huisgids 14 november

8
OLIVE CRESCENT AFTREE OORD RENAISSANCE FAERIE GLEN R1 595 000 R1 95 000 1 R 95 000 15 PRENTJIEMOOI! WEB-ID 91344199011 WEB-ID 91344195309 R1 95 000 0 WEB-ID 91344198752 PROTEA AFTREEOORD : DIE WILGERS / WEB ID 91344199014 Tweeslaapkamersimpleks met groot badkamer met bad en stort. Aangrensende motorhuis. Groot leefarea lei na 137 m² 2-slaapkamer-simpleks in hierdie lieflike aftreeoord. . Drie leefareas lei na onderdakpatio met baie privaat tuin, 1½ badkamer, 1 motorhuis met elektroniese deur. Dubbelafdak. U moet dit sien. PROTEA AFTREEOORD 2-slaapkamer-eenheid in hierdie gewilde aftreeoord met baie goeie siekeboeg. Maak voorsiening vir Alzheimers-pasiënte. Een groot badkamer met bad en stort. Groot leefarea lei na baie privaat onderdakpatio. 1 motorhuis. FEATHERWOOD AFTREEOORD Twee slaapkamers, twee badkamers met pragafwerking. Houtraamvensters en granietblaaie. Groot oopplankombuis met aparte wasarea. Dubbelmotorhuis met outomatiese houtdeur. Siekeboeg in vooruitsig. VERKOOP DEUR MAGDA BINNE 7 DAE NUWE VRYSTELLING! VEILIG, PRIVAAT MET UITSTEKENDE LIGGING VEILIG, LUUKS EN RUIM VERKOOP VERKOOP X1QRVGKD-BS141115 Huisgids Adverteer: Nicolette Erasmus | 012 485 9042; [email protected] Redaksionele inhoud: Linette Retief | 011 713 9269; [email protected] Woongebied: Waterkloof Prys: R8,05 miljoen Grootte: erf: 1 000 m²; huis: sowat 560 m² Profiel van moontlike kopers: Pro- fessionele persoon met gesin. Ie- mand wat hou van onthaal. Kontak: Irma van Schalkwyk van Diplomatic Properties by 071 612 4652 of [email protected] Besigtiging streng volgens af- spraak. KORTLIKS Beeld LINETTE RETIEF H ierdie moderne woning met sy pragtuin is nie net ideaal geleë in die diplomatieke hartland naby al die topskole, die Universi- teit van Pretoria en inkopie- sentrums nie. Dit is ook ideaal vir die ge- sin wat hou van kuier en onthaal. Sommer met die intrapslag kry ’n mens ’n ligte, oop ge- voel, danksy leefruimtes wat bestaan uit ’n ruim sit- en eetkamer, ’n gesinskamer en ’n TV-kamer. Almal het deu- re wat oopmaak na die tuin-, patio- en swembadareas. Daar is vyf ruim en suite- slaapkamers met ingeboude kaste van topgehalte, terwyl ’n afsonderlike studeerkamer sorg vir stilte – en ’n uitsig oor die swembad en agterste tuin. Die moderne kombuis met outentieke afwerkings pronk met twee oonde, ’n gasstoof, afsonderlike opwas- en was- areas en ’n spens. Buite wag ’n spogtuin, kom- pleet met skouspelagtige fon- teine en ’n sprankelende swembad wat deel van die voorste patio is. Hierdie pragprentjie word voltooi deur uitmuntende se- kuriteit, vier elektronies be- heerde motorhuise met byko- mende parkeerplek vir onge- veer agt voertuie en perso- neelverblyfplek wat bestaan uit een slaapkamer en een badkamer. Vir meer inligting bel Irma van Schalkwyk van Diploma- tic Properties by 071 612 4652 of stuur e-pos aan haar by [email protected]. Besigtiging is streng vol- gens afspraak. So lyk die sjarmante vooraansig van ’n wenwoning. Die skouspelagtige voorportaal. Ideaal vir onthaal in swierige styl Die moderne kombuis met outentieke afwerkings. Die tuin is ’n lushof en is goed versorg. Hou van Beeld-Huis- gids/Property Guide op Facebook by bit.ly/Beeld-Huisgids vir inligting oor en foto’s van die huise en agent- skappe se eiendomsportefeul- jes wat elke Saterdag in Beeld geadverteer word.

