inhoudsopgawe presidents nota · 2019. 9. 10. · e 1 inhoudsopgawe 1. president’s nota 3. nuus...

16
Page1 INHOUDSOPGAWE 1. PRESIDENT’S NOTA 3. NUUS 5. DEXTER VOEDING 7. DIERE GESONDHEID 12. FASE D TOETSING APRIL 2016 PRESIDENTS NOTA Hierdie is nou ons 3de nuusbrief. Ek wil graag vir Kelpie Oosthuizen, Sam Marx en Janet Barnard en almal wat artikels instuur, bedank vir jul bydraes met die nuusblad. A special thank you to Kelpie, Sam and Janet, in particular, for your hard work with this newsletter. Without you, this important communication will not be possible. Op hierdie stadium is die SA Nasionale Skoukampioenskappe (27 tot 29 April 2016 te Bloemskou - Bloemfontein) op baie mense se lippe en wil ek ook elkeen herinner om ‘n nota in jul dagboeke te sit om nie hierdie geleentheid mis te loop nie. Even if you do not participate yourself, it is very important to learn from the comments by the judges on the various animals. Ek sê graag altyd dat: ‘Jy moet oplet in die klas’! Die Purebred klub se veiling was op 12 Maart 2016 aangebied by Groblersdal en ondanks die droogte en gepaardgaande daling in vraag na vee, het die diere steeds goeie pryse behaal. Congratulations to Kobus Ehlers, Kobus van der Linde and BKB with the successful auction, also to all the breeders that sold animals at good prices. Die Vrystaat klub se veiling vind op 30 April 2016 te NG Kerk Leeuwberg, Kotze Str., Ferreira, Bloemfontein plaas na afloop van die skou en ons vra ook dat u hul sal ondersteun. It is important to visit auctions to see for yourselves what the current market prices are and how to prepare animals for an auction. It is not just luck when some breeders get better prices for their animals; they know what must be done to get the best prices on offer. Die afgelope paar maande, het heelwat telers presteer en wil ek graag al die presteerders baie geluk sê met jul prestasies. Die Stamboek/Vleissentraal Elite Vleisbees Kudde toekennings, die LNR Nasionale Beste Elite Koei toekennings asook die wenners by die Hertzogville skou! During the Vleissentraal Elite awards it was mentioned that Dexter Breeders should be very proud of their achievements the last couple of years, and I agree. The Dexter breed is busy making more and more name for itself.

Upload: others

Post on 21-Oct-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • Pag

    e1

    INHOUDSOPGAWE 1. PRESIDENT’S NOTA

    3. NUUS 5. DEXTER VOEDING

    7. DIERE GESONDHEID

    12. FASE D TOETSING

    APRIL 2016

    PRESIDENTS NOTA

    Hierdie is nou ons 3de nuusbrief. Ek wil graag vir Kelpie Oosthuizen, Sam Marx en Janet Barnard en almal wat artikels

    instuur, bedank vir jul bydraes met die nuusblad. A special thank you to Kelpie, Sam and Janet, in particular, for your

    hard work with this newsletter. Without you, this important communication will not be possible.

    Op hierdie stadium is die SA Nasionale Skoukampioenskappe (27 tot 29 April 2016 te Bloemskou - Bloemfontein) op baie

    mense se lippe en wil ek ook elkeen herinner om ‘n nota in jul dagboeke te sit om nie hierdie geleentheid mis te loop

    nie. Even if you do not participate yourself, it is very important to learn from the comments by the judges on the various

    animals. Ek sê graag altyd dat: ‘Jy moet oplet in die klas’!

    Die Purebred klub se veiling was op 12 Maart 2016 aangebied by Groblersdal en ondanks die droogte en gepaardgaande

    daling in vraag na vee, het die diere steeds goeie pryse behaal. Congratulations to Kobus Ehlers, Kobus van der Linde and

    BKB with the successful auction, also to all the breeders that sold animals at good prices.

