huis kalahari visser van der lingenstraat ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof...

18
HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT, POSBUS 281, PAARL, 7620 021 872 4066 – TELEFOON 086 58 99 114 – FAKSNOMMER DIREK [email protected] – E-POS Liewe Ouers van Huis Kalahari Visser My eerste briefie aan u. Mag daar ‘n wonderlike verhouding tussen ons ontwikkel. Ek het baie mooi bedoelings met en planne vir u kinders in die komende jaar. Ek wil hulle baie spesiaal laat voel in Huis Kalahari Visser. Met u hulp en ondersteuning kan dit vir elkeen van ons ‘n onvergeetlike jaar wees. Dit is vir hul almal ‘n nuwe tuiste en daarom sal ek graag ‘n paar belangrike sake wil uitklaar sodat u solank daaroor kan dink en met u kind bespreek. Neem vrymoedigheid om enige tyd met my te skakel indien u dit nodig sou ag. Ondersteun ons gebruike en metodes van dissiplinering en die handhawing van orde. Ons sal nie oorreageer en op hol raak met onbenullighede nie. Hou my vlag hoog en ek sal dit met u doen. Akademie, sport en kultuur is vir ons baie belangrik hier by Huis Kalahari Visser. Tesame hiermee is die kinders se sosiale- en belangrik, hul Geestelike ontwikkeling ’n prioriteit. Ons glo in balans en ons streef daarna om gelukkige kinders hier by ons te huisves. Twee waardes wat ons deur die jaar by hul wil tuisbring is respek en verantwoordelikheid. Ek noem dit vir u sodat ons kan hande vat om sodoende saam met u u kind hierin te lei. Die ondersteuningspersoneel sal die volgende wees: ek en my vrou Sandra, die dogterssuperintendente mev. Myburgh, mev. Serma Pretorius(sekretaresse) en diensonderwysers. Dit mag soms gebeur dat u voel dat u kind as gevolg van omstandighede deur ’n ander kind(bv. kamermaat) benadeel word. Dit is u reg om so te voel; my versoek is net dat u nie self daardie kind sal nader en die saak probeer oplos nie. Ken eerder vir my of die dogterssuperintendente in die saak en ons sal die saak hanteer, met terugvoering aan u indien nodig. Dit mag soms gebeur dat die kinders tydens sekere vakansies al hul waardevolle items uit hul kamers moet ontruim. Kennisgewing in dié verband sal vroegtydig deurgegee word. Die kinders sal per bus vervoer word na en van die skool, sport en ander skoolverwante aktiwiteite.

Upload: others

Post on 23-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

HUIS KALAHARI VISSER

VAN DER LINGENSTRAAT, POSBUS 281, PAARL, 7620 021 872 4066 – TELEFOON

086 58 99 114 – FAKSNOMMER DIREK [email protected] – E-POS

Liewe Ouers van Huis Kalahari Visser My eerste briefie aan u. Mag daar ‘n wonderlike verhouding tussen ons ontwikkel. Ek het baie mooi bedoelings met en planne vir u kinders in die komende jaar. Ek wil hulle baie spesiaal laat voel in Huis Kalahari Visser. Met u hulp en ondersteuning kan dit vir elkeen van ons ‘n onvergeetlike jaar wees. Dit is vir hul almal ‘n nuwe tuiste en daarom sal ek graag ‘n paar belangrike sake wil uitklaar sodat u solank daaroor kan dink en met u kind bespreek.

Neem vrymoedigheid om enige tyd met my te skakel indien u dit nodig sou ag.

Ondersteun ons gebruike en metodes van dissiplinering en die handhawing van orde. Ons sal nie oorreageer en op hol raak met onbenullighede nie. Hou my vlag hoog en ek sal dit met u doen.

Akademie, sport en kultuur is vir ons baie belangrik hier by Huis Kalahari Visser. Tesame hiermee is die kinders se sosiale- en belangrik, hul Geestelike ontwikkeling ’n prioriteit. Ons glo in balans en ons streef daarna om gelukkige kinders hier by ons te huisves. Twee waardes wat ons deur die jaar by hul wil tuisbring is respek en verantwoordelikheid. Ek noem dit vir u sodat ons kan hande vat om sodoende saam met u u kind hierin te lei.

