jaargang 17 - uitgawe 17 redaksioneelngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/vrypos uitgawe...

8
Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding weer hulle Mediateek bekend (Sinodenuus); let asseblief op die Kouenag- en Klokkieprojekte van Engo (Sinodenuus). Dit is Hemelvaart op Donderdag 30 Mei 2019, die Sinodale Kantoor sal vir dié dag gesluit wees, daar sal ook nie volgende week ‘n Vrypos verskyn nie. Ons gesels dan weer op 6 Junie… Gedagte vir die week: Sommer net die mooi van Herfs, asem dit in… (Foto’s met erkenning aan, vlnr: Tripadvisor, Linda van Blommenstein en Marietjie Hayward) NUUS UIT DIE SINODE Bedieningsbegeleiding Mediateek: Oor die afgelope paar jaar is boeke vir leraars en gemeenteleiers aangekoop om by die Sinodale Sentrum uit te neem. Die Mediateek beskik oor 255 boeke, klik hier vir die volledige lys - tans is 57 hiervan uitgeneem. Die riglyn is dat boeke na twee maande (en op versoek, hoogstens ses maande), terugbesorg sal word. Boeke, wat ook vir ander toeganklik is, kan deur leraars op die wenslys geplaas word vir toekomstige aankope. Die boek, Divine Dance van Richard Rohr, is een van die beskikbare boeke in die Mediateek. Daar is ongelukkig geen rekord van persone wat die volgende boeke uitgeneem het nie en ons sal dankbaar wees om dit terug te ontvang: 1. The Twelve Keys Leader's Guide van Kennon Callahan 2. Die Lewende Stem van die Evangelie van Johan Cilliers 3. The Spirit that guides van Pieter de Villiers 4. Dit is amper dag van Jaap Durand 5. Leadership NEXT - Changing leaders in a changing culture van Eddie Gibbs 6. Missional Church van Darrel Guder 7. Naked Spirituality van Brian McLaren 8. Identity-driven Churches van Malan Nel 9. The Gospel in a Pluralist Society van Leslie Newbigin 10. The Open Secret van Leslie Newbigin 11. Christ & Culture van Richard Niebuhr 12. Nuwe Leiers vir nuwe Werklikhede van Nelus Niemandt 13. The Contemplative Pastor van Eugene Peterson 14. Wat sien ons in die spieël? van Dirkie Smit Vir enige navrae oor die Mediateek, of die verlore boeke, stuur ‘n e-pos aan [email protected] of [email protected]

Upload: others

Post on 07-Apr-2020

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019

REDAKSIONEEL

In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding weer hulle Mediateek bekend (Sinodenuus); let asseblief op die Kouenag- en Klokkieprojekte van Engo (Sinodenuus). Dit is Hemelvaart op Donderdag 30 Mei 2019, die Sinodale Kantoor sal vir dié dag gesluit wees, daar sal ook nie volgende week ‘n Vrypos verskyn nie. Ons gesels dan weer op 6 Junie…

Gedagte vir die week: Sommer net die mooi van Herfs, asem dit in…

(Foto’s met erkenning aan, vlnr: Tripadvisor, Linda van Blommenstein en Marietjie Hayward)

NUUS UIT DIE SINODE

Bedieningsbegeleiding

Mediateek: Oor die afgelope paar jaar is boeke vir leraars en gemeenteleiers aangekoop om

by die Sinodale Sentrum uit te neem. Die Mediateek beskik oor 255 boeke, klik hier vir die volledige lys - tans is 57 hiervan uitgeneem. Die riglyn is dat boeke na twee maande (en op versoek, hoogstens ses maande), terugbesorg sal word. Boeke, wat ook vir ander toeganklik is, kan deur leraars op die wenslys geplaas word vir toekomstige aankope. Die boek, Divine Dance van Richard Rohr, is een van die beskikbare boeke in die Mediateek.