    Die Vrystaat klub se veiling vind op 30 April 2016 te NG Kerk Leeuwberg, Kotze Str., Ferreira, Bloemfontein plaas na

    afloop van die skou en ons vra ook dat u hul sal ondersteun. It is important to visit auctions to see for yourselves what

    the current market prices are and how to prepare animals for an auction. It is not just luck when some breeders get

    better prices for their animals; they know what must be done to get the best prices on offer.

    Die afgelope paar maande, het heelwat telers presteer en wil ek graag al die presteerders baie geluk sê met jul

    prestasies. Die Stamboek/Vleissentraal Elite Vleisbees Kudde toekennings, die LNR Nasionale Beste Elite Koei

    toekennings asook die wenners by die Hertzogville skou! During the Vleissentraal Elite awards it was mentioned that

    Dexter Breeders should be very proud of their achievements the last couple of years, and I agree. The Dexter breed is

    busy making more and more name for itself.

  • Pag

    e2

    Die volgende paar maande gaan n bedrywige tyd wees in beestelerskringe. Nampo Harvest Day is from 17 to 20 May 2016. This is an event that should

    not be missed. Die Dexter ras het al deeglik van homself rekenskap gegee tydens hierdie geleentheid en ons stalletjie en ras lok wye belangstelling elke

    jaar. I do hope to see you there.

    We are proud to inform you that we printed Herd Manage Books for all the breeders. It is free and can be collected at the SA National Championships or

    at Nampo. Stel ons asb. in kennis of u dit sal kan kom afhaal en watter dag en/of ons dit vir u moet pos. Dit is n sakpas boekie wat u kan gebruik vir

    geboorteaantekeninge, watter bulle gebruik is, reënval, aantekeninge oor dosering en entstowwe. There is also information about managing and

    weighing periods, breeding values and condition scale values.

    Dexter groete

    Ockie Barnard (President)

  • Pag

    e3

    GENERAL DEXTER NEWS

    Landbounavorsingsraad Nasionale Beste Elite Koei Toekenning 2016 geborg deur Farmer’s Weekly

    Die LNR hou jaarliks in samewerkings met Farmers Weekly hierdie spog geleetheid. This event will take place during the Jacaranda show of 2016. The cow

    that was nominated during the AGM of 2015 is:

    Corbu Dexters (CB Uys) – 12 kalwers met ‘n TKP van 365 dae. Koei nr is JJN 020011

    Baie geluk aan Nelius. Ons vertrou dat Traytjie haar ding sal doen teenoor die ander rasse.

    Vleissentraal SA Stamboek Elite vleisbees kudde toekennings

    Hier volg die lys van kuddes wat toekennings ontvang het vir 2016 in die Vleissentraal SA Stamboek Elite vleisbees kudde toekennings. Baie geluk aan

    hierdie wenners want elkeen van hierdie kuddes is wenners in hulle eie reg.

    PARTICIPANT PARTICIPANT NAME TOEKENNING

    0596525DXT MNR. THOMAS HEATH Goud

    0634652DXT MNR. JOHAN DAFFUE & SEUN Silver

    0653457DXT MNR. JACOBUS BOTHA Silver

    0511684DXT MNR. HENDRIK STRYDOM Brons

  • Pag

    e4

    Hertzogville Skou uitslae – 10 tot 12 Maart 2016

    KOEI IN MELK (24-36 MDE) - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN

    SB MARX)

    KOEI IN MELK (18-24 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)

    JUNIOR UIER KOMPETISIE - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN

    SB MARX)

    JNR KAMPIOEN VROULIK - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN

    RES JUNIOR KAMPIOEN VROULIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    VERS (12-18 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)

    VERS (6-12 MDE) - ORB (OP BARNARD)

    KLEUTER KAMPIOEN VROULIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    RES KLEUTER KAMPIOEN VROULIK - ORB (OP BARNARD)

    GROOT KAMPIOEN VROULIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    RES VROULIKE KAMPIOEN - SHAMDEX (MNRE GV JAEGER EN

    SB MARX)

    BULLE (24-36 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)

    JUNIOR KAMPIOEN MANKIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    BULLE (12-18 MDE) - DORANCO (CF VAN TONDER)

