is jou testament in orde

1
I NTESTATE ERFLATING? Is dit wanneer ‘n persoon afsterf sonder ‘n geldige testament en dan erf die staat alles? Of so hoor ek baie kere mense daarna verwys. NEE, gelukkig nie... maar ongelukkig is dit “bykans” erger as dit! Intestate erflating / boedel is weliswaar die beskrywing met verwysing na wetgewing van ‘n boedel van ‘n persoon wat afsterf sonder die nalaat van ‘n geldige testament. (Wet op Intestate Erfopvolging - Wet 81 van 1987). Daar steek beperkte waarheid daarin dat die bates aan die staat vererf word en moontlik kan die term “Intestaat” mense verder op ‘n dwaalspoor plaas. Die vererwing in so boedel vind wel volgens ‘n baie spesifieke bloedlyn (afstammelinge) plaas. Daar is spesiale bepalinge waar die bates van ‘n boedel wel die staat toeval, maar in vandag se dae gebeur dit uiters selde. U kan meer lees en na die diagramme kyk oor Intestate Erflating by die volgende web adres www. aktepraktyk.co.za. Wat egter hier meer van belang is, is dat ‘n bestaande testament nie ‘n “vervaldatum” het nie. Geen aksie soos bv. ‘n egskeiding óf huweliksluiting maak ‘n vorige testament ongeldig nie. Daar is wel wetgewing soos die Wet op onderhoud van Langslewende gades (Wet 27 van 1990) wat ‘n eis teen ‘n boedel kan bewerkstellig. Wanneer ‘n persoon egter skei en weer trou en nie ‘n nuwe testament laat opstel nie, sal sy/haar laaste wettige getekende testament steeds geldig wees. In ‘n Intestate Erflating geval (waar die persoon sterf sonder ‘n geldige testament) laat dit die naasbestaandes en veronderstelde bedoelde wettige erfgename meestal in ‘n geweldige dilemma. Indien die oorledene ‘n getroude man met kinders was en sy bedoeling was dat sy gade alles moes erf, sal dit nie so gebeur nie – al was dit sy ware opregte begeerte en bedoeling. Afhangende van die oorledene se huweliksbedeling (buite- óf binne gemeenskap) sal die gade slegs ‘n deel plus ‘n kindsdeel erf. Dit kan veroorsaak >>Gerrit du Toit* >> SA BAARS FINANSIES TESTAMENTE Is joune in orde? 52 SA BASS May 2013 dat die woonhuis, wat soms die grootste bate in so boedel is, verkoop moet word om by wet seker te maak dat die vererwing Intestaat korrek plaasvind – dit kan so gesin in ‘n geweldige krisis dompel. So geld presies dieselfde reël indien die vrou eersterwende sou wees en sy laat haar man en kinders na. In ‘n geval waar dit ‘n tweede huwelik is en daar kinders uit ‘n vorige huwelik is, kan die probleem verdiep deurdat die huidige huwelik se lewensmaat maksimum aanspraak op 50% en ‘n kindsdeel het by ‘n binne gemeenskaplike huwelik. In ‘n geval van ‘n buite gemeenskap (sonder aanwas) bedeling, verdiep hierdie probleem intens. ‘n Testament is ‘n “nuttelose” dokument terwyl u steeds in lewe is, maar raak ‘n bindende kontrak die dag as die testatrise óf testateur afsterf. Dit is die spreekbuis wat sê wat met u bates moet gebeur terwyl u nie meer daar is om self te kan praat nie en daarom moet dit in oorleg en deurdag met ‘n ingeligte adviseur plaasvind. My ervaring is dat niemand doodgaan... totdat hulle doodgaan nie... en die hoeveelheid afsterwes wat ek te hore van kom sonder testamente, sê vir my mense het gedink hulle gaan nie dood nie. Dan kry mens ook nooit die geleentheid om ‘n boedel “in te oefen” nie... vir meeste mense gebeur dit slegs een maal in hulle lewe! Dus moet jy seker maak dat ‘n ingeligte buite party die “oefening” doen om seker te maak dat die uitvoering daarvan wel moontlik is! ‘n Testament kan as ‘n handige boedelbelasting teenvoeter instrument gebruik word, asook noodsaaklike beskerming bied wat u graag wil inbou ingeval daar minderjarige erfgename is bywyse van ‘n Testamentêre Trust. Dit bied beskerming teen uitbuitings, wanaanwending, en so ook verkwisting van u hard verdiende boedelbates en kan inteendeel die behoud en groei van u erflating bewerkstellig. Ingeval u ‘n Inter Vivos (In Lewe) Trust het kan u ook by wyse van u testament u opvolger/s aanstel om in u plek as trustee/s op te tree. Die korrektheid van die opstelling tesame met die nodige uitvoerbaarheidstoets van so testament is baie, baie belangrik. Hiermee saam gaan die korrekte ondertekening prosedure van u testament. Dit is baie belangrik om te weet dat GEEN erfgenaam moet ooit teken as ‘n getuie op u testament nie – so erfgenaam word vir alle praktiese doeleindes onterf deur as getuie te teken! Ek het al menige kere kliënte gekry wat probeer kostes bespaar deur ‘n standaard testament te koop... weet dit... daardie testamente is nie goed genoeg nie en u plaas uself op risiko om nou kleingeld te spaar en uiteindelik grootskaalse verliese in u boedel te hê weens tegniese ontbrekinge. Soms stel mense die langslewende gade aan as Eksekuteur om ook sodoende kostes te spaar... hou dit vir die dag wanneer al u kinders uit die huis en selfversorgend is, u geen skuld meer het nie en u dalk al meeste van u besitting’tjies weggegee het. Ek vra altyd die “oom en die tannie”... hoeveel kennis het u omtrent boedelbereddering? Gewoonlik geen... dus gaan u eksekuteurskap afhangende wees van die aanstelling van ‘n agent namens u wat moontlik in alle geval die volle 3.5% eksekuteursfooi gaan vra. Indien u getroud is, minderjarige kinders het, bates en laste het, ensovoorts - vertrou eerder u boedel toe aan ‘n erkende eksekuteur wat effektief u boedel kan beredder. Neem eerder ekstra lewensversekering uit op beide u lewens, slegs om boedelkostes te dek ingeval van dood – dit bly sekerlik die goedkoopste opsie om u boedelkostes te finansier. Maar die belangrikste... maak seker dat u ‘n geldige, getekende, op datum, uitvoerbare testament het. *Gerrit du Toit (CFP ®) is ‘n onafhanklike makelaar en het al meer as 25jaar se ervaring in die finansiële dienste bedryf. Hy is gelisensieerd om advies te mag bedien waaroor hy skryf en u is welkom om aan hom te skryf by [email protected]. May 2013 SA BASS 53

