is jy op die regte pad? - wapadrantstyging in die totale inkomstekant was nie, terwyl uitgawes bly...

16
Mei 2017 .” Genesis 39:2a Ons almal kies. Dwarsdeur ons lewens staan ons voor keuses, besluit ons watter paaie ons wil loop en hoe ons by daardie bestemmings wil uitkom. En soos met enige rit, neem ons rigting ons na ons beplande bestemming toe, ongeag die versperrings, ompaaie en hindernisse wat op daardie pad mag lê. Josef het ook gekies. Hy het gekies om as slaaf, die regte en eerbare pad te loop, hard te werk en sy beste te lewer. Gou bereik hy die “bestemming” waar sy baas, Potifar, agterkom dat Josef suksesvol is in alles wat hy doen en dadelik word Josef aangestel om sy hele huishouding te bestuur. Ons lees : “Die Here het alles binne en buite sy huis ter wille van Josef geseën.” (Gen 39:5b) Het jy al die eindbestemmings van jou lewe gekies in terme van jou gesondheid, die suksesse wat jy wil behaal, jou verhoudingswêreld, finansies en jou geestelike lewe? Of dink jy jy is so hier en daar op pad na die verkeerde eindbestemming? Is jy op pad na iets toe wat nie gaan werk nie, nie ‘n sukses gaan wees nie, jou nie gelukkig gaan maak nie, jou gesondheid negatief gaan beïnvloed? Vra jouself of jy ten opsigte van al die aspekte van jou lewe op die régte pad is. Indien nie, draai om, beplan en loop die rigting wat God vir jou beplan. (Milanie Vosloo - Ekerk, April 14, 2017) Is jy op die regte pad? Kollektes Biddag Damestee Ouers Jongspan

Upload: others

Post on 13-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Mei 2017

“ .” Genesis 39:2a

Ons almal kies. Dwarsdeur ons lewens staan ons voor keuses, besluit onswatter paaie ons wil loop en hoe ons by daardie bestemmings wil uitkom. Ensoos met enige rit, neem ons rigting ons na ons beplande bestemming toe,ongeag die versperrings, ompaaie en hindernisse wat op daardie pad mag lê.

Josef het ook gekies. Hy het gekies om as slaaf, die regte en eerbare pad teloop, hard te werk en sy beste te lewer. Gou bereik hy die “bestemming” waarsy baas, Potifar, agterkom dat Josef suksesvol is in alles wat hy doen en dadelikword Josef aangestel om sy hele huishouding te bestuur. Ons lees : “Die Herehet alles binne en buite sy huis ter wille van Josef geseën.” (Gen 39:5b)

Het jy al die eindbestemmings van jou lewe gekies in terme van jougesondheid, die suksesse wat jy wil behaal, jou verhoudingswêreld, finansies enjou geestelike lewe? Of dink jy jy is so hier en daar op pad na die verkeerdeeindbestemming? Is jy op pad na iets toe wat nie gaan werk nie, nie ‘n suksesgaan wees nie, jou nie gelukkig gaan maak nie, jou gesondheid negatief gaanbeïnvloed?

Vra jouself of jy ten opsigte van al die aspekte van jou lewe op die régte pad is.Indien nie, draai om, beplan en loop die rigting wat God vir jou beplan.

(Milanie Vosloo - Ekerk, April 14, 2017)

Is jy op die regte pad?

KollektesBiddag

Damestee

OuersJongspan

Hoe kan jy op ’n hoë leeftyd nog uitreik en diensbaar weestot eer van God en sy koninkryk?

Aat en Thea van der Dussen is inwoners van dieaftreeoord KRONENDAL in die binnestad vanPretoria. Hulle was lidmate van ons gemeente,Wapadrant, en deel van ons kleingroep S010 enentoesiastiese ondersteuners van onsinsamelingsprojek vir die Botswana SendingGroep (BSG). Na hulle vertrek uit ons gemeentehet hulle lidmate geword van dieMeintjieskopgemeente wat nader aan hulle tuisteis en beter inpas by die dienstye van Kronendal.

Alhoewel hulle ons kleingroepbyeenkomste niemeer kan bywoon nie ondersteun hulle nogsteeds ons uitreikprojek. Persoonlik het ons ’ngoeie kontak deur ’n jarelange vriendskap methulle en sien en hoor ons van mekaar op ’ngereelde basis. Ek vertel graag Aat, wat hierdiemaand 87 jaar oud is, se unieke storie.

Aat is ’n stapper en altyd baie vroeg uit die vere.Hy het die strate van die binnestad omtrent platgestap en die verskeidenheid van mense enkulture in die omgewing het hom nooit afgeskriknie, inteendeel hy het met almal ’n geselsieaangeknoop en menige toebroodjies, deur Theaklaargemaak, aan behoeftiges uitgedeel. So vierjaar gelede het hy besluit om terwyl hy stap enaltyd wel ’n geldjie op die straatstene optel, wathy by die sendingprojek kon meetel, ook bottelsop te tel waarvoor hy geld kan kry.

