hoËrskool strand waar jong arende sweef auustrandsk/images/2018dokumente... · marli botha 89.9%...

11
31 Julie 2018 | Nuusbrief 7 HOËRSKOOL STRAND ARENDENUUS Waar jong Arende sweef Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid UIT DIE HOOF SE KANTOOR 1 Ons verwelkom ons leerders, ouers en personeel terug. Ons vertrou dat al die nuwe gesinne wat by ons aangesluit het, ʼn ware tuiste by Hoërskool Strand sal vind. Hierdie is ʼn baie besige kwartaal met Interskole, Matriekafskeid en die Arendfees as van die hoogtepunte om na uit te sien. PERSONEELSAKE Ons groet vir mnr. Jéan le Roux na 23 jaar by Hoërskool Strand. Mnr. Le Roux het op 31 Julie afgetree. Ons dank gaan aan mnr. Le Roux vir al die jare se diens en ure wat hy in Hoërskool Strand ingeploeg het. Ons vertrou dat sy aftrede vol vrede en vreugde sal wees en dat hy elke oomblik daarvan sal geniet. Ons verwelkom me. Ezelda Lightfoot in die plek van mnr. Le Roux. Me. Lightfoot was tot 30 Junie 2016 verbonde aan Hoërskool Strand. Daarna het sy het ʼn draai in die Overberg gaan maak. Ons is verheug dat me. Lightfoot weer beskikbaar is om by die Arendfamilie waarde toe te voeg! Die aanstellings vir die twee departementshoofposte is afgehandel. Ons gelukwensinge gaan aan mnr. Wessels wat as Departementshoof Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangestel is. Mnr. Wessels beklee die pos van interne adjunkhoof en ons gun hom hierdie bevordering op departementele vlak. Die nuwe departementshoof vir Fisiese Wetenskappe is me. Magdel Human. Me. Human sal amptelik op 1 Oktober 2018 by ons aansluit. Me. Clarissa Pienaar vervang mnr. Hans Human. Me. Pienaar kom van Pretoria af en ons vertrou dat sy baie gelukkig sal wees in ons pragtige provinsie. Ons is dankbaar dat me. Rozanne Mentoor mooi herstel het en weer haar plek by die Arendfamilie kan volstaan. Me. Mentoor is steeds onder behandeling en gaan op Vrydag, 3 Augustus, vir nog ʼn operasie, maar die verwagting is dat sy baie gou sal herstel. LEERDERSAKE Ons gelukwensinge gaan aan Chris Langeveldt wat uitsonderlik in Wiskunde presteer het. Chris is een van die laaste 100 leerders in die land wat deur is na die derde ronde van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade. Chris is ook een van die top 20 leerders in die land in Die Burger/Beeld/Volksblad se Wiskunde-kompetisie. Welgedaan Chris! OUDLEERDERS PRESTEER Twee van ons oudleerders presteer tans in rugby. Marnes Gouws (2016) en JJ Stover (2017) het beide die Maties se o.20-rugbyspan gehaal. JJ speel losskakel en Marnes senter. Hierdie is ʼn bewys dat jy nie in een van die sogenaamde groot rugbyskole hoef te wees om in hierdie sportsoort te presteer nie. RAPPORTE Die rapporte is uitgedeel en die oueraand is iets van die verlede. Daar is steeds onafgehaalde rapporte en ons doen ʼn beroep op ouers om onmiddellik hulle kinders se rapporte by ontvangs af te haal. WAARDES Ons is baie trots op die uitstekende videos wat ons leerders gemaak het, as bewys van hoe Arende ons waardes navolg en uitbou. Kom ons herinner mekaar gereeld aan ons waardes van diensbaarheid, hardwerkendheid, integriteit, respek en verantwoordbaarheid, sodat ons almal as Arende die Helderberg ʼn beter plek kan help maak. Ons vertrou dat almal hard aan die oefen is om seker te maak dat ons hierdie jaar weer by Interskole sal seëvier. Volhard en oorwin!