    KLEUTER KAMPIOEN MANLIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    RAS KAMPIOEN MANLIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    RES KAMPIOEN MANLIK - DORANCO (CF VAN TONDER)

    OPPERSTE KAMPIOEN - DORANCO (CF VAN TONDER)

    BESTE PAAR BUL/KOEI/VERS (ENIGE OUDERDOM) - DORANCO

    (CF VAN TONDER)

    2 AFSTAMMELINGE VAN 1 BUL - ORB (OP

    BARNARD)

    GROEP VAN 3 VROULIKE DIERE `- ORB (OP

    BARNARD)

    BESTE VERTONING VAN 3 BEESTE (BEIDE GESLAGTE) - DORANCO

    (CF VAN TONDER)

  • Pag

    e5

    DEXTER VOEDING

    Geskryf deur Kelpie Oosthuizen

    Winterlek

    Belangrike beplanning by teelkudde

    1. Teelseisoen 2. Kondisie Telling 3. Winter byvoeding 4. Vervangingsverse 5. Teelbulle 6. Inentings en parasietbeheer 7. Bemarking

    Kondisie telling

    Kondisie Telling is gemeet tussen 1 en 5. 1. Is baie maer 2. Maer 2.5. Redelik 3. Net mooi 4. Vet 5. Baie Vet

    Kondisie van teelkoeie

    1. Speen vroegtydig April, nie later as Mei. 2. Begin met stategiese lekke soos Proteienlekke vroegtydig nl. April, Mei wanneer gras saad skiet. 3. Doen kondisie telling gereeld om voedings status te bepaal en pas aanvullings aan. 4. Begin met Produksielekke wanneer koeie kalf. • Moontlike lekke: • Proteienlekke: • Voermol Premix 450 • Molatek Proteienlek 40 • Enige ander lek van u keuse • Produksielekke: • Meng enige van hierdie lekke 50:50 met chop of mielies.

    Winterweiding

    1. Beplan weidingstelsel om minimum gewigs verlies te hê.

  • Pag

    e6

    2. Gebruik u lande strategies deur die winter. 3. Aangeplante weidings. 4. Addisionele bale vir veiligheid.

    Mielielande

    1.Bewei die lande stategies om kondisie telling te behaal met paartyd. 2. Koeie wat kalf kry addisionele energie wat melk produseer wat beter speengewigte beteken. 3. Addisionele inkomste vir die boer met swaarder speengewigte. 4. Beter kalf %. 5. Gebruik net ‘n winterlek en nie ‘n produksielek nie.

    Vervangings verse

    1. Die top verse wat uitgehou word om die teelkudde te verbeter moet behoorlik uitgegroei word. 2. Voeding is uiters belangrik vanaf speen tot by geslagsrypheid. 3.Gee Produksielek teen 1.5 kg per dag. 4. Paar Oktober 2 maande vroeër as volwasse diere bv. Normale paar tyd : Desember,

    Januarie, Februarie.

    Teelbulle 1.Bepaal die ideale gewig van die teelbul. 2. Weeg die bul en bepaal die hoeveelheid kg wat aangesit moet word. 3. Bepaal die gemiddelde groei oor die tydperk. 4. Voer die bul die rantsoen teen 1% tot 1.5% van liggaamsmassa en vermeerder of verminder die voer totdat gewensde GDT behaal word. 5. Doen vroegtydig die vrugbaarheids toetse.

    Mengsels Mengsel 1 Mengsel 2 Ruvoer 150 kg Ruvoer 150 kg Beesvet 33 160 kg SB 100 150 kg Bypass 50 kg Procon 33 50 kg Chop/Mielies 640 kg Chop/Mielies 650 kg Totaal 1000 kg Totaal 1000 kg Hierdie mengsel moet op weiding gegee word.

