in die wiel van jou lewe is god die as waarom alles draai 9.pdf · ons heer en verlosser en ongeag...

14
1 og ‘n jaar staan einde se kant toe. Vir party van ons, ‘n jaar van vreugdes en vrede vir ander hartseer, siekte en swaarkry. Net voor die jaar sy einde maak, staan ons stil by ‘n baie spesiale dag waarop ons terug dink aan die gebeure van ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser, Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors, Immanuel, God met ons, Jesus , dan vind ons vertroosting en vrede in Sy arms. Mag elkeen van ons in hierdie tyd ‘n baie spesiale verhouding en vrede beleef in Sy teenwoordigheid. Seënwense aan almal. Van die Trompet In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai Matriekdiens 18 Okt 2013 – Ds H Groenewald or ‘n paar maande van nou af gaan jy met groot opgewondenheid die pad uit Groblersdal neem na ‘n nuwe fase in jou lewe en die groot vraag is:Watter pad gaan jy vat en waarom gaan die wiele van jou lewe draai. Op hierdie pad gaan jy agterkom dat jy eintlik nog onder konstruksie is en dat God saam met jou die pad bou en in Fil 1:6 belowe Hy dat die goeie werk wat Hy in jou begin het, enduit sal klaarmaak tot op die dag wanneer Jesus Christus kom. Op hierdie pad gaan dit nie meer oor wat is reg of verkeerd nie,want dit weet jy lankal,maar dit gaan oor wie jy saamneem en wat jy in jou tassie pak wat die verskil gaan maak of God die as van jou wiel gaan wees waarom jou lewe draai en of jy die as van jou wiel is waarom jou lewe draai. God het ‘n plan vir jou lewe en Sy manier om jou by Sy plan te hou is juis deur die bybel, jou verhoudings, jou geestelike wortels, jou visie of droom wat Hy vir jou het en dat jy Sy gestuurde in Sy wêreld is. Onthou die verhoudings wat tot nou toe die verskil in jou lewe gemaak het en wees gereed om nuwe verhoudings te begin met ander kinders van God wat Hy op jou pad sal stuur. Daar is baie dinge en mense wat volgende jaar jou uitsig op God kan versteur – maak dat jy God nie raaksien nie en maak dat jy nie Sy kleur soos ‘n prisma deur jou lewe weerkaats nie. Dit kan dinge of omstandighede of verhoudings wees. Binne die eerste drie maande gaan jou verstand en jou menswees groot spronge van ontwikkeling maak. Die hoeveelheid werk wat jy nou hanteer gaan verdriedubbel. Jou sosiale lewe gaan baie besiger raak en jou akademie/werk gaan meer raak. Jy gaan met baie ander mense se gedrag en idees te doen kry. Gaan God nog dieselfde plek en tyd in jou lewe inneem of dalk nog meer? Dit kan ook gebeur dat jou visie en God se visie nie dieselfde oormekaar is nie maar oorvleuel en die indruk skep dat jy binne God se wil is. Dit kan dubbelvisie veroorsaak wat vererger kan word deur probleme en slegte omstandighede wat vir jou wolke van vertroebeling of weerkaatsing kan wees. Hoe jy reageer en dit hanteer bepaal jou uitsig – sit jy in die hoekie van jammerte of maak dit jou sterker en meer gemotiveerd . God is die as waarom jou lewe draai en nie jy nie. God is nie maar net ‘n deel van jou lewe ,wat jy kan aan en afskakel soos nodig nie. Alles in jou lewe moet vas wees aan God soos die speke aan die as vas is,dan lewe jy gebalanseerd en veilig in die sirkel N O GRATIS Uitgawe Nr 9 November 2013 Tel : 013 262 3381/4114

Upload: others

Post on 19-Oct-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

1  

       

og ‘n jaar staan einde se kant toe.  Vir party van ons, ‘n jaar van vreugdes en vrede vir ander hartseer, siekte en swaarkry. 

Net voor die jaar sy einde maak, staan ons stil by ‘n baie spesiale dag waarop ons terug dink aan die gebeure van ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser, Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors, Immanuel, God met ons, Jesus , dan vind ons vertroosting en vrede in Sy arms.  Mag elkeen van ons in hierdie tyd ‘n baie spesiale verhouding en vrede beleef in Sy teenwoordigheid.  Seënwense aan almal. Van die Trompet 

In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai Matriekdiens 18 Okt 2013 – Ds H Groenewald

or  ‘n paar maande van nou af gaan  jy met groot opgewondenheid  die  pad  uit  Groblersdal  neem na  ‘n  nuwe  fase  in  jou  lewe  en  die  groot  vraag 

is:Watter pad  gaan  jy  vat  en waarom  gaan die wiele van  jou  lewe draai. Op hierdie pad gaan  jy agterkom dat jy eintlik nog onder konstruksie is en dat God saam met  jou die pad bou  en  in  Fil 1:6 belowe Hy dat die goeie  werk  wat  Hy  in  jou  begin  het,  enduit  sal klaarmaak  tot  op  die  dag wanneer  Jesus  Christus kom. Op hierdie pad gaan dit nie meer oor wat  is reg of verkeerd nie,want dit weet jy lankal,maar dit gaan oor wie  jy saamneem en wat  jy  in  jou  tassie pak wat die verskil gaan maak of God die as van jou wiel gaan wees waarom jou lewe draai en of jy die as van  jou wiel  is waarom  jou  lewe draai. God het  ‘n plan  vir  jou  lewe en  Sy manier om  jou by  Sy plan  te hou  is  juis  deur  die  bybel,  jou  verhoudings,  jou 

geestelike wortels,  jou visie of droom  wat  Hy  vir  jou  het  en dat  jy  Sy  gestuurde  in  Sy wêreld  is.  Onthou  die verhoudings  wat  tot  nou  toe die verskil  in  jou  lewe gemaak 

het  en wees  gereed  om  nuwe  verhoudings  te  begin met  ander  kinders  van  God  wat  Hy  op  jou  pad  sal stuur. Daar  is baie dinge en mense wat volgende  jaar jou uitsig op God kan versteur – maak dat  jy God nie 

raaksien nie en maak dat jy nie Sy kleur soos ‘n prisma deur jou lewe weerkaats nie.  Dit kan dinge of omstandighede of verhoudings  wees. Binne die eerste drie maande gaan jou verstand en jou menswees groot spronge van ontwikkeling maak. Die hoeveelheid  werk  wat  jy  nou  hanteer  gaan verdriedubbel. Jou sosiale lewe gaan baie besiger raak 

en  jou  akademie/werk  gaan meer  raak.  Jy  gaan  met  baie ander mense  se gedrag en  idees te  doen  kry.  Gaan  God  nog dieselfde plek en tyd  in  jou  lewe inneem  of  dalk  nog  meer?  Dit kan  ook  gebeur  dat  jou  visie  en 

God  se  visie  nie  dieselfde  oormekaar  is  nie  maar oorvleuel en die indruk skep dat jy binne God se wil is. Dit kan dubbelvisie veroorsaak wat vererger kan word deur  probleme  en  slegte  omstandighede wat  vir  jou wolke  van  vertroebeling  of  weerkaatsing  kan  wees. Hoe jy reageer en dit hanteer bepaal jou uitsig – sit jy in die hoekie van jammerte of maak dit jou sterker en meer  gemotiveerd  .  God  is  die  as waarom  jou  lewe draai en nie jy nie. God is nie maar net ‘n deel  van  jou  lewe  ,wat  jy  kan  aan  en afskakel  soos  nodig  nie.  Alles  in  jou lewe moet vas wees aan God soos die speke  aan  die  as  vas  is,dan  lewe  jy gebalanseerd    en  veilig  in  die  sirkel 

N

O

 GRATIS                                                                                   Uitgawe Nr  9       ‐  November 2013                                                  Tel : 013 262 3381/4114

Page 2: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

2  

NG GEMEENTE GROBLERSDALTEMA VIR 2014 

 1ste KWARTAAL 

Kom maak ‘n verskil deur Christus wat jou krag gee. Fil 4 : 13 

 2de KWARTAAL 

Kom maak ‘n verskil deur bly te wees om die Here saam te aanbid.  PS 122:1 

 3de KWARTAAL 

Kom maak ‘n verskil waar ek en my huis die Here dien. Jes 24: 15 

 4de KWARTAAL 

Kom maak ‘n verskil deur die kindertjies na Jesus te bring. 

