inligtingsbrosjure graad r (word 6 gedurende 2020) · graad r maak jou kind gereed vir graad 1 en...

16
Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 Selcourt E-Pos: [email protected] 1567 Webwerf: www.laerskoolselectionpark.co.za Laerskool Selectionpark Ons kommunikeer met die ouers deur middel van die “kommunikeerder”. Ons vra vriendelik dat u die “D6 Communicator” aflaai op u foon of rekenaar – “Kies Laerskool Selectionpark”. Op hierdie manier sal u altyd op hoogte wees van wat aangaan by die skool INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020)

Upload: others

Post on 09-Jun-2020

9 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

Telefoon: 011 362 6858 Posbus 11401 Faks: 086 607 1075 Selcourt E-Pos: [email protected] 1567 Webwerf: www.laerskoolselectionpark.co.za

Laerskool Selectionpark

Ons kommunikeer met die ouers deur middel van die “kommunikeerder”. Ons vra vriendelik

dat u die “D6 Communicator” aflaai op u foon of rekenaar – “Kies Laerskool Selectionpark”.

Op hierdie manier sal u altyd op hoogte wees van wat aangaan by die skool

INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020)

Page 2: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

2

INHOUDSOPGAWE 1. “Making Time” ........................................................ Bl 3

2. Boodskap van Graad R personeel ............................ Bl 4

3. Doel van Gr R ..................................................... Bl 5

4. Personeelinligting ..................................................... Bl 5

5. Kostes .................................................... Bl 6

6. Lys van benodigdhede ................................................ Bl 7

7. Klerewinkeltye .................................................... Bl 7

8. Skooltye .................................................... Bl 8

9. Algemene Reëls – Gr R ....................................... Bl 8

10. Buitemuurse aktiwiteite ........................................... Bl 9

11. Skoolkwartale 2020 .................................................... Bl 10

12. Kleiresep .................................................... Bl 11

13. Rympie wat kinders moet leer ................................... Bl 11

14. Skoolgereedheid vir Kleuters – Graad R .................... Bl 12

15. Lys van skryfbehoeftes wat skool voorsien ................ Bl 15

Page 3: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

3

MAKING TIME Did you have lots of fun with your child today? Did you take time to climb, to run and to play? Did you look at new things through his eager eyes? Did you comfort and hold him when you heard his cries?

Were your fingers all sticky with paint and cold glue? Was there enough play dough for him and for you?

Did you help him to cut, to paste and to thread? Or did you sit quietly and watch him instead?

Was there enough time for a story last night? Did you talk about why the stars looked so bright? Did you talk about insects and why a bee stings? Did you watch as a butterfly spread silky wings?

Your child’s childhood years are so precious and few; They’re gone in what seems just a moment or two! What he really needs most is for you to be there to love him and

show him just how much you care

By Doreen Maree

Page 4: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

4

Spesiale boodskap vir ons nuwe maatjies!

Ons hoop dat jy van jou nuwe skool hou! Hier by ons gaan jy

slim word saam met jou nuwe maatjies!

Ons het 3 goue reëls by ons Parkie Karnallie-skool:

➢ Luister

➢ Dink

➢ Doen

Sjoe, dit is darem nie te moeilik nie né! As jy dit kan doen

gaan skool BAIE LEKKER wees!

Jy moet nooit bang wees nie, ons juffrouens is daar om jou

handjie styf vas te hou!

Ons sien uit daarna dat jy een van

ons TROTSE Parkie Karnallies word!

Groete

Gr R Personeel

Page 5: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

5

DOEL VAN GRAAD R Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk

ons aan die volgende:

Skryf van die kind se naam

Tel en herken syfers

Vroeë korrekte potloodgreep

Ken kleure en vorms

Visuele diskriminasie

Onderskei tussen goeie en nie goeie

gedrag

Ooreenkomste en verskille

Knip en plak

Datahantering

Volgorde

Volg opdragte

Herkenning van klanke

PERSONEELINLIGTING HOOF : Mnr A.F. du Plessis ADJUNK-HOOF : Mnr O.J. van Schalkwyk Departementshoof : Me Suzan Joubert

Page 6: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

6

KOSTES:

➢ Klasfooie: ‘n Registrasiefooi van R750-00 is betaalbaar. R200 is betaalbaar

sodra u die Aansoek om Toelating met die nodige dokumentasie

inhandig – Balans van die fooie kan maandeliks afbetaal word. Die volle

fooi van R750 moet vereffen wees, voor of op 30 September 2019.

