is ‘n fantasie verhaal oor ‘n - amazon web services...agter haar, sy hik soos sy skrik en draai...
TRANSCRIPT
Is ‘n fantasie verhaal oor ‘n
besonderse meisie, wat as
gevolg van die volmaan
anderste is as die res van haar
mense.
Hoofstuk 1.
Die Begin Dit is ‘n warm somers aand, die
maan skyn vol en helder sonder
enige bedreiging van wolke wat die
misterie van die aand te versteer
nie. Daar is nie eers ‘n ligte briesie
om die bedompigge hitte te verlig
nie. Tosha se Ma is besig om haar
slapende kindjie neer te lê. Sy vryf
saggies die nat gesweete haartjies
wat aan haar voorkoppie vas klou
weg, haar baba se rooi haartjies gee
‘n rooi skynsel in die helder
maanlig wat deur die venster skyn.
“Lekkerslaapies my dierbare kind”
kom dit sag en liefdevol van
Lavender, sy soen Tosha op haar
voorkop. Tosha draai haar kop na
die ander kant, sy vryf met ‘n
vyssie oor haar gesiggie, asof sy
probeer om die sweetjtjies ook af te
vee. Lavender glimlag vir haar klein
dogtertjie. Lavender verlaat die
hoofslaapkamer, sy stap die lang
gang af, die vlou muur liggie help
om ‘n klein bietjie te kan sien.
Lavender loop die sitkamer binne,
sy skakel die lig aan, sy knip-knip
haar oë vir die skerp wit lig wat
skielik aangaan, sy stap na die toe
venster langs die voor deur. Die
venster kyk uit oor die pad,
Lavender maak die gordyn oop en
kyk of sy nie haar man en seun al
sien aankom in die helder maanlig,
hulle moes al terug gewees het,
maar hulle is nogsteeds nie terug
nie en dit raak laat. Lavender staar
uit die venster met ‘n diep
bekommerdheid binne haar wag sy
in spanning vir haar man en seun.
Lavender is so besig om uit die
venster te kyk sy hoor nie die
kamer deur wat oop gaan en die
sagte klein voetstappies wat nade
kom nie. ‘n Sagte stemmetjie praat
agter haar, sy hik soos sy skrik en
draai vinnig om, sy kyk vas in haar
swart kop dogtertjie met die
pragtige blou ogies vas, dit is
Shyanne wat wakker geword het,
sy is ook bekommerd, Lavender
kan dit op die ou pop gesiggie sien.
Shyanne probeer haar rede
wegsteek hoekom sy wakker isven
vra met ‘n sagte stemmietjie “Is
Mamma reg?” Lavender ontspan en
glimlag vir haar klein dogtertjie “ Ja
skat, ek dog jy slaap.” Shyanne laat
sak haar kop en haal diep asem
“Ek kannie slaap nie Mamma”
Lavender bekommerd “Hoekom nie,
voel jy siek?” Lavender stap nader
en neem Shyanne aan haar bo-
arms, sy vryf haar kyfie een kant
toe en vryf saggies oor haar wang
“Wat is dit? Wat pla my kind”vra sy
sag met ‘n effinse erns in haar
stem. Shyanne voel hoe die trane
opstoot en sy probeer haar bes om
dit te beveg, sy antwoord saggies
met hywer “ek…ek….ek is
bekommerd oor Pappa en boetie,
hoekom vat hulle so lank, hoekom
is hulle nog nie by die huis nie?”
Shyanne snik en die trane wat sy
beveg het neem hulle plekke oor
haar wange. Lavender kan niks
anders doen behalwe om Shyanne
jammer te kry en te troos nie, sy is
nou eers tien en kan al amper alles
verstaan. Lavender sluk haar eie
bekommerdheid weg, dit is ‘n
swaar knop, sy tel Shyanne se
kennietjie met haar vinger op en
praat met ‘n kalm stem “My skat jy
weet dat dit ‘n baie belangrike taak
is vir jou pa en dat dit ‘n baie
belangrike dag is vir jou broer, ek
is seker alles is reg, hulle sal nou-
nou hier wees, jy sal sien.”
Shyanne kyk na haar Ma met nat
bekommerde ogies “ek weet
Mamma, maar moet dit so lank
vat?” Lavender glimlag en lei
Shyanne na die naaste bank, sy
laat Shyanne sit en gaan sit langs
haar “Jou broer het seker baie goed
gedoen en Pappa het het seker vir
hom ietsie lekkers gaan koop of ‘n
geskenkie gaan uit kies om hom
welgedaan te sê, jy hoef nie jouself
so te bekommer nie, jy is nog klein
en jou beert kom nog, dan gaan ek,
Luke en Tosha soos ek en jy lyk, of
dalk erger” Shyanne glimlag
effens en gee ‘n kort laggie “Ok
Mamma, Mamma is seker reg, ek is
maar te erg bekommerd.” Lavender
gee Shyanne ‘n ligte drukkie en
fluister in haar oor “Ek is my kind,
jy sal sien, jy sal sien” Lavender
streel liggies oor Shyanne se rug.
Lavende hoor ‘n motor wat saggies
nader kom en stil hou, oomblikke
later stap die twee manne by die
huis in, moeg en uitgeput, Luke en
sy Pa loop glimlaggend die sitkamer
binne onbewus van die
bekommerde twee dames wat op
hulle gewag het, hulle stop dood in
hul spore toe hulle Lavender en
Shyanne op die bank sien, Shane
bekommerd “En nou, is sy
siek”Lavender gee hom ‘n skewe
kyk, Shyanne spring op en
hardloop na hulle toe “Pappa,
Boetie, julle is terug!!!!” Shyanne
gee haar Broer en Pa ‘n stewige
drukkie “Waar was julle ons was
erg bekommerd” kom dit kwaai van
Lavender af.
