inleiding - lewende weg gemeentelewendeweg.com/resources/netwerk - profiel.doc · web viewnetwerk...

50
NETWERK VISIE Elke gemeentelid aktief diensbaar tot uitbou van die Koninkryk van God Efesiers 4:11 – 13 MISSIE Begelei mense na die regte plekke vir die regte redes 1

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

NETWERK

VISIEElke gemeentelid aktief diensbaar tot uitbou van die

Koninkryk van GodEfesiers 4:11 – 13

MISSIEBegelei mense na die regte plekke vir die regte redes

Sessie INHOUD Bladsy

1

Page 2: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

1. INLEIDING Wat is netwerk?

2. SESSIE 1 My Persoonlike Styl

3. SESSIE 2 My Gawes

4. SESSIE 3 My Passie

4. SAMEVATTING My dienaarsprofiel

2

Page 3: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

INLEIDINGWAT IS NETWERK?

Netwerk se doel

Netwerk se doel is om gelowiges te help om effektief en vervuld te wees, binne ‘n sinvolle plek van bediening.

“Julle broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie jul vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar met liefde.” – Galasiërs 5:13.

Netwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur jou unieke bydrae, in ‘n sinvolle bediening, ‘n

Koninkryks impak kan maak.

NETWERK SE PROSES

STAP EEN : ONTDEKKING

Jy leer meer van jou Godgegewe samestelling – oftewel jou dienaarsprofiel.

Die Netwerk kursus help jou met hierdie ontdekkingsproses.

STAP TWEE : ONTLUIKING

‘n Assimileerder sal jou bystaan om in ‘n sinvolle bedienings-plek, jou plek in die gemeente te ontdek en in te neem.

Die Assimilasie-geleenthede is daar om bedieningsgeleenthede te oorweeg en te kies waar jy betrokke wil raak.

STAP DRIE : ONTWIKKELING

Jy bevestig en ontwikkel jou gawes binne aktiewe diensbaarheid in die gemeente.

Ontwikkeling van gawes dui op ‘n aspek van geestelike groei. Die doelwit is diens.

Hoekom moet ons dien :

Die rede vir dienswerk is om

God te eer en aan Sy Koninkryk te bou Ander mense te dien en op te bou

Ons sien dit in verskeie plekke in die Bybel, maar daar is veral twee sleutel gedeeltes:

1. Die Tien Gebooie (Eksodus 20:1-17) Die eerste vier Gebooie beskryf hoe ons God moet dien. Die oorblywende ses Gebooie beskryf hoe ons ander mense moet

dien.

3

Page 4: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

2. Die Groot GebodJesus antwoord hom : “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand”. Dit is die gootste en die eerste gebod.

En die tweede, wat hiermee gelyk staan: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat”. (Matteus 22:37- 40)

Hoe verheerlik dienswerk God?

Dienswerk is ‘n vorm van aanbidding, en aanbidding verheerlik God.

As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen. So moet julle God in alles verheerlik deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in ewigheid! Amen (1 Petrus 4:11)

Hoe bou dienswerk ander op?

Dienswerk lei tot die opbou en groei van die kerk – Sy liggaam.

En dit is die “gawes” wat Hy “gegee” het : apostels, profete, evangeliste en herder en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. (Efesiers 4:11-12)

OM GOD TE VERHEERLIK EN ANDER OP TE BOU IS DIE GROOT TOETS VIR DIENSWERK!

Hoe behoort ons te dien ?

Jou Dienaarsprofiel

a) Persoonlike Styl Jou persoonlike styl sal aandui hoe jy sal dien of dienswerk verrig. Jou styl druk jou unieke stempel af op dit wat jy doen. Daar is nie ‘n regte of verkeerde persoonlike styl nie.

b) Gawes Jou gawes sal aandui wat jou dienswerk sal wees. Jou gawes gee jou selfvertroue, gee jou vermoëns en verleen

outoriteit aan jou bedieningswerk. Daar is nie regte of verkeerde gawes nie.

c) Passie (Godgegewe begeerte) Jou passie sal aandui waar jy die beste geskik sal wees om te dien. Jou passie fokus jou, motiveer jou en rig jou. Daar is nie ‘n regte of verkeerde passie (Godgegewe begeerte) nie.

4

Page 5: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Sessie 1 - My Persoonlike Styl

5

Page 6: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

SKRYF JOU NAAM:

A. ________________________________________

B. ________________________________________

6

Page 7: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

BEPALINGS VAN PERSOONLIKE STYL

PERSOONLIKE STYL ANALISE

Instruksies: Geen regte/verkeerde antwoorde nie Behou dieselfde fokus deurlopend (werk/huis) Omkring slegs een woord in elke ry, van links na regs, wat jy voel

jou die beste beskryf Wees eerlik, die inligting is vertroulik

EK BESKOU MYSELF AS …# A B C D1 Terughoudend Kragdadig Versigtig Ekspressief2 Ondernemend Korrek Opwindend Tevrede3 Gewillig Opgewek Vasberade Presies4 Argumenteren

dTwyfelagtig Besluitloos Onvoorspelbaar

5 Gerespekteerd Uitbundig Geduldig Waaghalsig6 Oorredend Selfstandig Logies Saggeaard7 Versigtig Gelykmatig Beslis Opgeruimd8 Gewild Aanmatigend Perfeksionisties Vrygewig9 Kleurvol Beskeie Gemaklik Ontoegeeflik10 Sistematies Optimisties Volhardend Akkomoderend11 Genadeloos Nederig Medemenslikhe

idPraterig

12 Vriendelik Observerend Speels Sterk wil13 Sjarmant Avontuurlustig Gedissiplineerd Aspris14 Beheersd Standvastig Aggresief Aantreklik15 Entoesiasties Annalities Simpatiek Gedetermineer

d16 Oorheersend Impulsief Langsamerhand Krities17 Gelykmatig Kragdadig Lewendig Rustig

7

Page 8: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

18 Invloedryk Goedhartig Onafhanklik Geordend19 Idialisties Populer Aangenaam Uitgesproke20 Ongeduldig Ernstig Uitsteller Emosioneel21 Kompeterend Spontaan Lojaal Bedagsaam22 Selfopofferend Konsidererend Oortuigend Moedig23 Afhanklik Ongelykmatig Onderdanig Opdringerig24 Geduldig Konvensioneel Stimulerend Direk

SLEUTELKAART

C D I S1 C B D A2 B A C D3 D C B A4 B A D C5 A D B C6 C B A D7 A C D B8 C B A D9 B D A C10 A C B D11 B A D C12 B D C A13 C B A D14 A C D B15 B D A C16 D A B C17 A B C D18 D C A B19 A D B C20 B A D C21 D A B C22 A D C B23 C D B A24 B D C A

D = DRIVER (Kolleries)

8

Page 9: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

I = INFLUENCER (Sanguine)S = SENSUS (Flegmaties)C = CONCISE (Melankolies)

My twee hoogste totale is:

1. _________________

2. _________________

ELEMENTE VAN PERSOONLIKE STYL

Mensgerig (I en S) Taakgerig (D en C)

Hierdie skaal beskryf hoe ons emosionele energie (motivering) ontvang en waarop ons dit fokus

Wat motiveer jou?

Mensgerig (I en S) Taakgerig (D en C)

MENSE TAKE

As jy taakgerig is (hoë D of C):

Die primêre inhoud van jou bediening behoort die afhandeling van take of projekte te wees wat in die proses ander dien

Jou primêre fokus moet taak- of doelgerig wees

As jy mensgerig is (hoë I of S):

Die primêre inhoud van jou bediening behoort meer direk mensgerig te wees

Jou primêre fokus moet op verhoudings wees

9

Page 10: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

ONTHOU:Beide mensgerigte sowel as taakgerigte persone is bedag daarop om verhoudinge te ontwikkel en om doelwitte te bereik, elkeen het maar slegs ‘n primêre sowel as sekondêre wyse waarop dit bereik wordHOE IS JY GEORGANISEERD:

Gestruktureerd (C) Ongestruktureerd (I)

Verkies reëls en geordende Verkies verskeie opsiesstrukture en buigsaamheid

As jy gestruktureerd is (hoë C):

Moet jou bediening duidelik gedefinieërd wees Jou verhouding met ander moet voorspelbaar wees

As jy ongestruktureerd is (hoë I):

Moet jou bediening algemeen omskryf wees Jou verhouding met ander moet spontaan wees

Gestruktureerde en ongestruktureerde persone heg waarde daaraan om georganiseerd te wees, maar elkeen het sy/haar eie benadering daartoe

Taakgerig / Ongestruktureerd (D/I of C/S kombinasie):

Algemene riglyne Veelsydig Help waar ookal benodig Hou van tasbare resultate

Oorweeg ‘n bediening waar daar van jou verwag word om verantwoordelikheid te neem vir ‘n wye verskeidenheid take

Taakgerig / Gestruktureerd (D/C kombinasie):

10

Page 11: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Kry die taak gedoen Gefokus op resultate Verkies om ‘n agenda te volg Waardeer duidelike rigtingwysing

Oorweeg ‘n bediening wat jou sal toelaat om duidelikheid te hê en te weet wat die doelwit is en hoe jy die taak gaan voltooi

Mensgerig / Ongestruktureerd (S/I kombinasie):

Spontane situasies Spraaksaam Kom goed met ander oor die weg Buigsaam

Oorweeg ‘n bediening wat aan jou genoeg vryheid sal gee om spontaan en gemaklik met mense om te gaan

Mensgerig / Gestruktureerd (S/C kombinasie):

Duidelik gedefinieërde verhoudings Bekende omgewings Straal warmte uit Geniet bekende verhoudings

Oorweeg ‘n bediening waar jou interaksie met mense volgens duidelike riglyne sal geskied

ONTHOU: Verskillende style kan oor die grense opereer. Die intensiteit van

jou styl sal egter die spanning bepaal wat so ‘n verskuiwing oor die grens op jou plaas

Jy is iets van alle style – net in verskillende mates “People skills” is die vermoë om jou styl aan te pas na gelang

van die situasie

VERSTAAN EN WAARDEER HOË “D” GEDRAGSTYLBasiese motivering Resultate

UitdagingsIdeale omgewing Voortdurende uitdagings

Vryheid om op te treeVerskeidenheid

Aanvaar/Verwerp Aanvaar die moeilikeVerwerp ledigheid

Sterkpunte Kry dinge gedoen

11

Page 12: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Beslis en gefokusDoelgerig

Swakpunte Onsensitief teenoor anderOngeduldig, steur nie aan feite en risikos nieOnbuigsaam / ontoegeeflik

Gedrag onder spanning

Outokraties

Sou baat deur meer te Luister

Tong in die kies – Gebed van ‘n hoë “D”:

“Here,help my asseblief om nie alles te wil bestuur nie en as U hulp nodig het, vra net”.“Heer, gee my asseblief geduld, NOU”!“Here, help my om stadiger te lewe en nie so te jaag deuralleswatekdoenniedankieamen”!

NOTAS:

VERSTAAN EN WAARDEER HOË “I” GEDRAGSTYLBasiese motivering Erkenning

Wil gewild weesIdeale omgewing Vriendelike atmosfeer

Vryheid van beheer en besonderhedeGeleentheid om ander te beinvloed

Aanvaar/Verwerp Aanvaar betrokkenheid met ander menseVerwerp afsondering

Sterkpunte OptimistiesMensgerig

12

Page 13: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

EntoesiastiesSwak punte Oorgretig

ManipulerendGebrek aan deurvoering

Gedrag onder spanning

Aanval

Sou baat deur meer te ‘n Oomblik te wag en te dink voor jy optree

Tong in die kies – Gebed van ‘n hoë “I”:

“Here,help my asseblief om dinge ernstiger op te neem, veral partytjies”!“Heer, help my om op een di … haai, kyk daai oulike voeltjie … ding op ‘n slag te fokus”.“Here, help my om verantwoordelikheid te aanvaar vir my dade, al weet U dis gewoonlik nie my skuld nie”!

NOTAS:

VERSTAAN EN WAARDEER HOË “S” GEDRAGSTYLBasiese motivering Verhoudings

WaarderingIdeale omgewing Spesialisasie

GroepwerkKonstante of stabiele omgewing

Aanvaar/Verwerp Aanvaar vriendskapVerwerp konflik

Sterkpunte OndersteunendStem maklik saamLojaal

13

Page 14: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Swakpunte KonformeringTe toegeeflikVerlore geleenthede

Gedrag onder spanning

Gee toe /retireer

Sou baat deur meer te Inisieer / standpunt in te neem

Tong in die kies – Gebed van ‘n hoë “S”:

“Here, help my om vir my regte op te staan, as U nie omgee dat ek vra nie”.“Here, help my om minder uit te stel en oor my stiltetyd, ek sal weer volgende week begin”.“Here, ek hoop nie U gee om dat ek sommer in my bed le en bid vana … zzzz”!

