ipomoea bolousiana en ander convolvulaceae-gewasse in namibië · hulle is gewoonlik...

3
Ipomoea bolousiana en ander Convolvulaceae-gewasse in Namibië Die Ipomoea bolousiana , lid van die baie groot ‘Morning Glory’ familie, trek besonder aandag, omdat dit in die vroeë somer begin blom. Die ligpers of pienkerige blomkelke sit direk op die sandgrond, en die blare is so dun en tingerig, dat ‘n mens dit skaars waarneem, veral as dit in ‘n graspol rank. Dit groei in Kalaharisand. Onder die grond sit ‘n pragtige dik en ronde bolvormige waterwortel,deursneee ongeveer 15 tot 20 cm, wat deur sommige inheemse bewoners in droë tye uitgehaal en geskraap word. Die skraapsels word in die hand oor die mond uitgedruk, sodat die water oor die duim in die mond kan vloei/drup. Altans beskou baie Kalaharibewoners die bol as oneetbaar, selfs giftig;……Olifante hou daarvan. Hierdie plant is maar een van die baie verteenwoordigers van die groot familie Convolvulaceae, wat in die veld voorkom. Algemene kenmerke: Hulle is gewoonlik rankplante,(foto links: ongeïdentifiseerde groot Ipomoea sp.) maar kom ook as boom en/of struik voor (Die bruidsboom Ipomoea arborescens (middel)en die struik Ipomoea adenoides (regs) vorm ook ranke) Die ranke klim in bome, struike of in grasse op, maar dit kan ook op die grond langs groei en baie lang ranke vorm (voetangels!). Die bloeisels is trompetvormig, wit-, geel-, pienk- magenta-,mauve-, lig of donker pers- of bloukleurig, dikwels met ‘n donker of selfs anderskleurige keel. Van onderstaande fotos kan ek nie almal identifiseer nie, van hulle lyk baie na mekaar, en ek kon nog nie ‘n bron kry met al die spesies in nie, maar sover ek kon, lyk die identifikasie onder andere as volg: Boonste ry: 2de:Convolvolus sagittatus, 3de: Ipomoea tricolour (tuinblom) Tweede ry: 1ste: Ipomoea holubii (struik), 2de: Ipomoea obscura, 3de: Ipomoea verbascoidea, Derde ry: 1ste; Merremia palmata, 2de:Xenostegia tridentate,

Upload: others

Post on 10-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Ipomoea bolousiana en ander Convolvulaceae-gewasse in Namibië · Hulle is gewoonlik rankplante,(foto links: ongeïdentifiseerde groot Ipomoea sp.) maar kom ook as boom en/of struik

Ipomoea bolousiana en ander Convolvulaceae-gewasse

in Namibië

Die Ipomoea bolousiana , lid van die baie groot ‘Morning

Glory’ familie, trek besonder aandag, omdat dit

in die vroeë somer begin blom. Die ligpers

of pienkerige blomkelke sit direk op die

sandgrond, en die blare is so dun en

tingerig, dat ‘n mens dit skaars waarneem,

veral as dit in ‘n graspol rank. Dit groei in Kalaharisand.

Onder die grond sit ‘n pragtige dik en ronde bolvormige

waterwortel,deursneee ongeveer 15 tot 20 cm, wat deur

sommige inheemse bewoners in droë tye uitgehaal en geskraap word.

Die skraapsels word in die hand oor die mond uitgedruk, sodat die

water oor die duim in die mond kan vloei/drup. Altans beskou baie

Kalaharibewoners die bol as oneetbaar, selfs giftig;……Olifante hou

daarvan.

Hierdie plant is maar een van die baie verteenwoordigers van die groot

familie Convolvulaceae, wat in die veld voorkom.

Algemene kenmerke:

Hulle is gewoonlik rankplante,(foto links: ongeïdentifiseerde groot Ipomoea sp.) maar kom ook as

boom en/of struik voor (Die bruidsboom Ipomoea arborescens (middel)en die struik Ipomoea

adenoides (regs) vorm ook ranke)

Die ranke klim in bome, struike of in grasse op, maar dit kan ook op die grond langs groei en baie lang

ranke vorm (voetangels!).

Die bloeisels is trompetvormig, wit-, geel-, pienk- magenta-,mauve-, lig of donker pers- of

bloukleurig, dikwels met ‘n donker of selfs anderskleurige keel.