Upload: beeld

Post on 24-Jul-2016

234 views

Category:

Documents


8 download

DESCRIPTION

Beeld: Huisgids - 14 November 2015

TRANSCRIPT

Page 1: Huisgids 14 november

OLIVE CRESCENT AFTREE OORDRENAISSANCE FAERIE GLEN

R1 595 000 R1 95 0001 R 95 0001 5PRENTJIEMOOI!

WEB-ID 91344199011 WEB-ID 91344195309R1 95 0000 WEB-ID 91344198752

PROTEA AFTREEOORD DIE WILGERS

/ WEB ID 91344199014

Tweeslaapkamersimpleks met groot badkamer met baden stort. Aangrensende motorhuis. Groot leefarea lei na

137 m² 2-slaapkamer-simpleks in hierdie lieflike aftreeoord..Drie leefareas lei na onderdakpatio met baie privaat tuin,1½ badkamer, 1 motorhuis met elektroniese deur.Dubbelafdak. U moet dit sien.

PROTEA AFTREEOORD

2-slaapkamer-eenheid in hierdie gewilde aftreeoord met baiegoeie siekeboeg. Maak voorsiening vir Alzheimers-pasiënte.Een groot badkamer met bad en stort. Groot leefarea lei nabaie privaat onderdakpatio. 1 motorhuis.

FEATHERWOOD AFTREEOORD

Twee slaapkamers, twee badkamers met pragafwerking.Houtraamvensters en granietblaaie. Groot oopplankombuismet aparte wasarea. Dubbelmotorhuis met outomatiesehoutdeur. Siekeboeg in vooruitsig.

VERKOOP DEUR MAGDA BINNE 7 DAE

NUWE VRYSTELLING!VEILIG, PRIVAAT MET UITSTEKENDE

LIGGING

VEILIG, LUUKS EN RUIM

VERKOOP

VERKOOP

X1QRVGKD-BS141115

HuisgidsAdverteer:  Nicolette  Erasmus  |  012  485  9042;  [email protected] Redaksionele  inhoud:  Linette  Retief  |  011  713  9269;  [email protected]

Woongebied: WaterkloofPrys: R8,05 miljoenGrootte: erf:  1 000 m²; huis: sowat 560 m² Profiel van moontlike kopers: Pro­fessionele persoon met gesin.  Ie­mand wat hou van onthaal. Kontak:  Irma van Schalkwyk van Diplomatic Properties by 071 612 4652 of [email protected] streng volgens af­spraak.

KORTLIKS

Beeld

LINETTE  RETIEF

Hierdie moderne woningmet sy pragtuin is nienet ideaal geleë in die

diplomatieke hartland naby al die topskole, die Universi-teit van Pretoria en inkopie-sentrums nie.

Dit is ook ideaal vir die ge-sin wat hou van kuier en onthaal.

Sommer met die intrapslagkry ’n mens ’n ligte, oop ge-voel, danksy leefruimtes wat bestaan uit ’n ruim sit- en eetkamer, ’n gesinskamer en ’n TV-kamer. Almal het deu-re wat oopmaak na die tuin-, patio- en swembadareas.

Daar is vyf ruim en suite- slaapkamers met ingeboude kaste van topgehalte, terwyl ’n afsonderlike studeerkamer sorg vir stilte – en ’n uitsig oor die swembad en agterste tuin.

Die moderne kombuis met outentieke afwerkings pronk met twee oonde, ’n gasstoof, afsonderlike opwas- en was-areas en ’n spens.

Buite wag ’n spogtuin, kom-pleet met skouspelagtige fon-teine en ’n sprankelende swembad wat deel van die voorste patio is.

Hierdie pragprentjie word voltooi deur uitmuntende se-kuriteit, vier elektronies be-heerde motorhuise met byko-mende parkeerplek vir onge-veer agt voertuie en perso-neelverblyfplek wat bestaan uit een slaapkamer en een badkamer.

Vir meer inligting bel Irmavan Schalkwyk van Diploma-tic Properties by 071 612 4652 of stuur e-pos aan haar by [email protected].

Besigtiging is streng vol-gens afspraak.

So  lyk  die  sjarmante  vooraansig  van  ’n  wenwoning. 

Die skouspelagtige voorportaal.

Ideaal vir onthaal in swierige styl

Die moderne kombuis met outentieke afwerkings.Die tuin  is  ’n  lushof en  is goed versorg.

