is die beriggewing in die burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om...

17
Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief? Geskryf deur Johan Kruger Saterdag, 22 September 2012 07:54 Kyk ook: - Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo? - Aanhalings - Diskriminasie en eweknie-evaluering Hieronder ’n paar e-posse gerig aan Elsabé Brits, bekroonde spesialis wetenskap-joernalis werksaam by Die Burger. Met kwessies geopper in e-posse hieronder in gedagte, moet u vir uself besluit of Die Burger werklik poog om noukeurig, akkuraat, regverdig en gebalanseerd te wees in hul beriggewing. Dink u die wetenskap-joernalis behoort ‘n beter balans te vind deur ’n duidelike onderskeid te tref tussen berigte wat handel oor opwindende eksperimentele wetenskap deurbrake wat vir die mens groot voordele inhou, en die wat betrekking het op die historiese wetenskap, o.a. die ‘storievertellings’ van evolusie? Is u van mening dat beriggewing oor die kwessies voldoen aan die dagblad se ‘kollektiewe aanspreeklikheid teenoor lesers’ soos opgeteken in die etiese-riglyne . [Kyk veral (2.1) Soek die waarheid en doen so volledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem -reël (om albei kante se saak te stel) in berigte toe" ] ****************** ‘n Persoonlike nota vir lesers se oorweging [ Johan Kruger, Hoof van Bediening, Creation Ministries International (Suid-Afrika), September 2012] 1 / 17

Upload: dangduong

Post on 04-May-2018

225 views

Category:

Documents


7 download

TRANSCRIPT

Page 1: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Kyk ook:

- Hoekom is daar soveel wetenskaplikes wat aan evolusie glo? - Aanhalings - Diskriminasie en eweknie-evaluering

Hieronder ’n paar e-posse gerig aan Elsabé Brits, bekroonde spesialis wetenskap-joernaliswerksaam by Die Burger. Met kwessies geopper in e-posse hieronder in gedagte, moet u viruself besluit of Die Burger werklik poog om noukeurig, akkuraat,regverdig en gebalanseerd te wees in hul beriggewing. Dink u die wetenskap-joernalis behoort‘n beter balans te vind deur ’n duidelike onderskeid te tref tussen berigte wat handel ooropwindende eksperimentele wetenskapdeurbrake wat vir die mens groot voordele inhou, en die wat betrekking het op die historiesewetenskap, o.a. die ‘storievertellings’ van evolusie? Is u van mening dat beriggewing oor diekwessies voldoen aan die dagblad se ‘kollektiewe aanspreeklikheid teenoor lesers’ soosopgeteken in die etiese-riglyne. [Kyk veral (2.1) Soek die waarheid en doen so volledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem-reël (om albei kante se saak te stel) in berigte toe"]

******************

‘n Persoonlike nota vir lesers se oorweging

[ Johan Kruger, Hoof van Bediening, Creation Ministries International (Suid-Afrika),September 2012]

1 / 17

Page 2: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

As Christene gered deur genade, is ons in ’n geestelike stryd gewikkel—soos ook hier op ‘GloDie Bybel’ gesien kan word. Die stryd word egter nie gevoer “volgens die vlees” (2 Korintiërs10:3) en ook nie “ teenvlees en bloed nie” (Efesiërs 6:12), d.i. nie teen die ongelowige medemens wat “sonder hoop ensonder God” (Efesiërs 2:12) in ‘n gevalle wereld vol dood, pyn en lyding (Romeine 8:20-22)probeer oorleef. In die verdediging(Filippense 1:17) en bevestigingvan die evangelie (Filippense 1:7) is dit belangrik om te onthou dat die ‘opponent’ ook na Godse beeld geskape is (Genesis 1:27). Omgang met ‘n hoorder moet so aangepak word dat dituiteiendelik tot nut is (2 Timoteus 2:14), en die waarheid moet altyd reg gesny word (2 Timoteus2:15). As diensknegte van die Here moet ons nie twis nie, eerder vriendelik wees en respektoon teenoor almal, bekwaam om te onderrig en bereid om kwaad te verdra (2 Timoteus 2:24).Wys die weerspanniges in nederigheid en sagmoedigheid tereg want wie weet—God mag hulledalk bekering gee tot die kennis van die waarheid (2 Timoteus 2:25). Wandel altyd in wysheidteenoor die wat buite is (Kolossense 4:5) en laat jou woorde altyd aangenaam wees, met soutbesprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6).

Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aanelkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid envrees... (1Petrus 3:15).

'The “fire in the bones” of creation ministry is a passion, and a caring passion [want dit gaan oormedemenslikheid]and without that, a ministry is not even worth considering.’—(Dr Carl Wieland, Besturende Direkteur, Creation Ministries International(Australië).

******************

From: Johan KrugerSent: 25 September 2007 09:41 AMTo: ' [email protected] 'Subject: Opmerking en uitnodiging

2 / 17

Page 3: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Importance: High

Elsabé BritsSpesialis-joernalisWetenskapDie Burger

Beste Elsabé,

Ek vind jou wetenskaplike beriggewing in Die Burger heel interessant al stem ek asskeppingsleerder/wetenskaplike by tye nie saam met die gevolgtrekkings nie. Dit het natuurlik(wat die skepping/evolusie kwessie veral betref) te doen met die feit dat ons almal met dieselfde

feite in die natuur werk, maar dingeverskillend interpreteer afhangend van die ‘lense’ waardeur die getuienis(se) beskou word.

My skrywe het eintlik te doen met jou onlangse kort resensie van Philip Kitcher se boek, Living With Darwin.As spesialis-joernalis met liefde vir die wetenskap poog jy natuurlik om aan die voorpunt te blyvan die nuutste wetenskaplike bevindinge. Met die eksperimentele wetenskap wat so vinnigverander (een van die redes waarom sekere ‘feite’ in Kitcher se boek reeds verouderd is), netgewonder oor een van jou stellings (‘Kitcher vra tereg waarom die mens en ander organismes dan nie-koderende DNS het. Dit waseens funksionele gene in die mens se verlede,’). Vraag is nou, waarom nie ten minste iets meldoor die jongste bevinding oor ‘skroot-DNS’? (verwysings hieronder). Terloops, lyk tog vir myasof die evolusioniste se ‘wegkruipplek’ vir mutasies (daar waar hulle die genoom nie te kwaaikan benadeel nie) drasties aan die verminder is. Ons albei weet natuurlik die implikasies virevolusie (kyk Genetic Entropy & the Mystery of the Genome, Dr. John Sanford[genetikus verbonde aan Cornell universiteit] se boekwat nie net weggewens kan word deur evolusioniste nie.

Om te voldoen aan julle ‘kollektiewe aanspreeklikheid teenoor lesers’- kode , poog jy seker om

3 / 17

Page 4: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

jou beriggewing so noukeurig, akkuraat, regverdig en gebalanseerd as moontlik te hou? Omverskeie redes slaag jy egter nie altyd daarin nie, en die rede is heel eenvoudig—jouvoorveronderstellings en die ‘lense’ hierbo genoem (geld vir ons almal, maar die een grootverskil—skeppingsleerders is bereid om dit te erken!). Die kwessie rondom Kitcher en DNS iseen goeie voorbeeld. ‘n Ander een is jou berig einde verlede jaar (‘Sterkste bewyse’ vir Mars-water’). Jy het ‘bewyse’ en ook aanhalings van wetenskaplikes aan lesers voorgehou, maar nagelaatom in jou beriggewing te noem dat ander bekende navorsers in die veld steeds skepties/kritiesstaan, o.a. ‘Nothing in the images, no matter how cool they are, proves that the flows were wet, or thatthey were anything more exciting than avalanches of sand and dust’(Allan Treiman, geoloog verbonde aan Houston seLunar and Planetary Institute—lyk of hy ‘n ou is wat gebruik maak van sy nonsens-verklikker).