Van onderstaande fotos kan ek nie almal identifiseer nie, van hulle lyk baie na mekaar, en ek kon nog

nie ‘n bron kry met al die spesies in nie, maar sover ek kon, lyk die identifikasie onder andere as volg:

Boonste ry: 2de:Convolvolus sagittatus, 3de: Ipomoea tricolour (tuinblom)

Tweede ry: 1ste: Ipomoea holubii (struik), 2de: Ipomoea obscura, 3de: Ipomoea verbascoidea,

Derde ry: 1ste; Merremia palmata, 2de:Xenostegia tridentate,

Page 2: Ipomoea bolousiana en ander Convolvulaceae-gewasse in Namibië · Hulle is gewoonlik rankplante,(foto links: ongeïdentifiseerde groot Ipomoea sp.) maar kom ook as boom en/of struik

Die fotos gee maar slegs ‘n klein indruk van die vele spesies wat werlik in Namibië voorkom.

Die bloeiselknop lyk of die kroonblare gedraai is, en inderdaad vou die blom nie oop nie, maar dit

draai oop.

Die blare het baie verskillende vorms, baiekeer is hulle hartvormig of driehoekig of hulle lyk soos ‘n

hand met vingers. Hulle kan groot of klein, lig- of donkergroen wees, bedek met ‘n sagte haarpelsie of

glad, breed of smal, met ‘n getande kant of glad, amper enigiets is moontlik, maar hulle groei een-

een spiraalgewys rondom die stingel, d.w.s. nooit staan daar een paar blare reg teenoormekaar nie.

Page 3: Ipomoea bolousiana en ander Convolvulaceae-gewasse in Namibië · Hulle is gewoonlik rankplante,(foto links: ongeïdentifiseerde groot Ipomoea sp.) maar kom ook as boom en/of struik

Van die plantsoorte sonder melksap (lateks) af waar hulle beseer is.

Van die Convolvulaceae is giftig.

Baiekeer is die wortel ‘n water-opgaar-bol.

En dit bring my by ‘n baie bekende, nuttige en lekker plant uit die Morning Glory familie, die

soetpatat of Ipomoea batatas.

Nou vir die eerste keer het ek dit sien blom en besef toe in watter familied it tuis is. Ons ken dit almal.

Die bol sit onder die grond, is gewoonlik rooiperserig met liggeel tot oranjekleurige vlees. Die blare is

amper driehoekig, lyk nogal na Ivy (Efeu). Dis ‘n grondranker en kan ‘n groot stuk grond met sy ranke

bedek. Dis baie maklik om te kweek. Of jy sit ‘n patat half in die grond en laat dit lote maak. Dan kan

jy die lote afbreek en hulle een-een in die grond plant. Jy kan ook ‘n stuk rank afsny en in die water sit

om wortels te skiet en dan inplant. In die kombuis is ‘n groeiende patatloot in ‘n mooi bottel met

water altyd ‘n pragtige stuk dekor.

Ons tuine is amper nie denkbaar sonder een of ander Morning Glory, wat oor ‘n heining of teen ‘n

groot muur rank en dit met sy blommeprag versier nie. Dit trek insekte, veral bye en ook voëltjies en

voorsien hulle van nektaar. Dit groei maklik (kan nogal ‘n verpesting raak as jy nie uitdun nie) en lyk

pragtig. In die somer blom dit, in die winter ryp die bogrondse dele dood, net om weer uit te loop, as

dit water kry. Dit vorm ronde saadknoppe wat oopbars en sy sade uitskiet. Sade ontkiem maklik.

Inligtingsbronne:

Field Guide to the Plants of Northern Botswana incl. the Okavango Delta (Alison & Roger Heath)

Flowering Plants of the Southern Kalahari (Noel & Gretel van Rooyen))

Wildflowers of the Central Highlands of Namibia (Coleen Mannheimer)

Wild flowers Waterplants and Grasses of the Okavango Delta and Kalahari (Veronica Roodt)

Common Wild Flowers of the Okavango Delta Medicinal uses and Nutritional value (Veronica Roodt)

Gemsbok Bean & Kalahari Truffle (Arno Leffers)

Heil-, Gift- und Essbare Pflanzen in Namibia (Eberhard von Koenen)

Wikipedia , Google (foto Morning Glory downloaded), foto Ipomoea holubii (Silke Rügheimer Danke!)

Teks en fotos: Anka Eichhoff Juni 2020