jaarverslag 2019 akademie leerdertal personeelfotografie: graad 4-7 het een foto vir dié afdeling...

36
1 JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal Volgens Septemberstatistiek: 2015 2016 2017 2018 2019 567 572 587 578 568 Personeel Ons skool het tans 14 departementele posvlak 1-onderwysposte, 2 posvlak 2-onderwysposte, ‘n posvlak 3-onderwyspos, 9 voltydse- en 2 deeltydse beheerliggaamsposte en 3 grondslagfase assistentposte. Die volgende personeel het hierdie jaar by die Oranje-familie aangesluit: Mev. Marteli Ross (Gr. 6A) Mev. Elmarie Roos (Gr. 6B) Mej. Izmari van Wyk (Gr. 3C) Mej. Fran-Mari Swart (LO) Mej. Elandri Venter (Assistent Gr. 3) Mnr. Sarel Klokow (IT-spesialis) Ons het mnr. Alfred Vorster by musiek gegroet en in die tweede kwartaal vir mej. Luzanne Eigelaar in die pos aangestel. Intersenfase Ons leerdertal in die intersenfase staan op 321 wat in 12 registerklasse ingedeel is. Ons probeer sover moontlik poog om ons klasgrotes tot 30 per klas te beperk. Dit is baie bevredigend dat daar reeds interaktiewe borde in sewe klasse is en nog drie word in 2020 geïnstalleer. Ons skool is hierdie jaar gekies om in graad 3 en graad 6, gedurende November, departementele vraestelle te skryf en die leerders en personeel werk baie hard om hiervoor voor te berei. Leerders neem ook graag deel aan enige akademiese vasvra of -kompetisie en dank word uitgespreek aan veral die Wiskunde- en Wetenskapdepartemente waar die personeel baie ekstra ure insit om leiding te gee. Die dogters presteer puik op verskeie terreine. Ons jaarlikse spelkompetisie, wat deur die Afrikaanse departement gereël word, genereer ook ruim fondse en die dogters geniet die beloningsuitstappie na McDonalds terdeë. Akademiese hoof: Mev. A. Fourie Grondslagfase Daar is tans 250 leerders in die Grondslagfase. Elke leerder word as ‘n individu gesien, behandel en onderrig. Hulle word toegelaat om op hul eie wyse en tyd te ontwikkel. ’n Baie belangrike aspek in die Grondslagfase, nl. die leerder se emosionele welstand (veral ten opsigte van haar selfbeeld, wat baie nou met akademiese vordering gepaard gaan), kan dus ook aandag kry. Die dogters kan aan redenaars en “public speaking” deelneem, wat hul menswees diep aanspreek en ontwikkel.

Upload: others

Post on 29-May-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

1

JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal Volgens Septemberstatistiek:

2015 2016 2017 2018 2019

567 572 587 578 568

Personeel Ons skool het tans 14 departementele posvlak 1-onderwysposte, 2 posvlak 2-onderwysposte, ‘n posvlak 3-onderwyspos, 9 voltydse- en 2 deeltydse beheerliggaamsposte en 3 grondslagfase assistentposte. Die volgende personeel het hierdie jaar by die Oranje-familie aangesluit: Mev. Marteli Ross (Gr. 6A) Mev. Elmarie Roos (Gr. 6B) Mej. Izmari van Wyk (Gr. 3C) Mej. Fran-Mari Swart (LO) Mej. Elandri Venter (Assistent Gr. 3) Mnr. Sarel Klokow (IT-spesialis) Ons het mnr. Alfred Vorster by musiek gegroet en in die tweede kwartaal vir mej. Luzanne Eigelaar in die pos aangestel. Intersenfase Ons leerdertal in die intersenfase staan op 321 wat in 12 registerklasse ingedeel is. Ons probeer sover moontlik poog om ons klasgrotes tot 30 per klas te beperk. Dit is baie bevredigend dat daar reeds interaktiewe borde in sewe klasse is en nog drie word in 2020 geïnstalleer. Ons skool is hierdie jaar gekies om in graad 3 en graad 6, gedurende November, departementele vraestelle te skryf en die leerders en personeel werk baie hard om hiervoor voor te berei. Leerders neem ook graag deel aan enige akademiese vasvra of -kompetisie en dank word uitgespreek aan veral die Wiskunde- en Wetenskapdepartemente waar die personeel baie ekstra ure insit om leiding te gee. Die dogters presteer puik op verskeie terreine. Ons jaarlikse spelkompetisie, wat deur die Afrikaanse departement gereël word, genereer ook ruim fondse en die dogters geniet die beloningsuitstappie na McDonalds terdeë. Akademiese hoof: Mev. A. Fourie Grondslagfase Daar is tans 250 leerders in die Grondslagfase. Elke leerder word as ‘n individu gesien, behandel en onderrig. Hulle word toegelaat om op hul eie wyse en tyd te ontwikkel. ’n Baie belangrike aspek in die Grondslagfase, nl. die leerder se emosionele welstand (veral ten opsigte van haar selfbeeld, wat baie nou met akademiese vordering gepaard gaan), kan dus ook aandag kry. Die dogters kan aan redenaars en “public speaking” deelneem, wat hul menswees diep aanspreek en ontwikkel.

Page 2: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

2

Hulle word deurgaans aangemoedig om meer te lees deurdat hul aan die einde van die jaar ‘n leessertifikaat ontvang. Hiervoor moes ’n Graad 1-dogtertjie 30 boeke gelees het, ’n Graad 2 50 boeke en ’n Graad 3 70 boeke. Die personeel is op hoogte van die KBV. Dit verseker dat die leerders kennis en veral vaardighede verwerf wat noodsaaklik is vir verdere onderrig en leer en dit kan toepas op maniere wat vir hulle van onskatbare waarde is. Die waardes van die skool word vasgelê deur mev. Beatrice Theron wat elke kwartaal ’n praatjie oor die waarde van die kwartaal kom aanbied. Die personeel by die Grondslagfase poog deurgaans om die dogtertjies op hul eie, spesiale wyse en tyd te laat ontwikkel en hul na die beste van hul vermoë te onderrig. Hiermee bedank ons ons ouers wat saam hande vat om in die belang van elke dogtertjie reg op te tree en die beste vir haar te bied. Laastens dank ons ons Hemelse Vader vir sy guns en seën deur die afgelope jaar. Departementshoof Grondslagfase: Mej. T. Fourie AKADEMIE Nautilus Daar is vier Nautilus Wiskundekampe in ʼn jaar – 1 per kwartaal. By die kampe leer die leerders baie met betrekking tot probleemoplossing en dit is ʼn wonderlike geleentheid vir die dogters om hulle vaardighede in Wiskunde te verbeter. Ons het leerders geïdentifiseer om aan Nautilus deel te neem en die ouers per brief in kennis gestel. Dit het meegebring dat daar altesaam 69 leerders in die eerste drie kwartale deelgeneem het. Ons hoop om in die 4de kwartaal weer ’n klompie leerders te hê wat gaan deelneem. Indien ’n leerder al vier die kampe bygewoon het, kry sy ’n Nautilus-sertifikaat. Organiseerder: Mev. E. de Klerk Wiskunde-in-Aksie en Wetenskap-in-Aksie

Die Wiskunde-in-Aksie en Wetenskap-in-Aksie is kompetisies wat regoor die land deur die SAOU en

die SA Akademie vir Wiskunde en Wetenskap aangebied word. Nege en twintig van ons dogters het

deelgeneem aan die Wiskundekompetisie en drie en twintig aan die Wetenskapkompetisie, wat op 6

en 7 Augustus 2019 plaasgevind het. Daar word in elke vakgebied ‘n Top 30-groep gekies, wat

deelneem aan ‘n pretdag by die Universiteit van die Vrystaat. Vyf van ons leerders het onder die

Top-30 geëindig in die onderskeie afdelings:

Wiskunde: Monet Meyer en Nanette Jordaan

Wetenskap: Monet Meyer, Zan-Mari van Rooyen, Tsebo Pitso en Millah Smith

Baie geluk aan elke dogter wat baie goed in hierdie uitdagende kompetisies presteer het .

Organiseerder: Mev. N. Geyer

Page 3: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

3

Rekenaarsentrum Die rekenaarsentrum beskik oor 40 rekenaars waarop die leerders werk. Graad 1-7 besoek die rekenaarsentrum weekliks vir ’n uur per klas. Daar word op die volgnde programme gewerk: Graad 1 – 3 werk op Cami, Cami perceptual, Cami Afrikaans en Engels, Lesers is Leiers en Kids CD’s. Graad 4 – 6 werk op dieselfde as bogenoemde. Graad 7- werk drie-weekliks op Cami Wiskunde, Afrikaans en Engels onderskeidelik. Leerders kry die geleentheid om na skool navorsing te doen vir take. Hier is ’n kort opsomming van die programme wat in die rekenaarsentrum gebruik word:

• Cami Wiskunde – ’n omvattende Wiskundeprogram waarop leerders alle

wiskundevaardighede kan inoefen.

• Cami Reader – ’n omvattende lees- en spelprogram waarop leerders se lees- en

spelvaardighede in Afrikaans, sowel as Engels ontwikkel word.

• Cami perceptual – perseptuele vaardighede word hier ingeoefen. Dit sluit motoriese

vaardighede, ouditiewe integrasie, verbetering van geheue en ruimtelike oriëntasie in.

• Lesers is Leiers – ’n lees- en spelprogram waar elke leerder teen hulle eie tempo kan werk.

Rekenaarsentrumhoof: Mev. E. van Rooyen

Biblioteek Al ons dogters, vanaf graad 1 tot graad 7, het die voorreg om ’n biblioteek tot hul beskikking te hê. Ons biblioteek het egter vanjaar ’n splinternuwe baadjie gekry. Vanaf die vierde kwartaal is die biblioteek elke pouse oop vir verskillende grade, asook Maandag- en Donderdagmiddae vanaf 13:45 tot 15:00. Oranje beskik oor ’n hele paar boekwurms wat baie flink boeke uitneem.

Mevv. Jones, Fourie en Gunter het baie ure aan en in die biblioteek spandeer om vir die dogters ’n ongelooflike biblioteek te skep. Die biblioteek het ook ’n nuwe naam gekry: Bibliokwêk. Om dit vir ons dogters makliker te maak, word die boeke volgens 17 temas ingedeel, nl. Afrika-verhale, Ander lande, Avontuur en Spanning, Christelike lektuur, Diereverhale, Fantasie en Sprokies, Jeugromans, Kinderkaskenades, Kortverhale, Oorlogverhale, Resepte, Ruimteverhale, Speurverhale, Spookstories, Sportverhale, Vakboeke asook Kuns en Kultuur. LAPA Uitgewers, asook The Book People het weereens pragtige boekuitstallings en –verkopings in die Sportlokaal gehad. Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Christien Neser, Miranda Jones asook Jose en Reinette Palmer se Tippie-boeke was top-verkopers! As blyk van waardering skenk LAPA 10% van die totale boekverkope in die vorm van nuwe boeke aan die biblioteek. Bibliokwêk spog ook met biblioteekleiers wat vanaf die vierde kwartaal flink sal werk en help in die biblioteek. Elkeen se pligte word só ingedeel dat dit wissel tussen boeke uitteken (uitneem vir 7 dae), boeke terugteken (op die SA-SAMS-stelsel) en boeke alfabeties liasseer volgens die eerste drie letters van die outeur se van. Sonder die hardwerkende, vriendelike en onbaatsugtige hulp en diens van die biblioteekleiers, sal die biblioteek beslis nie kan voortbestaan nie. ’n Opregte dankie aan elkeen van julle! Organiseerder: Mev. C. Jones

Page 4: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

4

Ekspo vir Jong Wetenskaplikes

Die jaarlikse Eskom Ekspo vir Jong Wetenskaplikes het vanaf 25 – 27 Julie 2019 by die Sentrale

Universiteit van Tegnologie plaasgevind. Daar het vanjaar 57 dogters deelgeneem en 53 dogters het

medaljes verower.

