ii - luister as god fluister internetbediening€¦ · ek bid dat my kind standvastig en...

16

Upload: others

Post on 29-Jul-2020

4 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy
Page 2: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

ii

© Kopiereg - 2017

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boekie mag op enige manier gereproduseer

word word sonder die skriftelike toestemming van die skrywer nie.

Page 3: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

iii

Inhoudsopgawe

Inleiding .............................................................................................................................. 1

DAG 1: ................................................................................................................................ 2

DAG 2: ................................................................................................................................ 4

DAG 3: ................................................................................................................................ 6

DAG 4: ................................................................................................................................ 8

DAG 5: .............................................................................................................................. 10

Bybelverse Om Jou As Ouer Te Bemoedig ...................................................................... 12

Page 4: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Inleiding

Op die volgende bladsye sal jy Woordgebede vind wat jy vir jou kind kan bid. By

elke gebed is die verwysing van die vers in die Bybel, waarmee dit

korrespondeer, aangedui.

Die gebede is ingedeel in net vyf dae, omdat dit baie kort gebede is.

Bid elke dag daardie dag se gebede vir jou kind…

Of…

Bid net een gebed op ‘n dag…

Of…

Bid al vyf dae se gebede elke dag!

Mag jy werklik sien hoe die Here hierdie gebede wat jy vir jou kind bid, ‘n

werklikheid in sy/haar lewe maak.

Page 5: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

2

DAG 1:

Leer my kind dat om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1).

Ek bid dat U, die bron van hoop, my kind sal vervul met alle vreugde en vrede,

sodat sy/haar hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees (Romeine 15:13).

Help my kind om te onthou dat daar groot sekerheid is vir dié wat U wet liefhet; niks kan hulle laat struikel nie (Psalm 119:164).

Help my kind om te verstaan dat as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding (Romeine 8:25).

Help my kind om U te loof vir U troue liefde, vir U wonderdade wat U aan mense doen (Psalm 107:8).

Ek bid dat my kind sal smag na U soos 'n wildsbok smag na waterstrome

(Psalm 42:2). Ek bid dat, wanneer my kind wysheid kortkom, hy sal verstaan dat hy dit van

U moet bid, en U sal dit aan hom gee, want U gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt (Jakobus 1:5).

Mag my kind leer dat om U te dien is die uiteinde van nederig tesame met rykdom, eer en lewe (Spreuke 22:4).

Ek bid dat my kind sal verstaan dat U goed is vir almal en dat U barmhartig is oor alles wat U geskep het (Pslam 145:9).

Spoor asseblief my kind aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade,

vrygewig en mededeelsaam (1 Timotheus 6:18). Dankie, Here, dat U vrede en voorspoed gee aan my kind omdat hy sy vertroue

op U gestel (Jesaja 26:3). Ek loof U, Here, want U is getrou; U sal my kind versterk en bewaar van die

Bose (2 Thessalonisense 3:3).

Ek bid dat my kind sal verstaan dat dit goed is om geduldig te wag op U hulp (Klaagliedere 3:25).

Page 6: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

3

Skep 'n rein hart in my kind en vernuwe sy gees en maak hom standvastig (Psalm 51:12).

Here, help my om my kind te leer dat dié wat opreg leef, sonder vrees leef

(Spreuke 10:9). Ek bid dat my kind sal moed hou en sal dapper wees, want U gaan saam met

hom. U sal hom nie in die steek laat nie, hom nie alleen laat nie (Deuteronomium 31:6).

Ek bid dat U my kind sal beskerm, dat U sal sorg dat hy nie in 'n strik beland nie (Spreuke 3:26).

Page 7: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

4

DAG 2:

Help my kind om te onthou dat die wat goed doen, liefde en trou geniet

(Spreuke 14:22).

Help my om my kind te leer dat elkeen van ons verantwoordelik is vir ons keuses en dat ons elkeen sal moet rekenskap gee oor wat ons gedoen het (Galasiërs 6:5).

Ek bid dat my kind sal verstaan dat U ons verlos het, nie op grond van iets wat

ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van U eie ontferming (Titus 3:5).

Ek bid dat my kind sal leef met die wete dat godsdiens 'n groot wins is as iemand tevrede is met wat hy het (1 Timotheus 6:6).

Help my om my kind te leer dat U regverdig is en dat U mense liefhet wat regverdig en opreg handel, en dat U sal by hulle is (Psalm 11:7).

Dankie vir U genade en dat U alles in oorvloed skenk. Ek bid dat my kind altyd in alle opsigte van alles genoeg sal hê en dat hy volop sal kan bydra vir elke

goeie werk (2 Korinthiërs 9:8). Ek bid dat U in U getrouheid nie sal toelaat dat my kind bo sy kragte versoek

word nie; en as die versoeking kom, sal U ook die uitkoms gee, sodat hy dit kan weerstaan (1 Korinthiërs 10:13).

Help my om my kind te leer dat U ontferming bewys ontferming van geslag tot geslag aan dié wat U eer (Lukas 1:50).

Herinner asseblief my kind daaraan dat 'n mens eerder aan U gehoorsaam

moet wees as aan mense (Handelinge 5:29). Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in

die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy inspanning in U diens is nie tevergeefs nie (1 Korintiërs 15:58).

Ek bid dat my kind se toewyding nooit sal verslap nie, maar dat hy altyd geesdriftig sal bly en U sal dien (Romeine 12:11).

Help my kind om te verstaan dat dit beter is om by U te skuil, as om op mense te vertrou (Psalm 118:8).

Ek bid dat my kind volkome op U sal vertrou volkome en nie op sy eie insigte

Page 8: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

5

sal staat maak nie (Spreuke 3:5).

Ek dank U dat U geduldig met ons, dat U nie wil hê dat iemand verlore gaan nie, maar dat almal hulle moet bekeer. Ek bid dat my kind, asook alle ander

kinders dwarsoor die wêreld, die goeie nuus oor Jesus sal hoor en in geloof na Hom sal kom en gered sal word (2 Petrus 3:9).

Ek bid dat U my kind 'n honger na U sal gee, dat hy sal begeer om U beter te leer ken. Ek bid dat hy sal toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus (2 Petrus 3:18).

Ek bid dat my kind U liefde sal ken en sal glo en dat hy in liefde sal lewe en dié

dinge sal liefhê wat U liefhet, vernaamlik ander mense (Efesiërs 5:2). Ek bid dat my kind U Woord sal liefhê, dat U Woord vir hom kosbaarder as

goud en soeter as heuning sal wees (Psalm 19:11).

Page 9: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

6

DAG 3:

Mag my kind leer om gedurig te bid. Mag hy in alles sy begeertes deur gebed en

smeking en met danksegging aan U bekend maak en ook by U intree vir ander (1 Thessalonisense 5:17, Filippense 4:6).

Here, help my kind om 'n hart te ontwikkel wat gewillig is om ander te dien. Mag hy die eerste een wees wat aanbied om te help en dit dan ook met oorgawe

doen. Mag hy sy werk doen soos vir U en nie vir mense nie (Efesiërs 6:7).

Ek bid dat liefde en trou nooit by my kind sal ontbreek nie. Ek bid dat hy daarmee sal saam leef, dat hy dit 'n deel van sy lewe sal maak (Spreuke 3:3).

Ek bid dat die Heilige Gees my kind sal help om altyd te kies om die waarheid te vertel. Selfs wanneer dit moeilik is om die regte keuses te maak, en veral wanneer niemand weet van die keuse wat hy gemaak het nie, bid ek dat my

kind altyd sal kies om 'n eerbare lewe te lei (Spreuke 28:18).

Ek bid dat my kind 'n hart sal ontwikkel wat genadig en barmhartig is teenoor ander, net soos sy Vader in die hemel genadig is (Psalm 86:3).

Vader, help my kind om hom te onderwerp aan diegene wat U oor hom gestel het, soos U Woord ons vermaan om te doen (Romeine 13:1).

Ek bid dat my kind sal uitstaan bo die rondom hom, dat hy selfbeheersing sal toepas in alles wat hy dink, sê en doen (Spreuke 25:28).

Ek bid dat my kind moedig en dapper sal wees in beide sy karakter en sy optrede (Deuteronomium 31:6).

Ek bid dat U my kind 'n hart sal gee wat ander graag na Jesus wil lei. Mag hy

'n onbevreesde getuie wees wat getuig van U mag en U magtige dade (Psalm 96:3).

Gee dat my kind altyd sal kies om vriendelik en gasvry te wees teenoor ander (Hebreërs 13:2).

Ek bid dat my kind nie krampagtig sal vashou aan die dinge wat hy besit nie, maar dat hy ryk sal wees in goeie dade, en dat hy vrygewig en mededeelsaam

sal wees (1 Timotheus 6:18). Ek bid dat my kind, sover dit van hom afhang, in vrede sal leef met alle mense

(Romeine 12:18).

Page 10: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

7

Help asseblief my kind om nooit op te gee nie, maar om te volhard en dit wat hy begin het, klaar te maak (Hebreërs 10:36).

Gee asseblief my kind die bonatuurlike vermoë om ander hoër te ag as homself,

om altyd beskeie, vriendelik en geduldig te wees, en mense om hom in liefde te verdra (Efesiërs 4:2).

Ek bid dat my kind 'n sagte hart sal hê wat empatie het met ander. Ek bid dat hy meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam sal wees (Kolossense 3:12).

Help my om my kind te leer om verantwoordelik te wees en

verantwoordelikheid te aanvaar vir sy dade. Help hom om te leer om 'n goeie werksetiek te hê (Galasiërs 6:5).

Help my kind om te veg daarteen om homself met ander te vergelyk en om oor alles te kla. Leer hom die geheim om tevrede te wees ongeag die situasie waarin

hy hom mag bevind (Filippense 4:12-13).

Page 11: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

8

DAG 4:

Ek bid dat my kind gevul sal wees met 'n gees van optimisme en vreugde deur

die werking van die Heilige Gees (Romeine 15:13).

Ek bid dat my kind reg en die geregtigheid sal liefhê soos U dit liefhet en dat hy regverdig sal optree in alles wat hy doen (Amos 5:24).

Ek bid dat my kind altyd sy hoop sal vestig op U trou, selfs wanneer dinge nie goed lyk nie. Mag hy altyd onthou dat U by magte is om alles ten goede te laat

meewerk vir die wat U liefhet (Psalm 147:11, Romeine 8:28). Ek bid dat my kind die vermoëns en talente wat U hom gegee het om sy werk

mee te doen, sal waardeer. Ek bid dat hy 'n goeie rentmeester daarvan sal wees en dat hy sy werk sal doen soos vir U en nie vir mense nie (Kolossense 3:23).

Ek bid dat my kind 'n passie sal hê vir die dinge wat vir U belangrik is. Mag hy 'n kragtige getuie wees vir U Koninkryk (Mattheus 6:33).

Ek bid dat my kind in toewyding aan U sal lewe (1 Timotheus 4:7).

Ek bid dat my kind sal verstaan dat U hom gemaak het wat hy nou is: in Christus Jesus het U hom geskep om sy lewe te wy aan die goeie dade waarvoor U hom bestem het (Efesiërs 2:10).

Ek bid dat my kind sal oorloop van dankbaarheid en dat hy God die Vader

altyd sal dank oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus. Ek bid dat hy die Vader sal sien as die bron van alle goeie dinge (Efesiërs 5:20; Jakobus 1:17).

Here, skep asseblief 'n hart wat oorloop van vreugde in my kind. Maak sy oë

oop vir al die seëninge wat U daagliks op hom uitstort (Psalm 118:24). Ek bid dat U by wie ons redding vind, die rots sal wees waarop my kind sy lewe

bou. Maak sy oë oop vir die heerlikheid van Jesus Christus (Psalm 95:1 en 2 Timotheus 2:10)

Here, ek bid dat U hoop, vreugde en vrede my kind se hart sal vul (Romeine 15:13).

Ek bid dat my kind vrygewig sal wees, want U Woord sê dit maak 'n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang (Handelinge 20:35).

Here, skep in my kind 'n liefdevolle hart wat geduldig en vriendelik is en wat U

Page 12: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

9

weë liefhet. Ek bid dat U liefde uit hom sal straal (1 Korinthiërs 13:4-8).

Vul my kind se gees met waagmoed sodat hy altyd standpunt inneem vir U en U Woord en vir dit wat reg is. Herinner hom altyd daaraan dat U by hom is

(Jesaja 41:10). Open my kind se oë om U getrouheid raak te sien. Leer hom U weë en gee hom

die wete dat U altyd daar is vir hom (Psalm 36:6-7). Here, help my kind om elke dag sy gedagtes te vernuwe en verander deur U

Woord (Romeine 12:1-2).

Wanneer dinge in die lewe moeilik raak en my kind voor uitdagings te staan kom, maak sy oë oop vir die groot prys aan die einde van die wedloop en die doel wat U vir hom het (Romeine 5:2-5).

Page 13: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

10

DAG 5:

Vader, help my kind om nie hoogmoedig te raak nie. Help hom om nederig te

wees (Filippense 2:3-11).

Vul my kind se hart met U vrede. Gee hom die kalmte van gemoed om elke dag so te leef dat hy U verheerlik (Johannes 14:27 & 16:33).

Ek bid dat my kind sal oorloop met 'n blydskap wat van die Heilige Gees kom (1 Thessalonisense 1:6).

Ek bid dat my kind geduld sal beoefen, selfs wanneer hy sien dat ander deur oneerlikheid voorspoed beleef. Mag hy nie moeg word om goed te doen nie

(Galasiërs 6:9). Here, ek bid dat U vir my kind wysheid sal gee, dat kennis en insig uit sy mond

sal kom. Ek bid dat hy as 'n eerlike mens sukses sal behaal en dat hy onberispelik sal lewe (Spreuke 2:6-8).

Ek bid dat my kind sal toeneem in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus (2 Petrus 3:18).

Ek bid dat my kind altyd naby U sal bly, dat U hand hom ondersteun (Psalm 63:9).

Herinner my kind daaraan dat hy 'n kind van God is, dat sy hart aan U behoort

(Johannes 1:12). Ek bid dat my kind 'n voorbeeld sal stel van goeie werk en waardigheid in

gedrag, sodat niemand iets slegs van hom sal kan sê nie (Titus 2:7-8).

Ek bid dat my kind diegene wat vyandiggesind teenoor hom is, sal liefhê en dat hy sal bid vir dié wat vir hom vervolg. Help hom om hulle te sien soos U hulle sien (Mattheus 5:44).

Ek bid dat my kind sy krag in U en in U groot mag sal soek (Efesiërs 6:10).

Here, open my kind se oë vir die 'geringste van hierdie' en help hom om hulle te dien soos U hom lei (Mattheus 25:40).

Heer, help my om my kind 'n behoorlike opvoeding te gee, sodat hy 'n sin vir regverdigheid, reg en billikheid sal hê (Spreuke 1:3).

Here, help my kind om 'n sagte hart te hê. Help hom om ander te vergewe soos

Page 14: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

11

U hom vergewe het (Markus 11:25).

Here, help my kind om in alle omstandighede geduldig te volhard (Kolossense 1:11).

Here, help my kind om met alles na U te kom en te weet dat U hoor wanneer hy bid (Johannes 14:13-14).

Ek bid dat my kind altyd dankbaar sal wees vir alles wat U vir hom doen en aan hom voorsien (Kolossense 3:15).

Page 15: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

12

Bybelverse Om Jou As Ouer Te Bemoedig

Deuteronomium 6:6-9: Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in

jou gedagtes bly. Jy moet dit inskerp by jou kinders en met hulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is, as jy gaan slaap en as jy opstaan. Jy

moet dit as herinneringsteken vasbind aan jou hande, en dit moet 'n merk op jou voorkop wees. Skryf dit op jou deurkosyne en op jou stadspoorte.

Psalm 127:3-5: Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. Soos pyle in die hand van 'n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was. Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het!

Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.

Spreuke 3:1-12: My seun, wat ek jou leer moet jy nie vergeet nie, hou vas aan wat ek jou voorskryf, want dit sal vir jou 'n lang lewe verseker, dit sal maak dat

jy 'n vol lewe het. Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. So sal jy guns verwerf en byval vind by

God en mens. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is:

dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam. Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn. My seun, aanvaar die straf

wat van die Here kom en moet jou nie teen sy teregwysing verset nie, want die Here straf die mens wat Hy liefhet net soos 'n vader doen met sy seun.

Spreuke 22:6: Gee leiding aan 'n jongmens oor hoe hy moet leef, en hy sal ook as hy al oud is nie daarvan afwyk nie.

Spreuke 29:17: Gee jou seun 'n goeie opvoeding en jy sal gerus wees oor hom; hy sal jou baie vreugde verskaf.

Efesiërs 6:1-4: Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit

is wat die wet van God vereis. "Eer jou vader en jou moeder" is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: "sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde." En vaders, moenie julle kinders so

behandel dat hulle opstandig word nie, maar maak hulle groot met tug en vermaning soos die Here dit wil.

Kolossense 3:21: Vaders, moenie gedurig by julle kinders fout soek dat hulle moedeloos word nie.

Page 16: ii - Luister As God Fluister Internetbediening€¦ · Ek bid dat my kind standvastig en onwankelbaar sal wees, altyd oorvloedig in die werk van die Here, en dat hy sal onthou sy

Here, Ek Bid Vir My Kind

13