Mat 19: 14 

van God waar God die middelpunt bly.   

WAT GEBEUR IN ONS GEMEENTE …..2014 

 JANUARIE – TOEWYDINGSTYD 19  Belydenisaflegging 26  NAGMAAL  FEBRUARIE – TOEWYDINGSTYD 2 – 5  Week van gebed – Ds Johan Koen 10 – 12 Kinderweek 14 – 16 Kinderkamp  MAART – LYDENSTYD 2DE  Jeugdiens  APRIL – LYDENSTYD 13  Paassangdiens – Mpumalangs Jeugkoor 18  NAGMAAL 20  Paas Sondag 30  Fietstoer  MEI – PINKSTER TYD 1‐3  Fietstoer 26 – 28 Kinderweek 30 – 31 Kinderkamp  JUNIE – PINKSTERTYD 1 – 5  Pinkster  ‐ Ds James Kleynveld 8   Pinkster NAGMAAL  JULIE – KONINGKRYKSTYD  AUGUSTUS – KONINGKRYKSTYD 1 – 2  Basaar 31  NAGMAAL  SEPTEMBER – OMGEWINGSTYD 7  Jeugdiens 12 – 14 Graad 10 Uitreik 28  Kinderdiens  OKTOBER – ADVENTSTYD 5 – 8  Ecofaktkamp 17 – 19 Graad 11 Uitreik kamp 26  Hervormingsfees  NOVEMBER – ADVENTSTYD 2  NAGMAAL 23  Kerssangdiens 28 – 30 Skoolverwisselingskamp  DESEMBER – KERSTYD 1 – 4  Skoolverwisselingskamp 16  Geloftedag 25  Kersfeesdiens 

WAT HET GEBEUR IN ONS GEMEENTE …..2013 

MEEGEVOEL: Miemie Whitehorn se moeder; Lesley Ferreira se moeder; Oud inwoner – Oom Hennie Heymans; Oud inwoner – tannie Florrie Redinger; Oud inwoner – Dirk Hoffman; Tjaart vd Walt se vader en suster se skoonvader; Saria Joubert se vader en moeder; Marietjie Wentzel se moeder; Elize Bezuidenhout se vader; Anna-Marie Lidderd se broerskind; Tannie Cecille Luus se eggenoot; Rina vd Westhuizen se vader; Susan Viljoen se broerskind; Ansie Blignaut se eggenoot; Alta Coetzer se vader; Elize Bezuidenhout (snr) se broer; Noël en Elsabe Hodgkinson se skoonseun; Maritz en Stoffberg – Carina Maritz. GEBOORTES IN DIE GEMEENTE: Jaco en Cindy Marais : seuntjie Ds Etsebeth en Mariaan : kleindogter Willie en Lana Blignaut : kleinseun Ferdie en Rykie Bouwer : dogtertjie Albert en Carla vd Berg : dogtertjie Zander en Mari Doubell : seuntjie DOOPGELEENTHEDE: Edunette en Benjamin Kriel Melike Lourens Lian Kirchner Izanie Bouwer Lerine van den Berg Tanny-Ann Lampbrecht Gideon Hough (snr) Gideon Hough (jnr) Petrus Albertus, Asleigh Isobel, Christine-Lee van Eeden Marnis Daniell Doubell

Page 3: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

3  

11 OKTOBER 2013 – VRYDAG – 10H15 Ons vertrek vanaf die NG Kerk Groblersdal na Hazyview met 16 kinders vir ‘n Uitreik- en Avontuurnaweek. Vir sommiges net nog ‘n kerk uitstappie, vir ander ‘n onvergeetlike belewenis. Die drie en ‘n halfuur rit tot by ons blyplek is voorspoedig. Ons laai ons tasse af en vertrek na

Bosbokrand waar ons by ‘n voedingsprojek stop. Ons deel ons tyd met ‘n groep dankbare kinders, sowel as ‘n paar volwassenes wat met groot glimlagte mee doen.

“Ek het die kamp ervaar as ‘n lewensles en belewenis. Vrydag toe ons met die minder bevoorregtes speel, en hul leer van ons God, het ek net weereens besef dat ons meer het as hulle en dat ons moet teruggee aan die gemeenskap.”

“Ek het weereens besef hoe bevoorreg ek is, en hoe dankbaar ek kan wees vir dit wat ek het. Dit het my ook laat besef hoeveel mense in die wereld nie regtig weet wie God werklik is nie.”

“Ek het ‘n bly gevoel gekry dat ek hulle iets kon leer.”

“Dit was lekker om met die kinders te speel en hul te sien glimlag.”

“Dis lekker om die kinders te kan laat glimlag.”

“Ons het vriende gemaak, al was dit net vir ‘n paar uur.”

“Ek het lanklaas soveel glimlagte so spontaan gesien.”

Dit was lekker om te sien hoe ons kinders spontaan met ‘n ander groep kan meng, deel en speel. Om Jesus Liefde uit te deel aan ander, was voorwaar ‘n voorreg. Vrydagaand was daar geswem en gespeel, maar ook saam gebid, gesels en geluister.

12 OKTOBER 2013 – SATERDAG Ons het lekker saam geëet. Daarna het ons vertrek om die rivier aan te durf. Na deeglike inligting van al die ‘moets en moenies’, het ons twee-twee die rivier ingegaan.

“Die roei was ‘n goeie ervaring. Om deur die natuur te roei en God se wonderlike skepping so te sien. Dit het jou ook geleer om na ander te luister, so ook vir God te luister.”

“Die ‘riverrafting’ het my geleer om meer geduld te he in die lewe en dat alle goeie dinge voor gewag moet word. Ek het my

maat- wie ek gedink het ek ken, beter leer ken!”

“Die ‘riverrafting’ was die beste!” “Tydens die 3 ure op die rivier, kon ons

Jesus se handewerk sien in die natuur.” “Dit was ‘n AMAZING ERVARING GEWEES!”

Saterdagmiddag na nog ‘n lekker “Basie en Penny-ete”, het ons vertrek om te gaan ‘Zipline’. Die gewag om af te gaan was beslis die moeite werd! “”Superman was baie gewild, terwyl ander sommer net wild was!

“Die Zipline was nogal scary, veral toe die ou jou so optel en die kinders daar onder, lyk soos miere.”

“Die Zipline was nogal scary, maar ons het geleer al is ons bang vir die onbekende is die

Here altyd daar vir jou en sal jy nooit verlore gaan nie.

Saterdagmiddag het ons geslaap, gespeel, gepraat en gekuier.

GRAAD 10 UITREIK-KAMP 2013: Hayzyview Koos de Wet

Page 4: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

4  

13 OKTOBER – SONDAG Sondagoggend was regtig ‘n belewenis. ‘n Mistige en reënerige dag, het ons begroet en met vol magies en water het ons die 10 km stap aangedurf. Wat ‘n groot voorreg was dit nie! Alleen, elkeen met sy/haar eie gedagtes, het die strepie mense in enkelgelid - deur bome, oor klippe en stompe, al langs die rivier op gekronkel. Mooier natuurtonele kon jy jouself nie voorstel nie. Wat ‘n voorreg! Stiltetyd in die natuur was wonderlik.

Met ons terugkeer by die gastehuis is vinnig ‘n laaste keer weer ‘n “Basie en Penny-fees” geëet, en toe is die lang pad terug Groblersdal toe, aangepak. Ons het Sondagmiddag 16H15 veilig teruggekom in Groblersdal.