Baie geluk aan die volgende dogters wat medaljes verower het:

Goue medaljes:

Jana Bekker, Bea du Toit, Mia Delport, Dantiné Breytenbach, Lia Ploos van Amstel, Dominique du

Plessis, Monet Meyer, Gabriëlle Pienaar, Kaylin Oelschig, Cara Smook, Carlien van der Merwe, Kamryn

Lowe, Michelle Britz, Millah Smith, Chrismarie van der Walt, Kayla Vorster, Yanka Engelbrecht,

Yannique Human.

Silwer medaljes:

Nanette Jordaan, Micke de Andrade, Nicolette du Plessis, Karla Loots, Kgabane Sekobota, Jacomi van

Tonder, Nichola Verster, Jahlia Scheepers, Chandré van Zyl, Aloma Grobbelaar, Hané du Toit,

Hannerie Rossouw, Lané van Rooyen, Carmen-Grace Smith, Ané Loots, Alida Eksteen, Levi Oehley,

Ninke van Zyl, Anriette Otto, Trusten Barnard, Elizaan Human, Lu-Marie Fourie.

Brons medaljes:

Néa Gunter, Niki Pieterse, Cara Conradie, Joanné du Plessis, Anrieke Henning, Lisa Bloem, Michaela

Jansen van Vuuren, Dané Laubscher, Mpho Mokoena, Hannah van Marle, Milla Sypkens, Chris-Mari

Barnard, Ané Hall.

Beste Primêre skool-projek:

Gabriëlle Pienaar en Yannique Human.

Beste Ingenieurs-projek:

Bea du Toit en Mia Delport.

Beste Omgewings-projek:

Michelle Britz en Chrismarie van der Walt.

Tydens die Eskom Ekspo is nege dogters gekies vir die kortlys om aan die Internasionale Eskom

Ekspo byeenkoms te gaan deelneem. Hierdie nege dogters moes weer hulle projekte aan ‘n paneel

beoordelaars aanbied voordat die finale keuse gemaak kon word. Baie geluk aan Bea du Toit, Mia

Delport, Michelle Britz en Chrismarie van der Walt wat gekies is om die Bloemfonteinstreek te gaan

verteenwoordig. Michelle Britz en Chrismarie van der Walt ontvang ’n silwer toekenning tydens die

Internasieonale Eskom Ekspo byeenkoms en Mia Delport en Bea du Toit ontvang ‘n hoogs aanbeveel.

Oranje is voorwaar trots op hierdie pragtige prestasie!

Organiseerder: Mev. E. Roos

Beoordelaars: Mev. E. Roos, Mev. C. Viljoen, Mev. A. Henegan.

Page 5: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

5

Omgewingsvasvra

Oranje het drie graad 6-spanne, wat uit vier dogters elk bestaan, ingeskryf om aan die

omgewingsvasvra deel te neem. Daar kan egter net een span van ’n skool deurgaan na die

semifinale ronde. Een van Oranje se spanne het deurgedring na die semifinale ronde. Vir die

semifinale ronde moes hulle ’n projek voltooi waar hulle verskillende aspekte van lugbesoedeling

toets.

Die vier dogters wat deelgeneem het aan die semifinale ronde is:

Hannah van Marle, Micke de Andrade, Mia Delport en Jacomi van Tonder.

Oranje is baie trots op elke dogter wat deelgeneem het.

Organiseerder: Mev. E. Roos

Astronomievasvra

Oranje het vier graad 7-dogters ingeskryf om aan die Astronomievasvra deel te neem. Daar is van

hierdie vier dogters verwag om ’n inligtingstuk wat handel oor die ruimte en die heelal te leer. Oranje

se span het baie goed gedoen gedurende die eerste twee rondes en het deurgedring na die

semifinale ronde. Ons vier dogters het hulle baie goed van hulle taak gekwyt gedurende die

semifinale ronde en het op dieselfde dag deelgeneem aan die Vrystaat finaal in Bloemfontein.

Die vier dogters wat deelgeneem het aan die Vrystaat finaal is:

Elizaan Human, Zan-Mari van Rooyen, Dominique du Plessis, Carmen-Grace Smith.

Oranje is baie trots op elke dogter wat deelgeneem het.

Organiseerder: Mev. E. Roos

Remediëring en didakties Remediërende onderrig word by die skool aangebied vir leerders wat skolastiese probleme ondervind. Mev. T. Koekemoer en mej. N. van der Walt het tans gesamentlik 135 leerders wat hulp ontvang

t.o.v. lees, spel en Wiskunde. Leerders word individueel onderrig en ouers word op hoogte gehou van die leerders se vordering. Noue kontak word tussen die klasonderwyseres, die Remediërende- leerkragte en ouers gehou om sodoende die beste hulp vir elke leerder se vordering te verseker. Die akademiese vordering van die leerders is van uiterste belang. Leerders wat sukkel met sekere aspekte in Afrikaans, Engels en Wiskunde word deur hulle onderskeie leerkragte gedurende die middae gehelp. Indien ’n leerder egter verdere hulp benodig, word die leerder ingeskakel by

didaktiese klasse. Dié klasse word deur mev. T. Koekemoer, mev. M. van Eyssen en mev. E. de Klerk in die rekenaarsentrum aangebied, waar die leerders die nodige vaardighede oefen tot hulle dit bemeester het. Remediëringshoof: Mev. T. Koekemoer

Page 6: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

6

KULTUUR Vrystaatse Kunswedstryd: Voordrag en Toneel Die skool se leerders het baie goed presteer op alle gebiede tydens die Vrystaatse Kunswedstryd. Baie geluk aan elke dogter wat Oranje se naam hoog gehou het. Fotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7 het vyf spreekkore vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: Graad 1B A+ Graad 3C A++ Prestige Aand Algehele Grondslagfase wenners Graad 7A A+ Graad 7B A+ Graad 7C A Gedigte: Graad 2-7 het 30 gedigte vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: 5 A - simbole 13 A+ - simbole 12 A++ - simbole Gedramatiseerde gedigte: Graad 1-7 het 36 gedramatiseerde gedigte vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: 1 B - simbool 4 B+ - simbole 9 A - simbole 10 A+ - simbole 12 A++ - simbole Prosastuk: Graad 4-7 het drie prosastukke vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: 1 A - simbool 2 A++ - simbole Toneel: Monoloog: Graad 4-7 het drie monoloë vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: 3 A++ - simbole Toneel: Saamspraak Graad 4-7 het een saamspraak vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: A+ Organiseerder: Mev. M. Ross

Page 7: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

7

Intersen-redenaars Skoolredenaars Die eerste en tweede uitdunrondes het onderskeidelik op 7 Februarie 2019 en 21 Mei 2019 plaasgevind. Wenners van die uitdunne is deur na die finaal, wat op 13 Augustus 2019 gehou is. Die wenners van graad 4-5 was: 1. Elri Cloete 2. Caylin Smith 3. Danny Pienaar 4. Chanette Jansen van Vuuren Die wenners van graad 6-7 was: 1. Kamryn Lowe 2. Cara Conradie 3. Donna Le Roux Radikale Redenaars Die Radikale Redenaars streeksuitdunne het op 13 April 2019 by Jim Fouché plaasgevind. Al die leerders het besonder goed gevaar. Provinsiaal Die Radikale redenaars Vrystaat Finaal was op 25 Mei 2019 te Jordania Laerskool, Bethlehem gehou. Die volgende dogters hul baie goed van hul taak gekwyt:

• Kamryn Lowe

• Cara Conradie

• Elri Cloete

Die volgende dogters het ook by die Radikale Redenaars Vrystaat Finaal deurgedring na die Nasionale Finaal wat op 12 Oktober 2019 by Laerskool Constantiapark in Pretoria plaasgevind het.

• Kamryn Lowe , Elri Cloete en Ellé Cloete Ellé Cloete was wen haar afdeling en kry die skool se goue medalje.

Oppie-tong-af-Redenaars Die Vrystaat uitdunne van Oppie-Tong-Af Redenaars het op 16 April 2019 by Jim Fouché plaasgevind. Kamryn Lowe het besonder goed gevaar en is deur na die Nasionale finaal wat op 3 & 4 Oktober 2019 by Midstream Ridge Primêr gehou is.

Page 8: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

8

Podiumpret Die Podiumpret-redenaars is op 24 Mei 2019 by Willem Postma Primêre skool gehou. Die volgende dogters het deurgedring na die Nasionale finaal wat op 7 September 2019 in die Paarl by HS Paarl Gimnasium plaasgevind het:

• Kamryn Lowe

• Mia van Staden

Kamryn Lowe is die enigste leerder wat gaan deelneem het en sy het in beide Afrikaans- en Engels, ervare toesprake, 100% behaal. Sy is dus aangewys as die Graad 7-wenner, asook die kategoriewenner. Kamryn ontvang ’n vergulde goue plaatjie by die Afrikaanse Taal Monument. ATKV-redenaars Die volgende leerders wat op 10 en 11 Mei 2019 aan die ATKV-Redenaarskompetisie se eerste ronde by Willem Postma Primêre Skool in Bloemfontein deelgeneem het, het deurgedring na die semifinale ronde wat op 31 Mei 2019 en 1 Junie 2019 te Kroonheuwel Primêre Skool, Kroonstad gehou was. Weereens blink Oranje-dogters uit. Streeksuitdunne: Graad 4-5: Chanette Jansen van Vuuren Caylin Smith Mia van Staden Elri Cloete Graad 6-7: Kamryn Lowe Daniëlle Jacobs Anje du Plessis Monet Meyer Vrystaat finaal:

• Ellé Cloete behaal ’n derde plek in graad 1-3 Afrikaans Huistaal.

• Mia van Staden behaal ’n tiende plek in graad 4-5 Afrikaans Huistaal.

• Daniëlle Jacobs en Monet Meyer behaal onderskeidelik ’n sewende en agste plek, vir

graad 6-7 Afrikaans Huistaal.

• Kamryn Lowe is aangewys as die topspeker in die Vrystaat in die kategorie graad 6-7

Afrikaans Huistaal vir oorbereide- én onvoorbereide toesprake.

Nasionale finaal:

Kamryn Lowe dring deur na die Nasionale finaal wat op 1 Augustus 2019 by ATKV-Goudini Spa gehou is. Sy eindig derde in die land. Baie geluk, Kamryn! Dis weereens ’n bewys dat harde werk en deursettingsvermoë die sleutel tot sukses is. Ons is ongelooflik trots op jou! Organiseerder: Mev. M. Ross

Page 9: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

9

Dink-of-Sink debat

Volksblad se Dink-of-Sink debatskompetisie vir laerskole het weereens hierdie jaar by die Eduplus

Onafhanklike Skool plaasgevind. Oranje het twee spanne ingeskryf.

Die Juniorspan (graad 4 en 5) het bestaan uit Elri Cloete, Chanette Jansen van Vuuren en Margot

Vivier en hulle was ook die wenners van die dag.

Die Seniorspan (graad 6 en 7) het bestaan uit Mia Delport, Micke de Andrade en Monet Meyer.

ʼn Opregte woord van dank en waardering aan elke dogter, asook hulle ouers, wat hulle die

geleentheid gebied het om hul talent uit te leef. Hou asseblief aan om u dogter te motiveer om aan

te hou deelneem aan redenaars en debat. Dit help met die ontwikkeling van gebalanseerde sprekers,

wat hulself in die toekoms kan handhaaf.

Organiseerders: Mevv. M. Myburgh en M. Ross

Grondslagfase Redenaars Die Grondslagfase Redenaars vind in die eerste- en tweede kwartale plaas en die finaal vind in die derde kwartaal plaas. Daar word aan alle dogters, vanaf graad een tot graad drie, die geleentheid gegee om deel te neem. Hierdie jaar het daar altesaam 22 dogters deelgeneem. Uit hierdie 20 dogters is daar agt dogtertjies gekies wat in die finale ronde gepraat het waar die algehele wenner aangewys is. Tydens die finaal is Ellé Cloete as wenner van die Grondslagfase Redenaars aangekondig. In die tweede plek was Danaé du Plessis en Annabel van Zyl was derde. Tydens die eerste ronde van die skool se redenaarskompetisie word daar ook vier dogters gekies om aan die ATKV se eerste ronde te gaan deelneem en Oranje te verteenwoordig. Hierdie vier dogters was Ellé Cloete, Clerise Smith, Reagan-Lee Johns en Annabel van Zyl. Die dogters het hul uitstekend van hul taak gekwyt en drie van hulle, Ellé, Reagan-Lee en Annabel het vir die semifinale ronde gekwalifiseer . Ellé het daar ′n derde plek behaal. Ons kan met trots sê dat Oranje se dogters nie skaam is om hul menings te lug nie en waarlik uitstaan as dogters met ′n uitstekende woordeskat, kleurvolle taalgebruik en die vermoë om ander te oorreed met hul standpunte. Organiseerder: Mev. C. Nel

Public Speaking: Intersenfase Die Public Speaking het op Maandag, 19 Augustus 2019 plaasgevind. Ons is baie trots op die sprekers wat daarin geslaag het om die gehoor en die beoordelaars met hul uitstaande talent te beïndruk.

Wenners van gr. 4-5:

1. Elri Cloete 2. Margot Vivier 3. Irma-Zahn Rossouw

Wenners van gr. 6-7:

1. Kamryn Lowe 2. Cara Conradie 3. Bea du Toit 4. Hannah van Marle

Organiseerder: Mev. M. Ross

Page 10: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

10

Public Speaking Grondslagfase Die graad 2- en 3 sprekertjies het die geleentheid gehad om op 19 Augustus 2019, saam met die Intersenfase, deel te neem aan Public Speaking. Daar was slegs een ronde, wat ook as finaal gedien het. Ons het ses deelnemers gehad en hul toesprake was van hoogstaande gehalte. Die wenner ontvang die Public Speaking Floating Trophy vir die beste Grondslagfase-spreker tydens die prysuitdeling. Die uitslae was as volg:

1. Ellé Cloete 2. Xena van Rensburg 3. Lika Claassens

Drie ervare beoordelaars het die sprekertjies gelukgewens met die deeglike voorbereiding van hul toesprake en afgeronde optredes. Waardevolle wenke is ook aan die jong redenaars oorgedra . Die Public Speaking vir 2019 is met ’n suksesvolle aand afgesluit. Organiseerder: Mev. E. Pretorius

Musiekdepartement Daar is tans 158 leerders by die musiekdepartement wat onderskeidelik klavier-, viool-, kitaar-, blokfluit-, marimba-, sang-, asook teorielesse neem. Die musiekdepartement beskik oor instrumente wat deur die leerders gehuur kan word. Die musiekdepartement akkommodeer nie net leerders van die Primêre Skool nie, maar ook van die Sekondêre Skool. Gekose leerders neem aan die kunswedstryd, asook eksterne eksamens, nl. UNISA, Trinity en Royal Schools deel. Alle leerders maak deel uit van die kamerkonserte wat in die eerste, derde en die vierde kwartale plaasvind. Ons het ook hierdie jaar ‘n weeklikse pousekonsert aangebied en dit is baie goed ondersteun. Nuwe personeel wat vanjaar by ons departement aangesluit het, is mej. L. Eigelaar – klavier, blokfluit en teorie. Die musiekdepartement bied aan die einde van die tweede en vierde kwartaal ook musiekevaluerings aan en dogters moet hard oefen om goeie punte te behaal. Die musiekdepartement spog ook met vier marimbagroepe wat reeds by die Pietie Coetzee hokkietoernooi en by die Vrystaatse Kunswedstryd opgetree het. Musiekpersoneel: Mnr. W.J. Stander, mej. L. Eigelaar, mev. M. de Waal, mev. M. Steyn en mej. E. Raath. Musiekeksamens 21 Leerders van die musiekdepartement is ingeskryf vir eksterne praktiese musiekeksamens en nege leerders vir teoretiese eksamens van UNISA, Trinity en Royal Schools. Ons dogters het baie goed presteer. Ons skool is ook goedgekeur as een van die internasionale musiekeksamensentrums en Royal Schools (ABRSM) se musiekeksamens het vanjaar plaasgevind in die Rachel Steynsaal. Die musiekdepartement is ook trots daarop dat hul gevorderde eksamens vir hoërskooldogters aanbied. Hul neem ook deel aan die kunswedstryd en eksterne eksamens. Musiekpersoneel: Mnr. W.J. Stander, mev. M. Steyn, mev. M. de Waal en mev. E. Raath.

Page 11: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

11

OMS-Orkes Die OMS-orkes bestaan uit 16 leerders wat onderskeidelik viool en tjello speel. Die orkes speel by verskeie saalbyeenkomste deur die loop van die jaar. Die OMS-orkes behaal vanjaar ‘n A+ simbool by die Vrystaatse Kunswedstryd en sien uit daarna om by die kamerkonsert in die vierde kwartaal op te tree. Dirigent: Mej. E. Raath Begeleier: Mev. M. Steyn Kunswedstryd – Musiek Altesaam 52 leerders het vanjaar aan die Vrystaatse Kunswedstryd deelgeneem. Leerders het aan verskeie kategorieë deelgeneem, o.a. klavier-, viool-, blokfluit- en sangsolo’s. Die leerders het as volg presteer: A+ simbool: 6 A simbool: 27 B+ simbool: 19 B simbool: 11 Musiekpersoneel: Mnr. W.J. Stander, mev. M. de Waal, mev. M. Steyn en mej. E. Raath. Junior- en seniorkore OMS Primêr beskik oor twee kore, naamlik die junior- en seniorkoor. Die seniorkoor het ‘n besonder besige jaar agter die rug. Hulle behaal ‘n A++ simbool op die Vrystaatse Kunswedstryd en stap weg as kategoriewenners, ‘n Goue toekenning by die ATKV Applous Streekfees en dring deur na die finaal, waar hulle ‘n Nasionale tweede plek verower met ‘n Goue toekenning en 86,33% behaal. Hulle dring ook deur na die Sing in Harmonie finaal in Johannesburg. Die koor word aangewys as die algehele wenners van die Pellissier Koorkompetisie en het ‘n suksesvolle konsert in die Sand du Plessis Teater tydens A Choral Celebration Festival gehad. Die seniorkoor is ook uitgenooi om saam met Pellissier-Jonkorkes op te tree by die jaarlikse Vrystaatse VCSV-kamp. Mej. Luzanne Eigelaar is die nuwe dirigent van die juniorkoor en hulle het tydens Foyer Produksies se Fees van Musiek met ADAM, hul eerste optrede, onder mej. Eigelaar se leiding, gehad. Die optrede was pragtig en ons dogters geniet dit om in die juniorkoor te sing. Die kore het ook by verskeie ander geleenthede gedurende die jaar, o.a. saalbyeenkomste, die skool se verjaardag, die prysuitdeling en die graad 1-dag, opgetree.

Koorleiers: Begeleiers: Juniorkoor: Mej. L. Eigelaar Mev. M. Steyn Seniorkoor: Mnr. W.J. Stander Mev. M. Steyn

Page 12: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

12

VCSV Die fokus van die VCSV is om ons dogters geestelik te laat groei en toe te rus met Bybelse kennis om as sterk Christen-individue in die samelewing en in die skool op te tree. Die VCSV is vir grade 4-7 en die byeenkomste is weekliks ’n uur lank. Lofprysing, wat ons “Lofeendjies” noem, vind kwartaalliks plaas. In die eerste kwartaal het ons gefokus hoe om met God ’n verhouding te bou in ’n wêreld wat vol uitdagings is. Ons het praktiese maniere gevind oor hoe om tyd met die Woord en in gebed te spandeer. Daar het ook Lofeendjies vroeg in dié kwartaal plaasgevind. Mev. Beatrice Theron en ’n musiekspan het gesorg dat die aand ’n reuse sukses was. In die tweede kwartaal het ons gefokus op Pinkster. Eugene Lombaard, van Doxa Deo-gemeente, het die Pinksterreeks vir ons intersenfase aangebied. Hy het op Miga 6:8 gefokus om te wys hoe God wil hê ’n Christen se lewe moet lyk. Ons moet ‘n lewe van nederigheid leef en nie dink ons is beter as ander nie. Ons moet Jesus se liefde met ander mense deel en nie selfsugtig wees met die liefde nie. Dit is juis wat God gedoen het. Hy het Sy liefde met die wêreld gedeel deur Sy seun Jesus vir ons te stuur. Ons elkeen het ’n spesifieke doel op aarde. Nie net moet ons getuig nie, ons moet Jesus se hande en voete wees. Ons verhouding met God moet oorgaan in dade. Mev. Beatrice Theron het die Pinkster van graad 1-3 behartig. Ons dogters het geleer oor die uitstorting van die Heilige Gees en hoe God Sy Gees in elkeen se hart geplaas het. Sy het vir ons dogters geleer dat ons reeds die Gees ontvang het en dat dit ons in staat stel om in Gees en waarheid te bid. Die dogters is gelos met Matteus 28:20 wat wys dat Vader God ons nooit alleen los nie. Wat ’n groot voorreg om Pinkster by ons skool te kan vier. Die derde kwartaal was baie spesiaal en ons het gefokus op hoe ongelooflik en onbeskryflik God is. Ons God is ’n persoonlike God wat in jou hart belangstel, wat jou hartseer maak, wat jou gelukkig maak en ook jou drome en bekommernisse is vir Hom belangrik. Soos altyd was die Lofeendjies ’n groot hoogtepunt! Tydens die Lofeendjies het ons wol ingesamel om aan “beanies-4-babies” te skenk. Hulle is ’n organisasie wat vir prematuur babatjies mussies en kousies brei of hekel. Dit is so ’n groot voorreg om in ’n skool te wees waar ons dogters hul Christenskap waarlik by die VCSV kan uitleef. Organiseerders: Mej. I. Strauss Mev. B. Theron

Kwaakblad Kwaakblad 2019 – ’n jaar propvol nuus. Hierdie jaar se Kwaakblad spog nie net met ’n nuwe,

entoesiastiese klompie dogters nie, maar ook wonderlike personeel wat as die uitvoerende komitee dien. Met al die kreatiwiteit en kennis het ons hierdie uitdaging met albei hande aangegryp en het ons twee pragtige uitgawes die lig laat sien. Die Kwaakblad gee vir dogters die geleentheid om verslag te doen oor die doen en late van die skool. Ons skroom nie om sensitiewe sake aan te spreek en bewuswording by ons lesers te kweek nie. Dit dien as ’n spreekbuis vir ons jong verslaggewers. Dit is met groot dankbaarheid teenoor al ons adverteerders vir hul ondersteuning dat een 16-blad-uitgawe en een 12-blad-uitgawe moontlik gemaak is.

Page 13: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

13

Die volgende dogters was deel van die trotse Kwaakbladredaksie: Redaksielede: Monet Meyer (redaktrise), Cara Conradie (sub-redaktrise), Mia Delport,

Micke de Andrade, Bea du Toit, Zané Volschenk, Carmen-Grace Smith, Yannique Human, Hannerie Rossouw, Nicola Styger, Anriette Otto en Greta Maschke.

Organiseerders: Mev. A. Gunter, mev. A. Henegan, mev. E. Pretorius, mev. M. Myburgh

mev. M. Ross en me. E. Venter. SPORT Atletiek In 2019 het dit baie goed met die atletiek gegaan , ten spyte van beperkte oefenterrein en botsings met ander aktiwiteite. Van die 42 atlete wat aan die Motheo/Xhariepbyeenkoms deelgeneem het, is 23 atlete ingesluit in die Suid-Vrystaatspan wat in Maart aan die Vrystaatkampioenskap in Sasolburg gaan deelneem het. Die atlete het uitstekend gevaar en vier van ons atlete is in die Vrystaatspan ingesluit: Cara Smith, Amy Fröhlich, Carlé Stockenström en Anri van der Westhuizen. Tydens dié Nasionale Primêre Skole-atletiekkampioenskap in Germiston, het die atlete as volg presteer:

Anri van der Westhuizen : 1ste in hoogspring en 7de in die 100m Cara Smith : 9de in 75m hekkies Carlé Stockenström : 5de in die 800m en 1500m Amy Fröhlich : 13de in versping

Ons is baie trots op hierdie atlete met hul pragtige prestasies.

Organiseerder: Mev. C. Jones Afrigters: Mev. C. Meintjes, mej. N. van der Walt, mev. C. Nel, mej. J. Van Heerden,

mnr. G. Neels

Hokkie Die eerste hokkiespan, vergesel deur mev. E. Le Roux (spanbestuurder) en mnr. M. Odendaal (afrigter), het gedurende die Maartvakansie aan die ECHS o. 16 hokkietoernooi in Bethlehem deelgeneem en eerste geëindig. Trusten Barnard is as o.16 Speler van die toernooi, Jessica Barnard as voorspeler en Anriette Otto as verdediger van die toernooi aangewys. Gedurende die Julievakansie het die o. 13A- en o. 11A-spanne aan die ECHS hokkietoernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die o. 13A-span het eerste en die o. 11A-span sesde in die o. 13-afdeling geëindig. Trusten Barnard is weereens as speler van die toernooi, Jessica Barnard as voorspeler en Anriette Otto as verdediger van die toernooi aangewys. Daar was 169 dogters wat vanjaar hokkie gespeel het en 26 spanne is vir die liga ingeskryf. Oranje se spanne het baie goed gevaar. Oranje het 122 wedstryde gespeel en wen 86 wedstryde, verloor 23 en speel 13 gelykop. Oranje het 499 doele aangeteken en net 144 doele afgestaan. Die volgende spanne was onoorwonne in die liga: o. 7B, o. 8A, o. 8E, o. 11B, o. 9C, o. 12A, o. 12B en o. 13B

Page 14: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

14

Die volgende spanne het net een wedstryd gedurende die liga verloor: o. 7A, o. 9A, o. 9B, o. 9D, o. 9E, o. 10A, o. 10B, o. 10C, o. 10D, o. 10E, o. 11A, o. 12C, en o. 13A. Toernooie waaraan Oranje deelgeneem het: 11 Mei - St. Michael’s-hokkiedag 27 Julie - Eunice-hokkiedag 17 Augustus - Tjokkies-hokkiedag Die volgende dogters is gekies vir die Suid-Vrystaathokkiespan in die onderskeie ouderdomsgroepe: o. 14A: Carolien Wessels o. 13A: Trusten Barnard, Kamryn Lowe, Anriette Otto, Mia Schimper, Nina Schimper en Cara Smith. o. 13B: Amy Fröhlich, Mari Nortje, Levi Oehley en Carlé Stokenström. o. 12A: Jessica Barnard, Kirsten Booysen, Xylia Choene, Mira Rossouw en Zané Volschenk. o. 12B: Anché Botha, Imce Botha, Danielle Jacobs en Chanette Jansen van Vuuren. Die o. 12A-, o. 13A- en o. 14A-span het goue medaljes in hul onderskeie toernooie gewen. Die o. 12B’s het vierde geëindig. Trusten Barnard is by die o. 13A-toernooi as belowendste speler aangewys en sy het die meeste doele aangeteken. Carlé Stockenström het by die o. 13B-toernooi die meeste doele aangeteken. Die Pietie Coetzee-hokkietoernooi is vanjaar vir die sestiende jaar aangebied. Oranje is baie trots op ons Eerste hokkiespan wat eerste in die toernooi geëindig het. Baie geluk ook aan mnr. Morné Odendaal, afrigter van die eerste hokkiespan. Organiseerder: Mev, E. le Roux o. 13A-Spanbestuurder: Mev. E. Le Roux Afrigters: Mnr. M. Odendaal (o. 13A), mev. M. Ross (o. 12C).

Mev. A. Naudé (o. 11A), mev. A. Henegan (o. 11B), me. R. Burger (o. 9C en -D) me. I. Strauss (graad 2C en -D) en me. N. van der Walt (graad 1B en 2B).

Buite-afrigters: Graag 1 en 2 Mev. R. Gerber Graad 1-3 Mev. E. Coetzer

o. 9A en -B Me. K. Mentor o. 10C en -D Mnr. A. Welthagen

o. 10A, -B en 12A Mnr. R. Van Jaarsveldt o. 12B Me. N. Van der Westhuizen o. 13B Me. M. Oosthuizen Tennis Gedurende 2019 het vyf spanne aan die o. 14-stadsliga deelgeneem. Die o. 11-stadsliga vind gedurende die vierde kwartaal plaas en vier van ons spanne neem hieraan deel. Die skool se eerstespan het hierdie jaar die Amanda Coetzer tennistoernooi gewen. Die eerstespan het ook die Truida Kestell Laerskooltoernooi gewen. Gedurende die vierde kwartaal neem hierdie span in die Paarl deel aan die Gerrie Berner-toernooi. Twee van ons o. 10-spanne het weer vanjaar deegeneem aan Newton Primêr, in Kimberley, se tennistoernooi. Dit het ook graad 2- en graad 3-eendjies ingesluit, wat vir die heel eerste keer gaan toer het. Ons klein tennissterre het baie goed presteer. Albei spanne het hulle onderskeie afdelings gewen.

Page 15: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

15

Daar neem 5 spanne van Oranje deel in drie afdelings van die o. 14-liga. Die A- en B-spanne speel in die eerste liga. In hierdie afdeling is ons A-span onoorwonne. Ons C- en D-spanne speel in die tweede liga. OMS C wen al hierdie wedstryde. In die derde liga speel OMS E teen ander skole se A- en B-spanne en behaal goeie uitslae. Die volgende spelers het Mangaung Metro in hul verskillende ouderdomsgroepe verteenwoordig: o. 10A: Anneke Linde, Cara Louw, Mandie Claassens, Natania Bezuidenhout. o. 10B: Lienca Ferreira, Lika Claassens, Inge Ferreira. o. 12A: Donna le Roux, Ansoné Theron, Zané Volschenk, Lienke Aucamp. o. 12B: Joanné du Plessis, Ciske Buys, Chené Claassens, Margot Vivier, Chanette Janse van Vuuren,

Bea du Toit. o. 14A: Nina Schimper, Mia Schimper, Ilke van Velden. o. 14B: Amy Fröhlich, Chrismarie van der Walt, Hané du Toit en Mari Nortje. Die volgende spelers het die Vrystaat gedurende die jaar verteenwoordig: o. 10: Cara Louw, Anneke Linde. o. 12: Donna le Roux, Ansoné Theron, Zané Volschenk. o. 14: Nina Schimper, Mia Schimper. SA verteenwoordigers: Nina Schimper, Mia Schimper, Donna le Roux. Organiseerder: Mev. L. van Rooyen. Hulp: Mev. M. Swart en Mev. E. Roos. Afrigters: Mev. I. Fichardt en Mnr. G. Fichardt. Minitennis Tussen 80 en 90 graad 2 en graad 3 leerders het hierdie jaar minitennis-afrigting ontvang. Gedurende die tweede kwartaal het ’n baie vol oefenprogram rakende netbal en hokkie ons genoop om minitennis in LO-periodes aan te bied. Die graad 1-klasse se minitennisoefeninge was gedurende die tweede en derde kwartaal in LO-periodes – dus ’n 100% deelname vir graad 1. Die afrigting van die graad 1’s word steeds deur mev. Isabel Fichardt en haar hulpafrigters behartig. Na deeglike beplanning is daar genoeg oefentye vir al die spelers in die Grondslagfase ingeruim en veral gedurende die derde kwartaal het die vaardighede van die spelers baie mooi ontwikkel. Vier afrigters is betrokke by die graad 2- en graad 3-spelertjies. Ons het drie minitennis-spanne en die A- en B-spanne het op 31 Augustus aan die Grey Kollege minitennistoernooi deelgeneem. Hulle het uitstekend presteer, ook teen die seuns, en het algeheel tweede geëindig. Slegs Grey se A-span kon hul wen. Die A-, B-, en C-spanne speel vriendskaplike wedstrydjies teen Grey, aangesien daar nie meer ’n formele minitennis-liga vir die Bloemfontein-skole bestaan nie. 2019 was ’n suksesvolle jaar vir OMS Primêr se minitennis. Organiseerder: Mev. E. Pretorius Afrigters: Mev. E. Pretorius, me. Izmari van Wyk, me. Franmari Swart, mev. G. M.

Oosthuizen.

Page 16: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

16

Netbal Oranje is voorwaar baie trots op elke netbalspeler wat hierdie jaar so getrou kom oefen het en in elke wedstryd net haar beste gegee het. Julle geniet nie net julle netbal nie, maar hou die skool se naam hoog. Die netbalseisoen was baie opwindend hierdie jaar, aangesien daar so baie gebeur het. Al die spanne van o. 7 tot o. 13 het netbal van baie goeie gehalte gespeel en veggees soos “leeuwyfies” gewys. Die o. 12 en o. 13 spanne het as skolewenners van die Primêre skole in Bloemfontein, toe streekwenners en toe amper as nasionale wenners uit die stryd getree. Die mininetbal het na elke toernooi nuwe sterre opgelewer en tydens die proewe het Oranje die keurders laat kopkrap. Die netbalseisoen het sommer vroeg in die eerste kwartaal begin toe sommige spanne aan verskeie toernooie gaan deelneem het. Die netballiga het vroeg in die tweede kwartaal begin. Gedurende die netbalseisoen is ons dogters baie lekker netbalfiks en kompeteer hulle week na week om as wenners in hul wedstyde te eindig. Bo en behalwe die verpligte netballiga neem ons mini-netbalspanne (o. 7, o. 8 en o. 9) ook deel aan drie van die vyf mininetbaltoernooie wat Vrydae by verskillende skole gespeel word . Die mininetbal hou nie telling nie, maar die dogters doen baie goeie netbalervaring op, hulle leer om wedstrydfiks te raak en hulle is beslis groot kompetisie vir die ander skole. Die o. 13 A-span verteenwoordig Oranje Primêr weer by die gewilde Wildeklawer toernooi te Kimberley. Alhoewel daar nie algehele wenners aangewys is hierdie jaar nie, het ons dogters baie goed gevaar en kwaliteit netbal gespeel. Die o. 11 A-span is aangewys as die algehele wenners, in hulle groep, tydens die Bloemfontein Laertoernooi. Tydens ons eie o/11-Netbaldag spog ons dogters nie net met ons mooi skool- en sportgeriewe nie, maar is goeie kompetisie vir al die besoekende skolespanne. Die o.12 en o.13 A-span dogters het aan die netbalproewe deelgeneem om in aanmerking te kom vir ‘n Suid-Vrystaat of Vrystaatspan wat dan aan die All Ages toernooi te Boksburg gaan deelneem het. Twee van die o. 12 dogters, Jaslynn Seclave en Marianne Louw, het die Vrystaat se naam op die toernooi hooggehou. Die kameraderie en netbalondervinding wat die dogters opdoen is van groot waarde. Hulle span het in hulle ouderdomsgroep tydens die toernooi sesde geëindig. Die kampioenskap vir Primêre skole te Boksburg is vir ons o. 13 dogters die kersie op die koek en hulle werk en speel baie hard om daarheen te kan gaan. Die o. 13 A-span het vir baie opwinding gesorg en het derde geëindig en ‘n bronsmedalje huistoe gebring. Die o. 12 A span het verseker dit nie maklik vir die ander spanne gemaak om te wen nie en behaal dertiende plek. Vele male moes hulle opponente baie hard werk om maar slegs met ‘n punt of twee die wenners te wees. Aan die einde van die seisoen was daar altesaam 4 spanne wat onoorwonne was gedurende die liga na 6 ligawedstryde wat gespeel is, o. 7B, o. 7C, o. 9C, o. 11A , o. 12 A en o.12. B. Baie geluk aan dié spanne wat ‘n goeie voorbeeld is vir die res van die skool. Die D-spanne kry nie altyd genoeg wedstryde om te speel nie, tog het hierdie dogters aanhou oefen en nooit fokus verloor nie. Daar was ook ‘n groepie dogters wat nie plek in enige span gekry het nie en tog ook aanhou oefen het. Hierdie dogters het wel ‘n geleentheid gekry om ook ‘n wedstryd te speel tydens die netbalseisoen. Baie dankie aan elke afrigter, binne- en buite skoolverband wat nie net aan hierdie dogters bal-, speel- en fiksheidvaardighede leer nie, maar dit ook vir die dogters lekker maak om netbal te geniet. Dankie ook aan die afrigters wat gedurig op hoogte moet wees van die nuutste veranderinge en gekwalifiseerd moet wees om af te rig en wedstryde te blaas. Oranje salueer elkeen van julle saam met julle spanne. Bou so “Vooruit!” Organiseerder: Mev. C. Viljoen Afrigters: Onder 7 Mev. M. Steyn, mej. A. Groenewald, mej. T. Stapelberg,

mej. Cora-Lee van Tonder en mej. Marozé van Schalkwyk Onder 8 Mev. C. Nel en Mev. A. Gunter Onder 9 Mev. C. Jones en mej. J. van Heerden

Page 17: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

17

Onder 10 Mev. M. Crous en mej. D. van Staden Onder 11 Mev. E. van Rooyen en mej. J. Meyer Onder 12 Mev. N. Geyer en mej. F. Swart Onder 13 Mev. M. Myburgh en mej. M. Swart

Active Kids: Mev. M. du Toit, mej. F. Swart en mej. J. Meyer

Swem Oranje se swem was vol opwinding en uitblinkoomblikke in 2019! Die seisoen het afgeskop met OMS se gala wat by die Stadionswembad gehou is met amper ‘n honderd leerders wat deelgeneem het. Fischer het die spanbeker verower en Brebner is vir hulle gees beloon. Die Victrix Ludorum is gedeel deur Donna le Roux en Marezé Frylink. Die Vrystaat Interskolegala het ook by die Stadionswembad op 19 en 20 Februarie plaasgevind. OMS het ’n span van sewe en vyftig swemmers ingeskryf. Geen spanbekers is oorhandig nie. Anri van der Westhuizen het die o. 10 ouderdomsbeker en Marezé Frylink het die o. 11 ouderdomsbeker verower. Die Vlak 1 kampioenskap was ʼn ope byeenkoms en elf dogters het daar deelgeneem. Vier van ons swemmers het gekwalifiseer vir Vlak 2 en vier dogters vir Vlak 3. Oranje volg ’n program wat meer gefokus is op swemvaardigheid om sodoende swemafrigting by die skool meer effektief te maak. Elke dogter van graad 1-6 word in kwartaal vier geëvalueer en volgens vaardigheid in ’n groep geplaas. Baie geluk aan al OMS se swemmers en baie dankie vir die afrigters se harde werk. OMS swem beslis Vooruit! Afrigters: Mej. I. Strauss, mev. M. Steyn, mev. A. Henegan, mej. R. Burger, mev. A.

Naudé, mej. F. Swart, mev. C. Jones, mev. N. Geyer, mev. M. Crous en mnr. B. Holmes.

Lewensredding

Vanjaar is drie dogters ingesluit in die Vrystaat Lewensreddingspan:

Donna le Roux, Yanka Engelbrecht en Mia van der Mescht.

Die drie dogters het aan twee Suid-Afrikaanse kampioenskappe deelgeneem.

By die Oop water kampioenskap behaal Yanka Engelbrecht ʼn algehele sesde plek en Mia van der Mescht ʼn algehele derde plek vir dogters o.13. Donna le Roux het ʼn algehele derde plek behaal vir dogters o. 12. By die Lewensredding-swembadkampioenskap behaal Mia van der Mescht ʼn algeheel tweede plek en Yanka Engelbrecht ʼn algehele sewende plek vir dogters o. 12. Organiseerder: Mev. C. Jones

Page 18: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

18

Tweekamp Gedurende Maart het die eerste Suid-Vrystaat Tweekampproewe plaasgevind.

Die volgende ses dogters is gekies om aan die Tweekamp Suid-Afrikaanse Kampioenskap deel te

neem: Mieke Botha, Donna le Roux, Anri van der Westhuizen, Jessica Barnard, Annelize van der

Merwe en Micke de Andrade.

Hierdie dogters behaal as ʼn span ’n algehele tweede plek en verower ’n silwer medalje.

Tydens September is daar weer proewe gehou om spanne te kies om by die Interprovinsiale byeenkomste deel te neem. Daar het 13 dogters gaan deelneem. Die volgende dogters is gekies om aan die Interprovinsiale byeenkomste te gaan deelneem: Ella Van Viegen, Isabel Gutter, Janie van Vuuren, Milan Raimondo, Anri van der Westhuizen, Mieke Botha, Lee-Ann Britz, Yoné van Heerden, Nieke Grobbelaar, Donna le Roux, Jessica Barnard, Ashley Coetzee, Annelize van der Merwe en Carlé Stockenström. Organiseerder: Mev. C. Jones Midmarmyl

Hierdie jaar het agt van ons dogters aan die Midmarmyl deelgeneem:

Nannette Jordaan, Yanka Engelbrecht, Kayla Vorster, Cara Smook, Monet Meyer, Mari Nortje, Monique Oosthuizen en Donna le Roux. Landloop Daar het vanjaar 24 dogters ingeskryf om aan die ses landloopligas deel te neem. Die volgende dogters is gekies vir die Interprovinsiale landloopspan: Carine Beukman, Annelize van der Merwe, Micke de Andrade en Danny Pienaar. Al die dogters wat aan vier en meer landloopligas deelgeneem het kon aan die Vrystaat byeenkoms deelneem om te kwalifiseer vir die Vrystaatspan wat aan die Suid Afrikaanse Kampioenskap deelgeneem het. Slegs Carlé Stockenström is gekies vir hierdie span en het ʼn drie en veertigste plek op die Suid-Afrikaanse kampioenskap verower. Organiseerder: Mev. C. Jones

Biathle

Daar was tydens die 2018-2019 Biathle seisoen ses biathle liga’s. Die volgende dogters is verkies tot die Vrystaatspan: Jenna Barnard, Anja Volschenk, Jessica Barnard, Trusten Barnard, Micke de Andrade, Donna le Roux, Elri Cloete, Danny Pienaar en Carli Groenewald. Die Suid-Afrikaanse kampioenskap is in die Juni-vakansie gehou en die volgende dogters het daar gaan deelneem:

Page 19: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

19

Jenna Barnard, Anja Volschenk, Donna le Roux, Micke de Andrade, Danny Pienaar, Carli Groenewald en Elri Cloete. Donna le Roux behaal ‘n tweede plek op die Suid-Afrikaanse kampioenskap en verower ’n silwer medalje. PROJEKTE EN SKOOLFUNKSIES Buitelugskool Die jaarlikse buitelugskool het vanaf 11 tot 14 Oktober 2019 by On Track Adventures by Hobhouse plaasgevind. Jaar na jaar sien die graad 6-meisies baie uit na die uitstappie en dit is opwindend en vol verrassings. Hierdie jaar was geen uitsondering nie. Dit is al waaroor hierdie meisies gepraat en natuurlik uitgevra het! Ons weet nie of dit was om meer te kon uitvind oor die nimmereindigende “ottergat”, die hindernisbaan of bloot net die feit dat hul “opgewonde” was om die HELE naweek sonder selfone, WhatsApp, huiswerk en natuurlik hulle irriterende klein boeties en sussies te wees nie. Die meisies geniet hulself elke jaar gate uit en natuurlik is die bergklim met die skuiling bou nog ’n hoogtepunt op die naweek se beplanning. Die naweek in die veld is nét lank genoeg vir die vuil gesiggies en natuurlik hulle mammas en pappas wat ALLEEN moet agterbly! Mevv. A. Naudé en M. Ross het die dogters hierdie jaar na die buitelugskool vergesel. Hulle kan nie uitgepraat raak oor die dogters se goeie gedrag en mooi maniere nie. Dit was voorwaar ’n naweek vol pret en avontuur. Welgedaan graad 6’e! Organiseerder: Mej. M. Swart Leerderraad Die 23 leerderraadslede is regtig van groot waarde en het groot verantwoordelikheid by die skool gedurende die jaar. Hulle verleen hulp gedurende pouses, voor-, na en tydens skooltye. Dit gaan nie ongesiens verby nie. Die leerderraad, saam met die res van die skool, doen fondsinsamelings vir verskeie uitreike, omgee- geleenthede en projekte. Alleen sou die leerderraad dit nie kon doen nie. Baie dankie aan elke Oranje-eendjie vir julle ondersteuning in al die skoolprojekte wat by die skool aangepak word. Projekte gedurende 2019:

• Leerderraadvergaderings word maandeliks gehou om die kommunikasie en beplanning vir die daaglikse uitvoer van pligte te bespreek.

• Die leerderraadouers, in samewerking met die res van die gr. 7-ouers, was verantwoordelik vir die verkope van Valentyns-, Moedersdag- en Vadersdaggeskenke.

• Die leerderraaddogters moet gedurende die jaar op hoogte wees van elke seisoen se kleredrag en bykomstighede. Op hierdie manier kan hulle die res van die dogters in die skool help om ook op hulle beste te lyk.

• Die sosiale byeenkomste met die seunsskool, Grey Kollege, bly altyd ‘n hoogtepunt in die graad 7-jaar.

• Die jaarlikse pretloop na Naval Hill het weer vir ons leerderraad die geleentheid gegee om ander mense te bederf met die insameling van verskeie produkte tydens dié dag. Hierdie jaar het ons vir die verkragtingsslagoffers produkte ingesamel.

• Met die geld wat ingesamel is tydens ons Speletjiesdag, het ons weer die harte van Therapéa-kids aangeraak en bly gemaak. Ons kon hierdie 16 dogters elkeen verras met ‘n geskenkpakkie en hulle koskas volmaak met verskeie kosse en lekkernye.

Page 20: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

20

• Die dogters het R10 betaal om snaaks te lyk op Crazy-hair and Leg-day. Met die geld wat ingesamel is, het die leerderraad die oumense by Ons Tuiste gaan bederf met koekies en geselsies en so is hulle dag ook opgekikker.

• ’n Bedrag geld is ook as skenking gestuur aan die Droogtehulp met Burre. Burre

Burger was so dankbaar vir die skenking. • Pajamadag met pantoffels gebeur nie baie by ‘n skool nie. Engo kon nie hulle oë glo

toe hulle al die skryfbehoeftes sien wat Oranje vir hulle ingesamel het op dié dag nie. Botshabelo-Kleuterskool en Ebenhaeserhoogte Intermediêre Skool het ook skryfbehoeftes ontvang, omdat dit meer as genoeg was vir die drie skole.

• Oranje is so ‘n Omgee-skool dat ons nie anders kan as om ook vir die katte en honde kos in te samel nie. New Beginning Rescue Centre en tannie Judy van Zyl was so bly oor die skenking van die kos.

• Oranje is ook ‘n skool wat baie kulture verteenwoordig. Daarom het ons ’n spesiale kultuurdag gehou, sodat elke dogter trots kan wees op haar kultuur of herkoms. Ons insameling van nie-bederfbare produkte het ons met ‘n groot hart vol liefde aan ‘n huis vir gestremdes geskenk .

• Elke jaar gaan daar ses dogters na die Jeugberaad wat ’n positiewe bydrae tot die lewe van ons jeug maak.

Aan die leerderraad se ouers, onder leiding van Mev. Nancy Nortje, wil ons net baie, baie dankie sê vir die leiding deur die jaar en al die harde werk wat gedoen is vir die skool. Goeie herinneringe en geleenthede soos dié moet ons vir altyd koester. Julle en julle kinders was en is vir ons spesiaal. Baie dankie aan Mari Nortje (hoofmeisie) en Cara Smith (onderhoofmeisie) vir julle leiding en voorloop met die leerderraad. Alles wat mooi is word vir julle toegewens vir die toekoms. Hooforganiseerder: Mev. C. Viljoen Hulporganiseerder: Mej. M. Swart Spelkompetisie

Oranje se Eende moet kan spel! Die spelkompetisie is opvoedkundig en die hele skool het daaraan

deelgeneem. Vanjaar se spelkompetisie was weereens ‘n groot sukses! Die leerders wat meer as

R500 ingesamel het, is ook bederf tydens ‘n heerlike McDonalds-uitstappie. Baie dankie aan elkeen

wat bygedra het tot hierdie fondsinsameling.

‘n Bedrag van ongeveer R203 200.00 is ingesamel.

Organiseerder: Mev. E. le Roux

Kermis

Die 2019-kermis was weereens ‘n groot sukses. Die tema hierdie jaar was “Vrugtefees”. Die naam

spreek boekdele, want dit was sowaar ‘n dag propvol pret, heerlike lekkernye en eetgoed en natuurlik

was dit baie kleurvol. Die verskeidenheid was van topgehalte en Oranje se ouers en dogters weet

beslis hoe om fees te vier.

Baie dankie vir elke ouer se hulp en ondersteuning, asook finansiële bydraes. Sonder julle hulp sal

ons nie Kermis kan hou nie. Julle dogtertjies het hulself gate uit geniet! Dankie ook aan die hoof-

organiseerders per graad, asook die ouerkomitees van die onderskeie grade. Julle hulp is van

onskatbare waarde. Elke onderwyser se hulp word opreg waardeer.

Die Kermis het ‘n wins van R108 500 ingebring.

Koördineerder: Mev. M. Kriel

Page 21: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

21

Projekte: Graad 7

Die graad 7-ouers en leerderraad het hierdie jaar besonder hard gewerk aan al hulle projekte.

Die algemene Moedersdag-, Vadersdag- en Valentynsdagverkope was ’n groot sukses. Hierdie drie

projekte word deur elke graad 7-klas afsonderlik behartig.

Hierdie jaar was daar ook ’n Bingo-aand gehou. Dit was vetpret en die geleentheid het gesorg vir

lekker lag. Die graad 7-ouers het ook hard gewerk om Oranje se eerste Kleurkapperjol op die been te

bring! Die foto’s getuig van hope pret en plesier. Die jaarlikse Poppetee was ook uit ‘n storieboek.

Ons opkomende Prinses-mammas het dit baie geniet en die graad 7-gasvrouens het vir oulaas rokke

gedra en babas versorg. Dankie vir elke graad 7-dogter se positiewe gesindheid tot die einde.

Dis vir ons belangrik om die hele Oranje-gemeenskap te betrek by ons projekte! Dankie vir elke ouer

se ondersteuning! Julle en julle Eendjies is tops.

Baie dankie vir elke graad 7-ouer se harde werk. Ons waardeer dit opreg. ’n Spesiale dank aan al ons

borge. Sonder borge sou hierdie groot projekte nie moontlik wees nie.

Die Graad 7-fonds staan sover op R180 000.

Koördineerder: Mev. T. Smith Entrepreneursdag Enterpreneursdag word in die eerste, tweede en derde kwartale gehou. Dié dogters geniet hierdie dae terdeë. Die graad 5-meisies wys die eerste kwartaal wat in hulle steek met die tema “Kulture”. Die graad 6- en 7-leerders kom spog in die tweede kwartaal met die tema “Rugbywêrelbeker”. Daarna volg die graad 4-dogtertjies in die derde kwartaal met hul entrepreneursdag en die tema was “Lentedag”. Hierdie jaar was die entrepreneursdae weereens ’n reuse sukses. Baie dankie vir elke Oranje-eendjie se oulike idees en groot entoesiasme om dit vir die res van die skool lekker te maak. Julle meisies is PUIK! Organiseerder: Mej. M. Swart OMS Voedselprojek Elke Dinsdag en Donderdag word kos aan straatkinders van Bloemfontein voorsien. Elke klas word in groepe ingedeel om kos skool toe te bring wat dan aan hierdie minderbevoorregte seuns voorsien word. Op hierdie wyse leer ons die kinders om betrokke te wees by ’n uitreikaksie. Oom Shaun, die organiseerder van hierdie projek, kom haal die kos om 10:00 en neem dit dan na die sentrum waar die seuns bymekaar kom. Hulle onderrig dan die seuns en doen opbouende aktiwiteite, soos om sokker te speel. Ons dogtertjies maak dus seker dat hulle dit nie op ’n leë maag doen nie. Op hierdie stadium werk hulle net met seuns, maar beoog om in die toekoms dogters ook te akkommodeer.

Page 22: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

22

In die somer word toebroodjies, vrugte en koeldrank voorsien en in die winter word heerlike bredies, sop en broodjies voorberei. Kos word aan minstens 15 kinders voorsien. Hierdie kinders bly op straat of het van hul pleegsorghuis af weggeloop. Die kos word gebring na juffrou Marelize se klas, waar oom Shaun dit dan kom oplaai. Baie dankie aan elke ouer of voog en dogtertjie vir julle omgee-harte! Organiseerder: Mev. M. Steyn

Middagstudie Daar is tans 151 leerders in die middagstudie. Onder die bekwame leiding van mev. Marianne Schepers, me. Lulu Wentzel, mev. Jorina de Klerk, mev. Suzette van den Berg, me. Marisa Calitz, mev. Hettie Allwright, mev. Estelle Brink en me. Marike Böhme word daar in die namiddae na ons dogters omgesien en hulp verleen om hul huiswerk te doen. Skoolverjaarsdag Oranje se 112de verjaarsdag is op 5 April luisterryk by die Vrouemonument gevier. Oud-Oranjes van oor die hele land en oorsee het die naweek se verjaarsdagvieringe bygewoon. Mev. Anne-Marie Klink (skoolhoof van die hoërskool) was die programleier. Mev. Margie Herbst (hoofmeisie in die laerskool 1964 en hoofmeisie in die hoërskool 1969, asook oud-hoërskoolonderwyseres), het die verrigtinge geopen met skriflesing en gebed. Prof. Carli Sharp (hoofmeisie 1989) was die spreker van die oggend. Verskeie kranse is deur die verskillende jaargroepe van Oud-Oranjes gelê. Mari Nortje, hoofmeisie, het ‘n krans namens die laerskool op pres. en mev. Steyn se graf gelê. Lise Bezuidenhout, hoofmeisie van die hoërskool, het ’n treffende boodskap gelewer. Sondag is die verjaarsdagvieringe met ‘n kerkdiens, gelei deur ds. Jorina Redelinghuys in die Klipkerk afgesluit. Die seniorkoor, o.l.v. mnr. Werner Stander, het saam met die hoёrskoolkoor tydens die diens opgetree en pragtig gesing. Oranje Reünie Mev. Sarette Botha en die Oranje Reünie-komitee, het vir ons graad 7-dogters ’n heerlike funksie in die Rachel Steynsaal aangebied. Elke graad 7-dogter het ’n pragtige boekmerkie met haar foto op ontvang. Mev. Klink, skoolhoof van die hoërskool, het die gr. 7’s toegespreek en die hoofmeisie en onderhoofmeisies van die hoërskool het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die graad 7’s te vertel wat vir hulle volgende jaar in die hoërskool voorlê. Die sanggroep Con Spirito het ons dogters vermaak met hul pragtige sang. Baie dankie vir die ondersteuning wat van hierdie oudleerders uitgaan. Ma’s wat Omgee Oranje is dankbaar vir die groep “Ma’s wat Omgee”, – onder leiding van mev. Yola Mörsner. Hulle bestaan uit ’n groep mammas wat die lief en leed van ons skoolgemeenskap deel en elke week, in Le Rouxhuis, ons skool aan ons Hemelse Vader opdra . In Memoriam Ons dink in liefde aan ons leerders en personeel wat gedurende die jaar afskeid moes neem van geliefde ouers, grootouers en naaste familie.

Page 23: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

23

Koshuis: Bornmanhuis en Elizabeth le Rouxhuis Vanjaar was daar agt graad 1- en 2-dogtertjies in Bornmanhuis. Baie dankie aan mev. Rina de Kock vir dit wat u die afgelope jaar vir elke dogtertjie gedoen en beteken het. Elizabeth le Rouxhuis huisves vanjaar 102 koshuisleerders. Baie dankie aan mev. Anita Fourie vir u bekwame leiding as koshuismoeder en die toesigkragte wat verantwoordelik is vir die studiediens en algemene dissipline in die koshuis. Baie dankie vir elkeen se harde werk. Dankie dat u so mooi na ons dogters omsien. Onder die bekwame leiding van mev. Béneli Pretorius en haar span verloop dinge in die kombuis en koshuis vlot. ’n Deeglike oog word gehou oor die instandhouding en netheid van die koshuis. Die koshuis is die hartklop van ons skool waar ons gelukkige personeel en dogters wil huisves. Baie dankie aan elke individu wat dit moontlik maak. Finansies Die skoolfonds van R16 800 per jaar vir 2019 is deeglik bestuur en streng kontrole daarvoor is in plek. Die finansiële dames, mev. Corlia van Heerden, mev. Marita Meyer en mev. Rita Prinsloo, verrig ’n formidabele taak. Hulle hanteer die skool, sowel as die koshuis se finansiële stelsels. Baie dankie aan ons ouers wat gereeld betaal. Op 7 Oktober het die ouerbegrotingsvergadering plaasgevind, waartydens 2020 se begroting (skool en koshuis), aan die ouers voorgehou is. Die beheerliggaam het met groot omsigtigheid die begroting vir 2020 opgestel. ’n Verhoging van die maandelikse bydrae is egter onafwendbaar. Koshuisverhuring Vanjaar is daar verskeie werkswinkels van die onderwysdepartement aangebied, asook sport- en kultuurgroepe in die koshuis gehuisves. Die verhuring is nie net ’n groot bron van addisionele inkomste vir die koshuis nie, maar ook ’n vertoonvenster vir die skool en koshuis. Baie dankie aan mev. Béneli Pretorius en elkeen wat op welke wyse ookal betrokke is by die verhuring. Dankie vir die opoffering, toewyding en entoesiasme waarmee die verhuring dié jaar hanteer is. Dankie ook aan ons koshuisleerders wat elke keer hul kamers moes ontruim sodat ons die gaste kon akkommodeer. Ons wil die ouers die versekering gee dat die wins van verhuring teruggeploeg word in die koshuis se begroting om so vir die kosgangers se ongerief te vergoed. Geboue, terrein en voertuie Volgehoue instandhouding is ’n absolute noodsaaklikheid. Ons wil trots wees op ons geboue en terrein en moet derhalwe baie daaraan spandeer. Gedurende die afgelope jaar is die volgende projekte en herstelwerk gedoen: Skool • Ekstra parkering Voortrekkernooientjie • Nuwe badkamers in parkie • Plaveisel in parkie • Ses interaktiewe borde in klaskamers • Skuur van houtvloere in Intersenfase-klaskamers

Page 24: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

24

Koshuis • Lapa en plaveisel in vierkante van Le Rouxhuis • Vinielvloere in Bornmanhuis

• Plaveisel langs Bornmanhuis • Diefwering: Blok B en C • Kaste in Blok E • Blinders in die koshuiskamers

Beheerliggaam Oranje bedank die beheerliggaam, onder voorsitterskap van mev. Therése Delport, vir u betrokkenheid by die skool. Die suksesse op vele terreine kan in ’n groot mate toegeskryf word aan ons belangstellende, kundige en aktiewe beheerliggaam. Baie dankie vir onbaatsugtige diens aan die skool. Baie tyd en opoffering, sonder vergoeding, is die afgelope jaar aan die skool gewy. Die lede is: Mev. T. Delport Voorsitter en Terrein Mnr. P. Henning Ondervoorsitter en Sport & Kultuur Mev. C. Koen Finansies Mev. T. Smith Bemarking Mev. E. Volschenk Koshuis Mev. K. Smit Finansies (gekoöpteer) Mev. A. Fourie Akademie, Finansies, Koshuis, Sport & Kultuur (opvoeder gekoöpteer) Mev. T. Koekemoer Akademie en Bemarking (opvoeder) Mev. C. Viljoen Akademie en Sport & Kultuur (opvoeder) Mev. B. Pretorius Koshuis, Terrein (nie-opvoeder) Mev. C. van Heerden Finansies, Terrein en Bemarking (gekoöpteer) Mev. S. de Villiers Sekretaresse (nie-opvoeder gekoöpteer) Baie dankie aan die bestuurspan: mev. Anita Fourie, vir die leiding wat jy neem by die skool as adjunkhoof en akademiese hoof, me. Tanya Fourie, vir die leiding as departementshoof by die grondslagfase en mev. Twanette Koekemoer, vir die leiding by die Remediërende onderrig. Elke onderwyser/es het weer vanjaar hulle beste gelewer om ons dogters akademies, kultureel en op sosiale- en sportgebied op te voed. Dankie vir julle toewyding, ywer en kreatiwiteit in elke aspek van die opvoeding waar julle hard werk. Baie dankie aan mev. Chandriné Jones, sportorganiseerder en mev. Marisha Kriel, bemarker, asook ons buite-afrigters wat vanjaar by sport- en kultuuraktiwiteite betrokke was. Baie dankie aan mev. Tania Smith wat afgelos het as bemarker in mev. Kriel se plek, wat met kraamverlof is. Die administratiewe personeel dra daartoe by dat die skool goed funksioneer. Baie dankie mev. Suzanne de Villiers, mev. Corlia van Heerden, mev. Marita Meyer, mev. Rita Prinsloo en mnr. Sarel Klokow. Baie dankie aan ons koshuispersoneel: Mev. Anita Fourie (koshuismoeder by Le Rouxhuis). Me. Rina de Kock (koshuismoeder by Bornmanhuis) asook toesigkragte wat 24 uur per dag werk om ’n huislike atmosfeer te skep en om na al die behoeftes van die dogters om te sien. Aan ons drie matrones, mev. Béneli Pretorius, mev. Charlene du Toit en mev. Annemarie Bruyn en die koshuiswerkers, sê ons ’n groot dankie vir baie harde werk in die koshuis en met verhurings.

Page 25: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

25

Baie dankie aan ons middagstudiedames vir die bekwame wyse waarop julle na ons dogters in die namiddae omsien en hulp verleen om hul huiswerk te doen. Onder die bekwame leiding van ons terreinbestuurder, mnr. Strys Strydom, floreer die terrein en die werkers. Baie dankie, Strys, jy en jou span maak ’n groot verskil! Aan die Departement van Onderwys, by name mev. Musarurgwa (kringbestuurder), hiermee ook ons dank vir u betrokkenheid en ondersteuning by Oranje Primêr. Baie dankie aan die leerderraadouers en ouerkomitees wat by verskeie projekte en funksies betrokke was deur die jaar. Baie dankie vir u harde werk en lojaliteit teenoor die skool. Die skool kan nie sonder die leerders en ouers funksioneer nie. Baie dankie aan elke ouer vir u betrokkenheid, ondersteuning en positiewe gesindheid die afgelope jaar by oueraande, op die sportveld, by kultuuraande en ook u finansiële bydrae vir die skool. By Oranje streef ons na waardegedrewe onderwys. Dit is beslis nie die prestasies wat ons lewe rig en waarvolgens ons wil lewe nie. Ons wil hulde bring aan elke Oranje dogter wat ‘n klein stukkie is in die groot legkaart. Elke dogter is belangrik. Hartlik geluk aan elke dogter wat beloon word vir harde werk en spogprestasies. Oranje se prestasies word aan ons geskenk, daarom alle eer aan ons Hemelse Vader vir soveel voorregte en geleenthede. Wanneer ‘n mens terugkyk oor ‘n jaar se arbeid dan weet ons: Die meetsnoere het vir ons in lieflike plekke geval! Ja, my erfenis is vir my mooi!

Page 26: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

26

Prestasies buite skoolverband (Graad 1 tot 3) Zurike Barkhuizen Suid-Vrystaat Gimnastiek Jenna Barnard Vrystaat Laser-Run Vrystaat Triathle Lilly-Rain Barratt Suid-Vrystaat Gimnastiek Milla Barratt Suid-Vrystaat Gimnastiek Nina Bloem Suid-Vrystaat Gimnastiek Adriana Burger Suid-Vrystaat Gimnastiek Lika Claassens Santam Kinderkuns Sanlam Spelfees Ellé Cloete Dans Miané Coetzer Suid-Vrystaat Gimnastiek Dunay Delport Suid-Vrystaat Gimnastiek Letitia de Smidt Suid-Vrystaat Gimnastiek

Vrystaat Gimnastiek Anje-Mé de Villiers Suid-Vrystaat Gimnastiek Juané Gericke Suid-Vrystaat Gimnastiek Mia Gericke Suid-Vrystaat Gimnastiek Xia Hartzenberg Suid-Vrystaat Gimnastiek Reagan-Lee Johns Vrystaat Gimnastiek Corli Marx Vrystaat Gimnastiek Masego Mmeli Suid-Vrystaat Gimnastiek Nikka Oosthuizen Suid-Vrystaat Gimnastiek Emma Pretorius Suid-Vrystaat Gimnastiek Nolinga van Tonder Suid-Vrystaat Gimnastiek Kaylin Viljoen Suid-Vrystaat Gimnastiek Linka Viviers Suid-Vrystaat Gimnastiek Hanna Vorster Suid-Vrystaat Gimnastiek

Page 27: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

27

Prestasies buite skoolverband (Graad 4 tot 7) Vinika Barkhuizen Dans Jessica Barnard Vrystaat Laser-Run Mia Barnard Santam Kinderkuns Trusten Barnard Vrystaat Laser-Run Michelle Britz Vrystaat Gholf Elri Cloete Vrystaat Laser-Run Vrystaat Triathle Santam Kinderkuns Micke de Andrade Vrystaat Laser-Run Vrystaat Triathle Mia Delport Vrystaat Dans

Bloemfontein Kinderkoor Leané de Smidt Vrystaat Gimnastiek Santam Kinderkuns Jillian Dixon Suid-Vrystaat Gimnastiek Dominique du Plessis Dans Bea du Toit Santam Kinderkuns Yanka Engelbrecht Vrystaat Lewensredding Ashlyn Greyling Dans Carli Groenewald Vrystaat Triathle

Vrystaat Gimnastiek Chanette Jansen van Vuuren Vrystaat Perdry Nanette Jordaan Santam Kinderkuns Donna le Roux Vrystaat Laser-Run Vrystaat Lewensredding Greta Maschke Santam Kinderkuns Omolemo May Bloemfontein Kinderkoor Oaratwa Moselane Bloemfontein Kinderkoor Caro Nel Vrystaat Perdry Chanté King Vrystaat Dans Marianne Louw Vrystaat Dans

Page 28: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

28

Christelle Operman Vrystaat Karate Danielle Pienaar Vrystaat Triathle Vrystaat Laser-Run Danyelle Pienaar Vrystaat Gimnastiek Dans Gabriëlle Pienaar Dans McKenna Pienaar Dans Miné Rossouw Bloemfontein Kinderkoor Olesego Seroto Bloemfontein Kinderkoor Carmen-Grace Smith Santam Kinderkuns Mariaan Smith Vrystaat Karate Lia Ploos van Amstel Vrystaat Perdry Annelize van der Merwe Vrystaat Gimnastiek Mia van der Mescht Vrystaat Lewensredding Nerike van der Westhuizen Vrystaat Perdry Lané van Rooyen Vrystaat Laser-Run Zan-Mari van Rooyen Voortrekkers: Voorslag Miquenet Zeeman Suid-Vrystaat Gimnastiek

Page 29: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

29

GRAAD 4 VERGULDE AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 90%) 1 Anri van der Westhuizen 94,8% AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 85%) 2 Anneke Linde 88,4% 3 Lienca Ferreira 88,4% 4 Alexa Olivier 87,7% 5 Alessandra de Wet 86,7% 6 Marzanne Krüger 86,3% 7 Nicke Grobler 85,8% 8 Lize-Marié Kruger 85,3% GRAAD 5 VERGULDE AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 90%) 1 Ciske Buys AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 85%) 2 Micaéla Myburg 3 Mia Lindhout 4 Danny Pienaar 5 Lyndie Watson 6 Jo-Lize Erasmus 7 Chiniq Griesel 8 Mia Barnard 9 Rialéne Eksteen 10 Margot Vivier 11 Chanteé King 12 Gabrielle Els 13 Chanette Jansen van Vuuren 14 Ashlyn Greyling 15 Karla Bester 16 Elri Cloete GRAAD 6 VERGULDE AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 90%) 1 Mia Delport 2 Micke de Andrade 3 Joanné du Plessis 4 Hannah van Marle 5 Daniëlle Jacobs 6 Ashley Coetzee 7 Nanette Jordaan

Page 30: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

30

AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 85%) 8 Jacomi van Tonder 9 Donna le roux 10 Cara Conradie 11 Zané Volschenk 12 Marianna Louw 13 Cara Houben 14 Lisa Bloem 15 Belene Bosch 16 Jana Bekker GRAAD 7 VERGULDE AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 90%) 1 Monet Meyer 2 Anriette Otto 3 Kaylin Oelschig 4 Millah Smith 5 Mari Nortje 6 Amy Fröhlich 7 Milla Sypkens AKADEMIESE BALKIE (GEMIDDELDE % BO 85%) 8 Trusten Barnard 9 Nina Schimper 10 Zan-Mari van Rooyen 11 Yanka Engelbrecht 12 Wianke Swanepoel 13 Lané van Rooyen 14 Cara Smith 15 Kamryn Lowe 16 Hannerie Rossouw 17 Ané Hall 18 Hané du Toit 19 Greta Maschke 20 Nicola Styger 21 Yannique Human 22 Michelle Britz

Page 31: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

31

MEDALJEWENNERS

Anri van der Westhuizen Goue medalje Atletiek

Letitia de Smidt Goue medalje Gimnastiek

Mia Gericke Goue medalje Gimnastiek

Reagan-Lee Johns Goue medalje Gimnastiek

Trusten Barnard Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Amy Fröhlich Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Kamryn Lowe Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Anriette Otto Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Mia Schimper Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Nina Schimper Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Cara Smith Goue medalje Hokkie o. 13A Suid-Vrystaat

Mari Nortje Goue medalje Hokkie o. 13B Suid-Vrystaat

Levi Oehley Goue medalje Hokkie o. 13B Suid-Vrystaat

Carlé Stockenström Goue medalje Hokkie o. 13B Suid-Vrystaat

Jessica Barnard Goue medalje Hokkie o. 12A Suid-Vrystaat

Kirsten Booysen Goue medalje Hokkie o. 12A Suid-Vrystaat

Xylia Choene Goue medalje Hokkie o. 12A Suid-Vrystaat

Mira Rossouw Goue medalje Hokkie o. 12A Suid-Vrystaat

Zané Volschenk Goue medalje Hokkie o. 12A Suid-Vrystaat

Ellé Cloete Goue medalje Redenaars

Kamryn Lowe Goue medalje Redenaars

Donna le Roux Silwer medalje Biathle

Senior Koor Silwer medalje Koor

Mia van der Mescht Silwer medalje Lewensredding

Chanette Jansen van Vuuren Silwer medalje Perdry

Lia Ploos van Amstel Silwer medalje Perdry

Jessica Barnard Silwer medalje Tweekamp

Mieke Botha Silwer medalje Tweekamp

Micke de Andrade Silwer medalje Tweekamp

Donna le Roux Silwer medalje Tweekamp

Annelize van der Merwe Silwer medalje Tweekamp

Anri van der Westhuizen Silwer medalje Tweekamp

Danyelle Pienaar Brons medalje Dans

Gabriëlle Pienaar Brons medalje Dans

McKenna Pienaar Brons medalje Dans

Lu-Ann Visser Brons medalje Drama

Donna le Roux Brons medalje Lewensredding

Jana Dreyer Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Amy Fröhlich Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Anja le Grange Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Mari Nortje Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Cara Smith Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Carlé Stockenström Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Nicola Styger Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Mia van der Mescht Brons medalje SA Skole Netbalkampioenskappe

Page 32: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

32

Chandré van Zyl Brons medalje Skerm

Mari Nortje Brons medalje Swem

Monique Oosthuizen Brons medalje Swem

Donna le Roux Brons medalje Tennis

GRONDSLAGFASE

SPORT-TROFEEWENNERS

Carlaine van Rensburg Tanya Fourie Wisseltrofee vir die beste Grondslagfase swemmer

Yoné van Heerden Lynette Wessels Wisseltrofee vir die beste vordering in swem

Mienje Momberg Tanya Fourie Wisseltrofee vir die beste atleet in die

Grondslagfase

Yana Olivier André du Toit Wisseltrofee vir die Nr. 2 Minitennisspeler in die

Grondslagfase

Lika Claassens Schlebusch Wisseltrofee vir die Nr. 1 Menintennisspeler in die

Grondslagfase

Jennifer Barnard Cooper Wisseltrofee vir die beste prestasie op sportgebied

Letitia de Smidt Wisseltrofee vir die beste Ritmiese Gimnas

Wisseltrofee vir die mees veelsydige Gimnas

Human Wisseltrofee vir uitmuntende sportprestasie

GRONDSLAGFASE

KULTUUR-TROFEEWENNERS

Lika Claassens Nellie Brisley Wisseltrofee vir die belowendste kunsleerling in

die Grondslagfase

Hannah Greyling Annelize Armer Wisseltrofee vir die beste musiekprestasie in

die Grondslagfase

Ellé Cloete Christina Muller Wisseltrofee vir die beste redenaar binne

skoolverband

Grondslagfase Wisseltrofee vir die beste Grondslagfase

Redenaar buite skoolverband

Elsa Krantz Wisseltrofee vir die beste Radikale Redenaar buite

Skoolverband

Clase Wisseltrofee vir die beste Public Speaking deelnemer in

die Grondslagfase

Nell van der Linde Wisseltrofee vir die beste prestasie op

Kultuurgebied

Page 33: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

33

GRONDSLAGFASE

ALGEMENE-TROFEEWENNERS

Ellé Cloete Grondslagfase Wisseltrofee vir veelsydigheid op Sport- en

Kultuurgebied

INTERSENFASE

SPORT-TROFEEWENNERS

Jillian Dixon Zelda van der Merwe-wisseltrofee vir die beste vlak 1 -3

artistiese gimnas

Danyelle Pienaar OMS-wisseltrofee vir die beste vlak 4 - 6 artistiese gimnas

Caro Nel Cooper-wisseltrofee vir die beste SANEF prestasie in perdry

Joni Hagemann OMS-wisseltrofee vir die beste vordering in atletiek

Ashley Coetzee Tiné Jones-wisseltrofee vir die beste vordering in swem

Nina Schimper Fichardt-wisseltrofee vir die beste OMS-tennisspeelster

Marianne Louw & Deel die OMS-wisseltrofee vir die beste o. 12-netbalspeelster

Jaslynn Seclave van die jaar

Trusten Barnard Braam van Wyk-wisseltrofee vir die beste o. 13-hokkiespeelster

Mari Nortje & Deel die Van Ryneveld-wisseltrofee vir die beste primêre

Monique Oosthuizen skoolswemster

Anri van der Westhuizen OMS-wisseltrofee vir die beste OMS-atleet

Carlé Stockenström OMS-wisseltrofee vir die beste landloopatleet

Dirk Landman-wisseltrofee vir die beste o. 13 atleet

Mia van der Mescht Robina Steyn-wisseltrofee vir die beste prestasie in

lewensredding

Deel die Jomarie Visser-wisseltrofee vir die beste o. 13-

netbalspeelster

Cara Smith Kampioen van kampioene-wisseltrofee vir beste naelloper by

kleureatletiekbyeenkoms

Deel die Jomarie Visser-wisseltrofee vir die beste o. 13-

netbalspeelster

Page 34: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

34

Jessica Barnard OMS-wisseltrofee vir die beste o. 12-hokkiespeelster

Deel die PERSKOR-Vrystaat Wisseltrofee vir die OMS-

Sportster

Donna le Roux OMS-wisseltrofee vir die beste tweekampatleet

Marjone Human-wisseltrofee vir die beste biathle-atleet

Ben Retief Kampioen van kampioene-wisseltrofee vir die beste

prestasie op die skoolgala

JC Abrahams-wisseltrofee vir sportveelsydigheid

Deel die PERSKOR-Vrystaat Wisseltrofee vir die OMS-

Sportster

INTERSENFASE

KULTUUR-TROFEEWENNERS EN BEURSWENNERS

Anriette Otto & Kry elk ‘n kontantprys vir die mees toegewyde Kwaakbladlid

Hannerie Rossouw

Cara Conradie & Deel die Kaïlah Ferreira-wisseltrofee vir die

Mia Delport Kwaakbladredaksielid met die meeste advertensieverkope en/of

- gelde

Greta Maschke Lizé Human-wisseltrofee vir die beste kunsprestasie op die

Bloemskou

Yanka Engelbrecht Lourika Bezuidenhout-wisseltrofee vir die topprestasie in musiek

Elri Cloete OMS Redenaarstrofee vir die beste graad 4- en graad 5

Redennaar

Lizette Steyn Floating trophy vir die beste graad 4- en graad 5

Public Speaker

Kamryn Lowe OMS Redenaarstrofee vir die beste graad 6- en graad 7

Redenaar

Martinique Ferreira Floating trophy vir die beste graad 6- en

graad 7 Public Speaker

Bezuidenhout Wisseltrofee vir die beste Redenaar buite

skoolverband

Monet Meyer OMS-Skild vir veelsydigheid op kultuurgebied

Ngcwele Nyandeni Dorothy Russeltrofee vir die Uitvoerende Kunstester van die

jaar

Page 35: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

35

INTERSENFASE

AKADEMIESE-TROFEEWENNERS EN BEURSWENNERS

Michelle Britz & Deel die Van Wyk-wisseltrofee vir die beste wetenskaplike

Chrismarie van der Walt prestasie buite skoolverband

Dominique du Plessis & Deel die OMS Tweetaligheidsbeker

Kamryn Lowe

Anri van der Westhuizen Anita Fourie-wisseltrofee vir die toppresteerder in graad 4

Ciske Buys Adrie Albertyn-wisseltrofee vir die toppresteerder in graad 5

Mia Delport ML Spies-wisseltrofee vir die toppresteerder in graad 6

Lané van Rooyen Toppresteerder in Tegnologie

Amy Fröhlich Toppresteerder in Lewensoriëntering

Anriette Otto Toppresteerder in Sosiale Wetenskappe

Mari Nortje Toppresteerder in Wiskunde en Skeppende Kunste

Monet Meyer Toppresteerder in Afrikaans, Engels, Natuurweteskappe en

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Dux-Skild vir die beste akademies prestasie in graad 7

OMS-wisseltrofee vir Toppresteerder vanaf gr. 4-7

Elri Cloete Delicia Jones-wisseltrofee vir Veelsydigheid op Akademiese-

Sport- en Kultuurgebied

Page 36: JAARVERSLAG 2019 Akademie Leerdertal PersoneelFotografie: Graad 4-7 het een foto vir dié afdeling ingeskryf. Die volgende simbole is behaal: B+ Gedramatiseerde Spreekkore: Graad 1-7

36

INTERNASIONALE PRESTEERDERS

EN DEELNEMERS

Michelle Britz Ekspo vir Jong Wetenskaplikes Tweede

Mia Delport Ekspo vir Jong Wetenskaplikes

Bea du Toit Ekspo vir Jong Wetenskaplikes

Chrismarie van der Walt Ekspo vir Jong Wetenskaplikes Tweede

Ashlyn Greyling SA Dans

Ngcwele Nyandeni SA Dans

Jessica Barnard SA Laser-Run Derde

Donna le Roux SA o. 12 Tennis

Mia Schimper SA o. 13 Tennis

Nina Schimper SA o. 13 Tennis