Upload: gerrit

Post on 13-Apr-2016

18 views

Category:

Documents


3 download

DESCRIPTION

Maak seker u testament is in goeie orde. 'n Testament bepaal die uitwerking van 'n portefeulje.

TRANSCRIPT

Page 1: Is Jou Testament in Orde

INTESTATE ERFLATING? Is dit wanneer ‘n persoon afsterf sonder ‘n geldige testament en dan erf die staat alles? Of so hoor ek baie kere mense daarna verwys.

NEE, gelukkig nie... maar ongelukkig is dit “bykans” erger as dit!

Intestate erflating / boedel is weliswaar die beskrywing met verwysing na wetgewing van ‘n boedel van ‘n persoon wat afsterf sonder die nalaat van ‘n geldige testament. (Wet op Intestate Erfopvolging - Wet 81 van 1987). Daar steek beperkte waarheid daarin dat die bates aan die staat vererf word en moontlik kan die term “Intestaat” mense verder op ‘n dwaalspoor plaas. Die vererwing in so boedel vind wel volgens ‘n baie spesifieke bloedlyn (afstammelinge) plaas. Daar is spesiale bepalinge waar die bates van ‘n boedel wel die staat toeval, maar in vandag se dae gebeur dit uiters selde. U kan meer lees en na die diagramme kyk oor Intestate Erflating by die volgende web adres www.aktepraktyk.co.za.

Wat egter hier meer van belang is, is dat ‘n bestaande testament nie ‘n “vervaldatum” het nie. Geen aksie soos bv. ‘n egskeiding óf huweliksluiting maak ‘n vorige testament ongeldig nie. Daar is wel wetgewing soos die Wet op onderhoud van Langslewende gades (Wet 27 van 1990) wat ‘n eis teen ‘n boedel kan bewerkstellig. Wanneer ‘n persoon egter skei en weer trou en nie ‘n nuwe testament laat opstel nie, sal sy/haar laaste wettige getekende testament steeds geldig wees.

In ‘n Intestate Erflating geval (waar die persoon sterf sonder ‘n geldige testament) laat dit die naasbestaandes en veronderstelde bedoelde wettige erfgename meestal in ‘n geweldige dilemma. Indien die oorledene ‘n getroude man met kinders was en sy bedoeling was dat sy gade alles moes erf, sal dit nie so gebeur nie – al was dit sy ware opregte begeerte en bedoeling. Afhangende van die oorledene se huweliksbedeling (buite- óf binne gemeenskap) sal die gade slegs ‘n deel plus ‘n kindsdeel erf. Dit kan veroorsaak

>>Gerrit du Toit*

>> SA BAARS FINANSIES

TESTAMENTEIs joune in orde?