  • Pag

    e7

    DIERE GESONDHEID

    Beesvirusdiarree en Mukosasiekte

    Dr G Gaigher BVSc

    INLEIDING

    Die virus van beesvirusdiarree (BVD) kom volgens onlangse opnames wydverspreid in Suid-Afrika onder beeste voor, maar veroorsaak slegs

    sporadies probleme. Dit word oorgedra deur neusafskeidings, speeksel, mis, uriene en bloed of deur kontak met besmette voorwerpe. Dit

    dring deur die neus of die mond die liggaam binne en vermenigvuldig in die dier se liggaam.

    OORSAAK

    Daar is twee tipes virus wat voorkom :

    1. Die sitopatogeniese virus wat aborsies, resorpsies of fetusmisvorming by dragtige beeste veroorsaak. 2. Die nie-sitopatogeniese virus wat veroorsaak dat koeie wat in die eerste derde van dragtigheid besmet word, geboorte gee aan

    kalwers met blywende infeksies (Eng: "persistently infected" of PI ).

    Hierdie diere tree as bron van die virus in die kudde op. Indien hierdie kalwers later aan die sitopatogeniese virus blootgestel word, sal 'n sindroom genoem mukosasiekte (Eng: "mucosal disease" of MD) gepresipiteer word. Beeste wat deur MD geaffekteer word sal 'n verlies aan eetlus toon en sal sere in die bek en buikloop ontwikkel. Die BVD-virus kan ook met ander virusse en Mannheimia (Pasteurella) haemolytica bydra tot die ontwikkeling van respiratoriese siekte in beeste in voerkrale.

  • Pag

    e8

    SIMPTOME

    Die mees algemene simptome is :

    1. Reproduksie. Die simptome wissel van embrionale verlies tot aborsie of die geboorte van 'n swak kalf. Kalwers kan gebore word met 'n onderontwikkelde kleinbrein (serebellum) wat gebrek aan koördinasie tot gevolg het (Fig. 1 en 2). 2. Swak kalf sindroom. Hulle is gewoonlik kroniese draers, groei nie goed nie en vrek maklik van longontsteking of diarree. 3. Akute BVD. Dit vind plaas in kuddes wat nog nooit aan die siekte blootgestel was nie. Simptome is koors, neusuitloopsel, afname in melkproduksie en diarree. Alhoewel baie diere aangetas word, is daar min vrektes. Sien Fig. 3. 4. Respiratoriese siekte. As gevolg van immuunonderdrukking word diere meer vatbaar vir longontsteking van oorsake anders as BVD. 5. Mukosasiekte. Dit is 'n dodelike siekte aangetref in jong diere en word gekenmerk deur erge bloederige diarree asook erosie en ulserasie van die slymvliese

    van die spysverteringstelsel. Mukosasiekte ontstaan wanneer 'n chroniese draer, besmet met die nie-sitopatogeniese virus, wel infeksie van

    die sitopatogeniese virus opdoen.

    Fig. 1: Jong kalf met onderontwikkelde kleinbrein. Let op hoe wyd die kalf se pote geplant is om balans te probeer behou.

  • Pag

    e9

    Fig. 2: Erge onderontwikkelde kleinbrein in 'n kalf wat voor geboorte besmet is met die BVD-virus. Die kleinbrein is gewoonlik 3 tot 4 keer groter as in dié geval.

    Fig. 3: 'n Groot seer op die bekslymvlies van 'n bees veroorsaak deur besmetting met BVD.

  • Pag

    e10

    BEHEER

    Daar is twee benaderings nl:

    1. BVD-vry kudde

    Om dit te bereik en te handhaaf moet die kudde getoets word en enige dier met blywende infeksies verwyder word. Daarna moet slegs beeste wat skoon toets in die kudde ingebring word. Onthou dat bulle BVD deur middel van semen kan oordra en dus spesiale aandag gegee moet word dat koeie van rondloperbulle weggehou word. Aangesien nog geen kuddes in Suid-Afrika heeltemal skoon getoets het nie, is hierdie slegs 'n teoretiese oplossing.

    2. Enting vir BVD-beheer

    Enting met die dooie entstof kan aangewend word om aborsies en fetale misvormings te verhoed. Dit moet vroeg in dragtigheid gegee word om blootstelling aan die virus te verhoed. Jong kalwers word dan ongeveer twee weke na speen ingeënt met die lewende entstof en weer na vier weke.

