in hierdie uitgawe:kontak ons · 2014-01-31 · ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons...

11
1 FEBRUARIE Ma 04 Gr. 8-Studenteraadsverkiesing Di 05 Verwelkoming van nuwe ouers Do 07 Aflosgala: Somerset College Do 14 Ko-Ed Atletiekbyeenkoms: Langafstande Parow Vr 15 Ko-Ed Atletiekbyeenkoms: Bellville Velodrome Di 19 Individuele foto’s Do 21 SR-Kenmekaar Wo 27 Oud-Studente Bondverkiesing / SR Leierskapseminaar / Bloedskenk Do 28 Sjampanjeproe (tbv Matriekafskeid) MAART Vr 01 Wêreldbiddag vir Vroue / Gr. 12 Kunsuitstappie na kunsgalerye Di 05 Jaarbladfoto’s: Somersporte / Engels Olimpiade Wo 06 B-Liga Swemkampioenskappe: Nuweland Do 07 JAM-Koffiekroeg: Ouditorium Vr 08 JAM: Boys/Girls Night Di 12 Rekenaarolimpiade Do 14 Mnr. & Me. Durbie: Kleedrepetisie Vr 15 Mnr. & Me. Durbie: Gala-aand Ma 18 Erekleurefunksie Di 19 Wetenskap Olimpiade Wo 20 Stigtingsdagvieringe / Orkestoer na Hartenbos (20 24 Mrt) Do 21 MENSEREGTEDAG Vr 22 SKOOLVAKANSIEDAG Do 28 SKOOLSLUITING TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! UITGAWE 1 ~ 1 Februarie 2013 IN HIERDIE UITGAWE : Skoolhoof se Brief 2 Klein Karoo-filmvertoning 3 Musiekonderrig 4 Toneelbestuur 4 Mooi Maria-opvoering 4 Miss Teen Mzantsi Africa 6 Klaskapteins 2013 6 Interhuisatletiek-uitslae 7 Skoolsport-uitslae 9 Buitemuurse Sportuitslae 9 HSD Gholfdag 11 KONTAK ONS : 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f) Algemeen: [email protected] Sport: [email protected] Kultuur: [email protected] Bemarking: [email protected] Alumni: [email protected] Klerewinkel: [email protected] Boekekamer: [email protected] BELANGRIKE DATUMS

Upload: others

Post on 16-Feb-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

1

FEBRUARIE

Ma 04 Gr. 8-Studenteraadsverkiesing

Di 05 Verwelkoming van nuwe ouers

Do 07 Aflosgala: Somerset College

Do 14 Ko-Ed Atletiekbyeenkoms: Langafstande Parow

Vr 15 Ko-Ed Atletiekbyeenkoms: Bellville Velodrome

Di 19 Individuele foto’s

Do 21 SR-Kenmekaar

Wo 27 Oud-Studente Bondverkiesing / SR Leierskapseminaar / Bloedskenk

Do 28 Sjampanjeproe (tbv Matriekafskeid)

MAART

Vr 01 Wêreldbiddag vir Vroue / Gr. 12 – Kunsuitstappie na kunsgalerye

Di 05 Jaarbladfoto’s: Somersporte / Engels Olimpiade

Wo 06 B-Liga Swemkampioenskappe: Nuweland

Do 07 JAM-Koffiekroeg: Ouditorium

Vr 08 JAM: Boys/Girls Night

Di 12 Rekenaarolimpiade

Do 14 Mnr. & Me. Durbie: Kleedrepetisie

Vr 15 Mnr. & Me. Durbie: Gala-aand

Ma 18 Erekleurefunksie

Di 19 Wetenskap Olimpiade

Wo 20 Stigtingsdagvieringe / Orkestoer na Hartenbos (20 – 24 Mrt)

Do 21 MENSEREGTEDAG

Vr 22 SKOOLVAKANSIEDAG

Do 28 SKOOLSLUITING

TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

ber 2012

UITGAWE 1 ~ 1 Februarie 2013

be

r 2012

IN HIERDIE UITGAWE:

Skoolhoof se Brief 2

Klein Karoo-filmvertoning 3

Musiekonderrig 4

Toneelbestuur 4

Mooi Maria-opvoering 4

Miss Teen Mzantsi Africa 6

Klaskapteins 2013 6

Interhuisatletiek-uitslae 7

Skoolsport-uitslae 9

Buitemuurse Sportuitslae 9

HSD Gholfdag 11

KONTAK ONS:

021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected]

Sport: [email protected]

Kultuur: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Alumni: [email protected]

Klerewinkel: [email protected]

Boekekamer: [email protected]

BELANGRIKE DATUMS

Page 2: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

2

Geagte Ouers

Baie welkom terug na die vakansie. Ons hoop

dat die tydjie saam met u kind(ers) vir u baie

beteken het.