52 SA BASSMay 2013

dat die woonhuis, wat soms die grootste bate in so boedel is, verkoop moet word om by wet seker te maak dat die vererwing Intestaat korrek plaasvind – dit kan so gesin in ‘n geweldige krisis dompel. So geld presies dieselfde reël indien die vrou eersterwende sou wees en sy laat haar man en kinders na.

In ‘n geval waar dit ‘n tweede huwelik is en daar kinders uit ‘n vorige huwelik is, kan die probleem verdiep deurdat die huidige huwelik se lewensmaat maksimum aanspraak op 50% en ‘n kindsdeel het by ‘n binne gemeenskaplike huwelik. In ‘n geval van ‘n buite gemeenskap (sonder aanwas) bedeling, verdiep hierdie probleem intens.

‘n Testament is ‘n “nuttelose” dokument terwyl u steeds in lewe is, maar raak ‘n bindende kontrak die dag as die testatrise óf testateur afsterf. Dit is die spreekbuis wat sê wat met u bates moet gebeur terwyl u nie meer daar is om self te kan praat nie en daarom moet dit in oorleg en deurdag met ‘n ingeligte adviseur plaasvind. My ervaring is dat niemand doodgaan... totdat hulle doodgaan nie... en die hoeveelheid afsterwes wat ek te hore van kom sonder testamente, sê vir my mense het gedink hulle gaan nie dood nie. Dan kry mens ook nooit die geleentheid om ‘n boedel “in te oefen” nie... vir meeste mense gebeur dit slegs een maal in hulle lewe! Dus moet jy seker maak dat ‘n ingeligte buite party die “oefening” doen om seker te maak dat die uitvoering daarvan wel moontlik is!

‘n Testament kan as ‘n handige boedelbelasting teenvoeter instrument gebruik word, asook noodsaaklike beskerming bied wat u graag wil inbou ingeval daar minderjarige erfgename is bywyse van ‘n Testamentêre Trust. Dit bied beskerming teen uitbuitings, wanaanwending, en so ook verkwisting van u hard verdiende boedelbates en kan inteendeel die behoud en groei van u erflating bewerkstellig. Ingeval u ‘n Inter Vivos (In Lewe) Trust het kan u ook by wyse van u testament u opvolger/s aanstel om in u plek as trustee/s op te tree.

Die korrektheid van die opstelling tesame met die nodige uitvoerbaarheidstoets van so testament is baie, baie belangrik. Hiermee saam gaan die korrekte ondertekening prosedure van u testament. Dit is baie belangrik om te weet dat GEEN erfgenaam moet ooit teken as ‘n getuie op u testament nie – so erfgenaam word vir alle praktiese doeleindes onterf deur as getuie te teken!

Ek het al menige kere kliënte gekry wat probeer kostes bespaar deur ‘n standaard testament te koop... weet dit... daardie testamente is nie goed genoeg nie en u plaas uself op risiko om nou kleingeld te spaar en uiteindelik grootskaalse verliese in u boedel te hê weens tegniese ontbrekinge. Soms stel mense die langslewende gade aan as Eksekuteur om ook sodoende kostes te spaar... hou dit vir die dag wanneer al u kinders uit die huis en selfversorgend is, u geen skuld meer het nie en u dalk al meeste van u besitting’tjies weggegee het. Ek vra altyd die “oom en die tannie”... hoeveel kennis het u omtrent boedelbereddering? Gewoonlik geen... dus gaan u eksekuteurskap afhangende wees van die aanstelling van ‘n agent namens u wat moontlik in alle geval die volle 3.5% eksekuteursfooi gaan vra.

Indien u getroud is, minderjarige kinders het, bates en laste het, ensovoorts - vertrou eerder u boedel toe aan ‘n erkende eksekuteur wat effektief u boedel kan beredder. Neem eerder ekstra lewensversekering uit op beide u lewens, slegs om boedelkostes te dek ingeval van dood – dit bly sekerlik die goedkoopste opsie om u boedelkostes te finansier.

Maar die belangrikste... maak seker dat u ‘n geldige, getekende, op datum, uitvoerbare testament het.

*Gerrit du Toit (CFP ®) is ‘n onafhanklike makelaar en het al meer as 25jaar se ervaring in die finansiële dienste bedryf. Hy is gelisensieerd om advies te mag bedien waaroor hy skryf en u is welkom om aan hom te skryf by [email protected].

May 2013SA BASS 53