instruksies - eggnote.weebly.com  · web view3.alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel...

13
St Alban’s College JULIE EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Vorm 2 Datum: 22 Julie 2013 Eksaminatrise: Me. Y Rappard Tyd: 2 ure Me. E. van Zyl Totaal: 100 Instruksies 1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye (voorblad ingesluit). Maak seker jou vraestel is volledig. Afdeling A: Begripstoets - 25 punte Afdeling B: Taal en kommunikasie - 30 punte Afdeling C: Gedigte - 12 punte Afdeling D: Letterkunde - Thomas@rock”ster.net -18 punte Afdeling E: Skryfwerk - 15 punte 2. Volg alle instruksies noukeurig. 3. Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4. Skryf netjies en leesbaar. 5. Trek ‘n kantlyn aan die regterkant van jou bladsy. 6. Laat ‘n reël oop na elke antwoord. 1

Upload: lyquynh

Post on 02-Mar-2019

250 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

St Alban’s College

JULIE EKSAMEN

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Vorm 2 Datum: 22 Julie 2013Eksaminatrise: Me. Y Rappard Tyd: 2 ure

Me. E. van Zyl Totaal: 100

Instruksies

1. Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye (voorblad ingesluit). Maak seker jou vraestel is volledig.

Afdeling A: Begripstoets - 25 punteAfdeling B: Taal en kommunikasie - 30 punteAfdeling C: Gedigte - 12 punteAfdeling D: Letterkunde - Thomas@rock”ster.net -18 punteAfdeling E: Skryfwerk - 15 punte

2. Volg alle instruksies noukeurig.3. Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4. Skryf netjies en leesbaar.5. Trek ‘n kantlyn aan die regterkant van jou bladsy.6. Laat ‘n reël oop na elke antwoord.

Lekker skryf!

1

Page 2: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

Afdeling A: Begripstoets

Vraag 1:

Lees die volgende leesstuk oor graffiti en beantwoord dan die vrae:

Gekke en dwase, mure en glase

Ek is seker jy het al graffiti gesien. Dit is die woorde, kleure, prentjies en vorms wat op geboue, skoolbanke en ander plekke uitgekrap of geverf word. Dit word sonder toestemming (permission) gedoen en dit is teen die wet (law).

Graffiti is wêreldwyd ‘n groot probleem. In ons eie land is dit ook ‘n verskynsel (phenomenon) wat elke dag groter word. Daar is verskillende tipes graffiti. Party boodskappe soos “Joe is lief vir Anne” is liefdesboodskappe, soms sal jy satanistiese of haatgraffiti sien. Haatgraffiti is gewoonlik rassisties of godsdienstig.

Bendes (gangs) gebruik simbole wanneer hulle op mure skryf. Die bendes sal hulle gebied (area) deur die graffiti merk, lede se name lys, dwelms adverteer wat te koop is, of waarskuwings (warnings) aan hulle teenstanders (opposition) stuur. Die meeste graffiti word nie deur bendes geskryf nie; hulle is verantwoordelik vir net tien present van die graffiti. Jong mans tussen twaalf en twintig jaar oud skryf die meeste graffiti.

Waarom skryf vandale graffiti? Daar is verskillende redes. Party dink dat hulle hierdeur beroemd (famous) sal word, vir ander is dit ‘n manier om te rebelleer, of om sosiale kommentaar te lewer.

Graffiti is skadelik. Die geld wat gebruik moet word om graffiti skoon te maak kan baie beter gebruik word. Hoe word graffiti verwyder (removed)? Jy kan met verf daaroor verf of chemikalieë gebruik. Mense voel ook onveilig in ‘n woonbuurt waar daar graffiti is. Eiendomspryse en toerisme daal in areas waar graffiti is.

Dit is onwettig om graffiti te skryf omdat dit ‘n vorm van vandalisme is. Jy kan ‘n boete kry of gearresteer word as jy graffiti skryf.