Ons wil dan ook sommer ons nuwelinge en al ons

nuwe ouers by ons Durbie-gesin verwelkom. Ons

hoop dat ons lekker hande gaan vat en ons

kinders saam op die regte pad en op die leer

van sukses gaan kry.

Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons

hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en

suksesvol gaan wees.

Ons baadjieseremonie is baie goed bygewoon

en ek is seker die graad 8’s voel dat hulle reeds

deel van ons familie is.

Ons verwelkom ook graag ons nuwe

onderwyspersoneel vanaf die eerste kwartaal :

Mnr Burmeister (Engels)

Me Dippenaar (Afrikaans)

Mnr Hamman (Wiskunde)

Me Rademann (Afrikaans)

Me Rebel (Kuns)

Mnr Van Deventer wat verlede jaar deeltyds op

ons personeel was, is nou voltyds aangestel (ons

wil hom ook geluk wens met die feit dat hy sy

Nagraadse Onderwysdiploma aan die einde

van verlede jaar met onderskeiding verwerf het.)

Ons verwelkom ook graag vir mnr Andre van der

Merwe as ons nuwe koorleier.

Ons hoop dat hulle lank en gelukkig in

Durbanville sal wees.

Ons het die kwartaal op ‘n somber noot begin

met die oorlye van Tiaan du Toit (matriek 2012)

in‘n motorongeluk. Ons harte gaan uit na die

familie en ons wil hulle graag vertroosting toebid.

Tiaan het almal met wie hy in aanraking gekom

het positief aangeraak en sal onthou word vir sy

vriendelikheid, positiewe geaardheid en lojaliteit.

Hy was die verspersoonliking van die ware

Durbie.

Ons matriekklas van 2012 het baie goed presteer.

Ek wil dit graag vir u hier in ‘n neutedop saamvat:

149 Kandidate het die eksamen afgehandel,

en

148 kandidate het geslaag

116 Leerders het met matrikulasievrystelling

geslaag (dit verteenwoordig 77,8 % van die

totale matriekklas.

4 Leerders het onderskeidings in 7 of meer

vakke gekry (dit beteken dus in al hulle vakke)

3 het 6 onderskeidings gekry,

4 het 5 onderskeidings gekry

5 het 4 onderskeidings gekry

Daar was 17 onderskeidingsgemiddeldes.

Christa Wessels was op die top tien lys vir

Lewenswetenskappe en Afrikaans, en Danre

Muller het die lys vir sy prestasie in ekonomie

gehaal.

Ek wil dan graag al ons matrieks en die

onderwysers geluk wens met hierdie prestasies.

Dit gebeur nie vanself nie en ek weet hoeveel

harde werk, beplanning en lang dae ingesit is.

Baie dankie ook aan almal wat gehoor gegee

het aan ons versoek t.o.v die netheid van ons

leerders. Dit is vir ons werklik belangrik dat ons

studente netjies sal lyk .

Ons wil u ook vra om vanjaar spesiaal aandag te

gee aan u kind se tuiswerk. Dit is belangrik dat

hy/sy hulle tuiswerk sal doen sodat die personeel

met geruste harte in die volgende periodes met

nuwe werk kan aangaan. Vaslegging van die

dag se werk is uiters belangrik en tuiswerk word so

uitgesoek dat dit die proses aanhelp. Die doen

van tuiswerk bly daarom een van die hoekstene

vir goeie prestasie.U sal ingelig word indien u kind

in gebreke bly om gereeld te werk .

Die volledige sportprogram is reeds deur mnr

Minnie uitgestuur.

Ten slotte wil ons ook ons simpatie betuig met Me

Steenkamp : haar vader is die vakansie oorlede.

