iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 slingervel, jaargang 61...

32

Upload: others

Post on 08-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief
Page 2: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

22 slingervel november/desember 2019

SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019

in hierdie uitgawe ...in hierdie uitgawe ...3 Redakteursbrief4 Verjaardaghoekie November7 Woordsoek: Dordtse Leerreëls 18 Prediker 5 en 6: Blokkiesraaisel10 Die bekwame mannetjie en sy lieflike

vroutjie in hulle pragtige houthuisie (1)12 Woordsoek: Heidelbergse Kategismus13 Doen dit self: Sleutel wind-klingel14 Oplossings: Blokkiesraaisel Dordtse Leerreëls 1 Heidelbergse Kategismus15 Die Rigters (2)16 Tydlyn van die Nuwe Testament (10)18 Verjaardaghoekie Desember21 Inkleurprent: Die wyse manne22 Woordsoek: Nederlandse Geloofsbelydenis24 Die bekwame mannetjie en sy lieflike

vroutjie in hulle pragtige houthuisie (2)26 Vervoer in Bybelse tye28 Oplossing: Nederlandse Geloofsbelydenis Doen dit self: Skulpies29 Doen dit self: Boks-resies30 Wat kan ek lees?32 Op hierdie dag in Desember

As julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of

oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle

baie welkom om vir my 'n sms te stuur of te whatsapp na 084 551 2107, of 'n e-pos te stuur na [email protected], of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660

sliingervel noovember/ddesember 2019

REDAKTEURDr. Hennie van Wyk

e-pos: [email protected]

Tipografi e en uitlegJoey Fourie

e-pos: [email protected]

MEDEWERKERSMaryke CoetseeSusan Lourens

Oom Attie VenterTienie LewisOom Alwyn

Eienaars en uitgewersDeputate vir Kerklike Tydskrifte

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaPosbus 20008, Noordbrug 2522

DrukkersV & R Drukkery

Tel. 012 333 [email protected]

IntekeningAdministratiewe BuroAfdeling Publikasies

Posbus 20008, Noordbrug 2522Tel: 018 297 3986

IntekengeldR349,00 per jaar

(posgeld en BTW ingesluit)R126,00 per jaar

(elektroniese intekening)

Die RedakteurBydraes en briewe

Posbus 20008Noordbrug, 2522

Jaargang 61, Nommer 1013

November/Desember 2019

ISSN 0037 685 X

SLINGERVEL JAARGANG 61

Die Redaksie van Slingervel wens al ons Vellie-lesers en hulle gesinne, families en vriende 'n geseënde

Kersfees en 'n voorspoedige 2020 toe!

Page 3: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 3

Die redakteur skryf ...Maats

2019 is verby. ’n Jaar waarin die Here vir ons soveel kanse gegee het om

sy lig te laat skyn. Baie winkels het al Kersliggies. Baie mense versier hulle huise met baie liggies, sommige dorpe ook.

Liggies. Die Bybel sê vir ons sulke belangrike dinge oor liggies! Kom ons kyk bietjie daarna: In Matteus 5 sê Jesus dat ons die lig vir die wêreld moet wees. Eintlik dink ’n mens nie regtig aan lig nie – totdat dit nie daar is nie! Wanneer laas was die krag in die aand af? As daar beurtkrag is, kom ons dit baie gou agter!

Jy moet vir die Here ’n liggie wees. Hoe helder moet ons skyn? Kom ons dink bietjie: As ’n liggie fl ou is, kan ’n mens nie mooi sien nie. Dan moet ’n mens baie mooi kyk om te lees of te sien wat buite aangaan. As die lig baie skerp is, kan mens dalk beter sien wat ver aangaan, maar as jy te naby aan die lig is, knyp mens jou oë toe! Dan maak die skerp lig jou oë seer. Ons moet dan helder genoeg skyn dat dit vir die mense goed is om naby ons te wees: nie te fl ou en nie te skerp nie.

Johannes 1 sê iets anders van lig. Daar word Jesus die lig vir die wêreld genoem. Die wêreld se reaksie word ook beskryf, en die wêreld hou nie daarvan nie. Johannes gebruik die woord “wêreld” as die mense wat God nie ken nie. As mens God nie ken nie, doen mens verkeerde dinge! Ons het ’n spreekwoord wat sê: “Donkerwerk is konkelwerk.” “Konkel” beteken verkeerde of swak werk.

Jesus het na die wêreld toe gekom om te sê wat vir God reg is. Die ou duiwel het niks daarvan gehou nie. Die Griekse woord wat die reaksie in Johannes 1:5 beskryf, kan op verskillende maniere vertaal word: die wêreld kon nie die lig uitdoof (afsit) nie, wou dit nie aanvaar nie. Jesus het sy lig so laat skyn dat die mense presies geweet het wat reg en verkeerd is, en dit is in die Bybel vir ons opgeteken. Ons kan weet wat reg en wat verkeerd is.

Nou moet jy ook ’n lig wees. Onthou dat die Here sy Naam op jou voorkop geskryf het met jou doop. Daar het die Here Hom aan jou vasgemaak. Hierdie vasmaak beteken ook dat Hy jou krag gee – Hy is as’t ware jou elektrisiteit. Jy is die liggie. Jy kan nie anders as om ’n liggie te wees nie! Ons het die verantwoordelikheid om goed te doen, so ’n lig te wees dat die mense dadelik agter sou kom as ons nie daar is nie – maar nie te dof en nie te helder skyn nie.

Die Here het nie beurtkrag nie. Hy sluimer en slaap nie. Hy gee jou altyd genoeg krag om die regte dinge te doen en reg te lewe! Ons gesels volgende jaar weer.

Groete!

Page 4: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

44 slingervel november/desember 2019

verjaardaghoekienovember

DDie langste en lekkerste skoolvakansie is op ons! Vir my is November- en Desembermaand beslis die opwindendste tyd van die jaar en ek kan skaars wag vir die heerlike dinge wat voorlê. Vir ons Velliemaats wat hier teen die einde van die jaar verjaar, wag daar selfs nóg meer opgewondenheid.

Baie, baie geluk aan ons November- en Desember-verjaardagmaats! Mag jou nuwe lewensjaar sommer ekstra spesiaal en suikersoet wees. Lees elders in Slingervel oor die soetste, soetste, supersoet lekkerte!

As jy nog nie ingeskryf is as verjaardagmaat nie, stuur asseblief vir my ’n briefi e met jou besonderhede.

Vonkpos: [email protected]: [email protected]: Posbus 1233, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756Slakpos: Posbus 1233, Noordheuwel, Krugersdorp, 1756

Faks: 086 224 8748Faks: 086 224 8748Groete, tannie Maryke Coetsee

1 Aiden Ran (Bloemfontein-Suid), Al n du Plessis (Ma gol), Antonios Stavrou (Wolmaransstad), Con rad

Badenhorst (Middelburg Mpumalanga), Da nielle Janse van Rensburg (Wapadrant), Drie kus du Plessis (Thaba-zimbi), Eduan Carstens (Wind hoek-Suid), Hendrik Nigrini (Wapadrant), Ilné Krüger (Wa padrant), Kaihlo Ferreira (Wapadrant), Marleen Sei del (Middelburg Mpumalanga), Ruben Strydom (Centurion).

2 Adam Erasmus (Oos-Moot), Arney Beu thin (Wind-hoek-Suid), Dekker Snyman (Hartbees poort), Eduan

van Noordwyk (Kuruman), Frenda van Heerden (Oos-Moot), Joheln Smit (Windhoek-Suid), Josua du Plessis (Wil ro park), Lillie Co le (Hart bees poort), Nico Kuyper (Wa padrant), Reuben van der Mer we (Benoni).

3 André Meintjies (George), Ané du Plessis (Riet val-lei), Frederik Henning (Burgersdorp), Hen drik van

den Berg (Rietvallei), Jolene Wessels (Laeveld), Zalia Nie-mand (Rietvallei).

4 Carlo Kloppers (Potchefstroom-Oos), Danielle Kruger (Benoni), Dominique Visser (Benoni), Elsie Correia

(Oos-Moot), Gerhard Roets (Centurion), Hannah Brits (Centurion), Jaidee Miller (Port Eliza beth), Lua Schu e (Potchefstroom Die Bult), Ma rian né Kruger (Wapadrant), Mauritz Vallentgoed (Oos-Moot), Mila van der Merwe (Wapadrant), Miné Opperman (Wa padrant), Riley Rossouw (Noord rand), Sumé Schu e (Rooihuiskraal), Thea Scholtz (George), Zan der Nasilowski (Windhoek-Suid).

5 Amorey Korff (Pietersburg-Suid), Arnu Kru ger (Port Elizabeth), Chandrei Pa erson (Bloem fontein-

Noord), Danica du Toit (Bergbron), Em ma Bouwer (Wa-pad rant), Karlene van den Berg (Potchefstroom Die Bult), Laurika le Roux (Cen tu rion), Linese Diederiks (Bronk-horstspruit), Nickayla Coertzen (Nelspruit), Rembrandt Kooiman (Wapadrant), Viljoen Pretorius (Potchefstroom Die Bult).

Page 5: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 5

6 Annika Vermaak (Port Elizabeth), Hyli Cohen (Aliwal-Noord), Karla Vorster (Wapadrant), Li chelle Peda

(Oudts hoorn), Naas Schu e (Kru gersdorp-Wes), Zak van der Walt (Bloemfontein-Suid).

7 Ané Venter (Nylstroom), Chris aan Hoogendyk (Wil ropark), Chris aan Viljoen (Meyerspark), Hein

Dirkse van Schalkwyk (Wapadrant), Jayhden Swart (Bloem park), Joubert Steyn (Port Elizabeth), Rudolph Dijk stra (Thabazimbi).

8 Alexander Coetzee (Windhoek-Suid), Chris aan Blom (Reddersburg), Guan Buys (Centurion), Jane

Coetzee (Postmasburg), Klarissa Lehman (Rietvallei), Lee-Mari Maartens (Bul ontein), Lune du Plessis (Ma-gol), Marcel Ackerman (Bergbron), Mar lezé Jooste (Wa-padrant), Méjuane Myburg (Bloemfontein-Suid), Richard Sherriff (Nelspruit), Stephan van der Walt (Bloemfontein-Noord), Sumarie Steenberg (Nylstroom), Zoê Reynders (Wapadrant).