Upload: others

Post on 25-Oct-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

31 Julie 2018 | Nuusbrief 7

H O Ë R S KO O L S T R A N D

ARENDENUUSWaar jong Arende sweef

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

1

Ons verwelkom ons leerders, ouers en personeel terug. Ons vertrou dat al die nuwe gesinne wat by ons aangesluit het, ʼn ware tuiste by Hoërskool Strand sal vind. Hierdie is ʼn baie besige kwartaal met Interskole, Matriekafskeid en die Arendfees as van die hoogtepunte om na uit te sien.

PERSONEELSAKE

Ons groet vir mnr. Jéan le Roux na 23 jaar by Hoërskool Strand. Mnr. Le Roux het op 31 Julie afgetree. Ons dank gaan aan mnr. Le Roux vir al die jare se diens en ure wat hy in Hoërskool Strand ingeploeg het. Ons vertrou dat sy aftrede vol vrede en vreugde sal wees en dat hy elke oomblik daarvan sal geniet.

Ons verwelkom me. Ezelda Lightfoot in die plek van mnr. Le Roux. Me. Lightfoot was tot 30 Junie 2016 verbonde aan Hoërskool Strand. Daarna het sy het ʼn draai in die Overberg gaan maak. Ons is verheug dat me. Lightfoot weer beskikbaar is om by die Arendfamilie waarde toe te voeg!

Die aanstellings vir die twee departementshoofposte is afgehandel. Ons gelukwensinge gaan aan mnr. Wessels wat as Departementshoof Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangestel is. Mnr. Wessels beklee die pos van interne adjunkhoof en ons gun hom hierdie bevordering op departementele vlak.

Die nuwe departementshoof vir Fisiese Wetenskappe is me. Magdel Human. Me. Human sal amptelik op 1 Oktober 2018 by ons aansluit.

Me. Clarissa Pienaar vervang mnr. Hans Human. Me. Pienaar kom van Pretoria af en ons vertrou dat sy baie gelukkig sal wees in ons pragtige provinsie.

Ons is dankbaar dat me. Rozanne Mentoor mooi herstel het en weer haar plek by die Arendfamilie kan volstaan. Me. Mentoor is steeds onder behandeling en gaan op Vrydag, 3 Augustus, vir nog ʼn operasie, maar die verwagting is dat sy baie gou sal herstel.

LEERDERSAKE

Ons gelukwensinge gaan aan Chris Langeveldt wat uitsonderlik in Wiskunde presteer het. Chris is een van die laaste 100 leerders in die land wat deur is na die derde ronde van die Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade. Chris is ook een van die top 20 leerders in die land in Die Burger/Beeld/Volksblad se Wiskunde-kompetisie. Welgedaan Chris!

OUDLEERDERS PRESTEER

Twee van ons oudleerders presteer tans in rugby. Marnes Gouws (2016) en JJ Stover (2017) het beide die Maties se o.20-rugbyspan gehaal. JJ speel losskakel en Marnes senter. Hierdie is ʼn bewys dat jy nie in een van die sogenaamde groot rugbyskole hoef te wees om in hierdie sportsoort te presteer nie.

RAPPORTE

Die rapporte is uitgedeel en die oueraand is iets van die verlede. Daar is steeds onafgehaalde rapporte en ons doen ʼn beroep op ouers om onmiddellik hulle kinders se rapporte by ontvangs af te haal.

WAARDES

Ons is baie trots op die uitstekende videos wat ons leerders gemaak het, as bewys van hoe Arende ons waardes navolg en uitbou. Kom ons herinner mekaar gereeld aan ons waardes van diensbaarheid, hardwerkendheid, integriteit, respek en verantwoordbaarheid, sodat ons almal as Arende die Helderberg ʼn beter plek kan help maak.

Ons vertrou dat almal hard aan die oefen is om seker te maak dat ons hierdie jaar weer by Interskole sal seëvier. Volhard en oorwin!