    TIPES ENTSTOWWE

    Die lewende entstof

    Dit kan gebruik word vir diere waarmee nie geteel word soos voerkraalbeeste. Die lewende entstof moet nie vir dragtige diere of vir kalwers wat nog soog gebruik word nie. Die BVD-virus in die lewende entstof word gewoonlik gekombineer met ander virusse, soos aansteeklike beesrinotrageitis (IBR), parainfluenza 3 (PI3) en respiratoriese sinsitiale virus (BRSV) om respiratoriese siektes wat deur hierdie virusse veroorsaak word te verhoed. Die primêre inenting word toegedien met die tweede dosis 4 weke later.

    Die volgende kommersiële entstowwe bevat lewende BVD-virus:

    Bovi-Shield 4 (Pfizer AH) (IBR, BVD, PI3 en BRSV) Pyramid MLV (Fort Dodge(Intervet)) (IBR, BVD, PI3 en BRSV)

  • Pag

    e11

    Die dooie of geïnaktiveerde entstof

    Hierdie entstof kan vir alle beeste, dragtiges ingesluit, gegee word. Kalwers van geënte koeie sal passiewe immuniteit besit, en dus behoort hulle eers op ses maande ouderdom die enting te kry.Indien kalwers voor ses maande geënt word, moet hulle weer op ses maande geënt word. Die nadeel van die dooie entstof is dat dit jaarliks herhaal moet word.

    Die volgende kommersiële entstowwe bevat geïnaktiveerde BVD-virus:

    Bovilis BVD-MD (Intervet) (slegs BVD) Bovilis Qarat (Intervet) (IBR, BVD, PI3 en BRSV) Cattlemaster 4 (Pfizer AH) (IBR, BVD, PI3 en BRSV) Respiravax (MSD) (IBR, BVD, PI3 en Mannheimia(Pasteurella) heamolytica

    In die praktyk kan vervangingsverse ingeënt word met die lewendige entstof op 8 maande en 'n skraagdosis een maand later. Hierna behoort sy hopelik lewenslank immuun te wees. Koeie kan òf jaarliks met die dooie entstof geënt word òf met die lewendige entstof in die periode tussen kalwing en voor sy weer bul toe gaan. Hier behoort twee entings 'n jaar uitmekaar met die lewende entstof ook 'n lewenslange immuniteit te gee.

    TEN SLOTTE

    Neem kennis dat BVD wel in die Rustenburgomgewing voorkom en dit u die moeite sal loon om voorsorg daarteen te tref. Onthou egter dat daar baie ander siektes is wat soortgelyke simptome kan gee, dus is dit raadsaam om met 'n veearts te skakel as u sulke simptome opmerk.

    Erkenning vir foto's:

    Figg. 1 en 2: Bristol Biomedical Image Archive © 1999 Universiteit van Bristol

    Fig. 3: Compendium on Continued Education for the Practicing Veterinarian Feb 1997

  • Pag

    e12

    Fase D Toetsing Deur: Christo Venter (Spree Dexters)

    Wat is Fase D Toetsing?

    Fase D toetsing is metode om vas te stel hoe jong bulle in veld kondisies kan groei. Met ander woorde jy toets of die beeste waarmee jy boer

    wel op die veld kan presteer of nie. As mens by SA Stamboek navraag doen oor hoe fase D toetsing nou eintlik gedoen word, word jy vertel dat

    jy moet onthou dat jy nie met ‘n oorlewings kursus besig is nie, jy weet klaar jou beesras kan oorleef op die veld. As jy voer spesialiste vra hoe

    werk fase D toetsing, sal baie vir jou sê jou bulle moet op die veld loop, maar jy moet vir hulle ‘n ordentlike lek gee. Hulle moenie sukkel om in

    te kry wat hulle nodig het om te groei nie. Baie sal vir jou sê jy moet hulle op BAIE goeie veld sit met ‘n BAIE goeie lek. Ander sê reguit die

    enigste verskil tussen fase D en fase C is dat die bulle tydens ‘n fase C toets ‘n volvoer kry, met ander woorde alles wat hulle nodig het om

    optimaal te groei. Tydens ‘n fase D toets, moet hulle alles inkry wat die fase C bul inkry, behalwe die plantmateriaal. Daar is selfs die persone

    wat sê dat as jy kan, plant ‘n stukkie weiding aan vir hulle. As mens mooi kyk na wat ek hier skryf, is dit baie duidelik dat almal dit eens is dat

    die bulle wat fase D toetsing doen nie moet swaar kry of afgeskeep word nie. Nou ontstaan die vraag, wat presies is goeie weiding en wat

    presies is ‘n goeie lek. Met die gras kan mens nog sê, goed as hulle op smutsfinger of rooigras of so iets loop, is dit goeie weiding, maar jy kan

    vir 10 mense vra wat is ‘n goeie lek, dan kry jy 10 verskillende antwoorde of dan nou resepte. As jy met die voerkonsentraat vervaardigers se

    verteenwoordigers praat, promofeer hulle natuurlik hulle produk en daar bestaan geen twyfel dat die goed gaan werk nie, maar wat is ‘n goeie

    lek of dan nou die beste lek? So, los ons dan nou eers die punt, want ‘n antwoord is gladnie voor-die-hand-liggend nie.

    Wie doen Fase D Toetsing?

    Enige boer wat baie graag wil weet of dit waarmee hy boer lewensvatbaar is, moet dit eintlik doen, sommer net daar op sy plaas. Hoewel as jy

    die data en resultate by stamboek opgeneem wil hê, is daar ‘n paar reëls. Volgens Stamboek moet daar ten minste 10 bulle in die toets wees.

    Die bulle kan enige iets vanaf speen ouderdom wees, tot en met ‘n jaar ouderdom as hy in die toets ingaan, maar die pakkie wat getoets word,

    mag nie meer as 100 dae in ouderdom van mekaar verskil nie. Die toetsing vind gewoonlik oor ‘n tydperk 3 tot 4 maande plaas, maar dit kan

    tot 6 maande duur. Stamboek skryf nie ‘n spesifieke tipe veld voor nie, ook nie ‘n lek nie.

  • Pag

    e13

    Hoe word Fase D Toetsing gedoen?

    Die boer wat fase D toetsing wil doen, kan sy eie tien of meer bulle gebruik, maar hy kan ook, as hy nie genoeg bulle het wat aan die vereistes

    hierbo voldoen nie, van ander boere se bulle intrek. Bv. As boer Een net 4 bulle het, kan boer Twee nog 6 insit of selfs as hy ook net 4 het, kan

    boer Drie 2 of 3 insit. Dan moet die bulle vir so twee weke saam in die kamp loop om die kamp te leer ken en om mekaar uit te sorteer.

    Gewoonlik is daar maar ‘n fris gespelery aan die begin om te sien wie is die baas en wie die klaas, dan eet hulle nie so goed nie en gebruik baie

    energie om te “speel”. Dan word hulle almal op een tydstip geweeg. Daarna, moet hulle net almal in dieselfde kamp loop en dieselfde toegang

    hê tot water en veld kos en natuurlik die lek.

    Hiervandaan, word hulle elke 2 weke geweeg. Natuurlik word al die data, vanaf die eerste inweging opgeneem in ‘n databasis. Wat mens wel

    moet probeer doen is om die weging altyd op dieselfde tyd van die dag te doen. Dit is seker nie krities nie, maar dit is aanbeveelbaar om meer

    akurate data te verkry. Die proses gaan dan voort vir enige tydperk van drie tot ses maande. Eintlik heel eenvoudig, die grootste “werk” is om

    die weging te doen en aan te teken.

    Wat bereik die boer met Fase D Toetsing?

    Die is beslis ‘n baie goeie vraag. Dit maak tog nie sin om geld uit te lê om dinge te doen en jy kry nie iets terug daarvoor nie. Wel, die boer wat

    fase D toetsing doen, bereik presies dieselfde as die boer wat Fase C toetsing doen, met die verskil dat ‘n fase D bul alreeds veld-aangepas is.