Daar is ongelukkig geen rekord van persone wat die volgende boeke uitgeneem het nie en ons sal dankbaar wees om dit terug te ontvang:

1. The Twelve Keys Leader's Guide van Kennon Callahan 2. Die Lewende Stem van die Evangelie van Johan Cilliers 3. The Spirit that guides van Pieter de Villiers 4. Dit is amper dag van Jaap Durand 5. Leadership NEXT - Changing leaders in a changing culture van Eddie Gibbs 6. Missional Church van Darrel Guder 7. Naked Spirituality van Brian McLaren 8. Identity-driven Churches van Malan Nel 9. The Gospel in a Pluralist Society van Leslie Newbigin 10. The Open Secret van Leslie Newbigin 11. Christ & Culture van Richard Niebuhr 12. Nuwe Leiers vir nuwe Werklikhede van Nelus Niemandt 13. The Contemplative Pastor van Eugene Peterson 14. Wat sien ons in die spieël? van Dirkie Smit

Vir enige navrae oor die Mediateek, of die verlore boeke, stuur ‘n e-pos aan [email protected] of [email protected]

Page 2: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

Bediening: Barmhartigheidsdienste (Engo)

Regshulpfonds vir Nawongo: Hierdie fonds se doel is om fondse in te samel en te voorsien vir die

litigasie-proses teen die Staat, vir die nie-nakoming van vorige hofbevele insake die tekort aan subsidie aan NGO’s/NPO’s in die Vrystaat. Belangstellendes word aangemoedig om deur middel van ‘n maandelikse debietorder, ‘n vrywillige bydrae van R100 per maand tot hierdie fonds te

maak - klik hier vir die debietorder.

Page 3: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

AKTUEEL

EKOLOGIE Stof tot nadenke…

GEMEENTENUUS

NG Waterbron bied aan:

Belangstellendes wat nog kaartjies wil koop, kan vir Juanita by die kerkkantoor kontak op 051 436 1967 (k/u 08:00-13:00)

NG Gardeniapark se basaar: Klik op die biljet regs vir ‘n groter

weergawe, al die inligting is daarop beskikbaar.

Page 4: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

NG Bedelia bied aan:

NG Berg en Dal, Bloemfontein Uitnodiging na ‘n Teologiese Konferensie

'n Herdenking van die Sinode van Dordt vierhonderd jaar later…

Dit vind op Woensdag 29 Mei 2019 by die kerkgebou van NG Berg en Dal plaas (h/v Albrecht en Genl Hertzogstraat, Dan Pienaar) en alle predikante, lidmate en belangstellendes, word hierheen uitgenooi. Registrasie is noodsaaklik, doen dit asseblief teen Maandagoggend 27 Mei - klik hier vir die amptelike uitnodiging met al die kontakbesonderhede.

Sprekers by hierdie geleentheid is, proff Eric de Boer, Rantoa Letsosa, Dolf Britz, ds Jan Lubbe, drr Gert Duursema, Gideon van der Watt, Henco van der Westhuizen en me Anlene Taljaard - vind die program hier

Klik gerus hier vir ‘n rubriek van ds Jan Lubbe wat Dinsdag in Volksblad se Woord en Perspektief verskyn het, dit gee verdere toeligting oor die bedoeling van dié konferensie.

Leraars verdien 6 x VB0-punte wanneer hulle dié konferensie bywoon.

NG Universitas-Wes (Rooikerk) se: Klik hier vir ander gebeure wat op 1 Junie 2019 by die NG Gemeentes Brandfort, Hugenoot, Onze Rust/Reddersburg en Rietfontein plaasvind. Dit het reeds in Vrypos verskyn.

Page 5: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

NG Bloemfontein-Noord (Klipkerk) bied die volgende geleenthede aan: (Hulle is geleë op die h/v Aliwal- en Eerstestraat)

NG Vredefort bied ‘n Buffeljagkompetisie aan: Klik op die

biljet regs vir ‘n groter weergawe met al die besonderhede.