Vir baie van die kinders was dit ‘n belewenis om saam met maats die onbekende te doen. Waardering is uitgespreek en getuienisse is gelewer. Die graad 10 klas van 2013 is voorwaar ‘n mooi groep kinders. Groot dinge in die lewe lê vir hul voor. Ons as gemeente en ouers moet ons kinders oppas, en hul met die regte voorbeeld lei. Dank aan die gemeente wat ons toelaat om sulke ervarings soos hierdie naweek, aan ons kinders te kan gee. Groetnis

Page 5: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

5  

ONS KATEGESE….. ‘n Dankwoord (Charles Hertzog) Graag wil ek as Jeugouderling dankie sê aan al die Kategete vir hulle bydraes wat ek glo ‘n verskil maak in die geestelike lewens van die kinders en dat die kinders net verder kan bou want dié saadjie is gesaai. Graag wil ek die ouers ook nooi om te help bou aan nog ‘n kind vir Christus.

Dankie aan ons seketaresse vir haar aandeel rondom die kategese om dit vlot te laat verloop, sonder jou deel sal ons maar sukkel, dankie, ons waardeer dit opreg. Dankie aan die mense wat help met die kampe se reëlings, vervoer en kosmaak, dankie vir julle bydraes om ‘n verskil te maak en ‘n kind se lewe want van die kinders het jare later al getuig dat van die kampe ‘n verskil in hulle lewens en huwelik maak, dankie aan julle ook.

‘n Groot dank aan Ds Hendrik wat baie tyd, energie en opofferings maak om die JEUG geestelik meer ryp te maak vir die wêreld daar buite, mag jy vreugde ervaar in dit wat jy doen dominee en God se rykste seën ervaar in jou werk.

Ons Junior Kategese Graad 1, 2 en 3 se werk het vanjaar oor GOD SE PLAN MET JOU LEWE gehandel, wat strek van die skepping tot by Jesus se geboorte en eindig op Golgota waar HY die prys betaal vir ons sonde en dat HY die enigste verlosser is waarin ons kan glo. Dit word geillustreer met verhale in die Bybel wat met knip en plak gedoen word asook bord spelletjies om dit maklik te verstaan en wat ons kleingoed baie geniet. Dankie aan ons kategete se geduld en tyd, ons waardeer dit opreg en glo God sal julle handewerk seën. (Foto: Gr 3 klas – Rentia de Wet en haar kinders)

ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS – NYLSTROOM (Leslie Ferreira) Taaibos is 'n huis wat deel maak van 'n paar huise wat kinders huisves wat nie die voorreg het om by hulle ouers groot te word nie. Taaibos bestaan uit 8 baie oulike seuns aan wie ons as gemeente finaniële bystand, verleen. Een van die hoogtepunte vir die seuns is, die kinderkampe by Kruisrivier. Daar kry hullle die geleentheid om saam met al die kinders te kuier en al vreugdes te geniet wat kruisrivier bied. Omdat die staat slegs net 'n gedeelte van die onkostes dek, is daar kerfees nie ekstra geld vir geskenke nie. Vir die rede het ons besluit on die seuns te bederf met 'n uitstappie na die Kolonade inkopie sentrum in Pretoria. Hier sal ons vir hulle 'n geskenkbewys oorhandig, en vir die seuns die geleentheid gee om self iets te koop vir kerfees. Met die warm gedagte in die hart, sluit ek af deur elkeen te bedank wat 'n skenking gegee het, hetsy donsaie, speelgoed of klere of kos(vrugte). Dit beteken so baie vir die seuns en word opreg waardeer. Liefde in Christus

Page 6: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

6  

Ons het ‘n baie interessante jaar sover gehad: Afgeskop met die Belydenis aflegging, kuiermiddae een keer per maand met verskillende maandtema’s, Craft Share groep se vlytige/kunstige hande en Sparstalletjies se verkope as fondsinsameling. Dit was ook ons beurt om die matriek-jaar-enddiens hierdie jaar aan te bied en na afloop van Ds. Hendrik se preek het ons hulle onthaal in die saal. Elke Donderdag van die skoolkwartale is aan 30 kinders voedsel voorsien. Vir hierdie voedingsprojek se ruimhartige fondsvoorsiening, deur sommige van ons gemeente lede, is ons baie dankbaar. ‘n Suksesvolle Vrouebiddag is aangebied, wat baie goed bygewoon en verteenwoordig was deur die dames van ons kerk en al die ander kerke in Groblersdal. Die basaar was ook ‘n reuse sukses en al ons vonkelvroue het hulle kant gebring. O ja, ek moet ook sê party van die vonkelvroue se mans vonkel ook lekker saam…..Baie dankie ook vir die vonkelmanne wat hulle vrouens help. Ongelukkig het ons ook ‘n paar begrafnisse gehad waartydens ons tee en broodjies verskaf het. ‘n YSLIKE GROOT dankie aan al die dames wat my help dek, borde pak, teeskink en sap aanmaak. Júlle is staatmakers. Ek wil net vir al die vroue lidmate sê baie dankie vir al jul hulp die jaar sover: met die belydenisaflegging, toewydingsweek en Pinksterdiens, ds Jannie se afskeid se eetgoed, maak van broodjies, elkeen wat Sondae ‘n koppie tee geskink het, versorging

van die kombuis en spens, verfraaiing van en blomme in die kerk, druk van maandblaaie, finansies van die vrouebediening, sms’e…… Dan moet ek ook dankie sê vir elke voorskoolse-, laerskool - en hoërskoolleerling wat ons kuiermiddae kom opvrolik het. Elke man en dame wat ‘n bydrae gelewer het tydens die middae, hetsy getuienis, voorlesing, lesing of as kunstenaar….sonder julle kon die middae nie gebeur nie. Daar is definitief ‘n oplewing aan die gebeur met ons vrouelidmate!

Ek dank die Vader vir sy krag wat hy elke dag vir my gee om die Vrouebediening in die gemeente aan die gang te hou en ook vir die diengroepbestuurslede en wonderlike vrouelidmate wat my ondersteun in alles wat ek doen. Menings opname: Daar bestaan blykbaar nog steeds ‘n persepsie onder die vroue in die gemeente dat die Vrouebediening ‘n geslote groep is wat nie baie toeganklik is nie, maar as jy vroulik is, is jy deel van dié diensgroep, ongeag jou ouderdom… Dit is vir ons as Vrouebediening belangrik om ‘n diens aan die gemeente te lewer, maar wil dit slegs doen indien dit aan die behoeftes van die gemeente voldoen. Ek doen dus ‘n beroep op alle lede van die gemeente om u mening in hierdie verband per epos met my te kommunikeer by [email protected] en aan te dui wat u verander wil hê om betrokke te kan wees en wat verlang u van die kuiermiddae. Ek waardeer u moeite. Hoop elkeen van u het ‘n heerlike Kersseisoen saam met u geliefdes en keer uitgerus terug, sodat ons die nuwe jaar met ywer kan aanpak.

Esther Dempsey

Ons klein mensies….. Ek wil net die volgende met die gemeente deel. Op Sondag, 10 Nov het die diakens soos gewoonlik die kollekte in ‘n banksakkie geplaas vir die kantoor tannies om te tel en te bank. Groot was ons verbasing toe klein Clarinda op ‘n stoel klim en ywerig help om die geld in ‘n banksakkie te sit. Ondanks al ouma Lesley se vermanings dat haar mamma en pappa vir haar buite wag, het sy eers gehelp tot al die geld mooi gebêre was, voordat sy van die stoel afgeklim  het. Dit wys net ‘n mens is nooit te klein om te help waar hulp nodig is nie. Groete  ‐  Diakens 

Page 7: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

7  

s ek tussen mense in ons dorp deur beweeg dan hoor ek van hulle sê dat Geloftedag ‘n rassistiese

dag is en dat dit aanstoot gee teenoor sekere mense. Ander sê weer dat dit ‘n klein groepie mense in die verlede ‘n gelofte aan God gedoen het toe hulle in die moeilikheid was en dit is hulle saak dit het niks met my te doen nie. Die groot vraag is wie moet Geloftedag vier?? As ons terugkyk na die gebeure rondom 1838 en ons staan stil by Moordspruit, Bloukrans en Weenen en ons kom by Bloedrivier en wat alles daar gebeur het, dan kan ons nie anders as tot die gevolg te kom dat die wonderwerke wat daar plaasgevind het ‘n direkte ingryping van die Heilige God was in die lewens van hierdie mense nie. Selfs mense van buite wat nie betrokkenheid by die gebeure gehad het nie en militêre ontleeders sal erken dat daar wonderwerke plaasgevind het. Bloedrivier gaan om God, Sy Eer en Sy mense wat in veroormoediging voor Hom gekniel het. Bloedrivier gaan oor die oorwinning van Lig oor duisternis. By Bloedrivier het God die mense gehelp alleenlik omdat hulle die draers van Sy Evangelie was. Bloedrivier gaan oor GOD.

Die vraag bly staan: WIE MOET GELOFTEDAG VIER?? As jy ‘n draer van die Evangelie van Jesus Christus is, dan is jy gebind tot die Gelofte van 16 Desember 1838. Dit maak nie saak aan watter taal of aan watter volksgroep jy behoort nie. As jy ‘n lewende verhouding met Jesus Christus het en ‘n draer van Sy Evangelie is dan is die gelofte vir jou van toepassing want Bloedrivier gaan oor God. ‘n Ander vraag is WAT BETEKEN BLOEDRIVIER vir my en vir die jong mense van vandag?? Liewe jongmens as jy terugkyk na die gebeure by Bloedrivier en jy sien al die wonderwerke wat daar gebeur het en jy staan in verwondering daaroor, dan moet jy vir seker weet dat jy ‘n draer van die Evangelie van Jesus Christus is en jy het, ‘n lewende verhouding met Hom en in die loop van jou lewe kom jy voor jou eie Bloedrivier te staan en alles lyk vir jou donker en jy weet nie waarheen of hoe nou nie, en jy verootmoedig jou voor die Here soos Sarel Cilliers van ouds, dan sal die Almagtige God van Bloedrivier ook wonderwerke vir jou laat gebeur en vir jou die oorwinning gee en sal daar vir jou uitkoms wees. As jy nie ‘n draer van die Evangelie van Jesus Christus is nie dan kan jy maar by Gelofte dag verby gaan, want dan het dit geen betekenis vir jou nie.

GEBED VIR 2014 k kan kwalik dink aan ‘n beter manier om die nuwe jaar te begin as om in gebed tot God te nader. Besluit dan self of jy deel wil wees van die groep wat soos volg tot God bid: Grote en Almagtige God, in nederige afhanklikheid buig ons voor U aan die begin van hierdie nuwe jaar. Ons sidder as ons daaraan dink dat ons die pad alleen wou aandurf. Ons

weet nie wat vir ons voorlê nie, maar ons weet wel dat dit dwaasheid sal wees om in eie krag voort te gaan. Ons sal die uitdagings nie alleen kan aanpak nie; ons sal die moontlike mislukkings en teleurstellings nie alleen kan verwerk nie; ons sal die versoekings nie in eie krag kan weerstaan nie; ons sal die opdrag om God bo alles lief te hê en ons naaste soos onsself, nie kan nakom nie en omdat ons dit alles weet, wil ons soos ‘n Moses van ouds, sê: “As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie van hier laat wegtrek nie.”(Eks 33:15) Here, U het vir Moses “ja”gesê. Wil U nie ook maar vir ons “ja”sê sodat die mense wat nie in U glo nie, kan sien dat ons ‘n lewende verhouding met U het nie? Ons weet dat U vir ons U woord gegee het om die pad vir ons aan te dui en dit is wonderlik so. Maar, Here, mag ons nog meer van U vra. Ons vra dat Uself deur die inwoning van U Gees met ons sal stap sodat ons nooit alleen hoef te voel nie. Ons weet dat U teenwoordigheid vir ons die donker sal lig maak; die juk sag en die res een groot vreugde. Maak ons elke dag gehoorsaam aan U wil; vas aan die waarheid en getrou in die uitvoering van elke dag se taak. En, Here, as die jaar dalk ons laaste jaar op hierdie aarde is, gee dat dit ons mooiste jaar sal wees. Maak ons gereed om ons God enige oomblik te ontmoet. Ons vra dit in die mooiste naam wat ons ken – Jesus Christus, ons Verlosser. Amen”

A

E

GELOFTEDAG – 16 DESEMBER

GELOFTE  ‐  1838Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om ‘n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee,  ons dié dag en datum elke jaar as dankdag soos ‘n Sabbat sal deurbring,  

en dat ons ‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag,  en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel 

tot nagedagtenis ook virdie opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem 

 en die eer van oorwinning aan Hom te gee. 

Page 8: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

8  

‘n Tiende……(Uit: Die Vryburger) 

Mag ’n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie! Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ’n oorvloedige seën sal uitstort nie. Maleagi 3:8-10

k wonder hoeveel volksgenote kry hul salaris, haal hul tiende uit en begroot dan vir die maand? Die meeste betaal geen dankoffer nie, of betaal ‘n paar rand elke paar maande. Sommige sê: Ek sal die Here dien met my tyd asof die Here jou die opsie gee om te kies watter manier gerieflik is vir jou om Hom te

dien! Ek wil in elk geval sien wie ‘n tiende van sy tyd gee, meer as twee ure per dag! Vir meeste is een uur per week al te veel gevra! Wat is u maandelikse bydrae? Is dit minder as R700. Indien wel, het u DSTV? Die premium pakket van DSTV kos amper R700. Het u dan meer om uit te gee op DSTV as aan die Here? Dit is maar een goeie toets van prioriteite! Die Here sê: Bring die hele tiende na die skathuis en Hy voeg by: Beproef My hierin, of Ek jou nie sal seën nie! Alles wat ons kry kom van Hom af! Hoe is dit moontlik dat ons nie ‘n tiende kan teruggee nie!

As jy dit wel doen, sal Hy jou seën, nie noodwendig met rykdom nie, maar Hy sal jou onderhou. Toets Hom hierin, neem die geloofstap en jy sal verstom staan hoe Hy jou onderhou!

GEBREKE Lees ROM 15: 1-7 (Die Boodskap vertaling) “Dié van ons wie se geloof sterk is, het ‘n plig teenoor ander Christene wie se geloof nog nie so sterk is nie. Ons moet hulle aanvaar en hulle bystaan. Geloof gaan tog nie net oor onsself nie. Ons kan nie net daardie dinge doen wat onsself gelukkig maak sonder om te vra hoe ander gelowiges daaroor voel nie” Eenjaar, met die gemeente se jaarlikse Kinderbybelskool vertel Robert Morgan in sy Stories, Illustrations and Quotes, is daar een van die oggende, net voor die klas sou verdaag, ‘n seun ingebring wat net een arm het. Die leraarsvrou, wat die klas lei, skrik vir die oomblik want sy is bang een van die kinders maak ‘n opmerking oor die seun se gebrek. Sy besluit om die klas af te sluit en dan met die seun te gesels en te hoor wat met hom gebeur het, sodat sy dit met die volgende dag se klas vir die ander kinders kan vertel. “Goed kinders, “sê sy, “ons bou nou ons kerk. Hier is die toring en hier is die deure wat oop staan.” Hulle gewoonte was om by die klas se afsluiting elkeen, hulle twee hande se vingers styf te maak en dan die vingerpunte teen mekaar te druk en so die kerk se skuins dak te vorm.

Die middelvingers maak die toring, die twee duime teen mekaar is die deure. Hulle vou die duime binne toe om die oop deure van die kerk te demonstreer. Sy druk haar twee hande se vingerpunte teen mekaar. Op daardie

oomblik besef sy, sy stel nou die nuwe seun, met net die een arm juis in die verleentheid wat sy bang was een van die klas hom sou aandoen. Maar dit is nou te

laat om die situasie te red. Sy het egter verniet geskrik, Een van die dogters, wat langs die seun, aan sy afarmkant sit, sit haar regterarm om sy lyf, hou haar linker, styfgemaakte hand op na hom toe en sê: “kom ons twee maak saam die kerk.” Hy begryp dit en lig sy gesonde regterhand op, maak sy vingers styf en druk die punte teen haar linkerhand se vingerpunte en so vorm hulle toe saam die kerk. En dit, het die vrou later vertel, was vir haar ‘n demonstrasie van ware kerkbou. Die sterke, wat instaan vir die swakke.

E

DIS BAIE DIERBAAR Dis Kersoggend en die leraar is vroeg by die kerk om seker te maak dat alles reg is vir sy Kersdiens ….  Helaas die krip is leeg! Hy vra rond tussen die mense wie die pop kon vat wat die Kind moes uitbeeld. Iemand sê dat hulle Jannie, die koster se seuntjie vroeër om die hoek sien verdwyn het met iets in ‘n kombersie toegedraai. Hy stap oor die pad na die huis van die koster en klop aan. Die vader vertel hom toe dat Jannie en sy maats reeds vroeg weg is na die parkie waar hy met sy nuwe fiets gaan spog het. Die leraar stap verder die straat af na die park. Van ver af sien hy reeds vir Jannie ry met die fiets en iets agter op die fiets vasgemaak in ‘n babakombers. Hy roep Jannie nader en sien dat dit wel die pop is wat die Kind in die krip moet uitbeeld en hy vra vir die  seuntjie waarom hy die pop gevat het. Die outjie sê toe: “Oom dominee ek het gebid vir ‘n nuwe fiets en het Jesus belowe dat  as ek dit sou kry, hy die eerste ‘ride’op my fiets sou kry, daarom moes ek Hom vanoggend gou leen om my  belofte na te kom.” Die verteller hiervan is onbekend maar wat maak dit saak …. laat elkeen van ons  ook ons beloftes aan die Kind nakom die Kersfees.

Page 9: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

9  

MY NEGE KIERIES…..

an agt van my nege kieries is daar ‘n geskiedenis verbonde, en dit bring mooi herinneringe in my gedagtes op.

Maar my hartskierie is vir my baie spesiaal – as hy meer sou breek as in die afgelope 33 jaar, sal ek hom las en las tot hy lyk soos ek! Gedurende die bosoorlog in die destydse Rhodesië het ‘n paar van ons manne daarver noord op Rhodesië en Malawi se grens, diens gedoen. Daar het ek ‘n mooi hout raakgeloop waaraan ‘n rankplant in ‘n spiraalvorm omgegroei het. Ek het gedink dat dit vorentoe ‘n mooi kierie kan word. Dit was toe ook so; nadat die bas af was, het die spiraal van die rankplant op die hout gebly en was dit my kierie. Ongelukkig het omtrent een derde van die kierie afgebreek toe ek ‘n koei wat my gestorm het, moes tik omdat ek nie vinnige genoeg kon weghardloop nie. Ek wou maar net kyk of haar ou mooi pasgebore kalfie ‘n bulletjie of versie is! Die deel wat afgebreek het, het ek met ‘n stuk sekelboshout van ons plaas, Varkenskraal, waar ons nou al 33 jaar boer, met ‘n staalpen gelas. Gedurende die droogte van 1983 moes ek met die beeste vanaf die plaas waar ek toe gewerk het, na ‘n plaas tussen Verena en Denilton trek. Daar was weiding omdat ons destydse regering die boere se plase uitgekoop het om die tuisland, KwaNdebele te stig. ‘n Dokter van Rustenburg, wie se plaas ook baie droog was, het gevra of hy sy beeste ook kon stuur vir my om op te pas. Hy het vir my ‘n kierie gegee met ‘n mooi handvatsel. Die handvatsel het ek toe op my kierie vasgesit. Ek is baie erg oor my kierie wat uit drie stukke bestaan, een van Malawe, een van Rustenburg en een van Groblersdal.

Gedurende die bosoorlog hier in Suid Afrika, is my skoondogter, Danita, met wie ek saam in haar parsblombesigheid gewerk het, gevra om die vroue van

Rundu, waar hulle mans gestationeer was, (die vroue kon glo by hulle mans, ver noord van hier bly), te gaan wys hoe om mooi prente te maak van geparste

blomme wat gedroog is; hulle was glo baie verveeld! Danita het vir my ‘n mooi kierie daarvandaan saamgebring. As ek die kierie sien, dan dink ek terug aan daardie mooi tydperk saam met my skoondogter en die baie blomme waarmee ons gewerk het. Ons het lekker saam gewerk, en baie saam gelag oor mense en dinge.

My baie goeie vriend en jagmaat, Ds Piet Groenewald, is ‘n predikant wat destyds vir ‘n aantal jare ons predikant in Rhodesië was. Saam-saam het ons op die spore van die “groot goed” in die Zambesi vallei geloop. Ons mooiste kampplek was langs ‘n stroompie wat uit ‘n reeks berge (seker ‘n fontein op die berg) vandaan gekom het. Wat vir ons eienaardig was, is dat hierdie stroompie ‘n paar kilometer onder ons kamp net in die grond weggeraak het en nie in die Karibameer ingeloop het nie. (miskien ondergronds?) Hierdie jagmaat van my het vir my ‘n kierie gegee met ‘n tamaaie vlakvarktand as handvatsel. Met hom langs jou bed, kan jy saans rustig gaan slaap! Ek het mooi herinneringe van ons tye saam. My seun wat in Zimbabwe gaan kuier het, het by twee geleenthede elk vir my ‘n pragtige kierie van swart hout gebring. Ons dink saam terug aan ‘n mooi en goeie land wat deur die almagtige Skepper gemaak is, maar deur mense verinneweer is. My goeie buurman in Pretoria, Chris van der Merwe, het die mooiste kieries gemaak wat hy op kunsmarkte verkoop het. Eenkeer het ek ‘n klompie vlakvarktande vir hom gebring wat ek by ‘n swartman se stalletjie langs die pad gekoop het. Chris het die kunstigste handvatsels vir sy kieries daarmee gemaak – die mooiste een was my geskenk van hom. Ek dink baie dae aan hom; hy is nie meer by ons nie. ‘n Baie goeie maat van my, Dick Smit, teen wie ek met

my beeste op Salisbury se jaarlikse skou meegeding het, het vir my ‘n kierie gegee wat ek baie waardeer het. In die skouring het hy die kierie gehad wat baie krom was,

maar mooi van lelikgeit! Ek sê toe: “Jy weet, Dick, dis die lelikste, kromste kierie wat ek nog ooit gesien het. Hy antwoord “Wil jy hom hê?” Ek sê : “Nee dankie, wie wil nou so ‘n

krom ding hê?” Hy sê: “Man, vat hom!” Dis een van my lekkerste kieries om mee te loop. My volgende kierie het ek van my jongste broer gekry, wat vêr noord-oos van Rhodesië, naby die Chimanimani bergreeks geboer het. Dis baie kunstig gemaak in die vorm van ‘n slang. Toe ons eenkeer vir hulle gaan kuier het, sê die swartman wat in die huis gewerk het vir hom hy moet die kierie vir my gee, want ek sal gouer as hy oud word. Nouja, van toe af staan die kierie by die ander in die sitkamer op die plekke wat vir hulle ingerig is. Ek mis my broer – hy is nie meer met ons nie. My laaste kierie is die een waaroor ek baie skaam is – al slaan jy my dood, kan ek nie onthou wie hom vir my gegee het nie. Mag hy of sy geseën word, want ek weet dis met liefde en ‘n goeie hart gegee. Ek vra groot ekskuus daarvoor. Dis nou nie dat ek slaapelose nagte daaroor het nie. Ek aanvaar maar dat die ouderdom soms trieks speel met ‘n ou!

A

Page 10: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

10  

FASES VAN ROU Een van die dinge wat ‘n mens op aarde van seker kan wees is die dood. In die geval word gekyk na die dood van ‘n geliefde en hoe dit die naasbestaandes affekteer. Die dood kan of skielik wees weens byvoorbeeld ‘n ongeluk of eers na ‘n lang tyd weens ‘n terminale siekte. Elke mens is ‘n individu en verskil dus van hoe hy of sy rou ervaar. Daar is dus nie ‘n

spesifieke manier om rou te hanteer nie. Die volgende vyf fases kom nie voor op ‘n vaste tydskaal of volgorde nie. Dit is ook nie noodwendig dat elke persoon al die fases gaan beleef nie. Kennis van die vyf fases rus ons beter toe om die dood en lewe daarna te hanteer.

ONTKENNING: Die naasbestaandes weier om te aanvaar wat besig is om te gebeur. As die persoon nie meer kan eet nie, sal hulle alles in hul vermoë doen om nog te probeer om vir die sieke kos en vloeistof in te gee. Hulle sal elke opflikkering in die toestand van die pasiënt as positief ervaar, terwyl dit egter nie so is nie. Wanneer die dokter vir hulle sê dat daar niks meer vir die pasiënt gedoen kan word nie, sal hulle soms aandring op verdere behandeling al gaan dit nie help nie. Hulle kan byvoorbeeld na die afsterwe nog elke dag wag dat die persoon van die werk af moet kom, of hulle sal die huis net so los en geen veranderings maak nie, asof die persoon net tydelik weg is. WOEDE: Woede deur naasbestaandes na die afsterwe van ‘n geliefde is nie altyd logies nie. Die naasbestaande kan hom/haarself verwyt, of die mediese personeel of selfs vir God. Ons kan dink ons het ‘n goeie lewe en verdien nie hierdie krisis of smart wat nou na ons kant toe kom nie. Die oorledene het dan so ‘n voorbeeldige lewe gelei. Die dokters het nie gedoen wat hul kon nie. Ek moes beter gesorg het vir my eggenoot toe die nog gelewe het. Waarom het die Vader die oorledene geneem, het die oorledene of ek iets verkeerd gedoen wat die dood tot gevolg gehad het? ONDERHANDELING: Asseblief Vader laat die seer net verdwyn. Ek sal die volgende vir U doen as vergoeding. DEPRESSIE: Ons onttrek van die samelewing en begin wonder oor die sin van die lewe en of dit dit moeite werd is om alleen voort te gaan. Hierdie fase voel of dit vir ewig sal aangaan en te swaar is om alleen te dra. Hierdie is nie noodwendig ‘n teken van emosionele of geestelike siekte nie, maar ‘n gevolg van groot verlies. Om nie depressie te ervaar na ‘n dood van ‘n geliefde is nie natuurlik nie. Depressie is ‘n natuurlike proses wat ons beskerm deur die senustelsel gedeeltelik af te skakel so dat ons kan aanpas by iets wat ons voel ons nie kan hanteer nie. Depressie laat ons stadiger vorentoe beweeg en gee ons tyd om die verlies te verwerk. AANVAARDING: Dit beteken ons moet aanvaar dat ‘n geliefde oorlede is en vorentoe beweeg. Dit beteken nie dat ons die geliefde ooit sal vergeet nie maar dat ons leer om daarmee saam te leef. Dit lewe het verander en ons moet daarby aanpas. Die uitdaging is nou om die stukkies van ons lewe weer op te tel en sinvol die toekoms aan te pak. Daar het ‘n groot verandering in die wêreld rondom ons plaasgevind. ‘n Mens moet by die lewe aanpas. Die lewe gaan daagliks voort en wag nie vir ‘n spesifieke persoon nie. Vernuwe die omgewing waarin jy leef deur byvoorbeeld op te ruim, ‘n nuwe voertuig te koop, veranderings aan die huis aan te bring, nuwe stokperdjies aan te leer en/of ‘n testament op te stel. Brei jou vriendekring uit. Doen die dinge wat jy altyd graag wou doen en nie tyd voor gehad het nie. Daar is mense wat voor jou reeds ‘n geliefde aan die dood afgestaan het. Waar jy nie kan besluit oor sekere aksies wat jy wil doen nie, vra raad en neem sodoende beter ingeligte besluite. Sluit by ‘n ondersteuningsgroep aan. Gesels oor jou ervaring. Die dood van ‘n geliefde is waarskynlik die grootste uitdaging wat jy in jou lewe sal kry. ‘n Mens moet aanpas by die lewe en nie andersom nie. Weet egter dat die Vader jou nooit alleen laat nie maar altyd ondersteun. Die Vader gebruik ook mense as werktuie om naasbestaandes te ondersteun. Jy as naasbestaande wat ‘n groot verlies oorkom het, kan selfs ander help om ‘n soortgelyke lewenspad van oorwinning te loop.

                                                                             Stuur boodskappe en artikels vroegtydig asb na beide eposadresse. Ons benodig MEER gemeentenuus asb. 

Tel: 013 262 3381 / 4114 Epos: Solly Ferreira: [email protected] / [email protected] 

Artikels wat nie in die uitgawe is nie sal in volgende uitgawes verskyn weens beperkte spasie. 

Page 11: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

11  

Een nag in Junie vanjaar, tydens die koudste van kouefronte, met temperature van -4° (maak dit -8° op die water), bevind ek my in die middel van die Vaalrivier op my bootjie. Ek is ysig gekoggel oor my hengel-ekspedisie in Noordpool-styl. Die visse het almal êrens langs onderwaterkaggels weggekruip vir die verkluiming wat elke lewende wese in ‘n 100km radius aangeval het. Die vislyne het spierwit en doodstil gelê en bevestig dat die weervoorspelling van drie dae tevore heeltemal korrek was. Hulle het gewaarsku dat dit daardie week een van die dekade sal wees wanneer geen mens dit moes waag om nader aan Moeder Natuur te kom nie. En daar sit ek en my gr 6-seun, sekerlik die enigste twee mense suid van Harare wat die nag vrywillig op ‘n klein boodjie op ‘n rivier deurbring. Ek sê vrywillig, maar eintlik was net hy vrywillig op die dwase ekspedisie. Ek was onder dwang – van ‘n onbesonne belofte twee maande vantevore. Dis hoe dit werk met ons hengelafsprake: As dit eers in my dagboek geskryf is, mag ek dit nie daar uithaal nie. En hoe ek ook al verduidelik het die vis sal nie byt nie, dat ons gaan verkluim, dat ons eerder saam kan gaan fliek en rondloop – daar was geen uitkomkans nie. Soos die wet van Mede en Perse is die geskrewe afspraak voor my gehou. My pen was op papier, ek was die slagoffer van my beloftes en selfs my beste sielkundige

manipulering kon niks doen aan ‘n seun se uitsien na ‘n nag op die boot saam met pa nie. Daar was geen vis nie. Daar was baie moeite en verdriet. Maar daardie koue nag het een van die mooiste herinneringe geword. Alles het gevries behalwe ons harte. Die gevoel dat my seun tevrede was dat ek my belofte gehou het. Die laarnagbraai. Die mis en die wintersterre. My seun was reg, fliek sou ‘n baie slegte keuse gewees het. Geen fliek sou kon doen wat daardie nag van leë nette en gevriesde tone gedoen het nie. Ek wonder hoeveel keer ons vergeet hoe groot die geskenk van betroubaarheid is. Geen Kersgeskenk kan dit vervang nie. Geen verhouding kan daarsonder nie. Liefde loop mank as daar nie vertroue is nie. Pret is leeg daarsonder en geld verloor waarde. Oorloë het begin weens verbreekte beloftes en harte lê stukkend as gevolg daarvan. Skeihowe is oorvol en kinders is rebelle omdat betroubaarheid ‘n onderhandelbare opsie geword het. Maar Kersfees sê net weer: Die grootste belofte van alle beloftes is gehou. Elkeen van ons - want wie is daar wat alle beloftes hou – kan met ons onbetroubaarheid kom en genade vind. En ons kan tot volgende Kersfees vir mekaar die geskenk gee van beloftes wat nie verbreek word nie.