Shane buk af en gee vir Shyanne ‘n
drukkie, Luke tel haar op en swaai
haar in die ronde, Shyanne lag.
“Nie so hard nie, Tosha slaap”
herhinner Lavender die twee, wat
dadelik stil bly. Luke sit vir
Shyanne neer, Shyanne kan haar
opgewondenheid nie keer nie,
“Hoekom het Pappa hulle so lank
gevat?” Lavender staan op en kom
nader “Ek sou dit graag ook wou
weet, maar eers waar is my soentjie
of word die bekommerde kwaai
moeder nie gegroed nie” Luke groet
sy Ma eerste, “Jammer Ma, naand”
sy Pa is net na hom, Shane soen en
druk sy vrou, hy is so bly om haar
te sien “Naand liefste, jammer ons
was lank”. Lavender kan voel dat
iets pla haar man, maar wat “ek is
bly julle is terug, so hoe was dit?”
uit asem sug altwee manne, Shane
sit sy hand op sy seun se rug en
gee hom ‘n ligte tikkie “Ek dink
Luke moet julle vertel, hy is die
enigste een hier met genoeg energie
ek is gedaan” Lavender kry Shane
jammer en vergeet skoon dat sy
eintlik vies was, sy veë saggies en
troosend oor haar man se arm
“Natuurlik lief, gaan slaap jy maar
solank, ek kom nou of soek jy eers
koffie” Shane dink ‘n rukkie, maar
sê vinnig “Nee dankie skat ek sal
môre kry” Shane gee sy vrou ‘n
nagsoen en stap kamer toe. Altwee
vrouens kyk na Luke wat half moeg
daar staan, maar jy kan die half
opgewondenheid in sy oë lees.
Lavender kyk na haar seun “ Jy is
seker ook moeg?” Luke glimlag vir
sy Ma “Nogal, Ma” “Wat moes jy
alles doen dat jy so moeg is? my
arme kind jy kan behoorlik nie
staan nie. Kom sit dan Vertel jy ons
alles. Mamma gaan gou vir jou ‘n
koppie koffie maak” “Dankie Ma”
“Mag ek ook kry Mamma, asseblief”
kom dit saggies en onskuldig van
Shyanne, “Nee, skat dis veels te
laat vir jou, jy gaan inkelkgeval aan
die slaap wees, dan word jou koffie
koud” Shyanne effins terleer
gesteld “Aaa, maar Mamma ek is
nie moeg nie” Shyanne gaap,
Lavender gee ‘n kort giggel en stap
kombuis toe. Luke en Shyane gaan
sit in die sitkamer terwyl Lavender
gou gaan koffie maak. Toe die koffie
klaar gemaak is vat Lavender dit
vir Luke wat half aan die slaap met
sy kop agter oor op die bank sit,
Shyanne lê vas aan die slaap met
haar kop op sy skoot. Ja partykeer
weet ‘n Ma net, Luke vat sy koppie
by sy Ma “Dankie Ma” hy vat ‘n
sluk “Mmm, dit is seker die
lekkerste koffie wat ek nog ooit
gedrink het”, Lavender lag saggies
en gaan sit op die bank net voor
hom “help nie jy probeer my vlei
om my vrae te ontdeik nie, wat
moes jy doen, het jou Pa tenminste
‘n bietjie simpatie gehaad?” “Nie
juis iets moeiliks nie, nee Pa was
nie erg nie die toets was net ‘n
bietjie moelik, maar ek is nou ‘n
eerbare lid van ons volk.” Lavender
vat ‘n sluk van haar koffie en
probeer haar opgewondinheid in
hou, sy kry darem reg om net te
glimlag en met ‘n trotse
moederstem te praat “Geluk my
seun, jy het so hard geleer oor al
ons wette en doen en lates jy
verdien dit” Luke sig, hy vat ‘n
slukkie koffie, sy ooglede trek effins
toe. “My arme kind, wat was die
toets, jy is so faak soos ‘n klip” kom
dit simpatiek van Lavender. Luke
dink ‘n rukkie, hy probeer wakker
bly “Ek moes die versteekte berg
uitklim, na al die moeite om daar
bo te kom wag daar ‘n instrukteur
daar bo, hy verduidelik toe hoe ons
moet maak om ons vlerke te laar
verskyn, ons moes eers ‘n paar
keer rek en strek tot ons tien keer
na mekaar ons vlerke kon laat
verskyn en dit weer weg bêrre, dit
was uitputtend, maar die ergste
was na ons, ons vlerke gebêrre het
moes ons op die rand van die berg
gaan staan en voor ons uit kyk, die
volgende oomblik stamp hulle ons
van die berg af, geseënd het ons
betuids ons vlerke oopgekry anders
het ons, onsself te pletter geval”
Luke vat weer ‘n slukkie Koffie en
vryf oor Shyanne se hare, hy lag
omdat sy gril “My arme kind…”
Lavender vat ook ‘n sluk koffie “Ja,
nee ek was net bly om op die grond
veilig te wees, ek moes ook ‘n toets
doen waar ons iemand help wat
seer gekry het, iemand wat minder
bevoorreg is as onsself, dit was
alles net die toets van
uithouvermoë en van sorg, ons het
toe ‘n kort breek gekry, een van die
leiers het in my oor ‘n woord kom
fluister en gesê dit sal my help om
die volgende toets te slaag, Pa het
my kom vra wat die leier gesê het,
ek het nie vir Pa gesê nie, ook maar
goed ek het nie want anders sou ek
nie die toets geslaag het nie.” Luke
vat sy laaste sluk koffie “Ek het toe
die toets van betroubaarheid
geslaag” Lavender sluk haar laaste
koffie, sy kyk hoe Luke half aan die
slaap voor haar sit, sy kannie meer
trots op haa kind gewees het nie.