Page 2: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 7 31 Julie 2018AKADEMIE IS ONS BESIGHEID

2

TOP 10 AKADEMIESE PRESTEERDERSHS Strand maak met trots die name van die tweede kwartaal se top 10 akademiese presteerders in elke graadgroep bekend:

Graad 12

1. Danie Theron 91.0%2. Carli Viljoen 89.8% 3. Ben Edwards 89.0% 4. Gunter Möhr 88.7% 5. Jenna Blake 85.4%6. Oren Renoster 83.7% 7. Kaylin Mariette 82.4% 8. Pieter Welgemoed 81.4%9. Christopher Blair Hook 81.1%10. Cherri-Lee van Zyl 80.8%

Graad 11

1. Chris Langeveldt 94.4% 2. Kristen Meyer 91.2% 3. Zoé-Lee vd Merwe 90.5%4. Wesley Mc Carthy 90.1% 5. Luke Booysen 85.7% 6. Tiaan Engelbrecht 82.0%7. Carla Coetzee 81.8% 7. Niëll Smith 81.8% 9. Elsefie Fouché 80.4% 10. Tara Venter 85.0%

Graad 10

1. Mieke vd Merwe 91.5% 2. Elrika vd Westhuizen 90.1% 3. Adelle Haughton 87.2% 4. Elizka Groenewald 85.5% 5. Esterlie Maré 85.1%6. Jean-Luc Goosen 84.7% 7. Tara Kruger 84.1% 8. Kimberley Katts 83.5% 9. Ané Braasch 83.4% 10. Melissa Botha 82.4%

Graad 9

1. Derik Nortje 91.9% 2. CJ Smit 91.8% 3. Anjanka Olivier 91.3%3. Lisa Westraat 91.3% 5. Kayla Williams 90.0% 6. Marli Botha 89.9%7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10. Daniël Gerber 87.7%

Graad 8

1. Litha Schutte 92.1% 2. Lien Hoogenboezem 90.6% 3. Nika van Vuuren 90.4% 4. Guillaume Uys 89.4% 5. Kira Marie Potgieter 89.0%6. Janlo Willem Smith 87.7%7. Carla de Jongh 87.2% 8. Megan Myburgh 86.7%9. Jessica Coetzee 86.6%10. Michelle Pretorius 85.2%

GRAAD 11-LEERDER PRESTEER IN WISKUNDE - me. Esther LoedolffChris Langeveldt (gr.11) het die afgelope week uitstekend in twee Wiskunde-olimpiades presteer:

In die SAMO (Suid-Afrikaanse Wiskunde-olimpiade) het hy deurgedring na die derde ronde, aangesien hy in die tweede ronde onder die top 100 kandidate landwyd geëindig het. Byna 100 000 leerders het landwyd aan die eerste ronde deelgeneem. Die derde ronde het opDonderdag, 26 Julie, plaasgevind.

Op Vrydag 13 Julie het van ons leerders aan Die Burger/Beeld/Volksblad se Wiskunde-kompetisie deelgeneem. DIe beste 20 leerders per provinsie het deurgedring na die finale ronde wat op Saterdag, 28 Julie, in Durbanville plaasgevind het. Chris Langeveldt het as een van die Wes-Kaap se top 20 leerders daarin geslaag om na die finale ronde deur te dring.

Page 3: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 7 AKADEMIE IS ONS BESIGHEID 31 Julie 2018

2

3

JONG BIOLOË - me. Eleanor VersterDrie van Hoërskool Strand se gr. 8-leerders is gekies om aan die Marine Science Acadamy se Marine Discoverer Course wat deur die Twee Oseane-akwarium aangebied word, deel te neem. Guilliame Uys, Michele Pretorius en Martin Theron het die weeklange kursus met vlieënde vaandels geslaag.

BIO SCIENCE-OLIMPIADE - me. Sandra van Rensburg36 HS Strand leerders het aan die jaarlikse Bio Science-olimpiade deelgeneem.

Baie geluk aan die volgende drie leerders wat silwer toekennings ontvang het: Louis van Schalkwyk (78%), Ben Edwards (74%) en Carli Viljoen (72%).

GR.11 LEWENSWETENSKAPPE-UITSTAPPIE - me. Sandra van Rensburg

Die graad 11-leerders wat lewenswetskappe as vak het,het hul jaarlikse opvoedkundige uitstappie na die Twee Oseane-akwarium en museum terdeë geniet. Die teorie wat hulle in die klaskamer geleer het, kon hulle daar ook op praktiese wyse ervaar.

Page 4: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 7 31 Julie 2018AKTUELE SAKE

4

GRAAD 11-LEERDERS MAAK GEREED VIR VOLGENDE JAAR SE MATRIEKAFSKEID - me. Petro MaartensDaar word elke jaar van die graad 11-leerders verwag om vir die volgende jaar se matriekafskeid te betaal. Die bedrag beloop R500.00 per leerder. Hierdie fondse word uitsluitlik vir die matriekafskeid aangewend.

Baie dankie aan al die ouers/voogde en leerders wat reeds hul R500.00 betaal het. Dit word opreg waardeer.Die afsluitdatum vir die betaling van die matriekafskeidsgeld vir 2019 is op Vrydag, 3 Augustus 2018.

Betalings kan op die volgende wyse gemaak word:

Bank: ABSARekeningnaam: Hoërskool StrandTakkode: 334312Rekeningnommer: 0420146620Verwysing: M/afskeid en leerder se van en seksie (bv. M/skeid Maartens 11A)E-pos asseblief die bewys van betaling aan: [email protected].

Baie dankie dat ons kan staatmaak op u samewerking.

BELANGRIKE KENNISGEWINGDIE UITTEKEN VAN SIEK LEERDERS GEDURENDE DIE SKOOLDAG - mnr. W WesselsVir voldoening aan wetgewing en vir die veiligheid van leerders mag siek leerders nie meer gedurende skoolure op hulle eie te voet, motorfiets of motor huis toe gaan nie.

Die ouer/voog (of afgevaardigde) moet die leerder self by skool kom haal met gepaardgaande positiewe identifikasie (ID of bestuurslisensie) waarvan ʼn kopie by die kantoor gemaak sal word as bewys dat die betrokke persoon die leerder kom haal het.

MATRIEKAFSKEIDREËLINGS VIR VRYDAG, 24 AUGUSTUS, 2018 - me. Petro MaartensDie matriekafskeid is om die draai (Vrydag, 24 Augustus). Ons vertrou dat u en u kind baie opgewonde is en uitsien na hierdie mylpaal in u kind se skoolloopbaan. Baie dankie vir u geduld en samewerking tot dusver.

Onderstaande is ʼn verkorte weergawe van die inligting wat elke graad 12-leerder reeds ontvang het. Die volle-dig inligting is op die D6-communicator beskikbaar.

• Alle kosallergieë of Halaal-eetgewoontes moet teen Woensdag, 8 Augustus, skriftelik by me. Maartens in lokaal 207 ingehandig word. Dit sluit die eetgewoontes van buitemetgeselle in. (Voorbeeld: Susan Smit 12B: Visallergie)

• Daar sal ʼn beperkte aantal bespreekte sitplekke buite die skool op die pawiljoene beskikbaar wees. U moet vroegtydig ʼn sitplek, teen R50 per kaartjie, bespreek. Hierdie kaartjie sluit ʼn sitplek op ʼn pawiljoen, ʼn lekkerny en botteltjie water in. Kaartjies is te koop by me. Kuhn tot Maandag, 20 Augustus.

• Alle busverlofvorms moet teen Maandag, 20 Augustus, by me. Kuhn ingehandig word. Sonder ʼn busverlofvorm sal ʼn leerder ongelukkig nie die matriekafskeid mag bywoon nie. (Buitemetgeselle se vorms is reeds saam met die aansoek ingehandig.)