DIE KERSFEESSKAAMTE - Izak de Villiers

s leraar in die stad het ek een Kersoggend na ‘n tehuis vir senior burgers gegaan waar ‘n gemeentelid ernstig siek was. Dit was so ongeveer halfnege. In die voorportaal van die gebou was ‘n vrolike Kersboom met flitsende liggies. Oral was daar silwer koorde en alomteenwoordige “mistletoe” waaronder ‘n man glo enige mooi vrou

feestelik mag soen. ‘n Entjie van die groot Kersboom het ‘n netjiese ou heer gesit met ‘n koffertjie en ‘n paar geskenkpakkies langs hom. Voordat ek na die hysbak gestap het, het ek hom eers ‘n geseënde Kersfees toegewens, hoewel ek hom nie geken het nie. Hy was baie opgewonde. Hy het my byna uitasem vertel dat hy vroeg reeds klaargemaak het omdat sy kinders hom sou kom oplaai om saam met hulle Kersfees te vier. Die pakkies was alles presente wat hy vir sy kinders en kleinkinders gekoop het. Toe ek later van die sieke terugkom, het die ou heer nog daar gesit. Net voor middagete het ek gou weer by my ou gemeentelid ingeloer, wat eintlik maar sterwend was. Die ou heer het nog langs die Kersboom in die voorportaal gesit en wag, ken in die hande. Toe ek die tweede keer van die sieke af kom, was hy pas aan die opstaan. Hy het sy tassie en geskenkies bymekaargemaak en terug na sy kamer gesukkel. Hy het niks gesê nie. Ek ook nie. Ons albei was te skaam. Sy kinders het nooit gekom nie en niks laat weet nie.

Ek is later terug om die ou heer maar vir ete saam met ons te nooi. Die vrou in bevel van die tehuis het uit haar woonstel gekom toe ek navraag doen oor in watter kamer die ou heer was. Ek het verduidelik dat ons hom vir ete wou nooi.

Die vrou was beslis: “I would not advise that. He is heartbroken. He does not want to see anyone. Thank you for the thought, however.”

En daarmee was dit verby. Ek het nooit uitgevind waarom sy kinders hom nie kom haal het nie. Maar dié is een van die prentjies wat in my gemoed ingeprent is soos ‘n reliëf in graniet. Die feestelike versierings van Kersfees, sy tassie en geskenkies, en sy eensame tog terug na sy kamer. Hoe die ou heer dit verder met sy kinders hanteer het, weet ek nie. Ek het hom soms in die voorportaal gesien, maar hy het nie gegroet nie. Ek dink hy was te skaam. Ek het immers sy groot teleurstelling en verwerping gesien.

A

deur Koos van der Merwe

Page 12: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

12  

PRIKKEL DIE LAGSPIERE... (volgende uitgawe nog hieroor)Kyk na antwoorde wat Graad 2 leerlinge gegee het oor ‘n Ma Hoekom het die Here Mammas gemaak? 1. Sy is die enigste een wat weet waar is die sello-tape en prestick! 2. Sy moet eintlik net die huis skoon hou. 3. Sy moet ons uithelp as ons gebore word. Hoe het die Here Mammas gemaak? 1. Hy het grond gebruik net soos met almal van ons. 2. Hy het bonatuurlike kragte en baie tou. 3. Die Here het my ma gemaak net soos vir my. Hy het net groter goed soos kop, arms en bene en goeters

gebruik. Van watter bestandele is Mammas gemaak? 1. Die Here het Mammas gemaak uit wolke, engeltjie vlerkies en hare en baie ander lekker goed in die wêreld.

Maar ook 'n klein bietjie lelik en gemeen want sy is partykeers kwaai. 2. Hulle het begin om mammas te maak van mans se bene, maar ek dink hulle het meestal 'n klomp tou en lyn

gebruik.

Jabes se gebed

Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde:

“ Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming

en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie.” 1 Kronieke 4:10 

Aan my agtienjarige wat die huis gaan verlaat….. Jy staan op die drumpel van die lewe, vir agtien jaar is ons die kans gegewe om jou te leer, te steun en lei en vir die toekoms voorberei. Nou moet ons loslaat en vertrou dat jy jou waardes sal behou. Hy sal behoed en ondersteun as jy onthou om op Hom te leun. Ons kan net vir jou vra om jou getuienis uit te dra waarheen jou pad ookal mag gaan. God sien jou in genade aan. Lenie du Plessis

God vergewe en gooi ons sondes in die dieptes van die see…. En Hy sit ‘n bordjie op: VISVANG VERBODE! Corrie ten Boom

JESUS CHRISTUS 

Wat ookal die vraag – Hy is die Waarheid.  

Wat ookal die probleem – Hy is die oplossing.  

Wat ookal die pyn – Hy is die Geneesheer.  

Wat ookal die beperkings – Hy is die Bevryder.  

Wat ookal die las – Hy is die Oorwinnaar.  

Wat ookal die behoefte – Hy is die Verlosser.  

Wat ookal die sonde – Hy is die Kwytskelder. 

GESEëNDE KERSFEES Kersfees is die perfekte tyd om: 

Jou vyande te vergewe 

Verskoning te vra vir die mense wat jy seergemaak het 

Liefde te betoon aan jou geliefdes, bure, vriende en die mense rondom jou. 

Dankbaar te wees vir familie en vriende Kersfees is ‘n liefdesfees wat as geskenk aan jou en jou geliefdes gegee word. Dit ‘n tyd vir saamwees, omgee en dankie sê. Gebruik hierdie Kersfees om ‘n verskil in iemand se lewe te maak, al is dit hoe klein. 

Hulle wat Kersfees nie in die hart het nie, soek dit tevergeefs toegedraai in geskenkpapier onder ‘n Kersboom.

Roy L Smith

Page 13: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

13  

‘n Armoedige, afgetakelde vrou stap die supermark in om ‘n

paar goedjies te koop. Pleitend vra sy die eienaar of sy ‘n paar goedjies op rekening kan koop. Sy verduidelik dat haar man werkloos is, sy 7 kinders het en kos nodig het. Die eienaar versoek haar kortaf om die winkel te verlaat. Die vrou dink weer aan haar familie se behoeftes, steek haar trots in haar sak en smeek wees. Sy belowe om die geld te bring so gou sy kan. Die eienaar sê dat hy haar nie krediet kan gee sonder dat sy ‘n rekening het nie. ‘n Klient, wat na alles staan en luister, bied aan om alles wat die vrou nodig het te betaal. Die eienaar vra huiwerig vir die vrou: “Het u ‘n kruidenierslys?” Die vrou sê ja. Die eienaar sê: “Goed dan. Sit jou kruidenierslys op my skaal en ek sal vir jou die hoeveelheid wat dit weeg in kruideniers gee”. Die vrou haal verleë en met ‘n geboë hoof ‘n papiertjie uit en skryf daarop. Sy plaas die papiertjie op die skaal met haar hoof nog steeds gebuig. Die eienaar en klient is verbaas toe die skaal sak en so bly. Die eienaar sê verbaas: “Ek kan dit nie glo nie!”. Die klient kry ‘n glimlag om sy mond. Die eienaar begin om die kruideniersware op die skaal te pak. Hy hou aan pak en pak, maar die skaal roer nie. Meer en meer kruideniersware word opgepak totdat die skaal nie meer kan vat nie. Die eienaar is stomgeslaan en gryp die stukkie papier van die skaal af om te sien wat alles daarop geskryf staan. Op

die papiertjie is net ‘n gebed geskryf: “Liewe Vader, U weet wat my behoeftes is en ek laat dit in U hande oor”. Die eienaar oorhandig verbaas al die kruideniers aan die vrou, sy bedank die klient en verlaat die winkel. Die klient betaal die rekening en sê: “Dit was elke sent werd!” SLEGS GOD WEET HOEVEEL GEWIG GEBED KAN DRA.

GAAN SOEK DIE VERLORE SKAAP! Luk 15: 3-7 Ds Danie

Een van ons gemeentelede het onlangs ‘n afspraak gemaak om ‘n bietjie te kom gesels. As gesin was hulle vroeër baie betrokke gewees in die gemeente, maar hulle het die afgelope paar jaar heeltemal onttrek. In die gesprek het hy toe verduidelik dat hulle deur ‘n baie moeilike tyd is en dat hulle in daardie “seerkry tyd” so bietjie eenkant geleef het. Maar dit pla hom dat hulle so onbetrokke is en as gesin wil hulle graag weer inskakel by die gemeentelike aktiwiteite. Hieroor was ek natuurlik baie bly! Maar toe sê hy vir my iets wat my hartseer gemaak het. Hy sê: “Dominee, ek onthou dat jy jare gelede oor die verlore skaap gepreek het en hoe die herder die 99 ander skape gelos het om die een wat weggeraak het te gaan soek. In hierdie jaar dat ons onbetrokke was, het niemand na ons toe gekom om vir ons te vra waarom ons nie meer kerk toe kom nie.” Dis eintlik verskriklik hartseer! En dis natuurlik nie net die dominee en die kerkraad wat skuldig staan nie – elkeen wat homself of haarself ‘n Christen noem, staan in die amp van die gelowige. En Elkeen wat in die amp van gelowige staan moet die omgee hart van Jesus hê om daardie een verlore skaap te gaan soek. Ons eie verantwoordelikheid As ons na onsself kyk, moet ons erken: daar bly ons lewe lank iets van die skaap in ons oor. Ons verloor nooit die ou mens se geneigdheid om weg te dwaal by die eerste en die beste geleentheid nie. En deesdae gebruik Satan ‘n lewensgevaarlike leuen om ons te troos. Miskien het u dit al self gebruik – of miskien het u al gehoor dat iemand dit sê. Wat is hierdie leuen? Die leuen is: “Ek het nie die kerk nodig om Christen te wees nie. Ek kan sonder die kern nog net so ‘n goeie Christen wees.´ Ons as God se hande en voete Ek dink ons moet ook vir mekaar sê dat God ons in hierdie proses van gaan haal wil gebruik. Want elke gelowige – elkeen wat in die amp van gelowige staan – is Jesus se hande en voete. Ons word as’t ware klein herdertjies in diens van die Groot Herder. En daarom moet ons oë en ore oop wees om die nood van elke afgedwaalde skaap te hoor en te sien. Ons moet betrokke raak – al kan dit dalk beteken dat jy so nou en dan ‘n oorveeg kry. Ek en jy word geroep om uit te gaan en daardie een skaap wat afgedwaal het, te gaan haal! Hoeveel skape wag om gehaal te word? Gaan soek die verlore skaap!

PADKOS Daar sal in jou behoeftes voorsien word!

Page 14: In die wiel van jou lewe is God die as waarom alles draai 9.pdf · ons Heer en Verlosser en ongeag die omstandighede waarin ons, ons vind, as ons die ‘Kind”se naam hoor: Verlosser,

14  

BETHLEHEM LJ Schoonees

Op twee heuwels lê Bethlehem, ook Beth-Lahm genoem. Daar is nie eenstemmigheid oor die betekenis van die naam Bethlehem nie. Die een opvatting is dat dit “broodhuis” beteken. Bethlehem is trouens die middelpunt van ‘n landboustreek. Naomi en Rut het daar aangekom aan die begin van die gars-oes. Die ander opvatting is dat dit “huis van die godin Lachama” beteken, want in Amarna-briewe word die dorp Bet-Lachama genoem. Die huise is wit, meestal dubbelverdiepings, met plat dakke wat die geboue soos gemesselde bakstene laat lyk; die vensters is gewoonlik klein in verhouding met die grootte van die gebou. Daar is ‘n groot aantal opvoedkundige godsdienstige inrigtings wat deur die eeue deur verskillende kerkgenootskappe opgerig is en baie kerkgeboue met kloktorings. Die kerke van “die stad van Dawid” (Luk 2:4) is opvallend. Baie huise in die ou gedeelte van die stad is daar sedert die dae van Ragel, die moeder van Josef en Benjamin. Bethlehem is reeds in die eerste eeue deur Christen-pelgrims besoek. Die stad het om en by 10 000 inwoners, meestal Christine. Hulle is veral bekend as messelaars en vernuftige vervaardigers van allerlei voorwerpe uit perlemoen en olyfhout. Daar is altyd toeriste, pelgrims, stadsmense en boere, landbouers en veetelers van die omliggende dorpe in kleurryke drag. Die helder blou lug, die drywende wolke en die oukerke met kloktorings is kenmerke van die vreedsame Bethlehem. Wat die stad egter onsterflik maak, is dat dit die geboorteplek van Christus is. Ons loop waar Josef en Maria eenmaal geloop het. Hulle het gesoen na ‘n herberg en eers aan die kant van die dorp het hulle plek gekry in ‘n berggrot waarin diere aangehou is. Ons loop na die Geboortekerk wat oor die grot in die berg gebou is. Met die eerste oogopslag lyk die kerk koud en onaantreklik, want jy sien ‘n groot blinde klipmuur sonder ‘n ingang. Maar daar is ‘n ingang in die hoek wat daar gevorm is as gevolg van veranderings aan die eeue-oue gebou. Die Geboortekerk van Konstantyn is verwoes, maar is in die 6de eeu deur Keiser Justinianus gerestoureer en in die loop van die eeue maar weer telkemale beskadig en herstel. Oorspronklik het dit drie ingange gehad. Vandag is daar egter net ‘n lae deur waar ‘n mens moet buk om in te gaan. Die ander twee deure is toegebou ter beveiliging van die heiligdom met alles daarin, byoorbeeld twee altare wat aan die Grieks-ortodokse Kerk en een wat aan die Armeniese Kerk behoort. Hierdie geboortekerk is ook bekend as die Geboortebasilika. Vanweë die swaar klipbouwerk het die versterkte grot vandag die vorm van ‘n reghoek, 40vt lank, 10 vt hoog en 10 vt breed. Die presiese plek van die geboorte word deur ‘n ster onder die halfsirkelvormige altaar aangedui met die woorde: Hier is Jesus Christus uit die maagd Maria gebore. Bokant die ster brand ‘n stuk of vyftien silwer en goue lampe van die verskillende kerkgenootskappe aan wie die kerk behoort. Deur ‘n opening in die middel van die stel in die marmervloer kan ‘n mens afkyk en volgens oorlewerings, die oorspronklike rots van die fondament sien. ‘n Trap lei na onder na ‘n kapel waar ‘n weergawe van die krip te sien is, die altaar van die Wyses uit die Ooste, en ‘n ou put wat volgens oorlewering deur Jesus se ouers gebruik is. Baie ander heilige plekke is naby die Geboorteplek geleë. Daar is ‘n melkgrot waar Maria die Kindjie sou gevoed het en die huis van Josef waar die gesin tot die vlug na Egipte sou gewoon het. Daar is ‘n kapel van die onskuldiges waar moeders hulle kinders weggesteek het vir Herodes se soldate wat hulle daar gevind en vermoor het. In Bethlehem het die Woord vlees geword en onder ons kom woon. Hierdeur is die hoop van die eeue vervul vir alle mense, en soos ons vandag weet, het die Leeu van Dawid oorwin en spreek Hy al die volke aan in 1 Joh 4:18. Daar is geen vrees in die liefde nie …. die volmaakte liefde dryf die vrees buite….hy wat vrees, het nie volmaak geword nie. 

Party van ons dink met Kerstyd: Ag, as ek maar net daardie geboortenag daar in die stal kon wees! Hoe graag sou ek nie die ou Babatjie wou help nie. Ek sou Hom vasgehou en sy ma ‘n ruskansie gegee het. Ek sou Sy linnedoeke gewas het. Ek sou in die strooi voor sy krippie gekniel het…. Ons sê so omdat ons vandag weet dat dit die Koning van die wêreld was wat in daardie stal gebore is. Maar as ons toe daar was – sonder die agterna insig wat ons nou het – sou ons waarskynlik niks beter gevaar het as die mense van Bethlehem nie. Want hoekom doen ons dit dan nie nou nie? Ons weet mos Christus kom na ons toe in die gestalte van ons naaste. Martin Luther