Die ondersteuningspersoneel sal die volgende wees: ek en my vrou Sandra, die

dogterssuperintendente mev. Myburgh, mev. Serma Pretorius(sekretaresse) en diensonderwysers.

Dit mag soms gebeur dat u voel dat u kind as gevolg van omstandighede deur ’n ander

kind(bv. kamermaat) benadeel word. Dit is u reg om so te voel; my versoek is net dat u nie self daardie kind sal nader en die saak probeer oplos nie. Ken eerder vir my of die dogterssuperintendente in die saak en ons sal die saak hanteer, met terugvoering aan u indien nodig.

Dit mag soms gebeur dat die kinders tydens sekere vakansies al hul waardevolle items uit

hul kamers moet ontruim. Kennisgewing in dié verband sal vroegtydig deurgegee word.

Die kinders sal per bus vervoer word na en van die skool, sport en ander skoolverwante aktiwiteite.

Page 2: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Indien u kind oor die naweek by die huis sou siek raak of om enige ander rede later as Maandagoggend terugkeer na die koshuis na afloop van die naweek, wil ek u asb. versoek om die kantoor daarvan te verwittig.

Indien u kind in die week by die koshuis sou siek raak, sal ons u dadelik daarvan verwittig.

U het dan die keuse om self u kind te kom haal en dokter toe te neem OF ons al u kind by ’n mediese dokter besorg. U sal verstaan dat indien u kind ’n aansteeklike siekte onder lede het en word op mediese aanbeveling vir ’n paar dae afgeboek, dit beter sal wees vir u kind en al die ander inwoners dat hy/sy tuis of elders sal aansterk.

Ek wil u versoek om besoeke aan u kind se kamer tot die minimum te beperk. Ek het nie ’n

probleem daarmee dat u u kind met sy/haar bagasie help nie(bv. aan die begin van ’n kwartaal), maar u sal verstaan dat GEEN MAN aan die dogterskant en GEEN VROU aan die seunskant toegelaat kan word nie. Dit kan net lei tot ongemaklike situasies. Indien dit op die hoogste uitsondering moet plaasvind, moet u deur die diensdoenende onderwyser vergesel word. Hierdie reël geld egter nie op Sondag 6 Januarie 2019 nie, aangesien die meeste ouers hul kinders op die dag van “inboek” wil vergesel na hul kamers.

Klaar asseblief bel-,sms- en WhatsApp-tye met u kind uit, sodat hulle nie in ongemaklike situasies sal beland nie, soos bv. gedurende etens-, stilte-,en studietye en na ligte-uit. Selfone is ‘n kopseer indien dit op verkeerde tye gebruik word.

Moedig u kind aan om stiptelik op klokke te reageer, te alle tye konsidererend teenoor

ander op te tree, nie luidrugtig te wees nie, nie wasgoed in die vensters te hang nie, netheid en ordelikheid redelik voorop te stel, en om geensins vandalisties te wees nie. (Klomp klein jakkalsies)

VERLAAT VAN KOSHUIS GEDURENDE DIE WEEK: Vanweë die groot ontwrigting wat veroorsaak word deur ouers wat hul kinders op enige

weeksdag sonder verlof uit die koshuis neem, word hierdie gebruik ten sterkste ontmoedig. Ek sal mos nooit weier dat u u kind besoek of uitneem nie: reël dit net betyds met my persoonlik, mev. Myburgh of via die kantoor.(mev. Pretorius ons sekretaresse)

Die Superintendente, Hoof, Koshuishoof of Beheerliggaam aanvaar geen verantwoordelikheid

vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats in die dorp of elders

wil bywoon nie. Ons gaan dit nie toelaat nie, al gee die ouers toestemming daarvoor. Indien u kind of enige ander familielid verjaar is u welkom om u kind vir die aand uit te neem .

Ek versoek u net om dit asb. betyds met my te reël. U kind sal egter nie toegelaat word om ’n maat wat ’n inwoner van die koshuis is saam te neem nie.

Ons wil u versoek om asseblief ons hande tydens studie-,etens- en stiltetye te sterk deur nie u

kind gedurende hierdie tye in die koshuis te besoek of uit te neem nie. Hierdie reëling geld omdat dit net kan bydra tot ‘n losse dissipline in die koshuis as ‘n geheel. Indien dit in die hoogste uitsondering moet plaasvind, MOET die diensdoenende onderwyser hierin geken word.

Vir ons kinders se veiligheid en kontrole daaroor, MOET die VOLWASSENE wat hom/haar van die terrein verwyder of terugbring gedurende die week of naweek asseblief in die voorportaal UIT- EN INTEKEN. Daar sal te alle tye ’n lêer in die voorportaal beskikbaar wees. GEEN leerder mag vir hierdie doel hom-/haarself in- en uitteken nie.

Page 3: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Nadat u kind na afloop van ‘n naweek by die koshuis afgelaai is moet hy/sy asseblief nie die pad vat en in die dorp rondloop nie. (Bv. Op ‘n Sondagmiddag) Tref hierdie reëling baie duidelik met u kind, want dit is vir ons belangrik om te alle tye te weet waar ons leerders hulself bevind.

Die koshuis se deure sluit op ’n Sondagaand om 21:00. Ek wil u dus versoek om u kind na

afloop van ’n naweek voor bg. tyd te kom aflaai aangesien ligte uit reeds om 21:30 op ‘ Sondagaand is.

Die kinders mag na ‘n naweek ook op ’n Maandagoggend by die koshuis afgelaai word.

Indien hy/sy met die bus wil skooltoe ry, moet dit asseblief net voor 7:10 wees. Indien u na afloop van die naweek u kind direk by die skool kom aflaai, moet u egter nog steeds na die koshuis gaan en u kind dienooreenkomstig gaan inteken.

Tydens tuisnaweke (2 per kwartaal) moet leerders nie later as 17:00 die Vrydagmiddag by

die koshuis afgehaal word nie. Op hierdie dae sluit die skool reeds om 13:00. Op Sondagmiddae van tuisnaweke sal die koshuis weer vanaf 16:00 tot 21:00 oop wees sodat leerders kan terugkeer. Op die Vrydagmiddag en Sondagaand van ’n tuisnaweek sal daar geen etes deur die koshuis aan inwoners verskaf word nie.

Leerders word toegelaat om op Dinsdagmiddae en Vrydagmiddae dorp toe te gaan. Ek wil

vra dat hul slegs hierdie middae vir die doel sal gebruik en nie met versoeke te kom om op ’n ander weeksdag die dorp te besoek nie. (Kinders moet leer om te beplan)

Ons poog om sover moontlik slegs die voordeur van die Hoofgebou te gebruik vir toegang.

Dit is die veiligste opsie. Daar is groot parkeergeriewe voor die koshuis, maar buite ons terrein. Hierdie parkeerarea word deur ‘n privaatmaatskappy bedryf. Die parkeertariewe is gratis vir die eerste uur. Let net daarop dat hierdie parkeerarea na 18:00 in die aand slegs via die noordelike uitgang verlaat kan word.

Geen warmkomberse, staafverwarmers, dompelkokers en ketels word toegelaat nie.

Ons verskaf ‘n yskas, mikrogolf en ‘n ketel vir die gerief van ons leerders.

Twee waaiers en twee blaasverwarmers word per kamer toegelaat.

Wasgoed word by Huis McFarlane Koshuis gedoen. Maak baie seker alles is deeglik

gemerk. Ek sal die prosedure van wasgoed ingee en terugontvangs volledig met u kind bespreek. Aangeheg sal u ‘n lys van wasgoednommers vir die doel vind.

Kinders moet asseblief minstens drie goeie slotte hê en die sleutels soos goud bewaar.

Een gemerkte stel sleutels aan ‘n houer moet asb. by Mev. Pretorius ingegee word vir bewaring op Sondag 6 Januarie 2019. Die kinders verloor soms hul sleutels of sluit dit per ongeluk in hul kaste toe, dan het ons ’n spaarsleutel en hoef die slot nie geknip te word nie. Mev Pretorius sluit hierdie spaarsleutels op ’n veilige plek toe.

In elke leerder se kas is ‘n digitale kluis ingebou. Die huur van so ‘n kluis beloop R200 per

jaar. Die geld kan op 6 Januarie by registrasie inbetaal word (kontant ASB.). Die huur en gebruik van hierdie kluise word ten sterkste aanbeveel.

Page 4: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

NAWEEKVERLOF:

Hierdie is tradisioneel een van die moeilik bestuurbare aspekte van ‘n koshuis. Ek wil dit baie graag probleemvry bestuur en hou die volgende model aan u voor. Dink solank gedurende die vakansie daaraan.

U kind mag elke naweek uitteken. Waarin ek belangstel is waarheen – ouerhuis of elders?

KATEGORIE A

Indien u kind na sy ouerhuis gaan is geen toestemming van u kant af nodig nie.

KATEGORIE B Indien u kind na enige ander plek as sy/haar ouerhuis gaan (selfs tuisnaweke) is u

toestemming nodig voor Donderdag om 13:00. Dit moet asseblief skriftelik per e-pos wees na die koshuiskantoor. Ek wil ook sterk aanbeveel dat u minstens telefonies in verbinding tree met u kind se gasouers om die naweekreëlings te bevestig alvorens u toestemming gee.

In beide kategorieë A en B hierbo wil ek weereens beklemtoon dat die VOLWASSENE wat

u kind vir die naweek kom haal/terugbring, asseblief u kind in die voorportaal sal uit- en inteken. Die opname by die kinders oor hul naweekreëlings word Woensdagaande gedoen en ek wil versoek dat u kind reeds dan sal weet waarheen hy/sy gaan.

Dit is u kind se keuse of hy/sy op ’n Vrydagmiddag by die koshuis wil eet(opname

Woensdagaand voor die naweek). Indien daar aangedui is dat hy/sy daar wil eet sal daar verwag word dat u kind die ete moet bywoon. Maak dus seker hiervan; dit skakel onnodige vermorsing uit. U sal ook verstaan dat u kind eers na afloop van die ete uit die eetsaal verskoon sal word en ons nie kan toelaat dat kinders een een verdaag om saam ouers te gaan wat haastig is nie.

BELANGRIK!!!

Alle graad 8’s van Huis Kalahari Visser van 2019, moet op Sondag 6 Januarie 2019

tussen 9:00 en 14:00 in Kalahari Visser se voorportaal aanmeld vir die afhandeling van administratiewe reëlings. Die koshuis is geleë in Van der Lingenstraat net onder die Toringkerk. (GPS koördinate: 33°43’59”S 18°57’53”E) Tydens die geleentheid sal koshuisgangers reeds in kamers ingedeel word en kan hulle hul items(bv. skooltas, skoolklere, ens.) wat hulle NIE tydens die graad 8-kamp gaan gebruik nie in hul kaste toesluit.

U is verantwoordelik om daarna u kind om 16:00 by die Carel Redelinghuys

Sentrum(net langs ons skoolgebou) te besorg vir die graad 8-kamp!

Alle Gr. 8 ouers en leerders (koshuis en dorp) sal dan in die Carel Redelinghuys Sentrum toegespreek word.

Na afloop van bogenoemde sal ek graag met alle voornemende ouers van Huis

Kalahari Visser wil gesels en dit sal ook plaasvind in die Carel Redelinghuys Sentrum.

U kind sal ’n volledige stel koshuisreëls ontvang na afloop van die Gr. 8 kamp. Ek sal

dit dan stelselmatig met hul deurwerk en ruim kans gee vir implementering daarvan. Ek sal ook vir u ’n kopie daarvan gee tydens ons vergadering van 6 Januarie.

Page 5: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Op Dinsdag 8 Januarie sluit die Gr. 8 kamp (dorps- en koshuisleerders) af om ±15:00. (Sien in Gr. 8 Nuwelingsgids deur die skool aan u gestuur) Die koshuis sal dan self u kind na Huis Kalahari Visser vervoer. Ons sal hul kans gee om te stort, ens. en daarna begin met ons program om hul by die koshuis te verwelkom. Ek wil u versoek dat GEEN ouer sy/haar kind in die tydperk by die koshuis sal kom besoek of met versoeke sal kom om dan u kind vinnig uit te neem nie.

U kind kan die eerste naweek van die skooljaar (11 tot 13 Januarie) huis-toe gaan of in die koshuis bly aangesien dit nie ’n verpligte ‘inbly’ naweek is nie. Ons skool se kleure-atletiekbyeenkoms is juis op Vrydag 11 Januarie en baie ouers verkies dan om die atletiek te kom kyk en daarna hul kind huis toe te neem om oor die wedervaringe van die eerste week te gesels. Die byeenkoms eindig ± 14:00.

ONTHOU NET ASB. OM DIE VOLGENDE ITEMS BESKIKBAAR TE Hê BY REGISTRASIE OP SONDAG 6 JANUARIE BY HUIS KALAHARI VISSER:

3 Goeie slotte (heg ’n kopie van een sleutel van elk van die slotte aan ’n gemerkte

houer vir inhandiging). R200 vir die jaarlikse kluishuur(kontant asb.) Ingevulde Toelatingsbesonderhedevorm(sien aangeheg). Afskrif van u mediesefonds inligtingskaart. X 2 Onlangse gesigsfoto’s (ID-tipe) van u kind met sy/haar noemnaam en van

agterop albei geskryf.

Ek wil op hierdie stadium aan elkeen van u ‘n baie aangename vakansie toewens. Geniet elke oomblik daarvan en rus lekker uit. Mag die Kerstyd vir ons almal weereens ‘n onvergeetlike ervaring wees en ons inlei in ’n feestelike nuwe jaar vol seëninge .

Ek sien met groot verwagting uit na u en u kind se koms na dié beste skool.

Vriendelike groete P. EKSTEEN SUPERINTENDENT (Sel: 0835650313) 2018/11/15

Page 6: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

VIND AANGEHEG DIE VOLGENDE DOKUMENTE:

1. ‘N VORM MET BETREKKING TOT U BESONDERHEDE. VOLTOOI DIT ASSEBLIEF EN

BESORG DIT AAN ONS OP 6 JANUARIE 2019.

2. LYS VAN BENODIGDHEDE SAAMGESTEL DEUR MEV. PRETORIUS, ONS

SEKRETARESSE, WAT SY AANBEVEEL U KIND MOET SAAMBRING NA HUIS KALAHARI VISSER.

3. LYS VAN WASGOEDNOMMERS VIR SEUNS.

4. LYS VAN WASGOEDNOMMERS VIR DOGTERS.

5. ’N VERWELKOMINGSBRIEF VAN 2019 SE KOSHUISHOOFLEIERS.

6. FOTO’S VAN 2019 SE KOSHUISPREFEKTE.

7. ’ N LYS VAN BENODIGDHEDE VIR DIE VERWELKOMINGSPROGRAM VAN DIE EERSTE PAAR WEKE BY DIE KOSHUIS SOOS AANGEVRA DEUR 2019 MENTORKAPTEINE.

Page 7: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

HUIS KALAHARI VISSER TOELATINGSBESONDERHEDE : 2019 Leerder: . Van:_______________________________Noemnaam:_______________________________ Doopname:__________________________________________________________________ IDNR:___________________________________________ Geslag:_____________________ Vader: Naam en Van:________________________________________________________ IDNR:_______________________________________________________________ Woonadres:_________________________________________________________________ Posadres (indien verskil van bg.)_________________________________________________ Tel:(H)_______________________________(Sel)___________________________________ (W)______________________(E-Pos)__________________________________________ Moeder: Naam en Van:________________________________________________________ IDNR:______________________________________________________________ Woonadres:_________________________________________________________________ Posadres (indien verskil van bg.)_________________________________________________ Tel:(H)_____________________________(Sel)_____________________________________ (W)_______________________(E-Pos)_________________________________________ Mediese Inligting: Naam van fonds:______________________________________________ Hooflid:_____________________________________________________________________ Mediese fondsnr:________________________Plan/Opsie:____________________________ Allergieë of Mediese Toestand waarvan ons kennis moet neem: __________________________________________________________________________ Name van Broers/Susters in Gim:_______________________________________________ Kontaknommers en Name van familie/vriende in die omgewing: __________________________________________________________________________

HEG ASSEBLIEF ‘N AFSKRIF VAN U MEDIESEFONDS INLIGTINGSKAART AAN

Page 8: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Mev. Pretorius, ons sekretaresse het die volgende LYS VAN BENODIGDHEDE saamgestel wat sy aanbeveel saamgebring word na Huis Kalahari Visser: 1. Beddegoed vir ‘n enkelbed 1.1 2 Lakens 1.2 2 Duvetoortreksels 1.3 1 Duvet 1.4 2 of 4 Kussingslope 1.5 1 of 2 Kussings 2. In die winter – ekstra kombers en warmwatersak (elektriese kombers nie toelaatbaar) 3. Toiletware in ‘n toiletsakkie 4. 2 Handdoeke 5. Medisynetassie: (ons as koshuis/personeel mag geen medisyne verskaf

nie) Leerders moet ook daarop let dat die oor en weer gebruik van medikasie tussen leerders TOTAAL afgekeur word in opdrag van die

WKOD en in ooreenstemming met die Wet op Veiligheid en Gesondheid en die Wet op die Verspreiding van Medikasie. 5.1 iets vir naarheid/braking, 5.2 pyn/koors, 5.3 ligte verkoue, 5.4 diarree, 5.5 sinus, 5.6 hooikoors (anti-histamien). 5.7 pakkie pleisters 5.8 bactroban salf 5.9 ontsmettingsmiddel 5.10 watte 6. Eetgerei: (dit is wanneer inwoners vir hulle self iets wil maak om te eet/drink) 6.1 beker 6.2 mes 6.3 vurk 6.4 bordjie 6.5 lepel 7. Eetgoedjies (daar is wel ‘n snoepie beskikbaar) 8. Drinkgoed (yskas beskikbaar) 9. Bedkassie (opsioneel-maak eers seker of daar plek is) 10. Waaier/verwarmer (volgens spesifikasie sien koshuishoof brief) opsioneel

Page 9: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

WASGOEDNOMMERS SEUNS : NUWELINGE 2019 GRAAD 8 SEUNS

1 Botha, Jan 1

2 Botha, Johan 12

3 Burger, Hugo 19

4 Cronje, William 20

5 Crous, Nicholas 21

6 Deetlefs, Nicol 22

7 Dos Reis, Daniel 23

8 Dreyer, Joshua 26

9 Du Plessis, Pieter-Nel 30

10 Du Toit, Attie 48

11 Du Toit, Henry 50

12 Du Toit, Louw 55

13 Ellis, Herman 61

14 Erwee, Jacques 65

15 Grobbelaar, Jannie 67

16 Huisamen, Andrikus 70

17 Kloppers, Balthazar 74

18 Kotze, Dawid 76

19 Kotze, Christiaan 77

20 Kriek, Handre 78

21 Loubser, Ernst 79

22 Louw, Ruben 80

23 Ludorf, Joe 82

24 Mynhardt, Xander 83

25 Nel, Clemond 58

26 Nell, Delary 89

27 Oosthuizen, Stefan 91

28 Oosthuizen, Divan 102

29 Potgieter, Brynard 105

30 Rossouw, Jean 109

31 Schultz, Paul 112

32 Sharp,Tiaan 115

33 Smith, Kyle 118

34 Smith, Johan 120

35 Stange, Luke 121

36 Sterley, Shann- Peter 122

37 Steyn, Marco 123

38 Swart, Dewald 128

39 Van der Merwe, Liam 131

40 Van Der Westhuizen, Niklas 132

41 Van Heerden, Oscar 133

42 Van Wyk, Diaan 134

Page 10: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

43 Van Zyl, MJ 135

44 Versfeld, Michael 136

45 Viviers, Roland 138

46 Vosloo, Eduan 148

47 Walters, Tiaan 150

Page 11: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

WASGOEDNOMMERS DOGTERS : NUWELINGE 2019

GRAAD 8 DOGTERS

1 Abrahamse, Marné 180

2 Beukes, Lize-Mari 187

3 Botha, Melandré 197

4 Brits, Cheree 411

5 Carstens, Keisha 199

6 Cronje, Wilmie 202

7 Davids, Lara 372

8 De Beer, Kami 216

9 Du Toit, Jeané 229

10 Engelbrecht, Camilla 241

11 Grobler, Karla 249

12 Hanekom, Anke 251

13 Hugo, Leoné 256

14 Knoetze, Kimmy 263

15 Koch, René 265

16 Koch, Lize 267

17 Kruger,Cara 268

18 Lategan, Eriné 270

19 Lategan, Isabelle 274

20 Le Roux, Vasti 279

21 Leonard, Tatiana 278

22 Lombard, Alke 284

23 Lombard, Mia 286

24 Lotz,Zanika 288

25 Loubser, Emma 292

26 Louw, Zané 300

27 Rossouw, Mia 305

28 Saayman, Ansuné 306

29 Schutte, Michelle 311

30 Snyman, Marli 313

31 Steenkamp, Julia 315

32 Steenkamp, Alexa 317

33 Strauss, Jenna 319

34 Strydom, Lea 321

35 Theron, Magita 329

36 VD Merwe, Jeanne 331

37 VD Westhuizen, Ané 339

38 Vollgraaff, Leané 341

39 Vos, Wilmien 343

40 Welthagen, Amber 345

41 Zwiegers, Chante 346

Page 12: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Geagte koshuis ouers

In 2019 spog Hoërskool Paarl Gimnasium met 161 roemryke jare gevul met tradisies,

waardes, trots en uitnemende Gimmies. ‘n Skool wat nie omskryf kan word in woorde nie,

maar eerder ervaar moet word. Dit is die tuiste van Gimmie-“guts”! Die plek waar die rooi,

geel en groen deur jou are bruis.

Baie geluk met u kind(ers) se aanvaarding tot die skool en koshuis. Dit is ‘n uitmuntende

prestasie, aangesien koshuis leeders noukeurig met die hand uitgekies word. As hoofleiers van die koshuis

verwelkom ons graag u en u kinders as deel van die Gim familie.

“There are two gifts we should give our children; one is roots and the other is wings”.

Pappa probeer vir Mamma troos. Sy trane lê self vlak terwyl hulle toekyk hoe die nuwe generasie Gimmies

by die belowende hekke instap. Ons weet uit ervaring dat dit nie maklik is om u kinders weg van die huis af

te stuur nie. Ons is dankbaar dat u, u kind seën met vlerke. Ons kan u waarborg dat Paarl Gimnasuim, met

leiding van ons Hemelse Pappa, u kind sal leer vlieg en neem na hoër hoogtes.

Ons drie koshuisse, Huis Kalahari Visser (graad 8 koshuis), Huis Bruwer (splinternuwe graad 9 koshuis) en

Huis MacFarlane (senior koshuis), laat die huis nader voel. Dit is ‘n omgewing waar lewenslange

vrienskappe gevorm word en stories geskryf word wat ons eendag vir ons kinders sal oorvertel. Ons vyf

steenpilare: eenheid, trots, integriteit, respek en tradisie transformeer dogters en seuns in jong volwasse

dames en mans.

“Ons staan saam, want ons glo in mekaar!” Hierdie woorde dans deur die skoolgange en sportvelde se

groen gras tydens die verwelkomingspogram. Saam, as trotse koshuiskinders, vorm ons die hart van die

skool. Die koshuis borrel van opgewondenheid om ons nuwe koshuis sussies en boeties te ontmoet en

hulle nuwe lewenshoofstuk saam met hulle te skryf. Ons wil u aanmoedig om u volle vetroue in ons

hoofleiers, die koshuiskomitee, sowel as die koshuis personeel te plaas. U kind se geluk is ons eerste

prioriteit, daarom staan ons deure altyd oop.

Mag 2019 ‘n geseënde jaar vir u gesin wees en die begin van ‘n lang, opwindende pad saam met die Paarl

Gimnasium familie.

Gimmie groete

Koshuis-hoofdogter, Koshuis-hoofseun en Koshuis-komitee.

Stephan Du Toit Jana Rossouw

Koshuishoofseun Koshuishoofdogter

Page 13: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Liewe Miggie

“Ons groet ons huis

ons huis ons trots”

2019 se toekomstige Dux-leerling, Eerste-span rugby kaptein en Skool-hoofmeisie het almal die bekende

vlinderagtige senuwees en opwinding ervaar, presies soos jy nou voel. Ons weet dit is nie altyd maklik om

die nes te verlaat nie, maar dit is nou tyd dat jy jou vlerke sprei en leer vlieg. Die beste vyf jaar van jou lewe

lê voor; vol vriendskap, onvergeetlike stories en hoedervleis oomblikke. Ons is baie seker dat Hoërskool

Paarl Gimnasium die skool vir jou is en dat jy jou plek in die son hier sal vind.

