jacobsdal primêre skool - jakkies.com 216.docx  · web viewen aan die byeenkoms wil gaan deelneem...

12
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 22 - 29 Januarie 2016 OUERS: ONDERWYSASSISTENT GRAAD 2: Aansoeke word hiermee ingewag vir ‘n Onderwysassistent vir die graad 2-klas. Rig ‘n aansoekbrief aan die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêre Skool en verskaf asseblief ‘n volledige CV. Aansoeke sluit op Vrydag, 29 Januarie om 12:00. Onderhoude vind net na 12:00 plaas. Navrae: [email protected] KWYTSKELDING: Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen. MEDIALEIERS: Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders wat hierdie jaar as Medialeiers in die Biblioteek diens gaan doen: Danél du Toit Tammy Lamprecht Monique van Zyl Chané Groenewald Nicolene Scholtz Marli Coetzee Dankie vir hierdie onbaatsugtige werk wat julle vir ons skool gaan verrig. GR 7-LEIERSKAMP: Die graad 7-leiers vertrek op Donderdag, 28 Januarie om 10:30 vanaf die skool. Sien asseblief die lys van benodigdhede op die brief wat aan jou voorsien is. Jou beddegoed moet in ‘n groot gemerkte sak wees. Pak asb. kompak, een tas en een rug- of drasakkie. Baie sterkte en geniet julle kamp! BUITEMUURSE ROOSTER: Irene Wilkinson gaan hierdie jaar vir ons help om middelafstande (atletiek) en die hardloopafdeling van tweekamp af te rig. Atlete kan haar van Maandag tot Donderdag 14:30 tot 15:00 by die rugbyveld kry. Baie dankie Irene! AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1: Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, gedragskode, SMS-stelsel (verpligtend) , brildraers, aflosse vir leerkragte ens.) teruggestuur het nie. Vul dit asseblief in en stuur dit op Maandag, 25 Januarie na die klasonderwysers. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. DAGSKOLIERE: (AFSKEURSTROKIE) Dorpsouers wat in hierdie jaar hulle kinders by die koshuis gaan laat eet en studie (ongeag hoeveel keer ‘n week) moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 25 Januarie terugstuur na die klasonderwysers sodat ons u kind daarvoor kan registreer. “LOCKERS”: In die seuns- en dogters se toilette is “lockers” wat @ R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor. SWEMBAD: Die swembad is vir privaatfunksies bespreek op die volgende dae: Vrydag, 22 Januarie: Vanaf 16:00 tot 23:00 Sondag, 24 Januarie: Vanaf 10:00 tot 17:00

Upload: vannhi

Post on 19-Jul-2018

220 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 22 - 29 Januarie 2016OUERS:ONDERWYSASSISTENT GRAAD 2: Aansoeke word hiermee ingewag vir ‘n Onderwysassistentvir die graad 2-klas. Rig ‘n aansoekbrief aan die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêre Skool en verskaf asseblief ‘n volledige CV.Aansoeke sluit op Vrydag, 29 Januarie om 12:00. Onderhoude vind net na 12:00 plaas. Navrae: [email protected]

KWYTSKELDING:Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen.

MEDIALEIERS:Baie geluk aan die volgende graad 7-leerders wat hierdie jaar as Medialeiers in die Biblioteek diens gaan doen:

Danél du Toit Tammy LamprechtMonique van Zyl Chané GroenewaldNicolene Scholtz Marli Coetzee

Dankie vir hierdie onbaatsugtige werk wat julle vir ons skool gaan verrig.

GR 7-LEIERSKAMP:Die graad 7-leiers vertrek op Donderdag, 28 Januarie om 10:30 vanaf die skool. Sien asseblief die lys van benodigdhede op die brief wat aan jou voorsien is. Jou beddegoed moet in ‘n groot gemerkte sak wees. Pak asb. kompak, een tas en een rug- of drasakkie. Baie sterkte en geniet julle kamp!

BUITEMUURSE ROOSTER:Irene Wilkinson gaan hierdie jaar vir ons help om middelafstande (atletiek) en die hardloopafdeling van tweekamp af te rig. Atlete kan haar van Maandag tot Donderdag 14:30 tot 15:00 by die rugbyveld kry. Baie dankie Irene!

AFSKEURSTROKIES – NUUSBRIEF 1:Daar is heelwat ouers wat nog nie die afskeurstrokies van Nuusbrief 1 (Medisynebrief, gedragskode, SMS-stelsel (verpligtend), brildraers, aflosse

vir leerkragte ens.) teruggestuur het nie. Vul dit asseblief in en stuur dit op Maandag, 25 Januarie na die klasonderwysers. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS.