NOTAS:

VERSTAAN EN WAARDEER HOË “C” GEDRAGSTYLBasiese motivering Om reg te wees

KwaliteitIdeale omgewing Ondersteunend en voorspelbaar

Duidelik gedefinieërVerlang noukeurigheid

Aanvaar/Verwerp Aanvaar metodesVerwerp gebrek aan kwaliteit

Sterkpunte NetheidDeeglikheidAnalities

Swak punte Te perfeksionisties

14

Page 15: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Te gedetailleerdOorversigtig

Gedrag onder spanning

Vermy / Onttrek

Sou baat deur meer te Gevoelens te wys

Tong in die kies – Gebed van ‘n hoë “C”:

“Here, help my om te ontspan oor detail, môre om 11:41:22am asseblief”.“Here, maak my oop vir ander se idees … hoe verkeerd hulle ook al gewoonlik is”.“Here, help my om meer op U te vertrou – en kan U dit op skrif stel, asseblief”?

NOTAS:

WAARHEDE OOR PERSOONLIKE STYL

1. Dit help as jy die verskille in ander mense waardeer, eerder as om hulle daaroor te verwerp.

2. Dit sal altyd ongemaklik voel om jou persoonlike styl aan te pas.

3. Ons sekondere eienskappe “skop dikwels in” as ons onder druk is.

4. Ons het al vier verskillende style nodig.5. Kinders het vasgelegde style, net soos volwassenes.6. Enige persoonlikheidsstyl kan ‘n goeie leier wees.7. Persone met dieselfde styl se styl kan wissel in intensiteit.

15

Page 16: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

8. Ons kultuur en omgewing beinvloed ons persoonlike styl.9. Jy behoort jou eie styl te begryp, sowel as die van ander.10. Begrip van ander se styl bring die beste in hulle na vore.11. Verskillende style beteken noodwendig verskillende opinies.12. Kennis omtrent jou eie sterk- en swakpunte behoort jou te

motiveer eerder as demoraliseer.13. As jy met “S”-tipes werk, moet jy fyner oplet vir

leierskapkwaliteite, maar dit is daar.14. Sekere omstandighede kan jou natuurlike styl bedreig.15. Elke mens reken dat sy eie styl die beste of korrekte manier

aantoon.16. Dit neem inspanning om jou styl aan te pas, maar die kuns om

dit te doen kan baie waardevol wees.17. Verskillende style is nie reg of verkeerd nie, net anders.18. Dikwels is jy nie soveel pret of so volwasse soos jy gedink het

jy is nie …19. Jou styl binne ‘n sekere omgewing kan dikwels redelike

uitdagings skep.20. Waar jou persoonlike styl buite beheer raak, kan jy jouself

skade berokken.21. Die eerste stap tot volwassenheid is om jou eie sterk- en

swakpunte in te sien.22. ‘n Doelwit van DISC is balans tussen style weens insig omtrent

style.23. ‘n Posisie van leierskap of bestuur sal jou dwing om met ander

style saam te werk.24. Ons is almal geneig om “besitlik” te wees op ons eie styl.25. Te dikwels is ons reaksie voorafbepaal deur ons gemoed,

reageer meer uit volwassenheid en selfbeheersing.

PERSOONLIKE STYL VERKLAAR ONS GEDRAG, MAAR DIT VERSKOON DIT NIE!

Onthou: “Jy is nooit net die produk van een element in styl nie, maar ‘n kombinasie onder invloed van omstandighede”.

PERSOONLIKE STYL EN DIE INTERAFHANKLIKHEID VAN GELOWIGES

1. AFHANKLIKHEID

16

Page 17: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

God se lewensbeginsel aan ons is een van groei, nie van voortdurende afhanklikheid nie.

2. ONAFHANKLIKHEID

Ons het ongelukkig in ons samelewing van vandag volwassenheid gelyk gestel aan onafhanklikheid.

3. INTERAFHANKLIKHEID

God se plan (en opdrag) is dat ons soos ‘n liggaam sal funksioneer.

“Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar” (Romeine 12:5)

“Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan” (1 Korintiers 12:27)

Sien ook die eerste voorbeeld waar ‘n gemeente volgens uniekheid organiseer:

En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gese: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie. Kyk dan uit, broeders, na sewe manne uit julle van goeie getuienis, vol van die Heilige Gees en wysheid, wat ons oor hierdie nodige saak kan aanstel; maar ons sal volhard in die gebed en die bediening van die woord (Handelinge 6:2 – 4)

17

Page 18: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

SELFSTUDIE

PERSOONLIKE STYL IN DIE BYBEL

Vir interessante Bybelstudie, gaan dink bietjie na oor die volgende prominente Bybelkarakters en waar jy hul styl as volg kan identifiseer. Let veral op die wyse waarop God met elkeen kommunikeer.

PAULUS as ‘n hoë ______________________________

Handelinge 9Handelinge 15:36-41Handelinge 16:16-40Handelinge 17:16-34

MOSES as ‘n hoë _________________________________

Eksodus 2:11-25Eksodus 3Eksodus 4Eksodus 18:13-27

ABRAHAM as ‘n hoë _______________________________

Genesis 12Genesis 13:6-13Genesis 15:6Genesis 17:15-27Genesis 18:16-33Genesis 22:1-19

PETRUS as ‘n hoë ________________________________

Handelinge 10:9-48Handelinge 11:1-4Lukas 22:33-34Lukas 22:50-51Lukas 22:54-62Matteus 19:23-30Matteus 25-33

18

Page 19: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Sessie 2 - MY GAWESWat kan ek doen om ‘n verskil te maak?

DEFINISIE VAN ‘N GAWE

Gawes is spesiale vermoëns …..

Gawes is Goddelike geskenke Gawes is spesiale vermoëns wat aan ons geskenk word sodat ons ‘n

unieke bydrae kan maar. (1 Korintiërs 12:7)

…. uitgedeel deur die Heilige Gees ….

Gawes word deur God gegee God gee aan ons die gawes sodat ons sinvolle dienswerk kan verrig.

(1 Korintiërs 12:11).

…. aan elke gelowige, in ooreenstemming met God se beplanning en ontwerp en uit genade alleen,

Elke gelowige het minstens een gawe Elke gelowige is ‘n dienaar (1 Petrus 4:10)

tot gesamentlike voordeel van die liggaam van Christus.

19

Page 20: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Die gawes wat God aan ons skenk stel ons in staat om mekaar beter te dien.

Die grootste toets vir die gebruik van ons Gawes is : Verheerlik dit God? Is dit tot opbou van ander? (1 Korintiërs 12:7, 1 Korintiërs 14:3-5; :12)

UNIEKHEID VAN ELKE GELOWIGE

God het elke gelowige se gawes en spesiale bedienings-area volgens Sy raadsplan gekies sodat jy sinvolle dienswerk in die liggaam van Christus kan lewer.

NB: Ons kan nie ons Dienaarsprofiel kies nie, dit kom van God. Ons kan dit wel beter aanwend en dit ontwikkel.

Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. (1 Korintiërs 12:7).

Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen

afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil. (1 Korintiërs 12:11)

Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg

soos Hy dit wou hê (1 Korintiërs 12:18)Ons het elkeen ‘n unieke rol om te vervul

“JY IS ‘N “10” – IEWERS”

Wat gawes nie is nie

Vrug van die Gees (Galasiërs 5:22)

Die sigbare kenmerk (en maatstaf) van geestelike volwassenheid.

Dit verwys ook na die ontwikkeling van jou geestelike karakter.

Dis “wees”-eienskappe, waar gawes “doen” eienskappe is.

Beide die Vrug van die Gees en Gawes behoort sigbaar teenwoordig te wees is die lewe van die gelowige Christen.

Gawe Dissipline_______________________________________________________

Evangelisasie Om te getuigLeuen: Ek het nie die gawe van Evangelisasienie, daarom maak verlore mense nie vir my saak nie”.

Voorbidding Om te bidLeuen : “Ek het nie die gawe van Intersessie nie,daarom tree ek nie in vir mense nie”.

Vrygewigheid Om te geeLeuen: “Ek gee nie ‘n sent meer as my tiendenie, want vrygewigheid is nie my gawe nie”.

20

Page 21: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Kennis Om te studeerLeuen: “Hoekom sal ek die Bybel bestudeer– dis nie my gawe nie!”.

Barmhartigheid Om medelye te betoonLeuen: “Omdat ek nie barmhartigheid as gawehet nie, kan ek nie help nie”.

Jou Gawe dui jou diensgerigtheid binne die liggaam tot eer van God en opbou van mekaar aan, terwyl dit jou nooit kwytskeld van die dissipline nie. Jy gebruik dus jou Gawe nie onafhanklik en “eenkant” nie.

BEPALINGSVRAELYS VIR GAWES:

1. Reageer op elke stelling wat voorgelees word in ooreenstemming met die volgende skaal.

3 = Altyd / Defnitief waar2 = Die meeste van die tyd / Gewoonlik waar1 = Soms / So nou en dan waar

0 = Glad nie / Nooit waar nie

2. Gebruik die antwoordkaart onderaan die bladsy en skryf jou reaksie neer in die blok waarvan die nommer ooreenstem met die nommer in die Bepalingsvraelys vir die Gawes.

3. Dit is belangrik dat jy eerlik sal antwoord, net soos jy is, nie soos jy graag wil wees, of dink jy behoort te wees nie. Oorweeg net hoe waar is die stelling van my ? Wat was jou ondervinding in die verlede? Is die stellings waar ten opsigte van die wyse waarop jy gewoonlik optree ? Onthou dit is vertroulik, niemand anders sien jou antwoorde nie!

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19

20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38

39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54 55 56 57

58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71 72 73 74 75 76

77 78 79 80 81 82 83 84 85 86 87 88 89 90 91 92 93 94 95

96 97 98 99 100 101 102 103 104 105 106 107 108 109 110 111 112 113 114

115 116

117

118

119 120 121 122 123 124 125 126 127 128 129 130 131 132 133

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S

21

Page 22: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Skryf die letters onder die drie hoogste totale hieronder neer:

LETTER GAWES

1. _________ _______________________________

2. _________ _______________________________

3. _________ _______________________________

SLEUTELKAART

A = ORGANISASIE (ADMINISTRASIE)B = APOSTELSKAPC = HANDVAARDIGHEID (VAKMANSKAP)D = KREATIEWE KOMMUNIKASIEE = ONDERSKEIDINGF = BEMOEDIGINGG = EVANGELISASIEH = GELOOFI = VRYGEWIGHEIDJ = HULPVAARDIGHEID (DIENS)K = GASVRYHEIDL = VOORBIDDING (INTERSESSIE)M = KENNISN = LEIERSKAPO = BARMHARTIGHEID (MEEGEVOEL)P = PROFESIEQ = HERDERSKAPR = ONDERRIG (LERING)S = WYSHEID

Genesing, Interpretasie, Wonderwerke en die Spreek-in-tale is nie by die Bepalingsvraelys vir Gawes of by die Lys vir Waarnemingsbepalings ingesluit nie, omdat die teenwoordigheid daarvan in die gelowige se lewe gewoonlik duidelik sigbaar is. Waar dit by jou bevestigend voorkom, moet jy dit aandui as een van jou gawes.

22

Page 23: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

1. Ek geniet dit om mense, take en projekte te organiseer en te reël.

2. Ek sien dikwels bedieningsleemtes in die gemeente raak, en het die behoefte om so bediening tot stand te bring.

3. Ek geniet dit om kreatief te werk met materiale soos hout, papier, verf, glas, metaal, ens.

4. Ek geniet dit om mense se perspektiewe omtrent God te prikkel deur die uitvoerende of beeldende kunste.

5. Ek onderskei geredelik en spontaan tussen goed en kwaad, waarheid en valsheid.

6. Ek is geneig om die potensiaal in mense raak te sien alvorens ek die tekortkominge sien.

7. As ek met mense oor die evangelie gesels, doen ek dit met oortuiging, duidelikheid en effektiwiteit.

8. Ek vind dit normaal en gemaklik om God ten volle met my gebede te vertrou.

9. Ek gee met vrymoedigheid en soms in oorvloed geld of kos en klere aan mense in nood, of aan projekte wat dit benodig – selfs al het ek soms min om te gee.

10. Dit gee my diepe vervulling om agter die skerms te help on ander se bedieninge te ondersteun.

11. Ek sien my huis as ‘n plek waar ek mense wat swaarkry kan ontvang en hul kan bedien.

12. EK neem gereeld gebedsversoeke van ander en maak dan erns daarmee.

13. Mense is geneig om my te nader on my siening te hoor aangaande dieper betekenis en waarhede in die Bybel.

14. Ek het die vermoë om mense te motiveer om ‘n doel te bereik.

15. Ek het empatie met mense in pyn of nood, en wil graag betrokke wees in hul herstel en genesing.

16. Ek ontvang gereeld 'n woord om met mense te deel.

17. Ek vind behae daarin om tyd te spandeer om mense te versorg.

18. Ek kan God se woord met impak en duidelikheid oordra.

19. Ek word dikwels deur ander genader vir raad oor geestelike of persoonlike sake.

20. Ek is nougeset en vaardig om detail te bestuur.

21. Die idée om in ‘n ander land of onder ‘n ander kultuurgroep te dien maak my opgewonde.

22. Ek is vaardig in die gebruik van gereedskap.

23

Page 24: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

23. Dis vir my ‘n uitdaging om my kunstige vaardighede te ontwikkel (dans, drama, sang, kuns, ens.)

24. Ek is dikwels reg wanneer ek mense se karakter met die eerste oogopslag peil.

25. Ek geniet die vermoë om mense wat depressief en mismoedig is op te beur en te versterk.

26. Ek soek graag geleenthede om vriende te maak met spesifiek nie-Christene.

27. Ek het volle vertrou in God se volgehoue voorsiening, selfs in tye wat dit swaar gaan en uitkoms nie sigbaar is nie.

28. Ek gee meer as net my tiende gereeld vir die kerk – omdat ek wil.

29. Ek geniet alledaagse roetine take vir die kerk of vir ‘n bediening of projek.

30. Ek reik maklik uit na vreemde mense en laat hulle welkom en tuis voel.

31. Dit is nie vir my ‘n inspanning om vir ‘n uur of meer aaneen gefokus te bid nie.

32. Ek ontvang soms insig deur die Gees wat ek nie op ‘n “normale” wyse verkry het nie.

33. Ek het die vermoë om ander te beïnvloed om dieselfde visie as ek te deel.

34. Met groot geduld kan ek mense deur pynlike situasies bystaan, en hul help om weer hul voete emosioneel te vind.

35. Ek voel dit my plig om mense met die waarheid te konfronteer.

36. Ek het meegevoel vir medegelowiges wat afdwaal en wil hul weer nadertrek.

37. Dis vir my aangenaam om baie tyd in studie te spandeer met die wete dat die kennis wat ek opdoen ander tot waarheid en insig sal kan bring.

38. Ek is dikwels die een wat met eenvoudige en praktiese oplossings na vore kom waar ander hulle in verwarring en konflik rondom ‘n probleem ondervind.

39. Ek kan doelwitte duidelik visualiseer, en maklik planne saamstel om dit te bereik.

40. Ek is bereid om aktief deel te hê aan die vestiging van nuwe bedieninge waar daar behoefte is daarvoor.

41. Ek is handvaardig – ek sou dit meer wou aanwend vir diens in die gemeente.

42. Ek voel geroepe om met my talente in die kunste (van watter aard ookal) aan die Koningkryk te help bou.

43. Ek sien deur mense se valsheid voordat dit openlik na vore kom.

44. Mense het al vir my gesê dat ek ‘n ligstraal van hoop en bemoediging is.

24

Page 25: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

45. Ek kan ‘n boodskap uit die evangelie oordra met voorbeelde in vandag se lewe, dat dit vir iemand in ‘n spesifieke situasie duidelik sin maak en hulle op die waarheid reageer.

46. Ek glo vas dat God groter planne met my lewe het – en dat Hy besig is om dit te ontwikkel.

47. Ek bestuur my geldsake goed – en kan daarom ook vrymoedig gee sonder kommer.

48. Ek is een wat altyd vir enige taak by die kerk instem – al is dit nie eers “in my lyn nie”.

49. Ek glo werklik dat die Here mense oor my pad stuur sodat ek in hul lewe kan bydra tot geestelike groei.

50. Dit is vir my belangrik om mense gereeld in gebed aan die Here op te dra – ek glo dat dit ‘n verskil maak.

51. Intense Bybelstudie is vir my baie lekker – en ek lees graag ook ander geestelike boeke tot aanvulling daarvan.

52. Ek kan my manier van dinge doen maklik verander om die beste in ander na vore te bring.

53. Daar is mense in die samelewing wat “verby ‘n punt van hulp” is. Ek wil sulkes help.

54. Soms onderskei ek die spesifieke wil van God in 'n situasie .

55. Ek sou graag ‘n persoon in totaliteit wou begelei: verhoudingsgewys, emosioneel, geestelik, ens.

56. Ek gee fyn aandag aan elke woord, begrip en uitleg van mense wat onderrig of lering gee of preek.

57. Waar daar verskeie moontlikhede is, sien ek gou die beste uitweg raak.

58. Ek het die vermoë om gou te sien watter hulpmiddele vir ‘n sekere saak nodig gaan wees.

59. Ek pas vinnig en maklik aan binne vreemde kulture en omgewings.

60. Ek kan ‘n eindresultaat visualiseer voordat ek dit bou.

61. Dis vir my ‘n uitdaging om altyd nuwe en vars maniere te kry om God se boodskap oor te dra.

62. Ek is geneig om reg en verkeerd in situasies raak te sien.

63. Ek moedig mense aan wat geloofstappe moet maak in hul lewe.

64. Ek het al heelwat mense tot bekering gelei.

65. Ek vertrou God in omstandighede waar sukses nie net deur menslike ywer en inset gewaarborg kan word nie.

25

Page 26: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

66. Dit sal my nie pla om my lewenstandaard te verlaag nie.

67. Praktiese take het ook vir my geestelike waarde.

68. By my voel mense veilig en rustig.

69. Ek bid met afwagting want ek weet God reageer op gebede.

70. As iets waar is weet ek dit eenvoudig – so ook as dit vals is.

71. Mense volg my spontaan as ek leiding gee.

72. Ek huil maklik oor ander se nood of pyn.

73. Dit is vir my maklik om God se stem te hoor in 'n situasie.

74. Ek het intieme vriendskappe wat al etlike jare of selfs dekades lank duur.

75. Ek lees my Bybel sistematies en nie net bloot as ‘n verhaal of gebeure nie.

76. Ek kan ‘n groep of ‘n persoon se reaksie korrek vooruitsien binne sekere omstandighede.

77. Organiseer is my kos.

78. Vreemde rasse of kulture bedreig my nie. Ek kan maklik met hulle saamwerk.

79. As ek skep met my handewerk, doen ek dit graag tot God se eer.

80. Kuns is vir my meer as ‘n talent, dis vir my ‘n opdrag om te gebruik tot opbou van Sy Koningkryk.

81. Ek kry terugvoer dat my sieninge of insig in die kol was.

82. Ek versterk graag mense wie ‘n “afdag” in die geloof het.

83. Ek vertel openlik vir mense dat ek ‘n Christen is, en hou daarvan as hulle my uitvra daaroor.

84. Ek ervaar daagliks God se teenwoordigheid intiem in my lewe.

85. Dis vir my goed om te weet dat my finansiële ondersteuning ‘n verskil in bedieninge of die gemeente maak.

86. As ek iets sien wat gedoen moet word, doen ek dit sonder dat ek gevra word.

87. Ek is dol daaroor om mense tuis te onthaal.

88. As ek van swaarkry hoor, voel ek verplig om daaroor te bid.

89. Ek het al iets persoonlik oor iemand geweet sonder dat enige iemand my vertel het.

90. My ywer spoor mense aan om beter te presteer.

91. Ek kyk iemand se tekortkominge en foute mis en sien die mens raak wie Christus lief het.

26

Page 27: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

92. Ek wil presies weet watter rigting ek op pad is.

93. Ek gee graag leiding aan ‘n klein groepie mense, maar nie so maklik aan groot groepe nie.

94. Die manier waarop ek oor die Bybel praat lei daar toe dat mense dit bestudeer en nalees daaroor. Ek wakker leergierigheid by hulle aan.

