jaar 15 - uitgawe 8 kontak ons: [email protected] www ... uitgawe 8-20… · 17 maart 2017 om...

6
1 10 Maart 2017 1. BEKENDSTELLING VAN DIE TEOLOGIESE SEMINARIUM VAN DIE NG KERKFAMILIE IN DIE VRYSTAAT: Die Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat, het die afgelope paar jaar tot die oortuiging gekom dat hulle ‘n “voertuig” nodig het om die teologiese studente in hulle opleiding te begelei, te ondersteun en aan te vul. Só is daar gedurende November 2016 gestalte hieraan gegee en is ‘n Teologiese Seminarium vir die NG Kerkfamilie gestig. Studente wat by die Teologiese Fakulteit van die UV inskryf om vir kerklike bediening in die NG Kerkfamilie te kwalifiseer, moet ook by die Seminarium inskryf, want die roete na legitimasie loop deur die Seminarium. Die Seminarium beskik oor ‘n paar personeellede, asook ‘n groot aantal vrywilligers wat as aanbieders van programme en as mentors behulpsaam is met die studente se begeleiding. Op 6 Februarie 2017 word die ideaal van 'n Teologiese Seminarium vir die kerklike begeleiding en bedieningsvorming van teologiese studente, 'n werklikheid in Bloemfontein. Vier oogmerke geniet hulle aandag: die vorming van 'n teologiese identiteit by studente (credo); hul groei in geroepenheid en spiritualiteit; persoonlikheidsontwikkeling en -vaardighede; en deurlopende blootstelling aan die kerklike bedieningspraktyk in hul opleidingsgemeentes. Klik gerus hier vir ‘n inligtingsboekie oor die Seminarium en kyk hier na 2017 se jaarprogram. Die eerste program in die Seminarium vir 2017, was 'n Ontmoetingsretreate op 10 en 11 Februarie vir die Eerstejaars (BDiv I) by die pragtige Vrystaat Botaniese Tuin: 2. ‘N DANKDAG VIR DIE MILDE ReëN: ‘n Dankdag vir reën vind op Vrydag 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, Bloemfontein (oorkant die skougronde), plaas. Wie sou kon dink dat die woestynlandskap van Desember 2016, in slegs twee maaande, in so ‘n lushof omskep kon word? Vir die landbouers is dit regtig ‘n lewensveranderende gebeurtenis wat plaasgevind het en hulle kan die Here nie genoeg daarvoor loof en prys nie! Bring gerus jou familie, vriende, mede-kollegas en enige ander belangstellendes om saam te kom dankie sê vir groot genade en baie seëninge! Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

Upload: buituyen

Post on 07-Feb-2018

231 views

Category:

Documents


12 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 8-20… · 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, ... Ten einde beurse vir die toer te

1

10 Maart 2017

1. BEKENDSTELLING VAN DIE TEOLOGIESE SEMINARIUM VAN DIE NG KERKFAMILIE IN DIE VRYSTAAT: Die Kuratorium van die NG Kerk Vrystaat, het die afgelope paar jaar tot die

oortuiging gekom dat hulle ‘n “voertuig” nodig het om die teologiese studente in hulle opleiding te begelei, te ondersteun en aan te vul. Só is daar gedurende November 2016 gestalte hieraan gegee en is ‘n Teologiese Seminarium vir die NG Kerkfamilie gestig. Studente wat by die Teologiese Fakulteit van die UV inskryf om vir kerklike bediening in die NG Kerkfamilie te kwalifiseer, moet ook by die Seminarium inskryf, want die roete na legitimasie loop deur die Seminarium. Die Seminarium beskik oor ‘n paar personeellede, asook ‘n groot aantal vrywilligers wat as aanbieders van programme en as mentors behulpsaam is met die studente se begeleiding.

Op 6 Februarie 2017 word die ideaal van 'n Teologiese Seminarium vir die kerklike begeleiding en bedieningsvorming van teologiese studente, 'n werklikheid in Bloemfontein. Vier oogmerke geniet hulle aandag:

die vorming van 'n teologiese identiteit by studente (credo); hul groei in geroepenheid en spiritualiteit; persoonlikheidsontwikkeling en -vaardighede; en deurlopende blootstelling aan die kerklike bedieningspraktyk in hul opleidingsgemeentes.

Klik gerus hier vir ‘n inligtingsboekie oor die Seminarium en kyk hier na 2017 se jaarprogram.

Die eerste program in die Seminarium vir 2017, was 'n Ontmoetingsretreate op 10 en 11 Februarie vir die Eerstejaars (BDiv I) by die pragtige Vrystaat Botaniese Tuin:

2. ‘N DANKDAG VIR DIE MILDE ReëN: ‘n Dankdag vir reën vind op Vrydag

17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, Bloemfontein (oorkant die skougronde), plaas. Wie sou kon dink dat die woestynlandskap van Desember 2016, in slegs twee maaande, in so ‘n lushof omskep kon word? Vir die landbouers is dit regtig ‘n lewensveranderende gebeurtenis wat plaasgevind het en hulle kan die Here nie genoeg daarvoor loof en prys nie! Bring gerus jou familie, vriende, mede-kollegas en enige ander belangstellendes om saam te kom dankie sê vir groot genade en baie seëninge!

Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 8-20… · 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, ... Ten einde beurse vir die toer te

2

3. GEMEENTENUUS & ANDER GEBEURE IN ONS STREEK:

Ondersteun hulle gerus!

NG PELLISSIER:

NG NOORDHOEK:

Page 3: Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 8-20… · 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, ... Ten einde beurse vir die toer te

3

DU PREEZ STOLTZ KONSERT TEN BATE VAN TEOLOGIESE STUDENTE: Die Fakulteit Teologie en Religie bied ‘n

Sendingtoer aan vir Teologiestudente tydens die langnaweek in Maart. Baie studente wat graag die toer wil meemaak, kan nie al die kostes self dra nie. Ten einde beurse vir die toer te kan aanbied, word ‘n heerlike konsert gereël as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid:

Sanger: Du Preez Stoltz Datum: Vrydag 10 Maart 2017 Tyd: 18:30 – 19:30 Plek: NG Gemeente De Bloem se kerksaal (Andries Pretoriusweg) Koste: Eie donasie Navrae: [email protected]

ENGO BIED AAN:

MISSIE JAPAN BIED AAN: VRYSTAATSE TIENERS EN JONGMENSE (13 tot 18 jr) - NEEM KENNIS!: Kom geniet ‘n #imagine-experience te

NAMPO-Park, Bothaville vanaf 18 – 20 Maart 2017. Klik hier vir ‘n kennisgewing met meer besonderhede, besoek gerus ook die amptelike webblad.

ESPERANZA JEUGSORGSENTRUM (ENGO) SE KOFFIE-SHOP BIED ‘N ETE AAN MET ‘N “COWBOY”-TEMA:

KLEREDRAG: Trek aan soos “Cowboys”

DATUM: Sondag 26 Maart 2017

TYD: 12:00

PLEK: Esperanza Jeugsorgsentrum, Scrivenlaan, Bainsvlei, Bfn (GPS aanwysings: 29,0044 / 26,0646)

KONTAK: Trysie @ 083 696 2054 (BESPREEK ASB VOORAF)

SPYSKAART: Voorgereg: Corn & Jerky Hoofgereg: Whistle berry stew of Sloppy Joe / Whasp nest / Wagon wheel-slaai Nagereg: Appel muffin of Bear sign Te drink: Brown Gargle of Belly wash KOSTE: Volwassenes R120pp en kinders R80pp

Page 4: Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 8-20… · 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, ... Ten einde beurse vir die toer te

4

4. SIMPOSIUM OOR NAVORSING IN GELOOFSONTWIKKELING EN JEUGBEDIENING – UITNODIGING: Prof Malan Nel stuur die volgende inligting aan: As you may know well, the International Association for

the Study of Youth Ministry meets every second year. It has also become custom that we in South Africa have a Southern African meeting concerning youth ministry in the same year as the International meeting. Such a meeting is being planned for this year again from 12 to 13 September 2017 at the University of Pretoria. Die inligting is in Engels aangesien die uitnodiging ook tot ander Afrika-lande gerig word. Klik hier vir al die besonderhede – indien jy sou belangstel om dit by te woon, voltooi asseblief die inligting by punt 7 op die inligtingsdokument en stuur dit terug aan prof Nel.

5. KARTONHOUERS TE KOOP: Die leë houers wat gebruik was om argivalia in te berg voordat die Argief gebou is,

word te koop aangebied teen R10 elk, dit kan by die Sinodale Kantoor afgehaal word. Dit is regtig baie stewige kartonhouers met deksels en is effens groter as ‘n appelboks. Belangstellendes kan vir Lisma Liebenberg kontak by 051 406 6700 (k), of ‘n e-pos stuur aan [email protected]

6. NUUSBRIEWE:

CLF NUUS: Lees hier meer oor Christelike Lektuurfonds se 60 jaar van genade – van traktaatjies tot pamflette.

MISSIE JAPAN NUUSFLITS: Klik hier vir nuus uit Japan.

7. BEROEPENUUS:

Ds HG (Hennie) Pistorius van die NG Gemeente Langenhovenpark is na die NG Gemeente Upington-Oos (Sinode Noord-Kaapland), beroep. Sy afskeidspreek vind op Sondag 26 Maart 2017 plaas en hy sal vanaf 1 April 2017 in diens van die nuwe gemeente wees – ons beste wense vergesel hom en sy gesin.

Prop CJ (Christo) Schoeman (ex UP 2016) het ‘n beroep na die NG Gemeente Marquard ontvang, dit is vir ‘n Vastetermyn (onbepaalde) pos.

8. VAKATURES:

LERAAR VOLTYDS – NG KOPPIES-WELTEVREDE: Hierdie vakante pos word nou bekend gestel, klik hier vir al die

besonderhede. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Dinsdag 18 April 2017, met diensaanvaarding teen Aug-Sept 2017.

MEDE-LERAAR VOLTYDS – NG MONTAGU: Vir meer inligting oor hierdie vakature, klik hier – sluitingsdatum vir

aansoeke is Woensdag 22 Maart 2017.

VAKATURES OP e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike

instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

9. HERHALINGS: Lees berigte in ‘n vorige Vrypos hier: NG Rietfontein word 100jr en daar word fees gevier! Daar

vind twee musiekgeleenthede plaas, “7 Last Words” op 25/3, asook “Handel se Messias”, op 21 & 22/4, asook die Passiespel,” Judas Iskariot” op 1/4 in die Sand du Plessis-teater. Daar is ook weer ‘n geleentheid vir die manne om ‘n “Mighty Men” by te woon, op 28-30/4. Op 22/3 is daar in Pretoria ‘n konferensie oor Skrifinterpretasie en Skrifgesag - kyk ook na ‘n dagseminaar, “Pa-wonde en ma-wonde” deur prof Wentzel Coetzer op 25/3 in Bfn.

10. VERJAARSDAE: Seënwense vir almal wat die komende week verjaar, mag dit

‘n besondere jaar vir elkeen wees:

10 Maart: Ds Johan-Wepener - ALLANRIDGE - 084 254 8628, [email protected]

11 Maart: Ds Lood Oliver - DAGBREEK - 082 825 9412, [email protected]

Page 5: Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 8-20… · 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, ... Ten einde beurse vir die toer te

5

12 Maart: Dr Danie Kleynhans - LADYBRAND - 083 305 2058, [email protected]

13 Maart: Mnr Dewet Claassens - ENGO - 083 304 8247, [email protected]

14 Maart: Ds Rudolph Strydom - HENNENMAN - 083 294 5321, [email protected]

15 Maart: Ds Anneri du Toit - HUGENOOT - 083 417 7431, [email protected]

11. TEN SLOTTE:

Groetnis tot volgende keer...