• Slegs EEN motor word per paartjie toegelaat. Die paartjie se motor ry by die tennisbane se hekke in (Kerkstraat). Die motor hou by die hoofuitgang stil, ʼn graad 11-seun sal die deur oopmaak en dan stap gaste op die rooitapyt in. Motors ry by hoofuitgang uit. Matrieks word versoek om rustig te stap en die toeskouers kans te gee om foto’s te neem terwyl die gasheer en gasvrou die paartjie aankondig.

• Busse vertrek 23:45 vanaf Rusticana terug skool toe. Geen privaat voertuie word by Rusticana toegelaat nie.

Page 5: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Nuusbrief 7 31 Julie 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 4

5

TI AMO - me. Sandra van Rensburg“Jy hoef nie mooi, ryk of slim te wees om ʼn verskil in iemand se lewe te kan maak nie, jy moet net omgee.”

Hierdie kwartaal het met ʼn vol program begin. Ons weeklikse huiswerkklas by Badisa gaan voort. Daar word nie net huiswerk gedoen nie, maar daar word ook ekstra aktiwiteite met hul gedoen. Ons tema vir hierdie kwartaal is herwinning en ons het dit met ʼn mosaïek rommelmannetjie ingelei.

Vir Mandela-dag het ons 67 komberse by die Helderberg Hospitaal aan alle mammas met babas oorhandig. Dit was vir elkeen van ons leerders ʼn ervaring om hierdie klein bondeltjies te kon vashou.Ti amo se civviedag vir ons kersprojek is op Maandag, 6 Augustus. Ons moedig al ons leerders aan om R5 te bring ter ondersteuning hiervan.

Die ander groot insamelingsprojek vir Ti amo is ons tweedehandseklereverkoping. Alles wat gekrimp het, nie meer mooi is nie, wat jy nie meer gaan dra nie, kan jy in die houer buite k.118 plaas. Sport- en skoolklere kan direk by me. Sandra van Rensburg ingehandig word, wat dit in die bekwame hande van die klerewinkel sal oorgee. Al die ander gewone klere en skoene sal op 22 en 23 Augustus vanaf 14:30-16:00 teen winskopiepryse te koop aangebied word.

Dankie aan elkeen wat Ti amo ondersteun. # EEN STRAND

TI AMO BENODIG...dit wat jy uitgooi...

Bring asseblief na k.118

KLEREVERKOPING22-23 AUGUSTUS

14:30 – 16:00IN DIE BIBLIOTEEKGANG

R10 PER ITEMNAVRAE: ME. SANDRA VAN RENSBURG

Page 6: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 7 31 Julie 2018AKTUELE SAKE

6

OUERBETROKKENHEIDSKOMITEE - me. Amanda MeyerOns benodig nog gasvrouens vir die Damesoggend. Indien enigiemand belangstel om gasvrou te wees, kan u me. Eileen Lambrechts by die skool kontak of me. Amanda Meyer by: 079 517 2824.

JEUG BEREI VOOR VIR DIE TOEKOMS - Zoé van der Merwe (gr. 11)Leerders van ongeveer 15 skole het in die Junie-vakansie die ATKV-jeugberaad by Goudini-spa bygewoon. Ses leerders van HS Strand het die voorreg gehad om ook hierdie beraad by te woon: Luke Booysen, Elizka Pheiffer, Amy Opperman, Megan Gordon, Suzaan Eybers en Zoé-Lee van der Merwe.

Die eerste dag is al die leerders in groepe verdeel - elk met sy eie groepleier. Sprekers soos prof. Edwin Theron en die nuusleser, Jenna-Leigh Belong, het oor onderwerpe soos onderwys, bemarking en sosiale media gesels. Leerders is ook op ʼn interaktiewe wyse by die besprekings betrek.

Prettige aktiwiteite soos die ontwerp van ʼn “landsvlag” en die skep van ʼn naam vir die land deur ʼn voorwerp in die kombuis met ʼn Afrikaanse treffer te kombineer, het name soos Bobotieboom, Eendag as ons brood is en Kaptein span die spatula tot gevolg gehad.