Luke gaap “Jy het ‘n baie besige
nag gehad, gaan slaap jy, ek gaan
gou vir Shyanne in die bed sit en
dan die koppies agter toe vat”
Lavender staan op en wil vir
Shyanne vat, Luke keer met ‘n
hand gebaar, “Nee toemaar Ma ek
sal haar kamer toe vat voor ek gaan
slaap” Lavender glimlag vir haar
seun “Dankie Mamma se groot
seun” Luke tel vir Shyanne op en
Lavener vat die koppies, voor sy
loop draai sy na Luke met ‘n
kommer in haar stem. “Was daar
nog iets gewees? Jou Pa lyk
bekommerd.” Luke haal diep asem
en stud Shyanne beter dat hy haar
nie laat val nie, hy dink diep, sy
gesig helder toe hy onthou “Ja, die
hoofde het onverwags daar
opgedaag en het al die ouers daar
bymekaar gemaak vir ‘n dringende
vergadering, Pa het gegaan, Pa het
terug gekom na hulle klaar was en
het baie onrustig gelyk, maar hy
het gou dit met ‘n glimlag
weggesteek toe hy by my kom, ek
weet nie waaroor hulle gepraat het
nie, dit was baie erinstig want toe
ek vir Pa gevra het, het hy gesê hy
sal later met ons almal praat.”
Lavender nog steeds bekommerd
oor haar man “O ok” “Lekker slaap
Ma, soet droompies droom. Sy raak
nou regtig swaar” “Jy ook my groot
seun” Luke loop kamer toe en
Lavender kombuis toe. In die vlou
lig spoel Lavender die koppies uit,
droog dit af en pak dit terug in die
kas, sy stap uit die kombuis en sit
die lig af. Sy loop uit die sitkamer
en sit die ligte af, sy sit die gang lig
af en stap kamer toe deur die
donker gang. Lavender maak die
kamer deur saggies agter haar toe,
sy loop saggies op haar tone bed
toe. Voor sy by die bed is loer sy in
Tosha se kot, die klein rooikoppie
lê lekker en slaap in haar koel
pienk nagrokkie, teenspyte van
alles wat om haar aan gaan.
Lavender loop saggies weg en
probeer so sag as wat sy kan die
Duvet oop maak en skyf saggies in.
Sy gaan lê en skyf saggies agter
Shane in, hy gee ‘n harde snork,
draai om en sit sy arm om haar.
Lavender vryf saggies met haar
vingers oor sy vrus arm, sy luister
na elke snork wat hy gee, voor sy
haar oë toe te maak om aan die
slaap val wonder sy wat haar man
so kon onstel het, want as hy so
gespanne is en haar so styf vashou
weet sy iets is verkeerd. Uiteindelik
na ‘n lang debat met haarself maak
sy haar oë toe en val diep aan die
slaap.
Die volgende oggend, skyn die son
deur die karamel gordyne, almal
word wakker gemaak deur hulle
wekkers. Wat snaaks is, die keer
nie deur Tosha nie. Lavender sit
regop en laat haar voete van die
bed af hang, sy loer in die kot wat
langs die bed staan,Tosha sit
wakker en speel lekker met haar
beertjie heel rustig, sy giggel elke
keer as die beertjie val. Lavender
kyk agter haar Shane is al op, sy
glimlag en staan op, sy trek haar
japon aan en stap kombuis toe, sy
begin met almal se ontbuit, roer
eier in kits mieliepap gemeng.
Shane maak reg vir werk, hy gaan
staan voor die spiëel en maak sy
das reg, hy draai om en sien dat
Tosha teen haar hout kot se reeling
haarself steen en vir hom lag, hy
loop na haar toe “Môre Pappa se ou
skattebolletjie, het jy lekker
geslaap?” Tosha lag net toe Shane
haar optel, sy vat sy gesig in altwee
haar handjies en gee hom ‘n nat
baba soen, hy soen haar terug
“Ja…so, kom ons gaan kyk wat
maak jou broer en suster” Shane
loop af met die gang, die reek van
eiers wat gebak word en kits
mieliepap hang in die gang, hy stop
voor die laaste deur in die gang hy
klop aan Luke en Shyanne se deur,
Luke maak oop “Môre Pa, môre
Tosha jy lyk of jy lekkergeslaap het”
Tosha glimlag vir Luke, jy sien net
twee tandjies en die blydskap in
haar groen ogies straal sommer uit
“Is julle twee al klaar?” Luke vat sy
borssel “Ek is so te sê, ek kam net
gou my hare, Shyanne is nog besig
in die badkamer” Luke kam vinnig
sy donker hare wat ‘n effinse rooi
glans het as die son op dt skyn in
‘n netjiese kant paatjie “o, ok hier
vat vir Tosha na Ma toe en gee
solank haar ontbyt, ek gaan gou
jou suster aan jaag ek moet nog
skeer” Luke gooi sy borrsel haastig
op sy bed “Ok, Pa, Kom hierso klein
Gogga” Luke vat Tosha by sy Pa hy
laat haar lag al die pad kombuis
toe. Shane loop badkammer toe, hy
klop aan die deur, Shyanne
antwoord effins geireteerd “Ja, ek is
nou klaar Luke, jus ‘n mens kan
nie eers asem haal in hierdie huis
nie” Shane is sommer effins kwaad
en geskok, hy praat met ‘n kwaai
stem “Dit is nie Luke nie, dit is Pa,
kry klaar Pa moet nog skeer” binne
drie tellings is Shyanne uit sy lyk