Hiermee het Aat in die vier jaar byna elke daggeld ingesamel vir die sending projek en dit is nieweinig nie. Met sy pet op, ’n ou jas en

deurgestapte skoene het hy nogal die aandaggetrek en selfs Thea het hom kopskuddendnagekyk wanneer hy die strate ingevaar het. Daarwas nogal humoristiese insidente. ’n Swart manwat van die teenoorgestelde rigting as Aat gestaphet, ook met ’n plastieksak en goed wat hyopgetel het, se reaksie was: “Sjoe, ek sien witmense kry ook swaar”. Nog ’n swart man watAat baie jammer gekry het, het twintig rand uit sysak gehaal. Toe Aat verduidelik dis nie vir homnie maar vir die sending het hy gesê, dan gee ekdit ook vir die sending. ’n Prostituut het homvyftig rand gegee ondanks dat sy nie geweet hetwat sending eintlik is nie. Dit laat ’n mens dink,nè!

’n Paar weke gelede het Aat lelik in die straatgeval en baie seer gekry. Aat se woorde was dieHere het met hom gepraat en laat besef dathierdie stappery moet staak. Gelukkig het ditgoed afgeloop. Hy en Thea, wat heelwat keresaamgestap het en help dra het, is dankbaar virdit wat hulle kon doen.

In Kronendal is daar baie siek en eensame mensewat smag na ’n kuiertjie en dit is wat Aat en Thease lewe steeds sinvol maak en wat hulle graagdoen. Dit laat jou weer eens besef dat waar jyook al woon, daar altyd geleenthede vir uitreiksal wees.

Mag hierdie ’n inspirasie wees vir ons almal.

Truus Meindertsma

2

Ons kleingroep(JW001) wil Wetnosegraag help methondekos (korrels) enkomberse vir die winter. Ons beoog omhulle te besoek op 19 Mei.

Indien jy kos of komberse wil skenk, kan jydit in die saal langs die verhoog los.

Kontantdonasies is ookwelkom.

Transoranje Instituut ondersteun Transoranje-skoolvir Dowes, Sonitusskool vir Gehoorgestremdes,Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid,Prinshofskool vir Gesiggestremdes en HoërskoolMartie du Plessis vir Serebraalgestremdes. Op 5Maart en 12 Maart is spesiale liefdegawes vir dieTransoranje Instituut vir buitengewone onderwysopgeneem. Die mooi bedrag van R34 730,92 isingesamel. Baie dankie aan elkeen wat hiertoe bygedra het. Hulle skryfdie volgende:

Beste Helena

Baie dankie dat julle deel was van ons 70ste bestaansvieringe. JulGemeente se OMGEE vir die kind met 'n spesiale onderwysbehoefteword opreg waardeer.

Vriendelike groeteArina Jooste

27 Maart 2017

Geagte broers en susters in ons Here JesusChristus,ons as gemeente wil julle graag verseker van onsvolgehoue gebede vir Suid-Afrika. Op Sondag,26 Maart 2017 het ons onsself verootmoedig enalbei ons eredienste gefokus op gebed vir onsvriende en familie in Suid-Afrika. Ons het soveras moontlik buite ons gemeentegrense mense inBrisbane, Australië uitgenooi om deel te weesvan ons Engelse, sowel as Afrikaanse eredienste.

Efesiers 3:14-21 is die fondament waarop onsgebede vir julle staan. Mag julle elke dag weethoe ver, en wyd en hoog en diep die liefde vanChristus strek! Daar is soveel van ons lidmatewat geliefdes in Suid-Afrika aan die doodafgestaan het verlede jaar, soms metwreedaardige en gewelddadige misdaad, watons elkeen wat aan mekaar in Christus verbindis, diep aanraak. Ons besef dat ons geliefdesook julle lidmate is en dat ons daarom aanmekaar verbind is in Jesus Christus, ons Heer!Ons gebed is vir vrede: nie die vrede van hierdie

wêreld nie, maar die vrede van God, wat alleverstand te bowe gaan!

Ons gebede was eerstens op misdaad,geweldsmisdaad en plaasmoorde gefokus.Tweedens het ons vir elkeen wat gebuk gaanonder werkloosheid en armoede gebid. Laastenswas die ouderlinge se gebede gefokus op dieteenwerking van korrupsie deur die werking vandie Heilige Gees in die harte van mense, wat onsAlmagtige God alleen kan aanraak.

Dit is ons gebed dat julle innerlik sterk sal wees,deur julle geloof en dat julle altyd in die liefdevan Jesus gewortel en gegrondves sal wees. Magjulle Sy krag beleef in hierdie tyd waar julle ookalin Suid-Afrika woon. Aan Hom wat deur Sy kragwat in ons werk, magtig is om oneindig meer tedoen as wat ons bid of dink, aan Hom alleenkom die eer toe! Mag julle met Sy volheid vervulword en mag ons verbondenheid aan mekaar inChristus vir ewig wees met ons oë gevestig opdie dag wanneer ons Here Jesus weer kom!

Soli Deo Gloria!

Ds. Gerhard Oberholzer en Ds. Johann Eloff

3

Graag verneem ons of daar enige lidmate is wat dienswerk by kerk wil verrig.Die volgende take moet deurlopend verrig word:

Wegry van tuinvullis (wat nie herwin kan word vir kerk se komposhoop).‘n Groot waentjie sal verskaf word asook een werker om behulpsaam tewees.“Shred” van dun takkies sodat dit op die komposhoop geplaas kan word.Indien iemand ‘n groter “shredder” het om groter takke op te kerf, bringdit asb. saam.Opsny van brandhout met kerk se kettingsaag.Snoei van bome.

Kontak asseblief vir Frikkie Venter by 079 763 5734 of kerkkantoor 012 991 1395 vir meer inligting.

DIENSWERK VIR EN OUD

Ph: +617 3733 1579. E-Mail: [email protected]. Website: www.mansfield-crc.com. Cnr Wishart / Ham Roads, Wishart, QLD.

Rev. Dr. Gerhard Oberholzer. Office hours: Monday - Friday 9am - 5pm. Mob. +61430 496 292; Email: [email protected]

Opsomming:As gevolg van ‘n skielike daling aan die inkomstekant gedurende Maart, is die gemeente se finansiële situasie effensonder druk geplaas en is daar nou ‘n tekort op die bedryfsbegroting vir die eerste drie maande van 2017, wat R 149549 beloop.

Vanuit ‘n menslike oogpunt gesien het hierdie skielike daling ‘n kommer gewek by die Finansiële Diensgroep omdatons tans net die vaste uitgawes probeer dek en nou ook daarin begin tekort skiet. ‘n Rede vir hierdie sameloop vanomstandighede is ook teweeggebring oor die laaste 3 jaar, waar daar oor hierdie tydperk geen noemenswaardigestyging in die totale inkomstekant was nie, terwyl uitgawes bly styg het. Dit het veroorsaak dat daar baie noodsaaklikeelemente uitgesny moes word. Die vaste uitgawe komponent het nou gestyg tot 87% van die begroting. ‘n Vriendelike beroep word dus gedoen aan lidmate, om in gebed, hulle dankofferbydrae te gaan oordink enmoontlik opwaarts aan te pas.

Tot en met einde Maart 2017

FINANSIËLE SAKE VAN GEMEENTE

1 135**(1 803)

37032.60%

1028,99%

14813,04%

51545,3%%

1 155**( 1 798)

42736,97%

18215,76%

252,16%

52145,11%

1 157**(1 798)

40935,35%

15313,22

746,4%

52145.03%

1 162** (1 803)

41135,37%

13311,45%

887,57%

53045,61

4

Hou asseblief in gedagte dat die gemeente, bo en behalwe die daaglikse bedryfkostes, ook verantwoordelik is vir die betaling van aan ons breër kerkverband wat tans ongeveer per maand beloop en wat

oorbetaal moet word. Dus kan u aflei dat, as elke belydende lidmaat ‘n minimum van R70 per maand betaal, die kerkraad u nie daarvoor hoef te “subsidieer” nie.

op kerk se bankrekening/per internetbank of per aftrekorder by jou eie bank. Bankbesonderhede: Gereformeerde Kerk Wapadrant, ABSA rek nr 349 0151 957, takkode 632 005. BAIE

BELANGRIK: Naam, van en doel as verwysing. (Behalwe in die geval van ‘n anonieme inbetaling.)

elektroniese oorbetaling in kerk se bankrekening. Reël met kerkkantoor by [email protected] of volg hierdie skakel vir vorm

http://www.wapadrant.co.za/finansieumlle-sake.html

Snapscan – Vir gerieflike en vinnige betalingGaan na http://www.wapadrant.co.za/finansiele-sake.html vir instruksies

5

CHRISANTE HOSPITAALBEDIENING

PRETORIA-OOS HOSPITAAL: TEL: 012 422 2300

7-13 MEI 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

14-20 MEI 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 /082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 9551509

21-27 MEI 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

28 MEI – 3 JUNIE 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 /082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 9551509

4-10 JUNIE 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

11-17 JUNIE 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 /082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 9551509

18-24 JUNIE 2017Oloff Obrien: (Ma) 072 673 6295; Deleen Kornelius: (Di) 082215 8118; Yvonne du Preez: (Wo) 082 332 0802/012 4822548; Bernard Tollig (Do): 082 900 1816 / 012 997 2678;

25 JUNIE – 1 JULIE 2017Rosalie van Rensburg (Di): 012 991 7857 / 082 330 2422;Izabel Pretorius: (Wo) 991 2727; Daleen v Wyk (Do): 991-3312 /082 926 3498; Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 9551509

LIFE FAERIE GLEN-HOSPITAAL: TEL: 012 369 5600Jan Tollig: 807-0891 / 082 331 2756 (S);