    Dit is ‘n baie belangrike punt, want te veel hoor mens dat boere bulle koop en as hulle die bulle tussen hulle koeie aflaai, want dis hoekom jy ‘n

    bul koop, dan lê die bul net by die water drinkplek en wag tot iemand vir hom kos gee en hy werk niks, of die bul loop saam met die koeie in

    die veld, maar hy verloor kondisie teen ‘n hewige tempo, tot hy kort voor lank soos ‘n draadkar lyk. Hiermee probeer ek nie sê dat fase D

    toetsing beter is as fase C toetsing nie, ek sê elkeen van die twee toetsings het sy plek, maar omdat fase D toetsing relatief onbekend is, moet

    ‘n mens net so bietjie ingelig word oor wat dit is.

  • Pag

    e14

    Die boer moet natuurlik altyd onthou dat mens ook na die hele pakket moet kyk, bv. jy kan ‘n bul kry wat ‘n geweldige groei toon deur die hele

    tydperk, maar hy lyk baie vroulik, of het ‘n dun nek of sy toplyn is swak of so iets. Daarom, sal jy steeds jou resultate dophou, maar ook visueel

    besluit of ‘n bul goeie teelmoontlikhede het of nie.

    Dus, wat het die boer bereik met die toetsing, spesifiek in ons ras? Op die stadium seker nie veel nie, want fase D toetsing dra nog nie die

    gewig van fase C toetsing nie en ek is nie so seker of dit werklik jou jong bul se waarde gaan opstoot as jy kan sê die bul het goed presteer in

    fase D nie. Hoewel ek glo dat as ‘n ingeligte boer verby kom, sal hy beslis bereid wees om meer vir ‘n fase D bul te betaal omdat die bul veld-

    aangepas is en dadelik kan begin werk onder sy koeie, sonder dat hulle merkwaardig behoort gewig te verloor. Ek glo ook dat daar 'n dag sal

    kom waar fase D bulle redelik in aanvraag sal wees, sodra die boere meer ingelig is.

    Wat het ons gedoen?

    Ons was 3 boere wat jong bulle saam gegooi het met die oog daarop gerig om ‘n goeie fase D toets te doen. So het ons deur die eerste fases

    gegaan en toe wag ons nou net op die reën, sodat die veld kan verander in sogenaamde “goeie veld”. So loop die tyd aan en die reën bly weg

    en ons moet besluit of ons die projek gaan kanseleer. Op die ou end besluit ons toe dat Dexter boere van oor Suid Afrika baie spog met hulle

    “uitstekende” ras. Toe besluit ons dat ons met die toets moet deurdruk, want dit help nie ons spog met ons ras, maar ons het geen idee hoe

    die ras gaan presteer as die toestande nie so goed is nie. Dit is natuurlik ‘n baie groot voordeel van fase C toetsing, jy skep altyd vir die bul die

    ideale omstandighede, sodat hy maksimum kan presteer. Fase D darenteen doen dit nie. Toe besluit ons om dit ‘n stap verder te vat, ons het

    geen weiding aangeplant nie, ons het geen warm lek beskikbaar gestel nie, ons het geen byvoeding gegee nie, inteendeel vir omtrent die

    eerste 4 maande van ons toets was die veld basies winterveld, omdat daar nie noemenswaardige reën geval het nie. Die lek wat ons gebruik

    het was ‘n mengsel van 10 sakke sout, 2 sakke Meester 20 en 1 sak P12. So, dit is die storie. Dus, sekerlik volgens meeste van die mense wat

    raad gegee het oor hoe ‘n fase D toets gedoen moet word, het ons seker die toets heeltemal “verkeerd” gedoen en moes ons dit dalk gelos

    het. Hoewel ons besluit het, “In for a penny, in for a pound”. Die resultate wat ons verkry het mag dalk vir mense lyk na “koop asb. ‘n ander

    beesras”, maar ek verseker julle. Die veld waarop die jong bulle geloop het was basies tydens die hele toets winterveld.