95. My praktiese raad help mense dikwels deur ingewikkelde situasies.

96. Ek wil altyd meer weet omtrent hoe organisasies strukture werk.

97. Ek pak graag nuwe dinge aan – al het niemand so iets nog ooit gedoen nie.

98. Mense druk maklik op my knoppie vir my handvaardigheid.

99. Ek is kreatief en verbeeldingryk.

100. Ek aanvaar nie enige preek of lering net omdat dit uit die skrif of vanaf ‘n geleerde kom nie. Ek ondersoek dit altyd deeglik in ‘n gees van waarheid.

101. Dis vir my belangrik om te sien dat mense verder gaan as net bekering. Ek wil hulle ook help om geestelik te groei.

102. Ek getuig openlik en met oortuiging oor dit wat die Here in my lewe doen.

103. Ek daag mense gereeld uit tot groter vertroue in God se voor-siening en beskerming.

104. Dit is ‘n sentrale pilaar van my geloof om ruim te gee vir die werk van die Here.

105. Dis vir my gemaklik om ‘n hulp te wees vir ander met die visie.

106. Ek sal uit my pad gaan om mense te laat voel dat hulle tuis is.

107. Dis vir my ‘n voorreg as iemand my vra om vir hulle te bid.

108. Om Bybelstudie te doen is vir my soos ‘n ontdekkingsreis. Ek kry nie genoeg daarvan nie en wil altyd net meer weet.

109. Ek kan ‘n visie so uitspel dat ander deel daarvan wil wees.

110. Dit gee my vreugde om die geluk en dankbaarheid op armes se gesigte te sien as mens hulle bystaan in hul ellende.

111. Ek bemoedig mense graag

112. Ek het die vermoë om sagkens met mense te werk wat sinies is oor die Here, en hulle so op sensitiewe wyse terug te laat keer na die waarheid.

113. Ek kan ingewikkelde lerings-begrippe oordra op so ‘n wyse dat dit duidelik en prakties vir mense sin maak.

114. Ek het die vermoë om Bybelse waardes en waarhede aan daaglikse gebeure te koppel in so ‘n mate dat mense daarmee assosieer.

27

Page 28: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

115. Ek kan ‘n projek in geheel visualiseer, potensiële probleme vooruitsien en alternatiewe planne in plek sit.

116. Ek het die vermoë om verskeie kerk bedieninge te ko-ordineer.

117. Ek ontspan graag deur konstruktief besig te wees met handwerk.

118. Ek het dikwels nodig om alleen te wees om op my kreatiewe sy te fokus.

119. Demoniese magte en hul werkinge is ‘n realiteit wat ek kan aanvoel en uitken.

120. Ek kan mense vermaan en selfs bestraf as dit nodig is vir hul geestelike groei of herlewing.

121. As ek nuwe mense ontmoet vind ek dat ek spontaan oor my of oor hulle geestelike lewe sal begin gesels.

122. Al kry ek min steun of aanmoediging kan ek met ywer en selfversekerheid voortgaan met ‘n saak as ek weet dis binne die wil van die Here.

123. Ek glo dat as die Here my materieel seen, is dit sodat ek ander materieel kan seën.

124. Ek bied graag my kundigheid aan om te help sonder dat ek wil oorneem of lei.

125. Vreemde mense sal my dikwels opsoek binne ‘n groep bekendes. Ek straal daardie warmte uit.

126. Ek het dikwels al spesifiek gebid, en dan spesifiek die antwoord op die

gebede gesien of ervaar.

127. Ek glo my kennis is tot aanvulling en opbou van ander en nie bloot om myself te verryk of te vervul nie.

128. Ek kan sien as iemand verward of onseker voorkom, en bied dan maklik my hulp en leiding aan.

129. Ek lê soms wakker oor ander se nood. Dan staan ek op en doen iets daaraan.

130. Dit is vir my belangrik dat mense in die waarheid wandel en ek sal iemand konfronteer met die waarheid.

131. Geloofsgroei is vir my ‘n langsame pad wat ek maklik en geduldig saam met ander stap.

132. Ek verduidelik graag begrippe of sake aan mense. Ek wil hê hulle moet presies verstaan waaroor dit gaan.

133. Ek sien ‘n oplossing voordat die probleem eers werklik uitstaan.

28

Page 29: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

MY GAWES

5 PRIMêRE (sterkste) 5 SEKONDêRE (nie so aktief - latent)

_______________________ ________________________

_______________________ ________________________

_______________________ ________________________

_______________________ ________________________

________________________ ________________________

________________________ ________________________

29

Page 30: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Sessie 3 - MY PASSIE(WAAR kan ek ‘n verskil maak?)

Passie Eienskappe

Passie is Godgegewe

Daar is nie ‘n regte of verkeerde passie nie.

(Passie kan ook meer algemeen omskryf word as iets wat die Here my opgelê het, my droom, my visie of my roeping).

DEFINISIE

Passie is daardie begeerte wat ons dring om ‘n verskil te maak binne ‘n bepaalde bediening / dienswerk.

Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom, Hy sal sorg. (Psalm 37:3-5)

Maar God het my al voor my geboorte vir Hom afgesonder, en Hy het my in sy genade geroep. Toe Hy in sy goedheid besluit het om sy Seun aan my te openbaar sodat ek die evangelie oor Hom onder die heidennasies sou verkondig, het ek nie dadelik daarna mense geraadpleeg nie ….. (Galasiërs 1:15-16)

PASSIE BEPALING

‘n Baie belangrike deel van die ontdekking van jou Dienaarsprofiel is om jou passie te verstaan. Indien jy ‘n passie het vir ‘n bepaalde bedieningsarea sal jy meer entoesiasties en meer gemotiveerd wees om te dien.

Aanwysings:

1. Oorweeg jou antwoorde op die vrae biddend.2. Voltooi die Vraelys op jou eie.3. Daar is nie regte of verkeerde antwoorde nie.4. Moenie besorgd wees oor “of” jy dit kan doen en “hoe” dit gedoen moet

word nie.5. Voltooi die Vraelys asof daar geen hindernisse is wat jou kan verhinder om

jou hartsbegeertes te vervul nie.

30

Page 31: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

LUISTER NA JOUSELF:

Watter droom sal jy verwesenlik as daar geen beperkings of struikelblokke is nie?