KLOOF-HOSPITAAL: TEL: 012 367 400Isabel Lensink: 012 998 3377 / 083 231 2869; Clara deJonge: 083 609 9259 / 012 662 3822

WILGERS-HOSPITAAL: TEL: 012 807 81007-13 MEI 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350 (Ma);Anmarie Steyn: 082 562 2839

14-20 MEI 2017Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen:082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842;

Anmarie Steyn: 082 562 2839

21-27 MEI 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012  991 2719(Woens/Vry); Donate Griffioen: 072 277 4430 / 012 809 5555;Anmarie Steyn: 082 562 2839

28 MEI – 3 JUNIE 2017Braam Gous:  361 7632 / 082 468 3808 (Woens); AnnemarieBekkker: 348 0921 / 083 527 4350; Anmarie Steyn: 082 5622839

4-10 JUNIE 2017Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen:082 062 8264;Irma Kruger: 084 514 4842;Anmarie Steyn: 082 562 2839

11-17 JUNIE 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012  991 2719(Woens/Vry); Donate Griffioen: 072 277 4430 / 012 809 5555;Anmarie Steyn: 082 562 2839

18-24 JUNIE 2017Nancy Snyman 012 8031561 (Woens); Hannetjie v Aswegen:082 062 8264; Irma Kruger: 084 514 4842;Anmarie Steyn: 082 562 2839

25 JUNIE – 1 JULIE 2017Cor Meindertsma: 082 551 6183 / 012 991 2719 (S) (Do);Truus Meindertsma: 082 551 6183 / 012  991 2719(Woens/Vry); Donate Griffioen: 072 277 4430 / 012 809 5555;Anmarie Steyn: 082 562 2839

ADDISIONELE LEDE VIR WILGERS:André Sandilands: 081 205 8669

ANDER HOSPITALE:Peet en Lacia Vermeulen: 082 336 8465

EUGENE MARAIS, JAKARANDA, MUELMED, LOUISPASTEUR, MED FORUM, ZUID AFRIKAANSEBen Nel: 335-2411 (W) / 083 466 1264 & Miemie Mennen

MUELMED, HART & ZUID-AFRIKAANSE-HOSPITAAL,JAKARANDA, UROLOGIE HOSPITAALAndré Sandilands: 081 205 8669

KINDERBEDIENING:Rita Schoen: 012 809-1459 / 082 2662 3964

ONDERSTEUNINGSDIENSGROEP (PASTORAAL):Voster Combrink: 082 872 9725

SENIORS - TUISBESOEK:Daleen v Wyk: 991-3312 / 082 926 3498; Petro Bouwer:991-7229 / 082 450 5091;

KANKERPASIëNTE / ONDERSTEUNING / BESOEKEAnet Hofmeyer: 072 5312 378Lientjie v/d Walt: 012 996 1332 / 082 955 1509Matty Coetzee: 072 330 1545

SAMEROEPER: Véra Tollig 012 997 2678 of 082 6446 741 of [email protected]

6

7

LIEFDEGAWES AAN ADMIN BUROOorbetaling van liefdegawes aan AdministratieweBuroSondae word een derde van die liefdegawes afgestaan vir dieAdministratiewe Buro Potchefstroom vir verpligte liefdegawesbetaalbaar aan die Buro.(Sien berig op bl. 8 in die Maand-Krant)

Die eerste kwartaal se oorbetaling is gedoen:

Studentekas R 11 200Emeritaatsfonds R 8 960Bybelverspreiding R 22 400GKSA Sustentasie R 8 960Kerklike tydskrifte R 4 480Ekumeniteite (Buitelands) R 4 480Pro Ecclesia Studieleningsfonds R 4 480Dankbaarheidsfonds R 11 200Ekumenisiteit - Gereformeerdes Londen R 2 240Christelike Onderwys - ICO R 2 240GKSA Jeugsorg R 4 480Bystandsfonds vir Diakonie R 4 480Teologiese Skool Biblioteek R 2 240Teologiese Skool Publikasies R 2 240Thusofonds R 2 240

R 94 080

Uit Diep van Donker Nagte

Wie onthou hierdie multimedia teater-in-die-rondte produksie wat in 2001 by Aardklop

opgevoer is? Die gehoor is op verrassende wysemidde-in dramatiese gebeure geplaas wat 500jaar gelede afgespeel het in die lewens van

gewone gelowiges.

Vanjaar word Uit Diep van Donker Nagteopgediep en ‘n blinknuwe baadjie aangetrek.”Ons wil oud en jonk besiel en meesleur deur

hierdie kragtige wolk van getuienis wat die eeueoorspan; elke gelowige oproep om die heerlikeverlossingswerk van Christus te besing!” sê die

regisseuse, Ina Opperman.

Speeltalent gesoek: Guido de Bres, koning Frans1, Calvyn, Hugenote, soldate;

Vertellers (vroue en mansstemkunstenaars);mannekoorsangers

Gelowige Vendagesin of Sothogesin ofTswanagesin of Zulugesin;

Gelowige Indiese gesin, Koreaanse of Chinesegesin.