So, met bogenoemde in gedagte, waar pas noukeurigheid, akkuraatheid, regverdigheid engebalanseerdheid hier in, en waar plaas dit jou t.o.v. die etiese riglyne in die Kode: (2.1) Soekdie waarheid en doen so volledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem-reel (om albei kante se saak te stel) in berigte toe ? (my onderstreping). Net terloops, kreasioniste het geen probleem met water in die buitensteruimte, op ander planete, ens. (o.a. komete, en verskeie ander voorbeelde kan genoem word),maar soos jy ook weet, teenwoordigheid van water alleen beteken nie noodwendig die ontstaanvan komplekse lewe nie.

As ek dalk ‘n inset mag lewer—ek dink jy moet ‘n beter balans probeer vind tussen jou berigtewat handel oor opwindende eksperimentele wetenskap deurbrake wat vir die mens grootvoordele inhou, en die wat betrekking het op die historiese wetenskap, o.a. evolusie.

Elsabé, jy is mos ‘n ‘oopkop’ joernalis en met jou nonsens-verklikker in goeie werkendetoestand, nooi ek jou uit om ‘n seminaar by te woon van een van ons internasionale sprekers(Gary Bates, CMI—Australië) wat binnekort deur die land toer: Creation—A Matter of Life andDeath .

4 / 17

Page 5: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

My voorstel sou wees ‘n neutrale venue naamlik US kampus eerskomende Saterdagoggendwaar jy ook die geleentheid sal hê om vrae te kan stel na afloop van drie seminaar-aanbiedings.

As jy daar kan wees, skud ek graag hand. Vir wat dit werd is, kan jy hier agtergrond oor GaryBates vind ( Gary Bates )

en ook oor myself ( Dr Johan Kruger ).

Vriendelike groete,

Johan Kruger, Ph.D.Head of Ministry OutreachCreation Ministries International (South Africa)www.creation.com

Verwysings

Birney, E., et. al., Identification and analysis of functional elements in 1% of the humangenome by the ENCODE pilot project, Nature 447: 799–816, 2007.

Philipp Kapranov, P., Willingham, A.T. and Gingeras, T.R., Genome-wide transcription andthe implications for genomic organization, Nature Reviews Genetics8: 413–423, 2007.

Asifa Akhtar & Susan M. Gasser, The nuclear envelope and transcriptional control, NatureReviews Genetics8:507–517, 2007.

5 / 17

Page 6: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Kyk ook:

- Astonishing DNA complexity uncovered - Astonishing DNA complexity update

__________________________________________From: Johan Kruger Sent: 09 October 2007 09:21 PMTo: ' [email protected] 'Subject: RE: Opmerking en uitnodigingImportance: High

Hi Elsabé,

Met my vorige (moontlik ongevraagde) epos in gedagte, net die volgende:

In jou 14 Junie aanlyn-artikel ‘ Verrassende ontdekking oor DNS’ maak jy tereg die stelling: ‘Dienuwe data[voortvloeiend uit die ENCODE-projek] toon dat die genoom eintlik baie min ongebruikte geen-reekse bevat en inderdaad ’n kompleksevervlegde (sic)netwerk is.’

Net bietjie meer as drie maande later, in jou resensie van die Kitcher-boek ‘ Evolusie teendenkwyses oor kreasionisme opgeweeg’,duik die volgende egter op: ‘Kitcher vra tereg [jou woordgebruik hier insiggewend!]waarom die mens en ander organismes dan nie-koderende DNS het. Dit was eens funksionelegene in die mens se verlede, blyk dit. Indien die ontwerp van die mens intelligent is, vra Kitcher,dan is dit maar “nukkerig”, want waarom dra mense al die mutasies en die kopiërings saam?’

6 / 17

Page 7: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

My onbeantwoorde vraag dus nog steeds—al is dit wel wat Kitcher in sy boek beweer(eksperimentele wetenskap vorder en dus nou uitgediende inligting), waarom nie asSpesialis-joernalis: Wetenskap ten minste die goue geleentheid aangryp om lesers ‘ligdag opdie voorstoep’ oor die jongste bevindinge in te lig nie?

Terloops, jy weet dat ek weet jy weet wat die rede is. :-)

Met my evolusie-nonsens-verklikker-in-goeie-werkende-toestand duidelik dat ENCODE-projekuitmuntende eksperimentele wetenskap is wat nou ‘n demper plaas op nog ‘n ‘just-so-story’ vandie evolusionêre ( historiese) ‘wetenskap’.

Ek skud steeds graag iewers jou hand.

Groetnis,

Johan Kruger, Ph.D.Head of Ministry OutreachCreation Ministries International (South Africa)www.creation.com

_____________________________________________From: Johan Kruger Sent: 10 June 2009 02:55 PMTo: ' [email protected] 'Subject: RE: Opmerking en uitnodiging

Hi Elsabe,

7 / 17

Page 8: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Hoop dit gaan goed met jou. Lekker dag in die Kaap.

Met my vorige epos (kyk hieronder), net gewonder wanneer plaas jy ‘n interessante beriggie indie Burger oor die stadige dood wat skroot-DNS tans sterf

Is dit ‘n ‘stadige’ dood omdat evolusioniste steeds verbete daaraan vasklou?

Sommiges begin egter toegee.

- 'Junk' DNA May Have Important Role In Gene Regulation - 'Junk' DNA Has Important Role, Researchers Find - 'Junk' DNA Proves To Be Highly Valuable - Saved By Junk DNA: Vital Role In The Evolution Of Human Genome

Terloops, wat ook van ‘n lekker beriggie oor die twyfel nou op die tafel wat sg. skakel tussendinosourusse en voëls betref?

Of is dit dalk nou te veel gevra van ‘n getroue leser van die Burger? :-)

Geniet jou dag,

Johan Kruger, Ph.D.Head of Ministry OutreachCreation Ministries International (South Africa)www.creation.com

___________________________________________From: Johan Kruger Sent: 18 September 2012 02:14 PM

8 / 17

Page 9: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

To: Elsabé BritsSubject: C14 in dinosourusbene / skroot DNS

Elsabé BritsSpesialis-joernalis, WetenskapDie Burger

Beste Elsabé

Ek vertrou dit gaan goed daar aan jou kant.

Skuus vir langerige epos maar sal dit waardeer as jy in jou besige tyd kan inwerk om te lees.

Met my vorige eposse hieronder in gedagte (jy is seker maar besig so ‘no hard feelings’ dat jynooit gereageer het nie) sien ek uit daarna dat jy Die Burger lesers binnekort kortliks inlig oorresultate aan die snypunt van eksperimentelewetenskap tans in die nuus:

Koolstof-14 in dinosourus fossiele-bene en implikasies daarvan.

Terloops, het jy hulle al ingelig oor die sagte weefsel in ’68 miljoen’ (?) en ook ’80 miljoen’ (?)jaar oue dinosourus bene gevind by Hell’s Creek in VSA)? Oor en oor bevestig in onafhanklikelaboratorium studies omdat Mary Schweitzer se kollegas haar nie wou glo nie! As jy hierdie ‘video clip’nog nie gesien het nie, geniet!

“I [Mary Schweitzer] had one reviewer tell me that he didn't care what the data said, he knewthat what I was finding wasn't possible. I wrote back and said, "Well, what data would convinceyou?” And he said, “None.” ’

9 / 17

Page 10: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

2. 80% van DNA funksioneel so ‘skroot DNS’ nou waar dit hoort—op die skrootwerf!

- An integrated encyclopedia of DNA elements in the human genome - An integrated encyclopedia of DNA elements in the human genome (pdf) - Junk No More: ENCODE Project Nature Paper Finds "Biochemical Functions for 80% ofthe Genome"

“The failure to recognise the implications of the non-coding DNA will go down as the biggestmistake in the history of molecular biology.” Prof John Mattick, Catalyst, Thursday, 10 July2009.

Is dit dalk te veel gevra van ‘n getroue leser van die Burger wat mal is oor die wetenskap, maarook sekerheid het van geloof en redding in Jesus Christus. Terloops, het iemand al ooit vir jougenoem dat Hy REGTIG vir die sonde van die mens (myne en ook joune) op ’n kruis gesterfhet, opgestaan het uit die dood dat hy REGTIG leef, jou uniek gemaak het, jou liefhet, maardat jy jouself aan Hom moet toewy omdat Hy weer eendag terugkom.As ‘godsdiens’ jou in die verlede gekap het, onthou daar is ’n reuse verskil tussengeorganiseerde ‘godsdiens’ (wat oa wierook rondswaai in koue katedrale) en ’n lewendeverhouding met God die Skepper deur Jesus Christus.