Pinkster - NG Bloemheuwel: Ds Nico van Rensburg van die Goudland Sinode en Brugpredikant by

Potchefstroom Moedergemeente, hou die Pinkstergeleentheid vanaf 2 tot 7 Junie 2019, met afsluiting op Sondagoggend 9 Junie, by dié gemeente (geleë te Haarburgersingel, Westdene in Bloemfontein). Alle dienste, behalwe Sondagoggend, sal om 18:00 begin - vir enige navrae, kontak vir Marieta by die kerkkantoor op 051 447 7468 (Ma-Vr 08:00-13:00). Ds Nico se tema’s is die volgende:

OPLEIDINGSGELEENTHEID

‘n Paar jaar gelede het baie mense na Len Sweet gaan luister. Die vraag oor retoriek in ’n digitale era vra vir méér as net teoretiese kennis, maar dringende aanpassings waarvan net een is... om korter te preek. Nou kan jy vir dr Johan Lötter nooi om werkswinkels oor multisensoriese retoriek in jou omgewing te kom aanbied. Hierdie werkswinkels sluit vyf preeksketse en leesmateriaal, sowel as 20 x VBO-punte, in. Dr Johan nooi ook enige persoon uit om by die NG Gemeente Vredefort te kom

Page 6: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

kuier en te ervaar wat multisensoriese prediking in die praktyk beteken, veral as jy onderhoude met die lidmate wil voer, of met sy preektaakgroep wil kom gesels. Kom kyk gerus hoe hulle die informele dienste hanteer en veral Hartklop, hulle informele aanddienste vir alle generasies, want multisensories is die taal wat alle generasies kan bereik. Hulle help graag om jou gemeente meer effektief na God se Woord te laat luister, deur meer sintuie te betrek en meer interaktiwiteite te skep. Kontak hom gerus op 071 495 0552, of by 056 931 0204 (h) en kyk gerus na sy Facebook-blad - Preekskool.

‘n 40 dae of 6 weke-veldtog vir gemeentes: Die landswye

afskop is op Sondag 28 Julie 2019. Indien jy sou belangstel om meer te leer oor die saamstel van ‘n veldtogspan, asook in opleidingsmateriaal vir Omgeegroepleiers, stuur ‘n e-pos aan [email protected]. Nooi gerus ander gemeentes in jou omgewing om saam met julle hierdie 40 dae-veldtog te doen!

Doel: Om nuwe omgeegroepe te begin of ‘n bestaande omgeegroep te help. Materiaal: Die materiaal is geskryf om gelyktydig koinonia en groei te stimuleer. Wys my hoe: Klik gerus hier om te kyk hoe dit lyk en wat beskikbaar is (Onthou net, jy moet registreer vir hierdie webblad, doen dit eers voordat jy

na alles kan gaan kyk)

Tema’s wat behandel gaan word:

Week 1: Individualisme - “Elke ou vir homself en die duiwel vir die res”

Week 2: Materialisme - “Hoe meer hoe beter…”

Week 3: Commitment - “Ek sal dit doen as ek tyd het…”

Week 4: Geluk en Plesier - “Geniet dit nou en betaal later…”

Week 5: Verhoudinge - “Ignoreer mense af wat nie saamstem nie…”

Week 6: Afgode - “Wat die Here wil is eintlik outyds…”

Klik hier vir ander opleidingsgeleenthede wat reeds in Vrypos verskyn het:

Aurora Werkswinkel in Bloemfontein: Die behandeling van persone met substansgebruiksversteurings - 24 & 25 Junie 2019

Werkswinkel in Pretoria: Gestremdheid vir fasiliteerders van kerke - 22 tot 26 Julie 2019

Brugbediening in Pretoria - Week 1: 29 Julie tot 2 Augustus 2019; Week 2: 4 tot 7 November 2019

Lentekonferensie in Pretoria - 17 tot 19 September 2019

NUUSBRIEWE & PUBLIKASIES

CLF Nuus: Klik hier vir hulle massiewe uitverkoping wat geldig is tot 31

Julie 2019!, of koop sommer direk aanlyn. Vir enige bestellings, stuur ‘n e-pos aan [email protected] of skakel hulle op 021 873 6964.

Pinksterreeks 2019 - God beweeg ná en saam met sy skepping, deur dr Gideon van

der Watt, kan op CLF se webblad afgelaai word, of klik hier vir die volledige reeks.