Ons glo dat u gesin troos in mooi herinneringe sal

vind.

Groete tot volgende keer.

George Germishuys

Uit die Hoof se Kantoor

Page 3: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

3

KULTUURNUUS

AANDAG: ALLE DURBIES, DURBIE-OUERS & OUD-DURBIES

Klein Karoo, met Regardt van den Bergh as

regisseur is die meesleurende storie van Cybil

Ferreira, gespeel deur die gewilde Donnalee

Roberts, n jong onderwyseres van

Oudtshoorn wat enigiets in haar vermoë sal

doen om te verseker dat haar projek

voortgaan by die plaasskooltjie, Kalfieskraal.

Cybil het ‘n droom om ’n sentrum te vestig

waar die omgewing se kinders, wat ly onder

die invloed van alkoholisme in die Swartberg

Vallei, veral oor naweke ’n veilige hawe kan

vind. Haar skatryk verloofde het nie veel erg

aan haar ideaal nie, maar daar is tog

uitkoms.

As Cybil haar hart volg, beteken dit sy moet

haar drome opgee, of sal ware liefde juis

haar drome vlerke gee?

Die res van die rolverdeling lyk

indrukwekkend en die intrige beloof om jou

aan te gryp. Maar gaan kyk gerus self!

R20 000 VIR ONS SKOOL + ‘n LUUKSE NAWEEK VIR JOU GESIN (4)!

HOE WERK DIT . . . ? BAIE EENVOUDIG - GAAN FLIEK HIERDIE NAWEEK!!

o Gaan kyk HIERDIE NAWEEK (1 - 3 Februarie) die fliek KLEIN KAROO.

o Oorreed familie en vriende om dit ook te gaan kyk.

o MAAK ALMAL SE FLIEKKAARTJIES BYMEKAAR.

o Kram al die kaartjies vas aan ‘n blanko papier.

o Skryf op die papier u kind se naam, van en klas. Indien u nie meer ‘n kind in die

skool het nie, gee dit asseblief vir ‘n kind wat nog in die skool is.

o Die kind moet dit MAANDAG, 4 FEBRUARIE in die “KLEIN KAROO”- BOKS by

ONTVANGS plaas.

DIE PRYSE:

R20 000 vir die skool wat MAANDAG, 4 FEB gemiddeld die meeste fliekkaartjies

per leerder het vir KLEIN KAROO (Maksimum 10 skole kry kans om deel te neem!)

Vir die leerder wat die meeste gebruikte kaartjies terugbring: ‘n naweek vir 4

mense by die luukse Swartberg Country Lodge, waar die fliek gemaak is.

VOORWAARDE:

ONS MOET MINSTENS 860 KAARTJIES (DIE GETAL LEERDERS IN DIE SKOOL)

BYMEKAAR MAAK.

Page 4: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

4

Die musiekdepartement bied onderrig aan in

die volgende instrumente:

Klarinet

Saxofoon

Fluit

Trompet

Franse Horing

Tromboon

Tuba

Slagwerkinstrumente

Klavier

Indien u kind belangstel om ‘n instrument te

bespeel, stuur asb ‘n e-pos aan me. Suretha

Theron by [email protected] met

MUSIEKONDERRIG as onderwerp.

Ons sal u kind toets en die nodige inligting

aan u deurgee. Geen vorige musiekervaring

is nodig.

S. Theron

Die volgende leerders dien vanjaar op die

Toneelbestuur:

VOORSITTER: Annelien Matthee

ONDER-VOORS: Corali Theron

SEKRETARESSE: Lara Hattingh

TESOURIER: Annemien Liebenberg

VOORSITTERS VIR SPESIALE GELEENTHEDE:

Mari Theron & Elke ter Borg

Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders.

Ons sien met groot verwagting uit na al die

projekte wat onder julle bekwame leiding

geloods gaan word.

A. vanWyk

MUSIEKONDERRIG 2013

“MOOI MARIA” KOM KUIER IN DURBANVILLE !

MOOI MARIA, deur Pieter Fourie, is een van die beste en mooiste toneelstukke wat

ooit in Afrikaans geskryf is. Onder regie van Albert Maritz wen dit in 2011 by Aardklop

die toekennings vir beste produksie, beste regisseur en beste aktrise.