DAGSKOLIERE: (AFSKEURSTROKIE)Dorpsouers wat in hierdie jaar hulle kinders by die koshuis gaan laat eet en studie (ongeag hoeveel keer ‘n week) moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 25 Januarie terugstuur na die klasonderwysers sodat ons u kind daarvoor kan registreer.

“LOCKERS”: In die seuns- en dogters se toilette is “lockers” wat @ R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor.

SWEMBAD:Die swembad is vir privaatfunksies bespreek op die volgende dae:Vrydag, 22 Januarie: Vanaf 16:00 tot 23:00Sondag, 24 Januarie: Vanaf 10:00 tot 17:00Geen toegang vir sleutelhouers / afrigters gedurende bostaande tye.

“CONVEYER”-BELDE:Indien daar iemand is wat van die dun soort “conveyer”-belde het wat hulle nie meer gebruik nie, en bereid is om dit vir die skool te skenk, sal ons baie dankbaar wees. Ons wil dit op die vloer van die afkondigingshokkie by die swembad sit om dit stewiger te maak.

KAMMALAND KLEUTERSKOOL:Geen dagskoliere tydens pouses of tydens skoolure by die Kleuterskool nie.

KOPLUISE:Onderwysers neem waar dat daar leerders is wat kopluise het. Ouers moet asseblief almal hulle kinders se koppe deurgaan en behandel. Hou u kind by die huis totdat die probleem heeltemal opgelos is.

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP:Sterkte aan Ewan Burger wat die naweek vir die Suid-Vrystaat aan ‘n Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Oudtshoorn gaan deelneem.

KLEURGALA: Ons nooi u hartlik uit na ons Kleurgala wat op Maandag, 25 Januarie vanaf 13:00 plaasvind. Ouers moet kennis neem dat geen swemmer toegelaat gaan word om te swem as hy/sy nie vooraf ingeskryf is nie.‘n Beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Maak asseblief seker waar u werk en kontak mnr Alfred Hodgson vir enige navrae. Ons sal u hulp weer met die Interskolegala op 8 Februarie baie waardeer. Beamptes moet asseblief om 12:45 aanmeld. Leerders verdaag om 12:30 en kan dan gaan eet en hulle blou/geel klere gaan aantrek. Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf.

SONE ATLETIEKBYEENKOMS: Sterkte aan ons atlete wat op Woensdag, 27 Januarie aan die Sone Atletiekbyeenkoms deelneem. Die bus vertrek om 5:20 vanaf die skool. (Moenie laat wees nie) Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.Atlete moet op Maandag, 25 Januarie R15 inskrywingsgeld by hulle klasonderwysers inbetaal.Atlete neem in sportdrag deel en ‘n program vir die dag word by die nuusbrief ingesluit. Koshuiskinders kry ‘n kospakkie maar moet sakgeldjie ook saamneem. Ouers en atlete sit almal bymekaar op die pawiljoen. Net links van die wenpaal. Atlete moet om 7:30 hulle deelnemerskaartjies by mnr Alfred en tannie Wilna op die pawiljoen kom afhaal. Daar word nie vir atlete gewag nie.

EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Eureka bied op Saterdag, 30 Januarie ‘n Atletiekuitnodigingsbyeenkoms aan. Atlete wat in die Sone Atletiekspan is, en aan die byeenkoms wil gaan deelneem kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 25 Januarie by die klasonderwysers inhandig. Inligting sal aan daardie atlete verskaf word.GIMNASTIEK: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat belangstel om hulle dogtertjies gimnastiek te laat neem hierdie jaar, moet asseblief dringend die afskeurstrokie invul en op Maandag, 25 Januarie na die klasonderwysers terugstuur.

NETBAL - OEFENGROEP VAN 2015:Finale 0/13 netbalproewe om die toerspan te finaliseer, word op Donderdag, 28 Januarie om 15:00 gehou.

SKAAK: Baie sterkte aan Johandre van der Berg en HJ, JG en Phillip Noeth wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.

GYMKHANA:Baie geluk aan Miandi Steenkamp wat vir die 0/14 Gymkhana Ontwikkelingspan gekies is om vanaf 30 Maart tot 2 April aan die Youth Festival in die Kaap te gaan deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Herman Groenewald (oupa in hospitaal)

Netta Schoeman (hospitaal)

Ludwick familie (oupagrootjie oorlede)Havenga familie (oud BL-lid van ons skool oorlede)

KONTAK ANNEMé 082 665 3064 SOEK Dancing Owls Ballet Studio OP FACEBOOK VIR FOTOS EN VIDEOS VAN 2015.

BALLET KLASSE

WANNEER: Elke Donderdag middag, tye sal nog bevestig word. Kammaland klas sal tydens skooltyd plaasvind.