9 Helena Gildenhuys (Centurion), Kara Theron (Zee-rust), Markonet Els (Strand), MJ Pohl (Lae veld),

Nadia Naudé (Bergbron), Shané Coombs (Strand), Wy-nand de Jager (Laeveld).

10 Armand Gericke (Vaalpark), Chris an Boon (Cen-turion), Christopher Bezuidenhout (Oos-Moot),

Hermine Goede (Pretoria-Magalieskruin), Leanke van der Walt (Krokodilrivier), Madia van Jaars veld (Waterberg), Mia van Aswegen (Wilropark), Mine e van Jaarsveld (Wa ter berg), Olivia Taylor (Meyerspark), Ricco Snyman (Rooihuiskraal), Rikus Steenkamp (Rietvallei).

11 Cindy van Vuuren (Nelspruit), Hannes van der Merwe (Laeveld), Huibrecht de Bruyn (Wind-

hoek-Suid), Hunter Pretorius (Reddersburg), Jacques de Meillon (Rietvallei), Jannelle Mellet (Riet vallei), Jean Fivaz (Wapadrant), JJ de Jager (Lae veld), Phia de Haas (Nel spruit), Pieter Kruger (Pot chef stroom-Oos), Rochell Abbink (Reddersburg), Ryan Kotze (Wilropark), San ago Barbosa (Pretoria-Magalieskruin), Stefan Conradie (Stel-len bosch), Vian von Holtzhausen (Hartbeespoort).

12 Charl de Klerk (Bethal), Dian Schlebusch (Wa -padrant), Dominiq Aus n (Middelburg Mpuma-

langa), Eras Labuschagne (Vaalpark), Eric White (Durban-Noord), Ethan van der Merwe (Oos-Moot), Herman Steyn (Nelspruit), Joubert de Beer (Wa padrant), Karel Wüst (Strand), Katelin Theron (Wapadrant), MJ Britz (Klerks-dorp), Neyla Dirker (Rietvallei), Robert Werkman (Pot-chefstroom Die Bult), Ross Gloy (Vaalpark), Shanike Bes-singer (Cen turion).

13 Adriaan Kramer (Wapadrant), Danieke de Kock (Pretoria-Magalieskruin), Elizka du Toit (Er melo),

Gabriel Venter (Bellville), Gerhard Dercksen (Kos ter), Heinrich Croucamp (Bloemfontein-Suid), Kobus Hart-zenberg (Laeveld), Kyle Bothma (Kru gers dorp), Lean dri Joubert (Wapadrant), Lohane Steenkamp (Aliwal-Noord), Loutjie Kruger (Potchef stroom Die Bult), Mine e Yaff e (Centurion), Moné Bogaards (Wilropark), Wilmari Hart-zenberg (Lae veld), Xavier Pieterse (Bloemfontein-Suid).

14 AJ du Plessis (Oos-Moot), Chantelle Kruger (Wa-padrant), Christo van Wyk (Ly elton), Clara van

Rooyen (Wapadrant), Dian Brummer (Rietvallei), Fran-cois Bezuidenhout (Rooihuiskraal), Guan Erasmus (Kru-gersdorp), Helene Kruger (Riet vallei), Hendrik Kru ger (Rietvallei), Janli Nienaber (Ermelo), Kai van Zyl (Meyers-park), Kayla du Plessis (Magol), Lilia de Klerk (Centurion), Nelrie Wijnbeek (Wilropark), Vorster Fourie (Aliwal-Noord).

15 AJ van Heerden (Kuruman), Aneri Hoo gen-dyk (Welkom), Daniël du Preez (Stel len bosch),

Daniël Oosthuizen (Kaapstad), Eleonè Fouche (Pot-chef stroom-Oos), Gerrit van Zyl (Strand), Heiko Kruger (Hartbeespoort), Isabella Baeh nisch (George), Klaradyn du Toit (Krugers dorp), Lisa Oelofse (Port Elizabeth), Mieke Malan (Laeveld), Minke Lourens (Heilbron), Reuben Kruger (Wapadrant), Skyler Pretorius (Reddersburg), Tho-mas Coetzee (Wapadrant), Willie Lo ering (Pie ters burg-Suid), Zoë Venter (Laeveld).

16 Emmah van Wyk (Potchefstroom Die Bult), Erik Kleynhans (Lydenburg), Joa chim Potgieter (Oos-

Moot), Juan Labuschagne (Bul ontein), Liam McKenna (Wapadrant), Mason Kemp (Bellville), Paul Kruger (Lae-veld), Philip van Heer den (Hartbeespoort), Reechie Wil-lem se (Be noni), Ste fanie Malan (Stellenbosch), Stefanie Venter (Nel spruit), Sunè du Preez (Port Elizabeth), Willem van der Walt (Warmbad).

17 Bruché Slater (Aliwal-Noord), Christohan Harm-se (Benoni), FC Venter (Potchefstroom Die Bult),

Gerrit Reinecke (Middelburg Mpumalanga), Haley Jones (Rooihuiskraal), Juan Joubert (Wapad rant), Keanu Bar-nard (Derdepoort), Lezanie van Rooyen (Magol), Malissa van Rooyen (Magol), Marli Er wee (Messina), Mia Viljoen (Windhoek-Suid), Nika Hoogendyk (Welkom), Tiaan Roos (Middelburg Mpu malanga).

18 Annale e du Plessis (Waterkloofrand), Hannes Joubert (Rietvallei), Jeanine Krüger (Nelspruit),

Johan Lange (Reddersburg), Juan-Pierre Olivier (Burgers-dorp), Leané Swanepoel (Stel len bosch), Mihané Tredoux

Page 6: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

66 slingervel november/desember 2019

(Centurion), Mitchell Ackerman (Reitz), Nicholich Bylsma (Mosselbaai), Pedrie Venter (Bloemfontein-Suid), Phillip Benade (Cen turion), Reinhardt van der Merwe (Laeveld), Re nier Muller (Heilbron), Suré Franck (Magol).

19 Andre Grundlingh (Krokodilrivier), Catharine Kumm (Waterkloofrand), Dawid Klopper

(Meyers park), Dirk Wijnbeek (Boksburg), Henco du Plessis (Ma gol), Juan Smit (Benoni), Lilian Kru ger (Rietvallei), Lisca Lo ering (Bellville), Marilet Jou bert (Potchefstroom Die Bult), Megan Delport (Der de poort), Megan Kruger (Rooi huiskraal), Othene Ba denhorst (Hermanus), Ruan Olivier (Rietvalle).

20 Amoré Gertenbach (Krokodilrivier), Elzaan Her -mann (To usdal), Lené Gertenbach (Kro kodil-

rivier), Pieter Coombs (Strand), Ruben van Zyl (Her ma-nus), Thea Blignaut (Bloempark), Wian van der Walt (Pie-tersburg-Suid), Zian Salim (Kuru man).

21 Christoff Erasmus (Magol), CJ Snyman (Noord-rand), Coert Coetzee (Centurion), Divan Kruger

(Rietvallei), Eric Coetzee (Thabazimbi), Francois Botha (Wapadrant), Hanré Beer (Pretoria-Magalieskruin), Inéz Ras (Wapadrant), Markus Jansen (Benoni), Mianke Kilian (Centurion), Sophia-Mari Burger (Rietvallei), Welmi Jou-bert (Laeveld).

22 Arno Marais (Pretoria-Magalieskruin), Ellen Manley (Meyerspark), Hanno Beumer (Riet-

vallei), Jaco Swart (Wolmaransstad), Jean Gouws (Hart-bees poort), Johan Mienie (Waterkloof rand), Jo handri van Zyl (Kuruman), Lise-Line Rheeder (Heil bron), Marike Viljoen (Wapadrant), Melmarie van der Linde (Welkom), Nichelle Alberts (Potchefstroom-Oos), Philippa Stronk-horst (Waterkloofrand).

23 Anika Coetzer (Centurion), Armand Ven ter (Kru-gersdorp), Benrico van den Berg (Bloem fontein-

Suid), Chris aan Wheeler (Oudts hoorn), Damien Vargas (Centurion), GJ Brough (Mos sel baai), Joané Labuschagne (Rooihuiskraal), Jolani van Heerden (Wolmaransstad), Lara Eager (Wa pad rant), Nina Labuschagne (Wapadrant), Viljee Steyn (Port Elizabeth).

24 Dian Calitz (Lydenburg), E eke Spoelstra (Oos-Moot), Felicia Spoelstra (Oos-Moot), Heinrich

Conradie (George), Kaaira Nell (Nelspruit), Nia de Beer (Nelspruit).

25 Amineh du Toit (Ly elton), Annuska Kornelius (Riet vallei), Cara van der Bijl (Bloemfontein-

Noord), Eloïse van Driel (Bloemfontein-Noord), Ethan Unge rer (Kuruman), Hannes Venter (Wapadrant), Her-man van der Walt (Waterkloofrand), Joandie de Jonge (Centurion), Julia Lo house (Pretoria-Brooklyn), Kaylin Keyser (Waterkloofrand), Leila Buys (Nylstroom), Lenita Viviers (Benoni), Liam de Kock (Strand), Lisa de Beer (Wa padrant), Mari van Niekerk (Bellville), Maria Sco (Reddersburg), MW du Toit (Windhoek-Suid), Nicolene Venter (Potchefstroom Die Bult), Stefaans van Jaarsveld (Lae veld), Theo Dauth (Laeveld), Wian van den Berg (Ku-ru man).