Hierdie beraad het die deur oopgemaak vir jong leiers om oor meer as die alledaagse onderwerpe te gesels en om dieper in hulleself te delf deur na te dink oor die toekoms en hoe hulle Suid-Afrika eendag kan

lei en vorm.

VOORTREKKERS VERWERF PRESIDENTVERKENNERTOEKENNINGS me. Corlia BothaLede van die Voortrekkers in Graad 12 verwerf die Nasionale Presidentsverkennertoekenning nadat hulle aan die vereistes van die Presidentsverkennerproses voldoen het.

Die proses sluit in die bywoning van ʼn sekere aantal Gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ʼn sekere aantal spesialisasies en take, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando asook ʼn vereiste aantal jare diens in die Voortrekkers. Tweedens, die slaag van die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen wat in Aprilmaand geskryf word. Derdens die suksesvolle voltooiing van die Nasionale Presidentsverkenner-afrondingskamp wat in Juliemaand gehou word.

Die Presidentsverkennertoekenning is ʼn nasionale toekenning vir kulturele leierskap.

Twee HS Strand leerders het tydens ʼn spesiale geleentheid die Presidentsverkennertoekenning ontvang:

Jaco Greyling en Leandri Smart.

Page 7: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Nuusbrief 7 31 Julie 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 6

7

TOUTREK - mnr. Riaan NowersBy die onlangse SA Senior Toutrekkampioenskap in George het verskeie HS Strand leerders asook afrigters uitsonderlike prestasies behaal. Die volgende leerders en afrigters is in verteenwoordigende spanne, wat Suid-Afrika oor minder as twee maande by die Wêreldkampioenskapsbyeenkoms gaan verteenwoordig,opgeneem.

LEERDERS:

- Elandré Kemp: Verteenwoordig WP by die Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe. In die SA o.23 Gazelle-span (B-span) opgeneem.

- Jamé Phillips: Verteenwoordig WP by die Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe. In die SA o.23-span (A-span) opgeneem.

- Liandri Smart: Verteenwoordig WP by die Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe. In die SA o.23-span (A-span) opgeneem.

- Zounica van der Merwe: Verteenwoordig WP by die Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe. In die SA o.23-span (A-span) opgeneem.

AFRIGTERS:

- Schalk van der Merwe: Verteenwoordig WP by die Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe. In die SA Gazelle-span (B-span) opgeneem.

- Adriaan Odendaal: Verteenwoordig WP by die Wes-Kaap en Nasionale Kampioenskappe. In die SA-span (A-span) opgeneem.

Hoërskool Strand is opreg trots op hierdie leerders en afrigters wat weeksdae tot laat in die aande oefen, naweke aan kompetisies deelneem en gedurende die vakansie bitter hard gewerk het om tydens die SA Kampioenskapsbyeenkoms hul Provinsiale en SA-kleure te verwerf. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die opbou na die 2018 Wêreld Toutrekkampioenskap, wat in September in Kaapstad plaasvind.

Page 8: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Nuusbrief 7 31 Julie 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 8

NETBALNUUS - me. Eleanor VersterCarli Swart, lid van die Wes-Kaap o.14-netbalspan, het by die All AgesNetbaltoernooi ʼn goue medalje vir haar span se welverdiende oorwinning ontvang.

Me. Tania van der Walt, spanbestuurder van die o.15 Wes-Kaap Cedar-netbalspan, het met ʼn brons medalje weggestap.

Hoërskool Strand is baie trots op sy twee netbalverteenwoordigers by die All Ages-toernooi.

EERSTE RUGBYSPAN BY SWARTLAND WINTERTOERNOOI - me. Annamarie Louw

Die eerste rugbyspan het hul vakansieroes ordentlik afgeskud toe hulle op 12 en 14 Julie aan die Swartland Wintertoernooi op Malmesbury deelgeneem het. Hulle het die eerste wedstryd teen die Hoër Volkskool van Graaff-Reinet met 33-8 gewen. In die tweede wedstryd teen Gill College van Somerset-Oos het HS Strand 24-17 gewen.