effins verleë, “Môre Pa jammer, ek
dog Pappa was Luke” Shane laat
sak net sy kop effins en kyk haar
reguit in die oë “Ja, jy moet
versigtig wees met wie jy praat, jy
moet teen alle tye met respek praat
al is dit jou broer of suster”
Shyanne skud net haar kop in
erkenning “Ja Pa, jammer Pa”
Shane stoot haar uit die deur
kombuis se rigting, “Kom ek wil
skeer” Shyane loop kombuis toe, so
vinnig as wat sy kan, haar Pa se
hare is nie verniet rooi nie, Shane
maak die wasbak vol lou-warm
water, hy sit sy skeer room aan, hy
vat sy skeer mes en begin skeer. In
die kombuis is dit besig, Lavender
sien vir Shyanne wat inkom, “Ag
môre skat, wil jy nie net gou Pappa
se ontbyt saam joune tafel toe vat
nie asseblief” “Môre Mamma, ja
seker” Shyanne vat die twee borde,
sy loop mompelind eet tafel toe,
Lavender is te besig om te hoor “Ag
dankie skat, Luke hier is jou
ontbyt” Luke vat sy bord en gaan
sit by die tafel langs Tosha, hy
speel met Tosha terwyl hulle wag,
hy trek snaakse gesigte, Tosha lag
haar klein longetjies uit, Shyanne
gluur hulle onbemerk aan en skud
haar kop. Lavender kom by die
tafel en Shane is net agter haar
“Môre, lief” Groet shane sy
sneeuwytjie koninging met ‘n soen
daar by “Môre”, hulle gaan sit,
hulle almal bid en geniet hulle
ontbyt, almal lag vir Luke wat
Tosha voer, maar die snaakste is
elke keer as Tosha ‘n souterige eier
tussen die soet pap proe, sy trek
haar gesig dat almal nie anders
kan behalwe om te lag nie, net
Shyanne sit stil en eet haar ontbyt
en elke keer as iemand lag haal sy
diep asem, kyk kwaai om haar,
skud haar kop en eet verder. Na
almal klaar geëet het vat almal
hulle skottelgoed na die was bak
toe, Lavender tel vir Tosha op en
loop by die voordeur uit. Shane en
Luke sit hulle skottelgoed mooi in
die wasbak en loop solank
voordeur toe, Luke vat solank sy
neon-blou en swart rugsak en loop
uit saam met Shane. Shyanne gooi
haar en haar Ma se bord in die
wasbak, breek amper al die
skottelgoed soos die bord land, sy
gryp haar neon pienk en pers
rugsak wat by die voor deur lê en
loop brom-brom by die voor deur
uit. Lavender sien dat Shyanne
ongelukkig is, sy kyk vraend na
Shane, hy skud net sy kop, hy
fluister praat dat Shyanne hom nie
kan hoor nie “Ek het met haar
gepraat oor respek” Lavender gee ‘n
stom “O” en draai terug na haar
twee kinders wat rugsak op die rug
staan en wag vir die bus. Die bus
stop oorkant die pad by die bus
stop, Luke en Shyanne groet vir
Lavender en Shane, hulle hardloop
vir die bus. Lavender en Shane
waai vir die kinders soos hulle
wegry met die bus, Lavender loop
saam met Shane na die kar. Shane
soengroet sy vrou, hy klim in die
RAV4, hy laat sak sy venster,
Lavender gee hom ‘n laaste soen op
sy mond, “Wat van jou, kry Pappa
nie soen van jou af nie” Shane
kielie Tosha deur die venster, sy lag
en leën self voorentoe, Lavender
tree vooretoe dat Tosha vir Shane
‘n skewe nat soentjoe kan gee,
“Aag, dankie Pappa se engeltjie, jy
moet jou mooi gedra en moet nie
Mamma baie pla nie, hoor?” Tosha
druk haar gesiggie in Lavender se
skouer in ‘n skaam menier.
Lavender lag, sy sit haar vry hand
in die oop venster op die deur,
“Velig ry, lekker werk, lief jou baie”
daar is ‘n bekommerde uitdrukking
op haar gesig en in haar stem,
Shane steek sy hand uit en sit dit
teen haar wang, Lavender lê
saggies haar kop teen sy oop hand,
dit is warm en sy kan die liefde wat
deur sy hand loop voel, sy sit haar
hand wat op die deur was teen sy
hand en hou dit vas, sy maak haar
oë vir vyftellings toe voor sy dit
weer oop maak. Lavender kyk in
Shane se liefdevolle oë, “Hei, alles
is reg, jy hoef nie te kommer nie, ek
weet ek het gisteraand bekommerd
gelyk en Luke het jou seker van die
dringende vergadering vertel, maar
als is reg, ek sal vanmiddag jou
vertel wat hulle gesê het, geniet jou
dag en moet nie oor die ding
bekommerd wees nie” Shane se
stem is kalm en gerustellend,
Lavender soen sy hand saggies
“Okey, sien jou vanmiddag lief”
Shane skakel die motor aan, hy ry
agteruit en draai dat sy neus na die
regterkant wys, voor hy ry waai hy
en stuur ‘n lug soen vir Lavender,
sy stuur een terug en waai, hy sit
die kar in eerste en ry werk toe.
Shane is nie meer sigbaar nie,
Lavender stap stadig met Tosha die
huis binne, sy loop na haar en
Shane se kamer, sy sit Tosha op
die on opgemaakte bed neer en
soek vinnig vir haar en Tosha klere.
Sy trek vir Tosha ‘n
lemmietjiegroen rokkie met geel
blommetjies op aan en sy trek ‘n
gemaklik blou knieg lengte rok met
wit kolle aan, dit pas mooi by haar
bob swart hare en potblou oë.
Vandag as sy ‘n kansie kry tussen
die huis skoon maak en Tosha wil
Lavender graag in haar tuin werk.
Sy begin deur haar en Shane se
bed op te maak en hulle kame se
gordyne oop te maak, sy dra Tosha
na die sitkamer en sit haar in die
speel hokkie wat Shane vir haar
spsiaal uit pvc gemaak het. Tosha
hou vreeslik baie daarvan om in die
speel hokkie te speel, veral met
haar feëtjie lappoppie wat haar
oorlede Ouma haar gemaak het.
Lavender kan enige iets vir so lank
as wat sy wil doen, Toesha sal
rustig speel en geduldig wag tot
haar Ma klaar is. Na Lavender die
huis skoon gemaak het vat sy vir
Tosha ‘n bekertjie koffie en haar
gunsteling piesang purity.
Lavender voer vir Tosha op die
driebnk van hulle swart leer
sitkamer stel, Tosha eet te lekker
veral omdat haar Ma snaakse
gesigte trek met elke hap. Lavender
vee Tosha se mondjie af met ‘n
skoon lappie, sy tel vir Tosha op
haar heup, sy loop kombuis toe en
bêrre die oorblywende purity in die
yskas, sy sit die lepel en lap in die
wasbak. Sy gee Tosha se geel
koppietjie vir haar, Tosha drink en
skud die koppie terwyl haar ma
haar saam tuin toe vat. Lavender
sit Tosha in die sandput, Tosha is
so bly en begin dadelik met die
sandjies te speel, Lavender bigin
om haar tuin op te knap, die hele
tyd wat haar Ma in die tuin werk
speel Tosha, sy grou gate, gooi
sand en maak klein sand bergies.
Lavender hoor hoe lekker Tosha
speel en lag, sy loer kort kort net
om seker te maak sy eet nie die
sand nie, veral wanneer Tosha stil
is en vir haar kyk. Tosha raak stil
en kyk op wanneer haar Ma by ‘n
plantjie staan en haar oë toe maak,
dan haal sy diep asem en raak met
haar raak hande aan ‘n plant, die
plant raak ‘n helder groen, sodra sy
klaar maak sy haar oë oop en kyk
dan vas in Tosha se nuskierige
ogies. Lavender doen dit veral met
plante wat siek is of sleg lyk, dit lyk
veels beter sodra sy klaar is. Hulle
buurman loop daar verby “Môre
Lavender” Lavender lyk bietjie
senuweagtig, maar groet vriendlik
“Môre Oom” hy loop terug in sy
huis in. Oom Jan is ‘n afgetreede
Poliesie man, maar jy kan sien hy
het nie sy nuskierigheid en die
drang van om sake op te los verloor
nie, een mal ‘n polisie man altyd ‘n
polisie man. Lavender kyk op haar
horlosie, elfuur sy gaan oor ‘n uur
begin met die kos. Hulle bly al 10
jaar hier, dit werk nog goed uit,
hulle het dit goed reg gekry om
hulle identiteid weg te steek van die
mense. Alles te dnke aan die reëls
wat hulle opgestel het om seker te
maak dat hulle Familie se geheim
nie sal uit kom nie, bv. Die
belangrikste een is jy mag nie net
sommer jou vlerke net laat wys nie,
veral nie wanneer iemand kan sien
nie. Tosha se familie is deel van die
Flindras groep, wanneer ‘n Flindras
gebore word kan jy sy/haar vlerke
sien, die volgende dag is dit weg,
totdat die persoon dit kan beheer
en dit kan op keuse lat uit kom en
dan weer bêrre.
Lavender kyk na klein Tosha en
glimlag sy onthou die dag toe
Tosha gebore was, “dit was nogal
eienaardig dat toe Tosha gebore
was, dat sy sonder haar of enige
tekens van haar vlerke gebore was.
Ek en Shane het alle raad opgesoek
by die Ouderlinge, ons het tot met
die hoofde gaan praat, maar hulle
wou eers ons nie glo nie, maar toe
ons Tosha vat en vir die hoofde wys
en hulle Tosha ontmoet het hulle
haar vlugtig kyk het hulle
spraakloos haar terug gegee en
privaat gaan praat. Na ‘n ruk was
hulle terug. Hulle het nie geweet
wat Fout was nie of wat om te doen
nie, altans hulle het gemaak of
hulle nie weet nie, maar hulle het
wel twee voorstelle gemaak, 1. Was
om te kyk of haar vlerkies sal
uitkom 2. Was ‘n moeilike een om
vir ons voor te stel, maar hulle het
dit gedoen” Lander haal diep asem
en dink verder harduit “ 2. Was om
haar van kant te maak, sodat daar
net suiwer soort Flindras kan wees,
maar ons het aan hulle verduidelik
dat sy nie ‘n mengsel is nie dat sy
uit ‘n suiwer familie kom, nie een
van ons voor ouers het nooit met
die mense gemeng nie of enige
ander misteriese spesie nie. Hulle
het net hulle koppe geskud, maar
net verduidelik dat hulle nie raad
het vir so geval nie, maar hulle sal
ondersoek in stel.”
Lavender sien dat Oom Jan uit sy
huis kom en op sy wiegstoel op die
stoep gaan sit met sy knip mes, ‘n
stukkie hout en sy pyp, Lavender
gaan aan met haar werk in stilt,
onwetend dat Tosha haar en alles
dop gehou het.
Die skoolbus stop by die bus stop
en blaas sy hoeter, Shyanne en
Luke klim af, Lavender kyk op haar
horlosie toe sy die bus hoor , sy
kyk geskok dis nou eers twaalfuur.
Sy stop vinnig met haar werk en
hardloop in die huis in om hulle te
gaan groet. “Middag julle, julle is
vroeg” Die twee is bly om hulle Ma
te sien “Middag Ma” hulle altwee
groet haar Luke kyk by die venster
uit en draai terug na sy Ma “Ma
waar is Tosha” Lavender kyk na
Luke, toe tref dit haar soos ‘n bom
“O gats, dankie Luke” sy hardloop
vining uit sy het perongeluk vir
klein Tosha buite vergeet en gaan
haal haar gou. Shyanne wou net vir
haar verduidelik dat die skool vroeg
uit gekom het vir atletiek, maar is
toe kwaad omdat haar Ma eers vir
Tosha gaan haal het. Terwyl Luke
en Shyanne hulle huiswerk by die
eet taffel doen, maak Lavender kos
en Tosha sit in haar baba stoeltjie
en kyk wat hulle almal doen terwyl
sy haar rubber tand eendjie kou. Al
geselend gaan hulle aan, Lavender
kyk na Luke “Wat het alles by die
skool gebeur? Seker nie veel nie
aangesien julle vroeg uit gekom
het” Luke kyk op “Ja nee, nie veel
het gebeer nie, net dat ons het ‘n
nuwe kind vandag gekry.” Lavender
kyk geintreseerd op van die
tamaties wat sy besig is om te sny
“O wie is dit? Een van ons?” Luke
glimlag ‘n snaakse glimlag wat
Lavender iewers al gesien het, veral
by Shane, maar kan dit net nie
plaas nie. “Haar naam is Kayla sy
is maar net mens” Luke kyk af
maar glimlag nogsteeds, Lavender
kyk hom geintereseerd aan, sy
antwoord met ‘n teleerstiling in
haar stem “O, het jy met haar
gepraat” Luke kyk na sy Ma en
weet sy wil uitvind of hy verlief is of
beplannings het, “Ja ek het met
haar gepraat, sy het die bank lanks
my gekry en ons moes saam werk
in wetenskap.” Lavender lyk of daar
‘n effense van ‘n las van haar
skouers af gaan, “Kayla is ‘n mooi
naam, is sy netso mooi?” Luke lag
en lyk verlee, dit maak haar bietjie
bekommerd “Sy is nogals mooi,
maar die ander noem haar ‘n nerd,
net omdat sy brille en ‘n pony dra,
maar sy is ‘n mooi meisie as jy
verby dit kyk.” Lavender sig en
vorseer ‘n glimlag “Dit is mooi, as jy
die goed in ander kan sien, my
seun.” Lavender draai haar aandag
na Shyanne, wat oppad was om
haar broer met haar potlood in die
sy te steek,net om te speel.
Lavender sien dit en praat vinnig
“En jy, wat het by die skool
gebeur?” Shyanne kyk vinnig na
haar Ma wat na die potlood aandy
met haar oë, sy steek vinnig die
potlood weg “Niks eintlik nie, net
huiswerk gekry en ek het saam
Tommy gespeel.” Lavender haal
diep asem, dis nou al twee mense
wat in hulle gesin vriende gemaak
het “Kyk julle, ek dink dit is tyd dat
ek met julle iets baie belangriks
bespreek” haar twee kinders kyk op
na haar. Shyanne rol haar oë,
duidelik stel sy nie belang nie,
maar Luke kyk sy Ma reguit in die
oë. Lavender praat met erinstigge
stem “ Julle weet, ek en jou Pa gee
nie om dat julle met die mense
vriende maak of vriendelik is
teenoor hulle nie, maar julle die
reël is julle mag nie op hulle verlief
raak nie, as jy jouslf kan keer om
op hulle verlief te raak is dit goed,
maar as jy jou nie kan keer nie, jy
moet dan weg bly van daardie
persoon, veral as sy/hy ook verlief
is op jou, verstaan julle?” die twee
kyk na hulle Ma wat hulle stip
aankyk, “Ons verstaan Ma en
daardie reel is nog nie in gevaar of
iets nie, nie ek of Shyanne het
beplanning om daardie reel te
breek nie.” Lavender gaan aan met
die slaai en kos “Dit is goeds so”
Die twee gaan aan met hulle
huiswerk.
Shyanne en Luke maak klaar met
hulle huiswerk en Lavender met die
kos. Hulle pak hulle huiswerk weg,
hulle help Lavender die tafel dek,
Lavender skep solank op, tamatie
slaai, saam met gister se wors sy
het ook chips gebak. Hulle alaml
gaan sit by hulle plekke, hulle wag
vir shane, Luke voer vir Tosha
solank. Lavender kyk na Tosha wat
in haar eet stoeltjie sit en eet, daar
is ‘n snaakse atmosfeer wat
Lavender aan voel, maar so vinnig
as wat dit gekom het so vinnig is
dit verby, Lavender dink sy verbeel
haar en skud haar kop. Hulle hoor
die kar voor die motorhuis stil hou,
Shane kom by die voordeur in, hy
is net betyds terug, almal aan tafel
maak beerte om hom te groet, hy
soengroet vir Lavender en gaan sit
aan tafel na hy vir Tosha ook
gegroet het. Hulle bid en begin te
eet, Luke is hierdie keer eerste
“Wat het Pa vandag alles gedoen?”
hy vat ‘n hap slaai “Jy weet mos my
seun ek het net weer my baas se
papier werk gedoen” Shane vat ‘n
hap chips “O, was daar nie enige
vergaderings met die ouderlinge of
soos Pa hulle noem die raadgewers
nie” Shane sig en sluk “Nee, niks
nuus van hulle af nie” Luke onthou
van die vergadering gister aand “
Pa waaroor het hulle gisteraand
gepraat? Pa het nie baie bly gelyk
toe Pa terug gekom het nie.” Shane
sug, hy kyk om die tafel na elke
gesinlid om die tafel, hy kyk diep in
Lavender se oë en sonder om
enigeiets te sê weet Lavender klaar
wat alles gebeur het, hy het sy
gedagtes met haar gedeel. Lavender
laat haar kop sak, daar loop ‘n
traan oor haar wang, Shane sig en
kyk na sy drie kinders “Julle weet,
ons soort is besig om uit te sterf”
altwee kinders kyk op na hul Pa,
hulle is verbaas “wat! hoe so Pa?”