26 Angelique von Weidtz (Windhoek-Suid), Anika Albertse (Durban-Noord), Barend van der Walt

(Centurion), Dianey Barbosa (Pretoria-Magalieskruin), Du Toit Hartzenberg (Laeveld), Edwan Prinsloo (Ermelo), Eu linke Langenhoven (Bloemfontein-Suid), Guido van der Walt (Potchefstroom Die Bult), Hanro de Klerk (Wa-padrant), Inge Potgieter (Gobabis), Marais Botha (Lae-veld), Mieke Pelser (Rietvallei), Quin s Coetzee (Wapad-rant), Ruan van der Merwe (Bergbron), Sunelle Louw (Cen turion), Tyron Lee (Klerksdorp), Zannelize van Greu-ning (Meyerspark), Zelmarie de Klerk (Oudtshoorn).

27 Anisha Kruger (Kuruman), Carla Robbertse (Kro-ko dil rivier), Erhard Tromp (Wapadrant), Eugene

du Plessis (Laeveld), Handre Pohl (Laeveld), Joneldi Vil-joen (Middelburg Mpumalanga), Lané Pohl (Laeveld), Marna Potgieter (Brackenhof), Sarel Maritz (Gobabis), S an de Klerk (Oudtshoorn), Zenja Pohl (Laeveld).

28 Ami Vogel (Ly elton), CJ Muller (Frankfort), HP Hugo (Benoni), Jamie Pretorius (Brackenhof),

Jeanre van der Westhuizen (Nelspruit), Lana Lee (Ly el-ton), Lienka van der Walt (Bloemfontein-Noord), Ruan Sny man (Bellville), Ruben Joubert (Rietvallei), Zalise Uys (Bellville).

29 Anke McNeilage (Bloempark), Franco Hoops (Ku ru man), Helge Bouwer (Wapadrant), Jannie

Breed (Wilropark), Karts Smits (Duineveld), Louw Kruger (Bur gersdorp), Madeleine Kruger (Wapadrant), Mikhe du Plessis (Pretoria-Brooklyn), Tiano Alberts (Wapadrant), Willie Lubbe (Wolmaransstad), Zilke Nel (Postmasburg).

30 Aren Eloff (Rooihuiskraal), Cara Schoeman (Ka-meel dri ), Dawie van Aswegen (Rietvallei), Em-

ma van der Merwe (Centurion), Jaco du Plessis (Benoni), Joshua Johnson (Bronkhorstspruit), Juane e Johnstone (Centurion), Lene van der Walt (Boksburg), Miené van Zyl (Pretoria-Brooklyn), Olivia van der Merwe (Centurion).

Page 7: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 7

Woordsoek:Dordtse Leerreëls 1

Maats

Ek glo julle weet dat ons drie Belydenisskri e het: die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse

Leerreëls. Die jongste van die drie is die Dordtse Leerreëls – hierdie jaar 400 jaar jonk. Ja, jy het reg gelees: JONK! Nie oud nie, jonk. Nou kan jy vir my sê: “400 jaar is OUD!” Kan so wees – maar: as iets so vars en duidelik is dat dit klink of dit gister geskryf is, is dit jonk! Nou moet ek vir julle dit sê: dit is seker dié belydenisskrif wat die meeste gekri seer word. Die rede is: mense wil nie glo en aanvaar dat God alleen besluit wie gered moet word nie. Hulle wil hê dat die mens ook ʼn sê in die saak moet hê – ʼn besluit moet neem.

Daar is le erlike duisende mense wat sê: “Ek glo nie aan die uitverkiesing soos die Dordtse Leerreëls dit bely nie!” Hulle kan so sê – maar die belangrikste is: in die 400 jaar wat verloop het sedert die Dordtse Leerreëls geskryf is, kon nog nie een mense sê of bewys dat ons die Bybel verkeerd gebruik nie! Hulle stem nie saam nie, maar verkeerd bewys? Aikona!

Hier is ʼn woordsoek oor die eerste paar paragrawe van hoofstuk 1. Antwoord op bladsy 14

Hoofstuk 1GOD SE VOORBESKIKKINGHoofstuk: 1 Paragraaf: 1Alle mense het in * gesondig en * aan die vloek van die * dood skuldig gemaak. Daarom sou God * veronreg het as dit sy wil was om die hele * in die * en * te laat bly en vanweë die sonde te * nie. Gevolglik leer die *: Die hele wêreld is voor God * 1. Almal het gesondig en dit * hulle aan die * van God 2, en: Die * van die sonde is die * 3.

1 Romeine 3:19; Romeine 5:12-142 Romeine 3:233 Romeine 6:23

Hoofstuk: 1 Paragraaf: 2Die * van God is egter hierin * dat Hy sy eniggebore Seun

in die wêreld * het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie * mag gaan nie, maar die ewige * kan hê 1.

1 Johannes 3:16; 1 Johannes 4:9

Hoofstuk: 1 Paragraaf: 3Om mense tot die * te bring stuur God uit * verkondigers van hierdie vreugdevolle * na wie Hy wil en * Hy wil1. Deur hulle * word mense geroep tot * en die geloof in *, die gekruisigde, want2: Hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie * het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat *? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie?3.

1 Jesaja 52:72 1 Korintiërs 1:23-243 Romeine 10:14-15

Page 8: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

88 slingervel november/desember 2019

Prediker 5 en 6 – blokkiesraaisel

Maats, ons volgende blokkiesraaisel uit Prediker – hierdie keer hoofstukke 5 en 6. DIE OPLOSSING IS OP BLADSY 14

Page 9: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 9

teken in op Slingervel!teken in op Slingervel!Individuele intekeningR349.00 – 10 uitgawes [posgeld + BTW ingesluit]

Elektroniese intekeningR126.00 – 10 uitgawes

Om in te teken: Kontak Angie Mokobi by [email protected] of tel. 018 297 3986

DWARS4. Jy moet dalk aan hom sê dat jy jou vergis het.5. Hulle word baie as die goeie dinge van die lewe baie word.9. Almal in 'n land moet aan hom onderdanig wees.10. God hou nie van van hierdie tipe mense nie.12. As dit vir jou alles is, kry jy nooit genoeg in nie.15. Wat help dit as jy jou hiervoor afgesloof het?19. Baie praat lei tot hierdie woorde.20. Hiervoor sloof die mens hom af.21. Doen dit eerder as om 'n off er soos 'n dwaas te bring.22. As jy vol hiervan is, dink jy skaars aan wat in jou lewe gebeur.23. Dit is die regte manier om jou werk te doen.

AF1. Doen sulke sake en jy verloor rykdom.2. God is hier.3. Sy slaap is soet.6. God gee dit aan die mens om te geniet.7. Dit help nie jy het soveel kinders en jy geniet nie die lewe nie.8. Wees versigtig as jy hierheen gaan.11. Dit word nie gestil nie, al werk jy hard.13. Dis al wat 'n dwaas doen.14. Dit laat die ryke onrustig slaap.16. Die mens kan dit nie met God voer nie.17. Moenie oorhaastig dit aan God maak nie.18. So gaan 'n mens uit die wêreld uit.

LEIDRADE

Page 10: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

1010 slingervel november/desember 2019

Die bekwame mannetjie en sy liefl ike vroutjie in hulle prag ge

houthuisie (1)

Oom Alwyn Tredoux

Eendag was daar ’n bekwame mannetjie wat saam met sy liefl ike vroutjie in ’n prag ge houthuisie langs ’n rivier gebly het. Hy was baie lief vir haar.

Sy wou graag so liefl ik as moontlik lyk as hy in die aand by die prag ge houthuisie kom. Sy het heeldag mooi rokke aangepas, seker gemaak haar grimering is perfek, en eksperimente met interessante haarstyle

gedoen.Elke aand was die bekwame mannetjie vreeslik beïndruk met sy liefl ike vroutjie. Hy het haar liewer en liewer gekry. Hy sou enigiets doen om haar gelukkig te maak.

Hy was ook baie lief vir hulle prag ge houthuisie. Dit was so naby aan die rivier dat hy op die houtstoepie kon staan en visvang. Hy kon vuurmaak op die houtstoepie en die vis net

daar braai. Partykeer het mense met bote verbygekom terwyl hy braai. Hy het hom verstom aan die gesigte wat hulle trek. Hulle het woes beduie en vir hom geskree, maar hy kon nie hoor wat hulle sê nie. Eenkeer het hy hom verbeel een skree

“brand”, maar hy weet wanneer om sy vis van die vuur af te haal. Elke keer waai hy maar net vriendelik vir die mense op die bote.

As dit baie warm word kon die bekwame mannetjie en sy liefl ike vroutjie van die houtstoepie af in die rivier duik en a oel in die heerlike water. Die liefl ike vroutjie

kon daar op die stoep lê en werk aan die sonbruin kleur van haar vel. Hulle was so lief vir hulle prag ge houthuisie langs die rivier, dat hulle nooit eers vakansie wou gaan hou nie. Hulle het net daar gebly en baie geld gespaar.

Die bekwame mannetjie, met sy liefl ike vroutjie in hulle prag ge houthuisie, het gedink sy lewe is perfek. Toe, op 'n dag, kom hy vir die eerste keer agter dat daar 'n probleem in hulle perfekte lewe is. Eendag toe die bekwame mannetjie by

die prag ge houthuisie kom, sukkel hy om die deur agter hom toe te maak. Hy kyk in die prag ge houthuisie rond en besef dat die dinge eff ens beknop geraak het. Dis nie dat hulle te veel meubels het nie. O nee. Dis net dat niemand ooit tyd gehad het om die plek op te ruim nie. Stadig maar seker het dinge soos vuil sko elgoed, vuil klere, wel, verskillende vuil goeters, begin om hulle prag ge houthuisie oor te neem.

Page 11: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 1111

“Vroutjie,” sê die bekwame mannetjie lie allig.“Ja, Ska e?” antwoord sy liefl ike vroutjie ewe lie allig. “Dink jy nie dis tyd dat ons ons prag ge houthuisie bietjie opruim nie?” vra hy .Sy kyk om haar rond, byt haar onderlip en knik stadig. “Jy is doodreg, my slim man. Die enigste probleem is, my slim man is ook ’n baie bekwame en fl ukse man wat die

hele dag werk. Jy kan mos nie nog kom huis opruim nadat jy jou afgesloof het by die werk nie!”“Mmm,” antwoord hy. “Ek het ook nogal so gedink.”