Alhoewel totaal verskillende wêreldbeskouings, stel ons albei baie belang in eksperimentelewetenskap (oorsprongswetenskap natuurlik ’n heel ander kwessie), so ek hoop ons kan eendag’n lekker koppie koffie saamdrink al is die kanse baie goed dat ons sal moet ‘agree to disagree’!

Dankie dat jy hierdie versoek oorweeg en geniet jou dag,

Alle seeninge op jou werk.

Johan

10 / 17

Page 11: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Naskrif: Jy het die fantastiese geleentheid om gesonde kritiese denke in jou lesers te stimuleerso waarom oorweeg jy nie om ook die ander kant te stel. Is dit nie in julle joernalistieke reëls?

“I am not writing to argue for or against macroevolution … But critical thinking and analysisfosters good science. For high schoolers, their love of science and acumen for it will not comefrom memorizing and repeating textbook prose, but rather by diving into the strengths andweaknesses of theories such as evolution.”Critical Thinking, Analysis Foster Good ScienceBy: Robin Zimmer, The Tennessean, March 11, 2011

Vergelyk met die benadering:

‘Dr Eugene Scott … argues that only pure unaldulterated evolution should be taught (as fact)because “using creation and evolution topics for critical thinking exercises in primary andsecondary schools is virtually guaranteed to confuse students about evolution … The fact thatpresenting both sides may convince many students to reject the Darwinist side is a majormotivation for the almost fanatic efforts by Darwinists to ensure that only one side of thecontroversy is taught…’ ‘Where Darwin Meets the Bible: Creationists and Evolutionists inAmerica’ by Larry A Witham, p. 43, 2002

Johan Kruger, PhDHead of Ministry OutreachCreation Ministries International (South Africa)www.creation.com

'2012 . . . The year to question evolution!' / '2012 . . . Die jaar om evolusie te bevraagteken!'A CMI-SA event can impact your church, school and community. To find out more about hostinga speaker (no set speaking fees)—contact us today!Creation Ministries International is a Christ-centered, non-denominational ministry dedicated toupholding the authority of the Bible from the very first verse.

___________________________________________From: Johan KrugerSent: 21 September 2012 09:41 AMTo: ' [email protected] '

11 / 17

Page 12: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Subject: Opmerking en uitnodiging

Elsabé BritsSpesialis-joernalisWetenskapDie Burger

Beste Elsabé,

Met my epos(se) hieronder in gedagte—vir oorweging—‘n redelike versoek van ’n gereeldeleser van Die Burger.

In kort, ek neem aan dat Dr Jurie van den Heever—gesoute palaentoloog en gerekendekenner van Karoo-fossiele—binnekort lesers sal inlig oor die jongste bevindingevan die voorkoms van koolstof-14 in dinosourus-bene. Verdere bevestiging of weerlegging isnatuurlik nog nodig (dinge kan steeds verander) maar die kwessie is ongetwyfeld nuuswaardig!Soos ons dit die afgelope 10 jaarin multimedia aanbiedings aan gesinne, skoliere en studente verduidelik (digby 100,000persone tydens 1,000 byeenkomste en 59 toere regoor die land), ook wat o.a. die voorkomsvan sagte weefsel in dinosourus-benebetref, is dit nie ‘ruimtewetenskap’ nie, en kan almal, selfs boetie en sussie en oupa en ouma,die implikasies daarvan verstaan.

My versoek is eenvoudig. In die lig van jul etiese riglyne : (2.1) Soek die waarheid en doen sovolledig as moontlik daaroor verslag en (2.2.1) Pas die audi alteram partem-reel (om albei kante se saak te stel) in berigte toe, as dok Jurie of iemand anders die geleentheid gegun word, sou ek graag in dieselfde uitgawevan die Burgermy mede-lesers wou inlig oor die

12 / 17

Page 13: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

werklikeimplikasies hiervan (sou dit bevestig word) en ook betreffende die sagte weefsel in dinosourus-bene wat na bewering 68 en 80+ miljoen jaar oud is.