Watter bedieninge of projekte het jy al van gehoor wat vir jou interessant klink?

Wat laat jou huil?

Wat dink jy wil God he moet jy doen wat dalk “reg onder jou neus” is?

Oor watter onderwerp sal jy deurnag kan gesels?

31

Page 32: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Wat laat jou hart vinniger klop as jy daarvan hoor of dit sien?

Wat het al met jou gebeur wat so moeilik was dat dit jou op jou kniee gedwing het?

Watter pad het jy al geloop wat jy graag ander op sou wou wys?

VRAE:

1. As jy nou die geleentheid sal hê om jou lewensdroom te verwesenlik, wat sou jy doen?

2. Aan die einde van my lewe sal ek graag wou terugkyk en weet dat ek iets gedoen het omtrent:

32

Page 33: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

3. As ek jou naam aan ‘n groep van jou vriende moes noem, wat sou hulle sê is die sake waarin jy regtig belangstel of ‘n passie oor het?

4. Watter onderwerp sou jou tot laat in die nag aan die gesels hou?

(As jy op hierdie stadium reeds jou Passie kan neerskryf in een woord of ‘n kort sin, doen dit by punt 8, indien jy nog onseker voel, beantwoord die verdere vrae)

5. Wat sou ek die graagste vir ander doen?

6. Die mense wie ek die graagste sou wil help is:

□Babas □Kinders□Jongmense□Tiener ma’s □Enkelouers □Studente□Geskeides □Weduwees/Wewenaars □Enkellopendes□Beroepsvroue □Jong getroudes

□Vlugtelinge□Ouers □Haweloses

□Werkloses□Bejaardes □Gestremdes □Gevangenes□Armes □Mense in hospitale□Ander: ______________________________

7. Sake waaroor ek sterk voel:

□Die omgewing □Kindersorg □Die kerk□Dissipelskap □Homoseksualiteit □Vigs□Politiek □Geweld □Onreg□Rassisme □Onderwys □Verslawing□Ekonomie □Uitreik na verlorenes

□Tegnologie□Armoede □Gesondheidsorg □Familie□Aborsies □Hongersnood

□Geletterheid□Internasionaal□Ander sake ______________________________

33

Page 34: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

8. Gebaseer op my antwoorde op bogenoemde vrae, voel ek dat ek ‘n passie het vir:

OPSOMMING

Ek dink die area waarin ek die sinvolste bydrae kan maak is :

AANVULLENDE GEDAGTES OOR “PASSIE”

Jou passie het te doen met jou hele lewenspad – selfs voor jou bekering.

Vergelyk die verhaal van Paulus. Hy het sy opleiding en ervaring van voor sy bekering gebruik in sy roeping vir die evangelie – sy fokus het egter verander, asook sy waardes en prioriteite!.

Passie of jou hart het nie noodwending ‘n “geestelike” aard (soos ‘n sendeling of ‘n predikant) nie, maar jy moet dit toets aan die kern: Hoe eer dit wat ek doen die Here en bou Sy Koningkryk, en hoe dien dit mense en die gemeente?

Passie het dikwels direk te make met ‘n positiewe ervaring uit jou verlede – of met ‘n negatiewe ervaring uit jou verlede.

▪ Passie is die geestelike “DNA” wat vasgelê is in jou diepste wese.

▪ Passie is daardie dof-rooi kole wat in vlamme ontplof as ‘n wind skielik daaroor waai.

▪ Passie is die gevoel van ‘n hart wat vinniger klop en asem wat jaag.

▪ Passie is die geslote melodie in jou hart wat skielik in ‘n lied ontaard.

▪ Passie is die waaghalsige reis langs ‘n onbekende pad in ‘n onseker toekoms.

34

Page 35: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

▪ Passie is energie wat jou aandryf vir God se doel. Passie is eenvoudig daar waar jy ‘n verskil wil maak vir Jesus op aarde.

VIR SEKERHEID OOR ‘N PASSIE MOET JY

Bid daaroor Eksperimenteer daarmee Daaroor nalees, luister en leer Met ander praat daaroor Jouself blootstel daaraan

35

Page 36: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

KOPPEL GAWES MET PASSIE EN PERSOONLIKE STYL

Situasie 1 : Dieselfde Passie, Verskillende Gawes

Mense wat in verskillende posisies binne dieselfde bediening dien

Piet Nancy FransDIESELFDE PASSIES

Kinders met moeilike lewens-omstandighede

Kinders met moeilike lewens-omstandighede

Kinders met moeilike lewens-omstandighede

VERSKILLENDE GAWES

Administrasie Gee / Uitdeling Onderrig

STYL C S D

MOONTLIKEBEDIENINGS-AREAS

▪ Organisering van geleenthede om vir kinders tot diens te wees

▪ Koördineer klasse en opleiding, fasiliteer vervoer

▪ Identifiseer hulpbronne en mense om aan ander se behoeftes te voldoen

▪ Befonds ‘n program en materiaal

▪ Neem ‘n kind of ‘n gesin aan

▪ Ondersteun opleiding vir vrywillige werkers

▪ Onderrig ouers en voogde

▪ Lei ‘n studiegroep

KOPPEL GAWES MET PASSIE EN STYL

36

Page 37: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

INDIVIDUELE AKTIWITEIT

KOPPEL GAWES MET PASSIE

Aanwysings:

1. Skryf jou primêre passie in die eerste blok2. Skryf jou primêre gawe in die tweede blok3. Skryf in die derde blok moontlike bedieningsareas neer waarbinne jy glo jy

met jou passie en gawe sal kan dien.

My primêre passie is :

My primêre gawe is :

My primêre styl is :

Moontlike bedieningsareas waarbinne jy glo jy met jou gawe(s) en passie(s) kan dien :

GEDAGTES OOR PASSIE

“En wanneer ek dink ek sal my nie aan Hom steur nie, en nie meer in Sy Naam praat nie, dan word dit in my soos ‘n vuur wat brand, een waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen – ek kan nie meer nie”.

Die profeet Jeremia

“Wanneer Christus ‘n mens roep, roep Hy jou om te kom sterf”.Dietrich Bonhoeffer

“As iemand geroep word om ‘n straatveër te wees, moet hy strate vee soos wat Michaelangelo geskilder, Beethoven gekomponeer en Shakespeare geskryf het. Hy behoort die strate so goed te vee dat die engele in die hemel sal gaan stilstaan en sê: ‘Hier leef ‘n geroepe straatveër’”

Martin Luther King Jnr

37

Page 38: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

“God het my nie geroep om suksesvol in mense se oë te wees nie; God het my geroep om getrou in Sy oë te wees”.