Vir oudisies kontak Ina Wiegand (082 887 4046);Louise vd Walt (082 576 0692).

Opvoerings: 25-28 OktoberGK Centurion

Dis die rok, hare en mooi paar skoene wat ‘nmatriekafskeiddroom laat waar word. Elke dogter verdien om ophaar mooiste te lyk, maar ‘n matriekafskeid is ‘n duur affêre.Ons wil die dogters in ons gemeente en omliggende areas, vir wiedie mooi aand onbekostigbaar is, ‘n onvergeetlike aand gee.

Ons bied dus aan 10 dogters die volgende:‘n Aandrok wat ons vir haar sal leen.‘n Paar skoene en handsakkie wat sy kan hou.Grimering en hare wat vir haar gedoen sal word en foto’s vanhaar in haar uitrusting.

Ons dink dis ‘n fantastiese idee! Wat dink julle?

Skakel Esmé 082-923-6631 of Corné op082-568-0301 as jy deel van die projek wilwees.

Hoe kan jy as gemeentelid ‘n dogter sedroom help bewaarheid?Eenvoudig….deur ‘n donasie. Plaas joudonasie in die betrokke houer in die kerk.Die geld sal aangewend word om skoene,handsakkie en grimering te koop. Dogters,al wat julle nou moet doen is om daardiedans “moves” te gaan oefen.

Hekel- en Breiblokkies

Wat ‘n wonderlike Uitreikprojek was dit nie! In ‘n jap-trap is los, enkel, gehekelde en gebreide blokkiesomgetower in knus, gekleurde komberse. Baie dankieaan elkeen wat hierdie projek moontlik gemaak het.Die voltooide komberse gaan op 21 Mei (tussen diedienste) in die saal uitgestal en te koop aangebiedword. Die opbrengs hiervan, asook die balans van diekomberse sal in Junie aan die Paul Kruger Kinderhuis(Reddersburg) oorhandig word.Indien jy nog besig is met die laaste randjie of omrafeltjies weg te werk, kan jy dit nog tot 14 Meiinhandig. Kontak Hetta Henning by 082 594 5885vir enige navrae.

Wat beteken die woord kollekte?Dit is ‘n versameling (van die Latynse: colligere “versamel”) – ‘nversameling van geld vir godsdienstige ofliefdadigheidsdoeleindes, bv die insameling tydens of na ‘nerediens in die Christelike kerk.

Wat beteken die kollektes in die erediens?By die kollekte in/onder die erediens gaan dit in die eerste plekom diens aan die Here. Lees Markus 12:41-44 (die arm weduweese gawe) en ook 2 Kor 8:1-9 (Christelike vrygewigheid). Kollektesword gebruik vir die diakonie se barmhartigheidswerk.By die deure word die kollektes ingesamel en aangewend om diekoninkrykswerk in die breë kerkverband te ondersteun.

Wie bepaal die kollektes?Vir baie jare het Sinode op Sinode verskillende verpligte en ookvrywillige kollektes vasgestel vir ‘n driejaartermyn. Kollektes word deur die verskillende Deputategroepe aanbeveelen deur die Sinode goedgekeur sodat Deputategroepe hulleopdragte kan uitvoer soos deur die Sinode aan hulle opgedra. Die keuse van kollektes is dus ‘n keuse waarby alle gemeentesdirekte inspraak het.

Verpligte kollektes Emeritaatsversorging

Om die emerituspredikante, -weduwees en wese (afhanklikes)van die GKSA met lewensonderhoud en mediese bystandeervol te help versorg.

Teologiese StudentekasOm studente wat aan die Teologiese Skool te Potchefstroomstudeer, finansieel met beurse te help sodat dieGereformeerde leer uitgebou en verkondig kan word.

GKSA SustentasiefondsOm kerke wat nie finansieel onafhanklik kan bestaan nie by testaan sodat die Woordverkondiging steeds daar kanvoortgaan en om hulp te gee sodat die koninkryk van Goddeur Woordverkondiging kan uitbrei.

Bybelverspreiding [Borg ‘n Bybel]Om die Bybelgenootskap van SA by te staan met die druk enverspreiding van Bybels.

Kerklike TydskrifteOm aktuele artikels met ‘n Gereformeerde grondslag tepubliseer en na lidmate en ander belangstellendes teen ‘nbillike prys te versprei.

Ekumenisiteit BuitelandsOm skakeling met ander Gereformeerde Kerke met wie dieGKSA noue bande in die buiteland het, te bevorder, bv kerkein Europa, Australië en die Amerikas.

Instituut vir Christelike Onderwys [ICO] en lesmateriaal

Bevordering van onafhanklike Gereformeerde skole enonderwys.

Ekumenisiteit – Gereformeerde bediening in LondenOm die Gereformeerde jeug wat in Londen verkeer metWoordbediening en pastorale hulp by te staan.

JeugsorgKollekte ter bevordering van deputate Jeugsorg se projekte.

DankbaarheidsfondsOm dankbaarheid teenoor die Here te betoon dat Hy dieGereformeerde Kerke bewaar het en nog steeds bewaar enversorg.

Vrywillige kollektes Thusofonds

Om die emeriti uit die voormalige Sinode Middellande enKlassis Capricorn te help versorg.

Bystandsfonds vir Diakonie, Kerkorde, artikel 25Om predikante wat uit die bediening is (of afgesettepredikante) en in nood verkeer te help.

TSP PublikasiefondsOm die publikasie van akademiese boeke vir die opleiding vanteologiese studente en vir die bekendstelling van dieGereformeerde leer plaaslik en in die buiteland te steun.

Sentrum vir Kerkgroei [SBTB]Om ‘n sentrum vir bedieningstoerusting en begeleiding [virpredikante en ouderlinge] onder die toesig van die Kuratoreen in samewerking met Fakulteit Teologie te vestig.

Wie samel die kollektes in?Dit vorm deel van die amp van die diakens.Lees die formulier van die bevestiging van diakens.

Hoe gaan ek weet watter kollekte Sondae ingesamelword?Dit word aanbeveel dat die doel van die kollekte elke Sondagvolledig afgekondig word.

Kollektes wat op ‘n bepaalde Sondag of vir ‘n spesifieke doelopgeneem gaan word, reeds die vorige Sondag afgekondig worden/of in die gemeente se nuusbrief gepubliseer word.

Wat gebeur met die kollekte nadat dit ingesamel is?Alle verpligte en vrywillige kollektes word na dit ingesamel is deurdie diakens getel en daarna aan die Administratiewe Buro inPotchefstroom oorbetaal.Die gereelde oorbetaling van die kollektes verseker dat dieonderskeie fondse waarvoor gekollekteer word baat vind by dietydige inbetaling deur gemeentes.

Administratiewe Buro

KOLLEKTE

8

9

Platsak Toere22 SEP - 04 OKT

R 19 800pp GroepskamerR 20 900pp DubbelkamerR 22 700pp Enkelkamer

SLUIT IN:Retoervlugte11 Nagte Luukse Backpackers of 3-SterHotelverblyfLandvervoerDaaglikse ontbytToegang by bestemmingsGidse

WAT GAAN JY SIEN?

ISTANBULBlou Moskee, Hagia Sophia, Istanbul,Argeologiese Museum, Grand Bazaar.

PAMUKKALEBesoek Baddens, Kolosse, Laodicea,Hierapolis.

KAPPADOSIAOndergrondse stede, teologiese skole & kerke.

SMIRNA (IZMIR)Efese, Pergamum, Sardis.

BESPREEK JOU PLEK

'n Betaling van R 9 000 voor of op 15Mei 2017 dien as bespreking.

Bankbesonderhede:Gereformeerde Kerk Pta BrooklynABSA (Tjek)Rek no: 540 340 110Verwysing: Naam+Van+PlatsakTurkye

Herwinningshouers

Herwinningshouers is beskikbaar vir dievolgende items:

GlasbottelsKartonne

PapierTydskrifte

Plaas asb. die items in die ooreenstemmendehouer vir herwinning.

UITNODIGINGDamesoggend19 Aug 2017

VENUE

ST MARY’S DSGSAAL,

DUXBURYWEGBROOKLYN

R150pp

In samewerking

met ander

Gereformeerde

Gemeentes in en om

Pretoria ten bate van

die Paul Kruger

Kinderhuise

Om bietjie ekstra fleuraan ons oggend te gee: Kom

Handskoene!

Bespreek by die kerkkantoor: 012 991 1395,[email protected] of skryf jou naam op die

lys wat op die kennisgewingsbord is

TemaFEESTELIK!

U laat my by ‘ n feestafelaansit

8:30 vir9:00

Gasspreker:Sheri Brynard

Gaskunstenaars Drie van die Bestes:

Danie Niehaus,Kevin Leo &Mathys Roets

10

GEESTELIKE GROEI VAN KINDERSEen van die maklikste metodes om kinders te leer, is omgebruik te maak van die oomblikke wat hulle daartoeleen. Dit is die oomblikke wat iets gebeur wat jou diegeleentheid bied om hulle te leer van God. Kinders leerdie beste wanneer dit plaasvind binne die konteks vandie regte lewe. Betrek die hele gesin by so ‘ngeleentheid. Die geheim is om die oomblik raak te sien.God het hierna verwys toe Hy in Deut. 6:6-9 sê:

“Jy moet dit inskerp by jou kinders en methulle daaroor praat as jy in jou huis is en as jy op pad is,

as jy gaan slaap en as jy opstaan”

Twee minute se ernstige onderrig op daardie oomblikkesal hul beter bybly as ‘n dosyn preke.Hou hulle dop wanneer dit goed gaan en wanneer ditsleg gaan. Kinders sien raak hoe jy reageer opversoeking, frustrasie, meevallers en tekorte. Hulle weetmeer van jou eerlikheid, ywer en hantering van geld aswat jy dink.Hier volg ‘n paar onderrigbeginsels:

Hou dit kort en eenvoudig - moenie ‘n lang preekgee nie.

Wees proaktief en soek positiewe lesse wat dieverhouding met jou kind versterk.

Moenie alleen probeer nie. God wil jou ook hierinbystaan.

Die grootste stuikelblok in hierdie opsig is die gebrek aanbalans. As ouer het jy twee rolle: die rol van versorgeren die rol om te onderrig en te dissiplineer.

Maak gerus van ander hulpmiddels gebruik. Voorbeeldehiervan is “Waar woon God? en “101 ander strikvrae”deur A. McFarlane.

Merk op die meegaande lysie die aktiwiteite af wat diebeste pas by jou gesin se persoonlikheid en behoeftes.

Basiese plan:Dit is heeltemal in orde om net een of twee aktiwiteitete hê. Moenie die dwarslat te hoog stel nie. Julle gaanwaarskynlik meer bereik deur minder te doen. Weesspesifiek oor dae en tye.

Ondersteuningsplan:Kies ‘n paar items onder pret sodat jullegesinsaktiwiteite ook ‘n geestelike element bevat. Sluitspesiale gebeure en geleenthede (soos Kersfees enPaasfees) in by die plan.

Basiese Plan Kerk Huisgodsdiens

Boek as hulpbron Gesinsbybel

Slaaptyd Besprekings Boek as hulpbron

Bybel of boek met Bybelverhale Etenstyd

Besprekings Bespreek hulpbron

Motorritte Besprekings en speletjies Oudiokassette Musiek

Gesinsaande Hulpboek Ander

Pret Bordspeletjies Video’s CDs Sagteware

Spesiale Geleenthede Evangelie-storieboek Boeke oor feesdae

Leergeleenthede Hulpboek met idees Ander _____________________

“Geestelike groei van kinders - Focus on the family”

Bied aan:

Werkwinkel vir gemeenskapgerigteontwikkeling van kleinbesighede

Die doelwit van die werkwinkel is: Bewusmaking van nood en geleenthede bygemeenskapleiers

Fasiliteer die proses van ontsluiting van dienetwerk van vaardighede

Mobilisering van medewerkers Bekendstelling van die “B-Net”Ontwikkeling en Ondersteuningsnetwerkby JsP@Pharos

Wanneer en waar?Saterdag 27 Mei 2017 van 08:00 – 12:00Lux Mundi Gemeenskapskerk - Jeuglokaal

Registreer asb. voor 20 Mei 2017 byMarlene Coetzee [email protected]

11

9-stuk gegote wit ystertuinstel @ R7 500.Kontak Frikkie by 079 763 5734.

Pensioenaris soek dringend werk.Ondervinding van Sekuriteit in Retail.  DIY.Sal enigiets anders ook doen. KontakWillem Visagie by 078 163 5304.

Dienste aangebiedHannetjie (‘n lidmaat van ons gemeente) isbereid om teen vergoeding die volgendedienste te lewer: Au pair-werk, inkopies virbejaardes, bejaardes neem na afsprake,huisoppasdiens, etes aan bejaardes, rondryvan kinders, beperkte kantooradministrasie.Kontak Hannetjie Taljaard 079 053 2055

[email protected] / 012 326 6770

www.facebook.com/voortrekkermon/ @Voortrekkermon

www.vtm.org.za

BEST BUILD (PTY) LTD

NHBRC geregistreerNuwe huiseMotorhuiseGrensmureBadkamers

WaterdigtingVerfTeëls

PlafonneAanbouings

GRATIS KWOTASIESAdriaan Smit - 083 457 4301

Losies aangebiedKamer en badkamer te huur in woonstel,asook gebruik van kombuis. Verkieslikdame. Geen rook of drank. Goeie sedes.Prys onderhandelbaar.Skakel A. Viljoen saans na 19h00.Tel 012 361 4077.

Spesiale tarief vir‘n gesin van 5,R140 allesingesluit

Spesiale tarrief virpensieonarisse

Perdry

Fietsry

Piekniekterrein

Markte / Feeste

Musiekkonserte

Pos as Admin/Kantoorbestuurder gesoekNa 25jaar diens by een maatskappyverhuis ons na Pretoria. Ek is dringendop soek na ‘n pos as Admin /Kantoorbestuurder. Kontak Lizelle Kotzéby 084 958 7663 of per epos by:[email protected]. CV is opWapadrant se webblad beskikbaar.

Koppel jou bestaande Makrokaart aan diegemeente se nommer sodat ons bonuspunte

kan verdien.

Besoek die webblad by:http://www.wapadrant.co.za/diensgroep--en-

gemeente-aktiwiteite.html om dieaansoekvorm af te laai.

Gaan vertel vir die wêreldNadat Jesus uit die dood opgewek is, het Hy Homself aan baie mense gewys. Toe neem Hy sy dissipelseendag na die kruin van ‘n heuwel daar naby, wat die Olyfberg genoem is. Daar was iets belangriks watHy vir hulle wou sê. Dit is wat Hy vir hulle gesê het:

Deur die jare is hierdie goeie nuus oor die hele wêreld verkondig en ook aan jou oorgedra. Maar Jesushet nie spesiale mense gebruik om ander van Sy liefde te vertel nie. Hy wil elkeen gebruik wat syvolgeling word. Net soos wat jy die goeie nuus gehoor het, moet jy dit ook aan ander mense oorvertel.

Kan jy uitwerk wat ons moet doen? Maak gebruik van die geheime kode om die woorde hier onder tevoltooi. Ons moet....

12

“Gaan uit, die hele wêreld in, enverkondig die evangelie aan diehele mensdom” Markus 16:15.

= A = R

= D µ = S

= E # = T= J @ = U= L $ = V

= N

µ @ µ $ #

$

Kaartjies ookbeskikbaar by die

kerkkantoorgedurende die

week of voor dievertoning by

die deure

Die Laerskoolkleingroepe (graad 1 tot 6) hetop 23 April hierdie pragtige kunswerk asInkleurprojek voltooi. Elke kind het ‘n deelvan die prent ingekleur om te wys dat hulleook deel is van Wapadrant Gemeente.Besigtig dié pragwerk in die portaal.

13

VERJAARSDAE SAL VOORTAAN OP DIE KENNISGEWINGBORD IN DIE SAALWEES EN NIE MEER IN DIE MAAND-KRANT NIE. DIT KAN OOK OP DIEWEBWERF GESIEN WORD BY http://www.wapadrant.co.za/verjaarsdae.html

Die MAAND-KRANT is

elektroniesbeskikbaar opdie WEBWERF

BYhttp://www.-wapadrant.

co.za/maand-krant

TRAUMASENTRUMDie Traumasentrum ondersteun gemeenskapsledewat gebuk gaan onder:

Gesinsgeweld Dwelmmisbruik Persoonlikheidsafwykings Familieprobleme Pornografie Kindermishandeling Molestering Seksuele misdrywe Selfmoord Misdaad Armoede Probleemtieners Vermiste persone Verlies aan geliefdes Post Traumatiese stres Depressie Ens.

Die gemeenskap word ondersteun deur dievolgende dienste aan te bied:

Emosionele ondersteuning. Psigologiese ondersteuning. Praktiese ondersteuning by: Die Sentrum,

misdaadtonele, hospitale, selfmoordtonele,tuis, skole, die werksplek

Ons verduidelik die verskeie prosesse in termevan: Beskermingsbevele, kriminele prosedures,onderhoud en vele meer.Verwysings na toepaslike instansies,departemente sowel as professionele hulp watbetrekking het tot die spesifieke probleem.

Kontak Collette Nienaber by012 770 7700 / 012 470 4231 [email protected]

29

2019

14

11

10

Des - Feb 2017

Gesins- problemeDwelm verwantGeweldsmisdadeSeksuele misdadeGesinsgeweldAnder

14

15

Attestate/Bewys van Lidmaatskap ontvang van:Van Geref Kerk Brooklyn: Adriaan Willem Janse van RensburgVan NG Wierdapark: Charné Danea VenterVan NH Bethal: Deon Con Muller en Elsie Catharina Muller (Bester)Van Geref Kerk Potgietersrus: Johann Christiaan, Judith Engela de Klerk en dooplidmate Jacobus Johannes enAndries MachielGeref Kerk Cullinan: Levina Catharina Magrietha Bodenstein (Ras)Geref Kerk Alberton-Wes: Johanna Gorerdina Kotze (de Bruyn)Geref Kerk Nylstroom: Carina GroothofGeref Kerk Totiusdal: Izak Hendrik Venter, Schanley Venter (du Toit) en Ruwan

Attestate / Bewys van Lidmaatskap aangevra:Na NG Tygerpoort: Willis de RondeGerhardus Christoffel GroenewaldWendy KosterLiezl Botha en dooplidmate Wiehan, Milandi en ElriCharlotte Catharina Coetzee (Coetzer)

Attestate

16

Madeur Antjie Krog

Ma, ek skryf vir jou ‘n gedigsonder fensie leestekenssonder woorde wat rym

sonder bywoordenet sommer

‘n kaalvoetgedig

want jy maak my grootin jou krom klein handjies

jy beitel my met jou swart oëen spits woorde

jy draai jou leiklipkopjy lag en breek my tente opmaar jy offer my elke aand

vir jou Here God.jou moesie-oor is my enigste telefoon

jou huis my enigste bybeljou naam my breekwater teen die lewe

ek is so jammer mammadat ek nie is

wat ek graag vir jou wil wees nie.

Beroepe ontvangDs CC Mathundela (Chaka) van Daveyton na Rammolutsi.Dr HM Zwemstra (Heinrich) van Pretoria-Annlin na Walvisbaai.

Beroepe aanvaarDr PJ de Bruyn (Paul) van Oos-Londen na Windhoek-Suid.

Beroepe bedankDs WM van der Waal (Willem) van Linden na Walvisbaai.

Beroepsnuus