Shane vat hap van sy kos, kou en
sluk voor hy weer praat “Wel
gisteraand se vergadering het
daaroor gegaan, ons het uitslae
gekry van ons populasie, dit het
gesak tot 10% wat suiwer is en dit
is nou nog besig om te daal, 90%
van ons is nie meer wie hulle moet
wees nie, ons suiwer ras is besig
om uit te sterf.” Luke is geskok,
Shyanne verstaan, maar sy gee nie
om nie, sy vind dit glad nie
belangrik om te weet nie “Nou,
maar hoekom wat doen ons
verkeerd?” Luke klink erinstig om
te weet, Shane kyk na sy twee
kinders en merk ‘n snaakse
onrustige vibe by Luke. “Want hulle
meng met mense en bly nie by
hulle suiwer soort nie, dit is
hoekom ons wil keer dat julle op
mense verlief raak julle is nog deel
van daardie 10% van suiwer
Flindras.” Shane maak sy keel
skoon en eet verder aan sy kos.
Luke weet hy gaan een van die
word wat die reëls gaan breek, hy
weet…hy weet. Shyanne en Luke
skud hul koppe om te wys dat
hulle verstaan wat hul Pa sê, Tosha
lyk te klein, maar sy het alles
gehoor en verstaan wat nou aan
gegaan het.
Na ete help Shyanne haar Ma met
die skottelgoed, Luke maak ‘n
verskoning en gaan stap ‘n endjie,
Shane sien die snaakse
uitdrukking op Luke se gesig en
dink dit is oor dat sy seun ernstig
dink of so iets, as hy net kon weet
hoekom Luke so lyk. “Hei, Luke
waarheen gaan jy?” Luke staan
voor die oop deur “Ek gaan net na
die versteekte park Pa” Shane skud
sy kop “O, is jy reg my seun? Jy lyk
bekommerd” Luke gee ‘n hlwe lag,
“Ja Pa, ek is reg, ek gaan net bietjie
vars asem skep en oor die saak
dink” “ok, goed so” Shane loop na
die eet tafel, hy tel vir Tosha op en
speel met haar, terwyl Lavender en
Shyanne die skottelgoed was,
afdroog en saam wegpak.
Luke draai terug voor hy by die
deur uit is “Ma ek sal probeer voor
son onder is terug wees, ek gaan
na die versteekte park toe ingeval
ek laat is” Lavender kyk na Shane
wat sy kop vir skud “Ok, geniet dit”
almal Luke gaan altyd daarheen
wanneer hy, sy emosies wil beheer
of oor dinge gaan dink. Soos Luke
loop redineer hy met homself, hy
kan dit net nie verstaan nie nog
elke keer kon hy die vroulike geslag
van die mens weerstaan, maar daar
is iets omtrent Kayla wat haar
bonatuurlik aantreklik maak vir
hom, hy verstaan dit net nie. Die
mooiste meisie in die klas wat al by
hom probeer aanlê het kon nie eers
hom so laat voel het nie, maar
Kayla toe hy haar die eerste keer
raak gesien het en sy hom raak
gesien het, die oomblik toe hy in
haar diep grysblou oë kyk was dit
verby met hom. Hy het net
eweskielik die gevoel gekry om haar
te beskerm, hy het maar net
gemaak of hy met haar wil vriende
wees om sy eintlike rede weg te
steek hoekom hy haar die heeltyd
wil volg.
Luke was so in gedagte dat hy nie
eers agtergekom het dat iemand
van agteraf nader kom nie. Luke
skrik toe hy ‘n stem agter hom
hoor. “Luke is dit jy?” vra ‘n sagte,
vriendelike stemmetjie agter hom,
Luke draai vinnig om hy staan
amper geskok, dit is Kayla, maar sy
lyk heelwat anders. Sy dra
nogsteeds haar leesbrille, maar
inplaas van skool klere en ‘n ponie
dra sy ‘n mooi geel somers rokkie
en haar bruin-blonde hare is los,
dit val mooi tot op haar boude en
die wyndjie waai liggies daardeur.
Sy lyk soos ‘n engel.
Luke kry sy stem saam met die
gevoel terug, “Middag Kayla”
“Middag Luke, wat maak jy hier?”
Luke haal diep asem en dink vinnig
“Ek het net ‘n end kom stap, ek is
lief daarvoor om so nou en dan
bietjie te gaan stap en jy wat maak
jy alleen hier?” Kayla lyk bietjie
ongemaklik “Ag ek het ook maar
net ‘n bietjie kom stap, eintlik om
weg te kom van die huis af my Pa is
alweer besig met sy stories, ek wag
maar net tot hy kalmeer dan gaan
ek terug huistoe.” Luke glimlag,
maar Kayla weet nie wat is nou so
snaaks vir hom nie. Hy kan nie
help nie, hy weet dit was nou on
van pas om te glimlag, maar Kayla
lyk so mooi, veral met die digte ou
bome om haar en die struike met
wit blomme om haar, “Wil jy dalk
saam my stap Kayla? Dit is darem
‘n bietjie veiliger” Kayla lyk
verbaas, sy dink ‘n rukkie “Ok, tot
waar?” Hy glimlag “Jy sal sien,
kom” Luke steek sy arm uit en hou
sy hand vir Kayla, Kayla vat sy
hand, Kayla verloor amper haar
asem toe Luke se lang musiek
vingers om haar vein handjie vou,
sy word deur Luke gelei na die
watervalle toe.
Naby maak Luke Kayla se oë toe en
lei haar deur die struike. Luke laat
sy hande weg van haar oë val,
Kayla se asem is weg geslaan deur
die skoonheid. Die water val met ‘n
spoed van bo die berg af, ‘n ligiese
sproei val op haar gesig, Kayla
maak haar oë toe en laat die koue
drippels op haar gisiggie val. Die
vars reuk amper soos reën op ‘n
somers dag is heel vevarsend.
Hulle staan ‘n rukkie langs mekaar
in stilte, voor Luke hom kon keer
vat hy Kayla se hand, haar hand is
warm in sy hand, verbaas kyk sy
na hom toe na sy hand en toe weer
op na hom. Luke kry nie beheer oor
sy emosies nie nog minder Kayla
oor hare. Luke trek Kayla nader en
sit sy arms om haar lyf, sy frus
arms hou haar stewig vas, Kayla
voel veilig in sy arms, Kayla sit
haar arms om Luke se nek en vryf
haar vyn din vinertjies deur sy rooi
swart hare. Hy maak sy oë toe en
leen voorentoe, Kayla sit een van
haar regter hand op sy bors teen
har. Sy tilt haar kop agtertoe en
maak haar oë toe, Luke laat sak sy
kop vooroor, sy lippe ontmoet hare,
haar lippe is sag teen syne en proe
proe soos vlinders wat op ‘n blom
sit en nektar eet. Na hulle lippe
mekaar leer ken het, bevind hulle
mekaar in baie intieme soen. Luke
kan hom nie meer help nie, nou is
hulle in mekaar se arms, Luke weet
nie wat om nou te doen nie hy kan
of wil haar nie wegstoot nie, hy
besluit om die soen klaar te maak
en af te sluit. Kayla glimlag vir hom
toe hy ophou, hy glimlag vir haar
ook. Hulle stap hand aan hand na
haar huistoe, hulle groet, Kayla
verdwyn in haar huis in. Luke is so
bly hy rek hom uit om sy vlerke
sigbaar te maak, hy skiet himself in
die lug in en vlieg huistoe vol van
emosies van liefde, blydskap en
boonop is die skoenlappers
bedruiwig in sy maag. Die koue lug
van die aankomende aand is koud
teen sy gesig, hy strek sy hande uit
om hom te balanseer, hy draai in
die ronde, elke vlap van sy wit
deerskynende, gloeiende vlerke is
on hoorbaar, maar dit klink vir
hom of almal dit kan hoor. Luke
sien sy huis, hy sit sy hande teen
sy sei en duik af soos ‘n valk, hy
stop net voor hy die grond sou tref.
By sy huis land hy saggies dat
niemand hom moet hoor nie, hy
rek weer sy arms uit en bêrre sy
vlerke.
In die huis, sien hy nie eers hoe
almal na hom kyk nie, Lavender
kyk na haar man wat haar nader
aan hom trek, hy glimlag vir haar.
Dit tref haar toe soos ‘n bom, dit is
die selfde glimlag wat Luke deesdae
het, hy is werklik verlief, maar op
wie dit is wat haar bekommerd
maak. Lavender loop na Luke en
Shyanne se kamer, Shyanne en
Tosha word deur Shane geamiseer
dit gee haar kaans om met Luke te
praat. Sy klop, “Ja, wie s daar”
Lavender klink bekommerd, maar
steek dit half weg “Dis, Ma” “Kom
maar in Ma” Lavender maak die
donker bruin deur oop, sy stap
deur en maak die deur agter haar
toe. Luke lê op sy bed, hy lê bo-op
sy army styl beddegoed uit gestrek,
sy arms onder sy kop gekruis, sy
een been reguit uit gestrek en sy
ander effins op gebuig. “Luke, wat
het gebeer” Luke kyk na sy Ma, hy
weet hy kan niks vir haar wegsteek
nie, sy kan jou gedagtes lees om
seker te maak of jy lieg of nie. Luke
sit regop en vertel sy Ma alles, van
A tot Z. Lavender sit eers geskok,
Luke sit op die rand van sy bed, hy
neem Lavender se hande tussen
syne “Asseblief Ma verstaan net, ek
het haar lief” Lavender glimlag net
“Ek gaan vir die eerste keer vir jou
sê, moenie laat jou Pa uitvind nie”
Luke is so bly hy druk sy Ma,
Lavender hou haar seun vas, sy
weet sy maak nou ‘n groot fout om
nie vir Shane te sê sy enigste seun
is lief vir ‘n mens meisie nie, maar
as die liefde daar is kan jy niks
doen nie. Luke drik sy Ma styf vas,
“Dankie Ma” Lavender laat los en
sit haar hand ondersteenend op sy
wang “Wie is ek om ware liefde te
keer en in sy pad te staan, maar jy
sal moet versigtig wees, jou Pa
gaan anderste optree as hy moet
uitvind” Luke gee ‘n halwe laggie
“Geseend kan hy nie gedagtes lees
soos Ma nie” Hulle albei lag in
instemming, Lavender hou haar
seun se hand in een van haar
hande vas en vee met die ander een
deur sy hare.