Ek ‘speel’ nou wel nie op dieselfde vlak saam met dok Jurie in die wetenskaplike 1ste span nie,maar as dosent en ook navorser het ek op my tyd ’n paar eweknie-geëvalueerde wetenskaplikeartikels in plaaslike en internasionale wetenskap-joernale gepubliseer,o.a. baanbrekers werk t.o.v. die verdere opskerp van aalwurm-taksonomie (wel so aangetekendeur my plaaslike en internasionale kollegas). Ons het o.a. gebruik gemaak vantransmissie/skandeer elektronmikroskopie in die studie van voortplantingstelsels, ooksitogenetika en spermatologievan die betrokke groep nematodes waarvan sommige spesies virusse op voedselgewasseoordra en dus van groot ekonomiese belang is.

Saam met my promotor, kollega, en marathon-vriend (oorlede in 2001 en destyds ’nA-gegradueerde wetenskaplike en ontvanger van die Havenga-prys), het ons ook ’n hele aantal nuwe nematoodspesiesbeskryf. Terloops, bogenoemde nie om eie beuel te blaas nie, wel net om dinge in perspektiefte stel a.g.v. die (eintlik maklik weerlegbare) bewerings dat ’n ware Christen en Bybelse kreasionis nie ’n goeie wetenskaplike kan wees nie.

Opsommend, dit was inderdaad ’n voorreg om op die wyse betrokke te wees asnatuurliefhebber, en om ook as opgeleide wetenskaplike ’n wesenlike bydra te kon maak omdeur eksperimentele wetenskap , kennis oor Sy skepping tot voordeel van die mens teverbreed.

Terloops, met voorafgaande in gedagte, laat my dink aan ‘n onlangse LinkedIn terugvoer van’n bekende plaaslike anti-teïs (fanatiese voorstaander van Darwin en venynig teen dieChristendom, veral skeppingsleerders/kenners). In ’n respons op my heel vriendelike stelling: “Dankie______, goed om uiteindelik hier kontak te maak. Uiteenlopende wêreldbeskouingemaar tog kan persone mekaar respekteer omdat ons almal na Sy beeld geskape is—natuurlikuit my oogpunt)”is ek skoolmeesteragtig oor die vingers getik met die aanmatigende stelling, “Hallo Johan, nee, ek is nie na enigiemand se beeld geskape nie, jy ook nie. Ons is deel vanlang evolusionêre proses oor miljoene, inderdaad miljarde jare. Maar nou ja, glo gerus wat jywil. Ek werk met bewyse, die grondslag van die wetenskap.”

13 / 17

Page 14: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Feit dat die persoon nie ’n opgeleide wetenskaplike is met natuurwetenskaplike publikasiesagter die blad nie, kon ek in opregte respek vir die betrokke persoon (wat ongeag van sypersoonlike siening, wel geskape is na die beeld van Sy Skepper) maar net my kop skud en reageer met hopelik ’n nie-meerderwaardige glimlag.

Miskien goed dat ek ook net noem dat ’n groot aantal CMI-ondersteuners (en ook ander vriendeen kollegas wat kranige lesers is van Afrikaanse koerante in die land) bewus gemaak gaanword van hierdie redelike versoek. Hulle sal ongetwyfeld in afwagting bly om te hoor of dittoegestaan gaan word. Soos die kwessie van sagte dinosourus weefsel , sal daar natuurlik ookbinnekort ’n artikel op ons webtuisteverskyn (en moontlik ’n INFObytes—kyk hieren hieren hiervir voorbeelde van ons gratis eposdiens) om verdere verwikkelinge te bespreek en in die korrekte konteks te plaas.