Moeder Theresa

“God does not call the qualified – God qualifies the called”Anoniem

“Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘n bokser wat nie in die lug slaan nie”.

Die Apostel Paulus

“Soek allereers die Koninkryk van God, en Sy geregtigheid, aan alle dinge sal aan jou toegevoeg word”.

Jesus Christus

“Eers wanneer ek geleer het om die wil van my Vader in die Hemel te doen, het ek my roeping op aarde ten volle uitgeleef”.

Carlo Caretto

“Kom Ons maak die mens as Ons verteenwoordiger, as Ons beeld ….”God

“Die woude sou baie stil gewees het as net die voëls met die heel mooiste stemme gesing het”.

Henry van Dyk

“Totdat jy vir jouself ‘n lewensroeping geformuleer het, sal jou bestaan min betekenis vir jou inhou, want ‘n doelwit in die lewe is die oorsprong van ‘n gevoel van vervulling”.

Myles Munroe

“Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie”.Koning Dawid

“Ek moet myself probeer verstaan; probeer uitvind wat God regtig met my lewe wil bereik…sodat ek ‘n idee of droom kan vind waarvoor ek sal kan lewe – of sterf”.

Soren Kierkegaard

“Wie in God se toekoms wil deel, moet eers sy of haar eie toekoms prysgee”.Coenie Burger

“Een ding waarvan die duiwel ons veral probeer oortuig, is dat daar geen haas is nie”.Cassie Carstens

SELFSTUDIE

WAT HET LIEFDE DAARMEE TE DOEN?

Kerngedeelte : 1 Korintiërs 13:1-8

OORSIG:

In hierdie sessie sal jy

1. Die resultate beskou van wanneer mens met liefde of sonder liefde dien.2. Die verskille tussen diensbaarheid en selfsug bestudeer.3. Die beginsels van diensbaarheid op werklike bedieningsituasies toepas.4. Fokus op een aspek van diensbaarheid, en dan die praktiese stappe

identifiseer om daarby uit te kom.

DIEN MET LIEFDE

“Lê julle toe op die beste genadegawes”.(1 Korintiërs 12:31 1983 Vertaling)

38

Page 39: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

“Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg”.

(1 Korintiërs 12:31 1953 Vertaling)

“But eagerly desire the greater gifts. And now I will show you the most excellent way”.

(1 Korintiërs 12:31 NIV Vertaling)

Nou wys ek julle wat nog die allerbeste is: Al praat ek die tale van mense en engele maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, ‘n galmende simbaal geword. Al het ek die gawe om God se boodskap te verkondig en ken ek al die geheimenisse en besit ek al die geloof om berge te versit, maar ek het geen liefde nie, dan is ek niks. Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks”. (1 Korintiërs 13:1-3)

Geestelike gawes wat sonder liefde beoefen word, reflekteer nie wie God is nie en het geen Koninkryksimpak nie.

“Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie, maar die gawe om God se boodskap te verkondig, sal verdwyn, die gawe om ongewone tale en klanke te gebruik, sal ophou, en dié van kennis sal uitgedien raak”.

(1 Korintiërs 13:4-8)

Selfsug en Diensbaarheid

Selfsug: Notas – Waar word selfsugtig opgetree?

Diensbaarheid: Notas – Hoe behoort hul op te tree?

39

Page 40: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

SELFSTUDIE

Wat motiveer jou om te dien?

SELFSUG DIENSBAARHEIDDien vanuit: PLIG

Dit is met ‘n “Ek moet” soort van houding.

GEHOORSAAMHEIDDit is met ‘n “Ek wil God dien!” – houding

Word gemotiveer om te dien deur ‘n besorgheid vir:

MENSE SE OPINIE BELANGRIKBy selfsug is die motivering gewoonlik “wat sal ander sê as ek nie dien nie, of as ek nie in hierdie bediening dien nie, of moenie op hierdie wyse dien nie, of moenie jouself tot hierdie tyd verbind nie?”

GOD SE OPINIE BELANGRIKBy diensbaarheid dien ons omdat ons gemeenskap met God het. Ons verstaan dat ons uiteindelik net ‘n gehoor van een Persoon het.

Dien met ‘n houding wat së:

DOEN VIR MENSESelfsug doen net die minimum om sodoende net aan die basiese te voldoen.

DOEN VIR GODDiensbaarheid is gewillig om selfs buite die “posbe-skrywing” te dien.

Beskik oor ‘n bedienings Ingesteldheid wat sê:

EK EERSTESelfsug wil sy eie agenda bevorder en vra “Wat is daar in vir my?”

GOD EERSTEDienaars kyk op en sê, “Here wat wil U hê moet ek doen? Here hoe kan my lewe U die beste vereer? Hoe kan ek ‘n verskil maak in ander se lewens?”

Dien met ‘n gees van: HOOGMOEDWanneer ons vanuit selfsug dien, kyk ons na wat ons gedoen het en sê: “Ek het dit gedoen, Ek het iets om aan te bied, is Ek nie iets besonders nie”Ek…Ek…Ek

NEDERIGDiensbaarheid sê: “God het dit gedoen!, God het my ‘n gawe gegee en Sy Heilige Gees het my bekwaam gemaak om getrou en sinvol my gawe aan te wend tot Sy eer. God het my gebruik om ‘n impak op ‘n persoon se lewe te kon maak”.

Die resultate is: SELFGESENTREERD VERHEERLIK GOD

40

Page 41: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

Gelowiges wat uit selfsug dien, poog om die aandag op hulleself te vestig.

Diensbaarheid sê: “Moenie na my kyk nie, ek is bly daaroor dat ek jou kan bedien; gee aan God die eer. Is Hy nie wonderlik nie?”

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik”. (Mat. 5:16)

“As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is”.(Joh. 13:35)

DIENSWERK IS VIR ‘N LEEFTYD

En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

(Romeine 12:1)

Aanbidding is vir ‘n leeftyd.

As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien.

(1 Petrus 4:10)

Rentmeesterskap word vir ‘n leeftyd gevra.

Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde.

(Galasiërs 5:13)

Dienswerk is vir jou hele lewe.

41

Page 42: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

SAMEVATTINGMY DIENAARSPROFIEL:

1. Skryf jou Persoonlike Styl in die spasie daarvoor voorsien neer.

2. As jy nog nie jou passie en gawes neergeskryf het nie, doen dit nou

Passie

___________________________

Gawe(s)

___________________________

___________________________

___________________________

___________________________

___________________________

___________________________

Styl

___________________________

42

Page 43: INLEIDING - Lewende Weg Gemeentelewendeweg.com/resources/Netwerk - profiel.doc · Web viewNetwerk sal jou dus help om beter te verstaan wie God jou gemaak het om te wees; hoe jy deur

43