Baie geluk met jou aanvaarding tot die skool en koshuis. Dit is ‘n uitmuntende prestasie, aangesien koshuis

leeders noukeurig met die hand uitgekies word. As hoofleiers van die koshuis, verwelkom ons jou graag as

deel van die Gim-familie.

Gim koshuise huisves ‘n diverse verskeidenheid van mense van regoor die land en selfs Namibië. Hier vorm

ons ‘n unieke familie wat saamstaan deur dik en dun. “Ons staan saam, want ons glo in mekaar!” Ons

koshuis, ons HUIS, ons trots, ONS is die hart van die skool. Koester elke oomblik, dit gaan so vinnig verby.

Sprei jou vlerke, ons sal jou hier leer om te vlieg!

Ons deure staan altyd oop vir enige vrae, raad, mentorskap of as jy eenvoudig net na die huis verlang.

Geniet jou Desember vakansie. Ons borrel van opgewondeheid om ons nuwe koshuis sussies en boeties te

ontmoet.

“In Gimnasium staan ons saam om te oorwin.”

Gimmie groete

Koshuis-hoofdogter, Koshuis-hoofseun en Koshuis-komitee.

Stephan Du Toit Jana Rossouw

Koshuishoofseun Koshuishoofdogter

Page 14: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Stephan Du Toit Petrie Van Rensburg Pieter Van Velden

Koshuishoofseun Onderhoofseun Addisionele lid

Jovan Bekker Dante Booyens Andries De Beer Lylle Felix

Da-Neil Grobbelaar Hendre Hanekom Philip Lochner Johan Lourens

Page 15: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Johan Smal Brent Vermeulen Rikus Visagie

Page 16: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Jana Rossouw Suzanne Wessels Lehani Skein

Koshuishoofdogter Onderhoofdogter Addisionele Lid

Ledine beukes Lieze Bosman Jana Cronje Janke Du Preez

Grethe Robinson Joane Rossouw Nina Smuts Nicola Theron

Page 17: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Jeanri Thomas Imke Van Der Merwe Jana Van Schalkwyk

Page 18: HUIS KALAHARI VISSER VAN DER LINGENSTRAAT ......vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie. Die kinders moet asseblief nie gedurende die week partytjies van maats

Liewe 2019 HKV inwoner

Baie geluk met een van die beste besluite van jou lewe deurdat jy Huis Kalahari Visser gekies het

as jou tuiste vir 2019! Die koshuislewe in Paarl Gimnasium is uit die boonste rakke en dis juis

tussen jou vier koshuismure waar daar herinneringe gemaak word wat jy diep in jou hart sal

koester. As graad 8 koshuisinwoner is daar baie opwinding wat op jou wag. Hier is n paar van die

benodigdhede wat jou gaan help om jou koshuisverhaal te begin. Onthou om aan soveel as

moontlik deel te neem en voluit te gaan. Jy is net eenkeer ‘n Graad 8 koshuisleerder in Paarl

Gimnasium!

LYS VAN BENODIGDHEDE VIR DIE VERWELKOMINGSPROGRAM VAN DIE EERSTE PAAR

WEKE BY DIE KOSHUIS:

Klein potjie vissmeer

6 Eiers

Vaseline

1 Klein sakkie poeierverf (rooi, groen of geel)

Klein potjie Bovril

1 Leë 500ml plastiekbottel (bv. Coke) (dogters)

6x Haarrekkies (dogters)

Dummy

Wit t-hemp wat kan vuil word@

Oefenklere@

Draftekkies@

Sonroom @

Swart permanente merker@

ITEMS MET ‘N @ GEMERK, MOET JY SAAMVAT NA DIE GR 8 KAMP OP SONDAG 6

JANUARIE; DIE RES MOET JY BY HUIS KALAHARI VISSER IN JOU KAS LOS.

Groete

MENTORKAPTEINE 2019