Saam met die produksie tree ook twee topgehalte Tienertoneelstukke op:

o HS Brackenfell se “Sjuut!! (Netnou hoor die gode ons!)”

(2012-finalis in ATKV Nasionale Tienertoneelkompetisie.)

o HS Durbanville se “Japie”

(Eenvrou-kragtoer wat beoordelaars in vervoering gehad het.)

Datum: 20 - 22 Februarie

Plek: HS Durbanville ouditorium

Tyd: 19:00

Toegang: R100 (Volwassenes)

R40 (Skoliere en studente)

Program:

20 & 21 Feb: Mooi Maria (met “Sjuut!!” voor pouse)

22 Feb: Mooi Maria (met “Japie” voor pouse)

Besprekings open Maandag, 4 Februarie

Neelie Griebenow: 079 441 5219 / [email protected]

TONEELBESTUUR 2013

Page 5: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

5

Page 6: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

6

Le-André Swanepoel is onlangs aangewys as

een van die Top 10-finaliste van die Miss

Teen SA-kompetisie wat binnekort een

deelnemer per kategorie uit elke provinsie

inskryf om aan die nasionale kompetisie in

Johannesburg deel te neem.

Le-André wat al die wenner was van ‘n

verskeidenheid skoonheidskompetisies, gaan

vanjaar ook deelneem aan die Mej. SA-

Skoonheidskompetisie. Sy het reeds die

volgende kompetisies, waarvan Miss Mzantsi

Africa die grootste was, gewen:

Miss Red Affair Stellenbosch

Miss Eaglevlei Stellenbosch

Miss N1 City

Miss Teen Mzantsi Africa 2013

Die Durbies is bevoorreg om so ‘n pragtige

jong dame te ken. Voorspoed, Le-André!

Ons hou met groot verwagting styf duim vas

vir jou deelname!

SKOONHEIDSKOMPETISIE

KLASKAPTEINS

Baie geluk aan die volgende leerders wat as klaskapteins verkies is. Die gr.8-klaskapteins vind plaas

na afloop van die leerderraadsverkiesing.

GRAAD 9 GRAAD 10

A: Reinier van Rooyen A: Danél Greeff

Larissa van der Westhuizen Emce van der Walt

B: Robyn Jacobs B: Elsa Mijburgh

Jean-Paul Silvis Anri van Niekerk

C: Carla Engelke C: Cara van der Vyfer

Ulynne Cloete Carla Smith

D: Theunis du Toit D: Jessica Vice

Lara van der Spuy Elsa van Heerden

E: Liesl Lamprecht E: Bernadette de Jager

Pieter Wasserfall Phillip Jacobs

F: Inge van der Merwe F: Réhon Marais

Karl Heinz Hellman Tayla Nel

G: Ruben van der Merwe G: Jamie Brink

Nicole Schreuder Jean Rabie

GRAAD 11 GRAAD 12

A: Marcé du Toit A: Simoné Janse van Vuuren

Alicia Lombard

B: Nel Ehlers B: Annemien Liebenberg

Carla Loubser Ronnie Lubbe

C: Janke Jacobs C: Corali Theron

Mikal Aylward Lezandi Fourie

D: Melissa May D: Mieke van der Riet

Jessé Cupido Frané Landman

E: Altus van Zyl E: Lourens van der Merwe

Jane Stewart Christelle Marais

F: Ami Borman F: Lehandri Blom

Jumaine Hansen Dylon Lucas C. Esterhuyse

Page 7: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

7

Die nuwe rekord-atlete vertoon soos volg:

PRESTASIE SPAN / ATLETE

Geesbeker Diemersdal

Atletiekbeker Meerendal

Snr. Victor Ludorum TJ Campbell

Jnr. Victor Ludorum Lenel van Niekerk

Beste Punte op ASA-tabel (840) Leiere Falck (90 m hekkies)

Top 3 Jnr. Atlete: Dogters Bertmari Kraay (3040)

Leiere Falck (2630)

Rieke van Rooyen (2610)

Top 3 Jnr. Atlete: Seuns Lenel van Niekerk (1700)

Ben Malherbe (1500)

Hugo Tredoux (1390)

Top 3 Snr. Atlete: Dogters Marna Louwrens (2120)

Stephanie Botes (1920)

Elke ter Borg (1690)

Top 3 Snr. Atlete: Seuns TJ Campbell (2840)

EMCE van der Walt (2210)

Riaan Heskwa (1970)

ITEM (VORIGE REKORD) NUWE REKORD ATLEET

Dogters o.14: 90 m hekkies (17:9) 14:7

17:3

Leiere Falck

Rieke van Rooyen

Dogters o.14: 200 m (29:2) 29:1 Alexis Hickson

Dogters o.15: Spiesgooi (17,1) 27,07

20,57

20,36

Shereen Adams

Shannon Steyn

Huibri Smith

Dogters o.15: Gewigstoot (7,42) 9,35

8,26

Huibri Smith

Shereen Adams

Dogters o.17: Spiesgooi (22,81) 25,30

24,96

Zanne Lureman

Annuschka Wessels

Seuns o.14: 100 m hekkies (18:5) 16:1

18:1

18:1

18:2

18:2

Hugo Tredoux

Nicol Redelinghuys

Dian Kuhn

Keenan Cloete

Christopher Erasmus

Seuns o.19: Gewigstoot (12,66) 12,88 Michael Badenhorst

Seuns o.15: Spiesgooi (39,56) 46,3

42,03

Derick Turner

Duo Lureman

SPORTNUUS

INTERHUIS-ATLETIEKBYEENKOMS

Tydens die afgelope interhuis-atletiekbyeenkoms het die Durbies weer eens bewys van watter

stoffasie hulle gemaak is. ‘n Wil om te wen, het die interhuis-byeenkoms gekenmerk.

As een van die beste vertonings ooit, het hierdie byeenkoms boonop ‘n groot getal nuwe

rekord opgelewer! Die spanne en individuele atlete se prestasies lyk soos volg:

Page 8: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

8

SO LYK ONS WEN-ATLETE!

Beste Punte op ASA-tabel: Leiere Falck

Victor & Victrix Ludorums:

Lenel van Niekerk & Bertmari Kraay (Juniors) Marna Louwrens & TJ Campbell (Seniors)

Top 3 Senior Seunsatlete:

TJ Campbell, Riaan Heskwa &

EMCE van der Walt (afwesig)

Top 3 Senior Dogtersatlete:

Elke ter Borg, Marna Louwrens &

Stephanie Botes

Top 3 JuniorSeunsatlete:

Ben Malherbe, Lenel van Niekerk &

Hugo Tredoux

Top 3 Junior Dogtersatlete:

Leiere Falck, Bertmari Kraay &

Rieke van Rooyen

FOTO’S DEUR: SA SCHOOL PORTRAITS

Page 9: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

9

Saterdag 26 Januarie vs Tygerberg

O.14 A

Durbanville 60 almal uit

Tygerberg 195/7

Beste boulers:

Dale Cronshay 3/13

Durbanville verloor met 135 lopies.

J.van Deventer

O. 15 A

Durbanville 122 almal uit

Beste kolwers:

Karl Heinz Hellman 53

Tygerberg 95 almal uit

Beste boulers:

Tiaan de Swart 3/7

Karl Heinz Hellman 3/28

Durbanville wen met 27 lopies.

H.Jordaan

O.19A

Durbanville 154/9

Beste kolwers:

Louwrens Roux 30*

Emce van der Walt 30

Tygerberg 153 almal uit

Beste boulers:

Gerhard Alberts 3/13

Louwrens Roux 3/42

Durbanville wen met 1 paaltjie.

N.Minnie

LIGA 8 - 12 Januarie 2013

SEUNS O. 13

Ruan Naude 12de 1578 pt.

SEUNS O. 15

MJ Boshoff 1ste 2192 pt.

Lambert Brink 3de 2017 pt.

SEUNS O.19

Louwrens Roux 5de 1390 pt.

Niel Coetzee 7de 904 pt.

DOGTERS O.15

Jana van Rooyen 4de 2022 pt.

DOGTERS O. 17

Marna Louwrens 1ste 2288 pt.

Pascal Rocher 3de 1891 pt.

S. Minnie

JIU JITSU TJ Campbell het gedurende November 2012

deelgeneem aan die Destiny-kompetisie op

die UK-kampus en ‘n goue medalje verower

en gevolglik Protea-kleure verwerf. Hierdie

besondere prestasie het vir TJ ‘n plek besorg

in die SA-span wat in Junie/Julie vanjaar in

Florida, VSA gaan deelneem teen 4000

ander deelnemers van oor die wêreld heen!

Hierdie toernooi is die enigste Oosterse

Gevegskuns-kompetisie wat wêreldwyd op

die ESPN-netwerk uitgesaai word.

TJ, ons is baie trots op jou en wens jou alles

van die beste toe vir hierdie uitdaging!

WATERSKI Louis Schutte wat onlangs gekwalifiseer het

vir SA-kleure in die kategorie Seuns o.17,

vertrek op 9 Februarie na Mulwala, sowat

250 km noord van Melbourne in Australië.

Louis sal sy span verteenwoordig in die

Slalom- & Springitems. Louis is ook gekies om

aan die Junior MOOMBA-kompetisie deel te

neem wat jaarliks 60 000 toeskouers lok,

asook aan die Australiese Ope

Waterskikompetisie! Uitsonderlike prestasies!

Baie geluk, Louis. Ons is baie trots op jou!

KRIEKET WP- TWEEKAMP

BUITEMUURSE SPORT

Page 10: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

10

KITEBOARDING Simone Swanepoel het tydens Januarie

vanjaar deelgeneem aan die SA-

kampioenskappe waaraan verskeie

internasionale ryers deelgeneem het en die

volgende uitmuntende prestasies behaal:

LANGEBAAN: 3 dag-kompetisie

Wave Riding: 1ste plek

Course Racing: 1ste plek

Free Style: 2de plek

BLOUBERGSTRAND: 4 dag-kompetisie

Course Racing: 1ste plek

Free Style: 1ste plek

Wave Riding: 3de plek

Tydens hierdie kompetisie moes Simone haar

staal wys teen Jaloe Langeree, die huidige

vroue-wêreldkampioen. Simone is gekroon

as die nuwe SA-Vrouekampioen.

Wat ‘n wonderlike prestasie en eer vir die

Durbies om in die geselskap te wees van

sulke sportsterre! Baie geluk, Simone!

DRESSAGE Mia (gr. 12) en Lara (gr. 8) van Tonder het

gedurende Desember 2012 deelgeneem

aan die WP Lower Grade-Kampioenskappe

vir Dressage in die Wes-Kaap. Mia het ‘n 2de

plek verower in die Junior Novice-afdeling,

terwyl Lara die Pony Rider Prelim-afdeling

gewen het! Baie geluk met jul prestasies.

Ons is trots op die Durbie-ruiters.

TENTPEGGING Tanja Munro het as lid van die WP-span

gedurende die afgelope SA Tentpegging-

toernooi in Bethlehem haar Protea-kleure

behaal. Die SA-span neem gedurende

Maart 2013 deel aan die Junior Federasie-

toets teen Pakistan. Tanja het ook die

volgende individuele prestasies behaal:

Wapenbehendigheid vir meisies:

1ste plek

Goue medalje & Courier-wisseltrofee

Beste Wapenhanteerder dogters o.18:

Deel PJ du Toit-wisseltrofee

Baie geluk, Tanja! Jy klink sommer baie

“behendig”! Ons is trots op jou. Sterkte vir die

deelname teen Pakistan.

N. Minnie

BUITEMUURSE SPORT

Lara van Tonder

Tanja en haar perd, Kaydee.

Mia van Tonder

Page 11: IN HIERDIE UITGAWE:KONTAK ONS · 2014-01-31 · Ons het vanjaar 152 graad 8’s ingeskryf en ons hoop dat elkeen van hulle baie gelukkig en suksesvol gaan wees. Ons baadjieseremonie

11

HS DURBANVILLE ALUMNI-GHOLFDAG

25 April 2013

4 BBB Stableford / R2400 per span

Afslaan @ 11:30

Bof / Setperk: Borg @ R1900

Natgat: Borg @ R1400

NAVRAE / BESPREKINGS: 021 976 3188 / 079 499 5444 [email protected]

O.14- en O.16-DOGTERS

DINSDAE - 17:00 @ R120.00 per uur