Ons leef in opwindende tye waar eksperimentele wetenskaplike werk/getuienis toenemend dieBybel as onfeilbaar en foutloos bevestig,en die onwetenskaplike ‘storievertellings’van doelose, toevallige, ‘molekules-tot-mens evolusie’ ontbloot. Deur die werk van CMI enander gerekende skeppingsorganisasie regoor die wêreld, word meer en meer denkendemense bewus gemaak daarvan en dit is iets om oor ‘huis toe te skryf’—wat baie ingeligtemense wel ook doen!

Die ou gesegde geld steeds. ’n Mens kan sommige mense soms ’n rat voor die oe draai.Maar vir hoe lank? In die tyd waarin ons leef, kan niemand meer verwag om mense wat wil enwel self krities oor die kwessies begin dink, verder om die bos te probeer lei nie. Dit isverblydend.

Hier word natuurlik verwys na die misleidende historiese-wetenskaplike berigte wat van tyd tottyd as feite aan die publiek en lesers van my gunsteling dagblad (Die Burger), opgedis word.

14 / 17

Page 15: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

En dit is beslis nie verblydend nie.

Altyd respekvol tot jou diens,

Johan KrugerHead of Ministry OutreachCreation Ministries International (South Africa)www.creation.com

'2012 . . . The year to question evolution!' / '2012 . . . Die jaar om evolusie te bevraagteken!'A CMI-SA event can impact your church, school and community. To find out more about hostinga speaker (no set speaking fees)—contact us today!Creation Ministries International is a Christ-centered, non-denominational ministry dedicated toupholding the authority of the Bible from the very first verse.

___________________________________________

From: Johan KrugerSent: 31 March 2014 09:22 PMTo: [email protected]: [email protected] ; [email protected] ; [email protected]: RE: Objektiewe beriggewing in DB oor interessante wetenskapkwessies!

Hi Elsabé,

Hoop dit gaan goed met jou.

Taamlik lank gelede dat ons laas eensydig gekommunikeer het (Des 2012).

15 / 17

Page 16: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

Ek merk op dat jy onlangs lesers ingelig het oor ’n ‘keerpunt in kosmologie’ , die nuus van die ‘eerste trillings van die oerknal’wat kwansuis waargeneem is. Dit is met groot trompetgeskal oral bekend gestel, selfs sjampanje-bottels is ontkurk, en in sekere gange is die woord ‘Nobelprys’ seker selfs gefluister. As ingeligte kreasionis hetDr John Hartnett gou sy kant gebringoor probleme wat hy as gerekende astrofisikus reeds voorsien. Twyfel het daarna vining beginkop-uitsteek, met selfs Dr Lawrence Krauss wat saam met verskeie kollegas ‘n stuiwer in die armbeurs gooi.

Lesers mag dalk vra ‘Is dit nie ‘n goeie voorbeeld van wetenskap in werking nie?’ Met daardiegedagte op die tafel, wat ‘n ideale geleentheid om jou lesers in te lig oor die jongsteverwikkelinge , al is ditook net ‘n piepklein beriggie iewers weggesteek in die middel van die Burger en Volksblad. J

As gereelde leser van Die Burger (en jou berigte veral), gaan ek in die volgende paar dae diekoerant met ‘n arendsoog dophou!

Ek glo vas jy sal ons handievol plaaslike ‘kreasioniste’ beslis nie teleurstel nie.

Bestegroete,

Johan Kruger

Head of Ministry OutreachCreation Ministries International (South Africa)www.creation.com

16 / 17

Page 17: Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die ... · besprinkel, sodat jy sal weet hoe om iedereen te antwoord (Kolossense 4:6). Maar heilig die Here God in julle harte en

Is die beriggewing in Die Burger oor kwessies aan die snypunt van die wetenskap objektief?

Geskryf deur Johan KrugerSaterdag, 22 September 2012 07:54

‘2014—Exposing evolution’s fatal flaws!’ / ‘2014—Ontbloot evolusie se ernstige gebreke!’See CMI’s Evolution’s Achilles’ Heels !

Creation ministry is a caring passion ! To book an event with no speaking fees at your church—contact ustoday.Creation Ministries International is a Christ-centered, non-denominational ministry dedicated toupholding the authority of the Bible from the very first verse.

17 / 17