RUGBY TEEN BIRKDALE-TOERSPAN VAN ENGELAND -me. Annamarie Louw

HS Strand het onlangs die HS Birkdale rugbyspan van Southport, Engeland, ontvang. Die o.14A-rugbyspan het mooi hardlooprugby gespeel en sterk verdediging getoon. Van die HS Strand spelers het ook vir Birkdale uitgedraf. HS Strand het die wedstryd met 57-10 gewen.

Die o.16A-span het 47-10 gewen. Aangesien die Birkdale-span nie voltallig was nie, het heelparty Strand-spelers vir die besoekende span gespeel.

Alhoewel die span nie besonder sterk was nie, was dit ʼn heerlike ervaring vir die spelers en ouers, wat die gaste gehuisves het. Die foto’s getuig van hegte vriendskapsbande wat binne ʼn kort tydjie gesmee is.

Die ouers wat oorsese spelers gehuisves het, is dit eens dat dit ʼn wonderlike geleentheid vir ons spelers was om ʼn bietjie hul uitkyk op die lewe te verruim en blootstelling aan die onbekende te geniet.

Ouers word ook aangemoedig om in die toekoms hierdie geleentheid te gebruik deur toerspanspelers te huisves.

Page 9: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Nuusbrief 7 31 Julie 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 8

9

CAPE TOWN INTERNATIONAL HOCKEY FESTIVAL - me. Annamarie LouwAlbei eerste hokkiespanne – seuns en dogters – het vanjaar geskiedenis gemaak deur aan bogenoemde toernooi deel te neem. (Dit is die voormalige Brothers-toernooi en is baie gesog onder skole wat erns maak van hokkie.)

Die toernooi, waaraan 48 skole van binne en buite Suid-Afrika deelgeneem het, word op verskeie astro-bane dwarsoor die Skiereiland gespeel. Dit was ʼn uitdaging om elke dag betyds op al die plekke uit te kom. Die kere wat die spanne reeds 5:00 by die skool moes aanmeld om 7:00 in die Kaap te kon wees om op te warm, was ʼn redelike beproewing, maar ten spyte van ʼn paar opofferings, het die spelers die geleentheid om teen verskeie skole kragte te meet geweldig positief ervaar.

Die kompetisie was baie sterk. Altwee spanne het 7 wedstryde (van ʼn uur lank) in die 4 dae gespeel. Dit was verblydend om te sien hoe die spelers keer op keer deursettingsvermoë aan die dag gelê het. Die meisies was bevoorreg om ook teen twee skole van Namibië kragte te meet, terwyl die seuns teen een Namibiese span gespeel het.

HOKKIEDOGTERS MEET KRAGTE TEEN ENGELSE TOERSPAN - me. Annamarie LouwOp Maandag, 23 Julie, het HS Strand se o.18A en o.18B-dogterspanne kragte gemeet teen ʼn Engelse toerspan van King’s School in Worcester.

Die o.18A-span het die eerste helfte gedomineer deur ʼn doel aan te teken om sodoende teen rustyd met 1-0 voor te loop. Hierdie doel is deur Jeandri Agenbag geslaan. Die Engelse het egter teruggeveg en die eindtelling was 1 elk.

Die 18B-span se uitslag was 1-0 in Strand se guns. Rochelle Roos het hier die doel aangeteken.

Na die wedstryd is daar heerlik met ons oorsese gaste gekuier.

NETBALDOGTERS WYS OOK HUL STAALDie o.18A-, o.17A- en o.16A-netbalspanne het teen The King’s School van Worcester (Engeland) se o.18A-, B- en C-spanne gespeel. Alhoewel ons buitelandse teenstanders reeds twee weke van toer en wedstryde agter die rug gehad het, het hulle begeesterd en gedetermineerd opgedaag.

Die wedstryde is in goeie gees gespeel. Spelers van beide skole moes hard werk om hul teenstanders te uitoorlê. Die o.18A-span het 22-28 verloor, die o.17A-span het teen King’s se o.18 B-span 12-6 gewen en die o.16A-span het teen Kings se o.18 C-span 22-6 gewen.