HIERDIE FOOI IS NIE TERUGBETAALBAAR NIE!!

Die maandelikse fooie van R900-00 is betaalbaar voor of op die vyfde

dag van elke maand vir elf maande vanaf Januarie tot November. Alle

skoolfonds is vooruitbetaalbaar.

Gebruik asseblief u Rekeningverwysingskode as verwysing vir alle

betalings (regs bokant u naam en adres op die rekening).

Omdat kontant ‘n veiligheidsrisko inhou verkies ons dat alle betalings per

Internet gedoen word. Debietorder fasiliteite kan gereël word.

Graad RR vorm nie deel van verpligte onderwys nie daarom is daar geen

subsidies beskikbaar vir Graad R nie.

➢ Fooie sluit die volgende in:

❖ U maandelikse skoolfonds

❖ Bak-en-broufooi

❖ Afgerolde werkkaarte

❖ Musiekklas 1 keer per week

Sodra u bewys lewer dat u fooi vir Januarie 2020 betaal is sal u kind sy

skryfbehoeftepakket ontvang.

Alle afgerolde werksboeke BLY te alle tye DIE SKOOL SE EIENDOM

➢ Naskoolsentrumfooie:

Naskoolsentrumfooie is betaalbaar oor 11 maande

Eerste leerling : R870-00 per maand

Tweede leerling : R800-00 per maand

Derde leerling : R750-00 per maand

➢ Spesiale pakket vir GRAAD RR EN GRAAD R:

Hierdie pakket sluit u Klasfooie en Naskoolsentrumfooie in!!

Fooi: R1 700-00 per maand, betaalbaar oor 11 maande

Hierdie is voorlopige fooie, alle fooie sal bekragtig word op ‘n Ouervergadering later vanjaar!

Page 7: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

7

LYS VAN BENODIGDHEDE Die skool voorsien al die skryfbehoeftes en bly die skool se eiendom.

Sodra ons bewys ontvang dat u fooi vir Januarie 2020 betaal is sal u kind

van ‘n skryfbehoeftepakket voorsien word. Merk asseblief elke item

afsonderlik en stuur dit terug skooltoe. Die volgende items vorm nie deel

van die pakket nie daarom vra ons u om dit asseblief self aan te koop:

(Al die items wat u aankoop is vir die hele jaar, ons gaan nie later in die

jaar van u verwag om iets aan te koop nie)

❖ 1 Pak papierborde

❖ 4 Rolletjies toiletpapier

❖ 1 Boks sneesdoekies

❖ 1 Houers vloeibare handseep

❖ 2 Pakkies “Wet Wipes”

❖ 1 Stoflap

❖ Plastiek plekmatjie

❖ 1 Witbordpen

❖ 1Springtou

❖ 1 Groot Plastiekbal

❖ 1 Pak Zip Seal sakkies (klein)

Klei – (U maak dit self, sien resep op bladsy 11) U

kan ook klei koop, kyk asseblief vir

klei wat nie hard word nie. Plaas

die klei in ‘n plastieksakkie en

daarna in ‘n lugdigte houer (kosblik

grootte) – Skryf asb. u kind se

naam op die houer

KLEREWINKELTYE

Maandae tot Donderdae 13:00 tot 14:30

Vrydae 13:00 tot 13:45

Die winkel sal ook op die volgende dae en tye oop wees:

➢ Saterdag 11 Januarie 2020 09:00 tot 13:00

➢ Maandag 13 Januarie 2020 09:00 tot 13:00

➢ Dinsdag 14 Januarie 2020 09:00 tot 13:00

SAL VANAF 3 Desember 2019 GESLUIT WEES!