Sy kyk weer deur die huis en skud haar kop. Sy kan geen oplossing sien vir hierdie reuseprobleem nie. Die bekwame mannetjie kyk vir sy liefl ike vroutjie. Hy kyk na haar mooi rokkie, haar gesiggie met die perfekte grimmering en haar mooi haarstyl. Hy is sommer liewer vir haar as ooit. “Toemaar, ek sal ’n plan maak met ons deurmekaar huis,” sê hy en druk haar styf teen hom vas.

’n Paar weke later kom die bekwame mannetjie by die huis van die werk af. Hy sluit soos altyd die voordeur oop, maar toe hy dit wil oopstoot, kry hy dit nie reg nie. Die deur bly toe. Wat nou? wonder

hy. Hy draai weer die sleutel. Hy hoor duidelik hoe die slot toesluit. Weer oop. Jip, die deur is oopgesluit, maar dit haak vas. Hy besluit om skouer te gee en stoot die deur met ’n groot gesukkel oop. Dis ’n klomp vuil wasgoed wat die deur gekeer het.Soos elke aand kom sy liefl ike vroutjie nadergehardloop om hom te omhels. ’n Paar treë weg, gly

sy op ’n klomp tydskri e wat op die vloer lê en verloor haar balans. Gelukkig is die bekwame mannetjie se reaksies blitsvinnig en hy vang sy liefl ike vroutjie in sy arms voor sy op die grond neerslaan. Hy sit haar

versig g in ’n stoel daarnaby neer. Daar slaan ’n stofwolk uit die stoel uit op en ’n klomp kakkerlakke hardloop vir skuiling. Hy kyk vir sy liefl ike vroutjie. Hy is verskriklik lief vir haar. Toe hy omdraai om die deur toe te maak, kry hy dit nie reg nie. In die val-en-reddingsproses het ’n hoop tydskri e voor die deur

beland en dit maak nie saak hoe hy probeer nie, die deur kan nie toe nie.

Die tyd vir die bekwame mannetjie om ’n dringende plan te maak het gekom. Die deurmekaar huis met ’n deur wat boonop nie kan toe nie, bedreig sy liefl ike vroutjie se veiligheid en sekuriteit.

“Vroutjie,” sê die bekwame mannetjie erns g. “Ja, Ska e?” antwoord sy liefl ike vroutjie ewe erns g.“Ons huis is baie deurmekaar en onveilig.” Hy wys na die gemors op die vloer en die oop deur. “Ek het besluit om te trek. Ek sal ons prag ge houthuisie mis, maar daar is nie meer ’n ander keuse

nie.”

In ’n japtrap het hulle al hulle belangrikste besi ngs in die kar gelaai en daar gaan hulle. Hulle sal ry tot hulle moeg word en dan sommer in die kar slaap – as hulle nie dieselfde aand ’n nuwe huis kry nie.Die liefl ike vroutjie gee nie om as sy vir een aand in ’n kar moet slaap nie, solank haar bekwame mannetjie haar net vashou.

Hulle was so lief vir hulle prag ge houthuisie dat hulle graag weer naby die rivier wil bly. Daarom ry hulle al met die oewer langs, op soek na ’n nuwe huis.

Dit word pikdonker en die bekwame mannetjie begin lang gape gee en sy liefl ike vroutjie sukkel om hom wakker te hou. Hulle besluit om te slaap voor hulle verder soek.

(Lees op bl. 24 verder.)

Page 12: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

1212 slingervel november/desember 2019

Woordsoek:Heidelbergse Kategismus

Maats

’n Ou bekende! Ek glo julle weet al mooi wat die Heidelbergse Kategismus is: ’n leerboek net vir julle!

Kan ons spring weg met Sondag 1 in ’n woordsoek! Antwoord op bladsy 14

SONDAG: 1 – VRAAG EN ANTWOORD: 1Vraag: Wat is jou * troos in lewe en in sterwe?Antwoord: Dat ek met * en siel in lewe en in * nie aan * nie , maar aan my getroue *, Jesus Christus * . Hy het met sy kosbare * vir al my sondes ten volle * en my uit * heerskappy van die * verlos . Hy * my op so 'n wyse dat sonder die wil van my hemelse Vader, geen * van my kop kan * nie . Alles moet inderdaad tot my * dien . Daarom * Hy my ook deur sy * Gees van die ewige * en maak Hy my van harte * en * om voortaan vir Hom te lewe .

Sondag: 1 – VRAAG EN ANTWOORD: 2Vraag: Hoeveel dinge moet jy weet om in hierdie * salig te kan lewe en sterwe?Antwoord: * dinge : Ten *, hoe groot my sonde en ellende is ; ten *; hoe ek van al my sonde en ellende verlos word en ten derde hoe ek * vir so 'n verlossing * moet wees .

Page 13: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 131313

doen-dit-self!Maats

Met ’n lllaaannnggg Desembervakansie wat voorlê, kan dit gebeur dat ’n mens so ’n bietjie verveeld raak. Hier (en op ander bladsye verderaan) is ’n paar dingetjies wat julle kan doen wat pret is, maar wat ’n mens ook kan gebruik.

Sleutel wind-klingelEk dink in elke huis is daar baie sleutels wat nie meer gebruik word nie. Ek weet dat jy slim is en van die prentjie af so iets kan maak! Wat jy nodig het, is:

Vislyn• Ou sleutels• Karton of ’n houtjie.•

Maak jou eie sleutel-windklingel. Stuur vir ons ’n foto van jou skepping en ons plaas dit in ’n volgende uitgawe. Onthou net jou naam en van!

(Bron: https://za.pinterest.com/

pin/103723597652347683/)

Page 14: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

1414 slingervel november/desember 2019

Oplossings

Dordtse Leerreëls 1 Heidelbergse Kategismus

Page 15: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 1515

Rigters 2

Page 16: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

1616 slingervel november/desember 2019

Tydlyn van die Nuwe Testament

• Paulus se laaste 18 jaar •

Maats

Hierdie is die laaste van ons artikels oor die Nuwe Testament se tydlyn.

Paulus noem homself die apostel onder die heidene. Ons moet onthou dat die Here net die Israeliete as volk uitgekies het. Van al die

mense het net hulle God geken.

Toe hulle Jesus verwerp het, het God sy genade en verlossing uitgebrei na al die volke en al die lande. Dit was Jesus se opdrag aan die dissipels op die dag van sy hemelvaart.

Jesus roep dan ook vir Paulus om na die mense te gaan wat nog nooit van God gehoor het nie. Soos ons verlede keer gesien het, was Paulus ’n Romeinse burger. Hy het nie ’n paspoort nodig gehad nie – en hy kon vlot Grieks gepraat het. Paulus het drie maal na die bekende wêreld gegaan om hulle te vertel van God en die verlossing in Jesus. Ons noem dit “sendingreise”.

Paulus se aanknopingspunt was natuurlik die sinagoges. ’n Sinagoge was die mense en die gebou waar die Jode kerk gehou het. Hulle was omtrent onder elke volk en land, omdat hulle besigheidsmense was.

Paulus is nie altyd goed ontvang deur hulle nie!

Hulle wou nie glo dat Jesus van Nasaret die Verlosser van die wêreld kan wees nie. Hulle het geglo dat die Verlosser ’n goeie soldaat sou wees wat oorlog maak teen al die lande en hulle oorwin, en dan die Jode aanstel as konings oor die hele wêreld! Ons lees dan ook in Handelinge dat daar Jode was wat agter Paulus aangeloop het en vir die mense vertel het om hom nie te glo nie, en dat hy net kwaad stook.

Ons lees in Handelinge 13 en 14 van Paulus (en Barnabas) se eerste sendingreis, waar hy die volgende plekke aangedoen het: die eiland Siprus, toe na Pergamum (in vandag se Turkye). Daarna is hy na Ikonium – waar hulle amper gestenig is. Hulle vlug na Listra – waar hulle as gode aangesien is. Hier is Paulus amper doodgegooi met klippe. Daarna is hy na Derbe, terug na Listra, Ikonium en toe na Antiogië.

In Handelinge 15:36 – 18:22 lees ons van die tweede reis, ongeveer ’n jaar na die eerste. In Listra ontmoet Paulus vir Timoteus, wat hom vergesel. Hulle reis na Frigië en Galate, word geroep na Masedonië en land daar in die tronk. Hulle word egter gou vrygelaat omdat hulle Romeinse burgers was, en hulle vertrek na Tessalonika. Weereens is daar hewige teenstand teen die evangelie en hulle vertrek na Berea en Athene – waar Paulus ’n altaar sien “aan die onbekende god”. Hy gebruik dit as aanknopingspunt om aan hulle die ware God te

Ons praat van SENDING as ons vir mense van God vertel wat nog nooit van God gehoor het nie, en van EVANGELISASIE as ons met mense praat wat voorheen die Here gedien het, en dan afgedwaal het.

Page 17: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 1717

verkondig. Daarvandaan reis hy na Korinte, Efese en terug na Caesarea. Hierdie reis duur ongeveer 18 maande.

Hy vertrek amper dadelik op die derde sendingreis, soos beskryf in Handelinge 18:23 – 21:14. Paulus is drie maande in Efese om daar misverstande oor die doop uit te stryk, daarna drie maande in Griekeland voor hy weer Masedonië toe moet vlug. Hy gaan na Troas waar hy so lank preek dat Eutigus aan die slaap raak, uit die venster val en sterf. Die Here wek hom op. Hy wil Jerusalem toe gaan, maar die Heilige Gees verhoed hom. Hulle gaan na Kos, Rodos en Patara, Ptolemeë en Caesarea – en toe Jerusalem toe.

Maats – hier gebeur die onvermydelike: die teëstand van die Jode is so erg dat hulle Paulus wou vermoor. Hy het gedink dat nie eers die goewerneur sy lewe kan beskerm nie, en toe beroep hy hom op die keiser. Hierdie is ’n voorreg wat alle Romeinse burgers gehad het: as hulle voel dat hulle nie regverdig verhoor word nie, kom

hulle hul op die keiser beroep het. Dit het beteken dat hulle gevra het om deur die keiser (die hoogste gesag in die Romeinse Ryk) self verhoor word. Dit was fi naal – hy moes gaan.

Op pad Rome toe het hy steeds die evangelie bly verkondig. Hy was vir twee jaar in huisarres (dit is as jy ’n gevangene in jou eie huis is).

Die Bybel beskryf nie vir ons hoe Paulus dood is nie. Tradisie sê dat hy deur die keiser onthoof is. Maar die Here het hierdie man gebruik om die evangelie aan die heidene te verkondig, sodat hulle geglo het. Ons stam van hierdie volke af – en so is die genade van die Here ook vir ons ’n werklikheid.

Die laaste van Jesus se dissipels wat gesterf het, was Johannes – die dissipel wat Jesus liefgehad het. Hy was predikant in Efese toe die keiser hom na die eiland Patmos verban het. Daar het die Here aan hom die boek Openbaring aan hom gegee, sodat ons in die eindtyd getroos kan word. SV

Bron: www.communitas.co.za

Page 18: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

1818 slingervel november/desember 2019

verjaardaghoekiedesember

1 Alwyn Nieuwoudt (Kuruman), Anneke Fanoy (Kru-gers dorp), Barend Pretorius (Potchefstroom Die

Bult), Bianke Fanoy (Krugersdorp), Carmen Holliday (Lyt-tel ton), Duwan du Plessis (Bronkhorstspruit), Gideon Erasmus (Magol), Marnus Viljoen (Rooihuiskraal), Noah Strydom (Ermelo), Robyn Cur s (Bellville), Ulrich Laas (Pie tersburg-Suid).

2 Altus van der Merwe (Nylstroom), Cody Clements (Pot chefstroom-Oos), Dandré Graham (Rustenburg),

Hein Lubbinge (Oos-Moot), Hein van der Walt (Pretoria-Brooklyn), Juan-Michael Roux (Benoni), Liané Ligthelm (Benoni), Logan Engelbrecht (Noordrand), Milah de Bruin (Bloemfontein-Noord), Natasha Fourie (Bloempark), SW Visser (Wapadrant), Zarita Roux (Benoni).

3 Amelia du Plessis (Bellville), André Lubbinge (Oos-Moot), Chris Strauss (Kuruman), Daniella de Wit

(Rooi huiskraal), Elnique Makkink (Oos-Moot), Jessica Cil-liers (Kuruman), Jason Wiese (Reddersburg), Ruben Swie-gers (Wapadrant).

4 Annerieke Booyse (Waterberg), Charl Blom (Strand), CJ Lubbe (Wolmaransstad), Daniel de Kock (Rooi-

huiskraal), Henning Claasen (Lichtenburg), Imke Swa-nepoel (Stellenbosch), Laurinda Schoeman (Wapad rant),

Micaela Delport (Derdepoort), Petrus Bekker (Rooi huis-kraal), Pieter Vorster (Gobabis).

5 Fabian du Toit (Barberton), Hannes Kleinhans (Port Elizabeth), Joshua Prinsloo (Pretoria-Brooklyn), Kian

Gouws (Wapadrant), Luané Botha (Centurion), Mi kayla Windell (Oos-Moot), Phia le Roux (Centurion), Reinhardt Kruger (Centurion), Telani van Heerden (Rusten burg), Wiehan Cook (Lichtenburg), Zanné Pretorius (Bul on-tein).

6 Amoery Myburg (Bloemfontein-Suid), Andries Gil-den huys (Centurion), Annabel du Plessis (Vaalpark),

Christo Daüth (Benoni), Danieke Esterhuysen (Middelburg Mpumalanga), Hes e van Wyk (Meyerspark), Jayden Winkler (Vereeniging), Kara van der Linde (Welkom), Lea du Plessis (Vaalpark), Mieke Jansen (Rietvallei), Miné Bos hoff (Postmasburg), Marnes Janse van Rensburg (Wa-terberg), Nina Kamper (Krugersdorp), Ruan du Preez (Thabazimbi), Simone Breedt (Vaalpark), Suné du Plessis (Thabazimbi), Wian Roux (Magol).

7 Aliska Nöthling (Centurion), Andrée van Zyl (Kaap-stad), Bernard Kruger (Meyerspark), Bernice van

Heer den (Hartbeespoort), Henno Heystek (Pretoria-Maga lieskruin), Jurie Nel (Rooihuiskraal), Keisha Johnson

Page 19: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 1919

(Benoni), Lars Brugmans (Wapadrant), Lika Viljoen (Riet-vallei), Lourens Aucamp (Kameeldri ), Mihlé Myburgh (Oos-Moot), Nathan van den Berg (Randburg), Rõan Pouwels (Oos-Moot), Velé Langenhoven (Bloemfontein-Suid), Wian Botha (Vaalpark), Zané Kotze (Pretoria-Ma-galieskruin).

8 Alfred Nel (Laeveld), Anzel van Staden (Rooihuiskraal), Carlien van der Merwe (Bul ontein), Chris aan

Buys (Oos-Moot), Devon de Villiers (Pietersburg-Suid), Mias Bezuidenhout (Ly elton), Minke van Heerden (Wa-padrant), RJ Muller (Heilbron), Ruben Pelser (Bethal), Wian Kruger (Oos-Moot).

9 Ashley van der Walt (Messina), E enne Bredenkamp (Burgersdorp), Hardus Pienaar (Hartbeespoort),

Henk van der Wath (Middelburg Mpumalanga), Janke Cronje (Centurion), Marinet Venter (Kuruman), Micaylan Bar nard (Derdepoort), Nelmari Bonthuys (Reitz), Pieter Jooste (Bul ontein), Reinhardt Lourens (Rietvallei), Ruché Minnie (Nelspruit), Schalk Venter (Bethal), Simo-nè Booyens (Pretoria-Brooklyn), Wilco Geldenhuys (Mid-delburg Mpumalanga).

10 Arjan Jansen van Vuuren (Rietvallei), Danyell van der Westhuizen (Derdepoort), Eddie Jansen van

Vuuren (Benoni), Frikkie Broekman (Mosselbaai), FW Fivaz (Bloempark), Herman Erasmus (Nelspruit), Hes e Smit (Potchefstroom Die Bult), Imke Meyer (Wapadrant), Inge Snyman (Potchefstroom-Oos), Katelyn Venter (Pretoria-Brooklyn), Klarise Louw (Wapadrant), Marianka Grobler (Bloempark), Mieke Calitz (Benoni), Ralph Steenekamp (Pretoria-Brooklyn), Zach Eloff (Rooihuiskraal).

11 Caylin Ha ngh (Reddersburg), Chris van Zyl (Be-noni), Chris aan Smit (Waterkloofrand), Daniël

Basson (Potchefstroom-Oos), Dirk Lourens (Bloempark), Harry Fourie (Kuruman), Heinrich Venter (Rooihuiskraal), Helgard Potgieter (Pietersburg-Suid), Leon-Andre Lourens (Centurion), Lisa van der Merwe (Windhoek-Suid), Lize Mulder (Pretoria-Magalieskruin), Marlie Etsebeth (Cen-turion), Mienke Botha (Hartbeespoort), S an Bingle (Nel-spruit), Tjaart Snyman (Pretoria-Magalieskruin), Werner du Plessis (Oos-Moot).

12 Adeleen Erasmus (Wapadrant), AJ Botha (Hart-bees poort), Amalia Brand (Ly elton), Amelia du

Plessis (Wapadrant), Anneke Harmse (Centurion), Anusch-ca Snyman (Rooihuiskraal), Chrisne Ebersohn (Benoni), Daniël Scheepers (Waterkloofrand), Hannah Minnie (Pre toria-Brooklyn), Heinrich Brand (Ly elton), Jandré Ven ter (Pietersburg-Suid), Jason Jacobs (Wapadrant), Jayden Reid (Wapadrant), Kathleen Doubell (Klerksdorp), Kari Goede (Potchefstroom Die Bult), Kiara-Mari Buys (Strand), Michelle Hoogers (Wilropark), Ninke Spies

(Heil bron), Renée Rodenberg (Hermanus), Sarel van der West huizen (Oos-Moot), Shani O o (Hartbeespoort), Win nique Douglas (Mosselbaai).

13 Ian Viljoen (Wapadrant), Loanelle Venter (Bloem fontein-Noord), Natasha Oosthuizen

(Oos-Moot), Rudolf Theunissen (Nelspruit).

14 Andries van Dyk (Port Elizabeth), Carla de Beer (Waterkloofrand), Charlo e Craff ord (Mos-

sel baai), Chris aan Re ef (Krugersdorp), Douw Briel (Bethal), Ernst van den Heever (Centurion), Hanno Rodgers (Bergbron), Hardus de Wet (Krokodilrivier), Jané Lou rens (Frankfort), Janike Joubert (Wapadrant), Keanu van Zyl (Meyerspark), Kyle Bezuidenhout (George), Logan Kidson (Rooihuiskraal), Minki Heystek (Hartbeespoort), Rein hardt Lo er (Vereeniging), Wilandri Craff ord (Mossel-baai).

15 Ann Visser (Barberton), Annabelle Kok (Wapad-rant), Carlyn Reinke (Bethal), Charmi O’Connell

(Reddersburg), Dalen O’Connell (Reddersburg), Es an Serfontein (Rietvallei), Jean du Toit (Centurion), Karlien Serfontein (Rietvallei), Lian Malan (Koster), Marè Bester (Potchefstroom-Oos), MW Conradie (Meyerspark), Nicky Roets (Messina), Nicola Jansen van Vuuren (Benoni), Tylo Kruger (Rietvallei).

16 Adriaan Bri nell (Oudtshoorn), Anika Heystek (Pretoria-Magalieskruin), Divan Ras (Noordrand),

DJ du Plessis (Klerksdorp), Hennah Vermaak (Benoni), Kay din van Rooy (Krugersdorp), Linden Janse van Vuuren (Bloemfontein-Suid), Marissa Zeevaart (Centurion), Xan-der Harmse (Klerksdorp).

17 Annabelle Roos (Thabazimbi), Annalia Smit (Potchefstroom Die Bult), Arno Smit (Frankfort),

Arnu Lo ering (Bellville), Benje Booyens (Bloemfontein-Suid), Chrizelle Velloen (Potchefstroom-Oos), Cyle Rhe der (Rietvallei), Ernesd Grimbeek (Hartbeespoort), Johann-dri de la Porte (Centurion), Louis Fouché (Hartbees-poort), Melissa Gericke (Thabazimbi), Morné Small (Wa-padrant).

18 Amber Haupt (Stellenbosch), Andreas Nieuwoudt (Meyerspark), Andries Roos (Boksburg), Charlize

Jordaan (Vryheid), Chloe Haupt (Stellenbosch), Danika Vos (Nelspruit), Franco Schu e (Pietersburg-Suid), Juan Hoogendyk (Wilropark), Juan Venter (Bloemfontein-Suid), Madri Strauss (Vryheid), Mikaela Bloem (Benoni), Nancy Coetzee (Centurion), Riané Henning (Wapadrant), Tiaan du Plessis (Messina), Tjaart Labuscagne (Pretoria-Ma-galieskruin), Wian Myburg (Bloemfontein-Suid), Willem Snyman (Postmasburg), Willem van der Walt (Lichten-burg), Zante Stroebel (Benoni).

Page 20: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

2020 slingervel november/desember 2019

19 Lieze Wilson (Krugersdorp), Juané le Roux (Cen-turion), Rohan van Schalkwyk (Boksburg), Ruan

Hepburn (Pretoria-Magalieskruin), Terry Ha ngh (Kroko-dilrivier).

20 Adriaan Malan (Laeveld), André du Toit (Wind-hoek-Suid), Annabelle Steyn (Centurion), Bern-

hard van Reenen (Oos-Moot), Boeta Truter (Bul on tein), Carlè Fourie (Rietvallei), Driena van der Walt (Bloem-fontein-Suid), Francois Luiters (Oudtshoorn), Gerli Jansen van Rensburg (Wapadrant), Jacques le Roux (Wapadrant), Mia Mostert (Strand), Tine Burger (Rietvallei), Wikus von Mollendorff (Derdepoort), Zander Pieterson (Rietvallei).

21 Alida Grobler (Nelspruit), Axel Boon (To usdal), Dirkie de Waal (Frankfort), Erin Green (Rietvallei),

Iné Aucamp (Lydenburg), Inge Botha (Port Elizabeth), Louis Buys (Thabazimbi), Louis van Wyk (Ly elton), Meandri Mitchell (Vereeniging), Melissa van den Berg (Oos-Moot), Paton Olivier (Bergbron), Reane Kirsten (Centurion), Ruan Maritz (Gobabis), Soren Green (Rietvallei).

22 Alana Conradie (Wapadrant), Carina Naudé (Kru gersdorp), Chris aan Erasmus (Middelburg

Mpu ma langa), Corlia van der Westhuizen (Middelburg Mpu malanga), Ernst van der Merwe (Derdepoort), Henk Rhodes (Warmbad), Henre Nel (Wolmaransstad), Karel van Rooyen (Centurion), Lana van der Merwe (Pretoria-Brook lyn), Lara Vorster (Bronkhorstspruit), Luan Vorster (Bronkhorstspruit), Marcel Roux (Wilropark), Mar kus van der Walt (Pietersburg-Suid), Megan Pieters (Riet vallei), Ruben Conradie (Wapadrant), Rune Edeling (Bloem-fontein-Suid), Wiehan van der Walt (Wapadrant), Zoanè Rossouw (Benoni).

23 Albert van Zyl (Rooihuiskraal), Ané Schönefeld (Koster), Anrie Booysen (Gobabis), Ansua Bon-

nema (Waterkloofrand), Barhlu Diedericks (Benoni), Cianna van der Walt (Centurion), Christo Snyman (Preto-ria-Brooklyn), Declan Mc Alpine (Hartbeespoort), Emma Liebenberg (Kaapstad), Esna Noëth (To usdal), Lané Kruger (Laeveld), Lienke Janse van Rensburg (Frankfort), Lihanna Manicum (Kameeldri ), Ruben le Roux (Centu-rion), Sonja Trentham (Centurion).

24 Albertus van Niekerk (Rietvallei), Carlo Aucamp (Oos-Moot), Genevieve van der Westhuizen

(Oos-Moot), Lee-Jayne Chant (Port Elizabeth), Ruben Cloe te (Bloemfontein-Suid), Rudine Willemse (Benoni), So phia Price (Kaapstad).

25 Marius Boonzaier (Windhoek-Suid), Minke van der Westhuizen (Pretoria-Magalieskruin).

26 Andrew Hearn (Windhoek-Suid), Chris-Marie Bar nard (Vryheid), Jeante Korff (Pietersburg-

Suid), Paul Hibbert (Rietvallei).

27 David Bateman (Bloemfontein-Suid), Dirk du Plooy (Koster), Jetzke Vermeulen (Pretoria-Ma-

ga lieskruin), Joshua Glanvill (Laeveld), Morné van Heer-den (Wapadrant), Muné Lessing (Pietersburg-Suid, Nina-Mari Smit (Rietvallei).

28 Brent Jooste (Nylstroom), Donald Riekert (Kuru-man), Ewaldt Ligh oot (Hartbeespoort), Handru

Pelzer (Zeerust), Lara Botha (Windhoek-Suid), Len Truter (Wapadrant), Lhea Myburgh (Ly elton), LJ van der Walt (Vaalpark), Pieter van der Walt (Potchefstroom Die Bult), Rhode Fourie (Boksburg), Ruben Alexander (Kameeldri ), Ruben van Wyk (Benoni), Zanri van Dyk (Benoni).

29 Annabelle van Aswegen (Bloempark), Carli Mooi (Laeveld), Carlo Jordaan (Centurion), Chris

Carstens (Oos-Moot), Dean Markram (Benoni), Dé van Fivaz (Wapadrant), Es an Nortjé (Bloemfontein-Suid), Gavin Viljoen (Suidkus), Henkie van Staden (Reitz), Jana Venter (Rooihuiskraal), Janroux van der Merwe (Rooi huis-kraal), Johan Fourie (Rietvallei), Petra Wijnbeek (Boks-burg), Rohan Kotze (Kuruman), Vianri de Jager (Centu-rion), Willem Vogel (Ly elton).

30 Benji Vermeulen (Pretoria-Magalieskruin), Chan-té Smit (Nelspruit), Chris aan Smit (Nelspruit),

Dandré du Plessis (Gobabis), Ingrid Harmse (George), Isabella Booysen (Durban-Noord), Jason van der Merwe (Bergbron), Ruhardt Opperman (Krugersdorp), Schalk van Wyk (Rustenburg), Vida Vorster (Potchefstroom Die Bult).

31 Anika van Niekerk (Potchefstroom-Oos), Anton Weiss (Welkom), Miane Top (Boksburg), Neels

Dreyer (Rustenburg).

Page 21: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 2121

Page 22: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

2222 slingervel november/desember 2019

Woordsoek:Nederlandse Geloofsbelydenis

Page 23: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 2323

Maats

Die Nederlandse Geloofsbelydenis is die oudste van ons drie belydenisskrifte (daarom het hulle hom ook eerste in die Psalmboek gesit!).

Hier is 'n woordsoek oor die eerste drie artikels. Geniet dit!Oplossing op bladsy 28.

Artikel 1: DIE ENIGE GODOns * almal met die hart en * met die mond 1 dat daar 'n * en * geestelike Wese is wat ons * noem

2. Hy is ewig 3, * 4, onsienlik 5, * 6, oneindig 7, * 8, volkome wys 9, * 10, goed 11 en die alleroorvloedigste * van alles wat goed is 12.

1 Romeine 10:102 Deuteronomium 6:4; Jesaja 44:6; Johannes 4:24; Romeine 1:20-21; Efesiërs 4:6;1 Korintiërs 8:4, 6; 2 Korintiërs 3:17; 1 Timoteus 2:5.3 Psalm 90:2; Jesaja 40:284 Romeine 11:335 Kolossense 1:15; 1 Timoteus 1:17; 1 Timoteus 6:166 Maleagi 3:6; Jakobus 1:177 1 Konings 8:27; Jeremia 23:248 Genesis 17:1; Matteus 19:26; Openbaring 1:89 Romeine 16:2710 Jeremia 12:1; Romeine 3:25-26; Romeine 9:14; Openbaring 16:5; Openbaring 16:711 Matteus 19:1712 1 Kronieke 29:10-12; Jesaja 40:14; Jakobus 1:17

Artikel 2: DIE MIDDELE WAARDEUR ONS GOD KENOns ken Hom deur * middele:Ten eerste deur middel van die *, onderhouding en * van die hele wêreld. Dit is immers voor ons oë soos 'n mooi * 1 waarin alle *, groot en klein, die * is wat ons die onsigbare dinge van God, naamlik sy ewige * en goddelikheid, duidelik laat sien, soos die apostel * sê (Romeine 1:20). Al die dinge is genoegsaam om die mense te * en hulle alle verontskuldiging te * 2.Ten tweede maak Hy Hom deur sy heilige en Goddelike * nog duideliker en meer * aan ons bekend

3 en wel so veel as wat vir ons in hierdie * nodig is om tot sy eer en tot die * van hulle wat aan Hom behoort 4.

1 Psalm 19:2-52 Romeine 1:20; Efesiërs 4:63 Psalm 19:8-9; 1 Korintiërs 1:18-214 Deuteronomium 6:4; 1 Korintiërs 12:6; 1 Timoteus 2:5

Artikel 3: DIE GESKREWE WOORD VAN GOD* bely dat hierdie Woord van God nie deur die wil van 'n mens * of voortgebring is nie, maar die heilige * van God het dit, deur die Heilige Gees *, gespreek, soos die heilige * sê 1. Daarna het God deur sy * sorg vir ons en ons saligheid sy * (profete en apostels) beveel om sy geopenbaarde Woord op * te stel 2 en Hy self het met sy vinger die twee * van die wet geskrywe 3. Daarom noem ons sulke geskrifte die heilige en Goddelike Skrif 4.

1 2 Petrus 1:212 Eksodus 24:4; Eksodus 34:27; Psalm 102:19; Habakuk 2:2; Openbaring 1:11; Openbaring 1:193 Eksodus 31:184 2 Timoteus 3:16

Page 24: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

2424 slingervel november/desember 2019

Die bekwame mannetjie en sy liefl ike vroutjie in hulle prag ge

houthuisie (2)

Oom Alwyn Tredoux

Op dag twee van die bekwame mannetjie en sy liefl ike vroutjie se rivierlangse soektog na ’n nuwe huis, stop

hulle by ’n motorhawe langs die pad vir ’n lekker lang middagete. Toe hulle verder ry, begin die skaduwees langs die rivier al langvingers maak. Na ’n paar kilometer weer op pad, wys die bekwame mannetjie vir sy liefl ike vroutjie die instrumentepaneel voor hom.

“Vroutjie,” sê die bekwame mannetjie benoud.“Ja, Ska e?” antwoord sy liefl ike vroutjie ewe benoud.“Ons het ’n probleem. Die reserweliggie brand.” “Wat beteken dit?” “Ons het petrol nodig, maar elke kilometer wat ons ry, is ’n kilometer nader aan ons nuwe

huisie. As ons omdraai terug na ons eetplek toe, ry ons weer verder weg. Ek dink ons moet aanhou ry en hoop vir ’n ander motorhawe.”“Ja-ja, kom ons doen dit!”

Intussen word die skaduweevingers langer.Die volgende oomblik sien die liefl ike vroutjie ’n kennisgewingbord met ’n petrolpomp en ’n pyl na regs. “Jippie, Ska e. Daar is petrol!”Die bekwame mannetjie ry stadiger en dink diep. “Vroutjie, die liggie het nounet aangegaan. As ons afdraai vir petrol kan iemand ons voorspring. As ons by ons nuwe huisie uitkom, het hulle klaar die plekkie onder ons neuse wegraap. Ek dink ons hou aan tot ons ’n motorhawe reg langs die pad kry.” “Ja-ja, kom ons doen dit!”

Minute later gee die kar ’n ruk en ’n hoes en ’n blaas. Toe is die enijin doods l en al die liggies gaan aan. “Ek dink ons het sonder petrol gaan staan,” sê die bekwame mannetjie. “Maar die kar loop dan nog?” vra sy liefl ike vroutjie. Hulle verstom hulle tesame aan die wonderwerk, tot pad voor hulle gelyk word. Die kar loop al hoe stadiger en gaan staan.

“Wat nou?” vra die liefl ike vroutjie.“Nou sal ons moet loop om ons nuwe huisie te soek ,” antwoord die bekwame mannetjie.Hulle klim altwee uit die kar uit.“Wag ’n bietjie,” sê die liefl ike vroutjie. “Al ons kosbaarste besi ngs is in die kar. Ons kan dit nie net so los nie. Sê-nou iemand kom breek die deur oop en steel dit alles!”“Jy is reg, Vroutjie.” Die bekwame mannetjie staan ’n rukkie en krap sy kop. “Wag, ek het dit! Ek gaan die deur a aal en saam met ons vat, dan kan niemand dit oopbreek en alles steel nie.”

“My slim man!” Die liefl ike vroutjie omhels die bekwame mannetjie. “En dan kan ons die venster oopdraai as dit te warm word!”“En ek is seker dit gaan gou warm word vir my. Die deur lyk swaar.”“Ek het nog ’n goeie plan, “ roep die liefl ike vroutjie uit. “Kom ons haal een van die sitplekke ook

Page 25: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 2525

uit. Dan het jy darem iewers om te sit en rus as die deur te swaar word.”“My slimste vroutjie,” sê die bekwame mannetjie en omhels sy liefl ike vroutjie dankbaar.Binne ’n paar minute stap die tweetjies al langs die rivier af. Die vroutjie al geselsende en die mannetjie met ’n kardeur op sy een skouer en ’n karsitplek op sy ander skouer.

Die mannetjie word nogal gereeld moeg met sy swaar vrag en dan sit hy so ’n bietjie op die karsitplek. Terwyl hulle eenkeer so lekker sit en rus onder ’n koelteboom, kyk hy op na die lug.“Vroutjie,” sê die bekwame mannetjie vies.“Ja, Ska e,” sê sy liefl ike vroutjie ewe vies. “Dit lyk of dit gaan reën.” Hy wys op na bo waar die wolke besig is om die vinnig toe te trek

oor die blou lug. Sy kyk op. “Jy is reg. Ons sal vinnig moet maak om ons nuwe huisie te kry, anders gaan ons papnat word.”

Die bekwame mannetjie tel weer die kardeur en karsitplek op sy skouers en daar gaan die twee. Hulle loop nou heelwat vinniger.Skaars ’n paar treë verder begin dit eers te drup, dan saggies te reën, dan hard te reën, en dan te sous. Hy los die kardeur en karsitplek net daar, en die tweetjies hardloop terug kar toe. Gelukkig het hulle nie so ver gevorder nie en vinnig-vinnig is hulle veilig in hulle kar met een deur en een

sitplek, maar gelukkig met een dak wat die reën weghou.Dit hou aan om ka e en honde te reën. Dan sien die bekwame mannetjie iets wat sy keel laat toetrek.

“Vroutjie,” sê die bekwame mannetjie vreesbevange.“Ja, Ska e,” antwoord sy liefl ike vroutjie ewe vreesbevange. “Die rivier kom af. Dit oorstroom die walle.”

Hulle kyk verslae terwyl die water al ander en nader aan die kar kom.“O aarde. Ons kar kort ’n deur. Die water gaan alles wegspoel,” roep sy.Die water styg so vinnig, kort voor lank lyk dit of hulle met die kar in die middel van die rivier staan. Die water loop nie in die kar in nie. O nee. Die kar begin dryf en die volgende oomblik is hulle, kar en al, besig om stroom-af te dryf op die rivier.Hulle is eers bangerig in hulle vreemde bootjie, maar gou is hulle aan die slaap met die liefl ike vroutjie in die

bekwame mannetjie se arms.Die bekwame mannetjie word eerste wakker toe die son deur die voorruit van die kar skyn. Hy kyk eers verward rond. Hy kan nie glo wat hy sien nie.“Vroutjie!” roep hy verbaas.Sy vroutjie skrik wakker. “Ja, Ska e?” antwoord sy ewe verbaas.“Die rivier het teruggetrek en ons is weer op vaste aarde.”

Sy sit regop en kyk. “Is dit nie ...?” Hy knik. Die rivier het hulle teruggebring en weer by hulle eie huisie neergesit, en dis nie al nie. Die rivierwater het oor die stoep gestroom, regdeur die huisie en by die oop voordeur uit – en al die vuilgoed saamgevat. Hulle huisie is silwerskoon.

“Vroutjie,” roep die bekwame mannetjie selfvoldaan.“Ja, Ska e,” antwoord sy liefl ike vroutjie ewe selfvoldaan. “Ons kan weer in ons eie prag ge houthuisie kom bly .”

Hulle is vreeslik gelukkig. Daar is ’n hoop rommel in die voortuin, maar dit is later se bekommernis. SV

Page 26: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

2626 slingervel november/desember 2019

(Bron: DIE LEWE IN BYBELSE TYE: Lux Verbi.BM. 2001)

Page 27: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 2727

Page 28: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

28 slingervel november/desember 201928 slinge vel novembe /desembe 2019

SkulpiesVir dié van julle wat see toe gaan, hier is iets vir julle!As jy langs die see stap, tel klein skulpies en klippies op – verskillende kleure en groo es.Kies enige inkleurprent. In plaas van om dit in te kleur, gebruik die verskillende kleure om die prent mee te versier!Onthou om die foto en jou naam aan ons te stuur – ons wil dit sien en in die Slingervel plaas!

Op

lossin

g:

Ned

erland

se G

eloo

fsbelyd

enis-

wo

ord

soek

Page 29: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 2929

doen-dit-self!Boks-resies

Hier wil ek regtig kyk hoe kreatief julle is! Wat jy nodig het, is die volgende:

Enige kartonboks, hoe langer hoe beter’n Strooitjie’n Tafeltennisballetjie

Kyk na die prent hieronder. Maak gate aan die bokant en teken ’n resiesbaan.

Nou die wedren: Blaas die balletjie met die strooitjie en kyk wie die vinnigste by die einde kom. As die balletjie afval of in ’n gaatjie val – begin van voor af!Stuur vir ons ’n foto van julle baan, met jou naam!

Page 30: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

3030 slingervel november/desember 2019

Wat kan ek lees?Tannie Susan

Blabey, Aaron (ook illus.). 2019. Moeps die wenner. Rymvertaling uit Engels deur Philip de Vos. Pretoria: Protea Boekhuis. Prys: R150,00. ISBN: 978-1-4853-

1050-1.

Moeps hou van kompetisie-speletjies – op voorwaarde dat hy wen, want hy is ’n slegte verloorder. Al is

Worsie ’n ware vriend wat altyd die minste is en hom laat goed voel en natuurlik wen, waardeer Moeps dit glad nie. Hy is baie selfsugtig en eiegeregtig.

Hy het homself eendag soos ’n ware vark gedra, sy kos vinnig alles opgevreet en per ongeluk tot sy bak ingesluk. Hy was baie benoud en het gedink dit is klaarpraat met hom, maar Worsie het hom gehelp om weer asem te kry – maar toe boemerang die hele poging en Moeps land on-derstebo in die vullisdrom!

Dalk sal hierdie gebeurtenis help om sy ego bietjie te temper en van hom ’n meer besadigde hond te maak. Dalk sal hy Worsie se vriendskap van nou af meer waardeer! Miskien ... maar net die tyd sal leer of hy blywend ten goede verander het!

Moeps en Worsie kruip vinnig in jong lesers se harte. Die kleurvolle illustrasies is skreeusnaaks en dra by tot die humor van die boek. Die rymvertaling is meesterlik ge doen.

Heumann, Monika & Hans-Günter. 2012. Musiekensiklopedie vir kinders: Ontdek die wêreld van

musiek. Geïllustreer deur Andreas Schürmann en vertaal deur Ria Smit. Pretoria: Protea Boekhuis. 190

p. Prys: R180,00. ISBN: 978-1-86919-835-0.

Musiekterme, -instrumente, -geskiedenis, -komponiste en basiese musiekkennis word op ’n interessante

nuwe manier spesiaal vir kinders aangebied. Feitekennis word deur twee maats, Frederik en Klara, ontdek. Hulle vra hulle ouers en ander persone uit oor komponiste, instrumente, musiektegnieke, kunstenaars en vele ander aanverwante sake. Hulle is baie opgewonde oor alles wat hulle leer en ontdek – hierdie entoesiasme werk aansteeklik deur na die lesers. ’n Magdom interessante feite word op ’n bevatlike wyse in die boek ontsluit.

Die inhoud is alfabeties gerangskik en agterin die boek is ’n alfabetiese register. Dit kan geraadpleeg word indien jy die boek as ’n naslaanbron wil gebruik om inligting oor ’n spesifi eke onderwerp te soek, en nie die boek van voor tot agter wil deurlees nie.

Hierdie naslaanwerk vir die hele gesin lees soos ’n vro-like storieboek. Die aanbieding is lewendig en die illustra-sies pragtig – dit behoort enigeen (veral ook kinders) aan te spoor om meer oor musiek in al sy fasette uit te vind.

Hierdie boek is met die Duitse Musiekuitgewersprys in 2000 vereer.

Goscinny, René. 2019. Asterix in Korsika. Illustrasies deur Albert Uderzo. Uit Frans vertaal deur Sonya

van Schalkwyk-Barrois. Pretoria: Protea Boekhuis. 48 p. Prys: R130:00. ISBN: 978-1-4853-1033-4.

(Asterix-reeks, 20.)

Die Galliërs maak gereed vir ’n groot fees op die Her-den kingsdag van Gergovie. Die mans gaan vooraf

gevegte hou teen wie hulle ook al op die lyf loop – ge-woonlik Romeinse patrollies of vestingkampe. Daarna gaan hulle ’n heerlike feesmaal in hulle eie dorpie geniet.Die Romeine vrees hierdie “aanvalle”, want hulle trek ge-woonlik aan die kortste ent. Daarom het die Romeine van Skinkirum besluit om hulle uit hulle vesting te onttrek. Hulle gaan glo maneuvers in die binneland hou, maar dit is net om van die Galliërs weg te vlug!

Net voor die garnisoen van Skinkirum se vertrek, het daar egter ’n belangrike leërowerste met ’n Korsikaanse ge van gene aangekom. Die gevangene is hoofman Ver in-ne wereld kitikitikitix. Die vesting moes hom vir die nag oppas. Die mans van Asterix se dorpie het hulle egter kom oprof en die gevange Korsikaan saam met hulle terugge-neem om by hulle die feesmaal te gaan hou.

Asterix en Obelix het besluit om saam met die Korsikaan (wat deur die Romeine gevang is) na Korsika te gaan om te gaan kyk hoe dit daar lyk. Op pad na Korsika en by Kor sika self het hulle allerlei interessante dinge beleef. Hulle het gehelp om Opsysenuvius se planne omver te werp en het ook teen Julius Caesar se leër geveg.

Asterix-liefhebbers sal ook hierdie skreeusnaakse afl e-wering van Asterix baie geniet. Die taalgebruik en woord-spel is kostelik en weereens ’n treff er!

Walliams, David. 2019. Karre en kroeks. Ill. deur Tony Ross en uit Engels vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Pretoria: Protea Boekhuis. 442 p. Prys: R180,00. ISBN: 978-1-4853-1010-5.

Frank en sy pa, Gilbert, het alleen in ’n woonstel gebly.

Page 31: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

slingervel november/desember 2019 3131

Gilbert was ’n kampioen en geliefde stampkar-renjaer en Frank het hom baie bewonder. Gilbert was ’n goeie pa, wat alles vir sy seun sou doen.

Daar was ’n “onverklaarbare” ongeluk op die renbaan en Gilbert het sy een been verloor en moes toe ’n houtbeen kry. Meneer Groot was ’n soort mafi abaas wat met behulp van sy trawante, Vingers en Duime, ’n soort skrikbewind in die stad gevoer het. Gilbert het hom geld geskuld en as betaling (wat nooit afbetaal kon word nie), moes Gilbert die wegkomkar bestuur toe hulle ’n bank wou beroof. Gilbert is egter deur die polisie gevang en is vir 10 jaar tronk toe gestuur.

Frank moes by tannie Flip, sy pa se tante, gaan bly. Dit was vir Frank ondenkbaar dat sy pa eers oor 10 jaar uit die

tronk sou kom. Hy en tannie Flip het ’n baie dapper, maar gevaarlike plan gemaak om sy pa weer vry te kry en om hom onskuldig te kan laat verklaar.

Sou hierdie gewaagde plan kon slaag en sou hulle dan vir meneer Groot kon uitoorlê en die gesteelde geld terug-kry?

Lesers moet self hierdie spannende verhaal lees om te sien wat is die uiteinde. Walliams se skryfstyl en taal-idioom sal jong lesers geval en die pensketse van Ross sal sorg vir die nodige humor om die spanning te ontlont.

Op die agterblad word die verhaal opgesom as: “’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwin-dende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!” SV

Page 32: iin hierdie uitgawe n hierdie uitgawe22 slingervel november/desember 2019 SLINGERVEL, JAARGANG 61 Nommer 1013, Nov/Des 2019 iin hierdie uitgawe ...n hierdie uitgawe ... 3 Redakteursbrief

3232 slingervel november/desember 2019

Op hierdie dag in Desember

Tannie Maryke

SPOOKASEM7 Desember is as Nasionale Spookasem-dag verklaar in die VSA, maar ek is só mal oor spookasem dat ek dink elke

dag moet Spookasem-dag wees (alhoewel ek dink dat my tande nie sal saamstem nie!).Spookasem is gespinde suiker-lekkergoed wat soos katoen lyk en bevat gewoonlik klein hoeveelhede geur-

middels en voedselkleursel. Hierdie smelt-in-jou-mond lekkerte kry ons meestal by feeste, skoue, karnavalle en sportbyeenkomste – deesdae selfs in winkels – soms op ’n stok, en ander kere weer in ’n plas eksak. Spookasem word wêreldwyd gemaak en verkoop as “fairy fl oss” in Australië en “candy fl oss” in die Verenigde Koninkryk, Ierland, Nieu-Seeland, Egipte, Indië en Sri Lanka. In Amerika praat hulle van “co on candy”. Soortgelyke lekkergoed word gemaak in ander wêrelddele, soos byvoorbeeld die Indiese sohan papdi (gewoonlik in die vorm van ’n blokkie of vlokkies met ’n bros, skilferag ge tekstuur) en die Persiese pashmak (met ’n eff ens digter tekstuur soos wol).

Verskeie plekke beweer dat hulle eerste was om spookasem te maak, alhoewel sommige bronne terugwys na ’n vorm van gespinde suiker wat in die 19de eeu in Europa gevind is. Ander bronne stel weer voor dat weergawes van gespinde suiker reeds in die 15de eeu in Italië ontstaan het. Destyds was gespinde suiker baie duur, omdat dit reg g moeilik was om te maak en baie tyd in beslag geneem het. Daarom was dit nie algemeen vir gewone mense beskikbaar nie.

Masjiengespinde spookasem is in 1897 deur die tandarts, William Morrison en die lekkergoedvervaardiger, John C Wharton uitgevind (dis is nogal snaaks om te dink dat ’n tandarts hierdie supersoet lekkerny help skep het!). Dit is vir die eerste keer aan ’n groot skare op die 1904 Wêreldskou as “feetjievlos” bekendgestel en daar is 68 655 bokse daarvan teen 25¢ per spookasem verkoop (gelykstaande aan ongeveer R100 per spookasem in vandag se geld!). Joseph Lascaux, ’n tandarts (nóg ’n tandarts!) uit New Orleans, het ’n soortgelyke masjien uitgevind in 1921. In werklikheid het die Lascaux-patent dit “katoenlekkergoed” genoem, en die naam “feetjievlos” het verdwyn, hoewel hierdie naam behoue gebly het in Australië. In die 1970’s is ’n outoma ese spookasem-masjien geskep wat die produk vervaardig en verpak het. Dit het dit later makliker gemaak om spookasem te produseer en beskikbaar te stel by karnavalle, feeste en in winkels.

Tipiese masjiene wat vandag vir die vervaardiging van spookasem gebruik word, het ’n spinkop met ’n bakkie wat ’n klein bietjie suiker op ’n slag bevat en waarin daar dan ’n hoeveelheid gekorrelde, gekleurde suiker gestort word. Verhi ers naby die rand van die spinkop smelt die suiker tot ’n vloeistof terwyl dit baie vinnig in die rondte draai en deur piepklein gaatjies geforseer word. Nou koel die suiker baie vinnig af soos dit aan die lug blootgestel word en stol in fyn stringetjies. Hierdie stringetjies versamel in ’n groot bak, wat die spinkop heeltemal omring, en word deur die masjienoperateur opgevang deur ’n stok om die rand van die bak te draai en die suikerstringe so stuk-stuk te versamel. Oorspronklik was spookasem net wit, maar nou is dit in ’n groot verskeidenheid kleure en geure beskikbaar.

Vandag is spookasem nog steeds dieselfde lek-ker ny as wat oor die jare heen regoor die wêreld geniet is. Niks aan die oorspronklike produk het ver ander nie. Die enigste vooruitgang wat deur die afgelope jare gemaak is, is massaproduksie, die op gra dering van masjiene en toerus ng, en nuwe kleure en geure. Dit is boonop ongeloofl ik om te dink dat die ENIGSTE bestanddeel van hierdie beto-werende, ragfyn lekkerte slegs SUIKER is! SV