WAAR: In Kammaland Kleuterskool se klaskamers.FOOIE: Registrasie R100

Maandeliks R240 OF R570 per kwartaalKLERE – Tussen R400 en R450 vir n pakket van skoene, kort en lang sykouse, leotard en rompie. Items kan apart ook gekoop word soos finansies toelaat.

Voltooi asseblief die skeurstrokie en stuur terug na die kantoor voor Vrydag, 29 Januarie indien u belangstel. Klasse begin 4 Februarie.

Naam:____________________________________ Graad:_____

Tyd op ‘n Donderdag middag wat u kind sal pas: ___________

Ma se naam en van: ___________________________________

Kontaknommer: ______________________________________

EXTRA ENGLISH LESSONS

GRADE 4 – 7

CONTACT:Leanne Joubert0842088976

QUALIFIED TEACHER WITH 12 YEARS TEACHING EXPERIENCE

Gaan “like” ons “facebook”-bladJAKKIELOER

U is welkom om prestasies en aksiefoto’s van u kinders daarop te plaas.

AFSKEURSTROKIE: DAGSKOLIERE IN KOSHUIS - 2016

OUER: ______________________________________

LEERDER/S:

__________________________________ GR.: ___

__________________________________ GR.: ___

IS REEDS (2015) AS DAGSKOLIERE GEREGISTREER EN WIL WEER HIERDIE JAAR VAN DIE DIENS GEBRUIK MAAK:

OF

WIL BOGENOEMDE LEERDER/S (2016) AS ‘N DAGSKOLIER/E IN DIE KOSHUIS REGISTREER:

Merk asb. die toepaslike blokkie

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: __________________

U kind moet registreer, ongeag hoeveel keer hy/sy per week in die koshuis eet en studie. Registrasievorms sal aan u gestuur word om te voltooi.

Koshuisetekaartjies moet vóór 10:00 in die oggend gekoop word.

AFSKEURSTROKIE: EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS

OUER: ______________________________________

ATLEET/E: _______________________________________ STEL BELANG OM AAN DIE EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS OP SATERDAG, 30 JANUARIE TE GAAN DEELNEEM.

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: __________________

.

AFSKEURSTROKIE: GIMNASTIEK

OUER: ______________________________________

DOGTER: _______________________________________ STEL BELANG OM HIERDIE JAAR GIMNASTIEK TE NEEM.

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: __________________

.

BEAMPTELYS: KLEURGALA 2016

Afsetter: Mnr Pieter Tait Plekbeoordelaars: Lida Botha en Lanie SteenkampHoofskeidsregter: Siebert Minnaar Hulpskeidsregter: Adelé LübbeSpanbestuurders: Deandri van Vuuren (Blouspan)

Elizna Hattingh (Geelspan)Aankondiger en Musiekfabriek: Tjoppie BothaRekenaar: Tersia Mostert en Rehetta Schoeman

HOOFTYDHOUER: Riaan JacobsTydkoördineerder: Marisan Jacobs

BAAN 1: Cheryl Lavarack en Schalk MeintjesTydaantekenaar: Naomi van Eck

BAAN 2: Maritha vd Merwe en Delene Da CamaraTydaantekenaar: Maryna Scholtz

BAAN 3: Peet Steenkamp en Helicia DelportTydaantekenaar: Vera Steenkamp

BAAN 4: Danie Delport en Matthew HardenbergTydaantekenaar: Charlene Zondagh

BAAN 5: Wilna Roelofse en Charmainé van NiekerkTydaantekenaar: Lydia Coetzee

BAAN 6: Sonja van Graan en Michael ZondaghTydaantekenaar: Lizette Krause

Verversings: Rina van Zyl & HelpersMedaljes: Maryka van Straaten en Madeleine KoorzenFoto’s: Elza van WykNoodhulp: Lizette Krause

ORGANISEERDER: Alfred Hodgson (0823236675 )

Dieselfde beamptes doen op 8 Februarie tydens die Interskole Gala diens

BESTELLING: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:Graad van leerderNommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)Bedrag: R

Nommer van Sweetpakbaadjie:Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:Bedrag: R

Totale bedrag ingesluit: R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________

NB: Leerders kan met hierdie strokie na Tannie Carin toe kom as die Klerewinkel oop is, en voorbeelde kom aanpas

om seker te maak dat hulle die regte nommers bestel.

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 3 FEBRUARIE

OUER: ____________________________________________

AFSKEURSTROKIE: SENIOR SKOOLKOOR

EK : ___________________________________

AFSKEURSTROKIE: SONE-A ATLETIEK – 3 FEBRUARIE

OUER: ____________________________________________

AFSKEURSTROKIE: SENIOR SKOOLKOOR

EK : ___________________________________