hoërskool punt - point high school · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale...

20
Hoërskool Punt Prospektus 2019

Upload: others

Post on 14-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Hoërskool

Punt

Prospektus 2019

Page 2: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers en Leerders

Die keuse van ʼn hoërskool vorm ʼn

noodsaaklike deel van die toekomsplanne

van elke leerder. Elke leerder se

hoërskooljare is besondere vormingsjare.

Nuwe en lewenslange vriendskapsbande

gaan gesluit word. Vaardighede gaan geslyp

word. Talente gaan verder ontwikkel word.

Horisonne gaan verbreed word en

noodsaaklike kennis gaan versamel word. By

Hoërskool Punt word elke leerder gelei en tot

verantwoordelike toekomsbeplanning

ondersteun en tot ʼn selfstandige jongmens

gevorm wat sy/haar plek in die volwasse

samelewing kan inneem.

By Hoërskool Punt verbind ons ons tot:

die bevordering van goeie verhoudinge tussen leerders en personeel,

tussen leerders onderling en tussen die verskillende taal- en

kultuurgroepe.

liefde vir wat ons eie is en respek vir ander.

aanvaarding van gesag en om positiewe leiding te gee.

die daarstelling van die geleentheid vir elke leerder om tot sy/haar volle

potensiaal te ontwikkel.

ʼn akademiese program wat ons trots en hoogste prioriteit is.

ʼn sportprogram wat kompeterende geleenthede bied en sportsterre

van formaat lewer.

ʼn lewensverrykende en genotvolle kultuurervaring.

Page 3: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

ʼn gesonde balans tussen deelname en prestasie in ons skoolwerk,

sport- en kultuuraktiwiteite.

sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk,

maar ook lekker kan speel.

ʼn Vennootskap en noue skakeling met ons ouers is vir ons baie belangrik.

Elke ouer het die geleentheid om ten nouste deur ouerkomitees en bepaalde

aktiwiteite by hul kinders se aktiwiteite betrokke te raak.

Hoërskool Punt volg ʼn waardegedrewe benadering. Hier by Punt streef ons

daarna om nie reëls af te dwing nie, maar dat gedrag “uit die hart” moet kom.

Daarom is ons in vennootskap met ons ouers om die volgende vyf waardes by

ons leerders te vestig:

Respek - ʼn diepgewortelde agting vir ons medemens en ander se

eiendom en waardes.

Verantwoordelikheid - om elke taak aan ons opgedra na die beste van

ons vermoë uit te voer en te verseker dat dit betyds uitgevoer word.

Eerlikheid - om vry van bedrog te wees.

Omgee - om ander se nood en behoefte raak te sien, te verstaan en iets

daaraan te doen.

Innovasie - om voordurend aan te pas om die uitdagings van die

samelewing die hoof te bied.

Indien hierdie waardes vir u as ouer belangrik is en u deel van ʼn skool van

uitnemendheid wil word, is Hoërskool Punt die skool vir u kind. Ons sien na ʼn

lang verbintenis met u en u kind uit.

Vriendelike Punt-groete.

Adolf Gouws

Skoolhoof

Page 4: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

1. Om leerders se verstandelike ontwikkeling te

bevorder deur hulle met gesonde studiemetodes,

navorsingsvaardighede, logiese denke,

probleemoplossing en kritiese selfevaluering

vertroud te maak.

2. Om leerders se fisiese ontwikkeling deur middel

van sport, ontspanning, liggaamlike opvoeding en

‘n gesonde lewenstyl te stimuleer.

3. Om leerders se emosionele ontwikkeling deur die

aanleer van aanvaarbare karakter- en

persoonlikheidseienskappe, soos selfbeheersing,

selfdissipline en sensitiwiteit vir ander se

gevoelens te bevorder.

4. Om leerders tot goeie landsburgers op te voed

deur eerbied vir die nasionale simbole, respek vir

gesag, reëls en wette en 'n verantwoordelike

benadering tot burgerlike verantwoordelikhede,

stemreg en die regeringstelsel aan te kweek.

5. Om leerders tot selfstandigheid en volwassenheid

op te voed deur leiding rakende korrekte sosiale

gedragspatrone, kommunikasievaardighede,

goeie menseverhoudings, selfkennis,

oordeelsvermoë, 'n individuele waardestelsel, 'n

normale en gesonde lewensbeskouing en

positiewe karaktereienskappe, asook die waarde

van gemeenskapsbetrokkenheid te gee.

Doelstellings

Page 5: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

1. Hoërskool Punt is 'n gevestigde skool wat sedert 1921 in diens van die gemeenskap van Mosselbaai staan met die strewe om die kind as geheel te ontwikkel.

2. Die skool is 'n publieke skool. Die

onderrignorme en -vereistes word deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bepaal. Die belange van ouers word op plaaslike vlak deur 'n beheerliggaam behartig waarvan die meerderheid lede deur ouers uit eie geledere verkies word.

3. Die skool beskik oor die dienste van

'n toegewyde, energieke en ten volle gekwalifiseerde personeel.

4. Die skool word in 'n moderne gebou

gehuisves wat sekerlik die mooiste uitsig in die land het.

5. Naas die gewone georganiseerde

bedrywighede, word sporttoere, leierskampe en opvoedkundige uitstappies gereeld onderneem.

6. 'n Bedrywige en dinamiese ouer-

onderwysersvereniging lewer 'n waardevolle bydrae tot verskillende projekte in die skool.

ALGEMEEN

Page 6: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

VAKKEUSE VANAF JANUARIE 2019

VERPLIGTE EKSAMENVAKKE

Die vakkeuse van graad 10-leerders, met die oog op die Nasionale Senior

Sertifikaateksamen, moet met groot omsigtigheid benader word. Met inagneming

van die aanleg, vermoë en vorige prestasie van die leerder, word sekere

aanbevelings gemaak rakende die vakke wat geneem kan word. Die finale

vakkeuse moet deur die ouers bevestig word.

Sommige vakke kan slegs onder sekere voorwaardes geneem word, bv. indien ‘n

leerder Fisiese Wetenskap of Ingenieursgrafika en -ontwerp neem, moet hy/sy

Wiskunde neem. Indien ‘n leerder Siviele Tegnologie wil neem, moet hy/sy

Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Ingenieursgrafika en -ontwerp neem.

Die beskikbaarheid van vakke is onderhewig aan die aantal leerders wat die vak

neem. Indien daar te min óf te veel leerders is wat ‘n vak wil neem, kan dit die

beskikbaarheid van die vak beïnvloed.

Page 7: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

GRAAD 8 EN 9 GRAAD 10, 11 EN 12

1. Afrikaans Huistaal / Eerste Addisionele Taal

2. Engels Huistaal / Eerste Addisionele Taal

3. Wiskunde

4. Natuurwetenskappe

5. Sosiale Wetenskappe:

Geskiedenis

Aardrykskunde

6. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe:

Rekeningkunde

Bedryfsekonomie

7. Tegnologie

8. Skeppende Kunste en

Drama of Musiek

9. Lewensoriëntering

1. Afrikaans Huistaal/

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

2. Engels Huistaal/

Engels Eerste Addisionele Taal

(Vanaf graad 10 mag ‘n leerder

beide tale as Huistaal neem)

3. Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

4. Fisiese Wetenskappe

Lewenswetenskappe

Besigheidstudies

Rekenaartoepassingstegnologie

Toerisme

5. Ekonomie

Rekeningkunde

Lewenswetenskappe

Besigheidstudies

Verbruikerstudies

Kuns

6. Ingenieursgrafika en -ontwerp

Geografie

Rekeningkunde

Rekenaartoepassingstegnologie

Verbruikerstudies

Musiek

7. Lewensoriëntering

Page 8: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel
Page 9: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel
Page 10: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Somersokkie

Kleure-atletiek Januarie

Metropolitan

Vlotvaart

Valentynsbal

Februarie

Starganza

AJ-sportweek Maart

Oscar-aand Mei

Matriekafskeid Julie

Interskole

Kultuurproduksie Augustus

KFC-krieketfees

Top 10-atletiekbyeenkoms September

Prysuitdelings Oktober

ENKELE HOOGTEPUNTE

GEDURENDE JAAR:

Page 11: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Toetse, om die leerders se vordering

te bepaal, word deurlopend afgeneem.

Onderpresteerders se ouers mag vir

samesprekings ontbied word.

In die eerste en derde kwartaal word

‘n toetsreeks afgelê. Gedurende die

tweede en vierde kwartaal word ‘n

formele eksamen geskryf.

Leerders wat tydens 'n toetsreeks of

eksamen afwesig is, móét 'n

doktersbrief of ‘n klinieksertifikaat

inhandig as bewys dat hulle siek was.

Indien hul sonder 'n aanvaarbare rede

afwesig is, sal 'n nulpunt toegeken

word.

In die geval van matrikulante word

daar gedurende September ‘n

voorbereidende eksamen afgelê.

Die resultate van toetse, eksamens en

deurlopende evaluering word by wyse

van 'n vorderingsverslag aan die

ouers voorgelê.

Ten einde die normale vordering van

'n leerder te verseker, is dit belangrik

dat die skool gereeld bygewoon moet

word. Derhalwe moet daar noukeurig

op die volgende gelet word:

1. Afsprake, van enige aard, tydens

skoolure word ontmoedig.

2. Dit word vereis dat leerders die skool

tot op die laaste dag van die kwartaal

sal bywoon.

3. Die skool moet skriftelik in kennis

gestel word van die omstandighede

wat daartoe gelei het dat 'n leerder op

'n bepaalde dag afwesig was. Na

afwesigheid moet 'n leerder ‘n brief

van sy/haar ouer/voog by die

registeronderwyser inhandig en die

rede vir sy/haar afwesigheid moet

verduidelik word.

4. Geen leerder mag die skoolgrond

verlaat sonder dat die ouer/voog

hom/haar persoonlik uitteken nie.

BEGIN : 07:25 SLUIT : 14:05

TOETSREEKSE EN

EKSAMENS SKOOLBYWONING

DAAGLIKSE BEGIN- EN SLUITINGSTYE VAN SKOOL

Page 12: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

SEUNS Somersdrag (kwartaal 1 en 4) :

* volle wintersdrag (sonder serp) OF * wit kortmouhemp (wat tot bo toeknoop),

moulose trui, skooldas, grys kort- of langbroek, grys skoolsokkies. (Let wel: Geen langmoutruie in die somer nie en indien ‘n langmouhemp gedra word, MOET die moue tot 4 cm BO die elmboog opgerol wees).

* swart of grys lyfband (belt) - (geen vreemde/groot gespes/borduurwerk/knope nie).

* gladde swart skoolskoene (veters/gespes, moet vasgemaak wees).

Wintersdrag (kwartaal 2 en 3) * grys lang- of kortbroek, grys skoolsokkies,

wit kort- of langmouhemp (wat tot bo toeknoop), skooldas, skoolbaadjie, skooltrui/moulose trui onder baadjie (moue mag nie uitgerafel of gerek wees nie).

* swart of grys lyfband (belt) - (geen vreemde/groot gespes/borduurwerk/knope nie).

* vlootblou “navy” serp – opsioneel. * gladde swart skoolskoene (veters/gespes,

moet vasgemaak wees). Sport- en Lewensoriënteringdrag * kort navyblou broekie en

gholfhempie/”Proudly Point” T-hemp vir praktiese Lewensoriënteringlesse.

DOGTERS Somersdrag (kwartaal 1 en 4)

* volle wintersdrag (sonder serp) OF * rok (moulose skooltrui en baadjie

opsioneel), wit sokkies OF * grys langbroek, grys sokkies, wit kort- of

langmouhemp (wat tot bo toeknoop), skooldas, moulose trui. (Indien ‘n langmouhemp gedra word, MOET die moue tot 4 cm BO die elmboog opgerol wees).

* baadjie moet korter as die rok wees. * gladde swart skoolskoene (veters/gespes

moet vasgemaak wees). Wintersdrag (kwartaal 2 en 3) * rok, skoolbaadjie, skooltrui/moulose trui

onder baadjie (moue mag nie uitgerafel of gerek wees nie en is opsioneel), navy kniekouse of lang navyblou “tights”). OF

* grys langbroek, grys sokkies, wit kort- of langmouhemp (wat tot bo toeknoop), skooldas, skoolbaadjie (moet korter wees as die rok), skooltrui of moulose trui.

* vlootblou “navy” serp – opsioneel. * gladde swart skoolskoene (veters/gespes

moet vasgemaak wees). Sport- en Lewensoriënteringdrag * gholfhempie/”Proudly Point” T-hemp en

donkerblou broekie vir sport en praktiese Lewensoriënteringlesse.

* skoolsweetpak vir sportdoeleindes. * skoolsweetpak vir sportdoeleindes.

Bogenoemde skooluitrusting is verkrygbaar by:

De Ville's Uitrusters

Blandstraat MOSSELBAAI

De Jagers Blandstraat

MOSSELBAAI

SKOOLDRAG

Page 13: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Leerders word in die onderstaande Leerders kan hulle by die volgende

sportsoorte afgerig. Deeglike toesig word verenigings/klubs,wat onder beheer

van

gehandhaaf. onderwysers staan, aansluit:

Hokkie Rugby

Netbal Tweekamp

Tennis Muurbal

Atletiek Krieket

Skaak Gholf

Redenaars

en debat

Fotografie-klub

Noodhulp Natuurlewe

-klub

VCSV

(One Way)

HYPI (Gemeen-

skapsdiens)

Drama-klub Koor

Sêr

Ensemble

Greenergy

Ekspo

SPORT VERENIGINGS

Page 14: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

BIBLIOTEEK

Die skool beskik oor 'n goed toegeruste biblioteek en die dienste van 'n

bekwame bibliotekaresse. Die biblioteek is van Maandag- tot

Donderdagmiddag vanaf 14:10 tot 15:30 oop vir leerders wat navorsing of

tuiswerk wil doen.

LEESSENTRUM

‘n Ten volle toegeruste leessentrum is in 2018 in gebruik geneem. Graad 8- en 9-leerders

volg ‘n program gedurende skoolure. Ons stel dit ten doel om leerders se leesvaardighede te

ontwikkel aangesien lees die sleutel tot prestasie is. Die leessentrum is op Maandae tot

Donderdae van 14:10 – 15:30 oop. ‘n Goedopgeleide leesassistent is te alle tye teenwoordig.

VOORLIGTINGSDIENS

'n Gekwalifiseerde skoolsielkundige gee deurlopende

leiding aan leerders met vakkeuses, beroepskeuses en

studiemetodes, asook ander ontwikkelingsprobleme

om hulle te help. Die skool het ook ‘n lewensafrigter

wat leerders met leiding ondersteun. Tania de Kock Anmarie van Staden

Page 15: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

INSKRYWINGS

Inskrywings vind vanaf Februarie die voorafgaande jaar plaas. Die sekretaresse

verantwoordelik vir die inskrywings is die dag voor die skole in Januarie heropen

vanaf 09:00 tot 13:00 op kantoor beskikbaar.

Die toelating van leerders geskied ooreenkomstig die toelatingsbeleid, soos deur

die beheerliggaam bepaal. Hiervolgens kan toelating geweier óf, indien dit sou

blyk dat waninligting verskaf is, nietig verklaar word.

OUERBETROKKENHEID

1. Oueraande word op 'n gereelde basis vir elke graad gereël. Ouers word

betyds hiervan in kennis gestel. Sulke aande bied aan ouers die geleentheid

om met die hoof en personeel kennis te maak, sake rakende die leerders te

bespreek en 'n nouer band tussen die skool en die ouerhuis te skep.

2. Gereelde skakeling met die hoof, die graadhoof, die skoolsielkundige en

vakonderwysers word sterk aanbeveel.

3. Ouerbetrokkenheid by alle buitemuurse aktiwiteite behoort hoë prioriteit te

geniet.

4. Ouers word aangemoedig om hul kundigheid tot beskikking van die skool te

stel deur:

* verteenwoordiging in die beheerliggaam en sy subkomitees;

* betrokkenheid by die ouer-onderwysersvereniging;

* hulpverlening met funksies en/of

* betrokkenheid by die skool se buitemuurse program.

Page 16: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

HUIS PEPLER

Die skool se koshuis, Huis Pepler, is goed toegerus en

staan onder die beheer van die koshuiskomitee, wat as

subkomitee van die beheerliggaam funksioneer.

Onderwyspersoneel doen toesigdiens.

Page 17: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Aansoek om toelating: Aansoekvorms kan by die skool en op die webtuiste verkry word. U sal skriftelik van u aansoekuitslag in kennis gestel word. Naweke: Kosgangers moet elke naweek na hul ouerhuise gaan. Ouers moet egter daarop let dat daar van kosgangers verwag word om op Saterdae aan die buitemuurse bedrywighede van die skool deel te neem. Losiesgeld: Losiesgeld word jaarliks aan die hand van bedryfsuitgawes bepaal. Dit staan ouers vry om aansoek te doen om gedeeltelike vrystelling van losiesgeld. Sodanige aansoek moet die skoolhoof voor die begin van die nuwe jaar bereik. Losiesgeld is streng aan die begin van elke kwartaal vooruitbetaalbaar. Uitrusting vir kosgangers: seuns en dogters

skooldrag soos voorgeskryf, plus:

1 wasgoedsak

3 handdoeke

toiletbenodigdhede

1 hangslot met twee sleutels (handig een sleutel geseël by die superintendent in)

paslike klere vir gebruik gedurende die namiddag

medikasie

lampie (nie kerse nie – vir kragonderbrekings/beurtkrag) Algemeen: Reëlings kan met die superintendent of matrone getref word indien ouers hul kind as dagstudent wil inskryf. Indien enige verdere inligting verlang word, tree asseblief met die skoolhoof, superintendent of matrone in verbinding.

Page 18: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Simbole van Hoërskool Punt

Skoolwapen

Die skoolwapen simboliseer die uitdra van lig

(kennis) in die vuurtoringmotief, asook die vryheid

van gees en denke in die vlug

van die seemeeu - albei eie aan Mosselbaai.

Die leuse "Ex Altis In Altiora" in vrye,

idiomatiese vertaling, beteken

"Van hoog na hoër".

Skoolvlag

Die skoolvlag behels die

skoolwapen op 'n donkerblou

agtergrond. Die skoolvlag word

daagliks tesame met die

landsvlag voor die hoofingang

gehys.

Skoollied

O Mosselbaai ek min jou Punt, jou rotse, see en hawe;

Maar meer jou skool bemin ek,

Waar'k my dors na kennis lawe; Waar ons kan speel,

waar ons kan werk, waar ons kan leer en strewe. Die Here sterk jou in jou taak. Jy kweek by almal burgersin

en vorm ons vir die lewe.

O Mossel Bay I dearly love Your sunlit blue and mountain,

But dearer far to heart and mind, Is Learning's noble fountain.

We frolic there with joyous glee Live, well-known school

and teach us truth, (2x)

We spurn Life's "ifs" or stories.

Page 19: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

VOORGESTELDE GELDE BETAALBAAR - 2019

1. VERPLIGTE ONDERRIGGELD

28 Februarie 7.5 % afslag

1.1

Eerste leerder

14 450.00 13 727.50

1.2

Tweede leerder

13 005.00 12 354.75

1.3

Derde leerder

11 560.00 10 982.00

Afslag sal toegestaan word indien die volle bedrag voor ‘n vasgestelde datum

vereffen word. Aansoeke om vermindering van verpligte onderriggeld moet op die

voorgeskrewe vorm voorgelê word. Vorms is by die skool beskikbaar.

2. HANDBOEKE

Alle handboeke word aan leerders beskikbaar gestel. Handboeke wat verlore raak, moet deur die ouer vervang word. Aangesien die uitreiking van handboeke ‘n ooreenkoms tussen die leerder en die skool is, mag rapporte weerhou word as handboeke nie ingedien is nie.

3. SKRYFBEHOEFTES

'n Lys van skryfbehoeftes wat 'n leerder per graad/vak benodig, word voorsien.

Ouers koop hierdie items by die leweransier van hul keuse aan.

4. LOSIESGELDE

Losiesgelde word per kwartaal vasgestel en is kwartaalliks vooruitbetaalbaar.

Die bedrag is: Per leerder: R 16 760 per jaar

Page 20: Hoërskool Punt - Point High School · 2019-02-11 · sport- en kultuuraktiwiteite. sosiale interaksie wat ʼn klinkklare aanduiding is dat ons hard werk, maar ook lekker kan speel

Kontakbesonderhede

Skool: 044 691 2274

Bemarking: 060 620 1522

Skool: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Hoërskool Punt High School

www.pointhighschool.co.za

Awsum App Hoërskool Punt