Vertaal en verwerk uit: www.santanio.gov

Beantwoord die volgende vrae oor die leesstuk:

1.1 Noem twee plekke waar jy graffiti sal kry. (2)

1.2 Haal ‘n woord aan om te bewys dat hulle deur die hele wêreld ‘n probleem het met graffiti. (1)

1.3 Gee voorbeelde van twee tipes skadelike graffiti waarvan hulle in die leesstuk praat. (2)

1.4 Waarom sal ‘n bende graffiti skryf? Gee drie redes. (3)

1.5 Wie skryf die meeste graffiti? (1)

2

Page 3: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

1.6 Haal ‘n frase uit die leesstuk aan om te bewys dat graffiti nie net altyd woorde is nie. (1)

1.7 Dit kos geld om graffiti skoon te maak. Waar kan hierdie geld beter gebruik word? Gee twee voorbeelde. (2)

1.8 Voltooi. Mense voel nie _________ as daar graffiti is in die area waar hulle bly nie. (1)

1.9 Is die volgende stellings waar of onwaar? Haal ‘n gedeelte uit die leesstuk aan om jou antwoord te motiveer.

1.9.1 Jy betaal duurder vir ‘n huis in ‘n area waar daar graffiti is. (2)

1.9.2 Graffiti kan nie verwyder word nie. (2)

1.10. Haal ‘n gedeelte uit die laaste paragraaf aan om te bewys dat jy in groot moeilikheid kan beland as jy graffiti skryf. (1)1.11 Sal jy gemaklik (comfortable) wees om in ‘n omgewing te bly waar daar graffiti geskryf word teen die mure? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1) 1.12 Hoe dink jy kan mens keer (prevent) dat graffiti geskryf word by die skool? (1)

[20]

Vraag 2:

Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die daaropvolgende vrae.

[Die Burger, 2 November 2011]

3

Nee!

Page 4: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

Vrae:

2.1. Wat is die tema van hierdie strokiesprent? (1) 2.2 Waarom lyk die planeet so moeg en ongelukkig? Verduidelik. (2) 2.3 Waarna verwys (refer) die swart wolke wat op die strokiesprent verskyn? (1)2.4 Wat bedoel die planeet wanneer hy sê dat “daar sowaar nou genoeg van julle en te min van my is”? (1)

[5]

Groottotaal afdeling A: 25

Afdeling B: Taal en kommunikasie

Vraag 3: Taal

Kyk mooi na die onderstaande prentjie en beantwoord dan die taalvrae:

Skryf net die nommer en antwoord neer.

Die kinders hardloop klas toe sodat hulle 3.1 (kies die korrekte woord: betyds/op tyd) kan wees.

Die seun hardloop 3.2(gee die korrekte vorm van die woord: stadig) AS die dogter.

Hy is 3.3 (kies die korrekte woord: voor/agter) haar.

Die dogter hardloop 3.4 (gee die intensiewe vorm: baie vinnig).

Die seun het 3.5 (gee die korrekte voornaamwoord: his) groen hemp aan.

3.6 (gee die korrekte voornaamwoord: They) wil nie laat wees nie.

Die potlood 3.7(gee een woord: met+wat) hy netnou moet skryf, val uit sy rugsak uit.

Die dogter is verlief 3.8(kies die korrekte woord: op/vir) die seun.

Hulle het Afrikaans by DIE 3.9 (gee die korrekte vorm van die woord: kwaai) onderwyseres in die skool.

Almal is 3.10 (gee die intensiewe vorm: bang) vir haar.

[10]

4

Woordeskat wat jou kan help: bevolking – population, rook – smoke, besoedeling – pollution, hulpbronne – resources, rommel – litter, geboue – buildings, planeet – planet,

Page 5: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

Vraag 4:

Bestudeer die volgende prentjie en skryf dan die sinne oor soos aangedui:

Skryf die volgende sinne in die ontkenningsvorm:

4.1 Meester hardloop vinnig. Nee, … (1)

4.2 Het jy Neelsie se tarantula gesien? Nee, …. (2)

4.3 Het Neelsie iets in die tarantulabottel? Nee,… (1)

Skryf die volgende sinne as vraagsinne. Die onderstreepte gedeelte moet jou antwoord wees.

4.4 Neelsie sien sy spinnekop is weg. (1)

4.5 Neelsie soek die spinnekop in die klaskamer . (1)

Skryf die volgende sinne in die tye soos aangedui:

4.6 Meester skrik baie groot.

More__________________. (1)

4.7 Neelsie het ‘n tarantula in die bottel.

Gister ___________________. (1)

4.8 Meester moet vinnig hardloop.

Verlede week ____________. (1)

4.9 Neelsie is ‘n stout seun.

Volgende jaar ___________. (1)

Verbind die volgende sinne en gebruik die voegwoorde tussen hakies.

5

Page 6: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

4.10 Neelsie soek sy tarantula. Die tarantula is weg. (maar) (1)

4.11 Meester het groot geskrik. Sy hare staan regop. (dus) (1)

4.12 Neelsie lyk baie bang. Meester is kwaad. (omdat) (1)

Rangskik die volgende dele sodat dit ‘n goeie Afrikaanse sin maak. Begin met die vetgedrukte (bold printed) deel.

4.13 Neelsie/elke dag/goggas/in die tuin/om vir die tarantula te gee/vang/. (1)

4.14 Neelsie/ gister/die spinnekop/het/gegee/kos (1)

[15]

Vraag 5:

Bestudeer die volgende prent en beantwoord dan die vrae:

5.1 ‘n Groep skepe is ‘n ________ . (1)

5.2 Die laaste vissie raak agter. Hy roep die ander om vir hom te wag. Skryf sy woorde neer. (2)

5.3 Skryf die vissie se woorde in goeie Afrikaans neer. (2)

[5]Totaal Afdeling B: 30

6

Page 7: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

Afdeling C – Poësie

Vraag 6: Ongesiene gedig

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae.

Sal daar nog ysbere wees? - Jaco Jacobs

Oor ‘n honderd jaar sal almalin swewende motors ry.

Oor ‘n honderd jaar sal mense dalkop Mars kan gaan bly.

‘n Robot sal jou kamerkan skoonmaak – wat ‘n fees!

Maar sal daaroor ‘n honderd jaarnog ysbere wees?

Jy sal speletjies in‘n virtuele wêreld kan speel.

Wetenskaplikes sal grasgroen konyne kan teel.

Piepklein nanorobotteSal siek mense kan genees.

maar sal

daaroor‘n honderd jaarnog ysberewees?

Beantwoord die volgende vrae oor die gedig:

6.1 Hoekom dink jy vra die digter twee maal (twice) die vraag “maar sal daar oor ‘n honderd jaar nog ysbere wees?” (1)

7

Page 8: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

6.2 Kies die korrekte antwoord. Swewende motors is motors wat kan … a. vlieg b. skiet c. ry d. spring (1)

6.3 Op watter planeet sal jy eendag graag wil bly? Waarom? (1)

6.4 Haal ‘n voorbeeld van alliterasie uit strofe 5 aan. (1)

6.5 Verduidelik in jou eie woorde wat die nanorobotte met mense gaan doen. (1)

[5]

Vraag 7: Gesiene gedig

My hart is ’n hamburger Jaco Jacobs

Ek spaar vir ’n kitaar om my songs

vir jou te speel. My sad en silly songs

wat ek net vir jou wil sing. Dis die enigste

rede waarom ek naweke waiter.

Maar vroeër vanaand was jy

onverwags saam met

hom

hier by die Spur en sommerso

on the spur of the moment het ek

my hart in ’n hamburger bun voor jou

neergesit (tjips, geen uieringe) en gesê:

“Lekker eet.”

Beantwoord die vrae oor die gedig:

7.1 Watter tipe beeldspraak kry ons in die titel? (1)

7.2 Watter tipe werk doen die skrywer oor naweke? Gee jou antwoord in Afrikaans. (1)

8

Page 9: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

7.3 Hoekom dink jy word die woord “hom” in reël 7 alleen geskryf? (1)

7.4 Het hierdie gedig ‘n gelukkige einde? Hoekom sê jy so? (2)

7.5 Wat is die stemming van die gedig? (1)

7.6 Watter raad (advice) sal jy vir die spreker gee om hom beter te laat voel. (1)

[7]

Totaal Afdeling C: 12

Afdeling D: [email protected]

Beantwoord die volgende vrae.

Vraag 8:

Wie is die volgende karakters. Pas kolom B by kolom A:

Skryf net die nommer en antwoord, bv 1B

1. Hannes a. help vir Thomas verf2. Alex b. Oros-man3. Thabo c. Justin Bieber4. Mnr. Volschenk d. Thomas se meisie5. Lukas e. Filmster6. Fleur f. “my blaar”

(6)

Vraag 9:

Lees die onderstaande uittreksel uit Thomas en beantwoord die daaropvolgende vrae:

9.1 Hoe ken Thomas vir Fleur? (1)

9.2 Waarom het Fleur gehuil? (1)

9.3 Billy neem ‘n foto van Thomas en Fleur op die bankie. Wat doen hy met die foto? (1)

9

“Fleur! Haai!” Thomas mik-mik in haar rigting, moet hy haar ‘n drukkie gee? Haar hand skud?

“Kom ons gaan sit op daardie bankie onder die eikeboom langs die snoepie en dan vertel jy my alles.”

Skielik druk Fleur haar gesig in haar hande en begin huil. Versteen staar Thomas na haar. O nee. Net nie dit nie. Hy weet regtig nie wat om te doen as ‘n meisie begin huil nie.

Page 10: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

9.4 Watter effek het hierdie foto op Thomas en Alex se verhouding gehad? (3)

[6]

Vraag 10:

Lees die onderstaande uittreksel uit Thomas en beantwoord die daaropvolgende vrae:

10.1 Waarom het Thomas laatmiddag teruggegaan skool toe? (1)

10.2 Verduidelik in twee sinne waarom meneer Du Toit beseer (injured) is? (2)

10.3 Hoekom hou Billy nie van meneer Du Toit nie? (1)

10.4 Wat was die hoof se reaksie toe hy vir Thomas en meneer Du Toit sien? (1)

10.5 Twee van Thomas se vriende is deur Billy gedreig (threaten). Wie is dit? (2x½)

[6]

Afdeling E: Skryfwerk

Vraag 11:

Kies een van die volgende vrae:

11.1 Verduidelik in ‘n kort paragraaf (100 woorde) hoe Fleur die situasie tussen Thomas en Alex gered het.

Gebruik die volgende as riglyne

Sonneblomme Wit boks met geel lint Sjokolade en briefie Hoofsanger

OF

11.2 Skryf ‘n brief van 100 woorde waarin Thomas vir sy oupa vertel van al die moeilikheid waarin hy al beland het by Mnr. Volschenk.

10

“Meneer Du Toit lê op sy sy. Versigtig draai Thomas hom op sy maag. Hy kyk rond en sien dat iemand ‘n handdoek daar laat lê het. Hy skarrel regop en gryp die handdoek en alle kledingstukke wat hy kan kry.Hy hurk langs sy beseerde rugby-afrigter. Sy hande bewe. Hy weet hy moet die bloeding probeer stop, maar hy weet nie hoe nie.”

Assessering: Feitelike inhoud – 5 punte. Vloei en samehang – 5 punte. Taal – 5 punte. [15 punte]

Page 11: Instruksies - eggnote.weebly.com  · Web view3.Alle antwoorde moet op die gegewe antwoordstel geskryf word nie op die vraestel nie. 4.Skryf netjies en leesbaar. 5.Trek ‘n kantlyn

[15]Groottotaal vir

vraestel: 100

11