Kleiresep op

bladsy 11

Page 8: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

8

SKOOLTYE

Gr RR, Gr R, Gr 1 en Gr 2: ➢ Maandae tot Vrydae:

Skool begin STIPTELIK om 07:25 tot 13:05

➢ Wagklas: ▪ Indien u nie u kind om 13:05 kan kom haal nie kan die

kind, onder toesig, in die wagklas wag tot 13:35 ▪ ‘n Kind mag hier wag vir ‘n ouer broer of suster

totdat die skool uitkom om 13:35 ▪ GEEN WAGKLAS OP VRYDAE!!

ALGEMENE REËLS VIR GRAAD R

Vir die eerste twee weke verdaag die kinders om 12:00. Om veiligheidsredes mag die kinders slegs by die klas afgehaal word

Na twee weke verdaag ons om 13:05. Daar sal toesig wees tot 13:35

Merk asseblief al u kind se klere, kosblikke, waterbottels ens. Die kleinhekkie by die Gr R klasse word om 07:25 gesluit en eers weer om 13:05 oopgesluit

Ons Gr R maatjies kom elke dag skooltoe met die

hempie wat gemerk is vir die betrokke dag van

die week. (Nie verpligtend)

U kind leer nou die verskillende kleure asook die

dae van die week ken

Al die klere is beskikbaar in die “Kleretrommel”

Page 9: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

9

Om orde en dissipline in die klas te handhaaf versoek ons u asseblief vriendelik om u kind in die oggend by die wagklas te besorg en dan asseblief dadelik te verdaag

Indien u iets met die Onderwyseres wil bespreek moet u asseblief vooraf ‘n afspraak – Juffrou kan ongelukkig nie soggens ouers te woord staan nie!

Kospakkie: ✓ Pak asseblief elke dag vir u kind ‘n voedsame kospakkie ✓ Van Maandag tot Vrydag ag ons die volgende as ‘n gesonde

kospakkie: • Cerealbars • Vrugtestokkies • Biltong • Kasies • Vars vrugte • Yogurt • Soutkoekies (Cheddar)

✓ Geen gaskoeldranke nie asseblief – slegs vrugtesap ✓ ‘n Voedsame broodjie kan by die Mamma-kombuis

aangekoop word Kinders mag op elke tweede DONDERDAG van die maand snoepiegeld

bring (nie meer as R25-00)-hulle kan ook die snoepiekaart gebruik. Inligting is op die D6 Kommunikeerder beskikbaar. Die ander twee Donderdae “Bak en Brou” ons

Ons het een maal per kwartaal ‘n Pretdag. Meer inligting sal later deurgegee word

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

✓ Atletiek: Alle Gr R leerlinge neem deel aan die interhuisatletiek ✓ Young Engineers: Word een keer per week vir 45 minute gedurende skooltyd

aangebied. Kontak vir Ronel by 083 715 3339

✓ Playball: Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied (Betaling direk aan Playball) Kontak Me Mandie Wagner – 011 811 6329

✓ Ballet: Lesse word by die skoolsaal aangebied. (Betaling direk aan afrigter) Kontak René 082 304 8191

Page 10: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

10

✓ Rugga Kids: Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied. (Betaling direrk aan Rugga-Kids) Kontak Mnr Johan van Schalkwyk - 082 327 0846

✓ Petite Netbal: Word een keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied. (Betaling direk aan Petite Netbal) Kontak Mnr Johan van Schalkwyk – 082 327 0846

✓ Mini-Hokkie: Hierdie is ‘n wintersport. (Julie tot September) Die kinders oefen dan vanaf 13:45 tot 14:30 Skoolaktiwiteit – Geen kostes

✓ Drama: Lesse word by die skool aangebied gedurende skooltyd. Kontak Elize by 082 457 6169 ✓ Braingym: Lesse word aangebied gedurende skooltyd

Kontak vir Thys Lourens by 082 254 1188

✓ Tennis: Lesse word aangebied gedurende skooltyd Kontak Gary Cotton 082 774 4364

✓ Musiek: Lesse word aangebied gedurende skooltyd, deur ‘n gekwalifiseerde musiekonderwyseres. Geen kostes

✓ Mini-Skaak: Word 1 keer per week vir 30 minute gedurende skooltyd aangebied. Betaling: EFT in dieselfde rekening as die skoolfonds met n duidelike verwysing Mini-skaak

Kontak Me S. Joubert 082 315 5181

SKOOLKWARTALE VIR 2020

KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4

VAN TOT VAN TOT VAN TOT VAN TOT

15/01 20/03 31/03 12/06 07/07 18/09 29/09 02/12

Gr. R het hul Gradeplegtigheid aan die

einde van die jaar – daar is kostes aan verbonde

vir die huur van die toga asook die Sertifikaat

Page 11: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

11

RESEP VIR KLEI

500ml Meel

200ml Sout

30ml Kremetart

Plaas in ‘n kastrol. Voeg volgende by:

o 500ml Water

o 30ml Olie

o 2,5ml Geursel of Kleursel

Roer oor vinnige hitte in kastrol tot klonte vorm. Verlaag hitte.

Roer tot klammigheid verdwyn. Wag tot afgekoel is voor begin

knie. Knie vir 5 minute – (Gee elastisiteit)

NB: Moet asseblief nie enige van die bestanddele uitlaat

nie!!

Mamma, leer asseblief vir jou kleuter

hierdie rympie sodat ons dit almal saam

kan opsê die dag wanneer die skool begin!

RYMPIE

OU JUFFROU PADDA

“Tien klein paddatjies, kom sit in ‘n kring

Bring julle boekies en laat ons sing.

Maak julle bekkies wawyd oop

En sing vir my so soet soos stroop.”

“Kwak kwak kwak!

Kwek kwek kwek!”

Tien klein paddatjies maak my gek

Page 12: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

12

SKOOLGEREEDHEID VIR KLEUTERS – GRAAD R

Mamma, ons vra jou vriendelik om hierdie riglyne te lees en die oefeninge

met u kind by die huis te doen Deur dit te doen sal u vind dat u kleuter

gelukkig by die skool en by die huis sal wees!

Wat is skoolgereedheid?

Skoolgereedheid hou verband met die kind se ontwikkeling op vier vlakke:

✓ Sosiale- en emosionele ontwikkeling

✓ Perseptuele ontwikkeling

✓ Fisiese of biologiese rypingsvlak

✓ Intellektuele ontwikkelingsvlak

‘n Kind se sosiale vaardighede en –aanpassingsvermoë bepaal tot ‘n groot

mate hoe gelukkig die kind by die skool gaan wees.

❖ Motoriese ontwikkeling:

Die kind se motoriese ontwikkeling help hom om ‘n gesonde en

gebalanseerde leefwyse te handhaaf. ‘n Agterstand in motoriese

ontwikkeling kan lei tot moegheid, wat verder mag aanleiding gee tot

rusteloosheid, afleibaarheid, swak konsentrasie en koördinasie-

probleme.

Ons gee vir u voorbeelde van aktiwiteite wat u met die kind kan doen

om sy motoriese vaardighede te ontwikkel:

Groot motoriese vaardighede: (Samewerking van groot spiere in

die liggaam)

• Klim-en-klouteraktiwiteite

• Springaktiwiteite (balspele en touspring)

• Balanseeraktiwiteite (huppel, eenbeenstaan,

eenbeentjiespring, loop op ‘n lyn

Fyn motoriese vaardighede: (Samewerking van die klein spiere in

die liggaam)

• Frommel van papier

• Skêr aktiwiteite en inkleur

• Inryg van krale / wasgoedpennetjies vasknyp

Swak motoriese beplanning kan swak werkspoed en lompheid tot

gevolg hê en kan daartoe lei dat die kind langer neem om nuwe

vaardighede aan te leer.

Page 13: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

13

❖ Spraak en Taalontwikkeling:

Taalontwikkeling begin op ‘n vroeë ouderdom, voor lees en skryf. Die

kind dink in taal en druk sy gedagtes in taal uit. Graad R leerders

moet effektief kan kommunikeer deur taal, kuns, beweging, musiek en

dramatisering van fantasie ervarings

Aktiwiteite:

✓ Oorvertel van stories

✓ Liedjies en rympies

✓ Telefoon korrek te beantwoord / boodskap noukeurig oor te

dra

❖ Emosionele en Sosiale ontwikkeling:

• Positiewe selfbeeldontwikkeling

• Hantering van emosies

• Empatie met ander

• Toepaslike sosiale interaksie

Graad R kinders wat emosioneel en sosiaal nog onryp is, vind dit

moeilik om in die klassituasie aan te pas en aktief deel te neem. Hulle

sukkel om hulle emosies te hanteer, is dikwels bakleierig, onwillig om

nuwe dinge aan te pak en in groepe te werk

Aktiwiteite:

✓ Wees ‘n voorbeeld vir jou kind deur te wys dat jy ander se

gevoelens, geloof en kultuur respekteer

✓ Beklemtoon jou kind se positiewe eienskappe en help hom om

aggressie en negatiewe gevoelens te verwerk en selfvertroue te

ontwikkel

✓ Dus: laat die kind besef dat, hoewel jy sy verkeerde optrede /

gedrag nie aanvaar nie, jy hom nog steeds as mens aanvaar en

lief het

✓ Moedig groepspel aan

❖ Perseptuele ontwikkeling:

Dit is die akkurate waarneming, organisasie en interpretasie van

inligting wat vanaf die sintuie na die brein gestuur word.

Page 14: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

14

Visuele persepsie: (Inligting wat vanaf die oë na die brein gestuur

word:

Aktiwiteite:

✓ Raak met jou hand aan jou knie / toon / kop ens

✓ Identifiseer liggaamsdele aan ‘n pop

✓ Plaas 6 voorwerpe op ‘n skinkbord. Kind kyk ongeveer 3

sekondes, bedek, kind moet opnoem wat hy kan onthou

✓ Legkaarte bou

Ouditiewe persepsie: (Inligting wat vanaf die ore na die brein

gestuur word)

Aktiwiteite:

✓ Gee verskillende opdragte bv. raak met jou hand aan jou kop

en spring twee keer in die lug ens.

✓ Oorvertel van storie in eie woorde

✓ Sê ‘n nommer of letters en laat die kind dit herhaal

✓ Klank ‘n woord, bv. k-a-t; die kind moet sê wat hy gehoor

het

Die belangrikste van alles in die lewe is dat u, u kind moet geniet!! U moet

u kind soveel moontlik liefde gee en hom aanvaar vir wie hy is (onthou

elkeen van ons het ons eie unieke persoonlikheid)

Page 15: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

15

SKRYFBEHOEFTES WAT DIE SKOOL VOORSIEN

(Bly die skool se eiendom)

GRAAD R – 2020

1 x 125ml Alcolin Kouelym (Superior Wood & Paper Adhesive)

2 Amos (Groot)

1 Witbord

1 Witbordpen – Swart (Maxiflo White Board Marker)

1 Skêr – (Een klein gaatjie vir die duim & een groter gaatjie vir

± 3 vingertjies)

1 A4 160g Board Bright Pad Assorted 20’s – Kartonne

1 Pak Gekleurde gompapier

2 x 20’s Faber-Castell Trigrip Inkleurpotlode (Onthou die

spesiale skerpmaker vir die driehoek potlode is in die dosie!!!)

1 Skerpmaker (metaal) (Die een met 1 x groot + 1 x klein

gaatjie)

1 Faber-Castell Goldfaber Beginners Pencil H – Trigrip

1 Pennesakkie – materiaal ± 35cm lank

2 Deurskynende waterdigte boeksak met ritsluiter

1 35 stuk legkaart

1 x 12’s Dik Koki’s

1 Uitdraai kryte (Mon-Ami)

1 Ringbinder (dun leer)

1 Inkleurboek ongeveer 300 bladsye

Jy gaan

leer skryf

Page 16: INLIGTINGSBROSJURE GRAAD R (word 6 gedurende 2020) · Graad R maak jou kind gereed vir Graad 1 en daarom werk ons aan die volgende: Skryf van die kind se naam Tel en herken syfers

16