Vir die spelers en ouers wat die buitelandse spelers gehuisves het, was dit beslis een van die aangenaamste ervarings met ʼn toerspan. Die HS Strand leerders het verskeie kere genoem hoe jammer dit was dat die gaste net vir een aand kon kuier.

Page 10: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Nuusbrief 7 31 Julie 2018SPORTNUUS

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid 10

EERSTE SEUNSHOKKIESPAN SPEEL VRIENDSKAPLIKE WEDSTRYD TEEN “OLD BOYS”Die eerste seunshokkiespan het die wintervakansie afgesluit met ʼn wedstryd teen ʼn “Old Boys”-span, wat uit vorige jare se eerstespanspelers bestaan het. Die ouderdomme van die opponente het gewissel van 19 tot 30 jaar!

Beide spanne het een doel elk aangeteken: Christiaan de Wet (vir die 1e span) en Jacques Oosthuizen

(vir die oumanne).

O.16-HOKKIEDOGTERS MEET KRAGTE TEEN ENGELSE TOERSPAN VAN NEWCASTLEOp Donderdag, 26 Julie, het die o.16A en B-dogterspanne die geleentheid gehad om teen ʼn toerspan van Newcastle van Engeland te speel.

Alhoewel die tellings nie in Strand se guns was nie, het die spelers waardevolle ondervinding opgedoen. Zani Wilmot en Caitlin Isaacs het vir die A-span doele aangeteken.

Na die wedstryde het die spanne heerlik gesmul aan egte Suid-Afrikaanse hoenderpastei en koeksisters. Die twee spanne het ook geskenkies uitgeruil – om ietsie van die dag as herinnering saam te neem.

JONG ROEIER HAAL SA-SPANHenco Scholtz (graad 11) is in die SA-span opgeneem, wat van 23 November tot 2 Desember in Riyue Bay, China, aan die “ISA World Stand Up Paddleboard and Paddleboard Championships” deelneem.

HS Strand is trots op hierdie uitsonderlike prestasie.

GIMNASTIEKMia du Plessis het aan die streeksproewe, vlak 6, ouderdom 14 tot 17 jaar, deelgeneem.Sy het ʼn algehele 6e plek behaal en kwalifiseer om as lid van die Kaapstad Distrikspan aan die Wes-Kaap Kampioenskap in Augustus deel te neem.

STRAND SPEEL HOKKIE EN RUGBY TEEN CHILEENSE TOERSPANOp Maandagmiddag, 30 Julie, het die eerste dogtershokkiespan teen ʼn o.17-span van St John’s, Chilli, gespeel. Die eindtelling van 1 doel elk was ʼn goeie weerspieëling van die wedstryd.

Die taalverskil het geensins die meisies teruggehou tydens die onthaal nie en daar is omtrent gesels!

Die o.16-rugbyspan het teen ʼn oorwegend o.17-span van St John’s gespeel. Die toerspan het die wedstryd teen ʼn geweldige tempo begin, wat meegebring het dat die tuisspan (wat aanvanklik met grootliks B-spanlede begin speel het) deur hul entoesiasme aangevuur is.

Donovan Douman was HS Strand se driedrukker en Keenan Carelse die suksesvolle doelskopper. Die rustydtelling van 22-7 in die besoekers se guns teenoor die eindtelling van 25-7, was tekenend van die moedige spel deur die tuisspan.

Die dag se wedstryde is afgesluit met ʼn gesellige funksie in die Kindertrustsentrum, waartydens die spanne geskenkies oorhandig het.

Page 11: HOËRSKOOL STRAND Waar jong Arende sweef AUUstrandsk/images/2018dokumente... · Marli Botha 89.9% 7. Ebert Wessels 89.2% 8. Pétra van den Bergh 88.8% 9. McKenzie Knipe 88.0% 10

Respek, Integriteit, Hardwerkendheid, Diensbaarheid, Verantwoordbaarheid

Nuusbrief 7 31 Julie 2018PROMOSIEBLAD

10

11