Vadersdag 2019: Hierdie jaar is dit op

Sondag 16 Junie en Bybel-Media bied spesiale geskenke aan vir die manne in jou lewe, klik hier vir die lys. Bestel asseblief vroegtydig vóór 29 Mei 2019, sodat produkte betyds afgelewer kan

word.

Page 7: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

PREDIKANTENUUS

Aflosleraars: Klik hier vir ‘n lys van leraars/proponente wat beskikbaar is om in gemeentes af te los, vir

preekbeurte, of selfs vir beroepe.

VAKATURES

Sinode Vrystaat Leraar Voltyds - NG Ficksburg: Hierdie gemeente in die Oos-Vrystaat beskik binnekort oor ‘n vakante

leraarspos. Belangstellendes kan hier klik vir meer besonderhede - die sluitingsdatum vir aansoeke is Saterdag 15 Junie 2019.

Sinode Kwazulu-Natal: Leraar (Vastetermyn, 2jr-kontrak) - NG Weenen: Vir meer inligting oor hierdie vakature, klik hier -

sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag 31 Julie 2019.

Vakatures - e-Kerkbode: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante

kerklike instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

VERJAARSDAE

... mag hierdie ‘n besondere dag én jaar vir julle elkeen wees:

26 Mei: Thea Bosman - KOMMUNIKASIE/MODERAMEN - NGK VRYSTAAT - 083 260 4049, [email protected]

Dr Hannes de Kock - BETHLEHEM-NOORD - 082 885 5163, [email protected]

Ds Pieter Möhr van Niekerk - KROONHEUWEL-NOORD - 076 457 0894, [email protected]

28 Mei: Ds Danie Pretorius - VAALPARK, SASOLBURG - 072 580 1866, [email protected]

29 Mei: Dr Hannes Els - KROONSTAD-SUID - 082 438 3284, [email protected]

Dr Christo Herbst -TROMPSBURG - 083 273 5067, [email protected]

TEN SLOTTE

Wat beteken Pinkster? Dit is volgende week Hemelvaart en dan begin die Pinkster-bidure/feeste in die meeste gemeentes. Pinkster is die Christelike fees wat die uitstort van die Heilige Gees herdenk. Pinkster was oorspronklik ’n dankseggingsfees vir die oes (Eks 23:16; 34:22), in Hebreeus genoem die Sjawoe'ot-weke”, wat verwys na die feit dat Pinkster sewe weke ná Paasfees volg. Daarom is die Griekse naam vir die fees pentekosté (50), want dit volg 50 dae (7 weke plus een dag) ná Pasga. Sjawoe'ot is saam met Pasga en die Huttefees, een van die drie pelgrimsfeeste waarvoor Jode in die antieke tyd na Jerusalem opgetrek het.

Daarom was daar tydens die uitstort van die Heilige Gees “godsdienstige Jode” uit al die nasies onder die son in Jerusalem (Hand 2:5) bymekaar en is dit nie toevallig dat die Heilige Gees juis op dié dag uitgestort is nie. Die Gees samel die “vrugte” van die evangelieverkondiging in en bring “die vrug van die

Page 8: Jaargang 17 - Uitgawe 17 REDAKSIONEELngkerkvrystaat.co.za/documents/vrypos/VRYPOS UITGAWE 17...Jaargang 17 - Uitgawe 17 24 Mei 2019 REDAKSIONEEL In hierdie uitgawe stel Bedieningsbegeleiding

Gees” in gelowiges voort. Saam met Paasfees is die Pinksterfees die duidelikste voorbeeld van Joodse feeste wat ná die koms van Jesus as die Messias, op ’n nuwe manier geïnterpreteer is en die oorspronklike betekenis (’n oesfees) se betekenis uitgebrei is as die fees van die uitstort van die Heilige Gees.

(Met erkenning aan christians.co.za)

Mag hierdie tydperk in die kerkjaar vir elke leser ‘n Geesvervulde ervaring wees...

KONTAK ONS

THEA BOSMAN

Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat

Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP VRYPOS WIL INTEKEN, KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp)

AS JY VRYPOS WIL KANSELLEER, KLIK hier

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

Stuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 12:00, behalwe tydens skoolvakansies)

VRYWARING / DISCLAIMER - Klik hier

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld