huiskat - hoërskool bergvlam · 2019-01-30 · verduidelik in jou eie woorde hoe jy dink die...

35
HUISKAT Elisab eth Eybers (Uit: Versamelde gedigte. Human & Rousseau en Tafelberg,1980) AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR: LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

22 views

Category:

Documents


4 download

TRANSCRIPT

HUISKAT

Elisabeth Eybers(Uit: Versamelde gedigte. Human & Rousseau en Tafelberg,1980)

AANBIEDING OPGESTEL & VERWERK (UIT BRONNE SOOS AANGEDUI) DEUR:

LOUISE FULLARD & RIANA GEORGHIADES

INLEIDING

Katte het al vir duisende

jare 'n besonderse

invloed op mense.

So het die ou Egiptenare

'n kat as 'n heilige (holy)

dier, 'n god aanskou en

selfs katte gebaIsem

(embalm) om hulle te

vereer!

HUISKAT

1 Die kat strek hoog op vier strak bene, buig

2 behaaglik om haar luiperdlies te lek,

3 rol om en Iê fluwelig oopgevlek

4 dat keel en bors en buik die son kan suig.

5 Ons noem haar "kat" want sy is sonder siel

6 en anoniem. Smal skerwe van agaat

7 staar koud uit die driehoekige gelaat.

8 Arglistig, vloeibaar soos 'n blink reptiel

9 van los en lenig wees versadig: sy

10 sal nooit - die veearts het haar "reggemaak" -

11 ekstase en angs van lewe voortbring smaak,

12 sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.

13 Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit

14 sy haar oë, kronkel by my greep verby.

GEDIG IN KONTEKSDie kat is ‘n unieke dier wat ‘n

besonderse invloed op mense het.

Die Egiptenare het die kat as ‘n heilige dier (holy) beskou.

Katte kan liefde vir ‘n mens wys, maar hulle bly

eienaardige onvoorspelbare diere. (strange/unpredictable)

Hulle is selfgenoegsaam (self sufficient) en steur(can’t be bothered) hulle min aan hulle eienaars.

TEMA Die gedrag (Behaviour) van ‘n huiskat.

TITELVertel waaroor die gedig gaan: ‘n huiskat (troeteldier) - PET

Geen lidwoord in titel nie:

Dui aan dat dit oor die huiskat oor die algemeen gaan.

STEMMING

(TONE)

Beskrywend(descriptive)

Amusant (amusing)

Ironies (ironic)

BOU

Uiterlike bou:

Italiaanse sonnet

(14 reëls)

Oktaaf (8 versreëls)

of

Twee kwatryne

(4 versreëls elk)

Sestet (6 versreëls)

Innerlike bou:

Kwatryne bevat

beskrywing van die kat.

Innerlike van kat word

beskryf en sy interaksie

(interaction) met die

mens.

STROFE 1Kwatryn (vier versreëls)

Rympatroon: abba (omarmde rym)

Alliterasie:

r.1 “die kat strek hoog op vier strak bene”

r.1 en 2 “buig/behaaglik

r.4 “dat keel en bors en buik die son kan suig”

Aanduiding van kat se persoonlikheid is sy lies (groin)wat as dié van ‘n luiperd (leopard)beskryf word.

Kat kan nie regtig getem (tame) word nie en het ‘n wil van haar eie.

Strofe beskryf die kat wat lui (lazy & relaxed)uitgestrek in die son lê.

Een versreël loop oor

na die volgende

sonder dat daar 'n

ruspunt aan die einde

van die eerste versreël

is.

'n Mens lees dus die

twee versreëls aaneen.

Dit laat die gedig vloei.

STROFE 2Kwatryn (vier versreëls)

Rympatroon: cddc (omarmde rym)

Enjambement boots lui bewegings (movements)van die kat na.

Kat se persoonlikheid: “sonder siel en anoniem”

Alliterasie: r.5 “sy is sonder siel”

Metafoor: r.6 “Smal skerwe van agaat”

(die kat se oë word beskryf as stukkies van ‘n edelsteen)

Vergelyking: r.8 “vloeibaar soos ‘n blink reptiel

Kat se bewegings word beskryf.

Kat word vergelyk met ‘n reptiel wat koud is.

Soul Annonomys

Agate

stone

gemstone

Fluid movement

STROFE 3 Sestet (ses versreëls)

Strofe twee en drie word gebind deur enjambement.

Alliterasie: r.9 “van los en lenig wees”

Eufemisme: r.10 “reggemaak”

Kat is gesteriliseer (sterilized) en is dus onvrugbaar. (barren)

Onvrugbaarheid is deur die mens veroorsaak.

Die mens probeer die kat streel, maar die kat loop weg en “kronkel”(twists) verby.

Beeld van reptiel kom na vore. (slang wat kronkel)

Spreker weet dat die kat nie gaan reageer nie omdat sy teruggetrokke en afsydig

(withdrawn & aloof) is. (r.12 “eenselwig”)

Metafoor: spreker probeer toenadering soek, maar die kat kan ‘n metafoor vir ‘n

mislukte verhouding (failed relationship) wees

Enjambement boots vloeiende bewegings (fluid movements) van die kat na.

'n Woord word

gebruik om dit wat

gesê word te versag

(soften).

KLANKRYKHEID EN RITME Alliterasie (alliteration):

[ALL the rest]

Dit is wanneer dieselfde

medeklinker of konsonant kort na

mekaar in dieselfde versreël

herhaal word, veral as dit aan die

begin van 'n lettergreep is.

r.1 "Die kat strek hoog op vier

strak bene".

r.5 “sy is sonder siel”

r.1 en 2 “buig/behaaglik

r.4 “dat keel en bors en buik

die son kan suig”

Assonansie (assonance):

[A Selected few…vowels]

Wanneer dieselfde klinker of

vokaalklank kort na mekaar in

dieselfde versreël herhaal word.

r.12 “saI, steeds eenselwig, alle

teerheid stuit”

HUISKAT

1 Die kat strek hoog op vier strak bene, buig

2 behaaglik om haar luiperdlies te lek,

3 rol om en Iê fluwelig oopgevlek

4 dat keel en bors en buik die son kan suig.

Enjambement: Een reël loop oor in die volgendesonder leestekens

[boots vloeiende bewegings van die kat na]

Kwatryn

a

b

b

a

Alliterasie Alliterasie

Alliterasie Alliterasie

lies (groin)wat as dié van ‘n luiperd beskryf word.

ITALIAANSE SONNET14 versreëls:

oktaaf (2 kwatryne) en sestet

BESKRYWING

VAN DIE KAT

Fluweel (velvet): is ‘n fyn sagte weefstof

IRONIE: Die TITEL suggereer dit is ‘n troeteldier – tog gee hulle nie vir

haar ‘n naam nie. Sy is net “kat” r5

Sy is ook nie “die” of “’n” kat nie. Die ontbreking van die lidwoord maak die gediguniverseel. Die kat tree op soos baie ander katte.

Personifikasie:r4

Polisindeton:Herhaling van

voegwoord

“en”

5 Ons noem haar "kat" want sy is sonder siel

6 en anoniem. Smal skerwe van agaat

7 staar koud uit die driehoekige gelaat.

8 Arglistig, vloeibaar soos 'n blink reptielVergelyking: soos, nes en net soos

Kat se bewegings word beskryf – stil, geluidloos en vinnig.

Kat word vergelyk met ‘n reptiel wat koud is.

Metafoor: Die kat se oë word beskryf as stukkies van ‘n edelsteen

(gemstone)(agaat). Beeld die vorm van die iris (iris van oog bring kleur uit) en die kleur van die oë

digterlik uit.

Enjambement: vloeioor in sestet d.m.v.

emjambement.

c

d

d

c

KwatrynAlliterasie

BESKRYWING

VAN DIE KAT

“ons” = ONS ALMAL - Mense

Driehoekig: (Triangular)

min of meer die vorm

van ‘n kat se gesig.

Maliciously

9 van los en lenig wees versadig: sy

10 sal nooit - die veearts het haar "reggemaak" -

11 ekstase en angs van lewe voortbring smaak,

12 sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit.

13 Ek hol my hand behoedsaam, smalend sluit

14 sy haar oë, kronkel by my greep verby.

Eufemisme: om iets sag te stel

e

f

f

g

g

e

Alliterasie

Enjambement

Gesteriliseer (sterilized) dus onvrugbaar (barren)

Beeld van reptiel

teruggetrokke en afsydig

(withdrawn & aloof)

Metafoor: spreker probeer toenadering soek, maar die kat kan ‘n

metafoor vir ‘n mislukte verhouding wees.

SestetInnerlike van kat word beskryf en sy interaksie met die mens.

Die kat kan nie lewe voortbring (produce life) nie, want sy is gesteriliseer.

”Smalend” dui daarop dat die kat nie van

”teerheid” (tenderness) hou nie. Reël 12

Alliterasie Ek = spreker(ek-spreker)

Ek = spreker(ek-spreker)

agile

Algemene vrae

1. Benoem die tema van die gedig.

2. Beskryf die stemming in die gedig.

3. Benoem die digvorm van hierdie gedig.

4. Verduidelik die titel van hierdie gedig.

5. Hoekom, dink jy, is daar nie ‘n lidwoord in die titel nie?

6. Watter boodskap omtrent katte wil die spreker by jou as leser tuisbring?

7. Wat is ironies daaraan om juis ‘n kat as ‘n troeteldier aan te hou na

aanleiding van hierdie gedig?

Strofe 1

1. Waaroor handel strofe 1?

2. Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die antwoord neer.

Strofe 1 is ‘n voorbeeld van ‘n (kwatryn/tersine) omdat die strofe uit

(drie/vier) versreëls bestaan.

3.1 Dui die rympatroon in strofe 1 aan.

3.2 Benoem die rympatroon.

4. Dui die alliterasie in strofe I aan.

5.1 Skryf EEN woord neer wat die lies van die kat beskryf.

5.2 Waarom gebruik die spreker juis die woord om die lies te beskryf?

5.3 Wat het die kat en die luiperd in gemeen met mekaar?

6. Skryf EEN woord neer wat bewys dat dit vir die kat lekker

is om sy lies te lek.

7. Verduidelik in jou eie woorde hoe jy dink die

persoonlikheid van die kat is volgens strofe 1.

8. Dui die enjambement in strofe 1 aan.

9. Wat is die funksie van die enjambement?

10. Beskryf in jou eie woorde hoe die kat beweeg.

11. r.4 “dat keel en bors en buik die son kan suig”

Suig die kat se “keel en bors en buik” werklik die son?

Verduidelik.

Strofe 2

1. Benoem die rympatroon in strofe 2.

2. Dui die rympatroon aan.

3.1 Haal ‘n versreël aan wat die kat se persoonlikheid

beskryf.

3.2 Verduidelik in jou eie woorde wat met die versreël

bedoel word.

4. Waardeur word die bewegings van die kat nageboots?

5.1 Dui die alliterasie in strofe 2 aan.

5.2 Wat word deur die alliterasie beklemtoon?

6. Watter geslag is hierdie kat? Verduidelik jou antwoord.

7.1 Dui die metafoor in strofe 2 aan.

7.2 Verduidelik die metafoorgebruik in jou eie woorde.

8.1 Dui die vergelyking in strofe 2 aan .

8.2 Waarom is hierdie vergeluking effektief?

8.3 Waarom word die kat juis met ‘n reptiel vergelyk?

9.1 r.7 “staar koud uit die driehoekige gelaat”

waarom word die kat se staar as “koud” beskryf?

9.2 Waarna verwys die “driehoekige gelaat”?

10. Skryf EEN woord neer wat bewys dat die kat slim en skelm is.

Strofe 3

1. Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

Strofe 3 is ‘n voorbeeld van ‘n (oktaaf/sestet)

2. Dui die alliterasie in strofe 3 aan.

3. Gee ‘n rede waarom die kat nie lewe sal kan voortbring nie?

4.1 Dui die eufemisme aan wat in strofe 3 voorkom.

4.2 Wat is die doel van die eufemisme wat gebruik word?

5. Wie is die oorsaak vir die kat se onvermoë om lewe voort te bring?

6. Wanneer die mens die kat probeer streel loop die kat we gen “kronkel” verby. Watter idee van die

kat wil die spreker onder die leser se aandag bring?

7.1 Dui die kontras in r.11 aan Skryf slegs TWEE woorde neer.

7.2 Waarop dui r.11?

8. Skryf die versreël neer wat bewys dat die kat nie van teerheid hou nie.

9. Skryf EEN woord uit strofe 3 neer wat op die kat se afsydige houding dui.

10. Die spreker weet dat die kat afsydig is. Hoekom, dink jy, soek hy steeds toenadering by die kat?

11. r.13 “… smalend sluit sy haar oë, …”

watter houding toon die kat teenoor die spreker na aanleiding van r.13?

12. Dink jy dit is regverdig dat die kat nie die mens vertrou nie? Motiveer jou antwoord.

Antwoorde

Algemene vrae

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

Strofe 1

1.

2.

3.1

3.2

4.

5.1

5.2

5.3

6.

7.

8.

9.

10.

11.

Strofe 2

1.

2.

3.1

3.2

4.

5.1

5.2

6.1

6.2

7.1

7.2

7.3

8.1

8.2

9.

Strofe 3

1.

2.

3.

4.1

4.2

5.

6.

7.1

8.1

8.2

9.

10.

11.

12.

13.

Memorandum

Algemene vrae

1. Die gedrag van ‘n huiskat.

2. Beskrywend/amusant/ironies

3. Italiaanse sonnet

4. Gedig handel oor ‘n die troeteldier, die kat.

5. Dit wys dat die gedig oor die algemeen oor ‘n troeteldier handel.

6. Katte is eensydig en kil en hou nie van aanraking nie.

7. Troeteldiere moet liefdevol wees en katte is die teenoorgestelde volgens hierdie gedig.

Strofe 1

1. Gee ‘n beskrywing van ‘n kat wat lui uitgestrek in die son lê.

2. Kwatryn. vier

3.1 abba

3.2 Omarmde rym

4. r.1 “ Die kat strek hoog op vier strak bene”

r.1/2 “buig/behaaglik”

r.4 “dat keel en bors en buik die son kan suig”

5.1 “luiperdlies”

5.2 Dit is ‘n aanduiding van die kat se persoonlikheid.

5.3 Die lenigheid van die luiperd suggereer die ongetemde ard van die kat.

6. r.2 “behaaglik”

7. ‘n Kat kan nie getem word nie en het ‘n wil van haar eie.

8. r.1 en 2 “… buig/ behaaglik…”

9. Laat die gedig vloei en dui die aaneenlopende bewegings van die kat aan.

10. Soepel en grasieus as sy haar kop afbeweeg om haar lies te lek.

11. Nee, die kat lê uitgestrek in die son wat op haar skyn.

Strofe 2

1. Omarmde

2. cddc

3.1 “sonder siel en anoniem”

3.2 Die kat het nie gevoel nie en die kat bly vir die mens ‘n onverstaanbare dier.

4. Enjambement

5.1 r.5 “sy is sonder siel”

5.2 Die kat het nie gevoelens nie.

6.1 r.6 “smal skerwe van agaat”

6.2 Die kat se oë word beskryf as stukkies van ‘n edelsteen.

7.1 r.8 “vloeibaar soos ‘n blink reptiel”

7.2 Die kat se bewegings word met ‘n reptiel s’n vergelyk.

7.3 ‘n Reptiel is koud en so ook die kat se persoonlikheid.

8.1 Die kat het ‘n koue persoonlikheid en wys nie sommer liefde nie.

8.2 Die kat se gesigsvorm.

9. r.8 “Arglistig”

Strofe 3

1. sestet

2. r.9 “van los en lenig wees”

3. Die kat is reggemaak.

4.1 r.10 “… die veearts het haar reggemaak”

4.2 Versag die idee dat die kat gesteriliseer is en onvrugbaar is.

5. Wyfie. Die kat is gesteriliseer en kan nie lewe voortbring nie.

6. Die mens.

7.1 Die idee van ‘n reptiel aangesien ‘n slang kronkel.

8.1 “ekstase” en “angs”

8.2 Geboorte van ‘n baba waarna ‘n vrou uitsien, maar ook die bang vir die onbekende wat daarmee

saam gaan.

9. r.12 “…kronkel by my greep verby”

10. r.12 “eenselwig”

11. Hy wil aan die kat sy liefde betoon en wys da thy vir haar omgee.

12. Die kat tree minagtend op.

13. Ja, die kat het veroorsaak dat sy nie kan voortplant nie. OF

Nee, die mens behandel die kat met teerheid en liefde.

BRONNELYSVERSKUNS VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD 12 VOORGESKREWE GEDIGTE

(SAAMGESTEL DEUR RIENS VOSLOO)

BEST BOOKS STUDIEWERKGIDS VERSKUNS

VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12

(SAAMGESTEL DEUR BEST BOOKS)

GOOGLE IMAGES

VIR VISUELE ILLUSTRASIES

(HTTPS://WWW.GOOGLE.CO.ZA/IMGHP)