Hou  van  Beeld­Huis­gids/Property  Guideop  Facebook  bybit.ly/Beeld­Huisgidsvir  inligting  oor  en

foto’s  van  die  huise  en  agent­skappe  se  eiendomsportefeul­jes  wat  elke  Saterdag  in  Beeld geadverteer  word.

Page 2: Huisgids 14 november

2 Huisgids/Property Guide Saterdag 14 November 2015

SEKURITEIT 24 UUR-BEMANDE SEKURITEITHEK MET BEMANDE TOEGANGSBEHEERKAMERASGEËLEKTRIFISEERDE HEININGVEILIGHEIDSHEKKE

www.urbanc.co.zawww.urbanc.co.zawww.urbanc.co.zawww.urbanc.co.za

• LEONARD: 082 446 4825• JURGEN 060 966 8046 • ANRÉ 084 915 8419

• ANTHONY 083 676 0135 • ROZANNE: 072 951 8800

• LEONARD: 082 446 4825• JURGEN 060 966 8046 • ANRÉ 084 915 8419

• ANTHONY 083 676 0135 • ROZANNE: 072 951 8800

SEDERT 1975

SLEGS TE HUUR

2 SLK, 1 BADK, AFDAK2 SLK, 1 BADK, 1 MOTORH3 SLK, 2 BADK, 1 MOTORH

– R5 000 – R6 000 PM– R6 500 PMR6 000 –– – R7 500 PMR7 000

* *KLUBHUIS SWEMBAD* UITSTEKENDE LIGGING TEN OPSIGTE

VAN HOOFWEË, WINKELSENTRUMS, ENS.

Nie volgens skaal nie

RUIMTEWEG

ALE

TTA

LOUISA

RO

OIH

UIS

KR

AA

L WE

G

OU

JHB

WE

G

WIN

KE

L-S

EN

TR

UM

MA

LL@R

ED

S

LOUISAPARK

S25° 52” 12.0”E28° 07”46,9” HENDRIK VERWOERDRYLAAN

Louisa Park in Celtisdal, Centurion

NUWEONTWIKKELING

VANAF

1 OKTOBER

Vanaf

R5 000 pm!!!Vanaf

R5 000 pm!!!

X1QT60GD-BS141115

X1QT7FFH-BS141115

LINETTE  RETIEF

Die volgehoue ontwikkelingvan deeltitel-komplekse inGauteng bevestig die groei-

ende gewildheid by huiskopers en beleggers in hierdie soort eien-dom.

Deeltitel-eiendom hou baie voor-dele in, insluitend bekostigbaar-heid, goeie herverkoopwaarde, moderne afwerking en goeie vei-ligheidsmaatreëls wat dit veral ge-wild maak onder nuweling-kopers, ouer mense wat wil afskaal en be-leggers wat koop om te verhuur.

Volgens Charles Vining, Seeff sebesturende direkteur in Sandton, bestaan Rosebank uit 80% deelti-tel-eiendomme, insluitend ’n kom-binasie van ouer komplekse wat opgeknap is, en nuwe, moderne komplekse wat ontwikkel is met die oog op beroepsmense wat in die omtrek bly of wat die Gau-trein gebruik om te pendel.

“Douglasdale en Craigavon in die Fourways-omgewing bestaan onderskeidelik uit 57% en 74% deeltitel-eiendomme. Vir kopers in hierdie voorstede bied deeltitel-eiendom nie net gerief en veilig-heid nie, maar ook bekostigbare toegang tot die eiendomsmark.

In die hartjie van Sandton be-staan die gesogte voorstad Mor-ningside uit 68% deeltitel-eien-domme. Dié eenhede is gewild on-der beroepsmense vir wie dit gerieflik is om naby aan Sandton se middestad te huur.

Die pryse van deeltitel-eenhede in Sandton begin by ongeveer R850 000 in buurte soos Morning-side, Sandown en Strathavon. Manjifieke dak-eenhede word ver-koop vir selfs R50 miljoen.

Tony Ketcher, Seeff se besturen-de direkteur in Randburg, sê 32% van woonplekke in die groter Randburg-omgewing is deeltitel-eenhede.

“Daar was enorme groei in deel-titel-komplekse van 2002 tot 2008, wat beteken die meeste deeltitel-eiendom in Randburg is taamlik modern.

“Daar is egter baie ouer kom-plekse wat opgradering nodig het. Dié eiendomme is in die algemeen

meer bekostigbaar as nuwer kom-plekse.”

Ketcher sê die pryse is meren-deels in die prysklas van R500 000 tot R1,2 miljoen.

Samuel Seeff, voorsitter van Seeff Eiendomme, het die volgen-de advies vir beleggers wat daarin belangstel om deeltitel-eiendomme te koop met die oog op verhuring.

. Doen jou huiswerk deeglik. Terwyl daar landwyd ’n groeiende vraag na huureiendom is, bly dit belangrik om te weet watter prys-klasse gewild is.

. Om ’n koop-om-te-verhuur-ei-endom te besit, verg tyd en moeite en kennis van regsaspekte.

. Opbrengste sal nie altyd na wense wees nie omdat dit wissel na gelang van markneigings. Dit is egter belangrik om geduldig te bly en langtermyndoelstellings na te streef wanneer die wins laer daal as wat verwag is.

. Koop-om-te-verhuur-eenhede moet altyd in ’n goeie toestand ge-hou word om te verseker jy kry goeie huurders en kan hoër huur-geld vra. Begroot vir dié onder-houdskoste.

. Maak seker dat jy weet wat diemaandelikse uitgawes is vir onder meer heffings, erfbelasting en mu-nisipale dienste.

Meer kopers kies deeltitel­eiendom 

Hierdie elegante meenthuis  in Bryanston het vier slaapkamers en drie badkamers. Dit  is deur Seeff Eiendomme te koop vir R4,6 miljoen.

Dis veral gewild onder nuweling­kopers, ouer mense wat wil afskaal en beleggers wat koop om te verhuur.

Page 3: Huisgids 14 november

Saterdag 14 November 2015 Huisgids/Property Guide 3

Hierdie feesseisoen gaan Oukraal jou bederf met iets ekstra in jou kerskous. Of dit nou ‘ningeboude braai is waarop jy jou kastanjes kan rooster, of ’n dubbelmotorhuis omKersvader se slee in te parkeer, die keuse is joune. Kies uit meer as 10 opsies vanaf dieekstras lys, met ‘n totale waarde van R100 000, absoluut gratis met komplimente van SableHomes.

Vanaf R1 450 000 3 Slaapkamers Ideaal vir gesinneGeniet die volle gebruik van die aangrensende Oukraal-Woonstelle se geriewe, insluitende dieklubhuis, ‘n swembad, kinderspeelarea, muurbalbaan en gholfoefennette. Oukraal Huise is sentraalgelee in Hazeldean, die nuwe 900 hektaar-gemeenskapsontwikkeling in Pretoria-Oos. Hazeldeanbestaan uit skole, parke, ’n kliniek, winkelsentrums en kantore, ideaal gelee in ‘n eko-vriendelikeparkagtige omgewing.

KONTAK ONS LIZA | 084 548 2830WWW.SABLEHOMES.CO.ZA

| 012 809 5700

WAT SAL JY DOEN MET ‘N EKSTRA R100 000 IN JOU KERSKOUS?

Gelee in Hazeldean, die nuwe voorstad van Pretoria Oos.Besoek die Hazeldean verkoop skantoor in Ridgeweg, Hazeldean.

Ke sfeesOUKRAALO‘n vroee kom na¨

¨

¨¨

Page 4: Huisgids 14 november

4 Huisgids/Property Guide Saterdag 14 November 2015

Page 5: Huisgids 14 november

Saterdag 14 November 2015 Huisgids/Property Guide 5

LINETTE  RETIEF

Die Nasionale Huisbouersre-gistrasieraad (NHBRC) heteiendomsontwikkelaars in

Suid-Afrika in kennis gestel dat hul IT-stelsels opgegradeer word.

Onwikkelaars gaan vir ’n ruk dus geen toegang tot inligting hê nie. Die raad verwag om teen 18 November 2015 weer aanlyn te wees.

Die tydperk tot dan sal egter ’nenorme impak hê en die Suid-

Afrikaanse residensiële eien-domsontwikkelingsbedryf ernstig benadeel, sê Chris Renecle, bestu-rende direkteur van Renprop.

Een probleem, sê Renecle, is dateiendomsontwikkelaars elke jaar

by die NBHRC moet registreer en hul lidmaatskap hernieu om werksaam te bly. Nou sal daar ontwikkelaars wees wat nie kan voortgaan terwyl die NHBRC se stelsel af is nie.

Renecle wys daarop dat ontwik-kelaars ook nie in staat sal wees om met konstruksie te begin as hulle nie sertifikate van inskry-wing vir nuwe eenhede ontvang het nie.

“Daar is ontwikkelaars wat graag in November wil begin met konstruksie en hulle sal by uit-

stek ernstig deur die stelsel se staantyd benadeel word. Dit sal boonop lei tot ’n kettingreaksie ten opsigte van die voltooiingsda-tum van die ontwikkelings, wat beteken kopers sal eers later kan okkupasie neem.”

Nog ’n probleem is dat Suid-Afrikaanse finansiële instellings net toelaat dat verbandregistrasie vir eiendomme in nuwe ontwik-kelings deurgaan wanneer hulle ’n sertifikaat van die NHBRC en die nodige papierwerk ontvang het.

“As geen sertifikate vir die vol-gende twee weke uitgereik word nie, beteken dit dat finansiële in-stellings volgens wet nie mag toe-laat dat verbande in hierdie tyd geregistreer word nie. Geen oor-drag van eienaarskap sal dus kan plaasvind nie, wat beteken die geld vir die eenhede kan nie aan ontwikkelaars uitbetaal word nie. Die tydsberekening kon nie erger gewees het nie, want die feestyd lê om die draai – ’n tyd-perk wanneer min registrasies of oordragte plaasvind.”

Kommer oor raad se stelsel nie nou werkOntwikkelaars wat graag in November wil begin met konstruksie sal ernstig benadeel word . . .

Page 6: Huisgids 14 november

6 Huisgids/Property Guide Saterdag 14 November 2015

Page 7: Huisgids 14 november

Saterdag 14 November 2015 Huisgids/Property Guide 7

Houghton 011 728 7013 Olivedale 010 020 0273 Randburg 011 792 7357 Centurion 012 030 0209 Let’s meet at www.aHpROp.CO.za

Let’s meet atwww.ahprop.co.za

Faerie Glenr7 000 000A stunning homethat has it all!This 3 level home issituated in a boomed-off area in Faerie GlenSecurity Village andboasts breath-takingviews of the East. Itfeatures o/p living areascomplete with a fireplace.The kitchen boastscherry veneer and granitefinishes. The 3 garagesand ample parking spaceinside the premises aremost suitable for guestsand visitors.

ISABEL 082 377 0571WEB: ADHS-2761

Faerie Glen r4 725 000Multi-level mansion, breathtaking views!A 6 en-suite bed mansion situated in a boomed-offarea. Impressive light and airy reception areas as well asboardroom, solid oak bar, a patio and a tropical garden.

ISABEL 082 377 0571 WEB: ADHS-2182

hatField r2 450 000Beautiful old style home!Spacious o/p living areas with wooden foldingdoors, a well-manicured garden, pool and patio.Big wooden kitchen, 3 beds, good security.ELSABE 083 845 3432 WEB: ADHS-3056

newlands r2 650 000Spacious home in a great location!Close to the Menlyn Shopping Centre and theNewlands Shopping complex. 3 beds and flatlet /home office. Huge stand, double garage plus carport.

ISABEL 082 377 0571 WEB: ADHS-2961

wonderboom southr1 450 000Neat home and garden, ready to move in.3 Beds, 1 bathroom and spacious kitchen. Lush gardenwith pool and lapa. 1 Bed garden cottage. Lots ofparking. Very well located high up in the Moot.

ELSABE 083 845 3432 WEB: ADHS-2919

On SHOW2pm - 5pm

maGalieskruin r1 450 000Warmfamilyhomehaseverythingyouneed!3 Large beds, 2 baths, kitchen to dining area, 2 spaciousliving areas one of which leads out to a large coveredpatio. Study, double garage and lots of extras!

ELSABE 083 845 3432 WEB: ADHS-2967

midstream r5 450 000Modern contemporary family home.5 bedrooms all en-suite, numerous entertainmentareas, modern kitchen with gas stove. A real gem!ANEt 083 276 2167

VIctor 082 236 0218 WEB: ADHS-3040

LINETTE  RETIEF

Met veiligheid wat ’n prio-riteit is vir Suid-Afrika-ners, koop baie mense

huise in gebiede wat met valhek-ke afgesper of in veiligheids- en leefstyllandgoedere geleë is.

Volgens Adrian Goslett, streeks-bestuurder en hoof- uitvoerende beampte van RE/MAX van Sui-der-Afrika, word daar in baie ge-valle van eienaars verwag om by ’n huiseienaarsvereniging aan te sluit en die regulasies van die vereniging na te kom.

In teenstelling met ’n beheerlig-gaam wat ’n deeltitel-ontwikke-ling bestuur, besit elke lid van ’n huiseienaarsvereniging sy huis en die erf of kleinhoewe waarop dit gebou is.

Inwoners van ’n gemeenskap wat ’n huiseienaarsvereniging stig, doen dit gewoonlik vir beter veiligheid en om te verseker dat infrastruktuur soos die paaie en gemeenskaplike dele in stand ge-hou word.

“ ’n Huiseienaarsvereniging se reëls en regulasies kan ’n wye spektrum van aspekte dek – van die kleur wat eienaars toegelaat word om hul eiendom te verf tot of ’n tuindwerg in die voortuin toelaatbaar is,” sê Goslett.

“Juis daarom moet voornemen-de kopers seker maak dat die re-gulasies van die spesifieke ont-wikkeling nie met hul leefstyl bots nie.”

Voornemende kopers moet hul huiswerk doen en die volgende vrae vra:. Behels lidmaatskap van die vereniging dat geld betaal moet word? Goslett sê daar mag van le-de verwag word om ’n maande-likse premie of heffing te betaal. Voornemende kopers moet die maandelikse tariewe vergelyk met dié van soortgelyke ontwik-kelings in die omliggende voor-stede.. Hoe word die geld toegewys? Die lede van die vereniging be-hoort te weet hoe hul maandelik-se bydraes verdeel word, asook wat daarby ingesluit is en wat

nie. Die geld word dikwels ge-bruik vir die instandhouding van gemeenskaplike dele en geriewe soos tuine, ’n swembad en gim of klubhuis. . Was daar onlangse enige ver-hogings in die tariewe? Goslett raai kopers aan om navorsing te doen oor hoe dikwels en met hoe-veel tariewe in die afgelope tien

jaar gestyg het. Dit sal ’n koper ’n aanduiding gee van wat om in die toekoms te verwag. Vind ook uit of lede verantwoordelik is vir die betaling van enige bykomen-de koste wanneer die vereniging nie die nodige reserwes het om ’n groot projek aan te pak nie.. Wat is die gemeenskap se prio-riteite? ’n Oorsig oor die notules van die laaste paar jaarvergade-rings sal voornemende kopers ’n goeie idee gee van die gemeen-skap se prioriteite, asook die kwessies en onderwerpe wat ge-reeld opduik.. Moenie die fyndruk miskyk nie. Dit is belangrik om deur al die reëls, beperkings en voor-waardes te lees. Hoewel dit tyd-

Mag jy jou tuindwerg saamvat? 

Foto:  ISTOCK 

rowend kan wees, is dit beter as om in te trek en dan eers uit te vind jy mag nie ’n tweede voer-tuig buite die eiendom parkeer of ’n woonwa in die tuin hou nie.. Boetes: Vind ook uit watter boetes afgedwing word indien enige van die regulasies veront-agsaam word.

“Met enige eiendomsaankoop isdit belangrik dat die koper sy huiswerk doen en weet wat om te verwag as hy die koopkontrak onderteken.

“Deur die huiseienaarsvereni-ging se dokumentasie te bestu-deer, sal die voornemende koper belangrike inligting kry oor eie-naarskap in ’n spesifieke land-goed,” sê Goslett.

Die koper moet sy huiswerk doen en weet wat om te verwag as hy die kontrak onderteken. 

Page 8: Huisgids 14 november

8 Huisgids/Property Guide Saterdag 14 November 2015

88 EENHEDE2 EN 3 SLAAPKAMER STAPELSIMPLEKSE- - -

EN DUPLEKSE

R6 200 TOT R10 500 pm

SLEGS TE HUURSLEGS TE HUUR

Stellenbergweg Equestria, oorkant de Meerpaal Ouetehuis.

SLEGS PER AFSPRAAK

012 807 7221 Kantoor | 082 963 1124 Martie082 451 1809 Koos | 082 361 0489 Daan

60%

REEDS

VERHUUR

60%

REEDS

VERHUUR

X1QQXB8T-B1141115

LINETTE  RETIEF

‘Die mense van Tshwanehoef nie meer douvoor-dag op te staan om be-

tyds by die OR Tambo-lughawe in Kempton Park uit te kom nie.”

Dit was die woorde waarmee Kgosientso Ramokgopa, Tshwa-ne se burgemeester, onlangs Air-link se eerste geskeduleerde diens vanaf die pas opgeknapte Wonderboom-lughawe noord van Pretoria, geopen het. Die doel van die nuwe lughawe is om ’n gerieflike, bekostigbare alterna-tief te bied aan binnelandse rei-sigers wat in Pretoria, Rusten-burg en nabygeleë Limpopo-dor-pe soos Bela-Bela en Nylstroom woon.

Die inisiatief, wat in vennoot-skap met die SAL werk, sal die eerste regstreekse diens tussen

Pretoria en Kaapstad wees. Dit is reeds gewild onder plaas-

like reisigers en daar is drie re-toervlugte per dag.

Daar word ook verdere inter-stedelike dienste beplan, het die burgemeester bygevoeg. Daarom behoort gastehuise, lodges en ho-telle om die lughawe ook te be-gin voorsiening maak vir uit-breiding en opgradering om die toename in sowel ontspannings- as saketoerisme na Tshwane te akkommodeer.

“Hierdie dienste sal reistyd enook koste verminder vir plaasli-ke inwoners wat na ander groot stedelike sentra wil reis, terwyl dit reisgerief bied aan mense wat uit hierdie sentra Pretoria wil besoek,” sê hy.

“Dit sal daartoe lei dat meer geld in Tshwane bestee word en sodoende sal dit bydra tot ekono-miese groei en werkskepping in die stad.”

Tony Clarke, besturende direk-teur van die Rawson-eiendoms-groep, stem saam. Hy wys ver-der daarop dat Tshwane ’n wye verskeidenheid geleenthede bied aan ontspanningsreisigers, dank-sy maklike toegang tot talle be-langrike erfenisterreine, asook die malariavrye wild- en natuur-reservate van die Dinokeng- en Waterberg-gebiede.

“Die stad het boonop duisendeondernemings wat in veelvoudi-ge kommersiële en industriële vertakpunte geleë is, en sakerei-sigers sal ongetwyfeld vinniger toegang tot hierdie onderne-

mings waardeer,” sê hy. “By-voorbeeld, die groot voertuigver-vaardigingsentrum van Rosslyn lê baie naby aan die Wonder-boom-lughawe langs die N4-snel-weg, so ook die internasionaal bekende veeartsenykunde-insti-tuut by Onderstepoort.

“As Suid-Afrika se administra-tiewe hoofstad huisves Pretoria uiteraard ook talle ambassades, konsultante en internasionale nieregeringsorganisasies, waar-van die personeel dikwels ander stede moet besoek.

“Dan is daar natuurlik die groot getal parlementslede en re-geringsamptenare wat voortdu-rend tussen die parlement en hul tuistes in Pretoria pendel.”

Clarke sê syfers toon dat onge-veer 40% van binnelandse ge-bruikers van die OR Tambo-lug-hawe binne 25 km van die Won-derboom-lughawe af bly, en dat die fasiliteit na raming uiteinde-

Wonderboom open talle deureIllustrasie:  ISTOCK 

lik minstens twee miljoen passa-siers per jaar sal lok.

“Die herontwikkeling van die lughawe en beplande uitbreiding van dienste het reeds ’n groot impak op die eiendomsmark in die aangrensende voorstad van Doornpoort,” sê hy.

Sedert die aankondiging van die lughawe se opgraderings-planne het die gemiddelde prys van vrystaande huise in hierdie voorstad trouens reeds gestyg van R995 000 verlede jaar tot R1,03 miljoen vanjaar, terwyl die gemiddelde prys van deeltitel-eiendomme opgeskiet het van R670 000 tot R740 000.

Die verkope van woonstelle enmeenthuise het hul hoogste vlak-ke sedert 2011 bereik omdat be-leggers in die gebied ingestroom het in afwagting op die groeien-de vraag na plaaslike huurver-blyf vir lughawe- en lugvaartper-soneel.

Dit sal daartoe lei dat meer geld in Tshwane bestee word en sodoende sal dit bydra tot ekonomiese groei.