  • Pag

    e15

    So, wat was ons resultate?

    Ons het 13 bulle ingeweeg. Hoewel hulle aan die 100 dae kriteria voldoen het, het ons 5 bulle gehad, wat die jongste was, aan die heel onder-

    punt van die 100 dae. Dan het ons 8 bulle gehad wat basies amper 100 dae ouer as die jong bulle was, hoewel hulle ook in 2 groepe verdeel

    kon word aan die bo-punt van die honderd dae, maar die verskil tussen hulle ouderdomme was baie kleiner, so hulle is sommer saam in ‘n

    groep vir besprekings doeleindes. Die gemiddelde inweeg gewig vandie jonger groep was 130 kg. Die gemiddelde inweeg van die ouer groep

    was 178 kg. Na 140 dae in die toets het ons op die jong groep ‘n gemiddelde groei van 75 kg per kop gehad, die ouer groep het ‘n gemiddelde

    groei van 63 kg per kop gehad. Die gemiddelde daaglikse gewigtoename oor die 140 dae was op die jong groep 537 gram per dag en op die

    ouer groep was dit 420 gram per dag.

    Wat ons geving het, wat baie eienaardig was, was dat die bulle soms oor ‘n 14 dae tydperk negatief gegroei het, dus is hulle gewig 14 dae later

    ligter as wat dit 14 dae vantevore was. Die was vir my ‘n baie eienaardige toedrag. Dit kan hoogs waarskynlik aan ons uitermatige temperature

    toegeskryf word, want as ons kyk na die tye wat dit gebeur het, was dit tye waar dit baie warm was en ek glo die bulle wou nie eet nie, veral

    nie deur die dag nie en lê net in die skaduwee. Ek glo dus hulle swakker voer inname is deur groter energieverbruik deur so ‘n warm tydperk

    veroorsaak het dat hulle swak of negatief gegroei het. Ons het toe besluit om die volgende keer as ons die tipe toets doen, ons die

    temperatuur ook in die vergelyking gaan opneem, sodat ons feitelik kan bewys dat die temperatuur ‘n invloed op die groei het of nie. As mens

    in elk geval na die groei kyk, kan ons sê dat die syfer baie naby is aan natuurlike groei, gegewe die kondisies, dus kan ons aanvaar dat ons

    beesras werklik goed groei in die swakste omstandighede moontlik. Die enigste manier waarop die kondisies swakker kan word is as ons hulle

    kos ook wegvat. Ek is geweldig sterk oortuig daarvan dat ons ras uitstekend gaan vaar as die kondisies goed is. In hierdie selfde tyd het ‘n baie

    goeie vriend van my wat met ‘n baie bekende rooi vleisras boer, kalwers gespeen wat in die omgewing van 115 tot 150kg weeg. As mens in ag

    neem dat dit ‘n bekende vleisras is (om voor-die-hand-liggende redes wil ek nie die persoon of sy ras bekend maak nie), waar die boere altyd

    spog met 220 tot 270kg kalwers op speengewig, dan glo ek ons ras vaar besonder goed.

  • Pag

    e16

    Slotsom

    Was dit vir ons die moeite werd om die toets te doen? Ja beslis, ons het nodig om te weet waartoe ons ras in staat is as ons wil spog met ‘n

    baie goeie beesras. Ook het ons baie geleer in verband met groei vensters in die jong beeste se lewe. Hoewel dit nog baie vroeg is om tot

    gevolgtrekkings te kom, kon ons baie duidelike groeipatrone sien in die drie verskillende groepe. Ons sal die tipe toetsing beslis in die vervolg

    weer doen, want mens kan nie in ‘n kwessie van een of drie jaar praat van seleksie en beste gene ens. nie. Teling by beeste vind net eenvoudig

    te stadig plaas en ons het nog baie werk, wat oor jare gaan strek, voor ons tot rotsvaste gevolgtrekkings kan kom. Intussen gaan ons beslis

    bewys dat ‘n boer suksesvol met Dexters kommersieel kan boer.

    Red: OM TE MEET IS OM TE WEET!