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERStuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 14:00)

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

VAKATURE – LERAAR VOLTYDS, NG KOPPIES-WELTEVREDE:

1. GEMEENTEPROFIEL: Koppies-Weltevrede is een van twee gemeentes wat die boerderygemeenskap van Koppies

bedien. Daar is 204 belydende lidmate, 53 dooplidmate en bestaan uit ses plaaswyke en drie dorpswyke. Dit is 65 km noord van Kroonstad geleë. Die gemeente is daarop ingestel om die wil van God te soek en lê baie klem op gebed. Die gemeente het ook ‘n aktiewe aksie om die Woord buite hul gemeente uit te dra deur middel van CD- en DVD-verkope, asook ‘n jaarlikse Paaskonferensie. Daar is ook ‘n sterk sendingbediening wat plaaslik en na buite opereer. Die kinders en jongmense van die gemeente is vir hulle baie belangrik en moet geestelik versorg word.

2. LERAARSPROFIEL: Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat bereid is om die Koninkryk van God bo alles te stel, kan

aansoek doen. Indien u baie tyd met God deurbring, wag op die leiding van die Heilige Gees, ‘n passie het vir herlewing en

Page 6: Jaar 15 - Uitgawe 8 Kontak ons: kerkinfo@ngkvs.co.za www ... UITGAWE 8-20… · 17 Maart 2017 om 11:00 by Senwes se werkswinkel in Curielaan, ... Ten einde beurse vir die toer te

6

die bekering van ongelowiges, aktief betrokke is by die versorging van die gemeente, dit geniet om soms net te kuier en ‘n pad met die jongmense en kinders sal stap, is u die persoon waarna hulle soek.

3. AARD VAN DIE POS: ‘n Voltydse leraarspos met pligte soos in Art 9 van die Kerkorde.

4. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Dinsdag 18 April 2017, met diensaanvaarding Augustus/September 2017.

Slegs aansoeke wat vóór of op 18 April 2017 ontvang is, sal oorweeg word. Die kerkraad behou die reg voor om nie ‘n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

AANSOEKE: Rig u aansoek en CV per e-pos aan, [email protected]. Vir enige verdere navrae, kontak vir

Daleen Erasmus (skriba) by 056 777 1762 (k), of vir ds Braam van Zyl (konsulent), by 082 821 6677, of Frans Jooste by 082 922 6420.

TERUG NA INHOUD

VAKATURE – MEDE-LERAAR (VOLTYDS), NG MONTAGU:

Die Kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord.

Gemeenteprofiel: Montagu gemeente is 163 jaar oud en is in die Ring van Swellendam. Die gemeente bestaan uit dorps-

en plaaswyke, met ‘n ouetehuis. Die dorp het goeie skole en ander fasiliteite. Daar is 1119 belydende en 220 dooplidmate, met 674 besoekpunte - 60% van die lidmate is ouer as 60 jaar, maar daar is ook ‘n baie sterk groep jonger gesinne.

Leraarspligte en profiel: Gewone predikantspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

Besondere klem op die suiwerheid van die Woord en leer soos vervat in die Woord en die Kerk se belydenisskrifte, met die vermoë om aktueel en dinamies te preek vir alle ouderdomme.

Rekenaarvaardigheid word sterk aanbeveel.

Die leraar moet ‘n persoon wees met kreatiewe en vernuwende denke (met respek vir tradisies) en ‘n passie vir die diversiteit van ‘n plattelandse gemeente.

Liefde vir medemense van alle ouderdomsgroepe en die vermoë om in spanverband met die medeleraar te funksioneer.

Moet belangstel in en betrokke wees by die aktiwiteite van die gemeente en fondsinsamelingsaksies.

Die leraar moet bereid wees om die volle spektrum van die bediening te hanteer, maar daar sal gepoog word om die leraar sover moontlik ooreenkomstig die leraar se gawes en belangstellings aan te wend.

Vergoedingspakket: Onderhandelbaar volgens Wes-en-Suid-Kaap sinodale riglyne tot posvlak 3.

Behuising sal onderhandel word.

Aansoeke: ‘n CV, wat bedieningsvoorkeure duidelik aantoon en die besonderhede van minstens drie referente. Stuur aansoeke aan: [email protected]

Sluitingsdatum: 22 Maart 2017

Navrae: Pre-Advies voorsitter: Pieter Steenkamp op 023 614 3100 (k) en ds Charl van Rensburg op 082 880 2161.

Die Kerkraad behou hom die reg voor om nie ‘n beroep uit te bring nie.

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld