die tweede huis het balans met kleur, Verskeidenheid met struktuur, Vorm en lyn word gebruik om Fokus te skep.

2. BEGINSELS VAN ONTWERP

Page 3: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

Wanneer jy ń kunstenaar se STYL en/of TEGNIEK van ń kunswerk moet bespreek, is daar DRIE moontlike uitgangspunte:

Jy moet elke kolom van bon na onder lees en gebruik.

Kolom 3.3 is die teorie wat jy oor die volgende TWEE jaar gaan leer.Jy gaan dit in Gr.12 moet kan toepas as deel van Visuele Ontleding, so dis baie belangrik dat jy te alle tye jou teorie ken en leer!

Kolom 3.1 en 3.2, asook Die Onderwerp en Kontekstuele Faktore (laaste twee bladsye)

Is werk wat jy baie deeglik moet bestudeer.

3.1.STYL met MEDIUMS en TEGNIEKEWanneer jy die beskrywing onderaan die kunswerk lees, word die MEDIUM gewoonlik GEGEE.Dit is WAT die kunstenaar gebruik het om die kunswerk te skep, bv:

1. Droë mediums Vir Tonale waarde:

- Pen- Potlood- Houtskool- Contè

Vir kleur:- Sagte pastel- Kleurpotlood

2. Nat mediums - Tempera- Olieverf- Waterverf- Akriel

3.2.STYL as ń METODE

Dit is die styl wat die kunstenaar kies om te skilder of teken as gevolg van INVLOEDE op die kunstenaar, soos gesien in die konteks van die kunstenaar se agtergrond, sosiale invloede(van ander lande of kunstenaars) of die kunstenaar se persoonlike eksperimentering of toepassing bv:

1.

* Dit is die werklike en presiese voorkoms van voorwerpe en/of onderwerpe* D.w.s. Die lug is blou en gras is groen* Proporsies is perfek* Sagte kwashale en skakering, fyn detail as

3.3. STYL ten opsigte van KUNSPERIODES en BEWEGINGSDit is die styl van kuns wat ontwikkel het deur die tydperk waarin die kunstenaar hom bevind, of die periode waarin die kunstenaar hom bevind. Dit is kunstenaars wat aan ń Kunsbeweging behoort, d.w.s hulle het aan ń groep of kultuur behoort wat dieselfde dink en doen.

- Grotskildering, vrugbaarheidsgodinne, megalitiese structure

3. STYLE EN TEGNIEKE

Page 4: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

- Jik&Ink

Mediums kan saam met die TEGNIEK bespreek word.Dit is HOE die kunstenaar die medium gebruik het bv:(Droë mediums)

- Krabbeltegniek- Kruisarsering- Sagte of egalige

skakering- Tonale waarde- Kontoerlyne- Smering- Laag op laag

(Nat mediums)- Glasuring (lag op

lag met gladde aanwending)

- Impasto- Sgraffito- Paletmes- Alla Prima- “Wash”- Droë verf op nat

papier- “Bloei”- Trek die kleur- Laag op laag- Lig die kleur- Maak tekstuur- Pointilisme- Plak aan- Fyn afronding of

detail

tegniek* Moet nie verwar word met Realisme nie, of as realisties beskryf word nie.

2.

* Dit is wanneer die onderwerp van die kunswerk afgelei is van ń ware objek.* Dit is slegs ń verteenwoordiging van die voorwerp of onderwerp.* Dus kan die onderwerp herken word, maar is nie noodwendig lewens- getrou nie.

Krygskuns en vertelling in steenreliëf

Kuns met 'n nadruk op die lewe: piramides en grafskildering

Griekse idealisme: balans, perfekte verhoudings; argitektoniese bestellings (Dories, Ionies, Korinties)

Romeinse Realisme: prakties, die boog

Page 5: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

3.

* Dit is wanneer ń onderwerp in sy eenvoudigste vorm uitgebeeld word. * Geen fynere detail word getoon nie* Slegs basiese standaard eienskappe word herken

4.

* Dekoratiewe kuns is dikwels die versiering van voorwerpe om dit visueel aantreklik te maak* Dit is dikwels ook ń funksionele voorwerp met gebruiks-doeleindes* In gewone kunswerke word patroon en versiering beklemtoon

Serene, meditatiewe kuns, en kunste van die Drywende wêreld

Bisantynse mosaïek; Islamitiese argitektuur en doolhofagtige ontwerpe

Keltiese kuns, Karolingiese kuns Renaissance, Romaanse, Gotiese kuns

Wedergeboorte van die klassieke kultuur

Page 6: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

5.

* Dit beeld nie ń akkurate voorstelling uit van bv. ń toneel of voorwerp nie* Vorms, fatsoene, lyne en Kleure word eerder gebruik vir estetiese waarde* Daar is geen verwysing na die werklikheid nie.

Die Renaissance versprei Noordwaarts na Frankryk, die LaagLande, Pole, Duitsland en Engeland

Kuns wat die reëls oortree; misleiding oor die natuur

Prag en floreer vir God; kuns as 'n wapen in die godsdienstigeoorlog

Kuns wat die Grieks-Romeinse genade en grootsheid herwin

Page 7: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

6.

* Dit is ń beweging wat begin is net voor die Eerste Wêreldoorlog as ń Avant-garde styl* Avant-garde beteken: nuwe en eksperimentele styl

* Kunstenaars het eerder hul emosionele ervarings uitgebeeld as die fisiese realiteit.* Verwringing van vorms/voorwerpe is dikwels gebruik om ń sekere gevoel of emosie te skep.

Die triomf van verbeelding en individualiteit

Viering van werkersklas en kleinboere; en plein airrustieke skilderye

Vang vlugtige gevolge van natuurlike lig

'n Sagte opstand teen die Impressionisme

Harde kleure en plat oppervlaktes (Fauvisme); emosie verdraaivorm

Page 8: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

Kunseksperimente voor en na die Eerste Wêreldoorlog: nuutvorms om die moderne lewe uit te druk

Belaglike kuns; drome skilder en die onderbewussyn

19. Kubisme, Futurisme, Supremativisme, Konstruktivisme, De Stijl(1905–1920)

Page 9: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

4. ONDERWERP

Na die Tweede Wêreldoorlog: suiwer abstraksie en uitdrukkingsonder vorm; populêre kuns absorbeer verbruikerswese

Kuns sonder 'n middelpunt en herwerking en vermenging van vorige style

Die ONDERWERP in ń kunswerk is ń beskrywing van presies dit wat jy sien.

Daar kan verskeie temas of benaminge vir dit wees soos bv:

Portretstudies Figuurstudies Stillewe Landskappe Dierestudies Godsdienstige werke Mitologie Fantasie Politiek/geskiedenis Abstrakte

21. Abstrakte ekspressionisme (1940's-1950's) en popkuns

Page 10: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele

Kontekstuele faktore beteken ander invloede rondom die kunstenaar se lewe, wat maak dat hy/sy die kuns doen wat hulle doen. Dit sluit een of meer van die volgende in:

- Historiese agtergrond (M.a.w die geskiedenis van die persoon, waar hy/sy vandaan kom, oorlog, apartheid, gestremd,of so iets)

- Sosiale agtergrond ( Sosiaal het te doen met hoe arm, ryk, middelklas jy is, ook geloof, taal, ras, kultuur en geslag se invloed. Ook dinge soos HIV, siektes , prostitusie,bullying en hoe dit sekere klasse of mense raak)

- Politieke agtergrond (Dit het te doen met politiek in die wêreld, in die kunstenaar se eie land. Dit gaan oor oorlog,geweld, mag en die misbruik van mag, die invloed wat die besluite van politikuste het oor die onderdane.

Kontekstuele faktore word ook afgelei van die gegewe inligting van die kunswerk, bv.

Die naam van die kunstenaar Die titel van die kunswerk Die tydperk waarin die kunswerk gedoen is Die medium en tegniek

George Pemba, “Trek”,1975, Olie op bord

Waarneming van kontekstuele faktore: George Pemba is ń Suid-Afrikaanse kunstenaar, Die titel “Trek” dui duidelik aan dat die mense al hul besittings vat en ń ander heenkome soek.In 1975 was dit die tydperk van erge politieke oproer en verandering in Suid Afrika.

5. KONTEKSTUELE FAKTORE

Page 11: Hoërskool Brandwag | EEU VAN DANKBAARHEID€¦  · Web view2020-04-16 · Môre Graad 10’s! Jy weet nou teen die tyd dat jou teorie uit TWEE dele bestaan. Die eerste deel is Visuele